intensiewe skaapboerdery die mamre stelsel vir intensiewe... · mamre dormers: manie & karin...

47
Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou) “Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel” ʼn Praktiese Handleiding

Upload: hoangmien

Post on 17-Mar-2019

526 views

Category:

Documents


75 download

TRANSCRIPT

Page 1: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

“Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel”

ʼn Praktiese Handleiding

Page 2: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Inhoudsopgawe

1. Agtergrond 2. Projekbestuur en Skaapboerdery 3. Mikro vs. Makro stelsel 4. Presisie Boerdery 5. Fasiliteite

Klein begin, bou stelsel uit

Ou en bestaande fasiliteite

Gebruik wat jy het 6. Ontwerp vir tweede inkomste

Lang investeringsfase

Klein begin 7. Mamre Dormers Projek Plan 7.1 Voorbereiding van ramme

Bestuur Voeding Gesondheid

7.2 Voorbereiding van die ooie Bestuur Voeding Gesondheid

8. Spons proses vir sinchronisasie van skape 8.1 Algemene Inligting: Handdekking 8.2 Projekplan 8.4 Spons die ooie 8.4 Onttrek die sponse 8.5 Ramsem

9. Dekking en Paringsmetodes 9.1Laparoskopiese Inseminasie 9.2 Kunsmatige Inseminasie KI 9.3 Handdekking 9.4 Program vir handdekking

10. Skandering van ooie 11. Voorbereiding van Ooie vir die lamproses

Bestuur Gesondheid Voeding

12. Voorbereiding van die Lamhokke 12.1 Grootte van lamhokke

Page 3: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

13. Die lamproses 13.1 Biologie van geboorte 13.2 Die Geboorte 13.3 Die Hantering van uiers na die geboorteproses 13.4 Hantering van die lammers 13.5 Voeding in die Lamhokke

14. Uithaal van ooie uit die lamhokke 14.1 Die merk van die lammers en die ooie 14.2 Die proses van uithaal uit die lamhokke 14.3 Kruipvoeding

15. Lam doseer program

4 weke

8 weke

12 weke 16. Speenproses op 8 weke

16.1 Opdroog van die ooie 16.2 Voeding van lammers 16.3 Ooie doseer program met speen

17. Bestuur van lammers in die voerkraal 17.1 Voeding 17.2 Koelte 17.3 Reën 17.4 Koue 17.5 Spasie 17.6 Ooitjies en rammetjies

18 Bestuur van jong ooitjies 19 Bestuur van jong rammetjies 20 Winsgewendheid van die stelsel

20.1 5 lammers in 2 jaar 20.2 170% - 255% speenpersentasie per jaar 20.3 Vereistes vir Winsgewendheid

21 Skaaprasse en intensiewe skaapboerdery 22 Siektes en behandeling 23 Die laaste woord

Page 4: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

1. Agtergrond

Ekstensiewe skaapboerdery is onder druk van wee verskeie faktore. ʼn Toenemende Intensifisering van die bedryf vind plaas. As gevolg van hierdie verandering is daar ʼn al groeiende behoefte aan kennis aan intensiewe skaapboerdery. Die doel van hierdie handleiding is nie om ʼn volledige plan daar te stel nie, maar dit vorm ʼn praktiese basis waaruit hierdie onderwerp verder bespreek, beplan, nagevors en ontwikkel kan word. Ons poog om so ver as moontlik praktiese kennis weer te gee en geensins beskou ons onsself as kundiges op die gebied nie. Aangesien ons vanuit ʼn projekbestuur basis werk, gebruik ons dit as riglyn vir die bespreking.

2. Projekbestuur en Skaapboerdery

Projekbestuur is ʼn hulpmiddel vir die bestuurder om sy dag take te orden. Indien die projekbeplanning goed gedoen word is die res van die bestuurstake baie makliker en loop die prosesse meer vaartbelyn. Projekbestuur sluit alle aspekte in nl.:

Operasionele bestuur (dit wat gedoen moet word)

Mensbestuur (deur wie dit gedoen moet word)

Hoe lank dit sal duur (tydsbestuur)

Wat is nodig ten opsigte van toerusting en materiaal (voorraad bestuur)

Begrotingsbestuur – hoeveel gaan dit kos?

Risiko’s wat voorsien kan word (risikobestuur)

Kwaliteit wat vereis word

Kommunikasie aan alle belanghebbendes gedurende die projek.

In die teorie word ʼn projek soos volg gedefinieer:

Projekte het ʼn duidelike begin en einde. In ons geval begin die projek by die voorbereiding van die ooie en ramme en eindig by die speen van die lammers 8maande later.

ʼn Projek moet ʼn lewens-siklus hê, nl. Begin, dan ʼn aantal aktiwiteite en dan ʼn afsluiting.

Begroting waarin die kontantvloei uiteengesit word.

Aanwending van hulpbronne en die koördinering en behoeftes daaraan

ʼn Verantwoordelike persoon, nl. Projekleier

Span met verskillende rolle.

Verskillende fases in Projekbestuur

Page 5: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

A. 1. Definieer die Projek

Omvang van die projek

Sukses kriteria

Aannames

Risiko’s en beperkings A. 2. Eindverbruiker vereistes

Wat moet bereik word

Produk spesifikasies A. 3. Rolspeler betrokkenheid B. 1. Projek beplanning

Taak definiëring struktuur B. 2. Die Projek lyn word geïdentifiseer

Elke fase word afgebreek in elemente b. 3. Kostes word bereken – Finansiële Plan

B. 4. Tydsbestuur vir elke aktiwiteit beplan

B. 5. Risiko analise

B. 6. Terugvoer oor beplanningsproses

C. Skedulering

C. 1. Taak skedulering

Wat moet wanneer gedoen word

Watter taak is afhanklik van ʼn voorafgaande aksie C. 2. Hulpbronbeplanning

Beskikbaarheid en aanwending D. Implementering

Begin die projek

Monitering en verslaggewing

Regstelling E. Sluiting van die projek

Meting van sukses

Sluitings aanbevelings (lesse geleer)

MAMRE DORMERS PROJEKPLAN

No Aktiwiteit Dae Datum Voeding Ent & Doseer

1 Voorbereiding van Ramme (hierdie word elke 6 maande en jaarliks gedoen)

30 2012-12-18 Voer 2kg produksie rantsoen/ram/dag

Doseer vir ronde- en neuswurm Ent noodsaaklike entings Spuit spoorelemente en vit

Page 6: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

2 Voorbereiding van ooie 30 2012-12-18 Voer 500g Volvoer/ooi/dag Ontwurm ooie Ent teen Bloednier en ander Klostridia, Pasteurellose en Corynebakterium, Ensootiese Aborsie; Spuit spoorelemente en Vit

3 SPONS OOIE 0 2013-01-17

4 Onttrek Sponse 14 2013-01-31 Spuit ooie DMS; Groot ooie 3ml; Jong ooie 2,5ml

5 Sit Ramme by 16 2013-02-02

6 Haal ramme uit 24 uur 17 2013-02-03 Volvoer 300g/ooi/dag vir 15dae Volgende 15 dae Onderhoudslek teen 500g/ooi/dag

7 Skandeer die ooie 73 2013-03-31 Ooie moet kondisie punt van 3,5 behou, en moet nie gewig verloor nie, plasentale en uier ontwikkeling gedurende hierdie periode is baie belangrik

8 Begin ooie voorberei vir lam

119 2013-05-16 Begin ooie voorberei op Volvoer rantsoen sodat ooie aangepas is op volvoer met lam; 6 weke voor lam: 500g/o/d; 5 weke voor lam: 750g/o/d; 4 weke voor lam: 1kg/o/d; 3 week voor lam tot met lam: 1,25kg/o/d

Ontwurm ooie; Ent ooie teen Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium vir maksimum teenliggame in biesmelk; Spuit spoorelemente en vit. A & E

9 Maak Lamhokke gereed 154 2013-06-20 Voerkalk op die saagsels, Uitspuit van hokke met F10/HTH oplossing, Alle krale en waterbakke en kosbakke gewas met F10/HTH oplossing, Nuwe saagsels op vloer. Spuit skuur uit vir vlieë, vlooie en luise.

10 Begin lam 161 2013-06-27 Ooie kry nog volvoer rantsoen soos met voorbereiding vir lamtyd; Lammers kry van 1 week af lamkruip meel ad lib ('n lam eet 25kg kruipvoer op tot en met speen) (hierdie opsioneel as die lammers nie die volvoer saam met die ooie eet nie

Page 7: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

11 Alle ooie uit lamhokke 171 2013-07-07

12 Doseer lammers (4 weke)

199 2013-08-04 Ooie kry nog volvoer rantsoen soos met lamtyd; Lammers kry van 1 week af lamkruip meel ad lib ('n lam eet 25kg kruipvoer op tot en met speen) (Opsioneel)

Doseer lammers vir Lintwurm; Doseer lammers spoorelemente en vitamines

13.A Opdroog van Ooie 222 2013-08-27 Ooie moet 7 dae voor speen van volvoer rantsoen en ander lekke afgehaal word om uier probleme te voorkom

13 Doseer lammers (8 weke)

227 2013-09-01 Doseer lammers vir rondewurm en lintwurm; Ent lammers 1ste chlostridiale siektes en Pasteurella en 1ste Chorynebakteriee; Doseer lammers spoorelemente en vitamines

14 Speen lammers 227 2013-09-01 Lammers moet nou rantsoen kry vir voerkraal, met lusern/tef as ruvoer.

14A Ooie na volgende siklus 227 2013-09-01

15 Doseer lammers (12 weke)

255 2013-09-29 Lammers nog steeds op voerkraalrantsoen, met lusern/tef.

