iederark maart.pdf · • die pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing:...
TRANSCRIPT
Inhoudsopgawe:
Sending gebeds-
versoeke
2
Allerlei 3
Blapse 4
Kruismedia en Sending
6
Verjaarsdae 7
Allerlei 5
Iederark “smalls” 8
30 MAART 2014 UITGAWE 11/2014
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926
082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113 Jeugkantoor 0760202662
Sondag 30 Maart 2014 Erediens Geen aanddiens
09:15
Maandag 31 Maart 2014
Dinsdag 1 April 2014
Woensdag 2 April 2014
Donderdag 3 April 2014
Vrydag 4 April 2014
Saterdag 5 April 2014 Mannebiduur 07:00
Wat gebeur DV die volgende week….……
Iederark
BLADSY 2 UITGAWE 11/2014
SENDING GEBEDSVERSOEKE
BOTSWANA SENDING Jerry en Magda
Dankie: • Die dokter is baie tevrede
met Magda. Bid asb vir: • Ons dogter Marize. • Al die reëlings vir ons vertrek
terug na Botswana. Vir my bakkie se herstel en die
finansies daarvoor.
MALAWI SENDING Pieter
Baie dankie vir Bergsig gemeente in New Castle en vir dr Wessel Herbst en sy vrou, ds Gawie van Jaarsveld en sy vrou, Stefan Lombaard en Marelize Jacobs wat Pieter en sy ouers vir `n onvergeetlike 10 dae na hul
vakansiehuis in Sabiepark geneem het waar hulle die diere in die wildtuin kon besigtig en heerlik kon rus. Mag ons Heer hulle ryklik seën. • Bid asb vir sy mense in
Malawi.
VERITAS SENDING Dawie en Naomi de Wet
Ons twee het vanoggend vroeg weer daaroor gesels dat dié dinge wat ‘n mens gelukkig maak en jou lewe werklik sin gee, is dié dinge wat geld nie kan koop nie – verlossing uit genade, vriende, ‘n gelukkige gesin en sekerlik die kersie op die koek: ‘n gelukkige huwelik. Ons vier vandag met groot vreugde en dankbaarheid ons 38ste huweliksherdenking. Ons sê elke dag vir die Here dankie dat Hy ons vir mekaar gegee het – ons besef net hoe bevoorreg ons twee is om twee-saam te kan wees. Daarom wil ons net vir julle almal baie dankie sê vir julle aandeel in ons geluk met julle getroue voorbidding vir ons en julle hulp en ondersteuning op soveel vlakke. Ons kan ook saam vir die Here dankie sê vir die 19 pastore van Franssprekende kerke in die
Kaap wat hierdie week klaar maak met Module 4! Dit is regtig ‘n baie besondere klompie mense met wie Jean-Blaise en Kasongo die afgelope byna vier jaar ’n paadjie geloop het. Jean-Blaise en Past Emmanuel van die
Franse gemeente in Woodstock reël die feestelike geleentheid op 5 April waar waartydens die sertifikate oorhandig sal word – ek hoop om oor twee weke die foto’s daarvan te kan plaas. Die meeste van hulle wil ook voortgaan om vir die geakkrediteerde kursus in te skryf. Dit op sigself is ‘n uitdaging, aangesien die infrastruktuur om so ‘n groep te begelei, veral wat personeel betref, nog nie in plek is nie. • Bid asb vir die besluite wat
dringend oor geakkrediteerde
opleiding vir Franssprekendes gemaak moet word en vir die regte personeel daarvoor;
• Bid ook vir Loret, Jean-Blaise se vrou, wat tans in Pointe Noire is waar sy hopelik môre (Vrydag) geopereer sal word. Na die skandering wou die dokter nie opereer sonder minstens vier eenhede bloed beskikbaar nie en dit het die operasie uitgestel.
BLADSY 3 UITGAWE 11/2014
GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word.
MALAWI KORTTERMYN UITREIK
Ons is besig om die jaarlikse uitreik na Malawi te beplan. Dit sal plaasvind vanaf 9 -20 Julie 2014. Ons is opsoek na mense wat belangstel om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. Indien jy ‘n hart vir sending het is hier die geleentheid om ‘n ervaring van ‘n leefyd mee te maak. Mense wat die toer in die verlede onderneem het, getuig van ‘n diep geestelike verryking wat hul uit-kyk op die lewe wesentlik verander het. Indien jy belangstel om deel te word van hierdie ervaring kontak:
James by 084 208 3708 of [email protected].
HOSPITAAL OPNAMES
Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem word in
Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by opname
duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Mie-
derpark is. Dit maak dit vir die leraars makliker om
hulle tydens die weeklikse hospitaalbesoeke (Dinsdae
en Donderdae) op te spoor.
