grade 10 - web viewis in egipt. e, sir henry mcmahon ... die kaart hier onder is nie in daardie...

26
GRAAD 11 GESKIEDENIS - 2013 VOORBEELDVRAESTEL: Vraestel 2 ADDENDUM

Upload: vomien

Post on 06-Feb-2018

237 views

Category:

Documents


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11

GESKIEDENIS - 2013

VOORBEELDVRAESTEL: Vraestel 2

ADDENDUM

Page 2: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

VRAAG 1 WATTER ROL HET BRITTANJE GESPEEL IN DIE BEVORDERING VAN JOODSE EN ARABIESE NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE IN DIE LAAT 19DE EN VROEË 20STE EEU?

BRON 1Aʼn Politieke landkaart van die Midde-Ooste in 1914. Dit toon die gebiede wat deur Brittanje, Frankryk en Turkye (Ottoman) gekoloniseer is. Die Suez-kanaal is in 1869 in Brits-beheerde Egipte geopen. (Let wel: In 1914 het Turkye tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree aan die kant van Duitsland en Oostenryk-Hongarye teen Brittanje, Frankryk en Rusland.)

(Gehaal uit Skoolgeskiedenisprojek, Arabies-Israelse Konflik (1977), p.14)

Bewoording in kaart (links na regs):Spanje, Frankryk, Algerië, Italië, Oostenryk, Middellandse See, Libië, Hongarye, Bosnië, Serwië, Roemenië, Kreta, Konstantinopel, Swart See, Turkye, Siprus, Kaïro, Egipte, Heilige Land, Jerusalem, Suez-kanaal, Russiese Ryk, Kaspiese See, Persië, Persiese Golf, Arabië

Bewoording in sleutel (links na regs):Gebiede beheer deur: Oostenryk, Rusland, Brittanje, Frankryk, Ottomaanse Ryk,Britse skeepsroetes deur Suez en Middellandse See van Indië af, Russiese opmars na die Middellandse See

1

Page 3: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 1B

Sedert die 1880’s het verskillende Arabiese nasionalistiese bewegings na vore getree met as oogmerk die afwerp van die Turkse juk. Hierdie uittreksel is geneem uit die ongetekende Arabies-nasionalistiese Manifes wat in 1914 in Kaïro in Egipte uitgereik is.

(Uittreksels uit S. Haim, Arab Nationalism, (1962), p.83-88)

O, Arabiere … hoe lank wil julle nog bly slaap? … Weet julle dat julle leef in ʼn tydperk waarin hy wat slaap, sterf, en dat hy wat sterf, vir ewig verlore is? Wanneer sal julle besef dat jul land aan ʼn vreemde verkoop is? … In hul oë is julle bloot ʼn trop skape waarvan die wol geskeer, die melk gedrink en die vleis geëet moet word …

Ontwaak, Arabiere! Trek die swaard uit die skede! Moenie dat ʼn onderdrukkende tiran wat net minagting vir jou het, in jou land bly nie. Reinig jou land van diegene wat hul vyandskap [haat] teenoor jou, jou ras en jou taal betoon.

O, Arabiere! … Julle woon almal in een land, julle praat een taal, wees dan ook een nasie en een land.

Moenie onder julself verdeel wees nie.

2

Page 4: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 1CUittreksel uit briefwisseling tussen die Britse Hoë Kommissaris in Egipte, Sir Henry McMahon, en die Skout van Mekka, Husayn bin Ali, in 1915. (Die Skout van Mekka is deur baie Arabiere in die Midde-Ooste aanvaar as hul leier.) Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word. (Gehaal uit: http://www.mideastweb.org/mcmahon.htm)

Uittreksel 1:  Van Sir Henry McMahon aan die Skout van Mekka, 25 Oktober 1915

Die twee distrikte van Mersina en Alexandretta en dele van Sirië wat aan die westekant van die distrikte Damaskus, Homs, Hama en Aleppo lê, kan nie as suiwer Arabies beskou word nie, en behoort uitgesluit te word uit die beperkinge wat geëis word.…1. Onderhewig aan die bogenoemde wysigings is Groot-Brittanje bereid om die onafhanklikheid van die Arabiere in al die streke te erken en te ondersteun binne die perke geëis deur die Skout van Mekka.

