jaargang 8 uitgawe 6 streeks - sawa · verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee....

4
1 Kamp datums vir 2017 Faan Meintjies ( S ) ............. 27 - 29 Jan Aasvoêlkrans (G) ................ 24 - 26 Febr KDP Wildtuin ……………… 24 - 28 Mrt Presidente (Klipdraai ) ……. 13 –17 Apr Buffelspoort ( S ) …………. 19 - 21 Mei Leeudoringstad ( S) ….. 23 - 25 Jun ( S) ………… 07-09 Jul Klub Louico (AJV) ………. 25 - 27 Aug Wesvalia (S ) …………. 22 - 25 Sept Kongres) ……… 13—15 Okt Parys (S) ……..…… 27 - 29 Okt Louico ( S) - Afsluiting) …… 24 - 26 Nov VCP (S) ………………… 01— 03 Des Belangrike Verjaarsdae 8 Jan …...Rista Pretorius 16 Jan ….. Mouton Pretorius 31 Jan ….. Liesbet Broodryk 2 Mrt ….. Daan Basson 27 Mrt ….. Daan Jacobs 9 Jun …. Faan j v Rensburg 4 Aug ….. Jan Broodryk 9 Aug Eliza j v Rensburg 6 Sept .. Eurika Gouws 23 Sept .. Laetitia Gouws 27 Sept .. Nita van Heerden 14 Okt …. Jaco Gouws 14 Okt …. Johann Gouws 7 Nov …. Herman van Heerden Publieke Vakansie dae 01 Mei ….. Werkersdag 02 Mei ….. Openbare Vakansiedag 16 Junie ….. Jeugdag 9 Aug ….. Vrouedag 24 Sept ….. Erfenisdag 16 Des ….. Versoeningsdag 25 Des ….. Kersdag 26 Des ….. Gesinsdag Streeks - Dagbestuur Voorsitter : Jaco Gouws - Sel nr. 0833974277 Ondervoorsitter : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Penningmeester : Johann Gouws - Sel nr. 0824173583 Redaksie : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Sekretaresse : Laetitia Gouws - Sel nr. 0829580860 Snr. Burger Sameroeper: Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412 Addisionele lid : Faan Janse van Rensburg - Sel nr. 0833821571 Addisionele lid : Mouton Pretorius - Sel nr. 0832876586 Jaargang 8 Uitgawe 6 Jul. 2017 Leeudoringstad - Winter kamp Dis die middel van die jaar en voel soos gister toe ons tot laatnag wakker gebly het om die nuwe jaar in te wag met vrolikheid, musiek, sang en blydskap. Wat die jaar verder vir ons inhou, sal net Onse GOD en Vader weet, maar ons is nie bekommerd nie! Al kom die laaste gedeelte van 2017- ons sien daarna uit! Korter nagte en langer dae ons sien uit na die warmer dae – jippie !! Maande se beplanning begin vorm aanneem, hoe nader ons aan ons jaarlikse koue-naweek - winterskamp - datum kom. “Julle wat in die winter gaan uitkamp - en dan nogal langs die rivier – julle moet jul koppe laat lees!!!”, is die aanmerkings wat ons hoor - maar kamp gaan ons kamp !! Vrydag : Vroeg oggend, met die winters sonnetjie wat flou skyn, loop ons met eet- goed, klere en baie komberse tussen huis en woonwa. Ons moet net oppas om nie vir Plassie raak trap nie - sy weet wat gebeur en sy wil saam gaan kamp ! Vroeg druk ons die kar se neus in die wind na Leeudoringstad, Plassie bestudeer die pad en landskap so staan-staan tussen die twee voorste sitplekke. Die pad is kort en ons arriveer gou by die kampterrein op die plaas langs die Vaalrivier. Da- delik word die karavaan staan gemaak en alles uitgepak. So tussen die uitpak, kook die water vir warm moer koffie – stoele word oopgevou en val ons daarin sodat ons lui-lui die middag kan ingaan. Herman en Nita kan nie glo dat hulle die keer eerste by die kampplek is nie. Dawid, Ester en Mouton, Rista en hulle gesinne arriveer, vinnig voordat jy mes kan sê is hulle klaar opgeslaan – ons almal stoot Dawid se karavaan (met moeite!) vorentoe (met die handbriek aan! ) voordat dié jocky wiel in n gat beland en ons besluit om dit netso te los – heelwat later. Karavaan opgeslaan langs rivier Rustig langs Vaal rivier Nita lees Kindel - lui lekker vrydag middag

