gemeente met n droom - ng kerk groblersdal 6.pdf · ‘n skaar van gelowiges in die grootste koor...
TRANSCRIPT
Baie dinge kom in hierdie tyd tot stilstand of word
afgesluit vir die jaar. Party gaan met verlof, ander
moet werk sodat eersgenoemdes met vakansie kan
gaan. Dis vir baie ‘n tyd van afskeid en vertrek of ‘n tyd van
oorgang na ‘n nuwe omgewing, werkplek, graad ens.
Masjiene word afgeskakel vir hierdie tyd, gedeeltes van
personeel kry verlof terwyl ander dinge aan die gang moet
bly. Ander moet voortgaan met werk en ander tye verlof
neem. ‘n Tipe van ’n stilstand vir sommige.
Familie en vriende doen moeite om bymekaar uit te kom en
die familiebande word verstewig en saam fees gevier. Dis
goed so, want die fokus van die alledaagse word vir ‘n wyle
verskuif na die allerbelangsrikste van ons lewe.
As alles maar net soos sou voortgaan soos gewoonlik sou
hierdie tyd nie gemaak het dat ons gedagtes ‘n bietjie
verfris en maak dat ons gedagtes oor ander dinge gaan
nie. Dis soos ‘n soort Sondag van die jaar.
Klomp dinge maak dat ons plesierig en gemoedelik raak.
Bonusse maak dat ons daardie dinge kan koop wat nie in
die normale begroting pas nie. Beursies word wyd
oopgemaak, gelde word geleen om tog ook maar te deel in
die gemoedelikheid, want hoe kan ons dan nou nie deel hê
aan hierdie vreugde nie. Hartseer, betraande, verlangende
en teleurgestelde gesiggies pas net nie.
Drome word gedroom en wense word uitgespreek.
Sommige word waar, ander nie. Alles werk mee dat daar ‘n
feestelike atmosfeer heers.
En tog is daar ook weer die negatiewe kant soos die roes
van die volgende dag na die groot partytjie. Maak ook nie
saak nie, daar is ‘n hele jaar om in te haal, maar nou ……..
gee ek my oor.
Dis leeg, troosteloos, bemors en verlate soos ‘n stadion na
‘n groot byeenkoms. Die vreugde en opwinding was maar
van korte duur.
Aan die ander kant is daar diegene wat uit hierdie tyd haal
wat volhoubaar is en die nuwe jaar se beplanning reeds in
gedagte het. Diegene wat deur die wêreldse vreugde kan
sien en die ware vreugde ken en reeds daarop begin bou
vir die nuwe jaar. Vreugde wat selfbeheersing, soberheid
en nugterheid inhou. Dis die dieper vreugde wat gekom het
met Jesus Christus.
Salig of waarlik gelukkig is diegene wat dit vind.
GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: 013 262 3381/4114
Die afgelope tyd is dit baie duidelik die kerke in Suid Afrika begin leeg loop. Die NG Noordelike Sinode sê vir ons dat oor 10 jaar die kerk die helfte van sylidmate gaan verloor. Praat jy met verskillende mense dan be-aam hulle hierdie feite. Daar is mense wat nie meer ‘n behoefte het om God te dien nie –kerklidmaatskap beteken nie meer vir hulle iets nie. In hierdie tyd van materiële welvaart – (al dink ons dit gaan sleg) stel die mense nie meer hulle vertroue opGod nie, maar in mamon wat alles voorsien. Hulle sê ek het die reg en die vryheid om te maak soos ek wil, ek het die vryheid om te besluit wat ek met my tyd,geld en besittings sal maak en meeste van die tyd, funksioneer God nêrens in my besluite nie.Ek lees in Jeremia 2:13: ‘My volk het twee sondes begaan: hulle het My, die bron van lewende water verlaat…’Dit is nie vir my lekker om oor hierdie dinge te skrywe nie, maar as ‘n leier in hierdie gemeente is dit my plig om hierdie dinge vir u uit te lug.Elke persoon moet ‘n droom hê, ’n toekomsverwagting. Ek weet baie van ons sal met opgewondenheid kan vertel van ons drome en meestal sal dit allesmateriële dinge wees, en dit is ook mooi en reg so, maar wat is u droom vir die kerk? Sluit u drome in dat u eendag die Almagtinge God gaan sien of dat u in‘n skaar van gelowiges in die grootste koor ooit ‘n nuwe lied gaan sing vir u Verlosser?
Wat is u droom vir die N.G.Kerk Groblersdal?My droom is dat ek die fontein van die lewe sal wees vir elke persoon met wie ek in aanraking sal kom, dat ek die lig van die lewe vir daardie persoon opdaardie oomlik sal wees en dat ek die sout van die aarde vir elkeen sal wees.Ek droom dat die werklike liefde van Jesus deur die werking van die Heilige Gees in en deur ons sal werk, sodat ons werklik sal omgee vir mekaar, dat onsmekaar sal vertroos, bemoedig, begelei en omgee dat nie een van die ‘skape‘ wat aan ons toevertrou is, sal verlore gaan nie, maar dat ons ‘n kerk met die fonteinvan die lewende water sal wees vir die wêreld wat honger en dors na vrede, vreugde en geregtigheid is.Soos ons weet is drome partykeer net drome en nie ‘n werklikheid nie, en my drome sal seker hier en daar gekelder word deur my eie sondigheid, maar myvertroue is in die Almagtige God wat alles moontlik maak - in Hom is my hoop.
Kerstyd is VreugdetydDs Jannie
Gesëende
Kersfees
Solly Ferreira
Gemeente met �’n Droom
1
2
Liewe Jesus, as elkeen sy eie slaapkamer gehad het, sou Kain en Abel mekaar miskien nie sodoodgemaak het nie. Dit werk met my boetie.
Liewe Jesus, my boetie is ′n rot. Gee hom asb. ′n stert.
Liewe Jesus, het U regtig bedoel om te doen aan ander soos hulle aan jou doen, want as dit waaris, gaan ek my boetie opfoeter.
Liewe Jesus, hoe het U geweet U is God?
Liewe Jesus, is U regtig onsigbaar of is dit net ′nfoefie?
Liewe Jesus, was dit bedoel dat ′n kameelperdso moet lyk, of was dit ′n ongeluk?
Liewe Jesus, pleks van mense te laatdoodgaan en nuwe mense te maak, hoekom hou U nie liewer die wat U nou het nie?
Liewe Jesus, gebruik diere U of is daar iemandanders vir hulle?
Liewe Jesus, ek was by ′n troue en hulle het indie kerk gesoen. Is dit goed?
Here, dis goed dat U verskillende godsdienstegemaak het, maar raak u nie soms deurmekaarnie?
Liewe Jesus, wat beteken dit dat U ′n jaloerseGod is. Ek het gedink U het alles.
Liewe Jesus, is ons predikant ′n vriend van U ofken U hom net van besigheid af?
Liewe Jesus, ek is ′n Amerikaner. Wat is U?
Liewe Jesus, baie dankie vir die bababoetie, alhet ek in my gebedjie vir ′n klein hondjie gevra.
Liewe Jesus, ek wil net soos my pa word maarnie so vol hare nie.
Liewe Jesus, ek dink aan U selfs wanneer ek niebid nie.
Liewe Jesus, dit is seker baie swaar om almal indie wereld lief te he. Daar is net vier mense in ons gesin en ek kan ditnooit regkry nie.
Skrywer onbekend
Kinders
So bid ons kindertjies
VERBREEKTE
KINDERBANDE
3
Dit is ‘n baie bekende ou verhaal, en my
Oupa het dit elke Kersfees vertel.
Die skrywer is aan my onbekend.
In die ou-ou tyd was daar ‘n baie groot
digte woud. Daar het drie jong boompies
langs mekaar groot geword en hulle het
met mekaar gewedywer om die mooiste
grootste boom te word.
Boompie no 1: “As hulle my kom haal, gaan
die timmerman, van my die mooiste glans
bed maak vir die koning om in te slaap”
Boompie no 2: “As hulle my kom haal gaan
hulle van my die mooiste boot maak vir die
Koning om in te vaar”
Boompie no 3: “Ek gaan ‘n glansryke troon
word vir die koning niemand sal my ooit
vergeet nie.
Die Boompies het gegroei en pragtige groot
bome geword. Op ‘n dag het die
houtkappers gekom en al die groot bome
ge-oes. Die bome is vervoer na die
saagmeule en is gesaag in pale en planke.
Boompie no 1 het ‘n krip geword en in die
koeistal beland en vir jare het die vee uit
hom gevreet. Tot op ‘n dag kom daar ‘n
man en sy swanger vrou slaapplek soek en
die eienaar gee hulle plek in die stal. Dié
nag word Jesus gebore en Maria draai hom
toe in doeke en plaas hom in die krip. Die
krip is verwonderd en se: Toe word ek tog
‘n bed vir die Koning.
Boompie no 2 is gesaag en getimmer en
het ‘n visserman bootjie geword, vir jare
bloot gestel aan die elemente van die see.
Toe op ‘n dag stap Jesus in ‘n storm oor die
golwe en klim in die bootjie by sy disippels
en vaar verder. Die bootjie is so
verwonderd en sing uit sy hart uit ek is
sowaar die boot van die Koning.
