bergrivier munisipaliteit gop 2002-2006 - western cape...gebied is geleë in die suidelike komponent...

76
BERGRIVIER MUNISIPALITEIT GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN 2002 - 2006 HERSIENE WEERGAWE VIR 2005/2006 (Finale Jaar van Huidige GOP) Hersiening deur Bergrivier Munisipaliteit

Upload: others

Post on 29-Jan-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

    GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN

    2002 - 2006

    HERSIENE WEERGAWE VIR 2005/2006

    (Finale Jaar van Huidige GOP)

    Hersiening deur Bergrivier Munisipaliteit����

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006

    ���������� ���������� ���������� ����������

    VOORWOORD 1 1. INLEIDING 3

    1.1 Die visie van die munisipaliteit 1.2 Historiese oorsig 1.3 Munisipale grense, dorpe en gemeenskappe

    2. DOEL VAN GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSBEPLANNING 7

    2.1 Wat is geïntegreerde ontwikelingsbeplanning? 2.2 Wetlike status van ‘n GOP 2.3 Lewensduur van ‘n GOP 2.4 Kern-komponente van ‘n GOP 2.5 Wetgewing relevant tot geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning 2.6 Voordele van ‘n GOP

    3. PROSES OORSIG 9

    3.1 Institusionele reëlings 3.2 Stappe en aktiwiteite 3.3 Self-evaluering van die proses 3.4 Hersieningsproses vir die finansiële jaar 2003/2004 3.5 Hersieningsproses vir die finansiële jaar 2004/2005 3.6 Hersieningsproses vir die finansiële jaar 2005/2006

    4. ANALISE VAN DIE HUIDIGE SITUASIE 12

    4.1 Algemene oorsig 4.2 Ekonomiese realiteit 4.3 Sosiale realiteit 4.4 Omgewingsrealiteit 4.5 Institusionele realiteit

    5. STRATEGIESE GEVOLGTREKKINGS 38

    5.1 Hoof Ontwikkelingsprioriteite 5.2 Leemtes binne die GOP

    6. MISSIE / DOELSTELLINGS / DOELWITTE 42

    6.1 Missie 6.2 Doelstellings 6.3 Doelwitte

    7. STRATEGIEë 44

    7.1 Strategiese riglyne vir doelstelling A: Ekonomiese Ontwikkeling 7.2 Strategiese riglyne vir doelstelling B: Sosiale Ontwikkeling 7.3 Strategiese riglyne vir doelstelling C: Omgewingsontwikkeling 7.4 Strategiese riglyne vir doelstelling D: Institusionele Ontwikkeling

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006

    8. GEïNTGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN 48

    8.1 Bepaling van prioriteite 8.2 Finansiële plan (GOP tabel) 8.3 Prestasie-aanwysers

    9. ONDERSTEUNENDE SEKTORALE BEPLANNING 50

    9.1 Toerisme bestuur 9.2 Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk 9.3 Behuising- en Vestigingsbeleid 9.4 Waterdiensbestuur 9.5 Piket Bo-Berg en Porterville Berg-gebied Ontwikkelingsplanne 9.6 Vaardigheidsontwikkelingsplan en Gelyke Indiensnemingsplan 9.7 Ekonomiese Strategie

    10. SAMEVATTING 56

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006

    ��������������������������������������������������������������������

    1. GOP PROSESPLAN 2. WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT: GOP RAAMWERK, 2002 3. LYS VAN PUBLIEKE INSETTE 4. ORGANIGRAM 5. MUNISIPALE BEGROTING 6. RUIMTELIKE AANDUIDING VAN GOP PROJEKTE 7. TOERISME BESTUURSPLAN 8. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 9. BEHUISING EN VESTIGINGSBELEID 10. WATERDIENSTEPLAN 11. PIKET-BO-BERG ONTWIKKELINGSPLAN 12. PORTERVILLE BERGGEBIED ONTWIKKELINGSPLAN 13. VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSPLAN 14. GELYKE INDIENSNEMINGSPLAN 15. EKONOMIESE STRATEGIE 16. PRESTASIEBESTUURSTELSEL

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    ����� ��������� ��������� ��������� ����

    INLEIDING Soos deur Nasionale Wetgewing vereis, is Bergrivier Munisipaliteit verantwoordelik vir die daarstel van ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir sy regsgebied. Hierdie taak is deur die Raad aangepak en was daar vir dié doel ‘n konsultante groep Octagonal in samewerking met Steyn Larsen Pillay Stadsbeplanners as fasiliteerders en koördineerders aangestel om ‘n dokument op te stel wat voldoen aan die komponente soos voorgeskryf kragtens die bepalings van Artikel 26 van die Munisipale Stelsels Wet (Wet 32 van 2000), asook volgens die riglyne wat neergelê is in die prosesplan wat deur die Raad aangeneem is vir dié doel, op 25 September 2001. IS ‘N GOP REGTIG NODIG? Dit word nie bloot deur wetgewing vereis nie - dit is noodsaaklik vir die effektiewe bestuur van die Munisipaliteit. Wêreldwyd word die proses van geïntegreerde ontwikkeling aanvaar as die beste manier om behoeftes met minimum hulpbronne aan te spreek. Onder die nuwe konstitusie het die Munisipaliteit ‘n groter rol om te speel en moet hy lei, bestuur en beplan vir ontwikkeling. WAT SAL ‘N GOP VIR ONS BETEKEN? ‘n GOP hou baie voordele vir die regsgebied in: ��Dit help die Munisipaliteit om skaars hulpbronne op die mees effektiewe manier aan te

    wend om aan die behoeftes van die gemeenskap te voldoen. ��Verseker dat ontwikkeling op die langtermyn volhoubaar is. ��Help dat gemeenskapsleiers effektiewe leiers en bestuurders van ontwikkeling word. ��Verseker dat die gemeenskapsleiers geloofwaardigheid in die oë van die publiek en

    belangegroepe kry. ��Bevorder investeringsmoontlikhede ��Stel die gemeenskapsleiers in staat om doelwitte te stel en om die uitset aan die doelwitte

    te meet. HOE SAL DIE GOP DIE BEGROTINGSPROSES RAAK? GOP sal ‘n groot invloed hê op die manier waarop owerheidsbegrotings toegeken word. Die GOP sal prioriteitsprojekte identifiseer en programme gekoppel aan tydsraamwerke daarstel vir die implementering daarvan. Dit kan grond identifiseer wat op ‘n spesifieke manier ontwikkel moet word of dit kan sekere mikpunte vir die lewering van dienste daarstel. Hierdie voorbeelde sal ‘n direkte impak op die begroting van die Munisipaliteit hê. Jaarlikse begrotings word aan die GOP gekoppel met behulp van ‘n medium termyn finansiële plan. So ‘n plan sal aantoon hoe prioriteite in beide kapitale en lopende begrotings oor tyd verander. Met die medium termyn plan in lyn met die GOP kan die Munisipaliteit die jaarlikse begroting baie makliker opstel. Die GOP stel dus die Munisipaliteit in staat om sy begroting op te stel volgens die behoeftes en verwagtinge van die gemeenskap met die hulpbronne wat beskikbaar is, en wat binne die betaalvermoë van die gemeenskappe is.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    WAAROM WAS GEMEENSKAPSDEELNAME BELANGRIK? ‘n GOP verteenwoordig die visie en ontwikkelingsprioriteite van ‘n gemeenskap. Die sinvolle deelname van alle rolspelers was dus belangrik om die visie te laat realiseer. Die gemeenskapsdeelnameproses moes: ��die volle ondersteuning van inwoners en rolspelers verseker; ��gemeenskaps- en privaatsektor hulpbronne mobiliseer om groei- en ontwikkelingstrategieë

    te optimaliseer; ��‘n fondament voorsien vir toekomstige ontwikkelingsinisiatiewe. Genoemde resultate kon nie verkry geword het as ‘n halfhartige benadering tot gemeenskapsdeelname gevolg was nie. Die Munisipaliteit het alle bestaande hulpbronne gebruik om hierdie proses te fasiliteer en was u op ‘n deurlopende basis by monde van u gemeenskapsleiers ingelig insake die verloop van die proses. Baie dankie dan vir al die persone wat van die geleentheid gebruik gemaak het en deelgeneem het. Ek vertrou dat hierdie dokument met vrug geïmplementeer sal word. A J BREDENHANN MUNISIPALE BESTUURDER (BERGRIVIER MUNISIPALITEIT)

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    ������������ ���������������������������� 1.1 DIE VISIE VAN DIE MUNISIPALITEIT Die doel van die visie is om te inspireer deur die ontsluiting van die bronne vir inspirasie, om sodoende alle inwoners, gemeenskappe, belangegroepe, politici en amptenare te mobiliseer om die oorhoofse ontwikkelingsdoelstellings vir die gebied te verwesenlik. Bergrivier Munisipaliteit aanvaar die verantwoordelikhede wat die Grondwet plaas op die funksionering van plaaslike owerheid. Die Bergrivier Munisipaliteit streef dus daarna om die volgende algemene doelwitte te bereik binne die administratiewe en finansiële bronne wat beskikbaar is: ��Bevordering van demokratiese en verantwoordelike regering vir plaaslike gemeenskappe ��Die voorsiening van basiese dienste aan gemeenskappe op ‘n volhoubare wyse ��Bevordering van sosiale en ekonomiese ontwikkeling ��Bevordering van ‘n veilige en gesonde omgewing ��Aanmoediging van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies om betrokke te raak in

    plaaslike owerheid aangeleenthede ‘n Ontwikkelingsgerigte benadering word gevolg ten einde probleme rakende basiese behoeftes, ondersteuning van voorheen benadeelde groepe, en die stimulering van ekonomiese groei aan te spreek. Die betrokke maak en betrekking van die gemeenskap by die GOP proses kan gesien word as ‘n voortsetting van die benadering om met die gemeenskap saam te werk om sodoende die beste langtermyn oplossing te vind om kwaliteit van lewe te verbeter. Die visie vir die Bergrivier munisipale gebied word derhalwe as volg voorgestel:

    1.2 HISTORIESE OORSIG ‘n Kort opsomming van die historiese agtergrond van die gebied word nodig geag ten einde die oorhoofse en oorkoepelende inligting van hierdie studie aan te vul. Wat vandag bekend staan as die Bergrivier munisipale gebied, was die plek van interaksie tussen verskeie Khoi stamme van die vroegste tye. Saam met die San jagters en plantkosversamelaars kan die Khoi met reg as die eerste inwoners van die omstreke beskou word. Ongeveer 700 000 jaar terug het afstammelinge van die eerste mense begin om suidwaarts te migreer vanaf Sentraal Afrika. Artefakte daterende van die Middel Steentydperk (125 000 - 30 000 jaar gelede) bewys dat hierdie vroeë mense reeds vuur gemaak het in hul skuilings en allerhande implemente byderhand gehad het om mee te jag en vir die voorbereiding en vervoer van kos en water. Ongeveer 30 000 jaar terug het ‘n uitsonderlike uitgerekte periode van droogte die inwoners van die Weskus geïsoleer van die Negroïde stamme in die noorde, wat aanleiding gegee het tot die evolusie van die Khoi-San familie met sy eiesoortige karaktertrekke. Die skulp afvalhope van hierdie eerste Weskussers is verspreid langs die

    ������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

    ����������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

    ��������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������������

    ��������������������������������

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Atlantiese kus te vinde met gereelde intervalle, en hul rotskuns kan gesien word in grotte in die Cederberge-omgewing. Die Khoi het begin om skape saam te trop vanaf 2 000 tot 1500 jaar gelede. Met die aankoms van die Nederlandse setlaars in die 17de eeu was daar ongeveer 17 000-18 000 Khoi skaapwagters tussen Kaapstad en die Bergrivier by die hedendaagse Velddrif. Die geskiedenis van die Khoikhoi en San gemeenskappe (oorhoofs gemeenskaplik verwys na as die Khoi-San) is wel gedokumenteerd na 1652 en onmoontlik om kortliks op te som behalwe om die volgende uit te lig: Die stamme was van aard nomadiese herders (die Khoikhoi) en jagters (die San) en het gevolglik deur die streek rondgetrek. Hoewel elke stam ‘n min of meer afgebakende gebied gehad het, was hulle nêrens vas gevestig nie, want hulle het nie geplant of gesaai nie. Die beginsel was dat grond nie besit kon word nie en enige regte daarop was slegs tydelik van aard. In ruil vir tabak, alkohol, koper en krale van die blankes het hulle hulle veestapels roekeloos uitgedun en die nooit hegte stamverband het losser geraak soos meer en meer van hulle op die boere se plase gaan werk het. Toe die verwoestende pokke-epidemie van 1713 uitslaan, het die stamme geen weerstand gehad nie, en is hele krale uitgewis. Die Khoikhoistam is ‘n slag toegedien waarvan hulle nooit herstel het nie. Teen die agtiende eeu het die stamverband nie meer bestaan nie. Die plaaslike stamme wat die gebied beset het was nou so uitgedun dat die gebied oopgelê het vir die blanke boere. Die oorblyfsels van die Khoi-San stamme is op sendingstasies gevestig, en het verder in die algemene gemeenskappe opgegaan. Daar was histories geen swart stamme in die omgewing van die Bergrivier gevestig nie. Swart vestiging het in onlangse jare na die afskaffing van instromingsbeheer-wetgewing begin plaasvind. Die stigting van dorpe binne die gebied hou direk verband met die vestiging van blanke vee- en graanboere sedert die vroeë 18de eeu. 1.3 MUNISIPALE GRENSE, DORPE EN GEMEENSKAPPE Figuur 1 toon die Bergrivier Munisipale gebied (WC013) binne konteks van die streek aan. Die gebied is geleë in die suidelike komponent van die Weskus streek en resorteer onder die Weskus Distrik Munisipaliteit (DC1).

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Figuur 2 toon die verspreiding van dorpe binne die regsgebied aan.

    Piketberg word beskou as hoofdorp binne die gebied en huis die setel van die munisipaliteit. Geleë teen die helling van die Piketberg, ongeveer 125km vanaf Kaapstad naasaan die N7 nasionale pad wat die Suidwes-Kaap en Noord-Kaap verbind, is die dorp strategies goed geleë en besonder toeganklik vanuit streeksverband. Porterville is geleë suid-oos van Piketberg aan die voet van die Olifantsrivierberge, ongeveer 140km vanaf Kaapstad. Die dorp het ‘n sterk kommersiële sentrum en is ‘n belangrike dienspunt in die area. Die dorp beskik oor ‘n goeie infrastruktuur en ‘n verskeidenheid komplimentêre gebruike om in die sosiale en kulturele behoeftes van die gemeenskap te voorsien. Velddrif is geleë in die suid-westelike komponent van die munisipale regsgebied, op die noordoostelike oewer van die Bergrivier by die monding waar dit in St. Helenabaai invloei. Dit omvat die woongebiede van Port Owen en Laaiplek waarmee saam dit ‘n strukturele eenheid vorm. Dit begrens die Bergrivier vir ongeveer 8km en is ongeveer 150km vanaf Kaapstad geleë. Die ligging van die dorp aan die kus en rivier verseker dat dit ‘n belangrike vakansie bestemming is wat oor die potensiaal beskik om in die toekoms hierdie rol en funksie binne streeksverband verder te kan uitbou. Dwarskersbos is geleë 10km noord van Veldrif, in die middel van die St. Helenabaai kom en funksioneer as vakansiedorp. Dwarskersbos en Velddrif is die enigste kuspdorpe in die munisipale regsgebied. Slegs enkele permanente inwoners is woonagtig en daar is min sprake van noemenswaardige ontwikkeling en munispale infrastruktuur. Die nabygeleë eknomiese en institusionele infrastruktuur van Velddrif dien as dienspunt vir die nedersetting. Aurora is geleë aan die voet van die Piketberg ongeveer 53km vanaf Piketberg-dorp. Die dorp funksioneer hoofsaaklik as residensiële dorp met handelsaktiwiteite beperk tot plaaslike dienslewering. Die skilderagtige ligging van die dorp dra by om veral tydens die blommeseisoen die toerismepotensiaal te benut tot ekonomiese voordeel van die dorp.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Redelinghuys is ongeveer 190km noord van Kaapstad geleë, 30km noordwes vanaf Aurora langs die boloop van die Verlorenvlei. Die dorp kan hoofsaaklik as ‘n residensiële dorp geklassifiseer word, vanweë die sterk neiging vir afgetredenes om daar te vestig. Ekonomiese aktiwiteite van die dorp is nie uitgebou nie en is grootliks ingestel op dienslewering aan die plaaslike inwoners en omringende boeregemeenskap. Eendekuil is geleë ongeveer 32 km noordwes van Piketberg en 160 km vanaf Kaapstad. Die dorp en vallei word omring deur die Olifantsrivierberge in die noordooste en die Piketberg in die weste. Die dorp toon duidelike stagnasie met beperkte ekonomiese infrastruktuur en is hedendaags net ‘n plaaslike dienspunt wat behuising bied aan plaasarbeiders en afgetredenes. Goedverwacht en Wittewater is as Morawiese sendingstasies gevestig teen die hange van die Piketberg. Vanweë armoede en onbemagtigheid van die inwoners het beide dorpe op die terrein van infrastruktuur, dienste en ekonomiese ontwikkeling nooit verder as “sendingstasie” gevorder nie. Hierdie “agtergeblewe” karakter het egter die inherente potensiaal om toerisme as ekonomiese bron te ontgin.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    ������������ ��������

    ����

    ������� ����������������������

    ����

    ������� ����������������������

    ����

    ������� ����������������������

    ����

    ������� �������������� 2.1 WAT IS GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSBEPLANNING? Geïntegreerde ontwikelingsbeplanning (GOB) is ‘n proses waardeur munisipaliteite ‘n strategiese ontwikkelingsplan voorberei vir ‘n vyf jaar-periode. Die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) is ‘n produk van die GOB. Die GOP is ‘n hoof-strategiese beplanningsinstrument wat alle beplanning, begroting, bestuur en besluitneming in ‘n munisipaliteit rig en inlig. 2.2 WETLIKE STATUS VAN ‘N GOP Voorbereiding van ‘n GOP is ‘n wetlike vereiste in terme van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) vir alle munisipaliteite (hetsy Metropolitaans, Distrik, of Plaaslik). As sulks het ‘n GOP wetlike status en bind dit die munisipaliteit in die uitoefening van sy uitvoerende gesag, behalwe in die geval van enige onverstaanbaarheid tussen ‘n munisipaliteit se GOP en nasionale of provisiale wetgewing, in welke geval sodanige wetgewing voorrang geniet. 2.3 LEWENSDUUR VAN ‘N GOP In terme van die Munisipale Stelselswet moet elke nuwe raad wat ingestem word na plaaslike owerheidsverkiesings, sy eie GOP voorberei wat hom sal rig vir die vyf jaar wat hy in plek is. Die GOP is derhalwe geskakel met die ampstermyn van die raad. ‘n Nuwe raad het die opsie om die GOP van sy voorganger aan te neem of om ‘n nuwe een voor te berei met inagneming van bestaande beplanningsdokumentasie. 2.4 KERN-KOMPONENTE VAN ‘N GOP ‘n Geïntegreerde ontwikkelingsplan moet ‘n weerspieëling wees van: ��die raad se visie vir die langtermynontwikkeling van die munispaliteit met spesiale klem op

    die munisipaliteit se mees kritieke ontwikkelings- en interne transformasie behoeftes, ��‘n evaluering van die bestaande vlak van ontwikkeling in die munisipaliteit wat identifisering

    van gemeenskappe wat nie toegang tot basiese munisipale dienste het nie, insluit, ��die raad se ontwikkelingsprioriteite en oogmerke vir sy verkose termyn insluitende sy

    plaaslike ekonomiese ontwikkelingsoogmerke en sy interne transformasiebehoeftes, ��die raad se ontwikkelingstrategieë wat in lyn gebring moet word met enige nasionale of

    provinsiale sektorale planne en beplanningsvereistes wat ingevolge wetgewing bindend is op die munisipaliteit,

    ��‘n ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, wat voorsiening van basiese riglyne vir ‘n grondgebruiksbestuurstelsel vir die munisipaliteit moet insluit,

    ��die raad se bedryfstrategieë, ��toepaslike rampbestuur plan, ��‘n finansiële plan, wat ‘n begrotingsvooruitskatting vir ten minste die volgende drie jaar

    moet insluit; en ��sleutelprestasie-aanwysers en prestasie doelwitte. 2.5 WETGEWING RELEVANT TOT GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSBEPLANNING Die onderstaande gee ‘n grafiese uiteensetting van die verskillende wette en hul impak op geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning:

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 �

    2.6 VOORDELE VAN ‘N GOP Die proses van geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning werk deur die GOP die volgende voordele in die hand: ��Dit bevorder die effektiewe benutting van skaars hulpbronne deur:

    ��te fokus op geïdentifiseerde en geprioritiseerde plaaslike behoeftes ��ondersoek na meer koste-effektiewe oplossings ��oorsake aan te spreek, eerder as om slegs geld te spandeer op die simptome.

    ��Dit bespoedig lewering deur:

    ��‘n instrument te voorsien wat investering rig ��rolspelers in te bind vir implementering ��besluitnemings-meganismes daar te stel wat dooie punte kan baasraak ��realistiese projekvoorstelle daar te stel wat beperkte hulpbronne in ag neem.

    ��Dit help om addisionele befondsing te lok deur die daarstelling van ‘n duidelike munisipale

    ontwikkelingsplan. ��Dit help om demokrasie te versterk deur demokratiese en deursigtige besluitneming. ��Dit help om apartheid nalatenskap aan te spreek deur:

    �� die integrasie te bevorder van groepe, plekke en areas �� die herverspreiding van hulpbronne te fasiliteer deur konsultasie.

    ��Dit bevorder koördinering tussen owerhede deur kommunikasie tussen die verskillende

    owerheidsvlakke te fasiliteer.

