honourary - wordpress.com...• tsitisikamma nasionale park – boswandeling en hangbrug • besoek...

30
REISPROGRAMME Voorgestelde

Upload: others

Post on 03-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

HONOURARYCONSERVATORS

REISPROGRAMME

Voorgestelde

Page 2: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Dag 1Arriveer van Johannesburg of Kaapstad per vliegtuig in Oos-Londen. Teken in by jou akkommodasie by enige van Oos-Londen se gradeerde gastehuise of hotelle en geniet ‘n ligte middagete en ontspan tot in die vroeë namiddag. Ons beveel dan ‘n uitstappie aan na die Inkwenkwezi Private Wildreservaat vir olifantinteraksie of ‘n olifantstap. Keer terug na jou stedelike akkommodasie en geniet aandete by een van die vele uitnemende plaaslike restaurante (Meander Inn, 14th Green Guest House, Hampton Court, Chamberlains Guest House, Crowned Crane, Regent Hotel, The Cascades) kan aanbeveel word, alternatiewelik kan die gas geakkommodeer word by die Inkwenkwezi Wildreservaat).

Dag 2Na ontbyt ry ons per pad na Grahamstad waar jy Alan Weyer kan ontmoet, wat jou sal neem op ‘n historiese Spirits of the Past Tour. Die toer sluit middagete in. Jy sal dan geneem word na die Pumba Wildreservaat vir ‘n namiddagwildrit, aandete en oornagverblyf.

Dag 3Na ‘n vroegoggendrit en noenontbyt kan jy ‘n kort afstand aflê na die Sondagsriviervallei, wat die tuiste is van die Addo Olifantpark. ‘n Verskeidenheid private lodges het ontstaan as gevolg van die populêre aantrekkingskrag van die Addo Olifant Nasionale Park, tuiste van die Groot 7 en oor die 400 olifante. Akkommodasie word verskaf by Hitgeheim Country Lodge, Elephant House, Woodall Country House, Gorah Elephant Camp of Nguni Lodge. Vir groter groepe stel ons die Zuurberg Inn voor. Die meeste lodges bied private wildritte in die park aan. Nuttig aandete en oornag by die verblyfplek van jou keuse.

Dag 4Na ontbyt sal ons na die dorp Graaff-Reinet vertrek. ‘n Toer van hierdie historiese dorp, middagete by ‘n plaaslike restaurant en ‘n besoek aan die Vallei van Verlatenheid sal jou besig hou tot in die middel van die namiddag alvorens jy verskuif na die Ganora Gasteplaas wat naby Nieu-Bethesda geleë is. Nuttig aandete en oornag by Ganora. Ganora bied aan besoekers wonderlike rotskuns- en fossielterreine en die hartlikheid van Karoo-gasvryheid. Dit is die beste bestemming vir gesinne en pare van enige ouderdom.

Dag 5Na ontbyt en die rotskunsuitstappie kan jy die Uilhuismuseum in Nieu-Bethesda besoek, net 7 km verder weg. Geniet middagete by ‘n plaaslike restaurant en ry stadig op die R61 na Cradock. Nuttig aandete en oornag in Die Tuishuise.

Dag 6Na ontbyt sal jy jou toer van hierdie historiese dorp geniet en die Olive Schreiner-museum besoek. Jy kan dan die pad neem na Port Elizabeth en by die Nanaga Padstal stilhou vir middagete en sommer ook inkopies doen vir plaaslike lekkernye. In Port Elizabeth kan jy by jou akkommodasie inteken, by een van die vele gastehuise of hotels. Die volgende plekke is aan te beveel: Shamwari Townhouse, Hacklewood Hill, Radisson Blue, Marine Hotel, Beach Hotel, Courtyard Suites, Singa Lodge. Geniet ‘n aand by die Boardwalk Ontspanningskompleks of by enigeen van Port Elizabeth se welbekende restaurante.

Dag 7Koopterapie na ontbyt en verlaat dan die stad vir jou volgende bestemming. ‘n Stads- en townshiptoer of ‘n besoek aan die Red Hill-museum kan ook gereël word voor die vertrek.

GEORGE NA PE – DiE AvONtuuRROEtE – 3 NAGtE/ 4 DAE

Dag 1Vlieg na George-lughawe en gaan per pad na die Tsitsikamma Avontuur-roete. Dit is die gebied wat die oeroue San-mense die plek van vele waters genoem het. Die area bestaan uit hoë berge, diep klowe en ‘n ruwe kuslyn bedek met hoë inheemse woude en uitgestrekte plate van die Kaap se unieke fynbos.Jy sal by jou akkommodasie registreer, verfris en ‘n ligte middagete nuttig. (Tsitsikamma Lodge, The Village Inn en The Fernery is almal aanbevole plekke).Gedurende die middag kan jy deelneem aan een van hierdie aktiwiteite:

REISPROGRAMVOORSTELLE

OOs-KAAP WilDlEWE EN KultuRElE AvONtuRE – 6 NAGtE/ 7 DAE

• Boomtopgewelftoer/ Woodcutters Journey• Hoogste Reksprong in die wêreld/ Watervalglydraadtoer• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug• Besoek die Wolwetoevlugsoord

Page 3: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.

Dag 2Na ontbyt toer jy padlangs na Jeffreysbaai, wat ‘n wêreldberoemde branderrybestemming is. Duinbordry, branderry, besoeke aan die Skulpiemuseum, strandperdry, windbranderry, vlieërbranderry en soveel meer word in Jeffreysbaai aangebied. Uitstekende akkommodasie-opsies is beskikbaar om jou in staat te stel om te herstel en te ontspan na jou avontuurtog in die dorp.

(Diaz 15, Supertubes Collection, Moya Manzi, Tobago B&O is goed toegerus om jou verblyf onvergeetlik te maak.)

Dag 3Na ontbyt gaan jy per pad na die Sondagsriviervallei of die Grenslandgebied en geniet ‘n safari by een van die vele beskikbare wildreservate. Die Addo Olifant Nasionale Park is ‘n uitstekende opsie om groot olifanttroppe en ander wildspesies te besigtig. Ander aanbevole wildreservate sluit in: Shamwari, Amakhala, Pumba, Lalibela, Kariega en Sibuya.

Geniet n dag op safari. Aandete en oornag op n plek van u keuse.

Dag 4Na ‘n sonsopkoms-wildrit en heerlike bosnoenontbyt verskuif jy na die stad, Port Elizabeth, vir ‘n bietjie koopterapie by een van die vele winkelkomplekse voor jy terugvlieg Kaapstad toe of as jy tyd het vir nog ‘n nag in ons Avontuurprovinsie, hoekom ervaar jy nie ‘n bietjie stedelike luuksheid by die Shamwari Townhouse, Radisson Blue Hotel, Courtyard Suites, Beach Hotel of Marine Hotel nie?

Dag 1Reis per pad na Mbotyi River Lodge. Die voorgestelde vertrektyd is 08h00 om betyds vir middagete by die Lodge aan te kom. Mbotyi bied: fantastiese see- en rivieruitsigte, voetslaan na pragtige watervalle, inheemse bosse, dorpswandelinge en ‘n besoek aan ‘n sangoma (tradisionele geneser), speel sokker met die Mbotyi Mighty Beans en vele meer. Nuttig middagete, aandete en oornag by die Mbotyi River Lodge.

Dag 2Besoek die Magwaval na ontbyt en dan vertrek jy na die Umngazi-rivierhutte vir ‘n riviervaart en middagete voordat jy na Qunu en Mveso reis vir ‘n bietjie Nelson Mandela geskiedenis en dan na Koffiebaai. Koffiebaai bied akkommodasie in hotelle en gastehuise. White Clay Guest House word aanbeveel vir sy gasvryheid en goeie kos. Nuttig aandete en oornag by White Clay. Ander opsies soos Coffee Shack Backpackers, Ocean View Hotel, Bomvu Backpackers en Coffee Bay Hotel kan ook oorweeg word.

Dag 3Na ontbyt geniet jy ‘n besoek aan Hole in the Wall en ‘n abseiluitstappie met die Coffee Shack-span. Na middagete sal jy per pad na Inkwenkwezi private wildreservaat vervoer word. Geniet aandete en oornag by Inkwenkwezi of jy kan een van die gastehuise of selfsorgplekke in die kusdorpie van Chintsa oorweeg.

Dag 4Na ‘n oggendwildrit of olifantrysafari sal jy ‘n laterige ontbyt geniet en na Oos-Londen vertrek vir jou vlug na Durban. Of jy kan ‘n Ballyhoo-vaart, stad- en townshiptoer geniet en die nag spandeer in die stad en aandete geniet by een van die vele luukse restaurante. Akkommodasie word aanbeveel by die 14th Green Guest House, Meander Inn, Quarry Lake Inn, Chamberlains Guest House, The Regent of Cascades-hotelle. Aanbevole restaurante sluit in: Grazias, Le Petite, Two Dogs Bistro en Smokey Swallow.

DuRbAN NA OOs-lONDEN – DiE OOs-KAAPsE WilDEKus – 3 NAGtE/ 4 DAE

DuRbAN – PORt ElizAbEth – KultuuR, stRAND EN sAfARi – 4 NAGtE/ 5 DAE

Dag 1Vertrek per pad van Durban na Mbotyirivier wat geleë is in die Wildekusgebied van die Oos-Kaap. Nuttig middagete en oornag by Mbotyi-rivier wat geleë is aan die Wildkus-gebied van die Oos-Kaap. Nuttig middagete en oornag by Mbotyi.

Afhangend van die aankomstyd is enige van die volgende aktiwiteite beskikbaar: wandelroetes, besoek aan Magwa- en Fraserwaterval, perdroetes, kulturele interaksie, kanovaart, perdry. Die eienaar van die lodge besorg ‘n vyfsterervaring en is vir ‘n aantal jare betrokke by toerisme.

Dag 2Spandeer ‘n volle dag by Mbotyi en geniet een of meer aktiwiteite of ontspan eenvoudig. Nuttig aandete en oornag by Mbotyi River Lodge. Daar is ‘n aantal skouspelagtige vol- en halfdag- voetslaanpaaie om die inheemse bos en die ruwe

Wildekus te geniet. Die voetslaan na Waterfall Bluff is hoog aan te beveel.

Page 4: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Dag 3Na ontbyt verskuif ons via Mthatha na Morganbaai. Op pad na Morganbaai sal ons die Nelson Mandela-ervaring geniet deur ‘n besoek aan die Mthatha-museum en stilhou by Mvezo en Qunu waar die storie vervolg. Jy kan ‘n piekniekpakkie-middagete geniet by een van die stilhouplekke voor die aankoms by Morganbaai in die middag. Teken in by die hotelakkommodasie, geniet ‘n uitstappie op die strand of ‘n skemerdrankie om te ontspan en af te skakel voor aandete. Oornag in die Morgan Bay Hotel.

Dag 4Na ‘n luilekker ontbyt, ‘n potjie gholf as jy so verkies of ‘n bietjie tyd op die strand, kan jy verskuif na die Inkwenkwezi Wildreservaat wat buite Oos-Londen geleë is, vir ‘n wildrit of olifantrysafari. Geniet middagete by Inkwenkwezi en ry verder na ‘n wildreservaat naby Grahamstad vir ‘n wonderlike safari-ervaring. Nuttig middagete en oornag by die wildreservaat. Voorgestelde reservate sluit in: Pumba, Kwandwe en Kariega. As jy verkies om in Grahamstad te bly, is daar ‘n verskeidenheid akkommodasieplekke, wat wissel van gastehuise en selfsorgkothuise tot hotelle en plekke vir rugsakstappers. (The Cockhouse, Worcesterstraat no. 7, Jenny’s-gastehuis, Colonel Graham –gastehuis, 18 On Park, is sommige opsies en vir gholfentoesiaste stel ons Bushman Sands in Alicedale voor. Grahamstad is ‘n historiese dorp en het sommige

interessante winkels, museums, kerke, restaurante, kroeë, gholfbane, kunsvlytprojekte, jaarlikse feeste, monumente en buitemuurse bedrywighede om jou besig te hou. Frasers Camp Adventures bied glydraadtoere aan.

Dag 5Geniet ‘n volle dag se ontspanning by die wildreservaat om al die aangebode aktiwiteite te geniet of bring tyd in Grahamstad deur. As jy lus het om in tyd terug te gaan, kan jy ‘n ontmoeting met mnr. Alan Weyer van Spirits of the Past Tours in Grahamstad reël om vir jou slagvelde te laat herlewe en jou te vergas met stories van oorloë wat gevoer is tussen die Boere, Setlaars en die Xhosa. Oornag by jou wildreservaat of in Grahamstad.

Dag 6Na ontbyt sal jy vertrek en koers kry na Port Elizabeth vir ‘n township-toerervaring en middagete geniet voor jou middagvlug huis toe. As jy geen sinnigheid het vir township-toere nie, is daar talle inkopiesentrums, kunsvlytwinkels, oudhedewinkels of gallerye wat jy kan besoek. Nanaga Padstal op pad na Port Elizabeth is ‘n vereiste stilhouplek om tuisgemaakte produkte te koop, wat wissel van ingelegde eetgoed tot biltong, tot die veelgeroemde Nanaga-pasteie, laventel- en bokhaaritems, om maar enkeles te noem.

JOhANNEsbuRG Of KAAPstAD – OOs-KAAP bbP-tOER – 4 NAGtE/ 5 DAE

Dag 1Vlieg vanaf OR Tambo-lughawe in Johannesburg of Kaapstad Internasionaal na Port Elizabeth. Verskuif per pad na Oyster Bay Lodge. Die lodge is gevestig op 235 hektaar ongerepte landskap en huisves manjifieke duine, bosse, rivierdeltas, strande, vleie, strandmere en is ook die tuiste van vrylopende perde en ‘n diverse voëllewe. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar by die lodge (perdrypaaie, kort wandelpaaie, uitsigdekke, pieknieks, ens.). Nuttig aandete by Oyster Bay Lodge en oornag daar.

