hulpbronpakket vir ouers en...

30
Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009 HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERS: Harlekyn Harlekyn Deur Jaco Jacobs Geïllustreer deur Diek Grobler

Upload: phamhanh

Post on 12-Feb-2018

288 views

Category:

Documents


40 download

TRANSCRIPT

Page 1: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERS:

Harlekyn

Harlekyn Deur Jaco Jacobs

Geïllustreer deur Diek Grobler

Page 2: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

HOE OM DIE HULPBRONPAKKET

TE GEBRUIK

Hierdie gids bied jou hoofstuk-vir-hoofstuk antwoorde op die aktiwiteite in die aktiwiteitsgids vir lesers. Die doel is om die lees van elke storie te verryk. Die aktiwiteite is geskik vir leerders in die Intermediêre fase, maar kan maklik vir graad 7-leerders aangepas word.

Die hulpbronpakket sluit die volgende in: (a) ‘n hoofstuk-vir-hoofstuk opsomming (b) aktiwiteitsbladsye met voorgestelde antwoorde – dié antwoorde word in blou aangedui. By sommige aktiwiteite is daar ook ‘n prettige koerantaktiwiteit. Die fokus van die aktiwiteite is om genotvol te wees sodat die leeservaring vir die leser ‘n positiewe en aangename ondervinding is. Positiewe motivering is dus noodsaaklik! Opvoeders/ouers kan die aktiwiteite aanpas sodat dit op die gewenste vlak vir die klas/kind is. Skryf in vir die Harlekyn/KleinB skole-/klaskompetisie: Wat moet jy doen? *Die leerders in jou klas moet ten minste een aktiwiteit (van minimum vyf hoofstukke) voltooi. *Daar is minstens drie aktiwiteite per hoofstuk en dertien hoofstukke – m.a.w. een aktiwiteit van enige vyf hoofstukke kan ingestuur word. *Die klas se voltooide opdragte moet saam ingestuur word. Dit hoef nie hoofstuk-vir-hoofstuk gepos te word nie. Inskrywings moet ons egter voor die sluitingsdatum bereik. Aktiwiteitsbladsye moet aan ons gepos word by: Harlekyn/KleinB-kompetisie Die Burger Posbus 692 Kaapstad 8000 Inskrywings sluit: Maandag 16 November 2009 (Inskrywings kan ook elektronies gestuur word na [email protected]) Daar word vyf wenklasse gekies wat elk gaan wegstap met R500 on ‘n bielie van ‘n klaspartytjie te hou! En julle klas staan die kans om in KleinB te verskyn!

*Daar is ook ‘n aktiwiteitsgids vir lesers beskikbaar.

Page 3: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

OPSOMMING van elke hoofstuk

Hoofstuk 1 Werner en sy vriende, Tom en Marike, is besig om te werk aan ‘n skooltaak. Werner se suster, Sunet, terg hom met ‘n hansworspop wat sy by ‘n tweedehandse-winkel gekoop het. Sy weet hy gril vir hansworse (of narre). Hy voel eintlik skaam daaroor omdat hy dink ‘n twaalfjarige seun behoort nie bang te wees vir hansworse nie. Sunet noem die pop, Billy. Hoofstuk 2 Werner skrik van ‘n nagmerrie wakker. Dit was ‘n nagmerrie toe hy by die sirkus verdwaal het en in ‘n hanswors vasgehardloop het. Die nar se neus het begin bloei. Toe hy later in die badkamer kom, is daar met lipstiffie op die badkamespieël ‘n gesig met ‘n groot glimlag en ‘n rooi hansworsneus geteken. Hoofstuk 3 Niemand glo Werner se storie oor die badkamerspieël nie. Werner word later die middag wakker van ‘n klopgeluid wat vanuit Sunet se kamer kom. Hy kyk na die houtkissie is waarin Billy, die pop, gebêre word en sien krapmerke aan die binnekant van die kissie. Hy skrik en klap die kissie toe waarna die pop blikkerig begin lag. Hoofstuk 4 Werner se beste vriend, Tom, begin nou self wonder oor al die stories van Werner en die pop. Marike stel egter baie belang en besluit hulle almal moet vanaand na Werner toe gaan om die pop te bestudeer. Hoofstuk 5 Marike en Tom kom by Werner aan en hy voel simpel omdat hy so ophef van die pop gemaak het. Hy gaan haal die pop. Daar is niks vreemds aan die pop nie. Later die aand, terwyl hulle playstation speel, ruik hulle iets in die kombuis brand. Hulle skrik vir die boodskap wat hulle op die yskasdeur sien. Hoofstuk 6 Werner vermoed Sunet het ook nou besef dat daar iets verkeerd is met die hansworspop. Marike stel voor dat hulle die pop na ‘n winkel, wat outydse poppe verkoop, moet neem. Hy kry die kissie en pop in die drom waar Sunet die pop weggegooi het. Sunet het ook agtergekom daar is iets fout met die pop.

