die tuinier tydskrif

15
R22.95 ANDER LANDE R20.13 Uitgslt. BTW Op die rak 20 September tot 18 Oktober 2010 tuinier vir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA die OKTOBER 2010 12 INTEKENARE KAN KOORDLOOS SNOEI MET CISO VAN BOSCH Velde vol sewejaartjies Muurboks vir groente Eet pap en marog Ruik die soet van inheemse jasmyn Plant DAHLIAS Installeer n fontein Giet perfekte beddingrande

Upload: lonehill-trading

Post on 10-Mar-2016

349 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

The Gardener is in 2003 bekend gestel, vol vars en innoverende tuinmaakidees en inspirasie vir Suid-Afrikaanse tuiniers. Ons sê tuinmaak is pret, bekostigbaar en so maklik dat selfs die mees onervare tuinliefhebber die plesier en sukses van ‘n mooi tuin kan smaak! In elke uitgawe is praktiese projekte en stap-vir-stap-gidse om tuine en buiteleefstylareas op te kikker en ons lesers word voortdurend op hoogte gehou van die beste en nuutste produkte in die groenbedryf en hulle effektiewe gebruike. Marknavorsing het getoon dat ongeveer eenderde van ons lesers Afrikaanssprekend is en daarom het ons besluit om Die Tuinier in 2007 te begin.

TRANSCRIPT

Page 1: Die Tuinier Tydskrif

R22.95ANDER LANDER20.13 Uitgslt. BTWOp die rak 20 Septembertot 18 Oktober 2010

tuiniervir alle tuinliefhebbers SUID-AFRIKA

die OKTOBER 2010

12 IntekenaRe kan kooRdloos snoeI met CIso van BosCh

Velde vol sewejaartjies

Muurboksvir groente

Eet pap en marog

Ruik die soet van inheemse

jasmyn Plant dahlias

installeer ’n fontein

Giet perfekte

beddingrande

Page 2: Die Tuinier Tydskrif

Oktober 2010

Alle werk in hierdie tydskrif is onderhewig aan kopieregte. Alle reprodukies word ten sterkste verbied. Die Tuinier sal nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige weglatings of foute nie. Slegs goedgekeurde artikels kan geplaas word. Die Tuinier is verkrygbaar by alle toonaangewende supermarkte en kwekerye.

Uitgewer Lonehill Trading (Pty) Ltd

Redakteur Tanya Visser

Assistentredakteur Anna Celliers

Besturende Direkteur Kevin Beaumont

Besturende redakteur (Redaksionele navrae)Wendy Moulton 031 764 0593 [email protected]

Hoofvertaler Henriette Treurnicht

Teksredakteur (Afrikaans) Eunia Barnard

Teksredakteur (Engels)Desiree Collett van Rooyen

Ontwerpdirekteur Ruth Brophy

Grafiese-/Webbladontwerp Tanya Campher

Fotografie Geoff Redman,David van den Bergh

DDS-kundige Garth Demmer

Advertensie Jonathan Gouws 031 764 0593 [email protected]

Advertensie/Geklassifiseerdes Mokete Maepa 031 764 0593 [email protected]

Produksie-assistent/ Steggiestukkies advertensies Rusty Croft 031 764 0593 [email protected]

SubskripsiesRNA 011 473 8700 [email protected]

Kantoororganiseerder (Navrae) Kim van Rooyen 031 764 0593 [email protected]

ArtikelskrywersAlice Spenser-Higgs, Andrew Dominy, Angela Beckx, Anna Celliers, Barry Gush, Di-Di Hoffman, Gary English, Gerald Schofield, Glynne Anderson, Graham Duncan, Hadeco, Kevin Beaumont, Lindsay Gray, Louis van Aswegen, Ilona Thorndike, Jenny Dean, Ludwig Taschner, Margaret Roberts, Ruth Brophy, Tanya Visser, Tim Neary,

Wendy Moulton.

Hoofkantoor Haygarthweg 3, Kloof Posbus 29244, Maytime 3624 Telefoon (031) 764 0593 Faks (031) 764 1148 e-pos: [email protected]

34 TuinontwerpNasorg maak die tuin

38 RHSKleurkaart

40 Stedelike NatuurtuinBring die natuur na jou tuin toe

42 InheemsSewejaartjies hou vir ewig

45 BesproeiingMoet jy laat drup of sproei?

50 Slim tuinplanneInnoverende idees uit Garden

World se lentefees

54 ‘n Nuwe beginJou somerplantplan vir kleur

57 Perfek in pienkDis dahlias om nou te plant

61 GrasperksorgMaak flentergras gou reg

64 Tuinbegroting‘n Ratwerkgrasveld en die koste

67 BoomplantDink aan die ankers (wortels)

68 Dagboek van ‘n Kaapse tuinMediterreense inspirasie

AR

TIK

ELS MAAK

JOU LEEFPLEK MOOI89 DDS Boer vertikaal met slaaigoed 93 DDS in ‘n kits Maak ‘n Garden Buddy staan94 DDS Perfekte rande 96 DDS in ‘n kits Vinnige fontein

TUINMARK98 Teken in op Die Tuinier 12 Ciso koordlose snoeiskêre van Bosch te wen101 Nuus, produkte en pasellas 107 Steggiestukkies 108 Kleinadvertensies 112 Kruiwastorie Waar’s my handsak?

