j o n g w y n s k o u - agri...stellenbosch stadsaal op saterdag 25 augustus 2018. 'n gehoute...

15

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn
Page 2: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

Wynbedryf BLADSY 1-2

SA Jongwynskou

Sauvignon Blanc Suid-Afrika

Wynoesherdenkingsgeleentheid

Suiwelbedryf BLADSY 3-5

Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe

Agri-Expo Qualité-Toekenningsdinee

Suid-Afrikaanse Kaasfees

Veebedryf BLADSY 6

Agri-Expo Livestock

Perdebedryf BLADSY 7

Veilings

Ready to Run-Veiling

Cape Premier Jaaroud-Veiling

Skoue BLADSY 8

Ledeskoue

Ledeskoue-vergadering

Jeug BLADSY 9

Jeugskoue

Landbouskole

Algemeen BLADSY 10-11

Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC)

US Woordfees

Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings

Landbouskrywersvereniging

Vennote

BLADSY 12

Raad

BLADSY 13

Personeel BLADSY 13

Finansies BLADSY 13

Ten Slotte BLADSY 13

Page 3: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

DIE SA JONGWYNSKOU BIED WYNMAKERS DIE GELEENTHEID OM HULLE BESTE WYNE VAN DIE HUIDIGE OESJAAR TE VERTOON.

Die skou dateer uit 1833 toe Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap die eerste wynskou in Suid-Afrika aangebied het. Dit maak die SA Jongwynskou die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika, wat vanjaar vir die 186ste keer aangebied is. Die skou is die oudste in sy soort wêreldwyd.

Die missie van die SA Jongwynskou is om die kwaliteit van wyne te beoordeel wat steeds in hulle kinderskoene is – in die jaar van produksie – voordat die wyne finaal versny en gebotteleer word. Op hierdie wyse gee die bedryf erkenning aan die produksievermoëns van ʼn kelder. Min van hierdie wyne is te koop of reeds in hul finale vorm ten tye van die beoordeling.

Die agt deelnemende wynstreke is Robertson, Worcester/Breedekloof, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en Klein Karoo.

Kampioene word aangewys in die volgende kategorieë: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnit, Soetwyne, Edellaatoes, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel.

Benewens die SA Kampioene was die indrukwekkende Generaal Smuts Trofee – wat in 1952 vir die eerste keer aan die SA Kampioen Jongwyn toegeken is – ook vir die 67ste keer op die spel.

Die wenners van die 2018-oesjaar is aangewys tydens ‘n glans-galageleentheid, aangebied deur Agri-Expo in die Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018.

'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys as die wenner van die gesogte General Smuts-trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn vir 2018. Hierdie wenwyn het ook die 2017 AE Perold-trofee vir die SA Kampioen Pinotage ontvang.

Orange River Cellars (ORC) Keimoes het met die louere weggestap vir die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die hoogste totale punte wat aan hul vyf beste inskrywings toegeken is. Hierdie produsent het ook 'n driekuns SA Kampioen-trofeë gewen. Bon Courage Estate van Robertson het uitgeblink met twee SA Kampioen-trofeë.

Die Voorsitter van die SA Jongwynskou, Christo Pienaar, het gesê dat, alhoewel dit 'n baie moeilike jaar was weens die droogte in die Wes-Kaap, die gehalte van die jong wyne wat beoordeel is, uitstekend was. Hy was ook beïndruk dat die wenners van die SA Kampioen-wyne soveel verskillende produksiegebiede verteenwoordig.

Van die 1 680 wyne wat ingeskryf is, het 17 Kampioen-trofeë verwerf, is 49 as klaswenners aangewys en het 99 goue medaljes ontvang.

Die General Smuts trofee vir die SA Kampioen Jongwyn van 2018 is toegeken aan Wellington Wines vir hulle Pinotage (Gehout). Voor: Reon Richter, Chris Smit, Francois van Niekerk (Keldermeester) en Erik van Wyk van Wellington Wines. Agter: Johan Ehlers (Hoof Uitvoerende Beampte, Agri-Expo) en Christo Pienaar (Voorsitter, Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou-vereniging (SANWSV)).

W Y N B E D R Y F

J O N G W Y N S K O U

WYNBEDRYF I 2019 1

Page 4: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

SAUVIGNON BLANC SUID-AFRIKA

Sauvignon Blanc SA het Agri-Expo aangestel om vanaf 1 Januarie die kultivarorganisasie se geleentheids-bestuur, skakelwerk en administrasie te hanteer. Agri-Expo is verantwoordelik vir die daaglikse bedrywighede in samewerking met die bestuurspan van Sauvignon Blanc SA. 2019-hoogtepunte was 'n herbenaming van die Sauvignon Blanc Belangegroep na Sauvignon Blanc Suid-Afrika, met 'n bekendstellingsgeleentheid ter viering van Internasionale Sauvignon Blanc-dag op 2 Mei by Janse & Co in Kaapstad. Sauvignon Blanc SA se transformasie sluit verder 'n nuwe logo, ‘n herontwerpte webwerf geïntegreer met sosiale media-platforms, 'n tweeweeklikse tegniese blog en ‘n e-nuusbrief in.