2. Groot-Brittanje sal waarborg dat die Heilige Plekke beskerm sal word teen alle aggressie van buite en sal hul onskendbaarheid [heilige status] erken.

Uittreksel 2: Kaart gebaseer op die korrespondensie tussen McMahon en die Skout van Mekka (Opskrif: BRITTANJE SE BELOFTE AAN DIE ARABIERE: 1915)

3

Dik spikkellyn: Volgens Brittanje moes grond ten weste van hierdie lyn uitgesluit wees van die voorgestelde beperkinge en grense van enige toekomstige Arabiese Staat, maar erkenning en steun moes verleen word aan die onafhanklikheid van die. Arabiere in die land oos van hierdie grens (McMahon se brief aan die Skout, 25 November 1915)

Verdonkerde Area:Gebiede wat die Skout van Mekka verklaar het tot suiwer Arabiese provinsies en wou sien as deel van ‘die suiwer Arabiese koninkryk’. (Skout se brief aan McMahon, 5 November 1915)

Page 5: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 1DIn Mei 1916 is ʼn geheime ooreenkoms aangegaan tussen twee Britse en Franse diplomate, Sir Mark Sykes en Georges Picot. Die Sykes-Picot-ooreenkoms was ʼn plan om die Ottomaanse Ryk tussen Frankryk en Brittanje te verdeel sodra die Eerste Wêreldoorlog ten einde sou loop.

(Die gebied rondom Jerusalem (‘Geallieerde Kondominium’) sou deur ʼn internasionale komitee geadministreer word.)

(Gehaal uit: http://www.theglobaleducationproject.org/mideast/info/maps/sykes-picot-map.jpg )

DIE SYKES-PICOT-OOREENKOMS VAN 1916 VIR DIE VERDELING VAN DIE MIDDE-OOSTE

4

Page 6: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 1E

Hierdie uittreksel kom uit die Basel-verklaring wat gemaak is tydens die eerste Sionistiese Kongres gehou in Switserland in 1897. Hierdie amptelike verklaring is gemaak in die konteks van groeiende Europese nasionalisme en die hernude vervolging van Jode woonagtig in Europa. Die Sioniste-beweging het daarop aanspraak gemaak dat Palestina die historiese en geestelike tuiste van die Joodse volk was.

(Uittreksel uit W. Laqueur (et al.), The Israel-Arab Reader (1969), pp.11-12)

Die oogmerk van Sionisme is om vir die Joodse volk in Palestina ʼn tuiste te skep wat deur die volkereg erken word.

Die kongres beoog om hierdie doel met die volgende middele te bereik.

1. Die bevordering, op die volgende grondslag, van die kolonisasie van Palestina deur Joodse landbou- en industriële werkers.

2. Die organisasie en saambinding van Jode deur middel van toepaslike instellings, plaaslik en internasionaal, in ooreenstemming met die wette van elke land.

3. Die versterking en kweek van Joodse nasionale gevoel en bewustheid.4. Voorbereidende stappe ter verkryging van regeringstoestemming, waar nodig,

tot die verwesenliking van Sionisme.

5

Page 7: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 1FGedurende die Eerste Wêreldoorlog het die Sioniste-beweging die steun van party Britse regeringsamptenare geniet. Op 2 November 1917 het die Britse Minister van Buitelandse Sake, A.J. Balfour, ʼn brief gerig aan Lord Rothschild, ʼn invloedryke lid van die Britse Joodse gemeenskap. Die brief het bekend geword as die Balfour-verklaring.

(Gehaal uit: http://www.mfa.gov.il/MFA/Peace%20Process/Guide%20to%20the%20Peace%20Process/The%20Balfour%20Declaration)

Ministerie van Buitelandse Sake2 November 1917

Geagte Lord Rothschild Dit is vir my besonder aangenaam om namens Sy Majesteit se Regering aan u oor te dra die volgende verklaring van meegevoel met Joods-Sionistiese aspirasies wat aan die Kabinet voorgelê en ook deur hom goedgekeur is.

"Sy Majesteit se Regering beskou die totstandbrenging in Palestina van ʼn nasionale tuiste vir die Joodse volk in ʼn gunstige lig, en sal sy beste pogings aanwend om die bereiking van daardie doel te fasiliteer, met die duidelike verstandhouding dat niks gedoen moet word wat die burgerregte en godsdienstige regte van bestaande nie-Joodse gemeenskappe in Palestina in gevaar sal stel nie, en ook nie die regte en politieke status wat Jode in enige ander land geniet nie."

