muldersdrif gemeente afkondigings 5 desember 2010
DESCRIPTION
Muldersdrif Gemeente Afkondigings 5 Desember 2010TRANSCRIPT
SONDAG 5 DESEMBER 2010
Gelei deur ds Kenneth Mckenzie
Welkom by die erediens Doop van JAN-HENDRIK BASSON
(ouers Andrew en Maria)
Tweede week in
Advent Matteus 3: 1-12
Jesaja 11:1-10; Psalm 72: 1-7, 18-19; Romeine 15: 4-13
Vandag 5 08:30 Erediens, DOOP
Vrydag 10 SKOLE SLUIT
Sondag 12 08:30 Erediens
10de maand BEGROTE BEDRAG: R200 000
TOTALE BEDRAG ONTVANG: R197 500
BAIE DANKIE aan almal wat die stem van die Here hoor en hulle 10de so getrou gee
Bydraes nog welkom – help ons asb om ons doelwit te bereik
PERSONEEL VERLOF
Ds Neels 1-22 Des
Ds Kenneth 24 Des – 2 Jan
Rensia 13 Des – 7 Jan
Ons wil graag vir elke kind by
Zandspruit ‘n Bybel in hul eie taal gee.
Indien jy ‘n bydrae kan maak, plaas asb ‘n geldjie in ‘n gemerkte
koevert en gooi in kollektebord of handig in by die kerkkantoor.
‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’
Vandag 5 Desember 2010 Rolin Rall 082 882 7248
Maandag: 6 Desember *Ruan van den Berg 084 520 6986 Lize du Plooy 082 859 1434
Dinsdag: 7 Desember Anita Gross 072 685 1207 Amanda Enslin 083 443 1067
Woensdag: 8 Desember Geen
Donderdag: 9 Desember Tanya Strydom 076 384 7800 Annetjie Botha 084 556 5460
Vrydag: 9 Desember Louise van der Merwe 078 463 0435 Carl-Hartwig Dittmer 072 243 2867
Saterdag: 10 Desember Herda Ponting 082 920 4319 Gerhard Cronje 011-957 2476 Dehabré Kinnear 082 335 5589
*Jeug
AFKONDIGINGS 4-11 Desember 2010
Fokustekste
Kalender
Zandspruit
Verjaardae
November 2010 tot Februarie 2011
In die voorportaal is daar sakke met ’n voedsellys wat gebruik kan word om die
kos aan te koop. Alles wat op die lys genoem word, hoef nie gekoop te word nie, maar elke item kan ’n verskil maak
aan ’n honger maag. Baie dankie aan almal wat in die verlede
hierdie projek ondersteun het en dit weer doen.
Neem asseblief vandag nog ’n sak.
Koslys vir NG-Welsyn Pasta Soppoeier
Olie Grondboontjiebotter Mieliemeel Blikkies vleis, vis, groente Koekmeel Konfyt Suiker Sout Koffie Rys Tee Stampmielies Poeiermelk “Soja-mince” Oatspap Aanmaak koeldrank
Ietsie lekkers vir die kinders
Toiletware: Seep Waspoeier Toiletpapier Sjampoe Tandepasta Tandeborsels
Op 25 Julie 2010 het ons as gemeente
begin om ons Familiebybel tussen
lidmate te sirkuleer.
Gesinne sal ‘n beurt kry om vir EEN WEEK
die Bybel huistoe te neem - saam leer ons
weer om hierdie Boek te lees en verstaan.
Indien jul gesin die Bybel wil bespreek vir ‘n spesifieke week, skryf asb jul name op die Besprekingslys in die voorportaal – en
onthou om die Bybel te neem op JUL Sondag !!
Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]
Ons bid vir . . . SIEKES: Anna Nelson: bloedkanker, chemo-behandeling (084 585 6714) Amanda Schutte: behandeling vir dikderm, baie pyn, bid vir oplossing vir probleme (072 382 2112) Koot Woest: kanker, chemo behandeling, gaan beter (083 260 2007)
Dorkas
NG Welsyn
GEDENKMUUR
Muur is amper voltooi…
Nissies te koop @ R1000 elk
Navrae : kerkkantoor
Isabel Stander (niggie van Lenie Mulder):
breingewas, chemo behandeling, bid asb vir
haar
Leon van Rooyen: herstel na hospital-opname
vir lewerprobleme (082 884 2274)
LEED:
Lenie Mulder: oorlede op Saterdag 27/11.
Gawie Roussouw (swaer van Phillip en Cecilia
Verster): oorlede op Maandag 29/11.
Ons bid hul families en vriende troos toe in
hierdie moeilike tyd…
Koördineerders:
ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463
Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy
alleen na die berg toe gegaan om te bid…”
Mat 14:23 - “Daarna het Jesus die brood geneem, God
daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 - “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees
beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29
Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons
verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26
- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die
Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21
- “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal
nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12
Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid?