RONDRITS, KOMPETISIES EN PROMOSIES12 Oop tuine – landswyd 14 Groen afsprake

GER

EELD

E A

RTIK

ELS

2 Welkom8 Oktober - jou tuindagboek en streeksgids16 Brieweblad18 Maantuinmaak en jou maankalender Die diereriem en jou tuin 20 Plantprofiel JASMINUM multipartitum25 In die tuin saam met Anna72 Inheems met Jenny Dean Besemtrosvy gee alles74 Rosesorg vir Oktober Ryk aan rose76 Kweek kruie79 Tuinspeserye Fenegriek80 Kombuistuin Lekker marog83 Bonsai Bonsai-kuns in ‘n neutedop84 Watertuinmaak Die fassinering van koi86 Jou Troeteldiere As Kietsie stink!

INHOUD

Page 3: Die Tuinier Tydskrif

OP DIE VOORBLAD:Bloeisels is eie aan Oktober en die mooiste bloeiselbome vir koue klimate is te vinde tussen die sierlike hibriede en kultivars in die genus PRUNUS en meer spesifiek P. serrulata (blomkersie). Die Tuinier se fotograaf Geoff Redman, het hierdie pragtige helderpienk kersiebloeiseltak in Elgin gekiek.

Dis amptelik! (Wel, wat my betref, is dit amptelik…) Ek het Oktober tot eintlike lentemaand verklaar. As gevolg van die strawwe winter en gebrek aan reën, is al die tekens van lente

heelwat later as ander jare. Is dit goeie of slegte nuus vir ons tuiniers? Vir my, goeie nuus en vir ‘stadige’ tuiniers wat nog nie lenteplantjies gekoop en geplant het nie, is dit ‘n wonderlike geleentheid om nou in te spring en steeds al die voordele te pluk. Begin ook om al die groente te plant waarvan jy gedurende die koue maande net kon droom. Al daardie tekens van nuwe groei: fyn blaartjies wat ontvou en bloeisels wat begin oopgaan, maak dit ‘n lieflike tyd vir tuinmaak. Ons tuine gaan hulle die volgende paar weke gedra soos ’n hiperaktiewe kind wat losgelaat is om te maak net soos hy wil – en ons moet gereed maak om dit te geniet!

Hierdie buitengewoon lywige uitgawe van Die Tuinier dek ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe, en ek weet net jy gaan dit verslind. Wanneer ek na die hele uitgawe kyk – uitgesprei teen die agterste muur van die kantoor sodat ons kan sien hoe dit voortdurend vorder – is dit baie moeilik om artikels uit te sonder. Kom ek probeer tog: Kyk die dahlias op bladsy 57 tot 59. Hulle is beslis een van die lonendste knolle wat ‘n mens kan plant – hulle hou aan met blom en gee maandelank plesier. Daar is ‘n paar treffende nuwe variëteite te kry en die kort kompaktes is ideaal vir kleiner tuine. Afgesien van hul kleiner grootte

Tanya geklee deur:

Besoek ons op:

w w w. d i e t u i n i e r . c o . z a

Groen Kampioen

het hulle al die wonderlike eienskappe wat hul ouer verwante het, dus sal jy niks misloop nie. Ons fokus op ‘n paar van die treffende pienke, maar as dit nie by jou kleurskema aanpas nie, onthou net: Hulle is te kry in ‘n wye verskeidenheid van lieflike kleure.

Van kleure gepraat, op bladsy 38 en 39 deel Gerald, ons inwonende ghoeroe, met ons die storie van die amptelike Royal Horticultural Colour Chart. Dit is fassinerend en ek is bereid om ‘n weddenskap aan te gaan dat jy in die toekoms met ander oë sal kyk na hoe plantkleure benoem word. Die kaarte wat vir die artikel gefotografeer is, is aan Gerald nagelaat deur Felicity Green, ‘n vriendin (en buurvrou) van sy oorlede pa. Sy was ‘n ywerige kweker en versamelaar van rododendrons, asaleas en fuchsias, en haar streng opdragte “Please keep sheets in present order” wat in swart op die omslae van die kaarte geskryf is, het met die jare oorleef en is getuienis van hoe nuttig die kaarte vir haar was. Dit is wonderlik om te dink dat haar tuine op ‘n manier steeds voortleef reg hier in ons kantoor!

En nou is dit fluit-fluit my storie is uit! Ek los jou om die res van die tydskrif alleen te ontdek, maar nie tydens tuinmaaktyd nie – jy sal jou moet roer omdat daar nou ‘n klomp tuinmaakwerk te doen is!

