jacobsdal primêre skool en 2015.docx  · web view · 2017-09-23‘n gewysigde tendervorm gaan...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 14 15 - 22 Mei 2015 VERVERSINGS BY TUISWEDSTRYDE: [TENDERVORM] Ons ervaar die afgelope paar jaar dat ouers om verskeie redes nie meer ‘n funksionele Ouervereniging kan bedryf nie en slegs een of twee ouers baie hard moet werk om verversings by tuiswedstryde te verskaf. Die dagbestuur van die Beheerliggaam het die volgende besluit geneem: ‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie belangrike diens te verskaf. Die tender wat aanvaar gaan word hang af van die persentasie (van die wins) wat die persoon bereid is om aan die skool af te staan. Minimum persentasie is 10%. Tendervorms moet op Maandag, 18 Mei voor 17:00 ingehandig word aangesien die eerste tuiswedstryde op Saterdag, 23 Mei plaasvind. WINTERSDRAG: Ouers moet asseblief kennis neem dat die dra van winterskooldrag nou verpligtend is. Baie leerders het nie die korrekte drag aan nie. Maak asseblief seker dat u kind met die korrekte klere toegerus is. Die leerder wie se klere nie korrek is nie gaan aangespreek word. Indien ouers wintersklere by die huis het wat u kinders nie meer gebruik nie, of wat te klein is, kan dit aan die Klerewinkel geskenk word vir minderbevoorregte kinders. Koshuiskinders moet asseblief genoeg warm klere en komberse koshuis toe bring. BAMBISA “APP”: Alle ouers wat aan ons SMS-stelsel behoort het verlede week twee sms’e ontvang waarop verduidelik word hoe om hierdie “app” af te laai. Ons moedig ouers aan om dit te doen aangesien smse van hierdie ouers in die vervolg gratis gaan wees. Ons skool kan baie spaar in die proses. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit. KOOR: Ons senior koor is uitgenooi om op Sondag, 24 Mei by die NG Kerk Jacobsdal tydens hulle Dankbaarheidsdiens op te tree. Die diens begin om 9:30 en koorlede moet in hulle koordrag om 8:45 by tannie Hannelie aanmeld. EUREKA KOORFEES: Ons Senior koor neem op 27 Mei aan die Eureka Koorfees deel. Ouers kan ook die verrigtinge bywoon. Volledige inligting is by die nuusbrief ingesluit. VCSV-PROJEK: Die VCSV vier hulle 119de bestaansjaar en daag alle skole uit om 119 blikkies kos te versamel om vir behoeftige gemeenskappe uit te deel. Ons vra ons kinders om ‘n blikkie kos skool toe te bring vir hierdie mense. Plaas dit asseblief in die houer voor juffrou Elza se klas. Baie dankie by voorbaat. GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG: Die graad 7-klas se Entrepreneursdag vind op Vrydag, 22 Mei plaas. Ouers is welkom om hulle stalletjies te kom ondersteun vanaf 10:00. Leerders moet asseblief ‘n geldjie saambring om hulle maats te ondersteun. GEESTELIKE SPREKER: Die geleentheidspreker mnr Glen Buys kom ons leerders op Woensdag,

Upload: trinhquynh

Post on 18-Mar-2018

232 views

Category:

Documents


13 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 14 15 - 22 Mei 2015VERVERSINGS BY TUISWEDSTRYDE: [TENDERVORM]Ons ervaar die afgelope paar jaar dat ouers om verskeie redes niemeer ‘n funksionele Ouervereniging kan bedryf nie en slegs een of twee ouers baie hard moet werk om verversings by tuiswedstryde te verskaf.Die dagbestuur van die Beheerliggaam het die volgende besluit geneem:‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie belangrike diens te verskaf. Die tender wat aanvaar gaan word hang af van die persentasie (van die wins) wat die persoon bereid is om aan die skool af te staan. Minimum persentasie is 10%.Tendervorms moet op Maandag, 18 Mei voor 17:00 ingehandig word aangesien die eerste tuiswedstryde op Saterdag, 23 Mei plaasvind.

WINTERSDRAG:Ouers moet asseblief kennis neem dat die dra van winterskooldrag nou verpligtend is. Baie leerders het nie die korrekte drag aan nie. Maak asseblief seker dat u kind met die korrekte klere toegerus is. Die leerder wie se klere nie korrek is nie gaan aangespreek word.Indien ouers wintersklere by die huis het wat u kinders nie meer gebruik nie, of wat te klein is, kan dit aan die Klerewinkel geskenk word vir minderbevoorregte kinders. Koshuiskinders moet asseblief genoeg warm klere en komberse koshuis toe bring.