Page 4: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 7 Die drie is by die popwinkel. Werner is vir ‘n oomblik spyt hy het nie die pop (soos sy suster) in die asblik gelos nie. Hulle ontmoet vir mnr. Husselman en oral in sy winkel lê daar poppe en halfklaar poppe rond. Hy gee vir hulle koeldrank en wil graag die pop sien. Hoofstuk 8 Mnr. Husselman is baie beïndruk met die pop. Hy herken die pop was gemaak deur Collodi – die beste poppemaker wat ooit in die land was. Die poppemaker sê hy sal die ratjies vir hulle gratis vervang en dat hy graag die pop by hulle wil koop. Marike sê hulle moet eers uitvind wat fout met die pop is voordat hulle die pop verkoop. Hoofstuk 9 Na skool bel hulle mnr. Husselman, maar sy nommer bly beset. Toe hulle by Werner se huis aankom, sien Werner dat die pop op Sunet se bedkassie sit. Marike het ook slegte nuus – Mnr. Husselman het gisteraand by die winkel se trappe afgeval. Hy is in die hospitaal en is bewusteloos. Tom sê hy het ‘n plan. Hoofstuk 10 Werner en Marike kom by Tom se huis aan gereed om Tom se plan uit te voer. Hulle gaan (met die pop) na die bakkery langs Tom-hulle se huis. Ewe skielik voel Werner iets aan sy keel ruk en Marike skrik. Die pop het uit Werner se rugsak ontsnap. Hulle probeer die bakkery se ligte aanskakel, maar daar is geen krag nie. Hulle wil by die bakkery se deur uitkom, maar die deur is gesluit. Hoofstuk 11 Hulle hoor die pop in die donkerte lag. Die pop se gesig lyk nou anders – amper lewendig. Die pop se tande is vrot en hy het ‘n mes in sy hand. Werner kan sien hoe die pop met die mens nader aan Tom en Marike kruip. Alles word swart voor Werner. Hoofstuk 12 Die drie is steeds in die bakkery vasgekeer. Die pop is minder as ‘n meter van Marike af weg. Tom is ook vasgekeer. Werner weet hy moet vinnig iets doen. Werner kry dit reg om die pop in die brandende vuuroond te gooi. Skielik is alles doodstil in die bakkery. Hoofstuk 13 Die winkel is deurmekaar toe Tom die ligte aanskakel. Hulle ruim die bakkery op en haal die oorblywende dele van die pop uit die oond. Hulle gaan besoek ook vir mnr. Husselman in die hospitaal en vertel dat die pop vernietig is. Daarna gaan hulle na die nuwe pretpark en dit lyk of Werner sy vrees vir hansworse oorkom het.

Page 5: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 1 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): _____________________________________________ Graad:_________ A. Voltooi die volgende blokraaisel 1

B

L I

2 K

K

E

R

I

G

L

10 B

R

O

E

K

14 S

O

E

11 F

O

E

3 S

U

N

E

8 T

L

G

12 D

O

M

G

O

I

6 B

G

R

E

7 W

M

E

A

E

O

4 G

R

I

L

K

K

N

O

9 H

A

A

T

S

K

S

I

5 V

E

R

L

E

E

13 P

E

S

D

I

E

R

E

Gebruik die leidrade: Af: 1. Die intensiewe vorm van rooi. (Dis die kleur van die hansworspop se lippe.) 2. Die van van ‘n karakter in ‘n gruwelfliek waarvan Werner hou. 6. Werner se pa is ‘n ___________. 7. Hulle juffrou se van is juf. _____-booi. 8. Een van Werner se vriende se naam. 11. Werner is mal oor gril-____. 14. Gee een woord vir “elke oggend”. B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waaroor het Sunet so lekker gelag? Sy het vir Werner (haar broer) met die hansworspop skrikgemaak. Sy weet hy haat hansworse. 2. Wat noem Werner vir Sunet? Hoekom, dink jy, noem hy haar dit? Hy noem haar ‘n ertjiebrein. Hy dink sy is simpel en dink nie wat sy doen nie – hy probeer haar verkleineer. 3. Wat gebeur as Sunet die opwensleuteltjie agter in die hanswors se rug draai? �

Die pop lag blikkerig en die onderkaak gaan op en af en sy oë gaan oop en toe. �

4. Waarom werk Marike saam met Werner en Tom aan hulle skooltaak? Sy is nuut by die skool en sy is by hulle groep ingedeel.

Dwars: 1. Die laggeluid van die pop klink ____________. 3. Werner se suster se naam. 4. Werner _______ vir hansworse. 5. Gee ‘n sinoniem vir “skaam”. 9. Gee ‘n antoniem vir “hou van”. 10. Iemand wat baie bang is vir iets, noem ons ‘n bang-_____. 12. Marie is nie _______ nie, want sy is slim. 13. Werner-hulle se skooltaak gaan hieroor.

Page 6: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

5. Waarom sal Werner ‘n foto van sy suster voor op hulle skooltaak wil plak? Die taak gaan oor pesdiere en sy suster irriteer hom. Sy is soos ‘n pes wat hom die heeltyd pla. C. Verbeter die foute in die volgende paragraaf: Vul die ontbrekende lees-en skryftekens by die volgende sinne in.

“Kry jou ry. Kan jy nie sien ons is besig met skoolwerk nie?” vra hy vies vir Sunet. “En jy’s

veronderstel om te klop voor jy in my kamer kom.”

“Kom, Billy,” sê Sunet vir die pop. “Ou Werner is ’n bangbroek!” Met ’n laggie verdwyn sy by

die deur uit.

