gee afrikaans ’n...isbn: 978-1-77607-208-8 9 781776 072088 bb eh gr 11 ht anita voges best books...
Embed Size (px)
TRANSCRIPT

ISBN: 978-1-77607-208-8
9 781776 072088
BB EH GR 11 HT
www.bestbooks.co.za
Anita
Voges
Best B
ook
s Eksa
men
hulp
: Gra
ad 1
1 A
frikaans H
uista
al
GEE AFRIKAANS ’N
KISHOU IN DIE
EKSAMEN
SAAMGESTEL DEUR ANITA VOGES
11HUISTAAL
KABV-GERIG
EKSAMENHULPBEST BOOKS
KlankleerLees- en skryftekens
Woord vormingWoordsoorte
Sinsleer Betekenisleer
Leesstukke Begripstoetse
Skryfwerkwenke en -oefeningeKonsepvraestelle 1 & 3
Best Books Eksamenhulp vir Graad 11 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike oefenboek met agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as nege konsepvraestelle om die grondslag vir sukses in die eksamen te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begripstoets, wat op uittreksels uit die jongste jeugboeke gebaseer is, en ’n hersieningstoets. Dié boek bevat ook waardevolle wenke en praktiese raad vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3. Met hierdie boek kan Huistaalleerders op álle vlakke die eksamen met sukses aanpak.
Hierdie oefenboeküis saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en
assesseringsbeleidsverklaring en die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.
üsluit agt hoofstukke wat ál die taalstrukture en -konvensies dek, in.übevat taaloefeninge, gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke, wat teoretiese
kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.übevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.üsluit ses konsepvraestelle vir Vraestel 1 en drie konsepvraestelle vir Vraestel 3 in.übied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.üis geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Die antwoorde kan op die webtuiste www.bestbooks.co.za afgelaai word.
Ander titels in die reeks:
Graad 10 HT Graad 12 HT
GEE AFRIKAANS ’N
KISHOU IN DIE
EKSAMEN
SAAMGESTEL DEUR ISABELLA VENISH
KlankleerLees- en skryftekens
Woord vormingWoordsoorte
SinsleerBetekenisleer
LeesstukkeBegripstoetse
Skryfwerkwenke en -oefeningeKonsepvraestelle 1 & 3
10HUISTAAL
EKSAMENHULPBEST BOOKS
KABV-GERIG
EKSAMENHULPBEST BOOKS
GEE AFRIKAANS ’N
KISHOU IN DIE
EKSAMEN
SAAMGESTEL DEUR MARTLIE JORDAAN
HersieningTaaloefeninge
Wenke vir eksamenvoorbereidingKonsepvraestelle 1 & 3
12HUISTAAL
KABV-GERIG
9781776072071 9781776072095
Ook geskik vir IEB
Gr 8-12 Eksamenhulp_HT_nuwe omslag V2.indd 10,12Gr 8-12 Eksamenhulp_HT_nuwe omslag V2.indd 10,12 2020/02/12 15:592020/02/12 15:59

Best Books Eksamenhulp: Graad 11
Taal- en leesoefenboek vir Huistaal
Saamgestel deur Anita Voges
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 1Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 1 2020/02/20 13:162020/02/20 13:16
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