Boompie no 3 is inderhaas aan mekaar
getimmer vir ‘n Kruis. Toe Jesus so aan
hom hang met baie pyn en lyding, toe weet
die boompie hy is die Troon van Jesus
niemand sal hom ooit vergeet nie
WEES DIE HONGER BEDELAAR WAT AAN’N ANDER HONGER
BEDELAAR WYS WAAR OM BROOD TE KRY.
Vakansie Tyd- Son, see enbranders, Maar virsommiges van ons is dit ‘nhartseer en verlange tyd ‘nleë plekkie oral en ‘n gemis,maar in Job 11:16 kan jy jouswaarkry vergeet endaaraan dink asof dit wateris wat weggeloop het.Wanneer ‘n dierbare van onsheengaan, mag ons verdrieten verslaendheid oor onsgroot verlies ons totaaloorweldig.Al wat ons hier waarlik kantroos, is ons hemelse Vader.As ons in volkome oorgaweons hand in Syne plaas, salSy tere liefde stadig, baiestadig, soos helende salf onsstukkende hart begin
binnevloei. Stadig, baiestadig, sal die diep hartseerbegin afneem en plek beginmaak vir rus en kalmte vangees. Tyd bring heling mee,en met ons Heer aan ons sy,word die seertyd verkort.Dit word vir ons moontlikom ons geliefde in Syliefdevolle sorg te plaas – omte weet dat hy of sy ook rusgevind het. Elke dag koesterons, ons al hoe meer in Godsliefde, rus ons al hoe meer inSy ewige arms wat onsonderskraag en krag gee.In gees een met God, worddie band tussen ons en onsgeliefde nooit gebreek nie -dit weet ons, dit glo ons;Gebed: U STOK EN U STAF
HEER, DIE VERTROOS MY“Niemand wil doodgaan nie,selfs mense wat hemel toewil gaan, wil nie sterf omdaar te kom nie. En tog: Diedood is ons almal sebestemming. En dit is hoedit moet wees, want die doodis waarskynlik die besteuitvindsel van die lewe. Ditis die lewe se agent virverandering . Dit raakontslae van die oue en maakplek vir die nuwe.” SteveJobs in 2005.
VAKANSIE TYD - Joey
Ek het met die storie groot geword Verteler : Bella Swart
4
Adonai en ElohiemDs Etsebeth
Rustig ry die Heiland voort
Reguit na die tempelpoort
Wyl ons Heer en Koning daar
Toegesing word deur ‘n skaar
Wat hom lof en hulde bring
Aan hul meester hossanas sing
Kom nou kinders almal saam
Loof en prys Sy grote naam
Hy’s ons Redder, Hy’s ons Heer
U’s almagtig U regeer
Maranata – Jesus Heer
Op die wolke kom U weer
U is Adonai en Elohiem
Elke oog sal U daar sien
Elke tong sal daar getuig en elke knie
Sal voor Hom buig
Here Jesus, u is groot
U’s ons Jahwe Sebaoot
KERSFEES 2012 Elsje“Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir diemense in wie Hy ‘n welbehae het!” Luk 2 : 14
Laat ons as gemeente van die NG Kerk ere aan God bring inhierdie Kerfeestyd!w ant Hy bring vrede en vreugde!
Laat ons Kersfees vier en geskenke aan mekaar uitdeel, maarlaat ons mekaar herinner aan Jesus Christus wat deur die Vader asgeskenk aan ons gegee is. Hierdie Jesusgeskenk wat deur die Vader as geskenkaan ons gegee is. Hierdie Jesusgeskenk wat vrede en vreugde bring, het ook hoop vir Sy kinders gebring,hoop wat ons laat aanhou en met toewyding Sy koninkryk laat uitbou. Vir hierdie eer ons Hom! Hierdiehoop laat ons uitreik na nader wat in nood is, na ander wat eensaam en alleen voel. Hierdie hoop gee onsmoed vir die toekoms.Dit is met groot dankbaarheid dat ons terugkyk oor die afgelope jaar se werksaamhede. Dankie aan elkeen, waar u ookal betrokke was en ‘n bydrae gelewer het.
Mag Kersfees 2012 vir elkeen van julle geliefdes ‘n besondere vreugdevolle gebeurtenis wees.
ONS GROENTE EN VRUGTE
IN JESUS SE TUIN:
Moenie KOMKOMMER nie, sing ‘n LICHIE vir die
Heer.
Jy is Sy UIE-kind, Sy oogAPPEL.
Laat jou KERSIE vir Hom brand,
Want so by my KOOL, ons Heer sal jou opRAAP
en bewaar, al is jou naam: PIETER of SIELIE.
Hy sal nooit RISSIE.
In Sy arms het Hy jou BEET, met al Sy liefde
beAARBEI Hy jou.
Al is jy soms ‘n harde KOEJAWEL, sal Hy jou nie uit
Sy hart SKORSIE.
Daar is jy vir altyd
ingeWORTEL!
“A time will come when instead of
SHEPHERDS FEEDING THE SHEEP,
The church will have CLOWNS ENTERTAINING THE GOATS”
Charles H. Spurgeon
5
IS – die moeilikste verbuiging….. Hy IS, sy IS, ons IS, ditIS. Hy IS ryk, sy IS bankrot. Sy IS ‘n goeie mens, hy IS‘n skelm. Hy IS saggeaard, sy IS hard. Dit IS goed, dit ISsleg ….. daardie ou IS sus, daardie vrou IS so.
Onwetend definieer ons onsself en rangskik ons onslewens rondom ‘n oënskynlike onbenullige woordjiewat ons ligraak gebruik sonder om ‘n snars daarvan tedink – ek IS welvarend, ek IS getroud, ek IS in hierdie ofdaai posisie, ek IS ‘n pa … of miskien IS ek wanhopig, ekIS ‘n depressielyer, ek IS lewensmoeg, ek IS, ek IS, ekIS ….
Maar wat bly oor as ons gestroop word van alles? As jynie meer langer kan roem dat jy ryk IS nie, as dieondenklike gebeur en jy nie meer langer ‘n pa IS nie, jyverniel uit ‘n stukkende huwelik kom en jy nie meer ‘neggenoot IS nie. Wat van as jy op ‘n dag in diehospitaalbed die monitor dophou en besef dat jy nie meergesond IS nie?
Gestroop van alles, titels, byvoeglike naamwoorde, dieverlede, jou drome – wat bly oor?
NET DIT: IS. Dit blyk die enigste konstante.
In ons heel rouste, fundamenteelste menswees IS al watstandvastig bly dan dit: IS.
Hoe ongelooflik, onbegryplik amper as God himselfvoorstel as “EK IS…”
Gestroop, is die een duidelike spoor wat deur ons almalloop die groot “IS”, en dikwels IS dit eers dan, gestrooptot op die been, wanneer ons bewus raak van God in ons,die IS wat altyd daar was en altyd daar IS.
Die meeste fundamentele vraag moet dan seker wees,wat maak ons met die IS in ons, hoe leef ons met die ISwat, of ons nou wil of nie, deur ons are bruis en in onsharte geskryf staan? (vervolg in Trompet No 7)
IS..(Uit SEEKRONIEK – Christelike Seemandsorganisasie)
Lei my van die misgis na wat ISLei my van die donker na die lig
Lei my van die newel na die ewige.Van die sug na die sigLei my, lei my, lei my
Lei my van “ek” na “EK IS”Frieda Kruger
HOEKOM KERK TOE GAAN??‘n Persoon skryf ‘n brief aan ‘n tydskrif en kla dat dit vitr hom geen meer sin maak om kerk toe te
gaan nie.
Hy skryf: “Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer
3200 preke geluister, maar ek kan nie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante
mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek.”
Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en ‘n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg
op die atrikel geantwoord het:
“Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes
voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet
ek, al daardie etes het my gevoed en verstrek, as dit nie vir daardie etes was nie, dan
sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het
om geestelik gevoed te word nie, sou ek vandag geestelik dood gewees het.”
Wanneer jy af is, is God besig met iets! Geloof sien die onsigbare, glo die
ongelooflike en ontvang die onmoontlike!
Dank God vir ons Fisiese en Geestelike voeding!
6
GEBEDAs ek kniel voor die Heer,
En vir die Here sê: “Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan nie meer.”
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
“Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer.”
As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: “Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra.”
Dan sê die liewe Heer: “Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra.”
En as ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm waters seil.
Vir die Here vra vir ‘n hoekie om te kan skuil.
Sal die Here sê: “Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, ‘n plek om te kan skuil.”
Here my hart is in ‘n knop gebind!
Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind!
Ek wil tog net weer rus en vrede vind!
Die Here sê: “Jy is mos My lieflingkind.
Jy is met my anker van liefde gebind!
Raak stil, raak rustig, Jy sal weer vrede vind!”
Dankie, my liefste Heer!
Amen.
Noag was ‘n dronkaard…Abraham was te oud…Isak was ‘n dagdromer…Jakob het gelieg…
Josef was mishandel…Moses het gehakkel…Gideon was bang…Simson het lang hare gehad en was ‘n vrouejagter…Ragab was ‘n prostituut…
Jeremia en Timotheus was te jonk…David was ‘n egbreker en ‘n moordenaar…Elia wou selfmoord pleeg…Jesaja het kaal gepreek…Jona het weggehardloop…Naomi was ‘n weduwee…
Job was insolvent…Johannes die doper het sprinkane geëet…Petrus het J e s u s ontken…Die dissipels het aan die slaap geraak terwyl hulgebid het…Martha was bekommerd oor alles…
Maria Magdalena was, wel, jy weet wie…Die Samiritaanse vrou was geskei…meer as 1 maal!Saggeus was te klein…Paulus was ‘n tronkvoël…Timotheus het ‘n maagseer gehad…ENLasarus was DOOD!!!!