“Jammer,” sê Werner vir Tom en Marike. “As daar ooit ’n kompetisie is om die simpelste suster

op aarde te kies, kry Sunet eerste prys. Sy dink omdat sy twee jaar ouer as ek is, is sy die coolste ding

sedert roomys.”

D. Gebruik die koerant: Gebruik die NetAds-gedeelte van vandag se koerant. Kyk of jy hierin advertensies kry van mense wat adverteer dat hulle poppe wil verkoop (of dalk op soek is na poppe). Plak die advertensie dan in hierdie spasie. Indien jy nie ‘n pop-advertensie kry nie, knip enige advertensie uit waarin mense iets wil verkoop (soos bv. troeteldiere).

Page 7: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 2 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende: Jy is ‘n kunstenaar. Teken Billy die hansworspop. Lees ook weer Hoofstuk 1 om te sien hoe die pop beskryf word.

B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waarom hoop Werner hy het nie hardop geskree nie? Hy voel skaam omdat hy so skrikkerig/bang vir hansworse/poppe is. Hy dink ook hy is eintlik al te oud om daarvoor bang te wees. 2. Hoekom sal Werner nooit die dag by die sirkus vergeet nie? Hy het by die sirkus verdwaal, geskrik vir ‘n kaartjiekollekteerder en toe hard in een van die narre vasgehardloop. Die nar se neus het begin bloei.

Page 8: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

3. Wat doen Werner toe hy besef hy gaan nie die aand verder kan slaap nie? Hy gaan “google” die woorde “fear” en “clown”. Hy doen navorsing oor die vrees vir narre op die internet.

4. Dink jy daar bestaan werklik so iets soos: “Coulrophobia: Fear of clowns”? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Leser gee sy/haar eie goed gemotiveerde antwoord.

5. Waarvoor skrik Werner daardie aand in die badkamer?

Iemand het met rooi lipstiffie op die badkamerspieël ‘n groot, breë glimlag geteken en ‘n ronde hansworsneus.

C. Verbeter die foute in die volgende paragraaf: In die volgende uittreksel is daar 8 spelfoute. Onderstreep die fout en skryf die regte spelwyse van die woord bokant die woord, wat jy onderstreep het, neer.

Sunet hou haar so groot, maar sy speel wraggies nog pop. Vandat sy verlede jaar ’n outydse

teddiebeer by hulle ouma present gekry het, versamel Sunet ou teddies en porseleinpoppe wat sy by

vlooimarkte en tweedehandse winkels koop.

Dis nou wel ’n simpel stokperdjie, dink Werner, maar nie een van haar ander poppe is so lelik

soos Billy die Hanswors nie. Sunet is regtig super-weird. Watter normale veertienjarige hang by outydse

winkels uit en koop ou poppe?

D. Gebruik die koerant: Soek berigte of prente/foto’s in die koerant wat gaan oor vrese (of mense wat bang is). Plak die berig(te) of prent(e) hieronder.

Page 9: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 3 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende: Pas die woord(e) (vanuit hoofstuk 3) van kolom A by die beste verduideliking/beskrywing in kolom B.

KOLOM A KOLOM B 1) nagmerrie g) slegte droom 2) ‘n hele paar skroewe los h) is nie normaal nie 3) roer julle d) vinnig iets doen 4) in sy keel opstoot j) naar word 5) grinnik c) grynslag 6) ooglede swaar word b) raak moeg 7) gort is gaar i) dit is verby/jy staan nie ‘n kans nie 8) soos blits… a) baie vinnig 9) gedempte geluid f) dowwe klank 10) yskoud word e) skrik vir iets B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Wat beteken: “Sunet rol haar oë”? �

Sy is glad nie beïndruk met Werner nie/Sy hou glad nie van wat Werner sê nie/Sy stem nie saam nie. 2. Wat gebeur toe Werner verby Sunet se kamer loop? Hy sien die hansworspop en kry hoendervleis. Hy is seker die pop het vir hom oog geknip. 3. Hoekom voel die skooldag vir Werner lank? Hy die vorige aand min geslaap. 4. Werner word wakker van ‘n klopgeluid. Waar kom die klopgeluid toe vandaan? Die geluid kom uit Sunet se kamer. 5. Waarom “vries” Werner toe hy die binnekant van die deksel sien? Die houtdeksel is vol krapmerke, asof iemand met skerp naels daarteen gekrap het.

Page 10: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

C. Skryf die volgende sinne oor in die korrekte Afrikaans: 1. Van daardie dag af gee narre hom die creeps. horries/maak hom bang 2. Sunet is regtig super-weird. Baie eienaardig 3. “Ag, puh-leeze! Word tog net groot!” Word asseblief tog net groot.� 4. “Ek weet nie vir wat jy anyway make-up gebruik nie,” brom Werner. …weet nie waarom jy in elk geval grimering gebruik nie. 5. Dalk het Sunet die kissie by een van haar simpel boyfriends present gekry.� kêrels �

D. Gebruik die koerant: Werner rangskik die magneetletters op die yskas sodat dit sê: Sunet suig! Skryf nou vir enige van jou familielede ‘n boodskap op julle yskas by die huis. Gebruik die koerant om die letters van die boodskap uit te knip. (LW: Jou boodskap moet positief wees!) Plak jou boodskap hieronder.