Hoofstuk 1: Kommunikasie – klankleer, hoofletters en punktuasie 1
Begripstoets: Wenke vir begripstoetsing 1
Begripstoets 2
Klankleer 5
Vokale, diftonge en konsonante 6
Lettergrepe en klankgrepe 7
Woordaksent en sinsaksent 8
Klankverskynsels 9
Hooflettergebruik 10
Punktuasie 12
Hersieningsoefening 14
Hoofstuk 2: Okkasies – morfologie, taalverskynsels, afkortings en spelling 19
Begripstoets 19
Morfologie 23
Morfologiese ontleding 25
Fleksiemorfeme 25
Voor- en agtervoegsels 25
Taalverskynsels 30
Afkortings, akronieme en letternaamwoorde 32
Skryftekens en spelling 35
Hersieningsoefening 39
Hoofstuk 3: Wêreldreisigers – selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde 43
Begripstoets 43
Selfstandige naamwoorde 47
Meervoude 50
Verkleinwoorde 54
Geslag 57
Lande en mense 59
Voornaamwoorde 61
Hersieningsoefening 63
Hoofstuk 4: Invloedryke mense – byvoeglike naamwoorde en deelwoorde 66
Begripstoets 66
Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) 69
Verbuiging 71
Verbuiging van die byvoeglike naamwoord: letterlik en figuurlik 71
Intensiewe vorme 72
Trappe van vergelyking 73
Deelwoorde 75
Hersieningsoefening 77
Hoofstuk 5: Lees – werkwoorde, tye en bywoorde 79
Begripstoets 79
Werkwoorde 83
Tye 85
Die infinitief 90
Bywoorde 91
Hersieningsoefening 93
Hoofstuk 6: Tegnologie – ander woordsoorte 96
Begripstoets 96
Lidwoorde 100
Telwoorde 102
Voegwoorde 104
Voorsetsels 106
Tussenwerpsels 108
Hersieningsoefening 109
Hoofstuk 7: Sportmal – sinsleer 112
Begripstoets 112
Enkelvoudige sinsontleding 116
Frases en bepalings 117
Byvoeglike en bywoordelike frases/bepalings 117
Saamgestelde sinsontleding 118
Byvoeglike en bywoordelike bysinne 119
Ontkenning 121
Sinstipes 122
Sinswyses 123
Lydende en bedrywende vorm 124
Inhoud
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 3Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 3 2020/02/20 13:162020/02/20 13:16
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

Direkte en indirekte rede 127
Hersieningsoefening 130
Hoofstuk 8: Mens – betekenisleer (semantiek) 132
Begripstoets 132
Letterlik en figuurlike taalgebruik (denotatiewe en konnotatiewe betekenis) 136
Idiomatiese uitdrukkings, spreekwoorde en vergelykings 136
Sinonieme 141
Antonieme 142
Homonieme 143
Homofone 145
Doeblette 146
Paronieme 147
Een woord vir ’n omskrywing 148
Hersieningsoefening 150
Eksamenvoorbereiding: Vraestel 1 153
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 1) 153
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 2) 165
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 3) 176
Vraestel 1: November (Voorbeeld 1) 188
Vraestel 1: November (Voorbeeld 2) 198
Vraestel 1: November (Voorbeeld 3) 210
Vraestel 3: Skryf is lekker! 221
Opstelle 221
Langer transaksionele tekste 223
Voorbeeldvraestelle: Vraestel 3 228
Vraestel 3 (Voorbeeld 1) 228
Vraestel 3 (Voorbeeld 2) 235
Vraestel 3 (Voorbeeld 3) 242
Bronnelys 251
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 4Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 4 2020/02/20 13:162020/02/20 13:16
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