Arno Cloete van FNB, Eunice Joubert van Agri-Expo en RJ Botha, Voorsitter van Sauvignon Blanc SA.

Agri-Expo is verantwoordelik vir die organisering van die jaarlikse FNB Sauvignon Blanc Top 10-kompetisie. Belangrike jaarlikse datums is die opening van inskrywings in Julie; die beoordeling in September; en die galatoekenningsaand in Oktober. 'n Tegniese seminaar gebaseer op die kompetisie vind in November plaas.

VERITAS & QUALITÉ-KAAS

Agri-Expo het as vennoot saamgewerk met die SANWSV om Qualité Cheese te bevorder tydens die jaarlikse Veritas-toekenningsfunksie op 6 Oktober 2018 in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS).

WYNOESHERDENKINGSGELEENTHEID

Die wynbedryf vier ‘n spesiale geleentheid in Februarie elke jaar wanneer dit die bedryf se eerste oesjaar op eie bodem op 2 Februarie 1659, soos aangeteken deur Jan van Riebeeck, herdenk. Hierdie gebeurtenis vind plaas op SA se oudste wynlandgoed, Groot Constantia, wat in 1685 gestig is deur die destydse goewerneur, Simon van der Stel. Tydens die geleentheid word die seën op die oes gevra en 'n spesiale 1659-erepenning aan 'n wyn-ikoon toegeken. Hierdie erepenning word sedert 1974 aan persone toegeken wat diep spore in die SA wynbedryf getrap het.

Die wingerdboukundige Prof Piet Goussard is vanjaar vereer. Volgens dr Ernest Messina, Voorsitter van Groot Constantia, het prof Goussard in sy loopbaan 'n groot rol gespeel in opleiding, navorsing en tegnologie-oordrag en is 'n erkende deskundige in verskeie belangrike aspekte van wingerdbou. Sy beduidende loopbaanprestasies getuig van 'n lewe wat toegespits is op die bevordering van wingerdbou as dissipline en die SA druiwe- en wynbedryf in die algemeen.

Die geleentheid word moontlik gemaak word deur die finansiële ondersteuning en vennootskappe van Groot Constantia Landgoed, Die Burger, Standard Bank en Vinpro. Agri-Expo het die geleentheid vanjaar vir die vierde keer namens die Raad van Groot Constantia en die SA wynbedryf aangebied. Die geleentheid het ‘n driegang-maaltyd deur Simon’s Restaurant, uitgesoekte wyne van die landgoed en wêreldklasvermaak deur die Gugulethu Tenors ingesluit.

Dr Ernest Messina (links) en Willem Jordaan (regs) (Redakteur, Die Burger) saam met Prof Piet Goussard, ontvanger van die 1659-erepenning vir 2019.

W Y N B E D R Y F

WYNBEDRYF I 2019 2

Page 5: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

Die SA Suiwelkampioenskappe het op 28 Februarie 2019 by Grand West plaasgevind en is deur 75 beoordelaars behartig. Dit is die oudste suiwelkompetisie in SA, wat sy 186ste bestaansjaar vier. Vanjaar is 882 produkte deur 76 vervaardigers in meer as 100 klasse ingeskryf.

Die 2019 span van beoordelaars

Die doel van die kampioenskappe is om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en gehalte te verbeter. Die groot getal inskrywings is goeie nuus vir die suiwelbedryf wat deur ‘n trae ekonomie en voortslepende droogte gekniehalter word. Die vele eerste-keer-inskrywings, en vervaardigers wat ook nuwe produkte in ander klasse inskryf, dui op ‘n groei in produkontwikkeling.

Die kampioenskappe is van die enigste ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik ten einde ‘n meer akkurate uitslag te bekom. Beoordelaars-kommentaar word ná die kampioenskappe aan deelnemers gekommunikeer om kwaliteit te verbeter, vernuwing aan te moedig en uitnemendheid te bevorder.

Die SA Kampioene is die wenners in elk van die 107 klasse in die tien kategoriëe, naamlik kaas, botter, joghurt, suiwelnageregte, maaskaas, roomys, gegeurde en aangesuurde melk, suiwel doopsouse, melk en room. Die Qualité-merk, die enigste merk van gehalte in die SA suiwelbedryf, word slegs toegeken aan produkte van uitmuntende gehalte. ‘n Paneel van vyf beoordelaars wys die SA Suiwelproduk van die Jaar aan.

Beoordeling tydens die kampioenskappe

Vanjaar se SA Suiwelkampioenskappe is bygewoon deur Beverley Schäfer, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede. Schäfer sê die kampioenskappe is ‘n uitstekende geleentheid vir agri-verwerkers om nasionaal mee te ding op ‘n baie hoë vlak van gehalte en vernuwing.

Die 2019 SA Suiwelkampioenskappe is moontlik gemaak

deur vennootskappe met Lake Foods, Santam Landbou,

die Melkprodusente-organisasie (MPO) en The Dairy

Mail.