W e l k o m

Page 4: Die Tuinier Tydskrif

10 l www.dietuinier.co.za

Doendinge� Bemes en benat lentebolle tothulle heeltemal afgesterf het.� Voed krismisrose elke maand met‘n doelgerigte misstof spesiaal virhydrangeas om hulle reg te kry virKersfees.� Na lenteblommende struikeafgeblom het, kan hulle gesnoei wordvir netheid en bemes word om nuwegroei aan te moedig. Gee altyd goedwater daarna en hernu die deklaagom hulle wortels.� Oktober is ‘n goeie maand omsteggies te maak van laventel,magrietbosse, roosmaryn en andermeerjarige kruie.� Plant somerblommende bolplantesoos dahlias en swaardlelies.� Saai nog pietersielie ensoetbasieliekruid in potjies op ‘nsonnige vensterbank – ‘n mens krynooit genoeg van dié kruie nie.

CORDYLINE australis ‘Sunrise’

DYMONDIA margaretae

GERBERA ‘Moulin Rouge’

Pragtigeimmergroenes virpotte

OKTOBER TUINDAGBOEK

In joustreekSomerreënval gematig� Raak ontslae van die winterpakkaas in jou lapa of braaikamer en omskep dit weer in‘n gesellige kuierplek met ‘n leksel vars verf of weerbestande vernis en skoon of nuwekussingoortreksels. Bestel ‘n vrag braaihout vir die braaiplek.� Voeg ‘n paar groen goedjies by soos potte met kruie en ornamentelevrugteboompies. ‘n Paar potvoorstelle is; aarbeie en pietersielie saam – oulik inhangmandjies, ‘n ‘Black Velvet’-vyeboompie – baie karaktervol in ‘n groot houer,koemkwat, kalomondin-lemoentjies en lourierblaarbome is ewe eens pragtigeimmergroenes vir spoggerige potte of houtbalies.

Somerreënval subtropies� Spog met ‘n regte tropiese voorkoms in jou somertuin deur al die nuwe Cordyline-variëteite in potte of as fokuspunte in beddings te plant. Nou beskikbaar in kwekerye:CORDYLINE australis ‘Southern Splendour’ – brons en groen gestreepte blare metskokpienk rande.CORDYLINE australis ‘Sunrise’ – smal blare met ‘n rooipienk sentrale aar met pienk rande.Inderdaad treffend!

Winterreënval� Maak reg vir ‘n warm en droë somer deur alle plantplekke, roostuine en rotstuine toete maak met ‘n deklaag van growwe organiese materiaal soos kompos en bas (wat goedverrot het). Dit sal die grond koel en vir langer klam hou tussen benattings.� Platgroeiende grondbedekkers soos DYMONDIA margaretae (silwertapyt) wat goedaard hier, kan deur die winter ‘n bietjie verslete raak. Maak so om dit weer goed aan diegroei te kry: Gebruik ‘n bolplanter of ou blikkie waarvan die bo- en onderkant oopgesnyis om dooie kolle diep uit te ‘sny’in die grondbedekkermat. Vul nou die gate met varskompos waarby beenmeel ingemeng is en plant dan vars plantjies wat in bakkies vanses of groot saailaaie beskikbaar is, daarin. Jy kan ook stukke uit gesonde en oorgroeidedele van die tuinmat uitsny om op ander plekke te plant.

Droë binneland� Probeer ‘n taai en pragtige variëteit van die inheemse Barbertonse madeliefie met dienaam GERBERA ‘Moulin Rouge’ in jou blomtuin. Dit hou van volson en sanderige gronden is volgens alle aanduidings ‘n lonende plant met groot semi-dubbele blomme in ‘ndiep waatlemoenrooi kleur.� Verf gerus jou tuinpotte. Die styl-ghoeroes beveel oranje, lemmetjiegroen, skokpienkof hemelsblou aan. Beplant hulle opnuut met taai maar grasieuse somerplante soos:ALOE ‘Hedgehog’, DAZYLIRION wheeleri, AGAVE geminiflora en ELEGIA tectorum.

Page 5: Die Tuinier Tydskrif

www.dietuinier.co.za l 9

platgroeiende grondbedekkers wat gehard is en voetverkeer kan dra en nie gesny hoefte word nie. Probeer gerus: DICHONDRA micrantha (wondergras), MENTHA pulegium –ideaal vir klam skaduplekke, PHYLA nodiflora vir son en droeër plekke en ZOYSIAtenuifolia (Koreaanse gras), stadiggroeiend maar baie gehard.

