die tuinier november 2010

17
Is jou swembad reg vir die plons? R22.95 ANDER LANDE R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 25 Oktober tot 22 November 2010 tuinier SUID-AFRIKA die NOVEMBER 2010 SPESIALE AANBOD: TEKEN NOU IN EN KRY NOG ‘N SUBSKRIPSIE GRATIS! vir alle tuinliefhebbers MAAK SELF Indringer- tuinkuns Opwasbak vir buite Kweek en geniet Kersies Kerrieblare vir kerriekos Skemerkelk-kruie Loer saam na die Roosfamilie W E N n r y g r a s s n y e r v a n R 2 2 0 0 0 Glas vir glans buite www.dietuinier.co.za

Upload: lonehill-trading

Post on 07-Mar-2016

318 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Die Tuinier, Suid-Afrika se gunstelingtuinmaaktydskrif, wys hoe tuinmaak pret, maklik en bekostigbaar kan wees, en voorsien in die behoeftes van groentjietuiniers sowel as die ervarenes. Dit is vol praktiese idees om jou te inspireer en gee stap vir stap leiding oor hoe om mooi ruimtes in ‘n tuin te maak en te versorg. Of jy nou ‘n inheemseplantentoesias, ‘n roosliefhebber, ‘n bonsai aficionado of ‘n kombuistuinfanatikus is, is daar ‘n gereelde rubriek net vir jou. Daar is ook vinnige DDS-projekte, wenke oor hoe om beter groeiresultate te verkry en inligting oor nuwe plantvrystellings en tuinprodukte. Hoekom wag? Kry elke maand Die Tuinier!

TRANSCRIPT

Page 1: Die Tuinier November 2010

Is jouswembad

reg vir die plons?

R22.95ANDER LANDER20.13 Uitgslt. BTWOp die rak 25 Oktobertot 22 November 2010

tuinierSUID-AFRIKA

die NOVEMBER 2010

SpeSiale aanbod: Teken nou in en kRy nog ‘n SubSkRipSie gRaTiS!

vir alle tuinliefhebbers

MAAK SELF• Indringer- tuinkuns• Opwasbak vir buite

Kweeken geniet

KersiesKerrieblare

vir kerriekosSkemerkelk-kruie

Loer saam na die

Roosfamilie

WEN

‘n rygrassnyer

van R22 000

Glas vir glans

buite

ww

w.d

ietu

inie

r.co

.za

Page 2: Die Tuinier November 2010

November 2010

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd

Redakteur Tanya Visser

Assistentredakteur Anna Celliers

Besturende Direkteur Kevin Beaumont

Besturende redakteur (Redaksionele navrae)Wendy Moulton 031 764 0593 [email protected]

Hoofvertaler Henriette Treurnicht

Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard

Teksredakteur (Engels)Desiree Collett van Rooyen

Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher

Fotografie Geoff Redman,David van den Bergh

DDS-kundige Garth Demmer

Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 [email protected]

Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 [email protected]

Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593

[email protected]

SubskripsiesRNA 011 473 8700 [email protected]

Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 [email protected]

ArtikelskrywersAlice Spenser-Higgs, Angela Beckx, Anna Celliers, Annette Welsford, Di-Di Hoffman, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Keith Kirsten, Kevin Beaumont, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Olivia Schaffer, Ruth Brophy, Tim Neary,

Tanya Visser, Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: [email protected]

31 TuinontwerpAan die waterkant -

swembadtuine

36 Plantfamilies Rosaceae

42 Natuurtuinmaak So lok mens die voëls

45 Tuine van The Last WordDie kollig op vier

vyfster-boetiekhotelle

48 Dagboek van ‘n Kaapse tuinTerrasse en klipgruispaadjies

50 Goeie plantmaatsVerbena en balsemkopiva

52 Kweek organiesDie geurigste tamaties

2 Welkom6 November - jou tuindagboek en streeksgids12 Brieweblad14 Maantuinmaak en jou maankalender16 Plantprofiel HOSTA ‘Yellow Spot’21 In die tuin saam met Gerald 58 Vrugtemandjie Kersies62 Inheems met Jenny Dean Besonderse blommers 64 Rosesorg vir November Voed nou vir Kersfees se rose66 Kweek kruie Skemerkelkie-kruie 69 Tuinspeserye Kerriebome70 Kombuistuin Oestyd73 Bonsai Basiese groeitegnieke, ‘n tweede aflewering74 Jou Troeteldiere Hulle is soms nes stoute kinders! 76 Koi Tosai Tatagoi, ‘n winskoop of kat in die sak?

AR

TIK

ELS MAAK

JOU LEEFPLEK MOOI81 DDS Buitewasplekkie 84 Vinnig en maklik Akwaponika85 DDS in ‘n kits Vasplak sonder moeite 88 Nuut gemaak Speelplek vir kleingoed92 Toor met kwas en verf Van indringer na tuinkuns 95 DDS ‘n Buitestort 98 Teken in op Die Tuinier

TUINMARK102 Nuus, produkte en pasellas 107 Steggiestukkies 108 Kleinadvertensies 112 Kruiwastorie Lamboud!

RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES11 Oop Tuine Landwyd11 Groen afsprake 28 GCA se Tuinsentrum- kompetisie 2010 Al die wennerkwekerye55 Somerkleur met Keith Kirsten Wat is nuut?100 Tem jou grasperk met Red Rhino

GER

EELD

E A

RTIK

ELS

SPESIALE AANBOD: TEKEN NOU IN EN KRY NOG ‘N SUBSKRIPSIE GRATIS!

Page 3: Die Tuinier November 2010

Binnekort hoor ons weer in al die winkelsentrums die nimmereindigende klanke van Kersliedere – waarskynlik veral deur Boney M. Ek het niks teen Boney M nie (trouens, ek hou

van hul musiek), maar dit irriteer my regtig vreeslik wanneer ek hoor Kersliedere word in winkels gespeel. Ek dink nie die winkeleienaars speel dit omdat hulle in ‘n feestelike bui is nie, maar omdat hulle glo dat dit ons sal oorreed om meer te koop, en ek dink dit is dit wat my so omkrap. Wel, of ons nou meer koop of nie, komkommertyd is om die draai is en al die malligheid kan amper begin.

Dit is ook so dat die somer hier is, met mening. In hierdie geweldige hitte moet ons ingeligte besluite neem as dit by ons tuine kom – oor wat ons plant, hoe ons daarvoor sorg en die meeste uit ons klein juweeltjies haal, ten spyte van die hitte.

