hoërskool middelburg€¦ · web view4.18.10 met betrekking tot die toepassing van ernstige...

29
HOëRSKOOL MIDDELBURG AANSOEK OM KOSHUISTOELATING: JAAR ____________ KOSHUISTOELATINGSOOREENKOMS Hersien: Oktober 2009 Ooreenkoms aangegaan deur Hoërskool Middelburg (hierna *Skool*) verteenwoordig deur (Voorsitter)___________________________________________ in sy hoedanigheid as Voorsitter van die Beheerliggaam, en behoorlik daartoe gemagtig, EN ___________________________________________________________(hierna *Ouer*) as : verwantskap tot leerder: Wettige ouer Voog Grootouer Stiefouer Pleegouer Ander - spesifiseer Van & Name:_______________________________________________(hierna *Leerder*). [volle voornaam / van soos op geboortesertifikaat] vir toelating van die Leerder tot die koshuis. Verder bevestig en onderneem die Ouer: 1. dat die Ouer en Leerder hulle onderwerp aan die koshuisreëls soos vasgestel en vervat in Bylae F, en ander reëlings wat deur die Senior Huisvader/moeder, getref word in belang van goeie orde en dissipline; 2. dat die Ouer sal toesien dat die leerder die koshuisreëls sal eerbiedig; 3. om te aanvaar dat ernstige oortredings of gedragsprobleme van die leerder, kan lei tot verbeuring of weiering van akkommodasie; 4. om die losiesgelde, wat jaarliks deur die Beheerliggaam vasgestel word, kwartaalliks vooruit te betaal op die eerste skooldag van elke kwartaal; TARIEWE VIR DIE JAAR : 1ste KW: R__________ 1

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

HOëRSKOOL MIDDELBURG

AANSOEK OM KOSHUISTOELATING: JAAR ____________

KOSHUISTOELATINGSOOREENKOMS

Hersien: Oktober 2009

Ooreenkoms aangegaan deur Hoërskool Middelburg (hierna *Skool*) verteenwoordig deur

(Voorsitter)___________________________________________ in sy hoedanigheid as Voorsitter van die Beheerliggaam, en behoorlik daartoe gemagtig,

EN

___________________________________________________________(hierna *Ouer*) as : verwantskap tot leerder: Wettige ouer Voog Grootouer Stiefouer Pleegouer Ander - spesifiseer

Van & Name:_______________________________________________(hierna *Leerder*).[volle voornaam / van soos op geboortesertifikaat]

vir toelating van die Leerder tot die koshuis. Verder bevestig en onderneem die Ouer:

1. dat die Ouer en Leerder hulle onderwerp aan die koshuisreëls soos vasgestel en vervat in Bylae F, en ander reëlings wat deur die Senior Huisvader/moeder, getref word in belang van goeie orde en dissipline;

2. dat die Ouer sal toesien dat die leerder die koshuisreëls sal eerbiedig;3. om te aanvaar dat ernstige oortredings of gedragsprobleme van die leerder, kan lei tot verbeuring of

weiering van akkommodasie;4. om die losiesgelde, wat jaarliks deur die Beheerliggaam vasgestel word, kwartaalliks vooruit te betaal

op die eerste skooldag van elke kwartaal;TARIEWE VIR DIE JAAR : 1ste KW: R__________

2de KW: R__________3de KW: R__________4de KW: R__________

5. dat die Ouer aanvaar dat indien losiesgelde nie betaal is soos hierbo ooreengekom nie, die leerder akkommodasie in die koshuis geweier kan word;

6. om’n kwartaal vooruit skriftelik kennis te gee voordat die Ouer, die leerder permanent uit die koshuis neem, ten einde in aanmerking te kom vir enige terugbetaling soos per Bylae E;

7. dat die Ouer verantwoordelik bly vir die betaling van die volle bedrag losiesgeld vir die kwartaal indien hy/sy nie vooraf kennis gee nie;

8. om by versuim van betaling, ook moratore rente op die uitstaande bedrag gehef vanaf datum van ondertekening hiervan, te betaal indien so versoek;9. dat die beheerliggaam geregtig is om regstappe te neem, vir die invordering van enige agterstallige geld,

en dat prokureur- en kliëntkoste en invorderingskommissie van die Ouer verhaal kan word;10. dat die Ouer die woonadres, soos vervat in Bylae B as domicilium citandi et executandi kies, en hiermee

toestem tot die aflewering van alle kennisgewings en prosesstukke by hierdie adres;

1

Page 2: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

11. om alle skade veroorsaak deur die leerder aan koshuiseiendom en/of koshuisinwoners se eiendom te vergoed/ herstel;

12. om die bedrag van R500-00 ten opsigte van breekskade aan die begin van elke jaar te betaal;(Hierdie bedrag is kwartaalliks oordraagbaar, en terugbetaalbaar aan die einde van elke jaar indien daar geen skade was nie. Die bedrag kan ook oorgedra word na die volgende jaar.)

13. dat die Ouer bewus is daarvan dat die koshuis gedurende skoolvakansies en naweke gesluit is en dat

hy/sy daarvoor verantwoordelik is om die leerder op eie koste na en van die koshuis te vervoer;14. dat geen ongemagtige persone sonder die Ouer se skriftelike verlof die leerder uit die koshuis mag

neem nie;15. dat alhoewel alle redelike maatreëls deur die koshuisowerheid getref word ten opsigte van veiligheid,

die Ouer nie die koshuisowerheid aanspreeklik sal hou indien die leerder sonder die nodige toestemming die koshuis sou verlaat, of beseer word nie,

16. dat die Ouer geen beswaar het as die leerder ‘n redelike aandeel het aan die buitemuurse aktiwiteit van die skool nie;

17. dat die Ouer toestemming gee aan die onderwyser(es) aan diens, om in geval van siekte of besering

soos volg op te tree:i) Die Ouer onmiddellik in kennis te stel, ofii) Indien die Ouer nie bereikbaar is nie, die kontakpersoon in kennis te stel, ofiii) Indien die kontakpersoon nie beskikbaar is nie, die nodige stappe te neem om mediese

versorging te reël, insluitend skriftelike toestemmimg vir narkose;18. om die skool – en koshuisowerheid te vrywaar van enige mediese eise en skadevergoeding;19. om verantwoordelik te wees vir die betalings van mediese rekeninge t.o.v. behandeling en medisyne;20. dat die Ouer toestemming gee aan die Ontvanger van Inkomste om sy/haar adres aan die skool te verskaf

indien hy/sy nie opgespoor kan word nie;21. dat die inligting soos vervat in Bylae B korrek is, en dat die Ouer verplig is om binne sewe dae na

enige verandering, die skool en koshuis van sy/haar nuwe woon- en posadres in kennis te stel.

