junie 2018 - gauteng

17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 2 NASIENRIGLYNE 17 bladsye

Upload: others

Post on 02-Dec-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

PROVINSIALE EKSAMEN

JUNIE 2018

GRAAD 10

EKONOMIE

VRAESTEL 2

NASIENRIGLYNE

17 bladsye

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

2

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

PROVINSIALE EKSAMEN

EKONOMIE (Vraestel 2) NASIENRIGLYNE

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C Homogene produkte

1.1.2 B Indifferensie

1.1.3 C Botter

1.1.4 A ʼn Arbeidsurplus

1.1.5 D Tekort (5x2) (10) 1.2 PASITEMS 1.2.1 B Belasting op goedere en dienste gehef, en nie op inkome en

wins nie.

1.2.2 G Die waarde van die alternatief wat nie gekies is nie en opgeoffer is wanneer ʼn keuse gemaak word.

1.2.3 F Wêreldwye ekonomiese interaksie met handel as die belangrikste element.

1.2.4 C ʼn Grafiek, wat die kombinasie van twee produkte wat met alle beskikbare hulpbronne geproduseer kan word, aandui.

1.2.5 A Die hoeveelheid goedere wat teen ʼn spesifieke prys aangebied en verkoop is en waarmee die vraag heeltemal tevrede is.

1.2.6 D Goedere wat deur die staat voorsien word om die welvaart van landsburgers te verbeter.

(6x1) (6) 1.3 TERMINOLOGIE 1.3.1 Openbare sektor

1.3.2 Mikro-ekonomie

1.3.3 Subsidie

1.3.4 Marginale nut (4x1) (4)

TOTAAL AFDELING A: [20]

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

3

AFDELING B Beantwoord enige EEN van die twee vrae. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae:

2.1.1 Noem TWEE funksies van markte

Markte allokeer hulpbronne

Markte is self-regulerend

Markte bring produsente en verbruikers bymekaar (Enige 2x1) (2)

2.1.2 Wat is markewewig?

Markewewig is waar die aanbod van ʼn produk en die vraag na daardie produk gelyk is. (1x2) (2)

2.2 Data Respons 2.2.1 Identifiseer die gebou wat in die spotprentjie getoon word.

Die parlementsgebou (1)

2.2.2 Vir watter geleentheid was hierdie spotprent geteken?

Die begrotingsrede (1)

2.2.3 Verduidelik die tipe belasting waarna in die spotprent verwys word, en gee ʼn kort verduideliking wat die man se woorde: “gaan julle op?” met betrekking tot die belasting, beteken.

Die spotprent verwys na indirekte belasting. Dit is verbruiksbelasting en word op produsente en verbruikers van goedere en dienste gehef.

Dit is belasting wat betaal word wanneer geld op produkte bestee word, bv. BTW, aksynsbelasting, doeanebelasting en brandstofheffings.

“gaan julle op?” verwys na die feit dat die Minister van Finansies heel moontlik hierdie belasting in die begroting gaan verhoog.

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

4

2.2.4 Bespreek TWEE redes waarom die regering ʼn zero BTW-koers op basiese voedselsoorte en brandstof gehef het.

Om die armer mense te beskerm, omdat hulle ʼn groot deel van hulle inkomste op basiese voedselsoorte soos mieliemeel, rys, vrugte en groente, spandeer.

Om voedsel bekostigbaar vir die armes te maak omdat hulle inkomste laag is.

Daar word aksynsbelasting op brandstof gehef en as daar BTW ook gehef word is dit dubbelbelasting. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)

2.3 Data Respons 2.3.1 Watter warmbrak gee die grootste bevrediging?

Die 1ste / eerste warmbrak gee die grootste bevrediging. (1)

2.3.2 Identifiseer die warmbrak wat geen ekstra bevrediging gee, wanneer dit verbruik word nie.

5de / vyfde warmbrak gee geen ekstra bevrediging nie (1)

2.3.3 Bereken die waardes van A en B in die tabel.

A = 45

B = 115 (4)

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

5

-20

-10

0

10

20

30

40

50

60

1 2 3 4 5 6

Nu

t

Hoeveelheid warmbrakke

Marginale nut

Marginale nut

2.3.4 Gebruik die inligting uit tabel en teken ʼn volledig benoemde grafiek van die marginale nut.

2.4 Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.

