monzette maart 2009

4
Die Louis Tregardt Gedenktuin in Maputo is vanaf 1 Desember 2008 onder nuwe bestuur. Die vorige bestuur van die Genootskap Louis Trichardt, wat die Gedenktuin beheer, het op 30 November 2008 bedank en is op 1 Desember vervang deur ’n nuwe bestuur, soos aangewys deur Die Erfenisstigting (ES). Die ES is ’n Art 21 - maatskappy sonder winsbejag wat hom beywer vir die beskerming van bedreigde erfenisgoedere, veral díe wat vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking van kultuurhistoriese en emosionele belang is. Die Louis Tregardt Gedenktuin in Maputo is opgerig op die plek waar Tregardt (dit is soos hy sy van gespel het) en negentien van sy trekgeselskap begrawe is. Die ligging van die grafte is in 1944 deur wyle dr. Willem Punt bepaal. Onderhandelinge om die grond aan te koop, is in 1955 begin. Verskeie instansies soos die ATKV en die SAVF het finansieel bygedra, maar dit was veral die Afrikaanse Kultuurvereniging Volk en Verdediging,onder die voorsitterskap van die toenmalige maj.genl. RC Hiemstra, wat die grootste finansiële bydrae gemaak het. Die Pretoriase argitek Johan de Ridder het in samewerking met ’n Portugese argitek, mnr Reis Costa, in 1962 die finale planne vir die gedenktuin aan die stadsraad van die destydse Lourenço Marques voorgelê. Die ontwerp van die Gedenktuin beslaan 400 vierkante meter en bestaan uit verskeie elemente, o.m. ’n ringmuur in die Kaap-Hollandse boustyl; ’n breë geplaveide pad wat die trek voorstel, en ’n boogvormige gedenkmuur met ’n sentrale wit marmerpaneel waarop ’n kakebeenwa en ’n span osse uitgebeeld is. Verskeie ander tonele is op die res van die muur uitgebeeld. ’n Geplaveide vlak voor die gedenkmuur beeld die Tregardt-trekroetes in mosaïek uit. Die Portugese owerheid het R6 000 tot die oprigting daarvan bygedra. Die gedenktuin is op 12 Oktober 1968 ingewy. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Erfenisstigting en nou ook voorsitter van die GLT, genl.maj. Gert Opperman, me Cecilia Kruger en die uitgetrede voorsitter van die GLT, mnr Willem Punt, het Maputo op 19 en 20 Januarie 2009 besoek. Die doel van die besoek was om die Gedenktuin fisies oor te neem, met die plaaslike rolspelers kennis te maak en samesprekings te voer aangaande die pad vorentoe. Die Erfenisstigting sal die GLT bystaan tov o.m. die oorhoofse bestuur, skakeling in verband daarmee met die RSA-owerhede en die opstel van ’n formele bewarings-, bestuurs-, herstel en onderhouds en bemarkingsplan. Ander aspekte wat dringend aandag sal geniet, sluit in volgehoue skakeling met die betrokke rolspelers in Maputo; die skep van ’n webblad; werwing van hulpbronne om die Gedenktuin vorentoe te herstel en te bewaar, asook die versekering daarvan. As beginpunt sal die Gedenktuin dringend opgeruim en skoongemaak word, danksy die hulp van ’n goedgesinde maatskappy in Maputo. A.g.v. ’n tekort aan kapasiteit is dit nie vir die ES moontlik om direkte aanspreeklikheid vir alle bedreigde erfenisgoedere te aanvaar nie. Juis daarom poog die ES om, waar dit enigsins moontlik is, liefs die betrokke gemeenskappe te help aktiveer om self aanspreeklikheid te aanvaar vir die bewaring van sulke plaaslike kultuur- en erfenisgoedere. Die ES is nietemin bereid om belangstellendes met raad en advies by te staan, indien hulle daarvoor gevra word. Gedenktuin in Maputo nou by ES IN HIERDIE UITGAWE Erfenisstigting Projekte 2 Monument verjaar 2 Kontak ons 2 Skenking aan ES 3 Opleiding aan vrywilligers 3 Nuwe besoek- punt 4 Uit die geskie- denis 4 MAART 2009 UITGAWE NO1 GEBEURE IN MAART 21 Maart, Antiek– en Versamelaars- mark op 21 Maart, van 09:00 to 15:00. Toegang R15 per voertuig. 29 Maart. Barrie Burger eindig sy simboliese kruistog by die VTM en daarna luister ons na die orrelspel van Eon Malan in die Heldesaal. Navrae: Willie Smith 012 326 6770. Toegang gratis Die Louis Tregardt Monu- ment nadat dit voltooi is.