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG:

Die Ouer en Skool erken dat ondertekening van hierdie aansoekvorm deur beide partye geag word as aanvaarding van alle voorwaardes hierin vervat en dat ‘n geldige en bindende ooreenkoms tussen die partye tot stand kom en dat dit die enigste volledige ooreenkoms sal wees. Geen ander ooreenkoms is derhalwe bindend nie tensy dit op skrif gestel en deur beide Skool en Ouer onderteken is.

Geteken te ______________________hierdie ______dag van _______________Jaar_______

_______________________________ _____________________________ Ouer / Voog Skool

________________________________ ______________________________ Naam en Van in drukskrif Naam en Van in drukskrif

As Getuies : 1.___________________________ 2._____________________________

2

Page 3: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

____________________________ ______________________________Naam en Van in drukskrif Naam en Van in drukskrif

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG:

(‘n Gesertifiseerde afskrif van die leerder se geboortesertifikaat of identiteitsdokument moet hierdie aansoek vergesel)

BYLAE: A

BESONDERHEDE VAN LEERDER

1 Van: Noemnaam:

2 Voorname (voluit):

3 Geboortedatum: Huidige Graad:

4 Selfoon nommer van leerder:

5 Huidige /Vorige Skool:

6 Geslag: (Merk met kruisie) Seun: Dogter:

7 Posisie in kindertal: (bv tweede van drie = 2 / 3

8 Huistaal: Tweede huistaal:

(Indien van toepassing)

9 Indien een of beide ouers oorlede is, dui aan

met ‘n kruisie waar van toepassing:

Vader Moeder Albei

10 Dui aan of die leerder enige van die vlg

voorskoolse opleiding ondergaan het:

Dept

Kleuterskool

Graad R

of

Graad O

Privaat

Kleuter-skool

11 Indien u kind enige van die volgende probleme ervaar wat geïdentifiseer is, dui aan met ‘n kruisie in die

toepaslike blokkie hieronder:

Outisties Aandaggebreksindroom Gedragsprobleme Swaksiende

Epilepsie Gehoorprobleem Leerprobleem Leesprobleem

Rekenprobleem Fisiese gestremdheid Diabetes

12 Spesifiseer enige ander gebreke, siektes of kwale:

3

Page 4: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

BYLAE: B

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG:

BESONDERHEDE VAN OUER(S) / VOOG

VADER/ VOOG/ ANDER MOEDER/ VOOG/ ANDER

1 Titel:

2 Van:

3 Voorletters:

4 Noemnaam:

5 ID: Nommer

6 Beroep:

7 Werkgewer:

8 Tel. Werk & kode:

9 Tel. Huis & kode:

10 Sel nr:

11 Faks nr:

12 E – Pos:

13 Posbus & kode

14 Woonadres:

15 Kerkverband:

16 Getroud/ geskei/

wewenaar/ weduwee:

17 Huisdokter:

18 Dokter se tel. nr:

19 Mediese fonds en nr:

20 Mediese fonds tel nrs:

4

Page 5: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

21 Rede waarom u kind koshuisakkommodasie verlang:

BYLAE: C

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG:

BESONDERHEDE VAN PERSOON WAT VERANTWOORDELIK IS VIRDIE BETALING VAN HIERDIE LEERDER SE KOSHUISGELDE

Verwantskap met die leerder: Merk met kruisie

Vader Stiefvader Oupa Oom PleegouerMoeder Stiefmoeder Ouma Tante Ander *spesifiseer hieronder*Ander (gespesifiseer):

Titel:

Voorname en Van:

Id nommer:

Woonadres:

Posadres:

Naam van werkgewer:

Straatadres van werkgewer:

Posadres van werkgewer:

E – Pos adres:

5

Page 6: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

Telefoon nommers: Werk: Selfoon:Huis: Faks no:

BYLAE: D

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG:

KONTAKPERSOON INDIEN OUERS NIE BESKIKBAAR IS NIE

Naam en Van:

Adres:

Tel. Nr: Huis: ( ) Werk: ( )

Ek / ons verklaar dat die besonderhede en inligting verstrek in Bylae A, B ,C en D na die beste van my / ons kennis waar en juis is.

_______________________________________ _________________________Handtekening van Ouer / Voog Datum

_______________________________________Naam en Van in drukskrif

BYLAE : E

VOLTOOI ASSEBLIEF VOLLEDIG (Indien van toepassing) :

KENNISGEWING VAN VERLATING VAN KOSHUIS.

Hiermee gee ek,____________________________________________________ die ouer / voog van

___________________________________________________(leerder), huidiglik in Graad ______

en tans woonagtig in Huis___________________,kennis dat my kind (soos hierbo genoem) vanaf

____________________________ nie langer in die koshuis woonagtig sal wees nie.

___________________________________ _______________________

6

Page 7: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

Handtekening van ouer / voog Datum

____________________________________Naam en Van in drukskrif

BYLAE: F

HUISHOUDELIKE REëLS en GEDRAGSKODE VIR MHS KOSGANGERS:

1. ALGEMEEN:

1.1 Die koshuise, Denne en Excelda bied onderskeidelik huisvesting aan 110 dogters en seuns. Die koshuise is geskep vir leerders wat nie daagliks vanuit hulle ouerhuise kan skoolgaan nie.

1.2 Die gedragskode is saamgestel en word geïmplimenteer omdat dit ‘n noodsaaklike hulpmiddel is ter bereiking van die opvoedkundige doelstellings van hierdie koshuisgemeenskap.

