kennisgewing in terme van artikel 29(3) van die · pdf filevan volstruisvleis en -leer het die...
TRANSCRIPT
KEnnISgEwIng In tERME VAn ARtIKEl 29(3) VAn DIE MAAtSKAPPYwEt, 2008 (DIE wEt):
Hierdie opgesomde finansiële state is ’n opsomming van die groep se finansiële state vir die jaar geëindig 30 Junie 2017.Die groep se finansiële state is geouditeer ter voldoening aan die vereistes van die wet.J Oosthuizen gR (SA) het toesig gehou oor die voorbereiding van die finansiële state.
’n Afskrif van die volledige finansiële state is op versoek beskikbaar by die groep se geregistreerde kantoor.
JAARVERSLAG 2017
Bedryfsoorsig Bl.2 Finansiële Opsomming
Bl.5 Voorwoord
Bl.6 Klein Karoo Agri
Bl.8 Klein Karoo International
Bl.14 Klein Karoo Saadproduksie
geïntegreerde Verslag Bl.18 Korporatiewe Bestuur
Bl.22 Volhoubaarheid
oPgesoMde finansiële state
Bl.26 Verantwoordeliksheidsverklaring deur die Raad van Direkteure
Bl.26 Verklaring deur Maatskappysekretaris
Bl.27 Oudit- en Risikokomiteeverslag
Bl.28 Direkteursverslag
Bl.29 Verslag van die Onafhanklike Ouditeur
Bl.30 Opgesomde Staat van Finansiële Posisie
Bl.31 Opgesomde Inkomstestaat
Bl.31 Opgesomde Staat van Omvattende Inkomste
Bl.32 Opgesomde Staat van Verandering in Ekwiteit
Bl.32 Opgesomde Staat van Kontantvloei
Bl.33 Segmentverslag
Bl.33 Aantekeninge by die Opgesomde Finansiële State
OMSEt
wESEnSVERDIEnStE REntEDEKKIng
wInS VOOR BElAStIng
REntEDRAEnDE SKulD tOt EKwItEIt
nEttO KOntAntInVlOEI
2
“Die struktuur van kLein karOO is DaarOp gemik Om Op Die Drie
hOOfaktiwiteite binne Die grOep te fOkus, naamLik hanDeL, meganisasie
en Dienste, asOOk vOLstruis- en saaDaktiwiteite.”
3
Be
dry
fso
ors
ig“he that is gOOD
fOr making excuses is seLDOm gOOD fOr
anything eLse.”
“he that is gOOD fOr making excuses is seLDOm gOOD fOr
anything eLse.”
4
Klein Karoo Eiendoms Beperk is ʼn Landboubeheermaatskappy wat drie filiaal-maatskappye in sy stal het, naamlik Klein Karoo Agri Eiendoms Beperk (“KKA”), Klein Karoo International Eiendoms Beperk (“KKI”) en Klein Karoo Saad Produksie Eiendoms Beperk (“KKSP”).
Bedrywighede word gedesentraliseerd in die gemelde drie maatskappye bestuur, en daar word hoofsaaklik op volstruisprodukte (vleis, leer en vere), saadproduksie en die verskaffing van landboubenodigdhede wat brandstof insluit, gefokus. Elke maatskappy beskik oor ʼn afsonderlike raad van direkteure asook ‘n uitvoerende bestuur wat op bedryfsvlak verantwoordelikheid neem. Met die uitsondering van veebemarking en huurkoop finansieringsaktiwiteite, word geen dag-tot-dag bedrywighede op groepvlak bedryf nie, en die fokus val daar uitsluitlik op dienslewering aan die filiaalmaatskappye.
Die groep se omset het met 0.4% vanaf R1.586 miljard tot R1.579 miljard afgeneem. ʼn Sterker rand-dollar-wisselkoers as die vorige jaar asook die druk op die verkope van volstruisvleis en -leer het die groei ietwat negatief geraak.
Alhoewel varsvleisuitvoere in September 2015 hervat is, het die bedryf gesukkel om die vorige markaandeel te herwin. Die prys van vars vleis kon ook nie tot vroeëre vlakke herstel nie. Die hervatting van varsvleisuitvoere het ook tot gevolg gehad dat die beskikbare hoeveelheid vleis wat vir die hittebehandelingsproses beskikbaar was, afgeneem het. As gevolg van die griepuitbraak in die hoenderbedryf is gedurende die laaste week van die huidige verslagjaar (Junie 2017) weer ʼn verbod op die uitvoer van vars vleis geplaas.
Soos reeds gemeld, het die mark vir volstruisleer ook onder druk verkeer. Die verkope van ander luukse leersoorte soos krokodilleer het ook heelwat druk ervaar.
Die vere-afdeling se omset het ook ietwat gedaal, wat hoofsaaklik aan die laer beskikbare vere-roumateriaal te wyte was.
Die baie moeilike handelsomstandighede het tot gevolg gehad dat KKI se omset vanaf R865 miljoen na R755 miljoen en die netto wins (voor belasting) vanaf R36.2 miljoen na R4.6 miljoen afgeneem het.
KKSP se groei is voortgesit, en verdere uitbreidingsmoontlikhede is ondersoek. Spesiale aandag word aan die plaaslike en internasionale amandelmark gegee, en twee baie suksesvolle produsent-inligtingsdae is reeds gehou. Amandel-proefaanplantings word op die KKSP-proefplaas beoog. Die maatskappy fokus op bedryfskapitaalbestuur om te verseker dat die balansstaatverhoudings gesond bly. KKSP se omset het vanaf R252 miljoen tot R275 miljoen en die netto wins (voor belasting) vanaf R35.4 miljoen tot R41 miljoen toegeneem.
KKA wat met ingang van 1 Julie 2016 as ʼn afsonderlike maatskappy bedryf word (voorheen Handel, Meganisasie en Dienste), het weereens ʼn baie goeie jaar beleef. Die bestaande vulstasie op die Klein Karoo-perseel te Oudtshoorn is geskuif om aan Parkweg te front. Bestuur is daarvan oortuig dat hierdie aksie ʼn baie positiewe effek op brandstofverkope sal hê.
Die groep se netto wins ná belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers beloop R41.264 miljoen. Bedryfsbates het R786 miljoen beloop, teenoor R874 miljoen op 30 Junie 2016. Die herwaardering van die leervoorraad voortspruitend uit sekere voorsienings wat geskep is, het die grootste rol hierin gespeel.
In alle besighede, asook op groepsvlak, word deurlopend op kontantvloei-bestuur gefokus om aanvaarbare skuldverhoudings asook voldoende finansieringsfasiliteite te verseker.
Die ondersoek na ʼn kleinhandelontwikke-ling op die hoofkantoorperseel gaan voort, en gesprekke word tans met belangstellende partye gevoer. In ooreenstemming met die moderne neigings word meer op ʼn woonbuurtsentrum as op ʼn groot streeksentrum gefokus.
Klein Karoo het die Bokomo-perseel in Oudtshoorn gedurende Julie 2016 aangekoop, en beplanning om die groot stoor op die perseel sodanig te omskep dat die volstruiswinkel en leergoederefabriek wat tans op die Klein Karoo hoofkantoorperseel geleë is, daar geakkommodeer kan word, het reeds ver gevorder. Hierdie skuif sal ʼn baie positiewe effek op verkoopsyfers en algemene bewuswording by besoekers en toeriste van die volstruis en sy produkte tot gevolg hê, aangesien hierdie perseel op die hooftoeristeroete geleë is.
ʼn Ander aspek waaraan deurlopend aandag gegee word, is om ons jonger produsente aan Klein Karoo as organisasie en die senior-bestuur bekend te stel en hulle veral met die Klein Karoo-visie vertroud te maak. Hierdie produsente is die toekoms van Klein Karoo groep en ook die bron waaruit toekomstige direkteure verkies en aangestel moet word.
Ons beskik oor ʼn toegewyde kernper-soneel, en die volgehoue sukses van die groep is van hul bydraes en insette afhanklik. Ons dank word teenoor die personeel en die verskillende rade vir hul toegewydheid, asook ons lojale kliënte, klante en produsente vir hul volgehoue ondersteuning uitgespreek.
Johan SchoemanHoof uitvoerende beampteKlein Karoo Eiendoms Beperk
JohanSchoeman
Bedryfsoorsig Voorwoord
KKEB KKA KKI KKSP
5
7
17
20
1
7
26
25
4 4 4
30
2015 2016 2017
5
Die 2017-finansiële jaar was ʼn opwindende jaar vir Klein Karoo Agri, gekenmerk deur verskeie hoogtepunte en doelwitte wat bereik is, waarop ons trots is. Dit is belangrik vir Klein Karoo Agri om sy produsente eerste te stel, asook dat hulle Klein Karoo Agri as hul eie besigheid beskou – soos ons slagspreuk sê: ‘’JOU EIE!“. Binne die Klein Karoo-omgewing het ons produsente die afgelope jaar gebuk gegaan onder moeilike landbou-omstandighede. Die droogte, asook die wisselvalligheid van die volstruisbedryf beïnvloed die aankooppatrone van ons produsente.
Klein Karoo Agri het die 2017 finansiële jaar met ʼn omsetsyfer van R557 miljoen (2016: R476 miljoen) afgesluit. Dit verteenwoordig ʼn toename van 17% in omset. Met inagneming van die huidige ekonomiese klimaat is die prestasie bo alle verwagtinge. Die laemargebesigheid wat Klein Karoo Agri doen is deel van sy primêre doel, naamlik die verskaffing van landbou-insette aan sy produsente. Die basis van ʼn baie lae oorhoofse kostestruktuur vanwaar Klein Karoo Agri besigheid doen, verseker ʼn kostedoeltreffende besigheid vir sy produsent en kliënt.
Op 1 Julie 2016 is die Handel-, Meganisasie- en Dienste-afdeling van Klein Karoo Eiendoms Beperk omskep in sy eie regsentiteit, bekend as Klein Karoo Agri Eiendoms Beperk. Die hoofrede vir die herstrukturering was om spesifieke fokus op die handel-, meganisasie- en vrugte-besigheid binne die Klein Karoo Groep te verseker.
Op 1 September 2016 het Klein Karoo Agri se eie lojaliteitsprogram in werking getree. Die hoofdoel van die lojaliteitsprogram is om Klein Karoo Agri se lojale kliënte vir hulle getroue ondersteuning te beloon. Die program bestaan uit twee gedeeltes, naamlik die gewaarborgde gedeelte waarvoor alle kliënte met lojaliteitskaarte met hul aankope kwalifiseer, en die herverdelingsgedeelte wat slegs betaalbaar is aan aandeelhouers van Klein Karoo Eiendoms Beperk, gegrond op aankope gedoen by Klein Karoo Agri. Jaarliks met die algemene jaarvergadering sal daar ʼn totale uitbetaling van die lojaliteitsprogram aan die aandeelhouers van Klein Karoo Eiendoms Beperk wees. Die implementering van die lojaliteitsprogram was ʼn bydraende faktor tot die beter-as-verwagte omset. Sonder u deelname en ondersteuning, spesifiek besigheid gedoen met
al die handelstakke, meganisasie-, vrugte- en besproeiingsafdeling van Klein Karoo Agri, sou die lojaliteitsprogram nie so suksesvol gewees het nie.
Die grondslag vir Klein Karoo Agri se sukses is sy strategies geleë en goed gevestigde takke waarvandaan hy sy produsente en kliënte bedien. Die industrie en geografiese ligging waarbinne ons besigheid doen, het unieke uitdagings, en daarom moet Klein Karoo Agri poog om te diversifiseer.
Twee MICA-afdelings is reeds binne Klein Karoo Agri se handelstakke gevestig, naamlik op Beaufort-Wes en Oudtshoorn. Die Oudtshoorn-tak se vulstasie is ook opgradeer. Die vrugte-afdeling het ʼn redelike moeilike jaar agter die rug, met uitdagings eie aan die bedryf. Meganisasie het ʼn goeie jaar beleef, en ons kan met trots sê u meganisasie-afdeling is op koers. Markaandeel is in ons area vergroot en met die nuwe CASE- agentskap, saam met ons bestaande Massey Ferguson- en Rovic Leers-agentskappe, sien ons uit na die jare wat kom. Daar is verseker ʼn positiewe gesindheidsverandering teenoor die meganisasie-afdeling. Die besigheid word baie goed ondersteun, en ons streef na gehalte diens ten alle tye.
Klein Karoo Agri fokus op verskaffing van alle produkte, dienste en insette aan die produsente teen ʼn mededingende prys, wat deur uitstekende diens ondersteun word. Klein Karoo Agri se resultate sou nie moontlik gewees het sonder lojale kliënte en personeel nie. Hierdie bly ons belangrikste bates. Klein Karoo Agri bedank almal vir hulle lojale ondersteuning. U stel die voorbeeld om Klein Karoo Agri u eie ‘’JOU EIE!“ te maak. Elke produsent en kliënt is vir Klein Karoo Agri belangrik en is deel van ons suksesverhaal.
In alles besef ons die belangrikheid om positief en dankbaar te bly en te weet ons Hemelse Vader hou sy hand oor ons.
Terblanche du PlessisBesturende direkteurKlein Karoo Agri Eiendoms Beperk
oMset:
R557 MiLJoEn
Wins Voor Belasting:
R6.3 MiLJoEn
A • G • R • IHANDEL • MEGANISASIE • DIENSTE
Process Yellow
Pantone Blue 072C
klein karoo agri
OMSEt (R’ MIlJOEn)
6
“as jOu DrOme jOu nie bang maak nie, is jOu DrOme nie
grOOt genOeg nie.”
7
oorsig
Ekwilibrium verteenwoordig die ekonomiese toestand waar vraag en aanbod gelyk is teen ʼn bepaalde prys. Die sleutel tot ʼn gesonde bedryf is ʼn punt van ekwilibrium (realisasie per slagvoël) waarmee die sleutelrolspelers in die waardeketting tevrede is. Oor ʼn langer termyn sal die onsigbare hand van Adam Smith se ekonomiese teorie, wel die punt van ekwilibrium bepaal waarmee die meeste rolspelers tevrede is. Die hoë vlak van wanbalans tussen vraag en aanbod ondermyn egter die volstruisbedryf se vermoë om ʼn gesonde, volhoubare vlak van ekwilibrium te vestig en maak die bedryf van nature hoogs siklies. Die vraag na volstruisleer word byvoorbeeld byna glad nie deur die prys van die produk bepaal nie. By leer speel modegiere ʼn baie groter rol as prys. Die aanbod se invloed op die vraagverhouding is weer traag as gevolg van die hoë voorraadvlakke. Hierdie onvermoë van die bedryf om ʼn volhoubare en voorspelbare realisasie vir ʼn slagvolstruis daar te stel, het die afgelope jaar die grootste invloed op Klein Karoo International se bedrywighede uitgeoefen.
Wat die vraag na volstruisprodukte betref, ondervind die bedryf tans ʼn verskuiwing in die vraag na eksotiese leer. Die verbruikerspatrone van die millenniumgenerasie is die hoofrede vir hierdie verlaging in die vraag na volstruisleer, en nie noodwendig prys nie. Hierdie demografiese groep se voorkeur vir diskresionêre besteding op
ervarings (toerisme) eerder as materiële goedere het ʼn negatiewe effek op die vraag na luukse leergoedere. Die verkope van vere en vleis dui op ʼn meer normale vraagverhouding met ʼn hoë vlak van pryselastisiteit. Die vraag na vars vleis het verhoog namate verkoopspryse gedaal het (sien SAID Uitvoerstatistiek grafiek), wat daarop dui dat vars volstruisvleis nie noodwendig ʼn unieke waardeproposisie aan die Europese verbruiker wat die gesondheidseienskappe van die produk betref, bied nie. In die geval van vere het pryse redelik skerp gestyg in reaksie op ʼn vermindering in die aanbod van vere.
Nuwe uitbrake van die hoogs patogene H5N8-virus in Europa word steeds aangemeld, wat daarop dui dat die virus se mutasievermoë redelik hoog is. Die implikasie hiervan vir die volstruisbedryf, is dat die verbod op die uitvoer van vars vleis (sedert Junie 2017) waarskynlik nie in die afsienbare toekoms opgehef sal word nie. Die bedryf is dus weer aangewese op hittebehandelde en plaaslike verkope, wat ʼn verlies van ongeveer 30% in die begrote omset vir die vleisafdeling impliseer. Die afgelope twee jaar het wel bevestig dat vars en hittebehandelde volstruisvleis twee onafhanklike produkte is wat om dieselfde verbruiker (rakspasie) meeding. Die verkope van hittebehandelde vleis het met bykans 60% gedaal in die twee jaar wat vars vleis uitgevoer is, wat bevestig dat die teikenverbruiker oorwegend vars vleis verkies. Ongelukkig ondermyn die verskeie regulatoriese vereistes die volhoubare voorsiening van
klein karoo international
BROn: SAID uItVOERStAtIStIEK
8
50
100
150
200
250
300
350
400
450
0
vars vleis en die bedryf se vermoë om die produk se rakspasie te vergroot. Die afgelope tien jaar kon die bedryf vir minder as 50% van die tydsduur vars vleis uitvoer. Met die sterk klem op sekuriteit van voorsiening by die meeste kleinhandelaars, gesien saam met die voordurende onderbreking van varsvleisuitvoere vir lang periodes, is dit duidelik dat hittebehandelde vleis in die lang termyn die meer volhoubare oplossing vir die bedryf is. Om dit na te streef sal ʼn vlak van samewerking en lojaliteit van alle produsente en verwerkers nodig wees, wat tans nie daar is nie.
Die kernuitdaging vir KKI is om die punt van ekwilibrium tussen vraag en aanbod te verbeter na ʼn vlak wat belegging in die volstruisbedryf sal stimuleer. In die huidige kommersiële klimaat, impliseer dit belegging om meer markgerig te produseer, eerder as ʼn groei in produksiegetalle. Die volgende inisiatiewe speel ʼn belangrike rol in KKI se strategie om hierdie uitdaging die hoof te bied:
• Die toedeling van slagkontrakte wat die vraag en aanbod van volstruisprodukte beter belyn en die koste van ʼn wanbalans verminder;
• Die ontwikkeling van meer gedifferensieerde produkte wat die risiko’s van oorvoorsiening versag;
• Rasionalisering van huidige bedrywighede om die koste van verwerking met ʼn laer benutting van fasiliteite te belyn; en
• Markontwikkeling wat daarop fokus om alternatiewe aanwending van volstruisverwante produkte te stimuleer.
Hierdie inisiatiewe het reeds verskeie suksesse opgelewer wat ook ʼn goeie mate van verskansing bied teen die wisselvalligheid wat eie aan die volstruisbedryf is. Dit bly egter ʼn nisproduk met ʼn baie beperkte afset, en suksesse word inderhaas deur nalopende konkurrente uitgebuit.
Die grootte van die bedryf het tydens die afgelope finansiële jaar met ongeveer 8% gekrimp (186 000 tot 170 500 slagvoëls). Die huidige droogtetoestande in die Suid-Kaap en dele van die Karoo het ʼn groot invloed op die vlak van insetkoste vir produsente. Die meeste produsente kan slegs ʼn beperkte hoeveelheid van hul voere self produseer en moet die meeste voermateriaal inkoop. As gevolg van die wanbalans tussen vraag en aanbod word die produsent nie vir hierdie verhoogde insetkoste vergoed nie. Die verbod op varsvleisuitvoere gaan die bedryf se vermoë om hierdie verhoogde insetkoste die hoof te bied, nog verder ondermyn.
Ten spyte van varsvleisuitvoere tydens die 2017 finansiële jaar, het die gemiddelde realisasie per slagvolstruis nog steeds gedaal (R3 345 in 2017 teenoor R3 716 in 2016). Druk op die groothandel-pryse van vleis in die Europese mark en ʼn versterking in die Rand teen die vernaamste valuta-eenhede (R13.61:$1 in 2017 teenoor R14.48:$1 in 2016), was die hoofoorsake van hierdie dalende tendens in slagvoëlrealisasie.
uItBEtAlIngS AAn PRODuSEntE (R’ MIlJOEn)
9
Verkope van eksotiese leer is steeds gedemp, en die bedryf ervaar ʼn besonder uitdagende tydvak as gevolg van die veranderinge in verbruikspatrone deur “Millenials” en “Generasie Z”. Verkope van bykans alle luukse goedere is onder druk as gevolg van hierdie demografiese groepe wat ervarings eerder as materiële goedere verkies. Veral die pryse van krokodilleer is onder druk met groot bewegings in die vraag (afwaarts) en aanbod (opwaarts) van krokodilleer. Die bedryfsiklus van krokodilleerproduksie is ongeveer drie tot vier jaar, wat ʼn korreksie in die aanbod van krokodilleer ʼn baie tydsame proses maak. Daarom is daar nie ʼn verwagting dat die huidige situasie binnekort sal verbeter nie. Die huidige marktoestande is reeds teen die krokodilvoorraad van KKI verreken.
Die krokodilleermark dikteer die prys tendense vir alle spesies met eksotiese leer, ingesluit volstruis. Tans ondermyn lae krokodilleerpryse die toegang van volstruisleer in die Koreaanse mark, wat ʼn groot invloed op verkoopvolumes het. In die langer termyn bly die verwerking en bemarking van alternatiewe eksotiese leer steeds in die belang van KKI. Met die druk op pryse van eksotiese leer sal ʼn mate van konsolidasie in die bedryf plaasvind, wat KKI se posisie wat alternatiewe verwerking betref, versterk.
leer
kommersiële ontleding
Die vleisafdeling se prestasie is gekenmerk deur ʼn drastiese verbetering in die bestuur van die voorsieningsketting. Dit is die resultaat van belegging en ontwikkeling van ʼn nuwe bedryfstelsel vir die vleisafdeling en verbetering in die doeltreffendheid waarmee die vleiswaardeketting bestuur word. Vleisvoorraad het met ordegroottes verminder, wat ʼn positiewe kontantvloei van R12m vir KKI gerealiseer het. Met dalende groothandelpryse en ʼn bemarkingstrategie wat al drie marksegmente (vars, hittebehandeld en plaaslik) deurlopend voorsien, was marges deurgaans onder druk.
Die tempo waarteen stimulering van hittebehandelde verbruik geskied, gaan die sleutelveranderlike tot sukses in die nuwe finansiële jaar wees. Met die voortgesette verbod op wilduitvoere het KKI die wildverwerkingsbedrywighede drasties afgeskaal. ʼn Inspeksie deur die Europese Unie is egter vir September geskeduleer, en indien die afvaardiging tevrede is met Suid Afrika se vermoë om bek-en-klouseer te beheer, sal uitvoere waarskynlik in 2018 hervat word.
Vleis
Die voortgesette fokus op waarde-toevoeging van vere het weereens ʼn goeie bydrae gemaak om addisionele waarde vir die maatskappy uit roumateriaal te ontsluit. Ten spyte van ʼn verhoging in roumateriaalpryse het die vere-afdeling ʼn goeie finansiële prestasie gelewer. Die gesonde voorraadomsetprofiel van vere gee die produk die vermoë om ʼn dinamiese vraagverhouding te handhaaf waar pryse relatief vinnig op enige verskuiwing in die verhouding tussen vraag en aanbod reageer.
In reaksie op ʼn vermindering in die aanbod en relatief lae voorraadvlakke het roumateriaalpryse van vere in die tweede helfte van die finansiële jaar redelik skerp gestyg. Die meeste marksegmente kon hierdie prysstyging met relatief min verbruikersweerstand absorbeer.
Vere
12
Verkope van eksotiese leer is steeds gedemp, en die bedryf ervaar ʼn besonder uitdagende tydvak as gevolg van die veranderinge in verbruikspatrone deur “Millennials” en “Generasie Z”. Verkope van bykans alle luukse goedere is onder druk as gevolg van hierdie demografiese groepe wat ervarings eerder as materiële goedere verkies. Veral die pryse van krokodilleer is onder druk met groot bewegings in die vraag (afwaarts) en aanbod (opwaarts) van krokodilleer. Die bedryfsiklus van krokodilleerproduksie is ongeveer drie tot vier jaar, wat ʼn korreksie in die aanbod van krokodilleer ʼn baie tydsame proses maak. Daarom is daar nie ʼn verwagting dat die huidige situasie binnekort sal verbeter nie. Die huidige marktoestande is reeds teen die krokodilvoorraad van KKI verreken.
Die krokodilleermark dikteer die prys tendense vir alle spesies met eksotiese leer, ingesluit volstruis. Tans ondermyn lae krokodilleerpryse die toegang van volstruisleer in die Koreaanse mark, wat ʼn groot invloed op verkoopvolumes het. In die langer termyn bly die verwerking en bemarking van alternatiewe eksotiese leer steeds in die belang van KKI. Met die druk op pryse van eksotiese leer sal ʼn mate van konsolidasie in die bedryf plaasvind, wat KKI se posisie wat alternatiewe verwerking betref, versterk.
leer
kommersiële ontleding
Die vleisafdeling se prestasie is gekenmerk deur ʼn drastiese verbetering in die bestuur van die voorsieningsketting. Dit is die resultaat van belegging en ontwikkeling van ʼn nuwe bedryfstelsel vir die vleisafdeling en verbetering in die doeltreffendheid waarmee die vleiswaardeketting bestuur word. Vleisvoorraad het met orde-groottes verminder, wat ʼn positiewe kontantvloei van R12 miljoen vir KKI gerealiseer het. Met dalende groothandelpryse en ʼn bemarkingstrategie wat al drie marksegmente (vars, hittebehandeld en plaaslik) deurlopend voorsien, was marges deurgaans onder druk.
Die tempo waarteen stimulering van hittebehandelde verbruik geskied, gaan die sleutelveranderlike tot sukses in die nuwe finansiële jaar wees. Met die voortgesette verbod op wilduitvoere het KKI die wildverwerkingsbedrywighede drasties afgeskaal. ʼn Inspeksie deur die Europese Unie is egter vir September geskeduleer, en indien die afvaardiging tevrede is met Suid-Afrika se vermoë om bek-en-klouseer te beheer, sal uitvoere waarskynlik in 2018 hervat word.
Vleis
Die voortgesette fokus op waarde-toevoeging van vere het weereens ʼn goeie bydrae gemaak om addisionele waarde vir die maatskappy uit roumateriaal te ontsluit. Ten spyte van ʼn verhoging in roumateriaalpryse het die vere-afdeling ʼn goeie finansiële prestasie gelewer. Die gesonde voorraadomsetprofiel van vere gee die produk die vermoë om ʼn dinamiese vraagverhouding te handhaaf waar pryse relatief vinnig op enige verskuiwing in die verhouding tussen vraag en aanbod reageer.
In reaksie op ʼn vermindering in die aanbod en relatief lae voorraadvlakke het roumateriaalpryse van vere in die tweede helfte van die finansiële jaar redelik skerp gestyg. Die meeste marksegmente kon hierdie prysstyging met relatief min verbruikersweerstand absorbeer.
Vere
329 324
102
12
-1
10
5
-8
7
10
“Die primêre finansiëLe DOeLwit
van kki is Om Die reaLisasie per
sLagvOLstruis te verbeter.”.
“Die primêre finansiëLe DOeLwit
van kki is Om Die reaLisasie per
sLagvOLstruis te verbeter.”.
11
finansiële Prestasie
Hiermee ʼn opsomming van die sleutel finansiële maatstawwe vir KKI vir die 2017 finansiële jaar in vergelyking met 2016.
Produsente-betalings het verminder as gevolg van ʼn 19% verlaging in slaggetalle, en ʼn 10% vermindering in die realisasie per slag volstruis. Met die huidige verbod op die uitvoer van vars vleis sal produsente se realisasie nog verder verlaag, wat meer impetus gee aan die belyning van vraag en aanbod om die punt van ekwilibrium te verbeter. In die huidige kommersiële klimaat impliseer dit ʼn kleiner bedryf. Die aankoopprys van volstruise as ʼn persentasie van die totale kontantuitgawes is 6% laer as in 2016. Om die oorhoofse koste met ʼn laer deurset te belyn, is KKI tans besig met die rasionalisering van bestaande bedrywighede.
Ten spyte van ʼn besonder uitdagende bedryfsklimaat waar beide die netto wins en bedryfswins marge (2.6%) verlaag het, word die kontantvloei baie nougeset bestuur. Die kontantvloeiposisie van die maatskappy toon ʼn verbetering met netto kontantinvloei uit bedryfsaktiwiteite van R82.1 miljoen vir die 2017 finansiële jaar in vergeleke met ʼn -R9.6 miljoen kontantuitvloei in 2016. Die resultaat is dat die rentedraende skuld-ekwiteit-verhouding tans op 0.4:1 staan. KKI se doelwit was om ʼn skuldverhouding van 0.5:1 te bereik.
Die primêre finansiële doelwit van KKI is om die realisasie per slagvolstruis te verbeter.
toekomsBlik
Die uitbreek van hoogs patogene voëlgriep in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf en die gevolglike verbod op uitvoer van vars volstruisvleis sal die invloed van spekulante in die bedryf aansienlik verwater. Die bedryf is meer aangewese op uitvoer van hittebehandelde vleis, wat ʼn meer gedifferensieerde produk is. Met ander woorde, dit is nie net ʼn paar spiere wat teen die prys van die dag verkoop nie. Op die langer termyn skep dit ʼn meer gebalanseerde verhouding tussen die onderskeie inkomstestrome van leer, vleis en vere. Leerpryse se bydrae is dan meer noemenswaardig, en die vlak van mededinging wat leerverkope betref, is minder pryssensitief. Goeie leerpryse is in die beste belang van beide produsente en KKI – die geskiedenis het onteenseglik bewys dat voorspoed in die bedryf sinoniem is met goeie leerpryse. ʼn Beter balans tussen vraag en aanbod (laer slaggetalle) sal ook ʼn baie positiewe invloed op leerpryse en produsentrealisasie hê. Indien die huidige uitbraak van voëlgriep nie in die afsienbare toekoms uitgewis word nie (soos wat tans die geval in Europa is), sal dit ʼn unieke geleentheid aan KKI bied om die mark vir hittebehandelde vleis verder te ontwikkel – vars vleis kannibaliseer hittebehandelde verkope. ʼn Bedryf wat twee verskillende produkte produseer wat onderling met mekaar vir dieselfde rakspasie kompeteer, gaan moeilik vorder wat markpenetrasie betref.
Met die verbod op uitvoer van vars vleis sal die volgende twaalf maande ʼn tyd met baie beproewings vir KKI en sy produsentebasis wees, maar unieke geleenthede ontstaan ook hieruit:
• Hittebehandelde vleis kry geleentheid om die potensiële mark in die afwesigheid van vars vleis kompetisie uit te brei; en
• Leer pryse stabiliseer, danksy ʼn beter balans tussen die aanbod en vraag na leer.
Die benutting van die bogenoemde geleenthede kan ʼn deurslaggewende rol in ʼn meer volhoubare besigheidsmodel vir die volstruisbedryf speel.
swart ekonomiese Bemagtiging
KKI het ʼn vlak 6-status op die Swart Ekonomiese Bemagtiging-telkaart vir landboubesighede behaal. Alhoewel die nuwe SEB-telkaart verskeie uitdagings gaan skep, veral wat die klem op eienaarskap betref, word verskeie inisiatiewe tans ondersoek om moontlike oplossings te vind. KKI bly verbind tot ʼn breër bydrae in die gemeenskap wat veral daarop fokus om geleenthede vir die minder bevoorregte deel van ons samelewing te ontgin. In hierdie verband is daar drie sleutelareas waarop die maatskappy fokus:
• Die verbetering van infrastruktuur by skole in voorheen benadeelde gemeenskappe;
• Die voortgesette ontwikkeling van vaardighede van personeel en die breër gemeenskap; en
• Die ondersteuning van projekte wat entrepreneurskap in die Klein Karoo-streek bevorder.
Hierdie inisiatiewe is daarop gemik om die uitdagings wat veral die jeug van ons streek ervaar, die hoof te bied.
ten slotte
Ten slotte, twee aanhalings wat ʼn goeie perspektief op die huidige uitdagings in die bedryf gee. Die eerste gaan oor die bedryf se geskiedenis in ʼn boek van Andries de Wit, getiteld Volstruise van Afrika (gepubliseer in 1964):
“Die val van verepryse in 1913 het een groot voordeel gehad: Dit het die gewenstheid van ʼn gemengde boerdery na vore laat kom en plaaseienaars laat besef dat dit dwaas is om hul laaste pennie te belê in iets wat per slot van rekening van ander se modegrille afhang.”
Die tweede is van die wêreldbekende batebestuurder, Warren Buffet, rakende die risiko verwant aan enige potensiële belegging, wat baie relevant is tot die huidige bedryfsklimaat in die volstruisbedryf, veral wat die bedryf se benadering tot uitvoer van vars vleis betref:
“Dit is beter om ongeveer reg te wees, eerder as presies verkeerd.”
Ongelukkig is uitvoer van vars vleis ʼn klassieke geval van “presies verkeerd wees”. Doeltreffende risikobestuur is nie opportunisties van aard nie, maar probeer eerder soveel moontlike potensiële risiko’s versag, al is dit ten koste van korttermyngewin.
Die aard van die volstruisbedryf vereis ʼn strategie wat vraag en aanbod in die lang termyn belyn, nou en soos in 1913.
Charl du PlessisBesturende direkteurKlein Karoo International Eiendoms Beperk
12
“Dit is beter Om Ongeveer reg
te wees, eerDer as presies verkeerD.”.
13
oMset:
R275 MiLJoEn
Wins Voor Belasting:
R41 MiLJoEn
oorsig
Die buitengewone lae reënval vanaf die middel van verlede jaar en deur die loop van 2017 tot nou dra daadwerklik by tot een van die strafste droogtes in die geskiedenis van die Klein Karoo. Dit het bepaald tot gevolg dat landbouvooruitsigte en meer spesifiek saadproduksievooruitsigte vir die volgende twee seisoene onder druk is. Tans word nie net produksies vir 2018 beïnvloed nie, maar ook die bolproduksie vir 2019 se saadproduksie.
Die goeie nuus is dat KKSP die afgelope jaar die beste jaar in sy geskiedenis beleef het. Dit is alombekend dat saadproduksie deur droër omgewingstoestande bevoor-deel word, en gegewe dat daar nog steeds voldoende water vir besproeiing is, doen saadproduksie baie goed onder droër toestande. Ons het vanjaar so ‘n jaar beleef en was gelukkig genoeg om oor ʼn wye gebied gemiddelde tot bogemidddelde opbrengste en uitstaande kwaliteit saadproduksies te sien. Die gevolg hiervan was dat, ten spyte van die moeilike landbou toestande, KKSP ʼn uitstekende jaar beleef het.
Sedert 2008 slaag KKSP daarin om jaar na jaar die omset, wins en uitbetalings aan kwekers te verhoog. Hiervoor is ons nederig dankbaar. Ons is egter ook baie trots daarop dat ons ten spyte van die huidige landboutoestande weer daarin geslaag het om KKSP se omset met ongeveer 9% te verhoog. Daarteenoor het ons daarin geslaag om die wins ná belasting met 16% te
verhoog. Die wins voor belasting en ná rente, as ‘n persentasie van die omset, is tans ongeveer 15%. Dit is aansienlik beter as meeste landboubesighede, wat gemiddeld 4% wins op omset realiseer. Die omvang en tempo van die groei van KKSP word goed geïllustreer daardeur dat die wins voor belasting wat ons vanjaar behaal het, hoër is as die totale omset van KKSP in 2009.
Sedert 2011 beïnvloed die politieke onrus in the Midde-Ooste en Noord-Afrika KKSP en sy aktiwiteite daadwerklik. Baie van die uiesaad wat ons produseer, is kortdagtipe uie waarvan aansienlike volumes vir hierdie markte bestem is. Oor die laaste aantal jare het ons gesien dat saaduitvoere na hierdie markte skerp afgeneem het. Dit het tot gevolg gehad dat ons al minder publieke oop bestuifde tipes soos Texas Grano en ander tipes geproduseer het. Terwyl totale oppervlaktes onder uie en ander tipes saad ietwat afgeneem het, het ons ook gesien dat die hoër waarde F1-tipes in veral uie, wortels en lente-uie toegeneem het. Dit het baie bygedra daartoe dat ons die volgehoue groei van die afgelope aantal jare en ook weer vanjaar kon handhaaf. Dit is daarom ietwat van ʼn teenstrydigheid dat die jaar waarin ons totale oppervlaktes onder saadproduksie tot die laagste vlak in vyf jaar gedaal het, ons daarin kon slaag om die beste omset, hoogste uitbetalings aan kwekers en meeste wins te behaal. Dit kan grootliks toegeskryf word aan hoërwaardeproduksies en goeie produksietoestande, maar die belangrikste van alles die ervaring en sukses van ons produsente.
klein karoo
saad Produksie
OMSEt En uItBEtAlIngS AAn KwEKERS (R’ MIlJOEn)
14
“inDien Die kOrt paD Die beste paD was, Dan sOu Die
hOOfpaD DaarLangs geLOOp het.”
15
wInS VOOR BElAStIng (R’ MIlJOEn)
toekomsBlik
Alle aanduidings is egter dat van die markte wat die laaste aantal jare onder druk was, nou tekens van herstel toon. Ons verwag dat dit in die toekoms tot ʼn toename in kontrakte sal lei. Van die lande in die Midde-Ooste soos Iran en andere word ook nou meer toegangklik, en ons verwag dat uitvoere daarheen sal toeneem. Klimaatverandering met gevolglike voorkoms van klimaatrampe en klimaatuiterstes is egter ook meer waarneembaar in die meeste saadproduksiestreke van die wêreld. Onlangse tekens hiervan is die vloede in die VSA en Suidoos-Asië, hitte en hoë temperature in Europa en sekerlik ook die droogtes in Suid-Afrika. Soos wat die gebeure toeneem, sal dit ongetwyfeld tot gevolg hê dat voedsel- en saadproduksie meer onder druk sal kom. Voedselsekuriteit begin met saad, en die druk om ʼn groeiende wêreldbevolking te voed, sal nie makliker word nie en ons sal innoverend moet wees om die veranderende omstandighede te verwerk en in geleenthede eerder as bedreigings te omskep.
ten slotte
Ons is dankbaar dat KKSP vanjaar in moeilike toestande ʼn rekordjaar beleef het. Ten spyte van kleiner oppervlaktes onder saadproduksie het uitbetalings aan produsente verder toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van suksesvolle produksies in goeie produksietoestande en veral die ervaring en toewyding van ons produsente. Ons is ook dankbaar dat KKSP en saadproduksie weereens ʼn daadwerklike
bydrae tot die inkomste van produsente op die plaas gelewer het. Dit het die logiese stap vir produsente geword om saadproduksie ʼn prominente vertakking van enige gediversifiseerde boerdery te maak. Ons verwag dat die tendens in die toekoms sal toeneem.
Ten slotte wil ek graag die sukses van KKSP vir die afgelope jaar daaraan toeskryf dat ons saad produsente en ook die produksie personeel van KKSP, oor tyd geleer het dat daar nie maklike maniere is om sukses te behaal met saadproduksie nie. Die geheim bly om die basiese beginsels deurentyd te handhaaf en toe te pas en om die regte goed op die regte tyd te doen. Om hierby aan te sluit wil ek graag afsluit met die woorde van ons eie Langenhoven: “Indien die kort pad die beste pad was, dan sou die hoofpad daarlangs geloop het.”
David MalanBesturende direkteurKlein Karoo Saad Produksie Eiendoms Beperk
16
ge
ïnte
gre
erd
e V
ers
lag
17
doelwit en strategieDie struktuur van Klein Karoo Eiendoms Beperk is daarop gemik om op die drie hoofaktiwiteite binne die groep te fokus, naamlik handel, meganisasie en dienste, asook volstruis- en saadaktiwiteite.
nakoming Van king kode met Betrekking tot korPoratiewe BestuurKlein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale (“die groep”) bedryf besigheid volgens die hoogste standaarde van korporatiewe beheer en in die belang van alle belanghebbendes.
Die direksie onderskryf die beginsels van goeie korporatiewe bestuur. Hulle is verbind tot die behoorlike nakoming van hul pligte en verantwoordelikhede, soos uiteengesit in wetgewing en toepaslike gedragskodes. Die direksie verwelkom die beginsels vervat in die King IV-kode. Daar is wel sekere aspekte waar die groep om praktiese redes nie aan al die vereistes voldoen nie, aangesien King IV redelik omvangryke verpligtinge op genoteerde maatskappye plaas en al die vereistes nie noodwendig op die groep van toepassing is nie. Die groep streef daarna om sover prakties moontlik aan die vereistes te voldoen.
risikoBestuurEffektiewe risikobestuur op ʼn ondernemingswye grondslag is noodsaaklik vir die lewering van volhoubare toekomstige opbrengste vir aandeelhouers. Risikobestuur is stewig geanker in die kultuur van die Klein Karoo-groep. Die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir risikobestuur setel in alle vlakke van die organisasie, vanaf die direksie tot by elke besigheidsbestuurder en werknemer. Ten einde dit te fasiliteer, het die groep ʼn formele risiko-evalueringsproses geïmplementeer, waardeur risiko’s en bestuursaksies geïdentifiseer, geëvalueer en oor verslag gedoen word. Binne hierdie risikobestuursraamwerk word die wesenlike risiko’s geïdentifiseer, en bestuur doen gereeld hieromtrent verslag aan die direksie en die oudit- en risikokomitee.
direksieDie bestuur van die groep ooreenkomstig goeie korporatiewe beheerbeginsels word nagestreef, en die primêre doelwitte van goeie korporatiewe bestuur en die nakoming daarvan word deurlopend aan die hand van belanghebbendes se verwagtinge geëvalueer.
Die direksie bestaan uit sewe nie-uitvoerende direkteure. Die voorsitter, mnr. JH Delport, en ondervoorsitter, mnr. SS Terblanche, is albei nie-uitvoerende direkteure.
Die formele verklaring van nuwe belange is ʼn staande item op die agenda van die direksie. Van direksielede en senior bestuur word verwag om hul persoonlike belange en ander
direkteurskappe te verklaar. Direkteure het onbeperkte toegang tot die maatskappysekretaris, wat onder toepaslike omstandighede leiding en advies verskaf.
Die filiaalmaatskappye beskik elk oor ’n eie direksie wat onafhanklik optree en slegs op die betrokke maatskappy se doelstellings en werksaamhede fokus.
Rol en funksie van die vooRsitteR Die voorsitters van die onderskeie direksies is nie-uitvoerende direkteure wat jaarliks deur die betrokke direksies verkies word. Die amp van voorsitter van die groep en groep hoof uitvoerende beampte is geskei, en die nodige skeiding van pligte word toegepas.
Alhoewel die groepsvoorsitter nie onafhanklik is soos in King IV gedefinieer nie, is die direksie van mening dat, gegewe die aandeelhouerstruktuur en sy uitgebreide kennis van die landbou-omgewing, dit gepas is vir hom om as voorsitter van die direksie te funksioneer.
diReksiekomitees
Die direksie het ʼn aantal komitees gestig wat effektiewe besluitneming fasiliteer en die direksie in die uitvoering van sy magte en pligte bystaan. Die magte en uitvoering van die verantwoordelikhede van elke komitee word gereël deur middel van formele, geskrewe mandate wat jaarliks deur die direksie hersien en goedgekeur word. Die direksiekomitees lewer ʼn belangrike bydrae tot die effektiwiteit van die direksie deur te verseker dat volledige toesig en verslagdoening wel plaasvind. Die voorsitters van die direksiekomitees doen volledig verslag aan die direksie om te verseker dat die funksies van die komitees ooreenkomstig die skriftelike mandate uitgevoer word.
Die huidige direksiekomitees is soos volg:
• Oudit- en risikokomitee• Vergoeding- en nominasiekomitee• Tesouriekomitee• Sosiale en etiese komitee• Raadskredietkomitee
Oudit- en risikOkOmitee
Die komitee is primêr getaak om die direksie by te staan in die uitvoering van sy verantwoordelikhede met betrekking tot die beveiliging van bates, evaluering en bestuur van finansiële en bedryfsrisiko’s, die bedryf van stelsels, beheerprosedures en die voorbereiding van akkurate finansiële verslae en state. Die komitee is ook verantwoordelik om toe te sien dat die risikobestuursbeleid, -metodologie en -standaarde toegepas word. Die eksterne ouditeure het onbeperkte toegang tot die komitee.
Die komitee bestaan uitsluitlik uit nie-uitvoerende direkteure. Die uitvoerende direkteure dien nie op hierdie komitee nie, maar woon wel die vergaderings op uitnodiging by.
Vier geskeduleerde vergaderings het die afgelope jaar plaasgevind.
korPoratiewe Bestuur
18
Ooreenkomstig die bepalings van die Maatskappywet en sy mandaat, skenk die komitee aandag aan die volgende:
• Jaarlikse interne en eksterne ouditbeplanning en begrotings;• Interne en eksterne ouditverslagdoening;• Geïntegreerde verslagdoening;• Integriteit van kontroles en finansiële blootlegging;• Aanstelling van eksterne ouditeure en bevestiging van
onafhanklikheid;• Goedkeuring en aanbeveling van finansiële jaarstate;• Beheerraamwerke; en• Oorhoofse gerusstelling ten opsigte van risiko, oudit en
nakoming.
Die komitee verseker toepaslike rapportering van die lopende saak-aanbevelings en verleen aktiewe ondersteuning aan die direksie deur te verseker dat toepaslike korporatiewe beheer- en inligtingstegnologieraamwerke in plek is en in stand gehou word.
Die komitee vervul ook ʼn belangrike funksie om strategiese en bedryfsrisiko’s op alle vlakke te ontleed. Risikobestuur word regdeur die groep toegepas, en die huidige risikokultuur binne die groep dra by tot die skep van aandeelhouerswaarde op ʼn volhoubare grondslag. Die groep het reeds volledige risikoregisters per besigheidseenheid saamgestel, en tydens bestuursvergaderings word die fokus deurlopend hierop geplaas.
Die groep het ook ’n bedroglyn ingestel wat onafhanklik bedryf word en waarvolgens enige bedrogaangeleentheid of onreëlmatigheid, werklik of verdag, op ’n onafhanklike, anonieme grondslag aan die komitee gerapporteer kan word.
VergOeding- en nOminasiekOmitee
Die vergoeding- en nominasiekomitee bestaan slegs uit nie-uitvoerende direkteure. Die komitee besluit of doen aanbevelings aan die direksie ten opsigte van algemene menslikehulpbronaangeleenthede, insluitende die vergoeding van die personeel, bestuur en direkteure. Die komitee is ook verantwoordelik vir die bepaling van riglyne vir die vergoedings-beleid.
Twee vergaderings per jaar word normaalweg gehou, maar spesiale vergaderings vind volgens spesifieke behoeftes plaas. Soos reeds gemeld, skenk die komitee aandag aan onder andere die volgende:
• Aanbevelings aan die direksie met betrekking tot die vergoeding van nie-uitvoerende en uitvoerende direkteure;
• Hersiening en toepassing van die vergoedingsfilosofie;• Verseker goeie bestuur van gesonde aansporingskemas en
regverdige en toepaslike salarisse/lone;• Verseker toepaslike opvolgbeplanning vir uitvoerende
direkteure en bestuur; en• Regstellende aksie.
tesOuriekOmitee
Hierdie komitee fokus hoofsaaklik op wisselkoersbestuur en maak van eksterne kundigheid gebruik. Die komitee word saamgestel uit nie-uitvoerende sowel as uitvoerende direkteure en vergader minstens drie keer per jaar.
sOsiale en etiese kOmitee
Die komitee is gevestig om spesifieke verantwoordelikhede, soos omskryf in die Maatskappywet, na te kom. Die kernaspekte sluit onder andere die volgende monitering- en verslagdoeningsaspekte in:
• Arbeidsaspekte rakende goeie korporatiewe praktyke in die bevordering van diensbillikheid, en voorkoming van diskriminasie en korrupsie;
• Bydraes tot die ontwikkeling van die gemeenskappe waarbinne die groep se aktiwiteite plaasvind;
• SEB-aspekte;• Rapportering van borgskappe, donasies en skenkings aan
liefdadigheidsorganisasies;• Bydraes tot die ontwikkeling van werknemers;• Bydraes tot die omgewing, gesondheid en openbare veiligheid; en• Interaksie met belanghebbendes.
ʼn Formele etiese program is aanvaar en geïmplementeer en etiek in die groep word deurlopend gemoniteer. Dit sluit in die verklaring van persoonlike belange en botsende belange, opleiding en bewusmaking van waardes, en dit demonstreer toewyding tot die etiese kode en gedragskode op alle vlakke.
raadskredietkOmitee
Hierdie komitee word saamgestel uit nie-uitvoerende direkteure, en alle uitvoerende direkteure asook sekere finansiële personeel woon alle vergaderings op uitnodiging by. Tydens die vergaderings word verslag gedoen oor die stand van debiteure van Klein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale, en waar nodig word besluite oor bestuur van debiteure geneem en sekere aksies aanbeveel.
maatskaPPysekretarisDie maatskappysekretaris lei die direksie en die individuele direksielede in die uitvoering van hulle verantwoordelikhede en pligte. Soos vereis in terme van die Maatskappywet, hou die maatskappysekretaris toesig oor voldoening aan wetgewing regdeur die groep.
toegang tot inligtingDie groep voldoen aan die Wet op Toegang tot Inligting, en ʼn handleiding in die verband is op die groep se webtuiste beskikbaar.
Aandeelhouers het ook toegang tot die aandeleregister, notules van aandeelhouersvergaderings, en inligting met betrekking tot ʼn aantal maatskappysake. Enige navrae kan aan die maatskappysekretaris as die hoof inligtingsbeampte gerig word.
inligtingstelsels en Beheer (“it-Beheer”)Die direksie verseker die aktiewe bestuur van die IT-beheerraamwerk, en gedurende die jaar is ʼn IT-bestuurskomitee gevestig. Hierdie bestuurskomitee vorm ʼn integrale deel van die risikobestuursraamwerk. Die strategie en prestasie van die groep is afhanklik van volledige geïntegreerde strukture en stelsels. Omvattende besigheid- en IT-rampherstelprosesse is gevestig.
19
20
direksieVergaderings en Bywoning Van Vergaderings
Die onderskeie direksies vergader normaalweg vier keer per jaar, met addisionele vergaderings om spesifieke behoeftes aan te spreek. Bywoning van die vergaderings is uitstekend, soos blyk uit die volgende tabelle:
Naam van direkteur Bywoning
KKEB
Aantal vergaderings 6Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 6/6JRK du Preez Bedank 08/09/2016 2/2JJ Klue 6/6JJ Strasheim 6/6
JE Stumpf Aangestel 01/10/2016 3/3
JH Terblanche 6/6SS Terblanche 5/6HR van der Merwe 6/6Uitvoerende direkteureCM du Plessis Bedank 30/09/2016 n.v.t.
Naam van direkteur Bywoning
KKA
Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureJJ Klue Voorsitter 4/4JH Delport 4/4JE Stumpf Aangestel 01/10/2016 4/4JH Terblanche 4/4
SS Terblanche 4/4HR van der Merwe 4/4Uitvoerende direkteureJET du Plessis Besturende direkteur 4/4
Naam van direkteur Bywoning
KKI
Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureHR van der Merwe Voorsitter 4/4JH Delport 4/4JRK du Preez Bedank 08/09/2016 n.v.t.JSN Fourie 4/4
JJ Klue 4/4JP Schoeman 4/4JH Strasheim 4/4JH Terblanche 4/4JP van der Westhuizen 4/4Uitvoerende direkteureC du Plessis Besturende direkteur 4/4CA Albertyn Aangestel 08/03/2017 1/1L Droomer 4/4
Naam van direkteur Bywoning
KKSP
Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureSS Terblanche Voorsitter 4/4JH Delport 4/4JRK du Preez Bedank 08/09/2016 n.v.t.JD Gouws Aangestel 08/03/2017 1/1
JJ Strasheim 4/4HR van der Merwe 4/4Uitvoerende direkteureDE Malan Besturende direkteur 4/4
Naam van direkteur Bywoning
Oud
it- e
n ris
ikok
omite
e Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureJSN Fourie Voorsitter 4/4JJ Klue 4/4JH Terblanche 4/4JJ Strasheim 4/4
JP van der Westhuizen Bedank 24/11/2016 1/1
Naam van direkteur Bywoning
Verg
oedi
ng e
n- n
omin
asie
-ko
mite
e
Aantal vergaderings 3Nie-uitvoerende direkteureHR van der Merwe Voorsitter 3/3JH Delport 3/3JSN Fourie 3/3JJ Klue 2/3JJ Strasheim Bedank 24/11/2016 2/2JE Stumpf Aangestel 24/11/2016 1/1SS Terblanche 2/3
Naam van direkteur Bywoning
Teso
urie
kom
itee
Aantal vergaderings 3Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 3/3JSN Fourie 3/3JH Terblanche 3/3JP Schoeman Bedank 24/11/2016 2/3
JJ Strasheim Aangestel 24/11/2016 1/1JP van der Westhuizen Bedank 24/11/2016 2/3
Naam van direkteur Bywoning
Sosia
al &
Etie
se
kom
itee
Aantal vergaderings 2Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 2/2JSN Fourie 2/2JE Stumpf Aangestel 24/11/2016 1/1JH Terblanche Aangestel 24/11/2016 1/1
Naam van direkteur Bywoning
Raad
skre
diet
kom
itee Aantal vergaderings 4
Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 4/4JSN Fourie 4/4JH Terblanche 4/4JJ Strasheim Aangestel 24/11/2016 2/2
direksieVergaderings komiteeVergaderings
“bywOning van Die vergaDerings is
uitstekenD.”
21
markomgewing
Klein Karoo Groep se strategie is daarop gefokus om volhoubare waarde vir alle belanghebbendes te skep. Ons kernwaardes kan soos volg saamgevat word:
• Lojaliteit deur ten alle tye in die beste belang van die maatskappy en sy belanghebbendes op te tree;
• Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir alle aksies binne die groep;
• Integriteit in die strewe om altyd eties op te tree; en• Innoverende denke deur met kreatiewe en vindingryke idees
vorendag te kom om die besigheid uit te brei en aan klante se behoeftes te voldoen.
Die doelwit van die groep bly om waarde vir ons produsente toe te voeg, en dit kan slegs vermag word deur nuwe ontwikkelings om betekenisvolle inkomste te genereer. Klantefokus is ook van kardinale belang, en die groep het ook ten doel om die totale ondervinding van en diens aan die klant te verbeter.
werksomgewingKlein Karoo Groep is verbind tot die bewusmaking en bevordering van etiese optrede asook om die groep se siening en standaarde aangaande etiese gedrag aan belanghebbendes te kommunikeer. Die groep streef daarna dat menseregte ten alle tye gerespekteer en beskerm word. Dit is ons verantwoordelikheid om aan alle toepaslike werksverwante wetgewing en arbeidswette te voldoen. Ons dra by tot die ontwikkeling van ons werknemers deur toepaslike beleggings in die verbetering van hul kwalifikasies, vaardighede en bevoegdhede te maak.
etiese waardes
In Klein Karoo Eiendoms Beperk se strewe na voortreflikheid onderskryf ons die volgende beginsels:
• Die hoogste etiese waardes in alle verhoudings;• Wetsgehoorsaamheid;• Respek vir alle mense se waardigheid;• Die aanmoediging van die uitbreiding en toepassing van alle
werknemers se kundigheid;
• Die verbetering van alle werknemers se lewensgehalte;• Gelyke geleenthede vir alle werknemers;• Erkenning van innovering;• Aanmoediging van deelname; en• Respek vir die omgewing.
Die groep beskik oor ’n formele beleid rakende bedrog-/diefstalaangeleenthede. Die bedroglyn verleen gerusstelling aan personeel dat vertroulikheid en beskerming verleen word aan enigeen wat ongerymdhede aanmeld. Die groep kom ook sy verpligting kragtens die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupsie na deur kriminele sake by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te meld. Gereelde bewusmakingsprogramme word ten opsigte van die voorkoming van bedrog en korrupsie geloods.
indiensneming
Alle maatskappye in die groep steun gelyke indiensnemings-beginsels, asook ’n deeglike en regverdige aanstellingsproses. Hieronder val interne en/of openbare advertensies vir vakante poste, persoonlike onderhoudvoering met kortlyskandidate deur ’n relevante komitee, afneming van psigometriese toetse en finale evaluering van kandidate waar al die bogenoemde faktore in ag geneem word.
Dit is die groep se strewe om aanstellings binne die raamwerk van die wet te maak om gelyke geleenthede by die werkplek te bevorder. Die groepsdoelwit is om personeel by diensbeëindiging, indien noodsaaklik, met geskikte kandidate met kundigheid en toepaslike kwalifikasies te vervang, en daardeur enige vorm van diskriminerende ongelykhede uit te skakel.
Komitees is genomineer en aangestel om die werkgewerplan vir gelyke indiensneming te bestuur. Die komitees bestaan uit verskeie rolspelers wat bestuur-, werknemervlak- en groepverteenwoordigers asook vakbondverteenwoordiging insluit. Die Departement van Arbeid moniteer gereeld die komitees se werksaamhede.
Die indiensnemingprogram bestaan uit twee komitees, naamlik (1) werwing, keuring en plasing en (2) opleiding en ontwikkeling van personeel. Die groep slaag daarin om verskeie aanstellings en bevorderings op ’n gelyke-indiensnemingsgrondslag te maak. Hoewel die vordering as gevolg van verskeie eksterne faktore stadig geskied, volhard die groep daarin om kundige personeel aan te stel deur ’n deursigtige proses te volg. Die indiensnemingproses vorm ’n integrale deel van die SEB-telkaart en word nie geringgeskat nie.
Opleiding en Ontwikkeling
Opleiding en ontwikkeling van interne menslike hulpbronne is van kardinale belang vir die bereiking van die groep van maatskappye se onderskeie strategieë. Alle opleiding- en ontwikkelingsintervensies is behoeftegerig om werknemers met die nodige bevoegdhede toe te rus ten einde optimale uitsette te verseker. Opleiding en ontwikkeling van werknemers het verder ten doel om die potensiaal van werknemers te ontsluit ten einde bevordering- en loopbaangeleenthede daar te stel.
Opleiding en ontwikkeling fokus primêr op die volgende:
• Statutêre opleiding soos voorgeskryf binne die raamwerk van die onderskeie wetgewing van toepassing binne die bedryf;
• Funksionele opleiding ten einde optimale werksuitsette daar te stel en te bevestig; en
• Bestuur- en leierskapopleiding van senior bestuur.
VolhouBaarheid
22
Selfontwikkeling van werknemers word aangemoedig en word binne die raamwerk van die huidige beleid met betrekking tot studiefinansiering en -verpligtinge bestuur. Hierdie proses spreek deurlopend die balans tussen maatskappy en individuele ontwikkeling aan vir verdere optimale aanwending van die maatskappy se menslike hulpbronne.
gesOndheid en Veiligheid
Personeel se gesondheid, veiligheid en welstand is vir die groep ’n fokusarea. Die groep se personeel is standvastig, lojaal, hardwerkend en beslis een van die groep se kompeterende voordele.
Die groep heg baie waarde aan die opleiding van sy personeel met betrekking tot gesondheid en beroepsveiligheid. Die aanstelling van ’n klinieksuster om werknemers by aanlegte by te staan, beklemtoon die verantwoordelikheid waarmee die groep gesondheid en veilig-heid onderskryf. Onderwerpe soos gesondheidsorg en gesins-beplanning vorm deel van daaglikse onderrig. Bewusmaking van lewensbedreigende siektetoestande en dwelmafhanklikheid is ongelukkig ook ’n werklikheid in ons werksplek. Dit word deurentyd deur toeligting en sprekers op uitnodiging uitgebou.
Beroepsveiligheid in alle maatskappye en divisies van die groep word voortdurend herbesoek, veral in bedrywe waar masjinerie gebruik word. Gevorderde veiligheidskursusse word aangebied en veiligheidskomitees vergader gereeld om risiko’s uit te skakel.Voorkoming van risiko’s lei daartoe dat die groep voorkomend ten opsigte van moontlike beserings kan optree. Gereelde noodhulpkursusse word ook aangebied.
Dit is verder alombekend dat sport nie alleen goed is vir elke individu se gesondheid nie, maar ook om werksdruk te verlig. Die groep is hier ’n rolspeler in die fasilitering, lewering van bydraes en ondersteuning van sportspanne soos rugby- en krieketspanne by sekere afdelings.
VergOedingsbeleid
Die groep beskik oor ’n vergoedingsbeleid waaraan al die filiaalmaatskappye moet voldoen.
Die verantwoordelikhede van die vergoedingskomitee behels die bepaling en hersiening van die vergoedingsbeleid, vasstelling en hersiening van die vergoedingspakkette van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, bestuur en personeel, asook menslike hulpbronbeleid en diensvoorwaardes.
Om te bepaal hoe die groep se direkteure, bestuur en personeel se vergoeding met dié van vergelykbare maatskappye en organisasies in die nasionale mark vergelyk, gebruik die komitee data wat in erkende vergoedingsopnames opgeneem en gepubliseer is.
Sodanige vergoedingsopnames is verteenwoordigend van die onderskeie industrieë in Suid-Afrika en alle poste, insluitende topbestuursposte, word hierin vervat. Die poste word ingevolge ’n aantal erkende posevalueringsmetodes gegroepeer, soos die Peromnes-stelsel wat by die Klein Karoo Groep in gebruik is. Hierdie opnames dek ’n groot persentasie Suid-Afrikaanse maatskappye. Die data is gevolglik hoogs verteenwoordigend, ongeag die grootte en omvang van die onderskeie maatskappye. Die vergoedingskomitee gebruik die inligting as ‘n riglyn wanneer die groep se vergoedingstrukture en -vlakke hersien word.
Die groep se vergoedingstrukture kan in drie kategorieë verdeel word: uurliks besoldigde personeel (vergoeding soos jaarliks met vakbonde of personeelverteenwoordigers onderhandel), salarispersoneel met vaste salarisse en byvoordele, en senior bestuurslede. Personeel van die eerste twee kategorieë se vergoeding volg ’n bepaalde struktuur (soos onderling toepaslik) van basiese loon of salaris, voorsorg- of pensioenfonds, mediese bystandsvoordele, oortydbetaling, toelaes van toepassing op spesifieke dienste en amptelike ritte, verkoopskommissies en ook ’n jaarlikse bonus (wat onderhandel/voorgeskryf word of volgens meriete toegestaan word).
Bestuur se vergoedingstruktuur bestaan uit twee elemente: ’n gewaarborgde element soortgelyk aan dié van die ander personeellede s’n, asook ’n buigsame element wat suiwer prestasiegedrewe is. Die prestasie-element sluit individuele prestasie (soos gemeet teenoor voorafbepaalde doelwitte) en die groep se finansiële resultate in.
Vergoedingsvlakke ten opsigte van loon- en salarispersoneel word hoofsaaklik deur markkragte bepaal. Faktore soos sukses
23
met werwing van eksterne personeel om vakatures te vul, personeelomset, verbruikersprysindeks, vaardigheidstekorte en die moraal en motivering van personeel speel ’n belangrike rol in die vasstelling van vergoedingsvlakke. Al die bogenoemde faktore asook individuele prestasie word dus tydens die hersiening van vergoedingsvlakke en -strukture in ag geneem.
Die direksie en senior bestuur is verantwoordelik vir die daarstel en uitvoering van Klein Karoo Eiendoms Beperk se strategiese rigting, die ontsluiting van die groep se potensiaal en die daaropvolgende stabiliteit, groei en welvaart. Dit is dus van die uiterste belang dat die vergoedingskomitee sal verseker dat senior bestuur se vergoeding sodanig is dat die groep bekwame bestuurders kan werf, motiveer en behou. Die vergoedingstruktuur moet dus aan uitvoerende direkteure en senior bestuurslede die versekering gee dat hul vergoeding markverwant is en bly, en terselfdertyd uitstaande prestasie aanmoedig.
sosiale omgewingKlein Karoo Groep is verbind tot volhoubare groei en ontwikkeling en is passievol daaroor om ʼn bydrae te lewer tot die volhoubare ontwikkeling van landelike omgewings, veral in die Klein Karoo-gebied.
Werknemers is aktief betrokke by die gemeenskappe waarbinne die maatskappy bedryf word. Die groep maak verskeie borgskappe en finansiële bydraes aan instellings en entiteite, wat tot voordeel van die breër gemeenskappe aangewend word. Dit sluit onder meer skole en liefdadigheid- en sportorganisasies in. Die maatskappy fokus ook op opleiding van werklose mense binne die raamwerk van leerlingskappe. Hierdie opleiding ondersteun dan ook die prosesse binne die SEB-raamwerk wat deur die maatskappy ondersteun en gedryf word.
swart ekOnOmiese bemagtiging (seb)
Die maatskappye binne die groep is in die 2016 boekjaar onder die vereistes van die 2012 Agrisektorkode vir Bemagtiging van SEB gemeet en het ʼn vlak 6 (60% erkenning) telkaart behaal. Daar is voortdurend versoeke vanaf die regering en groot kliënte wat by
die handelstakke aankoop, vir ʼn geldige telkaart.
Die voorlopige 2015 Agrisektorhandves met nuwe en hoër doelwitte is nog nie finaal deur die regering en industrie afgeteken nie, en daar word verwag dat die groep vir die 2017 boekjaar nog steeds op die 2012 Handves gemeet sal word.
Die 2015 Handves sal fokus op inkrementele aankope van swart beheerde verskaffers, die meting van die ekonomiese aktiewe bevolking volgens die Wes-Kaap-statistieke vir vaardigheids-opleiding en vir die werknemersprofiel. Die transformasiekomitee van die groep vergader gereeld om die kommunikasieproses met alle verskaffers en bestuurders in die groep te verbeter en om alle belanghebbendes oor die vereistes van die SEB-telkaart in te lig.
In 2017 het die groep die volgende uitkomste behaal:
• R286 miljoen is van verskaffers met BBBEE-status aangekoop;• R32 miljoen is van die kleinsakesektor aangekoop, waarvan die
omset onder R50 miljoen is;• R27 miljoen is aangekoop van swart beheerde ondernemings; en• Sowat 47 leerlingskappe is gedurende die jaar vir agtergeblewe
werknemers voltooi.
Die groep sal in Oktober 2017 op die Landbousektorhandves geoudit word. Die verwagting is ’n vlak 7 (50% erkenning) telkaart.
natuurlike omgewingDie groep is ook verbind tot die beskerming van die omgewing waarbinne gefunksioneer word. Alle relevante omgewingswetgewing word nagekom, en alle nodige permitte om met bedrywe voort te gaan, is in plek. Spesifieke probleemgebiede word saam met owerhede deur middel van spesiale taakspanne aangepak.
Die volgende fokusareas is geïdentifiseer om die invloed op die natuur en sy omgewing te beskerm:
• Energie-effektiwiteit• Watereffektiwiteit• Afvalvermindering• Hulpbronalternatiewe
24
op
ge
som
de
fin
an
sië
le s
tate
25
Verklaring deur maatskaPPysekretaris
VerantwoordeliksheidsVerklaringdeur die raad Van direkteure
Die Maatskappywet van Suid-Afrika, Wet No. 71 van 2008, bepaal dat die direkteure omvattende rekeningkundige rekords moet byhou. Hulle is verantwoordelik vir die inhoud en integriteit van die finansiële jaarstate en verwante finansiële inligting wat by die verslag ingesluit word. Dit is hulle verantwoordelikheid om te verseker dat die finansiële jaarstate ter voldoening aan die “International Financial Reporting Standards” ’n redelike weergawe is van die maatskappy se sake aan die einde van die finansiële jaar en die resultate van sy bedrywighede vir die tydperk wat op daardie tydstip geëindig het. Die eksterne ouditeure is aangestel om ’n onafhanklike mening oor die finansiële jaarstate uit te spreek.
Die finansiële jaarstate is ooreenkomstig die “International Financial Reporting Standards” opgestel en berus op toepaslike rekeningkundige beleide wat konsekwent toegepas en deur redelike en verstandige oordeel en ramings ondersteun is.
Die direkteure is uiteindelik verantwoordelik vir die stelsels van interne finansiële beheer wat die maatskappy ingestel het en hulle plaas aansienlike klem op die belangrikheid daarvan om streng beheer te handhaaf. Die direksie stel standaarde vir interne beheer saam wat daarop gerig is om die risiko van foute of verlies op ’n kostedoeltreffende wyse te verklein sodat die direkteure hierdie verantwoordelikhede kan nakom. Die standaarde sluit in die behoorlike delegering van verantwoordelikhede binne ’n duidelik omskrewe raamwerk, doeltreffende rekeningkundige prosedures en toereikende skeiding van pligte om ’n aanvaarbare risikovlak te verseker.
Die beheermaatreëls word deur die hele maatskappy gemoniteer. Alle werknemers moet die hoogste etiese standaarde handhaaf om te verseker dat die maatskappy se sake op ’n wyse gedoen word wat in alle redelike omstandighede bo verdenking is. Die maatskappy se risikobestuur is op die identifisering, evaluering, bestuur en monitering van alle bekende risiko’s in die maatskappy gerig. Hoewel die bedryfsrisiko nie heeltemal uitgeskakel kan word nie, probeer die maatskappy om dit tot die minimum te beperk deur te verseker dat die toepaslike infrastruktuur, beheer en ander
stelsels asook etiese gedrag volgens voorafbepaalde prosedures en beperkings toegepas word.
Die direkteure is op grond van inligting en verduidelikings wat bestuur verskaf van mening dat die interne beheerstelsels redelike sekerheid bied dat daar vir die opstel van die finansiële jaarstate op die finansiële rekords gesteun kan word. Enige interne stelsels vir finansiële beheer kan egter slegs redelike en nie absolute versekering, teen enige beduidende wanvoorstelling of verlies bied nie.
Die direkteure het die maatskappy se kontantvloeivooruitskatting vir die jaar tot 30 Junie 2018 nagesien en is in die lig van die nasiening en die huidige finansiële posisie oortuig dat die maatskappy toereikende middele het of toegang tot toereikende middele het om sy bedrywighede in die afsienbare toekoms voort te sit.
Die eksterne ouditeure is verantwoordelik vir die onafhanklike nasiening en rapportering van die groep se finansiële state. Die finansiële state is deur die groep se eksterne ouditeure ondersoek en ’n ongekwalifiseerde verslag is uitgereik.
Die direksie het die finansiële state wat volgens die lopende saak-grondslag opgestel is, goedgekeur en dit is namens hulle onderteken deur:
Johannes Delport Stander TerblancheVOORSITTER ONDERVOORSITTER28 September 2017
Ingevolge Artikel 88(2)(e) van die Maatskappywet van 2008 verklaar die maatskappysekretaris hiermee dat die maatskappy al die vereiste opgawes en kennisgewings ingedien het wat volgens wet vereis word en dat sodanige opgawes en kennisgewings waar, korrek en op datum is.
JH SchoemanSEKRETARIS28 September 2017
StanderTerblance
26
oudit- en risikokomiteeVerslag
samestelling en bywOning Van Vergaderings
Die oudit- en risiko komitee van Klein Karoo Eiendoms Beperk (“die komitee”) bestaan uit drie nie-uitvoerende direkteure wat jaarliks deur die aandeelhouers aangewys word. Die komitee vergader normaalweg drie keer per jaar. Die voorsitter van die direksie, verteenwoordigers van die eksterne ouditeure en bestuur woon die komiteevergaderings op uitnodiging by.
Die komitee het gedurende die jaar tot op datum van hierdie verslag uit die volgende lede bestaan:
JJ KlueJH Terblanche JJ StrasheimJSN Fourie (Adviseur)
die Oudit- en risikOkOmitee se sleutelfunksies en VerantwOOrdelikhede
Die komitee het vrylik toegang tot die voorsitter van die direksie en is gemagtig om onafhanklike kundiges onbeperk op maatskappykoste te konsulteer. Die komitee is verantwoordelik om onafhanklike, geregistreerde ouditeure jaarliks vir aanstelling as ouditeure van die maatskappy en sy filiale te nomineer, die ouditfooie en aanstellingsvoorwaardes van die ouditeure te bepaal en om voorgestelde ooreenkomste met ouditeure vooraf goed te keur om nie-ouditfunksies te verrig. Aanvullend is die komitee verantwoordelik vir die bespreking en beoordeling van:
• Die afsonderlike en gekonsolideerde finansiële jaarstate, wat die aanwending van inkomste insluit, voordat die finansiële jaarstate deur die direksie vir uitreiking gemagtig word;
• Die onafhanklikheid van die ouditeure;• Die rekeningkundige beleid en beoogde wysigings daarvan;• Die doeltreffendheid van die oudit;• Die doeltreffendheid van bestuursinligting en interne beheer-
stelsels;
• Die fooi betaalbaar aan die ouditeure asook die ouditeure se aanstellingsvoorwaardes;
• Enige klagtes wat verband hou met die rekeningkundige praktyke asook die inhoud en ouditering van die finansiële state van Klein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale; en
• Enige ander voorgeskrewe funksies wat van die komitee verlang word.
Gedurende die jaar het die komitee vier keer vergader om bostaande verpligtinge na te kom. Die interne ouditfunksie is uitgekontrakteer en word selektief ten opsigte van spesifieke fokusareas en aktiwiteite binne die groep uitgevoer.
gOedkeuring
Die komitee het:
• Die geouditeerde finansiële state bestudeer en met bestuur bespreek;
• Die eksterne ouditeure se bevindinge en bestuur se reaksie daarop bestudeer; en
• Betekenisvolle aansuiwerings voortspruitend uit die eksterne oudit bestudeer en onaangesuiwerde ouditverskille aanvaar.
Die komitee is in ooreenstemming met en aanvaar die eksterne ouditeure se gevolgtrekking oor die finansiële state en het die goedkeuring daarvan aan die direksie aanbeveel.
Die direksie het die finansiële state gevolglik goedgekeur wat by die eersvolgende algemene jaarvergadering bespreek sal word.
JSN FourieVOORSITTER: OUDIT- EN RISIKOKOMITEE28 September 2017
27
die direkteure bied hiermee die jaarlikse Verslag Van die maatskappy se aktiwiteite aan Vir die jaar geëindig 30 junie 2017
direkteursVerslag
OOrsig Van die maatskappy se besigheid en aktiwiteite
Die hoofbesigheid van die maatskappy en sy filiale is die hantering, verwerking, waardetoevoeging en bemarking van landbouprodukte.
finansiële resultate
Die totale omset van voortgesette bedrywighede vir die huidige jaar bedra sowat R1.579 miljard (2016: R1.586 miljard) wat ’n daling van 0.4% verteenwoordig. In die verslagjaar het die groep ’n netto wins toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers van sowat R41.3 miljoen behaal teenoor ’n netto wins van R49.8 miljoen in die vorige jaar.
kapitale uitgawes
Toevoegings tot vaste bates het sowat R49 miljoen (2016: R30 miljoen) beloop.
diVidende
Geen dividende is gedurende die finansiële tydperk onder oorsig verklaar of betaal nie.
maatskappysekretaris
Die maatskappysekretaris is JH Schoeman te Klein Karoostraat 12, Oudtshoorn, 6625. Die posadres is Posbus 241, Oudtshoorn, 6620.
Ouditeure
PricewaterhouseCoopers Inc. het ingestem om as die groep se ouditeure aan te bly. ’n Resolusie ten opsigte van die her-aanstelling van die ouditeure sal by die 2017-jaarvergadering voorgelê word.
adres
Die geregistreerde kantoor is Koöperasiestraat, Oudtshoorn, 6625. Die posadres is Posbus 241, Oudtshoorn, 6620.
gebeure na VerslagdOeningsdatum
Geen aangeleenthede wat wesenlik is tot die groep se finansiële stand en resultate het tussen die verslagdoeningsdatum en die datum van die goedkeuring van die finansiële state voorgekom nie.
raad Van direkteure
Die raad van direkteure van die bedryfsmaatskappye binne die Groep is soos volg:
28
insake die OpgesOmde finansiële state aan die aandeelhOuers
mening
Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state, soos uiteengesit op bladsye 30 tot 33, wat bestaan uit die opgesomde gekonsolideerde staat van finansiële posisie soos op 30 Junie 2017, die opgesomde gekonsolideerde inkomstestaat en opgesomde gekonsolideerde state van omvattende inkomste, veranderings in ekwiteit en kontantvloeie vir die jaar geëindig, en verwante aantekeninge, is opgestel vanuit die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state van Klein Karoo Eiendoms Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2017.
Na ons mening, is die meegaande opgesomde gekonsolideerde finansiële state konsekwent, in alle wesenlike opsigte, met die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state, ooreenkomstig die grondslag wat beskryf is in die Aantekening “Basis vir opstelling en rekeningkundige beleid” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos toepaslik op opgesomde finansiële state.
OpgesOmde gekOnsOlideerde finansiële state
Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state bevat nie alle openbaarmaking soos vereis deur “International Financial Reporting Standards” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos toepaslik op finansiële jaarstate nie. Die lees van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state en die ouditeur se verslag daarop kan gevolglik nie as plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state en die ouditeur se verslag daarop gesien word nie.
die geOuditeerde gekOnsOlideerde finansiële state en Ons Verslag daarOp
Ons het ’n ongekwalifiseerde ouditmening uitgespreek op die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state in ons verslag gedateer 28 September 2017.
direkteure se VerantwOOrdelikheid Vir die OpgesOmde gekOnsOlideerde finansiële state
Die direkteure is verantwoordelik vir die opstel van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state ooreenkomstig die grondslag wat beskryf is in die Aantekening “Basis vir opstelling en rekeningkundige beleid” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos toepaslik op opgesomde finansiële state.
Ouditeur se VerantwOOrdelikheid
Ons verantwoordelikheid is om ʼn mening uit te spreek of die opgesomde gekonsolideerde finansiële state konsekwent is, in alle wesenlike opsigte, met die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state, gebaseer op ons prosedures, wat ooreenkomstig die ‘International Standard on Auditing (ISA) 810 (Revised)’, “Engagements to Report on Summary Financial Statements”, uitgevoer is.
PricewaterhouseCoopers Geïnk.Direkteur: TS BruwerGeregistreerde OuditeurPaarl28 September 2017
Verslag Van die onafhanklike ouditeur
29
finansiële PosisieOpgesOmde staat Van finansiële pOsisie sOOs Op 30 junie 2017
Groep2017 2016
R ’000 R ’000BATESNie-bedryfsbates 203 188 163 223
Eiendom, aanleg en toerusting 160 718 128 914
Ontasbare bates 13 187 8 571
Lenings ontvangbaar 4 111 3 178
Belegging in geassosieerdes 1 948 1 965
Beskikbaar-vir-verkoop beleggings 2 815 2 669
Handels- en ander debiteure 9 412 6 848
Uitgestelde belasting 10 997 11 078
Bedryfsbates 786 106 873 779
Voorraad 454 331 501 856
Lenings ontvangbaar 644 480
Handels- en ander debiteure 306 403 321 298
Lopende belastingbates 1 258 2 957
Valutatermynkontrakbates 1 000 10 441
Suid-Afrikaanse Inkomstediens - BTW 13 604 23 473
Kontant en kontantekwivalente 8 846 13 274
TOTALE BATES 989 294 1 037 002
EKWITEIT EN LASTEKapitaal en reserwes 542 381 500 709
Aandelekapitaal 6 6
Aandelepremie 95 -
Reserwes 72 506 72 303
Behoue inkomste 469 774 428 400
Nie-beherende belang 495 541
Totale ekwiteit 542 876 501 250
Nie-bedryfslaste 92 464 71 244
Voorsiening vir werknemersvoordele 16 493 15 600
Nie-bedryfslenings 15 390 6 909
Ledeleningsfonds 23 112 24 185
Bruikhuurverpligting - 31
Uitgestelde belasting 3 167 3 370
Staatstoekennings 34 302 21 149
Bedryfslaste 353 954 464 508
Handels- en ander krediteure 119 172 139 800
Ledeleningsfonds 1 284 1 371
Geoormerkte reserwes 395 398
Bruikhuurverpligting 36 38
Bedryfslening 231 003 319 469
Valutatermynkontraklaste 532 -
Suid-Afrikaanse Inkomstediens - BTW 109 2 921
Lopende belastingverpligtinge 1 423 511
TOTALE EKWITEIT EN LASTE 989 294 1 037 002
30
inkomstestaat
OpgesOmde inkOmstestaat Vir die jaar geëindig 30 junie 2017
Groep2017 2016
R ’000 R ’000
Inkomste 1 578 829 1 585 861
Koste van verkope (1 320 674) (1 294 918)
Bruto wins 258 155 290 943Ander inkomste 33 634 35 811
Verspreidingskoste (38 328) (46 146)
Administratiewe uitgawes (17 432) (16 482)
Ander bedryfsuitgawes (154 109) (158 605)
Bedryfswins 81 920 105 521Winsdeel van geassosieerdes 48 43
Netto wins voor rente betaal 81 968 105 564Rente betaal (25 487) (23 160)
Netto wins voor belasting 56 481 82 404Belasting (15 263) (23 472)
Wins vir die jaar 41 218 58 932
Toeskryfbaar aan :
Eienaars van die houermaatskappy 41 264 49 807
Nie-beherende belang (46) 9 125
wins vir die jaar 41 218 58 932
omVattende inkomsteOpgesOmde staat Van OmVattende inkOmste Vir die jaar geëindig 30 junie 2017
groep2017 2016
r ’000 r ’000
netto wins vir jaar 41 218 58 932
ander omvattende inkomste 313 337
Items wat na wins of verlies herklassifeer kan word
Valuta omrekeningsverskille 97 532
Belastingeffek van valuta omrekeningsverskille - -
Herwaardasie van beskikbaar-vir-verkoop beleggings 295 (194)
Belastingeffek van herwaardasie van beskikbaar-vir-verkoop beleggings (189) (1)
Items wat nie na wins of verlies herklassifeer sal word nie:
Aktuariële wins voortspruitend uit die voorsiening vir na-aftrede mediese voordele 151 -Belastingeffek van aktuariële wins voortspruitend uit die voorsiening vir na-aftrede mediese voordele
(41) -
Totale omvattende inkomste vir die jaar 41 531 59 269
Toeskryfbaar aan:
Eienaars van die houermaatskappy 41 577 50 144
Nie-beherende belang (46) 9 125
Totale omvattende inkomste vir die jaar 41 531 59 269
31
Verandering in ekwiteitOpgesOmde staat Van Verandering in ekwiteit Vir die jaar geëindig 30 junie 2017
Aandele- kapitaal en
premieReserwes Behoue
inkomsteNie-beherende
belang Totaal
R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000
Saldo 1 Julie 2015 7 71 807 270 527 119 317 461 658
Aandele terugkoop (1) 65 - - 64
Addisionele verkryging van belang in filiaal - 94 108 066 (127 901) (19 741)
Totale omvattende inkomste vir die jaar - 337 49 807 9 125 59 269
Saldo 30 Junie 2016 6 72 303 428 400 541 501 250
Aandele aanwendings 95 - - - 95
Totale omvattende inkomste vir die jaar - 203 41 374 (46) 41 531
Saldo 30 Junie 2017 101 72 506 469 774 495 542 876
kontantVloei OpgesOmde staat Van kOntantVlOei Vir die jaar geëindig 30 junie 2017
Groep2017 2016
R ’000 R ’000Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteiteKontant voortgebring uit/(aangewend in) bedrywighede 145 140 (64 789)Rente betaal (25 487) (23 160)Belasting betaal (13 005) (18 362)
Netto kontant invloei/(uitvloei) uit bedryfsaktiwiteite 106 648 (106 310)
Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteiteToevoegings tot eiendom, aanleg en toerusting (49 027) (24 760)Opbrengs met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 1 455 1 616Toevoegings tot ontasbare bates (7 166) (7 378)Verkryging van besigheidsamevoeging - (5 363)Toename in lenings aan geassosieerdes (67) (18)(Toename)/afname in lenings ontvangbaar (1 811) 696 Staatstoekennings ontvang 15 658 9 315Afname/(toename) in beskikbaar-vir-verkoop beleggings 149 (43)Rente ontvang 10 675 10 167Dividende ontvang 28 36
Netto kontant uitvloei uit beleggingsaktiwiteite (30 106) (15 732)
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteiteUitbetalings aan lede (1 080) (2 166) Verkryging van addisionele belang in filiaal - (19 740)Toetreegelde ontvang 95 66Toename/(afname) in lenings 9 140 (381)
Netto kontant invloei/(uitvloei) uit finansieringsaktiwiteite 8 155 (22 221)
Netto toename/(afname) in kontant en kontantekwivalente 84 697 (144 263)
Kontant en kontantekwivalente aan begin van die jaar (301 935) (157 672)
Kontant en kontantekwivalente aan einde van die jaar (217 238) (301 935)
32
Klein Karoo Agri
Klein Karoo International
Klein Karoo Saad Produksie
Klein Karoo Korporatief
Inter-segment Totaal
R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000
30 Junie 2017Inkomste 556 721 754 747 274 548 3 677 (10 864) 1 578 829Wins vir die jaar 5 484 3 941 29 521 3 736 (1 464) 41 218Totale bates 132 687 487 673 308 730 238 292 (178 088) 989 294Totale laste 104 592 216 022 196 965 33 822 (104 983) 446 418
30 Junie 2016Inkomste 475 528 865 449 251 624 2 710 (9 450) 1 585 861Wins vir die jaar 6 673 26 224 25 414 621 - 58 932Totale bates 143 023 555 773 307 557 217 722 (187 073) 1 037 002Totale laste 119 498 288 235 225 330 26 977 (124 288) 535 752
segmentVerslag
basis Vir Opstelling en rekeningkundige beleid
Die verkorte finansiële state van die groep is afgelei van die volledige finansiële state wat opgestel is in ooreenstemming met “International Financial Reporting Standards”. Die volledige stel finansiële state sal by die geregistreerde kantoor op aanvraag beskikbaar wees. Die eksterne ouditeure PricewaterhouseCoopers Geïnk. het die groep se finansiële state geouditeer. ‘n Afskrif van die ongekwalifiseerde ouditverslag is beskikbaar by die geregistreerde kantoor.
Wesensverdienste word bereken gebaseer op Omsendbrief 2/2015, soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters.
Groep
2017 2016R ’000 R ’000
Rekonsiliasie tussen verdienste en wesensverdiensteWins toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers 41 264 49 807Netto wins met verkoop van bates (466) (384)Belastingeffek van netto wins met verkoop van bates 130 98
Voorsiening vir waardedaling van belegging in geassosieerde 132 5
Wesensverdienste 41 060 49 526
aantekeningeaantekeninge by die OpgesOmde finansiële state
33