laerskool olifantsvallei -...

4
Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 24 Februarie 2017 1. Ons Graad 7-leerders het die Melkbosstrand Buitelugskool terdeë geniet soos u op die aanghegte foto’s kan sien. Dit is beslis ‘n hoogtepunt in elke kind se laerskool loopbaan. Hierdie leerders is deur mnr. Hamman en mev. Douries vergesel. Indien u die foto’s wil bekom, is u welkom om ‘n geheue-stokkie saam met u kind te stuur. 2. Op Saterdag, 18 Februarie 2017, het 14 van ons skool se atlete aan die Wes-Boland-byeenkoms te Hoërskool Porterville deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk! Baie geluk aan Shauwin Booise wat opgeneem is in die Wes-Bolandspan en op Saterdag, 25 Februarie 2017, aan die Boland-byeenkoms te Dal Josafat in die Paarl gaan deelneem. Shauwin het 'n derde plek in die 200m Hekkies sowel as 'n vierde plek in Hoogspring behaal. Ons is trots op hierdie uitsonderlike prestasie! 3. AL die somersport oefeninge sal op Donderdag, 2 Maart 2017, eindig. 4. Die rugby- en netbaloefeninge begin op Maandag, 6 Maart 2017 en sal soos volg werk: Intermediêre Fase / (O/10 O/13-netbal en O/11 en O/13-rugby) : Maandae en Woensdae in skooltyd vanaf 12:30 tot 13:30. (Leerders moet in tweede pouse verklee.) Grondslagfase / (O/7, O/8 en O/9 rugby en netbal): Dinsdae en Donderdae vanaf 12:30 tot 13:30 5. Op Vrydag, 3 Maart 2017, beplan die O/12A- en O/13A-netbalspanne 'n groot koekverkoping vir fondsinsameling vir hul komende netbaltoer. Onthou asseblief 'n geldjie en kom ondersteun hierdie netbalspanne. 6. Ons skool is weer uitgenooi om aan die Conquesta Olimpiade deel te neem. Elke leerder het vandag ‘n inskrywingsvorm ontvang. Let asseblief daarop dat die sluitingsdatum vir inskrywings Vrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman. 7. Carolina van der Westhuizen van Kansvatter Redenaars kom op Maandag, 27 Februarie 2017, 'n kursus by ons skool aan bied. Daar word twee sessies aangebied om alle ouers te pas. Eerste sessie 10:00-12:00 en die tweede sessie 14:15-16:15. Hierdie kursus is gemik op ouers en sal fokus op hoe om 'n toespraak te skryf en hoe om veral onervare kinders af te rig om redenaars te praat. Kostes beloop R195 per persoon, wat u kan saambring na die ou RTT-lokaal waar die kursus aangebied sal word. 8. Al die Graad 4 tot 7-leerders sal op 1 Maart 2017, hul toets-afbakenings ontvang. Dit sal in hul boeke ingeplak word, sodat dit nie verlore kan raak nie. (Die ouer leerders skryf soms die af- bekening van die bord af.)

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/fa48f15e14/nuusbrief_24_februarie_2017.pdfVrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman. 7. Carolina van

Laerskool Olifantsvallei

Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931

NUUSFLITS 24 Februarie 2017

1. Ons Graad 7-leerders het die Melkbosstrand Buitelugskool terdeë geniet soos u op die

aanghegte foto’s kan sien. Dit is beslis ‘n hoogtepunt in elke kind se laerskool loopbaan. Hierdie leerders is deur mnr. Hamman en mev. Douries vergesel. Indien u die foto’s wil bekom, is u welkom om ‘n geheue-stokkie saam met u kind te stuur.

2. Op Saterdag, 18 Februarie 2017, het 14 van ons skool se atlete aan die Wes-Boland-byeenkoms te Hoërskool Porterville deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk! Baie geluk aan Shauwin Booise wat opgeneem is in die Wes-Bolandspan en op Saterdag, 25 Februarie 2017, aan die Boland-byeenkoms te Dal Josafat in die Paarl gaan deelneem. Shauwin het 'n derde plek in die 200m Hekkies sowel as 'n vierde plek in Hoogspring behaal. Ons is trots op hierdie uitsonderlike prestasie!

3. AL die somersport oefeninge sal op Donderdag, 2 Maart 2017, eindig.

4. Die rugby- en netbaloefeninge begin op Maandag, 6 Maart 2017 en sal soos volg werk:

Intermediêre Fase / (O/10 – O/13-netbal en O/11 en O/13-rugby): Maandae en Woensdae in skooltyd vanaf 12:30 tot 13:30. (Leerders moet in tweede pouse verklee.) Grondslagfase / (O/7, O/8 en O/9 rugby en netbal): Dinsdae en Donderdae vanaf 12:30 tot 13:30

5. Op Vrydag, 3 Maart 2017, beplan die O/12A- en O/13A-netbalspanne 'n groot koekverkoping

vir fondsinsameling vir hul komende netbaltoer. Onthou asseblief 'n geldjie en kom ondersteun hierdie netbalspanne.

6. Ons skool is weer uitgenooi om aan die Conquesta Olimpiade deel te neem. Elke leerder het

vandag ‘n inskrywingsvorm ontvang. Let asseblief daarop dat die sluitingsdatum vir inskrywings Vrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman.

7. Carolina van der Westhuizen van Kansvatter Redenaars kom op Maandag, 27 Februarie 2017,

'n kursus by ons skool aan bied. Daar word twee sessies aangebied om alle ouers te pas. Eerste sessie 10:00-12:00 en die tweede sessie 14:15-16:15. Hierdie kursus is gemik op ouers en sal fokus op hoe om 'n toespraak te skryf en hoe om veral onervare kinders af te rig om redenaars te praat. Kostes beloop R195 per persoon, wat u kan saambring na die ou RTT-lokaal waar die kursus aangebied sal word.

8. Al die Graad 4 tot 7-leerders sal op 1 Maart 2017, hul toets-afbakenings ontvang. Dit sal in hul

boeke ingeplak word, sodat dit nie verlore kan raak nie. (Die ouer leerders skryf soms die af-bekening van die bord af.)

Page 2: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/fa48f15e14/nuusbrief_24_februarie_2017.pdfVrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman. 7. Carolina van

9. ’n Baie opgewonde mini-krieketspan het hul

eerste wedstryd op Woensdag, 22 Februarie 2017, gespeel. Hulle het kragte teen Noordhoek Primêr gemeet en ons wen die wedstryd met 4 lopies.

Sterkte aan al ons mini-krieketspelers wat Maandag teen Augsburg Landbou Gimnasium gaan kragte meet vir ons jaarlikse interskole. Die wedstryd begin 14:15 en vind op Augsburg se sportgronde plaas. Die spelers wat in die span is, het almal briefies ontvang.

10. Op Dinsdag , 14 Februarie 2017, het ons O/11-krieketspan te Citrusdal Primêr kragte gemeet. Ons het eerste gekolf en het 106 lopies aangeteken. Die span het uitstekend gevaar en die wedstryd gewen met 80 lopies. Die goeie sportmangees van hierdie span kon ’n mens nie miskyk nie – baie geluk! Die beste kolwer van die dag was Paul-Louis Röntgen, die beste bouler was Lorenzo Titus en die beste veldwerker Hagan Fortuin. Elke speler het ’n groot bydrae gelewer tot hierdie heerlike wedstryd. Mnr. Davel is trots op julle!

Al die O/11-krieketspelers sal op Dinsdag, 28 Februarie 2017, direk na skool vertrek vir hul interskole wedstryd teen Augsburg Landbou Gimnasium. Baie sterkte!

11. Die O/13-krieketspan het op Dinsdag, 21 Februarie 2017, kragte teen Citrusdal Primêr gemeet en het as oorwinnaars uit die stryd getree.

Hierdie span se interskole wedstryd vind op Maandag, 27 Februarie 2017, te Augsburg Landbou Gimnasium plaas. Die bus vertrek direk na skool. Baie sterkte aan hierdie spelers.

12. Baie sterkte aan Austin Januarie wat vanaf 1 tot 5 Maart 2017 aan die Nasionale Karate Kampioenskappe, as deel van die Wes-Kaap Karate Assosiasie-span in Durban, gaan deelneem. Ons is baie trots op hom!

13. Baie sterkte aan ons tweekamp-atlete wat die naweek Hoërskool Hugenote te Wellington gaan deelneem. Tydens hierdie byeenkoms word die SA span aangekondig asook die top 3 tweekamp- skole in die Bolandstreek.

Page 3: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/fa48f15e14/nuusbrief_24_februarie_2017.pdfVrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman. 7. Carolina van

14. Laerskool Olifantsvallei se tennisspan het ongelukkig Maandag ons Interskole tennis teen Augsburg Landbou Gimnasium verloor. Hulle sal op Dinsdag, 28 Februarie 2017, kragte teen Hoërskool Porterville (weg) meet. Baie sterkte!

15. Op Donderdag 24 Februarie 2017, het ons aan Laerskool Vredenburg se Uitnodigingsgala

deelgeneem en met 6 goue medaljes, 7 silwer medaljes en 6 brons medaljes huis toe gekom.

Baie geluk aan die volgende leerders: Christie Engelbrecht (3de plek in Vlinderslag, 3de plek in Rugslag en 1ste plek in Vryslag), Luan Basson (2de in Vlinderslag, 1ste in Rugslag met ’n nuwe Rekord, 1ste in Borsslag en 2de in Vryslag), Jana-Mari Nel (2de plek in Vlinderslag en 2de plek in Vryslag), Anro Basson (3de plek in Vlinderslag, 2de plek in Rugslag en 3de plek in Vryslag), Mia-Lizé van der Vyver (3de plek in Rugslag, 2de plek in Borsslag en 3de plek in Vryslag), Wickus Nel (1ste plek in Rugslag en 1ste plek in Vryslag), Carine Röntgen (1ste plek in Vryslag), Dieter Naudé (1ste plek in Vryslag) en Nina van der Merwe (1ste plek in Vryslag).

Vriendelike groete ......................................... J. HAMMAN SKOOLHOOF

Page 4: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/fa48f15e14/nuusbrief_24_februarie_2017.pdfVrydag, 10 Maart 2016, is. Die koördineerder is mev. E. Hamman. 7. Carolina van