79
Wer
kwoo
rde,
ty
e en
byw
oord
e
Hoofstuk 5: Werkwoorde, tye en bywoorde
Onderwerp: Lees
In hierdie hoofstuk gaan jy�� ’n begripstoets oor ’n artikel, advertensie en uittreksel beantwoord.�� werkwoorde bestudeer.�� hoofwerkwoorde bestudeer.�� koppelwerkwoorde bestudeer.�� deeltjiewerkwoorde/skeibare werkwoorde en onskeibare werkwoorde ondersoek.�� hulpwerkwoorde bestudeer.�� tussen tye onderskei: teenwoordige tyd, verlede tyd en toekomende tyd.�� werkwoorde in vaste verbindings oefen.�� werkwoorde wat ons verwar, bestudeer.�� die infi nitief bestudeer.�� die onderskeie soorte bywoorde onderskei.�� hersiening van al die bogenoemde aspekte doen.
Begripstoets
Lees en kyk na die twee tekste (TEKS A en B) hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
“Kan boeke skrywers laat skryf?” deur Jolyn Phillips
1 Ek is dankbaar die eerste geskrewe woorde wat oor my lippe gekom het, is nie deur mý hand geïnk nie. Met my vinger het ek die woorde soos miere op ’n wit woestyn van links na regs gevolg, na wêrelde wat nooit weggeraak het nie. Die taal sou wag tot ek die dag gereed was om dit te lees.
1
2 Ek weet nie wat ek voor my eerste biblioteekkaartjie met my lewe gedoen het nie, maar daardie dag het my antie (die een wat my leer lees het) ons biblioteek toe geneem.
5
3 Ek moet bieg, ek en die ander kinders het in graad 1 vir Boet en Saartjie gelees. Seisoene het verander van een bladsy na die volgende: met Buks, die hond, ’n moeder en ’n vader. In my goue kinderdae het ek die klere wat Boet en Saartjie gedra het, een keer ’n week kerk toe gedra. Ek het sommer vir Boet en Saartjie in my gedagtes oorgeskryf. Hierdie boekreeks hoort op my leespad, want dit is die boeke wat my leer lees het. Hierdie boeke was my eerste tree tot die letterkunde wat my nuuskierig gemaak het.
10
4 Later was ek behep met die Harry Potter-reeks. Ek het die hele jaar my ouers gepes om dit vir my met my 13de verjaarsdag te kry. Hierdie boeke trek steeds saam met my, veral die een wat ek toe wel vir my verjaarsdag gekry het. Toe ek die pakkie oopmaak, is die titel Harry Potter en die Orde van die Feniks. My moed het in my skoene gesak en my trane was naby, want ek wou die oorspronklike, Engelse uitgawe gehad het. Toe die oorspronklike in die biblioteek beskikbaar word, het ek twee tale saam gelees. En daar leer ek onwetend die waarde van vertaling – die towerkuns van vertaling wat die wêreld vir my in my eie taal kom wys het.
15
20
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 79Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 79 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

80
5 My smaak in boeke het mettertyd verander en ek het Ena Murray se boeke gelees (met die rooi biblioteekkaartjie-slegs-vir-grootmense) op pad huis toe. My ma het altyd vir my die skrywersname neergeskryf wie se boeke ek vir haar moes kry: Murray, Dot Serfontein of Eleanor Baker. My pa het hom opgehou met woorde oor die regte wêreld, die woorde van die nou: bibliogra� eë en nie� ksie en digkuns. Ek kon nie verstaan hoe ’n mens so lank aan so ’n dun boekie kon lees nie.
25
6 Ek tel Valda Jansen se digroman, Hy kom met die skoenlappers, in ’n boekwinkel op. Daar word na die roman verwys as grotendeels romanties met outobiogra� ese elemente. Ek het geglimlag toe ek hierdie opinies lees. Die verteller se woorde praat in akkoorde, ’n melodie, ritme en harmonie. Net soos die verteller gryp die woorde na lig. Valda het my geleer die waarheid is ’n feeks, ’n inkantasie en onbetroubaar. Die verteller verwar jou met waarhede wat aan jou eie outobiogra� e karring.
30
7 Boeke het my ook waaksaam gemaak, my ego stilgemaak. Dis ’n illusie dat boeke ophou praat wanneer ’n mens die boek se bek toemaak. ’n Boek hou aan praat, al hou jy op lees. Of skryf. Partykeer, in jou leesland, kom karakters en vertellers aangestap omdat jy hulle gekoop of gekies het, maar ek wil glo dat die karakter met die boek agter my aan gehol het.
35
8 Digbundels is my veilige hawe, die plek waar ek stilhou. Ek lees P.J. Philander se Konka. Ek doseer digkuns. In memoriam loop ek saam met Philander, Small en Petersen. Hul woorde kom in verset; hulle woorde “sing met gebalde vuiste”. My studente draai my na Small se kompasnaaldwoorde: “Ek twyfel nie aan die toekoms van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan.”
40
9 My leeslandskap het groter geword. Ek word al hoe meer ’n boeknomade, ’n woordboemelaar. 45
[Verwerk uit Taalgenoot. Met vergunning gebruik.]
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 80Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 80 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

81
Wer
kwoo
rde,
ty
e en
byw
oord
e
TEKS B: ADVERTENSIE
[Uit Tuis. Met vergunning gebruik.]
VRAE: TEKS A
1. Herlees die titel. Aan wie is die retoriese vraag gerig? (1)
2. Wat is die implisiete betekenis van die woorde deur mý hand geïnk? (Paragraaf 1) (1)
3. Watter insig gee die skrywer omtrent haarself in paragraaf 2? (2)
4. Herlees paragraaf 3.Wat word geïmpliseer met die woorde: Ek het sommer vir Boet en Saartjie in my gedagtes oorgeskryf? (1)
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 81Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 81 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