Page 11: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 4 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende woordsoek: Soek die volgende woorde. Die woorde kan op en af OF skuins en dwars lê. Trek ‘n streep deur die woord wanneer jy dit gekry het: dadelboom speel omgekrap ag narre opgewen Werner simpel skoor Melvin sproetneus pop kamstig poppe bang trek viool kyk lag keer pa

O W A P O N A R R E S P R O E T N E U S I K G P R E P P O P M G O E L K N A P E P A S O W O Y R A E E L O S R E E K T L L I P W E R N E R G V K A M S T I G E N H G N I V L E M K A D A D E L B O O M B

Omkring al die letters wat oorgebly het om ‘n nuwe woord te vorm. Leidraad: Dit is iets wat Sunet gekoop het. (Die letters wat oorgebly het, word in blou aangedui.) Skryf die antwoord hier neer: H A N S W O R S P O P B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Hoekom, dink jy, wil Tom nie vir Werner glo nie? Lesers kan enige goed gemotiveerde antwoord hier gee. 2. Wat beteken: “Werner wens die aarde wil hom insluk?” Hy is baie skaam. 3. “Werner probeer agterkom of sy sarkasties is.” Wanneer is iemand sarkasties? Dit is gewoonlik wanneer jy iemand spot.

Page 12: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

4. Hoekom is dié aand ‘n goeie tyd dat al die vriende na Werner toe kan gaan? Sy ouers gaan vanaand na Sunet se viool-konsert toe en hy gaan nie saam nie. 5. Wat gaan Marike se verduideliking aan haar ma wees? Sy gaan vir haar sê hulle moet die natuurwetenskaptaak klaarmaak. C. Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

Werner 1. huiwer. “Wel ... gistermiddag het daar ’n 2. klopgeluid uit Sunet se kamer gekom ...” Hy

vertel van die houtkissie met die 3. krapmerke binne-in. “En toe ek dit toemaak, het die pop vanself

binne-in begin lag. Maar dalk was dit nog 4. opgewen,” voeg hy vinnig by.

Marike se 5. oë is groot. “Dis gross! Ek het so half … weird gevoel toe ek die eerste keer daai

pop sien.” Sy 6. ril. “Wanneer kan ons na jou huis toe kom?”

“W-wat bedoel jy?” vra Werner uit die 7. veld geslaan.

“Ek en Tom wil dit met ons eie oë sien,” sê sy. “Of hoe, Tom?”

Tom kyk 8. onseker na Werner.

D. Gebruik die koerant: Jy het nou al die karakters goed leer ken. Soek na foto’s/prente in die koerant wat min of meer lyk na:

a) Werner b) Tom c) Marike d) Sunet

Knip die prente uit en plak dit op die bladsy. Skryf onder elke prent watter karakter hy/sy voorstel.

Page 13: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

����

Hoofstuk 5 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende: In elke sin (geneem vanuit hoofstuk 5) is die skuinsgedrukte woord deurmekaar geskryf. Skommel die letters om die regte woord te kry. Skryf die ontsyferde woord neer.

1. Dis darem te veel grillerige DVD’s.

2. Marike en Tom bied aan om vir hulle koeldrank in te gooi.

3. Die houtkissie staan op een van die rakke teen die muur.

4. Werner konsentreer daarop om nie sy kop weg te draai nie.

5. ’n Opgewekte deuntjie begin speel.

6. Sy kyk op haar horlosie.

7. Hy sien die rook wat uit die broodrooster borrel.

8. Marike trap versigtig oor ’n blerts tamatiesous.

9. Op die pop se baadjie is ’n tamatiesousvlek.

10. Nou eers sien Werner die magneetletters.

B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waarom voel Werner regtig simpel toe Marike en Tom by hom aankom? Daar het die hele dag lank niks vreemds gebeur nie. Geen prente op die spieël nie. Geen klop- of laggeluide uit Sunet se

kamer nie.

2. Is die grappie wat Marike maak werklik snaaks? Verduidelik jou antwoord. Ja of nee. Leser moet ‘n gepaste verduideliking gee. 3. Wat besluit die drie om die res van die aand te doen? Hulle speel Playstation – een van Werner se nuwe speletjies “Resident Evil”. 4. Hoekom borrel daar rook by die broodrooster uit? Daar was ‘n vadoek oor die rooster en die rooster was aangeskakel.

Page 14: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

5. Wie verdink hulle en hoekom? Tom. Hy was vir ‘n tyd lank badkamer toe. 6. Wat laat hulle besef dit was alles Billy se toedoen? Oor die voorkant van die pop se baadjie was ’n tamatiesousvlek en iemand het die letters op die yskas herrangskik om ’n

nuwe boodskap te skryf: BILLY WAS HIER!

C. Verbeter die volgende paragraaf deur die korrekte hoofletters en punte in te vul. Werner kan sy ore nie glo nie. “Is jy mal? Hoekom sal ek so iets doen? En ons het tog heeltyd in die

TV-kamer gesit.” Hy frons. “Tom, dit kon net sowel jý gewees het – netnou toe jy kamstig badkamer

toe gegaan het ...”

D. Gebruik die koerant: Marike vertel ‘n grappie oor hansworse. Soek nou na grappies/strokiesprente/spotprente in vandag se koerant en plak dit hieronder.