1.3 Orde, dissipline en respek vir en van elke individu, vorm die grondslag vir ‘n suksesvolle en ‘n gelukkige koshuisgemeenskap met ‘n huislike atmosfeer.

1.4 Die reëls wat in elke ouerhuis behoort te geld, is ook in ons koshuise van krag. Daarom is ‘n dissiplinệre kode saamgestel en word daar van die kosganger verwag om dit te

gehoorsaam.1.5 Algemene Christelike beginsels dien as grondslag vir die gedragskode.

* Volle geloofsvryheid word egter aan elke individu gewaarborg.1.6 Hierdie gedragskode erken die volgende: Die Grondwet van SA, die Skolewet en Witskrifte, en

die gedragskode van die personeel.

2. DOELSTELLINGS:

2.1 Om aan elke leerder die volle geleentheid te bied vir optimale verwerkliking van vermoëns en talente op alle opvoedkundige terreine waarop die koshuis hom mag bevind.

2.2 Om aan elke leerder die geleentheid te bied om hom/haar maksimaal voor te berei vir die volwasse lewe sodat hy/sy ‘n betekenisvolle rol kan vervul.

2.3 Om aan elke leerder sekuriteit en geborgenheid te bied in die koshuisgemeenskap as ‘n unieke individu met sy/haar besondere behoeftes en eienskappe.

2.4 Om die leerder die beginsel te leer van: “omgee vir mekaar” en om mekaar se belange op die hart te dra in ‘n gees van samewerking en ondersteuning.

2.5 Om aan elke leerder ‘n veilige en stabiele omgewing daar te stel waar fisiese beserings sover menslik moontlik beperk word.

2.6 Om as koshuis en ouers in vennootskap die beste aan die leerder te bied deur effektiewe kommunikasie.

3. VOOGSTELSEL:

Om bogenoemde doelstellings te kan bereik is ‘n gedesentraliseerde voogstelsel noodsaaklik en bestaan uit die volgende fasette:

3.1 Hoof3.2 Senior Huisvader/moeders3.3 Huisvaders/ moeders 3.4 Voogonderwyser(es)3.5 Gangvoogde in koshuis

7

Page 8: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

3.6 Buitemuurse aktiwiteite – Afrigters (Nie-doserend)3.7 Buitemuurse aktiwiteite – Onderwyser(es)3.8 Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR)3.9 Ouers.

4. HUISHOUDELIKE ORDE:

4.1 DAAGLIKSE ROETINE:

.

Bogenoemde tye kan wissel a.g.v sport – of kultuuraktiwiteite

4.2 STUDIE:

4.2.1 Slegs leerders wat toestemming het van die Huisvader/moeder, mag in hulle kamers studeer. Akademiese prestasie is en bly die riglyn vir hierdie vergunning. Indien leerders nie erns maak met hulle studies, of nie na wense vorder nie, sal leerders na die studiesaal verskuif word. Hierdie leerders moet hom/haar dus eers weer bewys om sodoende weer in sy/haar kamer te mag studeer.

4.2.2 Wanneer die eerste studieklok lui moet almal na die studiesaal (of kamer) beweeg. Wanneer die tweede klok lui, moet leerders reeds sit en begin werk.

4.2.3 Geen leerder mag rondloop gedurende studietyd nie.4.2.4 Gedurende studietyd moet almal besig wees met skoolwerk. Geen briefies of boodskappe word

rondgestuur nie. Geen tydskrifte word gelees nie. Oortredings in studietyd sal in ‘n baie ernstige lig beskou word.

4.2.5 Geen selfone word in die studiesaal toegelaat nie.4.2.6 Geen telefoonoproepe mag tydens studietyd gemaak of ontvang word nie.

MAANDAE TOT VRYDAE

Opstaan

DENNE EXCELDA

05:45 05:45Kamerinspeksie 06:20 06:20Stiltetyd 06:30 06:30Ontbyt 06:40 06:40Uit koshuis vir skool Almal reeds 07:15 uit koshuiseMiddagete Direk na skool vir beide koshuiseRustyd Direk na middagete tot 14:15Studie 14:15 - 15:00 Sportaktiwiteite 15:00 (Tensy anders gereël)Badtyd Na aandstudie tot 21:30 Aandete 17:30Studie 19:00 - 20:00 Breek 20:00 - 20:15Studie: 20:15 - 21:15 Laatstudie: 21:15 - 23:00 (Soos gereël met onderwyser(es)) Stiltetyd: 21:45 Ligte uit: 22:15 (Tensy anders gereël)

8

Page 9: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.2.7 Leerders moet behoorlik geklee wees.4.2.8 Na studie moet alle tafels opgeruim word.4.2.9 Geen TV mag gedurende studie – of stiltetye gekyk word nie.

4.3 EETSAAL:

4.3.1 Nadat die eteklok gelui het, moet alle kosgangers dadelik na die eetsaal beweeg en by hulle tafels aantree.

4.3.2 In die eetsaal heers ordelikheid en geen geselsery word toegelaat voordat die seën gevra is nie.4.3.3 Tafelhoofde moet:

4.3.3.1 toesien dat goeie gedrag,orde en kalmte heers aan tafel;4.3.3.2 onmiddellik rapporteer as ‘n leerder afwesig is vir ete;4.3.3.3 swak tafelmaniere van ‘n leerder rapporteer aan die onderwyser aan diens.

4.3.4 Leerders mag op ‘n beskaafde en gesellige manier met tafelmaats kommunikeer.4.3.5 Geen eetgerei mag uit die eetsaal geneem word nie.4.3.6 NIEMAND MAG SONDER TOESTEMMING VAN ‘N ETE AF WEGBLY NIE.4.3.7 Niemand mag laat wees sonder toestemming of ‘n grondige verskoning nie.4.3.8 Na ete moet leerders die tafels afdek en opruim.4.3.9 Kosgangers mag eers die eetsaal verlaat nadat gedank en toestemming gegee is.4.3.10 Geen leerder word in die kombuis toegelaat nie, tensy vergesel van ‘n onderwyser of matrone.

