here, leer ons bid… - valleisig...

25
Here, leer ons bid… DIE GROOTSTE EN VREEMDSTE GEBED VAN ALLE TYE… ONS VADER Bid saam, dink en gesels saam, vir ses weke, en ontdek weer die Onse Vader-gebed.

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Here, leer ons bid…

DIE GROOTSTE EN VREEMDSTE GEBED VAN ALLE TYE…

ONS VADER

Bid saam, dink en gesels saam, vir ses weke, en ontdek weer die Onse Vader-gebed.

Page 2: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Die Onse Vader-gebed is sekerlik die grootste, maar ook die vreemdste gebed van alle tye.  Dit word deur alle Christene reg oor die

wêreld gebid maar noem nooit Christus nie.  Dit word in alle kerke gebid, maar verwys nooit na die kerk nie.  Meeste van die tyd word dit op Sondag gebid, maar die woord “Sondag” of selfs “Sabbat” kom nie in die gebed voor nie.  Christene wat radikaal van mekaar verskil oor

leerstellings en selfs kerke het geskeur daaroor, maar geen van daardie leerstellings kom in die gebed voor nie. 

Die Onse Vader-gebed is tegelyk revolusionêr en ʼn lied wat hoop bring.  Dit is revolusionêr omdat die radikale aard van God se

geregtigheid veronderstel en verkondig.  Dis ʼn lied omdat dit digterlike tegnieke gebruik om die boodskap oor te dra. 

Hierdie kwartaal staan ons vir ses weke stil by die grootste en vreemdste gebed van alle tye.  Mag dit ons elkeen se gebedslewe

verryk en ons aanspoor om die boodskap van radikale geregtigheid en hoop uit te leef.

AMEN

WEEK 1: Modern Family Ons Vader wat in die Hemel is, laat u Naam geheilig word,

WEEK 2: Koninklike Kinders laat u koninkryk kom,

WEEK 3: ’n Wil en ’n Weg laat u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde,

WEEK 4: #BreadMustFall gee ons vandag ons daaglikse brood,

WEEK 5: I.O.U en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe

WEEK 6: In die woestyn en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

HERE, LEER ONS BID

Page 3: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word…”

MODERN FAMILY

MATTEUS 6:9

Die bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, begin met hierdie twee woorde: “Ons Vader”

Die eerste vraag is, hoekom nou juis “Vader”? Hoekom kry God ‘n menslike en ‘n manlike naam? Hoekom nie eerder ‘n bo-menslike naam soos “Gees” of “Skepper” of eerder net “God” nie? En as dit dan ‘n menslike aanspreekvorm moet wees, hoekom nie eerder “Ouer” nie?

“Vader” word natuurlik gebruik om God te beskryf vanuit ons tradisionele patriargale samelewing en daar is drie dinge wat belangrik is wanneer ons na hierdie naam vir God kyk.

EEN – Metafore is belangrik wanneer ons oor God praat. Kan ons anders oor God praat?

TWEE – Watter ander name wat die skrywer kon gebruik het, word nie gebruik nie? Want in ‘n patriargale samelewing kan God ook beskryf word as ‘n kryger-koning, ‘n regter of ‘n heerser.

DRIE – Wat was die bedoeling en inhoud van “Vader” toe, en hoe moet ons dit vandag verstaan?

Wat dink jy word bedoel met hierdie metafoor vir God as “Vader”?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 4: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“Vader” was nie bedoel as ‘n eksklusiewe titel nie, maar juis inklusief. In die Bybel word daar baie keer (al is dit nie altyd nie) die manlike vorm gebruik, maar vroue word daarby ingesluit. Een voorbeeld is in Handelinge 1:14-17 waar mans en vroue bymekaar was, maar waar hulle deur Petrus as “broers” aangespreek word.

In hierdie geval gaan dit dus nie spesifiek oor God as man nie, maar met “Vader” word slegs bedoel die “hoof van die huishouding”. En selfs in die Bybel beteken dit nie noodwendig dat net ‘n man hierdie rol kan aanneem nie. In Spreuke kry ons baie gedeeltes waar die huishouding aan ‘n ma behoort (kyk Spreuke 27:27; 31:15; 31:21; 31:27).

