environmental affairs...sal nie net ‘n impak op die omgewing he nie, maar ook op die ekonomie en...

1
Die renosterbevolking in Suid-Afrika was op die rant van uitwissing in the vroee 1960s. Teen die einde van 2007 het Suid-Afrika 39% van Afrika se swart renosters en 93% van die kontinent se wit renosters bewaar. Die is inderdaad ‘n goeie storie om te vertel oor on 20 jaar van vryheid en demokrasie. Uitdagings waarmee die regering gekonfronteer word in verband met renosterstroping Stroping bly die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se renosters met ‘n kommerwekkende toename in renosterstropery landwyd. Aanduidings is dat gewapende rowers wat hulle in sekere dele van die land voorheen aan besighede en banke toegespits het hulle aandag nou aan stropery wend. Dit is ‘n misdaad wat ontwikkel het om die gierigheid van stropers, hul sindikaat basse en verbruikers van renosterhoring wat gereed staan om hulle vermoee om die kommoditeit in die hande te kry, aan te vul. Ons natuurlike en kulturele erfenis dra aansienlik by tot ons ekonomie en is belangrik vir volhoubare ontwikkeling. Die verlies van die renoster, asook diere, sal nie net ‘n impak op die omgewing he nie, maar ook op die ekonomie en die geneemskap. Die regering se suksesse om renosterstropery hok te slaan Suid-Afrika het ‘n suksesvolle bewaringsrekord met betrekking tot renosters. Suid-Afrika het holistiese en geintegreerde planne geimplementeer wat alle regeringsdepartemente en internasionale organisasies insluit, in the geveg teen renosterstropery. Die teenstropingsvaardigheid van die Nasionale Kruger Wildtuin, wat die ergste onder stropery deurloop, is aangevul deur die aanstelling van meer bewaarders. Dit het sedert Januarie 2014 meegebring dat die aantal instromings in the wildltuin met sowat 42% gedaal het. ‘n Bedrag van R103 miljoen vir die periode van 2014/15 to die 2016/17 boekjaar aan SANParke toegeken om renosterstropery aan te speek. ‘n Verdere bedrag van R8 miljoen, wat van ‘n lid van ‘n renosterstropery sindikaat gekonfiskeer is, is deur die Batebeslagleggingseenheid aan SANParke oorhandig. Dit is addisioneel tot ander finansiele ondersteuning wat SANParke ontvang het, en nog steeds ontvang, van privaatsekor organisasies deur hul fondsinsamelingsinisiatiewe. Die Suid-Afrikaanse regering wil die verskering gee dat renosterstropery op meervoudige vlakke aangespreek word, en dat alle pogings aangewend word om renosterstropery effektief aan te spreek – nie net in Suid-Afrika nie, maar wereldwyd. Watter tipe addisionele ingrypings, of maatreels, is daar deur die regering om renosterstroping te bekamp? Die Kabinet het onlangs die geintegreerde strategiese bestuur van renosters in Suid-Afrika aanvaar. Die benadering is daarop gemik om die bedreiging tvir renosters te verminder, en die biologiese bestuur van die spesie. Die geintegreerde ingrypings wat deur die Kabinet aanvaar is: Verpligte ingrypings – sluit in pro-aktiewe teenstropery inisiatiewe, the implementering en verbetering van uitvoerbare intelligensie, sowel as die inleiding van uitvoerbare wetgewing en beleidswysigings om renosterstropery aan te spreek. Die skepping van ‘n Intensiewe Beskermingssone in the Nasionale Kruger Wildtuin het die bedreiging vir renosters verlaag aangesien verskeie tegnologies gevorderde metodes gebruik word om teenstropingseenhede te help met die versterking van hulle aksies. In ander dele van die Nasionale Kruger Wildtuin, en in nasionale parke en beskermde gebiede landwyd, word kooperatiewe en aanvullende tradisionele teenstropings aksies aangewend om stropery in toom te hou. Van die stappe wat reeds gedoen is sluit in die ingebruikneming van forensiese tegnologie, insluitend DNA analiese, ter ondersteuning van die wetlike proses om die