Die bekroonde VK-tuinboukundige Chris Beardshaw het onlangs ‘n blitslesingtoer deur SA onderneem. Sy besoek was op uitnodiging van Keith Kirsten, en die opbrengs van sy lesings is ten bate van die Suid-Afrikaanse Kwekeryvereniging se Tom Arnold-beursfonds. ‘n Reuse

Tanya geklee deur:

Besoek ons op:

w w w. d i e t u i n i e r . c o . z a

Groen Kampioen

dankie aan Keith en die borge wat dit vir ons moontlik gemaak het om in Chris se wysheid te deel en deur sy entoesiasme geïnspireer te word. Wat ‘n voorreg was dit nie om na hierdie talentvolle en ongelooflike tuinier te luister nie!

Hierdie maand kyk Gerald na nog een van die plantfamilies. Die keer is dit Rosaceae wat die genus Rosa, die roos, insluit wat beslis die geliefdste lid van hierdie familie en moontlik van al die blomplante is. Dit bevat ook baie ander pragtige lede, waaronder een van my groot gunstelinge, RHAPHIOLEPIS x delacourii ‘Kruschenia’ (Indiese meidoring). Dit is so ‘n veelsydige struik en gedy van die kus tot in die berge. Ander familielede sluit in Cotoneaster, Prunus en, natuurlik, appels en pere. Lees hierdie artikel rus-rus om hierdie pragtige familie te geniet. Lekker tuinmaak!

W e l k o m

NS: Saam met tuinmaak is ek ook geesdriftig oor goeie kos (en om die oulike sjefs dop te hou!) dus sal ek ook van Donderdag 25 tot Sondag 28 November 2010 ‘n bietjie tyd bestee by die Good Food & Wine Show by die Durban-uitstalsentrum. Daar is altyd ‘n groot vraag na die kaartjies om die sjefs in aksie te sien. Bespreek dus joune vir die Get Fresh With BBC Lifestyl-teater en die Chefs In Action Theatre vooruit by Computicket (of waag die kans en hoor by die deur of daar nog plek is). Vir meer inligting besoek www.gourmetsa.com.

Die uwe, Chris Beardshaw en Keith Kirsten – kan ‘n mens nog meer “tuinmaak” in een foto inpas?

Voorbereidings vir die Good Food & Wine Show? Nee! Dit is hoe ‘n mens jou oë laat blink net voor jy ‘n gleuf afneem vir nog ‘n reeks van The Gardener vir die Home Channel.

OP DIE VOORBLADAGAPANTHUS orientalis ‘Queen Mum’ is nuwe en ‘n baie robuuste hibried met blomstele wat tot 1,2 m lank kan word. Die groot blomkoppe is twee-kleurig met donkerblou en spierwit aan die individuele blommetjies se buitekante en net wit aan die binnekante. Die plante blom in Desember en Januarie.

Page 4: Die Tuinier November 2010

8 l www.dietuinier.co.za

NOVEMBER TUINDAGBOEK

In joustreek

Somerreënval gematig� Plant PELARGONIUM graveolens (roosmalva). Dit is ‘n klein bosagtige struikie vanongeveer 1,5 m en maak pienk blomtrosse vanaf Augustus tot Januarie. Wanneer dievlesige blare gekneus word, het dit ‘n hemelse rosegeur. Gebruik die blare en blommeom nageregte en koeke te geur. Dit blom beter in volson, maar verdra halfskadu.� Snoei afgeblomde struike soos jasmyn, banksia-rosies, Dorothy Perkins-rose enKaapse meidoring (Spiraea) redelik skerp terug. Snoei plante wat dalk deur haelbeskadig is liggies en spuit voorkomend met ‘n breëspektrum fungusdoder.� Sorg dat alle jong bome en veral hoogstamrose stewig gestut is. Somerstorms bringskade.� Snoei afgeblomde azaleas netjies, bemes, hernu die deklaag om hulle en gee gereeldwater.

Somerreënval subtropies� Donsskimmel (wat van poeieragtige meeldou verskil) is die siekte wat rosedoodmaak wanneer die weer koel en vogtig is. Die eerste sigbare tekens vandonsskimmel by ‘n roos is bruin strepe by die bloeistele en blomknoppe wat ophouontwikkel. Om die rose ‘n vegterskans te gee is dit noodsaaklik om geharde blare tekweek. ‘n Handvol dolomitiese landboukalk per roosbos of, nog beter, om die helebedding elke twee jaar te bedek is ‘n goeie plan. Kalsium is die belangrikste mineraal indie grond en speel ‘n noodsaaklike rol om die selwande en membrane van plante teversterk. Nog ‘n maatreël wat vinnig die blare en stamme verhard, is die insluiting vandie blaarvoeding Magi-Cal by die spuitoplossing.

Winterreënval� Plant rooi petunias en heuningblomme virfeestelike kleur in potte of langs paadjies – hulleverskaf treffende kleur en gee ‘n heerlike geur afwanneer mense verbystap.� Haal irisse uit en verdeel hulle sodra hulle klaargeblom het.� Gebruik Aquasoil in beddings en veral as jysagte of baie jong plantjies gaan plant. Diebenattingsmiddel breek nie net die waterwerendelagie oor hardgebakte grond nie maar lei die waterdieper, tot by die wortelstelsel in en hou die grondlanger klam. Behalwe die vogretensiekwaliteite,bevat dit ook ‘n misstof wat stadig vrystel ensaailinge voed. Behandel al jou tuinpotte metStockasorb waterretensiekristalle en gebruik dit ookwanneer jy nuwe struike plant.� Fynbosplante soos boegoe, speldekussings, heide en proteas kan vir netheidgesnoei word wanneer hulle blomtyd verby is. Hernu die deklae om die plante.� Snoei konfettibosse redelik skerp terug. Onthou dat hierdie pragtige plante methulle naaldagtige loof in oulike vorms gesiersnoei kan word.� Plant somerkleur wat hou in dié klimaat soos rooisalies en vincas. Albei hou vansomerhitte en matige water.