Hierdie term beteken dus baie meer as wat mens aanvanklik dink...

“Vader”, of dan “Moeder”, is ook nie net beperk tot iemand met kinders nie, maar veronderstel enige iemand wat ‘n huishouding het. Huishouding is die sleutelwoord hier. Dis ook iemand met ‘n stukkie grond en diere, of iemand met ‘n huis en ‘n tuin en ’n hond, of iemand met ‘n woonstel en ‘n goudvis.

Dis daarom baie meer as ‘n kerngesin (met ‘n pa en ‘n ma en 2.3 kinders), maar eerder ‘n uitgebreide familie wat alle generasies insluit, ’n moderne familie. Hierdie huishouding het weerlose, pasgebore babas en aangenome kinders, halfbroers en stiefsusters, enkelouers en mense wat nie kan kinders kry nie, aangetroude ooms en skoon-ma’s, verswakte oumas en oupas, huishulpe en tuinwerkers, troeteldiere en agtertuine.

Hoe lyk jou huishouding? Wie/wat is almal deel van jou huishouding? Wie/wat is weerloos of afhanklik van jou?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 5: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Die Bybel wys hoe ‘n goeie huishouding lyk, ‘n huishouding wat goed bestuur word. En die Bybel weet hoe iemand lyk wat ‘n huishouding goed bestuur.

So, kom in, kom loop rond, wat sien jy om jou...

[Maak jou oë toe en verbeel jou jy loop rond in die wêreld, die huishouding van God.]

Is die veld en diere goed versorg?

Het almal wat afhanklik is, van kinders tot arm werkers, genoeg klere en kos en ‘n warm slaapplek?

Kry ’n siek kind spesiale sorg?

Kry ’n swanger vrou of ’n mamma wat borsvoed spesiale aandag?

Het almal wat hulle nodig het?

Het almal GENOEG?

God, as “Vader”, is die een wat hierdie huishouding, Huis Aarde, bestuur, beheer, verantwoordelikheid neem.

Dis waar dit vandaan kom. Dis hoekom die skrywer hierdie naam vir God gebruik. Dis hoekom die skrywer so seker is oor hierdie naam. Dis hoekom die skrywer daarin glo. Om God die Vader in die Hemel te noem, is om God die hoof van die huishouding van die aarde te noem.

Die volgende vraag is of jóú huishouding goed funksioneer, het almal GENOEG?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Funksioneer Faerie Glen soos ‘n goeie huishouding, het almal GENOEG? Het die afhanklikes en weerloses GENOEG?

Page 6: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wat is ons rol in God se huishouding wanneer ons bid: “Ons Vader...”?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

GEBED

Bid vir almal wat deel is van jou huishouding. Bid vir almal wat deel is van God se huishouding.

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Wie maak elke dag seker dat jy GENOEG kos in jou magie het en dat jy elke aand sag in ’n warm bedjie kan slaap?

Dis gewoonlik ons mammas of pappas wat so mooi vir ons sorg. Hulle doen dit omdat hulle baie lief is vir ons. God is ook vir ons soos ’n mamma of pappa, Hy is ook lief vir ons en wil vir ons sorg.

Hoe dink jy sorg God vir jou?

God wil jou ook gebruik om vir ander mense lief te wees en vir hulle te sorg. Een manier hoe jy dit kan doen, is om vir ander mense te bid. Bid sommer nou!

Page 7: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“Laat u koninkryk kom…”

KONINKLIKE KINDERS

MATTEUS 6:10

Ons leef nie meer in ʼn wêreld met baie koninkryke waar konings regeer nie. Hoe verstaan ons vandag die woord “koninkryk”? Watter invloed dink jy het dit op die manier waarop ons God se koninkryk verstaan?