Page 15: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 6 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Vervang elke keer die onderstreepte woord om die volgende sinne waar te maak: 1. Gisteraand toe hulle by die huis kom, het my pa so half agterdogtig in die lug geruik, maar hy’t niks gesê nie. 2. Hulle weet tog hoe bang hy vir narre is. 3. Ons gaan uitvind wat met daai pop van Werner se suster verkeerd is. 4. Dis amper halfvier en Sunet is nog steeds in haar kamer. 5. Daar lê die plastieksak wat Sunet onder haar arm gehad het. 6. Hy sluk benoud terwyl hy dit uit die sak haal. 7. Hy beter sy fiets uit die garage kry.

B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waarom besluit Werner om nie sy ouers van die kombuis-insident te vertel toe hulle by die huis kom nie?

Werner het geweet niemand gaan hom glo nie. Hulle weet tog hoe bang hy vir narre is. As hy hulle vertel dat die

hansworspop boodskappe teen die yskas geskryf het en probeer het om die huis af te brand, gaan hulle dink hy is

heeltemal van sy kop af.

2. Watter snaakse ding het die oggend by die huis gebeur?

Hy het ’n gil uit Sunet se kamer gehoor en ’n geluid soos iets wat val. Sy was bleek aan die ontbyttafel en sy’t amper niks

geëet nie.

3. Wat gee Marike vir Werner en hoekom?

Sy gee hom ’n papiertjie met daar is ’n telefoonnommer en adres op geskryf en ’n naam: Little People – Collectables, Sales

and Restoration.

Page 16: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

4. Hoekom skrik Sunet toe sy vir Werner in die gang kry?

Sy het iets gedoen waarvan niemand mag weet nie.

5. Wat kry Werner in die asblik?

Daar lê die plastieksak wat Sunet onder haar arm gehad het. Dis die kissie met die pop in.

6. Hoekom laat val Werner amper die houtkissie? Hy het die kissie voel beweeg toe hy opstaan. C. Verbeter die foute in die volgende paragraaf: In die volgende uittreksel is daar 8 spelfoute. Onderstreep die fout en skryf die regte spelwyse van die woord bo die woord, wat jy onderstreep het, neer.

Sunet stap reguit terug kamer toe en Werner hoor hoe sy die deur agter haar toemaak. Sy enigste

kans om die pop te kry, is nou daarmee heen. Maar hy is nogtans nuuskierig om te sien wat sy in die

asblik gegooi het. Hy glip vinnig by die agterdeur uit. Toe hy naby die asblik kom, is dit asof ’n

stemmetjie in sy kop hom waarsku om versigtig te wees.

Page 17: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 7 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Die volgende sinne is deurmekaar. Skryf die sin korrek oor deur te begin met die woord wat met ‘n hoofletter geskryf is: 1. Die pop; bang genoeg gemaak het; het iets gedoen; om dit weg te gooi; wat jou suster. Die pop het iets gedoen wat jou suster bang genoeg gemaak het om dit weg te gooi. 2. ’n; winkeltjie; Dis; klein. Dis ’n klein winkeltjie. 3. ’n klein yskassie; Die winkeleienaar; tot by; skuifel. Die winkeleienaar skuifel tot by ’n klein yskassie. 4. een van die poppe; soos; Dit; voel; laat my te veel. Dit laat my te veel soos een van die poppe voel. 5. versigtig; die kissie; uit; Die ou man; haal. Die ou man haal die kissie versigtig uit. B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waarom was Werner verlig toe hulle sien die winkel is gesluit? Hy was nie seker dit is ’n goeie idee om die pop vir iemand anders te wys nie. 2. Beskryf hoe die winkeleienaar lyk. Dit is ‘n ou man met deurmekaar grys en hy dra ‘n bril. Hy het net een been en loop met ‘n ysterraam.

3. Wat is die winkeleienaar se naam? Meneer Husselman

Page 18: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

4. Sou jy graag alleen in die winkel wou rondloop? Verduidelik jou antwoord. Lesers se eie antwoorde. Mens sou verwag dat hulle hier ‘nee’ sou sê en dan van die ‘gril’-elemente hier aanhaal bv. dis skemer; bleek porseleinpoppe; marionette wat van die dak afhang; halfvoltooide poppe wat rondlê; ‘n bak vol oë ens. 5. Hoekom, dink jy, rek die winkeleienaar se oë van vrees toe hy die houtkissie oopmaak? Lesers se eie antwoorde. C. Kyk na die onderstaande sinne wat in die storie voorkom. Verduidelik, elke keer in jou eie woorde, die betekenis daarvan: 1. Marike se oë rek. Sy skrik/ is verbaas 2. Werner, Tom en Marike volg die ou man gedwee. Hulle loop agter hom aan sonder om daaroor te wonder/dit te bevraagteken. 3. Werner voel hoe sy ruggraat kriewel…. Hy gril/kry hoendervleis/skrik/voel ongemaklik 4. Die winkeleienaar skuifel tot by ’n klein yskassie agter teen die muur. Hy beweeg skuif-skuif tot by die yskas, omdat hy net een been het. D. Gebruik die koerant: Jy wil graag Billy die hansworspop verkoop. Ontwerp jou eie advertensie (deur die koerant te gebruik) waarin jy die pop adverteer. Knip die woorde/prente ens. uit die koerant en plak dit op jou advertensie hieronder. Wenk: onthou, jy wil die pop verkoop so jy gaan net fokus op die pop se positiewe eienskappe.