Droë binneland� ‘n “Droë dammetjie” wat in party Japanse tuine gebruik word is ‘n ideale projek omaan te pak vir ‘n vinnige nuwe fokuspunt. Doen moeite met die plasing van sand, gruis,klippe en plante. Plat klippe kan as trapklippe gebruik word wat deur die “dammetjie”kronkel. ‘n Finale laag riviersand wat gelyk gehark word, stel die water voor. Sterkfokuspuntplante kan gebruik word om die vorm en posisie van klippe te versag en tebalanseer. Plante wat mooi is sluit in ELEGIA tectorum, ACORUS gramineus ‘Golden edge’,DIETES grandiflora, ACER palmatum var. dissectum ‘Atropurpureum’ en OPHIOPOGONjaponicus ‘Kyoto Dwarf’.� Cistus ‘Silver pink’ het smal grys-groen blare en is van vroeg- tot midsomer bedekmet roosagtige pienk blomme. Dit vaar goed in alkaliese grond en verkies volson. Ditgroei goed saam met SANTOLINA chamaecyparissus (dwergsantolina), ‘n veelsydigestruik wat kwaai temperature gedurende die somer verduur. Dwergsantolina het fynsilwerkleurige loof wat in die somer sterk kontrasteer met sy mosterdgeel blomme. �

PELARGONIUM graveolens (roosmalva)

Inspirasie vir ‘n droëJapannese dam

Page 5: Die Tuinier November 2010

www.dietuinier.co.za l 7

hibriede is uitstekend vir Kersfeeshouers omdat hulle kompakte, bosagtige plante is methelderrooi blomme en glansende donkergroen blare.

Jou grasperk� Bemes weer met ‘n grasperkmisstof as jou tuintapyt nog nie ‘n somerse lowergroenkleur het nie.� Sny jou gras by die hoogste stelling op jou grassnyer – dit stimuleer wortelgroei.� Sny een maal per week – as jy egter kikoejoe het, sal twee keer se sny per week grasfyner laat lyk.

KombuistuinmaakKruie – saai nog: basieliekruid, koljander, dille, kappertjies, platblaarpietersielie, grasuie,soet- en brandrissies en salie.Groente – saai nog: kool, spinasie, spinasiebeet, roket, wortels, beet, radyse,rankboontjies, eiervrugte, tamaties, seldery, rubarber en Florentynse vinkel.

Plae, peste en kopsere� Torre - ‘n mens kan nie die geel-swart kewers miskyk wat blomme binne ‘n dagheeltemal kan vernietig nie. Die peste is óf die CMR-kewer óf die vrugtetor, ‘n groter, breërtor. Die beste manier om hulle te beheer is om hulle met die hand te vang. As dieplaag ernstig is, gebruik Ludwig’s Insect Spray Plus teen 100ml op 10liter water waarby 10ml Spray Stay gevoeg is. Ludwig’s Insect SprayPlus bevat knoffel, kanolaolie en natuurlike piretrum.

Doendinge� Hou aan om jou blombeddings met tuisgemaaktekompos te bedek.� Verleppende plante kan ‘n aanduiding van temin water wees, omdat ‘n sproeiertjie hulle dalk netmis met die natgooi. Gaan die hele stelsel na om sekerte maak dat daar nie droë kolle is nie.� Snoei bladwisselende, lenteblommendestruike soos SPIRAEA cantoniensis, SPIRAEA xarguta en Deutzia. Snoei al die dooie hout uiten verwyder ongeveer ‘n derde van die groei.� Snoei rankmalvas terug na die eersteblomfase en voed tweeweekliks om nogblomme aan te moedig.� Hou rankers in toom deur hulle terug tesnoei of wilde lote aan priële of heinings vas tebind. Bougainvilleas wat uitgeblom is kan ooknou teruggesnoei word.� HELIANTHUS annuus (sonneblom) groei vinnig en maklik. Saaisonneblomme in volson aan die agterkant van ‘n bedding omdathulle hoog groei. Spit die grond diep om en gee oorvloedigkompos. Druk die groot sade 2 cm diep en 30 cm uitmekaar in dieklam grond in. Oorstroom die ry met water en moenie dat dituitdroog nie. Die saailinge kom gou op.

Plant rissies hierdie maand

HELIANTHUSannuus(sonneblom)

Page 6: Die Tuinier November 2010

6 l www.dietuinier.co.za

NOVEMBER TUINDAGBOEK

TuinTakeMooi daar buiteDis November en die soet geur van TRACHELOSPERMUM jasminoides (sterjasmyn) hangin die lug. Dis ‘n immergroen ranker met donkergroen glansende blare en spierwitstervormige blommetjies wat ewe gaaf groei in semi-skadu of volson. Daar is velegebruike vir dié pragtige klimplant. Plant ‘n massa van hulle in die skaduwee vanbladwisselende bome as laesorg grondbedekkers. Plant sterjasmyn in stewigehangmandjies en laat dit toe om oor die rande te tuimel. Plant sterjasmyn in groot potteen lei op teen deftige staalobeliske of tepees gemaak van houtlatte. Laat sterjamyn teenheiningdrade, en oor pergolas en tuinboë rank. Sterjasmyne gee oor die algemeen geenprobleme nie, maar die plante se loof kan soms vergeel. Stel die probleem reg metgereelde toedienings van ‘n gebalanseerde misstof wat ryk aan stikstof en kalium is. Diegrond moet verryk word met gereelde toedienings van kompos en goed dreineer.O ja, moenie vergeet om ook die eksotiese STEPHANOTIS floribunda (Madagaskar-jasmyn) in ‘n pot naby jou kuierplek te plant nie. Die ranker met sy groot, amperleeragtige blare en spreidende sytakke dra die pragtigste trosse spierwittrompetblomme in die somer en groei ewe maklik.

Plant nouRooi beddingplante is handig vir dié tyd van die jaar wanneer jy jou tuin wil beginregruk vir Kersfees en ‘n mens kan hulle ook goed binnenshuis gebruik oor diefeesseisoen – as tafelversierings. Plant individuele blomplante in klein potjies sodathulle later in sierlike houers geplaas kan word. Met ‘n pak met net ses saailinge kan jyver gaan en later net die grond om elke plant met blinkgoed versier.Hier’s ‘n paar rooies:� Beddingbegonias vir beddingrande en ‘Begonia Dragon Wings Red’, ‘n groter plantmet neerhangende groei wat veral goed is in hangmandjies en houers.� Dianthus (DIANTHUS chinensis x barbatus of D. chinensis) is ook beskikbaar inhelderrooi. Hulle word gewoonlik net 20 tot 25 cm hoog in die tuin en is goed vir randeen houers. Hulle groei in volson, maar sal in die somer ook in gedeeltelike skadu aard.Moedig blomme aan deur tweeweekliks vloeibare kunsmis toe te dien. Moenie vergeetvan die baie kompakte DIANTHUS caryophyllus (potangelier) nie, daar is lieflike nuwesoorte (ook met rooi blomme) beskikbaar.� Plant rooi Nieu-Guinee-impatiëns in houers vir Kersfees en gebruik hulle virtafelversierings.� Petunias is ideaal vir warm droë Desembers. Plant ‘n klompie met rooi blomme nou inhouers of hangmandjies om goed te lyk teen Kersfees.� SALVIA splendens (rooisalie) laat ‘n mens die meeste aan Kersfees dink – die regopare met rooi blomme herinner aan die speelgoedsoldaatjies uit Die Neutkraker. Hulle isveelsydige plante wat geplant kan word in volson of ligte skadu (waar die blomme nieso gou sal verwelk nie). Daar is baie klein variëteite (15 cm hoog) sowel as grootmenerewat tot 30 cm hoog word. Ideaal vir feestelike Kersfeeshouers.� Vinca (CATHARANTHUS roseus) is die gehardste van alle beddingplante. Hulle houvan volson en hitte, swak sanderige grond en het nie baie water nodig nie. Die nuwe

