indruk februarie 2013
DESCRIPTION
Indruk Februarie 2013TRANSCRIPT
godsdiens‘Tradisies is nieBobby van Jaarsveld
nie!’
GRATIS
tydsk
rif
FE
bR
uA
RIE
20
13
SA ekonomie kan verras
Miljoen in SA het eetprobleme
NOU BESKIKBAAR!
Oom Soon se boek *
PlAASonruS - boer gesels
Hou op om SwARt/wIt te dink
Kunstenaars soos: Elvis blue, Riana Nel, Romanz, Retief Burger, Joe Niemand, Nianell, Jan de Wet,
Neville D, Rouchelle Liedemann, Leza Liversage, Anders
Die room van ons land se Afrikaanse gospelsangers het ’n verhoog vir net een aand gedeel. Onder begeleiding van
Matthys Maree en sy uiters professionele orkes, was Gospel Skouspel 2012 weer ’n onvergeetlike aand.
Dié spesiale produksie sal jou siel aanraak en geestelik inspireer soos jy dit lanklaas beleef het.
Inhoud - Februarie 2013Ty d s k r i f v a n R a d i o Ty g e r b e r g
Februarie 2013 1
Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za
GeReeld
1 Ingeanker – Uit die Woord2 My indruk – Redakteursbrief28 In klank – Musiek29 Kalender30 Radio Tygerberg-programme32 Insake – Sakeklublede48 Invul - Bybelblokraai
In ons oMGewInG
4 Oom Soon se boek - NOU beskikbaar! 24 Deur die lens van ’n fotograaf46 Die pa van Heidi en Basjan
GesIn
38 Sy inspirasie - Wiele40 Sy inspirasie - Ekonomie kan die jaar verras 42 Haar inspirasie - Gesondheid42 Haar inspirasie - Miljoen in SA lei aan eetversteurings46 Klein inspirasie - Heidi en Basjan
ARtIkels
6 In gesprek - Bobby van Jaarsveld23 Insiggewend - Selfmoord so onnodig
In BReë tRekke
17 Is jy ’n gisborrel?18 Die ryk familie in ons gemeente20 Ouma Muis
Ingeanker
Angus Buchan se dagstukkies uit AARTAPPELGELOOF
T oe ek en my vrou getrou het, was ons nie Christene nie. Ons het sommer in ’n landdroshof in Sentraal- Afrika getrou. Maar toe
ons op 18 Februarie 1979 ’n verbond met die Here Jesus Christus gesluit en Hom gevra het om in ons lewe in te kom, het ons besluit om in elke faset van ons lewe aan die waarheid gehoor-saam te wees deur volgens die Woord van God te leef. Ons het ons leraar gevra: “Is dit moontlik om ons huwelik in die huis van die Here aan Hom te wy en ons verbond met God te hernu?” En hy het geantwoord: “Wat ’n vreugde sal dit wees!”
Aan die einde van die diens het ek en Jill, met al ons kinders rondom ons, ’n verbond met die Here Jesus Christus gesluit
en ons huwelik aan Hom gewy. Dit was ’n onvergeetlike plegtigheid! Die kinders was so trots op ons. En dit was maar net die begin van ons lewe saam met God.
Is jy gehoorsaam aan die Woord van God en aan sy wil? As jy nee antwoord, moet jy terugkeer na jou verbond met God. Ek is ’n lewende getuie dat God
nooit sy verbond met ons verbreek nie. Hy het dit nog nooit gedoen nie, en Hy sal dit ook nooit doen nie. Jy kan
volkome op Hom vertrou.Ek belowe, Here, dat ek deur u genadeen krag van vandag af aan u Woordgehoorsaam sal wees. Here, ek sien uit na u seëninge in my lewe. In Jesus seNaam bid ek dit. Amen.
Het jy al besluit om in elke faset van jou lewe gehoorsaam te wees aan die waarheid deur volgens God se Woord
te leef?
Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het … moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore – 1 Petrus 1:22-23.
Lees 1 Petrus 1:13-25.
Gehoorsaamaan die waarheid
“Is dit moontlik om ons huwelik in die huis van die Here aan Hom te wy en ons verbond met God te hernu?”
Nee, net soos elke land ter wêreld, is Suid-Afrika ook nie ’n volmaakte land met volmaakte inwoners en leiers nie. Maar watter
rol speel bewuste of onbewuste dwaal-denke soms om dit lewend te hou?Dit is duidelik dat nie almal hulle heeltemal kan of wil losmaak van dieswart-wit-denke van die verlede nie. Die redes is nie altyd ewe duidelik nie en dui soms op ’n ontstellende gesindheid wat eie belange, onvergewensgesindheid of bybedoelings uitstraal.
Sommiges geniet dit blykbaar om die seerkry van gister te troetel en om bitterheid lewend te hou. Ander delf en krap weer om iets te vind waarmee onversetlikheid geregverdig en verdedig kan word. Nóg ander filosofeer, berede-neer en fabriseer redes om mekaar swart (of wit) te smeer.
Verskillende standpunte kan gesond en opbouend wees sonder om mekaar in die proses af te takel, in hokkies, kampe, denkpatrone, kleure en groepe in te dwing, in te maneuvreer, en selfs in te
‘politiseer’. Aftakeling bots tog direk met Gal. 5:22 wat handel oor die vrug van die Gees.
Nee, ons hoef nie altyd saam te stem oor politieke en maatskaplike sake en optredes nie. Maar hoe kan ons ons-self Christene noem as ons onsself nie meet aan die uitleef van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goed-hartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing nie? Hoe kan die nie-Christene hulle beroep op menslikheid en regverdigheid, maar hulleself nie daaraan toets nie?
Mag Indruk se lesers in 2013 leiding neem in ’n proses om (op alle gebiede) van me-kaar te mag verskil sonder om selfre-spek of respek vir ander prys te gee.
Smeer jy ook swart/wit?
Sonder om die erns van hierdie saak enigsins aan te tas, laat dit my dink aan ‘n stuk ironiese humor van destyds. Daar was sowat 30 jaar gelede ‘n politieke straatplakkaat in Pretoria. Die kandidaat was ‘n sekere meneer Swart van die destydse Herstigte Nasionale Party. Soos dit algemene gebruik was en steeds is, is die party se slagspreuk en logo groot op die plakkaat gedruk, met die naam van die kandidaat onderaan. In hierdie geval het die plakkaat homself ernstig weerspreek. Die straatplakkaat het gelui: ‘Hou ons volk blank.’ En onderaan het gestaan: ‘Stem Swart.’
Februarie 20132
RedAksIe
My Indruk
Marius du PlooyRedakteur
INDRuK gebruik vrywilligers as verslaggewers en medewerkers – onafhanklike skrywers met onaf-hanklike menings. Hoewel ons met groot sorg te werk gaan, is die inhoud van alle artikels nie noodwendig in ooreenstemming met standpunte van indruk of Radio Tygerberg nie.
RedAkteuR Marius du PlooyBeleIdHardus ZevenstertAAlVeRsoRGInG Riaan CruywagenOnTwERP Tenille SwanepoelAmor designHooFFotoGRAAFPierre CoetzeeAdVeRtensIes [email protected] 0861 104 104uItGeweR 104 PublicationsdRukweRkPaarlmedia Cape VERsPREidinGOn The Dot – 021 528 7920
koMMentAAR & [email protected]
MedeweRkeRsAmanda PoolAngus BuchanAnnamarie du ToitCarl KritzingerDawie RoodtDeidre TruterEtienne Janse van RensburgEttienne Smith Hardus ZevensterIngrid VenterJaco ThomJacques SadieJeanette KritzingerJohn HigginsLorrein KatzkeLouis AwerbuckLuané Janse van RensburgNaomi EngelbrechtNic van RensburgNuvisionReinier MattheeRiana HanekomSedrick TaljaardSerahni SymingtonSuleen HammanTamara MooreWonder wie-possers
RAdIo tyGeRBeRG 0861 104 104www.radiotygerberg.co.za
bl. 6Artikel op
Pleidooi vir 2013:
Oom Soon se boek
NOU beskikbaar!
&StiltesSteiltes
Soon Zevenster
Dr. Soon Zevenster was in aktiewe gemeentebe- diening vir 30 jaar. Hy is ’n visionêr wat in 1980 aansoek gedoen het vir ’n radiolisensie in ’n tydperk toe dit ongehoord was. Na baie jare se volharding is die lisensie uiteindelik toegestaan in 1993 en van ’n nederige begin in Sondagskool-klaskamers groei Radio Tygerberg deur die Here se genade om vandag die grootste Christen radiostasie in Suid-Afrika te wees. Dr. Zevenster, of Oom Soon, soos hy alombekend staan, lewer weekliks praatjies en preke op Radio Tygerberg en van aftree is daar nie sprake nie. Hy is getroud met Betsie en hulle woon in Bloubergstrand. Hy het twee kinders en vier kleinkinders.
St
iltes &
Ste
iltes
So
on
Zeven
ster
Sommige ken hom as Dr. Zevenster, ander as “Oom Soon”, maar ek het die voorreg om hom as “Pa” te ken.
Daar is baie eienskappe waarmee ek hom kan opsom, maar miskien sal die praktyk dit beter illustreer. Ek was vier jaar oud toe ek kon sien hoe hy sy droomhuis verkoop, sy uiters suksesvolle loopbaan groet en verruil vir die
kweekskool omdat hy oortuig was dat die Here hom geroep het tot sy voltydse diens.My pa het sedertdien alles wat hy aangepak het met ywer, oorgawe en deursettings-
vermoë deurgevoer sonder om van enige uitdaging of teenkanting weg te skram.Deur sy loopbaan is verskeie nuwe gemeentes geplant, kerke en pastorieë gebou en
verskeie sendingorganisasies gestig of ondersteun. Sy motivering is altyd om te sien hoe mense vrygemaak word deur die verlossingskrag van Jesus en hoe hulle as sy dissipels kan groei met ’n sterk Woord gebaseerde lering as fondasie.
Hierdie passie was dan ook die hoofrede waarom my pa die grootste uitdaging van sy lewe aangepak het: om ’n Christen-radiostasie te begin. In 1993 het Radio Tygerberg die eerste keer begin uitsaai en sedertdien tot die grootste Christen-radiostasie in Suid-Afrika gegroei. Die bedieningsarm van Radio Tygerberg lei daagliks mense na Jesus en verskaf ’n gratis, professionele beradingsdiens aan almal wat geestelike hulp benodig.
Al my pa se sukses deur die jare het nie sonder ’n prys gekom nie. Daar was konstant groot opoffering, hartseer, telleurstelling in mense en selfs twyfel in die saak waarvoor hy so hard gewerk het.
Hierdie lewenslesse het gemaak dat hy dieper in die woord van God kon delf op soek na antwoorde. Hierdie boek gaan hoofsaaklik oor daardie antwoorde wat hy kon kry en nou met ons kan deel. Hierdie boek sal vir jou tot groot seën en hulp wees omdat ek weet dat die skrywer hiervan elke woord beleef en geleef het. Soli Deo Gloria.
Hardus ZevensterHoof Uitvoerende Beampte: Radio Tygerberg
Stiltes en Steiltes_Final.indd 1 2012/11/14 5:39 PM
Februarie 20134
Oom Soon Zevenster se jongste boek, Stiltes en Steiltes, bestaan uit ‘n versame-ling artikels waarin hy nie huiwer om prontuit te praat oor moeilike onder-werpe nie. Politici, kerkleiers en padvarke
word geroskam oor verskeie onderwerpe, terwyl hy ook met besondere empatie gesels oor gewone dinge soos kleinkinders, Kersfees, trane en stilte. Oom Soon breek Bybelse waarhede op ‘n praktiese manier oop in Stiltes en Steiltes. Die boek is nou by Radio Tygerberg se kantoor beskik-baar, of dit kan bestel word by 0861 668 368. Dit kos R110 en dit sluit aflewering in.
dr. soon Zevenster was 30 jaar lank in aktiewe gemeentebediening. Hy is ’n idealis wat in 1980 om ’n radiolisensie aansoek gedoen het in ’n tyd toe ditongehoord was. na baie jare se volharding is die lisensieuiteindelik in 1993 toegestaan en het Radio Tygerberg van ’n beskeie begin in sondagskool-klaskamers deur die Here se genade gegroei tot die grootste Christen- radiostasie in suid-Afrika. dr. Zevenster, of Oom soonsoos hy allerweë bekendstaan, lewer weekliks praatjies en preke op Radio Tygerberg en van aftreeis daar nie sprake nie. Hy is getroud metBetsie en hulle woon in Bloubergstrand.Hy het twee kinders en vier kleinkinders.
In gesprek met
Marius du PlooyFoto: Verskaf
Hoe oud wAs jy toe jy Geweet Het jy sInG BeteR As ons Mense wAt net In dIe stoRt duRF sInG?
My ma het my en my sussie Karlien van graad 8 af na talentkompetisies begin neem. Sy is eintlik die een wat agterge-kom het ons kan sing en ek glo dis waar alles maar begin het. Talentkompe-tisies. My ma ken vir Dozi van skool af en sy het hom van my vertel en hy het weer op sy beurt vir Blackie Swart van my vertel en Blackie, wat sy eie platemaat-skappy het, het toe vir my ’n eerste platekontrak gegee. Dit was in my graad 11-jaar. My eerste CD is in my matriekjaar uitgereik. Ek is regtig dank-baar teenoor Blackie en Dozi. Hulle was die eerstes wat my ’n geleentheid gegee het om van sang my loopbaan te maak.
jy lyk Altyd AsoF jy dIe lewe GEniET. is diT sO? Ek geniet beslis my lewe! Hoe anders? Ek het onsettend baie om voor dankbaar te wees. Ek leef my droom uit en het ’n wonderlike vrou en twee mooi, gesonde seuns en ’n familie wat my altyd onder-steun. Die Here is so goed vir my. Onein-dig goed vir my. Ek is dankbaar.
wAt VAn dIe lewe Is Goed En insPiREREnd? Die feit dat Jesus Christus vir my en jou en almal gesterf het en weer opgestaan het. Die feit dat hierdie lewe maar net die begin is. Die beste lê nog voor. ’n Ewige lewe saam met God ons Vader!
wAt Is AFtAkelend? Negatiwiteit. Ja, ons land het baie pro-bleme, maar ons vergeet dat God groter is as enige probleem en dat Hy steeds in beheer is en dat Hy alles uiteindelik ten goede sal laat meewerk vir die wat Hom
liefhet.
wAt kAn jy nIe VooR jou oë VeRdRA nIe? Geweld. Dit is so hartseer dat ons land onder soveel geweld gebuk gaan. Wanneer gaan ons regering besef dat ons land ’n oorlog beleef? Mense word daagliks uitgemoor en tog word daar meer aandag gegee aan renosters wat uitgewis word. Dit maak nie sin nie. Dit is hartseer. My hart is ook seer oor die renosters, maar wat van ons mense? Is hulle lewens nie ook kosbaar nie?
As dAAR Iets Is wAt jy AndeRs sou doen As jy weeR kon BeGIn, wAt sAl dIt wees?
Niks nie. Ek glo die pad wat ek gestap het, het my by God uitge-bring. Waaragtig by Hom uitgebring.
Is GelooF InGewIkkeld? Mense maak dit ingewikkeld. Soveel van dit wat ons vandag in kerke sien, is alles deur mense ingestel. Gods- dienstige tradisies. Tradisies wat ons doodmaak. Ons hoef net na Jesus se lewe op aarde te kyk en dan sal ons besef hoe eenvoudig Hy geleef het. Daar is niks so waar soos die gesegde om soos ’n kind te glo nie. As ons glo soos ’n kind, sal ons Jesus se liefde ervaar.