suksesvolle vervolging van wildlewe kriminele te verseker. Groei renostergetalle - die biologiese bestuur van renosters is die focus van die geintegreerde strategiese bestuursplan. Dit sluit in die ekologiese bestuur van die habitat vir renosters. ‘n Addisionele aksie is die verskuiwing van renosters vanaf gebiede waar hulle bedreig word (bv. die oostelike grens van die Nasionale Kruger Wildtuin), asook gebiede waar die toestand van die omgewing en ‘n hoe renosterbevolkings die aanteeling beperk en bydra tot ‘n verhoging in sterftes. Hervestigde renosters dra by die tot die skep van alternatiewe vestings waar renosters koste- effektief beskerm kan word terwyl bestuur volgens bewaringsreels plaasvind om bevolkingsgroeie maksimaal te verseker. Lang-termyn volhoubaarheidsmaatreels – sluit in die oorlewing van die belangrike spesie, asook die ontwikkeling van ekonomiese alternatiewe vir gemeenskappe wat die regering se beleid van volhoubare benutting van natuurlike bronne in ag neem. Gemeenskappe wat langs bewaringsgebiede woon word gereeld gewerf as stropers deur kriminele sindikate wat hulle uitbuit. Die verskaffing van alternatiewe opsies sal die waarde van renosters aanmoedig. In kort: die doel is om ‘n lewendige renoster meer waardevol te maak vir gemeenskappe as a dooie renoster. Internasionale and nasionale samewerking – intervensies op internasionale samewerking sal pogings om nie net renosterstropery, maar ook die onwettige handel in wildlewe in die algemeen, verder versterk. Medewerking tussen lande waar renosters natuurlik voorkom, transito- en verbruikerslande is dus noodsaaklik sodat die uitdaging effektief aangespreek kan word. Verskeie Memorandums van Ooreekoms is reeds deur die Departement van Omgewingsake beslis. Daar bestaan egter ‘n behoefte om samewerking met geindentifiseerde lande te bespoedig. Op internasionale vlak, het Suid-Afrika en Mozambiek ‘n Memorandum van Ooreenkoms (MvO) in die veld van Biodiversiteit Bewaring en Bestuur in April 2014 ondertekening. Die ooreekoms is die derde soortgelyke verdrag wat sedert Desember 2012 deur Suid-Afrika met sogenaamde transito en vebruikerslande aangegaan is. Die ander twee akkoorde is met Vietnam in 2012 en die Volksrepubliek van China in 2013. Die MvOs focus op areas van samewerking soos biodiversiteit wetstoepassing; gesamentlike tegnologiese innovasie, ontwikkeling en verbetering; asook die handel in wildlewe, en gemeenskapsontwikkeling deur die biodiversiteitsekonomie. Oorgrens sekuriteitsoperasies om renosterstropers vas te trek is tans onder oe. Die Kabinet het verlede jaar toestemming verleen dat die Departement van Ongewingsake die aanvaarbaarheid en lewensvatbaarheid van ‘n voorstel om the handel in renosterhoring te wettig in die aanloop tot die 17de Konferensie van Partye tot CITES in 2016, te ondersoek. Nog geen besluit is oor die voorstel geneem nie. ‘n Paneel van Kenners is in Januarie 2014 deur die Minister aangestel om die haalbaarheid van ‘n voorstel te ondersoek. Die regering moedig alle rolspelers aan om saam te werk om te verseker dat, wat ookal die posisie Suid-Afrika vir COP17 aanneem, die besluit goed genavors is, voldoen aan die beginsel van volhoubare benutting van bronne en sal bydra tot die bewaring van die spesie. Omgewingsake Departement: REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA environmental affairs

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

29 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Die renosterbevolking in Suid-Afrika was op die rant van uitwissing in the vroee 1960s. Teen die einde van 2007 het Suid-Afrika 39% van Afrika se swart renosters en 93% van die kontinent se wit renosters bewaar. Die is inderdaad ‘n goeie storie om te vertel oor on 20 jaar van vryheid en demokrasie.

