nuusbrief/newsletter december 2011 weskus...

8
D ie afgelope vyf maande by die Weskus Distriksmunisipaliteit was vir my gevul met vreugde, vrede en geluk. Toe ek vanjaar op 15 Junie 2011 ingehuldig is, het die warm ontvangs wat ek gekry het, al die kommer oor die nuwe uitdagings oorskadu. Ek is baie gelukkig om so ‘n dinamiese groep mense om my te hê en is dit vir my ‘n plesier om deel te wees van dié munisipaliteit. Ek is opreg trots op elkeen van ons 496 werknemers. Baie dankie aan elkeen van u wat bydrae tot die sukses van die munisipaliteit. Aan die bestuur, onder leiding van ons munisipale bestuurder mnr. Prins, wil ek ook my waardering uitspreek vir die wyse waarop die munisipaliteit bestuur word. “Elkeen van julle, almal spesialiste op jul gebied, is ‘n ware toonbeeld van effektiewe bestuur.” Water is ‘n baie belangrike kommoditeit in ons lewens. Dit is ons funksie om seker te maak dat skoon drinkbare water aan u voorsien word. Ek wil u egter verseker dat dit ons prioriteit is om aan die gestelde standaarde vir drinkbare water te voldoen. Om die rede het ons op 30 Junie 2011 die Bloudruppel Toekennings ontvang vir al vier ons wateraanlegte synde Withoogte, Swartland, Gouda en Bitterfontein. Ons het ook toekennings ontvang vir die vierde beste plek in die land en derde beste plek in die provinsie. Baie geluk aan almal by die onderskeie aanlegte. Water raak skaars en duur en moet met groot sorg gebruik word. Moenie water mors nie. Aan ons raadslede en besonders aan ons UBK-lede wil ek ook my opregte dank betuig vir hul onbaatsugtige ondersteuning die afgelope maande. Julle is voorwaar ‘n groep manne op wie ek kan staat maak. Ons betree’n seisoen waarin winkels ons oorval met aanloklike promosies en ons so begerig maak dat ons nie sal skroom om daaraan gehoor te gee nie. Kersfees gaan oor gee. Om vir mekaar te gee. Wanneer u feesvier dink aan diegene wat nie het nie.Wanneer u, u maaltyd vir Kersfees voorberei en selfs geniet, dink aan Jesus wat die vyf brode en die twee vissies gedeel het en sodoende honderde mense kon voed. Graag wil ek ook hulde bring aan almal wat ons diens verlaat het met aftrede. Harmie Esterhuysen, Maria Jooste, Jan Hesselman, Willem Pearce, Andries Rhaman, Bertie Swart en Augus Wiese. Dankie vir jul bydrae wat julle gelewer het. Ongelukkig moet ons ook met seer afskeid neem van mense wat ons ontval het. Syster Engelbrecht, Stephanus Galawe en Ashley Pedro. Graag wens ek, namens die Raad en my familie, u almal ‘n Geseënde Kersfees toe en voorspoed vir die Nuwejaar. Mag u drome vir 2012 waar word. UIT DIE KANTOOR VAN DIE BURGEMEESTER Tel. 022 433 8400 Faks: 086 692 6113 www. westcoastdm.co.za 58 Long Street/ Langstraat 58 Moorreesburg 7310 Weskus Distriksmunisipaliteit West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit District Municipality West Coast Nuusbrief/Newsletter December 2011

Upload: others

Post on 29-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Die afgelope vyf maande by die Weskus Distriksmunisipaliteit was vir my gevul met vreugde, vrede en geluk.