4.4 SLAAPKAMERS:

4.4.1 Slaapkamers moet te alle tye netjies gehou word.4.4.2 Ten einde ‘n “huislike” atmosfeer te skep, mag kosgangers hulle eie gordyne en beddegoed

gebruik. 4.4.3 Hangkaste en laaie moet te alle tye netjies wees. Kasinspeksie sal gereeld gedoen word.4.4.4 In elke kamer is ‘n besem en vullisblik, kamers moet elke oggend gevee en afgestof word. Alle

vullis moet in die vullisblik gegooi word.4.4.5 Kosgangers moet self sorg dat die vloere en mure in die kamers skoon en gewas is.4.4.6 Beddens moet elke oggend behoorlik opgemaak word.4.4.7 Beddens mag nie teen mekaar geskuif word nie en leerders mag nie saam op een bed slaap nie.4.4.8 Leerders mag hulle eie radio, TV, ketel en rekenaar in die kamer hou, maar dit slegs BUITE

studietye gebruik. Enige radio, rekenaar of TV wat die algemene rus versteur, sal gekonfiskeer word.

4.4.9 GEEN verwarmers, elektriese komberse of verlengingskoorde mag in die kamers gebruik word nie.

4.4.10 Alle komberse wat nie gebruik word nie, moet onverwyld by die matrone ingehandig word.4.4.11 Kosgangers mag slegs met toestemming van die Huisvader/moeder van kamer verwissel.4.4.12 Die name van kamerbewoners moet op die deur aangebring word.4.4.13 Gordyne moet saans toegetrek word en kamerdeure moet toe wees as leerders verklee.4.4.14 Gordyne mag nie geknoop of bo-oor die gordynkap gehaak word nie.4.4.15 Geen persoon van die teenoorgestelde geslag word in die kamers of gange toegelaat nie. Daar

mag nie deur die venster met persone buite die koshuis gekuier word nie.4.4.16 Geen kerse mag in die kamers gebruik word nie.4.4.17 Kamerligte moet afgeskakel word wanneer die kamer verlaat word.4.4.18 Mure moet skoon gehou word. GEEN prente, skilderye of muurbehangsels mag op die mure

aangebring word nie.

9

Page 10: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.4.19 Prente mag wel op die binnekant van kasdeure geplak word. Die prente mag egter nie onwelvoeglik of onsmaakvol wees nie. Slegs “prestik” mag gebruik word en geen kleeflint (selotape) of gom nie. GEEN prente mag op die buitekant van kaste geplak word nie.

4.4.20 Slegs enkel groot prente sal toegelaat word en nie ‘n verskeidenheid kleintjies nie.4.4.21 Elke kosganger moet ‘n slot hệ om kaste te sluit. Nommerslotte is aan te beveel of ‘n

duplikaatsleutel moet by die Huisvader/moeder ingehandig word.

4.5. BADKAMERS:

4.5.1 Wasbakke en baddens moet skoon en netjies agtergelaat word. Was die bad behoorlik sodat die volgende persoon nie sal omgee om dit te gebruik nie.

4.5.2 Badkamers en toilette moet altyd onberispelik gelaat word. Dit bly ‘n groot waarheid dat jy die badkamer moet laat soos wat jy dit graag sal wil vind.

4.5.3 Geen gekrap sal op mure of deure geduld word nie.4.5.4 Moenie water mors nie, veral nie warm water nie. Sorg dat alle krane altyd deeglik toe is.4.5.5 Ligte moet afgeskakel word nadat badtyd verby is.4.5.6 Geen gespelery sal in die badkamer toegelaat word nie. Geen radio mag in badkamers

of gange gespeel word nie.

4.6. SIEKEKAMER:

4.6.1 Die matrone sal bepaal wanneer dit nodig is om ‘n kosganger na die siekekamer oor te plaas.4.6.2 Die hoofmatrone behandel siek kosgangers net na ete in die siekekamer. Sy sal ernstige gevalle

van siekte of beserings aan die Senior Huisvader/moeder of onderwyser aan diens rapporteer.4.6.3 Siek leerders se ouers sal ontbied word sodat hulle tuis verpleeg kan word.4.6.4 Slegs die Senior Huisvader/moeder sal die ouers in kennis stel as die leerder siek is. Kosgangers

mag nie self hulle ouers bel, of iemand anders vra om hulle ouers te bel nie.4.6.5 Geen kosganger mag gedurende skoolure vanaf die skool na die koshuis gaan as gevolg van

siekte, sonder die toestemming van die Senior Huisvader nie.4.6.6 Ernstige gevalle sal deur die Huisvader/moeder of onderwyser(es) aan diens na die gesin se

dokter vervoer word.4.6.7 Kostes i.v.m siekte sal van die kosganger se ouers verhaal word en die ouers bly verantwoordelik

vir die betaling van rekeninge vir mediese behandeling en medisyne.4.6.8 Pasiënte mag in die siekekamer besoek word en slegs op die volgende tye: 16:00 – 17:00 en

weer na aandete tot voor studietyd. Nie meer as 2 besoekers per pasiënt word op een slag toegelaat nie. Die duur van besoektyd moet beperk word en geen luidrugtigheid sal geduld word nie.

4.6.9 Indien die siekekamer leeg is, mag geen kosganger daar kom nie.

4.7. SPORT EN ONTSPANNING:

4.7.1 Kosgangers MOET aan ten minste een georganiseerde sportsoort of kultuuraktiwiteit, wat deur die skool aangebied word ,deel te neem.

4.7.2 Alle kosgangers verlaat die koshuis na middagstudie om deel te neem aan sport- of kultuuroefening of om in die tuin te ontspan. Die koshuis mag eers weer om 17:00 betree word.

4.7.3 Wanneer sportbyeenkomste plaasvind kan daar van die kosgangers verwag word om die naweek in te bly tot na afloop van die Saterdag se sport. Leerders sal egter betyds hieroor ingelig word.

4.8. NETHEID EN KLEREDRAG:

4.8.1 Tydens ontbyt en middagete moet kosgangers in volledige skooldrag geklee wees.

10

Page 11: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.8.2 Tydens aandete moet kosgangers gemaklik maar behoorlik geklee wees. Almal moet skoene/ plakkies aanhệ. Geen leerder met kaalvoete sal gedurende etes in die eetsaal toegelaat word nie.