Doseer lammers vir rondewurm en lintwurm; Ent lammers 2de chlostridiale siektes en Pasteurella en 2de Chorynebakteriee; Spuit lammers spoorelemente en vitamines

Page 8: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

3. Mikro VS Makro Intensiewe stelsel

Alhoewel die Intensiewe stelsel beide as mikro en as makro stelsel gehanteer kan word, is

hierdie die boer se eie persoonlike voorkeur.

3.1 Makro Intensiewe Stelsel

In die Makro Intensiewe stelsel word daar met groot troppe ooie geboer wat ook op ʼn

versnelde lamstelsel is, en wat ook in die lamhokke geakkommodeer word. Daar is boere

wat hierdie stelsel baie suksesvol hanteer. Daar is verskeie faktore wat belangrik is:

Die lamhok fasiliteit moet groot genoeg wees om die groep ooie wat elke maand lam

op een slag te kan akkommodeer;

Die oorgaan van ekstensiewe na intensiewe stelsel, moet met groot omsigtigheid

hanteer word.

Kontantvloei en die aanpassing van diere is seker die mees belangrikste elemente om

hierdie stelsel suksesvol te maak.

3.2 Mikro Intensiewe stelsel

Ooitroppe wat kleiner is as 250. Dit kan op relatiewe klein oppervlakte hanteer word.

Soos byvoorbeeld ʼn plot.

4. Presisie Boerdery

Ons definieer presisie boerdery as die presiese meting van die totale proses. Voer word verskaf aan die ooie en ramme op die spesifieke stadium volgens behoeftes. Al die 8 groepe ooie en die jong ooie en die ramme word gelyktydig op verskillende Projekplanne elke dag hanteer.

Presisie ten opsigte van:

Voeding

Gesondheid

Arbeid

Begroting

5. Fasiliteite 5.1 Klein begin, bou stelsel uit

Page 9: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Ons ervaring is waar mense met die stelsel op ʼn klein skaal begin, en saam met hom groei het hulle die meeste sukses. As jy die stelsel geleer het met 10 ooie kan jy maklik ʼn 1000 ooie bestuur. Foute op ʼn klein skaal kos ook baie minder.

5.2 Ou en bestaande fasiliteite

Daar moet gewaak word teen groot kapitale spandering. Bestaande infrastruktuur kan met min koste omskep word om te voldoen aan die vereistes. Belegging in genetika is van groter waarde.

6. Ontwerp vir tweede inkomste

Die mikro intensiewe lamstelsel leen hom ideaal om aangewend te word as ʼn tweede inkomste. Selfs op plase waar ekstensiewe skaapboerdery bedryf word kan hierdie stelsel geïmplementeer word om byvoorbeeld ʼn deurlopende slaglamproduksie stelsel te implementeer, of om ramme vir die groot kommersiële kudde te produseer.

In die verlede is melkerye begin om kontantvloei te bewerkstellig aangesien hierdie praktyk nie meer ekonomies is nie, glo ons dat intensiewe skaapboerdery hierdie leemte kan vul.

6.1 Lang investeringsfase

Aangesien skaapboerdery ʼn lang investeringsfase het, moet voldoende voorsiening vir kontantvloei gedoen word. Die begroting moet die volgende elemente insluit:

Fasiliteite

Aankoop van diere

Voer

Arbeid

Gesondheid

Die begroting moet ten minste vir ʼn jaar vooruit beplan word voordat hierdie stelsel kontant sal begin lewer. Daar was ʼn baie goeie artikel van Koetoe Botha in Landbouweekblad van 17 April 2015 wat spesifiek die kontantvloei beplanning vir Intensiewe skaapboerdery bespreek.

6.2 Klein begin

Ons ervaring is dat die mees suksesvolle intensiewe boere klein begin het, en saam met die stelsel gegroei het. Aanpassings in die kleiner stelsel kan baie makliker en vinniger plaasvind.

Om van bestaande ekstensiewe skaapboerdery oor te skakel na meer intensiewe stelsel, is partykeer baie moeilik. Die maklikste manier om dit te bewerkstellig is om net eers al die tweeling/meerling ooie in die stelsel te kry, en hulle op versnelde lamsiklusse te begin bestuur, dit maak die oorgang baie gemakliker van ekstensief na meer intensief. Die groot

Page 10: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

ooitrop word ook opgedeel in 8 groepe of 4 groepe om aan te pas in die stelsel. Byvoorbeeld:

1000 ooie/8groepe=125 ooie per groep om elke maand te lam, of anders

1000 ooie/4groepe=250 ooie per groep om elke 2 maande te lam.

Hierdie stelsel is ʼn dinamiese proses, en daar moet onthou word, dat die stelsel pas by jou aan net soos jy by die stelsel aanpas.

7. Mamre Dormers Projek Plan

Toe ons begin het om met die Dormers te boer, was dit ons begeerte om intensief met hulle in lamhokkies te boer. Dit het baie maklik geklink, maar min het ons geweet wat behels hierdie stelsel regtig. Die belangrikste is die versnelde lamstelsel en ons het op die 8 maande lamstelsel besluit. Die ooie is toe in groepe verdeel, en aanvanklik het ons net 5 groepe gehad om mee te werk. Toe die eerste 2 groepe gelam het, en die 3de groep voorberei moes word, en die lammers van groep 1 gespeen moet word, het ons agtergekom hier is groot CHAOS, en het toe besef waarom die meeste boere vir ons gesê het, dat hierdie stelsel nie volhoubaar is en hoekom dit nie kan werk nie.

Ek het met Manie gaan praat en aan hom my dilemma verduidelik. Gelukkig het hy die agtergrond van Projekbestuur gehad en verstaan, en kon hy in die verloop van daardie oggend die Projekplan vir Intensiewe skaapboerdery opstel, en onmiddellik het die CHAOS verander in ʼn rustige werkbare pragtige boerdery stelsel.

Hier volg die breedvoerige bespreking van die MAMRE Projekplan vir intensiewe skaapboerdery.

7.1 Voorbereiding van ramme

Bestuur:

Ramme moet ten minste een keer per jaar, maar verkieslik meer getoets word vir vrugbaarheid. Die testis moet voor elke dekking ondersoek word vir enige abnormaliteite. Ramme speel ʼn kardinale rol in die intensiewe stelsel, omdat 1 ram alleen verantwoordelik is vir die ooie wat hy moet paar. Indien daar enige foute of probleme by die ramme bestaan gaan dit ʼn langtermyn probleem in die stelsel veroorsaak. Dit is ook verkieslik om twee groepe ramme te hê, aangesien hulle elke maand dek en die vorming van sperms 6 weke neem kan dit jou op die lang termyn benadeel om nie die ramme genoeg rustyd te gee nie. Die ramme moet ook dek fiks wees vir die beste resultate. Indien daar ramme is wat om een of ander rede nie met mekaar oor die weg kom nie, skei hulle eerder as wat daar skade kom.

Voordat die ramme dek moet hulle kloue ook ondersoek word, om te verseker dat hulle gemaklik kan dek. Indien die kloue lank uitgegroei is moet dit gesny word om te verseker dat alles reg is vir die dekking.

Page 11: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Dan word hulle sommer ook algemeen ondersoek om seker te maak dat die ramme gereed is vir die dekking.

Indien dit verkies word, en die omstandighede dit toelaat kan die ramme ook nou geskeer word, om te verseker dat hulle altyd met kort wol na die ooie toe gaan.

Voeding:

Die ramme moet in ʼn top dek kondisie wees (kondisie punt 3-4/5). Die ramme moet nie oorvet wees nie, omdat dit hulle dekvermoë benadeel, en omdat hulle dan so swaar is, maak hulle die ooie seer, veral die jong ooitjies wat die eerste keer gepaar word. Die lek wat ons hier kan aanbeveel is ʼn goeie onderhoudslek/ produksielek dwarsdeur die jaar, om hierdie ramme winter en somer op die veld in ʼn top kondisie te hou.

Gesondheid:

Die ramme kom ten minste elke twee maande in die kraal met dekking. Nadat hulle by die ooie uit kom is dit wenslik om hulle te FAMACHA, en seker te maak dat daar geen parasiete teenwoordig is nie. Die ramme word net gedoseer volgens die FAMACHA kaartjie.

Die ramme word wel gedoseer vir Rondewurms, Lintwurms, Slakwurms, Skaapbrandsiekte, Neuswurm, Brommeraanvalle en Jeuktemyte.