Ek sal dankbaar wees as u hierdie verklaring onder die aandag van die Sionistefederasie sal bring.

Die uwe,Arthur James Balfour

6

Page 8: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

VRAAG 2 WATTER VERSKILLENDE TIPES AFRIKA-NASIONALISME HET GEDURENDE DIE 20STE EEU IN SUID-AFRIKA NA VORE GETREE?

BRON 2ABy die stigtingsvergadering van die South African Native National Congress (SANNC) op 8 Januarie 1912 in Bloemfontein is ʼn lys van ’21 doelstellings’ opgetrek. Daarby ingesluit was die volgende: (Aangehaal in Francis Meli, A History of the ANC. South Africa Belongs to Us (Harare, 1988), p. 52. By die skryf van hierdie boek was Meli die redakteur van Sechaba (die amptelike publikasie van die ANC) en ʼn lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee. Die boek is in Zimbabwe, Brittanje en die VSA uitgegee.)

Om onderlinge begrip te bevorder en deur gemeenskaplike optrede alle stamme en familiegroepe van verskillende stamme of rasse byeen te bring en deur middel van ʼn gesamentlike poging en verenigde politieke organisasie vryheid, regte en voorregte te verdedig;Om die Parlement en die Provinsiale Rade, munisipaliteite, ander liggame en die algemene publiek op te voed oor die eise en aspirasies van die swartman en om die simpatie en steun van Europeërs te werf;Om swartmense op te voed oor hul regte, pligte en verantwoordelikhede teenoor die staat en hulself en onderlinge hulp te bevorder; Om alle griewe en begeertes van die swartmense te boekstaaf … en op geregverdigde wyse die opheffing van die kleurskeidslyn op politieke, opvoedkundige en industriële gebied en die billike verteenwoordiging van Afrikane in die Parlement te bepleit …Om ʼn standaardbeleid oor Naturellesake te formuleer vir leiding aan die Unie-regering en die Parlement ...Om die uitskakeling van rassehaat en stamvetes, jaloesie en kleinlike rusies te verseker …

7

Page 9: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 2BUit ‘Policy of the Congress Youth League’, artikel deur A.M. Lembede in Inkundla ya Banti, Mei 1946. (Lembede was die eerste president van die ANC-jeugliga toe die beweging in 1944 gestig is, maar is in 1947 oorlede.)(Aangehaal in J. Bottaro (et al.) In Search of History 11 (2006), p.177)

Reg oor die wêreld is nasionalisme in opstand teen buitelandse oorheersing, verowering en onderdrukking in Indië, in Indonesië, in Egipte, in Persië en verskeie ander lande. Onder die Afrikane is daar duidelike tekens van nasionale ontwaking … ʼn Nuwe gees van Afrika-nasionalisme, of Afrikanisme, is … aan die roer in die Afrika-samelewing. ʼn Jong, sterk nasie is in die proses van geboorte en opkoms … Afrika-nasionalisme is gebaseer op die volgende basiese beginsels:

1) Afrika is die swartman se land. Afrikane is die inheemse bevolking van Afrika en woon sedert onheuglike tye in Afrika, hul vaderland; Afrika behoort aan hulle.

2) Afrikane is een. Uit al die verskillende stamme moet daar ʼn verenigde nasie na vore kom. Die basis van nasionale eenheid is die nasionalistiese gevoel onder swartmense, die gevoel van Afrikaanskap ongeag stamverbintenis, sosiale status, opvoedkundige prestasie of ekonomiese klas.

8

Page 10: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 3CDie Vryheidshandves aanvaar deur die Congress Alliance te Kliptown in 1955. (Uittreksel 1 is aangetref by http://www.sahistory.org.za/sites/default/files/oldsite_images/freedom-charter-big.jpg. Uittreksel 2 is aangetref by http://www.anc.org.za/show.php?id=4439.)

Uittreksel 1: ʼn Pamflet wat gebruik is om die Vryheidsmanifes bekend te stel.