4.8.3 Met dorpverlof moet kosgangers in skooldrag geklee wees tensy ‘n vergunning toegestaan is deur die Huisvader/moeder.

4.8.4 Behalwe as anders aangekondig, word skooldrag na alle funksies en sportbyeenkomste gedra.4.8.5 Sondae en tydens kerkbesoek moet kosgangers behoorlik geklee wees.4.8.6 Die leen van klere word ten sterkste afgekeur.4.8.7 Alle kledingstukke moet duidelik gemerk word.4.8.8 Geen wasgoed mag aan vensters of vensterbanke gehang word nie.4.8.9 Kledingstukke wat rondlệ sal geskut word.4.8.10 Leerders moet hulle eie wasgoed was, stryk en versorg. Daar is wasmasjiene en strykgeriewe in

die koshuis beskikbaar.

4.9 KERKBESOEK:

4.9.1 Daar word van leerders wat naweke in bly, verwag om kerk toe te gaan. Leerders moet sorg dat hulle geskikte klere het om mee kerk toe te gaan.

4.9.2 Sondagaande mag leerders slegs kerk toe gaan indien hulle deur hulle ouers vergesel word en die nodige toestemming verkry het.

4.9.3 Kosgangers wie nog nie belydende lidmate is nie, moet die kategese klas van sy / haar kerk besoek.

4.10 NAWEEKVERLOF:

4.10.1 ‘n Ouerhuis en gesin bly onderskeidelik die belangrikste plek en anker in enige kind se lewe enomdat ons koshuise slegs “weekshuise”is, MOET alle leerders ELKE Vrydag huistoe te gaan, tensy hy/sy sportverpligtinge het. In sulke gevalle kan leerders na die sportbyeenkoms huistoe gaan.

4.10.2 Leerders wat nie na sportbyeenkomste huistoe gaan nie, moet reeds op Donderdagmiddag aandui vir watter etes hy/sy teenwoordig gaan wees.

4.10.3 Die koshuis is op “toenaweke” gesluit en leerders wat nie huistoe gaan nie, se ouers moet alternatiewe reëlings tref met familie en/of vriende om die leerders te kom haal. (Sien ook 4.10.7 en 4.10.9 hieronder). In uitsonderlike gevalle kan spesiale vergunning op meriete deur die Senior Huisvader/moeder toegestaan word, MAAR‘n heffingsfooi is dan vooruit betaalbaarby die skoolkantoor. Die heffingsfooi is soos per dagtarief en onderhewig aan verandering en moet reeds Donderdagoggend betaal word.

4.10.4 Op verpligte “oopnaweke” en gedurende eksamens funksioneer die kombuis soos normaal en is geen heffing betaalbaar nie.

4.10.5 Elke kosganger moet PERSOONLIK deur hulle ouers/voogde of gemagtige persoon, in die teenwoordigheid van die diensdoenende onderwyser(es), uitgeteken word.

4.10.6 Kosgangers moet na die naweek weer teruggeteken word deur die ouer/voog. Kosgangers, behalwe busleerlinge, wat op Sondae nie voor 19:00 terug is nie, moet Maandae voor skool terug wees.

4.10.7 Ouers/voogde wat die kosganger nie persoonlik kan uitteken nie, moet skriftelik aan die Huisvader/moeder opdrag gee wie die leerder mag uitteken.

4.10.8 Kosgangers wat per bus/huurmotor huistoe gaan, moet die nodige magtiging aan die Huisvader/moeder inhandig wat toestemming aan hulle verleen om die kosganger in-en uit te teken.

4.10.9 Indien ‘n kosganger na vriende of familie gaan, moet skriftelike, telefoniese of sms magtiging deur die ouer/voog by die onderwyser aan diens of Huisvader/moeder ingehandig of

11

Page 12: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

gedoen word. Die telefoonnommers van ALBEI partye moet asseblief verskaf word. Hierdie toestemming moet al reeds op Donderdae gereël word.

4.10.10 Kosgangers word op die volgende tye uit-of ingeteken:Vrydae: Direk na skoolSaterdae: Enige tydTerugteken: Sondae voor 19:00 of Maandae voor skool.

4.10.11 Indien ‘n kosganger nie na ‘n naweek terugkeer nie, moet die Huisvader/moeder onmiddellik in kennis gestel word.

4.11 VAKANSIE:

4.11.1 Alle kosgangers se tasse word die middag voor die skool sluit reeds gepak.4.11.2 Kamers moet elke vakansie ontruim word, tensy die Huisvader/moeder anders reël.4.11.3 Normale uittekenreëls geld ook by die einde van ‘n kwartaal.4.11.4 Leerders moet na ‘n vakansie eers by die Huisvader/moeder of onderwyser(es) aan diens bewys

lewer dat sy/haar losiesgeld betaal is, voordat hy/sy tot die koshuis toegelaat sal word.4.11.5 Leerders moet aan die begin van ‘n kwartaal vanaf 14:00 op die dag voor die skole heropen

terug wees by die koshuis of anders eers die volgende oggend voor skool.

4.12 DAAGLIKSE VERLOF:

4.12.1 Kosgangers mag Woensdae-middae vanaf 14:00 tot 17:25 dorp toe gaan om inkopies te doen.4.12.2 Geen kosganger mag in die dorp ronddrentel nie.

INDIEN HIERDIE VERGUNNING MISBRUIK WORD, SAL DIT TERUGGETREK WORD.

4.12.3 Kosgangers sal slegs in die middae toegelaat word om naaste familie in die hospitaal te besoek. Hiervoor is skriftelike bewys nodig.

4.12.4 Spesiale verlof vir mediese doeleindes, wat gestaaf word deur ‘n afspraakkaartjie, sal direk na ete deur die onderwyser(es) aan diens gegee word.

4.12.5 Verkieslik moet geen doktersafsprake in studietyd gemaak word nie.4.12.6 Kosgangers mag slegs met besonderse geleenthede op ander weeksdae middagverlof ontvang en

dit moet vooraf met die Huisvader/moeder gereël word.4.12.7 Kosgangers sal nie toegelaat word om weeksaande uit te slaap nie.