Page 19: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 8 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder):_________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende: Pas die woord(e) (vanuit hoofstuk 8) van kolom A by die beste verduideliking/beskrywing in kolom B.

KOLOM A KOLOM B 1. prewel d. mompel 2. antiek-winkel a. outydse winkel 3. knik teësinnig e. met afkeer 4. vakmanskap c. ‘n deskundige/ekspert 5. winskopie f. ‘n goeie/voordelige aankoop 6. tref hom skielik soos ’n weerligstraal b. iets dadelik besef B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Hoe weet jy die winkeleienaar was beïndruk met die pop? Hy sê heeltyd die pop is “ongelooflik” 2. Wie is Collodi? Roberto Collodi was ’n Italiaanse poppemaker wat in die Kaap gewoon het. Hy was ‘n briljánte poppemaker, omdat ’n briljante poppemaker ’n stukkie van homself in ’n pop kan sit. Collodi was ’n meester. 3. Watter donker geheim vertel die man oor die poppemaker Collodi? Roberto Collodi, die poppemaker, was ‘n reeksmoordenaar. 4. Wat, volgens mnr. Husselman, is verkeerd met die pop? Daar is iets met die meganisme verkeerd wat hy maklik kan regmaak. 5. Dink jy dis moontlik dat daar iets van Collodi in die pop agtergebly het? Gee ‘n rede vir jou antwoord. Leerders se eie antwoorde.

Page 20: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

C. Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul: “Moenie daaroor 1. bekommerd wees nie,” sê die winkeleienaar. “Ek sal julle nie geld vra nie. Dis ’n

voorreg om ’n egte Collodi 2. onder hande te neem. Hy’s nog in ’n baie goeie 3. toestand, maar ek sal

hom sommer ’n bietjie olie gee en skoonmaak ook. Jou suster het ’n 4. oog vir ’n winskopie. Sy kan ’n

hele paar rand 5. verdien as sy eendag sou besluit om die pop te verkoop.”

Werner sê liewer nie dat hy vanmiddag die pop uit die asblik gaan grawe het – en dit netnou

byna self

6. in die naaste vullisblik gestop het nie.

Meneer Husselman kom met 7. moeite regop. “Nou ja toe. Julle kan so teen môremiddag bel om

te hoor of die pop gereed is. Dis lekker om te sien daar’s nog jong mense soos julle wat in outydse 8.

poppe belang stel …”

D. Skryf vir die koerant: Jy het sopas van hierdie vreesaanjaende storie van Robert Collodi gehoor. Jy is ‘n verslaggewer vir KleinB en moet ‘n storie hieroor skryf. Lees ‘n paar berigte in die koerant om te sien hoe so ‘n storie geskryf word. Skryf nou jou eie berig oor die reeksmoorde van Collodi.

Page 21: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 9 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Sê elke keer of die volgende stelling waar of onwaar is. Skryf die sin korrek oor indien dit onwaar is: 1. Onwaar. Die volgende middag ná skool kry Werner, Marike en Tom mekaar soos afgespreek by die fietsstaanplekke. 2. Onwaar. Haar oë is so groot soos pierings toe sy die selfoon op die kombuistafel neersit. 3. Waar. Haar gesig is so bleek dat haar sproete helderder as gewoonlik op haar neus uitstaan. 4. Onwaar. Die paar treë tussen sy kamer en die kombuis het nog nooit so ver gevoel nie. 5. Onwaar. Marike wikkel haar sproetneus parmantig. B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Hoekom is Marike hierdie middag opgewonde? Sy kan nie wag om te hoor wat meneer Husselman van die pop uitgevind het nie.

2. Wat het gebeur met mnr. Husselman? Hy het by sy winkel se trappe afgeval. Tom dink dis die pop wat daarvoor verantwoordelik was. 3. Watter nuus het Tom vir Werner en Marike? Die pop is terug in Sunet se kamer. 4. Waarom sal dit nie help om die pop weg te gooi nie? Die pop sal net aanmekaar terugkom. Die pop moet vernietig word. 5. Watter plan, dink jy, het Tom? Laat lesers toe om kreatiewe planne hier neer te skryf.

Page 22: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

C. Verbeter die foute in die volgende paragraaf: In die volgende uittreksel is daar 10 spelfoute. Onderstreep die fout en skryf die regte spelwyse van die woord bo die woord, wat jy onderstreep het, neer.

Werner swaai om toe Marike ’n 1. fyn 2. geluidjie maak, soos ’n dier wat tjank. “Ek is bevrees ek

het nóg verskriklike nuus. Meneer Husselman het by sy 3. winkel se trappe afgeval.”

“Is hy ... dóód?!” fluister Werner, lam van die 4. dubbele skok.

Marike 5. skud haar kop. Haar gesig is so bleek dat haar sproete 6. helderder as gewoonlik op haar

neus uitstaan. “Nee. Maar hy het baie seergekry. Die vrou wat die 7. telefoon geantwoord het, is sy

dogter. Sy sê

8. hy’s/hy is in die 9. intensiewe eenheid. Hy was 10. bewusteloos toe hulle hom gekry het.”