Moet GelooF en GodsdIens Altyd Iets eRnstIG wees? Nooit! Daar is wel ernstige oomblikke in ons alleentyd met God, maar ek glo met my hele hart ons dien ’n God met hope humor. Hy móét humor hê, want hy het my gemaak! Wanneer ons ’n opregte, aktiewe verhouding met Jesus Christus het, sal ons ’n vryheid en vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. God stort dit deur Sy Gees in mense se harte!
Hoe kAn Gewone Mense GelooF PRAkTiEs uiTLEEF? Maak tyd vir God. Alleentyd. Elke dag. Dit hoef nie ure en ure aaneen te
BOBBy WOU ’N VEEARTS WORDBobby van Jaarsveld het die afgelope jare
enorme opgang gemaak in die suid-Afrikaanse musiekbedryf. Ja, natuurlik is sy musiek die hoof-
rede daarvoor, maar daar is soveel meer wat Bobby se sukses bepaal en verseker.
godsdiens nie!’‘tradisies is nie
‘Maak alleentyd met God’
Februarie 20136
‘tradisies is nie ‘Christus inspireer my.’
Februarie 2013 7
wees nie, maar sorg dat jy iewers in jou dag net stil kan word voor ons Vader. Wanneer jy waaragtig in opregtigheid voor sy troon van genade kom, sal jy ervaar dat Hy deur sy Gees in jou lewe begin werk. Ek hoop ek verduidelik nou mooi. Ek praat heeldag en aldag met God. In my kar, in my kantoor. Hy is deel van my hele lewe.
BAiE MEnsE sê dAAR is HOPE-loos te Veel AFRIkAAnse sAnGERs in diE LAnd. sTEM Jy sAAM?
Ja, dit is seker so, maar tog het elkeen ’n droom en wie is ons
om te besluit wie mag en wie mag nie sing
nie?
JOu GunsTE-lInG GeReG? Sushi en fillet steak.
MAAk jy selF kos? Nee. Ek kan net braai. My vrou sorg dat ons gesond eet! Sy maak lekker kos.
’n EEn-VoudIGe REsEPPiE, AssEBLiEF. Dink jy iemand het ’n resep nodig om te braai?
wAt IRRI-teeR jou In Mense? Mense wat
dink hulle is beter as an-
der. Ek weet een ding vir seker: In
God se oë is ons almal gelyk. Hy kyk nie na wat jy het of bereik het nie. Hy kyk
net na ons harte. Dis al waarin Hy belangstel.
koMMentAAR ooR dIe MOdERnE kOMMunikAsiE- MiddELE (sELFOnE, sMs, TwiT-TER, FACEBOOk, Ens.)?In die bedryf waarin ek is, is hierdie kommunikasie ontsettend belangrik. Ek is dankbaar ons leef in die tyd waar ons al hierdie middele tot ons beskikking het.
As Jy niE ’n MusikAnT kAn wees nIe, MAAR enIGe AndeR BEROEP(E) kAn kiEs, wAT sAL diT wees en HoekoM? Ek wou altyd ’n veearts word, maar my wiskunde was te swak. Ek is regtig baie lief vir diere en ek weet ek sou myself kon uitleef in die beroep.
JOu GunsTELinGsPORT? Muurbal om self te speel en rugby om na te kyk.
HET Jy OP skOOL En dAARnA AAn sPORT dEELGEnEEM?Ek het hokkie en rugby gespeel op skool. Was nie briljant in een van die twee nie, maar ek het dit baie geniet!
wAtteR een VAn jou lIRIeke Is jou GunstelInG? Daar is twee. Die lied wat ek in Israel geskryf het, Yeshua the Messiah, en ook die lied vir my seun, My berg Sion * Lees Bobby se gunsteling lirieke op bl.21
As Jy EniGE PLEk BEnEwEns suid-AFRikA kAn BLy, wAAR sAL dIt wees en HoekoM? Enige plek by die see. Ek is ’n seemens.
snELVuuRVRAE:Formule een motorwedrenne is.......... eentoning. Maar dit slaap lekker!Draf om fiks te bly is ...... nie lekker nieTelevisie is.... ongesondPolitiek is..... ’n komedieKougom is..... nodig vir die asemKaalvoet is..... die besteLag is...... goed, gesond en lekker!
Februarie 20138
Februarie 2013 9
‘sagte boer se
tydens plaasonrusantwoord’
Insiggewend
Februarie 201310
Iemand het my eendag gevra wat my droom is. My antwoord was dat ek in die brandpunt van elke dag wil wees waar die adrenalien pomp en die bloed vloei, om elke dag voluit te praat, te doen en te lewe, om met geesdrif en geïnspireerd te leef, om aan te hou droom en ander te laat droom – en om dié vryheid uit te leef soos wat my geloof my lei.
Maar tydens die onlangse onrus onder plaaswerkers in die Wes-Kaap het ons alledaagse lewe skielik tot stilstand geknars. Dik wolke swart rook het in die lug gehang en geweerskote het in die lug geknal. Dit was ’n onwerk-like, bisarre toneel, omtrent soos in ’n rolprent. Die paaie langs die wingerde en vrugteboorde is met klippe en bran-dende buitebande versper terwyl mense gedreunsing het.
Die ruite van polisievoertuie is met klippe flenters gegooi. Alle voltydse plaaswerkers is as gyselaars aangehou en ’n atmosfeer gelaai met vrees en haat het swaar oor die omgewing gehang. Intense kommer was op die gesigte van mense sigbaar. Die hartseerste was om te sien hoe kinders by die wetteloosheid betrek is – deels weens die opwinding, maar ook doelbewus om die polisie te
verhinder om rubberkoeëls te gebruik. Klein kindertjies het geskree: “Boer, ons gaan jou plaas afbrand!” terwyl ander gevra het: “Het ons Sondag Kinderkerk?”
Voor die moeilikheid begin het, het ek ’n vergadering met al ons plaaswerkers gehou. Ek het hulle daaraan herinner dat ons daar is vir hulle en dat ons alles in ons vermoë sou doen om hulle veiligheid te waarborg. Ek het my telefoonnommer aan hulle gegee en hulle gevra om my te skakel indien enigeen van hulle bedreig of geïntimideer sou voel. Ek het hulle selfs genooi om in my huis te kom skuil indien enigeen onveilig sou voel.
Min het ek toe geweet dat my foon-nommer die volgende paar dae so gereeld geskakel sou word – nie om my om hulp te vra nie, maar om my te waarsku oor moontlike gevare en om my ongevraagd ingelig te hou oor alles wat hulle gesien en gehoor het. Ek het tus-sen tien en twintig oproepe ontvang! Ek is diep geraak deur die lojaliteit en toe-wyding van Weltevrede se werknemers. Ondanks hewige druk van buite, het nie een van die werk af weggebly nie. Toe ek die toegewydheid en die vrees op hulle gesigte sien, het ek hulle bedank en die volgende twee dae vry gegee om na die
veiligheid van hulle huise om te sien.Ongelukkig het die onrusstokers dit
verkeerdelik vertolk as ’n opstand deur die plaaswerkers. Die Donderdag het ek die eerste oproep ontvang met inligting dat ’n skare van honderde betogers na Weltevrede op pad was. Ek het my dade-lik na ons plaaswerkers se huise gehaas en hulle gewaarsku om hulle deure te sluit en uit die oog te bly. Ons het die wynmakery en kantore gesluit en die bestuurspan na my huis gestuur. Alles was op die oog af verlate – net ek het stokalleen gesit en wag. Dit was doodstil. Al wat ek kon doen, was om in stilte met God te praat.
Ek het hulle al gehoor aankom, lank voor ek hulle kon sien. Die dreuning van hulle krete “Viva!” en “Amandla!” het teen die omliggende heuwels weerklink. Dit het al hoe harder geword totdat die skare uiteindelik hulle opwagting by Weltevrede gemaak het. Dis seker nor-maal om bang te wees wanneer jy deur meer as 500 woedende, opgesweepte, gewapende betogers gekonfronteer word, maar ek het geen vrees ervaar nie want ek was nie vingeralleen nie. Deur die genade van God het ek sy Gees van liefde, krag en ’n helder verstand in my
Philip Jonker, eienaar van die plaas weltevrede in dieBonnievale-omgewing, is laat verlede jaar geraak deur die protesoptrede deur plaaswerkers wat twee weke geduur het. Hy skryf hoe hy sy benoude oomblikke hanteer het.
“’n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm
mense, ’n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie. Ligsinnige mense bring
’n stad in oproer; wyse mense kalmeer die gemoedere.”
Februarie 2013 11
binneste ontdek. Ek het die dansende, springende skare wat met pangas, messe en knopkieries gewapen was binnegestap, reguit na die leier toe, hom in die oë gekyk, geglimlag en sy hand geskud. Hy is onkant gevang deur hierdie kragtige betuiging van respek en beskei-denheid en dit was sigbaar op sy gesig.
Die skare het rustiger begin word. Die leier het my gevra om ’n dokument te onderteken waarin ek ontvangs erken van hulle looneis van R150 per dag. Dit was vreemd, aangesien hulle nie my werknemers was nie. Nietemin, omdat hulle slegs ’n ontvangserkenning gevra het, het ek dit geteken. Die skare het steeds gedreunsing “Viva!” en “Aman-dla!” Toe ek die leier vra of ek hulle mag toespreek, is my versoek wéér met ’n verbaasde gesig begroet. Hy het omgedraai en beduie dat die skare moet stilbly. ’n Luidspreker is aan my gegee en die skare het doodstil geword. Ek kan nie onthou presies wat ek alles gesê het nie, maar wat ek wél onthou, is dat ek oor hoop en bemoediging gepraat het.
Ek het na hulle gekyk en hulle lief-gekry. Ek het hulle aangemoedig om nie moed te verloor nie en aan hulle drome te bly kleef. Ek het hulle daaraan herin-ner dat ons stryd nie teen die vlees is nie. Ek het hulle daarop gewys dat ons broers en susters is wat moet praat en nie baklei nie. Hulle wou toe weet wat ek van die looneis van R150 per dag dink. “Self wens ek dit kon R250, R350 of R1000 wees, maar dis onrealisties,” het ek gesê. Ek het hulle gevra om rondom hulle te kyk na die gehalte van die behuising wat ons voorsien, om in gedagte te hou dat Weltevrede gemiddeld 80% meer betaal as die minimum loon wat deur die regering gestel is en dat ons dit sonder uitsondering nog elke jaar verhoog het. Ek het egter toegegee dat daar steeds baie dinge is wat moet verander
en dat daar altyd ruimte vir verbetering is, maar dat dit noodsaaklik is dat ons sáám moet bou aan die volhoubaarheid van die ekonomie van ons vallei en die verwesenliking van die droom. “Laat ons nie afbreek en verwoes nie,” het ek gepleit terwyl ek uit die hoek van my oog kon sien hoe rook uit een van my chardonnay-wingerde borrel. “Ons moet bou,” het ek gesê. Ons het ’n keuse om positief of negatief te wees, ongeag ons omstandighede. Ons woorde kan die vonk in die kruitvat van verwoesting wees, of dit kan ’n vonk van lewe wees. Ek het aan hulle gesê dat ek bewus is van hulle omstandighede en dat ons skouer aan skouer, stap vir stap moet werk om
verandering teweeg te bring. Maar ons moet ook geduldig wees. Verandering vind nie oornag plaas nie.
Skielik is die “Viva!” en “Amandla!” vervang deur krete van “Amen!” Oral uit die skare het mense na vore gedring om my hand te kom skud. Een man het aan my gesê: “Mnr. Jonker, ek skud u hand nie oor wat u so pas gesê het nie, maar oor wat u vir die gemeenskap doen.” Ek kon nie dink waarna hy verwys nie. Dalk die Kinderkerk? Of miskien het hy my ingesteldheid raakgesien, want mense kan ’n ander se houding aanvoel. Dalk is dit omdat God my etlike jare gelede gelei het om deur die stofpaaie van die plaaslike plakkerskamp te loop en met die uitgeworpenes van die samelewing te praat en hulle te vertel dat Jesus gekom het met goeie nuus vir die armes, om die gebrokenes van hart te troos, om vryheid vir dié in gevangenskap te be-werkstellig, om blindes te laat sien, om die onderdruktes te bevry, om ’n nuwe dag aan te kondig.
Vanoggend het Lindizwe die volgende Skrifgedeelte aan my gestuur om my te help op die pad vorentoe – Spreuke 29: 7 en 8: “’n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense, ’n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie. Ligsinnige mense bring ’n stad in oproer; wyse mense kalmeer die
gemoedere.” Dit is nie nou ’n tyd vir mags-
vertoon nie, maar vir kragtige nederigheid.
“I fear the day when the technology overlaps with our humanity. The world will only have a generation of idiots.”
Einstein was nie net briljant nie, hy was klaarblyklik
wys ook:
In ’n e-pos
EINSTEIN WAS TOE WRAGGIES KORREK TOE Hy VOORSPEL HET:
koffiedrink Geniet die strand saamGeniet ‘n museum lekker gesels in ‘n restaurant
Februarie 2013 13
Ek lees dikwels haar naam in die plaaslike koerant en sien haar foto’tjie, altyd besig tussen kinders of die publiek om ’n verskil te maak en om ’n stem
te wees vir die lede van die SAPD.
Sy ís toe so vriendelik en borrelend soos wat sy lyk. Fienie is al 25 jaar in die SAPD en 20 jaar daarvan in hierdie pos. Sy is ook ’n mamma met ’n huishou-ding, maar as sy by die werk is, is sy passievol oor wat sy doen. Sy is lief vir die lede van die SAPD en sy wil hê daar moet geen misverstand by die publiek wees nie.
Haar werk behels dat sy alle skake-ling met die media en ander eksterne skakeling met instan-sies en organisasies, asook interne skakeling met die lede hanteer. Sy stel belang in hulle doen en late en maak seker hulle is ingelig oor alle nodige veranderinge en korrespon-densie en wetgewing.
Sy doen ook poppekasvertonings en spreek skole toe.
diT kLink ViR My nA ’n LEkkER weRk Met MIn stRes?Wanneer kinders aan die kortste ent trek, is dit vir my sleg.Ek werk ook dikwels met ouers van kinders wat verslaaf is. Ek moes net vanoggend ’n seun laat toesluit omdat hy gesteel het. Sy ouers se harte is ge-breek. Ek is mos self ’n ma, so ek gebruik die geleentheid om uit te reik na hierdie
jongmense as hulle hier in die selle is. Ek probeer verduidelik dat dit nooit te laat is vir ’n nuwe begin nie.Ek hanteer ook die traumakamer. Daar kom baie sake in wat ’n ou se hart raak.
is diE ATMOsFEER in POLisiEkAnTORE so neeRdRukkend soos dIt soMs lyk?Ons is soos ’n familie. Ons bestee baie tyd saam. Dikwels is jou lewe in jou
kollega se hande. Ons probeer ook maar soms die humor in situasies raaksien. Ons het ook gereelde span-bousessies en georganiseerde sportwat sorg vir die ligter oomblikke.
dink Jy diE PuBLiEk HET VERkEERdE PERsEPEsiEs OOR LEdE VAn diE sAPd?Ja, beslis. Hulle dink dikwels dat die polisiebeamptes hard en ongenaakbaar is. Dit is nie waar nie. Hulle is beslis ook mense met emosies. Hulle moet hulleself egter in situasies beskerm en tree dus saaklik en feitelik op. Ons kan nie bekostig om emosioneel betrokke te raak nie.
is dAAR VOLdOEndE HuLP ViR POLisiEBEAMPTEs wAT VOORT-duRend so BlootGestel woRd?Ons werk saam met mense wat gereeld inkom en die polisiebeamptes help om ’n situasie of omstandigheid te ontlont.
wAT MAAk POLisiEBEAMPTEs Moedeloos?Ai, dit kan nou ’n sensitiewe een wees.