KombuistuinmaakMaklike somergroente:Wortels – saai saad direk in klein sarsies van lente tot herfs vir ‘n volgehoue voorraad.Die grond moet diep omgewerk word om dit los en bewerkbaar te kry.Komkommers – saai direk. Sorg vir ‘n stutstruktuur om die vrugte van die grond af tehou.Groenboontjies – plant sade van die bosserige variëteite wat makliker is om te hanteer.Blaarslaai – plant gereeld van die ornamentele en losblaar soorte wat beskikbaar is insaailingbakkies by kwekerye.Radyse – saai bietjies-bietjies direk heelsomer lank.Skorsies en vingerskorsies – saai saad direk en dun uit as hulle te na aan mekaaropkom. Jy kan hulle oplei teen draadheinings of tipi’s.Soetpepers – plant saailinge beskikbaar by kwekerye.Tomatoes – plant saailinge beskikbaar by kwekerye. Tamatiesaailinge moet ‘n bietjiedieper geplant word as wat hulle in die bakkies groei. Dit help om die plante stewiger teanker en nuwe wortels sal gou uit die stamme wat onder grondvlak is vorm. Trek dieonderste blare af wanneer jy plant.Spinasie – plant elke paar weke ‘n rytjie vars spinasie.

� Bemes jong groente nou elke twee weke met ‘n vloeibare misstof en verwyderdadelik enige onkruid tussen die rye.� Sit slaklokaas tussen aarbeiplante en verskaf ‘n deklaag van strooi om die vruggiesvan die grond af te hou. Pluk die soet vruggies gereeld om nog aan te moedig.� Lei sitrusbome elke week diep nat.� Dun perskes, nektariens, appelkose en pruime uit wanneer hulle omtrent ertjie-grootte bereik het. Bemes nog ‘n keer met ‘n algemene misstof soos 3:1:5 of ‘n organieseekwivalent.� Hou aan met spuit en lokaas uitsit teen vrugtevlieg en kodlingmot.

Plae, peste en kopsereMikro-elemente is nodig vir plante net soos vitamiene vir mense is. Plante kry in meestegevalle alles wat nodig is vir gesonde groei uit goedversorgde grond uit, maar daar issoms tekorte by sekere plante. Dit is gewoonlik sigbaar in die koeler maande en dieeerste tekens is geel blare. As jong blare geel of selfs wit word maar die are blydonkergroen, word dit gesien as sklorose wat veroorsaak word deur alkaliesegrondtoestande. Plante wat geaffekteer word is lemoenjasmyn, verbleikblom,katjiepiering, sitrus, krismisrose, kamelia en azalea.

Daar is ook ander vorms van vergeling op ouer blare wat die oorsaak kan wees vanspoorelement-tekorte, maar dis moeilik om altyd presies te weet watter een.

Om die probleem in die algemeen reg te stel, kan jy die plante behandel met ‘nvloeibare misstof wat spoorelemente bevat. Misstowwe wat ‘n seewierbasis het werkook goed as die plante daarmee natgegooi word.

ma SCABIOSA columbaria‘Pink Mist’

VIOLA odorata‘The Czar’

Page 6: Die Tuinier Tydskrif

8 l www.dietuinier.co.za

Mooi daar buiteOktober en hooglente in die tuin beteken sagte blomkleure en soet geure. Wat is danmooier en soeter van geur as BRUNFELSIA pauciflora ‘Floribunda’ (verbleikblom)? Diégroot semi-bladwisselende struik word oortrek met blomme in skakerings van dieppers,lila en verbleik uiteindelik na bleekwit en dié plesier bly vir maande lank. Dit is hierdiedrie blomkleure wat gelyktydig aan die plant is, wat die oorsaak is van sy Engelsevolksnaam, yesterday, today and tomorrow. Plant een van hierdie struike in volson of ligteskadu naby jou kamervenster of in ‘n pot op die stoep en onthou die volgende woordewat ‘n tuinvriendin van ons kwytgeraak het: “Moenie dink aan gister nie, dit sal jou laat huil.Moenie dink aan môre nie, dit sal jou laat kommer. Leef vir en dink aan vandag, dit sal jou laat lag!”Dié mooi plant laat ‘n mens onwillekeurig glimlag.

Plant nouHoewel rose nie hou van stoornis in hulle wortelareas wanneer hulle aktief in die somergroei nie, sal hulle die teenwoordigheid van fyngoed soos meerjariges engrondbedekkertjies wat ekstra kleur en romanse aan die roostuin verskaf, in hullenabyheid verdra.

Probeer dié plantmaats vir rose:� ACHILLEA millefolium ‘Colorado’ (duisendblad) – wollerige groen loof en blomme inkleure van rooi, pienk en wit aan lang stele. Immergroen en gehard.� BRACHYCOME Pacific ‘Breeze’ and ‘Island’ – kompakte meerjariges met kleinmadeliefie-blomme in lila en pienk.� CONVOLVULUS sabatius ‘Saffire’ var. Compacta (blouwinde) – meerjarigegrondbedekker met donkergroen blare en hemelsblou blomme. Gehard.� CUPHEA mexicana ‘White Wonder’ var. Snow (valsheide) – fyn struikie met klein blareen spierwit blommetjies. Gehard.� ERIGERON karvinskianus (Mexikaanse madelief ) – spreidende grondbedekker met ‘nmassa wit en babapienk blomme. Gehard.� IBERIS sempervirens (skeefblom) – kleinblaar grondbedekker met groot trossespierwit blomme in die lente. Gehard.� LOBULARIA maritima ‘Snow Princess’ (heuningblom) – ‘n polvormige meerjarige metdofgroen loof wat toegegroei word met trosse wit of sagtepers blommetjies.� SCABIOSA columbaria ‘Pink Mist’ (koringblom) – meerjarige met pienkspeldekussingblomme jaarlank. Gehard.� VIOLA odorata ‘The Czar’ (soetviooltjie) – geharde en spreidende grondbedekker metsoetgeurige viooltjiepers blomme in die lente.