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaargang 8 Uitgawe 6 Streeks - SAWA · verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei,

1

Kamp datums vir 2017

Faan Meintjies ( S ) ............. 27 - 29 Jan

Aasvoêlkrans (G) ................ 24 - 26 Febr

KDP Wildtuin ……………… 24 - 28 Mrt

Presidente (Klipdraai ) ……. 13 –17 Apr

Buffelspoort ( S ) …………. 19 - 21 Mei

Leeudoringstad ( S) ….. 23 - 25 Jun

( S) ………… 07-09 Jul

Klub Louico (AJV) ………. 25 - 27 Aug

Wesvalia (S ) …………. 22 - 25 Sept

Kongres) ……… 13—15 Okt

Parys (S) ……..…… 27 - 29 Okt

Louico ( S) - Afsluiting) …… 24 - 26 Nov

VCP (S) ………………… 01— 03 Des

Belangrike Verjaarsdae

8 Jan …...Rista Pretorius

16 Jan ….. Mouton Pretorius

31 Jan ….. Liesbet Broodryk

2 Mrt ….. Daan Basson

27 Mrt ….. Daan Jacobs

9 Jun …. Faan j v Rensburg

4 Aug ….. Jan Broodryk

9 Aug … Eliza j v Rensburg

6 Sept .. Eurika Gouws

23 Sept .. Laetitia Gouws

27 Sept .. Nita van Heerden

14 Okt …. Jaco Gouws

14 Okt …. Johann Gouws

7 Nov …. Herman van Heerden

Publieke Vakansie dae 01 Mei ….. Werkersdag

02 Mei ….. Openbare Vakansiedag

16 Junie ….. Jeugdag

9 Aug ….. Vrouedag

24 Sept ….. Erfenisdag

16 Des ….. Versoeningsdag

25 Des ….. Kersdag

26 Des ….. Gesinsdag

Streeks - Dagbestuur Voorsitter : Jaco Gouws - Sel nr. 0833974277

Ondervoorsitter : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Penningmeester : Johann Gouws - Sel nr. 0824173583

Redaksie : Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Sekretaresse : Laetitia Gouws - Sel nr. 0829580860

Snr. Burger Sameroeper: Herman van Heerden - Sel nr. 0747816412

Addisionele lid : Faan Janse van Rensburg - Sel nr. 0833821571

Addisionele lid : Mouton Pretorius - Sel nr. 0832876586

Jaargang 8 Uitgawe 6 Jul. 2017

Leeudoringstad - Winter kamp

Dis die middel van die jaar en voel soos gister toe ons tot laatnag wakker gebly het

om die nuwe jaar in te wag met vrolikheid, musiek, sang en blydskap. Wat die jaar verder vir ons inhou, sal net Onse GOD en Vader weet, maar ons is nie bekommerd nie! Al kom die laaste gedeelte van 2017- ons sien daarna uit! Korter nagte en langer dae ons sien uit na die warmer dae – jippie !! Maande se beplanning begin vorm aanneem, hoe nader ons aan ons jaarlikse koue-naweek- winterskamp - datum kom. “Julle wat in die winter gaan uitkamp - en dan nogal langs die rivier – julle moet jul koppe laat lees!!!”, is die aanmerkings wat ons hoor - maar kamp gaan ons kamp !!