Hulle word ook alle vitamienes en minerale aanvullings toegedien. Dan word hulle verder ingeënt teen Bloednier, Tetanus, Pasteurella, Coryne bakterium, en jaarliks teen Bloutong.

Alle rammetjies onder 3 maande word geënt met Brucella Rev 1.

7.2 Voorbereiding van ooie

Bestuur:

Vir die bestuur van die stelsel moet elke skaap op die plaas ʼn duidelike permanente nommer hê. Omdat die ooie met tye in 1 trop loop en hulle dan weer uitgehaal moet word is dit belangrik vir die gemaklike bestuur van die stelsel.

Die lammers van die ooie is nou gespeen en die ooie moet nou opdroog, en hulle moet weer op kondisie kom om binne 4 weke weer gesinchroniseer te word. Dit is nou belangrik om die ooie deur te gaan en hulle uiers, tande en kloue te ondersoek om te verseker dat hulle in top kondisie en status is vir die volgende dekking. Indien dit verkies word en die weer laat dit toe kan die ooie nou geskeer word.

Voeding:

Die groot ooie moet op goeie kondisie gehou word vanaf speen tot met sinchronisasie. Hulle kondisie punt moet gehandhaaf word op 4/5. Die jong ooitjies wat op 11 maande die eerste

Page 12: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

keer gesinchroniseer word moet op medium tot hoë voedings vlak wees, om te verseker dat sy op kondisie punt 4/5 is met sinchronisasie.

Gesondheid:

Met die speen van die lammers word die ooie gedoseer vir Rondewurms, Lintwurms, Slakwurms, Skaapbrandsiekte, Neuswurm, Brommeraanvalle en Jeuktemyte.

Hulle word ook alle vitamienes en minerale aanvullings toegedien. Dan word hulle verder ingeënt teen Bloednier, Tetanus, Pasteurella, Coryne bakterium, en jaarliks teen Bloutong.

Die jong ooitjies wat vir die eerste keer gesinchroniseer word op 11 maande word ook geënt soos die ouer ooie, maar hulle word addisioneel ook op 3 maande geënt vir ensoötiese aborsie, en die Bloutong A, B en C afsonderlik soos voorgeskryf.

8. Spons proses vir sinchronisasie van skape

8.1 Algemene inligting: Handdekking

Met handdekking word spesifieke ooie met spesifieke ramme onder toesig gepaar. Ooie kan

met behulp van sinchronisasie middels op spesifieke dae voorberei word vir handdekking.

Dit vergemaklik en vereenvoudig bestuur. In die stoet is hierdie die belangrikste aspek, wat

bestuur in die stoet vergemaklik.

Voordele:

Minder ramme word benodig. ʼn Teler kan dus beter kwaliteit ramme aankoop, wat

genetiese vordering versnel.

Die aankoop, voeding en versorging van minder ramme, verlaag die totale koste per

lam.

Minder ramme vergemaklik bestuur.

Ramme wat swak libido (geslagsdrif) en dekbehendigheid word geïdentifiseer en

uitgeskakel.

Besering van ramme is minimaal omdat handdekking onder toesig plaasvind, en

ramme mekaar nie kan beseer nie.

Nageslag van individuele ramme kan met mekaar vergelyk word en die beste vaars

word geïdentifiseer.

Vergemaklik rekordhouding.

Nadele:

Page 13: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Indien ʼn ram tydelik onvrugbaar is of sy semen kwaliteit van lae gehalte is, sal ooie

nie beset raak nie. Dit is dus baie belangrik om seker te maak dat ramme se semen

kwaliteit vooraf getoets word. Maak ook seker dat ramme dekbehendig is.

Indien onbeproefde ramme gebruik word, kan swak kwaliteit lammers aangekry

word.

Verantwoordelike persoon moet toesig hou en byderhand wees.

Waak teen inteling.

8.2 Projekplan

Begin voorbereiding van ramme. (1maand voor spons datum.)

Voer ramme sodat hulle in ʼn goeie kondisie is. (4/5).

Doseer ramme vir ronde- en neuswurm en ent noodsaaklike entings, spuit spoorelemente en

vitamiene.

Indien nodig skeer ramme.

Begin voorbereiding van ooie.(1maand voor spons datum.)

Ontwurm ooie Ent teen Bloednier en ander Klostridia, Pasteurellose en Corynebakterium, Ensoötiese Aborsie; Spuit spoorelemente en Vit Indien nodig skeer die ooie (jou spesifieke program).

8.3 Spons die ooie Hierdie proses is die hartklop van die projekplan. As jou voorbereiding reg is, en jy die sponsproses noukeurig en so skoon as moontlik doen, verseker dit dat jou ooie wel op hitte kom as hulle moet en die ramme die werk doen, sal hierdie stelsel winsgewend wees. Alle spons en sinchronisasie toerusting is beskikbaar by RAMSEM in Bloemfontein, en hulle bied ook met tye KI kursusse aan wat baie goed is om by te woon.

Benodigdhede: Emmer met water met ontsmettingsmiddel in;

Skoon handdoek;

Watte;

Page 14: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Sponsies/CIDR’S (persoonlike keuse)

Toestel om sponsies of CIDR’S in te sit;

Antiseptiese room;

Skêr;

Handskoene;

Merk verf.

Proses: Die spons van die ooie vind altyd in die voormiddag plaas so 08:00 die oggend.

Hierdie is die emmer, met water met F10 ontsmettingsmiddel in, om die toestel skoon te

was tussen die ooie, en om die watte nat te maak waarmee die ooitjie skoon gewas word

voordat die sponsie ingesit word.

Page 15: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Hierdie is my skoon handdoek sodat die area waarop my toerusting is so skoon as moontlik

gehou kan word in die plaas opset (langs die drukgang met wind en stof!), met my rol watte

wat ʼn redelike stuk afgebreek word en goed nat gemaak word met die water om die ooitjie

onder die stert eers skoon te was. Antiseptiese room is ook hier, dit word aangewend aan

elke sponsie voordat die sponsie ingesit word.

Natuurlik is jou boek met nommers en datums ook byderhand om aantekeninge te maak van

kondisiepunt en algemene voorkoms van die ooitjie, en hoe maklik die sponsie ingesit is.

Die Ovakron 40mg Vaginale sponsies.

Page 16: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Nadat die ooitjie met watte skoon gewas is oor die anus en labiale area, word haar stertjie

opgetel, die toestel met die sponsie reeds gelaai (die sponsie word in die toestel ingedruk

met die toutjies eerste in, sodat wanneer die sponsie in die ooi is, is die toutjies agter na

buite) in die dominante hand. Met die nie dominante hand word die labias met die wys en

middelvinger oopgemaak om die toestel maklik in te druk. Die hele sponsie is pienk van die

room.

Page 17: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Sodra die toestel in die ooitjie se vagina ingedruk is word die toestel eers opwaarts gedruk,

en dan oor die ligament na agter, neem kennis van Manie se hand, en die hoek van die

toestel.

Die toestel word nou tot so diep as moontlik in die ooitjie ingedruk.

Page 18: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Die “plunger” (wit stafie) word vorentoe gedruk om die sponsie uit die toestel te druk, sodat

dit in die ooitjie agter bly. Onthou om nie die toutjies saam uit te trek nie.

Die toestel en die “plunger”, word nou saam uit getrek, en die sponsie bly agter.

Page 19: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Hier kan slegs die toutjies gesien word, dit word nou aanmekaar geknoop so 3cm lank, en die

res van die toutjies word met ʼn skerp skêr afgeknip. Die toutjies moet nie te lank uit hang

nie, want die ooitjies trek mekaar se sponsies uit en dit haak en trek uit as dit te lank is.

Hierdie toutjies is geknoop en sy is gemerk, en gereed om die drukgang te verlaat.

Page 20: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Hierdie ooitjies is nou klaar gespons en streep op die neus gemerk. Hulle gaan nou terug na

hulle kampie, waar hulle vir 2 weke bly en dan gaan ons voort met die proses.

8.4 Onttrek die sponse

14 dae nadat die sponse in gesit is, moet die ooitjies weer kraal toe kom om die sponsies te

onttrek.

Winter program: Sponse word onttrek 18:00, en DMS word dadelik met onttrekking diep

binnespiers gespuit. Ramme word dan ingesit dag 16 om 06:00 -07:00.

Somerprogram: Sponse word 06:00 onttrek, en DMS word dadelik diep binnespiers gespuit;

Ramme word dan ingesit dag 15 vanaf 16:00.

Hoeveelheid DMS word gespuit op voorskrif van RAMSEM, dit hang af van die grootte van

die ooie (ras gekoppel). Met die Dormer ooie gebruik ons 3ml DMS vir die groot ooie, en

2,5ml vir 11maande oue ooitjies.

Page 21: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Proses: Benodigdhede:

Plastieksak vir gebruikte sponsies vir weggooi;

Handskoene;

Boek met ooi nommers vir aantekeninge, indien sponse verloor het;

DMS in koelhouer met akkurate spuit en lang pienk naald.