82
5. Hoe regverdig die skrywer die Boet en Saartjie-boeke in haar lewe? (1)
6. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Bewys jou antwoord deur VIER (4) opeenvolgendewoorde uit paragraaf 4 aan te haal.Sy was nie gelukkig met die geskenk wat sy as dertienjarige ontvang het nie. (1)
7. Noem ten minste TWEE (2) gevolge wat hierdie boek wat sy as dertienjarige ontvang het, op haar lewegehad het. (2)
8. Is die onderstaande stelling ’n FEIT of ’n MENING? Motiveer jou antwoord.Ena Murray is ’n goeie skryfster. (2)
9. Hoe kan vertellers hul lesers verwar met waarhede wat aan hul eie outobiografi eë karring? (1)
10. Noem die TWEE (2) kunsvorms wat in paragraaf 8 genoem word. (2)
11. Herlees paragraaf 7.Haal EEN (1) selfstandige naamwoord aan wat beteken dis ’n denkbeeld wat in ’n mens se verbeeldingdie werklikheid word. (1)
12. Wat word bedoel met ’n boek hou aan praat, al hou jy op lees? (Paragraaf 7) (2)
13. Noem TWEE (2) redes waarom digkuns vir die skrywer van hierdie artikel belangrik is. (2)
14. Wat is kompasnaaldwoorde (reël 43) en waarna verwys dit? (2)
15. Noem TWEE (2) van die moontlike gedragspatrone van ’n woordboemelaar en ’n boeknomade. (2)
16. Herlees paragraaf 8.16.1 Wat beteken die woorde in memoriam? (1)
16.2 Waarom kan ons die skrywer se mening oor digkuns as gesaghebbend beskou? (1)
[25]
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 82Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 82 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

83
Wer
kwoo
rde,
ty
e en
byw
oord
e
V RAE: TEKS A EN B
17. Skryf ’n woord as ’n bewys uit die advertensie dat die Tuis-tydskrif positief teenoor tyd saam met joumedemens ingestel is. (1)
18. Bespreek die verband tussen TEKS A en TEKS B. (1)
19. Noem TWEE (2) maniere hoe jy hierdie tydskrif sal kan lees. (2)
20. Waarop, dink jy, fokus hierdie tydskrif ? (1)
[5][TOTAAL AFDELING A: 30]
Werkwoorde
Hoe kan jy werkwoorde toets? Kyk of die woord ’n verledetydsvorm het!
SOORTE VOORBEELD HOE KAN EK DIT HERKEN?
HOOFWERKWOORDE (SELFSTANDIGE WERKWOORDE)
Die hoofwerkwoord kan alleen in ’n sin staan.
Oorganklike werkwoorde Ek lees die boek. Die werkwoord word gevolg deur ’n direkte voorwerp.
Onoorganklike werkwoorde Ek lees gereeld. Die werkwoord word NIE gevolg deur ’n direkte voorwerp NIE.
DEELTJIEWERKWOORDE
Skeibare werkwoorde �� Ek wens hom geluk met syboek.
�� Ek het hom met sy boekgelukgewens.
� Wens en geluk word in dieteenwoordige tyd geskei.
� In die verlede tyd word diewoorde deur -ge- geskei.
Onskeibare werkwoorde �� Ek aanvaar dat jy goed lees.�� Ek het aanvaar dat jy goed
lees.
Die werkwoord word aan mekaar geskryf in die teenwoordige tyd en in die verlede tyd.
Wie of wat lees? ONDERWERPOnderwerp lees wie of wat =
DIREKTE VOORWERP.
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 83Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 83 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

