hoërskool jan van riebeeck onze jan kloofstraat 129 ... jan uitgawe 4 _nov 2016 .pdfdeur die gange...

12
Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe 4: November 2016 AFRIKAANS Baanbrekers uit JvR BLADSY 1 OMMIEHOEKIE Wie loer vir wie? BLADSY 10 Oudleerders vir Afrikaans Francois Kok ---------------- Deur die jare het Hoërskool Jan van Riebeeck verskeie oudleerders op- gelewer wat as baanbrekers in hulle onderskeie beroepsvelde bekend- geraak het. Johannes Meintjes, Hester Heese en Laurika Rauch is net enkele name van oudleerders wat Afrikaans as taal tot nuwe hoogtes gevoer het. Ons eie Juffrou Potgieter en Meneer Mönnig het hul tyd as leerders hier by Jan van Riebeeck soveel geniet dat hulle besluit het om terug te kom. Dit is wel ironies dat beide hierdie oudleerders van ons trotse Afrikaanse skool besluit het om Engelse onder- wysers te word. Ons oudleerders maak naam oor die wêreld heen en hou die Afrikaanse naam hoog. Johannes Meintjes, wat een van Suid-Afrika se beroemdste kunstenaars en skrywers was, het, nes ons, elke Maandag in die saal gesit, deur die gange gestap en pouses ge- niet op die pragge Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur die jare sewe literêre pryse gewen en sal vir altyd as ‘n Afrikaanse legende beskou word. Hester Heese is een van die beroemd- ste kinderboekskryfsters in Suid-Afrika en ons is trots om haar ‘n Jan van Riebeeck- oudleerder te noem. In haar skryfloopbaan, wat eers op die ouder- dom van vyf-en-vyſtig begin het, het sy ook sewe literêre toekennings ontvang. Sy het ongeveer sewe-en-veerg boeke geskryf en die kans dat jou ma een van hulle vir jou gelees het, is baie goed. Ons jongste baanbreker, Terus Kapp, maak groot naam in die Afrikaanse teater. ‘n Skrywer en regisseur wat op so ‘n jong ouderdom reeds soveel vir Afrikaans as taal beteken het, is beslis ‘n oudleerder waarop Hoërskool Jan van Riebeeck baie trots is. Terus is een van die mense in Afrikaanse teater wat kontroversiële onderwerpe aanpak. Sy werk het al elf toekennings verwerf, onder andere die Hertzog prys vir drama vir ‘Rooiland’. Jan van Riebeeck se oudleerders is duidelik suksesvol in die bevordering van hul moedertaal, Afrikaans. Hester Heese Johannes Meintjies

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

Onze JanAmptelike skoolkoerant van die leerders

van Hoërskool Jan van Riebeeck

WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8...

Hoërskool Jan van RiebeeckKloofstraat 129, Kaapstad 8001

Uitgawe 4: November 2016

AFRIKAANSBaanbrekers uit JvR

BLADSY 1

OMMIEHOEKIEWie loer vir wie?BLADSY 10

Oudleerders vir AfrikaansFrancois Kok----------------Deur die jare het Hoërskool Jan van Riebeeck verskeie oudleerders op-gelewer wat as baanbrekers in hulle onderskeie beroepsvelde bekend- geraak het. Johannes Meintjes, Hester Heese en Laurika Rauch is net enkele name van oudleerders wat Afrikaans as taal tot nuwe hoogtes gevoer het.Ons eie Juffrou Potgieter en Meneer Mönnig het hul tyd as leerders hier by Jan van Riebeeck soveel geniet dat hulle besluit het om terug te kom. Dit is wel ironies dat beide hierdie oudleerders van ons trotse Afrikaanse skool besluit het om Engelse onder-wysers te word.

Ons oudleerders maak naam oor die wêreld heen en hou die Afrikaanse naam hoog. Johannes Meintjes, wat een van Suid-Afrika se beroemdste kunstenaars en skrywers was, het, nes ons, elke Maandag in die saal gesit, deur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur die jare sewe literêre pryse gewen en sal vir altyd as ‘n Afrikaanse legende beskou word.

Hester Heese is een van die beroemd-ste kinderboekskryfsters in Suid-Afrika en ons is trots om haar ‘n Jan van Riebeeck- oudleerder te noem. In haar skryfloopbaan, wat eers op die ouder-dom van vyf-en-vyftig begin het, het sy ook sewe literêre toekennings ontvang. Sy het ongeveer sewe-en-veertig boeke geskryf en die kans dat jou ma een van hulle vir jou gelees het, is baie goed.