Page 22: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Proses van onttrekking:

Plaas ooitjie in drukgang, soek die toutjies van die sponsie (soms is hulle in die vagina, maak

labias oop en soek toutjies goed om seker te maak hy het nie uit geval nie.) As die toutjies

nie gevind word nie, kan die insit toestel gebruik word om die sponsie eers te soek, voordat

jy net aanvaar hy het uitgeval. Maak doodseker dat die sponsie nie binne-in is nie, as jy dit

daar los kan jy infeksie veroorsaak en jou ooi verloor. Plaas ʼn spar op die drukgang, tel die

agterbene van die ooitjie oor, dat sy hang in die posisie vir KI, plaas die insit toestel in die

vagina, en lig met koplig, as die sponsie daar is sal jy die geel baie duidelik sien. Hierdie kan

ook met spekulum gedoen word, en dan trek jy die sponsie uit met ʼn tangetjie, wat ook by

Ramsem beskikbaar is. As jy seker is dat die sponsie uitgeval het, merk die ooitjie, en laat sy

dan na die volgende groepie gaan wat gespons moet word.

Page 23: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Trek nou die toutjies afwaarts, totdat die sponsie uit is. Gooi die sponsie weg, sodat ander

diere dit nie kan eet nie.

Spuit nou die ooitjie met die regte hoeveelheid DMS diep binnespiers.

Page 24: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Trek eers terug om seker te maak daar is nie bloed nie, moet nie in aar spuit nie.

Groepie ooitjies, sponsie getrek en DMS gespuit, gereed vir die ram om oor 36uur gedek te

word.

Page 25: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

8.5 Ramsem

Vir alle sinchronisasie inligting en toerusting asook K.I. Kursus.

www.ramsem.com

051 412 6327

Bloemfontein

9. Dekking of Parings metodes. 9.1 Laparoskopiese Inseminasie

Intra-uretrale KI of Laparoskopiese KI behels die inseminasie van semen direk in die uterus horings. Dit word gedoen deur die skaap onderstebo aan ʼn harnas vas te maak. Klein sjirurgiese snitte word in die buik gemaak. ʼn Endoskoop word gebruik om die reproduktiewe organe op te spoor en die semen in die uterus horings te plaas. Die bevrugtings tempo van die metode varieer tussen 50 – 80%. Die voorafbehandeling van die ooie speel ʼn baie belangrike rol in die sukses van die metode. Dit is baie stresvol vir die ooi en dit kan die bevrugting beïnvloed. Met hierdie metode van inseminasie kan vars en bevrore semen gebruik word.

9.2 Kunsmatige inseminasie KI

KI word in skape gedoen, maar is nie naastenby so algemeen en suksesvol soos die geval met beeste nie. Die ooi het ʼn komplekse serviks wat trans-servikale KI baie moeilik maak. Daar is 4 metodes van KI by skape:

Vaginaal

Servikaal

Trans-servikaal

Intra-uteraal soos beskryf by 9.1

Vaginale KI is die eenvoudigste metode van KI by skape en behels die inseminasie van semen in die vagina sonder dat die serviks gelokeer word. Die sukses van hierdie metode is baie wisselvallig en die resultate is swak.

Servikale KI is ʼn relatiewe goedkoop en eenvoudige wyse van inseminasie. Die serviks word gelokeer deur middel van ʼn spekulum met ʼn ligbron aan. Die eerste vou van die serviks word dan geïnsemineer. Die sukses van die metode is beter wanneer vars semen gebruik word.

Trans-servikale inseminasie behels dat die serviks vasgehou word met instrumente en die inseminering gedoen word met ʼn instrument wat die serviks penetreer. Net soos servikale KI is die metode ook meer suksesvol wanneer vars semen gebruik word.

Page 26: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

9.3 Handdekking

Volgens ons is die sukses van die Intensiewe stelsel direk gekoppel aan die sinchronisasie en handdekkings metode. Hier word die ooie nadat hulle gesinchroniseer is by die ramme geplaas. Die ratio wat ons gebruik is 1 ram tot 5 ooie. Die ramme word slegs vir 24uur by die ooie gelos, want dit verseker dat die ooie almal binne 3-5 dae lam. Ons gebruik in ons stelsel nie opvangramme nie, aangesien dit ons bestuur met die lamhokkies bemoeilik. Ons gebruik klein kampies waar die ooie en die ram saam is die hele 24 uur. Hulle kry skoon water en vars voer en rantsoen. Dit vergemaklik die bestuur van die stoet ook baie aangesien ons presies weet watter ram het watter ooi gedek vir die lam inligting vir Stamboek.

9.4 Program vir Handdekking

Winter program

DAG VAN PROGRAM

WEEKSDAG EN DATUM

TYD TAAK

0 Maandag 04/05/2015

Vm. Spons ooie

14 Maandag middag 18/05/2015

6nm 18:00

Onttrek die sponse en spuit DMS binnespiers

16 Woensdag 20/05/2015

Vanaf 6/7 vm.

Begin handdeking/ sit ramme by

30 Woensdag 19/06/2015

Sit opvolg ramme by

16/11/2015 150 dae

LAMTYD

Somer program

DAG VAN PROGRAM

WEEKSDAG EN DATUM

TYD TAAK

0 Maandag 04/05/2015

Vm. Spons ooie

14 Maandag oggend 18/05/2015

6vm 06:00

Onttrek die sponse en spuit DMS binnespiers

15 Dinsdag 19/05/2015

Vanaf 4nm

Begin handdeking/ sit ramme by

29 Dinsdag 18/06/2015

Sit opvolg ramme by

15/11/2015 LAMTYD

Page 27: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

150 dae

Aanmaak van DMS:

Los 1 x DMS op in 50ml steriele water; of los 2 x DMS op in 100ml Steriele water.

TOEDIENING IS BINNESPIERS MET AKKURATE SPUIT.

i.e. = Internasionale eenhede (konsentrasie)

300i.e. = 2,5ml van oplossing (Jong Dormer ooitjie)

360 i.e. = 3,0ml van oplossing (Groot Dormer ooi)

420 i.e. = 3,5ml van oplossing

480 i.e. = 4,0ml van oplossing

10. Skandering van die ooie

Aangesien Intensiewe skaapboerdery gesien kan word as PRESISIE BOERDERY is dit uiters belangrik om wel die ooie te skandeer wat by die ram was, om vroegtydig vaste stel watter ooie gaan wel lam en watter ooie het oorgeslaan.

Indien ʼn sponsie / CID’R uit val, moet die ooi weer ʼn kans gegee word om in die volgende groep gespons te word. Dit het niks met haar vrugbaarheid te doen nie, dus kan sy nie gepenaliseer word daar voor nie. Sy skuif dan net aan na die volgende groep wat gespons moet word.

Waar dit kom by skandering is dit wel ʼn ander storie.

Die ooie kan vanaf 6 weke nadat die ooie by die ramme was reeds geskandeer word. Hier is dit nie net belangrik om te sien of die ooie wel dragtig is nie, maar ook om vaste stel hoeveel lammers sy binne in haar dra. Dit gaan wel die bestuur van hier af beïnvloed indien jy wel presisie boerdery toe pas, en die hoeveelheid kragvoer aanvulling gee na aanleiding van die hoeveelheid lammers wat sy dra.

In die Mamre stelsel werk dit effens anders, omdat ons ooie op ʼn baie streng produksie stelsel is. Glo ons dat die ooie se huidige dragtigheidstatus gesien moet word in die konteks van haar 3 keer lam in 2 jaar. Indien sy met haar vorige 2 lammings reeds tweelinge / meerlinge gee het, is sy nog steeds vir ons baie belangrik omdat sy aan ons minimum standaard voldoen, en daarom kry sy dieselfde voeding as die meerling ooie, omdat sy reeds in hierdie fase van haar produksiesiklus reeds eierselle vorm vir haar toekomstige dekking na hierdie lamming.

Page 28: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Indien ʼn ooi met skandering nie dragtig is nie, kry sy in ons stelsel wel ʼn tweede kans, omdat ons die ramme net 24 uur by die ooie hou, en ons haar nie ʼn kans met opvolg ramme gee nie gee ons haar hier wel ʼn tweede kans. Daar word wel ʼn aantekening in haar rekords gemaak, en indien sy enige tyd daarna weer oorslaan, word sy uit die stelsel gehaal.

Hierdie is ons metode om subfertiele ooie te identifiseer. Hulle is wel vrugbaar, maar hulle kan nie die versnelde lamstelsel hanteer nie.

Nadat ooie se dragtigheid gedoen is, gaan die ooie weer na die groot trop ooie waar hulle die res van hulle dragtigheid op ʼn goeie onderhoudsrantsoen bly, en genoegsame ruvoer ontvang.

11. Voorbereiding van die Ooie vir die lamproses.

Bestuur

Ses weke voordat die ooie moet lam, word sy uit die groot trop gehaal, om haar nou voor te berei vir haar lamtyd.

Die grootste rede hiervoor is om te verseker dat sy nou optimale voeding kry vir haar uier ontwikkeling, en om te verseker dat die lam goed groei en sterk is met lamming, om lamoorlewing te verseker. Alle laaste nodige aktiwiteite, soos dosering, enting, skeer, voet versorging, ens. moet nou afgehandel word. Indien jou omstandighede dit toelaat en jy dit so verkies, kan die ooie op hierdie stadium ook geskeer word.

