josef - communitasgod in ons lewens laat gebeur die deel wat ons eintlik moet raaksien. lees romeine...

4
Woord Ontmoeting 1 Josef God laat alles ten goede saamwerk. Welkom by die eerste les van die jaar. Dit is ’n goeie geleentheid om mekaar eers te leer ken. Ons begin die jaar met die les van Josef as inleiding tot die semester se tema. Ons tema handel oor hoe God kinders in die Bybel gebruik het. Die doel is om kinders te laat besef dat God hulle ook kan gebruik, dit maak nie saak wie hulle is, waar hulle bly of hoe oud hulle is nie. Teks: Genesis 37:39-47 Hulpmiddels: A3 karton/papier Swart verf Verskillende kleure verf “Slangetjies en leertjies”-speletjie op A3-karton gekopieer en gelamineer Kopieer die “slangetjies en leertjies”-speelkaarte en sny hulle uit (Laai die aparte pdf file af.) Kopieer die sterretjies en knip hulle uit. Dobbelsteen Skuifstuk vir elke kind, byvoorbeeld verskillende knopies Wyding Temalied: “God hou van kindertjies” (Soekie en die Radikids: Die coolste Radikids liedjies ooit) Stilword-ritueel: Laat die kinders op hul magies lê met hul ogies toe en hul koppe op hul arms en hulself indink as skapies. Laat hulle ‘n paar keer diep asemhaal en luister na die woorde van ‘n liedjie wat Dawid geskryf het. Lees nou Psalm 23 vir hulle rustig voor. Welkom Deel die kinders in groepe van nie meer as 5 of 6 kinders in ’n groep nie. Verduidelik aan hulle hoe die volgende kenmekaar speletjie werk. Graad 1-3: Sê jou naam vir die groep en noem een ding van jouself wat jy dink die ander kinders nie van weet nie. Die tweede persoon herhaal die eerste persoon se naam en stel dan hom-/haarself voor en noem ook een ding waarvan die ander kinders nie weet nie. Die derde kind begin weer by die eerste naam, ensovoorts. Op hierdie manier word die name herhaal en leer almal mekaar se name. Graad 4-6: Sê jou naam vir die groep en noem 2 dinge van jouself wat waar is en een ding wat vals is. Die ander kinders in die groep moet dan raai watter een is nie waar nie, byvoorbeeld 1) jy het al in ’n helikopter gevlieg, 2) jy het al ’n duisend rand gewen en 3) jy het al ’n slang vasgehou. Herhaal totdat elkeen in die kring ’n beurt gehad het. Indien iemand reg raai watter stelling vals is, moet die persoon wat die stellings gemaak het een keer Ons gee ’n oorsig oor die hele verhaal om ’n geheelbeeld van Josef se lewe kry. Grootgroep leier vertel: Ons het mekaar beter leer ken deur ons speletjie en ons het kans gehad om vir mekaar goed te vertel wat waar en wat vals was. As Josef vir ons sy storie vertel het, sou ons gedink het die goed wat met hom gebeur het, kan nie regtig waar wees nie, maar dit het werklik gebeur. ’n Klomp slegte dinge het gebeur, maar kom ons kyk hoe God dit verander het in iets wat mooi en goed was. Nota aan die groepleier: Neem ’n A3 wit papier/ karton en vou dit in die breedte in die helfte. Terwyl die verhaal vertel word, skryf jy (of ’n assistent) met koki al die slegte goed van Josef se lewe in die vou van die papier. Skryf die woorde vertikaal, nie meer as 2 cm weg van die vou af nie. (Die woorde moet so na as moontlik aan die vou wees.) Om jou te help, is al die sinne of woorde wat in die vou geskryf moet word, vetgedruk in die verhaal. Verhaal: Toe Josef 17 jaar oud was, het hy dikwels sy pa se rondom die groep hardloop. Herhaal totdat elkeen ’n beurt gehad het om homself voor te stel.