Maar die feit dat soveel van ons polisielede vermoor word, maak polisiebeamptes moedeloos. Ons het nou binne twee weke agt lede verloor. Die publiek moet onthou dat ons mekaar almal goed ken en omgee vir mekaar.Wat die lede ook moedeloos maak, is die feit dat misdadigers so
maklik loskom op tegniese punte. Dit voel soms vir lede asof die regstelsel van die land hulle nie effektief genoeg aanvul nie.
wAt kAn diE PuBLiEk doen oM dIe lewe VIR dIe
POLisiE BETER TE MAAk?Erkenning, erkenning, erkenning. Hulle kry te doen met soveel nega- tiwiteit. Daardie oproepie om te se ‘dankie’ of om erkenning te gee vir goeie diens, kan nie met geld gekoop word nie.
… En daar gaan sy weer. Op ’n draf-stap… Kaptein Fienie moet ’n ouer gaan troos en ’n jong man se hand in die selle gaan vashou, en gaan hoop gee dat vandag ’n nuwe begin kan wees.
Ingrid gesels met
Omgeekaptein, poppekastannie
en trooster
Kaptein Fienie NimbKommunikasiebeampte van Bellville se Polisiekantoor
Bo: Kaptein Fienie Nimb (tweede van links) saam met kollegas besig met ‘n jeugprojek. Regs: Kaptein Fienie Nimb en Ingrid Venter
In breë trekke
Jaco Thom
’n Mens slaan jou hande saam as wolf Cilliers vertel van die buitengewone seën wat hulle kerkplantprojek in Mada-gaskar beleef. In die afgelope
vier jaar het die projek, wat klein begin het, uitsonderlik gegroei met 16 voltydse kerk-planters wat in tien verskillende gebiede op die sentrale hoogland asook in die noordelike streke werk.
Wolf vertel: “In 2008 het ons met vyf leraars en een koördineerder van die C.E.R.E. Kerk op die sentrale hoog-land begin. Ons het hulle uitgestuur as voltydse kerkplanters na dorpe sonder kerke. Ons was verras toe hulle na drie maande toegang tot 75 sulke dorpe kon kry en begin het om babagemeentes te vestig.” In 2009 en 2011 het hulle nog twee kerkgroepe betrek. Teen Mei 2010 was daar 338 nuwe gemeentes met 6015 lidmate, meestal uit die heiden-dom. Sedert die begin van 2011 was daar ’n besondere oplewing en het die getal gemeentes teen einde Augusus 2011 tot 949 en die lidmaattal tot 18 056 gestyg. In Februarie 2012 was die werk in 1546 dorpies met 42 374 bekeerlinge. Volgens die jongste verslag in September 2012 is die werk in 1846 dorpies met 66 835 lidmate aan die gang, en dit gaan voort!
Wolf en en sy vrou Wenda het twintig jaar gelede ’n roeping na Madagaskar van die Here ontvang. Ná ’n teologiese graad by die Bybelinstituut in Kalkbaai, het die NG Gemeente Vishoek hulle in
1996 as sendelinge uitgestuur waar hulle met hulle vier jong kinders in Mahajanga in die noorde gaan werk het. In daardie tyd het hulle enkele gemeentes kon stig, maar eintlik was dit ’n voorbereiding vir wat die Here beplan het. Hulle het die taal (Malgassies) begin aanleer en ook die vertaling van ’n chronologiese evangelisasie- en opleidingskursus gefasiliteer. In 2005 moes die gesin na Suid-Afrika terugkeer, veral ter wille van die kinders se skoolopleiding. Dit was ’n terugslag, maar Wolf het nie opgehou nie, vas in die geloof dat die Here hom na die mense daar geroep het.
Die deurbraak het in 2007 gekom toe ’n kerkgroep hom versoek het om te help om lekepredikers op te lei. Hy het met 20 gemeenteleiers begin. Dit het vinnig uitgebrei en tans is hy en sy Malgassiese me-dewerker Fidy in drie sinodes besig om sewe groepe
van altesaam 150 gemeenteleiers op te lei. Wolf en hulle kom by sentrale punte bymekaar waar hulle opleiding kry.
Intussen het die bogenoem-de kerkplantinisiatief ook nog bygekom. Die opleiding van
lekepredikers en die toerusting van
nuwe leraars in die kerkplantprojek is ’n voltydse taak. Nie alleen vereis dit dat Wolf vir lang tye in Madagaskar is nie, maar bring dit ’n groot administratiewe las mee. Dié behartig hy wanneer hy in die Paarl is.
Daar is ook ’n ander uitvloeisel uit die fenomenale kerkgroei: ’n knellende tekort aan Bybels en gesangboeke. Om dié nood te verlig het Wolf met ’n Bybel-projek genaamd “Projek 5000” begin om geld in te samel om 5000 Bybels te bekom vir die duisende nuwe Christene, sodat elke gesin minstens ’n Bybel kan hê. Die Here was goed en hulle kon al meer as 6000 Bybels aankoop. Van vroeg in 2013 af sal daar nog heelwat gekoop moet word.
Die werk groei steeds en verg meer gebed, insette en geld. Daar is dae dat
die werklading te veel raak – veral die administrasie om die werk aan die gang te hou. Hy sal steeds meer gebed en hulp waardeer
sodat die werk kan voortgaan,
maar ook om nuwe
groei te kan hanteer. Hy sal baie dankbaar
wees as daar meer gemeentes en gelowiges is wat saam met hom
kan hande vat en die werk verder voer.
Verf en foto’s mag nie gewete sus nie!
Februarie 201314
wolf se landlynnommer is 021 863 3522 en selfoonnommer 072 692 8064 (maar op sMs-“roaming” tydens sy besoeke in Madagaskar).
sy e-posadres is [email protected] waartoe hy ook in Madagaskar toegang het. wenda se selfoonnommer is 078 280 2113.
Madagaskar Die kerk ontplof in
Verf en foto’s mag nie gewete sus nie!
eRVARInG In nIcARAGuA
Februarie 2013 15
Wat beteken die woord “hulp”? Hoe lyk dit wanneer ’n mens iemand anders REGTIG help? Hierdie twee vrae hou my aan die dink sedert ek en my vrou aan die begin van 2011 na Nicaragua in Sentraal-Amerika is om vir ’n Ameri-kaanse organisasie sonder winsbejag te gaan werk. Die visie van die organi-sasie is om deur middel van plaaslike gemeentes, in ontwikkelende lande projekte te begin wat vir wees- en verwaarloosde kinders sorg.
Nicaragua is ’n arm land, naas Haïti die armste in die Westelike Halfrond. Hulle geskiedenis van die afgelope 70 jaar sluit in ’n diktatuur, ’n aardbewing wat die hoofstad platgevee en 12 000 mense dood gelaat het, ’n burgeroorlog, en nou ’n sosialisties-kommunitiese regering wat neig na nóg ’n diktatuur. Nicaragua en sy mense weet gevolglik hoe lyk buitelandse “hulp” en betrokkenheid, en ek glo dit het die land oor die jare baie skade berokken.
Ons het aan die einde van Oktober 2012 teruggekeer na Suid-Afrika. Ek sou graag hier wou skryf oor die wonderlike werk waarby ons daar betrokke was, maar dit sal nie van veel waarde vir enige van die lesers wees nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie – die Here en sy Kerk is aktief in Nicaragua besig om vir kinders te sorg wat liefde en bystand nodig het. Ons het ongelooflike leiers ontmoet met ongelooflike passie en geloof wat my laat skaam kry.
Maar waar pas ek as ’n buitelander in? Baie buitelanders (meesal Amerika-ners, en ek praat van DUISENDE) besoek
Nicaragua elke jaar op korttermynuitreik-aksies. Hulle kom vir ’n week tot tien dae, besoek verskillende projekte en arm woonbuurte, verf kinderhuise se mure, speel en neem foto’s saam met vuil kinders sonder skoene, en baie van hulle stap selfvoldaan weg met die idee dat hulle iemand “gehelp” het. En hoewel ek en my vrou nie op dié manier wou “help” nie, verteenwoordig hierdie buitelanders ongelukkig my as wit Westerling, en is ons dikwels soos Kers-vader behandel.
In hierdie tydperk van terugskouing oor ons ondervin-ding in Nicaragua het ek besef dat ek maklik in sinisme kan verval, maar ’n konstruktiewe bydrae is natuurlik van baie meer belang.
Gaan DINK asseblief oor wat dit vir jou beteken om iemand te help. ’n Baie goeie hulpbron in hierdie proses is die boek When Helping Hurts, wat ons gehelp het om die moeilike vrae te vra. Die skrywers deel hulpverlening op in drie kategorieë – verligting, rehabilitasie en ontwikkeling. Verligting is maklik – kos vir ’n honger mens, gratis mediese
dienste na ’n ramp, ’n tentdorp in Haïti. Rehabilitasie en ontwikkeling is egter prosesse wat langtermynbetrokkenheid en –toewyding verg, waar ons ander help om hulleself te help, binne die veilige hawe van ’n wedersydse verhou-ding. Dis moeilik. Dit verg ons tyd, ons
emosies, ons geduld, en ons geld. Dit gaan amper altyd gepaard met teleurstellings op die kort termyn, maar dis uiteindelik absoluut die moeite werd.
En waar begin ’n mens? Baie dae in Nicaragua was die nood oorweldigend, maar ek glo dit was wysheid van die Here af wat my laat besef het ek kan nie almal help nie, en ek hoef nie almal te help nie. Ek dink Markus 12:31, “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”, is ’n baie goeie plek om te begin. Dink en besluit wie jou
naaste is, en begin daar.Besoek gerus hierdie webwerf http://
www.qohel.com/2009/05/09/on-for-eign-aid/ vir ’n baie interessante grafiek wat hulpverlening teenoor ekonomiese groei meet (spesifiek in Afrika). Loer ook na www.povertycure.org
In breë trekke
jacques sadie
Bo: Nicaraguaanse kinders by ’n kinderontwikkeling-sentrum. Onder: ’n Vullishoop waaruit baie mense ’n bestaan moet maak.
Nes Rysmiere…
Februarie 201316
In breë trekke
‘Weerlose, weerlose mense, op reis van perron na perron...’ Nou glo ek vas dat Koos du Plessis ook een keer in sy té kortlewe, mossievroeg, op ’n nat, koue enwindverwaaide stasie, op pad was werktoe.
Vandag staan hier en daar ’n verdwaasde siel rond, goeie nuus uiteraard – want dit beteken dat die reeds vol trein die paar van ons sekerlik van ’n sitplekkie kan verseker.
Maar dan, dan verskyn hulle sonder geluid of begeleiding. Vinniger, sekonde na sekonde pak hulle saam, instrument-loos en doelgerig. Soos rysmiere uit hulle gate. Waar bly die Metro tog? Die hoop op ’n sitplek verskraal sekonde
na sekonde. Anders as die tradisionele Flash-groep wat op die oog af doelloos opdaag en dan weer net so sonder rede uitmekaargaan en verdwyn, bly hierdie perrongroep vandag bankvas en doelgerig staan totdat die geelslang se deure hidroulies oopskuif. En daar gaan die miere, genadeloos, pylreguit na die eerste, beste sitplekke toe.
Ek was te stadig vir die Groot Antie met die ogies wat niks mis of ontsien nie! Die laaste rusplek vir die holte van jou voet is gevul. Net voor jy jou maniere verloor en rugbystyl verder inbeur, staan jy vasgedruk teen ’n ysterpaal -- sitplek-loos vir die volgende uur.
Lank gelede het ’n Boesman-spoor-snyer in ’n bruin uniform met ’n viersnaar kitaar in die hand gesing: “Wie gat saam, wie gat saam, wie gaat Hééémel toe?’ Ai, terwyl ek my groot-toon onder ’n ander antie se hak uit-wurm, wonder ek nou self.
Gaan ons ook mekaar soos rysmiereby die poorte verdring vir ’n ou sitplek-kie? Gaan van Wyk Louw se “En Heer, ek staan weer sterk in die andere genade wat U gee”, vir ons almal wees... vir al ons rysmiere?
Gelukkig staan daar ook geskrywe:“In die huis van my Vader is daar baiewonings, as dit nie so was nie sou Ek dit vir julle gesê het…”
Nic van Rensburg ry elke dag met die trein stad toe. Hy deurleef al baie lank elke nuwe toneel wat hom daagliks afspeel, sonder voorafteks. Dis tonele
waaraan hy outomaties deel het – soms met benoudheid, dan weer ’n tikkie humor en ander kere met knorrige oplettendheid.
Februarie 2013 17
In breë trekke
Marius du Plooy
?is jy ’n
gisborrel
so sit ek nou die dag en luister toe prof. Willie Esterhuyse vertel van iemand wat ’n regte “gisborrel” is.
Ek gooi die woord in my binneste rond en besluit dis ’n lekker vertaling vir ’n live wire, hoewel ’n gisborrel volgens my heelwat meer borrel in hom het.
Onmiddellik dink ek aan my ma se gemmerbier van destyds en die gisbor-rels wat so in en om die uitgeswelde rosyne saampak, wegbreek en
boontoe dwarrel; of soos sjampanje wat sy eie borrels van binne-af skep.
’n Gisborrel is dus iets wat binne-in die oorspronklike inhoud ontstaan en ’n nuwe soort energie opwek wat beweging veroorsaak. Dit help dan die proses waarmee dit besig is om iets nuuts te word. (Nou raak ek lekker filosofies!)
Gisborrel. Wat ’n skitterende beskrywing vir iemand wat vol energie is en dinge van binne-af laat gebeur. En ek besef weer hoe uniek en raak en nuut mens iets in Afrikaans kan sê.
En net daar besluit ek dat ek ook graag ’n gisborrel wil wees.
Ek wil nie deur invloede van buite aan die gang geskop word of dood-gewurg word nie. Ek wil nie deur pessimiste, geweld, negatiewe stories en gebeure sonder hoop gelaat word nie. Ek wil graag my talente en verstand gebruik om energie op te wek wat hoop gee, liefde skep en positiewe verandering meebring.
Dink net wat ek kan vermag as die ‘Oorspronklike Inhoud’ van my gisborrel Jesus Christus is.
Februarie 201318
In breë trekke
John Higgins het hierdie verhaal van ’n onbekende Smith-e-posser vir ons aangestuur:
Ek sal 1946 se Paastyd nie vergeet nie. Ek was 14, Ocy 12 en Darlene 16. Ons drie het saam met Mamma gebly en het geweet wat dit beteken
om sonder baie dinge oor die weg te kom. My pa is vyf jaar tevore dood en het my ma met sewe kinders, sonder enige geld, agtergelaat. Teen 1946 was die vier oudste kinders reeds uit die huis.
’n Maand voor Paasfees het die domi-nee afgekondig dat daar op Paasfees ’n spesiale kollekte opgeneem sou word om ’n arm gesin te help. Hy het almal gevra om geld te spaar, werklik ’n offer te bring en ruim by te dra.
Terug by die huis het ons dadelik gesels oor wat ons kan doen. Ons het besluit om 50 pond (ongeveer 23kg) aartappels te koop en vir die hele maand daarop te lewe. Op dié manier kon ons R20 op ons kruideniersbegroting spaar om by te dra. Ons het ook besluit om so min as moonlik elektrisiteit te gebruik om nog meer te spaar. Ons het mense se huise en agterplase skoongemaak en elke geleentheid aangegryp om kinders op te pas. Met elke 15 sent wat ons gekry het, het ons genoeg wol gekoop om drie vatlappe te brei wat ons dan weer vir R1 verkoop het. Op dié manier het ons nóg R20 bymekaar gemaak.
Die maand was een van die bestes in ons lewe. Ons het elke dag die geld getel om te sien hoeveel ons al gespaar het. Saans het ons in die donker gesit en gesels oor hoe die arm gesin die geld sal geniet wat die kerk aan hulle gaan gee.
Aangesien daar ongeveer 80 mense in die kerk was, het ons uitgewerk dat die gemeente minstens 20 keer meer kan gee as wat ons eie bydrae is. Die domi-nee het die gemeente im-mers elke Sondag aan die spesiale bydrae herinner.