So, wat is jou verskoning? Jy kan ook vir die Herewerk…begin netdeur een iets te doen…Dit is jou Christelike plig!!
Wanneer jy voel dat God jou niekan gebruik nie,
onthou net…….
‘n Gebed vir my oudag….Here, U weet beter as ek dat ek ouer word en dat ek eendag oud sal wees.
Help my dat ek nie praatsiek word nie, en behoed my veral van die noodlottigegewoonte om iets te sê te hê oor elke onderwerp en by elke geleentheid.Verlos my van die behoefte om alle ander mense se sake te moet reël.Hou my gees vry van die relaas van nimmereindigende besonderhede.
Gee my vleuels om die kern van ‘n saak te kan stel.Ek vra genade om na die verhale van ander mense se kwinte en kwale te luister …
maar sluit my lippe as ek oor my eie kwellinge wil uitwei.Hou my redelik goedgeaard, want ‘n iesegrimmige oumens is een van die duiwel se pronkstukke.
Bewaar my van skynheiligheid en heilig my lewe.Maak my bedagsaam, maar nie buierig nie, hulpvaardig, maar nie baasspelerig nie.
As ek dink aan die skat van wysheid waarvoor ek beskik,lyk dit vir my jammer dat ek dit nie alles kan gebruik nie, Here.
Leer my die groot les dat dit tog af en toe moontllik is dat ek my kon vergis het.Want U weet, o Here, dat ek aan die einde tog graag ‘n paar vriende wil oorhê…
7
Dis tog snaaks dat hoe langer ‘n man se skadus raak hoe
meer sweef sy gedagtes na die plekkie waar sy wortels is.
Deur die depressiejare van die 1930’s het ons skooltoe
geloop, so ongeveer 4 kilometer van ons huis af. Dit kan
dalk nader wees – as ‘n mens ses jaar oud is, lyk alles mos
verder en groter. Ek onthou hoe ons wintertyd kaalvoet
deur die ryp geloop het en die tye toe ons so lekker
natgereën het oppad huistoe. Na badtyd in die winter het
Ma paraffiensalf wat sy self gemaak het, aan die gebarsde
tone gesmeer.
Later was ons seuns gelukkig om elk ‘n donkie te hê
waarop ons kon skooltoe ry – ongelukkig was ek die
jongste en het die oudstes die beste donkies vir hulle
geneem en moes ek klaarkom met die luiste een.
As ek in die oggend opklim en hy onder die perskebome
deurloop om my te probeer afskuur teen die takke, dan
weet ek hy wil vandag nie skool toe nie en dat ek daardie
dag die kweperlat sal moet inlê, en sal moet praat soos my
Pa altyd praat as hy sy duim met die hamer raakslaan! Ek
weet net my Ma sou nie trots gewees het op haar sesjarige
seuntjie as sy dit gehoor het nie!
Naby die skool het oom blinde Adriaan van Niekerk onder
die lang bloekombome in sy huisie gebly. Sy erf was
taamlik groot en die gras was mooi. Hy het ons toegelaat
om die donkies bedags daar te laat wei. Na skool het ou
Vaaltyn nie die keperlat nodig gehad nie – ons was altyd
eerste tuis!
Toe ons sussie moes skooltoe, was Pa jammer vir sy
dogtertjie en het ons ‘n perd met ‘n karretjie gekry. Die het
ook bedags in die donkies se kampie gewei.
Daarna het die fietse met hul alewige papwiele gekom.
Maar uiteindelik kon ons later darem ook “yes” en “no” sê.
Ons bly nou naby aan ‘n teerpad en ek kry die mammas
jammer wat deesdae so vroeg al oppad is skool toe met
die kleintjies.
Ons waai maar vir mekaar. Hulle weet ek is jammer vir
hulle – veral as die krag opstaantyd af is!
Ons was gelukkig. Deur daardie swaar jare het ons kinders
nooit honger gely nie. My ma het vir ons sulke groot brode
gebak van koring wat ons self geplant het. Elke boer het sy
eie koring geplant vir self gebruik. Na die oes het my pa sy
twee of drie sakke koring na die naaste koringmeule sowat
32 myl van ons af geneem met sy wa en osse. Hy het ‘n
span pragtige, sterk Afrikaner osse gehad. Dan het die
naby geleë boere elk ‘n paar sakke koring saamgestuur om
gemaal te word. Vakansietye kon ons jongste broers
saamgaan – die oudste moes ongelukkig bly om toe te sien
dat niks op die plaas verkeerd loop nie. Hierdie was ‘n hele
drie dae lange operasie. Twintig myl van die huis af was
die Sebakwe rivier. Daar het die destydse regering ‘n
Uitspanning gehad waar die diere gras en
water gehad het en kon oornag.
Son onder word die osse een–een aan
die bome vasgemaak en kon ons ons
vuurtjie daar naby maak en onder die
sterrehemel slaap. Vir ons seuns was
dit te wonderlik!
Die volgende môre word nog
donker–donker ingespan, want dis nog
twaalf myl na die meule toe – vier ure se
trek (die osse stap teen drie myl per uur). Dan moet die
sakke koring gemaal en gelaai word en terug gaan na die
Uitspannng om daar te oornag. Die volgende dag is ‘n 20
myl skof huistoe – tot waar die ander boere dan hulle meel
kan kom haal.
Die meel word onderdak gebêre met kakiebos onder en
tussen die sakke. Die reuk hou die kalanders en miet weg!
Deur die depressiejare was daar mense wat baie swaar
gekry het – hulle was baie arm en werkloos. Daar was nie
elke dag kos op die tafel nie. Die regering het vir die boere
wat baie swaar gekry het gehelp – hulle het elke
Maandagmôre ‘n lorrie gestuur om die boere op te laai om
te gaan bloekombome plant in ‘n bloekomplantasie wat die
regering begin het.
Hulle het 25 sent per dag verdien (25 sent was destyds
darem baie meer werd as vandag). Ons was en is tot
vandag toe nog trots om hulle handewerk te sien! As ek die
monument met die wit hand by Loskopdam sien, dan dink
ek ook aan hulle. Vrydag namiddag het die lorrie hulle weer
huistoe geneem en Maandag weer gaan haal.
In die dorp het die mense ook baie swaar gekry. Onder
andere was daar ‘n baie arm gesin. Die pa was die
plaaslike “Blacksmith” maar hy het maar min werk gekry.
Vir ‘n ekstra geldjie het hy ook tande getrek. Vir hom was
ons kinders vrek bang! Ons het gehoor dat hy vir die
grootmense ‘n stywe dop ingee so ‘n rukkie voor hy die
tand trek. Ons kinders moes maar net stil sit en soet wees!
Hulle drie kinders, ongeveer ons drie seuns se
ouderdomme, het speeltyd maar net daar rondgestaan
sonder iets om te eet. Ons het dit vir ons Ma vertel. Van toe
af was daar elke dag drie ekstra groot toebroodtjie pakkies,
netjies toegedraai, vir die drie maatjies.
As kinders moes ons hard werk. Soggens vroeg, nog
donker, kom Ma met drie koppies koffie en ‘n kers op die
skinkbord die kamer in met ‘n opgewekte: “Wakker word,
wakker word! Die môrestond het goud in die mond!” Dan
het sy al vroeg in die ou Dover houtstoof vuur gemaak,
koffie gemaak en vir almal in die huis gegee. Sy sit dan by
ons tot ons klaar gedrink het, en dan lees sy vir ons uit die
ou Hollandse bybel. Ons kniel as ons bid, want, sê sy, jy
kniel as jy met ons hemelse Vader praat. Dan sing ons uit
die ou Hollands gesangeboek “Prys den Heer met blje
galmen” Ek dink die engeltjies het buite by die venster
gestaan en glimlag!
Ek is so trots om deel te wees van die Afrikanervolk, wat
met die hulp van die Here, harde werk en sweet, uit die
ergste armoede, ellende en sak en as uitgestyg het om te
bewys dat dit sover die enigte volk in Afrika is wat ‘n land
kan bestuur. Ek verneem dat ons regering ‘n kommissie wil
saamstel om na te vors hoe die Afrikaners dit
reg gekry het om uit sulke hopelose
omstandighede en armoede hulself op te hef.
Die antwoord is eintlik maklik – die
probleem kom by die “sweet”. Sweet klink
mos na harde werk. En, natuurlik, sonder
om erkenning te gee aan die leiding van ‘n
almagtige Here, is alle pogings gedoem.
Kom ons hou vas aan die Here en kry ons prioriteite
reg, en volg ons voorgangers se resep!
8
As jy kos in die yskas het, klere aan jou lyf, ‘n dak oor jou kop,
is jy ryker as 75% van alle mense op aarde.
As jy geld in die bank het, in jou beursie en nog kleingeld in ‘n bottel,
is jy onder die 8% rykste mense op aarde.
As jy vanoggend wakker geword het met meer gesondheid as siekte
is jy meer geseënd as die miljoene mense wat nie hierdie week sal oorleef nie.
As jy nog nooit in ‘n oorlog was nie, nog nooit in die tronk nie, nog nooit gemartel is nie en
nog nooit honger gely het nie, is daar 500 miljoen mense wat slegter af is as jy.