4.13 KOSHUISTERREIN:

4.13.1 Grense:Denne: Noordgrens Pallisade voor koshuis

Wesgrens NetbalbaanOosgrens Draadheining langs Coetzee StraatSuidgrens Heining agter musiekkamers en muur van Hoofwoning

Excelda: Noordgrens G-blokWesgrens Draadheining langs KerkstraatOosgrens B-hokkieveldSuidgrens Netbalbane

4.13.2 Niemand mag die koshuisterrein sonder toestemming verlaat nie. .4.13.3 Geen kosganger mag na skool op die skoolterrein wees nie, tensy hy/sy vergesel is van ‘n

onderwyser(es), of in opdrag van ‘n onderwyser(es), of vir ekstra klasse soos gereël.4.13.4 Alle pawiljoene is buite perke behalwe tydens sportoefening.4.13.5 Geen leerder sal gedurende skooltyd toegelaat word om die koshuis te besoek nie.

12

Page 13: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.13.6 Die woonstelle en kamers van personeel en matrones is verbode gebied. Geen kosganger mag in die woonstelle of kamers gaan kuier nie.

4.13.7 Die netheid van die terrein is vir almal belangrik ! Moenie:* die plante verniel of blomme afpluk nie,* rommel strooi of papiere en skille by vensters uitgooi nie,* tuinmeubels beskadig of verwyder nie.

4.13.8 Pas alle koshuiseiendom op asof dit jou eie is.4.13.9 Alle eiendom wat gebreek of beskadig word moet onmiddellik aan die personeellid aan diens

gerapporteer word.4.13.10 Alle eiendom wat deur kosgangers gebreek of beskadig word, sal deur die betrokke persone

vervang word.4.13.11 Die koshuisdeure word net voor aandstudie gesluit.

4.14 SAKGELD/ SELFONE EN JUWELIERSWARE:

4.14.1 Geen verantwoordelikheid kan deur die koshuispersoneel aanvaar word vir sakgeld of ander waardevolle artikels wat uit kosgangers se kamers wegraak nie.

4.14.2 Sakgeld kan vir veilige bewaring by die Huisvader/moeder ingehandig word.4.14.3 Selfone word toegelaat, maar geheel en al op eie risiko van die kosganger. Die personeel

aanvaar geen verantwoordelikheid indien selfone wegraak nie.4.14.4 Geen oproepe mag gedurende studie – of stiltetye gemaak word nie

4.15 BESOEKERS:

4.15.1 Kosgangers mag op weeksaande besoekers ontvang, na ete tot voor studietyd.4.15.2 Besoekers mag slegs in die tuin of in die sitkamer van die koshuis ontvang word.4.15.3 Geen kosganger mag in ‘n motor van ‘n besoeker klim nie.4.15.4 Geen “gevryery” sal geduld word nie.

4.16 ROOK / DRANK /DWELMMIDDELS EN PORNOGRAFIE:

4.16.1 Rook in die koshuis of op die terrein is ten STRENGSTE VERBODE en sal tot drastiese optrede lei.

4.16.2 Die gebruik van drank op die terrein of in die koshuis is STRENG VERBODE.4.16.3 GEEN pornografiese materiaal, verdowingsmiddels, stimulante en verwante middels sal in die

koshuis of op die terrein toegelaat word nie. Daar sal drasties teen sulke oortreders opgetree word.

4.17 NUWE LEERDERS:

4.17.1 GEEN vorm van ontgroening van watter aard ookal, sal geduld word nie.4.17.2 Die program van inskakeling en oriëntering t.o.v. al die fasette van die koshuis en skool word in

samewerking van die Senior Huisvader/moeder opgestel en uitgevoer.

4.18 DISSIPILINỀRE STELSEL:

4.18.1 Hierdie stelsel is ‘n verlengingstuk van die skool se dissiplinệre stelsel, en is in samewerking met die personeel en beheerliggaam opgestel.

4.18.2 Om aan te sluit by die skool se dissiplinệre stelsel, maak die koshuis ook gebruik van ‘n debiet- en kredietpunte stelsel.

13

Page 14: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.18.3 Aan die einde van elke kwartaal sal elke kosganger ‘n “gedragsverslag” ontvang wat deur die ouers/voogde geteken moet word.

4.18.4 Elke geval sal op meriete hanteer word.4.18.5 Toepassing van tug sal slegs geskied nadat skuld bo alle twyfel bewys is. Hulpgewing aan

leerders word egter voorop gestel.4.18.6 Tydelike en/of permanente uitsluiting uit die koshuis is dadelik van krag en geld vir alle fasette

van koshuisaktiwiteite.4.18.7 ‘n Leerder en ouer/voog moet altyd gewaarsku word t.o.v. die tugmaatreël wat sal intree met

die volgende oortreding.4.18.8 Oortredings sal in die “Strafboek” opgeteken word. 4.18.9 Die toepassing van die dissiplinệre stelsel sal deur die Huisvader/moeder, hanteer word. .

4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam hanteer word.

4.18.11 Leerders met ‘n netto debietpunt, sal nie kwalifiseer om op die nominasielys vir die koshuisraadverkiesing te kom nie.

4.18.12 Die volgende oortredings word gelys met die aanbevole tugmaatreël:

LW: Met elke 50 debietpunte tot en met 150 debietepunte word ‘n leerder 1 middag, (15:00 – 17:15) ingespan om take te verrig in belang van die koshuis.

Met 200 netto debietpunte word ‘n leerder vir 1 week uit die koshuis gesluit behalwe in gevalle waar die tugmaatreël permanente uitsluiting voorskryf. Hertoelating sal slegs oorweeg word nadat ‘n onderhoud met ouer/voog gevoer is.

DEBIET STELSEL:

OORTREDINGOnderhoud

met ouer/voogJa / Nee

TUGMAATREëL DEBIETE

MINDER ERNSTIG: Na 4e oortreding word ouers gekontak.