Ons jongste baanbreker, Tertius Kapp, maak groot naam in die Afrikaanse teater. ‘n Skrywer en regisseur wat op so ‘n jong ouderdom reeds soveel vir Afrikaans as taal beteken het, is beslis ‘n oudleerder waarop Hoërskool Jan van Riebeeck baie trots is. Tertius is een van die mense in Afrikaanse teater wat kontroversiële onderwerpe aanpak. Sy werk het al elf toekennings verwerf, onder andere die Hertzog prys vir drama vir ‘Rooiland’.

Jan van Riebeeck se oudleerders is duidelik suksesvol in die bevordering van hul moedertaal, Afrikaans.

Hester Heese

Johannes Meintjies

Page 2: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur
Page 3: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

3Onze Jan NOVEMBER 2016 REDAKSIONEEL

Van die redakteurWees ʼn goeie persoon, maar moenie jou tyd mors om dit te probeer bewys nie. Dit help ook nie dat jy heeltyd probeer inpas waar jy nie hoort nie -- dit gaan jou net ongelukkig maak en jy sal nie meer kan byhou by die res van die mense nie.

Ons is almal haastig om iets te bereik en suk-sesvol te wees wanneer ons ouer word. Dik-wels vergeet ons wie ons regtig is en wat ons wil hê. Ons dwaal af en beland in ʼn sneeu- bal-effek sonder om iets te bereik. Dag na dag is jy maar net daar, maar lewe jy ooit? Dit is dus van belang om tyd vir jouself en die mense om jou te maak. Jy moet ʼn gelukkige lewe hê, al is dit nie altyd maklik nie. Spyt kom altyd te laat. Jy wil vir seker nie eendag op jou sterfbed berou hê oor die lewe wat jy nie gelééf het nie.

Skakel af van die warboel wat die lewe bied. Straal jou uniekheid uit na die mense daar buite. Dit is wat ons leuse beteken -- krag-tige woorde wat vir jou baie waardevol sal wees sodra jy dié dieper betekenis snap. Na neëntig jaar het ons leuse nog presies die-selfde waarde wat ons Jannies vir altyd moet koester. Wees tevrede met wie jy is, soos Al-bert Clarke tereg sê: “Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, maar dankbaarheid wat ons gelukkig maak.”

Amelia Roux

Abigail Gerardi --------------------Wat behels u daaglikse taak by die skool?

Ek is in beheer van die Face-book-blad. Ek is ook besig om die skool se webtuiste te herontwerp en wil graag hệ die skool moet op ons Twitter account saamtweet by @hs_jannies J. Ek doen ook die skool se nuusbriewe en is op die oomblik besig met die jaarboek.

Wat is u motto vir die lewe?

Jy moet altyd iets hệ om na uit te sien.

Passies?

Lees! Ek is boekverslaaf. Ek het aan die begin van die jaar ‘n nuwe pro-jek begin: om minstens een boek per week te lees. Ek swot ook op die oomblik sielkunde.

Wat doen u in u vryetyd?

Lees en swot, kuier met my vriende en speel met my hond. Ek is ook mal daaroor om series (televisier-eekse) te kyk.

Hoe sou u uself in drie woorde beskryf?

Vra my môre!

Onderhoud: Me Nadine Petrick

Waar kom u vandaan?

Pretoria. Ek het by Menlopark skoolgegaan en by Tukkies studeer.

Wat is u gunsteling ding van Jan van Riebeeck?

Ek is mal oor die diversiteit! Die kinders hier is almal vriendelik en ordentlik en die skool wemel van talent.

Wat was u vakke op skool?

Wetenskap, biologie en Duits.

Verkies u boeke of films?

Definitief boeke!

RedaksieJoernaliste: Jaco Mulder, Dylan Keyser, Kyla Göbel, Amelia Roux, Elzien van der Walt, Mira Hesseling, Herculine Becker, Reinhardt Voges, Jeanelle Lochner, Alexa Blagus, Abigail Gerardi en Klaus Richter-Göbel.

Fotograwe: Nicole Redgard en Amelia Roux.

Nuwe Kommunikasie- en bemarkingsbestuurder

Page 4: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

4 Onze Jan November 2016AKADEMIE

Reinhardt Voges ------------------Veels geluk, Hoërskool Jan van Riebeeck, omdat jy verjaar…

Ons pragskool het vanjaar sy 90ste be- staansjaar gevier. Wat ‘n ongelooflike voor-reg om in hierdie vieringe te deel! Alhoewel Jannies wil bars van trots elke maal wan-neer hierdie mylpaal verkondig word, besef weinig, indien enige leerders watter stryd die skool werklik deurgemaak het. Hoër-skool Jan van Riebeeck het, met moeite en deursettingsvermoë van staal, die sukses-rank geklim en die reis na die 90-jarige gans wat goue eiers lê, het hoegenaamd nie klop-disselboom verloop nie.