Jou grasperk� Maak klein irritasies soos kaal kolle wat in die oog is, nou reg deur die omliggendesooie uit te spit en te vervang met gesonde sooie van ‘n ander deel van die grasperk watnie so sigbaar is nie – dié dele kan weer opgevul word met fyn kompos, gelyk gemaakword en sal weer gou toegroei. Jy kan dit ook oorsaai, lopers of nuwe plantjies plant.Holtes en ongelyke plekke kan ook reggemaak word deur die sooie op dieprobleemplekke uit te spit, en dan of van die grond weg te neem of kompos by te voeg.Plaas die sooie sagkens terug en stamp vas met die agterkant van ‘n graaf.� In skadukolle of plekke waar grasperke moeilik groei, kan jy dink aan ander

OKTOBER TUINDAGBOEK

Tuintake

BRACHYCOME ‘Island’

BRUNFELSIA pauciflora‘Floribunda’

ACHILLEA millefolium‘Colorado’

CONVOLVULUSsabatius

ERIGERONkarvinskianus

IBERIS sempervirens

LOBULARIA maritim‘Snow Princess’

Page 7: Die Tuinier Tydskrif

www.thegardener.co.za I 3

Kleurgebruik in die tuin is baie persoonlik: Sommige mense verkies helderkleurige

aanplantings terwyl ander weer van die kalmerende effek van sagte kleure hou. Met die groot versameling blomkleure wat dahlias bied, is hulle die perfekte metgesel vir enige plantskema. Die reeks van pienk skakerings en tinte is besonder goed verteenwoordig in tuinsentrums.

Min ander blomplante is beter geskik vir die uiteenlopende grond- en klimaatstoestande in Suid-Afrika. Dahlias kan met ‘n bietjie sorg gekweek word waar warm winde onder ‘n skroeiende son waai of waar koel mis oor sanderige kustuine trek.

PLANTTYDGehaltedahliaknolle kom vanaf middel September by tuinsentrums aan en moet in September of Oktober geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. As jy aan die kus woon, plant die knolle eers in Oktober. Hulle kry swaar as hulle te vroeg geplant word omdat hulle begin blom wanneer daar nog verskeie warm maande voorlê wat hulle moet verduur. Hulle moet eers in die mid- tot laatsomer begin blom en lewer hul beste vertoning in laatherfs en vroegwinter – totdat die ryp hulle kortknip.

Perfekin pienk

Carousel

57 I www.dietuinier.co.za

Page 8: Die Tuinier Tydskrif

4 I www.thegardener.co.za www.dietuinier.co.za I 58

SoNSkYN iS Die beSTeDahlias verkies helder sonskyn, maar vaar betreklik goed in ligte skadu as hulle minstens drie tot vier uur direkte sonskyn per dag kry. Hoe meer son hulle kry, hoe stewiger is die plante. Grond en stut Kweek dahlias in goed dreinerende tuingrond. Hulle vaar egter die beste as die grond ryk is aan organiese materiaal, fosfaat en kalium. Spit kompos, goed ontbinde mis of veenmos in. Sodra die dahlias begin blom, voed hulle met bolvoedsel om hulle aan te moedig om ‘n benydenswaardige blommedrag te lewer. Wanneer hooggroeiende variëteite geplant word, plaas ‘n klein stutstokkie langs die knol. As die plant hoër groei en meer steun nodig het, vervang die korte met ‘n langer, stewiger stutstok (wees versigtig om nie die wortels te beskadig nie).

bAie meer beDekkiNg!‘n Deklaag word aanbeveel. Dit sal waterverlies deur verdamping uit die grond voorkom en die plante goed laat groei sodra hulle begin blom. Moenie toelaat dat die grond uitdroog nie. Hoe meer organiese materiaal grond bevat en hoe dikker die deklaag bo-op is, hoe minder water is nodig om dit klam te hou.

SNoei eN uiTkNYPSnoei en ontknopping word aanbeveel om goeie blomme te kweek. Beperk die plant tot net ‘n paar stamme en knyp die meeste van die sylote uit. Behou die stutstok terwyl die plant groei. As dit die plan is om die blomme as snyblomme te gebruik, verwyder die meeste van die syknoppe as hulle verskyn en behou ‘n enkele blom per steel. As jy egter ‘n kompakte bos met ‘n massa blomme verkies, knyp ‘n paar van die groeipunte en die middelste blomknop uit. Die verwydering van dooie blomme sal die plant aanmoedig om opnuut te blom. Sny vir die vaasDahlias maak werklik mooi snyblomme uit – vir die beste resultate plaas hulle in ‘n vaas lou water met Chrysal-snyblomvoedsel in teen die aanbevole hoeveelheid.