Kamer , kaste slordig Nee 10Rondloop tydens studie of na ligte uit Ja /Nee Gebruik oordeel om ouer / voog te

kontak na aanleiding van erns.20

Radio/TV wat pla tydens studie Nee 10Raas tydens studie Nee 10Raas tydens rus – stiltetyd Nee 10Nie opdaag vir etes nie Nee Finansiële implikasie 20Eetsaal oortredings tydens ete Nee 10Nie betyds terug na dorpverlof Nee 20Breekware /eetgerei uit eetsaal verwyder Nee Finansiële implikasie 50Baklei (verbaal) Nee 20Uitdaging van gesag (Personeel) Ja 50Uitdaging van gesag (Leiers) Nee 50Verbode tye in koshuis teenwoordig Nee 20Betree verbode terreine buite grensgebied Nee 30Vuil taal Nee 20Slordige voorkoms (hare/ongeskeer) Nee 20

ERNSTIGE OORTREDINGS:

14

Page 15: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

Drankgebruik : 1e keer Ja 1 week uit koshuis 80Drankgebruik : 2e keer Ja Permanent uit koshuis -Diefstal:1e keer Ja 1 week uit koshuis 80Diefstal: 2e keer Ja Permanent uit koshuis -Ontvangs/besit van gesteelde eiendom:1e Ja Permanent uit koshuis -Besit van sleutels van ander kosgangers se kamers: Ja Permanent uit koshuis -Rook: 1e keer Ja Oueronderhoud 80Rook: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Rook: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Dwelmgebruik / besit * : Ja Permanent uit koshuis -Besit/verspreiding van pornografie*: 1e Ja 1 week uit koshuis 80Besit/verspreiding van pornografie : 2e Ja Permanent uit koshuis -Seksuele wangedrag *: 1e keer Ja 1 week uit koshuis 80Seksuele wangedrag : 2e keer Ja Permanent uit koshuis -Besit van gevaarlike voorwerp * : Ja Permanent uit koshuis -Afwesig uit koshuis na ligte uit: 1e Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Afwesig uit koshuis na ligte uit: 2e Ja 1 week uit koshuis 80Afwesig uit koshuis na ligte uit: 3e Ja Permanent uit koshuis -Dorp toe sonder verlof – middae: 1e Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Dorp toe sonder verlof – middae: 2e Ja 1 week uit koshuis 80Dorp toe sonder verlof – middae: 3e Ja Permanent uit koshuis -Nie uitteken vir naweke: 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Nie uitteken vir naweke: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Nie uitteken vir naweke: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Onwettig /self uitteken: 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Onwettig /self uitteken: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Onwettig /self uitteken: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Nie uitteken vir dorpverlof: 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Nie uitteken vir dorpverlof: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Nie uitteken vir dorpverlof: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Fisiese geweld teenoor personeel Ja Permanent uit koshuis -Verbale aggressie teenoor personeel:1e Ja 1 week uit koshuis 80Verbale aggressie teenoor personeel:2e Ja Permanent uit koshuis -Viktimisasie: individu/groep: 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Viktimisasie: individu/groep: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Viktimisasie: individu/groep: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Vandalisme/opsetlike saakbeskadiging: (van enige aard)

Ja Permanent uit koshuis Finansiële implikasie

-

Baklei (fisies): 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Baklei (fisies): 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Baklei (fisies): 3e keer Ja Permanent uit koshuis -Rassisme: 1e keer Ja Oueronderhoud: Hanteer op meriete 80Rassisme: 2e keer Ja 1 week uit koshuis 80Rassisme: 3e keer Ja Permanent uit koshuis -

4.18.13. Hier volg ‘n woordomskrywing van begrippe hierbo gemerk met ‘n asterisk. (*)

Dwelm soos bedoel in hierdie dokument is:

15

Page 16: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

(a) enige onwettige stof wat ‘n sielkundige of fisiologiese uitwerking het; of(b) enige stof wat sodanige uitwerking het wat onwettig besit word en;(c) enige stof of enige plant waaruit ‘n afhanklikheidsvormende stof vervaardig kan word;(d) enige afhanklikheidsvormende stof, enige gevaarlike afhanlikheidsvormende stof en enige

ongewenste afhanklikheidsvormende stof wat verbode, beskryf en geklassifiseer as ‘n “Dwelm” soos vervat in Deel I, II en III van Bylae2 van die Wet op Dwelms en

Dwelmsmokkelary 140 van 1992, welke wet beskikbaar is by die kantoor ter insae.‘n Gevaarlike voorwerp soos bedoel in die dokument is :

(a) enige springstof of ontplofbare toestel;(b) enige vuurwapen of gaswapen soos omskryf in die Wet op Gevaarlike Wapens 71 van 1968;(c) enige artikel, voorwerp of instrument wat gebruik kan word om ‘n persoon liggaamlike leed aan

te doen of eiendom te beskadig, of om ‘n persoon tydelik te verlam of bewusteloos te laat; of(d) enige voorwerp wat die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant vir die doeleindes van die

Skolewet 84 van 1996, tot gevaarlike voorwerp verklaar; of(e) enige wapen, toestel of voorwerp wat in die Wet op Beheer van Vuurwapens en Ammunisie 60

van 2000 tot “wapen” of “gevaarlike voorwerp” verklaar word.

Pornografie soos bedoel in die dokument is:

enige afbeelding, uitbeelding of reproduksie, wat op enige wyse geskep of vervaardig is, of enige beskrywing van enige persoon (of kind), gesimuleer of werklik, of van enige eksplisiete of seksuele aard wat daarop gemik is om erotiese gedagtes, emosies of gedrag te stimuleer, insluitend enige sodanige afbeelding, uitbeelding of beskrywing van sodanige persoon –

(a) besig is met of wat deelneem aan enige handeling wat ‘n seksuele misdryf uitmaak soos omskryf in die Wet op Seksuele Misdrywe 23 van 1957 en die Wysigingswet op Seksuele Misdrywe 32 van 2007; of

(b) besig is met of wat deelneem aan handelinge wat seksueel suggestief of onbehoorlik is; of(c) wat op onbehoorlike wyse die geslagsorgane van enige persoon of die naakte borste van

‘n vroulike persoon ten toon stel; of(d) wat die liggaam of dele van die liggaam van sodanige persoon beskryf of uitbeeld op so

‘n wyse of in omstandighede wat, in konteks gesien, die seksuele integriteit of waardigheid van sodanige persoon of enige ander persoon skend of aantas, of wat moontlik gebruik kan word met die doel om die seksuele integriteit of waardigheid van sodanige persoon of enige ander persoon te skend of aan te tas.

