die skadukol # 23v12 - sawa · die kongres te buffelspoort. die nuwe “skadukol”, 'n puik...

13
Die Skadukol November 2010 Volume 23 “IN DIE SKADU” DRIE BERGE KARAVAANPARK Die “Colim” Lees meer op Bl. 10 Biltong Pot - Bl. 11 Kers-Uitgawe Regte KOS vir Mans... - - Colours of Life in Motion - -

Upload: others

Post on 20-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Die SkadukolNovember 2010 Volume 23

“IN DIE SKADU”

DRIE BERGE

KARAVAANPARK

Die “Colim”

Lees meer op Bl. 10Biltong Pot - Bl. 1

1

Kers-Uitgawe

Regte KOS vir Mans...- - Colours of Life in Motion - -

Page 2: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bladsy 2 : InhoudsopgaweBladsy 2 : Die Redaksie sêBladsy 3 : Uit die pen van die VoorsitterBladsy 4 : Boskaptein/eBladsy 4 : Nabetraging: Drie BergeBladsy 5 : VerjaarsdaeBladsy 5 : Lief en LeedBladsy 5 : PitkosBladsy 6 : BoskameraBladsy 7 : Boskamera 2Bladsy 8 : Boskamera 3Bladsy 9 : VermaakBladsy 9 : Lag jou “Kol” af...Bladsy 10: Wat’s NuutBladsy 11: Bos KombuisBladsy 11: Toekennings, Plaatjies en TrofeesBladsy 12: Jaar ProgramBladsy 13: Bestuur Inligting en Bank Besonderhede

Inhoudsopgawe

Die Skadukol“IN DIE SKADU”

Die Redaksie Sê

Volume 23 Bladsy 2

o is nog ‘n jaar verby, en ons sit nou met die laaste Skadukol van 2010...

Gelukkig is 2011 nie te ver weg nie.

Dan spring ons weg met Buffelspoort op die 28ste Januarie.

Dié kamp beloop R 450.00 vir die naweek. Kyk asseblief gerus na die inligting op Bladsy 12.

Ons wil ook net dankie se vir al die terugvoering oor die nuwe formaat van die boekie.

Enige voorstelle is baie welkom, of dit nou iets is wat julle graag wil sien, nuwe aktiwiteite,

briewe, enige-iets is welkom.

Ons wil ook net vir ons mede Sawanante ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe

Jaar toewens.

Ons sien uit na al die manewales en uitdagings wat in 2011 vir ons voorle.

Geseënde Kersgroete tot volgende keer.

Die Redaksiespan

¡

Roelf & Lizelle Brewis

S

¡

Page 3: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Uit die pen vandie Voorsitter...

agsê Bosvelders,

Drie Berge is iets van die verlede, …..

Dit beteken die laaste saamtrek van 2010 is verby. Nog 'n jaar in die geskiedenis van Bosveld.

'n Jaar waar daar laagtepunte was, maar 'n jaar vol hoogtepunte, met die klem op die hoogtepunte.

Om 'n paar op te noem, …. dis moeilik om uitsonderings te maak, want elke saamtrek was 'n hoogtepunt.

Ek gaan wel 'n paar uitsonder...

Nkwe, ons as bestuur het besluit dat Bosveld 'n nuwe lewe gaan kry. Dit het gebeur, kyk na ons saamtrek bywoning,

veral die Senior Burger getalle het die hoogte in geskiet.

Dankie oom Buks en oom Neels. Die saamtrekke by Dube was uiters lekker, veral die bywoning van die JAV was

uitsonderlik.

Manyane was 'n reuse sukses, op aanvraag van verskeie streke moes ons die hele oord vir 2011 bespreek.

Dit alleen spreek boekdele.

Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle.

Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie en hul span vir die Kersboom en die Kersboodskap.

Ons as Bosvelders het gebuk gegaan onder leed deur die jaar, van die normale verkoues tot ernstige siekte, selfs

geliefdes aan die dood afgestaan, inbrake, finanisiële teëspoed, om slegs 'n paar op te noem.

Gelukkig was daar lief ook betrokke, verjaarsdae, nuwe oupa's en ouma's, die gesond word na siekte, nuwe lede wat

aangesluit het, en vele meer.