Die dag voor Paasfees het ek en my sussie na die kruide-nierswinkel gegaan en al ons kleingeld omgeruil vir drie nuwe R20-note en een R10-noot. Ons het huis toe gehardloop om vir Mamma en Darlene te gaan wys. Ons het nog nooit voorheen soveel geld gehad nie. Daardie nag kon ons byna nie slaap nie, so opgewonde was ons. Dit het ons nie gehinder dat ons nie nuwe klere vir Paasfees kon kry nie, want ons het R70 vir die spesiale offergawe gehad. Ons kon nie wag om kerk toe te gaan nie.
Daardie Sondag het dit behoorlik gereën. Ons het nie ’n sambreel besit nie, maar het ook nie omgegee hoe nat
ryk familie in ons
Die
gemeente
Ons het almal net na die vloer gesit
en staar. Waar ons ’n oomblik gelede
nog soos miljoenêrs gevoel het, het
ons nou arm en waardeloos gevoel.
Februarie 2013 19
weer hulle ou rokke dra. Ek het na hulle in hulle nuwe rokke gekyk en baie ryk gevoel.
Toe die kollekte opgeneem word, het Mamma die R10-noot ingegooi en ons kinders elkeen R20. Op pad huis toe het ons gesing. Middagete het Mamma ons verras. Sy het ’n dosyn eiers gekoop en ons kon Paaseiers saam met ons aartap-pels eet.
Laat daardie middag het die dominee voor ons huis stilgehou. Mamma het die deur oopgemaak, ’n oomblik met hom gepraat en toe teruggekom met ’n koevert in haar hand. Ons het gevra wat dit was, maar sy het
niks gesê nie. Sy het die koevert oopgemaak. Toe val daar ’n klomp
geld uit… drie nuwe R20-note, een R10 en sewentien R1-munte. Mamma het
die geld teruggesit in die koevert en niemand het ’n woord gesê nie. Ons
het almal net na die vloer gesit en staar. Waar ons ’n oomblik
gelede nog soos miljoenêrs gevoel het, het ons nou arm en waardeloos gevoel.
Ons het so ’n gelukkige lewe gehad dat ons almal jammer gekry het wat nie ons pa en ma gehad het nie,
of ’n huis vol boeties, sussies en vriende wat gedurig kom
kuier het nie. Ons het gedink dit is pret om eetgerei te
deel en altyd te wonder wat jy vanaand gaan
kry: die vurk of die lepel? Ons het
twee messe gehad wat ons rondge-stuur het vir wie dit ook al nodig gehad
het.Ons het
geweet dat ons baie van dit wat ander mense het,
nie het nie, maar ons het nooit gedink ons is arm nie. Maar
daardie Paasfees het ons vasgestel dat
ons wel arm is. Die dominee
het immers die geld wat vir die arm gesin ingesamel is, vir ons gebring. So, ons moet dan arm wees! Ek het niks daarvan gehou om arm te wees nie. Ek het na my rok en verslete skoene gekyk en was so skaam dat ek nie weer kerk toe wou gaan nie. Almal het blykbaar lankal geweet dat ons arm is. Op skool was ek in graad 9 en het eerste gestaan uit meer as 100 kinders. Ek het gewon-der of dié kinders ook weet dat ons arm is. Ek het besluit om die skool te verlaat, aangesien ek reeds graad 8 geslaag het en dit al was wat die wet destyds vereis het.
Ons het lank in stilte gesit. Later het ons gaan slaap. Gedurende die week het ons min gepraat. Saterdag het Mamma die stilte verbreek en gevra wat ons met die geld wil doen. Ons het gewon-der. Wat doen arm mense met geld? Ons het nie geweet nie, want ons het nie geweet dat ons arm is nie. Ons wou nie Sondag teruggaan kerk toe nie, maar Mamma het gesê ons moet.
Al was dit ’n lekker sonskyndag, het niemand op pad kerk toe gepraat nie. Mamma het ’n lied begin sing, maar niemand het saamgesing nie. By die kerk het ’n sendeling gepraat. Hy het vertel hoe mense in Afrika kerke bou met songedroogde kleistene, maar dat hulle geld nodig het om die dakke op te sit. Hy het gesê dat R100 genoeg is vir een kerk se dak. Die dominee het gevra: Kan ons nie almal ’n offer bring om die arm mense te help nie?
Ons het na mekaar gekyk en vir die eerste keer daardie week geglimlag. Mamma het haar hand in haar handsak gesteek en die koevert uitgehaal. Ons het dit aangestuur na Ocy en sy het dit in die kollektebordjie gegooi. Nadat die geld getel is, het die dominee aange-kondig dat die bydrae net oor die R100 was. Die sendeling was baie opgewon-de. Hy het nie so ’n ruim bydrae van ons klein gemeentetjie verwag nie. Hy het gesê: Julle moet beslis ryk mense in julle gemeente hê!
Toe tref dit ons. Ons het R87 van die net meer as R100 gegee… so ons is die ryk familie in die gemeente. Het die sendeling nie self so gesê nie?
Van daardie dag af was ek nooit weer arm nie… en ek onthou altyd hoe ryk ek is omdat ek Jesus het!
ons word nie. Selfs Darlene se voete het papnat geword omdat haar skoene al
stukkend was. Ons het trots in die kerk gesit. Ek het gehoor dat van
die ander tieners iets fluister oor die Smith-dogters wat
Februarie 201320
balans
In breë trekke
Amanda Pool
God gee eers oumas om ons lewens te verryk en dan gee Hy aan ons stories om hulle te onthou. Een so ’n ouma, was ouma Muis.
Ouma Muis laat my op ’n manier aan Jesus dink wat gemaklik met enige geslag praat. Ouma het in haar leeftyd ook verskillende geslagte kinders en kleinkinders gehad. Sy was 83 jaar oud toe ons almal saamkuier. ’n Maand later staan en sit ons almal in haar sitkamer, om vir mekaar en ds. Johan stories te vertel waarna hy tydens haar dankdiens kon verwys. Onthoustories is lekker stories, goed vir die siel.
Ons vra die kleinkinders en agterklein-kinders om van die baie herinneringe oor ouma vir die dankdiensblaadjie te skryf.
Die meeste skryf oor die plaas, die lekker dae daar bo-op die berg, op Sunnyside. Dis lank terug. Ouma en Oupa moes stad toe kom toe haar een been geamputeer is. Moei-like tye; aanpassing in die stad is nie maklik nie.
“My mooiste oumatjie Muis,” skryf een, “ek verlang so terug na ons lang skoolvakan-
sies van koekbak, beskuitbak en hoendertjies voer op Ouma se geliefde plaas.” Nog een onthou Ouma vir die lekker skoolvakansies op die plaas, hawermout en mieliepap, “Ouma se lekker visvingers en eetgoed… nartjies tot dit by ons ore uitloop.”
Dan is daar nuwe kleinkinders. Mens noem nie kleinkinders stief nie, onthou ek het sy gesê. ’n Kleinkind is ’n kleinkind al erf jy hulle groot. Hulle het ook spesiale plek-kies. Een skryf : “Wil graag dankie sê aan ouma Muis omdat sy my altyd spesiaal laat voel het en aanvaar het as een van haar eie kleinkinders.” Nog ’nuwe’ kleinkinders groet Ouma met die woorde: “Ouma Muis, vandag sê ons goodbye aan iemand baie spesiaal. Dankie vir die tydjie wat Ouma deel was van ons lewens.”
“waar is die dae op die plaas toe ek en oumie op die trekkertyre onder die akkerboom gesit het. Ouma het altyd gesê dat die voëltjies my bakkie pap gaan opeet. Die dae toe ek die grasgroen nartjies geëet het, die dae toe ek al Ouma se rokke en juwele aangetrek het . Ouma se Fire & Ice, al die roompies en lipstick. Ouma het altyd
skelm geld gegee om kafee toe te gaan op die hoek en boeta se kieste het altyd vol bubblegum teruggekom. Ek hoop ek kan eendag so ’n ouma soos Oumie wees. Al die liefde en omgee was nooit te min by Ouma nie.
nog een onthou die hoëhakskoene, haar ‘stiletto’s’ waarmee sy op die plaas rond-geloop en haar hoendertjies, elkeen met sy eie naam, kosgegee het; ook haar gewilde kolwyntjies en soetkoekies wat altyd in voor-raad was.
Sondag na kerk kom die dominee en ons is amper almal daar, 5 kinders, 15 klein-kinders, 8 agterkleinkinders, skoonkinders en skoonkleinkinders. Ons praat almal, vertel stories, ons lag en huil van lekker onthoudinge. Daar’s baie stories van die plaaswerkers, tannies op die buurplase, mooi stories, lagstories, ouma Muis-stories…
Ds. Johan is net weg, toe stop ’n vreemde motor buite. “Hier is die hele gesin van die plaas af,” kondig iemand aan. Hulle kom met die familie simpatiseer oor die “oumiesies”, sê hulle. “Ons het ver gery, maar ons moes kom.” Daar was net een ouma Muis.
Ouma Muis
In ’n e-pos
BOBBy se GunsTelInG lIrIeke
My BeRG sIonVoor jy al hier was, het jy lankal bestaanVoor God gespeel en in Sy Hemel gedans
VERVOLG VANAF BLADSy 8...
Hy roep ’n naam oor jou wat jy sal hou
Daar op my knieë het ek Die Vader gevraOm my te help dat ek dit beter verstaanToe gee Hy my ’n seun ek’s bly dis jy
En nou’s jy hier en ’n pa se hartIs gebore hier in my
Want ek is lief vir jouJy is my seun ek dink die wêreld van jouEk is jou pa en ek is altyd by jouEk is daar vir jouTot die dood sal ek baklei vir jou
Dis my gebed vir jou
dat jy dit sal weesWat God gedroom het oor jouDaar is ’n storie wat geskryf is oor jouSolank jy onthouJy’s my rots, my seun, my trots, my berg Sion
Net soos ’n pa so sal die seun dit ver staanDeur die geslagte sal jou naam vooruitgaanGesëende van God vrede vir jou
Toe ek jou sien het ek myself weer gevindEk is gebore deur die oë van my kindEk het my siel se roep in jou gekry …
Ek bid dat jy altyd sal
weet dat ekLief vir jou is en dat God jou hand vashouHy is deel van jou
Want Hy is lief vir jouJy is Sy seun Hy dink die wêreld van jouHy is jou pa en Hy is altyd by jouHy is daar vir jouTot die dood het Hy baklei vir jou
Dis my gebed dat jyJy dit sal wees wat God gedroom het oorjouDaar is ’n storie wat geskryf is oorjouSolank jy dit weetJy’s my rots, my seun, my trots, my berg SionMy seun my trotsJy’s my berg Sion …
’n Goeie vrou
balansbring glo
in jou lewe?!
In ’n e-pos
Tussen al die gemorspos is daar darem af en toe ’n juweel wat kop uitsteek
Jou huisSoos gesien deur ...
JOu kOPER dIe BAnkdIe AssessoR
ViR MunisiPALE tARIewe en BelAstInGs
dIe eVAlueeRdeR
jouselF
“Ons is almal huurders en een of ander tyd sal die groot Huisbaas ons kennis gee
dat ons huurkontrak verstryk het.”inskripsie op Joseph Jefferson,
Amerikaanse akteur, se graf
(Hoewel ons as Christene nie die reg het om te veroordeel nie, is God die enigste Een wat besluit wanneer en waar ’n persoon behoort te sterf. In dieselfde asem is die troos vir mense wat reeds met selfmoord te make gehad het, dat niks ’n Christen egter van God se liefde kan skei nie! “Want ek is verseker dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teen-woordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here is nie.” (Romeine 8:38-39). – Red.)
Dit is seker een van die hardste, koudste woorde: “Selfmoord”. Deesdae verkies baie om eerder
van “selfdood” te praat, omdat “moord” bloot te ongevoelig klink.
Daar bestaan baie vrae en menings oor hierdie gedrag, en dit wil voorkom of mense oor die algemeen baie sterk hieroor voel. Van “lafhartig”, “dapper”, “sondig” en “tragies”, is uitdrukkings wat gereeld uit alle oorde gebruik word.
Wat egter vas staan, is die feite oor selfmoord in Suid-Arika. 11% van alle onnatuurlike sterftes in die land is weens selfmoord. Dit is geweldig hoog (veel hoër as die gemiddelde wêreldsyfer),
en beteken letterlik dat daar een self-moord elke uur of uur en ’n half by ons voorkom. Meer mans as vroue pleeg selfmoord in ons land, en vir elke vier mans wat selfmoord pleeg, neem een vrou haar eie lewe. Die interessante is egter dat meer vroue as mans probeer
selfmoord pleeg, maar dat mans meer suksesvol in hulle pogings is omdat hulle meer gewelddadige metodes gebruik soos byvoorbeeld om hulleself te skiet of te hang.
Die vraag waarom mense selfmoord pleeg, is nie maklik om te antwoord nie. Ons weet egter dat depressie ’n groot bydraende faktor kan wees as dit nie
betyds raakgesien en hanteer word nie. Wat hartseer hiervan is, is dat baie selfmoorde dus voorkom kan word.
Selfmoord
Skakel Radio Tygerberg se bedieningspan gerus by
0861 104 104.
Februarie 2013 23
HiER is VAn diE wAARskuwinGs-TEkEns wAARnA MEns kAn OPLET, By JOusELF OF By GELiEFdEs:• Oormatige hartseer of gemoeds-
wisseling• Skielike, “eienaardige” kalmte• Onttrekking van werk en van
familie/vriende• Gevaarlike, of selfbeserende gedrag• Ongewone dreigemente van
selfmoord• Skielike toekomsvoorbereiding
asook afskeid van vriende
Mense wAt ooR dIe AlGeMeen diE HOOGsTE RisikO LOOP OM sELFMOORd TE PLEEG, sLuiT in:• Ouer mense wat ’n eggenoot deur
die dood of egskeiding verloor het• Mense wat voorheen probeer self-
moord pleeg het• Mense met ’n familiegeskiedenis
van selfmoord
• Mense wie se vriend of medewerker selfmoord gepleeg het
• Mense wat ongetroud, ongeletterd of werkloos is
• Mense wat weens hul werk aan geweld en trauma blootgestel word
• Mense met ’n afhanklikheids- probleem
Dit beteken natuurlik nie dat as iemand in bogenoemde kate-gorieë val, hulle noodwendig
selfmoord SAL pleeg nie, maar dit kan dien as aanwysings om tekens van self-moord by ons geliefdes en kenisse te kan raaksien.
Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep bied ’n selfmoord-noodlyn, beman deur professionele beraders. Dié nommer is 0800-567-567. Beraders kan ook by 011-262-6396 gebel word.
Haar inspirasie
Louis Averbuck
maar sien tekens betyds raakSó oNNodig,
In ons omgewing
deur Etienne Janse van Rensburg
Februarie 201324
Radio Tygerberg se ‘ven-note’, soos Pick ’n Pay en Tafelberg Meubileerders, het in die Kerstyd saamges-pan om behoeftiges by te
staan en die nood bietjie te verlig. Etienne vertel verder:Vandag was ek ook deel van die Projek Oase-taakspan. Kamera in die hand voel ek egter ’n bietjie onvoorbereid, want niemand het werklik opdragte gegee oor wat ek moet afneem nie. Ek is in die voorste motor van die vyfmotor-konvooi, en met etlike minute oor voor die oor-skakeling na die ateljee, hou ons voor ’n woonstelblok in Brooklyn stil. Min kon my regtig voorberei vir dit wat ek sou beleef.
Op die eerste verdieping maak iemand die voordeur oop toe ons bo-op die trappe aankom. Ek is kort op die agter-ste een se hakke met my kamera op die skouer. Ek wil álles vasvang...