Seksuele wangedrag soos bedoel in die dokument is:

(a) enige penetrasie van die geslagsdele of anus van ‘n persoon ,deur enige liggaamsdeel van ‘n ander persoon of deur ‘n voorwerp, met of sonder toestemming van sodanige persoon;of

(b) enige kontak van die mond van ‘n persoon met die geslagsdele van ‘n ander persoon, met of sonder toestemming van sodanige persoon; of

(c) betasting van die geslagsdele of anus, van ‘n persoon deur enige ander persoon, met of sonder toestemming van sodanige persoon; of

(d) betasting van ‘n vroulike persoon se borste deur enige ander persoon, met of sonder toestemming van sodanige vroulike persoon; of

(e) om in die openbaar onsedelike dade met ‘n ander te pleeg; of(f) om hom / haar openlik en opsetlik en op onbehoorlike wyse te ontbloot of te vertoon op ‘n plek

waar hy/sy deur publiek gesien word; of(g) enige verbale of skriftelike, onwelvoeglike of onbehoorlike voorstelle van seksuele aard van een

persoon teenoor ‘n ander persoon; of

16

Page 17: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

(h) enige ander handeling wat ‘n seksuele misdryf uitmaak soos omskryf in die Wysigingswet op Seksuele Misdrywe 32 van 2007 en die Wet op seksuele Misdrywe 23 van 1957, welke wet beskikbaar is by die kantoor ter insae.

4.18.14. Die volgende krediete word gelys met die aanbevole punte :

LW: Kredietepunte word afsonderlik toegeken en KAN ook debietpunte negatifeer.

Die Huisvader/moeder het die prerogatief om 20 – 80 kredietpunte aan leerders toe te ken wie se optrede en handelinge ver bo die normale verwagtinge strek en wat daardeur die belange van die personeel, leerders, koshuis en skool vooropstel en beskerm.

KREDIET STELSEL:

BESKRYWING MAATREëL KREDIETE

Bywoning van verpligte skoolfunksies : Kwartaalliks 30Deelname aan kultuuraktiwiteit : Binne en buite skoolverband 20Deelname aan sport : Binne en buite skoolverband 20Deel van ondersteuningsgroep (koshuis) : Eenmalige toekenning. 50Hulpverlening by skoolaktiwiteite : Diskresie van huisvader, hanteer op meriete. 20 - 80Hulpverlening by koshuis : Diskresie van huisvader, hanteer op meriete 20 - 40Netjiese kamer vir 1 kwartaal : Kwartaalliks 30Akademiese prestasie : 90% gemiddeld Kwartaalliks 80Akademiese prestasie : 80% gemiddeld Kwartaalliks 60Akademiese prestasie : 70% gemiddeld Kwartaalliks 40Akademiese prestasie : 60% gemiddeld Kwartaalliks 20Ander akademiese prestasie : Diskresie van huisvader, hanteer op meriete 20 - 40Volgehoue voorbeeldige gedrag : Kwartaalliks 50Rapporteer ERNSTIGE oortredings : Sien 4.18.12 hierbo : Debiet stelsel 80

4.19. VERTEENWOORDIGENDE KOSHUISRAAD: (VKR):

4.19.1 Die raad word elke jaar verkies uit die Senior leerders en neem die leiding t.o.v. die uitlewing en implimentering van die gedragskode.

4.19.2 Daar word ‘n hoofseun en dogter gekies uit elke koshuis wat die kosgangers op koshuisvergaderings verteenwoordig. Hulle het egter geen stemreg rakende besluite wat geneem word nie.

4.19.3 Vir die interne koshuiskomitee word ander leerders uit die kosgangers gekies om hulle mede-inwoners se belange, probleme, voorstelle en versoeke onder die Huisvader/moeder en voogonderwysers(es) se aandag te bring.

4.19.4 GEEN dissiplinệre stappe mag deur die VKR toegepas word nie. Hulle identifiseer en meld slegs probleme aan.

17

Page 18: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

4.19.5 Die VKR help en ondersteun die diensdoenende personeel in die uitvoering van hulle pligte.

4.20 ONDERNEMING DEUR KOSGANGER , OUERS/VOOGDE:

4.20.1 LEERDER:

Hiermee onderneem ek____________________________________________ as inwoner van

__________________________ dat :

4.20.1 Ek die koshuisreëls en gedragskode aanvaar en dat ek na die beste van my vermoë, die pligte en verantwoordelikhede wat hiermee saamval, sal uitvoer.

4.20.2 Om altyd, waar ek my mag bevind, my persoonlike optrede, voorkoms en taal, onberispelik te hou, sodat ek my koshuisskap waardig sal wees.

4.20.3 Om lojaal teenoor my koshuis, onderwysers(esse), leiers en leerders te wees, sodat die goeie naam en gees van my koshuis nie geskaad sal word nie.

4.20.4 Om die beginsels van regverdigheid, billikheid, blymoedigheid, minsaamheid en vriendelikheid teenoor my mede- kosgangers uit te leef.

GETEKEN TE ___________________________OP HIERDIE_______________DAG VAN

_____________________________________ JAAR ________________

________________________________ ___________________________________________Voorletters en Van (Leerder) Handtekening van leerder

4.20.2 OUER / VOOG:

Hiermee verklaar ek, ______________________________________________________________die ondergetekende, dat ek kennis dra van die inhoud van die koshuisreëls en gedragskode.

Verder aanvaar ek die voorwaardes daarin soos uiteengesit.

GETEKEN TE ____________________________ OP HIERDIE _______________DAG VAN

____________________________________JAAR ____________________

___________________________________ ___________________________________Voorletters en Van (Ouer/voog) Handtekening Van Ouer/Voog

Saamgestel vir Hoërskool Middelburg.

18

Page 19: HOëRSKOOL MIDDELBURG€¦ · Web view4.18.10 Met betrekking tot die toepassing van ernstige tugmaatreëls sal die stelsel deur die Senior Huisvader/moeder, Hoof en/of Beheerliggaam

deur Mev C M Malan___________________________________________

19