Vrydag : Vroeg oggend, met die winters sonnetjie wat flou skyn, loop ons met eet-

goed, klere en baie komberse tussen huis en woonwa. Ons moet net oppas om nie vir Plassie raak trap nie - sy weet wat gebeur en sy wil saam gaan kamp ! Vroeg druk ons die kar se neus in die wind na Leeudoringstad, Plassie bestudeer die pad en landskap so staan-staan tussen die twee voorste sitplekke. Die pad is kort en ons arriveer gou by die kampterrein op die plaas langs die Vaalrivier. Da-delik word die karavaan staan gemaak en alles uitgepak. So tussen die uitpak, kook die water vir warm moer koffie – stoele word oopgevou en val ons daarin sodat ons lui-lui die middag kan ingaan. Herman en Nita kan nie glo dat hulle die keer eerste by die kampplek is nie.

Dawid, Ester en Mouton, Rista en hulle gesinne arriveer, vinnig voordat jy mes kan sê is hulle klaar opgeslaan – ons almal stoot Dawid se karavaan (met moeite!) vorentoe (met die handbriek aan! ) voordat dié jocky wiel in n gat beland en ons besluit om dit netso te los – heelwat later.

Karavaan opgeslaan langs rivier Rustig langs Vaal rivier Nita lees Kindel - lui lekker vrydag middag

Page 2: Jaargang 8 Uitgawe 6 Streeks - SAWA · verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei,

2

Rietspruitdam

Here on the banks of the Rietspruit Dam Recreation Resort you almost literally Camp with your feet in the water. The shady willow trees above your head and the lush green grass under your feet, make this resort a paradise for outdoor enthusi-asts. The camping stands spacious and equal, each having a braai, pow-er point and access to a water point. The ablution block is within walking distance of all the sites.

The dam's power supply for its clean water is the Eye of Schoonspruit and therefore ideal for fishing and water sport enthusiast. The resort also offers facilities like a swimming pool, kiosk, cycle path, recreation hall and a playground for the younger crowd.

Facilities 40 waterfront camping stands each with power point and braai

30 non-waterfront camping stands with power point

Upgraded spacious ablution facilities

Family bathrooms

Recreation Hall

Vehicle friendly slip for boats and jet skis

Kiosk

Inside warm water pool

Outdoor pool with slide

Playground

Water sports like jet-ski ride, ski and boating

Fishing

Bird watching

Indoor entertainment, trampo-line, table tennis, big screen

Kry Informasie vanaf - http://www.rietspruitdam.co.za/facilities_rietspruit.html

`n Rukkie later kom Pieter, Karina en hul gesin ook en baie gou is die kara-vaan op sy plek en al die tente opgeslaan. Later kom Laetitia met haar kroos ook daaraan en is bekommerd dat Jaco en sy tweeling broer met hulle karava-ne nie al hier is nie. Die vraag is nog in die lug toe arriveer die manne met die winterson wat vinnig besig is om verdwyn agter die horison.

Omtrent met die spoed van lig word die braai-area verlig met Mouton se boom lig. Die jongmanne bring die braaier en boma nader en die ander skuif weer hul stoele en tafels om die vuur. Dadelik verskyn iemand met vuurhoutjies wat die verskillende houtvure aan die brandsteek – met die donker kom die koue en raak dit tyd vir braai..Aan die een kant van die braaier is die braai kole reg en

die manne se braaitange swaai rond terwyl die verskillende vleissoorte omge-draai word. Die boma se vlamme lek hoog die lug en maak die omgewing lek-ker warm. Na ete vertrek die jonges na die grasdakhuis en die oues vandae skuif in rondom die boma vuur met ietsie warm of koud in hul hande terwyl daar lank en rustig gekuier word. Iemand vra hoe laat is dit en ons besef dis amper middernag – nag ou Grote.

Saterdag : Baie vroeg word sommige ouens wakker gemaak deur n

woefie wat wil gaan piepie, en staan dan ongeduldig en wag dat die hondjie klaar moet maak, want ons wil verder gaan slaap. Dawid kry n oproep van Renier af – hy was in n motorongeluk – dadelik vertrek Dawid en Ester na die ongelukstoneel – ons hou ons asems op vir verdere nuus. Oggendlig verskyn, en sommige van ons staan op , stort drink koffie en vertrek na die plaas waar die veteraan trekkers een vir een .“gestart “ word.. Met almal aan die gang word ons getrakteer met die heerlikste ontbyt denkbaar, in een van die opge-maakte store.