Hierna moet die ooie rustig in ʼn klein kampie wees om te verseker dat sy optimaal voorberei is vir die lamproses.

Gesondheid

Die ooie word nou gedoseer, en alle inentings moet nou plaasvind, om te verseker dat die lam reeds met geboorte ook beskerm is. Die ooie gaan ook nou aangepas word op die volvoer, so sy moet geënt word teen bloednier, en ander heersende siektes. Dit moet nou gedoen word, want hierna moet die ooie rustig wees in ʼn klein kampie en nie weer enige aktiwiteite gedoen moet word nie. Hier is dit ook belangrik om die ooie te doseer vir Neuswurm, omdat neuswurm voorkom dat die ooi kan ruik, en dit kan die binding met die lam beïnvloed.

Voeding

Die ooie gaan nou in ʼn klein kampie geplaas word met voldoende ruvoer, waar hulle aangepas gaan word op die volvoer wat hulle in die lamhokkies gaan kry. Hierdie volvoer moet sodanig wees dat die ooi die hele 10dae wat sy in die lamhokkie is net hierdie voer kan kry en dat dit al is wat sy benodig.

Aanpassing:

Page 29: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

6 weke voor lam: 250g/ooi/dag

5 weke voor lam: 500g/ooi/dag

4 weke voor lam: 750g/ooi/dag (die volvoer moet nou verdeel word in oggend en middag porsies)

3 weke voor lam: 1kg/ooi/dag

2weke voor lam tot en met lamming: 1,25kg en 1,5kg/ooi/dag

Wanneer die ooi dus in die lamhokkie gesit word 3 dae voor sy lam, is sy aangepas op die voer, en kan sy dus nou die volvoer ad. lib. ontvang sonder enige negatiewe resultate.

12. Voorbereiding van die Lamhokke

Die lamhokke was nou ongeveer 2-3 weke leeg, en al die beddegoed is nou lekker droog. ʼn Week voordat die ooie in die lamhokke in gaan moet die lamhokke voorberei word en verseker word dat hulle baie skoon is vir die ooie wat moet kom lam.

Die hokke word uitgespuit met F10 oplossing/HTH oplossing. Alle kosbakke en waterbakkies word ook met F10 oplossing gewas om te verseker dat dit baie skoon is. Die kraaltjies word ook afgewas. Op die vloer word Voerkalk gegooi, wat die Ph in die beddegoed verander, en wat help om bakterieë te dood, wat die verspreiding van siektes beperk. Daarna word daar skoon en vars denne saagsels in elke hok gegooi. Denne hout het terpentyn in die hout, wat voorkom dat vlieë eiers in die beddegoed lê.

Ons doen die “deepbedding” metode, dus haal ons nie elke keer nadat die ooie gelam het die saagsels uit nie, ons gooi net weer bo op soos hierbo beskryf. Die rede daarvoor is dat die beddegoed ʼn lekker isolasie laag in die hokke veroorsaak, wat help met die temperatuur beheer met lamming. Die lammers word op diep laag saagsels gebore wat nie koud is nie, dit absorbeer die water baie goed, en die hokke bly dus droog. Die saagsels word eers verwyder, maar nie totaal tot op die grond nie, wanneer die beddegoed te hoog word en die lammers uit die hekkies val. Wanneer dit uitgehaal word, word daar altyd ʼn laag van so 10cm in die hok gelos en weer vandaar af nuwe saagsels opgegooi.

Verder moet die waterbakkies nagegaan word, om te verseker hulle werk goed en daar is geen lekplekke wat die hokke baie nat kan maak nie. Die Infrarooi ligte word nagegaan om te verseker dat hulle werk indien jy skielike koue ondervind. Alle gloeilampe wat nie werk nie, moet vervang word. Hekkies moet nagegaan word en verseker dat hulle steeds stewig is wanneer ooi ingesit word om besering te voorkom. Voldoende sakke volvoer moet ook in die lamhok skuur gesit word. Kosbakke moet in elke hok gesit word sodat alles reg is as ooi in kom.

Laastens word die skuur dan uitgespuit met insekdoder, vlieë, vismotte, vlooie, ens. (Fendona of enigiets soortgelyks) dit moet ʼn middel wees wat ook in die huis by babas

Page 30: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

gebruik kan word, omdat lammers aan alles kou soos enige babatjie, dit mag nie nadelig vir hulle wees nie.

12.1 Grootte van lamhokke

By die Intensiewe Skaapboerdery met die gebruik van lamhokke is daar twee maniere waarop dit in die praktyk gedoen word.

Die ooie lam in kleinkampies en word dan na die lamproses na die lamhokkies geneem, om daar te staan tot hulle gereed is om uit te kom. Vir die doeleindes van hierdie gebruik, kan ʼn kleiner lamhokkie voldoende wees, naamlik: 1,5m x 1,5m. Die ooie het klaar gelam en sy weet waar is die lammers, sy sal hulle nie dood lê nie.

Die ooie lam en word reeds voor lamtyd in die hokkies geplaas en hulle lam in die hokke. Dit bring bepaalde probleme mee indien die hok te klein is. Ons praat van Kraamhokke in hierdie geval, en dit is ook die metode wat ons op Mamre gebruik. Dit is daarom noodsaaklik om ʼn groter hokkie te hê, sodat wanneer ʼn ooi ʼn meerling kry, sy genoeg spasie het, om al haar lammers te lam en nie een dood te lê nie. Dit is onnodige verliese wat voorkom kan word met net bietjie meer spasie. Vir die doeleindes van Kraamhokke is die afmetings 2m x 2m.

Hierdie is die hart van die onderneming, maar ons moet altyd waak om nie te veel geld te spandeer aan hierdie gedeelte van die operasie nie. Ons beveel almal aan om eers te kyk watter fasiliteite jy reeds op die plaas het, wat jy vir hierdie doel kan gebruik. Alle plase het ou melkstalle, of perde stalle, varkhokke, enige struktuur wat nie gebruik word nie. Ons weet van boere wat selfs ou plaashuise reggemaak het en die mooiste lamhokke daarin gebou het. Gebruik wat jy het, en gebruik eerder die fondse om goeie genetika in die hande te kry. Dit is immers die ooi wat jou gaan sorg, nie die fasiliteit nie!!!

Page 31: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

13. Die LAMPROSES

Soos reeds voorheen genoem, word die ooie reeds 3 dae voor hulle lamdatum in die lamhokke gesit. Die rede waarom ons dit doen is net om die ooie weer te laat aanpas in die skuur, die ligte in die aand, die mense wat daar deurbeweeg, die geluide. Wanneer hulle dan op die datum begin lam is hulle al so gewoond aan ons, dat ons daar by hulle kan sit en hulle dophou om te verseker dat niks skeefloop nie, en indien daar hulp nodig is, is ons vinnig byderhand om gou te help.

Dit moet altyd rustig en stil wees in die lamhokke, geen harde stemme, of geskarrel word in die lamhokke toegelaat nie.

13.1 Die biologie van geboorte

Die lamproses word beheer deur komplekse hormoonveranderinge wat gestimuleer word deur die fetus se reaksie op stresfaktore. Teen die einde van dragtigheid sal die ruimte waarin die fetus of fetusse verkeer, baie beperk wees as gevolg van die grootte van die fetus, die plasenta en ʼn groot hoeveelheid vloeistof. Die fetus ontvang suurstof en voedingstowwe vanaf die ooi se bloedsirkulasie via die plasenta en naelstring. In die finale stadium van dragtigheid raak die prosesse krities aangesien dit vir die ooi veeleisend raak om al die behoeftes van die groeiende fetus te voorsien. Hierdie faktore gee aanleiding daartoe dat die lam stres verduur wat die vrystelling van ʼn steroïed hormoon, Kortisol, veroorsaak. Die Kortisol beland dan in die ooi se bloedsirkulasie en is verantwoordelik vir die aanvang van die geboorteproses.

Page 32: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Die Kortisol wat deur die fetus afgeskei word, veroorsaak dat die Progesteroon wat deur die kotiledons afgeskei word om dragtigheid in stand te hou, omgeskakel word na ʼn ander hormoon, naamlik, Estrogeen. Soos die Progesteroon vlakke daal en die Estrogeen vlakke styg, stimuleer dit weer ʼn ander hormoon, Prostaglandien F2 alfa om in te werk op die uterus wat dit laat saam trek en sodoende word die geboorte van die lam aan die gang gesit.

Hierdie hormoon veranderinge in die ooi kan op verskeie manier waargeneem word. Soos die tyd vir die geboorte van die lam naderkom neig ooie om meer geïnteresseerd te wees in pasgebore lammers en probeer self om ander ooie se lammers te “steel”. Ons noem dit “KONKEL OOIE”. Daarom is dit belangrik dat die lamhokke behoorlik toe is tussen mekaar dat die lammers nie na hierdie ooie toe gelok kan word nie. Die ooie se uier begin geleidelik ontwikkel sodat net voor geboorte opgeswel is met kolostrum. Met die geleidelike sametrekking van die uterus sal die ooi haar begin afsonder van ander ooie, rusteloos raak en lyk of sy “nes skrop”, deurdat sy sal krap met haar pote by ʼn spesifieke area. Die ooie neig om gereeld op te staan en te gaan lê, en maak lek en byt bewegings.