WArm WeNk!As jou dahlias teen laatsomer langbenig begin lyk, sny bloot twee derdes van elke plant af. Hulle sal reageer met nuwe groei en nuwe blomme.

Alfred grille

Page 9: Die Tuinier Tydskrif

www.thegardener.co.za I 5

inlig

ting

ver

skaf

deu

r Had

eco.

be

soek

ww

w.h

adec

o.co

.za

vir b

eson

derh

ede

van

Had

eco-

dahl

iabo

llew

eran

sier

s in

jou

gebi

ed.

Die mooiste pienke Soek hierdie dahlias uit vir al die pienk skakerings wat ‘n tuinier kan begeer.

• KaktusBelmonte – met blywende, middelgroot diep rosige pienk dubbele blommeCarousel – middelgroot tot groot baie donkerpienk krisantvormige blommeGood Earth – middelgroot tot groot malva-rooskleurige blommeAnderson – middelgroot donkerroos blomme aan hoë plante met purpergetinte loof. Alfred Grille – middelgroot tot groot diepsalmroos blomme met geel harte

• RandakkerPark Princess – sagte pienk dubbele kaktusblommeCarola – treffende, sierlike rooskleurige blomme

• TerrasRumba – pragtige pienk blomme bo kort plante, ideaal vir potteSalsa – lewendige pienk trosse aan kompakte plante, ook ideaal vir potte

• Lieflik versierendGerrie Hoek – middelgroot suiwer rooskleurige blomme. Blomryke middelhoë plante Rosella – middelgroot tot groot donkerpienk blomme aan hoë planteOtto’s Trill (groot bord) – buitengewone groot rooskleurige blomme bo hoë planteLolly Pop (pompom) – klein tot middelgroot lilarooskleurige blomme met donker punte aan kort planteRose (topmengsel) – enkele rooskleurige blomme aan ‘n laaggroeiende kompakte plant

Anderson

Page 10: Die Tuinier Tydskrif

70 I www.thegardener.co.za

Page 11: Die Tuinier Tydskrif

Vertika

le G

roe

nteka

ssieDDS

www.dietuinier.co.za I 89

Moenie moed opgee as jy nie plek het

om al daardie wonderlike blaargroente

te plant nie - BOER BOONTOE.

Page 12: Die Tuinier Tydskrif

MATERIALEPlantkasFineerdennehoutbord (shutterply pine board): 1 800 x 800 x 122 mmSA dennehout, as volg, in mm: • 2 @ 1 800 x 144 x 22 – lang kante• 2 @ 756 x 144 x 22 – kort kante • 5 @ 1 756 x 144 x 22 – verdelers/rakke • 1 @ 800 x 22 x 22 – middelstut• 2 @ 1 715 x 40 x 6 – dekstroke, lank• 4 @ 1 000 x 40 x 6 – dekstroke, kort 100 @ voldraadsnyskroewe (4 x 30 mm)houtgom

Bedekking en waterdigting • 5 liter a.b.e. Supa Laycryl-stel plus ‘n ekstra rol membraanlap• 1 800 x 800 mm Weed Gard/landskappeerdoek• 500 ml universele onderlaag• Fired Earth-verf (ons het die kleur Trail fresh gebruik)

Besproeiingstoerusting van Gardena(een van elk tensy die getal gespesifiseer word)‘n druk-trek-koppeling (12,5 mm), besproeiingspyp (3 meter), mikropons, 10 x druppers, ‘n elmboog, entprop, tuinslang met kraankoppeling (19 mm), tuinslangkoppeling (19 mm), kitskoppeling en 8 x PVC-saals (by hardewareafdeling)

Groeimedium en plante4 x sakke potgrond1 x blok saamgeperste palmveen‘n Keuse van eetbare saailinge

Om die kas teen die muur op te hang• 10 x uitsitboute (grootte: 6 x 65 mm)• 5 x hoeksteune (120 mm)• 2 x uitsithake (grootte: 6 x 65 mm)• 2 x oogboute (grootte: m6 x 30)• 2 x veerhake (6 mm)• 2 x kort stukke sterk ketting (3 skakels elk)

GEREEDSKAP‘n maatband, potlood, uitsnysaag, elektriese boor, 10 mm-betonboorpunt, 22 mm-silindersaag, koordlose boor, 18 mm-spoedboorpunt, waterpas, nutsmes en kramskieter

Let asseblief daarop dat sommige produkte dalk nie by Builders Trade Depot beskikbaar is nie.