    RSA GRONDWET

    AFBAKENINGSWET1998

    STRUKTURE WET1998

    STELSELSWET2000

    FINANSIëLEBESTUURSWET

    2001

    Reg tot deelname

    Nuwe grense

    Magte & funksies

    Prestasie bestuurDeelnameGOP

    Multi-jaarlikse begrotingKern prestasie-aanwysers

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 �

    ������������ ���������������������������������������� 3.1 INSTITUSIONELE REëLINGS Institusionele reëlings, rolle en verantwoordelikhede vir die onderneming van die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning word volledig uiteengesit in die Prosesplan vir die GOP soos aanvaar deur die raad en hierby aangeheg as Aanhangsel 1. Die Prosesplan is opgestel met inagneming van die Weskus Distriksmunisipaliteit se GOP raamwerk, hierby aangeheg as Aanhangsel 2. Die prosesplan behels ‘n skriftelike uiteensetting van die proses om die beplanning, opstel, aanneem en hersiening van sy GOP te rig. Die vereistes vir die proses is kortliks as volg:

    ��Dit moet in ooreenstemming wees met ‘n voorafbepaalde program wat die tydskale

    uiteensit vir die verskillende stappe. ��Dit moet deur middel van toepaslike meganismes, prosesse en prosedures wat ingevolge

    Hoofstuk 4 van die Stelselwet (gemeenskapsdeelname) ingestel is, voorsiening maak vir: ��oorlegpleging met die plaaslike gemeenskap oor hulle ontwikkelingsbehoeftes en

    prioriteite; ��deelname deur die plaaslike gemeenskap in die opstel van die GOP; ��identifisering van staatsorganisasies, insluitende tradisionele owerhede en ander

    rolspelers wat by die opstel van die GOP geraadpleeg moet word. ��voorsiening maak vir die identifisering van alle planne en beplanningsvereistes wat

    ingevolge nasionale en provinsiale wetgewing op die munisipaliteit bindend is; ��verenigbaar wees met enige ander aangeleenthede wat by regulasie voorgeskryf word; ��ooreenstemming met die raamwerk wat ingevolge Artikel 27 van die Stelselwet

    aangeneem is; ��inagneming van die geïntegreerde ontwikkelingsprosesse van, en voorstelle aan hom

    voorgelê deur die betrokkke Distriksmunisipaliteit. 3.2 STAPPE EN AKTIWITEITE Ingevolge die Prosesplan is ‘n prosesprogram gevolg bestaande uit die onderstaande fases: FASE 1 : ONTLEDING FASE 2 : STRATEGIEË FASE 3 : PROJEKTE FASE 4 : INTEGRASIE FASE 5 : GOEDKEURING Die volgende aktiwiteite het plaasgevind in die uitvoering van die Prosesplan: DATUM� AKTIWITEIT�25 Sept 2001� Voorbereiding: opstel en goedkeuring van prosesplan�5 Okt 2001� Ontleding: samestelling van bestaande inligting�12-15 Okt 2001� Gemeenskap en belangegroepe ontleding�23 Nov 2001� Rekonsiliasie van bestaande inligting�6 Des 2001� Munisipale ontleding:

    - Ekonomie - Omgewing - Institusioneel�

    7 Des 2001� Ruimtelike ontleding�15 Jan 2002� Identifisering van prioriteite: algemene riglyne�21 Jan 2002� Plaaslike strategiese riglyne:

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    - Ruimtelike riglyne - Armoede verligting en geslagsgelykheid - Omgewingsriglyne - Plaaslike ekonomiese riglyne - Institusionele riglyne�

    26 Jan 2002� Definieërbare bronraamwerk van finansiële strategieë�Feb 2002� Ontleding van alternatiewe (identifisering van doelwitte)�5 Feb 2002� Vorm taakspanne vir projekformulering�5-6 Feb 2002� Groep deelname aan projekbeplanning�8 Feb 2002� Besluit op ‘n alternatief en ontwerp strategie/ koppeling van distrik en

    plaaslike munisipale strategieë�12 Feb 2002� Ontleding van prioriteite: sektor spesifieke riglyne�19 Feb 2002� Oorweging van konsep projekvoorstelle�4-6 Mrt 2002� Integrasie van projekte en programme�11-19 Mrt 2002� Skep van toestande vir publieke deelname ten opsigte van alternatiewe�11-12 Mrt 2002� Organiseer distriksvlak strategie werkswinkels�8-12 Apr 2002� Terugvoer aan gemeenskap�

    3.3 SELF-EVALUERING VAN DIE PROSES In die opstel van die Prosesplan is voorsiening gemaak vir besondere strukture om uitvoering te gee aan die GOP beplanningsproses. Die Loodskomitee het gereeld vergader met sinvolle insette en deeglike werk rakende die bestuur van die proses. Die GOP Verteenwoordigende Forum het by verskillende geleenthede vergader met ‘n besonder hoë tal verteenwoordigers wat elke vergadering bygewoon het. Deeglike werk is gedoen in besonder sover die bepaling van Ontwikkelingsprioriteite aanbetref. Die Fokusgroepe wat by twee geleentheid vergader het, het gesorg dat verder aandag gegee is aan doelwitte en strategieë. Gemeenskapdeelname werkswinkels is gehou in agt (8) dorpe om sodoende die breë publiek die geleentheid te bied om aan die proses deel te neem. In ondersteuning tot hierdie geleenthede, is verdere openbare deelname werkswinkels gehou om te fokus op die ruimtelike beplanning van die gebied. ‘n Verdere aantal werkswinkels is gehou in April 2002 om hierdie konsep GOP met die gemeenskap te bespreek om hulle sodoende in staat te stel om op ‘n ingeligte wyse kommentaar te kan lewer. In geheel gesien kan dit gestel word dat die proses goed verloop het. 3.4 HERSIENINGSPROSES VIR DIE FINANSIëLE JAAR 2003/2004 Die hersieningsproses het ‘n aanvang geneem op 28 November 2002. As uitgangspunt is ‘n tegniese vergadering met die munisipale departementshoofde gehou om terugvoering te ontvang oor GOP aksies onderneem gedurende die voorafgaande jaar (2002/2003). Na afloop van die vergadering is die begrotingskoppeling opgedateer met betrekking tot projekte afgehandel en projekte in proses. Die opgedateerde begrotingslys is daarna per kennisgewing in die pers ter insae laat lê vir publieke kommentaar en addisionele insette by al die administrasiekantore tydens die periode 13 Desember 2002 tot 6 Januarie 2003. Terselfdertyd is kennisgewings uitgestuur aan eksterne lyndepartemente op distriks-, provinsiale en nasionale vlak waarin hul inset tot die opdateringsproses versoek is. Na afloop van die kennisgewingsperiode is insette ontvang vanaf die volgende instansies: ��Munisipaliteit Bergrivier: Direkteur Administrasie ��Groter Velddrif Belastingbetalersvereniging ��Departement Landbou ��PAWK: Departement van Finansies

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    ��PAWK: Departement van Vervoer en Openbare Werke ��PAWK: Departement Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme Die insette soos ontvang, ingeslote van die kommentaar vanaf die PAWK op die GOP soos oorspronklik opgestel, is voorts aan die GOP Verteenwoordigende Forum voorgelê op 23 Januarie 2003. Die opgedateerde begrotingskoppelingslys is vooraf versprei aan die forumlede, asook Raadslede vir hul kennisname en voorbereiding ten opsigte van moontlike insette. Op die forumvergadering is besluit dat ‘n verdere tydperk vir publieke kommentaar voorsien moes word. Hierdie tydperk het ten einde geloop op 7 Maart 2003 met addisionele insette wat ontvang is vanaf: ��Bergrivier Munisipaliteit: Direkteur Tegniese Dienste ��Wes-Kaap Onderwysdepartement ��Interim Komitee: Veeldoelige Sentrum Piketberg Die GOP is daaropvolgend finaal aangepas en deur die Raad goedkeur. 3.5 HERSIENINGSPROSES VIR DIE FINANSIëLE JAAR 2004/2005 Die hersieningsproses het ‘n aanvang geneem op 31 Oktober 2003. Die publiek, GOP Forum verteenwoordigers asook eksterne lyndepartemente op distriks-, provinsiale en nasionale vlak is genader ten einde insette tot die hersiening te verkry. Daar is verder met munisipale direkteure vergader om terugvoering te ontvang oor GOP aksies onderneem gedurende die voorafgaande jaar (2003/04). Na afloop van die deelname tydperk is die begrotingskoppeling opgedateer met betrekking tot projekte afgehandel en projekte in proses. Die res van die proses was soos volg:-

    ��Goedkeuring van finale konsep GOP deur Burgemeesterskomitee ��Publieke bekendmaking van finale konsep GOP ��GOP Forum verteenwoordigers vergadering ��Finaliseer konsep GOP ��Goedkeuring deur Burgemeesterskomitee via besluit BK 392 van Mei 2004 ��Goedkeuring deur Raad via besluit RB 428 van 1 Julie 2004 ��Goedgekeurde GOP geadverteer ��Goedgekeurde GOP na PRWK en WDM

    3.6 HERSIENINGSPROSES VIR DIE FINANSIëLE JAAR 2005/2006 Insette vanaf die publiek is verkry by wyse van advertering, publieke vergaderings asook wykskomitee vrgaderings. Eksterne lyndepartemente op distriks-, provinsiale en nasionale vlak se insette tot die hersiening is by wyse van advertering verkry. Daar is verder met munisipale direkteure vergader om terugvoering te ontvang oor GOP aksies onderneem gedurende die voorafgaande jaar. Na afloop van die deelname tydperk is die begrotingskoppeling opgedateer met betrekking tot projekte afgehandel en projekte in proses. Die res van die proses sal soos volg verloop:-

    ��Goedkeuring van finale konsep GOP deur Burgemeesterskomitee ��Publieke bekendmaking van finale konsep GOP ��Wykskomitee vergadering ��Finaliseer konsep GOP ��Goedkeuring deur Burgemeesterskomitee ��Goedkeuring deur Raad ��Goedgekeurde GOP geadverteer ��Goedgekeurde GOP na PRWK en WDM

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    ������������ �������������������

    ���������������������������

    ���������������������������

    ���������������������������

    �������� Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanning is ‘n sleutel-instrument wat munisipaliteite kan aanneem om visie, leierskap and rigting te gee aan almal wat ‘n rol moet speel in die ontwikkeling binne ‘n munisipale gebied. Vandag moet munisipaliteite ‘n rol speel om integrasie en koördinasie tussen die onderskeie sektore en kruissektorale dimensies van ontwikkeling te verseker, sodat sosiale, ekonomiese en ekologiese lewensvatbaarheid bereik kan word. Die sleutel oorweging van die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanningsproses wat besluitneming beïnvloed, is die prioriteite wat deur elke munisipaliteit geïdentifiseer en omskryf is. Hierdie prioriteite word bepaal deur die analisering van die bestaande plaaslike situasie en die probleme wat die munisipaliteit en die inwoners van die gebied in die gesig staar, sowel as die ontwikkelingspotensiaal. Vanuit hierdie spektrum van probleme en potensiale word die prioriteitsvraagstukke dan uitgelig en die fokus vir beplanning. Munisipaliteite het bloot nie genoegsame hulpbronne om alle vraagstukke wat deur die gemeenskap geïdentifiseer is, aan te spreek nie. Plaaslike ontwikkeling is multi-sektoraal en multi-dimensioneel. Dit handel nie net met sektore soos water, behuising of werkskepping nie, maar ook met die vier sleutel dimensies van ekonomiese, sosiale, institusionele en omgewingsontwikkeling. Hierdie dimensies is allesomvattend en moet ten volle ingesluit wees in die GOP proses. Dit beteken dat hulle in berekening gehou moet word tydens elke stadium van die proses. Die benadering om ontwikkelingsbeplanning te integreer beteken dat spesifieke sektore slegs in berekening gebring word wanneer hulle relevant is tot spesifieke plaaslike prioriteitsvraagstukke en ‘n bydrae kan maak om hierdie prioriteite aan te spreek. Lewensvatbaarheid is ‘n beginsel wat deurgaans in berekening gebring moet word en onderskryf die begrip van volhoubare ontwikkeling wat geïnterpreteer word as “die integrasie van sosiale, ekonomiese en omgewingsfaktore in beplanning, implementering en besluitneming om te verseker dat ontwikkeling tot voordeel van huidige sowel as toekomstige generasies is”. Vervolgens ‘n analise van die huidige situasie, binne die verskillende sleutel dimensies, met die oog op die bepaling van die prioriteitsvraagstukke in die gebied. Aanhangsel 3 bevat ‘n opsommende lys van die publieke insette soos verkry deur die publieke deelnameproses. Hierdie insette is in ag geneem met die analise van die huidige situasie en vorm ‘n integrale deel van die oorsigte wat volg. 4.1 ALGEMENE OORSIG Die regsgebied beslaan ‘n totale oppervlakte van ongeveer 4 263km². Skakeling met ander landelike en -stedelike sentrums vind hoofsaaklik plaas deur middel van die N7 nasionale roete na Kaapstad en Springbok, wat die gebied deurkruis, asook die R27 na Vredenburg en Langebaanweg en R44 na Tulbagh en Wellington. Die hoof plaaslike dorp binne die gebied, Piketberg, is ongeveer 125km noord vanaf Kaapstad. Twee spoorlyne deurkruis die gebied van noord na suid met ‘n derde lyn wat vanuit die suide strek tot in Porterville; goeie spoorverkeer na en van die Kaapse Metropool en ander landelike sentra is derhalwe verseker. Voorts word die gebied gekenmerk deur die Olifantsrivier- en Kouebokkeveldberge wat in die ooste en noordooste van die gebied voorkom en die Piketberg sentraal tot die studiegebied, asook die Bergivier wat ten suide deur die gebied kronkel en by Laaiplek in die Atlantiese Oseaan uitmond. Die bekende Rocherpan vleiland natuurreservaat is geleë ongeveer 25km noord van Velddrif.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Die volgende weerspieël die demografiese gegewens van die regsgebied. Basiese bevolkingsinligting is saamgestel uit amptelike sensus data soos verkry vanaf die Afbakeningsraad. 4.1.1 Bevolkingsgetal en Aantal Huishoudings