13.2 Die geboorte

Terwyl al die hormoonwerkings in die ooi die geboorteproses begin, word nog ʼn hormoon, oksitosien deur die corpus luteum af geskei. Dit veroorsaak dat die stywe weefsel van die serviks ontspan sodat dit gerek kan word om die lam deur te laat. Die ligamente wat die pelvisbene heg, verslap ook te einde meer rekbaar te wees gedurende die lamproses.

Sametrekkings van die uterus plaas druk op die serviks wat stelselmatig sal begin ontspan sodat die lam in die geboortekanaal kan deur beweeg.

Tot nou toe het die ooi ʼn passiewe rol gespeel en het haar liggaam self al die werk gedoen. Wanneer die lam se kop egter in die pelviese area inbeweeg, stimuleer dit die ooi om die proses te verhaas, wat sy dan ook doen deur die spiere van die agterlyf saam te trek, of eenvoudig gestel, te begin druk. Die tussenposes wat die ooi druk raak korter soos wat die geboorteproses vorder.

Die vrugsakkie (watersakkie) kom soms te voorskyn uit die geswelde vulva, maar dit is nie altyd sigbaar nie aangesien die sakkie kon geskeur het. Die pootjies en die neus behoort dan te voorskyn kom in die vulva. Teen hierdie tyd behoort slegs ʼn paar kragtige sametrekkings die lam uit te stoot.

Die skeur van die naelstring, die vreemde omgewing buite die veiligheid van die baarmoeder en die skielike temperatuurverandering, tesame met die vertroosting van die ooi is alles faktore wat die lam sal stimuleer om die eerste asemteug te vat.

Moet altyd onthou gedurende die geboorte proses is die goue leuse:

“Maksimum toesig met minimum inmenging”

Page 33: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

ʼn Ooi moet alleenlik gehelp word om te lam indien dit volgens ʼn ondersoek blyk dat die ooi nie suksesvol sal kan lam op haar eie nie, of as haar en/of die lammers se lewe in gevaar sou wees indien daar nie ingegryp word nie.

Toestande wat moontlik hulpverlening mag vereis:

Die ooi verduur duidelike ongemak en het abdominale spiertrekkings vir ʼn uur of langer, maar daar is geen tekens van ʼn lam in die vulva nie.

Die lam is sigbaar in die vulva, maar vorder niks verder tydens herhaaldelike abdominale spiertrekkings nie.

Die lam is gedeeltelik sigbaar in die vulva, maar die ooi het opgehou druk en loop ongestoord rond of lê net eenkant.

Die lam verkeer in ʼn opsigtelike abnormale posisie – stertkant eerste, of kop buitekant maar geen voorpote, of slegs 1 voorpoot.

(Boer met Kleinvee: Die Skaapherder).

Normale verloop van lamproses, ooitjie krap nog en die vrugsakkie is duidelik sigbaar en die pootjies en die neusie is binne-in die sakkie sigbaar. Let op die helder kleur van die water, indien dit groen/geel is dui dit op stres by die lam en moet jy die lam vinnig uittrek. Indien jy wel die ooi met die geboorte proses gehelp het, is dit nodig om die ooi Terramycin teen 1ml/10kg diep binnespiers te spuit om enige infeksie te voorkom.

Page 34: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Hierdie ooi het gelam, en is besig om haar tweeling skoon te lek. Die nageboorte is nog in en die lammers soek reeds die spene om die eerste kolostrum te drink.

13.3 Hantering van uiers na geboorte proses

Dit is baie belangrik om nie in te meng terwyl die ooi die lammetjie/s skoon maak nie. Hierdie is ʼn baie belangrike tyd in die bindingsproses van die ooi met die lam. Wanneer die ooi klaar gelam en die lammers al gedrink het, en die nageboorte is uit, is dit raadsaam om net vinnig die ooi te vang en seker te maak dat albei die spene oop is en die melk gemaklik vloei. Die spene het soms ʼn was proppie in wat die lammers nie uitgesuig kry nie, en die lam verhonger langs die ooi, omdat die melk nie vrylik uitloop as hulle suip nie.

13.4 Hantering van die lammers

Dit is baie belangrik om te onthou dat enige aanraking van jou aan die lammetjie, kan die bindingsproses vertraag omdat jou hande reuke afgee wat die ooi nie ken nie. Daarom is dit belangrik om hande te was met neutrale reuk seep voordat jy die lammers hanteer. Indien dit koud is sit die Infrarooi ligte reeds aan met die geboorte proses, sodat die hokkie reeds warm is as die lam gebore word. Indien die lam baie koud is, kan die lam in bak met lekker warm water gesit word om die liggaamstemperatuur so gou as moontlik op te kry, of ʼn warm kombers (hotpad) of warm water sakke kan gebruik word om die lam te verhit. Indien die lam nie kan suip nie, melk die ooi uit en gee die kolostrum met ʼn suip aan die lam om sy glukosevlakke so gou as moontlik op te kry.

ʼn Normaal gebore sterk lam moet binne 6 ure na geboorte goed gedrink het, indien die lam sukkel, moet die ooi gevang word en die lam moet gehelp word om te suip. Indien die lam

Page 35: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

steeds daarna sukkel volg hierdie praktyk, totdat die lam self goed kan drink. Binne die eerste 8 ure word die lammers geweeg en gewigte word aangeteken.

Die naelstring kan ontsmet word met jodium om infeksies te voorkom.

Die mooiste prentjie is ʼn ooi met haar sterk gesonde lammers in die lamhokke!

13.5 Voeding in die lamhokke

Die ooie is nou gewoond aan die volvoer rantsoen wat sy gekry het vanaf 6 weke voor lam. Sy gaan nou aanhou om hierdie voer te eet vir die hele verloop van tyd in die lamhokke. Dit is daarom baie belangrik om nou die volvoer rantsoen ad. lib. aan die ooie te voer, en te sorg dat hulle bakkies altyd kos het. Hulle mag nie nou honger lei nie. Die ooie gaan moontlik ʼn dag of so voordat sy lam ophou eet, en as sy klaar gelam het, gaan sy meer eet as gewoonlik omdat sy dan honger is, en dan moet sy genoeg kos kry. Van dag 5 af gaan die lammers ook begin eet, en so raak hulle reeds gewoond aan die kos en eet hulle al sterk voordat hulle uit die lamhokke na die kleinkampies toe gaan. Die ooie bly 10 dae nadat die lammers gebore is in die lamhokke.

Maak seker dat die ooie altyd skoon water het. Indien jy van emmers gebruik maak is dit verkieslik dat ʼn ligte kleur emmer soos wit gebruik word vir water, want dan kan jy dadelik sien indien sy in die water gemors het, en dit kan dadelik skoon gemaak word. In hierdie tyd moet alles optimaal reg wees.

Page 36: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Indien ʼn ooi gedurende hierdie tyd diarree ontwikkel is dit raadsaam om vir haar lusern saam met die volvoer te gee, om die maag te bind. Dit werk gewoonlik baie goed en geen medikasie is nodig om te help nie.

14. Uithaal van ooie uit die Lamhokke 14.1 Die merk van die lammers en die ooie.

Op dag sewe word die ooie en die lammers gemerk. Die lammers word gevang en die volgnommer van die lam word in die ore geknip en die stertjie kry ʼn rekkie. Ons gebruik die oormerk metode, omdat plaatjies verloor en die ore word baie lelik van plaatjies. Met die oorknippe is die permanent en kan dit nie verloor nie.

Die rekkie word op die 3de lid van die stertjie aangesit onder die 2 ligamente wat duidelik aan die onderkant van die stertjie sigbaar is. Die stertjies word nie kort afgesit nie, omdat die stertjie help om die son van die sensitiewe area af weg te hou, so voorkom ons kanker, en die bewegende stertjie help om brommeraanvalle te voorkom omdat dit kan waai en irritasies wegkry. ʼn Langer stert verseker ook dat die sfinkters van die anus intakt is en so word rektale prolapse voorkom.

Ons gebruik ook rekkies om die stertjies af te sit, daar is ander metodes wat gebruik kan word, maar ons hou van die toe metode aangesien ons lammers in lamhokke is en die moontlikheid van infeksies altyd daar teenwoordig kan wees, is oop wonde vir ons baie nadelig. Wanneer die stertjie later afval is die area klaar droog, en dan is die lammers buite in die son wat verder help met die ontsmetting van die stert wond.

Page 37: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Verder word die ooi en die lammers met spuit verf gemerk op die wol, om die ooi en die lammers nadat hulle uit die lamhokke uit is maklik te kan identifiseer en weet jy dadelik watter ooi se lammers is watter. Indien daar dan ʼn probleem is, kan die ooie en lammers maklik geïdentifiseer word en indien nodig weer in die lamhokke gesit word totdat die probleem opgelos is.