WAT JY BENODIG VAN

90 I www.dietuinier.co.za

3b

3c

3a

Hierdie vertikale bedding bestaan uit ‘n vlak houtkas wat in seksies verdeel en toegerus is met ‘n besproeiingstelsel wat

met ‘n tuinslang aan die watertoevoer verbind word. Die water loop in die boonste deel van die kas in en drup dan af deur die dreineergate wat die seksies verbind. Die binnekant van die kas is met membraanlap uitgevoer en bedek sodat die kas betreklik waterdig is. Sodra die kas vol groeimedium is, word die oop kant met onkruidbeheerdoek bedek en elke saailing word geplant in snye wat in die doek gemaak word.

Dit is nogal ‘n uitdagende DDS-projek, maar dink net aan die gevoel van bevrediging wanneer jy die bestanddele vir ‘n somerslaai sommer van jou muur af kan pluk. Die basiese vereistes is ‘n stewige muur wat binne ‘n tuinslanglengte van ‘n kraan af is. Hoeveel son die muur kry, sal bepaal watter plante sal gedy aangesien blaargroente gewoonlik die grootste deel van die dag volson wil hê. Dit is ‘n besonder ruimtebesparende manier van tuinmaak vir woonstelbewoners met sonnige balkonne en stedelike tuiniers met baie beperkte ruimte.

Net ‘n woordjie van waarskuwing: Die vertikale bedding wat vir hierdie artikel gemaak is, is 180 cm wyd en 80 cm diep en vier baie sterk mense was nodig om dit teen die muur op te lig toe dit beplant is. As jy met die opligstadium nie soveel hulp kan kry nie, oorweeg dit om liewer ‘n paar kleiner kassies te maak as een so ‘n grote.

Stap 1 Meet en trek 5 vertikale strepe 130 mm uitmekaar

aan die agterkant van die houtbord (Sien Diagram A op bladsy 91). Boor en versink gate 200 mm uitmekaar op die strepe en om die rand van die bord. Hierdie gate is vir die skroewe wat die bord met die planke sal verbind wanneer die kas gemaak word (in stap 3).

Stap 2 Boor 22 mm-gate 300 mm uitmekaar

in al die verdelers en in een lang syplank vir dreinering. Boor nog ‘n gat in almal presies in een van die hoeke vir die besproeiingspyp.

Stap 3 Die kas moet in die middel gestut word: Gebruik die

uitsnysaag en sny ‘n groef uit elke binnerak uit om die stutplank te huisves. Wend ‘n bietjie houtgom aan waar twee stukke hout gelas gaan word, skroef dit vas en sit die kas so inmekaar.

In hierdie stadium kan jy die besproeiingspyp teen die kant van die kas oplei, maar voltooi eers die installasie nadat die waterdigting aangebring is (om te keer dat die druppers verstop raak).

Page 13: Die Tuinier Tydskrif

800 mm

1800 mm

4a

4b 4c

Diagram A

Stap 4 Maak nou die binnekant van die kas waterdig

deur die instruksies op die Supa Laycryl-stel te volg. Die kas het minstens twee en verkieslik drie lae membraanlap en vloeistof nodig. Sodra die laaste laag droog is, sny met die nutsmes die membraanlap van die dreineergate af weg asook wat om die rande uitsteek.

Stap 5Om die installering van die besproeiingstelsel klaar te maak, monteer die druk-trek-koppeling in die

gat in die onderste plank, verbind die besproeiingspyp daarmee en lei die pyp boontoe aan die binnekant van die kas op, deur die gate in die verdelers na die bokant toe en dan oorkruis. Sny die pyp by die hoek af en verbind die twee gesnyde punte met die twee kante van die elmboog. Heg die pyp op sy plek vas met die PVC-saals. Steek 10 gate ewe ver uitmekaar in die horisontale deel van die pyp en steek die druppers daarin. Verseël die oop punt van die pyp met die entprop. Later wanneer die kas op sy plek is, verbind die stelsel met die tuinslang aan die watertoevoer.

Page 14: Die Tuinier Tydskrif

Oorsese intekenaars R678. Die res van Afrika R578. Laat asseblief vier weke toe vir die verwerking van bestellings. Alle pryse sluit BTW in en is geldig tot 30 Oktober 2010.

‘n Subskripsie op Die Tuinier kos net R220 en koop ‘n jaar se leesplesier saam met die bykomende voordele van

gratis aflewering en om nooit ‘n uitgawe mis te loop nie.

Hernu vir R207 en

bespaar 25% op die omslagprys Seniorburgers:

Net R193 bespaar 30%

Veels geluk aan die 100 gelukkige intekenaars wat elk ‘n eksemplaar van Homegrown Garden Design of Tuinmaak met Eiegoed deur Tanya Visser en Anna Celliers, die subskripsieprys vir Julie, gewen het.