TRACHELOSPERMUMjasminoides (sterjasmyn)

STEPHANOTIS floribunda(Madagaskar-jasmyn)

DIANTHUS ‘Corona Cherry Magic’PETUNIA SALVIA splendens (rooisalie)

Nieu-Guinee-impatiëns

Page 7: Die Tuinier November 2010

52 I www.dietuinier.co.za

Kweek

Page 8: Die Tuinier November 2010

www.dietuinier.co.za I 53

Tot betreklik onlangs toe is organiese tuinmaak oor die algemeen beskou as die gebied van eksentrieke mense

wat geweier het om die vanselfsprekende waarheid te aanvaar dat twintigste-eeuse vooruitgang die ou kuns van tuinmaak verander het. Die houding was: Waarom rondpeuter met kompos en knoffelspuitstof terwyl moderne misstowwe en insekdoders soveel doeltreffender en makliker is om te gebruik?

Menings het verander omdat die voordele van twintigste-eeuse tegnologie ‘n duur prys was om te betaal, en nou beskou die meeste tuiniers “organies” as die sinvolste manier om tuin te maak. Chemiese spuit- en misstowwe het baie skade aan die natuur aangerig. ‘n Tuinier dink miskien dat hy of sy alleen dalk nie veel kan doen om die wêreld te verander nie, maar ons kan beslis verstandig sorg vir die stukkie omgewing onder ons beheer: ons eie tuin. En sodoende maak ons ‘n verskil, veral as ‘n mens al die huistuine in die wêreld bymekaartel – hulle verteenwoordig ‘n taamlike groot stuk van die omgewing.

Organiese tuinmaak is bloot die toepassing van gesonde verstand soos mense eeue lank gedoen het. Dit behels om mis in ‘n bedding in te spit, kombuisafval op ‘n komposhoop te gooi en om bloed en been in plaas van ammoniumsulfaat op jou tamaties te gebruik. Deur ryk kompos wat

jy gemaak het eerder as ‘n sak chemiese misstof te versprei, weet jy dit sal goed wees vir nie net plantgroei nie, maar ook vir die gesondheid van jou grond in die jare vorentoe. Jy werk hand aan hand met die natuur, in harmonie met sy eie ritmes.

Om ‘n gesonde organiese tuin te onderhou is dit die moeite werd om ‘n paar minute af te knyp om weer na die lewensiklus in die tuin te kyk sodat jy al die elemente en hul interafhanklikheid van mekaar verstaan. In ‘n ryklik beboste gebied waar ‘n groot verskeidenheid plante sonder inmenging deur die mens welig groei, sal jy merk dat ‘n dun lagie afgevalde blare die woudvloer bedek. Die blare ontbind en onder hulle is ‘n menigte lewende organismes wat die organiese materiaal verteer en self ook hul eie dooie liggame by die grond voeg. Hulle wissel van wurms en klein insekte tot mikroskopiese bakterieë en swamme en sonder hulle kan die herbenuttingsproses nie plaasvind nie.

HumusDie werk van al hierdie organismes het die wonderlike stof genaamd humus tot gevolg. Dit is ‘n soort swart kolloïed en gee die donker kleur en die soet aardse reuk aan vrugbare grond. Dit klou vas aan die mineraaldeeltjies wat die raamwerk van grond uitmaak en vul die ruimtes sodat water en opgeloste voedingstowwe in die struktuur gehou

word en aan plante beskikbaar gestel word wanneer hulle dit nodig het.

Humus word geleidelik verteer en gee sy voedingstowwe aan plante, en as dit nie voortdurend vervang word nie, sterf die grond. Die grond lewe so lank as wat daar nie met die herbenuttingsproses ingemeng word nie – maar inmenging is presies wat in ‘n tuin gebeur. Ons sit nie alles weer terug in die grond nie. Ons gooi onkruid op die komposhoop, ons eet ons groente en stuur die afval elders heen. Ons pluk blomme en gooi hulle in die asblik. Ons verbrand blare en snoeisels. En elkeen van hierdie aksies verminder die humusvoorraad. Ons gebruik dalk selfs giftige chemikalieë wat die mikroörganismes doodmaak. Ons moet duidelik werk om die balans te herstel.

Tensy jy die organiese materiaal vervang waaruit die humus voortdurend gevorm word, sal die grond geleidelik doodgaan. Bygevoegde chemiese misstowwe versterk die groei van jou plante vir ‘n rukkie, maar voed nie die lewende skepseltjies in die grond en maak ook nie humus nie. Chemiese misstowwe lewer ook ander probleme op. Om hulle oplosbaar te maak, bevat hulle stowwe wat die tuin nie nodig het nie: ammoniumsulfaat lewer beslis stikstof van die ammoniak op, maar die sulfaatdeel vergiftig wurms, bakterieë en swamme.

Dit duur ‘n ruk om die humusvlakke in die grond op te bou, veral as verkwistende tuinmaak dit uitgeput

en die onoordeelkundige gebruik van insek- en swamdoders en kunsmisstowwe dit vergiftig het. Dit duur ook ‘n ruk om gewoond te raak aan die idee om die grond en nie die plante nie, te voed.

Page 9: Die Tuinier November 2010

54 I www.dietuinier.co.za

Organiese materiaal – materiaal wat eens lewend was – moet voortdurend bygevoeg word om die humus te voed, die rede waarom dit belangrik is om jou eie kompos te maak deur soveel organiese materiaal as moontlik van die tuin self te herbenut. Afgevalde blare, groentestingels, dooie blomme – niks moet gemors word nie. Bring dan ander materiaal van buite af in: groenteafval, dieremis, bloed en been, grassnysels, hare, koerante en strooi.