Uittreksel 2: Die openingswoorde van die Vryheidsmanifes

Ons, die Mense van Suid-Afrika, verklaar teenoor ons hele land en die wêreld:dat Suid-Afrika behoort aan almal wat hier woon, swart en wit, en dat geen regering met reg aanspraak kan maak op gesag nie tensy hy gegrond is op die wil van al die mense;dat ons mense beroof is van hul geboortereg op die grond, vryheid en vrede deur ʼn vorm van regering wat tot stand gekom het op onreg en ongelykheid;dat ons land nooit voorspoedig of vry kan wees nie alvorens al ons mense in broederskap saamleef en gelyke regte en geleenthede geniet;dat alleen ʼn demokratiese staat, gegrond op die wil van al die mense, vir almal hul geboortereg kan verseker sonder onderskeiding ten opsigte van kleur, ras, geslag of geloof;en derhalwe aanvaar ons, die mense van Suid-Afrika, swart en wit saam as gelykes, landgenote en broers, hierdie Vryheidshandves.

9

Page 11: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 2Dʼn Uittreksel uit Robert Mangaliso Sobukwe se ‘Openingsrede by die Openingskonvensie van die Pan Africanist Congress’ (1959). Sobukhwe en verskeie ander sleutellede van die Jeugliga het toe pas weggebreek van die ANC.(Gevind by http://www.historicalpapers.wits.ac.za/?inventory/U/collections&c=A2618/R/6325)

ONS PRIMêRE DOELWITTE

Die swartmense is die inheemse groep en maak ook die meerderheid van die bevolking uit. Hulle is genadeloos uitgebuit en was onderwerp aan vernedering, agteruitgang en beledigings. Dit is derhalwe ons standpunt dat ware demokrasie eers in Suid-Afrika en op die vasteland as geheel tot stand gebring sal kan word wanneer wit oorheersing vernietig is.

Die swartmense kan net onder die vaandel van Afrika-nasionalisme in ʼn eksklusiewe Afrika-organisasie georganiseer word waar hulle self beleid en programme sal formuleer en besluit oor die metodes van die stryd sonder inmenging deur óf sogenaamde linkse óf regse groepe van die minderhede wat op arrogante wyse vir hulself die reg toe-eien om vir swartmense te beplan en te dink. Ons mikpunt is polities ʼn regering van swartmense deur swartmense, vir swartmense, saam met elkeen wat sy lojaliteit aan Afrika gee en wat bereid is om diedemokratiese bewind van ʼn swart meerderheid te aanvaar en as ʼn Afrikaan beskou te word.

 BRON 2EUittreksel uit die openingstoespraak van President Nelson Mandela, leier van die African National Congress, 5 Oktober 1994.(gevind by http://www.famousquotes.me.uk/speeches/Nelson_Mandela/)

Ons gaan ʼn ooreenkoms aan dat ons die samelewing sal bou waarin alle Suid-Afrikaners, swart en wit, in staat sal wees hul koppe hoog te hou, sonder enige vrees in hul harte, verseker van hul onvervreembare reg op menswaardigheid – ʼn reënboognasie in vrede met homself en die wêreld … Ons verstaan dat die pad na vrede nie maklik is nie. Ons weet goed dat geeneen van ons op ons eie sukses kan behaal nie. Ons moet derhalwe as ʼn verenigde nasie saam optree – vir nasionale versoening, vir nasiebou, vir die geboorte van ʼn nuwe wêreld.

10

Page 12: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 2FHier onder is drie artikels oor ʼn seleksie van nasionale simbole, openbare vakansiedae en die volkslied wat deel was van die nasiebouproses sedert 1994.

ARTIKEL 1: Die Landsvlag en Landswapen (ingestel na 1994)

ARTIKEL 2:ʼn Seleksie van Suid-Afrikaanse Openbare Vakansiedae (ingestel of herbenoem na 1994)

21 Maart Menseregtedag27 April Vryheidsdag16 Junie Jeugdag9 Augustus Vrouedag24 September Erfenisdag16 Desember Versoeningsdag

11

Die Nasionale wapen:

‘Verskillende mense verenig’

Page 13: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

ARTIKEL 3: Die Volkslied van Suid-Afrika (ingestel na 1994)

:

12

Page 14: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

VRAAG 3 WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SHARPEVILLE-SLAGTING?

Bron 3Aʼn Foto van die skare buitekant Suid-Afrika-huis op Trafalgar-plein in Londen op 27 Maart 1960 in protes teen die Sharpeville-slagting. Die woorde "Moord, moord!" is gedreunsing.