Upload: willie-smith

Post on 16-Mar-2016

241 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Amptelike tydskrif van die Voortrekkermonument

TRANSCRIPT

Page 1: MonZette Maart 2009

Die Louis Tregardt Gedenktuin in Maputo is vanaf 1 Desember 2008 onder nuwe bestuur. Die vorige bestuur van die Genootskap Louis Trichardt, wat die Gedenktuin beheer, het op 30 November 2008 bedank en is op 1 Desember vervang deur ’n nuwe bestuur, soos aangewys deur Die Erfenisstigting (ES). Die ES is ’n Art 21 -maatskappy sonder winsbejag wat hom beywer vir die beskerming van bedreigde erfenisgoedere, veral díe wat vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking van kultuurhistoriese en emosionele belang is. Die Louis Tregardt Gedenktuin in Maputo is opgerig op die plek waar Tregardt (dit is soos hy sy van gespel het) en negentien van sy trekgeselskap begrawe is. Die ligging van die grafte is in 1944 deur wyle dr. Willem Punt bepaal. Onderhandelinge om die grond aan te koop, is in 1955 begin. Verskeie instansies soos die ATKV en die SAVF het finansieel bygedra, maar dit was veral die Afrikaanse Kultuurvereniging Volk en Verdediging,onder die voorsitterskap van die toenmalige maj.genl. RC Hiemstra, wat die grootste finansiële bydrae gemaak het. Die Pretoriase argitek Johan de Ridder het in samewerking met ’n Portugese argitek, mnr Reis Costa, in 1962 die finale planne vir die gedenktuin aan die stadsraad van die destydse Lourenço Marques voorgelê. Die ontwerp van die Gedenktuin beslaan 400 vierkante meter en bestaan uit verskeie elemente, o.m. ’n ringmuur in die Kaap-Hollandse boustyl; ’n breë geplaveide pad wat die trek voorstel, en ’n boogvormige gedenkmuur met ’n sentrale wit marmerpaneel waarop ’n kakebeenwa en ’n span osse uitgebeeld is. Verskeie ander tonele is op die res van die muur uitgebeeld. ’n Geplaveide vlak voor die gedenkmuur beeld die Tregardt-trekroetes in mosaïek uit. Die Portugese owerheid het R6 000 tot die oprigting daarvan bygedra. Die gedenktuin is op 12 Oktober 1968 ingewy.

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Erfenisstigting en nou ook voorsitter van die GLT, genl.maj. Gert Opperman, me Cecilia Kruger en die uitgetrede voorsitter van die GLT, mnr Willem Punt, het Maputo op 19 en 20 Januarie 2009 besoek. Die doel van die besoek was om die Gedenktuin fisies oor te neem, met die plaaslike rolspelers kennis te maak en samesprekings te voer aangaande die pad vorentoe.

Die Erfenisstigting sal die GLT bystaan tov o.m.

die oorhoofse bestuur, skakeling in verband

daarmee met die RSA-owerhede en die opstel

van ’n formele bewarings-, bestuurs-, herstel en

onderhouds en bemarkingsplan. Ander aspekte

wat dringend aandag sal geniet, sluit in

volgehoue skakeling met die betrokke rolspelers

in Maputo; die skep van ’n webblad; werwing van

hulpbronne om die Gedenktuin vorentoe te

herstel en te bewaar, asook die versekering

daarvan. As beginpunt sal die Gedenktuin

dringend opgeruim en skoongemaak word,

danksy die hulp van ’n goedgesinde maatskappy

in Maputo.

A.g.v. ’n tekort aan kapasiteit is dit nie vir die ES moontlik om direkte aanspreeklikheid vir alle bedreigde erfenisgoedere te aanvaar nie. Juis daarom poog die ES om, waar dit enigsins moontlik is, liefs die betrokke gemeenskappe te help aktiveer om self aanspreeklikheid te aanvaar vir die bewaring van sulke plaaslike kultuur- en erfenisgoedere. Die ES is nietemin bereid om belangstellendes met raad en advies by te staan, indien hulle daarvoor gevra word.