Is daar ander woorde of beginsels wat die idee van God se koninkryk beter beskryf vir die tyd waarin ons leef?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wanneer ons die woord koninkryk gebruik, behoort ons dit so te definieer dat dit duidelik, direk en uitdruklik teenoor aardse koninkryke staan. God se koninkryk word juis gestel as alternatief vir wêreldse koninkryke. Dit is ook nie ʼn innerlike en individuele koninkryk nie. Dit gaan ook oor die uiterlike en gesamentlike. God se koninkryk gaan oor die manier waarop God regeer. Dit gaan eerder oor hoe God regeer as dat God regeer. Wanneer ons vir God se koninkryk bid en oor God se koninkryk dink, sien ons in ons verbeelding hoe die wêreld lyk as God op die troon sit en regeer.

Hoe lyk hou prentjie van die wêreld waar God volmaak regeer?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 8: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Matteus verwys ʼn paar keer na die voleinding van die wêreld (Matt 13:39, 49; 24:3, 20). Met die voleinding van die wêreld sal God se koninkryk finaal en volmaak aanbreek. Ons behoort dit nie te verstaan as dat die wêreld vernietig gaan word nie, maar eerder as die einde van die tydperk waar oorlog, geweld, onreg en onderdrukking aan die orde van die dag is. Wanneer die voleinding van hierdie tydperk aanbreek, gaan die wêreld verander word na ʼn plek van geregtigheid waar vryheid en vrede heers. God se koninkryk gaan neerdaal van die hemel na die aarde. Die Goddelike opruim van die wêreld sal dan plaasvind.

Die Goddelike opruim van die wêreld sal ʼn koninkryk tot stand bring wat deur vrede gekenmerk word.

Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hulle sal van hulle swaarde, ploegskare smee en van hulle spiese, snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. (Jesaja 2:4)

God se groot opruim sal ʼn feesmaal tot stand bring.

Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige 'n feesmaal gereed maak vir al die volke, 'n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn.

Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. (Jesaja 25:6, 8)

Die koninkryk van God bring gelykheid onder alle mense. In God se koninkryk is almal ewe belangrik en het ʼn ewe groot aandeel aan die wêreld.

Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. (Kolossense 3:11)

Page 9: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Wanneer ons as deel van die Ons Vader-gebed bid “laat U koninkryk kom”, is dit die koninkryk waarvoor ons bid. Ons behoort nie net te bid dat God se koninkryk sal kom nie, maar ook mee te werk aan die koms van God se koninkryk.

Wat kan jy prakties doen om die feesmaal van God se koninkryk waar vrede en gelykheid heers, te laat kom?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Valleisig se leuse is: Valleisig verteenwoordig die koninkryk van God.

In die lig van dit wat ons geleer het oor God se koninkryk, wat beteken dit vir jou? Hoe sal dit lyk as jy God se koninkryk verteenwoordig daar waar jy kom?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

GEBED

Bid die Onse Vader saam en aan die einde sit in stilte om na die Heilige Gees te luister. Hoor jy wat die Gees vir jou sê oor hoe jy kan meewerk om God se koninkryk te laat kom? As daar sake van ontwrigtende ongeregtigheid is wat op jou hart gelê word, kan jy dit noem.

Page 10: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Wat doen ’n koning? Wat is ’n koning se “werk”?

Partykeer praat ons van God as ’n koning en van God se koninkryk. God is heeltemal anders as enige konings wat ons ken. In God se koninkryk is daar vrede, dit beteken mense is nie lelik met mekaar nie, maar lief vir mekaar en gee om vir mekaar.

Hoe kan jy help om in jou gesin of by die skool vrede te bring?

Wanneer jy help om vrede te bring maak jy God baie bly! Bid sommer nou vir vrede in jou gesin, by die skool, in die land en in die wêreld.

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Page 11: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde…”

’N WIL EN ’N WEG

MATTEUS 6:10

Wanneer ons dink en gesels oor die wil van God, dan besef ons dat ons sukkel met klinklare, reguit antwoorde. Ons manier van wat God se wil is, verskil van mekaar en dit bring dikwels pyn en ongemak na vore. Hoekom sukkel ons so?

Kom ons gaan kyk na wat Jesus ons leer met die woorde “Laat u wil geskied net soos in die hemel, so ook op die aarde.”

