glacier jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het....

28
Glacier Jaarverslag 2013

Upload: others

Post on 12-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Glacier Jaarverslag 2013

Page 2: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting
Page 3: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting
Page 4: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Die Glacier Junior Reeks is deel van die Sanlam Groep se trotse geskiedenis van amateur gholf borgskap, en die vierde jaar was nog ’n suksesvolle een. Die reeks bied jong gholfspelers die geleentheid om kompeterend deel te neem aan ’n 18-putjie houespel toernooi. Vyf-en-twintig geleenthede is landswyd gehou tydens 2013, wat ongeveer 2,400 jong spelers die geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel.

Die Glacier Junior Reeks het in 2010 ontstaan en het ontwikkel tot een van die gewildste inisiatiewe in die junior gholftoernooireeks. Die reeks word ondersteun deur top beroepspelers en leiers in die gholf-industrie soos Ernie Els, die Schwartzel familie, Branden Grace, Louis Oosthuizen en George Coetzee.

Al die Glacier Junior Gholf geleenthede sluit deelname deur KANSA in, en vier van die jong gholfspelers wat aan die Junior reeks deelneem kry die geleentheid om in die Sanlam KANSA eindstryd te speel. Die prys vir die algehele wenner van die Junior reeks is ’n toer om teen die top internasionale junior gholfspelers in die toonaangewende Orange Bowl Junior Invitational in Florida te gaan meeding.

Theunis Bezuidenhout, die wenner van die 2013 reeks, het van die Orange Bowl Junior Kampioenskap teruggekeer met waardevolle insig in wat dit vereis om ’n vooraanstaande internasionale gholfspeler te word.

Glacier se gemeenskapsondersteuning is uitgebrei tydens 2013, met verskeie inisiatiewe.

Die ondersteuning aan die Belhar Kinderhuis (voorheen bekend as Umephi  ) is voortgesit. Ons het ook ondersteuning gebied aan Place of Hope, ’n kleuterskool in Nyanga wat sorg vir weeskinders en dien as ’n sopkombuis.

Insamelings is intern gehou om komberse te verskaf aan ’n tehuis vir bejaardes, klere aan Shiloh Synergy, ’n nieregerings-organisasie wat minder bevoorregte mense in die Wes-Kaap ophef en onderrig, en ook vir ’n geldelike bydrae aan Jersys4Jozi, ’n wintertrui-veldtog en vaardigheidsontwikkelingsprogram in Johannesburg.

Ons het ook fondse geskenk aan die Animal Anti-Cruelty League, die Spierdistrofie Stigting, Compass, wat ’n maatskaplike dienste organisasie is, en die Teddiebeer kliniek, ’n organisasie sonder winsbejag wat toegewy is aan die beskerming en rehabilitasie van mishandelde kinders.

Glacier het met ’n verskeidenheid liefdadigheidsorganisasies saamgewerk en het deelgeneem aan die “Kos vir Skole” projek en die “Helpende hand” projek, wat poog om armoede te verlig en onderrig te verskaf.

Tydens 2013 het Glacier ook hande gevat met die organiseerders van die Storms River Traverse, ’n bergfiets geleentheid wat jaarliks in die Tsitsikamma gehou word. Glacier is in besonder aangetrek deur die betrokkenheid van die gemeenskap as integrale deel van die Traverse: plaaslike skole raak betrokke deur gedeeltes van die Stormsrivier dorp voor die geleentheid op te ruim, opleiding in die onthaalbedryf word aan werklose individue verskaf, en die organiseerders van die geleentheid, Dryland Event Management, maak altyd seker dat hulle iets terugploeg in die omgewing waar hul geleenthede aangebied word.

Borgskappe Korporatiewe Sosiale Belegging

Glacier Management Company (RF) (Edms.) Bpk. en Glacier Financial Solutions (Edms.) Bpk. is beide volfiliale van Glacier Financial Holdings (Edms.) Bpk.

Page 5: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Suid-Afrikaanse aandelemarkte het verlede jaar weer uitstekende opbrengste gelewer – en baie analiste se verwagtinge oortref. Hierdie opbrengste is behaal ten spyte van voortdurende arbeidsonrus en afgraderings deur internasionale graderings-agentskappe vroeër in die jaar. SA aandele, met ’n opbrengs van 21.43%, was die bateklas wat in 2013 die beste presteer het. Dit was grootliks as gevolg van die prestasie van nywerheids- en finansiële aandele. SA genoteerde eiendom het ’n gedempte 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het.

Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting van die VSA se bate-aankoopprogram. Hierdie vrees het ’n verkope van R13 biljoen in Mei en Junie tot gevolg gehad. Deur die loop van die jaar was daar netto invloeie van R1.033 biljoen na ons effektemark, aansienlik minder as die 2012 syfer. In November is rekord uitvloeie van R15 biljoen ervaar weens buitelanders wat uit ons effektemark onttrek het. Dit was as gevolg van ’n afkeer aan opkomende mark risiko, kommer oor die land se tweeledige tekorte (lopende- en begrotingsrekening) asook die swakheid van die geldeenheid. Netto aandele invloeie vanaf buitelandse beleggers het gedurende 2013 slegs R136 miljoen beloop.

Die Glacier International Multi-Currency Fund is op 17 Desember 2013 suksesvol omgeskakel na ’n voerderfonds. Die nuwe naam van die fonds is die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund. Hierdie fonds belê in, en voer na die Sanlam Strategic Cash Fund, wat deur Sanlam Private Investments UK bestuur word. Anders as die Multi-Currency fonds, is dit slegs VSA dollar gedenomineer, hoewel dit in VSA dollar gedeno-mineerde instrumente regoor die wêreld heen kan belê wat blootstelling aan ander geldeenhede bied. Die fonds bied diversifikasie teen moontlike verswakking van die rand. Dit het ’n gerespekteerde 18.35% (in rand terme) vir die jaar gelewer,

grootliks as gevolg van die verswakking van die rand wat een van die geldeenhede was wat in 2013 die swakste presteer het.

Die Glacier Geldmarkfonds het 5.28% vir die jaar gelewer. Die SA Reserwebank het rentekoerse deur die loop van 2013 onveranderd op 5% gelaat, die laagste koers wat SA in meer as 30 jaar gesien het. Dit het die prestasie van die geldmarkfonds konstant gehou, hoewel verwagte koersverhogings in 2014 en 2015 die prestasie van hierdie fonds sal verhoog. Inflasie vir 2013 is aangeteken teen 5.4%, aangesien verbruikers steeds die uitwerking van stygings in die koste van elektrisiteit, voedsel en brandstof voel.

Die komende jaar beloof om ’n interessante een te wees aan-gesien Suid-Afrikaners na die stemlokale gaan vir ’n algemene verkiesing. Daar is geen twyfel dat ons in ’n baie beter posisie is as 20 jaar gelede nie, maar met baie wat nog geïmplementeer en bereik moet word. Die jaar sal ook onthou word as die een waarin Nelson Mandela, ’n ikoon in baie opsigte, gesterf het. Hy het so baie bereik, en tog het sy vermoë om te vergewe en op die toekoms te fokus ons almal gebaat. My wens is dat alle Suid-Afrikaners sal voortgaan om in hierdie gees op te tree en dat elkeen die daad by die woord sal voeg om die land ten goede te verander.

Ek wens ons beleggers ’n suksesvolle 2014 toe en verseker julle van ons toewyding aan wêreldklas diens te alle tye.

ANTON RAATHUITVOERENDE HOOF

Verklaring aan beleggers

Page 6: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

MELINDA MOSTERTHOOF: TRUSTEE-DIENSTESTANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK6 MAART 2014

SEGGIE MOODLEYHOOF: RISIKO EN REGSGELDIGHEID (TRUSTEE-DIENSTE)STANDARD BANK VAN SUID-AFRIKA BEPERK6 MAART 2014

Ons, die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk, het in ons hoedanigheid as trustee van die Glacier Kollektiewe Beleggingskema (“die Skema”) in terme van Artikel 70(1)(f) van die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas 45 van 2002 soos gewysig (“die Wet”), ’n verslag opgestel vir die finansiële jaar wat 31 Desember 2013 geëindig het.

Ter ondersteuning van ons verslag het ons sekere prosesse en prosedures ingestel wat ons in staat stel om tot ’n redelike gevolgtrekking te kom of die Bestuurder die Skema in ooreenstemming met die Wet en die Skema-akte geadministreer het.