    Toe ek vanjaar op 15 Junie 2011 ingehuldig is, het die warm ontvangs wat ek gekry het, al die kommer oor die nuwe uitdagings oorskadu. Ek is baie gelukkig om so ‘n dinamiese groep mense om my te hê en is dit vir my ‘n plesier om deel te wees van dié

    munisipaliteit. Ek is opreg trots op elkeen van ons 496 werknemers. Baie dankie aan elkeen van u wat bydrae tot die sukses van die munisipaliteit.Aan die bestuur, onder leiding van ons munisipale bestuurder mnr. Prins, wil ek ook my waardering uitspreek vir die wyse waarop die munisipaliteit bestuur word. “Elkeen van julle, almal spesialiste op jul gebied, is ‘n ware toonbeeld van effektiewe bestuur.”Water is ‘n baie belangrike kommoditeit in ons lewens. Dit is ons funksie om seker te maak dat skoon drinkbare water aan u voorsien word. Ek wil u egter verseker dat dit ons prioriteit is om aan die gestelde standaarde vir drinkbare water te voldoen. Om die rede het ons op 30 Junie 2011 die Bloudruppel Toekennings ontvang vir al vier ons wateraanlegte synde Withoogte, Swartland, Gouda en Bitterfontein. Ons het ook toekennings ontvang vir die vierde beste plek in die land en derde beste plek in die provinsie. Baie geluk aan almal by die onderskeie aanlegte.Water raak skaars en duur en moet met groot sorg gebruik word. Moenie water mors nie. Aan ons raadslede en besonders aan ons UBK-lede wil ek ook my opregte dank

    betuig vir hul onbaatsugtige ondersteuning die afgelope maande. Julle is voorwaar ‘n groep manne op wie ek kan staat maak.

    Ons betree’n seisoen waarin winkels ons oorval met aanloklike promosies en ons so begerig maak dat ons nie sal skroom om daaraan gehoor te gee nie. Kersfees gaan oor gee. Om vir mekaar te gee.

    Wanneer u feesvier dink aan diegene wat nie het nie.Wanneer u, u maaltyd vir Kersfees voorberei en selfs geniet, dink aan Jesus wat die vyf brode en die twee vissies gedeel het en sodoende honderde mense kon voed.

    Graag wil ek ook hulde bring aan almal wat ons diens verlaat het met aftrede. Harmie Esterhuysen, Maria Jooste, Jan Hesselman, Willem Pearce, Andries Rhaman, Bertie Swart en Augus Wiese. Dankie vir jul bydrae wat julle gelewer het. Ongelukkig moet ons ook met seer afskeid neem van mense wat ons ontval het. Syster Engelbrecht, Stephanus Galawe en Ashley Pedro.

    Graag wens ek, namens die Raad en my familie, u almal ‘n Geseënde Kersfees toe en voorspoed vir die Nuwejaar. Mag u drome vir 2012 waar word.

    Uit die kantoor van die bUrgemeester

    Tel. 022 433 8400 • Faks: 086 692 6113 • www. westcoastdm.co.za • 58 Long Street/ Langstraat 58 Moorreesburg 7310

    Weskus Distriksmunisipaliteit West Coast District Municipality

    Weskus Distriksmunisipaliteit District MunicipalityWest Coast

    Nuusbrief/Newsletter December 2011

  • Wat impliseer die Nasionale Veld en Bosbrand Wet, Wet 101 van 1998 vir elke grondeienaar?Dat elke grondeienaar waar daar ‘n moontlikheid bestaan dat ‘n vuur kan onstaan en versprei, die nodige voorsorg en maatreëls in plek moet hê, wat sal verhoed dat dit verder versprei. Dit sluit in verpligte brandbane op alle eiendomgrense, die beskikbaarheid van voldoende brandtoerusting en opgeleide personeel (met beskermde oorklere) om brande effektief te beheer.

    Die Brandwet maak ook voorsiening vir die stig en bestuur van Brandbeskermingsverenigings.

    Die Groter Cederberg Brandbeskermingvereniging (GCBBV).Die GCBBV is in 2005 geregistreer volgens die Brandwet en beslaan tans 455 000 hektaar en beskik oor 351 lede en groei byna daagliks.