Uitdagings waarmee die regering gekonfronteer word in verband met renosterstroping

Stroping bly die grootste bedreiging vir Suid-Afrika se renosters met ‘n kommerwekkende toename in renosterstropery landwyd. Aanduidings is dat gewapende rowers wat hulle in sekere dele van die land voorheen aan besighede en banke toegespits het hulle aandag nou aan stropery wend. Dit is ‘n misdaad wat ontwikkel het om die gierigheid van stropers, hul sindikaat basse en verbruikers van renosterhoring wat gereed staan om hulle vermoee om die kommoditeit in die hande te kry, aan te vul. Ons natuurlike en kulturele erfenis dra aansienlik by tot ons ekonomie en is belangrik vir volhoubare ontwikkeling. Die verlies van die renoster, asook diere, sal nie net ‘n impak op die omgewing he nie, maar ook op die ekonomie en die geneemskap.

Die regering se suksesse om renosterstropery hok te slaan

Suid-Afrika het ‘n suksesvolle bewaringsrekord met betrekking tot renosters. Suid-Afrika het holistiese en geintegreerde planne geimplementeer wat alle regeringsdepartemente en internasionale organisasies insluit, in the geveg teen renosterstropery.

Die teenstropingsvaardigheid van die Nasionale Kruger Wildtuin, wat die ergste onder stropery deurloop, is aangevul deur die aanstelling van meer bewaarders. Dit het sedert Januarie 2014 meegebring dat die aantal instromings in the wildltuin met sowat 42% gedaal het.

‘n Bedrag van R103 miljoen vir die periode van 2014/15 to die 2016/17 boekjaar aan SANParke toegeken om renosterstropery aan te speek. ‘n Verdere bedrag van R8 miljoen, wat van ‘n lid van ‘n renosterstropery sindikaat gekonfiskeer is, is deur die Batebeslagleggingseenheid aan SANParke oorhandig. Dit is addisioneel tot ander finansiele ondersteuning wat SANParke ontvang het, en nog steeds ontvang, van privaatsekor organisasies deur hul fondsinsamelingsinisiatiewe.

Die Suid-Afrikaanse regering wil die verskering gee dat renosterstropery op meervoudige vlakke aangespreek word, en dat alle pogings aangewend word om

renosterstropery effektief aan te spreek – nie net in Suid-Afrika nie, maar wereldwyd.

Watter tipe addisionele ingrypings, of maatreels, is daar deur die regering om renosterstroping te bekamp?

Die Kabinet het onlangs die geintegreerde strategiese bestuur van renosters in Suid-Afrika aanvaar. Die benadering is daarop gemik om die bedreiging tvir renosters te verminder, en die biologiese bestuur van die spesie. Die geintegreerde ingrypings wat deur die Kabinet aanvaar is:

Verpligte ingrypings – sluit in pro-aktiewe teenstropery inisiatiewe, the implementering en verbetering van uitvoerbare intelligensie, sowel as die inleiding van uitvoerbare wetgewing en beleidswysigings om renosterstropery aan te spreek. Die skepping van ‘n Intensiewe Beskermingssone in the Nasionale Kruger Wildtuin het die bedreiging vir renosters verlaag aangesien verskeie tegnologies gevorderde metodes gebruik word om teenstropingseenhede te help met die versterking van hulle aksies.

