jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewgewas word, aangesien té warm water die wit...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 13 4 – 11 Mei 2018 OUERS: WINTERSKLERE: Leerders mag winterskoolklere aantrek indien dit koud is. Vanaf Maandag, 14 Mei is die dra van die korrekte wintersklere verpligtend. Ouers wat wintersklere bestel het, kan dit hopelik volgende week in die saal by Maryka kom afhaal met die volgende voorwaardes: - Geen klere word aan leerders uitgedeel nie, ouers moet dit self kom afhaal. - Ouers moet bewys van betaling toon om klere te kry. - Ouers wat skriftelike reëlings vir afbetaling gehad het, se betaling moet afgehandel wees voordat klere geneem mag word. Daar is ‘n lys van name by die kantoor beskikbaar. - Maryka sal vir ‘n tydjie na skool beskikbaar wees om klere uit te deel. U is welkom om met haar ‘n reëling te tref. - Nuwe klere moet in koue water gewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. - Merk asseblief onmiddellik die klere baie duidelik. - Ons gaan u per sms in kennis stel as die nuwe klere gekom het. NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD: [AFSKEURSTROKIE] Die Noordkaap Kunswedstryd (voordrag) vind weer vanjaar van 13 - 17 Augustus te Newton Laerskool in Kimberley plaas. Leerders mag gediggies in Afrikaans of Engels voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardigheid aan te leer. Slegs 10 leerders per graad per skool word toegelaat om in te skryf. Inskrywingsgeld beloop R30 per leerder en moet by die klasonderwysers inbetaal word. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 25 Mei. Ouers moet asseblief let op die volgende: Ouers moet self hulle kinders se gediggies uitsoek/kies. ‘n Afskrif van hierdie gediggie moet saamgeneem word as u kind optree. Ouers moet self hulle kinders afrig of iemand anders kry om dit te doen. Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien uitsonderlike omstandighede voorkom dat ‘n kind noodwendig moet onttrek, verbeur die ouer die inskrywingsgeld. Ouers moet self hulle kinders Kunswedstryd toe neem. Leerders sal later in die kwartaal geleentheid gegee word om tydens saalperiode hulle gediggies op te sê vir oefening. NS: Neem net in ag dat ons Revue op Donderdag, 16 Augustus in Bloemfontein plaasvind. VIOOLLESSE: Ouers wat belangstel om hulle kinders vioollesse te laat neem, kan op Woensdag, 9 Mei om 14:00 in die saal wees om personeel van die Departement van Sport en Kultuur te woord te staan. Viole sal beskikbaar wees en kinders sal die korrekte grootte viool kry. Daar kan moontlik ‘n geringe fooi vir die vioollesse betaalbaar wees (die organiseerders moet dit nog bepaal). Lesse sal een keer

Upload: duongque

Post on 22-Aug-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 13 4 – 11 Mei 2018OUERS:WINTERSKLERE:Leerders mag winterskoolklere aantrek indien dit koud is. Vanaf Maandag, 14 Mei is die dra van die korrekte wintersklere verpligtend.Ouers wat wintersklere bestel het, kan dit hopelik volgende week in die saal by Maryka kom afhaal met die volgende voorwaardes:

- Geen klere word aan leerders uitgedeel nie, ouers moet dit self kom afhaal.

- Ouers moet bewys van betaling toon om klere te kry.- Ouers wat skriftelike reëlings vir afbetaling gehad het, se betaling

moet afgehandel wees voordat klere geneem mag word. Daar is ‘n lys van name by die kantoor beskikbaar.

- Maryka sal vir ‘n tydjie na skool beskikbaar wees om klere uit te deel. U is welkom om met haar ‘n reëling te tref.

- Nuwe klere moet in koue water gewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur.

- Merk asseblief onmiddellik die klere baie duidelik.- Ons gaan u per sms in kennis stel as die nuwe klere gekom het.

NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD: [AFSKEURSTROKIE]Die Noordkaap Kunswedstryd (voordrag) vind weer vanjaar van 13 - 17 Augustus te Newton Laerskool in Kimberley plaas. Leerders mag gediggies in Afrikaans of Engels voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardigheid aan te leer. Slegs 10 leerders per graad per skool word toegelaat om in te skryf. Inskrywingsgeld beloop R30 per leerder en moet by die klasonderwysers inbetaal word. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 25 Mei.Ouers moet asseblief let op die volgende:

Ouers moet self hulle kinders se gediggies uitsoek/kies. ‘n Afskrif van hierdie gediggie moet saamgeneem word as u kind optree.

Ouers moet self hulle kinders afrig of iemand anders kry om dit te doen.

Geen onttrekkings gaan toegelaat word nie. Indien uitsonderlike omstandighede voorkom dat ‘n kind noodwendig moet onttrek, verbeur die ouer die inskrywingsgeld.

Ouers moet self hulle kinders Kunswedstryd toe neem. Leerders sal later in die kwartaal geleentheid gegee word om tydens

saalperiode hulle gediggies op te sê vir oefening.

NS: Neem net in ag dat ons Revue op Donderdag, 16 Augustus in Bloemfontein plaasvind.

VIOOLLESSE:Ouers wat belangstel om hulle kinders vioollesse te laat neem, kan op Woensdag, 9 Mei om 14:00 in die saal wees om personeel van die Departement van Sport en Kultuur te woord te staan. Viole sal beskikbaar wees en kinders sal die korrekte grootte viool kry. Daar kan moontlik ‘n geringe fooi vir die vioollesse betaalbaar wees (die organiseerders moet dit nog bepaal). Lesse sal een keer per week op ‘n Dinsdag aangebied word. Hierdie projek vorm deel van die Mangaung “String Programme” in die Vrystaat.

MOTORFIETS “FUN RUN”:Ons Ouerleierkomitee verskaf verversings by die motorfiets “Fun Run” wat op Saterdag, 5 Mei by die Vlakvark plaasvind. Daar is ook ‘n minibaan van 100m vir kinders onder 10. Kinders kan inskryf onder ouertoesig en die dra van beskermende klere is verpligtend. Motorfietse van 85CC en kleiner is toelaatbaar. Die organiseerders van hierdie wedren aanvaar geen verantwoordelikheid vir kinders wat deelneem nie en verskaf slegs die afgebakende gebied.

Ouers wat die komitee kan kom help kan vir Jeanette Engelbrecht by 082 335 7333 kontak .

ROOSTER VIR OUERHULP AAN OLK:16 Mei: Pescodia & Roodepan (tuis) - Gr 2-ouers22 Mei: Eureka netbal en B-liga rugby (tuis) - Gr 1-ouers29 Mei: Newton (tuis) – Gr 3, 4, 5 & 6 ouers

Produkte wat vir Mei se tuiswedstryde benodig word is:

KANEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS BLATJANG(Stuur asseblief die produkte na die boekstoor)

BUITEMUURS VOLGENDE WEEK:Die 0/11 en 0/13 dogters oefen tennis op Maandag, 7 Mei.Geen buitemuurs op Woensdag, 9 Mei nie.

KOSHUIS:Die volgende sake is met die afgelope Koshuiskomiteevergadering bespreek en ouers moet asb. dringend hiervan kennis neem:

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

Email adres van Koshuis: [email protected] Uittekenregister van koshuis: Indien enige ouer ‘n koshuiskind

vervoer na en vanaf sport moet die betrokke kinders by die koshuis in die uittekenregister uitgeteken word deur daardie ouer.  Koshuiskinders wat met die bus ry se name sal op ‘n buslys wees en aan die koshuispersoneel voorsien word.  Dis belangrik dat die koshuisouers en personeel presies weet waar elke koshuiskind is.  Ouers wat kinders vervoer moet ook asb let dat as die bus by die koshuis arriveer hulle ook asb. die kinders moet aflaai.  Die kinders op die bus kry kos en dan kom die ander kinders soms ure later eers by die koshuis aan sonder enige reëlings.