D. Doen die volgende: Jy is ‘n kunstenaar. Teken Billy die hansworspop (soos hy in hierdie hoofstuk beskryf word). Vergelyk hierdie tekening met die tekening wat jy in hoofstuk 2 gedoen het.

Page 23: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 10 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Ontsyfer die volgende: In elke sin (geneem vanuit hoofstuk 10) is die skuinsgedrukte woord deurmekaar geskryf. Skommel die letters om die regte woord te kry. Skryf die ontsyferde woord neer.

1. “Hy en my ma is vanaand die spyseniers by ’n partytjie,” sê Tom.

2. Die straatligte gooi geel poele lig op die teerstraat voor die huis.

3. Niks ruik so lekker soos ’n bakkery nie.

4. Hy gryp desperaat daarna en pluk so hard as hy kan.

5. Hy hyg na sy asem.

6. Die hoofskakelaar is voor in die winkel.

7. Daar is ’n aaklige laggeluid.

8. Ons is toegesluit hier binne.

B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waar is Tom se ouers vir die aand? Sy ouers is vanaand die spyseniers by ’n partytjie. 2. Wat beteken die uitdrukking: Nou gaan die poppe dans? Die moeilikheid gaan begin. (Verwys ook hier na woordspeling). 3. Wat gebeur met Werner toe hulle by die bakkery instap? Die ritssluiter van sy rugsak word oopgetrek en skielik gryp die pop hom om sy nek. Hy kry dit uiteindelik reg om die pop weg te ruk en gooi hom deur die lug. 4. Wat dra by tot die drie se angs en vrees in die bakkery? Daar is die geluid van iets wat omval. Toe hoor hulle die geluid van klein voetjies en ‘n gelaggery. Hulle probeer die ligte aanskakel, wat toe nie werk nie. Hulle besef hulle is in die winkel toegesluit.

Page 24: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

5. Vertel wat jy dink gaan gebeur met die drie wat in die bakkery toegesluit is? Oop vraag C. Verbeter die foute in die volgende paragraaf: In die volgende paragraaf het die sinne deurmekaar geraak. Skryf die sinne korrek oor sodat die sinne korrek op mekaar volg.

1. Die pop skree woedend toe hy deur die lug geslinger word. 2. Die reuk is in sy neus, so skerp dat dit

voel of hy versmoor – of dalk is dit die sterk pophandjies om sy keel wat veroorsaak dat hy nie asem kry nie. 3.

Werner kry net die twee woorde uit voor iets hom aan die keel beetkry. 4. Hy hoor Marike gil, maar die geluid

klink ver en dof bo die histeriese gelag van die harlekynpop.. 6. Hy kom met ’n plofgeluid iewers in die donker

te lande. 7. Hy gryp desperaat daarna en pluk so hard as hy kan.

Die volgorde moet wees: 3, 2, 4, 5, 7, 1, 6

3. Werner kry net die twee woorde uit voor iets hom aan die keel beetkry. 2. Die reuk is in sy neus, so skerp dat dit

voel of hy versmoor – of dalk is dit die sterk pophandjies om sy keel wat veroorsaak dat hy nie asem kry nie. 4. Hy hoor

Marike gil, maar die geluid klink ver en dof bo die histeriese gelag van die harlekynpop. 5. Langs sy nek kan hy een van die

bont broekspype van die narrepak sien. 7. Hy gryp desperaat daarna en pluk so hard as hy kan. 1. Die pop skree woedend

toe hy deur die lug geslinger word. 6. Hy kom met ’n plofgeluid iewers in die donker te lande.

Page 25: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 11 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Vervang elke keer die onderstreepte woord om die volgende sinne waar te maak:

1. “Hy speel met ons,” fluister Werner.

2. Marike beduie met ’n bewende vinger na iets.

3. Sy tande sit soos vrot, bruin pitjies onder sy weggetrekte lippe.

4. Die pop grinnik en verdwyn verbasend vinnig tussen die tafels.

5. Hulle skuif een van die swaar tafels tot teen die muur.

6. Hy kruip nader aan Marike en Tom, die mes bo sy kop …

7. Sy asem jaag en sy handpalms is sopnat gesweet.

B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Wat is hulle plan om van die pop ontslae te raak? Hulle wil die pop in een van die bakkery se oonde gooi. 2. Beskryf hoekom die pop nou “anders” lyk? Sy gesig lyk lewendig; glad nie meer soos geverfde hout nie. Sy oë blink in die flou lig van die flits. Onder die bloedrooi neus bars die harlekyn se groot mond oop in iets wat seker veronderstel is om ’n glimlag te wees. Die binnekant van sy mond lyk soos ’n vrug wat deur wurms uitgehol is. Sy tande sit soos vrot, bruin pitjies onder sy weggetrekte lippe. 3. Hoekom stel Maryke voor dat sy op die tafel klim? Sy is langer as die twee seuns. 4. Wat gebeur toe die pop sy kop na Werner draai? Bloed begin by sy rooi neus uitloop.