Dag 2Na ontbyt kan gaste ‘n tog na die Tsitsikamma Nasionale Park onderneem en deur wandelpaaie stap na die mond van die Stormsrivier (ongelooflike natuurskoon en binne-in ‘n inheemse bos). Die gaste kan middagete geniet in die park en dan ‘n belewenis ervaar met die Boomtopgewelftoer voor daar na St Francisbaai vertrek word vir aandete en oornagverblyf by die Dunes of Beach Break. St. Francisbaai bied ‘n gholfbaan langs die see, vuurtoring, pikkewyntoere en allerpragtige strande, en ‘n oornagverblyf by die Dunes kan ook ‘n paddasafari insluit.

Dag 3Na ontbyt sal ons verskuif na Shamwari private wildreservaat vir ‘n uitsonderlike safari-ervaring. ‘ n Namiddag-wildrit kan gereël word. Nuttig aandete en oornag by Shamwari.

Dag 4Geniet die hele dag by Shamwari.

Dag 5Na ontbyt sal ons na Addo vertrek en inteken by die Woodall Country House. Ontspan en geniet ‘n spabehandeling voordat ‘n wildrit geniet word na die Addo Olifantpark, keer terug na Woodall in die vroeë aand vir aandete en om te oornag.

Dag 6Geniet ‘n luilekker ontbyt alvorens ons na PE reis vir jou vlug na Johannesburg en huis toe.

Page 5: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

MthAthA NA OOs-lONDEN – AvONtuuR- EN KultuuRtOER – 5 NAGtE / 6 DAE

Dag 1Vlieg vanaf Johannesburg na Mthatha en ry padlangs na die Umngazi-rivierhutte wat naby die dorpie Port St Johns geleë is. Umngazi bied asemrowende strande en natuuruitstappies, rivieraktiwiteite en ontspanningsfasiliteite aan. Hierdie deel van die hemel sal jou wil laat terugkom vir nog. Geniet die namiddag by die oord, nuttig aandete en oornag.

Dag 2Geniet ‘n volle dag by Umngazi of geniet ‘n besoek aan Port St Johns. Digte inheemse bos, tradisionele dorpsakkommodasie, kusuitstappies, swaelwaterbronne, voëlkyk... die natuur op sy beste. En wie is daar beter as ‘n boorling om jou rond te wys en die tradisies te verduidelik wat vandag steeds beoefen word. Besprekings vir toere moet ‘n dag vooruit bespreek word by die toeriste-inligtingskantoor wat by die ingang van die dorp geleë is. Of skakel (047) 564-1187 om reëlings te tref. Nuttig aandete en oornag by Umngazi.

Dag 3Geniet ‘n vroeë ontbyt en vertrek na Mthatha vir ‘n besoek aan die Nelson Mandela-museum voor verder gegaan word na die Tsitsawaterval vir ‘n middagpiekniek en ‘n watervalglydraadbelewenis. Na die middagete en uitstappie sal jy na ‘n klein dorpie in die Viktoriaanse styl, in die heuwels van die Maluti, Drakensberge en die Witteberg vertrek en dan effens dieper in hierdie heuwels reis na ‘n goed versteekte en geheime reservaat met die naam Tenahead Mountain Reserve, waar jy die aand sal deurbring.

Tenahead is ‘n natuurliefhebber se Eden, die tuiste van talle boksoorte en kleiner diere insluitend die rooikat, jakkals, dassies, amfibieë, reptiele en meer as 300 voëlspesies. Die heuwels en vallei is ‘n oorvloed van wilde blomme en saans skitter die hemelruim met ‘n miljoen sterre. Tenahead se winters is koud met sneeubedekte grond, die somers vars met moontlike donderstorms. Tenahead sal jou gees laat herleef wat lank dormant gemaak is deur die moderne lewe. ‘n Skemerkelkie kan op een van die dekke geniet word voordat aandete vir jou in die sitkamer voorberei en bedien word.

Dag 4Geniet ‘n volle dag by Tenahead. Die dag kan bestaan uit: perdry, kunsvlieghengel, voetslaan en ‘n besoek aan die Aasvoël-restaurant. Oornag by Tenahead.

Dag 5Na ‘n vroeë ontbyt sal jy na Stutterheim vertrek, wat oorspronklik ‘n ou Duitse nedersetting was. Ons stel voor dat jy op pad middagete geniet by ‘n plaaslike restaurant in Queenstown en dan afsit na Eagles Ridge in Stutterheim waar warm Oos-Kaapse gasvryheid jou te wagte is. Geniet ‘n kulturele aand met die eienaars en die plaaslike Xhosabevolking. Die Xhosakultuur bied interessante rituele aan, danse en musiek. Hierdie belewenis is ‘n aangename manier om die Oos-Kaap-avontuur mee af te sluit.

Dag 6Na ontbyt kan jy ‘n boswandeling geniet, abseil of fietsry voor jou vertrek na Oos-Londen en jou vlug huis toe.

1. Olifantinteraksie en wildritte na Inkwenkwezi private wildreservaat

2. Wildritte en middagete by Mpongo Park3. Kanovaart, abseil en vierwielry by die Areena-oord4. Besoek die Keiskamma Kunsprojek en geniet middagete by die

plaaslike Hamburg Eatery5. Besoek die leeupark en geniet ‘n ligte maal of tee6. Geniet die daguitstappie na die sonderlinge dorpie Hogsback

en besoek die Eco-heiligdom, Starways-pottebakkery, die kunsvlytgallerye en geniet ‘n wandeling deur die bos na die Madonna-en-kind-waterval of die Ketelspuit.

7. Geniet perdry in Hogsback8. ‘n Kulturele en kunsbelewenis kan ervaar word by die Eagles

Ridge in Stutterheim, wat ‘n ete insluit9. Geniet ‘n stappie op die Chintsa-strand en ‘n seekosmiddagete

by Michaela’s restaurant10. Vir die gholfentoesias is daar talle gholfbane om van te kies

waarvan die bestes die Oos-Londen Gholfbaan of die Fish River Sun-gholfbaan is, ontwerp deur Gary Player en ‘n uur se ry van die stad.

11. ‘n Kulturele stat wat jou meer kan leer van die Xhosalewenswyse kan geniet word by Kaya La Bantu

12. ‘n Ekoavontuur en aktiwiteite vir kinders kan geniet word met Jonginenge op een van Oos-Londen se manjifieke strande.

13. Besoek die Universiteit van Fort Hare in die dorpie Alice en besigtig die ANC en verskeie ander politieke argiewe en die De Beer’s-Xhosakunsgalery en geniet daarna middagete by ‘n gastehuis van inwoners of op die kampus

14. Doen inkopies tot jy neerslaan by Vincent Park of Hemmingways Mall in die stad.

15. Geniet ‘n stads- en townshiptoer en eet middagete by ‘n plaaslike shebien of taverne waar jy met boorlinge kan verkeer.

OOs-lONDEN DAGtOEROPsiEs

Page 6: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

OOs-KAAP AANbEvOlE tOEROPERAtEuRs:DIE OKTB HET GEBRUIK GEMAAK VAN DIE DIENSTE VAN DIE OPERATEURS WAT IN GEEL BELIG IS.

tOEROPERAtEuRsEdgeworld Tours Rob Prentis 043 740 2103 [email protected]

Imonti Tours Velile Ndlumbini 083 487 8975 [email protected] Kwantu Tours Loyiso Solilo 076 278 4365 [email protected]

Siyoyisa Tours Sabelo Sishuba 043 644 1977 / 072 629 2429 [email protected] Tours Rob Spier 043 642 1747 [email protected]

Ubuntu Bethu tours Sikhulule Dayile 078 557 8469 [email protected] Tours Zukile Khambi 040 6392004 / 072 7384003 [email protected]

Lyon tours & Safaris Neil Lyon 043 748 1814 / 083 383 2970 [email protected] Cape Tours Estelle de Beers 082 824 3124 [email protected]

Mbuleli Tours Mbuleli Mpokela 082 979 5906 [email protected] Eco Tours Paul Martin 041 466 5698 [email protected]

Wamalet Tours Wakayi Manzi 084 581 5172 [email protected] lam lodge & Tours Lester Barendse 083 270 4968 / 041 - 582 5098 [email protected]

Wild Coast Tours William Ross 043 - 743 6181 [email protected] Tours Jeff Foster 083 93 8741 / 041 - 4633698 [email protected]

Calabash Tours Paul Mediema 084 552 4414 [email protected] Tours Vernon Wait 041 581 2581 [email protected]

Red Cherry Adventures Elise Fish 0761706449 [email protected] Heartland Journey Sean Price 0822696421 [email protected]

viR DiE NAtuuRliEfhEbbER – bAviAANsKlOOf WilDERNisGEbiED

Die Baviaansstreek in die Oos-Kaap word al hoe meer ‘n gesogte bestemming al is dit steeds een van die bes bewaarde geheime van Suid-Afrika. Die Baviaanskloof is op sigself ‘n wêrelderfenisterrein en omvat sewe van Suid-Afrika se agt biome. Dit is baie toeganklik omdat dit slegs ‘n uur-en-‘n-half is van Port Elizabeth en George.

Die gebied bestaan uit vyf streke, nl: Steytlerville, Grootriviervallei, Willowmore, die Baviaanskloof Megareservaat en die Grootrivier-poort. Die gebiede vorm ‘n sirkelroete wat varieer van net 4 x 4-grondpaaie tot teerpaaie deur valleie, berge en sonderlinge Karoo-dorpies. Aangeheg is ‘n voorbeeld van so ‘n toer.

Daar is tans net een toeroperateur wat toere deur die area aanbied. Pepi van der Merwe besit ‘n gastehuis in Willowmore en bedryf sirkelroetetoere wat twee nagte se akkommodasie insluit.

PORt ElizAbEth DAGtOER-OPsiEs

1. Addo Olifant Nasionale Park en die Daniel Cheetah-teelkamp2. Casa Mia-gesondheidspa vir behandelings en private wildrit en piekniek in Addo Olifant Nasionale Park3. Schotia leeusafari4. Sondagsriviervaart, middagete en duinuitstappie5. Oseaanvaart met Raggy Charters6. Koopterapie by Greenacres, Walmerpark-winkelsentrum en kunsvlytmarkte7. Stads- en townshiptoere met middagete by plaaslike shebien8. Branderry of duinbordry in Jeffreysbaai (lesse beskikbaar) en seekos by ‘n plaaslike restaurant9. Middagete en pottebakkery by Potters Place in Jeffreysbaai.10. Gholf en middagete by Humewood Country Club11. Spirit of the Past Tour met Alan Weyer en middagete by No 7 Worcester Street in Grahamstad.12. Wildrit en middagete by Kariega-wildreservaat.13. Strandperdry en middagete by Oesterbaai, hou stil by La Chameleon vir koffie en snuffel geskenke uit in Humansdorp op pad terug na

Port Elizabeth14. Gholf by St Francisbaai Gholfklub, middagete by ‘n plaaslike restaurant en vuurtoringtoer15. Diepseevisvang in Algoabaai

Page 7: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

• Tel: 049 835 0484• Faks: 0865216728• Sel: 082 494 8005• www.baviaans.co.za

Die baviaanskloof het talle akkommodasieopsies wat wissel van landelik tot vyfster. Daar is gemeubileerde grotte om in te slaap, boomhuise, chalets en lodges. Aktiwiteite soos voetslaan, bergfietsry, voëlbesigtiging en 4 x 4-ry is daar in oorvloed. Die area is grootliks ongeskonde en bied besoekers ‘n belewenis nader aan die natuur as wat die meeste mense al ooit gehad het.

Die baviaanskloof Megareservaat is net toeganklik vir 4 x 4-voertuie en al is dit net om en by 100 km neem ‘n reis ses ure om te voltooi. Dit is die mooiste deel van ons area en neem toeriste deur welige valleie en uittronende berge waar daar kruis en dwars oor natuurlike waterstrome gegaan word. Binne-in die Megareservaat kom ‘n mens ook ‘n groot verskeidenheid wild teë, wat jagluiperds en renosters insluit. Alhoewel daar geen formele akkommodasie in die reservaat is nie, is daar drie kampeerplekke waar mens baie na aan die natuur kom.

Willowmore is ‘n dorpie wat deurdrenk is met geskiedenis en wat hom leen tot snoesige naweke langs ‘n vuurtjie en die herroep en vertel van stories oor ‘n verbygaande era. Willowmore, wat argitektonies net so kosbaar is as die omliggende dorpe, spog met ‘n menigte interessante hoekies en gaatjies en bied die moeë reisiger ‘n plek om beide liggaam en siel te verkwik. Die area is tans die grootste sybokhaarproduserende streek in die wêreld.

Die Grootriviervallei spog met ‘n wildreservaat en verskeie ander soorte akkommodasie wat tipies is van plase: lodges, kampeerplekke en houthutte.

steytlerville vertoon ‘n menigte argitektoniese juwele, soos die sonderlinge Edwardiaanse en Viktoriaanse-era huise met sinkdakke en stoepe wat op die straat front, kompleet met broekiekant en gebrandskilderde glas. Die dorpie het ook die grootste Edwardiaanse styl kerk in die Suidelike Halfrond. As een van die beste dorpies wat die Karoo aanbied, wag Steytlerville as ‘n juweel, met sy bougainvillea-omsoomde strate en perdekarre nog op ontdekking.

Die Grootrivierpoort dien as die Oostelike toegangsweg na die Baviaanskloof en die 115 km neem vier ure om te voltooi, met die natuurskoon wat wissel van bosveld tot dit wat net soos die Skotse Hooglande lyk. Die gebied is geheel en al ongerep en daar is geen akkommodasie op die pad nie.