    Waar is die GCBBV geleë?:Die GCBBV beslaan die grootste landelike areas van dorpe soos Moorreesburg, Riebeeck Kasteel en Riebeeck-Wes, Velddrif, Lambertsbaai, die Sandveld, Graafwater, Clanwilliam, Citrusdal, Eendekuil, Piketberg en Porterville. Die vereniging bestaan uit grondeienaars, gemeenskappe en ander rolspelers binne die geografiese gebied van die Weskus Distriksmunisipaliteit (Sien kaart).

    Wat is die doel van die GCBBV?Om geïntegreerde brandbestuur in die groter gebied te beplan, te kommunikeer en te implementeer, sodat verliese aan sosiale, ekonomiese en ekologiese bates sal verminder. Dit word gedoen

    deur die suksesvolle implementering van brandvoorkoming en -bestryding, bewusmakingstrategieë en beter brandgereedheid. Daar word ook deurlopend gepoog om lede en hulle personeel se kapasiteit te verbeter met opleiding.

    Wat is die voordele om aan die GCBBV te behoort?• Lidmaatskap aan ‘n BBV verseker dat nalatigheid teen jou as

    lid in ‘n hof bewys moet word, ‘n nie-lid is nalatig en moet sy onskuld bewys;

    • ‘n Bestuursplan word deur kundiges opgestel, wat u in staat stel om u risiko’s te bestuur en te verminder;

    • U word gehelp om die Brandwet na te kom sodat versekeringsmaatskappye u eise wel gunstig sal oorweeg;

    • U word georganiseer om in noodsituasies gekoördineerd op te tree;• ‘n Ten volle opgeleide en toegeruste span (30 mense) is teen

    minimale tariewe beskikbaar om u te help met brandbane en ander werksaamhede.

    • Gereelde kommunikasie met lede verhoog bewustheidsvlakke wat dus die voorkoms van ongeluksvure verminder;

    • Verskeie opleiding en kapasiteitsbou-geleenthede word vir lede en personeel aangebied;

    • Lede word gehelp om aansoek te doen vir vrystelling, vir die maak van brandbane op elke individuele eiendomgrense;

    • Instansies soos Agri Wes-Kaap en Versekeringsmaatskappye ondersteun en vereis in gevalle deelname aan BBV’s;

    Brandbestrydingdienste Die GCBBV is nie daar vir brandbestryding nie aangesien die Weskus Distrik Munisipaliteit wetlik hiervoor verantwoordelik is. Hulle noodnommers is geval van brande is 022 433 8700.

    Kontakbesonderhede – GCBBV, Charl du Plessis, Posbus 454, Porterville, 6820, 079 17 24340, 086 608 8304 (faks) en [email protected]

    Dinge om te weet voor onbeheerde brande en onbeplande vure

    BrandbestrydingdiensteDie GCBBV is nie daar vir brandbestryding nie, aangesien die Weskus Distriksmunisipaliteit wetlik hiervoor verantwoordelik is. Hulle noodnommers in geval van brande is 022 433 8700 of 10177.

    Kontakbesonderhede – GCBBV, Charl du Plessis, Posbus 454, Porterville, 6820, 079 17 24340, 086 608 8304 (faks) en [email protected]

    Het u geweet dat onbeheerde en onbeplande vure:• Jaarliks verantwoordelik is vir verliese aan lewens, infrastruktuur, gewasse en biodiversiteit • Dat vure ‘n geweldige impak op die sosiale en ekonomiese bates kan hê • Dit is baie duur om vure te blus • Dat vure verskeie grondeienaars al gedwing het om plase te vervreem weens eise van nalatigheid