’n Ouerige tannie ontmoet ons by die deur en nooi ons hartlik na binne, so asof daar koek en tee vir ons binne wag. Maar die kamer is leeg, byna dolleeg. ’n Klein TV met sy haasore balanseer op ’n klein tafeltjie en oorkant staan daar twee kampstoele langsmekaar waarop daar, glo ek, beurte gemaak word om na
SABC-kanale te kyk. Die enigste ander
vorm van meublement is ’n klein A4-grootte spieël wat teen die muur hang.
Ek wonder hoeveel keer daar al in hom gekyk is en gevra is: ‘Hoekom ek? ...’
Die eerste ingang na regs is die kombuis. Daar
is ’n tweeplaatgasstoof, ’n besem en ’n groenterakkie van plastiek.... sonder die groente. Dit is dit! Bo in die kas is daar ’n paar stukkies kos, maar niks wat jy kan kombineer sodat dit ’n maaltyd genoem kan word nie. Dit laat my vir die eerste keer sluk aan ’n knop as ek van daardie prentjie omdraai en kyk na die
Projek oase is nog een van Radio Tygerberg se inisiatiewe wat ’n verskil in die gemeenskap maak.in hierdie geval is luisteraars genooi om individue of organisasies in die gemeenskap te nomineer op grond van hulle buitengewone omstandighede en
veral waar bystand nodig is.
Oggendrooi se
deuR die leNS eN uiT die HaRT vaN ’N FoTogRaaF
Só word gee ’nvoorreg
Die enigste ander vorm van meublement is ’n klein A4-grootte spieël wat teen die muur
hang. ek wonder hoeveel keer daar al in hom gekyk is en gevra is: ‘Hoekom ek? ...’
Februarie 2013 25
deuR die leNS eN uiT die HaRT vaN ’N FoTogRaaF
pragtige drie kinders wat voor my staan.
’n Krullebol babbelbekdogtertjie, ’n groot sekelglimlagseun van so
10 jaar en sy skugter boetie wat kamer toe hardloop om weg te kruip. Ek volg hom met die kamera en sluk hard aan die tweede knop in die keel toe ek die ‘beddens’ sien. Daar lê drie komberse plat op die vloer met ’n vierkantige kussing vir elk, ’n wasgoedmandjie met nog ’n paar items hier en daar. Dit is dit!
Ek voel half skaam om die mense se huis af te neem, want ek kan sien dat Arthur, pa van die huis, ’n trotse man is
en ek wil nie die een
wees wat hom so ontbloot nie. Ek wys na die kamera en vra hom of ek mag afneem. “No problem,” terwyl hy die telefoon neem om met Anton en Benescke in die Oggendrooi-
ateljee te praat. Die trane lê reeds vlak in sy oë, want
hy weet ons het gekom met ’n paarantwoorde op sy gebede. En toe Anton en Benescke vertel presies wat Arthur-hulle alles in hulle enorme Kerskous kan verwag, vee hy, ek en ’n paar ander die ‘stof’ uit ons oë...
Die trane lê reeds vlak in sy oë, want hy weet ons het gekom met ’n paar
antwoorde op sy gebede.
Blaai om...
Februarie 201326
Arthur het nie veel woorde gehad nie behalwe “dankie” en “ek het nie geweet daar is nog mense daar buite wat mens so kan help nie.” Dit was duidelik dat Arthur al ’n baie lang pad in hierdie omstandighede stap en dat ons as gelowiges ’n taak het om die goeie dinge in die wêreld lewendig te hou. Nee, ons weet nie wat alles gebeur het om Arthur in hierdie omstandighede te plaas nie, maar dit maak ook nie saak nie, want God het elkeen uitgesoek wat ’n bydrae gemaak het. Selfs die SMS wat Benescke van Arthur se ma ontvang het, moes sekerlik met die stralekrans van die Heilige Gees omkring gewees het.
Vir my was alles uiteindelik soveel meer as net ’n video en foto’s wat ek moes gaan neem...
Vir my was alles uiteindelik soveel meer as net ’n video en foto’s
wat ek moes gaan neem...
Links: Richard de Villiers by die klein Krullebol terwyl sy met die Oggendrooi-span gesels
Onder: Die kleingoed se ‘beddens’
Videoskakel: www.comuvid.com/projek-oase
Bo, agter van links na regs: Christene Botha (ma van Arthur Holmes), Arthur Holmes (die pa van die gesin), Ingrid en Gielie Bester (luisteraars wat bygedra het tot ons projek), Luane Janse van Rensburg (Radio Tygerberg 104FM skakelpersoon), Mark Jennings (PicknPay, Bemarking en skakelbeampte), Middel: Michael Holmes (10 jaar oud), Jean-Claude Holmes (9 jaar oud), Kelly Bianca Holmes (6 jaar oud) Voor: Anton Brink (Oggendrooi-aanbieder) en Benescke Janse van Rensburg (Oggendrooi-aanbieder).
Die shofar Christenge-meente het ’n lof- en aanbid-dingsgroep shofarband wat pas hulle nuwe album ons sal sing vrygestel het. Hierdie album is in Afrikaans en be-loof om jou geestelike pad ’n groot hupstoot te gee. Snitte soos Ons hoop, Ons sal sing en Kom laat jul stem verrys is beslis die moeite werd om na te luister. Die album bestaan uit 13 snitte, van rustige aanbiddingsmusiek tot op-en-wakker lofsange! Nog ’n album wat jou lof- en aanbiddingsoomblikke tot hoër hoogtes sal voer.
In klank
Ettienne smith
Nicholisgospeldebuut
Vandat nicholis Louw sukses in die musiekbedryf behaal het, is hy deur baie mense aangemoedig om ’n gospelalbum op te neem. Hy sê hy het nie waardig gevoel om so iets te doen nie. Eendag het God vir hom gesê: “Jy sal nooit tevrede met jouself of jou verhouding met My wees nie, maar dit beteken nie jy kan nie jou werk vir My doen nie.” Toe is Gebed van ’n sondaar gebore. In ware Nicholis Louw-styl bevat hierdie CD polsende snitte wat jou werklikwaar nie sal laat stil sit nie. Luister na Waarom Hy?, Halleluja, Vasgeval en Kruis. As jy ’n Nicholis-aanhanger is, moet jy hierdie album aanskaf.
maak
Februarie 201328
Omroepers & Program-aanbieders
Merentia vd Vent neville Goliath nomahlubi MsesiMoses swartbooi Pastor dlangalaPrins Xundu
dennis Francis deon van der Berg eddie Goldberg esther kruger Ettienne smithEtienne Piek
siyabonga doyle sura swartdr. soon Zevenster
Raymond lombard Richard de Villiers Rosebud tsobane Rouchelle liedemann sandy septemberRetah Mcpherson
Louise silver Mrs. MbaliLumka Leve Marius du PlooyLorrein katzkeLise swart & Louis Awerbuck
Angus Buchan Anton BrinkBenescke janse van Rensburg denise williamsAnton treurnich
cois de kock en lukie de Beer
Hennie lubbeHein krugerdr. Gerhard kotzeJeanette en CarlkritzingerIngrid Venter karien Basson
Februarie 2013 29
kalender
Ma
21 3
11 13 1612 1514 17
4 6 95 87 10
18 20 2319 2221 24
25 2726 28
wo VrDi Do Sa So
Valenteinsdaag
Vroue van Jerusalem, ek smeek julle en ek roep die ribbokke
en die takbokke in die veld tot getuie: moenie die liefde wakker
maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie.
HOOGLIED 2:7
Februarie
Februarie 201330
ProgrammeOnderworpe aan verandering
In indruk
MAAndAG - Februarie 2013
03:00 - 06:00 – Xhosa program - Vuyani Enkosini - Prince Xundu
06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Benescke Janse van Rensburg
06:00 – Oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit Die Burger06:45 – Oordenking07:00 – Nuus07:10 – Sportkollig 07:20 – Kinderstorie07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Storie van hoop08:00 – Nuus08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – Groet
09:00 - 12:00 – Rouchelle Liedemann
09:00 – Nuus09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Storie agter die lied09:55 – Pitkos vir die siel10:05 – Piekfyn10:40 – Woorde wat werk11:00 – Nuus11:05 – Meer as oorwinnaars
12:00 - 15:00 – Lorrein katzke
12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – Nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – 104 kook14:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard
15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton treunich
15:00 – Nuus15:05 – Goed voel nuus15:15 – Tema van die dag
15:50 – Webwerwe16:00 – Nuus16:05 – Verkeer en Weer16:20 – Sportkollig16:25 – Gemeenskapsport16:30 – Verkeersverslag16:40 – Finansiële nuus16:55 – Sê ding vir die dag17:00 – Nuus17:25 – your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol17:35 – Gedagte vir die dag
18:00 - 22:00 – Richard de Villiers
18:00 – Nuus18:05 – Program sal aangekondig word19:30 – Aandboodskap20:15 – Wat sê die reg - Frank Raymond en Rob McCreath22:00 – Kerk sonder mure - Dr. Hennie Lubbe
dinsdAG - Februarie 2013
01:00 - 06:00 – Xhosa program - isiseko sobomi - siyabonga doyle
06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Benescke Janse van Rensburg
06:00 – Oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit Die Burger06:45 – Gedagte vir die dag07:00 – Nuus07:10 – Musiek07:20 – Kinderstorie07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Storie van hoop08:00 – Nuus08:10 – Gedagte vir die dag08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – Groet
09:00 - 12:00 – Rouchelle Liedemann
09:00 – Nuus09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Praise and Worship09:55 – Pitkos vir die siel
10:05 – Werksverskaffing10:15 – Gemeenskapsnuus10:40 – Lig Lag11:00 – Nuus11:05 – Hoe maak mens? – Deon van der Berg
12:00 - 15:00 – Lorrein katzke
12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek12:40 – Help jou naaste13:00 – Nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Gesondheidsfokus14:30 – Sout van die aarde - Ingrid Venter
15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton treunich
15:00 – Nuus15:05 – Goed voel nuus15:15 – Tema van die dag15:50 – Koekeloer16:00 – Nuus16:05 – Verkeer en Weer16:20 – Interessante sport storie16:25 – Vuurvas mense16:30 – Verkeersverslag16:40 – Finansiële nuus16:55 – Sê ding vir die dag17:00 – Nuus17:25 – Wiele blitz - Carl en Jeanette Kritzinger17:35 – Gedagte vir die dag
18:00 - 22:00 – Eddie Goldberg & Richard de Villiers
18:00 – Nuus18:05 – Hou my dop 19:30 – Evangelie in aksie20:15 – Potpourri / Hoe gemaak met geld? - Richard de Villiers / Hein Kruger 21:30 – Salt and light - Dr. Peter Hammond22:00 – Xhosa programme
wOEnsdAG - Februarie 2013
03:00 - 06:00 – Xhosa program - Vuka, Funda, uphile- Prince Xundu
06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Benescke Janse van Rensburg
06:00 – Oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit Die Burger06:45 – Gedagte vir die dag 07:00 – Nuus07:10 – Musiek07:20 – Kinderstorie07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Storie van hoop08:00 – Nuus08:20 – Gedagte vir die dag08:55 – Groet
09:00 - 12:00 – Rouchelle Liedemann
09:00 – Nuus09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Hoor my lied09:55 – Pitkos vir die siel10:05 – Om ma te wees10:40 – Hartsboodskappe - Retah McPherson 11:00 – Nuus11:05 – Hospitaalversoeke
12:00 - 15:00 – Lorrein katzke
12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – Nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my!
15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton treunich
15:00 – Nuus15:05 – Goed voel nuus15:15 – Tema van die dag15:50 – Klein Saterdag16:00 – Nuus16:05 – Verkeer en Weer
16:20 – Interessante sport storie16:25 – Verhoudings16:30 – Verkeersverslag16:40 – Finansiële nuus16:55 – Sê ding vir die dag17:00 – Nuus17:10 – Jou Geldsake – Hein Kruger17:25 – Klein Saterdag17:35 – Gedagte vir die dag
18:00 - 22:00 – Denise Williams
18:00 – Nuus18:05 – Ek en my kind19:30 – Boodskap20:15 – Tygermedies - Denise Williams21:30 – Shalom - Esther Kruger22:00 – Xhosa programme - Mrs. Mbali
DONDERDAG - Februarie 2013
24:00 - 06:00 – Xhosa program – siyaphila ngengoma- siyabonga doyle
06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Benescke Janse van Rensburg
06:00 – Oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit Die Burger06:45 – Gedagte vir die dag 07:00 – Nuus07:10 – Musiek07:20 – Kinderstorie07:30 – 104 Nuushooftrekke07:40 – Storie van hoop08:00 – Nuus08:20 – Gedagte vir die dag08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – Groet
09:00 - 12:00 – Rouchelle Liedemann
09:00 – Nuus09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – 80’s Show09:55 – Pitkos vir die siel10:05 – Boekrak
Februarie 2013 31
ProgrammeOnderworpe aan verandering
- Ingrid Venter10:40 – Intimiteit11:00 – Nuus11:05 – Mooi soos ’n beminde
12:00 - 15:00 – Lorrein katzke
12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – Nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:15 – Diere en hul dinge13:30 – Musiekmandjie14:00 – Adventures in Oddessy14:30 – Program sal aangekondig word.