Dawid se Explorer Jockey wiel in gat Die Pretorius girls slaan toe oe op Karina en Nita gesels dik stukke

Ester en Laetitia kry baie koud Liezel en ma Eurika neem blaas kans Roedolf en Jaco - hard besig ?

Kampstories word vertel om vuur Jongklomp om Boma - soek hitte Jaco , Attie en Mouton besig om te Braai

Jaco - “kom julle ek wil ry !” Ontbyt vir `n Koning Trekkers ge- “start” wag om te ry

Page 3: Jaargang 8 Uitgawe 6 Streeks - SAWA · verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei,

3

NOG FOTO`S VAN NAWEEK KAMP

“Dis tyd” - sê die manne- en dié wat wil saam ry, moet op die sleepwaens, wat vol wit mielies is, klim. Daar stoot die swart rook al uit die uitlaat pype. Twintig kilometers se op-winding wat voorlê!. Die nege veteraantrekkers, met volgelaaide sleepwaens, is gewillig, om ten spyte van hul ouderdom, nog te sorg vir opwinding - want die vinniges steek die ander stadiger trekkers verby. Met ± 10 kilometers agter die blad gaan ons Jannie Gouws, wat van die plaashuis begin draf het, verby – hy wink en ons laai hom op. ”Dis genoeg vir die dag, ek ry nou verder saam.” sê hy. By die graansilo’s klim ons passasiers af, word die waens geweeg, leeg gemaak en weer geweeg... ons wa het `n volle 5.2 ton mielies gelewer, baie dankie!

Met almal afgelaai, staan die veteraan trekkers saam met die silo personeel reg vir n foto. Dan begin die terugtog – oop en toe plaas toe! . By die plaas word al die veteraan trekkers met sleepwaens gebêre en die vure aangesteek. Ons word getrakteer op lekker braaivleis en slaai. n Middagete uit die boonste rakke! Essie, Linda en Porra Esterhuizen verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei, sien ons dat top chefs Swanepoel en Ford besig is om `n nr. 10 potjie te vul met hoender stuk-ke en groente. Die son sak laag toe ons geleentheid kry om van die heerlikste hoender-potjie, slaaie en brood in te skep. Manne kreun want die kos is baie lekker, smaaklik en onverbeterlik! – komplimente aan die chefs. Weereens gaan die jonges na die grasdak en die volwassenes skuif in rondom die boma met ietsie warm of koud in hul hande Daar word lank en rustig gekuier totdat dit tyd word vir slaap – “nag Dawid,.... nag Ester,..... nag Jaco, ..... nag Mouton, .... nag Eurika, ...,. nag Pieter, .... nag John-boy!”

Sondag : Sommige van ons probeer laat slaap, ander durf die koue ablusieblok aan

vir stort, Dawid en Mouton stook die vuur sodat ons hitte kan kry om die oggendkoue te help verdryf. Soos die ouens gereed maak, kom hulle een-een nader, met koffie bekers (of n bier) en kuier saam om dié warm boma. Gas “burner” word onder die hoenderpotjie aan die brand gesteek om dit warm te maak. Die dames kry die bykosse bymekaar. Na ete vergader almal rondom die warm boma vir die afsluiting. Jaco neem die afsluiting waar – hy bedank Onse Hemelse Vader asook almal vir hul teen-woordigheid en almal wat bygedra het om van die naweek so n groot sukses te maak! Alles: van vuurmaak, vleisbraai, slaai voorberei, potjie maak, hout gaan haal, karavane opslaan en om almal te laat lag het, baie dankie daarvoor! Jaco sluit met gebed af.