As Trustees van die Skema is ons ook verplig om in terme van Artikel 70(3) van die Wet onsself tevrede te stel dat elke inkomstestaat, balansstaat of ander opgawe wat deur die Bestuurder van die Skema opgestel is, soos vereis deur Artikel 90 van die Wet, ’n redelike weergawe van die bates en laste, asook die inkomste en verspreiding van inkomste van elke portefeulje van die Skema is.

Die Bestuurder is verantwoordelik vir die byhou van die rekeningkundige rekords en die opstel van die jaarlikse finansiële state van die Skema in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslaggewing standaarde. Hierdie verantwoordelikheid sluit ook die aanstel van ’n eksterne ouditeur vir die Skema in om te verseker dat die finansiële

state behoorlik opgestel is, die finansiële posisie van elke portefeulje binne sy kollektiewe beleggingskema billik weer-gee, en in ooreenstemming is met algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk en die vereistes van die Wet.

Ons ondersoek van die administrasie van die Skema deur die Bestuurder dek nie ’n hersiening van die jaarlikse finansiële state nie en ons verskaf dus nie ’n opinie daaroor nie.

Gebaseer op ons rekords, interne prosesse en prosedures, verklaar ons dat niks onder ons aandag gekom het wat ons laat glo dat die meegaande finansiële state nie die bates en laste, asook die inkomste en verspreiding van inkomste van elke portefeulje van die Skema wat deur die Bestuurder bestuur is, behoorlik weergee nie.

Ons bevestig dat, volgens die rekords wat aan ons beskikbaar is, geen verliese in die portefeuljes gely is nie en dat geen belegger as gevolg daarvan benadeel is nie.

Ons sluit ons verslag af deur te verklaar dat ons redelikerwys glo dat die Bestuurder die Skema geadministreer het in ooreenstemming met:

(i) die beperkings wat deur hierdie Wet op die belegging en leenbevoegdheid van die bestuurder geplaas is; en

(ii) die bepalings van hierdie Wet en die akte.

Verslag van die trustee vir die Glacier effektetrust skema

Page 7: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Die meegaande opgesomde finansiële state, wat bestaan uit die opgesomde State van Finansiële Posisie soos op 31 Desember 2013 en die opgesomde State van Omvattende Inkomste vir die jaar geëndig, is afgelei van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund vir die jaar geëindig 31 Desember 2013.

Ons het ’n ongekwalifiseerde oudit mening uitgespreek oor daardie finansiële state in ons verslag gedateer 18 Maart 2014. Daardie finansiële state, en die opgesomde finansiële state, weerspieël nie die effek van gebeure na die datum van ons verslag oor daardie finansiële state nie.

Die opgesomde finansiële state bevat nie al die openbaar-makings wat deur die International Financial Reporting Standards en die Wet op Beheer van Kollektiewe Beleg-gingskemas, 2002, vereis word nie. Die lees van die opgesomde finansiële state is dus nie ’n plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund nie.

Bestuur se Verantwoordelikheid vir die Opgesomde Finansiële State

Bestuur is verantwoordelik vir die voorbereiding van ’n opsomming van die geouditeerde finansiële state in ooreenstemming met die rekeningkundige grondslag wat deur hierdie entiteite aanvaar word.

Ouditeure se Verantwoordelikheid

Ons verantwoordelikheid is om ’n mening uit te spreek oor die opgesomde finansiële state gebaseer op ons prosedures, wat uitgevoer is in ooreenstemming met International Standard on Auditing (ISA) 810, Engagements to Report on Summary Financial Statements.

Mening

Ons is van mening dat die opgesomde finansiële state wat afgelei is van die geouditeerde finansiële state van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund vir die jaar geëindig 31 Desember 2013, in alle wesentlike opsigte in ooreenstemming is met daardie finansiële state, ingevolge die rekeningkundige grondslag wat deur daardie entiteite aanvaar word.