Maar die grootste is seker die genade dat ons saamtrekke kon bywoon, net 'n bietjie kon afskakel van die gejaagde lewe,

die saam kuier met vriende, die ontspan in die natuur.

Ek wil dankie sê aan elke Bosvelder, dankie sê aan al julle gaste wat saamtrekke bygewoon het, vir 'n lekker 2010.

Toe ek die Voorsitterskap by Nkwe oorgeneem het, het ek dit met 'n benoude gevoel gedoen. Julle het dit egter vir my

maklik gemaak, dankie daarvoor.

Dankie aan Bosveld bestuur, en hier wil ek ook die name van Oom Pieter en Tannie Johanna van Beljon insluit, ons

gebiedsvoorsitters paar. Sonder julle sou my taak baie moeilik gewees het. Dankie vir julle harde werk, raad en bystand,

ek waardeer dit regtig baie.

2011 is om die draai. Kom ons maak van hierdie nuwe jaar werklike nog ‘n lekkerder jaar as die een wat verby is.

2011 hou vir ons 'n paar uitdagings in. Ek gaan 'n paar by die naam noem en hiermee doen ek 'n GROOT beroep op alle

Bosvelders, Pa, Ma en kinders dat ons hulle by die horings, of wat ookal pak en van hulle Bosveld suksesse sal maak.

kom ons werf “kwaliteit” lede maar kom ons behou ook al ons huidige lede en moedig en ondersteun

ons onaktiewe lede om saamtrekke by te woon.

kom ons maak ons saamtrekke lekker vir “al” die Bosvelders. Saambraai, potjiekos kompetisies,

vroue/manne naweke, Dik Marias se boeresports, ens...

Ek weet dit is moeilik om na almal se grille en geite te voldoen, die een hou nie van “dit” nie en die ander nie van “dat”

nie, maar kom ons probeer, êrens moet jy iets lekkers ondervind, al lag jy net vir “ ’n bakkie in die swembad ”.

Hier vra ek mooi, en wragtig, (verskoon die woord) baie mooi.

Kom ons trek in groot getalle op na die saamtrek. Kom help asseblief met die tjips gaarmaak of bak of wat jy dit ookal

wil noem. Hoor my lied ek sal kla, kerm, soebat, dreig tot julle ingee….

Wat kan ek sê, die hele oord is bespreek en klaar byna vol. Ek, oom Buks en oom Neels gaan

“orders” uitdeel, ons het julle hulp nodig. Ons weet egter dat ons op julle kan reken.

Ek sluit 2010 af met die volgende.

Vir die van julle wat met vakansie gaan, reis veilig, geniet dit kom veilig tuis.

Vir die van julle wat by die huis bly vir die Desember vakansie, rus lekker.

Vir die van julle wat deur Desember moet werk, innige simpatie.

Mag elkeen egter 'n Geseënde Kersgety ervaar en ‘n uiterse voorspoedige 2011 vir elkeen van julle.

JJJ en Sansie van Rensburg en gesin.

Lede werwing

Kamp programme

Presidente 2011

Manyane Kuier week

Volume 23 Bladsy 3

D

Page 4: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Volume 23 Bladsy 4

Bos-Kaptein/e

VLNR: Babs & Theo Senekal, Anne-Marie & Marius Engelbrecht, JJJ van Rensburg (Voorsitter)

Drie Berge

2010 Kerskamp

Nabetraging : Drie Berge

Wat 'n wonderlik naweek was dit nie om die geboorte van Jesus te vier en om die kinders met Kersvader te verras.

Dit was drie weke van beplanning en ons kon nie vir beter resultate gevra het nie.

Oud en jonk het die verrigtinge geniet.

Ons is Vrydag middag met die intrap slag deur Tannie Martie herinner dat ons die naweek program so gou moontlik moet

uitdeel. O gonna wat 'n gemors, Anne-Marie en Babs het skoon vergeet om die program te print.

Gelukkig het Marius en JJJ tot ons redding gekom en kon ons die program print en uitdeel.

Saterdag oggend het die kinders krieket gespeel by die swembad tewyl die laaste voorbereidings getref is vir die Kers-funksie.

Die middag 4 uur het Marius en Theo gereël vir rugby op die “Big screen” almal het dit geniet om te sien hoe wen Suid-Afrika

teen Engeland. Die rugby in die bos het die regte atmosfeer geskep vir die Kers-funksie wat direk na die rugby begin het.