88
[Foto Brenda Veldtman. Foto en omslae met vergunning van NB-Uitgewers gebruik.]
2. Kyk na die onderstaande oefening. Die werkwoord word hier in ’n vaste verbinding gebruik. Voltooi dievolgende sinne deur die korrekte WERKWOORD in die regterkolom te kies.
WERKWOORD
a) As jy nie tevrede is met die boek nie, is daar maniere om jou griewe te .
pla
b) Jou gewete sal jou altyd . bring
c) Ons sal hulde aan die skrywer . gelaat
d) Ek kennis van die probleem. aangegee
e) jy enige kennis van die saak? aanvaar
f) Die dief het in die storie ’n misdaad . lug
g) Die man wie se huis per ongeluk afgebrand het, is ruimskoots .
aangeteken
h) Ons mag nie korrupsie so oogluikend nie. neem
i) Die lande onderhandelinge ná die moord op die joernalis.
ontslaan
j) Die redaksie het eenparig die besluit . dra
k) Die joernalis is uit haar betrekking . toelaat
l) Die nuwe skrywers het die toon . vergoed
m) Die joernalis het teen haar vonnis appèl . berokken
n) Die aantygings teen haar is van alle waarheid . verbreek
o) Die familie het die stilswye . stel
p) Die advokaat het die regter ’n rat voor die oë . ontbloot
q) Ons dit in die vooruitsig. gedraai
r) Die skrywer het ’n groot leemte . verkeer
Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 88Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 88 2020/02/20 13:172020/02/20 13:17
Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088 © NB Uitgewers 2020

Die Best Books Eksamenhulp-reeks vir Graad l 0-12 Afrikaans Huistaal bestaan uit drie gebruikersvriendelike oefenboeke wot leerders sol help om hul tool- en leesvaardighede op 'n interaktiewe manier te oefen en te verbeter. Die boeke, wot saamgestel is volgens die vereistes van die KABV vir elke graad, is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis. Hierdie reeks oefenboeke is saamgestel volgens die nuutste Afrikaanse woordelys en spe/ree/s.
Die Best Books Eksamenhulp: Graad 10 & 11 Afrikaans Taal- en leesoefenboeke vir Huistaal bevat taalen begripsoefeninge, alles in een. Hierdie boeke sol leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) versterk en hulle help om Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die leesen begripsoefeninge is onder meer gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl leerders leer.
Die oefenboeke
• bevat verduidelikings en toeganklike opsommings met toepaslike voorbeelde van
taalkonvensies en -strukture.• bestaan elk uit agt hoofstukke met begripstoetse en taaloefeninge.• bevat 'n verskeidenheid tekstipes soos wot die leerder dit in eksamens kan verwag.• bevat oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding.• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.
Klankleer
Lees-enskfyftekens Woordvorming
Woordsoorte
Sinsleer
Betekenisleer
Loosstukke
Begripstoetse Skryfwerkwookeen-oefeninge
Koosepvraestelle1&3
Graad 10
9781776072071
Klankleer
Lees-en skryflekens Woordvorming
Woordsoorte Sinsleer
Betekenisleer
Leesstukke
Begripstoetse Skryfwerkwenke en-oefeninge
Konsepvraestelle1 &3
Graad 11
9781776072088
Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Afrikaans Eksamenoefenboek vir Huistaal bevat taaloefeninge om leerders se taalkennis vir die eksamens in te skerp. Door is waardevolle wenke en praktiese idees met voorbeelde vir die skryf van verskillende tipes skryfstukke. Hierdie eksamenoefenboek bevat ook voorbeelde van Vraestelle l en 3 wot leerders help om doeltreffend vir toetse en eksamens voor te berei. Die taaloefeninge en wenke sol die worstelende en vooruitstrewende leerder in stoat stel om hulle uitslae te verbeter.
Die oefenboek
• bevat taaloefeninge gebaseer op 'n verskeidenheid tekstipes.• bied 'n verskeidenheid van wenke met voorbeelde ter voorbereiding vir toetse
en eksamens.• sluit 'n konsepvraestel elk van Vraestelle l en 3 in.• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.
-
Herslening
Taaloefenlnge
Wenke vireksamenvoorbereiding
Konsepvraestelle1&3
Graad 12
9781776072095
Kontak Best Books:
Skole - Shamala Stoffels: [email protected] I (021) 406 3033 Henk Viljoen: [email protected] I (012) 431 7 460 of Elana Bredell: [email protected] I (021) 406 3033