Hier kan duidelik die groen nommer op die kant van die lam sien en dit kom ooreen met die nommer op die ooi. Hierdie nommer is die lamhokkie nommer wat ons op die ooi en die lammers verf. Die ooie het ook ʼn rooi nommer op haar rug, wat die groep aandui waarin sy lam (Groep1 – Groep8)

14.2 Die proses van uithaal uit die Lamhokke

Die is soos dit beskryf word ook ʼn proses. Al die ooie kan nie gelyktydig uit die hokke gehaal word nie. Dit is nogal chaos as al die hokkies gelyktydig oop gemaak word en almal is deurmekaar.

Die proses wat ons volg:

Die ooie met die enkelinge word eerste uitgehaal, en in die klein kampie voor die skuur geplaas. Ons gee hulle so 2 ure om gemaklik te raak, en as ons sien elke ooi kry haar lam maklik, gaan ons na oorblywende ooie in die hokke.

Die ooie met die tweelinge word nou uitgehaal, maar net 3 ooie op ʼn slag. Ons gee hulle ook so 2 ure, en as hulle rustig is en hulle lammers kry, gaan haal ons weer 3 ooie uit.

Page 38: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Die drielinge en vierlinge word laaste uitgehaal en hulle kom in aparte kampie van die ander ooie. Hulle het al klaar meer om mee te deel, hulle moet nie nog meer deurmekaar raak nie.

Die uithaal proses moet nie haastig geskied nie, as jy haastig is gaan hulle nog nie reg wees nie, en gaan die lammers die ooie verloor.

Die uithaal kan oor 2 dae geskied as dit nodig is, veral met jong ooitjies wat die eerste keer lam.

Die lammers kom vir die eerste keer in hulle lewe op harde grond, hulle kom die eerste keer in die warm son, en vir die eerste keer van hulle lewe is dit nie net hulle ma wat daar is nie, en moet hulle nou hulle ma soek. Dit is ʼn groot krisis vir hulle moet hulle nie aanjaag nie, en wees daar om maar te help om te klas waar nodig.

14.3 Kruipvoeding

Hierdie lammers is reeds gewoond om te eet, want hulle het reeds aan hulle ma se voer begin peusel, en het hulle ma se voorbeeld gevolg en begin eet.

Om lammers gewoond te maak aan die kruiphok, is dit belangrik om net eers die kruiphek oop te los en die ooie se voer in die lammers se bak te gooi. Die lammers gaan saam met die ooie na die bak, en so raak hulle eerstens gemaklik met die kampie, en die nuwe voerbak. As jy sien die lammers eet nou goed by die bakke, kan die kruiphek toegemaak word sodat net die lammers by daardie bak kan eet.

Ons het gevind om dieselfde volvoer van die ooie in die lammers se bak te gooi werk vir ons baie goed, omdat die lammers reeds gewoond is aan die voer, toe ons spesifieke kruipvoer ingegooi het, het die lammers dit nie geëet nie, en het ons net gemors.

15. Lam doseer program

4weke

Hierdie is die eerste dosering wat die lammers ontvang. Teen hierdie tyd eet die lammers baie goed, en hulle is al lekker sterk.

Die eerste dosering is slegs vir Lintwurms, en ons doseer hulle ook vitamienes en minerale.

Met hierdie dosering gaan ons elke lam individueel na, ons kyk na die stert wond, en indien nodig spuit ons antibiotiese sproei op die area. Ons evalueer die lam se groei en maak seker dat die lam mooi groei en ontwikkel.

Ons gaan ook die naelstring area na en maak seker dat alles mooi skoon en droog is.

Page 39: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Hierdie lammers is 4 weke oud en begin al lekker speel en hardloop rond.

8 Weke

Op 8 weke word die lammers gespeen, en is hierdie ʼn groot mylpaal in hulle lewens.

o Doseer lammers vir rondewurm en lintwurm; o Ent lammers 1ste chlostridiale siektes en Pasteurella en 1ste Choryne

bakterieë; o Doseer lammers spoorelemente en vitamines o Tatoeëer die lammers (Regter oor: Kuddemerk en geboorte jaar) en (Linker

oor: Oor nommer wat in die oor geknip is) o Elke lam word ook nou geweeg

Hierdie lammers word nou na die voerkraal geneem waar hulle die voerkraal rantsoen kry en hoë kwaliteit ruvoer.

Page 40: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

8 weke oue lammers gespeen en in die voerkraal

12 Weke

Op 12 weke word die lammers weer gedoseer en geënt:

o Doseer lammers vir rondewurm en lintwurm; o Ent lammers 2 de chlostridiale siektes en Pasteurella en 2 de Choryne

bakterieë; (Boosters) o Doseer lammers spoorelemente en vitamines

16. Speenproses op 8 weke 16.1 Opdroog van die ooie

Dit is belangrik om die ooie reeds op week 7 van alle rantsoene af te haal, en hulle net gewone veldgras/lae kwaliteit ruvoer te gee. Omdat die ooie op so goeie rantsoen is, en hulle so baie melk het, is dit belangrik om die voer te stop om te help om die melk produksie af te kry, om met die speen proses op 8 weke nie uier probleme te ontwikkel nie.

16.2 Voeding van lammers

Page 41: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Wanneer die voer van die ooie gestaak word, kry die lammers hulle voer in hulle kruiphok waaraan hulle reeds goed gewoond is. Indien jy verkies kan die lammers nou reeds geleidelik oorgaan na die voerkraal rantsoen, sodat wanneer hulle gespeen is, hulle reeds die aanpassing voltooi het op die nuwe voerrantsoen.

16.3 Ooie doseer program met speen

Wanneer die lammers op 8 weke ouderdom gespeen word, is dit die ooie se oorgang na die begin van die volgende Projekplan. Hierdie datum is die ooie se eerste datum op die volgende Projekplan, en is die ooie weer by die Voorbereiding van die ooie. (sien Punt 8.2). Met die speen van die lammers kry die ooie nou hulle dosering en inenting soos reeds beskryf. Hulle het nou 4 weke waarin hulle deur die speen skok moet gaan, en hulle moet weer voorberei word vir die volgende sponsproses. Die ooie gaan nou uit die kleinkampie, na die groot trop ooie, waar hulle weer op die onderhoudsrantsoen gaan saam met die dragtige ooie.

Nou kan gesien word wat die werklike druk is wat ons op ʼn ooi plaas om in hierdie stelsel te kan funksioneer. Maar wees gerus, enige goeie funksionele vrugbare ooi kan hierdie proses suksesvol handhaaf vir die res van haar leeftyd.

Baie mense vra ons hoe oud kan ʼn ooi in die stelsel word, en ons antwoord is: As haar tande, haar tone en haar uier dit kan hou, kan sy dit doen totdat sy baie oud is. Hierdie ooie kry baie hoë voeding dwarsdeur die siklus, en daarom kan sy dit doen en kan sy baie oud word!

17. Bestuur van lammers in die voerkraal 17.1 Voeding

Die lammers is reeds van week 7 af voorberei op die voerkraal rantsoen, en gaan hulle net voort met hierdie voerkraalrantsoen ad. Lib. Hulle kry ook hoë kwaliteit ruvoer in die voerkraal en dit is altyd beskikbaar. Daar moet voldoende eet spasie vir die lammers wees, sodat almal genoeg kan kry.

ʼn Ander baie belangrike aspek is voldoende skoon water. Waterkrippe moet gereeld skoongemaak word. Krippe moet daagliks nagegaan word vir lekplekke, sodat daar nie modder om die krippe kom wat weer ander gesondheidsprobleme kan veroorsaak nie.

17.2 Koelte

Lammers moet verkieslik ook ʼn afdak of skuur hê, waar hulle kan skuiling kry in baie warm toestande. Met uiterstes in die weer gebruik die lammers dan energie wat die groei van die lammers beïnvloed. As dit baie warm is eet die lammers nie soos hulle moet nie, en dus groei hulle dan ook nie soos hulle moet nie, wat die tyd in die voerkraal verleng en voerkostes verhoog. Elke dag langer in die voerkraal is onnodige kostes wat voorkom kan word deur goeie beplanning met jou fasiliteite.

Page 42: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

17.3 Reën

Dieselfde is van toepassing as die koelte. Met reën eet die lammers ook nie, hulle kry koud en gebruik hulle energie om warm te word, wat verlaagde groei veroorsaak, wat weer die tyd in die voerkraal verleng. Reën maak die voerkraal baie moeilik, omdat dit modder veroorsaak, en dit lei weer tot ander probleme.

Wat ons doen in lang uitgerekte tye van reën en ons sien dit is baie modderig, haal ons eerder die lammers uit die voerkraal en sit hulle in ʼn kleinkampie met beter dreinering, en ons het gevind dat al is hulle dan buite doen hulle beter as in die modder kraal. Dus is die beplanning van jou voerkraal ook baie belangrik as dit kom by die dreinering in reëntye.