    BEVOLKINGSGETAL EN HUISHOUDINGS�

    Totaal: Bergrivier� 1996 2001

    Bevolking� ������� �������Aantal Huishoudings� ����� �������Gemiddelde Huishouding Digtheid� ����� ����

    Bron: “Census 2001 Statistics” 4.1.2 Bevolkingsamestelling - Totale Gebied

    BEVOLKINGSAMESTELLING - TOTALE GEBIED�Getal�Entiteit�

    1996 2001

    Swart� 844� 2 335 Kleurling� 27 904� 35 009 Indiër� 24� 64 Blank� 7 922� 8 917 Ander� 358� -

    Totaal� 37 052� 46 325 Bron: “Census 2001 Statistics” Indien na die bevolkingsamestelling gekyk word is dit opmerklik dat daar ‘n groot persentasie Kleurlinge in die gebied woonagtig is teenoor ‘n wesentlike minderheid Indiërs. 4.1.3 Bevolkingsamestelling - Stedelik en Landelik

    BEVOLKINGSAMESTELLING - STEDELIK�Entiteit Samestelling�Dorp�

    Swart� Kleurling� Indiër� Blank� Ander�Totaal� %�

    Aurora� 160� 204� 0� 261� 0� 625� 3.0�Dwarskersbos� 2� 58� 0� 266� 0� 326� 1.5�Eendekuil� 13� 624� 0� 139� 0� 776� 3.7�Goedverwacht� 4� 1 378� 2� 0� 4� 1 388� 6.5�Wittewater� 0� 720� 3� 3� 0� 726� 3.4�Piketberg� 55� 5262� 1� 1472� 130� 6 920� 32.6�Porterville� 15� 3 100� 6� 1368� 5� 4 494� 21.2�Redelinghuys� 47� 141� 0� 193� 0� 381� 1.8�Velddrif� 169� 3455� 2� 1932� 19� 5 577� 26.3�

    Totaal� 465� 14 942� 14� 5634� 158� 21 213� 100.0�Bron: Bergrivier Munisipaliteit: GOP 2003/04 Bevolkingskonsentrasies in die gebied word direk en indirek beïnvloed deur: ��die verspreiding van werksgeleenthede binne die gebied; en

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    ��die gewildheid van dele van die gebied as aftree- en vakansiebestemming vir permanente en nie-permanente inwoners.

    Hierdie faktore dra daartoe by dat dorpe met ‘n gevestigde ekonomiese basis soos Piketberg en Porterville hoër permanente inwonergetalle het as byvoorbeeld Dwarskersbos wat hoofsaaklik ‘n vakansiedorp is met heelwat nie-permanente inwoners (vakansiegangers) en Redelinghuys wat primêr ‘n aftree-dorp is. Dienooreenkomstig het Velddrif ook ‘n meer gevestigde inwonertal vanweë die visbedryf in die dorp. Die totale bevolkingsyfers soos weergegee in die statistiek verkry vanaf die Afbakeningsraad, verskil met betrekking tot die syfer vir die munisipale distrik en die kumulatiewe totaal vir die individuele dorpe. Daar word aangeneem dat eersgenoemde syfer die landelike bevolking insluit terwyl laasgenoemde syfer slegs betrekking het op stedelike bevolking. Derhalwe word die onderstaande gevolgtrekking gemaak met betrekking tot die landelike bevolkingsamestelling.

    BEVOLKINGSAMESTELLING - LANDELIK�Entiteit� Getal� %�

    Swart� 379� 2.4�Kleurling� 12 962� 81.8�Indiër� 0� 0.0�Blank� 2 288� 14.4�Ander� 200� 1.4�

    Totaal� 15 839� 100.0�Bron: Bergrivier Munisipaliteit: GOP 2003/04 Die landelike bevolking uitgedruk as ‘n persentasie verteenwoordig ± 43% van die totale bevolking in die gebied. 46% van die voorheen-benadeelde bevolkingsentiteite is woonagtig in die landelike gebiede. Hierdie persentasies is beduidend van die verantwoordelikheid wat by die munisipaliteit berus om ook aandag te gee aan dienslewering in die landelike gebiede en aan die ontwikkeling van mense in hierdie areas. Daar kan geredelik aanvaar word dat ontwikkelingsvlakke in die landelike gebiede veel laer is as in die dorpe. Veral plaaswerkers word benadeel deur hul verwydering vanaf die geriewe en dienste in dorpe, gebrek aan vervoer, ontoereikendheid van behuisingsubsidies en algemene gebrek aan geleenthede om ‘n verskil aan hul lewenstyl te maak. 4.1.4 Bevolkingsgroei Die bevolkingsgroei in die Bergrivier Munisipale gebied vir die tydperk tussen 1996 en 2001 sien soos volg daarna uit:

    BEVOLKINGSGROEI�

    Totaal: Bergrivier� 1996 2001 % Groei

    Bevolking� 37 052 ������� ������

    4.1.5 Ouderdomsverspreiding

    Getal per Jaar Ouderdom 1996 2001

    0 - 4 3 641 4 093 5 - 14 7 373 8 276 15 - 34 13 266 16 635 35 - 64 10 271 14 498

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Oor 65 2 245 2 823 Bron: “Census 2001 Statistics” ‘n Kenmerkende faktor van die ouderdomsverspreiding is die groot hoeveelheid afgetredenes wat in die gebied woonagtig is. Die laaste aantal jare is daar ook ‘n sterk toename in afgetrede persone gewees hoofsaaklik afkomstig van Gauteng en ander noordelike provinsies en sluit hoofsaaklik persone in wat pensioenarisse is, hulle werk verloor het, wat vervroegde aftrede aanvaar het of verkies om na ‘n gebied met ‘n laer misdaadsyfer uit te wyk. ‘n Al groter hoeveelheid afgetrede persone vanuit die Kaapse Metropool kom vestig hulle ook in die gebied. Aangesien die meeste van hierdie inwoners ouer persone is wat nie meer ekonomies aktief is nie, lewer hulle ‘n beperkte bydrae ten opsigte van ontwikkeling van die breër gebied, en plaas ‘n verhoogde vraag na fasiliteite om in hulle eiesoortige behoeftes en belange te voorsien. In teenstelling met die groot hoeveelheid afgetredenes in die gebied, plaas die besondere jeugdige ouderdomstruktuur van die inwoners sekere sosio-ekonomiese implikasies op die res van die gemeenskap. Die verskeie negatiewe aspekte verbonde aan ‘n hoë jeugdige afhanklikheidsverhouding sluit in ‘n algemene hoër ingeboude toekomstige natuurlike bevolkingsgroei, relatief meer druk op skoolgeriewe, klinieke en voedingskemas vir kinders. 4.1.6 Geslagsamestelling

    GESLAGSAMESTELLING�

    Geslag 1996 2001

    Manlik� 18 409 23 125

    Vroulik� 18 362 23 198

    Bron: “Census 2001 Statistics” Die geslagsamestelling weerspieël ‘n gesonde, gebalanseerde verhouding wat opsigself geen sosiaal-maatskaplike probleme inhou nie, soos onstabiele huislike verhoudings of verhoogde individu-verantwoordelikhede. 4.2 EKONOMIESE REALITEIT Die volgende statistiese gegewens dien as basis tot die ekonomiese realiteit.

    INDIENSNEMINGSTATUS

    � Aantal Individue - Totale Bergrivier� 1996 2001 Werksaam 14 586 19 804

    Werkloos 1 033 1 621

    Nie Ekonomies Aktief - 9 989

    Totale Arbeidsmag - 21 425 Bron: “Census 2001 Statistics”

    SEKTORALE WERKSVERSKAFFING�Totaal Bergrivier�Sektor

    1996� 2001�

    Landbou/Bosbou/Vissery� 7 594� 10 634 Gemeenskap/Sosiaal/Persoonlik 1 495 2 946

    Konstruksie 693 647

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Elektrisiteit/Gas/Water 58 52

    Finansiël/Versekering/Eiendomsmark/Besigheid

    322 504

    Vervaardiging 1 378 1 388

    Mynbou 25 174

    Ander - 0

    Private Huishoudings 786 931

    Vervoer/Berging/Komunikasie 316 276

    Onbepaald 606 453

    Groorhandel/Kleinhandel 1 365 1 792 Bron: “Census 2001 Statistics” Uit die bogenoemde blyk dit duidelik dat die landbousektor die grootste werksverskaffer in die gebied is, met die handel-, gemeenskap- en vervaardiging sektore tweede. Uitbouing en bestuur van hierdie sektore met die oog op volhoubaarheid is derhalwe van kardinale belang.

    BEROEPSVERSPREIDING�Getal - Totaal Bergrivier�Beroepsroep

    1996� 2001�Klerklik 600 995 Ambag 1 052 1 025 Elementêr 8 458 11 400 Wetstoepassing/Senior Beamptes

    434 670

    Ongespesifiseerd - 0 Aanleg/Masjien Operateur 572 685 Professioneel 641 387 Diens verwant 847 2 014 Landbou/Vissery - 1 350 Tegnies 400 720 Onbekend - 559

    Bron: “Census 2001 Statistics” Die voorafgaande weerspieël ‘n duidelike gebrek aan geskooldheid onder die oorgrote meerderheid van die ekonomies aktiewe bevolking. Hierdie aspek kan direk herlei word en toegeskryf word aan die groot persentasie van die bevolking werksaam in die landbousektor wat in terme van arbeid nie geskooldheid vereis nie. Dit lei egter tot kommer vanweë die feit dat ‘n ineenstorting van hierdie ekonomiese sektor die grootste persentasie van die bevolking met geen alternatief en derhalwe werkloos sal laat.

    VLAKKE VAN OPVOEDKUNDIGE KWALIFIKASIES�Totaal Bergrivier�Opvoedkundige Vlak

    1996 2001 Geen 2 605 2 903 Gedeeltelike Primêr 5 478 6 966 Primêr Voltooi 2 500 3 207 Sekondêr 6 849 9 583 Graad 12 2 774 5 408 Na-Skool 1 704 1 879

    Bron: “Census 2001 Statistics” Die ongeletterdheidsvlak kan herlei word na die groot landelike bevolking en ontoereikende vlakke van onderwysfasiliteite in daardie gebied.