Aanlynsubskripsie by www.rnadistribution.

co.za of e-pos [email protected]

Bel (011) 473 8700 metjou kredietkaart-

besonderhede of SMS ‘Subs DT’ na 41939 (R2/sms)

en ons sal jou bel

Pos ‘n tjek met jou naam, posadres en

telefoonnommer na RNA SUBS, Posbus 725,

Maraisburg, 1700

Debietorder opsie:Bel (011) 473 8700 en betaal net R48

elke 3 maande

Deponeer jou betaling by FNB Corporate Jhb, Kode 25 50 05 00, rekeningnr.

62104927259 en faks ‘n kopie met al jou besonderhede

na (011) 474 5479

Teken in op Die Tuinier en jy kan een Engelssprekende

vriend benoem wat drie opeenvolgende uitgawes

van The Gardener heeltemal gratis sal kry.

98 I www.dietuinier.co.za

Teken in OF HeRnUen kom in aanmerking om een van 12 Ciso Koordlose Snoeiskêre van Bosch, elk ter waarde van R874 (insl. BTW) te wen

Om die takkies in jou tuin te tem is nie meer ‘n vermoeiende taak wanneer jy die Ciso van Bosch gebruik nie. Die Ciso Cordless Secateurs is die wêreld se eerste snoeiskêr met ‘n geïntegreerde litiumioonbattery wat dit in staat stel om met die druk van ‘n knoppie glad en skoon deur takkies of takke (met ‘n deursnee van tot 14 mm) te sny. Die Ciso is die ideale gereedskapstuk om blomplante, struike en bosse, en selfs vrugtebome te versorg. Dit is kompak, lig en koordloos, en sy ergonomiese handvatsel beskerm die spiere in die hand, arm en skouer.

Die Ciso Cordless Secateurs word verpak in ‘n nuttige metaalbêreblik en is te kry by kleinhandelafsetpunte. Vir meer inligting oor die Ciso bel Bosch by 011 651 9859 of besoek www.bosch-do-it.co.za.

Teken in of hernu voor 18 Oktober 2010 om seker te maak jou naam is in die trekking vir een van die 12 Ciso Cordless Secateurs van Bosch.

Page 15: Die Tuinier Tydskrif

Builders Warehouse is die leier in huisverbetering. Alles wat jy enigsins vir huisverbetering kan nodig kry, is onder een dak te kry, en elke winkel het ook ‘n toegewyde boutoonbank en kwotasieafdeling.

Builders Express is die gesinstuin-en-DDS-sentrum en lewer ‘n diens aan alle tuinmaak- en DDS-entoesiaste.

Builders Trade Depot hou ‘n volledige reeks boumateriaal aan en voorsien aan kontrakteurs oor ‘n breë spektrum van die boubedryf.

Vir meer inligting oor die produkte wat Builders verskaf en goeie raad oor amper enige DDS-tuinprojek gaan na www.builders.co.za of bel die klantesorglyn: 0860 BUILDERS/284533.

HELP OM AFRIKA TE BOU

92 I www.dietuinier.co.za

8a

8b

8c

8d

6b

6a

8e

Stap 7Wend ‘n laag universele onderlaag aan die

buitekant van die kas aan en daarna twee lae Fired Earth-verf. Wend egalig aan aangesien hierdie verf nie mooi oorverf as dit nat is nie. Laat elke laag droog word voor die volgende aangewend word. Verf ook die ses dekstroke hoewel hulle eers aan die einde van stap 8 aangebring word.

Stap 6Die kas hang aan die bokant aan twee hake

en rus ook op vyf steune. Besluit waar die kas moet hang en maak die muur gereed. Besluit hoe hoog die kas moet kom, gebruik die waterpas en potlood en trek ‘n streep 1 800 mm lank op die muur. Een steun kom op elke punt vas en drie tussenin, ewe ver uitmekaar. Hou elke steun in posisie en merk waar die gate moet kom. Boor die gate en maak die steune aan die muur vas met twee uitsitboute vir elke steun. Lig die kas op die steune. Merk waar die twee boonste hegstukke in die muur moet kom en merk die ooreenstemmende plekke op die kas. Sit die kas weer op die grond neer en boor die gate in die muur. Steek die uitsithake in. Installeer die twee oogboute aan die bokant van die kas.

Stap 8Maak die palmveen uitmekaar, meng met

die potgrond en meng ‘n bietjie organiese misstof by. Sit die kas op ‘n plat oppervlak neer en maak vol met die mengsel. Span Weed Gard oor die voorkant en gebruik die kramskieter om dit aan die binneverdelers en aan al vier kante vas te maak. Sny klein kruisies in die doek, plant ‘n saailing in elk en druk hulle skuins in die rigting van die bokant van die kas. Maak die dekstroke aan die voorkant en sye van die kas vas om die kramme weg te steek. Laat die kas minstens ‘n week lank in volson platlê sodat die wortels van die saailinge gevestig kan raak. Gee die saailinge daagliks water.

Stap 9 Tyd om die kas op te hys! Rus die basis op

die steune en gebruik die kort kettings en veerhake om die kas aan die uitsithake op te hang. Verbind laastens die tuinslang met die druk-trek-koppeling, besproei die plante en begin beplan aan jou eerste slaai.