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Josef - CommunitasGod in ons lewens laat gebeur die deel wat ons eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die kinders: En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle

Woord

Ontmoeting 1 Josef God laat alles ten

goede saamwerk.

Welkom by die eerste les van die jaar. Dit is ’n goeie geleentheid om mekaar eers te leer ken. Ons begin die

jaar met die les van Josef as inleiding tot die semester se tema. Ons tema handel oor hoe God kinders in die

Bybel gebruik het. Die doel is om kinders te laat besef dat God hulle ook kan gebruik, dit maak nie saak wie

hulle is, waar hulle bly of hoe oud hulle is nie.

Teks: Genesis 37:39-47

Hulpmiddels:

A3 karton/papier

Swart verf

Verskillende kleure verf

“Slangetjies en leertjies”-speletjie op A3-karton

gekopieer en gelamineer

Kopieer die “slangetjies en leertjies”-speelkaarte

en sny hulle uit (Laai die aparte pdf file af.)

Kopieer die sterretjies en knip hulle uit.

Dobbelsteen

Skuifstuk vir elke kind, byvoorbeeld verskillende

knopies

Wyding

Temalied: “God hou van kindertjies” (Soekie en die

Radikids: Die coolste Radikids liedjies ooit)

Stilword-ritueel: Laat die kinders op hul magies lê

met hul ogies toe en hul koppe op hul arms en

hulself indink as skapies. Laat hulle ‘n paar keer

diep asemhaal en luister na die woorde van ‘n liedjie

wat Dawid geskryf het. Lees nou Psalm 23 vir hulle

rustig voor.

Welkom

Deel die kinders in groepe van nie meer as 5 of 6

kinders in ’n groep nie. Verduidelik aan hulle hoe

die volgende kenmekaar speletjie werk.

Graad 1-3:

Sê jou naam vir die groep en noem een ding van

jouself wat jy dink die ander kinders nie van weet

nie. Die tweede persoon herhaal die eerste

persoon se naam en stel dan hom-/haarself voor

en noem ook een ding waarvan die ander kinders

nie weet nie. Die derde kind begin weer by die

eerste naam, ensovoorts. Op hierdie manier word

die name herhaal en leer almal mekaar se name.

Graad 4-6:

Sê jou naam vir die groep en noem 2 dinge van

jouself wat waar is en een ding wat vals is. Die

ander kinders in die groep moet dan raai watter

een is nie waar nie, byvoorbeeld 1) jy het al in ’n

helikopter gevlieg, 2) jy het al ’n duisend rand

gewen en 3) jy het al ’n slang vasgehou. Herhaal

totdat elkeen in die kring ’n beurt gehad het. Indien

iemand reg raai watter stelling vals is, moet die

persoon wat die stellings gemaak het een keer

Ons gee ’n oorsig oor die hele verhaal om ’n

geheelbeeld van Josef se lewe kry.

Grootgroep leier vertel:

Ons het mekaar beter leer ken deur ons speletjie

en ons het kans gehad om vir mekaar goed te

vertel wat waar en wat vals was. As Josef vir ons

sy storie vertel het, sou ons gedink het die goed

wat met hom gebeur het, kan nie regtig waar wees

nie, maar dit het werklik gebeur. ’n Klomp slegte

dinge het gebeur, maar kom ons kyk hoe God dit

verander het in iets wat mooi en goed was.

Nota aan die groepleier: Neem ’n A3 wit papier/

karton en vou dit in die breedte in die helfte. Terwyl

die verhaal vertel word, skryf jy (of ’n assistent)

met koki al die slegte goed van Josef se lewe in

die vou van die papier. Skryf die woorde vertikaal,

nie meer as 2 cm weg van die vou af nie. (Die

woorde moet so na as moontlik aan die vou wees.)

Om jou te help, is al die sinne of woorde wat in die

vou geskryf moet word, vetgedruk in die verhaal.

Verhaal:

Toe Josef 17 jaar oud was, het hy dikwels sy pa se

rondom die groep hardloop. Herhaal totdat elkeen

’n beurt gehad het om homself voor te stel.