Met die hulp van me. Helena le Roux kon Onze Jan in die geskiedenis van Hoërskool Jan van Riebeeck gaan delf – met ‘n ver-rykende vonds tot gevolg!

Hoërskool Jan van Riebeeck het nie oornag soos ‘n towerboon ontkiem nie. Alhoew-el die skool in 1926 gestig is, dateer sy ge- skiedenis terug tot so vroeg as 1912 met die aanvaarding van Ordonnansie Nommer 11, wat die beginsel van moedertaalonderwys geїmplimenteer het. Op 24 April 1914 het C.J. Langenhoven baanbrekerswerk verrig deur die Provinsiale Raad te oorreed om Afrikaans, eerder as Nederlands, as voertaal in laerskole aan te wend.

Me. L.P. Elton, destydse skoolhoof van Hoër Good Hope Seminary, het in April 1919 ‘n Afrikaanse klas met 12 kinders by haar skool ingestel. Teen 1924 het hierdie klas tot 60

Jan en die Geskiedenisrankleerders gegroei en tot die ontkieming van die Laerskool Jan van Riebeeck kort daarna gelei. Toe dié leerders standerd 6 (graad 8) bereik, het nuwe uitdagings ontstaan en op 4 Oktober 1925 hou die Kaapse takke van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie ‘n konferensie in Kirstenbosch om die behoefte aan ‘n hoërskool met Afrikaans as onderrigme-dium te bespreek en begin die ontkiem-ing van die saadjie wat die Hoërskool Jan van Riebeeck-rank sou word.

Op 17 November 1925 word die saad-jie ‘n saailing met die ondertekening van die Stigtingsdokument van Hoër-skool Jan van Riebeeck. Mnr. J.J. Jordaan (oupa van ons me. Potgieter) word op 23 Desember 1925 as skoolhoof aangestel en op 25 Januarie 1926 open Hoërskool Jan van Riebeeck sy deure met 42 leer-ders en 3 onderwysers. ‘n Interessante brokkie inligting is dat die skool aanvanklik sokker as spansport aangebied het totdat dit in 1927 met rugby vervang is. Die skool se naam en leuse, Wees uself, word op 19 Mei 1927 aanvaar. Die kleurgroepe, oranje, wit en blou, is op 28 Oktober 1929 bepaal en na 90 jaar steeds geldig - ‘n aanduiding dat die tradisies wat vandag in die gange van Hoërskool Jan van Riebeeck voortleef, diep in vrugbare grond gewortel is.

Die skoolfonds het vanaf £1 en 7s per kwartaal vir standerd 7 (graad 9) tot £2 in matriek beloop. (Tydens die skryf van hierdie artikel was die wisselkoers £1 = R18,07 en die skoolfonds vir matrikulan-te dus ongeveer R72,28 per jaar.) Elke leerder het ook ‘n sport- en biblioteek-fooi van 2s per kwartaal betaal. Losies-gelde vir Huis Jordaan was £10 10s per kwartaal (wasgoed ingesluit).

Die skool kry sy eie skoolgebou op 6 Mei 1932 en in dieselfde jaar groei die leer- dertal tot 318. Die skool se Christelike fondament word in 1933 vasgemessel toe die nuwe Afrikaanse Bybel hier in gebruik geneem word. Welgemeend word in 1945 deur die skool in besit geneem en ‘n jaarblad, Die Jan van Riebeecker, maak sy eerste verskyning in 1948. In 1962 word mnr. H. A. Lam-brechts, me. Potgieter se pa, as skool-hoof aangestel.

Die skool verkry in 1992 Model C-sta-tus en seunshokkie word as ‘n ampte-like skoolsport erken -- waarskynlik tot die ergernis van vurige rugby-onder- steuners. Na die 1994-verkiesing word Xhosa in 1995 as ‘n vak ingewy en in 1996 as matriekvak aangebied. Onder-rrig in hotelhouding en spyseniering (nou gasvryheidstudie) neem ‘n aan-vang in 1998. Teen die jaar 1997 besit die skool twee busse vir die vervoer van leerders vanaf die Blaauwberg- en Melk-bos-woongebiede.

Deur die navorsing rakende Hoërskool Jan van Riebeeck se geskiedenisrank, het een gedagte soos die reus se kasteel aan die bopunt van die rank uitgetroon: Hoërskool Jan van Riebeeck se reis was lank en soms moeisaam, maar die reus se wolkekrabber en die goue gans was ‘n welverdiende beloning.