Verslag van die onafhanklike ouditeure aan die deelnemende belang-hebbendes van die Glacier Geldmarkfonds en die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund

ERNST & YOUNG INC.DIREKTEUR – VINCENZO FRANCESCO PAINOGEREGISTREERDE OUDITEURGEOKTROOIEERDE REKENMEESTER (SA)ERNST & YOUNGLOWER LANGSTRAAT 35KAAPSTAD28 MAART 2014

Page 8: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Glacier Geldmarkfonds

Page 9: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Staat van Finansiële Posisie op 31 Desember 2013

2013R’000

2012R’000

BATESBeleggingsGeldmark instrumente

Kontant en kontant ekwivalenteOpgelope inkomste en debiteure

2 861 7012 861 701

8 79533 176

2 831 6862 831 686

28 71732 183

Totale bates 2 903 672 2 892 586

LASTE (uitgesluit netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers)Handels- en ander krediteureVerwante partye betaalbaarUitkering betaalbaar

14 526274

2 18012 072

13 904243

2 26311 398

Netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers 2 889 146 2 878 682

Page 10: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

2013R’000

2012R’000

InkomsteRente ontvangNetto billike waarde (verlies) / winste op finansiële instrumente

158 993159 031

(38)

180 902180 902

-

BedryfsuitgawesDiensfooieOuditeursvergoedingBewaarder-, trustee- en bankkoste

(26 060)(25 769)

(32)(259)

(29 398)(29 189)

(32)(177)

Netto wins vir die jaarUitkering aan eenheidshouers

132 933(132 962)

151 504(152 229)

Netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers (29) (725)

Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2013

Page 11: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Inkomsteverklaring Per Fooiklas

Maandelikse verspreidings Sente per eenheid

Maand Klas A Klas B Klas C Klas D

JanuarieFebruarieMaartAprilMeiJunieJulieAugustusSeptemberOktoberNovemberDesember

0.420.400.410.410.430.410.420.450.400.440.430.43

0.430.390.440.430.430.420.430.450.430.440.430.46

0.300.270.300.290.300.290.310.310.310.320.310.32

0.450.400.450.430.450.430.450.460.450.460.450.46

Page 12: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Fooie (vir alle klasse)

*Volle fooiklas.

Portefeulje-ontleding: Glacier Geldmark A, B, C & D klasse

2012/12/31 2013/12/31

Oornag0 – 3 Maande3 – 6 Maande6 – 9 Maande9 – 12 Maande

0.99%57.16%19.36%11.01%11.48%

0.30%60.55%18.10%9.43%11.62%

Klas A Klas B Klas C Klas D

Aanvanklike fooie (BTW ingesluit) Jaarlikse fooie (BTW ingesluit)

0.000.57

0.000.45

0.001.99*

0.000.28

Page 13: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

52.9%

Portefeuljebestuurder kommentaar

Portefeulje-allokasie soos op jaareinde:

0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0% 10.9% 10.1% 18.0% 60.2%0.8%0.0%

3.68%

43.38% 52.94%

Bank

Korporatief

Onderneming van die Staat

Portefeulje Blootstelling

Looptyd 79.51 (GGL* = 79.51)

VASTE SWEWENDE

Vaste vs Swewend

14.00%

12.00%

10.00%

8.00%

6.00%

4.00%

2.00%

0.00%

ABSA

BAN

K LI

MIT

ED

NEDB

ANK

LIM

ITED

STAN

DARD

BAN

K OF

SA

LTD

FIRS

T RA

ND B

ANK

LIM

ITED

GOLD

MAN

SAC

HS IN

TERN

ATIO

NAL

INVE

STEC

BAN

K LI

MIT

ED

BANK

OF

CHIN

A LI

MIT

ED

CAPI

TEC

BANK

LIM

ITED

SASF

IN B

ANK

LIM

ITED

GRIN

DROD

BAN

K LI

MIT

ED

AFRI

CAN

BANK

LTD

Bank Blootstelling

Beleggingstydperk (GGB** = 104.99)

36+ m33 - 36 m 30 - 33 m27 - 30 m24 - 27 m21 - 24 m18 - 21 m15 - 18 m12 - 15 m9 - 12 m6 - 9 m3 - 6 m0 - 3 m

KontantAanvraag

0.0% 10.0% 20.0% 30.0% 40.0% 50.0% 60.0% 70.0%

54.0%

53.0%

52.0%

51.0%

50.0%

49.0%

48.0%

47.0%

46.0%

45.0%

44.0%

47.1%

*Geweegde gemiddelde looptyd.