Is kompos ‘n goeIe bemestIngstof? Presies hoe goed kompos as bemestingstof is, hang af van hoe ‘n mens dit meet. Die hoeveelhede beskikbare stikstof, kalium en fosfor (die NPK-syfers) is nogal laag en veranderlik wanneer dit met kunsmis vergelyk word. Dit laat plante nie skielik vinnig groei nie. Die voordele daarvan is langdurig. As jou grond van nature min van ‘n besondere element bevat, voeg bloot die vereiste elemente op die hoop by, verkieslik in ‘n vorm waarop die mikroörganismes kan werk. Enigiets wat ryk aan proteïen is (bloed, been, urien, mis), sal stikstof byvoeg. Beenmeel verskaf fosfor en potas kom van houtas of seewier. Die vraag na kompos is die grootste in die laatwinter wanneer plantbeddings voorberei word en deur die lente wanneer deklae vir die somer neergelê word. ‘n Mens kan egter jou kompos versprei wanneer dit jou pas.

kweek tamatIes organIesTamaties is lief vir baie kompos en mis. Ideaal gesien moet dit minstens agt weke voor plant in die bedding ingespit word om dit tyd te gee om af te breek en ook sodat voordelige mikroörganismes kan ontwikkel. Tyd is ook nodig sodat die voedingstowwe in die kompos of mis vrygestel kan word. Die inspit van die kompos of mis in die grond sal waarskynlik daartoe lei dat ‘n hele klomp onkruid ontkiem, wat dan uitgetrek kan word voor jy jou tamaties plant. Versprei kompos as deklaag op die oppervlak om gevestigde plante waar jy nie diep wil spit en die wortels wil versteur nie. Namate dit ontbind, sal die erdwurms dit op ‘n natuurlike manier dieper ‘inspit’. ‘n Deklaag wat min of meer permanent is, sal die grond koel hou, onkruid versmoor en vog bewaar.

Die Australiër Annette Welsford het hierdie artikel geskryf. Annette het die boek How to Grow Juicy Tasty Tomatoes geskryf saam met Lucia Grimmer,

‘n plantvoedingstegnikus en deskundige op die gebied van plantsiektes. Die boek beskryf

in besonderhede alles wat ‘n mens wil weet van hoe om tamaties organies te kweek. Dit het

stap-vir-stap-aanwysings vir die groentjietuinier en gevorderde inligting wat op proefnemings

berus vir die professionele kweker. Besoek www.bestjuicytomatoes.com om ‘n hardebandboek te

bestel of ‘n elektroniese afskrif te koop en af te laai.

Page 10: Die Tuinier November 2010

DIE KERRIEBOOMMurraya koenigii

Deur Margaret Roberts

Die kerrieboom is ‘n skerp aromatiese immergroen boom wat van Indië, Sri Lanka en Pakistan afkomstig is en is ‘n baie geliefde en gewaardeerde deel van Indiese kultuur, voedsel en medisyne.

Indiese immigrante het hul kerriebome met hulle saamgetrek toe hulle in ander lande gaan woon het. ‘n Indiese chef het

ongeveer twintig jaar gelede die eerste ker-riebome vir my gegee en my ook geleer hoe om “regte kerriepoeier” te maak, soos hy dit gestel het. Hy het ook terloops gesê dat die boom medisinale eienskappe het – sy ouma het dit gebruik om verkoues en griep weg te hou, en dit was ‘n goeie behandeling vir virusse en party kankersoorte. Ek was ver-baas. Later het ek uitgevind dat die mediese aansprake korrek was, dat die blare ryk is aan antioksidante en in die aptekersboeke van Thailand, Maleisië, Indonesië en Sri Lanka gelys is. Deur die eeue het elke huis ‘n ker-rieboom gehad en was daar takkies saam-gestelde blare om daagliks te pluk.

Die kweek van kerriebome MURRAYA koenigii is gevoelig vir ryp. Moet dit dus nie probeer kweek as jy nie in ‘n warm, rypvrye subtropiese of tropiese gebied woon nie. Piepklein boompies word gekweek van trosse saad wat uit die piepklein ster-vormige wit blommetjies ontstaan. Die saad moet ryp word en uitdroog voor dit gepluk en gesaai word. Druk twee of drie ryp sade in ‘n pot vol klam komposryke grond en hou die pot in die skadu. Moenie dat die grond uitdroog nie. Dit duur ‘n paar maande voor die klein saailinge stewig en sterk genoeg is om uitgeplant te word. Kies in daardie stadium ‘n plek wat volson kry, berei diep en wye komposgevulde plantgate voor en laat dit vol water loop. Haal die boompies versigtig uit die potte uit sonder om die wortels te versteur en versink hulle in die

voorbereide gate. Druk die grond om elke boompie vas om hulle stewig te maak en hou dit klam. Maak ‘n sterk dammetjie om elkeen ter voorbereiding van ‘n lang, stadige week-likse natmaak en hou die bome goed dop.

Die gebruik van kerrieblareDie woord kerrie kom van die Tamil-woord kari wat ‘n pikante sous met ‘n intense geur beteken. Kerrieblare is ‘n noodsaaklike bestanddeel van die Tamil-kombuis en word sedert die eerste eeu na Christus as geurmid-del en voedsel gebruik. Dit word baie eeue lank al in Hindoe-medikasies en Ajurvediese medisyne gebruik en het ‘n plek in seremo-nies en vierings. Kerrieblare se reputasie as waardevolle medisyne wat in baie belangrike aptekersboeke gelys en geregistreer is, gee daaraan ‘n unieke status wat wêreldwyd erken word.

Moderne mediese navorsing bevestig die rol van kerrieblare by die behandeling van diarree, disenterie, braking, naarheid en uiterste uitputting weens trauma. ‘n Tee van die blare – ‘n kwart koppie blare op ‘n koppie kookwater, laat trek vyf minute, roer goed, gooi deur en teug stadig – is uiters strelend vir al dié kwale en is die tradisionele tee vir diabetes, ‘n gebruik wat onder die soeklig kom namate navorsing nuttige verbindings in die vars blare isoleer. Die afgekoelde tee raak ‘n gewilde smeer-, gorrel- en mondspoel- middel, en word gebruik om seerkeel, griep-simptome, mondinfeksies, tandvleiskwale en sere om die mond te behandel. Kerrieblare is ryk aan antioksidante en antivirale verbind-ings wat geblyk het beskermend teen sekere kankersoorte werk.

Op die Indiese en Sri Lankaanse plat-teland word tandeborsels van die stamme en sagte takkies gemaak deur die punte fyn te druk en die vesels uit te rafel. Dit help om tussen die tande skoon te maak asook om die tandvleis te masseer om infeksies gesond te maak.