    GEMIDDELDE JAARLIKSE INKOMSTE PER HUISHOUDING�Totaal Bergrivier�Inkomste

    Getal� %�R0� 162� 1.8%�

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    R1 - R2 400� 84� 0.9%�R2 401 - R6 000� 707� 7.9%�R6 001 - R12 000� 1 581� 17.7%�R12 001 - R18 000� 1 741� 19.5%�R18 001 - R30 000� 1 408� 15.8%�R30 001 - R42 000� 783� 8.8%�R42 001 - R54 000� 577� 6.4%�R54 001 - R72 000� 539� 6%�R72 001 - R96 000� 330� 3.7%�R96 001 - R132 000� 266� 2.9%�R132 001 - R192 000� 121� 1.3%�R192 001 - R360 000� 70� 1.6%�Meer As R360 000� 68� 0.7%�Ongespesifiseerd� 450� 5%�

    Bron: Bergrivier Munisipaliteit: GOP 2003/2004 Uit die bogenoemde blyk dit dat die grootste deel van huishoudings tussen R6000 - R30000/jaar genereer. Met ‘n gemiddelde huishouding digtheid van 4.22 persone (1996) kan die afleiding gemaak word dat meeste gesinne op die broodlyn lewe en moeilik ‘n bestaan voer. Dit kan weereens herlei word na die groot gebrek aan geskooldheid van arbeid en die indiensneming in die landbousektor.

    GEMIDDELDE JAARLIKSE INKOMSTE PER INDIVIDU�Getal - Totaal Bergrivier�Inkomste

    1996 2001

    Geen 15 483 21 407

    R1 – 400 798 3 289

    R401 – 800 11 270 11 786

    R801 – 1600 1 921 4 304

    R1601 – 3200 1 324 2 374

    R3201 – 6400 1 877 1 981

    R6401 – 12800 370 815

    R12801 – 25600 74 219

    R25601 – 51200 61 77

    R51201 – 102400 66 38

    R102401 – 204800 - 17

    Meer as R204801 - 18 Bron: “Census 2001 Statistics” Met bogenoemde inkomsteverdeling moet in ag geneem word dat die nie-ekonomiese aktiewe deel van die bevolking (skoliere, studente, huisvrouens, ongeskikte persone) ook ingesluit is. Hiervandaan die hoë persentasie met geen inkomste nie. Van die ekonomies-aktiewe deel verdien meeste individuë tussen R401 – R800/jaar. Hierdie aspek is kommerwekkend en dui op ‘n gebrek aan die ekonomiese bemagtiging van die bevolking. Voortvloeiend uit die voorafgaande en ter aanvulling van die statistiese data, word daar vervolgens ‘n ontleding van die verskillende primêre ekonomiese sektore gedoen: 4.2.1 Landbou Die westelike deel van die gebied is sanderig van aard en die grondgehalte is oor die algemeen te swak om enige intensiewe boerdery te onderhou. Plase is uiteraard dan ook groot met die hoof aktiwiteit skaapboerdery. ‘n Aantal boere onderhou troppe beeste vir slag- en melk doeleindes. Graan word verbou op klein skaal op ‘n aantal plekke en die verbouing van weidingsgewasse, veral lupine, kom meer voor.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Die suidelike en suid-oostelike deel van die gebied word oorwegend aangewend vir graanverbouing. Behalwe vir graan is die area ook bekend vir vrugte, skaap, wyn en beesboerdery. Heelparty stoetplase kom voor in die omgewing, sowel as melkboerderye. Buite Piketberg word perde-stoetplase gevind met rasegte, ingevoerde resiesperde. Varkplase kom voor bo-op die Piketberg en rondom Porterville. Die area is ook bekend vir blom-uitvoere met verbouing van proteas bo-op die Piketberg en buite Porterville op die Olifantsrivierberg. Daar is ook ‘n forelplaas buite Porterville en in baie damme en dele van die riviere word waterblommetjies aangetref waarmee kommersieël op klein skaal handel gedryf word. In die noorde en noord-oostelike dele het die swak, sanderige grond, lae reënval en digte inheemse plantegroei tot gevolg gehad dat dit lank geneem het voordat die streek in ‘n beduidende landbou area ontwikkel het. Meeste plase is groot en boer hoofsaaklik met skape en beeste. Die area is veral bekend vir sy aartappels. In die dele omringend tot Redelinghuys word aartappels onder besproeing verbou. Nader aan die see, waar die grondwater hoër is, word droëland lusern verbou. Tussen Redelinghuys en Aurora word groente en waatlemoene verbou vir die Kaapse vars groente mark. Die landbou as ekonomiese sektor het derhalwe ‘n sterk diverse en gevestigde basis binne die gebied met potensiaal vir uitbouing. Daar is egter ‘n behoefte aan die bemagtiging van voorheen-benadeelde groepe en individue binne hierdie sektor, wat gekortwiek word deur beperkte toegang tot hulpbronne vanweë ‘n gebrek aan befondsing, toerusting en lewensvatbare landbougrond. 4.2.2 Ontginning Die groter Bergrivier gebied bied relatief min lewensvatbare mineraalvoorkomste en lewer darom ‘n klein bydrae tot die bruto waarde van die ekonomie. Grootskaalse mynboubedrywighede is tans beperk tot sement produsering by die De Hoek sementfabriek, ongeveer 5km buite Piketberg. Soutontginning vind plaas buite Velddrif. 4.2.3 Vervaardiging Die nywerheidswese binne die gebied is primêr gevestig binne die drie grootste plaaslike dorpe, nl. Piketberg, Porterville en Velddrif. Die grootste vraag vir nywerheidsontwikkeling is direk aan die landboubedryf gekoppel. Verskeie geleenthede bestaan dan ook binne dié sektor vir byvoorbeeld die verwerking van produkte soos groente, vrugte, gars, koring, sagtevrugte, suiwelprodukte, blomme, ens. Die teenwoordigheid van nywerhede in landelike nedersettings speel 'n sleutelrol in die ekonomiese struktuur van dorpe. Nywerhede is een van die elemente wat 'n nedersetting se ekonomiese basis stimuleer deur die sogenaamde vermenigvuldiger-effekte. Die vermenigvuldigereffek kan as volg verduidelik word: Gestel 'n nuwe nywerheid word in die dorp gevestig wat goedere vir distribusie na buite vervaardig. Salarisse word betaal aan die werknemers met die geld wat elders verdien is. Hierdie geld word nou in omloop gebring binne die dorp deurdat die inwoners by plaaslike handelaars koop, wonings oprig, kinders by die plaaslike skole inskakel, ensovoorts. 'n Uitbreiding van winkels, skole en openbare dienste vind plaas, wat op sy beurt weer ekstra werksgeleenthede skep om die basiese sektor te ondersteun. Op hierdie wyse word 'n kettingreaksie aan die gang gesit wat lei tot die groei van die nedersetting. Die belangrikheid van nywerhede ten einde ekonomiese groei te stimuleer kan dus verstaan word. Binne die breër gemeenskap is daar ‘n bewustheid dat toerisme ‘n sterk ondersteunende rol tot ekonomiese groei kan speel. Die vestiging van kleiner ligte nywerhede, wat veral op produkverwerking en op lewering vir die toerismebedryf ingestel is, benodig stimulasie ten

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    einde die ekonomiese potensiaal van marginale nedersettings te put. Voorts is dit van kardinale belang dat nywerheidsontwikkeling oordeelkundig gelei word ten einde te verseker dat dit volhoubaar is ten opsigte van die omgewing. Vir die kleiner dorpe soos Redelinghuys, Eendekuil, Goedverwacht en Aurora sal die plaaslike vestiging van kleinskaalse vervaardigingsbedrywe en nywerheidsopleiding van die gemeenskap in die toekoms ‘n al groter rol kan speel om ekonomiese groei te stimuleer. Ten einde kostes laag te hou sal dit voordelig wees as sulke nywerhede produkte vervaardig met lae volumes en redelike hoë waarde. 4.2.4 Sake, dienste en handel Die distribusie of verplasing van goedere en dienste tussen handelaars en verbruikers is een van die belangrikste ekonomiese aktiwiteite binne 'n gebied. Handel is ook die intensiefste vorm van grondgebruik as gevolg van sy hoë grondopbrengspotensiaal. Daarby is dit 'n aktiwiteit waarby elke dorpsinwoner op een of ander wyse betrek is, hetsy as werker of koper. Die sakesektor van die gebied is gerig op die plaaslike omgewing, en is ook direk gekoppel met en word ondersteun deur die landbousektor, toerisme en nywerheidswese. Toerisme aktiwiteite dra aansienlik by tot die handel en diens verwante aktiwiteite in die gebied. Soos toerisme ontwikkeling die gebied positief beïnvloed en meer en meer persone permanent in die gebied vestig, groei die sakesektor ook. Wat kenmerkend is binne die gebied is dat plaaslike koopkrag in die kleiner dorpe te min is om ‘n groot kleinhandelsektor te ondersteun. Voorts is landelike gebiede ver van die naaste dorpe verwyder en word meestal deur grondpaaie bedien. “Plaaswinkels” wat meestal onafhankilk deur boere self bedryf word, verskaf die nodigste lewensmiddele. Die gebruik is dat boere Saterdae ‘n voertuig beskikbaar stel aan plaaswerkers om inkopies by die naaste sentrum te gaan doen. Binne die studiegebied word Piketberg en Porterville meestal besoek. Die groter dorpe lok derhalwe inwoners van die nabye landelike nedersettings wat oor vervoer beskik weg om hulle inkopies hier te kom doen. Sommige inwoners reis selfs na Kaapstad om inkopies te doen en vermaaklikheidsplekke te besoek. Dit is te betwyfel of hierdie kooppatroon in die nabye toekoms gaan verander. Verder bring ‘n gebrek aan plaaslike kompetisie in die kleiner dorpies mee dat pryse redelik hoog is en die keuse van produkte min is. Inwoners se inkomstebasisse in gemeenskappe soos Eendekuil en Redelinghuys is ook baie laag sodat hulle nie plaaslike koopkrag kan stimuleer nie. 4.2.5 Toerisme Toerisme is die vierde grootste bron van buitelandse valuta in Suid-Afrika en is volgens SATOUR vir nagenoeg 480 000 direkte en indirekte werksgeleenthede verantwoordelik. Die belangrikheid van toerisme as ekonomiese stimulus en bemagtigingsmaatstaf vir die Bergrivier is onmiskenbaar. Toerisme is 'n hoogs komplekse verskynsel en dek 'n wye spektrum van aktiwiteite waardeur stede/dorpe, ondernemings en individue direk en indirek beïnvloed kan word. Dit is belangrik om te verstaan dat die bedryf nie ‘n enkele entiteit is nie, maar eerder 'n samestelling van 'n diverse verskeidenheid bedrywe en sektore, bv. attraksies, akkommodasie, kommersieel en industrieel, vervoer, reisorganisasies en bestemmingsorganisasies. Die toerismebedryf in die Bergrivier Munisipaliteit se regsbebied verwys dus na die somtotaal en wisselwerking van al die voornoemde sektore. Stimulering van die bedryf hou dus nie net voordele in vir die groter sentra in die gebied nie, maar veral vir die voorheen-benadeelde gemeenskappe wat huidiglik ekonomies marginaal is.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Toeriste-attraksies is die basis van toerisme en een van die hoekstene van die toerismeproduk. Indien attraksies ontbreek sal die individu nie gemotiveerd wees om 'n spesifieke bestemming te besoek nie. Die Bergrivier gebied is geseën met ‘n diverse verskeidenheid attraksies wat insluit: ��Kulturele en historiese geboue en terreine: Piketberg, Porterville, Eendekuil, Redelinghuys,

