moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30...

9
Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die jaar snel nou omtrent vinnig na sy einde. Weereens ‘n baie bedrywige kwartaal met vele hoogtepunte en ook ‘n baie lae een, maar nog steeds het ons soveel om voor dankbaar te wees dat mens nie anders kan as om die kop te buig en dankie te sê vir Sy guns en genade nie. Weereens baie dankie aan almal wat so getrou inligting en foto’s deurgee vir verspreiding…. Dit word opreg waardeer! Hier volg so ‘n kort opsomming en ek vra sommer by voorbaat om verskoning as ‘n prestasie dalk nie genoem word nie… dit maak dit geensins minder spesiaal nie – ek is dalk net nie bewus daarvan nie. Hoërskool Bellville het gasheer gespeel vir ‘n volle 3 Internasionale Toerspanne in die 3 rde Kwartaal. Bristol Grammar School van Bristol in Engeland het teen ons O/19A- en O/19B Rugbyspanne gespeel en Kennemer Skool van Haarlem in Nederland teen ons Premier Dogter Hokkiespan vroeg in die kwartaal en sommer bietjie dag terug was die Paraguay Toerspan ook by ons. By al hierdie geleenthede het die toerspanne by ons skoliere tuis- gegaan en is hulle op eg Suid-Afrikaanse gasvryheid getrakteer. Bristol Grammar School van Bristol is in 1532 en Kennemer in 1920 gestig. Dit was dus veral ‘n voorreg om as die oudste skool in die Noordelike voorstede (gestig in 1937) ons gaste te kon onthaal en saamkuier en speel. Baie dankie aan al die gasouer vir julle eg Suid-Afrikaanse gasvryheid! ‘n Lekkerny waaroor veral gepraat is onder die jongklomp is ons tradisionele braaivleis en braaibroodjies! “Maak nie saak of jy in Suid-Afrika of in Engeland woon nie, 17-jariges se belangstellings bly maar min of meer dieselfde.” Dit was Adriaan van Rensburg (onderkaptein van die o/19A-rugbyspan) se ervaring na hul gesin twee seuns van Bristol gehuisves het. Volgens Adriaan was dit ‘n baie aangename ervaring alhoewel dit ‘n aanpassing was om heeltyd Engels in die huis te praat. Volgens Bristol Grammar se afrigters was hul seuns baie beïndruk met die manier hoe ons seuns so maklik oorskakel van Afrikaans na Engels. Rugby: Hokkie: O/19A verloor 0 – 5 & O/19B speel gelykop 14 elk. Bellville wen 4 – 2

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die jaar snel nou omtrent vinnig na sy einde. Weereens ‘n baie bedrywige kwartaal met vele hoogtepunte en ook ‘n baie lae een, maar nog steeds het ons soveel om voor dankbaar te wees dat mens nie anders kan as om die kop te buig en dankie te sê vir Sy guns en genade nie.

Weereens baie dankie aan almal wat so getrou inligting en foto’s deurgee vir verspreiding…. Dit word opreg waardeer! Hier volg so ‘n kort opsomming en ek vra sommer by voorbaat om verskoning as ‘n prestasie dalk nie genoem word nie… dit maak dit geensins minder spesiaal

nie – ek is dalk net nie bewus daarvan nie.

Hoërskool Bellville het gasheer gespeel vir ‘n volle 3 Internasionale Toerspanne in die 3rde Kwartaal.

Bristol Grammar School van Bristol in Engeland het teen ons O/19A- en O/19B Rugbyspanne gespeel en Kennemer Skool van Haarlem in Nederland teen ons Premier Dogter Hokkiespan vroeg in die kwartaal en sommer bietjie dag

terug was die Paraguay Toerspan ook by ons. By al hierdie geleenthede het die toerspanne by ons skoliere tuis- gegaan en is hulle op eg Suid-Afrikaanse gasvryheid getrakteer.

Bristol Grammar School van Bristol is in 1532 en Kennemer in 1920 gestig. Dit was dus veral ‘n voorreg om as die oudste skool in die Noordelike voorstede (gestig in 1937) ons gaste te kon onthaal en saamkuier en speel. Baie dankie aan al die gasouer vir julle eg Suid-Afrikaanse gasvryheid! ‘n Lekkerny waaroor veral gepraat is onder die jongklomp is ons tradisionele braaivleis en braaibroodjies!