Lindi van Rooyen is die toerismebeampte by die Baviaanse Toerismekantoor, wat in Steytlerville geleë is en kan gekontak word vir verdere inligting, soos volg:

Die volgende inligting het betrekking op vasgestelde toere:

bEstE vAN DiE bAviAANsKlOOf-siRKEltOER 5 nagte, selfbestuur (4 x 4 nodig)• Van Willowmore na Patensie via T1 – 203 km: 7 ure• Van Patensie tot Steytlerville via Grootrivierpoort – 115 km: 4 ure• Van Steytlerville tot Grootriviervallei – 50 km: 45 minute• Grootriviervallei tot Willowmore – 50 km: 30 minute Kilometers: 434 Rytyd: +- 13 ure Tydsduur: 5 dae

Dag 1: Baviaanskloof Verklaarde Wêrelderfenisterrein Aktiwiteite en Aantreklikhede:• Verskeie 4 x 4-roetes. Koste: R75 – R100 per voertuig• Bergfietsry• Meer as 20 wandelpaaie om van te kies wat wissel van 1 uur tot 5 dae in tydsduur• Voëlkyk• Sterrekyk• Boesmantekeninge• Fynbos, broodbome en sederbosse• Jogawegbreke• Medisinale plant-toere• Bonsaikwekery• Natuurlike fonteine• Besoek ‘n professionele sterrekundige• Organiese geboue en boukursusse• Luiperdspoorsny Oornag in die Baviaanskloof

Page 8: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Dag 2: Patensie “Spens van die Oos-Kaap” Aktiwiteite en aantreklikhede:• Besoek sitrusplase. Koste: pryse wissel• Meer as 5 wandelpaaie. Koste: pryse wissel• Motorfietsry. Koste. Pryse wissel• Verskeie 4 x 4-roetes. Koste: pryse wissel• Voëlkyk

Oornag in Patensie

Dag 3: Steytlerville “Eensaamheid, sereniteit, sterre” Aktiwiteite en aantreklikhede:• Sterrekykbelewenis (sluit ‘n lesing deur ‘n sterrekundige in en sterrekyk deur ‘n teleskoop), Koste: R100 pp, minimum 4 persone,

onderhewig aan beskikbaarheid.• Kabaretvertoning en driegangaandete. Koste: R160 pp• ‘n Unieke dag-kunskursus vir kunsliefhebbers op enige vlak, en piekniek. Die kursus sluit ‘n kunstenaarsbeginnerspak en alle

materiaal, onderrig deur ‘n bekende kunstenaar en middagete in. Koste: R490pp (2- en 3-dag-kursusse is ook beskikbaar)• Verskeie 4 x 4-roetes. Koste: R75 – R100 per voertuig• Werkplaastoere• Motorfietsry• Meer as 10 wandelpaaie om uit te kies, wat wissel van 1-5 ure in tydsduur• Voëlkyk• Historiese dorptoere Oornag in Steytlerville of die Grootrivier-vallei

Dag 4: Grootrivier Valley Die natuur op sy beste Aktiwiteite en aantreklikhede:• Wildritte. Koste: van R50 pp• Jag. Koste: Pryse op versoek• Angorasybokhaar-toere deur sybokhaarkampioen Billy Colborne. Koste: R20 pp• Skaaphondskoue deur Springbok SA Spele skaaphondkampioen Billy Colborne. Koste: R20 pp• Meer as 10 wandelpaaie• Verskeie 4 x 4-paaie. Koste: R75 – R100 per voertuig• Werkplaastoere• Bergfietsry• Liefkoosdieretuin• Voëlkyk• Natuurlike fonteine• Fynboswoude Oornag in die Grootrivier-vallei of Willowmore

Dag 5: Willowmore Poort na die Baviaans• Aktiwiteite en Aantreklikhede:• Verskeie 4 x 4-paaie. Koste: R75 – R100 per voertuig• Werkplaastoere• Motorfietsry• Voëlkyk• Historiese dorptoere• Fynboswoude

Page 9: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Wat om in Grahamstad en Makana te doen

DiE NAsiONAlE KuNstEfEEsDie Nasionale Kunstefees begin gewoonlik in die laaste week van Junie en eindig die eerste week van Julie. Dit is die grootste kulturele fees in Afrika en sluit drama, musiek, dans en uitstallings in. Vir verdere informasie oor die fees, besoekhttp://www.nafest.co.za/.

sAfARi’s EN WilDREsERvAtEDie Makana-gebied is een van die wildlewe en natuurbestemmings van Suid-Afrika met ‘n aantal publieke en private wildreservate om uit te kies. Die Makana-gebied is een van die biodiverse areas in Suid-Afrika, wat een van die lande met die grootste biodiversiteit in die wêreld is. Die dravermoë van die Oos-Kaapse ruigte maak dit vir die gebied moontlik om ‘n hoër getal wildspesies te ondersteun as ander plekke. Dit is nie verbasend nie dat die Makana-gebied ‘n oorvloed natuurreservate het, wat elke sak pas en waarvan baie die Groot Vyf (olifant, renoster, leeu, luiperd en Afrikaanse buffel) het. Seekoeie floreer ook in die Groot Visrivier. Hierdie reservate sluit in:

DiE GROOt visRiviER-REsERvAAtHierdie reservaat beslaan meer as 45 000 ha en staan wydsbeen oor die Groot Visrivier-vallei. Die tuiste van baie verskillende spesies. Vir meer inligting besoek www.ecparks.co.za/parks-reserves/great-fish-river/index.html

thOMAs bAiNEs NAtuuRREsERvAAtHierdie 1025 wildreservaat is 11 km van Grahamstad. Hierdie park het drie van Suid-Afrika se hoofbiome wat die biodiversiteit van die Makana-area illustreer. Vir meer inligting kyk by www.ecparks.co.za/parks-reserves/thomas-baines/index.html

PRivAtE WilDREsERvAtE OM tE OORWEEG:Pumba wildreservaatLalibela wildreservaatKichaka wildreservaatKwandweKwantuShamwariAmakhalaCoombs ViewHunt’s HoekOlive Park Lodge

AlAN WEyER

Geeste uit die verledeDit is ‘n storie wat gehoor moet word – ‘n verlede wat die verbeelding van besoekers aangryp en die idee dat ons almal op die een of ander wyse ‘n oeroue en persoonlike belegging in die gebied het wat die toorkrag daarvan verklaar - van grensoorloë, ‘n pioniersgees en heroëese mense aan mekaar verbind deur ‘n ontembare vasberadenheid en pittige humor.

Tydens die 1800’s het onverskrokke Britse Setlaars, Ierse immigrante en Europese ontdekkers hulle lande verlaat om ‘n nuwe lewe te begin op die suidelikste deel van die Afrika-kontinent – die streek van die spirituele Sanmense en die magtige amaXhosa. Wat hulle in hierdie streek met sy wye horisonne te wagte was, het hulle wildste drome ver oortref.

Herleef die Geeste van die Verlede met die vermaarde historikus en baasverteller Alan Weyer, wie se boeiende verhaal van hierdie gebied se trotse geskiedenis van asemrowende gevegte en moedige mense ‘n nuwe dimensie sal verleen aan ‘n Oos-Kaapse besoek.

Gekombineer met ‘n besoek aan een van die gebied se manjifieke wild/natuurreservate is dit ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.

Kontak Alan Weyer:+27 (0) 46 622 7896082 825 [email protected]

Page 10: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

AMAhlAti ExcuRsiONsAmahlati Excursions kan jou op ‘n toer neem in en om die Grahamstad-area wat wissel van ‘n paar ure tot bykans 10 dae.

Dagritte sluit historiese en township-toere in en om Grahamstad in. Gaan uit op ‘n wildrit naby Grahamstad in ‘n provinsiale reservaat. Of op ‘n rit na die Addo Olifant Nasionale Park waar jy reuse Afrika-olifante kan raakloop sowel as buffels. As tyd dit toelaat, kan ons na ‘n private wildreservaat gaan waar die sien van vrylopende leeus gewaarborg is.

Oornagritte bied ‘n keuse van die volgende:

Een nag in Addo Olifant Nasionale Park met ‘n keuse van akkommodasie in óf koepeltente óf boshutte.

Twee nagte verblyf op Iliwa-eiland waar ons in ‘n tweemankoepeltent op die oewers van die Groot Visrivier bly. Ons abseil (sak af) afwaarts van ‘n 53 m-krans, watervlot 8 km in die Groot Visrivier (as daar geen seekoeie in die omgewing is nie).

Drie nagte verblyf op die Kaapse Middellande en Camdeboo-kronkeling. Wildbesigtiging in die Kaapse Bergkwaggapark en dan na Nieu-Bethesda gekenmerk deur die Uilhuis en gesnede beelde. Gevolg deur verblyf in Graaff-Reinet, wat die vierde oudste dorp in Suid-Afrika is. Ons bring tyd deur met ‘n besoek aan die museums en Nasionale Monumente in Graaff-Reinet.

Drie tot ses nagte verblyf (jy kies) uit op die Klein Karoo-toer wat van die kusbosveld deur die wye, droë Karoo gaan. Ons verwyl tyd in die dorp Oudtshoorn om die welbekende Kangogrotte te ervaar. Dan beweeg ons aan na Cheetah-land. Hulle het die groot katte en meer en jy kan ‘n noue ontmoeting belewe en ‘n jagluiperd streel. Verder neem Amahlati Excursions jou na ‘n volstruisplaas waar dit moontlik is om op ‘n volstruis se rug te ry. Jy sal ook alles omtrent hierdie groot voël leer. Ons stilhou in die kusdorp Mosselbaai gee ons tyd vir ‘n bootvaart en om walvisse en dolfyne te besigtig en as hokduik jou verbeelding aangryp, is dit nou die tyd daarvoor. Vir die adrenalienverslaafdes bly ons oor by die Bloukransbrug sodat hulle kan rekspring van die hoogste reksprongplek in die wêreld (216 meters). Die laaste verblyf is naby Stormsrivier waar daar ‘n avontuursentrum is wat boomtopgewelftoere aanbied, ‘n 14 myl (22km) bergfietsroete en heelwat meer.

besoek ons webtuiste en kontak ons vir enige navrae en versoeke:Webtuiste: http://www.amahalatiexcursions.co.zaE-pos: [email protected] FlanaganSel: 083 631 4800

Page 11: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

bAsil Mills

Die karos van erfenis, mites, legendes en wildleweBasil, gebore as een van ‘n tweeling in ‘n dieretuin en gesoog deur ‘n sjimpansee, het in ‘n sirkus as waaghals opgetree en met gevaarlike diere gewerk voordat hy ‘n wildbewaarder in die Oos-Transvaal geword het.

Hy het ‘n Baccalaureus Artium in die kunste en ‘n nagraadse diploma in Omgewingsopvoeding van die Rhodes Universiteit. Hy het oor die jare onderrig in die storievertelkuns en kunswerk aan baie skoolgroepe en belangstellendes gegee. Hy is ‘n Grahamstadse Padvindersleier en het na die Verenigde State van Amerika gereis om lesings en praatjies te lewer oor die Sankultuur, hulle rotstekeninge en Afrika-mites en –legendes. Hy het onlangs twee Khoi-San Boesmanvriende na die International First Peoples-konferensie in Ohio geneem en interaksie met baie deelnemende kulture gehad. Aan hom is erelidmaatskap toegeken, van die Order of the Red Arrow, deur die Miami en Lakota Amerikaanse inboorlinge en hy is blootgestel aan baie van hulle seremonies. Hy het beide internasionaal en in Suid-Afrika sy kunswerk van Afrika-mites en –legendes en sy fotografie van People of South Africa and its Flora and Fauna ten toon gestel. Hy is ook welbekend in die Oos-Kaap vir sy redding en rehabilitasie van beseerde diere en reptiele.

Hy het ‘n groot belangstelling in South African Authors and Poets en is tans bedrywig by die Nasionale Engelse literêre museum. Basil het skrywers bygestaan met hulle navorisng oor Oos-Kaapse slagvelde en forte, wat wissel van die Grens- tot die Anglo-Boereoorlog.

litERêRE EN OMGEWiNGsKAMPEBelangstellende groepe sal van die gebaande weë af begelei word na die Buffelskopberge na die terrein van Olive Schreiner se sarkofaag sowel as na die Bergkwaggapark en Addo Olifant Nasionale Park.

sKEEPsWRAKliGGiNGsBasil is ook entoesiasties besig om skeepswrakliggings en legendes van seerowers van die Suid-Afrikaanse kus te ondersoek en hy organiseer toere na hierdie plekke.

slAGvElDvOORstElliNGsBasil is die stigterslid van die South African Battle Re-enactment (SABRE) en het die afgelope twintig jaar georganiseer en deelgeneem aan ‘n magdom vertonings, tot die voordeel van gemeenskappe en welsyn. Demonstrasies, lesings en opleiding

word gegee vir verskillende wapenvaardighede, met inbegrip van ruitery en kanonvoorlaaidril aangesien hy ‘n gekwalifiseerde kanonnier is wat gelys is by die Kanonassosiasie van Suid-Afrika. Hy het ‘n verskeidenheid waens, rytuie en perdekarre oor die jare versamel en herstel en het hulle by geleentheid gebruik in voorstellings en seremonies.

OssEWARyPAAiEBasil Mills is besig om ‘n ossewarypad op sy plaas te ontwikkel waar besoekers in staat sal wees om ‘n unieke ervaring van vergete dae te ervaar.