Hoe verstaan jy die wil van God?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Eendag was daar ’n vroutjie wat van dorp tot dorp geloop het om garing en knope te verkoop om haar brood en botter te verdien. Wanneer sy by ’n kruispad kom, het sy altyd gebid dat God haar sal lei na die regte dorp toe. Dan steek sy ’n stok met ’n lint in die lug en die rigting waarin die lint waai, daarheen stap sy. Eendag hou ’n man haar van ’n afstand af dop en sien dat sy die stok ’n paar keer opsteek. Elke keer as die lint links waai, mompel sy iets en steek die stok weer in die lug. Mettertyd waai die lint regs en sy beweeg in dié rigting. Links se dorpie was heelwat armer as regs en sy het dit goed geweet.

Hoeveel keer steek ons nie ook ons stokke meer as een keer in die lug totdat die lint waai in die rigting wat ons kies en dit dan vertolk as die wil van God nie? Hoeveel keer het ons nie al onsself laat glo dat dit

Page 12: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

dan die wil van God is nie? Ons verwar dikwels God se stem en sy wil met ons eie…

Wat is regtig die wil van God? Hoe werk dit?

Hoeveel keer het jy al gehoor of gesien dat mense slegte situasies toeskryf aan die wil van God? Dit was die wil van God om …….. te neem van ons. Dit was die wil van God om ……. siek te maak sodat jy iets kan leer. Dit is die wil van God… Hierdie woorde bring dikwels pyn en teleurstelling en woede teenoor God na vore. Kan ons regtig hierdie dinge toeskryf aan die wil van God of is dit die gevolge van ons eie gebrokenheid?

Wanneer ons dink oor die wil van God, is dit belangrik om te weet wie Hy is en hoe sy hart vir ons as mense klop. God se wil word gekoppel aan wie Hy is, sy karakter.

Watter woorde kan jy gebruik om God se karakter te beskryf?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Dis belangrik om te besef dat dit nie God se wil is dat mense moet swaarkry nie. God wil nie hê dat die skepping tot niet moet gaan omdat die mens dit opgebruik nie. Dit is nie God se wil dat onreg plaasvind nie.

Elke keer wanneer ons seer en onreg raaksien, moet die woorde van Jesus in ons gedagtes rondmaal: “Vader, dit kan tog nie u wil wees dat mense so moet swaarkry nie, dat u wêreld so stukkend moet wees nie. In u koninkryk lyk dit so anders. Laat dit tog hier op aarde ook so wees.”

Ons moet waak daarteen om mense teenoor God te posisioneer en regter speel. Ons moet waak daarteen om te bepaal wie binne of buite God se wil funksioneer. Die woorde “Laat u wil geskied”, spoor

Page 13: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

ons aan om introspeksie te doen en te vra of dit nie dalk my wil is wat harder praat as God se wil nie. Wanneer ons wil harder praat as God se wil, sluit ons mense uit, maak ons seer, gebruik ons op.

Waar sien jy God se wil raak in jou lewe? Waar sien jy jou eie wil raak?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gevaarlike gebed

Hierdie is ’n geweldige gevaarlike gebed om te bid. Wanneer ek bid, “laat U wil geskied”, moet ek besef dat ek MY wil wat teenoor God se wil staan, sal moet laat vaar sodat SY wil kan realiseer. Wanneer ek hierdie gebed bid, vra ek dat ek aan my “ekkigheid” sal sterf. Ons bid dat ons onsself heeltemal sal prygee. Hierdie gebed kos ons alles…ons eie lewe. Wanneer laas het jy dit met eerlikheid gebid? Het jy dit al ooit gevra?

Jesus leer ons in Markus 8 dat as iemand my volgeling wil wees, moet hy sy hele lewe vir My gee. Ek sal met niks minder tevrede wees nie. Om My te volg is nie altyd maklik nie. Dit is soos om jou eie kruis na jou dood toe te moet dra as Ek dit van jou vra. Dit is soos om jou eie doodsvonnis te teken. Jesus vra dat ons sal deelneem. Hy gee Homself nie net as bloot ’n plaasvervanger nie, maar vra volkome deelname.