** Geweegde gemiddelde beleggingstydperk.

Korporatiewe Blootstelling5.00%4.50%4.00%3.50%3.00%2.50%2.00%1.50% 1.00%0.50%0.00%

SANL

AM C

APIT

AL M

ARKE

TS

SYNT

HESI

S FU

NDIN

G LT

D

OMNI

A GR

OUP

(PTY

) LTD

EMPI

RA P

ROPE

RTY

FUND

THEK

WIN

I WAR

EHOU

SING

LTD

BIDV

ESTC

O LI

MIT

ED

RCS

INVE

STM

ENT

HOLD

INGS

LTD

STEI

NHOF

F SE

RVIC

ES (P

TY) L

TD

MER

CEDE

S-BE

NZ S

A (P

TY) L

TD

HYPR

OP IN

VEST

MEN

TS LT

D

CLIN

DEB

INVE

STM

ENTS

LTD

NAM

PAK

PROD

UCTS

LTD

JD G

ROUP

LTD

EQST

RA C

ORPO

RATI

ON LT

D

LEW

IS G

ROUP

LTD

4

.30%

2.

87%

2.6

2%

2.4

9%

2.4

9%

2

.02%

1.9

8%

1.

98%

1.97

%

1.

96%

1

.77%

1.5

2%

1.

34%

1.30

%

1.2

8%

1.2

1%

1.1

3%

1.11

%

1.0

4%

0.9

9%

0.9

9%

0.91

%

0

.86%

0.6

9%

0.

62%

0.62

%

0.5

1%

0.4

8%

0.3

5%

13.09% 12.60%

9.94%

2.06% 1.99% 1.95% 1.41% 0.90% 0.79%

7.39%

0.83%

0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0% 7.7% 7.6% 4.5% 79.4%0.8%0.0%

36+ m33 - 36 m 30 - 33 m27 - 30 m24 - 27 m21 - 24 m18 - 21 m15 - 18 m12 - 15 m9 - 12 m6 - 9 m3 - 6 m0 - 3 m

KontantAanvraag

0.0% 20.0% 40.0% 60.0% 80.0% 100.0%

0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0%0.0% 7.7% 7.6% 4.5% 79.4%0.8%0.0%

Page 14: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Markoorsig

Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vir die volle duur van 2013 die repokoers onveranderd gelaat op 5.00%. Eksterne faktore, in besonder die ekonomiese beleid van die VSA, het veroorsaak dat die rand teen die einde van die jaar verswak het, met die lang kant van die opbrengskromme wat ooreenstemmend steiler geword het. Al hierdie aktiwiteite het onsekerheid in inflasie vooruitsigte veroorsaak, met ooreenstemmende opwaartse druk op geldmarkkoerse. Die eerste 2014 vergadering van die MBK het op 29 Januarie 2014 plaasgevind, waar die Goewerneur die repokoers onverwags vanaf 5% tot 5.5% verhoog het. Die volgende vergadering sal op 27 Maart 2014 plaasvind en alhoewel die mark 50:50 verdeel is oor of die repokoers dan op 5.5% gaan bly of verhoog gaan word, het die opwaartse siklus begin. Inflasie het in 2013 tussen 5.3% en 6.4% gebly, maar het gedurende die laaste kwartaal vanaf 6.4% tot 5.3% gedaal om die jaar binne die Reserwebank se teikenband af te sluit. Die risiko’s vir inflasie vooruitsigte bly hoog aangesien ingevoerde inflasie via energie, voedsel en vervoer na verwagting gaan veroorsaak dat dit rondom die boonste perk van 6% sal bly. Hierdie inflasie-risiko’s is ook die rede vir die huidige opwaartse tendens in die rentekoerssiklus.Die geldmarkkurwe het gedurende die jaar steiler geraak, met die drie maande koers wat met 0.14% gestyg het vanaf 5.08% tot 5.22%, terwyl die twaalf maande koers met 0.56% gestyg het vanaf 5.47% om die jaar op 6.025% af te sluit. Die swewende koers spreidings van die banke het in die middel van die jaar ’n laagtepunt ervaar, maar het teen die einde van die jaar begin styg. Hierdie opwaartse druk op die koste van befondsing het ook na kredietspreidings uitgebrei, waar ons klein maar duidelike opwaartse bewegings in kredietspreidings gesien het. Ons verwag dat hierdie opwaartse tendens in 2014 sal voortduur, wat die portefeulje se prestasie relatief tot kontant behoort te verbeter.