Johan Ehlers (HUB, Agri-Expo), Vernon Manuel (suiwelspesialis, DuPont), Leonard Majampa (produksiebestuurder, DV Chocolates), Beverley Schäfer (Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede) en Lucio Lepera (suiwelspesialis van Sacco Systems in Italië) by die 2019 SA Suiwelkampioenskappe.

S U I W E L B E D R Y F

S U I D - A F R I K A A N S E

S U I W E L K A M P I O E N S K A P P E

SUIWELBEDRYF I 2019 3

SUIWELBEDRYF I 2019 3

Page 6: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

Belnori Boutique Cheesery se St Francis of Ashisi, ‘n boetiekkaas gemaak van gelyke hoeveelhede bok- en beesmelk, is as SA se Suiwelproduk van die Jaar aangewys by die Agri-Expo Qualité-toekenningsdinee op 29 Maart 2019 by GrandWest in Kaapstad.

Die 2019 SA Suiwelproduk van die Jaar

Belnori het tydens vorige Kampioenskappe reeds

verskeie Qualité-toekennings ontvang, maar dit is die

eerste keer dat hulle die Produk van die Jaar oplewer.

Die eienaars van Belnori, Rina en Norman Belcher, is

wêreldbekende kaasmakers wat met vele

internasionale pryse vir hul kase spog, waaronder die

Agri-Expo-toekenning vir ‘Beste SA Kaas’ by die 2018

World Cheese Awards in Bergen, Noorweë.

Vanjaar se inskrywings – 882 suiwelprodukte van 76

vervaardigers – dui op vooruitgang, innovasie en

kreatiwiteit binne die bedryf. Verskeie nuwe produkte is

ingeskryf, waaronder kase verryk met inkvis-ink,

geaktiveerde houtskool en truffelsous, en Halloumi wat

hom voordoen as ‘n ‘Braailoumi’. 13 ‘nuwe’

vervaardigers het vir die eerste keer ingeskryf. Die

kampioenskappe se 75 beoordelaars, waaronder

suiweltegnoloë en sjefs, het vanjaar 101 produkte as SA

Kampioene aangewys. Slegs sestien produkte is met die

gesogte Qualité-merk van gehalte vereer.

Belnori Boutique Cheesery se Norman Belcher, Johan

Ehlers (HUB, Agri-Expo), Rina Belcher en Bongi

Nondzama.

Parmalat SA (Edms) Bpk en Lancewood het die voortou geneem met drie Qualité-toekennings elk. Clover SA en Fair Cape Dairies het gevolg met twee Qualité-toekennings elk. Belnori Boutique Cheesery, Ladismith Cheese Company, Rhodes Food Group, Klein River Cheese, De Pekelaar and Klippiesveld Kaas het elk een Qualité-toekenning verower.

Die 2019 Qualité-wenners

Agri-Expo bedank graag die vennote van die Qualité-toekenningsdinee vir hul toewyding tot die ontwikkeling van die SA suiwelbedryf: Synercore, Woolworths, Santam Landbou, Lake Foods, Condio, MANE, Guth, die Melkprodusente-organisasie (MPO), The Dairy Mail, ORCHEM en Octofin.

S U I W E L B E D R Y F

A G R I - E X P O Q U A L I T É -T O E K E N N I N G S D I N E E

SUIWELBEDRYF I 2019 4

Page 7: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

DIE SA KAASFEES IS OOR DIE AFGELOPE 18 JAAR GEVESTIG AS SUID-AFRIKA SE GEWILDSTE BUITELUG-KOSERVARING.

Die 18de SA Kaasfees van 26 tot 28 April 2019 was ‘n immer-innoverende sukses. ‘n Rekordaantal van meer as 170 uitstallers het aan die fees deelgeneem, waarvan omtrent ‘n derde nuwe deelnemers was. Saterdagkaartjies was die vroegste ooit uitverkoop. Mediablootstelling van meer as R40 miljoen is vanjaar gegenereer.

Uitstallers spog met ‘n verskeidenheid unieke produkte.

‘n Hoogtepunt by vanjaar se fees was die hoë standaard van produkte – waarvan die SA Suiwelproduk van die Jaar én die London Spirits Competition Gin van die Jaar vir 2019, Deep South Distillery se Cape Dry Gin, getuig.

Die groot verskeidenheid uitstallers is ‘n belangrike rede vir die voortgesette sukses van die fees. Een van die pluspunte vir feesgangers vanjaar was groter deelname van internasionale kase uit Italië en Nederland. ‘n Splinternuwe toevoeging tot die Cheese Emporium was die Food Lover’s Piazza.

Nóg ‘n nuwigheid was die Craft Canopy-uitstalarea met ‘n groot verskeidenheid wyn, bier, vonkelwyn – en vir die eerste keer boetiekgin. Die Tasting Room was ‘n groot gunsteling onder besoekers met bekende sjefs wat daagliks ses pas-en-proe-sessies aangebied het.

18 pas-en-proe-sessies is oor drie dae in die Tasting Room aangebied.