Ons het die kersboodskap oorgedra, met die kinders se hulp.(Lidia, Kyla, Bianca, Marli, Lynette en Moniqeu)

Die Maria en Josef rolle is vertolk deur Elmarie en Eben.

Almal het die opvoering geniet, veral ons 2 Klein skaap wagtertjies Kylie en Anicke.

Hulle was pragtig!!!!

Daarna het Kersvader (Marius) en Elfie (Theo) ons vermaak met die uitdeel van geskenke aan die stroop soet kinders van

Bosveld. Daar was darem genoeg geskenke sodat Kersvader vir elke karavaan ook 'n geskenk kon gee.

Die arme Kersvader het sy bril vergeet, gelukkig het Elfie saam gekom om te help lees en uitdeel.

Na die verrigtinge het ons lekker gesit, geëet en gesels om die piekniek mandjies.

Wat 'n fees was dit nie!

Die park was pragtig en die rivier mooi. Ons bedank Drie Berge vir die voorreg om hulle geriewe te kon gebruik.

Sondag het ons nog lekker gekuier in die park waarna almal begin opgepak het en die pad huis toe aangedurf het.

Baie dankie aan almal wat Saterdag deel geneem het aan die funksie en hulp aangebied het.

Bosveld Groete

Marius, Anne-Marie, Theo en Babs

Page 5: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Verjaarsdae

Lief&

Leed

Januarie:9 - Jacomien Pienaar

9 - Elrie Barnard

11 - Jalome Groenewald

11 - Karin vd Schyff

12 - Pieter Labuschagne

13 - Jonathan J v Rensburg

14 - Leon Nortje

19 - Johan Pace

19 - Bridget Gouws

22 - Louis Blom

23 - Tracy Gouws

26 - Johanna v Wielligh

30 - Pieter Labuschagne (jnr)

31 - Jaco Briel

31 - Simone vd Merwe

Desember:1 - Gawie Venter

1 - Pieter Coetzee

2 - Suriana Groenewald

4 - Jolene Marais

5 - Riaan Pretorius

5 - Ewald Pretorius

6 - Gawie du Toit

7 - Dewald Engelbrecht

7 - Emma Visagie

15 - Riana Rosema

16 - George Green

28 - Lynette Blom

Pitkos:

Lief:

Leed:

Oom Neels en Tannie Leonie gaan twee keer weer Oupa en Ouma word.

Baie geluk aan almal wat verjaar het, en gaan verjaar.

Anette vd Merwe is in die Hospitaal, ons wens haar en haar gesin sterkte toe.

Volume 23 Bladsy 5

Laat weet ons asseblief indien ons nie julle verjaarsdae op ons lys het nie...

God staan by die deur van jóú hart en Hy klop.

As jy sy stem herken en die deur vir Hom oopmaak, sál Hy

inkom en ‘n feesmaal saam met jou geniet.

Moenie langer wag om die deur van jou lewe vir Hom oop te

maak en saam met Hom fees te vier nie!

Page 6: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bos-Kamera

‘n Lekker Rustige Watertoneel

Dis hoe Kers-Woonwaens moet lyk...

Goggatjies...Wat sou Kamp tog sonder hul wees?...

Lig op die “onderwerp” (Bosveld)

Die braai-vure brand hoog...

Martie Smit vang Kerfees gees...

Ons Voorsitter, so ontspan

‘n mens na ‘n lang jaar...

Volume 23 Bladsy 6

Page 7: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bos-Kamera2

Dis Rugbytyd...

... op die “Big Screen”

Ons toneelspelers maak reg vir aksie...

Klein Kylie, een van die skaapwagtertjies

‘n Donkie is ‘n wonderlike ding

‘n Stukkie toneel...

Die hele span.As hierdie lap tog net wil op bly...

Ons eie Josef en Maria

Ons herders en wyse manne... Vroue

Volume 23 Bladsy 7

Page 8: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bos-Kamera

3

Kyk al die Geskenke...

Kersvader en sy Helper “Elfie”...

Al die soet kindertjies... Opgewonde oor kersvader

Ja, kersvader het ook ‘n werk...

Volume 23 Bladsy 8

Page 9: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Vermaak

LagJou “Kol” Af

Kry

Verskille

10

Ek weier dat

vandag se ekonomie

en petrol-pryse my

kamp aktiwiteite

bederf...