(gehaal uit athttp://freeafricanmedia.com/photo/resize/2010-03-20-uk-protest-339/600/339)

13

Page 15: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 3BUittreksel uit die Suid-Afrikaanse historikus Tom Lodge se werk Sharpeville (Oxford, 2011), p. 228.

‘… aangedring op die VSA se ekonomiese boikot van Suid-Afrika op Afrika-Vryheidsdag, 14 April 1960; opname toon boikotte van die Unie beteken ʼn verlies van $1 miljoen aan VSA-uitvoerders oor die laaste twee maande (30 Junie 1960); Ghana stel ʼn totale boikot op Suid-Afrikaanse produkte in, 30 Julie 1960; Kenia se leier Tom Mboya versoek alle Afrika-state om mee te doen aan die boikot (4 Augustus 1960.’

Een verduideliking vir die heftigheid van hierdie protesaksies is die wyse waarop ‘Sharpeville’ ʼn wêreldwye ‘mediagebeurtenis’ geword het … Vir die eerste keer het nuus uit Suid-Afrika voorbladdekking in koerante en op televisienetwerke in Europa en Amerika gehaal. Televisie was veral ʼn belangrike faktor in die aanhitsing van nuwe soorte trans-nasionale betrokkenheid by ver verwyderde politieke gebeure. Die Britse ITN-filmspan wat Sharpeville en Langa besoek het, het gehelp om hierdie soort betrokkenheid te bevorder. In die Verenigde State het verslaggewing en televisie saamgeval met vurige redaksionele kommentaar. NBC [ʼn Amerikaanse televisienetwerk] se kommentaar het die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake, Eric Louw, genoop om Caltex, NBC se hoofborg, te versoek om sy invloed te gebruik om … [negatiewe] opmerkings oor Suid-Afrika te temper. Mediadekking van die slagting en daaropvolgende gebeure het getoon hoe toeganklik hulle vir internasionale gehore was. Drum se fotograaf het ʼn kritieke rol gespeel in die transformering van teenstand teen apartheid tot ʼn internasionale openbare saak.

14

Page 16: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 3CNa die Sharpeville-slagting is alle opposisiepartye verban. In hierdie konteks het sowel die ANC as die PAC besluit om gewapende vleuels tot stand te bring om die stryd voort te sit. Nelson Mandela, een van die stigterslede van die ANC se Umkhonto we Sizwe, het die behoefte aan ʼn nuwe strategie verduidelik.(Aangehaal in P.V. Shava, A People’s Voice (Londen, 1989), p. 51)

Oor die laaste tien jaar het swartmense talle vryheidsgevegte deurgemaak … In daardie veldtogte het ons herhaaldelik die belangrikheid van dissipline, vreedsame en niegewelddadige stryd beklemtoon en het ons ons opreg beywer vir vreedsame verandering … Maar die situasie het nou radikaal verander. Suid-Afrika is nou ʼn land wat met die wapen regeer word … Alle geleenthede vir vreedsame agitasie en stryd is verby … Vandag keer talle van ons mense hul gesigte weg van die pad van vrede en nie-gewelddadigheid … Verseker is die dae van burgerlike ongehoorsaamheid, van stakings en massabetogings nie verby nie … Maar die leierskap sal ʼn misdaad teen sy eie mense pleeg as hy sou huiwer om sy eie politieke wapens te slyp wat minder effektief begin raak het.

BRON 3DUittreksels uit Tom Lodge se boek Sharpeville (Oxford, 2011), pp. 214-216, waarin die siening van Albert Luthuli oor ANC-beleid na die Sharpeville-slagting uiteengesit word.

Luthuli het nie saamgestem dat die krisis ʼn keerpunt was wat ʼn strategiese koersverandering genoodsaak het nie … Uit Hoofman Luthuli se oogpunt het internasionale reaksie op Sharpeville egter nuwe geleenthede gebied vir nie-gewelddadige aktivisme – en vir die werf van ‘nie-rassige’ steun vir die ANC oor historiese rassegrense heen. Hy is in daardie perspektief aangespoor deur die soort persoonlike steun wat hy gedurende die noodtoestand van wit Suid-Afrikaners en invloedryke buitelandse besoekers ontvang het, steun wat hom in wese geïsoleer het van die ideologiese radikalisering wat die meeste van sy mede-ANC-leiers geaffekteer het. Oor en oor sou Hoofman Luthuli oor die volgende jaar daarop aandring dat ‘die nie-gewelddadige metode’ steeds ‘die mees effektiewe en praktiese in ons situasie’ sou wees.