‘n Aantal klein kaasmakers kon hul unieke handgemaakte produkte bekendstel as deel van die #Support #SmallCheeseMakers-projek in vennootskap met die WKDL en Absa. Besoekers kon as deel van Cape Made Taste the Alternatives, danksy ‘n vennootskap met die WKDL, innoverende skeppings van 50 uitstallers se nis- en alternatiewe produkte geniet. Meer as 30 resepte is spesiaal ontwikkel vir kookdemonstrasies wat daagliks in die Cape Made Kitchen aangebied is.

Positiewe terugvoer is ontvang van besoekers, uitstallers én vennote oor die nuwe feeservarings, die uitleg van die terrein en die gesellige samesyn. Aangesien vanjaar se feesdatums nie 'n openbare vakansiedag ingesluit het nie, was daar 'n afname in besoekersgetalle.

Die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, Beverley Schäfer, het die SA Kaasfees in 2019 besoek.

S U I W E L B E D R Y F

S A K A A S F E E S

SUIWELBEDRYF I 2019 5

Page 8: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

Die vyfde Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe, wat van 11 tot 13 Oktober 2018 op Sandringham buite Stellenbosch aangebied is, het byna 16 000 besoekers gelok. Die geleentheid is in Februarie vir die tweede jaar in ‘n ry bekroon as die Beste Handel-en-Verbruikersuitstalling in Afrika by AAXO (African Association of Exhibition Organisers) se ROAR-uitstalbedryftoekennings.

‘n Hoogtepunt by vanjaar se skou was die 20ste nasionale kampioenskappe van die SA Holstein- beestelersgenootskap wat slegs vir die derde keer in die genootskap se 106-jarige bestaan in die Wes-Kaap aangebied is. Telers van verskeie provinsies het byeengekom vir dié skou, wat ‘n spesiale funksie ingesluit het waar aan legendes in die bedryf hulde gebring is. CS Puttergill & Sons se Holstein-koei Damion Iona 12077 is as die Nasionale Kampioen aangewys.

SA Holstein se 20ste nasionale kampioenskappe is by Agri-Expo Livestock aangebied

Die interraskampioenskappe is vir die eerste keer in die

vyfjarige bestaan van die skou deur ‘n Simmentaler

gewen. Die titel BKB-Vleisbeeskoningin is aan Milagro

Amy 1471, van Andrew Masterson van die Oos-Kaap,

toegeken. Dit is die tweede jaar in ‘n ry dat Masterson

in die interraskampioenskappe seëvier. Tierwil

Dimension's Abbigail 13010 van Rikus van Wyk van

Tierwil Jerseys buite Porterville is as die 2018 FNB-

suiwelkoningin, die hoogste eer aan ‘n teler, gekroon.

Van Wyk beskryf Livestock as “van internasionale

gehalte, met ‘n uitsonderlike atmosfeer”.

Die 2018 FNB-Suiwelkoningin

Die 2018 BKB-Vleisbeeskoningin

Besoekers kon meer as 150 uitstallings besoek, 300 plaasdiere ontmoet en boonop topdiere van verskeie rasse sien meeding met sowat 20 telersgenootskappe wat betrokke is. Hoogtepunte het die SA Skaaphondveiling, die Wes-Kaapse Boerboelskou, die Kaapse Konynklub se Lentekampioenskap-skou en Internasionale Pinotage-dagvieringe ingesluit.

Livestock se landbou-opvoedkundige program vir skole in vennootskap met die WKDvL is deur bykans 3 000 leerders bygewoon. 'n Nuwe toevoeging was die Connect Agri-uitstalling, met die fokus op landbou-loopbaangeleenthede.

Mediablootstelling van meer as R20 miljoen is gegenereer.

V E E B E D R Y F

A G R I - E X P O L I V E S T O C K &

D I E G R O O T P L A A S P R O E

VEEBEDRYF I 2019 6

Page 9: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

VEILINGS

Cape Thoroughbred Sales (CTS) het Agri-Expo gekontrakteer om die logistieke- en stalbestuur vir perdeveilings vir hierdie finansiële jaar te hanteer. Weens veranderinge in die renindustrie is slegs twee veilings vanjaar aangebied.

READY TO RUN-VEILING

DURBANVILLE RENBAAN: NOVEMBER 2018

‘n Totaal van 117 perde is in die katalogus opgeneem waarvan 109 te koop aangebied is. ‘n Totaal van 99 perde is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R205 252. Vanjaar is 'n nuwe formaat bekendgestel met die galoppe wat op dieselfde dag as die veiling in die oggend gehou is.

‘n Deelnemer aan die Ready to Run-veiling

‘n Deelnemer op ‘n galop tydens die Ready to Run-veiling

CAPE PREMIER JAAROUD-VEILING KIKS KAAPSTAD: JANUARIE 2019

Die Premier Jaaroud-veiling te KIKS bly die vlagskip-gebeurtenis van die jaar. ‘n Totaal van 226 jong jaaroudvullens is gekies vir die 2019-veiling en 217 is te koop aangebied. Die gemiddelde prys van verkope was R436 450 met 193 perde wat verkoop is.