Kerrieblare is ‘n verwarmende, stimule-rende, heerlik geurige kruid wat spysverter-ing verlig, aptyt verbeter, koliek en diarree streel, hardlywigheid opklaar, en suuropris-ping, die opbreek van winde en winderigheid laat verdwyn. Al die dele van die pragtige boompie word gebruik en ‘n pasta van die fyngestampte blare maak ‘n strelende pap op insekbyte, steek-, krap- en skaafplekke. Vars en gedroogde blare wat in ghi of olie

gebraai word, is die basis vir kerries en word bygevoeg by blatjang, marinades, souse, slaaisouse en smere, vryfmiddels en maalsels met fenegriek en rissie en komyn.

“Regte kerriepoeier”Hierdie is die basiese kerriemengsel wat die Indiese sjef my gegee het op daardie won-derlike dag toe hy die bome gebring het, en ek het geëksperimenteer, bygevoeg en elke smaak geniet.• ½ koppie koljandersaad• ½ koppie komynsaad• ½ koppie fenegrieksaad• 2 teelepels kardamompeule, uitgedop• 1 teelepel naeltjies• ½ koppie geel mosterdsaad• 1 eetlepel tamaryn• 1 eetlepel borrie• ½ koppie of meer of minder brandrissie – fyn gekap en die saad verwyder as jy wil • 1 koppie vars kerrieblare• ½ koppie vars gerasperde gemmer• ½ koppie dik bruinsuikerMaak alles fyn in ‘n stamper en vysel en voeg sout en swartpeper by na smaak. Hierdie voortreflike mengsel moet elke keer vars ge-maak word. Meng dit goed. Die tamaryn is te kry in ‘n pasta – druk dit fyn in alles. Die gem-mer moet regtig fyn gerasper word – voeg dit by die suiker. Skep die mengsel versigtig in ‘n warm pan met ‘n bietjie ghi in en werk vinnig. Voeg dan die hoenderstukke of vis of skaapvleis by of hou dit heerlik vegetaries en voeg kekerertjies of lensies of eiervrug en groente by. Voeg dan ‘n bietjie aftreksel of water by. Dalk hou jy van sterker smake – voeg by en verander en maak aantekeninge. Dit is ongelooflik as dit saam met rys voorge-sit word!

NB! Moenie MURRAYA koenigii met HELICHRYSUM italicum (die “kerrie-plant”) verwar nie. H. italicum ruik net soos kerrie, maar kan nie geëet word nie. Die geur is al wat kerrierig is en die blare in nie eetbaar nie.

Plante van die Margaret Roberts Malanse-uns Herb Collection wat kerriebome insluit, kan by tuinsentrums en kwekerye bestel word. As jou plaaslike tuinsentrum nie kerrie-bome in voorraad het nie, vra die bestuurder om dit vir jou te bestel.

Raadpleeg altyd eers jou dokter voor jy met ‘n tuisbehandeling begin. Die inligting in hierdie artikel is geensins bedoel om jou dokter se advies te vervang nie.

Page 11: Die Tuinier November 2010

www.dietuinier.co.za I 31

aan dIe waterkant

Gereed vir die

die somer is hier en jou winterbleek beentjies is dalk al ‘n bietjie bruiner. Jou bikini pas ook weer soos ‘n handskoen. Maar, dit gaan jou niks baat as jou swembad en kuierplek nog winterdroewig lyk nie. dalk kort jy net ‘n bietjie inspirasie. Ons het op

twee werwe die mooiste kuier- en swembadtuine raakgeloop.

Ouwêreldse huis, moderne onthaaltuindié swembadtuin in Montagu is uitgelê deur Jan Hagen van Zantedeschia Concepts volgens riglyne deur david Muirhead, ‘n Johannesburgse projekbestuurder en binnenshuise versierder, wat verantwoordelik was vir die restourasie van twee baie ou wonings op die dorp. Huis krige, ‘n nasionale gedenkwaardigheid en Huis Biden, die ou Vrymesselaarslosie se klein tuine is verbind om een tuin met verskillende tuinkamers te vorm. tussen die binneruimtes en die buiteleefareas moes ‘n perfekte sinergie wees.

die swembadtuin word omring deur ou grensmure aan drie kante. Vanaf hierdie sentrale gedeelte, word die twee tuine verbind met netjiese stapblokpaadjies. twee watereffekte met dieselfde kernelemente word tussen die twee tuine herhaal om dit saam te bind. Balau-houtdekke is as tuinvloer rondom die swembad-area gebou en daar is ook ‘n ruim kuierhoutdek om ‘n witstinkhoutboom.

plons...

Page 12: Die Tuinier November 2010

Gebruik wat daar is…‘n Groot CELTIS africana (witstinkhout) en ‘n redelike ou PODOCARPUS falcatus (Outeniekwa geelhout) wat op die eiendom was, het sentimentele waarde vir die nuwe eienaars, Richard en Karen Weilers. Albei is simpatiek en mensvriendelik gesnoei om die beste te maak van hulle takraamwerke en geil gedrapeer met stringe liggies wat die tuin saans in ‘n towerlandskap omskep.

Voeg ‘n bietjie flair by…‘n Swembadtuin is nie afgerond sonder gemaklike slaplê-meubels en mooi potte met plante nie. Moenie oorboord gaan met te veel mooigoed nie, die huismense moet genoeg beweegruimte hê om in te speel, plons en plas met veiligheid.

32 I www.dietuinier.co.za

‘n Moderne dagbed met skaduwee vir ontspan. Nuwe aalwynhibriedemet geel blomme was sommer ‘n spoggerige keuse vir die potte.

‘n Flambojante kandelaar hang aan ‘n dik tak van die witstinkhout met

sy houtdek van balau. Die gemaklike rottangmeubels sorg dat die familie

lang ure daar spandeer in die soel someraande van Montagu.

Page 13: Die Tuinier November 2010

www.dietuinier.co.za I 33

Dan die plante…Om van die tuin ‘n rustige Eden te maak, weg van die stadsgewoel waarvan die eienaars vlug, is besluit om die loofkleur so rustig as moontlik te hou en daar is hoofsaaklik in groen gewerk. Tekstuur is verkry met die aanplant van PHILODENDRON xanadu. Die VIBURNUM odoratissimum, V. tinus lucidum en V. suspensum sal in die toekoms namate hulle groter groei, die ruimtes meer gesellig maak en die grensmure versag. Jan het ook gebruik gemaak van SCHEFFLERA umbellifera (basterkiepersol) omdat hy glo die plante met hulle slanke groeiwyse sal ideaal wees om vertikale hoogte en afskerming in klein plekke te verskaf. Hulle sal ook sorg vir meer koelte – iets wat baie nodig is in die Klein Karoo se baie warm somertemperature. .