15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton treunich
15:00 – Nuus15:05 – Goed voel nuus15:15 – Tema van die dag15:50 – Tegnologie16:00 – Nuus16:05 – Verkeer en Weer16:20 – Interessante sport storie16:25 – Ry of bly- musiek program16:30 – Verkeersverslag16:40 – Finansiële nuus16:55 – Sê ding vir die dag17:00 – Nuus17:25 – Program sal aangekondig word17:35 – Bybelkarakters
18:00 - 22:00 – Lisa Truter
18:00 – Nuus18:05 – Wiele19:30 – Boodskap20:05 – Motorsportfokus - Neels Rabe21:00 – Anti-conformity - Pneumatix22:00 – Chip Ingram22:30 – Xhosa program – Ityuwa yehlabathi - Pastor Dlangalala
VRyDAG - Februarie 2013
03:00 - 06:00 – Xhosa program – Ebenezer- Moses swartbooi
06:00 - 09:00 – OggendrooiAnton Brink & Benescke Janse van Rensburg
06:00 – Oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit Die Burger06:45 – Gedagte vir die dag 07:00 – Nuus07:10 – Sportkollig 07:30 – Nuushooftrekke07:40 – your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol0800 – Nuus08:20 – Geestelike nuusperspektief – Etienne Piek08:30 – 104 Nuushooftrekke08:55 – Groet
09:00 - 12:00 – Rouchelle Liedemann
09:00 – Nuus09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer09:30 – Allegaartjie09:55 – Pitkos vir die siel10:05 – Plaaslike drama10:40 – Naweek joernaal11:00 – Nuus11:30 – SA Natural Products
12:00 - 15:00 – Lorrein katzke
12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – Nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Wat sê jy? - Marius du Plooy
15:00 - 18:00 – Vuurvaskarien Basson & Anton treunich
15:00 – Nuus15:05 – Goed voel nuus15:15 – Tema van die dag15:50 – Local is Lekker
16:00 – Nuus16:05 – Verkeer en Weer16:20 – Sportkollig 16:25 – Naweek gids16:30 – Verkeersverslag16:40 – Finansiële nuus16:55 – Sê ding vir die dag17:00 – Nuus17:25 – Brandpunt - Hardus Zevenster17:35 – Gedagte vir die dag
18:00 - 22:00 – Rosebud Tsobane
18:00 – Nuus18:05 – Sportmanne vir Christus19:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard20:15 – Praise and worship20:45 – Voor U troon - Dr. Gerhard Kotze21:00 – Draaipunt - Lorrein Katzke22:00 – Searchlight - Past. Jon Courson22:30 – Xhosa program – Umntu omtsha necebo lika Thixo - Lumka Leve
SATERDAG - Februarie 2013
03:00-06:30 – Xhosa program - Arise and shine - nomahlubi Msesi
06:30 - 09:00 – Eddie Goldberg
06:30 – Dagbreek06:40 – Weerverslag07:00 – Nuus07:05 – Musiek08:00 – Nuus08:05 – Musiek08:45 – Nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent
09:00 - 13:00 – Rosebud Tsobane
09:00 – Buddy en Bekkie 09:30 – Kom braai - Dewald Visser en Richard de Villiers10:35 – Alles en nog wat11:00 – Nuus11:05 – Musiek
12:00 – Meer as oorwinnaars - Kobus Theron12:15 – Musiek
13:00 - 18:00 – Ettienne smith
13:00 – Nuus13:05 – Musiek13:30 – Kraakvarsklanke14:00 – Musiek15:30 – Kaapse klanke16:00 – Wiele - Carl en Jeanette Kritzinger16:30 – Musiek
18:00 - 22:00 – sandy september
18:00 – Unshackled19:00 – Musiek19:30 – Geloofshelde – Dr. Soon Zevenster20:00 – Saterdagaandversoeke21:45 – Voor U Troon - Dr. Gerhard Kotze22:00 – Xhosa program – Ithemba noyolo
SONDAG - Februarie 2013
03:00 - 06:30 – Xhosa program – sela Emthonjeni – Prince Xundu
06:30 - 09:00 – Gerhard kotze
07:00 – Kerknuus07:30 – Grassroots – Angus Buchan08:00 – Brille sê - Esmé Schmitt
09:00 - 13:00 – denise williams
09:00 – Praise and Worship10:00 – Oggendboodskap
10:30 – Net musiek / Just music11:00 – Geloofshelde - Dr. Zevenster11:30 – Musiek12:00 – Kompas vir die lewenspad - Riekert Botha en Eben Niemann12:30 – Musiek
13:00 - 17:00 – Louise silver
13:00 – Etensuurklanke14:00 – Stap deur die Bybel – Dr. Soon Zevenster en Marius du Plooy14:30 – Musiek15:00 – Goeienuus - Esther Kruger 15:45 – Storie van Hoop16:00 – Die Gebedswag- Etienne Piek 16:45 – Draaipunt - Lorrein Katzke
17:00- 20:00 – ingrid Venter
17:00 – Musiek17:15 – Hartsboodskappe – Retha McPherson18:00 – Wie is ek? – Lise Swart & Louis Awerduck18:45 – Pitkos vir die siel19:00 – Net musiek / Just music19:30 – Aandboodskap
20:00 - 22h30 – dennis Francis
20:00 – Musiek en bemoediging20:45 – Laataand Oordenking21:00 – Lewe in oorvloed - Dennis Francis 22:30 – Xhosa program – The voice of the church
Februarie 201332
Insake
deur Renier MattheeMarathon Consulting / investments / Training
die Tv-persoonlikheid en voormalige mnr. Suid-afrika, dr. Michael Mol, het laat verlede jaar die 104FM Sakeklub toegespreek oor die rol van
individue se sterkpunte in hulle suksesse.
dIe VolGende dRIe keRnwAAR-Hede Moet In GedAGte GeHou woRd teRwyl jy dAARnA stRewe oM BeteR te woRd Met wAt jy dOEn:
• Jy word net méér jou eie persoonlikheid namate jy
ouer word – jou persoonlikheid verander nie. Maak dus vrede daarmee dat die ingebore sterkpunte te alle tye teen-woordig sal wees en dat dit toenemend ontwikkel moet word sodat jy jou volle potensiaal kan bereik.
vir jou begin werk…
wanneer jou
sterkpunte
Uit die staanspoor was Michael se boodskap dat elke mens bepaalde Godgegewe talente ontvang het wat gebruik
moet word om op ’n persoonlike vlak dieper geluk te kan ervaar. Geluk is iets wat aktief nagestreef behoort te word, en die voortdurende fokus op jou eie sterkpunte hou grootliks die sleutel tot jou vermoë om in die werkplek welslae te kan behaal.
Suksesvolle mense is inderdaad diegene wat op hulle sterkpunte voortbou en eerder hulle swakpunte verantwoordelik bestuur. Sulke mense het ’n beter vermoë om energie te behou, aanpasbaar te wees, kreatief te handel en meer effektief te werk.
suksesvolle mense is inderdaad diegene wat op hulle sterkpunte voortbou en eerder hulle swakpunte verantwoordelik bestuur.
• Die meeste groei in jouself sal plaas-vind namate jy aan jou bepaalde sterkpunte
meer aandag gee. • As deel van ’n bepaalde span, is dit belangriker dat jy jou eie unieke sterk-
punte bydra tot opbou van die span en nie sal probeer om iemand anders
se sterkpunte te probeer aanvul tot voordeel van die span nie.
Hierdie lewensreis saam met jou eie sterkpunte, sal slegs suksesvol wees
as jy die tog met genoeg toewyding en dissipline aanpak. Jy moet probeer om genoeg tyd te bestee aan die
ontwikkeling van jou sterkpunte sodat jy meer in jouself kan groei.En as jy kinders of werknemers het oor wie jy spesifieke invloed uit-oefen, probeer om hulle ook te alle tye te help om hulle eie sterkpunte uit te bou. En onthou, dit is ’n lewenslange proses!
Ten slotte:Die mees kritieke element bly die feit dat dit Godgegewe talente is wat jy ontvang het waarvolgens jy jouself moet uitleef, en in verhouding met Hom en in Sy krag sal jy kan oorwin.Leef, en vind rus in jou sterkpunte.
vir jou begin werk…
Die mees kritieke element bly die feit dat dit Godgegewe talente is wat jy ontvang het waar-volgens jy jouself moet uitleef, en in verhouding
met Hom en in sy krag sal jy kan oorwin.
Dr. Michael Mol
Februarie 201334
NetwerkInsake
van sakemenselAndBou
The Green ZoneStephen Hetherington
021 556 8825 / 086 500 2551084 525 1785
AkkoMModAsIe / RestAuRAnt
Protea Hotel DurbanvilleT: 021 913 9256 / F: 021 913 9546
Christine [email protected]
www.proteahotels.com/durbanville
ARGItektuuRLifestyle Architecture
Karel Le Roux / 021 945 3672086 546 8252 / 072 446 5054karel@lifestylearchitecture.co.zawww.lifestylearchitectureco.za
BeHuIsInGThe Letting Corporation
Kim Robinson (contact person)021 801 1888
083 234 3740 (Jacques)[email protected];
[email protected]; lilanie@thelettingcorporation.co.zawww.thelettingcorporation.co.za
BEMARkinG, VERkOPE & koMMunIkAsIe
Advents CommunicationsSan-Marie Vogel
021 975 5633 / 082 853 [email protected];
[email protected] www.advents.co.za
BesIGHeIdskonsultAnteBusiness Success Solutions (BSS)
Nico Zeelie / 021 945 2480086 620 1702 / 072 248 0268
[email protected] www.bsssa.co.za
Independent Performance Consultant
Melanie Loubser086-535-6758 / 083-204-2792
Marathon GroupAlwyn Rossouw
021-912-4004 / 021-912-4051 083-642-2694
Nuvision business & Private services
Renier Mathee / 021-912-4004 021-912-4051 / 083-633-4813
www.nuvision.co.za
BRAndInG3D X-ACT (Pty) Ltd
Ingrid Venter / 021 949 0626021 948 6292 / 083 448 9663
BRIdAl desIGneRIlse Roux Bridal Wear
Ilse Roux / 021-919-8498083-534-9612
eIendoMMe Adval Waardasiesentrum
Johan Cillers / 021-914-9062021-914-2184 /082-553-3042
Core RelocationsHannelie Blignaut
021-931-1150 / 021-931-1152 082-573-7676
Pay PropAndré Holtshausen
021 886 8739/ 086 518 1503076 303 4689
RentPropertyPierre Hanekom
021 913 8979 / 086 689 1661 082 885 8685
Status AuctionsLuther Nelson / 086 607 0598
082 321 [email protected]
www.statusauctions.co.za
FInAnsIeel / BoekHou / BAnkBKV Chartered Accountants
Kobus Knoetze / 021 913 6800021 913 8877 / 082 456 9716
[email protected] www.bkv.co.za
Bondpro Finance Kenny Lourens / 021-880-6000
www.bondpro.co.za
Eagle Meditation
Oswald Operman021-979-0444 / 021-979-0466
www.eaglemediation.co.za
FininvestDaniel Bailie /086 606 4097
082 778 [email protected]
First Monetary Solutions CCGisela Niemann 021 851 7955 021 851 7957 / 082 492 5901
IJ Smith & Co IncorporatedIzak Smith / 021 970 5000
021 975 0586 / 082 852 [email protected]
JWR Financial ServicesJohnnie Roelofse / 021 914 0818
021 914 0295 / 082 465 [email protected]
www.jwr.co.za
LMM Bonds T/A Bond Connexion
Leandra Duminy / 021 906 1629 086 697 1690 / 076 125 [email protected]
Mortgage Max Johan van Niekerk
021-918-8220 / 021-918-8221 082-336-6490
jors.vanniekerk@mortgage- max.co.za
www.mortgagemax.co.za
Radie Kotze Consulting Radie Kotze / 021-914-9343
U-Care Amanda Pool / 086 689 6855
082 926 [email protected]
www.apassociates.co.za
FotoGRAFIe Airborne Camera ExpertsGert Uys / 021 934 3282
021 934 3292 / 082 807 [email protected]
HeAltH And sAFety consultAnts
Siyakhatala SafetyAnton Pierre Els / 021-553-5850
086-500-9420 / [email protected]
www.siyakhatalasafety.co.za
kleInHAndel Du Plessis Manufacturing Jewelers
Elmaré du Plessis021 939 9161
021 930 0788 / 082 465 [email protected]
Frozen Food DistributorsJohann Bester
021 557 8660/1021 557 8672 / 082 809 8889
Pick ’n Pay Boston / Welgemoed / Willowbridge
Angelo Melonas 021 948 2692021 946 1607 / 083 270 3974
ShopriteBrian Weyers / 021 980 4253021 980 6744 / 083 254 4022
Uitzicht KwiksparHenry & Jacolize Bam
021 979 0219 / 021 979 0220082 545 3413
konstRuksIe Malvon Equipment
Riaan Volschenk (Ronél Scott)021 948 5731 / 086 547 8271
083 656 9885 (Ronel) 082 775 1406 (Riaan)
[email protected]@malvon.co.zawww.malvon.co.za
kuns / OnTwERP Picture This
Danie Cronje / 021 981 3251021 981 3251 / 082 961 1638
Realmckoi Trading & Development Services
David Willemse086 6136 430 / 084 456 6470
MedIes /tAndHeelkundIG GesondHeIdsoRG
Healthyways Coreza du Plessis
084 465 2508 / 086 544 8606084 465 2508
[email protected]@gmail.com
www.simplesite.com/Healthyways
Februarie 201336
Hypnosis Wellness Centre Elsie Britz / 021-975-3620
082-308-4511 [email protected]
www.hypnotists.co.za
Jan Brand Orthotist & ProsthotistJan Brand / 021 592 3110
021 592 4136 / 083 261 [email protected]
Life Path HealthAnton Rossouw / 021-595-8500021 595 3359 / 083 227 [email protected]
www.lifepathgroup.co.zaMediesefonds Adviseur
Gerty Beneke / 021-558-7614086-604-5329 /[email protected]
Van der Merwe Parker and Associates
Dr. Ilze Van de Merwe and Mr Bill Parker / 021-557-7547086-614-4245 /083-391-3376
www.mediationmp.co.za
MeGAnIes Barloworld Power
Johan Eitner / 021 959 8299021 951 3551 / 082 807 6536
MEnsLikE HuLPBROnnE Calibre Recruitment
Pat Pirie Lisa Lindsay-McHardy
021 976 7420 (Pat) 021 930 6514 (Lisa)
0866 857 637 / 082 928 [email protected]
MotoRIndustRIe German Autoworks
Louis van Greunen 021-447-9862021-447-9863 / 083-508-6643
Novel Motor Company Johan Pearson / 021-590-6222086-682-3640 /[email protected]
www.novelmotor.co.za
Solo MotorsSchonne Bruwer 021 597 1823021 597 1858 / 082 445 [email protected]
www.solomotors.co.za
ondeRwys Drakenstein Bybelskool
Dr. A.J.C. Erwee 021-872-9381 / 082-410-0788
Nascence Lizette Kotze / 082-874-6397
086-600-4068 / [email protected]
www.nasence.co.za
OPEnBARE VERVOER Intercape Ferreira Mainliner (Pty) Ltd
Adre Zandberg
021 380 4444 / 021 380 [email protected]
OPLEidinG yes you Can Driving School
Simon Deyzel / 021 919 5848021 919 5843 /082 460 4333
otHeR Koos Swanepoel Developments
Koos Swanepoel 021 949 4566 / 021 949 4568 083 280 3280 / 082 920 9773
outdooR BlInds SA Outdoor Blinds
Rowan Lamont 086-514-0765 / 076-773-4040
PROJEkBEsTuuR M4P Consulting Ulandi Classens
021-914-2459 / 021-914-4548 083-440-6321 / [email protected]
www.m4p.c.za
PROMOsiEs / OPTREdEsBakgat Promosies
Christo Booyens 021 981 5010 021 981 4752 / 082 895 5093
Remos BagsDries Klomp / 021 930 3043
021 930 3097 / 082 584 [email protected]
ReGte Hanekom Attorneys
Lood Hanekom / 021 913 4742021 913 8585 / 082 784 2416
Kellerman Hendrikse Bindellbarend Kelerman
021 944 6600021 949 2426 / 083 414 7230
Mostert & Bosman AttorneysSakkie van Niekerk
Pierre du Toit / 021 914 3322021 914 3330 / 082 492 0751 (Sakkie)
082 903 0232 (Pierre)[email protected]; [email protected];
ReIs / toeRIsMe / GAsVRyHeId
Afventure cc ta Feathers Lodge Aneen Saayman
021-910-1078/ [email protected]
www.featherslodge.co.za
PentravelMichelle Bergset / Elisna van Zyl
021 526 4450 (53 - Michelle)021 551 1365 / 082 890 6547
RetAIlMe Time, Gifts, Clothing and Coffee
Coreza du Plessis 021-982-0117 / 086-544-8606
sekuRIteIt / wETsTOEPAssinG
Alarm GSM WirelessGerhard Fourie / 087 151 4803086 647 2447 / 079 622 7662
Nexus Forensics Kaapstad Pieter van Hansen 021-981-9444
021-981-9741 / [email protected]
Visual SecurityNicol Carstens / 082 333 7933
sPORTOPLEidinG Bellville Peninsula Cricket Academy
Hendrik Barnard 021-946-3322086-762-7695 / 083-282-6682
[email protected] www.bpca.co.za
TuinE / PLAnTEbonsai Guy
Elna Nieuwoudt 086-617-5688 / 083-695-8214
District Gardens Daniel Jacobus van Rhyn
021-939-5057/[email protected]
Shalom TuineAdéle & Jurie Swart 084 437 0857 (Jurie)
086 658 1547084 498 5477 (Adele)
[email protected]@gmail.com
VeRBRuIkeRs Cape Consumers
Gert du Plessis / 021 409 7600 021 409 7627 / 083 284 8671
gert.duplessis@cape- consumers.co.za;
Karen.Jooste@cape- consumers.co.za;
Lee-Ann.Johnstone @capeconsumers.co.za
www.capeconsumers.co.za
VeRHIttInG Tecron Water Heating
Wouter de Vos / 021-535-0137021-535-0860 / 083-286-8701
VeRsekeRInG Agapé Brokers
Andre Van der Merwe 021 919 5597
021 919 5597 / 082 458 [email protected]
Amfin Brokers CCArmand Huisamen &
Marius bezuidenhout 021 975 5906
021 975 0634 / 082 464 5640 (Armand)
[email protected]; [email protected]
www.amfinbrokers.co.za
Community Legal ClinicRaymond Kunz / 0861 112 799021 948 4285 / 086 1112 799
Indwe Risk Services (Pty) LtdChristelle Swart 021 914 0752
021 413 0165 / 082 451 [email protected]; [email protected]
www.indwerisk.co.za
SA Christian Funeral FundSwieg Nel / 021 372 7412
086 610 1346 / 084 492 [email protected]
VeRVoeRdIensteHarvest Trucking
Gert Maritz 021 981 9894021 981 9822 / 082 556 6434
Logos CarriersSidney Volkwyn / Sonja
021 535 5853 / 086 626 4417082 770 9078
VloeRBedekkInGFloor It All
Hans Engelbrecht021 945 2246/021 906 0487
08821 906 0487 / 082 222 [email protected]
Voedsel / dRAnkBellevue Wynlandgoed
Dirkie Morkel 021 865 2055021 865 2899/082 445 5502
Fair Cape Dairies (Pty) LtdLouis Loubser / 021 521 2613 021 521 2640 / 082 925 2791
First Potatoe DynamicsLourens van der Merwe
021-914-4441 / 021-914-4558083-636-0744
Kom braaiDewald Visser 021 903 5518086 512 1431 / 082 853 [email protected];
Skaapland TygervalleyNico Uys 021 914 9740
021 914 9742 / 083 440 [email protected]
www.skaapland.com
PROF TV CCBernard Oosthuizen
083 658 2222 / 083 658 [email protected]
Februarie 201338
sy inspirasie
Carl kritzingerLuister na Carl en Jeanette kritzinger se program Wiele - elke donderdag om 18:00 en saterdae om 16:00 op Radio Tygerberg
Links: Die skrywer van die artikel, Carl, en sy twee spruite.