In ander dele van die Nasionale Kruger Wildtuin, en in nasionale parke en beskermde gebiede landwyd, word kooperatiewe en aanvullende tradisionele teenstropings aksies aangewend om stropery in toom te hou. Van die stappe wat reeds gedoen is sluit in die ingebruikneming van forensiese tegnologie, insluitend DNA analiese, ter ondersteuning van die wetlike proses om die suksesvolle vervolging van wildlewe kriminele te verseker.

Groei renostergetalle - die biologiese bestuur van renosters is die focus van die geintegreerde strategiese bestuursplan. Dit sluit in die ekologiese bestuur van die habitat vir renosters.

‘n Addisionele aksie is die verskuiwing van renosters vanaf gebiede waar hulle bedreig word (bv. die oostelike grens van die Nasionale Kruger Wildtuin), asook gebiede waar die toestand van die omgewing en ‘n hoe renosterbevolkings die aanteeling beperk en bydra tot ‘n verhoging in sterftes.

Hervestigde renosters dra by die tot die skep van alternatiewe vestings waar renosters koste-effektief beskerm kan word terwyl bestuur volgens bewaringsreels plaasvind om bevolkingsgroeie maksimaal te verseker.

Lang-termyn volhoubaarheidsmaatreels – sluit in die oorlewing van die belangrike spesie, asook

die ontwikkeling van ekonomiese alternatiewe vir gemeenskappe wat die regering se beleid van volhoubare benutting van natuurlike bronne in ag neem.

Gemeenskappe wat langs bewaringsgebiede woon word gereeld gewerf as stropers deur kriminele sindikate wat hulle uitbuit. Die verskaffing van alternatiewe opsies sal die waarde van renosters aanmoedig. In kort: die doel is om ‘n lewendige renoster meer waardevol te maak vir gemeenskappe as a dooie renoster.

Internasionale and nasionale samewerking – intervensies op internasionale samewerking sal pogings om nie net renosterstropery, maar ook die onwettige handel in wildlewe in die algemeen, verder versterk. Medewerking tussen lande waar renosters natuurlik voorkom, transito- en verbruikerslande is dus noodsaaklik sodat die uitdaging effektief aangespreek kan word. Verskeie Memorandums van Ooreekoms is reeds deur die Departement van Omgewingsake beslis. Daar bestaan egter ‘n behoefte om samewerking met geindentifiseerde lande te bespoedig.

Op internasionale vlak, het Suid-Afrika en Mozambiek ‘n Memorandum van Ooreenkoms (MvO) in die veld van Biodiversiteit Bewaring en Bestuur in April 2014 ondertekening. Die ooreekoms is die derde soortgelyke verdrag wat sedert Desember 2012 deur Suid-Afrika met sogenaamde transito en vebruikerslande aangegaan is. Die ander twee akkoorde is met Vietnam in 2012 en die Volksrepubliek van China in 2013. Die MvOs focus op areas van samewerking soos biodiversiteit wetstoepassing; gesamentlike tegnologiese innovasie, ontwikkeling en verbetering; asook die handel in wildlewe, en gemeenskapsontwikkeling deur die biodiversiteitsekonomie. Oorgrens sekuriteitsoperasies om renosterstropers vas te trek is tans onder oe.

Die Kabinet het verlede jaar toestemming verleen dat die Departement van Ongewingsake die aanvaarbaarheid en lewensvatbaarheid van ‘n voorstel om the handel in renosterhoring te wettig in die aanloop tot die 17de Konferensie van Partye tot CITES in 2016, te ondersoek. Nog geen besluit is oor die voorstel geneem nie. ‘n Paneel van Kenners is in Januarie 2014 deur die Minister aangestel om die haalbaarheid van ‘n voorstel te ondersoek. Die regering moedig alle rolspelers aan om saam te werk om te verseker dat, wat ookal die posisie Suid-Afrika vir COP17 aanneem, die besluit goed genavors is, voldoen aan die beginsel van volhoubare benutting van bronne en sal bydra tot die bewaring van die spesie.

OmgewingsakeDepartement:

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

environmental affairs