Gedenktuin in Maputo nou by ES

IN H IERD IE

U ITGAWE

Erfenisstigting

Projekte

2

Monument

verjaar

2

Kontak ons 2

Skenking aan

ES

3

Opleiding aan

vrywilligers

3

Nuwe besoek-

punt

4

Uit die geskie-

denis

4

M A A R T 2 0 0 9 U I T G A W E N O 1 GEBEURE

IN MAART

• 21 Maart, Antiek–

en Versamelaars-

mark op 21 Maart,

van 09:00 to 15:00.

Toegang R15 per

voertuig.

• 29 Maart. Barrie

Burger eindig sy

simboliese kruistog

by die VTM en

daarna luister ons

na die orrelspel

van Eon Malan in

die Heldesaal.

Navrae: Willie

Smith 012 326

6770. Toegang

gratis

Die Louis Tregardt Monu-ment nadat dit voltooi is.

Page 2: MonZette Maart 2009

B L A D S Y 2

O’Neils Cottage

by Majuba

ERFENISSTIGTING PROJEKTE Die Erfenisstigting is sedert 2006 op ’n ad-hoc basis by pog i ngs be t r o kke om Boekenhoutfontein op ’n beter basis te bestuur. Deur ES-bemiddeling is twee lede v a n d i e p l a a s l i k e Rapportryerkorps as nuwe Paul Kruger Trust lede aangestel. Die ES se kwotasie vir die opstel van ’n bestuursplan is nie aanvaar nie, maar die ES het rede om te glo dat die persoon aan wie die tender toegeken is, dr. Anton van Vollenhoven, goeie werk sal doen. Die ES sal waarskynlik ‘n groter leidende rol moet speel om te verseker dat die erfenis nie verlore gaan nie. Op grond van verskeie klagtes van die publiek oor die swak toestand, het die ES op 25 Oktober die terrein by O’Neils Cottage, Majuba besoek en ‘n volledige verslag, toegelig met

foto’s is deur mnr Redelinghuys opgestel. ‘n Vertaalde weergawe, asook enkele foto’s, is aan Amafa (KZN se erfenisbe-waringsliggaam) gestuur wat veronderstel is om die ‘eienaar’ van die terrein te wees. Die ES wag steeds op reaksie. Steynberg-museum en versameling: Die ES is deur die familie genader om insette te gee t.o.v. die toekoms van die eiendom en versameling wat deur die NFI verwaarloos is. Die E S h e t v e r s k e i e vergaderings met die familie, asook met die Steynberg Trust gehad en verskeie dokumente is deur die HUB namens die familie aan die Rupert Familiestigting in die Kaap voorgelê. Die ES het dit duidelik gemaak dat hy

slegs van die gipsbeelde sou kon huisves en indien enigsins moontlik, ook van d i e K r u g e r k o p sandsteenbeelde na die terrein van die VTM sou kon skuif. Die ES wag op terugvoer van die Trust. Jameson Monument, Krugersdorp: Daar is be-sluit dat die kontrakteur met PHRA-G moet vergader sodat hulle kan vra dat die Monument of geskuif kan word tot naby die kant van die nuwe pad, of dat die nuwe pad herlei word verby die monument. Hierdie vergadering moet nog plaasvind. PHRA-G voel sterk dat die monument in dieselfde gebied moet bly eerder as wat dit geskuif word na ‘n terrein ver daarvandaan.

Kontak ons: Tel: 012 326 6770 of 012 325 7885 Faks: 012 326 8374

www.voortrekkermon.org.za of [email protected]

GAAN KUIER OOK GERUS VIR DIE MONUMENT OP “FACEBOOK”

Ondersteun die

Monument deur ’n

SMS te stuur!

Die VTM is hierdie jaar 60 jaar oud!

Stuur vandag jou geskenk. Stuur ’n SMS met die woord “vtm” aan 39055 om ‘n donasie te

maak. Koste per SMS = R15.

Mev Etta Judson van die Erfenisstigting ondersoek die Jameson Monument.