15

Page 17: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

Bron 3EHierdie spotprent is ʼn visuele voorstelling van die gesegde ‘jy maai wat jy saai’. Die kunstenaar het ʼn boer geteken met ʼn geweer oor sy skouer, besig om ʼn trekker te bestuur en om op ʼn land te saai uit ʼn saaimasjien met die woord ‘Apartheid’ daarop. Uit die grond kom die saad op in die vorm van spiese.(J. Bartels (et al.), Shuters History, Grade 11 (Cascades, 2006), p. 335)

16

Page 18: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 3FDie volgende uittreksel wat aangepas is uit Tom Lodge se boek Sharpeville (Oxford, 2011, p. 179) skets die veranderinge in regeringsbeleid in die vroeë 1960’s.

Nuwe wetgewing met inbegrip van die sogenaamde ‘negentigdae-wet’ ... het die magte van die polisie sodanig uitgebrei dat verdagtes in isolasie en sonder toegang tot regsverteenwoordiging aangehou en ondervra kon word. Van 1962 af het die polisie begin met die marteling van verdagtes wat ingevolge die bepalings van die nuwe Sabotasiewet aangehou is … ʼn klein en doelgerigte spesiale tak se transformasie tot ʼn formidabele Veiligheidspolisie het begin … Teen die einde van die dekade het die omvang van die polisie se begroting baie na aan die openbare besteding aan onderwys begin kom; onder die hulpbronne tot sy beskikking was ʼn vloot van tagtig gepantserde troepedraers en vyf honderd doelgemaakte onluste-voertuie.

Tussen 1960 en 1966 het begrotingstoekennings aan die Verdedigingsmag toegeneem van R44 miljoen tot R225 miljoen … Teen 1964 het Suid-Afrika reeds sy eie outomatiese gewere vervaardig en twee jaar later is begin met die montering van die eerste Impala-spuitvliegtuig net buitekant Pretoria … In 1960 het nasionale diensplig algemeen verpligtend geword vir alle jong wit mans.

17

Page 19: GRADE 10 -   Web viewis in Egipt. e, Sir Henry McMahon ... Die kaart hier onder is nie in daardie tyd geteken nie, maar toon die land aan wat in die korrespondensie bespreek word

GRAAD 11 GESKIEDENIS – 2013Vraestel 2 – Addendum

BRON 3GDie mondelinge getuienis hier onder kom uit onderhoude opgeteken laat in die 1990’s onder Sharpeville-inwoners wat betrokke was by die betoging byna veertig jaar vroeër. (Aangehaal in T. Lodge, Sharpeville (Oxford, 2011), pp.17-18.)

Uittreksel 1 Konstabel Myubu is toegelaat om deel te neem aan die huishoudelike rituele van rou wat sommige van die families binne hul eie huise kon reël. Vir ander families is die liggame van gestorwe geliefdes per vragmotor afgelewer, met die kiste alreeds toegemaak en verseël.

In die dae na die skietery het die jongmanne hul woede gekeer na swart polisiemanne soos ekself. Hulle het ons verraaiers genoem en sommige van ons se huise is afgebrand. Later was daar talle begrafnisse, en voor elkeen van hulle het ons nagwake gehou. Mense na aan die oorledene het die hele nag deur gesit en praat oor die afgestorwene, sy of haar nagedagtenis geëer, gesange gesing en gebid.

Uittreksel 2 Isaac Moeung is by Sharpeville gewond en het vier weke in die hospitaal deurgebring vanwaar hy reguit tronk toe geneem is om die verhoor af te wag.

O, Almagtige God, hierdie storie is vir my erg … Onskuldige mense soos ek moes vir ʼn jaar in daardie onmenslike toestande wag op ʼn onregverdige verhoor … En selfs toe ek in Sharpeville terugkom, was dit nog nie verby nie. Die polisie het gereeld die huise kom deursoek van mense wat voorheen gearresteer is. Byna elke dag het hulle my huis ingestorm, gewapen en gereed, net om te kyk of ek nog daar was … Om ons te ontstel het hulle meesal in die middel van die nag gekom. Dit het vir vyf of ses maande so aangehou.

18