Vir verdere inligting kontak hom by die National English Literary Museum (046 622 7042) of e-pos [email protected]

bEN bEzuiDENhOutDiE blAAuWKRANtz-bRuG tREiNRAMP – 1911

‘n Tragiese gebeure in die verlede van GrahamstadBesoek die brugterrein en beleef die atmosfeer van die gebied en verwonder jou aan die vernuf van die ingenieurswese en konstruksie van hierdie magtige spoorwegbrug. Visualiseer die omvang van die ongeluk. Kyk af op die asemrowende afgrond, belewe die eensaamheid van die kloof. Hoor die verhale van Ben Bezuidenhout, van dapperheid, hartseer en ook van groot moed en geloof. Volg die vertelling van klein Maud Smith en haar drie jaar oue broer, Willie. Staan op die kant van die brug en visualiseer die reddingspogings.

Hoe het dit gebeur? Wat was die oorsake? Wat was die bevindinge? Hoor verhale van mites en legendes wat ontstaan het sedert die treinramp. Terwyl jy verversings geniet, gesels oor wat hierdie ramp aan die mense van die gemeenskap geverg het.

Besoek die begraafplase waar die treinslagoffers begrawe is en verlaat die toer met helder herinneringe en ‘n boek oor die ramp as ‘n memento van jou besoek aan die Blaauwkrantz-spoorwegbrug.

Die brug is loopafstand, ongeveer 500 meter van die bus na die brug en terug, dit is ‘n gemaklike stappie op gelyk grond. Moenie jou kamera en verkyker vergeet as jy hulle by jou het nie.

Kontak ben bezuidenhoutTel: 046 622 6437Sel: 083 330 1594 / 073 195 4049E-pos: [email protected]: www.blaauwkrantztours.co.za

Page 12: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Grensstreek-toere en paaie

Maak kontak met die grensstreek!Verruim jou gees en liggaam op ons erfenis en wildlewetoere in die malariavrye omgewings op een van die Oos-Kaap se vernaamste toeristeroetes.

ERfENistOERE

Warmpot-GrahamstadGrahamstad, beroemd vir die kontras tussen sy Viktoriaanse en Afrika-lewendigheid, is ‘n moderne smeltkroes van die veelsoortige kulture wat hierdie voormalige grensdorp gevorm het. Soos die naam suggereer, is dit ‘n toer wat al die glanspunte van die Stad van die Heiliges insluit, ook hoe dit sy naam gekry het. Van sy begin as ‘n 19de-eeuse militêre dorpie tot sy prominentheid vandag as ‘n toonaangewende opvoedkundige en kulturele sentrum, sluit die toer alle aspekte van Afrika se feeshoofstad in.

Tydsduur: halfdag

WilDlEWE NAtuuRtOERE

Addo Olifant Nasionale ParkSien die Oos-Kaap se bekende pagiderms vreedsaam aan die speel in die ruigtes van die unieke Addo-valleibosveld. Saam met ‘n wye verskeidenheid ander bosveldwild verskaf Addo se bos beskutting aan hierdie samoedige reuse, afstammelinge van die voormalige reusetroppe olifante wat eens vry in die area geswerf het.

Tydsduur: volle dag

GONs iN DiE bOs‘n Veldstap wat jou naby en persoonlik aan die Groot Visrivier-valleibosveld, met skilderagtige uitsigte oor die naburige Groot Visrivier-reservaat, bring. Ontdek die medisinale en kulturele waardes van die plante rondom jou en toets self ‘n paar! Ons bied wandelinge van wisselende lengtes aan, afhangende van ons gaste se belangstelling en fiksheidsvlak.

Tydsduur: 2 – 5 ure, afhangende van die afstand

Gidse sal saam met jou ry in jou eie voertuig of vervoer kan verskaf word. Toere wat die verskaffing van vervoer insluit, vereis ‘n minimum bespreking van 4 mense (of die ekwivalente koste), en neem ‘n maksimum van 6 mense.

Die vertrekpunt is Grahamstad, wat in die hart van die Grensstreek-toerismeroete lê.

Alle toere word begelei deur gidse wat geregistreer is by THETHA, die Oos-Kaap Toerismeraad en die Veldgidsvereniging van Suid-Afrika.

vir meer inligting, kontak lynn Phillips:Tel: +27 (0) 046 622 8054E-pos: [email protected]

Gill WyliEPlaaslike gids Gillian Wylie, beskikbaar om “step-on”-toere te hanteer:

• Landbou• Histories• Wildparktoere• Veldwandelinge• Natuurskoontoere Gill bied halfdag- of voldagtoere vir

enkelinge, gesinne of groepe. Pryse op versoek.

Tel: +27 (0) 46 637 2941 Sel: 082 832 5839 E-pos: [email protected]

International Library for African Music (ILAM)/ Internasionale Biblioteek vir Afrika-musiek:Besoekers kan na ILAM geneem word, waar befaamde etnomusikoloog Andrew Tracey hulle bekendstel aan die vibrerende wêreld van Afrika-musiek en musikale instrumente. Tydsduur ongeveer ‘n halfuur tot een uur, met ‘n “donasie” van R50-R70.

www.ru.ac.za/[email protected] Prof Diane Thram (ILAM Director)[email protected] Madiba (Digitaliseringsbestuurder)[email protected]

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Akwatiese BiodiversiteitHierdie instituut huisves die nasionale versameling van visse en is die tuiste van die prehistoriese selakant.

Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese BiodiversiteitPrivaat sak 1015Grahamstad6140Suid-Afrika

Tel: 27 (0)46 603 5800Faks: 27 (0)46 622 2403http://www.saiab.ac.za

Page 13: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

MbulEli-tOERE Mbuleli-toere bied jou ‘n toer volgens jou behoeftes. Plaaslike en streekgids Mbuleli Mpokela sal jou ‘n pasgemaakte toer aanbied om enige spesiale belangstellings wat jy mag hê, in te sluit. Dit is die enigste tyd wat jy jou eie reisplan saambring! Kom ervaar township-lewe met regte mense in die regte lewe. Vra gerus, besoek ‘n huis en vang die township-lewe vas.

Interessante plekkeJou township-toer sal ‘n besoek insluit na:

The Egazini-monumentEgazini-uitreikprojekUmthati-kwekeryVier townshipsProe ‘n Xhosa-ete (bespreek ten minste ‘n dag vooruit)

Kontak Mbuleli082 979 5906E-pos: [email protected] Makana Toerisme (Grahamstad) kantoorTel: 046 622 3241

Leicester Straat 14A, Grahamstad, 6139Tel: 046 636 2986Sel: 084 404 4546E-pos: [email protected]: www.perlemoenescapes.co.za

Perlemoen Escapes help jou om die onontdekte provinsie te ontdek, waar Nelson Mandela gebore is, sy kinder- en jeugjare deurgebring het. Afslaglugtariewe maak so ‘n reis finansieel vergelykbaar met ‘n padrit na plekke soos die Kruger Park. Perlemoen Escapes reël alle aspekte van jou pakket insluitend vervoer van die lughawe na jou bestemming en terug en betalings en interaksie met diensverskaffers is dus beperk.

Perlemoen Escapes is gebaseer in die Oos-Kaap, en ons verbind jou met fasiliteite, terreine en geriewe wat jy dalk nooit sou ontdek het nie. Akkommodasie soos Shamwari-wildreservaat, Pumba-wildreservaat, Fish River Sun en baie meer is op aanbod, en dit sal sekerlik voldoen aan jou verwagtinge. Die Oos-Kaap, ‘n malariavrye streek, het baie topgehalte fasiliteite wat deur

mense soos Tiger Woods en Brad Pitt besoek word.

Die Oos-Kaapprovinsie, waar Mandela gebore is en grootgeword het, bied natuurlike prag en rustigheid en maak ‘n besoek aan hierdie dele ‘n moet.

Verplaas- en pendeldienste – langer toere ook beskikbaar

Perlemoen Escapes het pendel- en verplaasdienste beskikbaar, hoofsaaklik in die Oos-Kaap, Transkei en die Tuinroete.

Ons verplaas van 1 tot enige aantal mense afhangende van jou vereistes. Bel ons asseblief vir ‘n kwotasie.

http://www.perlemoenescapes.co.za/packages.phpSusan 084 4044 546E-pos: [email protected]

Reis: Jy sal in die sorg wees van ‘n gekwalifiseerde PDP-bestuurder wat die ekstra myl sal loop om in jou behoeftes te voorsien – ons hou selfs stil vir fotogeleenthede!!

Vervoer is in ‘n skoon, luukse, lugversorgde Quantum of BMW en ons het ‘n spesiale reispakket vir 4 of meer reisigers wat saamreis.

Perlemoen Escapes het hulle naam gekry van die perlemoen wat nou beskerm word in Suid-Afrika en ons waardeer ons natuurlike erfenis. Ons ondersteun die plaaslike gemeenskap en sien uit daarna om jou voor te stel aan die Oos-Kaap se aantreklikhede, soos die Addo Nasionale Olifant Park, private wildreservate, hotelle, bed en ontbyte, interessante plekke soos die kariebrouery – waar ‘n drankie van heuning gemaak word, Nelson Mandela se geboorteplek, plaaslike townships en ons pragtige kuslyn.

Perlemoen Escapes bied enige van die volgende dienste: • Pendeldiens na en van lughawens na jou akkommodasie• Eendagtoere in en rondom Grahamstad wat plaaslike toergidse ondersteun• Langer toere volgens jou spesifikasie• Raad oor akkommodasie in die Oos-Kaap en hulp met jou bespreking• Hulp met die bespreking van jou vakansiepakket en raad oor aktiwiteite om aan deel te neem

PERlEMOEN EscAPEs

Page 14: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

As jy net ‘n kort rukkie het om te verwyl, dan is die staptoere ‘n uitstekende manier om Grahamstad se interessane geskiedenis in te neem. Die storievertelkuns dra die geskiedenis oor van die geboue, hulle verlede en hulle inwoners. Elke stap duur omtrent ‘n uur en ‘n half. Dit gebeur teen ‘n rustige pas en jy sal vergesel word deur ‘n gids in volle Victoriaanse drag!

Kies uit een van die volgende:Heiliges, sondiges en studente, wat die vroeë geskiedenis van Grahamstad meedeel, en besoek een kapel, (Chapel of St Mary and All Angels, nou eenvoudig die Rhodes Chapel genoem) op die gronde van die voormalige Grahamstad Opleidingskollege, twee tronke en Rhodes Universiteit.

Statige huise en ou skoolbande – besoek twee van die oudste skole in die area – 150 jaar oue St Andrew’s College en DSG (Diocesan School for Girls) – sowel as ‘n aantal Victoriaanse huise

wat ontwerp is deur ‘n amateurargitek in verskeie vreemde maar interessante style. Die toer sluit ook die oudste werkende posbus in Suid-Afrika in – Worcester Straat.

Historic Heart besoek die sentrale kern van Grahamstad, en vertrek vanaf die Observatory Museum. Dit dek die groei van die dorp van ‘n militêre plek tot ‘n florerende “stad” (as gevolg van die Cathedral of St Michael and St George). Die tweede grootste stad in die Kaapkolonie met die hoogste spiraal spog met ‘n aantal koerante, ‘n akademiese drag-fabriek en ‘n Hoërhof voor die leёr en fortuinjagters (weg na die diamant- en goudvelde)uitgetrek het . Die toegangsgeld vir die Obeservatory Museum is ‘n ekstra R8.

Om te bespreek, kontak:Fleur Way-Jones083 652 [email protected]

stAPtOERE iN GRAhAMstAD

Page 15: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

NUWE EIENDOMSONTWIKKELINGS

lAMMERGEiER-JOzANA tRANsfRONtiER NAtuuRREsERvAAt – lADy GREy

Die Lammergeier private natuurreservaat akkommodasie en avontuurpaaie is geleë naby die suidoostelike deel van die Drakensberg, algemeen bekend as die Witteberg. Ons is geleë tussen Lady Grey en Barkly-Oos in die Oos-Kaap en dek ‘n area van omtrent 25000 hektaar. Die reservaat wissel in hoogte van 1500 m, dit is ons laagste rivierbed, tot 2750 m, wat die hoogste bergpiek in die reservaat is, genoem Snowdon, met ongelooflike uitsigte oor die bergpieke en in die valleiklowe.

By hul aankoms word die gaste by Ontvangs gegroet en voorsien van ‘n kaart en die nodige inligting vir hulle aktiwiteite of word begelei na hulle “tuiste”.

Sommige wandelpaaie is gemerk terwyl ander GPS-georiënteer is. Hulle gaan deur klowe, rivierdriwwe, op na die plato’s en op tot by bergriwwe met pragtige omgewings. Die Karringmelkspruit verskaf baie geleenthede om die bruisende waters – sowat 13 km ongerepte wildeforelwaters, en in die somer wag ons vir die reën sodat die langverwagte binneband”speletjies” kan begin. Ons sien gereeld die lammergeier, kransaasvoël en witkruistarend sowel as baie ander voëlspesies, te veel om op te noem. ‘n Lang bestaande beleid van organiese boerdery is gevolg waar geen insekdoders en onkruiddoders gebruik is nie, wat die voël- en wildlewe dramaties vermeerder het.

Die Isted-gesin het die gesaghebbende Graslandvereniging van Suid-Afrika se “Bewaringsboer van die Jaar”-toekenning vir 1997 ontvang.

Aktiwiteite sluit in: bergfietsry, 4 x 4-veldpaaie, kwadfietsry, kunsvlieghengel, spanbou, wateraktiwiteite, avontuurresies, perdepaaie en voëlkyk.

Kontakinligting:Sel: +2782 929 9729Tel: +2751 603 7039E-pos: [email protected]: www.adventuretrails.co.za

Koffylaagte Wildlodge, opgerig in die hart van die Karoohartland, is 130 km wes van Port Elizabeth. As mens op die R75 van die kusstad, Port Elizabeth, in die rigting van die historiese dorp Graaff-Reinet ry, is Koffylaagte tussen hierdie twee plekke geleë en is ongeveer 90 minute se ry van die Port Elizabethse lughawe.