    Aurora, Wittewater en Goedverwacht. ��Natuurskoon en landelike karakter: Rocherpan Natuurreservaat en Groot Winterhoek

    Natuurreservaat. ��Buitelug-aktiwiteite: die Bergrivier, varswaterhengel, soutwaterhengel, 4x4 roetes,

    voetslaapaaie, hangsweef, ens. ��Kalmte, stilte en rustigheid ��Spesiale geleenthede en gebeurtenisse: Blomme- en landbouskou, bergfiets- en

    hengelkompetisies, Bergrivier kanomarathon Daar is ‘n behoefte om die potensiaal van die voorgenoemde aspekte op gekoördineerde wyse uit te bou en te bestuur, ten einde die maksimum voordeel in die hand te werk vir die gebied en sy gemeenskappe. 4.3 SOSIALE REALITEIT In die evaluering van die sosiale omgewing waarbinne die gemeenskap funksioneer en beweeg, word daar gekyk na aspekte soos behuising, veiligheid en sekuriteit, ontspanning, rekreasie, sport, sosiaal maatskaplike fasiliteite en gesondheid. 4.3.1 Behuising Die verhouding tussen stedelik en landelike verspreiding van behuisingseenhede is 51,5% teenoor 48,5% (1996). Die oorgrootte stedelike konsentrasies val direk saam met die groter sentra soos Piketberg, Porterville en Velddrif waar die werksgeleenthede die hoogste is. Laer-orde dorpe soos Redelinghuys, Aurora en Eendekuil en Dwarskersbos toon ‘n relatiewe lae groeikoers as gevolg van stagnasie in ekonomiese aktiwiteite. Goedverwacht en Wittewater is direk gekoppel aan historiese faktore. Van die aktiewe plaaswerkers is 16,7% woonagtig in die stedelike gebiede . Die onderstaande tabel gee ‘n uiteensetting van die onderskeie behuisingstipes in die Munisipale area.

    BEHUISINGSTIPES�Aantal Huishoudings - Totaal Bergrivier�Beskrywing 1996 2001

    Formeel 8 336 10 932

    Informeel 260 242

    Tradisioneel 124 459

    Ander 41 74 Bron: “Census 2001 Statistics” Uit die ontleding is dit duidelik dat ongeveer 90% van huishoudings ordelik behuis is. Grootskaalse plakkery kom nie in die gebied voor nie, maar oorbewoning en informele strukture in agterplase word wel aangetref. Die behoefte aan behuisingsgeleenthede is grootliks in die staatsgesubsidieerde inkomstegroep en die streeksverspreiding word in die onderstaande tabel weerspieël:

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    BEHUISINGSBEHOEFTE�Dorp / Streek� Getal�

    Piketberg (dorp en landelik)� 800�Piket-bo-berg� 200�Wittewater� Behoefte vir selfbou�Goedverwacht� Behoefte vir selfbou�Velddrif (dorp)� 300�Velddrif (landelik)� 50�Aurora� 12�Porterville (dorp)� 500�Porterville (landelik)� 480�Porterville Berggebied� -�Eendekuil (dorp)� -�Eendekuil (landelik)� 20�Redelinghuys (dorp)� 80�Redelinghuys (landelik)� 50�

    Bron: Berrivier Munisipaliteit: Behuising- en Vestigingsbeleid Uit bogenoemde tabel is die behoefte in ooreenstemming met die bestaande vestigingspatrone (Piketberg, Porterville en Velddrif). Die tabel hieronder toon die beskikbare vakante erwe ingedeel volgens inkomste groep in die stedelike sentra waar inligting beskikbaar was.

    VAKANTE EN BEBOUDE ERWE IN HOOFDORPE�Dorp� Inkomstegroep

    Verdeling�Tans Vakant

    �Tans Bebou

    �Totaal �

    Middel - hoë inkomste� 116� 929� 1 045�Piketberg: � Lae inkomste� 1 650� 1 650�

    Middel - hoë inkomste� 27� 114� 141�Eendekuil: � Lae inkomste� 170� 170�

    Middel - hoë inkomste� 149� 483� 632�Porterville: � Lae inkomste� 40� 866� 906�

    Middel - hoë inkomste� 817� 1 165� 1 982�Velddrif: � Lae inkomste� 20� 1 922� 1 942�

    Bron: Berrivier Munisipaliteit: GOP 2003/2004 Die opnames wat gedoen is tydens die opstelling van die Behuising- en Vestigingsbeleid sowel as die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk, toon dat daar voldoende gedienste persele beskikbaar is vir die middel- en hoër inkomste groepe, maar dat daar ‘n ondervoorsiening is in die laer inkomste kategorie. Uit die status quo verslag, soos vervat in die Behuising- en Vestigingsbeleid, is dit duidelik dat daar verwag kan word dat in-migrasie en verdere verstedeliking van plaasarbeiders, toenemend druk op die stedelike sentra sal plaas. Met inagneming van die feit dat 72,4% van alle plaaswerkers onder R3500.00/ maand verdien, sal daar tydig vir hierdie behoefte beplan moet word. 4.3.2 Veilige omgewing Aspekte rakende misdaadbekamping en voorkoming, omgewingsgesondheid en rampbestuur raak die gemeenskappe direk en beinvloed die lewenskwaliteit van elke inwoner. Statistiek t.o.v. misdaadsyfers is nie beskikbaar nie, maar uit die publieke deelname proses het dit geblyk dat daar ‘n behoefte bestaan aan meer en beter sigbare polisiëring. Groter stedelike sentra beskik oor polisiestasies, maar Goedgedacht en Wittewater het ‘n behoefte aan ‘n

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    plaaslike diens. As gevolg van die uitgestrekte landelike areas is daar ook onder die boeregemeenskap ‘n behoefte aan verbeterde sekuriteitsmaatreëls. Die visfabrieke by Velddrif, wynkelder by Porterville, PPC sementfabriek en die ligging van vullisterreine is omgewingsgesondheidsaspekte wat deur die publiek as probleme geïdentifiseer is. Die fabrieke en kelder is aan streng maatreëls onderhewig en aangaande monitering van besoedelingsvlakke deur die owerheid behoort voldoende publieke beskerming te bied. Daar is egter wel ‘n behoefte om binne die konteks van die ge-amalgeerde munisipaliteit ‘n oorhoofse ondersoek te loods na besoedelingsvlakke binne die gebied en voldoende voorkomingsmaatreëls te formuleer. Die vullisstortingsterreine word huidiglik op streeksvlak ondersoek en aangespreek. Die voorkoms en verspreiding van vigs is ‘n aktuele tema en daar bestaan ‘n behoefte aan ‘n duidelike aksieprogram om die siekte te bekamp. Soortgelyks is daar ‘n behoefte aan ‘n databasis van gestremdes ten einde effektiewe dienslewering aan hierdie gemeenskapsgroep te kan lewer. Die Raad is in samewerking met die Distriksmunisipaliteit besig om aandag te skenk aan die daarstelling van ‘n rampbestuursplan. 4.3.3 Sport, Ontspanning en Rekreasie. Die stedelike sentra beskik oor ‘n goeie verspreiding van basiese sport en ontspanningsgeriewe. Omrede sport en ontspanning so ‘n belangerike faset van die gemeenskap se behoeftes uitmaak, is daar gedurende die publieke proses op elke dorp ‘n behoefte aan die voorsiening en opgradering van fasiliteite uitgespreek. Voldoende ruimte/grond vir sodanige fasiliteite bestaan en die behoefte aan ‘n implimenteringsprogram vir opgradering en voorsiening van addisionele fasiliteite, binne die beperkte finansiële vermoë van die Raad, word verlang. Ontspanning en rekreasie fasiliteite kom verspreid deur die gebied voor. Teen die kus by Velddrif,Laaiplek en Dwarskersbos is uitstekende hengel en kreefduik geleenthede. Die Bergrivier beskik oor ‘n ryk voëllewe en Porterville bied geleenthede vir sweef-vlieg en voetslaanpaaie. Gastehuise en vakansiehuisvesting is op elke dorp beskikbaar. 4.4.4 Gemeenskapsfasiliteite Komplimentêre gemeenskapsfasiliteite om in die onderskeie gemeenskappe se behoeftes te voorsien, word in elke dorp aangetref. Gedurende die publieke proses is daar enkele behoeftes vir addisionele fasiliteite geïdentifiseer, maar oor die algemeen funksioneer die bestaande fasiliteite goed. 4.4 OMGEWINGSREALITEIT Die gehalte van die natuurlike en beboude omgewing het ‘n direkte invloed op die mens se gewaarwording en interpretasie van sy welstand. As deel van die visie vir die gebied is dit derhalwe belangrik om aandag te skenk aan die realiteite wat die omgewing beïnvloed. 4.4.1 Oorsig van die bio-fisiese omgewing Bergrivier Munisipaliteit is geleë in ‘n gebied wat ‘n tipiese “gematigde” klimaat reflekteer met warm somers en koel winters wat oor die algemeen geredelik geskik is vir bewoning asook ideale omstandighede bied vir ‘n verskeidenheid van landbou-aktiwiteite soos graan, sagtevrugte en wingerd verbouing. Die matige tot hoë somertemperature is veral bevorderlik vir buitelewe en skep ideale omstandighede waarin die benutting van die natuurlike bates kan

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    plaasvind. Die koel tot matige wintertemperature het tot gevolg dat buitelewe aktiwiteite dus nie net beperk word tot die somermaande nie. Die gebied lê primêr in die winterreënvalstreek. Die vernaamste windrigtings in die gebied kan volgens die seisoene in twee hoof kategorië verdeel word, naamlik in die somer uit ‘n suid-oostelike rigting en in die winter noord-westelik. Die area word deurkruis deur twee bergreekse nl. die Olifantsrivierberge en die Piketberg. Ander prominente bergreekse is die Koue Bokkeveldberge, Witsenberge en Cederberge wat net buite die studiegebied voorkom. Die kuslyn het ‘n relatief lae reliëf met lang sandstrande, opgevolg deur lae knobbelduine. Die Bergrivier is die belangrikste element van die dreineringspatroon in die gebied. 4.4.2 Oorsig van die biologiese omgewing Die Bergrivier gebied is ryk aan ‘n verskeidenheid fauna en flora en vorm ‘n belangrike deel van die Kaapse fynbosbioom. Fynbos wat in die gebied voorkom is kusrenosterveld, kusfynbos en strandveld. Die westelike deel van die regsgebied tussen die Sishen-Saldanha spoorlyn en die kus beskik oor ‘n deel van 1% kusrenosterveld wat nog in die land oor is. Die Bergriviermonding en vloedvlakte beskik oor meer as 145 plantegroeispesies wat ook ‘n ryk diversiteit van fauna onderhou. Dit word beskou as die rykste voëlhabitat wat honderde voëlspesies by tye akkommodeer. Die Bergriviermond is een van slegs twee plekke in Suid-Afrika waarheen sowat 30 000 waadvoëls jaarliks migreer. Die gebied is ook ‘n voorgestelde Ramsar gebied vanweë internasionale belangrikheid vir watervoëls. ‘n Ander belangrike voëlhabitat is die Rocherpan Natuurreservaat. Baie voëlspesies (seegrasvretende soorte en visvreters) kom hier voor wat die kombinasie van land-, vlei- en marine omgewings as wei- en broeivelde gebruik. Ten spyte van die uniekheid van die fynbosbioom, is baie van sy habitat al vernietig deur die indringing van indringers soos rooikrans, denne, wattel en hakea. Hierdie plante ding met die fynbos mee en verminder die natuurlike diversiteit, verhoog die gevaar van ontydige brande, onttrek groot volumes water en word as esteties onaantreklik beskou. ‘n Ander betekenisvolle bedreiging is onoordeelkundige boerdery-aktiwiteite, onsensitiewe verstedeliking, ongekontroleerde oes van veldblomme, vernietiging deur 4x4 voertuie en die myn van gruis. Van die 8600 fynbos plantspesies, is minstens 1600 skaars of bedreig, terwyl 35 alreeds uitgesterf het. Hierdie 1600 spesies verteenwoordig 65% van die bedreigde plantspesies in Suider Afrika. Bogenoemde veroorsaak dat sommige dele van die studiegebied sensitief vir ontwikkelingsaksies is en die plasing van ontspanningsaktiwiteite soos wandelroetes, piekniekplekke en kampering moet derhalwe die sensitiwiteit van die Fynbosbioom inagneem. Die regsgebied word gekenmerk deur ‘n verskeidenheid van unieke natuurlike- en kulturele elemente wat deur middel van bewaringsaksies (formeel en informeel) beskerm word. Hierdie gebiede is feitlik almal geleë op die Bergrivier, aan die kus of in die berggedeeltes. Die onderstaande tabel bied ‘n opsomming van die formele- en informele bewaringsgebiede:

    Bewaringsgebied� Grootte� Onder bestuur van�

    Rocherpan Natuurreservaat� 929ha� KNB�Groot Winterhoek Natuurreservaat� 27 501ha� KNB�Stalkrans Privaat Natuurreservaat� 77ha� Dr. B. Dommisse�Gys se Kraal Natuurerfenisgebied� 650ha� Varingvliet (Edms) Bpk�Benede-Bergrivier bewarea� 31 354ha� Benede-Bergrivier Bewaringstrust�Olifantsrivierberg voorgestelde bewarea�

    - -

    Groot Winterhoek voorgestelde bewarea�

    - - Bron: Bergrivier Munisipaliteit: GOP 2003/2004

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    ‘n Leemte bestaan met betrekking tot effektiewe koördinering van en aansporing tot bewaring binne die gebied. Vele van die natuurlike oorblywende bewarenswaardige areas is geleë op privaatgrond en omring deur landbou-aktiwiteite. Hierdie areas loop die gevaar om verlore te gaan en daar is ‘n behoefte vir die insiëring en koördinering van daadwerklike aansporingsmaatreëls om dit te voorkom. Verval van die natuurlike omgewing sal lei tot verval van die aantreklikheid van die gebied vir toeriste, wat direk sal impak op die plaaslike ekonomie en dus ook op die welstand van die inwoners. 4.4.3 Oorsig van die beboude omgewing Die beboude omgewing kan omskryf word as die resultaat van die verspreiding van gebouestrukture en grondgebruike binne ‘n bepaalde area. Die tipe en aard van die verspreiding reflekteer sosio-ekonomiese omstandighede wat bepalend is ten opsigte van die welstand van inwoners. Die besettingspatroon van dorpe en nedersettings binne die gebied kan direk gekoppel word aan die verspreiding en voorkoms van natuurlike hulpbronne, soos vrugbare grond en watervoorrade. Die ontwikkelingspatroon is egter beïnvloed deur sosio-ekonomiese kragte en ruimtelike ordeningsprosesse. Deel van die ruimtelike ordening wat plaasgevind het, word gereflekteer in die nalatenskap van die vorige owerheidsbedeling, wat gefragmenteerde dorpsgebiede in die hand gewerk het waar woongebiede van mekaar geskei is deur fisiese buffers of eenvoudig net afstand. Die integrasie van hierdie woondele is van kardinale belang ten einde stadsprei teen te werk, dienste en hulpbronne binne toeganklike bereik te plaas en infrastruktuur-kostes te minimaliseer. ‘n Verdere aspek wat ruimtelike ordening beïnvloed is die verspreiding en bestuur van grondgebruike binne die beboude omgewing. Die vestiging van gebruike is ‘n direkte resultaat van sosio-ekonomiese kragte en behoeftes en vereis regulering ten einde die belange van die individu en grondeienaar te beskerm, die volhoubaarheid van ekonomiese hulpbronne te verseker, sowel as om die karakter van die gebied te rig. Binne die huidige is daar geen oorhoofse ruimtelike riglyne ten opsigte van die vestiging van gebruike binne die gebied in sy geheel nie. Voorts het die amalgasie van plaaslike owerhede tot gevolg dat daar ‘n gefragmenteerde bestuursbeleid is ten opsigte van die toekenning van grondgebruiksregte, met die onderskeie gebiede wat elk nog resorteer onder die voormalige soneringskema wat in plek was. Daar is derhalwe ‘n behoefte aan die formulering aan ruimtelike beleidsriglyne wat die gebied in sy geheel kan orden, en eweneens die formulering van ‘n oorkoepelende soneringsbeleid wat grondgebruiksregte vir die hele gebied kan reguleer. Vanweë die omvang van die gebied en derhalwe die uiteenlopende karaktertrekke van verskillende areas is dit egter noodsaaklik dat ruimtelike- en bestuursriglyne die diverse en komplekse onderliggende inter-afhanklikheid tussen gebruike en gebiede identifiseer en akkommodeer. Riglyne en beleide moet derhalwe nie net oorhoofs wees nie, maar ook realisties implementeerbaar wees op detailvlak in elke segment van die regsgebied. Binne die regsgebied is daar ‘n behoefte aan die verfraaing van die beboude omgewing, veral in die laer-inkomste woonbuurte van die toonaangewende dorpe, maar ook ten opsigte van die algemene beeld van dorpe in hul geheel. Hierdie aksie is bevorderlik nie net ten opsigte van toerisme nie, maar ook ten opsigte van die waarneming van die inwoner rakende die welstand van sy omgewing. Spesiale aandag behoort geskenk te word aan die toegangsroetes na dorpe, aangesien dit ‘n eerste en blywende indruk skep by besoekers. Saam met bogenoemde word die volgehoue en effektiewe onderhoud en opgradering van vervoerroetes binne die gebied gesien as van kardinale belang. Ten einde die potensiaal van

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    toerisme optimaal te benut is dit noodsaaklik dat bestemmings gerieflik toeganklik moet wees, nie net in die gevestigde stedelike toerisme nodusse nie, maar ook in en na die dorpe waar die toerismepotensiaal uitgebrei wil word. Die dorpe van Goedverwacht en Wittewater hou ‘n eiesoortige uitdaging in vir die munisipalteit, vanweë hul besit deur die Morawiese Broederkerk en status as sendinggemeenskappe. Daar bestaan ‘n behoefte by die gemeenskappe om eiendomsreg te bekom van hul grondgedeeltes en onderhandelinge is in proses met die Kerk wat tot inlywing van die dorpe by die munisipale bestuur kan lei. Indien hierdie aksie suksesvol is, sal dit noodsaak dat dorpstigting moet plaasvind by elk van die gemeenskappe. Daar is egter sterk voorspraak vir die behoud van die sendingkarakter wat spesiale maatreëls sal vereis vir die bewaring van eiesoortige elemente binne die dorpe, tydens sowel as na dorpstigting. In aanklank by die voorafgaande is daar ‘n behoefte na gekoördineerde bewaring van kulturele en historiese elemente in die gebied in sy geheel. ‘n Omvattende, formele databasis ontbreek en word gesien as kardinaal ten opsigte van die promivering van die gebied as toerismebestemming. Velddrif, vanweë sy ligging naas twee van die mees prominente natuurskone kenmerke binne die gebied, nl. die Bergrivier en die kus, kan uitgesonder word vir uitsonderlike potensiaal met betrekking tot die promivering en uitbouing van toerisme. Raakvlakke met die twee sones sal derhalwe oordeelkundige en detail beplanningsbestuur verg ten einde die potensiaal daarvan optimaal te benut. ‘n Integrale deel van die beboude omgewing is die beskikbaarheid en verspreiding van dienste-infrastruktuur. Hiervolgens ‘n oorsig van die grootmaat- en interne dienste-infrastruktuur binne die gebied. 4.4.3.1 Bestaande grootmaat infrastruktuur:

    Die kapasiteit van bestaande grootmaat ingenieursdienste is bepalend tot watter mate ontwikkelings en die voorsiening van behuising kan plaasvind, aangesien die koste van voorsiening van dienste beperkend kan wees. Dit moet aanvaar word dat grootmaat infrastruktuur in die drie dorpe, wat as groeipunte geïdentifiseer is, voorkeur moet kry. Beskikbare kapasiteit van grootmaat infrastruktuur in die kleiner dorpe sal onder andere een faktor wees wat oorweeg moet word voordat uitbreidings hier voorsien word.

    Die kapasiteit en beskikbaarheid van grootmaat infrastruktuur is gevolglik oorsigtelik ge-evalueer in die konteks van moontlike verdere uitbreiding en kan as volg opgesom word. a) Piketberg:

    Riolering

    Die hele Piketberg is voorsien van spoelriolering en die bestaande rioolsuiweringswerke is ontwerp vir ‘n vloei van 1800 kl/dag en ‘n organiese lading van 1800 kg CSB/dag. Die benaderde huidige vloei is 2200 kl/dag en die huidige lading is 1 500 kg CSB/dag.

    Ten einde aan die groeiende behoefte van ‘n addisionele 800 erwe te kan voldoen moet een belugter en ‘n addisionele verhelderingstenk bygevoeg word. Die werke sal dan 2400 kl/dag en ‘n organiese belading van 2300 kg CSB/dag kan hanteer. Die uitvalrioollyn het ook beperkte kapasiteit en gevolglik sal die lyn ook met verdere uitbreidings waarskynlik opgradeer moet word.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Watervoorsiening

    Die toevoerlyne, pompe en suiwering maak voorsiening vir ‘n bevolking van ±9600 en kapasiteit van 55 l/s of 4752 kl/dag plus ‘n beraamde 450 kl per dag wat van die fonteine beskikbaar is. Bestaande reservoirkapasiteit is 5,7 Ml nadat die laaste uitbreidings in 1998 voltooi is en maak voorsiening vir ‘n bevolking van ongeveer 7000.

    Die impak wat ‘n nuwe behuisingskema van ongeveer 800 erwe op die watervoorsieningskema sou hê sal wesenlik wees en ‘n ondersoek sal gedoen moet word om vas te stel in welke mate die skema opgegradeer kan word om in die behoefte te voldoen.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Tans is daar surpluskapasiteit van ongeveer 400 kVA op die Eskom aansluiting wat voldoende sal wees vir ongeveer 350 tot 400 addisionele erwe, wat minder is as die verwagte uitbreiding te Piketberg.

    Vullisverwydering

    Die studie vir die Weskus Streekstortingsterrein is reeds voltooi. Op die kort- en mediumtermyn moet addisionele maatreëls getref word en ‘n ondersoek sal eersdaags aanvang neem.

    b) Porterville:

    Riolering

    Die hele Porterville is van ‘n spoelrioolstelsel voorsien. Die bestaande opgradeerde suiweringswerke funksioneer tans goed en het kapastiteit vir ‘n addisionele 600 erwe. Die huidige vermoë is 1200 kl/dag en ‘n belading van 950 kg CSB/dag. Vir ‘n addisionele 400 erwe sal die rioolsuieringswerke opgradeer moet word.