Wat beteken dit vir jou om jou eie kruis na jou dood toe te dra wanneer jy Jesus volg?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 14: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Om God se karakter te weerspieël

Wanneer ons bid, “laat u wil geskied”, dan bid ons as ’n deelnemer. Daar word van ons gevra om deel te neem aan die verheerliking van sy naam in ons lewens, deel te neem aan die koninkryk, deel te neem aan dit wat Jesus vir ons kom leer het. Deel te neem aan ’n verhouding met God. Dít is sy wil. Wanneer ons hierdie gebed bid, dan plaas ons elke hoekie van ons lewens ondergeskik aan God. Wanneer ons begin deelneem, begin ons God se karakter weerspieël.

Wanneer Jesus sy volgelinge leer om te bid dat God se wil moet geskied, dan is dit nie leë/onbereikbare woorde nie. Hy leer hierdie woorde sodat sy volgelinge kan besef dat dit moontlik is IN Hom. Jesus het volkome die wil van God verstaan en geleef, en deur sy lewe maak Hy dit vir ons ook moontlik om die wil van God te verstaan en te leef.

Ons het IN Jesus alles ontvang wat God van ons vra. Die vraag is of ons bereid is om te bid: “Vader, laat u wil geskied in my lewe.”

Hoe lyk God se wil vir my lewe?

Om te verstaan wat God se wil vir my lewe is, moet ek verstaan wat God se wil oor die algemeen is en moet ons vra waar ons ons eie wil moet prysgee sodat God se wil kan realiseer. Om te vra na God se wil, is nie om ’n suksesvolle en maklike pad te verseker nie, maar eerder deelname aan God se koninkryk, m.a.w om ons kruis op te neem en Jesus te volg en daar waar ons beweeg God se karakter te weerspieël.

Die probleem is nie dat ons nie weet wat die wil van God is nie, maar dat ons dit nie doen nie. God se wil is om lewe te gee, vryheid, liefde en barmhartigheid, om in te sluit, onreg uit te wys en sy lig te skyn. God se wil vra gehoorsaamheid en om aan onsself te sterf sodat ons kan word wie ons eintlik moet wees, sout en lig vir wêreld. Wanneer dit gebeur, sien ons die wil van God.

Page 15: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

GEBED

Hemel Vader, dit is soms moeilik om te kan onderskei wat U wil vir my lewe is. Maak my oë oop vir die “eie ek” wat so maklik tussen my en U kom staan. Dit is my begeerte om gehoorsaam te wees aan U. Wys my wie U is en help my om u karakter te leef daar waar ek beweeg. Dankie dat ek by Jesus kan leer en dat u Gees my die krag sal gee. Amen.

Wil God goeie dinge of slegte dinge vir ons hê?

Partykeer gebeur daar dinge met ons wat nie lekker is nie. Partykeer gebeur daar dinge met ons wat ons hartseer of kwaad maak.

Dink jy God is bly as dinge met jou gebeur wat nie lekker is nie? Of is God ook saam met jou hartseer of kwaad?

Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar dit is belangrik om te weet dat God goeie dinge vir ons wil hê. Bid sommer nou vir iemand wat dalk hartseer, kwaad of siek is.

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Page 16: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“Gee ons vandag ons daaglikse brood…”

#BreadMustFall

MATTEUS 6:11

In die tyd van Jesus was die Jode (soos talle ander volke) onder die juk van die Romeinse mag.  In daardie tyd was drome van wraak en vryheid volop. Nie net het die Romeine die Joodse stad gekolonialiseer nie, hulle het dit ook genasionaliseer.  Alles het aan die staat en sy amptenare behoort en hoë belasting moes op alles betaal word.  Tollenaars en goewerneurs word gebruik om die belasting van hierdie Roomse provinsie in te vorder en die mense word arm en honger.  Mense leef die hele tyd met die diep onderliggende vrees dat dinge gaan opraak.