Hierdie TGRSA-dubbelgegradeerde landelike toevlugsoord (TGRSA-4-ster- volle verblyf en 3-ster-selfsorg) lê aan die voet van die Karoo Bergbelt, geleë tussen die Wêrelderfenisgebied, die Baviaanskloof en die tweede grootste nasionale park in Suid-Afrika, die “Addo Olifant Park”. Koffylaagte is die tuiste van ‘n rykdom van wilde diere, insluitende 22 spesies Suid-Afrikaanse wildsbokke, sebras, witrenosters, buffels,

kameelperde sowel as ‘n ryk verskeidenheid ander landsoogdiere soos ape, bobbejane, vlakvarke, bosvarke, rooijakkalse, bakoorjakkalse, erdvarke, ystervarke, tierboskatte, meerkatte, muishonde, ens. – die lys is eindeloos. Die area spog ook met ‘n wye verskeidenheid voëlspesies, watervoëls, wildvoëls en roofvoëls, soos die majestueuse breëkoparend, wat in die reservaat raakgesien is.

Hierdie visuele fees van natuurlewe word aangebied teen die verstommende agtergrond van die Oos-Kaap se flora. Die reservaat is geleë in ‘n natuurlike botaniese tuin van vetplante, aalwyne, noorsdorings en spog ook met party van die land se beskermde plantspesies soos die broodboom en olifantsvoet wat duisende

jare terug dateer.

Die 14-slaapkamer-akkommodasie is versprei tussen drie weelderige safaritente, ‘n lodge wat uit 3 weelderige kamers en 2 ander kamers bestaan, wat ‘n badkamer deel; twee tweeslaapkamer selfsorgeenhede en ‘n boskamp (selfsorg) met 2 permanente tente, wat die mees kieskeurige gas ‘n wye verskeidenheid akkommodasiekeuses bied, sowel as ruimte en privaatheid te alle tye.

contact Details:Tel: +27 (0)49 8369188E-pos: [email protected]

KOffylAAGtE WilDlODGE – KAROO –tussEN PORt ElizAbEth EN GRAAff-REiNEt

Page 16: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

shAMWARi tOWNhOusE PORt ElizAbEth

Stap in ‘n wêreld van ongeëwenaarde sofistikasie en uitnemendheid in by die eksklusiewe Shamwari Townhouse in Port Elizabeth, op die Suidooskus van Suid-Afrika. Shamwari Townhouse stel nuwe standaarde vir diskrete en luukse boetiekakkommodasie.

Met kilometers ongeskonde strande en malariavrye natuurreservate, insluitende die pryswennende Shamwari-wildreservaat aan sy flanke, is Port Elizabeth ‘n toptoeristebestemming. Shamwari Townhouse is genestel in die deftige strandfrontwoonbuurt, Somerstrand, minder as tien minute van die lughawe en binne 100 meter van die golwende Indiese Oseaan.

Geen moeite is ontsien om te verseker dat ons sewe uitmuntende suites meesterstukke is van gemak en weelde. Die Shamwari Townhouse is uitstekende akkommodasie vir besigheid en plesier en bied die uitnemende diens waarvoor die Mantis Group wêreldwyd bekend is.

besprekings vir suid-Afrika van die vK & EiRETel: +44 1483 425 465sentrale besprekingsTel: +27 (0)41 407 1000Bespekings vir Suid-Afrika vanaf Noord-Amerika (CST)Tolvry: 1 877 354 2213Web: www.shamwaritownhouse.com

RADissON blu hOtEl PORt ElizAbEth

Welkom by die Radisson Blu Hotel, Port Elizabeth. Ontwerp om die gees van Algoabaai vas te vang, het die hotel ‘n onmiskenbare

argitektoniese styl en bied pragtig toegeruste gastekamers, die pryswennende “Filini”-restaurant, die “Tabú”-kroeg en sitkamer, en ‘n uitsonderlike spa en gesondheidsarea. Die hotel inkorporeer “slimbou”-tegnologie wat volhoubaarheid en energiebewaring in die hand werk.

Radisson Blu is tien minute van beide die lughawe en die stadsmiddelpunt en is ‘n “plakkieslenter”-stappie weg van allerpragtigste, sand- Blou Vlag-strande en kan dus nie beter geplaas wees vir besigheid of plesier nie.

Port Elizabeth het nog altyd ‘n reputasie gehad vir warmte en vriendelikheid, ‘n sagmoedige gees en die varsste seelug, maar hierdie energieke klein stadjie het onlangs ook die guns gewen van skerp besigheidsmense en industrieleiers wat die gegons oor kommersiële groei bevestig het.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0) 41 509 5000Faks: +27 (0) 41 509 5001E-pos: [email protected]: www.radissonblu.com/hotel-portelizabeth

Page 17: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

siNGA lODGE PORt ElizAbEth

Die rustige kusstad, Port Elizabeth, toegangsweg tot beide die Tuinroete en die Oos-Kaapse safaribelt was nog altyd welbekend en welgeliefd vir sy ontspanne pas, verjongende, verkeersknoopvrye vakansieondervindings. In die laaste paar jare is terugkerende besoekers aangenaam verras deur ‘n nuwe era van stylvolle, weelderige akkommodasie-opsies in Port Elizabeth, wat ‘n warreling van kosmopolitaanse energie aan die vriendelike stad gee. Die nuutste en interessantste van hierdie plekke is die nuwe Port Elizabeth Boetiekhotel, Singa Lodge.

Vernoem na die fabelagtige draak-leeu van Indonesiese mitologie, is hierdie weelderige boetiekhotel in PE een van vyf geselekteerde lodges wat aan jou gebied word deur Lion Roars Safaris & Lodges en onderskeidende 5-ster-akkommodasie in Port Elizabeth aanbied.

Hierdie luukse moderne vermenging van Oosterse en Afrika-argitektuur en dekor is ‘n artistieke meesterstuk, wat in ‘n klas van sy eie is en nie die “elke kamer lyk dieselfde”-standaardisering van die hoofhotelgroepe volg nie. Elkeen van die twaalf suites by ons 5-ster-boetiekhotel is ‘n unieke ruimte wat nie net absolute gemak verskaf nie, maar jou ook inspireer en jou reis verryk.

Van die skerp seelug van die Port Elizabeth-seefront word jy vervoer na ‘n ryk wêreld van tekstuur, kleur, lewendige mosaëek, weelderige monteerstukke en weelderig toegeruste kamers, deurdrenk met die geur van frangipanibloeisels en blaargefiltreerde lig.

Ons rustige, blaarryke oasis sluit ‘n private gimnasium en holistiese behandeling-kamer in, waar jy jou liggaam en sinne kan oorgee en jou verstand en gees weer in balans kan bring in ‘n werklik verstommende ruimte.

E-pos: [email protected] Besprekings: +27(0)41 581 0993Sentrale Besprekings: (slegs Suid-Afrika) 086 111 2485Direkte foon: +27 (0)41 503 8500Lodgebestuurder: Pierre WilhelmLodgebestuurder Sel: +27 (0)73 880 2227 Web: www.singalodge.com

KAROO thEAtRicAl hOtEl stEytlERvillE

Die Karroo Theatrical Hotel is ‘n oase van rustigheid en styl, geleë op die platteland, 4 km buite die sjarmante dorp, Steytlerville.

Hierdie argitektoniese juweel, gebou in 1943, in ‘n definitiewe Mexikaanse hacienda genre, is onlangs getransformeer in ‘n elegant opgeknapte juweel. ‘n Gas het een keer opgemerk, “om hierdie hotel binne te gaan, is om in ‘n feeverhaal opgeneem te word”.

Rus op die stoep, neem die pragtige uitsigte en skouspelagtige sonsondergange waar, terwyl jy luister na die sagte sypeling van die water van die tuinfonteine. Alternatiewelik kan jy die sprankelende swembad, spabad of sauna geniet, of neem ‘n sonsondergangwandeling na die dam en luitster na die voëllewe.

“Oscars” is ‘n ten volle gelisensieerde kroeg wat spog met ‘n warm atmosfeer waar jy jou dors kan les, die plaaslike geselsies kan inhaal of ‘n pot snoeker op die antieke tafel kan geniet.

Elke Saterdagnag gons “Grimaldi se teatersaal” van opgewondenheid wanneer gaste getrakteer word op ‘n smaaklike driegang-kersligmaaltyd en vermaak word deur Jacques en Mark wat hulle gladdemond en glinsterende vertoning, “The Steytlerville Follies” aanbied. Op weeksaande, terwyl jy a la carte eet, mag daar vir jou ‘n serenade gesing word met romantiese klaviermusiek en ‘n lied of twee van die musiekrolprente.

Voor jy bed toe gaan, is ‘n bietjie sterrekyk die perfekte inleiding tot ‘n baie gemaklike en verfrissende slaap.

Wanneer jy wakker word, wag ‘n eersteklas buffetontbyt op jou in “Jacques’ Bistro”, ‘n perfekte begin vir ‘n splinternuwe dag.

Kontakbesonderhede:Tel: 049 835 0010Sel: 072 424 7185E-pos : [email protected]: www.karroohotel.co.za

tENAhEAD MOuNtAiN lODGE RhODEs NAuDEs NEK PAss In ‘n afgeleë steek van Suid-Afrika waar drie bergreekse ontmoet – die Drakensberg, die Witteberg en die Maluti – is ‘n baie spesiale plek waar die mensehand dit net liggies aangeraak het, met pragtige San-rotskuns wat die enigste teken is van vorige inwoners. Tenahead is 3 500 hektaar van ongerepte berge, valleie en strome. Dit bevat ‘n skatkis van flora en fauna en dit is die perfekte plek om ‘n ander lewe te ondervind.

Tenahead is ‘n natuurliefhebber se paradys en tuiste van baie wildsbokke en kleiner diere, insluitende rooikat, jakkals, dassies, amfibieë, reptiele en meer as 300 voëlspesies. Die heuwels en valleie is ‘n oorvloed van wilde blomme en snags is die lugruim besprinkel met miljoene sterre. Tenahead se winters is koud, met sneeu wat die grond soos ‘n kombers bedek, somers is vars met moontlike donderstorms. Tenahead sal jou gees, wat lank dormant gebly het as gevolg van die moderne leefstyl, laat herontwaak.

contact Details:E-pos: [email protected] Tel: +27 (0) 45 971 8901Faks: +27 (0) 45 971 8903Web: www.tenahead.co.za

Page 18: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

WhitE clAy GuEst lODGE cOffEE bAy Die omgewing is ongeëwenaard met uitgestrekte, golwende heuwels en rotsagtige kranse wat afskiet tot in die see. Alle akkommodasie is seefront, wat gaste ongelooflike vistas bied. Die baai en private strand onder is ideaal vir visvang en swem met laaggety.

Die oord bied selfsorg, ‘n gastehuis met B&O en AB&B, kampering en ‘n kroeg, curio-winkel en restaurant met volle see-uitsig, wat spesialiseer in seekos. Aantreklikhede in die area sluit in: ongelooflike hengel, branderry en riviervisvang, diepseeboothuur, wandelpaaie tussen die pragtige “Hole in the Wall” in die suide en Mdumbi-strand in die noorde, fietsry, perdry, kwadfietsry en ‘n jaarlikse 21 km lange landloop-geleentheid aan die einde van Augustus.

Geniet smaaklik voorbereide maaltye op die oopdekarea terwyl jy dolfyne en walvisse dophou wat in die baai baljaar. Die restaurant is ten volle gelisensieer en spesialiseer in seekos.

Die fasiliteite is ook beskikbaar vir klein konferensies vir tot 20 persone. Aandete wissel van aand tot aand – seekos, potjie, braai, ens. Buffetetes is beskikbaar vir groot groepe. Alle akkommodasie is seefront, wat gaste ongelooflike vistas bied. 12 en suite-kamers.

Kontakbesonderhede: Tel: 0475750008Sel: 0839794499E-pos: [email protected]

thE DuNEs cOuNtRy hOusE st fRANcisbAAi

The Dunes is ‘n eksklusiewe wegbreekplek in prentjiemooi St Francisbaai, Oos-Kaap, wat aan ‘n gesin behoort. Die gastehuis wat herinner aan ‘n ou Kaapse plaashuis, is omring deur pragtige inheemse tuine en is op ‘n 600-hektaar eiendom ryk aan kusfynbos en duinvelde.

Akkommodasie Die suites is ruim en gemaklik en maak

oop op private stoepe wat op die inheemse tuine uitkyk. Elke eenheid is stylvol gemeubileer, almal met warm aardse ondertone en donker mahoniemeubels.

Tuineenhede (slaap 2 elk) Die Tuineenhede het almal drankies

en kroegfasiliteite, satelliettelevisie, DVD-spelers, dakwaaiers, bad- en stortfasiliteite, private stoepe en toegang tot die tuine, met óf koningsgrootte óf tweelinggrootte beddens.

Gesinskothuis (slaap 4) Die Gesinskothuis is ‘n vrystaande

kothuis met twee aparte slaapkamers, wat ‘n gesin van vier kan akkommodeer. Die kothuis het ‘n sitkamerarea met ‘n kaggel, fasiliteite sluit in: drankies en kroegfasiliteite, satelliettelevisie, DVD-spelers, dakwaaiers, bad- en stortfasiliteite, private stoepe en toegang tot die tuine. Daar is óf koningsgrootte beddens óf twee enkelbeddens.

Weelde-items Alle eenhede het óf koningsgrootte

beddens óf twee enkelbeddens, televisie, DVD-spelers, drankies en kroegfasiliteite, kamerjasse en weelderige wit perkale

linne. Die elegante en-suite badkamers

spog met romantiese bal-en-klou-baddens, marmertoonbanke en ondervloerse verhitting.