17.4 Koue

Koue ook ʼn faktor wat jy in ag moet neem. Baie mense skeer die lammers sodra hulle wol reg is. Die seisoen moet net ook in aanmerking geneem word. Lammers wat energie moet gebruik om warm te bly gaan nie groei soos hulle moet nie. By ons in die winter kry ons die koue winde van die sneeubedekte Drakensberge, wat ons aanvoelbare temperatuur aansienlik laat daal, daarom is ʼn toe skuur vir ons in ons omstandighede baie belangrik. Ons moet verseker dat die lammers die mees optimale omstandighede het, om so vinnig as moontlik hulle gewig te kan bereik.

17.5 Spasie

Met die Intensiewe skaapstelsel, is die gebruik van die voerkraal baie gerieflik, en kan ʼn klein spasie voldoende wees vir die doel, omdat lammers in groepe gespeen word, is dit nie nodig om baie groot fasiliteite te hê nie. Daar moet net verseker word dat daar genoeg eet spasie by die bakke is, sodat al die lammers gelyktydig kan eet, en almal gemaklik daar kan staan.

Voerkraal met ʼn grondvloer met skuiling soos dit wat ons op Mamre het, benodig 1,1m² per skaap met ʼn massa van 20 – 40kg.

ʼn Voerkraal grootte van 10m x10m is voldoende vir 50-80 skape afhangende van hulle gewig.

ʼn Vreetspasie van 8cm per skaap word benodig waar skape vrye toegang tot voer het.

(Dr. T. M. Laas: Praktiese wenke vir die beplanning en oprigting van Fasiliteite by ʼn skaapvoerkraal.)

17.6 Ooitjies en rammetjies

Rondom 12 weke ouderdom skei ons die ooitjies en die rammetjies, omdat die rammetjies die ooitjies begin jaag en hulle nie genoeg tyd het om te eet en voldoende gewig op te tel nie. Lammers van dieselfde geslag is ook baie meer gemaklik in die voerkraal en is daar baie meer rustigheid.

Page 43: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

18. Bestuur van jong ooitjies

Aktiwiteit Dag Datum Voeding Gesondheid

Speen lammers 8 weke en weeg lammers 42 dae(2mnd)

0 2015-04-23 Voerkraal rantsoen ad lib met ruvoer

Doseer lammers 12 weke (3mnd)

28 2015-05-21 Voerkraal rantsoen ad lib met ruvoer

Ontwurm ooie; Ent ooie teen Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium; Spuit spoorelemente en vit. A & E. Spuit Bloutong ABC en ent teen enzootiese aborsie

Weeg lammers 15 weke (3mnd&3weke) (105dae)

21 2015-06-11 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 35weke (8mnde)

135 2015-10-24 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 43weke (10maande)

61 2015-12-24 Buite skaap rantsoen. Begin om ooitjies voor te berei vir spons volvoer 500g per dag

19. Bestuur jong rammetjies

Aktiwiteit Dag Datum Voeding Gesondheid

Speen lammers 8 weke en weeg lammers 42 dae

0 2015-03-23 Voerkraal rantsoen ad lib met ruvoer

Ontwurm ramme Ent teen Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium; Spuit spoorelemente en vit. A & E

Doseer lammers 12 weke

28 2015-04-20 Voerkraal rantsoen ad lib met ruvoer

Ontwurm ramme; Ent teen Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium; Spuit spoorelemente en vit. A & E. Ent ramme Rev1

Page 44: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Weeg lammers 15 weke

21 2015-05-11 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 19 weke

30 2015-06-10 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 23 weke

30 2015-07-10 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 27 weke

30 2015-08-09 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 31 weke

30 2015-09-08 Buite skaap rantsoen

Weeg lammers 35 weke

30 2015-10-08 Buite skaap rantsoen

Ontwurm ramme; Ent teen Bloednier, Pasteurella en Corynebakterium; Spuit spoorelemente en vit. A & E

Weeg lammers 39 weke

30 2015-11-07 Buite skaap rantsoen

20. Winsgewendheid van die stelsel 20.1 5 lammers in 2 jaar

In die Mamre intensiewe stelsel is die winsgewendheid van die stelsel vir ons van kardinale belang. Die aspek wat die winsgewendheid dryf is produksie van die ooie. Vir hierdie stelsel om winsgewend te wees moet elke ooi op die plaas:

Op versnelde lamstelsel wees – elke 8 maande lam

5 lammers in 2 jaar hê

Lammers moet geslag kan word op 16 weke ouderdom met ʼn karkas gewig van 25kg – 30kg.

Waarde toevoeging tot eindproduk, nl. Organiese hormoon vrye lamsvleis te kan lewer direk aan die huisvrou.

Page 45: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

20.2 170% speenpersentasie per lamsiklus - 255% speenpersentasie per jaar

Die Intensiewe lamstelsel is produksie gedrewe. Hoe meer lammers die ooie produseer hoe hoër is die wins op die einde van die dag.

20.3 Vereistes vir winsgewendheid

Speenpersentasie soos bo bespreek

Waardetoevoeging: Die volle waardeketting moet benut word, en daarom moet bemarking direk aan eindverbruiker plaasvind.

21. Skaaprasse en intensiewe skaapboerdery

Daar is baie skaaprasse in Suid-Afrika vandag. Skape kom regoor Suid-Afrika voor, en hulle is aangepas om in enige omstandighede te kan funksioneer.

Dit is belangrik om te besef dat nie alle skape aangepas is vir die intensiewe skaapstelsel nie. Daar is verskeie rasse wat aangepas is by ekstensiewe omstandighede. Hierdie rasse is te wild in die hokkies en beseer hulle die lammers, hulle raak depressief en hou op eet.

Ons het nadat ons ons navorsing gedoen het, besluit op die Dormer skaap, omdat hulle spesifiek vir die slaglam produksiestelsel geteel is, en hulle ook aangepas is in klein kampie omgewing. Hulle gee nie om om vir 10 dae in ʼn lamhokkie te staan nie, solank sy haar kos kry en haar lam by haar het is sy tevrede. Sy het ook ʼn rustige temperament, en beseer nie haar lammers in die lamhokkies nie.

Dit is ook ʼn skaap wat vinnig groei, en wat kwaliteit karkaste lewer.

Verder is die Dormer ʼn witwol skaap wat met groot sukses in kruisteel programme gebruik kan word.

Volgens ons is die Dormer die ras om te oorweeg vir Intensiewe skaapboerdery, maar daar is ook ander rasse wat wel met sukses gebruik kan word, maar nie so winsgewend vir ʼn slaglamproduksie stelsel is soos die Dormer nie.

22. Siektes en behandeling

Daar is baie siektes en nog meer behandeling vir verskeie siektes. Daar is ook baie goeie Skaap hantering en siekte boeke in die mark beskikbaar, naamlik:

Kleinveesiektes – Jan de Wet en Gareth Bath

Boer met Kleinvee – Die Skaapherder

Page 46: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Dan is dit ook baie belangrik om jou plaaslike veearts te raadpleeg oor die spesifieke siektes wat in jou area voorkom, en ook ʼn spesifieke doseer en inentings program saam met hom/haar op te stel wat aan jou behoeftes sal voldoen.

23. Die laaste woord

Manie is op Frankfort gebore en het grootgeword op Mamre. Karin is in Rustenburg gebore. Ons het mekaar ontmoet op RAU waar ek B. Cur studeer het. Ons is op 16 Desember 1989 getroud. Ons het nog albei gestudeer en het daarna met ons onderskeie beroepe begin. Manie is ʼn Bedryfsielkundige en Karin ʼn Geregistreerde Verpleegkundige. Ons was altyd betrokke by die plaas, maar het nooit fisies geboer nie.

In 1992 is Manie se Pa oorlede en toe het ons “Plaas storie” begin. Mamre was altyd ʼn skaapplaas en Manie het in ʼn skaapkraal grootgeword. Toe ons begin boer het ons eers deeltyds geboer en het daarom eers met beeste begin boer. Skape het jou voete en oë nodig.

Nadat ons in 2005 voltyds begin boer het, het ons besluit om weer met skape te begin boer. Ons het eers met ʼn ekstensiewe ras begin, maar het vinnig agter gekom dat hulle nie aangepas is in hierdie deel van die wêreld nie, en ook nie aard in die intensiewe stelsel nie, en moes ons noodgedwonge ʼn ander rigting inslaan. Manie het nog altyd die begeerte gehad om met ʼn vleisskaap te boer, en daarom het ons die Dormerskaap begin ondersoek, en het gevind dat hulle ook baie goed aangepas is vir die intensiewe lamhokkie stelsel. Ons het begin deur 25 Stoet ooitjies te koop, en toe het die boerdery net uitgebrei, tot waar die Mamre Dormers vandag is en die boerdery word gedryf deur passie. Die Mamre Dormer stoet is begin in Maart 2010, en hulle doen hulle leuse elke dag trots gestand, naamlik:

“Hierdie Buksies is Bielies!”

Page 47: Intensiewe Skaapboerdery die MAMRE stelsel vir Intensiewe... · Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491 Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)

Mamre Dormers: Manie & Karin Wessels 0828541491

Mamre Dormers: Manie en Karin Wessels 0832847470 (Kopiereg Voorbehou)