MANNEKOOR
Die Potchefstroomse Mannekoor bied 'n PAASPROGRAM aan en almal is hartlik welkom. Toegang is gratis ('n donasie om onkoste te dek sal waardeer word) Datum: Sondagmiddag 13 April Tyd: 15.30 Plek: Geref Kerk Die Bult (skuins oor die Konservatorium)
BLADSY 4 UITGAWE 11/2014
BLAPSE IN KERKNUUSBRIEWE
• Dames, moenie die krap-en-koop-aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak.Onthou om jou man saam te bring. • Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik. • Moenie dat bekommernisse jou doodmaak nie. Laat die gemeente help. • Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in. • Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die Water". Vanaand se preektema sal wees: "Waar is ons Redder?" • Me. Charlene Mason van die Metodiste-gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal natuurlik groot vreugde verskaf het. • Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie. • Suster Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van Pastoor Jack se preke aangevra. • Die Pastoor gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing: "O blye dag!". • Klaas Buitendach en Debbie Prinsloo is op 3 Junie getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat reeds in hul skooljare begin het. • 'n Boontjiesop-aand gaan in die kerk se lapa gehou word. Bring asseblief 'n baadjie of jas saam inge-val dit winderig en onplesierig sou raak. • Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel - hoe kan jy daar kom?" Ver-voer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis. • Die lae selfbeeld-ondersteuningsgroep vergader Donderdagmiddag om 15:00 in die kerk se sysaal. Gebruik asseblief die agterdeur. • Die 'Weight Watchers' -groep vergader Donderdag om 14:00 in die kerksaal. Gebruik asseblief die dubbeldeure by die sy-ingang.
BLADSY 5 UITGAWE 11/2014
Malawi sending uitreik Om projekte in Malawi te vestig en te onderhou, benodig ons die volgende hardeware: Enige staal 2500 liter watertenk 30% skadunet Bloudraad Binddraad 25mm swart waterpyp Groentesaad Indien daar enige oortollige material beskikbaar is, oorweeg asb ‘n skenking. Kontak James by 084-2083708 of jameswolmarans@yahoo,com
Redakteur: Naomi Scheepers—[email protected] Vir bydraes en voorstelle is u welkom om my te kontak. Wysigings op die verjaarsdaglys moet direk by die kerkkantoor reggestel word asseblief.
OPLEIDING VRYWILLIGERS
KANSA BIED WEER EENS ‘N KURSUS IN DIE OPLEIDING VAN VRYWILLIGERS AAN. DATUMS: 7 TOT 11 APRIL 2014 TYE: 08:00-13:00 ELKE DAG KOSTE: R150.00 (SLUIT OPLEIDINGSMATERIAAL IN) KONTAK SR MINNÉ BY 018 294 8253 OF 082 520 8445 OM
PLEK TE BESPREEK
(Los asb boodskap indien nie beskikbaar)
BLADSY 6 UITGAWE 11/2014
BLADSY 7 UITGAWE 11/2014
Maart Verjaardae
Datum Van Naam
01/03 Swanepoel Danie
Swiegers Johan
Stoop Johan
Aldum Louis
Rusch Markus
02/03 Bezuidenhout Anell
Janse van Rensburg Ria
03/03 Ferreira Stefan
04/03 Van der Walt Attie
Hanekom Mari
Hanekom Surita
Weldon Yolande
Van Heerden Lourette
05/03 De Beer Martin
Schultz Trevor
Harms Engela
Kotze WJ
06/03 Beyers Andries
Swanepoel Andre
08/03 Ferreira Loulene
Jacobs Georgia
Van Reeuwyk Klaas
Craven Maryke
Dahms Erna
Coetzee Darius
09/03 Botha Jeanette
Bronkhorst Hennie
Pretorius Kevin
Strauss Isabel
11/03 Kotze Melinda
Jacobs George
Van der Walt Henco
Koekemoer Jan
12/03 Nel Michelle
Smit Mariana
Nolte Jeanette
13/03 Du Toit Jenavive
Van der Walt Ronell
Van Rooyen Johannes
Visagie Yolanda
Van der Walt Zach
Foster Ethan
14/03 Olivier Santie
Du Toit Diaan
Putter Neels
Du Toit Donavan
15/03 Beyers Mona
Heigers Joan
17/03 Du Toit Jaco
Terblanche Jordi
Swart Marlene
Viljoen Hansie
18/03 Van Wyk Melanie
Engelbrecht Riaan
Botes Ironka
Grobler Babs
19/03 Van der Westhuizen Hein
Grobbelaar Carien
20/03 Viljoen Dawie
21/03 Weldon Minke
Coetzee Nico
Minny Magda
De Klerk Pieter
22/03 Steyn Pieter
Van Bosch Daniel
Kershoff Tienie
Du Toit Pieter
Esterhuizen Sanet
23/03 Buitendag Daleen
Blignaut Lanique
24/03 Strauss Willem
Viljoen Sakkie
Menezies Johnny
Botha Ruan
Groenewald Kobus
Nel Baetra
26/03 Kirby Julian
Van Niekerk Johan
Scholtz Phillip
27/03 Conradie Marie
28/03 De Beer Zelmari
Steyn Kobus
Botes Louise
Hill Wilna
Van der Walt Ansie
29/03 Van den Berg Henning
30/03 Erasmus Carel
Heyns Mossie
Bekker Theo
31/03 Van der Wat Joey
Iederark
“smalls”
Hierdie blok is die
grootte van ‘n
advertensie
@ R100 vir 4 plasings.