Uiteet Gesonde landelike ontbyte word elke

dag bedien, georkestreer deur die klanke van die ontwakende dag. Aandetes is op versoek, waar ‘n ruim driegangaandete saam met ‘n keuse van goeie plaaslike wyne, geniet kan word.

Buitelug Of jy luilekker langs die swembad

lê terwyl jy voëls dophou vanuit die gemak van jou private stoep en of jy eenvoudig die natuurlike skoonheid van die landskap waardeer, jy kan verseker wees van ‘n ware onvergeetlike verblyf by The Dunes. Persoonlike en vriendelike diens is die waarmerk van elke verblyf. Dienste en fasiliteite

• Satelliet-TV in slaapkamers• Telefone in slaapkamers• DVD-spelers in slaapkamers

• DVD en video-biblioteek• Wasgoeddiens• Babawagterdiens• Verhitte swembad en Jacuzzi• Buitelugbraai/braaiarea• Lughawevervoer

Addisionele aktiwiteite op die eiendom sluit in:• Natuurwandelinge met ‘n gids• Paddasafari• Bosspa• Bergfietspaaie• Bosontbyte by ons boskamp• Sonsondergangstap tot in die

omringende sandduinsisteem

Kontakbesonderhede: Tel: +27 (0)42 2941685 Sel: +27 (0)833243483 E-pos: [email protected] Web: www.dunesstfrancis.com

Page 19: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

st fRANcis liNKs GhOlfbAAN st fRANcisbAAi

ONTWERP DEUR Jack NicklausTIPE LinksPUTJIES 18BAANSYFER 71FAIRWAY GRAS BayviewSETPERKGRAS kikoejoeLENGTE TBA (Dames: TBA)Telefoon +27 (0)42 200-4500

St Francis Links Gholfbaan St FrancisbaaiDie uitleg van die St Francis Links Gholfbaan kombineer elke element van ‘n hou slaan, met sy golwende terrein, setperk en omgewing sowel as sy variasie in lengte en rigting. Die kuile lyk asof hulle eenvoudig uit die grond geploeg is. Dit is die bunkering wat eintlik die kwaliteit en karakter van St Francis Links definieer. Ander het bane ontwerp en gebou wat soos ‘n links lyk. Hier kan jy duidelik sien wat St Francis van die res onderskei – deurgaans ‘n konsekwente voorkoms. Amper van die eerste afslaan, het St Francis Links ‘n voorkoms en gevoel wat geskiedenis van ‘n vergane era adem.

Die voorkoms van die gras kom van die natuurlike beweging van die grond. Die gras is eenvoudig bo-op die sand geplaas, wat van voorkoms verander soos die wind van bui verander. Party is meer golwend as ander. Alle baanoppervlakke en groenigheid in die omgewing by St Francis Links verskaf ‘n mentale en fisiese toets.

FasiliteiteDie klubhuis kyk uit op die prentjiemooi St Francisbaai-dorp, met sy grasdakke en ouwêreldse wit huise. Dit is ‘n ongelooflike omgewing vir ‘n laatmiddag koppie tee of vir ‘n dorslesser na ‘n rondte gholf. Behalwe The Links Restaurant, Jack’s Bar en ons halfweghuis, bied die fasiliteit ook twee sitkamers, die gholfwinkel en toesluitkamers vir spelers.

Praktiese Fasiliteite280 m dryfspeelruimte met twintig slaanplekke, kuile, setperke sowel as doelareas is beskikbaar. Demonstrasietoerusting van ons hoofverskaffers sal beskikbaar wees. Lesse met ons PGA-span, aangevoer deur Jeff Clause wat twee keer die PGA Klub Professionele persoon van die jaar was, kan vooraf bespreek word. Langs die Klubhuis is een van die grootste oefensetperke en kaphouspel-areas in die land – meer as ‘n 1000 vierkante meters van oefenplesier.

Page 20: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

MOyA MANzi bEAch hOusE – JEffREysbAAi – PARADisE bEAch Moya Manzi Beach House is geleë op die pragtige ooskus van Paradysstrand, naby Jeffreysbaai. Die argitiekbeplande oopplan-huis bied onafgebroke panoramiese uitsig op die see en strand terwyl jy ontspan in die weelderige gemak van hierdie viersterverblyfplek.

Moya Manzi-gastehuis is geleë in ‘n cul-de-sac in ‘n stil residensiële area op die strand. Die gastehuis bied ‘n verhitte swembad, jacuzzi, uitgelegde tuin en patio’s waar jy kan ontspan en die asemrowende uitsig indrink.

Akkommodasie Die ruim en weelderige dubbelgastekamers spog almal met patio’s met ‘n 180° panoramiese see-uitsig en glyglasdeure by die patio’s.• 2 eenhede – ekstra lengte koningsgrootte beddens (badkamers en suite)• 1 eenheid – ekstra lengte koningingrootte bed (badkamer en suite)

Alle kamers is toegerus met• Haardroër• Hittepaneel• Digitale Skootrekenaar-kluis• Tee/koffiemaak-fasiliteite• Kroegyskas• Bestuurslessenaars• ADSL-draadlose internettoegang• Topgehalte kwaliteit bedlinne en duvet• Platskermtelevisies

• Wonderlike see-uitsig• Weelderige meublement• En suite-badkamers• Verhitte handdoekrelings

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0) 42 292 0780Web: www.moyamanzi.co.za

Page 21: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

yEKElElA PlAy AND GuEst fARM – JiKElEzA-ROEtE – OOsKusOORDE

Yekelela Play and Guest Farm is ‘n vakansieoord gemik op gesinne met kinders.

Die eienaars van die plaas, Patrick en Barbara Whitward, skep ‘n omgewing waar kinders gelukkig is en vermaak word sodat hulle ouers kan ontspan en weer met mekaar verbind om so ‘n vakansie vol pret vir die hele gesin te besorg.

Yekelela Play and Guest Farm bied aan:

• Selfsorgakkommodasie• Kampering• Speelgrond met klein liefkoosplasie• Teehuis met kroegfasiliteite• Wandelpaaie en damme (120 ha)

Kontakbesonderhede:Telefoon: +27 (0)437 385 376Selfoon: +27 (0)769 702 402Selfoon: +27 (0)761 917 220E-pos: [email protected]: www.yekelela.co.za

OOs-lONDEN iNtERNAsiONAlE KONvENsiEsENtRuM EN PREMiER hOtEl cAscADEs Die nuutste toevoeging tot die Premier Hotels & Oorde-versameling is ‘n welkome alternatief tot die bestaande Konvensie en Uitstalling-portefeulje in Suid-Afrika en is geleë in Oos-Londen, ‘n ideale posisie in terme van beide toeganklikheid en klimaat en binne loopafstand van ‘n aantal kusfronthotelle.

Die nuwe Oos-Londen Internasionale Konvensiesentrum (ELICC) bied 28 funksieplekke, wat wissel van BBP-eenhede tot ‘n ouditorium met 600 permanente sitplekke en amper 2000 m eksklusief vir uitstalspasie aangewys. Verder bied die aangrensende 254 kamers, nuutgeboude vierstel- Premier Hotel Cascades en die bestaande 175-kamers driester- Premier Hotel East London ideale akkommodasie-opsies op die terrein.

Die ELICC-besprekings is nou oop – so vir ‘n asemteug vars (see)lug kan jy gerus ons verkoopspan kontak byTel. +27(0)43 709 5050 vir hulp met u volgende gebeurtenis.

MOuNt cAMDEbOO-PRivAtE WilDREsERvAAt – GRAAff REiNEt Daar is ‘n plek, halfpad tussen die gejaag van Johannesburg en die drukte van Kaapstad, waar jy jou asem kan terugkry en sinkroniseer met die hartklop van die natuur... ‘n 14 000 ha-wildreservaat wat bakhand in die palm van die Sneeuberge, naby Graaff-Reinet in die hart van Suid-Afrika se Groot Karoo, lê. So grasieus en pragtig soos die landskap self, bied Mount Camdeboo-private wildreservaat ‘n rustige leuenstoel vanwaar gaste die sielsverrykende gevoel van vrede kan indrink.

• Rus, lees, haal jou waterverf uit en skilder• Stap, ry, klim in ons helikopter en vlieg• Neem waar, spioeneer, neem in: die maniere waarop die

wildsbokke en geheimsinnige cheetah vreet, die arend in die

lug sweef en die rustige kameelperde...• Laat jou oë gaan oor, verlustig jou brein, vier fees met goeie wyn

en heerlike tuisgemaakte kos.• Dit is die perfekte plek.

Gaan op ‘n vroegoggend- of luilekker middagwildrit, voel die grond onder jou voete op ‘n begeleide stap of verlustig jou in ‘n vroegaandpiekniek en staan verwonder oor die pragtige Karoo-sonsondergang. Op ‘n Mount Camdeboo-uitstappie sal gaste waarskynlik troppe wildsbokke en bergsebra teëkom, sowel as kameelperde, renosters, cheetahs en buffels, om maar net ‘n paar te noem.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0) 49 891 0570Faks: +27 (0) 49 892 3362 E-pos: [email protected]: www.mountcamdeboo.com

Page 22: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

OystERbOx bEAch hOusE – KENtON-ON-sEA Weelderige seekus-vakansieakkommodasie in Suid-AfrikaThe Oyster Box Beach House weelderige vakansievilla is geleë in die sonnige Oos-Kaap van Suid-Afrika in die veilige en rustige kusdorpie Kenton-on-Sea. Die daagliks gedienste strandhuis het een van die mees skouspelagtige uitsigte op die Suid-Afrikaanse kuslyn met myle ongeskonde strande en sonsondergange om te geniet van die nimmereindigende swembad op die dek. En dit is net ‘n oornagrit van Europa met maklike reisverbindings.

Stylvolle wittebroodbestemming en naweekwegbreekplek• Lê in die bed terwyl jy die walvisse in seisoen dophou• Ontspan op die lêstoele rondom die nimmereindigende swembad

• Geniet ‘n persoonlik voorbereide kersligaandete op ‘n private balkon• Ervaar die aktiwiteite van een van ons spesiale pakkette

Kom ontspan in ‘n vakansievilla versier met aandag aan detail, tog rustig en stylvol. Bederf jouself met eksklusiwiteit en privaatheid deur die hele huis vir jouself te hê vir verstommende waarde, of ons kan jou op ‘n daaglikse bed-en-ontbyt-basis akkommodeer.

Perfekte gesinsvakansie - volledige huis-huur Ons bekostigbare tariewe sal aan al jou behoeftes voldoen, van ‘n bed en ontbyt-suite tot ‘n hele huis villahuur tot spesiale pakkette met opwindende dagsafari’s ingesluit

Kontakbesonderhede:E-pos: [email protected]: +27 721 594 805Tel: +27 46 648 3466 Web: www.theoysterboxbeachhouse.co.za

thE OystER shAcK The Oyster Shack is geleë oorkant die pad van sy groot suster, The Oyster Box Beach House.

The Oyster Shack is perfek ontwerp met ongelooflike detail en uitstekende kwaliteit. Dit het ‘n wonderlike gevoel en alles wat jy mag nodig kry vir ‘n luukse vakansie. Die plek is eenvoudig idillies, met geluide van voëls en die see. Stap binne minute na ongerepte strande. The Oyster Shack het 4 slaapkamers en daar kan 8 persone in slaap.

Beskrywing van Fasiliteite• Luukse meublemente / 100% perkale katoenlakens / Mungo

katoenhanddoeke• Swembad met swemhanddoeke ingesluit / buitestort• 2 groot plasma-TV’s met volle DSTV / WiFi• 2 buite-braaiareas (alle braaitoerusting word voorsien)• Daagliks gediens• Ten volle toegeruste moderne kombuis / handgemaakte eetware

Kontakbesonderhede:E-pos: [email protected]: +27 721 594 805Tel: +27 46 648 3466 Web: www.theoysterboxbeachhouse.co.za

RivER ROOst – sElfsORG EN b&O – KENtON-ON-sEA Welkom by jou tuiste-van-tuisteVerloor jou hart heeltemal op ‘n wonderlike en uiters buitengewone romantiese wegsteekplek.

SelfsorgVyf minute van die Kenton-on-Sea –strande is ons selfsorgkothuise genestel tussen die eeue oue broodbome met oorvloedige voëllewe. Reg op die Boesmansrivier, bied dit die ongelooflikste uitsigte op die rivier en die see daaragter.

Bed & OntbytOns bed & ontbyt-akkommodasie word aangebied in die Franse Provencaalse styl hoofhuis, volledig met plaashuiskombuis, leeskamer en waterval wat in die rotsswembad stort.

Page 23: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

DiE sONsKyNKus, OOs-KAAP, suiD-AfRiKA

Die pragtige Oos-Kaapse strande aan die Sonskynkus is net 3 km van River Roost af. Visvang en krapvang kan ervaar word op die Boesmansrivier, vanaf ons private kaai en Groot 5-Afrika-wildbesigtigingsafari’s is baie naby. Vir die meer avontuurlustiges is daar uitstekende branderry, windbranderry en vlieërbranderry enkele minute weg.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0)46 648 2850 Sel: 082 653 5643 E-pos: [email protected]: www.riverroost.co.za

My POND hOtEl – PORt AlfRED Port Alfred, geleë in die hart van die Oos-Kaapse Sonskynkus bied ‘n heerlike gematigde klimaat, lang, ongerepte strande, ‘n bruisende dorpsatmosfeer, wonderlike branderry, malariavrye wildreservate, puik gholf, ‘n prentjiemooi hawe.

‘n Wonderlike luukse ervaring in die dorp kan gevind word in die nuut ontwikkelde My Pond Hotel. Die hotel bied rivieroewer-eenhede, my pond-kamers en ‘n lieflike wittebroodsuite. Die kamers is toegerus met ‘n kluis vir jou waardevolle items, 10 DSTV-kanale, WiFi-Internet-toegang, iPod-stasie... My Pond het genoeg ruimte vir jou drome.