“Maak nie saak of jy in Suid-Afrika of in Engeland woon nie, 17-jariges se belangstellings bly maar min of meer dieselfde.” Dit was Adriaan van Rensburg (onderkaptein van die o/19A-rugbyspan) se ervaring na hul gesin twee seuns van Bristol

gehuisves het. Volgens Adriaan was dit ‘n baie aangename ervaring alhoewel dit ‘n aanpassing was om heeltyd Engels in die huis te praat. Volgens Bristol Grammar se afrigters was hul seuns baie beïndruk met die manier hoe ons seuns so maklik

oorskakel van Afrikaans na Engels.

Rugby: Hokkie: O/19A verloor 0 – 5 & O/19B speel gelykop 14 elk. Bellville wen 4 – 2

Page 2: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Die leerders van Bellville Hoërskool het op Donderdag, 21 Augustus en Vrydag, 22 Augustus aan die ESKOM Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem. 19 Projekte en 28 Leerders was betrokke. Die uitslae was soos volg: 2 Goud,8 silwer & 7 brons medaljes is verwerf. Individuele uitslae van leerders was soos volg: 3 projekte (5 leerders) is gekies om die Wes-Kaap in die Nasionale rondte te verteenwoordig.

Afdeling: Fisika, Astronomie en Ruimte Wetenskap:

Shirley van der Merwe – Goud. Projek titel: Kleur, en hoe ons dit sien. (Beste Jnr. Navorsingsprojek in ‘n Fisika rigting.)

Morné Dempers en Reinier Kapp – Goud. Projek titel: Intermolekulêre kragte en hul invloed. (Beste Navorsingsprojek wat oor effektiewe energie gebruik handel, geborg deur ESKOM. Senior Kategorieprys vir energie doeltreffendheid en bewaring).

Afdeling: Energie doeltreffendheid en energie:

Janré Hanekom en Nicolaas Smit – Silwer. Projek titel: Van haastigheid kom lastigheid. (Beste navorsing prys wat oor effektiewe energie gebruik handel, geborg deur ESKOM. Senior Kategorieprys vir energie doeltreffendheid en bewaring).

Twintig leerders van die Hoërskool Bellville, onder leiding van Mev A Burger en Mev H van Lill, het vir die eerste keer deelgeneem aan die Nasionale Shakespeare Skolefees. Die fees strek oor `n paar maande en het orals in Suid

Afrika plaasgevind. Die doel van die fees is om hoërskoolleerders bloot te stel aan die dramatiese werke van Shakespeare, en `n liefde daarvoor te ontwikkel.

Die Hoërskool Bellville het `n opvoering van Shakespeare se gewilde komedie “Much ado about Nothing” voorberei vir die fees, en op 2 September opgevoer in die Somerset Playhouse in Somerset Wes. Saam met skole soos Chris Hani Secondary, The Settlers, Shiloah Christen Skool en Wynberg Boys, het Bellville die lewe en werke van Shakespeare gevier!

Ons sien uit na volgende jaar se feesvieringe en geleenthede vir nog Engelse drama, want soos

Shakespeare geskryf het: “All the worlds a stage and, And all the men and women merely players.”

Page 3: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Carisa Carstens en Kaylyn Adams het aan die landswye Pick en Pay Kookkompetisie in Centurion deelgeneem. Daar was altesaam 20 spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het en ons 2 dames het hul uitste- kend van hul taak gekwyt! Hulle wen die prys vir “Beste Nagereg” en behalwe vir die titel, het hul ook elkeen pryse ter waarde van R5000 elk gewen.

Die dametjies in HS Bellville kan nie net lekker kook nie, maar hulle kook op die sportvelde en bane en hou ons naam hoog!

Zilke Bal is ‘n kranige gholfspeler wat ‘n dryf slaan wat menige gholfer haar beny. Buiten dat sy Boland kleure in gholf verwerf het, het sy ook 2de

geëindig in die B-afdeling van die SA Junior Gholfkampioenskappe! Daar was slegs 42 speelsters in die afdeling en sy was slegs 5 houe agter die wenner in haar afdeling. Hou bietjie hierdie jonge dame dop mense – een van die dae sien ons haar ook stokke swaai oorsee!