Die verwelige blare van TIBOUCHINA grandifolia is sag om aan te vat en mooivir die oog – ‘n plant wat aandag trek self al is dit sonder die dieppers blomme.

Daar kan staat gemaak word op Ligularias met hulle groot blare met die heldergeel kolle op, om interessante kontras te verskaf tussen ander groene.

Die pragtige roesbruin onderkante van die leeragtige blinkgroen blare van MAGNOLIA grandiflora ‘Little Gem’.

Page 14: Die Tuinier November 2010

SwemhuisDie kuiergedeelte van die huis is so deel van die tuin, dat ‘n mens amper vanaf die dieptes van ‘n sagte rusbank in die koel donker waters van die swembad kan duik. Theresa Rabe van Onrusrivier, naby Hermanus, het moeg geraak vir die patio in die agtertuin wat gedurig onder die elemente moes deurloop in dié winderige kustuin. Die agterstoep is onder dak gesit met ‘n byderwetse wit houtvloer. Met wegvou konsertinadeure kan die hele vertrek oopgemaak word om die natuur en die tuin elke dag in te nooi. Hierdie is nou haar gunstelingvertrek waar sy meeste van haar ledige ure spandeer.

Voeg fyner detail by…Theresa is lief vir mooimaak en stilering en verander met die seisoene ook die kleur van haar bykomstighede. In die koeler maande laat helderrooi dekoritems soos strooikussings, gooilappe en ander items, die kuierplek warm en snoesig lyk. As dit warm word, gebruik sy weer koel blou bykomstighede om die voorkoms te verander.

Theresa se plantstyl…Daar is gehou by ‘n eenvoudige en herhalende plantkeuse teen die agtergrond van die magtige berge. Boonop was die ruimte om die swembad te klein om te besig te plant. Grootblaarklimop bedek van die grensmure terwyl ander waarop die oog val vanuit die kuierkamer, met trellisraamwerke versier is waarteen TRACHELOSPERMUM jasminoides (sterjasmyn) groei. In muurpotte tussen die panele word fyn seisoenale jaarplante vir kleur geplant. Netjies gesnoeide SYZIGIUM paniculatum en WESTRINGIA fruticosa groei in vensterbokse en potte. 34 I www.dietuinier.co.za

Page 15: Die Tuinier November 2010

www.dietuinier.co.za I 35

Wenke vir ‘n swempartytjie• Kies ‘n ongewone tema wat jou gaste sal verras. Jy kan byvoorbeeld op die uitnodigings sê: ‘Amper aan die einde van ‘n blomryke jaar, kom blom ‘n bietjie saam’. Om aan te sluit hiermee, kan jy goedkoop beblomde lappe aanskaf om vir strooikussing en tafellinne te gebruik. Bind linte met blommotiewe op, om die stamme van bome en hang kleurvolle papierlanterns aan lang toue oor die tafel. • Jy hoef nie jou beursie te knak nie. Maak eenvoudige piekniekkos en pak dit in mandjies. Moenie skaam wees om vriende te vra om te help met die voorbereiding nie. Baie groot supermarkte maak ook heerlike partytjiesnoeperye op groot borde teen ‘n billike prys. Al wat daarby nodig is, is verskillende soorte vars brood en lekker smere. • Gebruik blare, blomme en stukke van sukkulente uit jou tuin uit as versiering. Somervrugte en groente is volop hierdie tyd van die jaar en maak ewe mooi tafelversierings – dit is soms ‘n sappige glansblink nektarien in ‘n kleipotjie of bossies vars en geurige kruie, in plaas van duur bloemisteblomme wat die gaste betower en laat welkom voel. • Gebruik baie goedkoop kerse in glaspotte en drinkglase vir sagte beligting. • Maak jou kruiwa vol ys om die drankies koel te hou. • Klein intieme eetplekkies is meer gesellig as een lang tafel. • Moenie ‘n buurtpes wees nie. Hou die volume van die musiek op ‘n aanvaarbare vlak. (Die lekkerste swempartytjies sluit gewoonlik die bure in, maar as julle nie graag saamkuier nie, sal ‘n voorafwaarskuwing dat julle ‘n buiteonthaal om die swembad gaan hou, selfs die knorrigste buurman sag maak – veral as jy vooraf persoonlik gaan inloer met ‘n plantjie uit jou tuin uit, in die hand.

Page 16: Die Tuinier November 2010

98 I www.dietuinier.co.za

KOOP EENSUBSKRIPSIE

MTD-grasperktrekkers is te kry by grasperk- en tuinafsetpunte en

huisverbeteringsentrums. Creative Equipment versprei MTD in

Suider-Afrika. Bel 011 828 5085 of besoek www.creativelp.co.za.

PETUNIATYD!

INHEEMSß Kaperjolle in ’n bokdrol

ß Crinums – lelies vir alle geleenthede ß Crinums – lelies vir alle geleenthede

INHEEMSß Kaperjolle in ’n bokdrol

‘n Groot Starke ayreS-GeSkenkpak vir een nuwe intekenaar

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 20 Julie 09 tot 17 Augustus 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die AUGUSTUS 09

WEN ’n reis na

Namibië

Vrugtekweek - lemoene

NUWE REEkS

ErythrinasMooIER

AS koRAlE

Plant jou Pietersielie

GRoENTEkWEEkReg vir saai

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 21 September tot 19 October 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die OKTOBER 09

Kombuistuin •Disheerlike mente!•Gooisoetmielies•Sonryppapajas

Damplanteisdit

onkruid?

‘NTaloN-raNDSNyervireeNGelukkiGeiNTekeNaar

inheemsevlytigeliesbette

Somerblommeangelonias,Jakopregoppeenvincas

DoenMosaïek

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 19 Oktober tot 16 November 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die NOVEMBER 09

Kweek vir eet:Tiemie, Koljander

en Skorsies

Ghwarrie, jou lekker

ding!

KOOP ‘N SUBSKRIPSIE EN KRY NOG EEN GRATIS!