Page 5: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

5Onze Jan November 2016 AKTUEEL

Mira Hesseling ------------------

Hierdie laaste kwartaal was beslis besig ten opsigte van akademie, maar ons Jan-nies het ook hulle deel vir die omgewing gedoen. Die Groenspan het begin met ‘n nuwe projek om papier te herwin met behulp van Mpact, ‘n maatskappy wat ons van Ronnie-dromme in elke klas-kamer en ‘n groot groen drom agter die koshuis voorsien het.

Mpact, ‘n landwye projek, spesialiseer in die herwinning van papier en karton en is daarop toegespits om groener al-ternatiewe aan skole en besighede te verskaf en sodoende die mense wat by hierdie programme betrokke is, oor die planeet en volhoubare keuses op te voed.

O, liewe aarde!

Die herwinning van materiale word beskou as een van die belangrikste maniere om afval en besoedeling te verminder, aangesien die meeste ver-pakkings- en ander plastiek-, metaal- en papierprodukte nie biodegradeerbaar is nie. Hierdie produkte beland op vullis-hope of in die natuur, waar dit skade aan ekosisteme kan aanrig.

Herwinning verwyder hierdie stowwe vroegtydig uit ‘n skadelike siklus. Her-winning help ook om die aanvraag na die stof wat herwin word, byvoorbeeld papier, te verminder. As die aanvraag na papier verminder, sal minder bome af-gekap word en sal dit ook tot werkskep-ping in die herwinningsbedryf lei.

Die soorte papier wat herwin kan word in die herwinningsprojek wat ons skool aangepak het, is:

Enige vorm van skryf- of tekenpapier asook ou vraestelle en notasOu brieweKoeverteGraankosbokseKoeranteTydskrifteOu telefoongidseSkoolboeke

Niks behalwe hierdie voorwerpe mag in die Ronnie-dromme beland nie, dus geen koeldrankblikkies, bottels, verpakking van snoepie-produkte of kos nie, want dit kan die dromme vuilmaak of beskadig.

Page 6: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

6 Onze Jan November 2016KULTUUR

Die veiligste opsie Andrea Middleton----------------

Dit was nie uit my aard om vroegoggend trein te ry Kaap toe nie. Vandat ek mondig is en in my nuwe werk aangestel is, het dit ‘n ge-woonte geraak. Ma het altyd gepraat oor hoe treinry die veiligste opsie is; veral nou met die taxi-geweld en stakings.

Soos altyd sit ek vroegoggend op my sitplek wat ek al vir jare deurgesit het. Oorkant my sit twee deftige mans—nou nie juis alledaagse treinryers nie—wat my aanstaar. Laasweek het dieselfde twee oorkant my gesit; met ‘n jong dame tussen hulle. Wel… dis wat ek kon aflei.

Ek onthou dit só: Sy is vooroor gehurk met haar lang, blinkswart hare oor haar gesig gedrapeer. Die mans langs haar hou haar arms vas. Dalk slaap sy?

Meteens ruk hulle haar regop. Haar oë is weggesteek agter ‘n bril en haar mond hang effens oop in ‘n stille gil… ek kan voel hoe die mans se oë op my rus terwyl ek die vrou aankyk. Ek voel skoon beangs. Ma het altyd gesê ‘n mens moenie inmeng by ander se sake nie. Maar soos die lafaard wat ek is, maak ek my mond oop: “Een te veel gehad?” giggel ek ongemaklik. Die mans kyk my stip aan. Dit voel asof ek weer voor my baas opgeskop het.

Ek voel ‘n ligte tik op my skouer. “Tammy, jy klim hier af.” Ek staan op en volg Frank by die trein uit. Ek gee ‘n laaste kyk na die leë spasie tussen die mans terwyl die deure toegaan. Ek kyk om my. “Maar Frank, dis mos nie my stop…” My woorde word kortgeknip toe hy ‘n koerant voor my neus druk: “Lees.”

Ek kyk na die voorblad: “Polisie soek ontvoerders van vermoorde buitelander” en my hart sink in my skoene toe ek die foto sien van ‘n dame met lang, raafswart hare.

Janelle Lochner--------------------“Are you alone out there? What are you doing so deep in the jungle? Don’t you know what you are?” -- ʼn aan-haling van die berugte Khan in die heruitreiking van ‘The Jungle Book’. Justin Marks se draaiboek is op die oor-spronklike boek deur Rudyard Klipling gebaseer, maar die regisseur, Jon Favreau beeld met hierdie film uit hoe uitstekend die hedendaagse animasie is. Vir my het dit gevoel asof ek aan die diere kon raak.