Ons kan met reg trots wees op die prestasies van Annerike du Plessis in die laaste paar maande. Hierdie veelsydige jonge dametjie skitter nie net op die hokkiebaan nie, maar

woeker omtrent met haar musikale talente en gawes. Die 8ste Grahamstad Nasionale Musiek- kompetisie is vanaf 18 tot 21 Junie by die Rhodes Universiteit aangebied. Pianiste, strykers, houtblasers, koperblasers en sangers neem oor 4 rondtes teen mekaar deel. Slegs 3 deelnemers uit elke kategorie het deurgedring na die finale rondte wat Saterdagaand 21 Junie plaasgevind het. Annerike du Plessis is aangewys as die wenner van die Hoërskool afdeling. Sy het werke van Scarlatti, Liszt, Haydn, Scriabin en Say gespeel.

Annerike het ook deurgedring na die finale been van die 24ste Johan Vos klavierkompetisie. Die gala-aand is in die Auditorium van die Hugo Lambrechts Musieksentrum aangebied.Dit was ‘n pragtige aand vol mooi musiek en waardige wenners. Annerike du Plessis het skoonskip gemaak in die Junior Afdeling van die kompetisie en is met R2500 beloon. Hierdie prestasies is slegs moontlik met ure se oefening en baie opoffering.

Welgedaan Annerike! Jy is ‘n voorbeeld vir menige musiekstudent.

Page 4: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Ons skaakspannetjie woeker ook omtrent hier-

die jaar en wen die Silwer medalje by die Distrik Oos Topskole Skaakproewe. Baie geluk aan die

span wat bestaan uit: Marinus Compion, Johann Behm, Marco Botha, Jaco du Plessis, Herno vd Linden en Gideon Götze (Reserwe Jacques Wiid).

Jaco du Plessis in Gr. 9 is opgeneem in die WP O/16A-Skaakspan wat aan die Nasionale uitdunne

gaan deelneem gedurende Januarie 2015 in Kimberley. Baie geluk Jaco!

Vrydag 5 September het al 3 die seunshokkie A-spanne, aan hul ouderdomsgroep se finaal, in die WP uitkloptoernooi deelgeneem. Al die skole in die WP neem deel en Bellville Hoërskool is bitter trots op die prag prestasie.

By die finale het ons O/14A Span hul wedstryd gewen en is as kampioene van die O/14 uitkloptoernooi se plaat kompetisie gekroon! Dit is ‘n besondere prestasie. Ons is trots op julle!!

Lindie Anker Lindie is gekies vir die SA O/18B Hokkiespan na die IPT- toernooi in Durban. Sy is ook gekies as die nie-reisende reserwe vir die SA O/18A span wat teen Australië gespeel het.

WP O/16A- hokkie wen Brons by IPT-toernooi Baie geluk aan Juf. Elaine Kruger (afrigter), Melissa Trautman en Rozanne Compion wat by die IPT-toernooi in Pietermaritzburg die bronsmedalje gewen het.

Page 5: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Ian Smit – Gr.8 het gedurende die Julie vakansie 1tot1 afrigting ontvang by Mnr. Eric Simons. Simons is ‘n oud-Protea-krieketspeler en is tans die IPL, Dehli Dare Devils se hoof-afrigter. Dit was die tweede keer wat Ian by hom afrigting gekry het sedert verlede jaar, 2013. Ian se boul- en kolf-vermoë het weereens Simons beïndruk en hy was opgewonde om te sien hoe Ian sedert verlede jaar se afrigting as krieketspeler gegroei het. Hy het Ian nuwe tegnieke geleer om sy boul- en kolfwerk meer effektief te maak. Dit was veral vir Ian ‘n wonderlike oomblik toe Mnr Simons sê dat hy Ian

weer wil sien en wil afrig. Ian is gekies vir die onder-15 Noordelike Distrik span, al is hy nog net 14 jaar oud, en volg ‘n baie intensiewe krieket-oefenprogram.