Verskeie pakkette word aangebied, wat wissel van gholf-wegbreke tot ‘n wittebroodbederf. Die hotel bied ‘n restaurant, konferensiefasiliteite en ‘n spa & gim-fasiliteit.

Tel: +27 (0) 46 624 4626Faks: +27 (0) 46 624 4628Email: [email protected]: www.mypondhotel.com

DuNGbEEtlE RivER lODGE – cOlchEstER – ADDO suiDEliKE hEKiNGANG Dungbeetle River Lodge-gastehuis is jou toegangspunt na die wêreldbekende Addo Olifant Nasionale Park en sommige van die mooiste wildreservate in die Oos-Kaap. Die lodge is op die oewer van die Sondagsrivier, 4 km van die nuwe Addo Olifant Nasionale Park se suidelike ingang/ N2 geleë en het ‘n wonderlike dek met swiepende rivieruitsigte en is die perfekte agtergrond vir Groot 5-wildbesigtiging. Die gastehuis is as 4-ster gegradeer en bied bed en ontbyt-akkommodasie naby Addo in 6 moderne, stylvol versierde safaristyl en suite-kamers.

Dungbeetle aktiwiteite sluit in: • Voldagtoere tot in Addo Olifant Nasionale Park (Groot 5, met

gekwalifiseerde wildgidse).• Voetslaan oor die beroemde Alexandria duinvelde• Olifantry• Middag en aandsafari’s op private wildreservate. Leeus

raaksien is amper gewaarborg!• Veerbootritte op die Sondagsrivier• Kanovaart & Voëlkyk

Kontakbesonderhede: Tel: +27 (0)41 468 0091 Sel: +27 (0)82 6555 322 E-pos: [email protected] Web: www.dungbeetle.co.za

Page 24: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Kom deel in die ondervinding van hierdie bekende landmerk in Stutterheim. Luister na die stories van vergange dae, in ‘n vriendelike omgewing aan die voet van die ongerepte inheemse Kologha-bos met sy magiese watervalle, en verwonder jouself!

Eagles Ridge is waar kuns, kultuur, gasvryheid en ontwikkeling harmonie vind in ‘n vriendelike, verwelkomende omgewing. Ons bied besoekers ‘n onvergeetlike ondervinding en ‘n geleentheid om te herstel in een van Stutterheim se mees betowerende omgewings met ‘n onverbeterbare uitsig en nabyheid aan die inheemse bos. Ineengeweef met die rustieke landelike karakter van Eagles Ridge is daar ‘n Xhosa-invloed, wat op die oppervlak gewoon esteties mag lyk, maar op ‘n dieper vlak ‘n huldiging van die Xhosakultuur, inheems aan ons area, is.

Jy word uitgenooi na ons slingerende tuin met grasperke wat neerswiep tot by ‘n moeras voëlskuilplek, waar die vreedsaamheid regtig voelbaar is en waar buitekeramiek-kunswerke langs die pad

besigtig kan word.

Ons gelisensieerde restaurant-kunsgalery bedien liefdevol voorbereide Euro-Afrikaanse “fusion”-disse, gekomplementeer deur vars, organiese, seisoenale groente uit ons tuin wanneer dit ook al moontlik is. Die kuns wat uitgestal word, is meestal plaaslik gemaak en sluit baie van die keramiekskeppings van die Free Wings Art Studio in.

Eagles Ridge bied ‘n seleksie van akkommodasie-eenhede. Elke eenheid is individueel versier en het ‘n unieke styl, maar bied tog deurgaans toegang tot dieselfde geriewe.

Die dekor van die kamers moet spesiaal vermeld word, aangesien elke eenheid sy eie, unieke flair en karakter het. Terwyl die styl kunstig met ‘n bietjie eksentriekheid is, is daar deurgaans ‘n etniese gevoel sonder om die gemaksfaktor te verminder, aangesien dit uiteindelik die belangrikste vir ons is. Elke badkamer is kunstig uitgeskulp of gekerf en word verlewendig deur mosaëekkuns deur

kunstenaar Coenie Strydom. Hierdie mure vertel elkeen sy eie misterieuse storie.

Die snoesige ruimtes...Wittebroodsuite met en suite-badkamer en balkon wat op die bos uitkyk. Hierdie kamer is deel van die boonste eenhede en is die mooiste van ons kamers, met ‘n onafgebroke uitsig op die bos. Hierdie kamer het ook ‘n intieme sitkamer om in privaatheid terug te sit voor ‘n warm vuur in die winter.

Nog twee ruim en suite-dubbelkamers bied boonste vertrekke met ‘n fantastiese uitsig op die tuine en bergbos. Al die boonste kamers het toegang tot ‘n televisiesitkamer.

Ruim grasrondawels sluit vyf dubbelbedkamers en 6 kamers met twee enkelbeddens in, geplaas in ‘n ouwêreldse dorpie-styl, tussen die tuin en bome.

Aantreklikhede en aktiwiteite:• Troues • Free Wings Art Studio• Tromslaan- en meditasieklasse• Tradisionele seremonies• Motorfietstoere• Afrika-brand-die-pot-ritueel• Jaareindfunksies en aandetes

Kontakbesonderhede: 043 683 2381 043 683 2381 079 932 1670 Web: www.eaglesridge.co.za

EAGlEs RiDGE cOuNtRy hOtEl – stuttERhEiM

Page 25: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Rippon’s Safari Lodge, is ‘n nuwe en opwindende landmerk in die Oos-Kaap, een van Suid-Afrika se top wildbesigtigingsareas – ‘n lodge waar plat op die aarde, bekostigbare luukse en ‘n respek vir die omgewing hand aan hand gaan – reg in die middel van sommige van die beste wildbesigtigingstreke in die omgewing.

Historiese Rippon’s Safari Lodge, oorspronklik ‘n setlaar se plaas, dateer uit die laat 1800’s, is perfek geleë reg langsaan die skouspelagtige Shamwari Wildreservaat. Daar is altesame 12 gastekamers in pragtig gerestoureerde geboue geleë in die middel van wonderlike tuine, reg op die drumpel van Suid-Afrika se bos, waar die “Groot Vyf” onder die diere is wat jy waarskynlik sal raaksien gedurende een van jou twee-keer-per-dag wildritte.

Goeie tuisgemaakte kos, ‘n ontspanne gesinsatmosfeer, sonnige swembaddens en skaduryke stoep – besoek Rippon’s en ontspan soos nog nooit tevore nie.

Rippon’s Safari Lodge het 12 gastekamers in geboue geleë rondom pragtige tuine van belangrike historiese belang.

Die hoofhuis waar jy die gemaklike kroeg, sitkamers en eetkamer sal vind, het ook twee besonder ruim en weelderige duplekseenhede. Elkeen het twee en suite-badkamers, ‘n sitkamer en vyf persone kan daarin slaap.

En as jy met vakansie is sonder kinders kan jy een van sewe slegsvolwasse tweeling- of dubbelkamers bespreek in die wonderlike Long Barn, wat eens die hoofskaapskeergebou was, met skouspelagtige uitsigte op die vallei en watergat met sy inwonende seekoei.

Net ‘n klein entjie van die Long Barn is daar ‘n fantastiese lang swembad, een van twee swembaddens op die eiendom, ideaal om die son in te drink.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0)21 6835499Email: [email protected]: www.ripponssafarilodge.com

RiPPONs sAfARi lODGE – lANGs shAMWARi PRivAtE WilDREsERvAAt

ARMiNEl hOtEl – hOGsbAcK Die Hogsback Arminel Hotel, geleë in die skilderagtige dorp Hogsback in die Amatola-berge van Suid-Afrika se Oos-Kaapse provinsie en Kat Leisure se weelderige bergwegbreek, is al vir geslagte lank ‘n gunstelingwegbreekplek en troubestemming.

Alle slaapkamers by die Hogsback Arminel Hotel is apart van die hotel se publieke areas en het almal televisie, ketels en verwarmers. Almal lei direk na die hotel se tuine en het hulle eie bedekte patio’s, party het ook ruim houtdekke.

Aktiwiteite by die hotel:Swembad – Die ontspannende omgewing van die swembad is die perfekte plek vir jou en jou gunstelingboek op ‘n lieflike somersdag! Daar is geen koste vir die gebruik van die swembad nie.

TennisDie Hogsback Arminel Hotel het fasiliteite vir tennisspelers en toerusting is beskikbaar (terugkrybare deposito is betaalbaar).

TuinstapVolg die paaie – of slenter net rond waar jy ook al wil heengaan. Die Hogsback Arminel Hotel se tienhektaartuin is een van sy gewildste aantreklikhede. Onthou om goeie stapskoene saam te bring, aangesien stap een van die gewildste aktiwiteite in Hogsback is.

VoёlkykHogsback is die tuiste van meer as 100 spesies. Wees op die uitkyk vir die Kaapse papegaai, die gekroonde neushoringvoël, die Knysna-loerie en die reusearend. Onthou om jou verkyker en veldgids te bring.

BordspeletjiesVir ‘n pretaand met vriende of familie, kry bordspeletjies soos skaak, backgammon, 30 Seconds en meer...

Befg FietsryDie ruwe terrein van Hogsback is perfek vir bergfietsry: dit is vuil, dit is modderig en dit sal jou van oor tot oor laat glimlag!Koste van motorfietsry: R30.00 per uurR100.00 per dag vir fietshuur en ‘n R100-00-deposito

Tel (Internasionaal) : +(27)45 962 1005E-pos: [email protected] Web: www.arminelhogsback.co.za

Page 26: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Jy sal die Hogsback Inn beskut tussen die bome van die Amatola-berge vind - een van die eerste plekke op die berg en wat sy naam kry van die dorp wat van sy boesem gegroei het.

Soos wat Hogsback uitgebrei het, so ook die Inn, wat nou spog met ‘n wonderlike moderne restaurant en dameskroeg, ultramoderne kombuis, fantastiese konferensiesentrum, om nie te praat van die weelderigste akkommodasie in die omgewing nie!

Die Hogsback Inn het sy plattelandse sjarme en elegansie behou, wat dit die landmerkplek gemaak het wat dit vandag is. Die hotelkamers is geleë in die hart van die Inn en jy kan kies tussen standaarddubbel en tweelingkamers, weelderige eenhede of

selfsorgkothuise wat ideaal vir gesinne is.

Die Hogsback Inn is ook geskik as ‘n plek om te trou, bied ‘n konferensiefasiliteit en is ideaal vir gesinne as gevolg van sy uitgebreide omgewing.

Kontakbesonderhede:Tel: +27(0)45 9621006E-pos: [email protected]: www.hogsbackinn.co.za

hOGsbAcK iNN – hOGsbAcK

bEAch bREAK, WEElDERiGE stRANDfRONtAKKOMMODAsiE – KAAP st fRANcis

Beach Break is weelderige vyfsterakkommodasie wat bestaan uit drie aparte villas geleë op die rante van die duine, dit kyk uit op die ongerepte Cape St Francis-strand tussen Seal Point- en Shark Point-natuurreservaat. Twaalf en suite-slaapkamers, stylvol gemeubileer, bied selfsorg- of bed en ontbyt-alternatiewe. Ontspan in gemaklike sitkamers, koel af in private swembaddens en die jacuzzi of neem ‘n wandeling deur een van die baie natuurreservate in en rondom Kaap St Francis.

Beach Break Villa is die grootste met vyf en-suite slaapkamers. Drie is dubbelkamers waarvan twee volle badkamers het terwyl twee ander tweelingkamers is, net met storte. Seagulls Song en Wave Warrior Villas het elk vier en suite-slaapkamers. Twee is seefront-dubbelkamers met volle badkamers terwyl die ander twee tweelingkamers met storte is.

Elke villa het die volgende fasiliteite:• Sitkamer met DSTV• Eetarea• Toesluitparkering• Braai• Yskas/vrieskas• Stoof• Skottelgoedwasmasjien• Balkon met see-uitsig• Swembad• Tee/koffiemaakfasiliteite

• Haardroërs• Patiolêstoele en stoele• Volledig toegerus vir selfsorg

Kontakbesonderhede: Tel: +27(0)42 2980054 +27(0)82 4943755 [email protected] www.capestfrancis.co.za www.beachbreak.co.za

Page 27: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

MbOtyi RivER lODGE – lusiKisiKi – WilDEKus – hARt vAN PONDOlAND Pondoland se bes bewaarde geheim is geleë by die mond van die Mbotyi-rivier getymonding aan Suid-Afrika se Wildekus. Mbotyi River Lodge lê knus tussen die golwende heuwels, weelderige tropiese bos en die warm Indiese Oseaan. Hierdie unieke en pragtige Wildekus-oord is die perfekte plek vir ‘n vreedsame, rustige vakansie of vir die avonturier om die baie verstommende en wilde skatte wat hierdie kus bied, te ervaar.

Hierdie skatte sluit die verstommende Ntsubane-bos met sy oorvloedige voëllewe, stortende watervalle in diep afgronde, gevul met fauna en flora in, wonderlike strande, golwende grasheuwels gestippel met die tradisionele hutte van die Pondo-mense, wat volgens hulle kultuur leef, amper glad nie beënvloed deur die moderne leefstyl nie.

Mbotyi River Lodge het pragtige see- en meerfrontkamers elk met sy eie unieke uitsig en ambiance. Of jy die landelike gras- of die houthutte verkies, die kamers is gemaklik, modern en snoesig met en suite-badkamers. Die 12 opgegradeerde houthutte het lugversorging, televisies en yskaste.