Aan wie behoort die see, die lande, die tuine, die wingerde? Wie het die diere geskape en onderhou hulle? Van wie kom die voedsel wat ons by Woollies koop, wat ons by die slaghuis koop, wat ons op die pawiljoene by rugby toetswedstryde eet?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Hulle harte roep terug na die verlede toe God gesorg het.  Alle Jode onthou die ou trekverhale, toe hulle deur die woestyn uit Egipte getrek het, toe God elke dag vir hulle brood uit die hemel gegee het – genoeg vir elkeen.  Genoeg kos vir jou maag en genoeg rus vir jou gemoed.  Die Here sal sorg, vir almal, GENOEG, daagliks.

Dit bring ons by hierdie besonderse gedeelte in die Onse Vader-gebed:

Page 17: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“Here, gee ons vandag ons daaglikse brood”

Wanneer ons hoor of lees “gee ons vandag ons daaglikse brood”, dan dra hierdie eenvoudige woordjie “brood” die gewig van al die gedeelde maaltye van Jesus gedurende sy lewe, voor sy dood en na sy opstanding.  Dit bevat die vermenigvuldigingsmaaltyd, die Emmaus-maaltyd, die maaltyd langs die meer en al die ander etes saam met Jesus.  Soos by die nagmaal, is die “brood” nie eintlik net “brood” nie maar simbolies van iets baie groter.  Die brood waarvan hier gepraat word, gee erkenning aan ons afhanklikheid van die lewe. Ons as mense leef afhanklik, ons het altyd iets nodig om te leef en om te kan aanhou leef. Die “brood” is simbolies van dit wat ons nodig het om te ontvang sodat ons kan leef.  Hoe mooi dan as ons by die nagmaalstafel sê dat die brood ons laat dink aan Jesus se gebroke liggaam wat GENOEG is om vir ons (die) lewe te gee! 

Nog ‘n belangrike woord in hierdie gedeelte is die woordjie “daagliks”. 

Wanneer ons na hierdie gedeelte in die oorspronklike Grieks gaan kyk, raak dinge baie interessant!  Die woord vir “daagliks” in Matteus 6:11 (epiousios) kom net op hierdie een plek voor in alle antieke literatuur!  Dit is ‘n probleem vir vertalers omdat die manier hoe ‘n woord vertaal word, is om te kyk hoe dit in verskillende kontekste gebruik word en as hierdie die enigste konteks is, kan hulle dit nie doen nie!

Hierdie woord het die antieke Griekse kenner Origen so moedeloos gehad, dat hy later gesê het hy dink dat Matteus sommer die woord opgemaak het!

Nietemin, het die ou kenners gestoei met hierdie spesiale woord op hierdie baie spesiale plek in die Bybel.  Deur diep navorsing en onder leiding van die Heilige Gees, het hierdie gedeelte toe so al hoe meer sin begin maak.

Page 18: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Die woordjie “daagliks” verwys na tyd! Dit word gemeet aan die brood wat ons nodig het vir vandag, hierdie spesifieke dag en die dae wat hierop volg.

Die woordjie “daagliks” verwys ook na hoeveelheid! Die hoeveelheid “brood” wat jy elke nodig het om te oorleef.  Dat daar in die gebed gebid word vir die regte hoeveelheid om te oorleef – hoeveel brood jy in ‘n dag kan nodig hê as jy van brood sou leef.

Die woordjie “daagliks” is in die baie ou taal verwant aan die woord Amen! Amen wat beteken blywende, onophoudelik, tot in ewigheid. Dit vertaal dan iets soos volg: “Gee ons vandag die brood wat nooit opraak nie!”

Ons leef vandag nog met hierdie diep onderliggende vrees dat dinge gaan opraak.  Wat as ek nie genoeg het vir aftrede nie? Nie genoeg vir my kinders om te gaan studeer nie? Wat as Eskom se krag opraak? Hoe gaan ons oorleef? Here Gee vir ons vandag van die Brood wat nooit opraak nie!

GEBED

Here, gee vir ons vandag wat ons nodig het. Amen.

Mag jy ELKE dag baie sjokolade eet en gaskoeldrank drink? Kry jy elke dag lekker kossies om te eet wat jou magie vol maak?

Ons kry nie elke dag sjokolade en lekkers om te eet nie, maar God sorg altyd dat ons GENOEG het om te eet om vir daardie dag!