Janke van Dyk het die Boland Wilson Meesterstoernooi vir DogtersO/16 gewen in die Strand. Slegs die beste 8 spelers wat aan die Wilson toernooie deur die jaar deelgeneem het, word na die Meesters uitge- nooi. Die finaal was ‘n taai stryd maar Janke het haar man gestaan en

8-5 gewen! Baie geluk Janke!

Danielle Bright in Gr.8 (foto links)

het haar WP Kleure verwerf is verkies tot die WP SANESA Equestrian span. Baie geluk Danielle! Zonika Esterhuizen in Gr.9 en haar perd, Guz, het baie goed presteer by Porterville

skou die naweek van 29 en 30 Augustus.

Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe

op 30 Augustus 2014, haar SAARA Wes-Kaap kleure verwerf. Sy kwalifiseer om aan die volgende dissiplines deel te neem: 3 posisie (3P – Lê, Staan, Kniel) Sporter O/14 en 10m (staan) – Dogters O/14

Sy is uitgenooi om SAARA Wes-Kaap te verteenwoordig in die eerskomende SAARA Nasionale Kampioenskappe wat sal plaasvind in Florida Park, Gauteng vanaf 9 tot 11 Oktober 2014. Baie geluk en sterkte Chris-Mari!

Lize Dreyer, het die volgende uitslae in die Wes-Kaap Trampolien kampioenskappe behaal: 2de plek in beide Dubbel-Mini-Trampolien & Euro-Trampolien. Sy is ook opgeneem in die span wat SA’s toe gaan gedurende die Oktober skoolvakansie. Omdat sy in die hoër

vlakke van Trampolien deelneem, verwerf sy volle Wes-Kaap provinsiale kleure.

Lindie Anker is nie net bedrewe met ‘n hokkiestok en op die atletiekveld nie maar het ook deel geneem aan die SA Gimnastiekkampioenskappe – vlak10 in Klerksdorp. Sy het 2 silwer medaljes gewen. Baie geluk Lindie!

Page 6: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Agt van die Hoërskool Bellville se netbalspanne het na hul onder- skeie finale deurgedring:O/14A & B; 0/15A, B & C; 0/16A, 017B en C. Finale uitslae vir die seisoen:

Goud: Silver: Brons: 4 de Plek

o/17C

o/14 A & B o/15 B & C

o/17B

o/15A o/16A

Die volgende dametjies het buitengewoon presteer: Carla Marais (0/18), Janika de Beer (0/16),Jean-Mari Cilliers (0/18), Francél Wessels (0/14), Mejean Louw (0/15), Zulaine Huisamen (Wes-Kaap 0/14 A) & Marike van der Merwe (0/18)

Baie geluk jonge dames. Ons is baie trots op jul prestasies! HS Bellville het weereens ‘n vol en bedrywige Eisteddfod seisoen beleef en al die deelnemers het hul werklik

uitmuntend van hul taak gekwyt. Beide die Jnr en Snr Orkeste het ‘n puik seisoen gehad en as wenner in hul

kategorie weggeloop. Die Koor het aan verskeie Eisteddfods deelgeneem en ook met verskeie Cum Laude’s teruggekeer.

Ons het ook verskeie leerlinge wat solo items gelewer het en puik presteer het. Ons het ongelukkig nie al die uitslae

ontvang nie, maar deel wel graag Leana Pietersen - Gr.8 se prestasies. Sy het op 28 Augustus Cum Laude verwerf het op die Wes-Boland Eisteddfod wat in Langebaan plaasgevind het vir sang met elektroniese

begeleiding vir die volgende items: Solosang & Duet. Haar sangmaat vir die Duet was Shanai Vos, van Brackenfell Hoërskool.

Ons weet hierdie prestasies verg harde werk en toewyding en ons is trots op elkeen van julle wat so tussen sport en akademie nog die tyd inruim om ons op kulturele gebied ook so pragtig te gaan verteenwoordig. Die koorlede het byvoorbeeld selfs op die aand wat die U-party plaasgevind het, eers amper 21H30 by die skool opgedaag na ‘n Eistedfodd optrede in Stellenbosch. Baie dankie julle!

Tydens die Prestige Gholfdag wat op 5 Junie te Bellville Gholfklub plaasgevind het, het ons die prag

bedraggie van R8 000 ingesamel om aan Chere Botha Skool vir Kinders met Leergestremdhede, Outisme en Down-sindroom te skenk.