As jy ‘n kerkdiens kan bywoon sonder vrees vir aanvalle, arrestasie, marteling of dood,
is jy meer geseënd as drie miljard mense in die wêreld.
As albei jou ouers nog lewe en boonop getroud is, is jy ‘n uitsondering in Suid Afrika.
As jy jou kop kan optel met ‘n glimlag om jou mond en regtig dankbaar is vir jou seëninge,
is jy gelukkig want die meeste mense kan, maar doen dit nie.
As jy hierdie boodskap lees, het jy dubbele seën ontvang, iemand het aan jou gedink,
en jy is voorgetrek bo miljarde mense wat glad nie kan lees nie.
Tel jou seëninge en deel hierdie gedagte met iemand anders sodat ons almal kan onthou
hoe gelukkig ons werklik is.
“Vreedsaam”-Basaar-Gemeente-eteSolly het dit eers genoem en toe ook so gereëlEsther en Lesley moet kos maak genoeg, nie te veelNG kerksaal Groblersdal, dit is die plek, so moet almal weetOp 28 Oktober en gemeentelede moes dit nie vergeet
Tafels en sitplekke in die saal is by aankoms reeds gedekHet ons dalk verkeerd getel, hier is dan nog oop plekSolly verwelkom almal en die gemeente voel gou tuisOns leer van “gemeente wees” en word iets wys
Solly sê die ete moet wag en hou die vergadering kort die kos moes nie vries, net lekker koud wordDs Hendrik het net die seën gevra, toe ons met vrugtesap beginDaarna was daar brood en smere, iets vir elke sin
Daar’s koue vleis en slaai, iets vir elke smaakAs jy dalk wil aanhang, is dit ok om weer jou bord vol te maakVir party was dit eerstekeer die hoeveelheid was te ergLaat staan nog die skok toe hul besef daar is ook nagereg
Dan is almal “vreedsaam” en gesels neem ietwat afTerwyl ons wag vir koffie praat almal bietjie kafNiemand neem kollete op, daar was mos geen fooiDie ete was gratis, so sê ons dankie vir jou, baie mooi
Toe was dit weer tyd om te vertrekGlo dit of te nie, meer as drie ure het verstrykEen vir een vertrek al die gemeentelede op rySal ons weer ‘n ete hou en gemeentelede bymekaar kry
(Met apologie aan Dave de Bruin, wie se gedig ek só ‘n bietjie“gemodify” het)
Kosmaak is lekker. Eet is lekker. Wanneer jy dit alles saammet mense doen wie se geselskap jy geniet, word dit ‘ntransendente ervaring, byna ‘n geestelike ervaring.
Wanneer ons eet, deel ons ‘n ervaring met ander mense. Onseet nie net omdat ons liggame kos nodig het nie, ons eet omdatdit lekker is. Dis lekker om saam met mense te kuier en van dieete ‘n onthou gebeurtenis te maak.
Wanneer mense saam eet, leer hulle mekaar ken, en leer hullemekaar verstaan en sien hulle mekaar se gewoontes. Mensewat saam eet leer mekaar vertrou. Iemand het gesê, “as ekeers my voete onder jou tafel ingesteek het, dink ek anders oor
jou.” En ek besef dit is regtig so!
Ons sit toe aan vir ‘n ete uit dieboonste gestoeltes (om oomOubaas se woorde te gebruik).Dis brood en smere, vleis (beesvleisskywe, tong, frikkadelle,gammon met mosterdsous en hoender) en slaaie (beet, lagie,uitpak, noedel en aartappel). Beter as wat my Ouma dit ooitkon maak. Na die tweede of derde skep is ek so ge-“brood”,ge-“vleis” en ge-“slaai”, dat ek sukkel om nog die poeding(roomys met sjokoladesous) ook in te kry.Maar hoekom, hoe en waar het die ete “gebeur”?
BASAAR/GEMEENTE ETE
Esther Dempsey
TEL JOU
SEëNINGE
October BabyOm ‘n ongewenste baba te verwag laat ’n vrou met gemengdegevoelens. In vandag se tye is aborsie een van die moontlikeoorwegings, maar as die aborsie misluk en die baba bly lewe kompliseerdit die saak. Om dan nog steeds van die ongewenste baba ontslae teraak beteken aanneming. In die grootwordproses met allerhandeprobleme a.g.v. die mislukte aborsie en nog te hoor jy is aangeneem,moet ‘n groot skok wees. ’n Soektog na jou biologiese moeder kan ’nverder onaangename belewenis wees. Gelukkig is daar egter nog mensemet integriteit. Kyk gerus October Baby, maar wees gewaarsku: hou diesneesdoekies byderhand.CourageousGepraat van integriteit. In vandag se wêreld het dit bykans ’n vloekwoordgeword, want waar bestaan dit nog? En weet ons nog wat dit beteken?Veral as ons aan talle versoekings blootgestel word en dan maar toegeedaarvoor sodat ons tog maar nie soos ‘n seer vinger in die samelewinguitstaan nie. Almal maak so en ek wil tog nie die uitsondering wees nie.Gierigheid oorval jou soos ‘n dief in die nag en word jy dan ook maarsoos die ander. Jy staan nie uit of trek die aandag meer nie, want jy hetook een van hulle geword! Gekamoefleer.Tog vertel ook hierdie hierdie DVD so half skokkend die ander kant vandie saak: manne wat nog uitstaan, selfs al is hulle alleen, manne wat niegekamoefleer is nie, manne wat bereid is om op te staan vir hullebeginsels en die moed daartoe het, nie self nie, maar met die krag vandie Heilige Gees. En bereid is om die gevolge te dra al is dit hoe sleg.Manne wat uitstaan in die lewe vir wat reg is en wat God se eer hoër agas enigiets anders. Manne wie sê ja, ja is en wie se nee, nee is. Manneop wie peil getrek en na opgesien kan word sonder om onderemosionele druk beloftes te maak wat hulle nie nakom nie.Kyk gerus, meneer. Dit kan net wees wat ons manne nodig het om weerherinner te word wie en wat ons plek in die samelewing is.
FLIEK RUBRIEK FLIEK RUBRIEK FLIEK
FLIE
K RU
BRIE
KFL
IEK
RUBR
IEK
FLIE
K RU
BRIE
K
9
ROOSTERBROODToe ek nog ’n jong meisie was, het my ma soms daarvan gehou om ontbytkos
te maak vir aandete. Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na ’n lang,
harde dag se werk ontbytkos-aandete gemaak het. Daardie aand het my ma ’n
bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my Pa
neergesit. Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande
roosterbrood gaan opmerk of iets daaroor gaan sê.
Maar al wat my Pa gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my Ma te glimlag en my te vra hoe my dag
by die skool was. Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie maar ek kan baie goed
onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste
krieseltjie opgeëet het.
Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my Ma verskoning maak aan Pa vir
die gebrande roosterbrood. Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie: “Ounooi, ek hou van gebrande
roosterbrood.”
Later die aand het ek gegaan om vir Pa nag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou.
Hy het my in sy arms toegevou en gesê, “Jou ma het ’n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig moeg. En
’n bietjie gebrande roosterbrood het nog nooit vir iemand skade berokken nie.” (Skrywer Onbekend)
Die lewe is vol onvolmaakte dinge en onvolmaakte mense en dis die een ding wat ons almal in gemeen het – die
feit dat ons onvolmaak is. As ons maar net kon aanleer om mekaar se foute oor te sien. Dit is een van die
belangrikste dinge vir gesonde, groeiende en gelukkige verhoudings met ander. Ons is meestal geneig om ander
se optredes, manier van dinge doen en die foute wat hul maak, te omskep in ‘n kwessie wat uitkring en almal om
ons raak. Dis nie asof ons perfek is en nooit foute began nie. Ons almal was al in ‘n situasie waar ons die
roosterbrood verbrand het so hoekom moet iemand anders se verbrande roosterbrood ‘n kwessie wees?
Die lewe is soos verbrande roosterbrood – Ons kan kla daaroor, iemand die skuld gee daarvoor of ons kan dit
smeer met botter en konfyt en dit geniet!
Dit is 02:00 in die oggend. Ekstaan saggies op, want ek wil myvrou nie pla nie. Ek gaan sit opmy stoel.
Aanlyn-Beeld maak my netkwaad. Wat maak dit saakof die hemel fisies of
geestelik gaan wees?Hoekom wil almal God na hul gedagtes en begeertesvorm? Kan hulle nie maar soos ’n kind glo nie?
Wat maak dit saak of die ANC die land in sy dinges inregeer? Die NP het net soveel gemors aangejaag en glomy, die volgendes gaan dieselfde wees.
Wat de hel maak alles saak? Wat saak maak, is my seunwat sewe maande gelede oorlede is. Wat saak maak, ismy vrou wat nie meer lag nie.
Wat saak maak, is dat ek hom orals, dag en nag, soek,maar hom nêrens kry nie. Die donker gat raak netgroter en groter en groter. Hy was te jonk, Here,heeltemal te jonk.
Ek wil in die stille nag in hardloop en gil hoe ek mypragseun mis. Ek wil al die ouers vertel hulle moet hulkinders liefhê, hulle koester. Oppas. Môre is te laat.
Ek wil vir die kerk en ons land se leiers skreeu: Glo soos’n kind in God! Regeer ons land soos ’n kind, sonderafguns, haat en selfsug. Dit is hoe my seun was.