Jaco het ons almal weereens uitgenooi na die volgende kamp, te Louico ( par-ty het gevra ons moet kyk na ander kampterreine - indien moontlik ). Dié kamp sluit ons jaarlikse AJV in, maar die nie- lede is ook welkom om die kamp by te woon (hulle is mos nie- betalende lede ) . Die kamp sal plaasvind gedurende die naweek van die 25-27 Augustus 2017. Die kamp terrein sal nog aangekondig word. Ai die afslaan en wegpak bly maar nie lekker nie, maar moet gedoen word. Almal

wag totdat al die karavane gehak is – toe word daar gegroet. Mooi ry en Bly ! .

Wit mielies word afgelaai Jannie die fikse “ dice “ons trekker Lekker sag sit ons op die wit mielies

Michaela,Liezel , Nadine vol mielie pitte

Herman - “ stadig kerels verkeer voor”

Lenise, Mizelle, Jannie, Nedine trek hitte van vuur.

Wie is wie - Is dit eerste Johann of Jaco ?

Jaag né en dan oor n vaste wit streep ook !

Karina, Chloé met Pieter , vroeg oggend

Eurika gee aandag aan Plassie Vis is gevang en pan gebraai - Lekker ! n Hoenderpot 1000

dankie Pieter Dawid

Bykosse vir `n Koning - dankie Dames

ONS RYKDOM - wat geld nie kan koop nie

Page 4: Jaargang 8 Uitgawe 6 Streeks - SAWA · verras ons met n aangename besoek en drink saam met ons tee. Terug by die kamp, waar van ons vriende agtergebly het, om aandete voor te berei,

4

World Para Athletics Championships14-23 July

Liezel Gouws gaan aan die

Wereld Spele vir

gestremde atlete in Lond-

en deelneem. Die byeen-

koms word vanjaar vir die

agtste keer aangebied

sedert die eerste spele in

Duitsland in 1994

plaasgevind het. Daarna is dit by die volgende lande aange-

bied.

Sy het haar eerste Internationale byeenkoms in 2013 in

Frankryk deelgeneem waar sy die vierde plek in die 400m

finaal behaal het. Op daardie stadium was sy slegs 14 jaar

oud en moes teen wereld kampioene regoor die wereld

meeding.

In 2015 was sy weer deel van die Suid Afrikaanse span wat in

Doha Qatar gaan deelneem het. Ongelukkig moes sy ontrek

aangesien sy n groot voet operasie moes ondergaan. Dit het

haar n groot terugslag gegee en sy moes weer van voor af

terug baklei om by die wereld standaard tye aan te pas.

In 2016 is sy gekies om Suid Afrika by die Paralimpiese Spele

in Rio te teenwoordig. Alhoewel sy nie n medalja kon huis

toe bring nie was dit vir haar baie goeie ondervinding om

weer teen die wereld se beste atlete te kon meeding.

Sy het in albei haar items in die finaal gekwalifiseerg en alge-

heel agste in die 100m en sewende in die 400m ge eindig.

Haar gunsteling item is eintlik die 800m maar word ongeluk-

kig nie in haar klas internationaal aangebied nie. Sy kon wel

vroeer vanjaar tydens die Suid Afrikaanse Kampioenskappe

in Port Elizabeth daarin geslaag het om haar eie wereld

rekord wat sy in 2015 opgestel het in die item te verbeter.

Sy sien baie uit na die byeenkoms en het reeds Maandag

oggend 10 Julie net na sewe in Londen aangekom. Sy het

darem genoeg tyd om haar voor te berei waar sy Saterdag 15

Julie aan die 200m finaal gaan deelneem. Dit is 21:56 Suid

Afrikaanse tyd. Haar ander items is 20 Julie 400m finaal 21:35

en 22 Julie die 100m. Die uitdun rondte begin 12:10 en die

finaal is 21:40.

Ons wens vir haar sterkte toe en hoop dat dit goed sal gaan.

Liezel gouws

1998

(details) Birmingham United

Kingdom

2002 (details)

Lille France

2006 (details)

Assen Netherlands

2011 (details)

Christchurch New Zealand

2013 (details)

Lyon France

2015 (details)

Doha Qatar

2017 (details)

London United Kingdom