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Page 19: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe…”

I.O.U.

MATTEUS 6:12

Skuld was ‘n groot bekommernis in die Bybelse tyd – en verseker vir ons ook vandag. Hierdie skuld is nou nie die i.o.u. papiertjie wat jy op die bedkassie los as jy die laaste blokkie sjokolade geëet het nie, hierdie skuld is die tipe waarvoor jy maandeliks state van die bank af kry. Of dit nou studieskuld is, of skuld op jou huis of jou kar, of daardie Woollies klererekening, meeste van ons het een of ander vorm van skuld.

Hoe laat dit jou voel om te weet jy het skuld? Of hoe het jy gevoel toe jy skuld gehad het?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

In die Bybelse tyd kon mense ook skuld aangaan en as jy dit nie kon betaal nie, was jy in groot moeilikheid! Daardie persoon kon dan verkoop word as ‘n slaaf om so die skuld af te betaal! Die wet wou hierdie tipe skuld, wat jou verslaaf, keer (Lev 25:35-38; Deut 23:20). As ‘n Israeliet in die moeilikheid was en hulp nodig gehad het, moet dit vrylik gegee word, daar moenie rente gevra word op die geld wat geleen word nie. En as jy iets van hom vat as versekering, moet dit nie daardie persoon keer om ‘n lewe te maak of om te oorleef nie (Deut 24:6, 10-13, 17). Wanneer iemand ‘n slaaf is as gevolg van skuld, moet daardie persoon in die sewende jaar vrygelaat word en moet alle skuld afgeskryf word (Eks. 21:2-6).

Page 20: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

Skuld is iets wat mens kan vasvang. Dis nie wat God vir ons wil hê nie, dis nie wat God vir Israel wou hê nie. Wanneer Israel vasgevang is, wanneer hulle slawe is in Egipte, maak God hulle weer vry. God maak hulle vry van alles wat van hulle slawe maak. En God belowe hulle dat hulle GENOEG sal hê.

Hoe sal dit voel as God sê Hy skryf al jou skuld af?

______________________________________________________________________________________________________________________________

Ons kan nie bid dat God oornag al ons skuld moet laat verdwyn nie, maar ons kan wel bid dat God ons vrymaak van daardie gevoel wat skuld by ons laat. Ons kan bid dat God ons vrymaak van die dinge in ons lewe wat ons vasvang en terughou en tussen ons en God staan.

Wat is dit in jou lewe wat jou vasvang? Wat tussen jou en God staan? Hoe sal dit voel as God sê Hy maak jou vry daarvan?

______________________________________________________________________________________________________________________________

GEBED

Here, help my om vry te wees van dit wat tussen my en U staan. Help my om al nader aan U te leef. Amen.

Het jy al ooit skuldig gevoel oor iets wat jy gedoen het wat jy nie moes nie?

Sê vir God dat jy jammer is en vra Hom om jou te vergewe.

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Page 21: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

“En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose…”

IN DIE WOESTYN

MATTEUS 6:13

Waaraan dink jy as jy die woord “versoeking” hoor? Wat is vir jou die inhoud van die woord “versoeking”? Dink jy aan een spesifieke soort of graad van versoeking of dink jy aan versoeking as meer algemeen?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die Ons Vader-gebed sluit op ʼn klimaks af waar die negatiewe parallel gestel word met die positiewe:

Laat ons nie in versoeking kom nie

Verlos ons van die Bose

Hierdie twee frases interpreteer mekaar. Dit beteken dat God gelyk die Een is wat ons in versoeking kan laat kom en ook die een wat ons van die Bose verlos.

Maar hoe moet ons hierdie versoeking verstaan? Een manier van verstaan is om die teks te interpreteer in die lig van die konflik tussen Israel en die Romeine waarin sommige Jode gekies het vir gewelddadige verset en ander teen geweld. In hierdie konteks is die versoeking gewelddadige verset teen die Romeinse gewelddadige oorheersing. As alternatief word daar gebid dat ons verlos sal word van die bose aksie of die bose een. Met ander woorde, geweld moet

Page 22: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

vermy word, veral in die lig van die gebed dat God se naam geheilig sal word, dat sy wil sal geskied en sy koninkryk sal kom.