Here, die dominees en politici het U nodig. Help hulle.Dan moet ek my snikke inhou, netnou maak ek my vrouwakker.Here, my oë is al eelte gehuil. Here my God, ek gee nieom hoe U lyk of waar u is nie.Here, ek mis my kind. Help my, ek kan nie meer nie.
Glo soos ’n kind en koesterjul kinders Oud-Pappa van Pretoria
10
Die Vrede van God
Toe Jesus voor sy hemelvaart vir Sy dissipels gesê het dat Hy vir hulle vrede nalaat
wonder ek of hulle gedink het aan die woorde wat die engele gesê het met die geboorte
van Jesus: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie
Hy 'n welbehae het!”
(Luk 2:14)
Alles wat hier van gepraat word en gebeur is goed. Dis goeie tyding, tyding van
blydskap en vreugde in teenstelling met slegte nuus, onvrede, droefheid ens.
Laasgenoemde is deur die sonde in die wêreld gebring. Dit het ook ons verhouding met
God nadelig beïnvloed soveel so dat daar vyandskap tussen die mens en God bestaan het.
Maar ook hierin het God in Sy liefde uitkoms in Sy Seun Jesus Christus gegee. Hy het vrede gebring tussen God en die mens. As God
vrede het met die mens, vloei alle vrede hieruit voort.
As gelowiges vertrou en glo ons dat die Heilige Gees nou in ons is en ons anders laat dink as die wêreld. Ons dink nie meer soos die
wêreld nie: haat, onvrede, jaloesie, afguns, kwaadwilligheid en sulke dinge nie. Die inhoud van ons gedagtes word bepaal deur die
Heilige Gees. En as ons gehoorsaam aan God is, sal dit al hoe meer in ooreenstemming wees met hoe Jesus opgetree het. Om vrede
na te jaag met God en alle mense.
Ons kan dalk vra: “Waar is daar dan vrede?” So maklik spring ons op ons perdjie as my ego, my eer en my regte aangetas word, ek
benadeel word. Dan spring ons in die loopgraaf en is dit oorlog! En vergeet ons so maklik dat die Heilige Gees in ons is. Ons gedagtes
dwing ons om gelykvormig met die wêreld te wees. Almal maak so en ek wil nie uit wees nie. Almal maak egter nie so nie.
As die wil by ons teenwoordig is om vrede te bewerkstellig, sal dit moeilik gaan, maar die Heilige Gees sal ons die krag gee om vrede
te bewerkstellig. Daarvoor moet ons net vra.
Strydlustigheid, ongemaklikheid en spanning tussen mense wat gaan oor kos, klere en blyplek is gedurig aan die
orde van die dag. Volkere maak staat op groot moondhede om die geskille te help oplos met hulle “groter mag”. Op
so ‘n manier wil daar vrede bewerkstellig word. Dis net gans en al onmoontlik! Want daar is nog maar altyd die faktor
sondigheid van die mens.
Die enigste vrede wat daar kan wees is my vrede met God wat my hart tot rus bring van al die ontstuimigheid wat so
dikwels opwel in my hart en gedagtes. Ek moet ook eers vrede maak met myself en met God. Dan eers sal daar
vrede en rus voortvloei uit God na ons medemens. Dis ‘n ander soort vrede as dié van die wêreld wat altyd
voorwaardelik is.
Bedink die vrede van God.
‘n Geseënde Kersfees word u almal toegewens.
LiefdeDs Jannie, Madeleine en kinders.
Die Vrede van God
• Waarom is die wetenskaplikes seker dat Adam en Eva nie sjinese was nie?As hulle sjinese was, sou hulle die slang geëet het.
• Wat sing ‘n koster as hy die kerk toesluit?‘n Slotgesang
• Die telefoon lui by Koos se begrafnisonderneming. Die kliënt bestel ‘n grafsteen met die volgende woorde:HIER RUS ONS VADER, BROER EN EGGENOOT.Na Koos klaar gepraat het se hy, dit is wat ek suinig noem…3 mense in een graf!
• Pa, vra Jannie, kan ‘n mens gestraf word vir iets wat jy nie gedoen het nie?Natuurlik nie, antwoord sy pa. Dankie tog, sê Jannie, want ek het nie my huiswerk gedoen nie.
In ‘n ligte l uim . . . .
11
Sondag oggend 10 Junie word ek 4uur wakkergemaak met ‘n opdrag om met familie en vriende te
praat. En aangesien ons broers in Christus is en mekaarmoet help en ondersteun, moet ek dit met julle ookdeel.
MMC op Greytown se “poster” hang al vir 2 jaar boSpar met ‘n opdrag wat sê: Dat ons moet watchmenwees. Die gedeelte sê vir ons dat jy verantwoordelikgehou gaan word as jy nie die mense waarsku oor diegevaar wat aan die kom is nie. Maar as jy gewaarskuhet en hulle luister nie dan is jy vrygespreek. HIER is jullewaarskuwing weer.
Vir Wie leef jy en waar lê jou prioriteite? Want daar wag‘n groot verassing vir ons eendag met die wederkoms.In Mat 7:21-23 staan “ Nie elkeen wat vir My sê: “Here,Here,” sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in diehemel is. Baie sal daardie dag vir My sê “ Here, Here,het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naambose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wondersgedoen nie?” Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julllenooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wetvan God oortree.” Wat gaan God van jou sê eendag?
Gaan lees bietjie die hele Jakobus. Dis ‘n kort boekmaar ‘n boek wat ons mooi leer oor wat Jesus van onsverwag. Jak 2:14 vra “ Wat help dit, my broers, asiemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig ditnie? Kan so ‘n geloof ’n mens red?” en verder in Jak2:18 antwoord hy “Maar iemand kan miskien sê: “Dieeen het geloof en die ander het die dade.” Goed, wysdan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal joumy geloof wys uit my dade.” Sien die mense om jou,dat jy ‘n gelowige is of net ‘n goeie mens. Oom Angushou daarvan om ons te herinner dat “good peopledon’t go to heaven, believers go to heaven”. Beginvandag nog jou geloof uitleef, want so kan jy anderlaat deel hê van God se koninkryk.
Sondag oggend se jeugdiens het ook so goed daarby
aangsluit, oor waar die saad val. Help jy laat dit groeideur die regte klimaat te skep, of staan jy aan dieanderkant en verskroei of verstik dit. Begin God eerstestel in alles. Woon die eredienste en ander kerkaktiwiteite by, sodat jy saam kan groei en ondersteun.Heb 10:25 sê vir ons: “ons moenie van die samekomstevan die gemeente af wegbly soos party se gewoonteis nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheente gaan, en dit des te meer namate julle dieoordeelsdag sien nader kom.”
Pa, Oupa, man van die huis. Vat jou rol as koning,priester en profeet van jou huis terug. Hou godsdienssaam met jou kinders, praat oor die Here, ons het nodigom dit te hoor. Bewys bietjie liefde, jy kan maar jou seunvasdruk en vir hom sê jy is lief vir hom en trots op hom.En nie net eenmaal en dis verby nie. Bou bietjie syselfbeeld. Leer hom so wat beteken Vaderliefde. Bederfjou vrou en stel haar bietjie ook bo die werk en sport.Wys vir ons as kinders daars nog hoop vir liefde, deurjulle optrede.
Ma, Ouma, vrou. Eer jou man as hoof van die huis. Godsê nie eer jou goeie man nie, Hy sê eer jou man. Skepvir hom ‘n plek waarheen hy wil terug kom na ‘n hardedag. Waar hy ook kan veilig voel en weet hier is iemandwat na hom ook kyk en hom ondersteun. Wat nie netoor hom stoomroller en nie eers na sy besluit luister of sysiening in agneem nie. Jy ondermyn hom. Stop dit.Wees die anker van die huis, die liefde van Jesus vir joukinders en kleinkinders.Ons as grootmense en ouers bepaal hoe ons kinders enfamilie se verhouding met God gaan lyk. So jy’s niemeer net verantwoordelik vir jou eie saligheid nie, maarook die van jou huis mense. Nou weet jy. Jy is weereensgewaarsku oor jou verantwoordelikheid. Die bal enverantwoordelikheid is in jou hande. Asseblief begin virGod leef, gee aan Hom wat Hom toekom. Jou en joukinders se hele lewe.
Groete in ChristusJou broer
VViirr WWiiee lleeeeff jjyy??
In ons kerk word deesdae al meer en meer gepraat en geskryf. Dit is vanselfsprekend dat baie lidmate juis nou met
die Kerk of namens die Kerk wil praat, want met al diemeningsverskillel wat onder ampsdraers en lidmate van die
Kerk heers, is daar baie wat gesê kan word en wat seker ook gesê behoort te word.
Byna elke kampvegter vir ‘n bepaalde standpunt meen da thy of sy die reg het dat die ander lidmate van die Kerk
na hom of aar behoort te luister. Die Kerk word ooral met kerklike gesprekke wat elke moontlike
kommunikasiemiddel inspan: Naas die tradisionele kerklike tydskrifte en publikasies, word vandag ook publikasies
wat per e-pos versprei word webwerwe en gespreksportale wat daar gehuisves word, sosiale media, byeenkomste
van die lidmate buite tradisionele kerklike strukture, en wat nog alles gebruik.