Die ekonomie het beslis 'n impak gehad op die bedrae wat vanjaar vir die perde aangebied is, en die totale inkomste uit die veiling was laer as in die verlede. Buitelandse aankope het 29% van die totale veiling uitgemaak, ten spyte daarvan dat die Afrika Perdesiekte uitvoerprotokol na die EU nog nie gefinaliseer is nie.

Die Premier Jaaroud-veiling te KIKS

P E R D E B E D R Y F

PERDEBEDRYF I 2019 7

Page 10: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

LEDESKOUE

Agri-Expo het weereens vanjaar as borg opgetree by 14 lewensvatbare landbouskoue wat lid is van die Genootskap. Hierdie skoue stel landbouprodukte van hoogstaande gehalte ten toon en verskeie Nasionale, Provinsiale en Streekskampioenskappe word jaarliks onder die Agri-Expo vaandel by hierdie skoue aangebied.

Diere en ander landbouprodukte verbeter jaarliks by hierdie skoue en Kampioenskappe lok groot belangstelling van orals in Suid-Afrika. Benewens hierdie aanbiedinge is daar ook seminare, jeugskoue, skoue vir opkomende boere en pluimveeskoue.

LEDESKOUE-VERGADERING

Internasionale uitdagings en geleenthede van landbouskougenootskappe was in die kollig tydens Agri-Expo se jaarlikse landbouskouvergadering wat op Vrydag 31 Mei 2019 in die Paarl gehou is. Verteenwoordigers van 14 verskillende skoue in die Wes- en Noord-Kaap het vanjaar se byeenkoms bygewoon. Die doel van die vergadering is om idees uit te ruil tussen skoue, nuwe denkpatrone te stimuleer, tendense in landbou te bespreek, en skoudatums te koördineer.

Ledeskouverteenwoordigers klink 'n glasie melk ter viering van Wêreldmelkdag

Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo, het gesels oor internasionale landbouskou-tendense wat by die Statebond se mees onlangse landboukongres, in November 2018 in Kanada, na vore gekom het. Ehlers was een van 32 uitvoerende hoofde van landbou-organisasies uit 12 lande wat dié tweejaarlikse kongres bygewoon het. Volgens Ehlers is vernuwing om relevant te bly en aan besoekersbehoeftes te voldoen in ‘n veranderde wêreld ‘n gemeenskaplike uitdaging van landbouskoue wêreldwyd. ‘n Fokus op jeugbetrokkenheid is ‘n belangrike rede vir die groeiende sukses van landbouskoue in Amerika.

Die betrokkenheid van vrywilligers is ‘n groot leemte in SA. In baie lande word dit beskou as ‘n voorreg vir die publiek om gratis te help en is daar selfs ‘n keuringsproses omdat dit so gewild is. Dit kan baie bydra om te spaar op personeelonkoste. Agri-Expo is baie dankbaar vir bestaande gemeenskapondersteuning, maar wil graag meer mense aanmoedig om eerstehands by ledeskoue betrokke te raak.

Nico de Waal (Clanwilliam Skou), Wilhelm Steenkamp (Williston Skou) en Hugo Lochner (President, Agri-Expo)

Breyton Milford, Operasionele Bestuurder van Agri-Expo, het ‘n praatjie gelewer oor die beeld van landbouskoue internasionaal na aanleiding van sy deelname aan die ASAO (Association of Shows and Agricultural Organisations:UK) skouekonferensie in November 2018 in Hampshire in die Verenigde Koninkryk.

Eunice Joubert, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo, het gesels oor verhoudinge met vennote, en Reinette Basson, Verkoopsbestuurder van Agri-Expo, oor die bestuur van uitstallers.

S K O U E

SKOUE I 2019 8

Page 11: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

JEUGSKOUE

Agri-Expo se verbintenis met jeugskoue strek sedert 1999 toe Agri-Expo die inisiatief geneem het om die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging en die Nasionale Landbou Jeugvereniging tot stand te bring.

Vandag tree Agri-Expo op as borg van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging. Hierdie onafhanklike organisasie beywer hom vir die bevordering van landbou onder die jeug in die Wes-Kaap deur middel van jeugskoue.

Nege streekskoue is vanjaar aangebied met 1033 deelnemers, die meeste nóg in die geskiedenis. Die streekskoue is aangebied by: Swellendam (137), George (61), Clanwilliam (136), Nampo Kaap (73), Swartland (127), Riversdal (114), Malmesbury (123) , Heidelberg (125), en by Agri-Expo Livestock (137) leerders. Deelnemers moet by hierdie streekskoue kwalifiseer om genooi te word na die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe.

Tydens die streekskoue neem leerders deel aan die volgende kategorieë: Perde, Suiwelbeeste, Vleisbeeste, Hoenders, Vleisbokke, Veselbokke, Melkbokke, Wolskape, Vleisskape, Suiwelbereiding, Wedvlugduiwe en Kulinêre Kuns.