Pappa...

Mamma

roep!!...

Volume 23 Bladsy 9

Page 10: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Wat’s Nuut

ie “Toekoms” van Karavaan-sleep is dalk om glad nie te

sleep nie...

Hierdie snaakse voertuig is die breinkind van die 36 jarige

duitser Mnr. Christian Susana kan heel moontlik die toekoms

van kampeer wees.

D

ie “Colim” (Afkorting vir “Colors of Life in Motion) soos

wat hierdie voertuig gedoop is, bestaan uit twee dele.

Die grootste is een van die luukste en mees modernste woon-

waens, en die tweede, ‘n klein twee-sitplek karretjie wat ‘n

kruising is tussen ‘n Mini Cooper en ‘n Golf karretjie wat ‘n

indruwekkende top snelheid van 145 km/h kan haal.

Die sitplekke is nou nie van die grootste en gemaklikste nie,

so Mnr Susana sal aanbeveel dat ritte met die “Colim” so kort

as moontlik gehou moet word.

D

ie woonwa afdeling is nou weer ‘n ander storie...

Dit bestaan uit ‘n groot kuier-area, wat omskep kan

word in beddens, ‘n kombuis, ‘n stort en badkamer.

Die groot venster sorg vir genoegsame lig, maar die

“Colim” is beslis nie vir diegene wat skaam is nie.

D

ngelukkig kan ons nog nie begin uitsien na “more”

se kampvoertuig nie...

Mnr. Susana is tans nog op soek na ‘n maatskappy om

die taak van massa-produksie van die “Colim” in hulle

hande te neem...

Tot dan sal ons maar net droom om in een van hierdie

outjies te kampeer.

O

Bron: Internet

(Verskeie Webblaaie)

Woorde: J. R. P. Brewis (jnr)

Volume 23 Bladsy 10

Page 11: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bos

Kombuis

Toekennings,

Plaatjies en Trofees

André en Anna J.v. Rensburg

60 Eie Kampe

Volume 23 Bladsy 11

André gee vir elk van die Bestuurslede

‘n boekmerkie wat hul self gehekel het.

Olie

2 uie

2 groen soetrissies

1 pakkie / blikkie sampioene

1 kg repiespek (die spek kan verminder word indien dit te ryk is)

1 kg effens klam, gekerfde biltong (wild of bees)

1 pakkie Denny Mushroom and Bacon Cook in Sauce

1 liter room

1 blikkie suikermielies

baie kaas (ongeveer 2 koppies)

Bestandele:

Metode:

Braai die uie en groen soetrissies in ‘n bietjie olie.

Braai die spek en sampioene saam tot gaar.

Gooi die biltong, Denny-sampioensous, room en suikermielies by

Roer goed en laat staan tot die room dik is.

Gooi die kaas oor, maak die deksel toe en laat staan tot tot die kaas gesmelt is

Verwyder van die hitte en laat ‘n paar minute staan.

Wys die potinhoud vir die gaste, roer die kaas in en skep op!

Baie vinnig, smullekker ... maar ryk.

Bedien saam met broodrolletjies en ‘n mengelslaai

Die resep is genoeg vir ongeveer 10 mense.

Biltong PotjieGeneem uit: SA Jagter: Bos en Kombuis VI

Page 12: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Jaar Program

WS,

KS,

WG

B, T

,

R,W

KS,

ST,

T, W

WI,

ST, F

, RB

,

WS,

KS,

BB

, T, W

WS,

RB

, V, T

, W

WI,

V, K

S, W

WI,

R, K

S, P

P,

ST, R

, W

WI,

V, K

S, W

WI,

R, K

S, P

P ,

ST, R

, W

WI,

ST, F

, RB

,

WS,

KS,

BB

, T, W

KS,

T

WS

- War

m W

ater

Sw

emba

d

KS

- Kou

e W

ater

Sw

emba

d

BB

- B

orre

lbad

W

GB

- W

ater

Gly

baan

T

- Tr

ampo

lien

ST

- S t

apro

etes

F - F

iets

ritt

e / F

iets

r oet

es

W

I - W

ild /

Wild

srit

te

RB

- R

oei B

ootj

ies

V

- V

isva

ng

PP

- Put

-Put

R

- R

est a

uran

t

W -

Win

kel

WI,

ST, F

, RB

,

WS,

KS,

BB

, T, W

Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja

JaJa Ja

Pres

iden

te

N-P

resi

dent

e

Geb

ied

Kon

gres

R 4

50.0

0 / N

a wee

k

R 4

00.0

0 / W

eek

R 3

80.0

0 / N

awee

k

R 1

10.0

0 / N

ag

+ R

10.