  • Weskus Toerisme het onlangs sy jaarlikse prystoekenning, by Bushman’s Cave, in die Cederberge gehou. Tydens die geleentheid is besighede en persone vereer vir hulle hardewerk die afgelope jaar. Rdl André Kruger, speaker van die Weskus Distriksmunisipaliteit en ‘n ou bekende in die bedryf, het as gasspreker opgetree. Dié het veral klem gelê op “Linking Cultures”, in die bedryf. Hy het die fokus laat val op die oorsese besoeker en die bedryf daarop gewys dat daar harder gepoog moet word om die Weskus, die toeris se nommer een bestemming te maak. “Soek ons kultuur in die Weskus en bied dit as aantreklikheid aan vir diegene wat ons gebied besoek,” het hy gesê. Om aan te sluit by die verrigtinge die aand, het die riel-en gumboot dansers van Elizabethsfontein, ‘n laerskool digby Bushman’s Cave, twee kulturele items gelewer. ‘n Drama groep van Clanwilliam het die aand verder opgehelder en die belangrikheid van die omgewing se geskiedenis op gepaste wyse uitgelig. Die items het so reg in die kraal van die gasspreker se toespraak geval. Kruger, het instansies in die bedryf gemaan, om hulle vooraf deeglik te vergewis waarin hulle besoekers belangstel. “Chinese hou daarvan om te windsurf. Hulle soek altyd aksie, terwyl die Japannese meer op die blomme konsentreer. Die mark in Oos- en Wes-Afrika, is tans ook besig om op te tel,” het hy gesê. Volgens Kruger, bly bemarking, dienslewering, ontwikkeling, goeie kommunikasie en uitstekende standaarde van die belangrikste punte om toerisme die toekoms in te neem. Die afdeling gee ook jaarliks ‘n spesisale toekenning aan ‘n persoon wat hulle gereeld deur die jare bygestaan het. Vanjaar het die toekenning aan die munisipale bestuurder van die Weskus Distriksmunisipaliteit, mnr. Henry Prins gegaan.

    Me Esther Steens, van die Cederberg Toerisme op Clanwilliam, oorhandig hier aan die gasspreker van die aand, rdl. André Kruger, ‘n geskenk as blyk

    van waardering . Steens was ook verantwoordelik vir die organisering van die rieldansers van Elizabethsfontein of die Betjies van Betjiesfontein, soos hulle

    algemeen bekend staan en die opvoering Van Jan Dissels tot Tra Tra, wat tot groot vermaak gelei het.

    (Sien meer foto’s op bls. 6)

    Toerisme gee erkenning

    Beamptes van die departement Weskus Toerisme, saam met die munisipale bestuurder van die raad, mnr. Henry Prins.

    Toerisme het ‘n spesiale toekenning aan Prins oorhandig vir sy getroue

    hulp en bystand. V.l.n.r. Gurshell Abrahams, Lizl Swart,

    Henry Prins (munisipale bestuurder) Helena van Rooyen en Dave Cornelius.

    Kat 1: Opkomende Toerisme Besigheid: Wenner: Lekka-By-die-See − Langebaan Naaswenner: Rondeberg Oord − Clanwilliam

    Kat 2: Toerisme Fasiliteit of Aktiwiteit Wenner: Bushman’s Cave Bergteater − Clanwilliam Naaswenner: SA Fisheries Museum − Velddrif

    Kat 3: Toerisme Gebeurtenis Wenner: Huisgenoot Namaqua Fees − Vredendal Naaswenner: St Helena Bay Arts, Crafts & Food Market – St Helenabaai

    Kat 4: Toerisme Inligtingskantoor Wenner: Manerva Baron – Paternoster Naaswenner: Lizelle Strydom – Hopefield

    Kat 5: Toerisme Persoonlikheid Wenner: Suzanne Du Plessis − Strandfontein Naaswenner: Anthea Delmotte − Piketberg

    Kat 6: Spesiale Toekenning Wenner: Henry Prins − Munisipale bestuurder WKDM

    Die volgende instansies en persoonlikhede het toekennings ontvang:

  • WeSKuS DISTrIKSMuNISIPALITeIT – NeeM VOOrTOu MeT MuNISIPALe KuSBeSTuurSPrOGrAM (KBP)Die Wet op Geïntegreerde Kusbestuur (Wet 24 van 2008) vereis die opstel van ‘n Kusbestuursprogram binne Distriksmunisipaliteite om volhoubare en holistiese kusontwikkeling te bewerkstellig. Laasgenoemde kan omskryf word as die ontwikkeling van die kapasiteit van huidige en toekomstige geslagte om hul menslike potensiaal te realiseer sonder om die biodiversiteit, gesondheid en produktiwiteit van ekosisteme aan die kus te benadeel.Die Weskus Distriksmunsipaliteit is reeds in ‘n proses met die samestelling van ‘n Kusbestuursprogram vir die streek, insluitende die munisipale areas van Swartland, Saldanha, Bergivier, Cederberg en Matzikama. Die doel van die KBP is om verbeterde beplanning van kushulpbronne te

    fasiliteer deur regerings en nie-regeringsorganisasies, om ten einde volhoubare en holistiese kusontwikkeling vir die Weskus streek, te bewerkstellig. Die KBP sal fokus op institusionele versterking, uitklaring van rolle en verantwoordelikhede, opvoeding en ontwikkeling van kapasiteit, verbeterde beplanning, wetstoepassing en die voorkoming van ontwikkeling wat nie gepas is nie.Openbare vergadering en werksessies sal vroeg in 2012 in die kusdorpe langs die Weskus gehou word om insette en deelname van die plaaslike gemeenskappe en die breë publiek te verkry, tydens die publieke deelname proses van die KBP. Die plan sal teen die middel van 2012 saamgestel wees.Die Weskus Distriksmunisipaliteit het verder in samewerking met die CAPE Estuaries Program en hul konsultante – in samewerking met die plaaslike gemeenskappe, Vleilandbestuursplanne saamgestel en Forums gestig vir die beskerming, bestuur en bewaring van ons sensitiewe Bergrivier-, Verlorenvlei- en Olifantsriviermond vleilande, en om uitvoering aan Hoofstuk 4 van die Geïntegreerde Kusbestuurswet te verleen.

    Charles Malherbe

    Weskus Toerisme wens alle Tafelberg-ondersteuners hartlik geluk met die aanwys van Tafelberg as een van die wêreld se natuurlike 7 wonders! Dit is met groot afwagting dat die hele streek die afgelope tyd die webtuiste en media dopgehou het vir die uitslae. Dit is vanselfsprekend dat hierdie toekenning ook vir die Weskus van belang is, aangesien meer toeriste na Tafelberg en Kaapstad, ook moontlik meer toeriste na die Weskus mag beteken. Baie dankie dan ook aan elke Suid-Afrikaner en inwoner van ons streek wat gestem het, om hierdie toekenning moontlik te maak.

    Veels geluk aan een van die 7 Natuurlike wonders van die Wêreld.

    Sluit in plante, diere, natuurlike omgewing ten opsigte van die onderstaande oogmerke en doelwitte:• Om kusgebiede met hoë natuurlike- en bewaringswaarde as

    bewaringsgebiede te laat verklaar en te behou • Om die biologiese diversiteit van kus – en mariene ekosisteme

    te onderhou• Om voldoende en toeganklike openbare geriewe by gepaste

    kusareas te voorsien• Om die natuurlike funksionering van kusprosesse en die

    gesondheid en produktiwiteit van kus-ekosisteme te onderhou

    • Om ’n sisteem van beskermde mariene gebiede en vleilande te vestig en doeltreffend te bestuur

    • Om ernstige natuurrampe te verhoed en beskadigde ekosisteme te rehabiliteer

    • Om die minimum ontwrigting, van dinamiese kusprosesse, te veroorsaak

    • Om klimaatsverandering en geassosieerde seevlakstygings in aanmerking te neem by beplanning

    • Om besoedelingskontrole en afvalbestuur te implementeer en besoedelingsaktiwiteite beter te bestuur en om besoedeling in kusomgewings aan te spreek t.o.v openbare gesondheid / kus-ekosisteme.