Die 2018 Junior Kampioen-wolskaapgroep kom van die Wes-Kaap; hier saam met hul afrigter Magdel Mosterd.

Opleiding en ontwikkeling is vanjaar by verskeie skole gedoen om Jeugskou op die platteland te bevorder. ‘n Nuwe struktuur binne die Wes-Kaap Jeugskou is in plek gestel sodat daar gefokus kan word op ontwikkeling by landelike skole.

Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe is op 20 en 21 Maart 2019 op Bredasdorp aangebied. Die standaard van die deelnemers van regoor die Wes-Kaap was van hoogstaande gehalte en die terrein van Bredasdorp Park het hom uitstekend tot die kampioenskappe verleen. Altesaam 144 leerders het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem.

Die Old Mutual Insure Nasionale Jeugskou Kampioenskappe is vanjaar vir die eerste keer op George aangebied. Dit was slegs die derde keer dat die kampioenskappe in die Wes-Kaap aangebied is. Die Wes-Kaap span het weereens die botoon gevoer en is vir die 13de agtereenvolgende keer as die kampioene van hierdie kompetisie gekroon.

Boerbokwenners by die Nasionale Kampioenskappe, saam met Leon Rix, Agri-Expo Raadslid.

LANDBOUSKOLE

Agri-Expo het ‘n jarelange verbintenis met die drie landbouskole in die Wes-Kaap, naamlik Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam, Hoër Landbouskool Boland in die Paarl en Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal.

Jaarliks word beurstoekennings beskibaar gestel aan hierdie drie landbouskole om tydens hul prysuitdelingsfunksies aan te wend vir leerders wat op akademiese en landbougebied deur die jaar presteer het. Agri-Expo is trots op die kwaliteit landbouonderrig wat hierdie drie landbouskole in die Wes-Kaap aanbied.

JEUG I 2019 9

J E U G

Page 12: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

ROYAL AGRICULTURAL SOCIETY OF THE COMMONWEALTH (RASC)

Agri-Expo is ‘n lid van die RASC, die amptelike spreekbuis van Landbou in die Statebond. Die RASC, wat in 1957 deur SKH die Hertog van Edinburgh as President gestig is, speel ‘n deurslaggewende rol in die bevordering van landbou. Vandag is die RASC ‘n konfederasie van meer as 50 landbouverenigings, navorsinginstellings en landbougenootskappe van regoor die Statebond met HKH Prinses Anne as President.

28ste Statebond Landboukongres, 2018

Die Statebond se tweejaarlikse Landboukongres is die RASC se belangrikste platform. Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo en trusteeraadslid van die RASC, en Breyton Milford, Operasionele Bestuurder van Agri-Expo, het as sprekers aan die 28ste Statebond Landboukongres in November 2018 in Edmonton, Kanada deelgeneem. Milford is sedert 2008 ‘n lid van die RASC se “Next Generation”-forum vir landbouers jonger as 40 jaar.

Agri-Expo het as fasiliteerder opgetree met die WKDvL om te verseker dat Riana van Rensburg, landbou-adviseur van Clanwilliam en Stewart van Rooy, opkomende boer van Wupperthal, finansieel ondersteun is om as Next Generation-afgevaardigdes die kongres by te woon. Die Departement het ook vir Milford ondersteun as Next Generation-afgevaardigde. Die 29ste Statebond Landboukongres vind in Junie 2020 in Norwich, Norfolk, Engeland, plaas.

Johan Ehlers, Eunice Joubert, Stewart van Rooy, Riana van Rensburg en Breyton Milford tydens die 28ste Statebond Landboukongres in Kanada

Tweede Agri-Expo leier dien in RASC trusteeraad

Breyton Milford, Operasionele Bestuurder van Agri-Expo, is verkies as trusteeraadslid die RASC, waarmee hy volg in die voetspore van Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo. Daar is slegs twee stoele vir “Next Generation”-lede op die trusteeraad, ‘n amp waarin Milford verkies is tydens die RASC se Algemene Jaarvergadering op 10 Junie 2019 in Trinity, Jersey in die Kanaaleilande. Ehlers en Milford is tans die enigste twee raadslede uit Afrika.

Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou, wens Milford geluk met sy aanstelling

30ste Statebond Landboukongres, 2022

Agri-Expo bied die 30ste Statebond Landboukongres in 2022 aan. Die kongres sal van 13 tot 18 November 2022 in die KIKS plaasvind en deur sowat 300 afgevaardigdes van 30 Statebondlande bygewoon word.

Die kongres is ‘n ideale geleentheid om die wêreld te laat fokus op die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing en spesifiek die Wes-Kaap. 'n Promosievideo kan op die konferensie-webwerf www.rasc2022capetown.com besigtig word.

ALGEMEEN I 2019 10

A L G E M E E N

Page 13: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

US WOORDFEES

Skaapvleis vanuit die Hardemanskaroo tot die Kamdeboo, Qualité-kase, veldgrasvleis en wildsvleis, asook die FNB Sauvignon Blanc Top 10- en ander bekroonde wyne is van die interessante proeë wat fynproewers vanjaar kon ervaar tydens die vierde jaarlikse Agri-Expo Landbouproe-reeks van 1 tot 10 Maart 2019 by die US Woordfees op Stellenbosch.