VROOM PRAATJIES OOR GODDr Gafie van Wyk, Kaapstad Voorblad, E-Hervormer
Blaai om
Synde ‘n kerkorrelis, is ek gereeld in
die kerk. Lank gelede, toe ek ‘n
aflos orrelis was, het ek meermale
net met die een oor geluister. Laat ons dit
nou maar ruiterlik erken: baie predikante
weet het hoe om lang stukke onsinnighede
en goed kwyt te raak, soms in verhewe
dramatiese styl.
Ander preke het weer die uitwerking van ‘n
slaappil. As predikante net onthou dat ‘n
preek essensieel ‘n baie boeiende storie
behoort te wees, ongeag watter konsep
hulle wil tuisbring, sal hulle meer knelpreke
kan bedink.
Maar vanjaar in Lydenstyd, toe paasklokke
nader kom, het ds Armand Crouse by ons
Patmos-gemeente, hier in die baai, ‘n
preek gepreek wat my met ‘n seer keel in
die kerkbank vasgenaal het.
Oor versoekings en hoe die duiwel die
Here in die woestyn kom versoek het om
die klippe in brood te verander. Na veertig
dae sonder ‘n kriesel oor Sy lippe, was die
Here waarskynlik baie honger en die
versoeking moes oorweldigend gewees
het om Sy Goddelike kragte aan te wend.
Maar Hy het die versoeking weerstaan en
die duiwel weggestuur.
Nou ja, ‘n preek is ‘n preek en normaalweg
herroep mens dit net kortstondiglik, maar
in hierdie betrokke preek het ds Armand ‘n
storiebeeld gebruik wat my tot in my
rimpeljare sal bybly. ‘n Skrikhelder toneel
waarvan ek die versoekings in my lewe sal
meet totdat ek die huidige vir die ewige
verwissel.
Volgens oorvertelling, so preek die
domineetjie, het die eskimo’s ‘n moeitelose
metode ontwikkel om wolwe te jag. Hulle
druk die lem van ‘n vlymskerp mes van
onder af deur die sneeukors, sodat die
langlem regop staan in die lug.
Dan smeer hulle vars dierebloed aan die
lem. Die wolf ruik dit van ver af en kom lek
aan die mes. Soos hy lek, sny hy sy tong
raak en bly die lem deurentyd oortrek van
vars bloed.
In sy vraatsug lek en lek die wolf, alte
geurig, die snoepdingetjie, onbewus
daarvan dat hy himself met elke lekslag
dieper verwond en voor sonsak stadig sal
doodbloei. Sodra hy verswak is van
bloedverlies, slaan die eskimo’s toe.
Maklike prooi…., Ironies want die bloed is
steeds in sy lyf, maar op ‘n kragtelose
plek.
Nogal ‘n grusame toneel. As ek ooit ‘n
versinnebeelding van versoeking gehoor
het, is dit die een. In vele opsigte is ek dag
vir dag besig om my eie bloed op te lek.
Versoekings kom in vroom gedaantes,
meestal dink ek skaars daaraan as
versoekings. Ek lek ek lek gulsig voort.
Wat is ‘n witleuentjie tog? Die lewe is bitter
genoeg, laat ek maar hierdie een plak
sjokolade instop. Wat traak dit as ek vyf
minute laat is vir die vergadering?
Vergeet die groente, vanaand eet die
kinders net kafeekos en slaptjips. Hoekom
sal ek my breek vir die hulpbehoewendes,
want hulle breek hulle vir niemand?
Onnodig dat die taksman alles moet weet.
Ek het mos stadiger by die stopstraat gery,
enige swaap kon sien daar kom geen
verkeer aan nie. Almal maak hulle
persoonlike fotostate by die werk, hoekom
nie ek ook nie? En terloops, wie het nou
eintlik bepaal dat alle beloftes skuld maak?
Sekerlik mis my buurvrou nie haar
uitgeleende kralewerkboek wat al drie jaar
op my boekrak staan nie!
Klein lekkies, klein snytjies. Baie
druppeltjies bloed. Blykbaar skadeloos,
terwyk ek lusteloos oor die sneeulandskap
van my lewe aanhink. Dag na dag, jaar na
jaar, moet ek myself kragteloos voortsleep.
As ek maar daardie Lydensweek gehoor
het toe ek agtien was, sou ek meer op my
hoede gewees het vir die vlymskerp lem
van versoeking.
Ek sou doelbewus omkyk of ek dalk ‘n
bloedspoor agter my gewaar en betyds tot
stilstand kom om te kyk waar die wond sit,
voordat ek teen sonsak bleekgebloei is!
Ons wil nie net met mekaar oor die Kerk praat nie, maar ons wil ook oor God met mekaar praat. Baie van ons glo
ons het iets oor god te sê waarvan die ander kennis behoort te neem. Vroom praatjies oor God is aan die orde van
die dag in ons Kerk. Ons kry selfs gelowiges wat meen hulle het die reg o moor God te praat asof Hy deur menslike
denke in ‘n greep gekry kan word en met menslike woorde toereikend beskryf kan word. Hierdie mense hanteer
God soos ‘n objek wat deur die mens geken kan word en objektief beskryf kan word.
Sommige mense verstaan die kerklike belydenisse ook in hierdie lig. Die belydenisse is volgens hulle die volkome
objektiewe beskrywing van God en sy werk. Ander mense staan gou reg met ‘n vroom vermaning aan die wat so
graag oor God praat, dat ‘n mens nie net oor God moet praat nie, maar veel eerder met Hom moet praat. Teologie
moet meer ruimte laat vir gebed. Hoewel dit waar is dat enige sinvolle verhouding met God alleen kan bestaan
waar God as gespreksgenoot aanvaar word en daar met Hom gepraat word, glo ek ons sal verder moet gaan as
om mekaar net tot gebed te roep. Die vraag is immers: Hoe praat ons met God as ons tot Hom bid? Praat ons
werklik met God as ons bid, of praat ons eintlik nog meer steed oor Hom, al praat ons ook met Hom? Ek wil beweer
dat as jy tot God gebid het en God het nie jou denke en jou hart verander nie, dan het jy eintllik maar net oor God
gepraat en nie werklilk met Hom gepraat nie, want jy het dan niks ter harte geneem wat Hy aan jou gesê het nie.
As ek kyk hoe luidrugtig, selfversekerd,m eiesinnig en beterweterig ons kerklike gesprekke is wat oor God
plaasvind, is dit duidelik dat ons weer as Kerk opnuut sal moet leer wat dit beteken om na God te luister. Gebed
behels nie alleen dat jy met God praat en dat Hy na jou luister nie, maar ook dat God met jou praat en jy bie mooi
en aandagtig luister wat Hy vir jo sê. Kyk maar net wat met Job gebeur het toe hy nie net oor God met sy vriende
gepraat het nie en ook nie net met God gepraat het nie, maar toe hy vir ‘n slag geluister het na wat God vir Hom te
sê gehad het. Vol berou moes hy in sak en as gaan sit, omdat hy oor dinge gepraat
Vroom praatjies oor God - vervolg van vorige bladsy
SSOONNDDEETTJJIIEESS.. .. .. .. Annalene
12
13
Sjoe....wat ‘n ongelooflike storie!
Ek sal 1946 se Paastyd nie vergeet nie. Ek was 14, Ocy 12en Darlene 16. Ons drie het saam met Mamma gebly en hetgeweet wat dit beteken om sonder baie dinge klaar te kom.My pa is vyf jaar tevore dood en het my ma met sewe kinders,sonder enige geld, agtergelaat. Teen 1946 was die oudstevier kinders reeds uit die huis.
'n Maand voor Paasfees het die dominees aangekondig datdaar op Paasfees 'n spesiale kollekte opgeneem sou word om'n arm gesin te help. Hy het almal gevra om geld te spaar,werklik 'n offer te bring en ruim by te dra.
Terug by die huis het ons dadelik gesels oor wat ons kandoen. Ons het besluit om 50 pond (ongeveer 23kg)aartappels te koop en vir die hele maand daarop te lewe. Opdie manier kon ons R20 op ons kruideniersbegroting spaar omby te dra. Ons het ook besluit om so min as moonlikelektrisiteit te gebruik om nog meer te spaar. Ons het mensese huise en agterplase skoongemaak en elke geleentheid omkinders op te pas, aangegryp. Met elke 15 sent wat ons gekryhet, het ons genoeg wol gekoop om drie vatlappe te brei watons dan weer vir R1 verkoop het. Op die manier het ons nógR20 bymekaar gemaak.
Die maand was een van die bestes in ons lewe. Ons het elkedag die geld getel om te sien hoeveel ons al gespaar het.Saans het ons in die donker gesit en gesels oor hoe die armgesin die geld wat die kerk aan hulle gaan gee, sal geniet.Aangesien daar ongeveer 80 mense in die kerk was, het onsuitgewerk dat die gemeente ten minste 20 keer meer kan geeas wat ons eie bydrae is. Na alles het die dominee diegemeente elke Sondag aan die spesiale bydrae herinner.
Die dag voor Paasfees het ek en my sussie na diekruidenierswinkel gegaan en al ons kleingeld omgeruil vir drienuwe R20-note en een R10 noot. Ons het huis toegehardloop om vir Mamma en Darlene te gaan wys. Ons hetnog nooit voorheen soveel geld gehad nie. Daardie nag konons byna nie slaap nie, so opgewonde was ons. Dit het onsnie gehinder dat ons nie nuwe klere vir Paasfees kon kry nie,want ons het R70 vir die spesiale offergawe gehad. Ons konnie wag om kerk toe te gaan nie.