Februarie 2013 39
regte voertuig See +
= bobaasvakansieWat is lekkerder as ’n Desember-
vakansie by die see? Hierdie keer het die Kritzingers besluit om ’n slag te gaan kyk hoe die ‘vakansieding’
in Plettenbergbaai gedoen word. Nou kyk, dit is een ding om te besluit waar jy gaan lê en niksdoen vir ’n vakansie, maar ’n ander om te besluit hoe jy daar gaan uitkom. Met twee klein seuntjies en ’n ma wat al te graag ’n uiltjie knip terwyl pappa die kilometers een vir een aftel, moet jy seker maak dat jou wiele oor genoeg krag, pakplek, gerief en veiligheid beskik. Dan moet die brandstofverbruik darem ook in ag geneem word, want elke rand wat ons spaar, dra by tot die volgende roomys wat die seuns sonder moeite hul hoofmaal gemaak het.
Daar is nie baie voertuie wat aan alle vereistes voldoen nie en ek en Jeanette het, sonder om twee keer te dink, besluit dat die nuwe Opel Meriva 1,4T Cosmo net die WIELE vir ons gaan wees – en om alles te kroon is hierdie einste Meriva Cosmo reeds een van die finaliste vir die 2013 Wesbank/SAGMJ Motor van die Jaar-kom-petisie. Ons kon dus eerstehands ervaar waarom.
Veiligheid is hoog op die voorkeurlys van elke verbruiker en die Opel Meriva met sy 5-ster Euro NCAP-gradering slaag die toets met gemak. Aan knoppies en geriefsfunksies is daar ook geen tekort nie.
Aan die bopunt van die veiligheidslys is die ABS- en ESC- (Electronic Stability Control) stelsels wat geprogrammeer is om deur middel van strategies geplaaste sensors waar te neem sodra die voertuig buite beheer raak en dan kan hierdie stelsels
onmiddellik inskop. Die res van die lys veiligheidstelsels wat saam met die Opel Meriva kom, is eindeloos en almal het een doel voor oë – om die bestuurder en passa-siers so veilig as moontlik te hou.
Die Meriva het die nuutste geslag 1,4 liter turboaangedrewe petrolenjin wat 103kW lewer met 200 Nm wringkrag. Hierdie hoëtegnologie-
enjin is deel van Opel se strategie om meer krag uit ’n enjin met ’n kleiner inhoudsvermoë te tap. Met die hulp van ’n gladde sesspoedratkas verse-ker dit goeie brandstofverbruik en as mens in ag neem dat die lugversorging die heeltyd aan was, is die 7,6 l/100km wat ons gekry het glad nie sleg nie.
Die Opel Meriva neem buigsaamheid ook ’n stap verder met sy ‘FlexDoors’-konsepagterdeure wat dit maklik maak vir passasiers om agter in die voertuig in en uit te klim. Dit is moeilik om te verduidelik (sien die foto), maar ons buurvrou se dogter het die spyker op die kop geslaan met haar aanmerking: “Mamma, die oom se kar se deur maak soos ’n kas oop.” Dit dra by tot Opel se ‘FlexSpace’-sitplekkonsep wat spasie in die binneruim van die voertuig optimaal benut deurdat die sitplekke op verskillende maniere kan opvou. Met ’n hele lys binneruimeienskappe is die Meriva Cosmo die leier in sy klas en beslis ’n waar-dige finalis vir die 2013 Wesbank/SAGMJ Motor van die Jaar-kompetisie.
Wie sou ooit verwag het dat stygende lewens-koste iets positief sou kon oplewer? As dit by die nuwe Opel Meriva 1,4T Cosmo kom, is dit wel die geval. Die ekonomiese klimaat waarin die wêreld tans gedompel is, het die vervaardigers genoodsaak om met nuwe idees vorendag te kom om dit vir ons moontlik te maak om steeds op ’n bekostigbare manier nie net van A tot B te kom nie, maar ook met vakansie te kan gaan.
Tegniese kenmerke en verrigting:Model Opel Meriva 1.4T CosmoEnjintipe 1.4 TurboMaks krag 103 kW @ 4900 - 6000 r/minMaks wringkrag 200 Nm @ 1850 - 4900 r/min0-100 km/h 10. 3 sekRatkas 6-gang handratTopspoed 196 km/hVerbruik 6.7 ℓ /100 kmPryse vanaf R254,000
Die Opel Meriva word gedek deur ’n 5-jaar/120 000 km-waarborg en
die prys sluit ’n diensplan
van 5-jaar/ 90 000km in.
sy inspirasie
Dawie RoodtHoofekonoom van die Efficient-groep. [email protected]
Februarie 201340
Die Johannesburgse aan-delebeurs het skaars van-jaar geopen of die beurs behaal weer eens ʼn nuwe rekordhoogtepunt.
Êrens moet daar optimisme wees en miskien kyk die gewone man dit mis...
Iemand het eendag gesê dat vooruit-skattings baie moeilik is, veral oor die toekoms. En as ekonoom het ek al menigmaal op my neus gekyk wanneer my vooruitskattings hopeloos van die kol af was. Nietemin, ek gaan in hierdie artikel weer ʼn kans waag -- wie weet, dalk is ek reg en wie weet, dalk kan dit vir u ook iets beteken.
Kom ons
‘Gryp die venstertydperk aan’
Ekonomie kan vanjaar dalk
VERRAS
Februarie 2013 41
kyk na die makro-ekonomiese feite. Wêreldwyd, en ook in Suid-Afrika, is rentekoerse besonder laag. In sommige gevalle is rentekoerse só laag dat sen-trale banke allerhande ander pogings aanwend as net rentekoersverlagings om ekonomieë te stimuleer. Banke soos die Federale Reserwebank in die VSA en die Europese Sentrale Bank, druk letterlik geld in ʼn poging om hulle ekonomieë van resessies te red.
Verder bestee die
regerings van lande wat nog die vermoë het – weer eens hoofsaaklik die Ameri-kaners, maar ook ʼn paar ander lande -- baie meer as wat hulle aan belastings ontvang. Die Grieke en Portu-gese het
intussen reeds hierdie bron
uitgeput en gaan tans gebuk onder die onvermydelike
gevolg van spandabelrigheid.Natuurlik is sulke optrede baie gevaar-
lik. Die een of ander tyd kom die par-tytjie tot ʼn einde en sal ook die Ameri-kaners hulle gordels stywer moet trek, nes die Grieke. Maar daar is natuurlik ʼn ander “uitkoms” -- inflasie!
Teen die huige tempo waarteen die wêreld se groot sentrale banke geld uit niks skep, sal inflasie onvermydelik die een of ander tyd ʼn baie ernstige pro-bleem word. Behalwe dat inflasie baie sleg vir ekonomiese prestasie is, is infla-sie in wese niks anders nie as ʼn belas-ting op spaarders ten gunste van leners. En die dag wanneer inflasie posvat, sal sentrale banke nie juis ʼn keuse hê nie as om rentekoerse te begin verhoog. Dus, rentekoerse gaan styg -- die vraag is net wanneer?
Die antwoord is waarskynlik dat die wêreld nog so ʼn jaar of twee oorhet voordat inflasie ʼn groot probleem gaan word. Behalwe dit, lyk dit asof die pryse van sekere belangrike hulpbronne, veral olie, aan die daal is, wat die inflasie-monster moontlik nog ʼn rukkie van die deur gaan weghou. Die beste vooruit-sigte vir inflasie is dat dit waarskynlik vir ʼn redelike tydjie laag gaan bly, waarna dit potensieel ʼn baie groot probleem kan word.
En dis waar die geleenthede lê. In die tydperk van lae inflasie en lae rente-
koerse is daar dalk ʼn venstergeleentheid om ʼn paar rand te verdien voordat rentekoerse gaan begin styg; en te oor-deel aan die JSE se rekordhoogtepunte onlangs, dink die mark ook so. Dus, indien u tot dusver maar huiwerig was om ’n kans op die beurs te waag, is dit dalk nou die tyd. Open ’n rekening by ʼn aandelemakelaar en belê ʼn paar rand op die beurs. Maar pasop, daar is baie vangplekke!
Hier is ʼn paar wenke:Vra u finansiële adviseur vir advies
nadat hy ʼn behoorlike ontleding van u risikoprofiel gedoen het.
Maak natuurlik seker u adviseur vol-doen aan al die nodige vereistes; soos dat hy behoorlik geregistreer is.
U kan ʼn aandelemakelaar regstreeks kontak en ʼn rekening open en self u eie portefeulje bestuur, maar die kans is goed dat u nie die kennis het om dit te doen nie, in welke geval u iemand kan kry wat u portefeulje -- teen ʼn fooi -- vir u kan bestuur. Maak weer eens seker die persoon voldoen aan die nodige vereistes.
Hou ook in gedagte dat aandeleporte-feuljes hoogs riskant kan wees, maar dat portefeuljes ook redelik konserwatief gestruktureer kan word. Aandele hoef dus nie noodwendig hoë risiko te impli-
seer nie.En laastens, wees maar versigtig vir
daardie “warm wenk”. Die bestuur van ʼn aandelerekening is nie dobbel nie en moet met omsigtigheid en professioneel gedoen word.
So, dalk is dit nou u kans om u hand aan die aandelebeurs te waag. Dit lyk asof ons ʼn venster van geleentheid kan hê oor die volgende jaar of twee, waarna rentekoersverhogings dalk die partytjie tot ʼn einde kan bring. Intus-sen is daar geleenthede vir die slim, en versigtige, belegger.
Die beste vooruitsigte vir inflasie is dat dit waarskynlik vir ʼn redelike tydjie laag gaan bly,
waarna dit potensieel ʼn baie groot probleem kan word.en dis waar die geleenthede lê.
Februarie 201342
Haar inspirasie
suleen HammanLuister ook elke Vrydagoggend 09:30 na die leefstylprogram Allegaartjie op Radio Tygerberg
e k het ’n paar jaar gelede ’n leefstylverandering gemaak en vandag pluk ek die vrugte daarvan. ’n Gesonde leefstyl
voorkom en beheer kroniese siektes soos hoë bloeddruk, diabetes, hartsiek-tes, beroerte en kanker. Om gesond te eet en te leef is een van die grootste geskenke wat jy aan jouself kan gee.
dIe VolGende wenke kAn jou En JOu GEsin HELP OM in 2013 GEsOnd TE LEEF: Eet ’n verskeidenheid kossoorte: Deur dit te doen verskaf jy aan jou liggaam al die nodige vitamiene en minerale wat jy elke dag nodig het.
eet droë bone, ertjies, lensies en
soja minstens twee keer per week: Dit is ’n baie goeie bron van proteïen, bevat min vet en baie
vesel. Jy kan selfs soms vleis hiermee
vervang!
Maak vesel deel van elke maaltyd: Vesel-ryke voedsel help jou om vol te voel en verlaag jou risiko vir hartsiektes en kan-ker. Voorbeelde: volgraanbrood, growwe mieliemeel, hawermout en bru-in rys. As jy soos ek allergies is vir graan, vervang die volgraanbrood met 100% rogbrood. Dis ’n baie gesonder opsie.Probeer om daagliks vyf verskillende groente en vrugte te eet: Hier is dit belangrik om groente en vrugte van ver-skillende kleurgroepe te eet (rooi, groen, geel en oranje). Die vitamiene, minerale en vesel in groente en vrugte help omjou teen kroniese siektes te beskerm.’n Voorbeeld: broccoli, wortels, beet, lemoen en appel tel as ’n groep van vyf.Hoender, vis, vleis of eiers kan elke dag geëet word: Kies hoender of vleis sonder vel of vet. (Vet kan jou cholesterol ver-hoog en jou bloedvate verstop wat tot ’n beroerte of hartaanval kan lei.) Dis baie gesond om minstens twee keer per week ingemaakte vis soos harders, sardiens of tuna te eet.drink laevet-melk, en eet maaskaas of joghurt elke dag: Suiwelprodukte is ’n uitstekende bron van kalsium. Dit beskerm jou bene en voorkom hoë bloeddruk, diabetes, osteoporose en hartsiektes.Eet minder sout en vermy kos met ’n
hoë soutinhoud: Sout verhoog jou bloeddruk en is ’n risiko vir ’n beroerte, hartaanval en kanker. Meer as die helfte van jou daa-glikse soutinname kom van ver-werkte kos soos vleisekstrakblok-kies, soppoeier, soutighede soos aartappelskyfies, geprosesseerde vleis soos polonie en die sout wat jy aan tafel oor die kos in jou bord strooi. ’n Mens behoort nie
meer as een teelepel sout per dag in te neem nie. Probeer om geleidelik minder sout in jou kos te gebruik en meer kruie en kort voor lank gaan jy sout glad nie meer mis nie. As jy sukkel, verander van gewone wit tafelsout na pienk Himalaja- sout – dis ’n baie gesonder opsie!Gebruik minder vet en gebruik die regte soort vet en olie: As jy te veel vet eet gaan jy gewig optel en sukkel om jou cholesterol te beheer. Vermy botter, harde margarien en room. Vervang dit met groenteolie, sagte margarien (in klein hoeveelhede) en olyfolie. Neute, sade, grondboontjiebotter en avokado’s is ook bronne van goeie vette en is baie gesond. Vervang room met joghurt.Eet minder suiker en vermy kosse en drankies met ’n hoë suikerinhoud: Te veel suiker is nie gesond nie en gaan jou laat gewig optel. Hou matigheid voor oë!drink genoeg water elke dag: Drink minstens 6 – 8 glase water per dag. Die meeste daarvan moet skoon kraanwater wees en die res kan drankies soos tee, koffie en verdunde vrugtesap insluit.As jy alkohol móét drink, drink dit oordeelkundig: Vroue moet nooit meer as een drankie per dag drink nie en mans nooit meer as twee drankies per dag nie. 1 drankie = 1 blikkie bier (340 ml) of 1 glas wyn (120 ml) of 1 sopie sterk drank (25 ml).Beplan vooruit: Moet nooit jou etes oorslaan nie. Dit gaan jou net uithonger en jy gaan geneig wees om tussenin te peusel.Eet uit ’n klein bordjie.Eet stadig en kou jou kos behoorlik.Moenie die kinders se oorskiet eet nie.Maak jou porsies geleidelik kleiner.STERKTE VIR 2013 - DIS TyD VIR ’N NUWE Jy!!
vir 2013!Gesondheid
Ons toetskrieket is kerngesond, veral te oordeel aan die baie groot taak wat die Proteas verrig
het om einde 2012 weer in Australië ’n toetsreeks te wen.