Dié gewilde reeks het vanjaar bestaan uit nege pas-en-proe-sessies met bekende kos- en wynpersoonlikhede. Met hierdie inisiatief, in samewerking met sy vennote, skep Agri-Expo ‘n unieke platform om die beeld van landbou aan ‘n wyer gehoor oor te dra.

FNB Sauvignon Blanc Top 10-wyne is saam met Qualité-kase geproe tydens die Agri-Expo Landbouproe-reeks

Vanjaar se reeks het vele nuwe proe-ervarings ingesluit, naamlik konvensionele versus veldgrasvleis saam met kenners van die Veldvleisvereniging van Suid-Afrika; eiesoortige terreinspesifieke Kaapse ikoonwyne in samewerking met Cape Vintner Classification (CVC); en 2018 FNB Sauvignon Blanc Top 10 kompetisiewenners wat saam met Qualité-bekroonde kase geproe is. Die Koning van die Karoo, Gordon Wright, was die aanbieder van ‘n Sondagmiddagete in samewerking met Skaapvleis SA.

Glanssjef Bertus Basson het proeë van Merino-lambsboud aangebied saam met Kaapse Wynmeester en Veritas vise-voorsitter, Bennie Howard, wat Veritas-bekroonde rooi wyne as pasmaats geskink het.

Nog ‘n unieke proe was lamsboud van Konsortium-Merino, ook saam met Veritas-bekroonde rooiwyne. Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz SA, het sy kennis gedeel tydens ‘n Shiraz-en-Wildsvleisproe terwyl Charles Back van Fairview ‘n proe van innoverende kaassoorte en wynstyle aangebied het.

WES-KAAPSE PRESTIGE-LANDBOUTOEKENNINGS

Agri-Expo is jaarliks betrokke by die Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings, aangebied deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Die kompetisie gee erkenning aan die waardevolle en belangrike bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in Suid-Afrika lewer. Die 2018 toekenningsgeleentheid het op 3 November by Nederburg Wynlandgoed in die Paarl plaasgevind. Die gesogte Agri-Expo wisseltrofee vir die Agri-werker met die Beste Potensiaal is vanjaar aan Laurine Matsamburutsa van De Grendel Wyne in Durbanville oorhandig.

LANDBOUSKRYWERSVERENIGING

Eunice Joubert, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo, is herverkies tot Voorsitter van die Wes-Kaap tak van die Landbouskrywersvereniging en Hugo Lochner, President van Agri-Expo, tot Ondervoorsitter.

Die tak was aan die stuur van die reëlings vir ‘n besoek aan die 2018 Boer van die Jaar, Pieter Graaff van Witzenberg Eiendomme, van 28 Februarie tot 1 Maart 2019.

Agri-Expo het weer in samewerking met die Wes-Kaapse tak gasheer gespeel vir die 38ste jaarlikse Landbouskrywers SA Nasionale BKB-fotokompetisie vir landboumedia. Al die reëlings en inskrywings vir die kompetisie is deur Agri-Expo hanteer.

ALGEMEEN I 2019 11

A L G E M E E N

Page 14: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

SUIWELBEDRYF QUALITÉ Condio GUTH Lake Foods Mane SA Melkprodusente-organisasie (MPO) & AgriConnect Octofin Consult Orchem Santam Simonsig Wines Synercore Holdings Woolworths SA KAASFEES Wes-Kaapse Departement van Landbou Président Hortgro ABSA Checkers Food Lover’s Market Hollard Ladismith Cheese Wesgro MPO & AgriConnect Waterloo Promotions Linton Park Simonsig Wines Tecko Packaging Oasis Water Life & Leisure Caxton Magazines MyKitchen Die Burger Bok Radio Landbouweekblad Eikestadnuus A Living Way The Private Hotel School Spier Fairview Deep South Distillery Graan SA

VEEBEDRYF AGRI-EXPO LIVESTOCK Wes-Kaapse Departement van Landbou Standard Bank Hollard Kaap Agri FNB GEA BKB Old Mutual Insure Old Mutual Afgri Santam Unistel MPO Nedbank Fair Cape Dairies Humansdorp Co-Op

CLASS SPONSORS Leading Edge, Meadow Feeds, SA Holstein, WWS (W.Pringle), Ayrshire SA, SEMEX, DMC, Joyces Farms, Taurus Evolution, Afrivet

OTHER Tecko Packaging, Oasis Water, Parmalat, Jonsson Workwear Checkers, Pick n Pay, Cozi Hiring

MEDIA Landbouweekblad, Plaas Media, Bok Radio, Things to do with Kids, Die Burger, Eikestadnuus Food for Mzansi AgriConnect (The Dairy Mail, Red Meat, Wolboer) US WOORDFEES Merino SA Veritas Shiraz SA Skaapvleis SA Fairview Konsortium Merino Grassfed Association of SA Sauvignon Blanc SA Cape Vintners Classification (CVC)