Daar die Sondag het die behoorlik gereën. Ons het nie 'nsambreel besit nie, maar het ook nie omgegee hoe nat onsword nie. Selfs Darlene se voete het papnat geword omdathaar skoene al stukkend was. Ons het trots in die kerk gesit.Ek het gehoor dat van die ander tieners iets fluister oor dieSmith-dogters wat weer hul ourokke aan het. Ek het na hulle inhulle nuwe rokke gekyk en baieryk gevoel.
Toe die kollekte opgeneem word,het Mamma die R10-noot ingegooien ons kinders elkeen R20. Oppad huis toe het ons gesing.Middagete het Mamma onsverras. Sy het 'n dosyn eiersgekoop en ons kon Paaseierssaam met ons aartappels eet.
Laat daardie middag het diedominee voor ons huis gestop.Mamma het die deur oopgemaak,'n oomblik met hom gepraat en toeteruggekom met 'n koevert in haarhand. Ons het gevra wat dit was,
maar sy het niks gesê nie. Sy het die koevert oopgemaak.Toe val daar 'n klomp geld uit… drie nuwe R20-note, een R10en sewentien R1’e. Mamma het die geld teruggesit in diekoevert en niemand het 'n woord gesê nie. Ons het almal netna die vloer gesit en staar. Waar ons 'n oomblik gelede nogsoos miljoeners gevoel het, het ons nou arm en waardeloosgevoel.
Ons het so 'n gelukkige lewe gehad dat ons almal jammergekry het wat nie ons pa en ma gehad het nie, of 'n huis volboeties, sussies en vriende wat gedurig kom kuier het nie.Ons het gedink dit is pret om eetgerei te deel en altyd tewonder wat jy vanaand gaan kry: die vurk of die lepel? Onshet twee messe gehad wat ons rondgestuur het vir wie dit ookal nodig gehad het.
Ons het geweet dat ons baie van dit wat ander mense het, niehet nie, maar ons het nooit gedink ons is arm nie. Maardaardie Paasfees het ons uitgevind dat ons wel arm is. Diedominee het immers die geld wat vir die arm gesin ingesamelis, vir ons gebring. So, ons moet dan arm wees! Ek het niksdaarvan gehou om arm te wees nie. Ek het na my rok enverslete skoene gekyk en was so skaam dat ek nie weer kerktoe wou gaan nie. Almal het blykbaar lankal geweet dat onsarm is. Op skool was ek in graad 9 en het eerste gestaan uitmeer as 'n 100 kinders. Ek het gewonder of dié kinders ookweet dat ons arm is. Ek het besluit om skool te los, aangesienek reeds graad 8 geslaag het en dit was al wat die wetdestyds vereis het.
Ons het lank in stilte gesit. Later het ons gaan slaap.Gedurende die week het ons min gepraat. Saterdag hetMamma die stilte verbreek en gevra wat ons met die geld wildoen. Ons het gewonder. Wat doen arm mense met geld?Ons het nie geweet nie, want ons het nie geweet dat ons armis nie. Ons wou nie Sondag teruggaan kerk toe nie, maarMamma het gese ons moet.
Al was dit 'n lekker sonskyndag, het niemand op pad kerk toegepraat nie. Mamma het 'n lied begin sing, maar niemand hetsaamgesing nie. By die kerk het 'n sendeling gepraat. Hy hetvertel hoe mense in Afrika kerke bou met songedroogdekleistene, maar dat hulle geld benodig om die dakke op te sit.Hy het gesê dat R100 genoeg is vir een kerk se dak. Diedominee het gevra: Kan ons nie almal 'n offer bring om diearm mense te help nie?
Ons het na mekaar gekyk en vir die eerste keer daardie weekgeglimlag. Mamma het haar hand in haar handsak gesteeken die koevert uitgehaal. Ons het dit aangestuur na Ocy en sy
het dit in die kollektebordjie gegooi.Nadat die geld getel is, het diedominee aangekondig dat diebydrae net oor die R100 was. Diesendeling was baie opgewonde. Hyhet nie so 'n ruim bydrae van onsklein gemeentetjie verwag nie. Hyhet gesê: Julle moet beslis rykmense in julle gemeente hê.
Toe tref dit ons. Ons het R87 vandie net meer as R100 gegee… soons is die ryk familie in diegemeente. Het die sendeling nieself so gesê nie?
Van daardie dag af was ek nooitweer arm nie… en ek onthou altydhoe ryk ek is omdat ek Jesus het!
Die ryk familie in ons gemeente
14
In ’n interessante studie deur
navorsers aan die Baylor-universiteit
is gevind dat mense in die VSA in vier
verskillende gode glo.
Nee, hulle bedoel nie die God van die
Christendom, Judaïsme of Islam nie.
Die navorsers sê 31% mense glo in
’n outoritêre God; 23% glo in ’n
genadige God; 24% glo in ’n
afwesige of veraf God; en 16% in ’n
kritiese God.
Boonop verskil mense se siening van
God dramaties van vorige generasies
s’n. Omgewingsfaktore speel ’n groot
rol hierin. Ons is wêreldwyd in ’n
tydperk van groot oorgang en
onsekerheid.
Ook hier ter plaatse word vele nuwe
stemme gehoor oor God. Wie weet,
miskien bevind ons ons in ’n tyd wat
ooreenstem met dít wat die Prediker
doer in die eerste millennium voor
Christus beleef het.
In die Prediker se tyd het Israel se
wys¬heidstradisies in die sop beland.
Stereo¬tipe antwoorde, soos dat ’n
lang en ge¬seënde lewe op elke
wyse mens wag of dat alles met ’n
doel gebeur, het nie meer gewerk nie.
Slim teologiese verklarings en
oorhaastige godsdienstige antwoorde
het ’n vervaldatum bereik. Die harde
werklikhede van die Prediker se dag
wys in ’n ander rigting. Hy sien
dieselfde dinge tref goddeloses én
regverdiges (9:2).
Niemand weet of voorspoed of
teenspoed op hulle wag nie. Om God
dus te probeer verklaar vanuit mense
se omstandighede, is vir hom die
dood in die pot.
Die Prediker weet God se werke is te
groot om te verstaan (3:10).
Eindelose bespiegeling hieroor is ’n
gejaag na wind. Vandaar sy
aardskuddende stelling (wat op ’n
geheimsinnige wyse uit baie mense
se Bybels verdwyn het!) in hoofstuk
8:17: “Toe het ek al die werk van God
begryp: mens is nie in staat om wat
in hierdie wêreld gebeur te verklaar
nie!”
Die Prediker weet God is nie
verklaarbaar nie.
Tog is Hy beleefbaar. Hoe? Wel, te
midde van al die hande vol wind
waarmee mense opgeskeep sit in hul
soektog na sin en betekenis, loop hy
’n stil pad van vreugde in die
doodgewone lewe raak. Vyf maal in
die loop van sy boek moedig hy
mense aan om hul brood met
blydskap te eet in die
teenwoordigheid van God en ander.
Vreugde om ’n eenvoudige etenstafel
is egte medisyne vir die lewe se groot
pyne!
Die sin van die lewe lê volgens die
Prediker opgesluit in ’n nuwe
omhelsing van die lewe se gewone
roetines omdat God Hom juis op
misterieuse wyses hier laat vind.
Daarom dat die Prediker mense in
hoofstuk 9 aanmoedig om elke dag
feesklere aan te trek en reukolie op
hul kop uit te gooi.
Om God te ontdek te midde van die
onsekerhede van die lewe, begin met
doelbewuste keuses om in Sy
teenwoordigheid brood te breek.
Anders gestel, dit gaan oor die
daaglikse skepping van
feesgeleenthede om die
sinneloosheid van die lewe
aanhoudend te troef. Die Prediker
weet immers ons is nie geroep om
God te verklaar nie, maar om Hom in
die vreemdheid én alledaagsheid van
stukkies brood, reukolie en feesklere
raak te loop.
Die besit van die regte kopkennis oor
God lei nie outomaties tot ’n sinvolle
lewe nie. Vir diegene wat die
eenvoud van normale daaglikse
roetines in God se Naam in spesiale
feesgeleenthede omgeskep het, raak
Hy kenbaar.
Geen wonder nie dat Jesus so baie
tyd om gewone mense se etenstafels
deurgebring het toe Hy op aarde was.
Daar het mense God se goedheid
geproe en sy genadetaal agterna leer
praat.
Hoe jammer dat ons die Bybel
nie op hierdie punt glo nie en
eenvoudige, daaglikse
vreugdes opsy skuif as
beuselagtighede! Vir vele
godsdienstiges is ware
vromes steeds net diegene
wat vas, bid en groot
geestelike ervarings het! Dalk
moet hulle ’n slag weer
Prediker 2:24-25; 3:10-11;
5:17; 8:15 en 9:7 lees en
begin bly wees!
LLeeeeff GGoodd iinn eeeennvvoouudd rraaaakkProf Stephan Joubert - Beeld
• Wat is die definisie van ‘n eend?‘n Voël wat loop asof hy die hele dag perd gery het.
• Wat is die definisie van ‘n voetganger?‘n Pa met twee seuns en een motor.
In ‘n ligte l uim . . . .
• Die dominee se niggie trou.Hy kan nie daar wees nie en stuur vir haar n telegraaf soos volg:‘Baie geluk en lees 1 Johannes 4 vers 18’. Die telegram kom toe anderkant uit, ‘Lees Johannes 4-18’ en daar staan geskrywe, ‘Jy het reeds 5 gehad en die een wat jy nou het is nie jou man nie’
• Ek soek ‘n koffie-kleurige langbroek, sê die man aan die blonde winkel assistent.Met of sonder suiker? Vra die blondine.