Page 3: MonZette Maart 2009

Skenking aan Erfenisstigting

B L A D S Y 3 U I T G A W E N O 1

Op 5 November 2008 het die Erfenissentrum se biblioteek en argief ‘n kosbare publikasie en dokumente ryker geword, naamlik ‘n boek oor Maria Johanna (Miemie) Prinsloo (*1866-†1944) en oorspronklike briewe wat sy tydens die Anglo-Boereoorlog in 1901 vanuit die Irene Konsentra-siekamp geskryf het. Die boek is deur Marie van der Walt saamgestel, in medewerking met haar man Jan en sy broer Piet. Dit bevat interessante inligting oor o.a.

Miemie Prinsloo en haar ses kinders wat in 1901 in die Irene Konsentrasiekamp aangehou is. Miemie se man, HFC Prinsloo, is op 24 Januarie 1901 tydens die slag van Spioenkop gewond en het kort daarna gesterf. Drie van hulle kinders is in Julie van daardie jaar binne ‘n bestek van 14 dae oorlede en is in die Irene Kampkerkhof begrawe.

Tien briewe wat Miemie Prinsloo tussen September en Desember 1901 vanuit die konsentrasiekamp geskryf het, is deur Marie van der Walt getranskribeer en ontleed. Dit bied ‘n roerende blik op die haglike omstandighede wat in die konsentrasiekamp geheers het. Die publikasie van 43 bladsye is keurig uitgelê en bevat talle foto’s en statistiek, asook die stamlyne van HFC en MJ Prinsloo (gebore Malan). ‘n Bronnelys rond dié netjiese publikasie af – voorwaar ‘n aanwins vir ons versameling!

kultuurhistoriese waarde, te toon. Ons maak hierdie jaar op Saterdag, 14 November 2009 weer so. Navrae aangaande stalletjies kan aan die begin van Oktober 2009 gerig word aan [email protected]

AfriForum se Afrikaanse musiekfees ter viering van Pretoria se 153ste verjaardag was verlede jaar ‘n reuse sukses! Sowat twintigduisend mense het by die Voortrekkermonument saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam en dié stad se straatname met ʼn besondere

14:00 oop vir die lede om sog-gens eers navorsing te doen. Een of twee lede van die GGSA, gewoonlik mense soos Ludwig Döhne en Margaret Lodder (wat al gesoute biblioteekgebruikers is), staan dan ander lede by deur boeke op rakke te kry, met fotostate te help en groentjies touwys te maak. Op Saterdag 8 November 2008 is 12 lede van 11.00 tot 12.30 opgelei. Hulle was baie entoesiasties en sommige van hulle het aangedui dat hulle ook in die week beskikbaar sal wees,

terwyl ander op Saterdae kan help. ‘n Handleiding is deur die Bibliotekaris, Sandra Rhode, saamgestel wat aan elke vrywilliger gestuur sal word. Hulle sal altyd in samewerking met die bibliotekaris funksioneer. Vrywilligers sal ‘n kaartjie ontvang wat hulle in staat sal stel om gratis toegang tot die biblioteek te kry. As daar nie ander gebruikers is wat hulp benodig nie, kan hulle met hulle eie navorsing voortgaan.

Genealoë besoek gereeld die bib-lioteek in die Erfenissentrum. Aan-gesien daar ‘n tekort aan bibliotee- personeel is, is die Noord-Tans-vaaltak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) genader om vrywillig diens te doen. Die gedagte het voortge-spruit uit die ooreenkoms tussen die Erfenisstigting en die GGSA, naamlik dat die vereniging se boekery deel van die biblioteek vorm en dat daar elke tweede Saterdag van die maand om 14:00 by die VTM vergader word. Die biblioteek is dan van 10:00 tot

Marie van der Walt oorhandig die publikasie

oor Irene Konsentrasiekamp aan Riette

Zaaiman, argivaris.

Opleiding aan vrywilligers deur biblioteek

AfriForum vier fees - duisende woon by!

Die skare het die groot am-

fiteater bykans volgepak.