Wat Sanlam Beleggings Bestuur (SBB) gedoen het

Beskikbare kontant is geoptimaliseer deurdat alle instrumente wat verval het, en ander kontant invloeie betyds oor die geldmark opbrengskromme heen belê is. Kwaliteit korporatiewe krediet, wat hoër as die drie maande geldmarkkoerse verhandel het, is by die portefeulje gevoeg. Ons het ’n kombinasie van swewende koers effekte (SKE’s) saam met ’n aantal vaste koers verhandelbare depositosertifikate (VDS’e) in die portefeulje in-gestel. Die kombinasie van korporatiewe krediet, verhandelbare depositosertifikate en swewende koers effekte het die portefeulje se opbrengste verhoog.

SBB Strategie

Ons voorkeur beleggings sal ’n kombinasie van vaste koers effekte, swewende koers effekte en kwaliteit korporatiewe krediet wees om opbrengste in die portefeulje te verhoog. Ons verwag dat die repokoers gedurende 2014 sal aanhou styg en ons sal die steil kromme in kombinasie met die volle universum belêbare geldmarkinstrumente benut om optimale prestasie te behaal.

6.1

5.9

5.7

5.5

5.3

5.1

4.9

4.7

4.5

6.03

30-Sep-13 31-Des-135.995.83

5.755.64

5.55

5.22

5.13

5.10

5.084.79

4.75

oornagMaande

1 3 6 9 12

Page 15: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Glacier International Multi-Currency Fund - nou Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund

Die verandering van die Glacier International Multi-Currency Fund na die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund

Die Glacier International Multi-Currency Fund het ’n mandaat gehad om te belê in buitelandse kort-termyn vaste inkomste bates en bankdeposito’s. Die fonds het belê in dollar, pond, euro, jen en rand bates. As gevolg van die fondsgrootte was dit egter nie vir die fonds moontlik om toegang te verkry tot alle beskikbare beleggingsgeleenthede nie.

’n Alternatiewe struktuur is vereis om ’n koste-effektiewe, aktief-bestuurde portefeulje aan beleggers te verskaf met meer potensiaal om maatstaf- oortreffende opbrengste te lewer. Die bestaande fonds is dus op 17 Desember 2013 verander na ’n voerderfonds, en die Sanlam Strategic Cash Fund is gekies as die onderliggende beleggingsopsie.

Die Sanlam Strategic Cash Fund word bestuur deur Sanlam Private Beleggings (VK). Dit is ’n dollar-gedenomineerde fonds wat belê in instrumente soortgelyk aan die instrumente beskikbaar aan die Glacier International Multi-Currency Fund. Die fonds kan in VSA dollar gedenomineerde instrumente oor die wêreld heen belê, wat blootstelling aan ander geldeenhede ook verskaf.

Die fonds is die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund genoem om die nuwe beleggingsbeleid, -struktuur en onderliggende beleggingsopsie te reflekteer.

Die fonds het ’n laer bestuursfooi as die Glacier International Multi-Currency Fund: Waar die Glacier International Multi-Currency Fund 1% (BTW uitgesluit) gehef het, hef die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund ’n jaarlikse bestuursfooi van 0.6% (BTW uitgesluit), wat ’n verwagte totale onkoste verhouding (TOV) van ongeveer 0.9% (BTW uitgesluit) tot gevolg het.

Page 16: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Staat van Finansiële Posisie op 31 Desember 2013

2013R’000

2012R’000

BATESKontant en kontant ekwivalenteOpgelope inkomste en debiteure

40 3014

74 5919

Totale bates 40 305 74 600

LASTE (uitgesluit netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers)Handels- en ander krediteureVerwante partye betaalbaarUitkering betaalbaar

1 011157

7847

2 42913853

2 238

Netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers 39 294 72 171

Page 17: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Desember 2013

2013R’000

2012R’000

InkomsteRente ontvang Ander winste

10 136185

9 951

7 375233

7 142

BedryfsuitgawesDiensfooieOuditeursvergoedingBewaarder-, trustee- en bankkoste

(358)(266)