Die bekende verhaal begin met Mowgli, ʼn kleuter ver-lore in die woud, wat gevind word deur Bagheera, ʼn swartluiperd. Mowgli word groot by die wolffamilie en raak bekend as die ‘menswelpie’. Bagheera neem hom onder sy vlerk -- oftewel poot -- en tree op as sy mentor in die woud.

Die rustigheid verdwyn egter vinnig wanneer Shere Khan opdaag. Boosaardige beheervraat wat hy is, begin hy dreigemente soos pamflette uitdeel. Om die vrede te bewaar besluit Mowgli om die woud te verlaat. Sal dit genoeg wees vir Shere, of het hy ander planne met die menswelpie?

Met vertolkings deur bekende akteurs soos Bill Murray, Neel Sethi en Scarlett Johansson, is hierdie film beslis op die moet-kyklysie. Ek beveel dit aan vir alle Disney-lief-hebbers of enigeen wat animasiefilms waardeer.

Resensie: The Jungle Book

Page 7: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

7Onze Jan November 2016 SPORT

Onderhoud met dr. Alet Mihálik

Dylan Keyser ------------------

Hoe sal Juffrou Juffrou se loopbaan en tyd by JvR beskryf?

Ek het eintlik twee loopbane hier gehad – van 2002 tot 2006 en toe weer van 2013 tot nou. Albei was baie uitdagend, maar ook vervullend en groot pret.

Wat was Juffrou se doel toe Juffrou by die skool gekom het?

Ek was tussen my “twee loopbane” by Reddam House College en ek wou graag weer skoolhou vir mense wat Afrikaans verstáán en waardeer.

Sou Juffrou sê dat Juffrou dit bereik het?

Ek wil graag glo dat ek darem ‘n paar mense kon inspireer om Afrikaans keuriger te praat en skryf – en goeie digters soos Breyten Breytenbach beter te verstaan!

Wat gaan Juffrou die meeste mis?

JvR se talentvolle en veelsydige kinders wat altyd met iets nuuts vorendag kom en elke dag interessant maak. Ook die omgee-kollegas en die kolganse by die swembad.

Watter advies sal Juffrou gee vir die nuwe Afrikaanse juffrou wat aangestel is?

Ek sal vir haar sê om dieper in die kinders se ogies te kyk en iets ouliks in elkeen te probeer vind.

Wat wou Juffrou nog altyd vir die kinders sê?

Jong, ek sê altyd dieselfde ding: Koester jou reputasie, benut alle geleenthede en wees gaaf met jou onderwysers.

Wat is Juffrou se toekomsplanne?

Ná 43 jaar van doseer en skoolhou, gaan ek beslis slaap tot ná die skoolklok lui. Dan gaan ek in die son sit en stories uitdink om te skryf, my voëlskildery uiteindelik klaar-maak, vryskut vertaal- en redigeerwerk doen, dalk ‘n hoftolk word en beslis nog baie reis en rondkuier net waar en wan-neer ek wil.

Wat is Juffrou se beste herinneringe aan JvR?

My lekkerste herinnering is aan Jannewales op Kloof – ‘n intieme kunstefees wat ons destyds in Welgemeend aangebied het en wat die hele stadskom laat gons het. Dit is ook altyd baie lekker om te sien hoe die verskrikte graadag-gies ontluik in selfversekerde matrieks.

Waar het al Juffrou se grappies vandaan ge-kom?

My lagspiere is die enigstes wat behoorlik oe-fening kry .My grappies koop ek tweedehands op Gumtree.

Wat is die een taalfout wat die meeste kinders in Juffrou se klas maak?

Daar is twee: “oppad” pleks van “op pad” en “van dit” pleks van “daarvan”.

Een ding wat Juffrou die meeste verpes?

Skynheiligheid. Maar ek beskou ook “actually”, “blazer” en “stapler” as vloekwoorde.

Het Juffrou enige snaakse stories van kinders wat by Juffrou klas gehad het?

Duisende! Toe ek destyds nog nuut by JvR was, het ‘n gr. 11-klas my oortuig dat die “nuwe seun” van Duitsland kom. Nadat ek ‘n week lank probeer het om met hom in my gr 10-Duits te kommunikeer, moes ek uitvind hy is eintlik in die ander juffrou se klas en al jare in JvR. (Ek lag ook nou nog vir ‘n sekere seuntjie wat gedink het “onomatopee” is “ono-ma-se-pee”!)

Onderhoud met me. Nadia la GrangeRedaksie ------------------Wat gaan Juffrou die meeste van die skool mis?

Defnitief juffrou Olivier se unieke op-merkings, die spesiale kinders, die vol-wassenheid van die kinders en natuurlik die uitsig!

Waar gaan Juffrou werk as juffrou JvR verlaat?