Page 26: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

C. Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul: Dit gebeur so 1. skielik dat Werner nie mooi weet wat gebeur het nie. Die nar 2. duik van die kas af en land op

Marike se rug. Sy 3. gil en probeer hom van haar rug af klap. Voor Werner enigiets kan doen, trap Marike die

4. rand van die tafel mis. Tom probeer haar 5. gryp, maar hulle beland al twee op die vloer. Marike bly doodstil

lê, Tom halfpad onder haar. Deur die strepie 6. maanlig wat deur die venster val, kan Werner die nar 7. sien. Hy

kruip nader aan Marike en Tom, die 8. mes bo sy kop …

Page 27: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 12 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende woordsoek: Soek die volgende woorde. Die woorde kan op en af of skuins en dwars lê. Trek ‘n streep deur die woord wanneer jy dit gekry het: duiselig maanlig oond tossel skoene dwing hande flits ruk doof gryp woedende reuk smelt pop kekkellag kap skril ore mes knop

l s g o o N d i f k h e k u r E w f o u a m a a n L i g o e n d s k o E n e d r d u I s l I g r y p e o p i t O s s e l l o r e u S m e l t p k n o p F l i t s s a e d n E d e o w k e k k e L l a g p

Omkring al die letters wat oorgebly het en skommel dit om ‘n nuwe woord te vorm. Leidraad: Dit is iets wat mens kan hoor. (Die oorblywende letters word in blou aangedui). Skryf die antwoord hier neer: P L O F G E L U I D B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Wat weet die nar? Die nar weet van Werner se vrees vir hansworse en sy nagmerrie ondervinding by die sirkus toe hy nog baie klein was. 2. Verduidelik die volgende sin in jou eie woorde: “’n Breukdeel van ’n sekonde laat die pop sy greep verslap.” Die pop het vir ‘n baie kort rukkie/tydjie nie meer so styf vasgehou nie. 3. Wat beteken dit om “‘n sug van verligting te slaak”? Hy is baie verlig alles is verby.

Page 28: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

4. Waarom is Werner verlig om Marike se stem weer te hoor? Hy is bly sy is nie ernstig beseer nie. C. Verbeter die volgende sinne Die sinne se woordorde het deurmekaar geraak. Skryf die sinne korrek oor: 1. glim; in die maanlig; Die mes. Die mes glim in die maanlig 2. sy tande; in; Hy skree; sy hand; toe; die pop; wegsink. Hy skree toe die pop se tande in sy hand wegsink. 3. kry; skielik; weer lewe, Die pop. Die pop kry skielik weer lewe. 4. sy greep; laat; die pop; ’n Breukdeel van ’n sekonde; verslap. ’n Breukdeel van ’n sekonde laat die pop sy greep verslap. 5. se kop; langs; begin smelt; Die oranje hare; die pop. Die oranje hare langs die pop se kop begin smelt. 6. Werner; sy ore; weg; draai; om die skreegeluide; en; druk; uit te doof; toe; sy kop. Werner draai sy kop weg en druk sy ore toe om die skreegeluide uit te doof.

Page 29: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

Hoofstuk 13 Aktiwiteitsblad Naam en van (leerder): __________________________________________ Graad:_________ A. Doen die volgende: Jy is ‘n kunstenaar. Teken hoe die bakkery gelyk het nadat Werner-hulle die hansworspop vernietig het. (Lees weer die hoofstuk vir leidrade). Gee elke keer die teenoorgestelde (antoniem) van die woorde tussen hakies: B. Beantwoord die volgende vrae: 1. Waarom, dink jy, hou hulle al drie ’n oomblik lank hulle asem op, toe hulle die oonddeur oopmaak? Hulle was bang dat die pop weer lewendig sou word. (Enige aanvaarbare antwoord). 2. Wat het die drie by die hospitaal gaan doen? Hulle het vir mnr. Husselman gaan besoek.

Page 30: HULPBRONPAKKET VIR OUERS EN OPVOEDERScdn.24.co.za/files/Cms/General/d/226/05580616d6e740059fe232a28992… · Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs ©KleinB/Die Burger in die

Opvoeders hulpbronpakket Harlekyn-Jaco Jacobs

©KleinB/Die Burger in die Klaskamer 2009

3. Waar of onwaar: Werner kry sedert daardie nag in die bakkery steeds die aaklige hanswors-nagmerries. Onwaar. Hy kry geen meer nagmerries nie. 4. Hoekom wou Melvin hê Werner moes vinnig agter hom kyk? Melvin wou hê Werner moes skrik vir die hanswors sodat hy Werner so kon verneder. 5. Was Melvin verbaas oor Werner se reaksie en hoekom verdwyn Melvin dan so vinnig? Ja, hy het gedog Werner gaan skrik. Melvin het hoogtevrees en wil nie saam op die rit gaan nie. C. Gee elke keer die teenoorgestelde (antoniem) van die woorde tussen hakies:

Marike hang halfpad oor ’n heining, besig om ’n ponie te streel. Rondom hulle 1. lag en 2.skree

mense op die verskillende ritte. Die lug ruik na springmielies en braaivleis.

“Kyk daai 3. rowwe ride!” sê Tom bewonderend en wys na ’n hoë wiel wat 4. vinnig in die rondte

spin.

Werner kreun skielik. “Ag nee, kyk wie kom 5. hier aan.”

D. Gebruik die koerant

Marike het voorgestel dat hulle almal na die pretpark gaan. Soek nou na enige advertensie(s) in die koerant wat met pret (vermaak) te doen het. Plak die advertensies hieronder.