(19)(73)

(642)(556)(20)(66)

Netto wins vir die jaarUitkering aan eenheidshouers

9 778(11 574)

6 733(2 406)

(Verlaging) / Verhoging in netto bates uitkeerbaar aan eenheidshouers (1 796) 4 327

Page 18: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Fooi- en Fonds Ontleding

Portefeulje-ontleding:

2012/12/31 2013/12/31

USDEURGBPJPYZAR

49.11%27.96%11.00%10.05%

1.88%

89.37%0.00%0.00%0.00%10.63%

VerspreidingsBetalingsdatum Plaaslike rente

(sente per eenheid)Verklaringsdatum

2013/03/312013/06/302013/09/302013/12/31

2013/04/03 2013/07/02 2013/10/02 2014/01/02

21.63115.24

168.9821.17

Aanvanklike fooie (BTW ingesluit)Jaarlikse fooie (BTW ingesluit)

0.285%1.140%

0.4%1.31%

Page 19: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Portefeuljebestuurder kommentaar

31/12/2011 31/12/2012 31/12/2013 % Verandering jaar

USD/ZAREUR/ZARGBP/ZARZAR/JPY

8.068410.4349

12.5119.5054

8.397811.063613.611610.261

10.350014.423717.346910.0260

23.2%30.4%24.3%-2.3%

Die rand het oor 2013 aansienlik teen die vernaamste geldeenhede verswak. Dit was as gevolg van Suid-Afrika se groot tweeling tekorte in kombinasie met ’n gebrek aan buitelandse invloeie in die Suid-Afrikaanse Effektemark. Dit het gevolg op rekord invloeie in 2012 wat verhoed het dat die rand gedurende daardie jaar skerp verswak het. Die rand het verswak met 23.2% teen die VSA dollar, met 30.4% teen die euro, met 24.3% teen die Britse pond, maar slegs met 2.3% teen die Japannese jen, wat ook teen ander groot geldeenhede verswak het as gevolg van die stimulus wat tans in Japan plaasvind.

Die bogenoemde grafiek wys dat die rand verby Koopkragpariteit verswak het, sowel as verby die 10% standaard afwyking band waarbinne die rand geneig is om te verhandel.

KKPWerklike

KKP: Rand / VSA dollar

0

2

4

6

8

10

12

14

Mar

73

Aug

74

Jan

76

Jun

77

Nov

78

Apr 8

0

Sep

81

Feb

83

Jul 8

4

Des 8

5

Mei

87

Okt

88

Mar

90

Aug

91

Jan

93

Jun

94

Nov

95

Apr 9

7

Sep

98

Feb

00

Jul 0

1

Des 0

2

Mei

04

Okt

05

Mar

07

Aug

08

Jan

10

Jun

11

Nov

12

Boonste 10% Band Onderste 10% Band

Page 20: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Die Glacier International Multi-Currency Fund het oorwegend belê in vaste deposito’s in vier verskillende geldeenhede: VSA dollar, euro, Britse pond en Japannese jen. Die looptye van hierdie vaste deposito’s is selde langer as drie maande. Beleggings in die geldmarkbates word by hoog gegradeerde internasionale banke gedoen terwyl bate-ondersteunde sekuriteite vermy word.

Amerikaanse Dollar, Britse Pond en Euro

Die VSA Federale Reserwe het gedurende 2013 deurgaans volgehou om koerse kunsmatig laag te hou en het laat blyk dat dit die geval sou wees totdat wesentlike werkskeppingsgeleenthede geskep en volgehou kon word. Die VSA Federale Reserwe het in Desember aangekondig dat dit sou begin om sy kwantitatiewe verslapping stimulus af te plat, maar dat dit nie sy rentekoerse

sou verhoog nie. Op soortgelyke wyse het die VK rentekoerse in 2013 deurgaans op 0.5% gehou, terwyl die Europese Sentrale Bank die koerse in Europa gedurende die jaar twee maal (Mei en November) verlaag het tot 0.25%. Dit was omdat Europa gesukkel het om sy ekonomie aan die gang te kry.