Junior Akademie, Stellenbosch waar ek vir 4- en 5-jariges gaan skoolgee.

Wat is Juffrou se toekomsplanne oor tien jaar?

Om hopelik kinders van my eie te hê. Ek hoop ook om ʼn besigheid van my eie te hê, en om deel te wees van iets unieks.

Is daar enige raad wat Juffrou vir ons Jannies kan agterlaat?

Werk hard, wees jouself. Waardeer elke dag, omdat dit ʼn spesiale tyd in jou lewe is.

Het Juffrou ʼn gunsteling gesegde?

Die skoolleuse: ”Wees uself.”

Waarheen gaan Juffrou op wittebrood?

My verloofde sê dis ʼn geheim, maar êrens waar dit warm is, en op ʼn eiland.

Page 8: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

8 Onze Jan November 2016SOSIAAL

Paartjie van die kwartaalNikita & Matthew

Hoe lank is julle al saam?

N: 11 maande.

Wie het vir wie uitgevra, en wat was die reaksie?

N: Matthew het my uitgevra en ek was so skaam, ek het amper nee gesê. M: Ek was ‘n klein bietjie te vol selfvertroue, en ek het haar van agter af vasgehou en haar uitgevra. Sy het net geknik, sy was so skaam.

Wat doen julle graag saam as jul op afsprake gaan?

N: Die meeste van die tyd doen ons niks nie. Dis lekker om net te praat. M: Ek geniet dit as ons gaan stap.

Wat geniet julle die meeste van mekaar se geselskap en teenwoordigheid?

N: Hy is baie humoristies en laat my lag. M: Sy’s “adorable”.

Hoe het julle mekaar beïnvloed vandat julle in ‘n verhoud-ing is?

N: Ek weet nie, hy maak my gelukkiger as tevore. Hy gee my

meer moed. M: Sy het my baie gehelp met my “insecurities” en vir my ‘n beste maatjie gegee om mee te praat.

As julle saam op ‘n eiland was en enigiets kon saamneem, wat dink jy sou die ander een bring?

N: Ek dink hy sou sy “games” bring. M: Sy sou haar musiek bring.

Wat, dink jy, is die ander persoon se idee van ‘n gunsteling afspraak?

N: Ek dink as ons gemaklik is by mekaar. M: Um, sy hou daarvan as dit net ek en sy is en ons praat net. Soos met etes, of om park toe te gaan.

Hoe sou jy die ander persoon met vier woorde beskryf?

N: Intelligent, snaaks, oulik en aantreklik. M: Oulik, skaam, mooi, hardkoppig.

Wat beskou julle as mekaar se minsgeagte kwaliteit?

N: Ek weet nie, ek dink partykeer is hy té gelukkig. M: Sy voel partykeer sleg oor hoe sy lyk en ek stem nie daar-mee saam nie.

Page 9: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

9Onze Jan November 2016 SOSIAAL

Jan Ondergronds“Saam sal ons staan, vir ewig Van Riebeeck.”

Die einde van die jaar is hier en ons almal het oorleef … hopelik ons almal. Jan Ondergronds is baie trots op elke Jan-nie wat ons 90-jarige herdenking uitsonderlik gemaak het. Die Desembervakansie is om die draai en ons almal wil 2016 op ‘n hoë noot afsluit. Dis my voorreg om vir oulaas so ‘n bietjie kommentaar te lewer as deel van die laaste Onze Jan van 2016.

Graad 8’s, het julle al ooit gehoor van basiese, goeie maniere en respek teenoor die ouer garde? ‘n Mens begin wonder of die MX’s van 2016 julle ooit gedoop het? Net so ‘n klein bietjie advies vir diegene van julle wat nie weet hoe ‘n gang werk nie: ‘n mens loop daarIn en jy bly uit die pad van die seniors, want hulle het belangrike klasse om by te woon. Dankie dames, julle is maar nog net in graad 8 en Jan On-dergronds sien geen punt daarin dat julle vlerksleep by elke senior wat julle sien nie. Genoeg nou eers hiervan.

Naïewe graad 9’s, niemand weet regtig wat in julle graad aangaan nie. Om eerlik te wees, niemand gee regtig om nie. Julle weet nog nie eers self wie en wat julle regtig is en waar julle inpas nie. In hierdie vreemde fase is julle maar ook ‘n groep vreemde wesens. Daar is wel iets belangriks wat julle en Donald Trump gemeen het: Julle ego’s word net al hoe groter by die dag. Kom ons hoop dat dit volgende jaar som-mer baie beter met julle sal gaan.

Graad 10’s, uiteindelik is julle seniors en graad 11 is om die draai. Julle is baie beslis meer volwasse as die juniors.