    Kushulpbronne

  • 11:11:2011

    Volgens die Zen Boediste is die 11de dag van die 11de maand, dié dag waarop elke persoon spesiale tyd saam met sy geestelike leermeester spandeer. Vanjaar was dit ‘n uiters besondere dag aangesien dit ook in die jaar 2011 geval het. Vrydag die 11de se datum het as volg gelees; 11de dag, van die 11de maand van die jaar 2011 (11:11:2011).

    Om alles verder te kroon, het die Proteas krieketspan se telling op ‘n stadium gelees 111/1 (honderd en elf lopies vir een paaltjie), in sy kragmeting teen Australië op Nuweland. (Een van die mees bisarre wedstryde in die geskiedenis van die spel. Die kragmeting wat oor 5 dae moes strek is binne twee en ‘n halwe dae afgehandel, nadat 23 paaltjies op een dag geval het.) By die kantore van die WKDM was daar ook ‘n paar beamptes wat op hierdie besondere dag iets spesiaals gevier het.

    25 Jeugdiges vanuit die Bergrivier munisipale gebied, het onlangs opleiding ontvang in jeug ontwikkeling. Die kursus is deur Koinonia (van die Paarl), in die dorp se plaaslike biblioteek aangebied. Die jeugdiges is tydens die driedaagse sessies touwys gemaak in verskillende vaardighede soos goeie kommunikasie, persoonlike ontwikkeling en self ontwikkeling. Van die afgevaardigdes was dit eens dat hulle wel as ryper jeugdiges die opleidingslokaal verlaat het. Die projek is deur WKDM, in samewerking met Bergrivier munisipaliteit en die departement van Plaaslike Ontwikkeling aangebied.

    Mnr. Andrew Louw, onderwyser op Redelinghuys, help vir Edward Jafta en sy groepie tydens ‘n werkswinkel oor kinderarbeid en mensehandel (human trafficking). Die bewusmakingsveldtog vorm deel van die WKDM se projek van die 16 Dae van Aktivisme. Soortgelyke werkswinkels word ook in ander dorpe in die Weskus aangebied.

    Die kantore van die Weskus Distriksmunisipaliteit sal oor die fees seisoen vanaf 27 tot 30 Desember 2011 gesluit wees. Die kantore heropen weer op Dinsdag 3 Januarie 2012. Essensiële dienste en bystand personeel sal wel gedurende bogenoemde sluitingsdae beskikbaar wees. Die gemeenskap word hiermee ingelig van die verandering in kantoor ure wat van aanstaande jaar af sal geld. Maandae – Donderdae Vrydae07h45 – 12h45 07h45 – 12h4513h15 – 16h30 13h15 – 15h15Naweke en openbare vakansie dae sal die kantore gesluit wees.

    KennisgewingSluiting van kantore

    Kennisgewing

  • Nommer vir iN tye vaN Nood: 10177

    Die riel-en gumboot dansers van die Laerskool elizabethsfontein, buite Clanwilliam, het tydens die toekenningsaand van die Weskus Toerisme, die besoekers vermaak met ‘n paar kulturele items. Die groepie, ook bekend as die Betjies van Betjiesfontein het onlangs in die junior afdeling van die ATKV se rieldanskompetisie, in die Paarl deelgeneem. Na afloop van die optrede by Boesman’s Cave het die WKDM ‘n versameling foto’s (collage) aan die groepie oorhandig.

  • Die Weskus-sport het onlangs ook sy toekennings op Vredendal gehou. Talle sport kodes en individue het die aand pryse ontvang vir hulle bydraes die afgelope jaar. Ook die wat die sport arena ontval het die afgelope tyd is vereer vir hulle bydrae.