KARiEGA PRivAtE WilDREsERvAAt – RivER lODGE

River Lodge is uitsonderlik. Daar is 10 ruim, lugversorgde

en smaakvol gemeubileerde grasdakeenhede wat langs die oewers van die Boesmansrivier kronkel en die punteneurigste gas weelderige vrede en rustigheid bied. Gaste kan ‘n stil plekkie vind in een van die sitkamers, blaai deur ‘n boek in die biblioteek, ontspan by die swembad of neem die omgewing in van die wonderlike dek wat oor die rivier gaan. Unieke kenmerke sluit uitstekende visvang en krapvang in.

Die lodge, genestel op die oewers van die Boesmansrivier, is uniek deurdat dit die Groot 5-wildreservaat aan die see verbind. Ons opsionele daaglikse veerbootritte neem gaste deur die sonderlinge dorpie, Kenton-on-Sea na sy prentjiemooi en gebruikersvriendelike strande.

Lodge-slaapkamers Daar is 10 ruim, weelderig gemeubileerde, en suite-grasdakeenhede.

Almal lugversorg met ‘n oorhoofse waaier. Gaste kan ontspan, na wild kyk en die ongelooflike vistas van hulle private patio’s inneem.

Kamerfasiliteite• Koningsgrootte bed (kan opgemaak word as ‘n tweelingbed)• En suite-badkamer• Binnestort en swierige bad• Dubbele grimeerwasbak• Lugversorg• Lugversorging en oorhoofse waaier• Mini-kroeg• Internetverbinding (by ontvangs)• Kluis en telefoon• Private uitsigpatio Kontakbesonderhede: Tel: +27 (0)46 636-7904 E-pos: [email protected] Web: www.kariega.co.za

KARiEGA PRivAtE WilDREsERvAAt – thE hOMEstEAD (DiE OPstAl)

The Homestead is ‘n private lodge wat sy gaste al die gemak,

gerief en weelde van ‘n eie huis bied. Met ‘n toegekende wildbewaarder en chef het gaste die buigsaamheid om hulle dag te beplan volgens hulle eie spesifieke behoeftes. The Homestead is geleë in ‘n afgeleë en private deel van die reservaat. Met vyf ruim slaapkamers, almal en suite, ‘n kroeg, swembad, satelliet-TV, speelkamer vir kinders en skouspelagtige uitsigte is dit die perfekte lodge vir die uitsluitlike gebruik deur ‘n groep of gesin of tot 10 persone.

The Homestead-slaapkamers• 5 ruim en gemaklike slaapkamers• Oorhoofse waaiers• En suite-badkamers met ruim storte• Koningsgrootte beddens (wat as tweelingbeddens opgemaak

kan word)

The Homestead-fasiliteite• Kroegsitkamer met satelliet-TV en kaggel• Hoofkombuis• Vertoonkombuis• Eetkamer en sitkamer met kaggel• Buitelugboma• Buitepatio• Swembad• Kinderspeelkamer• Waskamer• Internetverbinding• Telefoon contact Details: Tel: +27 (0)46 636-7904 Email: [email protected] Web: www.kariega.co.za

Page 28: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Die perfekte kombinasie tussen ‘n koloniale en boservaring. Perfek vir gesinne of klein groepe. Met Afrika-reis wat ‘n gesinsaak word, sal Shamwari Wildreservaat binnekort Sarili open, ‘n nuwe luukse lodge eksklusief vir gesinne. Dit is ‘n omgewingsvriendelike private Afrika grasdak- ontwerpte villa met ‘n ruim dek wat oor die Boesmansrivier met sy uitgestrekte uitsigte op die vlaktes uitkyk, geleë in die suidelike deel van die reservaat. Die dekor boots ‘n ou tradisionele plaashuis met ‘n gemaklike huisleefstyl in ‘n natuurlike omgewing na.

Die lodge bestaan uit vyf suites en kan ‘n maksimum van 10 gaste huisves. Die lodge bevat ‘n kindervriendelike swembad, eetkamer en sitkamerareas, binnehofbraaiarea en spesiale kinderspyskaart. Kinderoppassers is

beskikbaar teen ‘n addisionele koste. Shamwari bied ‘n spesiale “Kinders op Safari”-program aan waar kinders van 4 jaar en ouer die kans van ‘n leeftyd het om die Groot 5 te sien, ‘n spesiale opvoedkundige film te kyk en die Born Free Stigting en Shamwari Wildlewe rehabilitasiesentrum te sien. Sarili Lodge werk onafhanklik, met ‘n volle personeelkomplement, insluitende sy eie bestuurspan, chefbrigade, gashere en gasvrouens en ervare veldgidse. Aandete word alternatiewelik tussen die binne- en buitefasiliteite aangebied, volgens wat die weer toelaat.

Akkommodasie by Sarili Lodge3 koningsgrootte slaapkamers2 slaapkamers met tweelingbeddensPrivate minikroeëPrivate patio/balkon

LugversorgingInternasionale telefoonTee/koffiemaakfasiliteiteEn suite-badkamerElektroniese kluisHaardroërGeënstalleerde internasionale aansluitmuurproppe

Facilities and ServicesBar / Lounge area with fireplaceDining AreaSwimming Pool with shallow area (cold)

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0)41 407 1000 Web: www.shamwari.com

shAMWARi PRivAtE WilDREsERvAAt – sARili lODGE – PAtERsON-AREA

PuMbA PRivAtE WilDREsERvAAt Laat jou gees ontwaak deur na die wilde en betowerende Afrika-safaribesteming, dit is Pumba private wildreservaat, te ontsnap. Hierdie juweel, genestel in die hart van die malariavrye Oos-Kaap, bied die heel beste Afrika-safari-weelde –gekombineer met welige, asembenewende bos, grasvelde, en natuurlik, die formidabele Groot Vyf. Net wanneer jy dink dat jy hulle almal gesien het, is daar nog een pragtige spesie vir jou om by Pumba Wildreservaat te sien. Die bedreigde en majestueuse wit leeus – hulle sal jou asem wegslaan.

Pumba private wildreservaat bied weelderige vyfsterakkommodasie by een van twee intieme en betowerende lodges. Elke idilliese chalet is heeltemal privaat en volledig met eie swembaddens geraam deur houtdekke en buitestorte... net die apies en die seekoeie sal jou hier dophou. Elke chalet is ontwerp en versier deur individuele en natuurlike materiale te gebruik wat verskillende aspekte van die Afrika-natuur en wildlewe uitbeeld en jou indompel in die gevoel dat jy een is met die onbesoedelde skoonheid wat jou omring. Wanneer jy uiteet, sal jy bederf word met ‘n verskeidenheid fynproewersafaridisse, alles voorberei deur ons passievolle vyfsterchefs wat na al jou individuele behoeftes sal omsien.

Ons het addisionele vertroeteling vir die gees, liggaam en siel by die Msenge Bush Lodge se sielspa, sowel as ons ten volle toegeruste gimnasium omring deur glas en uitgebou onder ‘n katedraal bome.

Dit is die hart en siel van wilde Afrika – dit is Pumba private wildreservaat.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0) 46 603 2000Webtuiste: www.pumbagamereserve.co.za

Die Wildekus is bekend vir wonderlike gesinsvakansies. Ons het verskeie aangrensende kamers vir gesinne, elk met eie fasiliteite. Al die kamers het óf ‘n balkon óf patio waar gaste kan sit en die geruis van die see of die geroep van die visarende hoor terwyl hulle die uitsig oor die bos, see of meer bewonder.

Mbotyi is ‘n avonturier se paradys. Dit is waarlik ‘n onderontwikkelde area en daar is ‘n avontuur om elke draai.Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0)82 674 1064Satelliet: +27 (0)39 253-7200Satelliet: +27 (0)39 253-7201E-pos: [email protected]: www.mbotyi.co.za

Page 29: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

Khusela, bekend aan sommige as “eenvoudig paradys” is uniek. Dit is ontwikkel as ‘n private bewaringsreservaat waar party van Suid-Afrika se mees bedreigde, bedreigde en beskermde spesies nou vry en veilig kan rondbeweeg sonder roofdiere. Die grasdak- Suid-Afrikaanse luukse villa is deur die internasionaal bekende argitek, Francois Thereon, vir die Engelse eienaars ontwerp en in 2006 voltooi. Die wildreservaat en villa is nou beskikbaar as ‘n eksklusiewe huurplek vir kieskeurige gaste wat na iets meer as ‘n toeristewildlodge of konvensionele villa soek vir hulle Suid-Afrikaanse luuksevakansie.

Khusela bied ‘n aantal wildbesigtigingsopsies. Ons ervare wildbewaarder sal jou aan die flora en fauna van die reservaat bekendstel deur wildritte en staproetes, op tye wat jou pas. Ons Toyota Landcruiser is toegerus om gaste vir wildritte te akkommodeer, alternatiewelik kan kleiner groepe die reservaat verken deur met ons tweesitplek 4 x 4-Yamaha Rhinos te ry wat altyd ‘n groot gunsteling is van almal! Daar is baie staproetes, wat wissel in moeilikheidsgraad – van die maklike paaie deur die veld na die steiler valleipaaie. Omdat daar geen roofdiere is nie, kan Khusela se gaste vryelik en onbegelei die wandelpaaie en paaie stap, wat ‘n unieke “Afrika-boservaring” bied, wat nie beskikbaar is by enige van die Groot Vyf-reservate nie, of hulle kan natuurlik die wildbewaarder vra om saam met hulle te gaan. Die wild is baie ontspanne met mense en dit lei daartoe dat mense dikwels naby ervarings met sommige van die diere het, beide te voet en in voertuie. Gaste kan die wildbewaarder vergesel op sy daaglikse besoeke aan ons versteekte kameralokvalle, wat die aktiwiteite van die nag openbaar – daar is geglo dat die ratel uitgesterf het in die area totdat ons hulle op ons kameras vasgevang het.

Die grasdakvilla is ontwerp om met die omringende bos saam te smelt en is geposisioneer om ten volle voordeel te trek uit die boog van die son. Die villa, omring deur ‘n omheinde tuin en gebou rondom ‘n sentrale oop binnehof nestel tussen Middle Ridge en Olive Ridge en verskaf ongelooflike uitsigte oor die kloof. Die 10 x 3 meter- klaarblyklik onomsoomde swembad is ‘n wonderlike

plek om roofvoëls dop te hou, sowel as om uitsigte te verskaf oor die veld, dam en kloof.

Khusela kombineer die gemak van tuisbly met die weelderigheid van ‘n private hotel.

Superieure slaapkamer (hoofslaapkamer)

Superkoningsgrootte bed, en suite met bad en stort, aantrekkamer, lugversorg, ondervloerverhitting, private sondek.

Superieure slaapkamer 2 (hoofgastekamer)

Superkoningsgrootte bed, en suite met bad en stort, lugversorg, ondervloerverhitting, private sondek.

Luukse slaapkamer 3 (dubbele kamer)

Superkoningsgrootte bed, en suite met stort, lugversorg, ondervloerverhitting, private sondek.

Luukse slaapkamer 4 (tweelingkamer)

En suite met stort, lugversorg, ondervloerverhitting, private sondek

Handdoeke en badjaponne saam met komplimentêre toiletware word in alle badkamers voorsien.

Beide die woonkamer en sitkamer is lugversorg en het oop houtvure vir die koeler winteraande. Satelliet-TV is beskikbaar in beide kamers sowel as “streamed music”. Kontakbesonderhede:In Suid-Afrika - Steve +27 (0) 768 976 640) of Julie (+27 (0) 820 819 589E-pos: [email protected] Web: www.theexclusivegamereserve.com

KhusElA PRivAtE WilDREsERvAAt

Page 30: HONOURARY - WordPress.com...• Tsitisikamma Nasionale Park – boswandeling en hangbrug • Besoek die Wolwetoevlugsoord. Nuttig aandete en oornag by jou akkommodasieplek.Dag 2 Na

KiNG EDWARD hOtEl – PORt ElizAbEth In die King Edward Hotel sal jy die oorspronklikheid en die outentiekheid van die Edwardiaanse Era ontdek, wat die tydperk was van innovering en om so baie redes verskaf daardie era inspirasie. Die goue era met sy elegansie word vasgevang in die hotel wat sedert 1903 terugdateer.

Die King Edward Hotel is naby die strand geleë, in die middel van ‘n historiese en kommersiële sentrum afgewissel met stadsentrale-voorstede en die historiese Donkin-reservaat in Port Elizabeth, Suid-Afrika. Mens kan die son van jou balkon af sien opkom oor die see, met pragtige uitsigte op die hawe. Rondom die King Edward Hotel is party van die mooiste wildreservate in die Oos-Kaap. Vir die sportliefhebbers, ons is net enkele minute weg van St George’s krieketstadion. Ons is ook die naaste hotel aan die Nelson Mandelabaai-stadion waar die 2010-FIFA-wêreldbeker aangebied is.

Alle kamers is toegerus met moderne geriewe. Ons restaurant spog met ‘n wye reeks disse, insluitende ‘n volle Engelse ontbyt. Ons is net 10 minute van die lughawe met ‘n gratis pendeldiens. Die King Edward Hotel het 100 kamers. Al die kamers is intiem versier met klassieke herinnerings sonder om die mees moderne en gesofistikeerde ontwerp te vergeet.

Enkel-, dubbel en gesinskamers is toegerus met die volgende:Volle badkamer/ lugversorging / Verwarming / Haardroër/ Klokradio / Telefoon / wakkerbeldiens/ satelliet-TV/ Bewaarkluis/ Tee- en koffiemaak-fasiliteite/ kamerdiens/ wasgoed- en droogskoonmaakdienste / koerante

Die King Edward Hotel bied ‘n buigsame, behoeftegerigte benadering om konferensies en bankette vir tot 500 gaste te organiseer. Funksies kan die volgende insluit: troues, spanbou, skoonheidskompetisies, uitstallings, vergaderings en tema-aande.

Kontakbesonderhede:Tel: +27 (0)41 586 2056Faks: +27 (0)41 586 4925E-pos: [email protected]: www.kingedwardhotel.co.za