BAMBISA “APP”:Alle ouers wat aan ons SMS-stelsel behoort het verlede week twee sms’e ontvang waarop verduidelik word hoe om hierdie “app” af te laai. Ons moedig ouers aan om dit te doen aangesien smse van hierdie ouers in die vervolg gratis gaan wees. Ons skool kan baie spaar in die proses. Volledige inligting word by die nuusbrief ingesluit.

KOOR:Ons senior koor is uitgenooi om op Sondag, 24 Mei by die NG Kerk Jacobsdal tydens hulle Dankbaarheidsdiens op te tree. Die diens begin om 9:30 en koorlede moet in hulle koordrag om 8:45 by tannie Hannelie aanmeld.

EUREKA KOORFEES:Ons Senior koor neem op 27 Mei aan die Eureka Koorfees deel. Ouers kan ook die verrigtinge bywoon. Volledige inligting is by die nuusbrief ingesluit.

VCSV-PROJEK:Die VCSV vier hulle 119de bestaansjaar en daag alle skole uit om 119 blikkies kos te versamel om vir behoeftige gemeenskappe uit te deel. Ons vra ons kinders om ‘n blikkie kos skool toe te bring vir hierdie mense. Plaas dit asseblief in die houer voor juffrou Elza se klas. Baie dankie by voorbaat.

GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG:Die graad 7-klas se Entrepreneursdag vind op Vrydag, 22 Mei plaas. Ouers is welkom om hulle stalletjies te kom ondersteun vanaf 10:00. Leerders moet asseblief ‘n geldjie saambring om hulle maats te ondersteun.

GEESTELIKE SPREKER:Die geleentheidspreker mnr Glen Buys kom ons leerders op Woensdag,20 Mei om 7:30 toespreek. Ouers is baie welkom om hierdie geestelike praatjie by te woon.

KOSHUIS:Baie dankie aan Maritha en Eunis van der Merwe vir die aartappels wat hulle aan die koshuis geskenk het. Jean en Elderei Steenkamp het maalvleis geskenk. Dankie ook aan ander ouers wat gereeld groente kom aflaai. Dit word verskriklik waardeer en word baie nuttig gebruik.

LEERDERDEELNAME:RUGBY EN NETBAL TEEN ROODEPAN / HARTWATER: Netbal @ Hartswater:

SPAN: TELLING: TELLING:0/11A Verloor 15 – 3 0/11B Verloor 6 – 5 0/13A Wen 25 – 22 0/13B Verloor 22 – 13

Rugby @ Roodepan:SPAN: TELLING:0/9A Wen 28 – 0 0/11A Wen 17 – 0 0/13A Wen 62 – 0

PIENKVOET SPORTDAG - HARTSWATER:Baie geluk aan ons Pienkvoet rugbyspan wat so mooi gespeel het met die Sportdag op Hartswater. Baie geluk ook aan hulle afrigter! Hulle uitslae was soos volg:

SPAN: TELLING:@ Hartswater Wen 30 – 0 @ Curro Wen 35 – 0 @ Andalosia Wen 15 – 0

Julle outjies kook!!

Baie dankie aan al ons ouers wat hulle kinders kom ondersteun het en baie dankie aan die Ouervereniging wat verversings verskaf het.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie

KORTVOLKDAG:Sterkte aan ons 0/9 netbalspan wat op Saterdag, 16 Mei aan die Kortvolkdag te Newton deelneem.

GRIEKWALAND-WES BONDEDAG:Sterkte aan Danie Botha, Jan-Hendrik Esterhuisen, Lodewyk du Toit en Stiaan Heyman, wat vir die Griekwaland-Wes 0/13B-span, op Saterdag, 16 Mei aan die Bondedag in Welkom deelneem. Louis van der Westhuizen speel op daardie dag vir die 0/12 A-span.

NETBAL:Baie geluk aan Michela Steenkamp (0/12 A-span) en Bonolo Julies (0/12B-span) wat gekies is om aan die finale Vrystaatproewe op 23 Mei in Sasolburg deel te neem. Ons is baie trots op julle!

KOFFIEFONTEIN SPORTDAG:Sterkte aan ons twee 0/13 gekombineerde spanne wat op Saterdag, 16 Mei aan die netbal sportdag op Koffiefontein deelneem. Sterkte ook aan ons personeel wat hulle netbalgradering op daardie dag doen. Die bussie vertrek om 7:00 en R30 busgeld is betaalbaar.

RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON: (AFSKEURSTROKIE)Ons rugby- en netbalspanne speel op Woensdag, 20 Mei teen Newton in Kimberley. Die spanne wat gaan speel verskyn op die program wat by die nuusbrief ingesluit is. Spelers mag om 12:50 verdaag en die busse vertrek om 13:10. R30 busgeld is op Maandag, 18 Mei by die klasonderwysers betaalbaar. Ouers moet asseblief die a`fskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Ons vra asseblief dat ouers ons moet help met vervoer.

RUGBY-OEFENING:Die 0/11A en B spanne het ‘n ekstra oefening op Maandag, 18 Mei om 15:00. Almal moet asseblief kom oefen.

XHARIEP NETBALDAG:Ons eerste netbalspan speel op Woensdag, 20 Mei teen Zastron en Reddersburg om die Xhariep ligawenners te bepaal. Die wedstryde vind by Bloemfontein Laerskool plaas. Die bussie vertrek om 12:00 en R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Baie sterkte aan ons dogters. (Bring die beker huis toe!!)

PRIESKA SPORTDAG:Op Saterdag, 23 Mei kom kuier Prieska vir ons. Die volgende rugby- en netbalspanne gaan teen hulle speel.

Rugby: 0/7 Pienkvoete, 0/9, 0/11 en 0/13.Netbal: 0/7 Pienkhandjies, 0/9A en B, 0/11A en B en 0/13AOns nooi alle ouers om die sportdag te kom bywoon en u kind te ondersteun. Trek asseblief op daardie dag u Ondersteunersdrag aan! Daar sal heerlike verversings beskikbaar wees.Vir ver ouers is daar koshuisverblyf en etes beskikbaar. Tref asseblief op Maandag, 18 Mei die verblyfreëlings! Koshuis sal oop bly tot Saterdag om 8:00.

0/9 SEUNSTENNIS:Ons wil graag begin met die 0/9 seuns se tennisrondomtalie. Die graad 2 en 3 seuns is hierby betrokke. Seuns wat in hierdie rondomtalie moet speel, het briefies ontvang. Hulle speel elke Maandag vanaf 14:30 op ons tennisbane.

LAPESA TENNISKAMP:Lapesa bied ‘n tenniskamp in die Junie vakansie aan. Sien asseblief die inligtingsbrief en inskrywingsvormpie wat by die nuusbrief ingesluit is. Oorweeg dit assebllief om u kind na hierdie kamp te stuur. Vir enige navrae kan mnr Alfred Hodgson gekontak word.

NAUTILUS:Graad 4 – 7 leerders wat vir die Nautiluskompetisie van Saterdag, 6 Junie wil inskryf, kan R150 inskrywingsgeld by die kantoor kom inbetaal.Sperdatum vir inskrywings is Vrydag, 29 Mei.

BYBELVASVRA:Sterkte aan ons Bybelvasvraspan wat op Maandag, 18 Mei om 14:30 in die skoolsaal die eerste rondte vraestel van die Nasionale Bybelvasvrakompetisie skryf. Hulle is CJ Marx, Cathrene van Heerden, Anica Ueckermann en Phillip Noeth.

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Sterkte aan ons graad 6 en 7 leerders wat op Donderdag, 21 Mei om 14:15 hulle Wêreldkennis vraestelle skryf.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Strauss gesin (Ferreira operasie)Naomi van Eck (ouma oorlede)

Marlize Meintjes (operasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON (Woensdag, 20 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

Aansoeke word ingewag vir ‘n permanente

FINANSIËLE ASSISTENT (VOLDAGPOS)

(Beheerliggaam aanstelling)

Minimum vereistes:Graad 12

N5Pastel 12 (vereiste)

Minimum van 5 jaar ervaringRekenaarvaardig in Word en Excel

HANDIG DIE VOLGENDE IN, OF EPOS NA [email protected]

AansoekbriefGesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies

Volledige CV

Sluitingsdatum: Vrydag, 22 Mei 2015 om 13:30Aanvangsdatum: 1 Junie 2015

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]

Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039

AFSKEURSTROKIE: XHARIEP NETBALDAG (Woensdag, 20 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web view · 2017-09-23‘n Gewysigde tendervorm gaan weer saam met die nuusbrief uitgestuur word sodat ouers weer kan tender om hierdie