Fynproewerplante vir

Japannese Tuine

• Grasangeliere• Somerstruike• Rankplante • Bont Fuchsias

Ons ry die blomtrein en plant:

Clivias...Saai die geil sade só

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 16 November tot 14 Desember 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die DESEMBER 09

Plant nouPolkakolle vir

Kersfees

Koel Komkommers

‘n Talon-keTTingsaag Te wen vir een nuwe inTekenaar

Grasperkplanne bemes, saai oor en sny gemaklik

Wat regte tuiniers vir Kersfees wil hê…

Krismisrose heelsomer lank

CReate

Gratis bylae

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 14 Desember tot 18 Januarie 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die JANUARIE 10

TuinTerapie• Plante vir Welwees• Aromatiese Kruie• Sappige Perskes• Kweek Anys• Wildeals gee Alles

Speel met SPIRALE

in potte

Intekenaarsprys: Jy kan Décor LattIce-proDukte wen

TuinromansePlant ’n Maanligtuin

Sonvangers vir jou blomtuin

Plantkarnivore

R19.95ANDER LANDER17.50 Uitgslt. BTWOp die rak 18 Januarie tot 15 Februarie 09

Ingslt. BTW

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die FEBRUARIE 2010

Tuinprobleme opgelos• Plantevirallesoorteskadu• Watplantekinkeermure?• Huisplantevirelkevertrek

SagopdieNeusGeurplante

Intekenaarsprys: Jy kan ‘n wegbreeknaweek met gratIs motorhuur wen

Karwy,RoosmarynenBlomkoolindiegroentetuin

SwemlessevirWagter

’nTuinvirAlleSeisoeneinPaarl

BAIE GELUK aan Mnr. A.J. Dreyer, Mev. B. Goldschmidt and Mev. E.H. Altintopi wat elk ‘n JoJo SlimlineTM-tenk plus R1 500 kontant vir die installering gewen het, die teken-in-en-wen-pryse vir Augustus 2010.

PLUS kom in aanmerking om‘n MTD175 Lawn Tractor ter waarde

van R22 000 van CreativeEquipment te wEN

GRATIS

Page 17: Die Tuinier November 2010

www.thegardener.co.za I 99

Ons het hierdie maand iets spesiaals gereël vir een gelukkige intekenaar plus ‘n dubbele bederfie vir elke

nuwe intekenaar. As jy voor 15 November 2010 op Die Tuinier of The Gardener inteken of jou intekening hernu, word jou naam ingesluit by die trekking vir die fantastiese MTD175 Lawn Tractor ter waarde van R22 000 wat deur Creative Equipment verskaf word. Nuwe intekenaars wat vir die gebruiklike 12 maande teen R220 inteken, word by die trekking vir die prys van Creative Equipment ingesluit EN ontvang ‘n tweede intekening heeltemal gratis om as geskenk te gee.

Creative Equipment het twee nuwe modelle in sy trekkerreeks bekend gestel: die MTD135 en die MTD175, en albei speel gou klaar met groot gebiede sonder om hard te werk.

MTD135 LawN TracTor Die MTD135 is ‘n grasperktrekker met agteruitlaat, ‘n kragtige 10,1 kW‑ (13,5 pk.‑)Briggs & Stratton‑enjin onder sy kap en ‘n snywydte van 92 cm wat dit ideaal maak vir

grasperke van ongeveer 2 000 tot 4 000 m2. ‘n Transmatiese ratkas dra die enjinkrag na die agterwiele oor, wat ‘n mens toelaat om sonder onderbreking rystande te wissel. Die MTD135 kan as ‘n 3‑in‑1‑masjien gebruik word wat kan versprei, in ‘n sak kan versamel en kan uitlaat as dit toegerus is met ‘n stel spesiale lemme en deflektor wat as bybehores te kry is. Danksy die enorme grasvanger (240 liter) hoef ‘n mens nie te dikwels na die komposhoop te ry nie, selfs al is die grasperk groot. ‘n Paar van die ekstra kenmerke van die volledige reeks is die vry dek, wiele wat die gras beskerm en die draaiende vooras – kenmerke wat gewoonlik nie by hierdie prysklas ingesluit is nie. Danksy die dek wat oor die linkerkant uitstaan, kan ‘n mens besonder na aan die rand sny.

MTD175 LawN TracTorDie MTD175‑grasperktrekker, die prys vir hierdie maand se gelukkige wenner, behoort beslis tot die topkategorie van agteruitlaatgrasperktrekkers. Die stewige ontwerp en bou daarvan maak dit geskik vir aanhoudende gebruik in moeilike toestande. Dit kan ook as ‘n 3‑in‑1‑masjien

gebruik word wat kan versprei, in ‘n sak kan versamel en kan uitlaat as dit met ‘n stel spesiale lemme en deflektor toegerus is. Die gladde vierslag‑Briggs & Stratton‑enjin werk met 12,9 kW (17,5 pk.) wat ‘n mens in staat stel om vinnig en maklik teen hellings te sny. Selfs groot gebiede soos 4 000 tot 5 000 m2 kan binne ‘n redelike kort tydjie aangedurf word danksy die snywydte van 105 cm. Nog ‘n onderskeidende kenmerk van hierdie masjien is die nuut ontwikkelde outomatiese ratkas van MTD wat beheer word deur baie stewige meganiese onderdele wat dit amper onvernietigbaar maak. Dit is maklik om met ‘n enkele pedaal die spoed vorentoe en agteruit te beheer. Dit is nie nodig om van rat te verwissel nie aangesien die ratkas voortdurend by die spoed aanpas. Met die nuwe outomatiese ratkas kry die trekker bestuurgemak wat tevore uitsluitlik by hidrostatiese ratkaste te kry was. ‘n Sagtegreepstuurwiel, hoë rugleuning, voorbuffer, topkwaliteit gerubberiseerde glyweervoetkussings en die deurklimraam om maklik op en af te klim, rond die lys van ekstra kenmerke af.

ENKRYEEN

Maak gereedvir diefees-gety

‘N woNDEr-

LIKE GESKENK-

IDEE

GRATIS‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net r220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die

bykomende voordele van gratis aflewering en

om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 30 November 2010.

Hernu vir r207 en

bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers:

Net r193 bespaar 30%

aanlynsubskripsie by www.rnadistribution.

co.za of e-pos [email protected]

Bel (011) 473 8700 metjou kredietkaart-

besonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (r2/sms)

en ons sal jou bel

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en

telefoonnommer na rNa SUBS, Posbus 725,

Maraisburg, 1700

Debietorder opsie:Bel (011) 473 8700 en betaal net r48

elke 3 maande

Deponeer jou betaling by FNB corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, rekeningnr.

62104927259 en faks ‘n kopie met al jou besonderhede

na (011) 474 5479

Teken in op Die Tuinier en jy kan een Engelssprekende

vriend benoem wat drie opeenvolgende uitgawes

van The Gardener heeltemal gratis sal kry.