“Skakel vir

Sandra Rhode

by

012 326 6770”

Page 4: MonZette Maart 2009

Musiekonderwyseres; getroud met mnr Willie Krüger

Geyer, Pieter G. (Vrystaat) : Staatsamp-tenaar

Die Voortrekkermonument-Inwydingskomitee het in 1949 besluit om ses seuns en ses dogters aan te wys om die deure van die Monument om 12:00 oop te stoot. Mnr. Bennie Badenhorst was destyds die organiseerder van die Dienslaer van 3000 Voortrekkers en in bevel van die seremonie. Die Inwydingskomitee het aan mnr Badenhorst opdrag gegee dat die 12 kinders wat uit die Dienslaer aangewys sou word, nie voor 16 Desember 1949 sou weet dat dit hulle vir die taak beskore sou wees nie en dat hulle name vir ‘n geruime aantal jare nie bekend gemaak moet word nie. Die kinders is soos volg gekies: Transvaal: Twee seuns en twee dogters Kaapland: Een seun en twee dogters Vrystaat: Een seun en een dogter Natal: Een seun Suidwes-Afrika: Een seun Rhodesië: Een dogter

Hierdie name is in 1974 bekend gemaak, 25

jaar na die inwyding van die Voortrekker-

monument.

Die twaalf was:

Davel, Roelien (Rhodesië)

Heese, Hester (Kaapland) : Onderwyseres; getroud met mnr Van Wyk

Jacobs, Mariette (Vrystaat) : Onderwyseres; getroud met mnr. Piet Goosen

Jooste, Issie (Transvaal) : Onderwyseres; getroud met mnr. Wasserman

Malherbe, A.L. (Adi) (Kaapland) : Advo-kaat; Hoofregsadviseur van SAS&H sedert 1961

Pretorius, J.M. (Kotie) (Transvaal) : Onderwyseres; getroud met mnr. R.P. Otto

Richter, Anton (Natal) : Argitek

Van der Merwe, J.H.P. (Jannie) (Transvaal) : Onderwyser

Van der Merwe, Ronél (Kaapland) : Onderwyseres

Van der Walt, Hennie (Transvaal) : Proku-reur; LV sedert 1970

Van Niekerk, Willie (SWA) : Boer

Uit die Geskiedenis

INWYDING VOORTREKKERMONUMENT: 16 DESEMBER 1949

DIE 12 KINDERS WAT DIE DEURE OOPGESTOOT HET

Die deure word oopgestoot...

Nuwe besoekpunt by die VTM ‘n Uitstalling oor een van die land se grootste versamelings wildstrofeë is op die Voortrek- kermonument Erfenisterrein geopen. Die uitstalling, wat bestaan uit twee-en-vyftig trofeegehalte spesies, heet die Diphofolong (tussen die diere) Sentrum en is in die ou navorsingsentrum aangebring. Die versameling, wat aan die Erfenisstigting beskikbaar gestel is deur mev Lente Roode, stigter van die Hoedspruit Bedreigde Spesiesentrum (HBSS), is by dié sentrum gebruik as opleidingsmateriaal vir die rogramme aan skoolkinders wat die sentrum besoek. Mev. Roode het egter besluit om die versameling aan die ES beskikbaar te stel, aangesien dit meer sentraal in Pretoria en in die natuur geleë sal wees, en met groot vrug gebruik kan word in die programme wat by die VTM aangebied gaan word. Volgens mnr. Gert Rall, jagter en eienaar van die versameling, is die versameling baie waardevol aangesien dit meeste die spesies in Suider-Afrika verteenwoordig. Een van die trofeë wat te sien is, is die kop van die baie skaars Sitatunga, ‘n waterkoedoe wat in die Okavango voorkom. Die kop van die Vaalribbok in die versameling het tot onlangs nog die wêreldrekord gehou wat horinglengte betref. ‘n Ander interessante bok is die takbok of damhert soos dit hier bekendstaan. Dié bokke is sowat een honderd jaar

bekendstaan. Dié bokke is sowat een honderd jaar gelede uit Engeland na Suid-Afrika gebring en is nog redelik volop in die Oos-Kaap. Die programme by die VTM sal daarop gemik wees om leerders in te lig oor bedreigde spesies en die voortgesette bewaring van ons land se ryk erfenis. Navrae aangaande die uitstalling en die opleidingsprogramme kan gerig word aan dr. Arend Posthuma by 012 3266770 of by [email protected].

Mnr Gert Rall het die trofeë skoongemaak en op die mure aangebring.