Heel gepas is die tjekkie op Loslitdag aan hulle oor- handig. Dit is met groot dankbaarheid in ontvangs ge- neem deur Mnr. Bernard Crous namens die skool. Hy het HS Bellville opreg bedank vir ons bydrae en ondersteuning.

Tydens ons gesprekke het elkeen van ons maar net weereens besef hoe diep dankbaar ons moet wees dat ons kinders in ‘n gewone hoofstroom skool kan skoolgaan en funksioneer. Ontwikkeling by ons kinders wat ons as baie vanselfsprekend aanvaar, is daar daaglikse uitdagings en die nood is groot vir meer sulke spesialis skoolinrigtings in SA is aan die toeneem omdat Outisme teen ‘n snel tempo aan die toeneem is.

Page 7: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

HS Tygerberg het HS Bellville uitgedaag om mee te doen aan die ALS (MNS) Ice Bucket Challenge. Die O/19A Krieket toerspan (en hulle afrigters!!!) het die uitdaging namens die skool aanvaar en die prag bedraggie

van R2100.00 aan die “J9 Foundation” oorbetaal. Die 3 skole waarheen die seuns nou in die Oktober skoolvakansie toer nl.: Hoërskool Punt (Mosselbaai), Sentraal (Bloemfontein) en Nico Malan (Humansdorp) is op hul

beurt weer tot aksie uitgedaag.

Dankie manne dat jul namens ons die bibber koue aangedurf het! (Gaan loer gerus op Facebook na die kort videogreep)

Ons het reeds ‘n Interskole Nuusbriefie gedoen maar wil darem net in die kwartaal briefie ook melding maak daarvan.

Baie dankie aan elke Skolier, Ouer, Onderwyser, Afrigter en Ondersteuner wat tydens ons 2014 Interskole die skool

se naam so trots uitgedra het. Dit was werklik ‘n riem onder die hart om almal as 1 span te sien saamwerk.

‘n Spesiale woordjie van dank aan elkeen wat agter die skerms betrokke was met al die organisering en toegesien het dat alles so glad verloop.

Daar gaan ‘n ongelooflike klomp werk en beplanning agter die skerms aan om van so ‘n groot sport geleentheid ‘n sukses te maak en ons is so geneig om vinnig

foute en tekortkominge uit te wys, en so stadig om soms dankie te sê... so ‘n REUSE DANKIE vir almal wat agter die skerms ook kliphard

saamwerk sodat ons almal die dag kan geniet.

Page 8: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Die manne het ‘n vol rugbyprogram gehad hierdie seisoen en ons sê dankie vir elke jongman wat daar hul harte uitgespeel het. Soms was die uitslae nie altyd in ons guns nie, maar wanneer ‘n mens van die veld af stap en jy weet jy het jou alles op daardie veld gegee, is dit goed genoeg. Almal kan nie altyd wen nie en karakter wys in hoe ‘n mens ‘n verloor hanteer. So dankie ouens dat julle aanhou baklei het totdat die eindfluitjie geblaas het! Links: 1

ste Rugbyspan besoek die SA Rugby Museum as ‘n

spanbou uitstappe.

Onder: 1

ste Rugbyspan oefen in Kampsbaai as deel van hul

spanbou uitstappe.

Heel Links:

Ryan Muller was deel van die WP o/18 Cravenweekspan wat 2 uit drie wedstryde gewen het by die Cravenweek in Middelburg

Links:

Carlu Sadie deel van die WP o/18 Akademiespan wat

wenners van die Akademieweek. Wen al drie hul wedstryde teen Cheethas, Blou Bulle en Sharks

Baie geluk aan elke seun en dogter wat as Senior en Graadleier verkies is vir 2015!