Selfone: Tydens die koshuiskomitee vergadering wat gehou is op Woensdag 3 Mei, besluit om Dinsdae en Donderdae tussen 18:00 en 18:30 koshuiskinders die geleentheid te gee om hulle selfone uit te teken en oproepe te maak.  ‘n Koshuiskind mag slegs in hierdie halfuur tydperk hulle selfone gebruik wat hulle voor 18:10 moet uitteken. Selfone moet stiptelik om 18:30 terug wees.  Leerders doen dit op eie risiko en die koshuis en personeel neem geen verantwoordelikheid vir enige skade of verliese nie.  Die selfone moet vooraf gelaai wees en geen selfoon sal by die koshuis gelaai word nie. Elke selfoon moet asb duidelik gemerk wees. Die koshuisselfone word steeds soos gewoonlik gebruik.

Probleme en klagtes: Alle klagtes of probleme moet asb. skriftelik met die Koshuiskomitee voorsitter Mnr Albertus De Wet  [email protected] of met die koshuisouers [email protected] opgeneem word.  Dit is vir ons baie belangrik dat ons koshuiskinders gelukkig is.

Koshuishekke: Die koshuishekke sal oop wees op Maandae vanaf 06:00 tot 11:00 en Vrydae vanaf 11:00 tot 14:00.  Die tye gaan streng nagekom word en ouers moet daarop let.

Alle koshuisreëls gaan streng toegepas word en ouers moet seker maak dat hulle en hulle kinders dit deurlees en baie goed verstaan.

KoshuisgroeteLouis en Charmaine Fourie

LEERDERDEELNAME:RUGBY:Die volgende 0/12 seuns is gekies om aan die Kimberley rugbyproewe deel te neem wat op 7 Mei plaasvind:Zander Carbutt, Craven Crause en De Wet du Plooy

Baie geluk!Baie sterkte aan die 0/13 rugbyseuns wat ook op Maandag, 7 Mei aan die Kimberley rugbyproewe gaan deelneem. Hou ons naam hoog!

RUGBY EN NETBAL:UITSLAE: Rugby:

SPAN: STAATS: DOUGLAS:0/7 -- Verloor 15 – 100/8 -- Wen 10 – 50/9 -- Verloor 24 – 7

0/11A Wen 19 - 5 Wen 55 – 00/11B -- --0/13A -- Wen 54 - 70/13B Wen 29 - 7 --

Netbal:SPAN: DOUGLAS:0/7A Gelykop 2 - 20/7B Gelykop 1 – 10/8 Wen 7 – 00/9 Wen 6 – 50/10 Wen 7 – 40/11 Wen 9 – 2

0/12A Wen 13 – 110/12B Verloor 4 – 00/13A Wen 37 - 80/13B

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:0/13A rugby teen ABASS op Dinsdag, 8 Mei om 15:00 hier by ons.Netbal en B-liga rugbywedstryde teen Eureka is op hulle versoek uitgestel na 22 Mei.

KOFFIEFONTEIN SPORTDAG: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende netbalspanne neem op Saterdag, 12 Mei aan die Koffiefontein sportdag deel. 0/7A en B, 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B. Dit is ons amptelike Vrystaat ligawedstryde en ons doen ‘n beroep op ons ouers om hulle reëlings vroegtydig te tref. (Hou asseblief in gedagte dat dit net ons skool is wat op 10 en 11 Mei gesluit is.)Die 0/12 en 0/13 spanne moet op hierdie dag wen om deur te gaan na die Xhariep netbaldag. Elke speler het ‘n verpligting teenoor haar span.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig. Ons vra asseblief ons ouers om ons te help om hierdie netbalspelers na

Koffiefontein te vervoer aangesien ons bussie slegs 14 spelers kan vervoer. ‘n Program sal volgende week beskikbaar wees en sal op die netbalgroepe geplaas word. Baie dankie by voorbaat aan al ons ouers wat bereid sal wees om te ry.