    Die ligging van die voorgestelde uitbreidings is krities ten einde die impak op riooluitvallyne en pompstasies te bepaal. Die hoof uitvallyn vanaf Monte Bertha is reeds vir gedeeltes op kapasiteit.

    Watervoorsiening

    Die waterbron is tans die knelpunt in Porterville se watervoorsiening in die somermaande. Water word tans verkry uit ‘n bergstroom in die Voorberg en twee fonteine met ‘n gesamentlike lewering van minder as 30 l/s in die somer. Dit is onvoldoende vir die behoefte. Gedurende die somermaande word water teruggepomp vanaf die rouwaterdam om die bron aan te vul. Aanvullende rouwaterstoorkapsiteit sal die situasie met die bron verbeter op die korttermyn. Alternatiewe bronne moet egter gevind word.

    Die suiweringsaanleg filters en kalkstabilisasie maak voorsiening vir 45 l/s en is voldoende vir ‘n totale bevolking van ongeveer 4 425 wat volgens aanvanklike ontwerpprojeksies teen die jaar 2007 bereik sal word. Vir ‘n verdere ontwikkeling van ‘n addisionele 1 000 erwe sal bykomende filters en ‘n kalkstabilisasietenk nodig wees. Die hoofreservoirkapasiteit is 3,25Ml met aanvullende stoorkapasiteit van 900 kl by Monte Bertha. Addisionele reservoirkapasiteit moet geskep word vir verdere uitbreidings.

    Die toevoerlyne na die dorp is voldoende vir toekomstige uitbreidings. Die afvoerlyn na Monte Bertha is slegs voldoende vir geringe uitbreidings en daar sal ‘n nuwe afvoerlyn vir die voorgestelde behuisingskema voorsien moet word. Gedeeltes van Monte Bertha word met

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    behulp van ‘n aanjaagpompstasie van voldoende druk voorsien. ‘n Aanvullende pomp sal installeer moet word met verdere uitbreiding van Monte Bertha.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Daar is nie spaarkapasiteit op die grootmaat aansluiting vanaf Eskom nie en dit sal vergroot moet word met verdere uitbreiding.

    Vullisverwydering

    Die studie vir die Weskus Streekstortingsterrein is voltooi. Vir die kort- en mediumtermyn moet alternatiewe maatreëls dringend ondersoek word.

    c) Velddrif:

    Riolering

    Velddrif se riolering bestaan uit sypel en suigtenks met Noordhoek wat van spoelriolering voorsien is. Die suiweringswerke het voldoende kapasiteit vir die byvoeging van 300 to 400 erwe. ‘n Ondersoek is egter nodig om die impak van die riolering van die res van die dorp te bepaal.

    Watervoorsiening

    Die watervoorsiening is in 2000 ondersoek met sekere opgraderings wat nodig is om vir die ontwerptermyn tot die jaar 2024 voorsiening te maak.

    Gesuiwerde water word aangekoop en via ‘n 225 mm pyplyn na die reservoirs in die dorp gepomp. Daar was ‘n tekort in reservoirkapasiteit van 4,5 Ml waarvan die eerste fase van 2,0Ml reeds gebou is. ‘n Verdere 2,5 Ml sal in ± 2014 benodig word.

    Die pompstasie wat die water in die netwerk en na die torings pomp, moet in fases opgradeer word. Netwerk versterkings is dringend nodig ten einde voldoende druk in die netwerk te verseker.

    Bostaande opgraderings kan faseer word soos wat ontwikkeling plaasvind.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Daar is nie spaarkapasiteit nie. Die netwerk sal versterk moet word om verdere ontwikkeling te akkommodeer.

    Vullisverwydering

    Aansoek vir ‘n permit vir die vullisstortingsterrein by Velddrif is reeds gedoen en goedkeuring word ingewag.

    d) Aurora:

    Riolering

    Aurora het geen rioolstelsel nie en daar word van sypeltenks en suigtenks gebruik gemaak.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Watervoorsiening

    Aurora kry water uit boorgate en ‘n standhoudende fontein. Die watervoorsiening is in 2001 ondersoek en is gevind dat voldoende reservoirkapasiteit bestaan tot 2016 en dat die toevoer- en afvoerlyne voldoende is. Besproeiingswater vir die sportgronde moet egter geskei word van die netwerk en die “rooiboorgat” met ‘n bestaande reservoir moet hiervoor in werking gestel word. Verbruik is geanaliseer tot 2026 en ‘n totale bevolking van 603.

    Gevolglik is daar kapasiteit in die watervoorsiening vir uitbreiding op klein skaal, alhoewel die netwerk in geheel opgraderings benodig.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Geen spaarkapasiteit is op die grootmaat aansluiting beskikbaar nie en sal die Eskom aansluiting met uitbreiding vergroot moet word. Die netwerk is voldoende om klein uitbreidings te akkommodeer.

    Vullisverwydering

    Departement Waterwese het reeds opdrag gegee dat die stortingsterrein by Aurora moet sluit en dat vullis weggery moet word na of Piketberg of Velddrif. Hierdie saak geniet tans dringende aandag.

    e) Dwarskersbos:

    Riolering

    Sypel- en suigtenks is in gebruik in Dwarskersbos en dit word, indien geen verdere uitbreiding plaasvind, nie voorsien dat ‘n rioolstelsel op die kort- en mediumtermyn geïnstalleer sal word nie.

    Watervoorsiening

    Water word verkry vanaf die Departement van Waterwese (Withoogte). Die toevoerlyn vanaf Waterwese na die 450 kl reservoir is ‘n 150 mm diam pyp. Die kapasiteit van die watertoring is 228 kl. Die pompe lewer elk 5,5 l/s teen ‘n drukhoogte van 26,6 m.

    ‘n Ontwikkeling van ± 400 erwe is reeds noord van Dwarskersbos goedgekeur en die bestaande waternetwerk, reservoirs en toevoer sal opgradeer moet word wanneer die ontwikkeling sou voortgaan.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Ingesluit by Velddrif.

    Vullisverwydering

    Vullis word weggery na die stortingsterrein by Velddrif.

    f) Redelinghuys:

    Riolering

    Geen formele rioolstelsel bestaan nie en sypel- en suigtenks word gebruik.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ��

    Watervoorsiening

    Redelinghuys is geregtig op 32 l/s vanuit die vleigebied vir huishoudelike gebruik sowel as leiwater. Hierdie toelaatbare daaglikse onttrekking is aansienklik meer as die verwagte spitsdagverbruik van die jaar 2025. Reservoirkapasiteit en toevoerlyne is onlangs opgradeer, soos bepaal in die ondersoekverslag, en is voldoende vir beperkte uitbreiding. Die lewering van die pompe by die rouwaterdam is voldoende vir die beraamde spitsdagverbruik van 2025. Suiwering van water benodig aandag om die kwaliteit te verbeter.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Daar is bestaande kapasiteit van 240 kVA op die grootmaataansluiting beskikbaar en die netwerk is voldoende om beperkte uitbreiding te akkommodeer.

    Vullisverwydering

    Vullisverwydering is tans ‘n probleem en moet dringend aangespreek word.

    g) Wittewater:

    Riolering

    Ondersoek is in 1997 gedoen na die riolering van Wittewater, maar as gevolg van hoë koste is besluit om waterlose toilette (VIP) te installeer. Dit word in fases aangepak. Tans is ‘n emmerstelsel, sypelrioolstelsel en gedeeltelik VIP stelsel in gebruik.

    Watervoorsiening

    Ondersoek na die watervoorsiening is in 1991, 1995 en weer in 1997 gedoen wat sekere verbeterings van die skema voorgestel het. Die reservoir en toevoerlyn vanaf die boorgate is onlangs voltooi en ‘n verdere pyplyn moet nog vanaf ‘n boorgat aangelê word. Die waternetwerk is in ‘n swak toestand en moet opgradeer word. Beperkte ontwikkeling sal moontlik wees gepaardgaande met die genoemde opgraderings.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Eskom is die voorsiener en die Morawiese Sendingkerk doen self die verspreiding. Die netwerk sal met verdere uitbreiding waarskynlik versterk moet word. Die status sal in meer detail ondersoek moet word.

    Vullisverwydering

    Vullisverwydering word plaaslik hanteer en sal na Piketberg gery moet word.

    h) Goedverwacht:

    Riolering

    Geen rioleringskema bestaan en sypelriole word gebruik.

    Watervoorsiening

    Teen verwagte bevolkingsgroeikoerse bestaan die potensiaal in Goedverwacht om vir ‘n tydperk van minstens 10 jaar geen verdere opgraderings te doen nie sou die wateraanvraag effektief beheer kan word.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Sou toekomstige uitbreiding van Goedverwacht verder af in die vallei beoog word sal dit waarskynlik nodig word om ‘n eksklusiewe toevoer aan te lê na Reservoir 3 (of ‘n nuwe Reservoir 4) wat afsonderlik van die bedieningsgebied van Reservoir 2 sal wees. Om die betroubaarheid van voorsiening aan die bedieningsgebied van Reservoir 3 te verbeter is ‘n voorstel dat daar ‘n gedeelte pyp tussen die kerk en erf 229, of selfs tot by Reservoir 3 vervang moet word. Die watertoevoerstelsel in Goedverwacht het, met enkele uitsonderings, geen kapasiteit of drukprobleme nie en daar kan verwag word dat onderhoudswerk van die bestaande netwerk en die installasie van die nuwe watermeters ‘n groter rol sal speel as stelselopgraderings.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Die kerk is die verspreider. Die netwerk sal opgradeer moet word met verdere uitbreiding.

    Vullisverwydering

    Vullisverwydering word deur die Sendingkerk self hanteer en die aangeleentheid moet aangespreek word met verwydering na Piketberg.

    i) Eendekuil:

    Riolering

    Slegs ‘n gedeelte van Eendekuil het ‘n formele rioolstelsel (voltooide laekoste behuisingsprojek en aantal spoorweghuise). Die res is afhanklik van sypel- en suigtenks. ‘n Oksidasiedamstelsel, stygleiding en pompstasie is onlangs voltooi met inagneming van die balans van die erwe wat nog rioleer moet word. ‘n Verdere pompstasie met die nodige interne netwerk is nodig om die oorblywende erwe te rioleer.

    Watervoorsiening

    Die watertoevoer was in 1997 opgradeer om voorsiening te maak vir uitbreidings. Reservoirkapasiteit en druk in die netwerk is egter onvoldoende en moet verbeter word om die huidige aantal erwe te bedien. Dit word tans aangespreek en die netwerk sal dan voldoende wees vir ‘n verdere 50 erwe.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Tans is daar 200 kVA spaarkapasiteit op die grootmaat aansluiting. Die elektrisiteitsvoorsiening aan die 161 erwe behuisingsprojek is egter onder konstruksie en sal die grootste deel van die kapasiteit opneem, wat ‘n spaarkapasiteit vir baie klein uitbreiding sal laat.

    Vullisverwydering

    Vullis word tans vanaf Eendekuil vervoer na die stortingsterrein by Piketberg en maak dit meer noodsaaklik dat die terreinondersoek vir Piketberg afgehandel word.

    j) Moravia:

    Riolering

    Geen formele rioleringstelsel bestaan nie en sypelriole was geïnstalleer by die ou spoorweghuise.

  • Bergrivier Munisipaliteit : Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2002 - 2006 ���

    Watervoorsiening

    Die watervoorsieningstelsel is karig en opgradering word benodig.

    Elektrisiteitsvoorsiening

    Eskom is die voorsiener en die netwerk is beperk.

    Vullisverwydering

    Dit word plaaslik hanteer.

    k) Piket-Bo-Berg:

    Riolering

    Geen formele rioleringstelsel bestaan nie en rioolverwerking vind