AGRI-EXPO BEDANK GRAAG ALLE VENNOTE VIR HUL VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

V E N N O T E

SIEN PROJEKWEBWERWE VIR ’N VOLLEDIGE LYS VAN VENNOTE

VENNOTE I 2019 12

Page 15: J O N G W Y N S K O U - Agri...Stellenbosch Stadsaal op Saterdag 25 Augustus 2018. 'n Gehoute Pinotage van Wellington Wines is aangewys -trofee vir die algehele SA Kampioen Jongwyn

R A A D

Die Raad het gedurende Februarie 2019 ’n Strategiese

Beplanningsessie saam met die Bestuurspan by Houw

Hoek Hotel gehou. Tydens hierdie geleentheid het die

Raad die strategieë van die Genootskap bevestig en ná

deeglike evaluering opdrag gegee dat daar voortgegaan

word met alle bestaande projekte van die Genootskap.

Dit was met groot hartseer dat ons vanjaar moes afskeid neem van een van ons dienende Raadslede, mnr Lourens Smith.

P E R S O N E E L

Agri-Expo is bevoorreg om te kan funksioneer met ‘n dinamiese personeelkorps. Elke individu dra by tot die professionaliteit waarmee elke projek uitgevoer word en is beslis die kern van die Genootskap se suksesse.

Breyton Milford, Operasionele Bestuurder, het tydens ALFA 2018 die Jeug Presteerder Toekenning (Standard Bank Meriete Toekennings vir Landbou) ontvang.

Agri-Expo is dankbaar vir die personeellede se ongelooflike toewyding en het opregte waardering vir elke personeellid en tydelike werker wat onselfsugtig bydra om ‘n diens aan landbou te lewer.

F I N A N S I E S

Die afgelope jaar het ons weer laat besef dat wêreldmarkte onvoorspelbaar is en dat die koers van verandering besig is om te versnel. Dit bly ‘n wipplankrit op markte wat geteister word deur onsekerhede.

Ontluikende markte het gedurende die laaste kwartaal van 2018 onder druk verhandel en die plaaslike ekonomie was in ‘n resessie. Die JSE Algehele Indeks het op dieselfde vlakke gesluit as in Julie 2014. Dit was die moeilikste jaar op wêreldmarkte sedert 2008/09. Die Chinese ekonomie het verlangsaam tot die swakste groeisyfer in meer as drie dekades en ‘n handelsoorlog tussen die VSA en China het gedreig om te eskaleer.

Ten spyte van al hierdie risiko’s het aandeelmarkte skerp begin herstel. Die MSCI-wêreldindeks het in die eerste kwartaal van 2019 gevolglik met 11.8% versterk in Dollar terme. Die Algehele Indeks het met 7% versterk gedurende die kwartaal.

Vir plaaslike besighede bly die prentjie ongelukkig donker. Suid-Afrikaanse sentiment bly negatief, maar enige beweging in die regte rigting met betrekking tot politieke retoriek en die bestuur van die land kan groot wonders op die plaaslike beurs verrig waar baie sektore op lae waardasies verhandel. Die Rand kan ook betreklik vinnig versterk, veral met die VSA dollar wat dalk kan verswak oor die volgende paar maande.

In die tweede kwartaal van 2019 het verskeie politieke gebeure uitgespeel wat markte op hul tone gehou het. Die vernaamste is die handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë. Dit het die verkiesing hier plaaslik oorskadu en enige herlewing op die JSE vinnig in die kiem gesmoor. In Mei-maand het die VSA president, Donald Trump, die inwerkingtrede van addisionele tariewe op Chinese invoere aangekondig.

Wat Junie interessant gemaak het, was dat almal moes toekyk hoe goudmyners die JSE-indeks opdruk, terwyl die Rand noemenswaardig gestyg het. Laasgenoemde het die opbrengste van buitelandse aandele en plaaslike randverskansers platgedruk. Daar was ‘n beduidende verswakking van die Pond wat beleggings in die VK onder druk geplaas het, met die gevolg dat die algehele aandelemark slegs ‘n 4.42% opbrengs oor die afgelope 12 maande gelewer het. Dit is wel verblydend dat die Agri-Expo portefeulje 10.58% oor die afgelope 12 maande gelewer het, terwyl die gemiddelde gebalanseerde portefeulje slegs 3.24% gelewer het.

T E N S L O T T E

Die 2018/2019 begrotingsjaar het vele uitdagings, maar ook wonderlike hoogtepunte en suksesse opgelewer, ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede.

Elke personeellid het met ywer en entoesiasme bestaande en nuwe projekte aangepak en met kreatiewe denke en spanwerk die profiel van Agri-Expo aanbiedinge tot ‘n hoër vlak geneem.

Ons sien met verwagting uit na beplande inisiatiewe en aksies in 2019/2020, wat die Genootskap se rol en funksie op ‘n treffende en volhoubare manier in die publieke oog sal plaas.

TEN SLOTTE I 2019 13