Page 2: Josef - CommunitasGod in ons lewens laat gebeur die deel wat ons eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die kinders: En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle

troppe vee saam met sy halfbroers opgepas. Josef

het by sy pa nuus aangedra oor die verkeerde

goed wat sy broers gedoen het. Jakob het Josef

liewer gehad as al sy ander kinders. Eendag gee

hy vir Josef ’n besondere geskenk, ’n pragtige jas.

Josef se broers het hom gehaat omdat hulle pa

hom voorgetrek het.

Een nag het Josef ’n droom gehad en hy het dit vir

sy broers vertel. Hy het gedroom dat hulle op die

landerye werk en sy broers se gerwe koring het

voor syne gebuig. Daarna hulle hom nog meer

gehaat het. Hulle het hom gespot en nog minder

van hom gehou. Josef het nog ’n droom gehad. Hy

het gedroom die son, maan en elf sterre (dieselfde

getal as sy broers) het voor hom neergebuig. Sy

broers het hom ná die drome nog meer gehaat

omdat hulle gedink het hy sê hy is belangriker en

beter as hulle.

Eendag het Josef se pa hom na sy broers gestuur

waar hulle in die veld besig was om die vee op te

pas. Hy moes gaan kyk hoe dit met sy broers

gaan en vir sy pa kom vertel. Toe sy broers hom

sien aankom, het hulle planne gemaak om hom

dood te maak. Ruben het hulle gekeer. Hy het

voorgestel dat hulle Josef eerder in die put gooi.

Toe Josef daar aankom, het hulle sy spoggerig

jas uitgetrek en hom in die put gegooi.

Handelaars het daar verbygekom en die broers

besluit toe om Josef vir 20 stukke silwer as ’n

slaaf in Egipte te verkoop.

Josef moes as slaaf in die huis van Potifar gaan

werk. Potifar se vrou het van Josef gehou en wou

gehad het dat hy by haar moet kom lê. Josef het

geweet dis verkeerd en het nee gesê. Potifar se

vrou het ’n stuk van sy klere gegryp en afgeskeur.

Sy het geroep dat die wagte haar moet kom help

en het gejok dat Josef haar wou seermaak. Potifar

was baie ontsteld en het Josef dadelik in die

tronk gegooi.

Nota aan die groepleier: Neem nou swart verf en

drup dit redelik dik in die vou. Vou die papier toe

en maak dadelik weer oop. Wys die swart streep

vir die kinders. Skryf weer al die goeie dinge wat

vetgedruk is aan die regterkantse helfte van die

bladsy. Noem aan die kinders dat ’n klomp slegte

goed met Josef gebeur het, maar ’n klomp

wonderlike goed het ook uit die verhaal gekom.

Verhaal:

Al het dit baie moeilikheid vir Josef veroorsaak dat

sy pa hom voorgetrek het, weet ons dat sy pa

baie lief was vir hom en dit was ’n goeie ding.

Nie net het sy pa vir hom omgegee nie, maar

Ruben het sy lewe gered deur die broers te

oortuig om hom eerder in die put te gooi. En het jy

al gewonder oor die put waarin Josef gegooi is en

hoe wonderlik dit was dat daar nie water in was

nie, anders het Josef dalk verdrink. Dit moes baie

sleg vir Josef gewees het om as slaaf verkoop te

word, maar hy het as slaaf in Potifar se huis gaan

werk. Potifar was ’n amptenaar van die Farao en

hoof van die lyfwagte. Potifar het hom goed

behandel.

Josef was saam met ’n skinker en ’n bakker van

die Farao in die tronk. Een nag het die skinker en

bakker elkeen ’n droom gehad. Hulle was baie

ontsteld en het nie geweet wat die drome beteken

nie. God het vir Josef gehelp om die betekenis

van die drome vir hulle te verduidelik. ’n Rukkie

daarna het die Farao (die koning van die land) ook

’n droom gehad wat hy nie verstaan het nie. Die

skinker wat saam met Josef in die tronk was, het

op daardie stadium vir die Farao gewerk en hy het

onthou dat Josef hom met sy droom gehelp het.

Die Farao het dadelik vir Josef laat kom. God het

weer vir Josef gehelp om die Farao se droom

te verstaan en aan hom te verduidelik. God het

die Farao gewaarsku dat daar hongersnood op

pad was en dat hy nou kos moet bêre vir wanneer

daar nie kos gaan wees nie. Josef het aan die

Farao voorgestel dat hy ’n bekwame persoon oor

die hele Egipte moes aanstel om te help om van

die kos bymekaar te maak en te bêre. Op die

manier sal daar genoeg wees om te eet wanneer

die 7 jaar van hongersnood aanbreek. Indien dit

nie gedoen word nie, sou ’n ramp die land tref en

al die mense sou doodgaan. Die Farao en sy

raadgewers was in hulle skik met Josef se

voorstelle en het besluit dat Josef daardie man

moet wees. So het Josef die heerser in Egipte

geword; hy was tweede in bevel van die land.

Die Farao het vir Josef gesê: “Ek is die koning,

maar niemand sal in die ganse Egipte ’n vinger

verroer of ’n voet versit sonder jou goedkeuring

nie.”

Josef se broers is ook geraak deur die

Page 3: Josef - CommunitasGod in ons lewens laat gebeur die deel wat ons eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die kinders: En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle

hongersnood en moes na Egipte kom om kos by

die Farao te koop. Josef het dadelik sy broers

herken, maar hulle het nie besef dat dit hy was nie.

Josef het hulle gehelp en vir hulle kos gegee.

Hy het sy broers vergewe en kon vir sy hele

familie, ook sy pa, plek gee om in Egipte te bly.

Aangesien Josef tweede in beheer was, het die

Farao vir Josef gesê dat sy familie in die beste

deel van Egipte kon gaan bly.

Nota aan die groepleier: Drup nou verskillende

kleure verf op die positiewe goed uit die verhaal

wat neergeskryf is. Vou die papier weer toe en vryf

daaroor sodat die verf versprei. (Maak seker jy

doen dit op ’n koerant of plastiektafeldoek

aangesien die verf aan die kante kan uitkom).

Maak die papier weer oop en wys vir die kinders

die skoenlapper wat gevorm het.

In elkeen van ons se lewens gebeur daar goeie en

slegte goed. God bly in beheer van ons hele lewe.

God wil altyd die beste hê vir sy kinders. Dus, al

sien ’n mens die swart gedeelte of die slegte

gedeelte in die skoenlapper raak, is die mooi wat

God in ons lewens laat gebeur die deel wat ons

eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die

kinders:

En ons weet dat God alles ten goede laat

saamwerk vir hulle wat Hom liefhet. (NLV)

Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

1. Ek wonder wat was vir jou mooi in die verhaal.

2. Ek wonder waar jy jouself in hierdie storie sou

sien.

3. Ek wonder of Josef steeds sy broers sou

vergewe het as sy lewe nie so goed uitgedraai

het nie.

4. Ek wonder watter deel sou jy wou uitlaat in die

storie.

Werskaf

Elke kind kan nou sy eie skoenlapper maak.

“Slangetjies en leertjies”-speletjie.

“Vind die bakker en die skinker”-aktiwiteit.

Die Here is voor julle om die

weg gelyk te maak.

Die Here is langs julle om julle

in Sy arms toe te vou.

Die Here is agter julle om

die aanvalle van die bose te keer.

Die Here is onder julle om julle

te vang as julle dalk val.

Die Here is binne julle om

julle te inspireer.

Page 4: Josef - CommunitasGod in ons lewens laat gebeur die deel wat ons eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die kinders: En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle

In die tronk het die bakker en die skinker drome gehad. Josef het vir hulle verduidelik wat hul drome beteken het. Wie is die bakker en wie is die skinker?