Julle begin nou ervaar hoe dit voel om werkik ‘n senior te wees – ook wat die akademiese werklading betref! Daar is wel ‘n paar dinge van die graad 10’s wat Jan Ondergronds pla: Kan die graad 10-dames net hulle hoëpolvyskoene uittrek en ‘n bietjie terugkom aarde toe? Julle is veels te groot vir daardie einste skoene.

Graad 11’s, MX van 2017. Na 11 jaar is julle uiteindelik by die laaste en heel belangrikste mylpaal van julle skoolloop-baan. Baie geluk aan almal van julle wat tot hier toe sukses-vol oorleef het. ‘n Sekere paar van die graad 11-ouens kan ongelukkig nie hul hande van die graad 10-dames afhou nie. Manne, kyk rond en gee liewer aandag aan al die pragtige dames in jul eie graad. Jan Ondergronds wonder maar net of julle ooit volwasse genoeg is om ‘n sinvolle gesprek met hierdie dames te kan voer. Dalk is dit die probleem.

Matrieks van 2016, jul skoolloopbaan van 12 jaar is feitlik verby en julle betree binnekort die grootmenswêreld. Julle het jul merk gemaak in ons skool se geskiedenis. Dit laat ‘n blywende indruk op die res van ons. Saam met jul on-derwysers groet ons julle nou. Alle sterkte word julle vir jul toekoms toegewens. Geniet jul vakansie ná die eksamen in Plett. Saam sal ons staan, vir ewig Van Riebeeck.

En nou sê Jan Ondergronds eers totsiens tot volgende jaar.Veilig wees.

-Jan Ondergronds-

Totsiens Matrieks!

Julle het voorwaar in pragtige swane ontluik!Witrokdag 2016 het op 14 Oktober plaasgevind en was voorwaar ʼn besonderse geleentheid om by te woon. Die dag was gevul met gemengde emosies van blydskap en hartseer en ons Jannies moes uiteindelik vir ons matrieks totsiens sê.

Matrieks, sprei jul vlerke wyd -- ons hou julle dop om te sien wat die lewe julle bied. Moet net nooit vergeet nie: jul huis is hier by JvR, en julle is altyd welkom om terug te keer.

Page 10: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

10 Onze Jan November 2016SOSIAAL

Ommiehoekie

Skelmpie is weer op loer om te sien watter Jan van Riebeeckers die laaste tyd vir mekaar ogies maak...

Skelmpie ------------------

Dagsê liewe lesers,

Die einde van 2016 is hier - wat vir Skelmpie baie nuus gee om te rappor-teur: Daar is ongelooflike oulike duifies wat broei, maar dan is daar ongelukkig hierdie onvolwasse tieners wat nog nie verstaan hoe ‘n verhouding werk nie.

Skelmpie is steeds trots op die ougetroudes, Lilan en Renier, Janko en Nicole en selfs Danica en Johann. David het besluit dat hy nie krag het vir die matriekmeisies nie en het toe liefde in Chantè (gr.10) se arms gevind, of so het dit gelyk ... niemand is regtig meer se-ker nie. En wat het met PG en Caitlin ge- beur? Skelmpie is ook nie meer seker oor Sabah en Alex nie, en ook nie oor Pieter en Karla nie. (Sukkel Pieter nie nog met die definisie van ‘n verhouding nie?)

Matrieks, julle verlaat ons met ‘n “BANG!” - ons weet regtig nie wat ons sonder julle gaan maak nie. Skelmp-ie gaan hierdie graadgroep mis en ons hoop maar dat Gabriel dit sal maak sonder sy steunpilaar, Rebekka.

Die buiteliefiegroep in graad 11 is nog dieselfde met Anandré en Anel. Lené en Rigardt bly die paartjie waarna almal opsien na hulle hul twee-jaarherdenking bereik het. Maar ‘n ander paartjie het dié kwartaal die kollig gesteel: Herculine

en Christian. Hulle is beslis die skool se nuwe “power couple”. Geen twyfel nie, Ruan en Nicola is nog sterk aan die gang; Skelmpie koester hoë verwagtinge vir hierdie twee, asook vir Zion en Mel-nisha. Skelmpie dink ook Helgardt en Elzien gaan nog ‘n laaaaang pad saam stap. Heidenreich en Semonè sit maar elke pouse op hul eie, afgesonder van die res van die wêreld.

Blyk vir Skelmpie dat Marco agtergekom het hy word dopgehou en nou probeer getrou bly aan Lila. Nicol geniet die aan-dag wat hy van Veda kry, al is Francois die een wat dit nodig het. Skelmpie is teleurgesteld in Jasper Coenraad (J.C.) -- sien die arme man nie hoe Anja met elke tweede ou flankeer nie? In elk geval, daar is baie meer potensiaal in die ouer grade.