• Wat is ‘n goeie spreker?Iemand wat sy hande in sy sakke hou terwyl hy vertel van die vis wat weg gekom het.
15
Die Kanadese joernalis Carl
Honoré skryf dat een van die eerste produkte wat op die
Gütenbergse pers gedruk is, ’n kalender van 1448 was.
Daarna het ons tyd in al hoe kleiner eenhede begin opkap
ten einde meer doeltreffend te funksioneer.
As ek om my kyk, het ons Benjamin Franklin se uitdrukking
“Tyd is geld” nou tot die evangelie verhef waarvolgens ons
leef en waardeur ons waardes bepaal word.
Ouers werk al hoe harder en al hoe langer ure en regverdig
die wegwees van hul kinders onder die dekmantel van “ons
wil net die beste vir hulle gee”.
In die proses word kinders met ’n kry-kultuur in plaas van
saamwees-kultuur groot. Ouerliefde word in terme van rand
en sent gemeet. Mense brand op ’n al hoe vroeër
ouderdom uit, want as jy dit in die lewe wil maak, moet jy
bybly. Navorsing dui daarop dat ons gemiddeld al hoe
minder slaap. Omdat alles so vinnig moet gebeur, is mense
ongeduldig en onverklaarbare voorvalle van woede raak al
hoe meer alledaags.
’n Motor wat binne die spoedgrens ry, is vir ons vinnige pas
te stadig en motoriste blaas baie maklik hul toeter vir die
wetsgehoorsame en stadige bestuurders!
Ons het kitsmense geword – alles moet nóú gebeur. In die
proses het ons verleer om na iets uit te sien en die
grootheid van oomblikke aan te gryp. Die pas waarteen ons
leef, het ook op kinders afgesmeer.
Kinders móét presteer, kinders se programme is óórvol. ’n
Ma vertel my hoe haar gr. 1-dogtertjie een Saterdag van
suiwer moegheid in trane uitgebars het omdat die week net
te lank en vol was.
Nie van speel en kindwees nie, maar van “buitemuurse
aktiwiteite”.
Daar is nie meer ’n verskil tussen enige dae nie. Op ’n
Saterdag en Sondag is van die winkels dalk net al 15:00 in
plaas van 18:00 of 19:00 toe.
“Vinnig en vol” het die wet geword waarvolgens alles
gebeur. Mense het al hoe minder tyd vir gewone
menswees, vir kuier, vir stilte, vir bid, vir dink, vir Bybellees,
vir speel en lag.
Ek bepleit nie luiheid en ondoeltreffendheid nie, maar is dit
gesond en die ritme wat God vir ons in gedagte gehad het?
Sal ons samelewing nie anders lyk as mense vir ’n slag tot
stilstand kan kom en ophou jaag nie?
Honoré pleit dat ons teen die regte spoed moet begin leef,
dit wat musici tempo giusto noem. God se spoed en ritme
en denke oor rykdom lyk heeltemal anders as die wêreld
wat ons vir onsself geskep het.
Die regte spoed is ’n spoed waar daar ’n gesonde ritme
tussen werk en rus is. Ja, werk vir jou brood. Werk is ’n
opdrag en goed, maar dit is nie alles nie.
Die regte spoed is om te weet wanneer jy genoeg het en op
te hou. Jy kan net op een plek op ’n slag sit.
Die regte spoed is om eenvoudig te leef en klein te begin.
Die regte spoed is om jou kinders te geniet en te beleef.
Hulle wil hul ouers sien, nie hul ouers se geld nie.
Die regte spoed is om saam met jou vriende en
geloofsvriende te kan kuier.
Die regte spoed is om stil te kan word en daarmee
gemaklik te kan wees.
Die regte spoed is om in en vanuit ’n sinvolle verhouding
met God te leef, en dit vra spirituele dissiplines wat jou lewe
net sal verryk. Stilte, bestudering van die Woord,
oordenking, gebed.
Om teen die regte spoed te leef is alles wat die vrug van
die Gees in wese van ons vra en wat ons land so nodig het:
liefde, geduld, versigtigheid, ’n saamstap met mense,
betekenisvolle verhoudings, kwaliteit bo kwantiteit.
Het gelowiges nog die moed om teen hierdie stroom in te
swem?
Die evangelie van tyd en geld Dr Elsje Buchner (Lux Mundi-gemeente, Pretoria)
In ‘n ligte l uim . . . .
16
Epos alle bydraes na BEIDE epos adresse OF u kan dit by die kerkkantoor inhandig. Baie dankie.
Tel: 013 262 3381 / 4114
Epos: Solly Ferreira: [email protected] / [email protected]
Artikels wat nie in die uitgawe is nie sal in volgende uitgawes verskyn weens beperkte spasie.
Daar was ‘n man wat besluit het om
moed op te gee……hy het sy werk
opgegee, sy verhouding, sy geloof…..hy
wou opgee op die lewe self.
Hy het na die woud gegaan om ‘n laaste
keer met God te praat.
Hy het gesê, “God, kan U my een goeie
rede gee hoekom ek nie moed op moet
gee met alles nie?”
God se antwoord het hom verras.
“Kyk om jou heen,” sê Hy. “Sien jy die
varing en die bamboes?”
“Ja,” het hy geantwoord.
“Toe Ek die varing en die bamboes saadjie geplant het, het ek
hulle baie goed versorg. Ek het hulle lig gegee. Ek het hulle water
gegee. Die varing het baie vinnig uitgeloop en sy helder groen
blare het vinnig die woud vloer gedek.
Maar, niks het gebeur met die bamboes saadjie nie.”
“In die tweede jaar het die varing net nog weliger en mooier
gegroei. En steeds, het nog niks gebeur met die bamboes saadjie
nie. Maar Ek het nie moed opgegee met die bamboes saadjie
nie.”
“In jaar drie het daar nog steeds niks gebeur met die bamboes
saadjie nie.
Maar steeds het ek nie moed opgegee nie. Dieselfde het gebeur
in jaar vier.”
“In die vyfde jaar het daar ‘n klein uitloopseltjie verskyn”.
“In vergelyking met die varing was dit klein en onbenullig.”
“Maar binne slegs ses maande was die bamboes oor die dertig
meter lank gewees.”
“Die bamboes het die eerste vyf jaar gebruik om wortels te groei.
Die wortels het dit sterk gemaak en aan die bamboes gegee wat
nodig is om te oorleef sodra dit eers uitspruit.
Ek sal aan geeneen van My skeppings ‘n uitdaging gee wat hy nie
kan hanteer nie.”
“Het jy geweet, My kind, dat die hele tyd wat jy so vreeslik
gesukkel het, was jy eintlik besig om wortels te groei? Ek sal nie
moed opgee met die bamboes nie …hoeveel te meer sal Ek nooit
moed opgee met jou nie.”
Hy het aan die man gesê, “Moenie jouself met ander vergelyk nie.
Die bamboes het ‘n ander doel gehad as die varing. Maar steeds
maak hul altwee tesame die woud pragtig.”
“Jou tyd sal kom en dan sal jy hoog groei.”
Die man het gevra, “Hoe hoog sal ek moet groei ?”
In antwoord het God gevra, “Hoe hoog sal die bamboes groei?”
“So hoog soos wat hy kan?” het die man gevra.
Vader het geantwoord, “Ja, gee aan My glorie deur te groei so
hoog soos wat jy kan.”
Die man het die woud verlaat met die diepe besef dat God nooit
met hom moed sal opgee nie. Hy sal ook nooit moed opgee met
enige iemand anders nie.
Moet nooit ‘n dag in jou lewe berou nie.
Goeie dae verskaf aan jou vreugde en swak dae gee aan jou
ondervinding, albei is noodsaaklik vir lewe.
Bamboes en Varings
Potato ChipsA little boy wanted to meet God. He knew it was a long trip to where God lived, so he packed his suitcase with a bag of potatochips and a six-pack of root beer and started his journey. When he had gone about three blocks, he met an old man. He wassitting in the park, just staring at some pigeons. The boy sat down next to him and opened his suitcase. He was about to take adrink from his root beer when he noticed that the old man looked hungry, so he offered him some chips. He gratefully acceptedit and smiled at him.His smile was so pretty that the boy wanted to see it again, so he offered him a root beer. Again, he smiled at him. The boywas delighted! They sat there all afternoon eating and smiling, but they never said a word.As twilight approached, the boy realized how tired he was and he got up to leave; but before he had gone more than a fewsteps, he turned around, ran back to the old man, and gave him a hug. He gave him his biggest smile ever..When the boy opened the door to his own house a short time later, his mother was surprised by the look of joy on his face.She asked him, "What did you do today that made you so happy?"He replied, "I had lunch with God." But before his mother could respond, he added, "You know what?He's got the most beautiful smile I've ever seen!"Meanwhile, the old man, also radiant with joy, returned to his home. His son was stunned by the look ofpeace on his face and he asked, "dad, what did you do today that made you so happy?"He replied "I ate potato chips in the park with God." However, before his son responded, he added, "Youknow, he's much younger than I expected."Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honestcompliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around. Peoplecome into our lives for a reason, a season, or a lifetime! Embrace all equally!
Have lunch with God.......bring chips.