Prysplafonne (maksimum pryse)

Dit is die hoogste prys waarteen ʼn produsent ʼn produk kan verkoop.

Pryse mag nie hoër as die plafon styg nie, dit is bokant ʼn bepaalde maksimum prys. Die plafon dwing die pryse af.

Indien die staat voel dat produsente pryse in sommige markte te hoog druk, kan die regering inmeng deur subsidies aan ondernemings te betaal om daardeur pryse te verlaag.

Voorbeelde is: verhuringsbeheer, mediese produkte, brood, meel en elektrisiteit. (maks 4)

Hoeveelheid / X as = 1 punt Nut / Y as = 1 punt Kurwe korrek geteken = 2 punte Maks = 4 punte

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

6

Prysvloere (minimum pryse)

Prysvloere beskerm produsente teen lae pryse en swak winste.

Die staat mag voel dat pryse in sommige markte te laag is en dan is dit nodig om verskaffers te ondersteun.

In hierdie geval kan die regering by markte inmeng deur ʼn minimumprys vas te stel. ʼn Klomp produsente, soos boere, ervaar sterk mededinging van ander verskaffers.

Alhoewel die regering gelukkig voel as verbruikers bekostigbare pryse betaal, is dit steeds belangrik dat produsente ʼn wins moet maak sodat hulle in die mark moet bly, anders sal werkloosheid verhoog. (maks 4)

(4 x 2) (8)

2.5 Gee ʼn volledige bespreking van die redes waarom die regering subsidies toestaan.

Om verbruikers te bevoordeel omdat gesubsidieerde goedere goedkoper is Indien die staat produkte susidieer is die verbruiker in staat om goedkoper produkte te koop.

Om uitvoere te bevorder. Produkte is goedkoper in ander lande omdat die regering uitvoer-besighede subsidieer.

Om nuwe ondernemings te bevorder. Die produksiekoste word verminder en dit is vir nuwe besighede makliker om opgerig te word, omdat hulle van die begin af ondersteun word.

Om werksgeleenthede te bevorder. As nuwe en baie besighede tot die mark toetree, sal werksgeleenthede verhoog en dit kan die land se werkloosheidskoers verlaag.

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (8) [40]

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

7

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 3.1 Beantwoord die volgende vrae:

3.1.1 Gee enige TWEE eienskappe van nut

Nut verskil van plek tot plek

Nut verskil van tyd tot tyd.

Nut verskil van persoon tot persoon.

Daar is geen standaardmanier waaraan iemand se tevredenheid of nut gemeet kan word nie. (Enige 2x1) (2)

3.1.2 Hoe beïnvloed die wet van dalende nut die hoeveelheid verbruik?

Soos wat verbruik toeneem sal die ekstra bevrediging wat daardeur verkry word afneem. Verbruikers sal nie aanhou om verbruik te verhoog indien dit nie hulle ekstra bevrediging verhoog nie.

3.2 Datarespons

3.2.1 Beskryf die helling van die aanbodkurwe.

Die aanbodkurwe het ʼn positiewe helling / het ʼn opwaartse helling van links na regs. (1)

3.2.2 Identifiseer hoeveel geproduseer is voordat die subsidie betaal is.

He (1) 3.2.3 Dui aan wat met die prys en hoeveelheid in die grafiek gebeur het en

waarom?

Aanbod het na H1 verhoog, omdat produsente nou meer geld beskikbaaar het om meer grondstowwe en materiaal aan te koop en dan meer kan produseer.

Die prys het na P1 gedaal omdat regeringsubsidies produsente in staat stel om teen ʼn laer prys te verkoop. (2x2) (4)

3.2.4 Verduidelik die wet van aanbod.

Volgens die wet van aanbod is daar in direkte verband tussen aanbod en prys.