Die laaste reeks tussen die Proteas onder leiding van Graeme Smith, en die Aussies, was in vele opsigte baie straf en uitdagend. Dit was ’n puik vertoonvenster vir vyfdagkrieket en het menige krieketliefhebber se verbeel-ding aangegryp – veral hulle wat nie noodwendig die grootste Aussie- aanhangers is nie.
En ja, die briljante Ricky Ponting kon nie dié keer die laaste lag nie. Alle eer egter aan die Proteas vir die wyse waarop hulle hom op die krieketveld verwelkom het vir sy laaste kolfbeurt in toetskrieket. Dit was ’n voorbeeld van nuwegeslag sportmanskap – viva sulke gedrag op ons sportvelde!
Dit was slegs die vierde reeks wat die Suid-Afrikaanse krieketspan in 100 jaar teen Australië kon wen. Wat dit nog soveel merkwaardiger maak, is die feit dat dit die tweede agtereenvolgende reeks was wat ons Proteaspan in Australië kon wen. Die laaste reeksoor-winning op plaaslike bodem teen die Aussies was in 1970.
Die Proteas het ook nog geen toets-
reeks weg van die huis verloor sedert die een teen Sri Lanka in 2006 nie. In 21 toetsreekse sedertdien is die Proteas nog net een keer geklop – en dit was deur die Australiërs in 2009. In 2012 het die Proteas die eerste posisie op die toetsranglys behaal ná reeksoorwinnings teen Sri Lanka, Nieu Seeland, Engeland en natuurlik Australië. Dit is in vele opsigte ’n uitsonderlike prestasie deur die Proteas.
Daar bestaan min twyfel dat dit sekerlik een van die beste spanne in die moderne era van Suid-Afrikaanse krieket is, indien nie die beste in die geskiedenis nie. Slegs die span van 1970 kan met hulle vergelyk word. Die huidige Proteas sal waarskynlik nog ’n geruime tyd die eerste posisie beklee.
Daar kan ook met gemak geargumen-teer word dat Graeme Smith, na twee reeksoorwinnings teen Australië en Engeland en slegs een reeks wat verloor is sedert 2006, moontlik die beste krieketkaptein is wat die land nog opgelewer het. Dit, saam met sy 8569 lopies teen ’n gemiddelde van 49,53 in 105 toetse as ’n openings- kolwer, maak dat hy heel moontlik in die annale aangeteken sal word as een van die beste spelers wat Suid Afrika ooit opgelewer het.
sport indaba
nuvision-span, met insette deur: One world of sport
www.nuvision.co.za
GRAEME SMItHen Proteas skitter
Februarie 201344
Haar inspirasie
Louis Awerbuck
Eetversteurings is ingewikkeld om te verstaan, en daar is nie algehele sekerheid oor hoekom dit ontwikkel nie. ’n Negatiewe en lae selfbeeld speel ’n rol, asook gesinne waar daar konstante sielkundige probleme voorkom. Dit is ook so dat die media, televisie en rolprente meestal ’n “ideale” beeld
voorhou van hoe mens “veronderstel is om te lyk”, soos bv. in die modelwêreld. Traumatiese gebeure in die verlede, veral seksuele molestering, kan ook ’n rol speel.Dit is baie belangrik vir iemand met
’n ernstige eetversteuring om hulp te kry, omdat dit baie moeilik is om alleen van die toestand ontslae te raak. Mediese hulp en iemand om mee te praat (verkieslik ’n geregistreerde psigiater of
sielkundige) sowel as medikasie, is oor die algemeen noodsaaklik
om ’n eetversteuring te behandel.
versteuringMILJOEN in sA ly aan
Eetversteurings kan gesinne baie swaar laat kry. Daar word geskat dat ongeveer een miljoen mense in Suid-Afrika aan ’n eetversteuring ly, waarvan die grootste persentasie onder tieners, en veral tienermeisies is.
BREEDWEG KAN MENS EETVERSTEURINGS IN DRIE SOORTE VERDEEL:
ANOREKSIE – waar die persoon wat daaraan ly, tipies ’n obsessie het om nie sy/haar gewig te vermeerder nie, weier om ’n gesonde liggaamsgewig te handhaaf, en ’n onrealistiese beeld van sy/haar
liggaam het. Die meeste mense wat hiermee sukkel, sal tot elke prys die hoeveelheid kos wat hulle inneem beperk en beheer, en hulleself as oorgewig beskou terwyl hulle duidelik ondergewig is. Anoreksie kan gevaarlike gevolge vir iemand se gesondheid hê, soos orgaanprobleme, breinskade en hartversaking. Die risiko om aan anoreksie te beswyk is groter as by ander eetversteurings. Anoreksie kom die meeste by tienermeisies en jong dames voor, van wie die meeste tussen 16 en 20 jaar oud is.
buLIMIE – wat gekenmerk word deur konstante ooreet, gevolg deur gedrag wat dan moet vergoed vir die baie eet. Geforseerde braking, oormatige oefen, en die onnodige gebruik van purgeermiddels is die algemeenste. Mans en vroue wat daaraan ly, is erg bang om gewig op te tel, en voel nog meer ongelukkig met hulle liggaamsvorm
en voorkoms. Ooreet en braking/oefen, ens., word meestal in die geheim gedoen, wat oor die algemeen intense skuldgevoelens veroorsaak. Bulimie kan baie gevaarlik vir ’n mens se gesondheid wees weens ontwatering, maag- en hartprobleme.
OOREET – waar die persoon gereeld beheer verloor oor die hoeveelheid kos
wat hy/sy eet, maar nie soos in die geval van bulimie probeer kompenseer nie. Dit veroorsaak dan verder dat die meeste mense wat hiermee sukkel, gewoonlik ook sukkel met oorgewig, vetsug en ander fisieke probleme wat daarmee verband hou.
1
2
3
puntepolisieman
Februarie 2013 45
Haar inspirasie
serahni symingtonMdiac, Hons sielk, BPsig
[email protected] - 083 377 4206
baie ouers is teleurgesteld met hulle kinders se akademiese prestasies aan die einde van die jaar en wil dan iets doen om te help. Met die aanvang
van die daaropvolgende jaar is hierdie motivering dikwels lank vergete. En die siklus duur voort van ek wou gehelp het, nou’s dit alweer te laat. Dalk is dit tyd dat ons begin om ons kinders meer skoolgereed te maak voor die aanvang van die akademiese jaar. Skoolgereed beteken nie om vas te stel of daar genoeg potlode en penne, ’n nuwe boeksak, handboeke en oor-getrekte skryfboeke is nie. Nee, dit is baie meer as dit.
doelwItteSit saam met jou kind en bestu-deer die vorige jaar se rapport. Laat jou kind toe om ’n doelwit-punt by elke vak neer te skryf wat hy of sy graag die volgende kwartaal WIL behaal. Plaas hierdie doelwitte dan op ’n plek in haar/sy kamer sodat
dit konstant ’n herinnering is aan dit wat hulle self as doelwitte vir die eerste kwartaal geïdentifiseer het. (Herhaal hierdie oefening elke kwartaal.)
BIed ondeRsteunInGNadat die doelwitte gestel is, praat met jou kind oor dit waarmee hy of sy sukkel. Dit kan wees dat hy of sy sukkel om te konsentreer, nie hou van huiswerk nie, sukkel met wiskunde, ensovoorts. Skryf hierdie struikelblokke neer en dink saam aan moontlike oplossings of ondersteu-ning wat gebied kan word.
POsiTiEwE MOTiVERinGBaie ouers is geneig om negatief te wees en te skel as dit kom by skoolwerk. Dit bring mee dat die kind ’n negatiewe assosiasie met die akademie begin vorm. Probeer eerder die teenpool deur te
fokus op die positiewe dinge van die akademie. Motiveer jou kind met positiewe frases soos ‘Jy kan’, ‘Jy het reeds dit en dat bereik’, ‘Ons is trots op jou omdat jy gaan probeer’, ‘Ons sal jou ondersteun waar ons kan’, ensovoorts.
wees InGelIGMaak seker dat u as ouer weet wanneer toetse en eksamens geskryf word, sodat die atmosfeer in die huis in daardie tye stil en rustig is. Dit help u kind om te fokus. Toets- en eksameninligting is gewoonlik op die skool se webwerf
beskikbaar. U kan selfs die skool skakel vir hierdie inligting.
Hierdie riglyne is slegs bedoel om te help met ’n nuwe gefokus-de ingesteldheid rondom u kind se akademie. As daar deur die loop van die jaar aandag gegee word aan u kind se vordering en
dinge wat aandag nodig het, sal die eind- resultaat in Desember nie so ’n skok wees nie.
Ek is mal oor die begin van die nuwe jaar, juis omdat dit ’n skoon bladsy is waarop mens kan begin
- veral waar dit jou kind se skoolloopbaan raak.
Wees liewer ’n ondersteuningsnetwerk as ’n puntepolisieman
vir u kind.
steunis beter as
puntepolisieman
klein inspirasie
L orrein Katzke is die skrywer van ons kinderstorie oor Heidi en Basjan. Maar ’n klompie maande gelede ontvang ek ’n e-pos van ene Alistair Ackermann. Hy is ’n grafiese kunstenaar en bied sy dienste gratis
aan om sketse vir Indruk se kinderstorietjie te maak. En so het Heidi en Basjan se prentjies deel geword van ons Indruk-familie.
gesiggiesHeidi en Basjan se
Die Pa van
Hier is Alistair juis besig met ’n volgende skets. ’n Man met ’n besondere talent wat hy graag uitdeel.
Alistair Ackermann Illustrations & [email protected]
Februarie 2013 47
klein inspirasie
Lorrein katzkeillustrasie: Alistair Ackermann
Die Kerstyd is net te lank vir ’n klein brakkie soos ek. Wat? Het ek myself nou net ’n ‘brakkie’
genoem? Dis seker omdat ek na Basjan verlang. Dis nou al ’n hele
klomp slapies wat verby is sonder dat ek Basjan gesien het! Ai, hoe verlang ek na my beste vriend!
Ná die Kerskonsert in die parkie, is ek saam met ons huismense see toe. En wat ’n gedoente was dit nie! Dis glad nie ’n lekker plek vir ’n klein hondjie soos ek nie, maar ek het verniet probeer kla om almal te laat verstaan dat ek nie gelukkig is nie. Ek kon net sowel met Kietta, ons groot, vet, hoogmoedige kat gepraat het! Niemand luister na my of kyk eers een keer in my rigting nie.
Van die begin af het ek geweet dit gaan ’n deurmekaar vakansie wees. Die vreemde vakansiehuis is vol mense wat lag en praat en raas. Ek moet net spring om uit almal se pad te bly en te sorg dat ek nie raakgetrap word nie. Om elke hoek en draai kom groot voete vinnig aangestap en niemand kyk af grond toe of daar ’n arme klein hondjie is wat baie bang is sy word seer getrap of geskop nie! Te vreeslik vir woorde! Nog iets wat my bang maak, is die harde klappers wat die mense skiet. Elke keer as ek daardie harde geluid hoor, voel dit of my oortjies ontplof. My mond word so droog en my asem jaag so vinnig dat ek bang is ek gaan dood. Niks daarvan is vir my lekker nie. Ek wens die seevakansie wil sommer gou verbygaan.
Moenie eens praat van strand toe gaan nie! Die son brand my pienk
neusie en oortjies en ek word só dors dat ek dink al die water in die krane het opgedroog. Nou en dan as my mense-ma my roep om vir my iets te gee om te eet of te drink, roep iemand anders haar om met haar te gesels en te lag en dan vergeet sy heeltemal van my, haar klein
hondjie. Alles is vol sand! My tande krap van sand, my voete is vol sand en die ergste van
alles, my sagte kombers
en
mandjie voel soos ’n woestyn, so vol sand is dit!
Kietta sit hoog en droog en gemaklik in die vakansiehuis en as ons terugkom van die strand af skuur sy teen ons mense-ma se bene en spin sy soos ’n prinses. Natuurlik is almal dan vrééslik bly om haar te sien en word sy opgetel en kos gegee… en dan kyk sy vir my so onderlangs deur haar skrefiesogies en ek is seker ek kan sien hoe lag sy oor
al die aandag wat sy kry. Te vreeslik vir woorde, sê ek weer!
Ag, maar alles is nie net sleg by die see nie. Daar is die lekker balspeletjies op die strand en al is ek te klein om saam te speel, geniet ek dit om te sien hoe die kinders en groter honde agter die bal aanhardloop. Ek praat nie eens van die stap in die vlak seewatertjies nie! Oe, dis lekker! Die water is koud, maar die wit skuim lek-lek so aan my voetjies en dan verdwyn dit vinnig weer in die groot, groot see in! Dan blaf ek om die water terug te roep en spat in die nat seesand. Dit is die lekkerste lekker van die hele seevakansie. Ek wens so Basjan kon ook hier wees. Dink net hoe lekker sou ons twee saamgespeel het!
Ons was gister al terug by die huis en ek lê al die hele oggend in die koelte
op die stoep vir hom en wag. Ek is glad nie meer moeg nie, maar
my ogies wil nog slaap.‘Heidi! Heidi!’
Droom ek, of hoor ek regtig daardie pragtige mooi
stem? Skielik is ek wawyd wakker.
Daar by die heining staan Basjan!
‘Oe, ek is bly om jou te sien!’ blaf ek en hardloop so vinnig as wat ek kan na die
stukkende plek in die heining om by Basjan uit te kom.
‘Stadig, Heidi,’ lag Basjan. ‘Jy spring my amper om!’
‘Wag net tot jy hoor wat ek alles die vakansie gedoen het. Jy sal dit nie glo nie,’ sê ek en lek my beste vriend se neus papnat.
Die vakansie was lekker, maar om terug te wees by die huis en jou beste vriende bly tog nog die beste.
Ek is moeg!
Die avonture van
Basjan en Heidi
Ek wens so Basjan kon ook hier wees. Dink net hoe lekker sou ons twee saamgespeel het!
Oplossing: Blokraai nr 10
Blokraai nr 11 - Genesis 45
Blokraai deur Annamarie du toitwww.bible-crosswords.com of bestel by Lig in Duisternis Uitgewers, 012 362 1390/1/2/3/4/ en vra vir die boekwinkel.
DWARS
3. Josef se broers moes hulle vader hiervan vertel.
5. Jakob se ander naam.
6. Josef se broers hoef geen spyt hieroor te hê nie.
7. Dit het lewendig geword.
9. Josef het homself aan hulle bekend gemaak.
11. Hy moes sonder versuim na Josef gaan.
13. Josef sou dit met sy familie doen.
14. Om dit te behou, het God Josef voor sy broers uitgestuur.
16. Josef het dit vir sy broers gegee vir die reis.
17. Hulle het gehoor hoe Josef gehuil het.
AF
1. Josef se broers was so voor hom.
2. Josef se familie kon in hierdie land woon.
3. Vir twee jaar was dit in die land.
4. Een van Josef se broers.
8. Josef se vader.
10. God het Josef dit gemaak.
12. Josef het aan sy vader soveel esels gestuur.
14. Josef se broers moes dit met hulle diere doen.
15. Josef het dit aan sy broers verskaf.
Februarie 201348
Invul
AF
1. Josef se broers was so voor hom.
2. Josef se familie kon in hierdie land woon.
3. Vir twee jaar was dit in die land.
4. Een van Josef se broers.
8. Josef se vader.
10. God het Josef dit gemaak.
12. Josef het aan sy vader soveel esels gestuur.
14. Josef se broers moes dit met hulle diere doen.
15. Josef het dit aan sy broers verskaf.
Moenie dat klein ongelukkies jou vakansie versuur nie