“INTER AFRICA TENNIS 4LIFE”:Baie dankie aan Clivé Burger wat vier 0/11 seuns na hierdie tennistoernooi vergesel het, en as spanbestuurder namens ons skool opgetree het. Ons waardeer dit baie!

LANDLOOP:Baie sterkte aan ons groot groep landloopatlete wat aan hulle heel eerste landloopliga op Donderdag, 10 Mei om 14:00 by NJ Heyns in Kimberley gaan deelneem.

ALGEMEEN:HEMELVAARTDAG / SKOOLVAKANSIEDAG:Ouers moet asseblief kennis neem dat ons by die Onderwysdepartement aansoek gedoen het om Hemelvaartdag op Donderdag, 10 Mei as ‘n Christelike vakansiedag te vier. Die skool sal dus gesluit wees, asook op Vrydag, 11 Mei. Akademiese werk wat met hierdie twee dae verlore gaan, sal ingehaal word indien dit nodig sou wees.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Ashley Springbok (Oupagrootjie oorlede)

Johanna Erasmus (Operasie gehad)

AFSKEURSTROKIE: NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD (13 - 17 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

LEERDER SE NAAM EN VAN _________________________ GR ___

HIERMEE WIL BOGENOEMDE LEERDER INSKRYF VIR DIE NOORDKAAP KUNSWEDSTRYD. ONS ONDERNEEM OM ALLE VOORWAARDES, SOOS IN DIE NUUSBRIEF UITEENGESIT, NA TE KOM.

INGESLUIT DIE INSKRYWINGSGELD VAN: R _______

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________

INSKRYWINGSGELD: R30

AFSKEURSTROKIE: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG (Saterdag, 12 Mei)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA KOFFIEFONTEIN:

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

Ballet en

moderne danse

OOP KLAS!

Dancing Owls nooi alle meisies van Graad 1 – 7 om 'n oop klas by te woon op Donderdag 17 Mei by die ou skool waar Mind Moves was.

Tye: Graad 1 Ballet 13:30-14:15

Graad 1 – 3 Modern 14:15-15:00

Graad 4 – 7 Modern 15:00-15:45

Graad 4 – 7 Ballet 15:30 – 16:15

Ons ry elke week van Kimberley af en het nog 'n paar meisies nodig om klasse lekker vol en pret te maak, en wil graag vir almal die kans gee om ons klasse te probeer. Meisies wat die kwartaal begin, kan audisies bywoon vir einde van die jaar se medalje danse.

Kontak Annemé op 082 665 3064 vir meer informasie.

AFSKEURSTROKIE: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG (Saterdag, 12 Mei)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA KOFFIEFONTEIN:

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

Phantom 4 Pro+Flight time: 30 minutes/battery

Control range: 7kmSpeed: 72 km/h

Camera/Video resolution: 24mega pixels/ 4K 60fpsSensor range: 30m

Obstacle sensing: 5 Direction

Ekstra lootjie kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.

Trekking by Kleuratletiek.

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewgewas word, aangesien té warm water die wit dele, groen kleur. Merk asseblief onmiddel. l. ik die klere baie duidelik

WAAR: MOREDOU PADSTAL

WANNEER: 13 MEI 2018

TYD: 12:30 VIR 13:00

PRYS: R 150 PER PERSOON

R 70 PER KIND 12JR EN JONGER

INDIEN KINDERS NIE VAN DIE MAALTYD WIL EET NIE, GEE ONS

‘N MOREDOU SPECIAL.

ONS BIED ‘N HEERLIKE DRIEGANG MAALTYD AAN, SOOS NET ONS KAN!

VOORGEREG, HOOFGEREG, NAGEREG

DIE DAG SAL ONS OOK HEERLIKE “SPECIALS” OP DRINKGOED HÊ!

BESPREEK ASB VOOR OF OP 11 MEI 2017 BY ODRIE – 073 231 4757

WEGNEEM EN AANSIT IS BESKIKBAAR!

MOEDERSDAG ETE !!!