Indien pryse styg sal die hoeveelheid aangebied ook styg en omgekeerd. Dit is as gevolg van die feit dat produsente meer kan aanbied indien hulle meer per eenheid vir hulle produkte kan kry.

Daar is ʼn positiewe verwantskap tussen prys en die hoeveelheid aangebied. (Enige 2x2) (4)

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

8

3.3 Data Respons

3.3.1 Waarvoor staan die akroniem LMSA?

LMSA – Lughawens Maatskappy Suid-Afrika (1) 3.3.2 Noem EEN strategie, volgens die gevallestudie, wat die lugdiensbedryf

verander het.

Mededinging (1) 3.3.3 Die skrywer sê: “Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê om

dit eenvoudig te aanvaar”. Verduidelik kortliks waarom hy hierdie stelling maak.

Passasiers het nie insae in die taxitariewe nie en het ook nie ʼn keuse om die dienste te gebruik nie. Hulle het die vervoer baie nodig.

Daarom sal passasiers die tarief wat deur taxi-eienaars gevra word, moet betaal.

Passasiers het geen ander betroubare, goedkoper alternatiewe vervoer in Suid-Afrika nie, dus moet hulle taxi’s gebruik.

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)

3.3.4 Bespreek watter faktore kan bydra om die taxibedryf in Suid-Afrika ʼn volmaakte mededingende mark te maak.

Daar moet meer taxi-eienaars wees wat ʼn vervoerdiens aanbied

Hulle moet prysnemers wees

Daar mag geen toetredingsversperrings wees nie

Taxi-bestuurders moet in staat wees, om die mark vrylik te verlaat of toe te tree

Taxi-eienaars en passasiers moet volledige inligting hê. (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 2x2) (4)

3.4 Onderskei tussen komplementêre produkte en substituutprodukte

Komplementêre produkte

Dit is produkte wat saam gebruik word, om behoeftes te bevredig.

Hierdie produkte kan nie onafhanklik gebruik word nie.

Produkte wat saam met mekaar gebruik moet word. Bv., ʼn DVD en ʼn DVD-speler. (maks 4)

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

9

Substituutprodukte

Dit is produkte wat met ander produkte vervang kan word om dieselfde behoefte bevrediging te verkry.

Die produkte is amper dieselfde en kan gekoop of gebruik word in plaas van die oorspronklike produk.

Gewoonlik is die substituutproduk goedkoper.

Bv. botter en margarien. (maks 4) (Aanvaar enige ander relevante antwoord) (4x2) (8)

3.5 Bespreek die eienskappe van indifferensiekurwes.

Het altyd ʼn afwaartse helling / negatiewe helling As die hoeveelheid van een produk verhoog, moet die hoeveelheid van die ander

produk veminder. Die kurwe verteenwoordig al die moontlike kombinasies wat dieselfde nut gee. Die helling van die kurwe wys die marginale vervangingskoers.

Hoër indifferensiekurwes word bo laer kurwes verkies Daar is oneindig baie verskillende kombinasies tussen twee produkte wat verbruikers

van kan kies. Hoe verder die kurwe van die oorsprong af beweeg hoe groter is die vlak van verbruikersbevrediging.

Hulle buig inwaarts (konveks) Die helling van die indifferensiekurwe verteenwoordig die marginale

vervangingskoers (MVK). Dit is die koers waarteen verbruikers die een produk (waarvan daar ʼn groter hoeveelheid is) teen die ander produk (waarvan daar ʼn kleiner aanbod is) teenoor die ander afspeel.

Indifferensiekurwes sny of kruis mekaar nie Omdat al die punte op die kurwe dieselfde nut aan verbruikers gee, en omdat al die

verskillende kombinasies van die twee produkte op ʼn bepaalde kurwe dieselfde bevrediging gee, beteken dit dat alle punte altyd dieselfde bevrediging sal gee. Dit is dus onmoontlik vir die verbruiker om afsydig te wees.

Kurwe vorms verskil van verbruiker tot verbruiker ʼn Indifferensiekurwe weerspieël die voorkeure en nut wat deur individuele verbruikers

verkry word. (8) (Noem / net die grafiek = Maks 4)

[40]

TOTAAL AFDELING B: 40

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

10

AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK voorsien. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE TOEKENNING

Inleiding: Die inleiding is ʼn lae-orde antwoord.

ʼn Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband hou, te bepaal en te omskryf.

Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.

Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.

Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan bespreek.

Maks. 2

Inhoud:

Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer / Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek

Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ʼn kritiese bespreking / Evalueer / Evalueer Krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/ Debatteer kortliks / Hoe / Gee ʼn voorstel

Maks. 26

Maks. 10

Gevolgtrekking: Enige hoë orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:

ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds genoem is te herhaal.

Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.

Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking /analise kan versterk.

ʼn Opponerende / teenstrydige sienswyse met ʼn motivering, indien verlang.

Aanbevelings

Maks. 2

TOTAAL

40

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE

Bespreek volledig, met grafieke, hoe die kragte van vraag en aanbod die ewewigsprys in die produktemark bepaal. (26)

Verduidelik die faktore wat die vraag na ʼn produk beïnvloed. (10) (40)

INLEIDING:

Produkmarkte ontstaan wanneer ondernemings goedere en dienste aan huishoudings / verbruikers aanbied en hulle dit moontlik wil koop. Pryse en hoeveelhede word volgens die interaksie tussen kopers en verkopers bepaal.

(Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2) INHOUD: HOOFDEEL: VRAAG

Die vraag is die hoeveelheid van ʼn produk of diens wat verbruikers bereid en in staat is om teen ʼn sekere prys oor ʼn tydperk te koop.

WET VAN VRAAG

Die wet van vraag bepaal dat indien die prys van ʼn produk styg, sal die hoeveelheid gevra van daardie produk afneem. Indien die prys van ʼn produk daal, sal die hoeveelheid gevra na daardie produk toeneem.

VRAAGKURWE

Die vraagkurwe dui die hoeveelheid van ʼn produk, wat teen verskillende pryse gevra word, aan.

Dit het ʼn afwaartse helling van links na regs. Dit dui op ʼn negatiewe helling.

Dit is as gevolg van die omgekeerde verhouding wat tussen die prys van ʼn produk en die hoeveelheid gevra van die produk bestaan.

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

12

(Max 4)

AANBOD

Die aanbod is hoeveelheid van ʼn produk of diens wat produsente bereid en in staat is om oor ʼn tydperk teen ʼn sekere prys aan te bied.

Wet van aanbod

Die wet van aanbod bepaal dat as die prys van ʼn produk styg, sal die hoeveelheid van die produk aangebied toeneem. Indien die prys van ʼn produk daal sal die hoeveelheid van die produk aangebied afeem.

Daar is ʼn direkte verwantskap tussen hoeveelheid en die prys. Aanbodkurwe

Die aanbodkurwe toon die hoeveelheid van ʼn produk, wat teen verskillende pryse aangebied word.

Dit loop opwaarts van links na regs. Dit dui op ʼn positiewe helling.

Dit dui op die direkte verhouding tussen die prys van ʼn produk en die hoeveelheid aangebied van die produk

Pry

s

V

Q

Hoeveelheid

P

D

D

0

Hoeveelheid / x as = 1 punt Prys / y as = 1 punt Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte Maks. = 4 punte

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

13

(Max 4) PRYSVORMING

Dit is die prys wat onstaan wanneer kopers (verbruikers) en verkopers (verskaffers) met mekaar ooreenstem, dit is waar vraag en aanbod gelyk is

Markewewig

Markte funksioneer die beste wanneer die hoeveelheid vraag deur huishoudings gelyk is aan die hoeveelheid aangebied deur maatskappye

Ewewigsprys (Markprys)

Dit is die prys waarteen vraag en aanbod gelyk is. / Dit is die prys waar die hoeveelheid vraag gelyk is aan die hoeveelheid aangebied

Ewewigshoeveelheid

Dit is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop word teen ʼn spesifieke prys ten einde die huishoudelike vraag ten volle te bevredig en waar daar geen oorblywende goedere en dienste is nie. Dit is waar die hoeveelheid aanbod gelyk is aan die hoeveelheid vraag

S

Hoeveelheid

P

r

y

s

Q

P

Hoeveelheid / x as = 1 punt Prys / y as = 1 punt Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte

0

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

14

(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde) (Maks 26) ADDISIONELE DEEL: Faktore wat vraag beïnvloed

Die prys van die produk Wanneer die prys laag is, sal verbruikers meer vra en wanneer die die prys hoog is, sal verbruikers minder vra

Verbruikers se smake, voorkeure en koopgewoontes Die vraag na goedere waarvan die verbruiker hou sal hoër wees as die vraag na goedere waarvan die verbruiker nie hou nie

Verbruiker se inkomste Indien die inkomste van verbruikers toeneem sal hulle meer produkte vra omdat hulle dit nou kan bekostig.

Die beskikbaarheid en die prys van substituutprodukte / plaasvervangers Wanneer ʼn produk nie ʼn nabye substituut het nie en die prys van die produk styg, sal verbruikers dit steeds vra omdat hulle nie ʼn ander keuse het nie. Indien daar ʼn substituutproduk is kan verbruikers meer van die ander produk-keuse vra indien die produk te duur is

Die beskikbaarheid en die prys van komplementêre / aanvullende produkte Indien die komplementêre produk goedkoop en beskikbaar is sal die vraag na die produk toeneem

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 10)

S

D

Pry

s

Hoeveelheid Q

P

D

S

Hoeveelheid / x as = 1 punt Prys / y as = 1 punt Ewewigspunt = 2 punte

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

15

Gevolgtrekking Die ewewigsprys is nie staties nie maar dinamies. Dit kan enige tyd verander. Indien verbruikers die vraag na ʼn produk verander, of indien produsente die aanbod van die produk verander, sal pryse ook verander. (Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)

[40] VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

Gee ʼn volledige bespreking van die eienskappe van volmaakte- en onvolmaakte markte. (26)

Watter stappe kan die regering neem om markmislukkings te voorkom? (10) (40)

Inleiding:

ʼn Mark bestaan waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste teen ʼn prys uit te ruil

ʼn Mark is enige plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om die prys en hoeveelheid van goedere en dienste, wat uitgeruil word, te bepaal. (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Max 2)

Inhoud HOOFDEEL: VOLMAAKTE MARKTE ʼn Volmaakte mark is waar geen aanbieder / verskaffer in staat is om die die prys te manipuleer nie Die eienskappe van ʼn volmaakte mark is as volg: Aantal kopers en verkopers

Daar is ʼn groot aantal kopers en verkopers. Geen individuele deelnemer kan die prys van ʼn produk, deur hulle eie vraag of aanbod van goedere, beïnvloed nie

Aard van die produk

Goedere en dienste wat aangebied word is homogene produkte. Koppies, borde, tandepasta, skoene en seep is voorbeelde van produkte wat gewoonlik in massa geproduseer word.

Die produkte wat aangebied word is min of meer almal dieselfde (identies)

Hierdie produkte dien dieselfde doel en is gewoonlik maklik om te produseer. Dit word weerspieël deur ʼn groot aantal verskaffers van die produk wat meeding vir verkope, wat pryse laag hou

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

16

Toetredingsversperrings

Verkopers het onbeperkte en maklike toetrede en uittrede tot die mark / Verkopers kan die mark vrylik betree of verlaat

Verkopers kan die mark na willekeur betree. As hulle die mark betree, sal hulle in staat wees om hulle produkte net so maklik soos enige ander verkoper te verkoop. Hulle kan ook wanneer hulle wil, die mark verlaat

Beskikbaarheid van inligting

Hierdie markte het volmaakte of volledige inligting. Kopers weet presies wat elke verkoper se prys is

Daar is ook volledige inligting omtrent marktoestande aan produsente en verbruikers beskikbaar

Vermoë van verskaffers om die prys te verander

Die verkoper het geen beheer oor die pryse nie. Hulle is prysnemers

Verkopers moet die heersende markprys aanvaar. Indien hulle pryse hoër is as die heersende markprys, sal hulle niks verkoop nie. Geen verskaffer kan die markprys beïnvloed nie

In werklikheid is daar min volmaakte markte. Sekere sektore soos die mynbousektor (bv. olie en goud) , landbousektor bv. (vleis en mielies) en die Johannesburgse aandelebeurs (JSE)

ONVOLMAAKTE MARKTE

Onvolmaakte markte is markte waar verskaffers die prys kan manipuleer. Daar is drie tipeS onvolmaakte markte nl. monopolieë, oligopolieë en monopolistiese mededinging

Die eienskappe van ʼn onvolmaakte mark is die volgende: Aantal kopers en verkopers

Daar is net een groot verskaffer van ʼn produk en diens (monopolie) of ʼn paar groot verskaffers (oligopolie)

Hierdie verskaffers het direkte invloed op die produkprys en word nie deur mededinging teruggehou nie en is in staat om pryse te beïnvloed. Daar kan ook baie verskaffers wees terwyl net een produsent ʼn beduidende verandering na die vraag vir ander produsente se produkte kan hê (monopolistiese mededinging)

Aard van die produk

Produkte en dienste wat aangebied word is heterogene of unieke produkte

Produkte in die mark verskil aansienlik van mekaar en verbruikers soek ʼn spesifieke gehalte van elke produk

Die verkoper voorsien unieke produkte wat geen naby substitute het nie

Hierdie produkte kan ten opsigte van prys, kenmerke en bonusse verskil. Produkte verskil weens ligging of reklame / advertensie

Vermoë van verskaffers om die prys te verander

Die verkoper het beheer oor die prys, hulle is prysbepalers / prysmakers

Produsente van goedere en dienste kan pryse vasstel en kopers is nie in staat om op enige beduidende manier vir pryse te beding of te beïnvloed nie

MEMORANDUM EKONOMIE (Vraestel 2) GRAAD 10

17

Beskikbaarheid van inligting

Hierdie markte het onvolmaakte inligting

Produsente en verbruikers het onvolledige inligting ten op sigte van marktoestande

Dit is moeilik, en soms onmoontlik, vir kopers om uit te vind wat die pryse van ʼn produk in die mark is

Toetredingsversperrings

Toegang tot die mark is beperk of heeltemal geblokkeer sodat nuwe verskaffers nie die mark kan betree nie

Ander verkopers word verhoed om tot die mark toe te tree

Verkopers word teen mededinging beskerm deur middel van patente, beheer oor hulpbronne en regeringsbeperkings

Voorbeelde van onvolmaakte markte is: Eskom, Telkom, DSTV, selfoonmaatskappy, brandstof vulstasies, restaurante, rekenaar en motor vervaardigers.

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL:

Die staat kan sekere goedere en dienste aan die publiek voorsien bv. Eskom

Die staat se fondse kan gebruik word om openbare goedere en dienste te verskaf

Die regering kan wette instel wat mededinging bevorder en prysvasstelling verbied

Hulle kan die verkoop van sigarette aan kinders verban en die gebruik van sekere produkte kan voorkom word, bv. dwelmverkope

Die regering kan maksimum werksure en minimum lone vir sekere werke instel

Hulle kan inkome ongelykheid- en regverdigheidskwessies in die werkplek hanteer

Fiskale beleidsmaatreëls, wat huishoudings help om hulpbronne effektief aan te wend, kan ingestel word

Indirekte belasting soos sondebelasting op drank en sigarette kan verhoog word

Subsidies of belastingverligting kan aan ondernemings wat produkte produseer, gebied word

Welsynsbetalings aan sekere individue soos bv. enkelouers en gestremde mense, kan aangepas word

Die regering kan inligting aan markte voorsien ten opsigte van al die werklike kostes en voordele wanneer sekere produkte en dienste gebruik word bv. bemarkingsveldtogte om publieke vervoer te bevorder

(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Maks 10) Gevolgtrekking Markte speel ʼn noodsaaklike rol in die ekonomie. Markmislukkings sal altyd in ʼn ekonomie voorkom, maar dit kan deur owerheidsinmenging opgelos word (Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking) (Maks. 2)

TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 100