00 A

dmin

R 7

0.00

/ P

erso

on p

er N

ag

+ R

10.

00 A

dmin

R 1

10.0

0 / N

ag

+ R

10.

00 A

dmin

R 3

80.0

0 / N

awee

k

R 7

0.00

/ P

erso

on p

er N

ag

+ R

10.

00 A

dmin

www.b

uffels

poor

t.co.z

a

www.k

leinp

arad

ys.co

m

www.d

ubeg

ame.c

o.za

www.d

ubeg

ame.c

o.za

www.g

olden

leopa

rdres

orts.

co.za

www.g

olden

leopa

rdres

orts.

co.za

www.d

ubeg

ame.c

o.za

(014

) 572

100

6

(012

) 252

193

8

(012

) 397

339

8

(01 2

) 397

339

8

(014

) 555

100

0 of

079

881

9796

(014

) 555

100

0 of

079

881

9796

(012

) 327

375

6 of

082

458

4503

(012

) 327

375

6 of

082

458

4503

(012

) 397

339

8

Kam

p Pr

ogra

m 2

011

Akt

iwit

eite

Ver

k ort

ings

28 to

t 30

18 to

t 20

4 t o

t 6

2 1 to

t 24

15 to

t 20

20 to

t 22

17 to

t 19

25 to

t 28

29 to

t 31

24 to

t 26

26 to

t 28

9 t o

t 11

28 to

t 30

25 to

t 27

7 to

t 9

Maa

ndD

atum

Oord

Akt

iwit

eite

Eie

Kam

pA

lgem

ene

Kam

p**

Tar

ief

Web

-Adr

esTe

l No.

Janu

arie

Febr

uari

e

Maa

rt

Apr

il

Mei

Mei

Juni

e

Julie

Julie

Aug

ustu

s

Aug

ustu

s

Sept

embe

r

Okto

ber

Okto

ber

Nov

embe

r

Buf

f els

poor

t

Kie

pers

ol K

uier

-Naw

eek

Veek

raal

Kle

in P

arad

y s

P otc

h D

am

Dub

e

Seni

or B

urge

r W

eek

Dub

e

Eila

nd

Man

yane

Seni

or B

urge

r W

eek

Bos

veld

Kui

er-N

awee

k

Man

yane

Tam

boti

e V

reug

de

Seni

or B

urge

r W

eek

Tam

boti

e V

reug

de

J.A

.V.

Em

mer

enti

a

Gel

denh

uis

Kon

gres

Dub

e

Ker

s-A

fslu

itin

g

Omar

amba

Volume 23 Bladsy 12

R 4

50.0

0 / N

awee

k

**

Le

t a

ss

eb

lie

f: T

arie

we

is

ko

rr

ek

op

ty

d v

an

dr

uk

, m

aa

rk

an

da

lk v

era

nd

er

oo

rd

ie l

oo

p v

an

ty

d !

!!

Page 13: Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle. Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie

Bestuur

Kontak Besonderhede van Bestuurslede:

Voorsitter:

Ondervoorsitter:

Penningsmeester:

Sekretaresse:

Addisioneel:

Seniorburger

Verteenwoordiger:

JJJ van Rensburg

Neels Roodt

Hettie Brewis

Martie Smit

Andre J van Rensburg

Rina du Toit

Buks Moller

Buks Moller

079 692 1817

073 071 9734

082 442 2671

082 411 6906

083 449 8281

082 824 5987

012 259 1257

012 259 1257

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Bank Besonderhede:

Standard Bank Montana

Naam van rekeninghouer: SAWA Bosveld

Rekening Nommer: 20-03-93-32-4

Tak Kode: 01-5945-00

Tipe Rekening: Tjek

Fax Nommer: (012) 252 7934

Proeflesers: Lizelle Brewis

Roelf Brewis (snr)

Volume 23 Bladsy 13