In Suid-Afrika leef ons ook op ʼn manier in ʼn gewelddadige samelewing. Meeste van ons voel nie dat ons meedoen aan die geweld nie.

Wat kan ons in hierdie omstandighede doen sodat ons nie swig onder die versoeking van geweld nie, maar eerder optree as agente van nie-geweld en vrede?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die gebed dat ons nie in versoeking sal kom nie, kan ook geïnterpreteer word in die lig van Jesus se versoeking in die woestyn in Matteus 4. Daar is drie groot versoekings:

Verander klippe in brood Matteus 4:2-4

Spring van die tempel af Matteus 4:5-7

Verkry al die koninkryke van die aarde Matteus 4:8-10

In die eerste versoeking haal die versoeker nie uit die Bybel aan nie. Jesus antwoord hom uit Deut. 8:3. Die implikasie is dat die krag om wonderwerke te doen nie gebruik kan word vir persoonlike gewin nie, al is dit soos in hierdie geval toepaslik.

Die duiwel sluit by Jesus aan wat sê dat mens leef van die Woord van God en haal die Bybel aan in die tweede versoeking. Hy haal Ps. 91:11-12 aan en Jesus antwoord hierdie keer uit Deut. 6:16. Die eerste versoeking was privaat – Jesus wat in die woestyn klippe vir Homself in brood verander. Die tweede versoeking is in die publiek.

In die derde versoeking bied die duiwel aan om al die koninkryke van die aarde aan Jesus te gee. Om dit te kan doen moet die koninkryke

Page 23: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

in die mag van die duiwel wees. Jesus stry nie daarmee nie, maar weier eenvoudig om die duiwel te aanbid deur Deut. 6:13 aan te haal. Die duiwel het nie mag oor die geskape aarde nie, maar oor die gewelddadige koninkryke wat op aarde bestaan. Onreg, geweld en onderdrukking is juis tekens dat die bose regeer.

Hoe help Jesus se versoeking in die woestyn jou om die gebed dat God ons nie in versoeking sal laat kom nie maar sal verlos van die bose, te verstaan?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

John Dominic Crossan skryf in sy boek “The Greatest Prayer ever”:

“[t]o obtain and possess the kingdoms of the world, with their power and glory, by violent injustice is to worship Satan. To obtain and possess the kingdom, the power, and the glory by nonviolent justice is to worship God”

Stem jy saam hiermee? Indien wel, hoe is dit van toepassing op ons realiteit vandag? Is dit regtig moontlik om dit uit te leef?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Watter versoekings behoort ons te vermy sodat ons saam met God kan werk om sy regering ʼn werklikheid te maak? Watter boosheid staan in die pad van hierdie samewerking?

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 24: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,

GEBED

Bid die Ons Vader-gebed saam. Sit dan in stilte om te luister na die Heilige Gees. As daar versoekings op jou hart gelê word wat keer dat jy kan meewerk aan die koms van God se koninkryk, kan jy dit noem.

Het jy al ooit iets gedoen as mamma of pappa gesê het jy mag dit nie doen nie?

Partykeer weet ons wat is reg en wat is verkeerd, maar ons kies om die verkeerde ding te doen. Partykeer lyk dit lekker om iets te doen wat mamma of pappa gesê het ons nie mag doen nie, maar gewoonlik is dit nie goed vir ons nie! Mamma en pappa wou ons eintlik net beskerm.

Dink jy God wil jou ook beskerm?

God gee ook vir ons reëls, maar nie omdat hy dinge vir ons sleg wil maak nie, omdat hy weet wat die beste vir ons is en Hy ons baie graag wil beskerm. Bid sommer nou en sê vir God dankie!

VRAGIES VIR DIE KINDERS

Page 25: Here, leer ons bid… - Valleisig Gemeentevalleisig.org.za/wp-content/uploads/2018/07/Here-leer-ons-bid.pdfDie bekendste gebed in die Bybel, eintlik dié bekendste gebed, ... aanbreek,