Die graad 10-groep is beslis die liefdes-groep van die kwartaal. ‘n Paartjie wat steeds sterk staan, is Matthew en Nikita. Hierdie twee is soos vinkel en koljander - die een kan net nie sonder die ander. Brandon-Lee is nie gepla met die hele idee van derde wiel speel nie.

‘n Nuwe liefde wat onder Skelmpie se aandag gekom het, is Francois en Liné - hulle maak tog so ‘n oulike paartjie. Amy Harvey is skaars in die skool of Jaco M en Julian is op haar spoor. Skelmpie won-der of Reinhardt weet dat Michaela nie nèt vriendskap soek nie - of dalk weet hy, maar kom die akademie eerste. Die

alleenloperseuns, Jan, Ben, Armandt, Ruan en Liam, moet bykom en die talent rondom hulle raaksien.

Mira en Josh, haar buiteliefie, is steeds dolgelukkig (Jammer Guillaume, maar jy moet laat gaan). Lyk my die Ferreira’s se verjaarsdagnaweek in Yzerfontein het meer as net een verhouding gered ...

Skelmpie het gehoor dat die buite-liefie-groep groei. Elzet het blykbaar ene Francois ontmoet en Thalana ‘n Wynandt. Selfs Jaydee en Charney het iets genoem van liefde buite die skool. Dan, wat die graad 9’s betref, sit Werner (gr10) en Jessica elke pouse daar bo by juffrou Swart se klas. Chané het woer-woer met J.P. se hart gespeel en Zané (gr 8) was goed genoeg om J.P. se “rebound” te wees. Jean moet nou net sy ogie van daardie graad 10 meisie af-haal en konsentreer op die talent in sy eie graadgroep.

Die graad 8-groep het Skelmpie baie teleurgestel. Daar was hoë verwagtinge vir Dylan en Zoë maar Dylan was te veel van ‘n “gentleman” en toe los Zoë hom sommer oor die foon! De Wet het be-sluit om vir Megan te los en Zané tree toe vinnig in as plaasvervanger.

Kom ons kyk wat gebeur met die somer-liefde en vakansieromanse. Geniet die vakansie en onthou: Skelmpie is oral ...

Xoxo Skelmpie

Page 11: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur

11Onze Jan November 2016 FOTOGRAFIE

Jannies agter die kameraHerculine Becker----------------------

That’s the way I learned photography: You make your picture in the camera. Now, so much is made in the computer...I’m not anti-digital, I just think, for me, film works better. ( M. Mark)

Liefste Jannies, soos wat almal seker al agtergekom het, is film-fotografie die nuwe “in ding” vir fotograwe regoor Kaap-stad. Nie net is dit ‘n unieke manier om jou foto’s te neem nie, maar dit is ook ‘n manier om soos fotograwe in die 1900’s te leef. Al het jy nou ‘n Minolta, Pentax of ‘n Canon, film-fotografie bly dieselfde -- en die beste deel daarvan is dat jy geen idee het hoe jou foto gaan uitdraai totdat jy jou filmrolle laat ontwikkel nie!

Díe klein silwer kamera, met sy leeromhulsel en verskriklik-intimiderende lense, kan soveel geleenthede skep, veral aan-gesien film-fotografie so waardeer word omdat die kameras so skaars is en dit nogal ’n groot gesukkel is om jou foto’s te laat ontwikkel.

Ons hier by Hoërskool Jan van Riebeeck het baie waardering vir fotograwe en veral film-fotograwe. ‘n Uitstekende voor-beeld van ‘n uiters talentvolle film-fotograaf in ons skool, is Hanno Jansen van Vuuren wat hierdie jaar sy foto’s in ‘n hoogs-suksesvolle uitstalling in ‘n galery vertoon het. Hy het gefokus op monokroom, oftewel swart en wit foto’s.

Ten slotte wil ons baie geluk sê aan Amelia Roux en Eben Beukes wat die wenners van die 2016-JVR Fotografiekompetisie was. Baie geluk ook aan almal wat deelgeneem het.

Jannies, die vakansie lê voor en dit beteken oorgenoeg tyd om jou foto’s op te skerp en nuwe foto-geleenthede te benut. Geniet die vakansie en verras ons met julle foto’s!

Page 12: Hoërskool Jan van Riebeeck Onze Jan Kloofstraat 129 ... Jan Uitgawe 4 _Nov 2016 .pdfdeur die gange gestap en pouses ge-niet op die pragtige Jan van Riebeeck- terrein. Hy het deur