Hierdie fonds is steeds ’n konserwatiewe beleggingsopsie wat die ideale verskansing teen verswakking van die rand en toegang tot ’n goed gediversifiseerde portefeulje van ontwikkelde mark geldeenhede aan eenheidhouers bied.

Die fonds het gedurende Desember verander na ’n VSA dollar voerderfonds wat slegs in VSA dollar belê.

USA US$ DEPOSIT RATE - 3 MONTH [Close] (0.25) (EUDP3M [CL]) (-0.03)(GPDP3M [CL]) (0.51)

USA US$ DEPOSIT RATE - 3 MONTH [Close]. EUROPE EURO DEPOSIT RATE - 3 MONTH [Close]UK STERLING DEPOSIT RATE - 3 MONTH [Close] (Weekly 09/07/2006 - 06/01/2013)

-0.1

1.0

2.0

3.0

4.0

5.0

6.0

0.0

1.0

2.0

3.0

4.0

5.0

6.0

7.0

2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 142013

Page 21: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Glacier Fondsprestasie en TOV-verslag

Page 22: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Fondsprestasie 1 jaar prestasie Maatstaf*

Glacier Geldmarkfonds – Klas A (KBF) Glacier Geldmarkfonds – Klas B Glacier Geldmarkfonds – Klas C (Fusion)Glacier Geldmarkfonds – Klas D Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund – Klas B1Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund – Klas B3

4.96%5.07%

3.25%**5.47%

17.57%18.35%

5.18%5.18%5.18%5.18%

21.50%21.50%

NBW na NBW – plaaslike geldeenheidvanaf 31/12/2012 tot 31/12/2013

*Maatstaf

Die maatstaf vir die Glacier Geldmarkfondse is die Stefi – 3 maande.Die maatstaf vir die Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund is: 3 maande USD LIBOR.

**Volle fooiklasKollektiewe beleggings (effektetrusts) is in die algemeen medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van onderaandele kan daal of styg en vorige prestasies is nie noodwendig ’n aanduiding van die toekoms nie. Effektetrusts word teen heersende pryse verhandel en kan deelneem aan lenings en skripuitlenings. ’n Skedule van fooie en koste asook maksimum kommissies is van die bestuursmaatskappy op aanvraag beskikbaar.

Page 23: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Totale Onkoste Verhouding (TOV)*vanaf 31/12/2012 tot 31/12/2013

*Die TOV- persentasie van die gemiddelde Netto Batewaarde van die portefeulje is bereken as kostes, heffings en fooie wat verband hou met die bestuur van die portefeulje. Die verhouding sluit nie transaksiekostes in nie. ’n Hoër TOV impliseer nie noodwendig ’n swak opbrengs nie, en ’n laer TOV nie noodwendig ’n positiewe opbrengs nie. Die huidige TOV kan nie as ’n aanduiding van toekomstige TOV’s beskou word nie. TOV’s het nie deel gevorm van die jaarlikse buite-oudit nie.

Kollektiewe beleggings (effektetrusts) is in die algemeen medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van onderaandele kan daal of styg en vorige prestasies is nie noodwendig ’n aanduiding van die toekoms nie. Effektetrusts word teen heersende pryse verhandel en kan deelneem aan lenings en skripuitlenings. ’n Skedule van fooie en koste asook maksimum kommissies is van die bestuursmaatskappy op aanvraag beskikbaar.

Glacier Geldmarkfonds – Klas A (KBF) Glacier Geldmarkfonds – Klas B Glacier Geldmarkfonds – Klas C (Fusion)Glacier Geldmarkfonds – Klas D Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund – Klas B1 Glacier Global Strategic Liquidity Feeder Fund – Klas B3

0.58%0.46%2.01%

0.00%

1.44%0.22%

Page 24: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

Kontakbesonderhede

Privaatsak X5 Tygervallei 7536Tel +27 21 917 9000Faks +27 21 947 9210Web www.glacier.co.zaE-pos [email protected]

Page 25: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting
Page 26: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting
Page 27: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting
Page 28: Glacier Jaarverslag 2013 · 8.78% gelewer, terwyl kontant 5.18% en effekte 0.64% gelewer het. Effekte is aansienlik geraak deur buitelandse verkope toe daar sprake was van die afplatting

GLACIER FINANCIAL SOLUTIONS (EDMS.) BPK. IS ’N GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE