lewensorientering gr 6 - boek - christelike media · in die boek prediker lees ons: ”verbly jou,...

4
40 12. Selfbestuur Aktiwiteit Bestudeer die volgende lys aktiwiteite waarvoor leerlinge in Gr. 6 hul tyd gebruik: 1. Bespreek in julle groepe of bogenoemde aktiwiteite goeie tydsbenutting is of nie. Motiveer jou antwoord. 2. Hoe belangrik is dit om tyd vir jou gesin in te ruim? Motiveer jou antwoord. Hoeveel uur per week dink jy is voldoende? 3. Watter slegte gevolge kan dit hê indien ‘n kind in Gr. 6 aan te veel aktiwiteite deelneem? Leerinhoud ‘n Vol lewe Die wêreld waarin ons groot word, stel baie eise aan kinders. Die tyd waarin kinders skool toe gaan en dan die res van die dag lekker speel, is vir goed verby. Van kinders word verwag om op vele terreine te presteer. Druk op akademiese gebied het baie toegeneem. Op baie skooldae word een of twee toetse afgelê. Ook buite die klas is daar druk. Sportspanne moet wen, op Sport (rugby, netbal, ens.) TV speletjies Huiswerk doen Ysskaats Fliek Kuier (gesels met maats) Kampeer in die veld Lees Musiek luister Kinders kan aan baie verskillende aktiwiteite deelneem.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

14 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lewensorientering gr 6 - Boek - Christelike Media · In die boek Prediker lees ons: ”Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid.”

40

12. Selfbestuur

Aktiwiteit

Bestudeer die volgende lys aktiwiteite waarvoor leerlinge in Gr. 6 hul tyd gebruik:

1. Bespreek in julle groepe of bogenoemde aktiwiteite goeie tydsbenutting is of nie. Motiveer jou antwoord.

2. Hoe belangrik is dit om tyd vir jou gesin in te ruim? Motiveer jou antwoord. Hoeveel uur per week dink jy is voldoende?

3. Watter slegte gevolge kan dit hê indien ‘n kind in Gr. 6 aan te veel aktiwiteite deelneem?

Leerinhoud

‘n Vol lewe

Die wêreld waarin ons groot word, stel baie eise aan kinders. Die tyd waarin kinders skool toe gaan en dan die res van die dag lekker speel, is vir goed verby. Van kinders word verwag om op vele terreine te presteer. Druk op akademiese gebied het baie toegeneem. Op baie skooldae word een of twee toetse afgelê. Ook buite die klas is daar druk. Sportspanne moet wen, op

Sport (rugby, netbal, ens.)

TV speletjies

Huiswerk doen

Ysskaats

Fliek

Kuier (gesels met maats)

Kampeer in die veld

Lees

Musiek luister

Kinders kan aan baie verskillende aktiwiteite deelneem.

Page 2: Lewensorientering gr 6 - Boek - Christelike Media · In die boek Prediker lees ons: ”Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid.”

41

kulturele gebied word teen ander leerlinge meegeding en selfs op sosiale gebied moet uitgehang word om nie by maats agter te bly nie.

Hierdie druk vereis dat elkeen van ons moet besin oor waarmee ons besig is. Bestee ons nog voldoende tyd aan die belangrike aspekte in ons lewe? In die boek Prediker lees ons: ”Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid.” Daar moet dus tyd wees om ons jeug te geniet, want, sê die Prediker: “die jeug en die jonkheid is nietigheid.” Dit beteken nie dat ons as jongmense die lewe kan geniet soos onsself wil nie. Psalm 119:9 leer dat die jongeling sy pad alleen kan suiwer hou indien hy dit hou volgens die Woord van die Here.

Selfbeheersing in optrede

In die gejaagde lewe waarin ons groot word, is dit nodig om selfbeheersing aan die dag te lê. Dikwels moet ons keuses maak. Daar kom ‘n punt wanneer ons genoeg geleer, geoefen of meegeding het. Die keuse om nie meer verder deel te neem nie, beteken nie dat jy teen ‘n aktiwiteit gekant is nie. Dit beteken wel dat jy in verantwoordelikheid die belangrikste dinge eerste plaas. Op so ‘n wyse kan jy ‘n gebalanseerde lewe lei waar daar genoeg tyd vir gebed, godsdiensoefening, studie, oefening en sosiale verkeer is.

Stres

As die nodige self-dissipline en goeie tydsbestuur nie aan die dag gelê word nie, kan dit maklik tot stres lei. Stres is die liggaam se reaksie op spanning wat jy beleef. Indien jou liggaam spanning beleef, skei dit adrenalien af wat jou hart vinniger laat klop en jou longe meer lug laat opneem. Op die kort termyn kan dit ‘n goeie

Eksamen kan aanleiding gee tot stres.

Kinders wil of moet presteer, wat tot stres kan lei.

Page 3: Lewensorientering gr 6 - Boek - Christelike Media · In die boek Prediker lees ons: ”Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid.”

42

invloed op jou liggaam en konsentrasie uitoefen deur jou werkstempo te laat verhoog. Bly die spanning voortduur, dan beïnvloed dit jou liggaam nadelig. Langdurige stres kan lei tot hoofpyn, sooibrand, slaaploosheid, maagpyn en spierpyn. Emosioneel kan dit ook baie gevaarlik wees.

Hantering van stres

Die belangrikste manier om stres te hanteer, is deur ge-sonde selfbestuur toe te pas.

Gereelde oefening vernietig skadelike chemiese stowwe in die liggaam en is die eerste stap teen stres. Hoe ons die wêreld beskou, het egter die grootste invloed op die stres wat ons ondervind.

Goeie beplanning kan help om nie onnodig tyd te verkwis op sake wat nie belangrik is nie. ‘n Dagrooster van al jou aktiwiteite kan help met effektiewe tydsbestuur. ‘n Prioriteit wat die nodige aandag moet verdien, is voldoende rus (slaap). ‘n Leerling in Gr 6 moet ten minste tien ure slaap per nag geniet. Buiten rus moet ook tyd ingeruim word vir ontspanning. Die lees van ‘n goeie storieboek, luister van goeie (klassieke) musiek of stap in die natuur is goeie vorme van ontspanning.

Die skrywer van Prediker het in sy wysheid besef dat die sondeval die lewe van die mens versuur het. Daarom kan hy sê dat “hy die taak gesien het wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel” (Pred. 3:10). As gelowige kinders van die Here word ons geroep om in ‘n gejaagde lewe een ding voorop te stel: “Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.”(Pred 12:13)

Selfbestuur en studie

‘n Groot deel van ons tyd word aan skoolwerk bestee. Om ‘n suksesvolle student te wees, moet jy nou al die regte studiemetodes baasraak en die regte houding ten opsigte van huiswerk, klasdeelname en take hê.

Lees opbouende lektuur; dit is goeie vryetydsbesteding.

Page 4: Lewensorientering gr 6 - Boek - Christelike Media · In die boek Prediker lees ons: ”Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid.”

43

Assesseringsopdragte

1. Wat beteken die woord “selfbestuur”? Hoe sal jy verantwoordelike selfbestuur kan toepas?

2. Stel ‘n lys saam van aspekte wat stres veroorsaak. Stel ook ‘n plan saam hoe jy hierdie stres sal probeer verlig.

3. Stel ‘n dagprogram op om aan te dui hoe jy ‘n normale skooldag sal deurbring.

Opdrag

Beantwoord die volgende vraelys om te sien hoe jou selfbestuur ten opsigte van jou studies lyk (ja, nee, soms):

1. Weet jy hoe om doeltreffend te luister in die klas?

2. Kan jy met begrip lees?

3. Kan jy self leer sonder dat jy hulp nodig het?

4. Weet jy hoe om die mediasentrum reg te gebruik?

5. Gebruik jy elke dag genoeg tyd vir huiswerk/studie?

6. Weet jy hoe om ‘n werkopdrag te beplan en te skryf?

7. Is jou aandag by jou werk in die klas en wanneer jy huiswerk doen?

8. Is jou werk gewoonlik betyds?

9. Jy doen jou werk en studies uit jou eie uit.

10. Jy werk en studeer volgens ‘n vaste program.

Op die vrae waarop jy “ja” geantwoord het, is jou gesindheid of vaardigheid goed. Kyk egter na die vrae waarop jy “nee/soms” geantwoord het. Wat kan jy doen om dit te verander? Stel vir jou ‘n plan van aksie op.

Aksieplan

Wat gaan jy doen? Wie kan jou help? Wanneer gaan jy dit doen?