    Mnr. Errol Tobias, voormalige Springbok rugbyspeler, het die aand as eregas opgetree. Tobias het tydens sy toespraak die ontvangers van die toekennings daarop gewys dat standvastigheid, eensgesindheid en nederigheid, drie van die pilare was wat hom na sukses geneem het.

    “As ons faal in een van die drie het ons feitlik geen toekoms nie. Ons moet opstaan vir dit wat ons glo. Ons moet standvastig wees in ons taal, godsdiens en eengesind wees in span verband,” het hy gesê.

    Na afloop van die verrigtinge het hy sy Barbarian das en ‘n foto van hom aan die voorsitter van die Matzikama Sportforum, mnr. Gert Rooi oorhandig.

    Die toekenning vir die sportvrou van die jaar het aan me. Audrey Lawrence van Saldanhabaai gegaan vir haar bydrae in skopboks en die sportman van die jaar aan mnr. Moswin Moore (gholf).

    Me Janine Hahn van Ebenhaezer, ontvang hier die toekenning wat postuum aan haar man mnr. Don Hahn gemaak is. Saam met haar is

    mnre. Errol Tobias, gasspreker by die geleentheid en Henry Paulse, van die departement Sport en Rekreasie.

    V.l.n.r. Mnre. Henry Paulse (departement Sport en Rekreasie), Attie van Rooy, wat die toekenning sportman van die jaar, namens

    Moswin Moore in ontvangs neem , me Audrey Lawrence (sportvrou 2011), Errol Tobias (gasspreker) en

    Jerome Arends (voorsitter van die Weskus Sportforum).

    Lyndansers van die Vredendal Hoërskool, lewer hulle item tydens die toekennings.

    Me Desré Don, van St Helenabaai Netbalklub, ontvang die Riaan Loots-toekenning vir die beste span vir 2011. Saam met

    haar is mnr. Henry Paulse en me Ronelle Jonathan. St. Helenabaai was die wenner van die C-liga van die Weskus netbalunie se

    liga kompetisie. Hulle het ook die Visfabriek se toernooi op Saldanha, vroeër vanjaar gewen.

    Mnr. Errol Tobias, oorhandig sy geskenk aan die voorsitter van Matzikama Sportforum, mnr. Gert van Rooy.

    Weskus sport vereer sy lede

  • “Die ekonomiese druk waaronder munisipaliteite gebuk gaan, het die Weskus Distriksmunisipaliteit genoop om na ander opsies te kyk om fondse in te samel,” het burgemeester Harold Cleophas gesê, tydens die prysoorhandiging by die Burgemeester se gholfdag,

    Agtien spanne het aan die gholfdag deelgeneem wat op die Langebaan se buiteklub aangebied is. Die uitvoerende bestuur van die WKDM was veral opgewonde oor die groot aantal deelnemers. Cleophas het ook talle van die borge bedank vir hulle bydraes tot die sukses van die dag.

    Donald Farao van die Julius-span, speel sy naderhou vanuit die sandkuil.

    Die manne van Darling wat aan die Burgemeester se gholfdag op Langebaan deel geneem het. V.l.n.r. Mnre. Farrell Johnson, Moswin Moore, Pietie Pick en

    Jason Cleophas.

    Die span van Piketberg is na afloop van die toernooi as die wenners aangewys. V.l.n.r. Coby Ovies, JJ (Boeta) Josephus (onderburgemeester van die WKDM),

    Dean Josephus, Harold Cleophas (burgemeester van WKDM), Thomas Booyse en McNeill Cupido. Die spelers het elkeen ‘n geskenkpakkie van

    Nicky Lategan-slagterye ontvang.

    Dr. Hugo Brand (Menslike Hulpbronne by WKDM), speel sy dryfhou tydens die gholfdag.

    bUrgemeester se gholfdag