GRAADLEIERS vir 2015 Gr.9: Adriaan Lourens, Stefan van der Merwe, Chanté Fourie & Leana Pietersen Gr.10: Dewaldt Krüger, Nico Olivier, Janneke Alberts & Monique Mangiagalli Gr.11: Marko Fivaz, Emile Opperman, Ingé Engelbrecht & Leë-Ann Goldfarb Gr.12: Adrian jansen van Rensburg, Simondré Toua, Melissa Franken & Mieke Rogotta

SENIORLEIERS vir 2015 Gr.11:Cornè Badenhorst, Marko Fivaz, Migael Gabriël Heyns, Jean-Paul (JP)Leach, Johann Myburgh, Emile Opperman, Jeandrè van Wyk, Leandrè Botha, Janika De Beer, Ingè Engelbrecht, Lee-Ann Goldfarb, Cornel Koorts, Willani Punt & Karlie van Heerden

Gr.12:Andrè Ackermann, Tian Boonzaier, Armand Esterhuizen, Daniël Jacobs, Stefan janse van Rensburg, Adrian Jansen van Rensburg, Rochè Louw, William Victor Moore, Nicolaas Smit, Simondrè Toua, Jurgens van Schalkwyk, Marco Dan Viljoen, Shanè Erasmus, Melissa Franken, Eden Marè Keyster, Michelle Mc Clelland, Mieke Nagel, Niritha Oosthuizen, Mieke Rogotta, Christine Smit, Anina Steenkamp, Liza Theron, Elri van der Westhuizen & Vicky-Lee Willemse

Baie geluk ook aan die ouers van hierdie leerders en sterkte vir die pad wat julle ook saam met hulle sal stap in die jaar wat voorlê! Mag jul geseën word met ‘n dubbele porsie insig en wysheid.

Page 9: Moeilik om te glo, maar nog ‘n kwartaal is verby en die ... · skou die naweek van 29 en 30 Augustus Chris-Mari Schreuder het na afloop van die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe op

Listen, can you hear it, there's an angel whispering your name.

A new life has begun now, but my love for you will stay the same We were so lucky, to have known you

even for a while. Lucky, that you chose us,

that you've blessed us with your lovely smile.

Forgive me if I'm not strong, it's so hard to know I must go on,

but I know that I'm here now and for now this is where I belong

And if I could hear you, I imagine this is what you'll say,

you'll tell me not to worry, to let go and know that you're ok.

How I wish that I could see you once more, how I long to hold you in my arms.

Stroke your hair before I kiss you gently, lay you down to sleep just one more time.

I'll hear your laughter I'll remember how we use to play and I'll cherish the memory,

until I'm home with you one day.

“Nianell – Until I’m home” (album Sand & Water)

Ons is almal hierdie laaste week tot stilstand geruk met die skoknuus van JP Leach se afsterwe. Om ‘n geliefde aan die dood af te staan was nog altyd baie traumaties en hartseer, maar meer nog as dit so skielik en onvoorsiens

gebeur en boonop ‘n kind in die fleur van sy of haar lewe is. Ons wil graag namens die Leeuklub Bestuur en Lede ons innige meegevoel en simpatie aan die Leach gesin betuig. Ons word saam met u gekonfronteer oor die broosheid van die mens maar vind tog ‘n mate van troos daarin dat JP se lewe getuig het van sy verhouding met God en ons weet hierdie is slegs ‘n tydelike tot siens tot ons weer mekaar groet. Baie dankie vir die reël van die kersmars om aan die kinders ‘n geleentheid te bied om op so ‘n wyse ook mekaar te kan ondersteun in hierdie hartseer tyd. Ons dra die gesin in ons gebede op vir die tyd wat voorlê, veral vir die groet van jul pragseun Vrydag.

Mag dit vir elkeen van ons ook net weer herinner aan ons eie broosheid en dat ons werklik elke dag met beide hande moet aangryp en voluit moet leef en ons as ouers mag dalk net eerder 2 keer dink voor ons baklei oor ‘n deurmekaar tienerkamer en eerder ‘n ekstra tydjie saam met ons kinders spandeer en ‘memories’ maak.

Baie dankie vir die prag huldeblyk Mnr. Du Plessis.

Ons wens elke jongman en jongedame sterkte toe wat gedurende die skoolvakansie aan verskeie kompetisies en sport byeenkomste gaan deelneem. Ons bid die Here se seën en beskerming op elke skolier, onderwyser en ouer af in hierdie vakansie sodat ons almal weer DV mekaar sal sien wanneer die skool op Maandag, 13 Oktober begin vir die laaste 100m na die eindstreep van die 2014 Skooljaar.