- “As daar iemand van julle is wat siek is… moet
julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14
- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid
vir mekaar …sodat … gesond kan word”
Jak 5:16
- “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2
- “… twee saam kan weerstand bied. ‘n
Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12
NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE
VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK!
(Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)
Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging
van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se
mense Houer vir gebedsversoeke
HIGHWAY MISSION
Soos in die verlede het ons weer 'n oproep ontvang vanaf Highway Mission Centre om saam te bid vir ons land se paaie gedurende die Desembervakansie.
Lees asb. onderstaande en kom ons neem ons voor om regtig hierdie belangrike saak aan die Here op te dra.
Highway Mission Centre in Worcester nooi u
vriendelik om met ons hande te vat en ‘n
landswye gebedsuitreik vir die veiligheid van
ons land se paaie van stapel te stuur.
Desember 2010 vakansieseisoen is op hande
en ons weet dat daar derduisende voertuie
op ons land se paaie gaan wees wat
gewoonlik daartoe bydrae dat die dodetal
die hoogte inskiet.
Meer as 13,700 mense sterf landwyd in een
jaar op ons paaie, dit is meer as 1000 per
maand. Ja, gedurende 2009 eis 11,000
motorongelukke 13,768 lewens, dit kon een
van ons gewees het as dit nie vir God se
genade was nie. Wie anders as net God
alleen kan hierdie situasie omkeer en die gety
draai? Niemand nie, net Hy alleen kan en wil
dit doen. Ons het dus nodig om groter erns
van hierdie saak te maak want God sê
duidelik dat Hy geen behae in die dood van
‘n goddelose het nie, daar is baie ander sake
wat kinders van die Here se gebede net so
dringend vereis maar in hierdie geval gaan
ons op verskillende maniere fokus op die
veiligheid van ons land se paaie.
Gebedsaksie
Daar is vele oorsake vir padongelukke, maar
die belangrikste is dat dit nie voertuie is wat
ongelukke veroorsaak nie, dit is roekelose,
nalatige en aggresiewe bestuurders wat 95%
van die tyd daarvoor verantwoordelik is.
Meeste van die tyd is dit dan onskuldige
mense wat hulle lewens verloor.
Highway Mission Centre se plan van aksie
om vir die veiligheid van ons land se paaie by
die Here in te tree begin met volle vertroue in
die Here en nie by ons eie planne nie. Hier wil
ons saam met Jesaja getuig as hy sê: “Die
Here het my ‘n belangrike opdrag gegee en
my God gee my die krag om dit te doen.”
(Jes 49:5) Ons kan slegs onder leiding van die
Heilige Gees beplan om te doen wat God
van ons vra..
Kom ons vat hande in die gees saam met Highway Mission Centre en tree saam met hulle in vir die veiligheid van almal op ons land se paaie gedurende hierdie vakansieseisoen.
RAAISEL
VAN
DIE
WEEK
Raai wie? “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien…” Antwoord: elders in afkondigings
Verlore items : Ons het Bybels in die
kerkkantoor wat in die kerk of saal agtergebly
het. Kom kyk of joune hier is !
Welkom in ons gemeente!! Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring sodat julle op die databasis bygevoeg kan word. Die volgende lidmate se vorms is deur ons ontvang, ons heet julle ‘n spesiale welkom! Riaan en Louise Herbst van Pinehaven (011-662 2016)
GOD IS ONS PA Deur Benescke Janse van Rensburg
Ek hoor onlangs die storie van ’n meisie wat tydens haar eerste rit op die lang pad nadat sy haar bestuurslisensie geslaag, langs haar pa agter die stuur ingeskuif het. Hulle was skaars ’n uur uit die stad toe die eerste groot reëndruppels op die voorruit begin neerplons. Gou het dit in ’n storm verander.
Van agter die stuur het die dogter beangs na haar pa geloer in die hoop dat hy sou aanbied om die stuur by haar oor te vat. Tot haar verbasing het hy net sy kop geskud. “Nee, my kind. Ek weet jy kan dit doen. Hou net aan ry.” Hy het geweet dat haar selfvertroue om te bestuur deur hierdie ervaring sou baat.
Die reënbui het al harder geword en die ruitveërs moes nou hard werk om te verseker dat hulle voor hulle kon sien. ’n Menigte van die motoriste rondom hulle, het langs die pad afgetrek om te wag dat die storm bedaar voordat hulle verder ry.
Trane het nou oor die dogter se gesig begin stroom terwyl sy weer na haar pa kyk. “Pa, ons moet aftrek. Al die ander motors stop?” Weer het hy haar arm saggies aangeraak. “Ek is hier by jou. Jy kan dit doen. Ons is nou-nou deur die storm.
Besoekers & Nuwe Intrekkers
Uit die kerkkantoor
Voel die lewe se hartklop…
Hou net aan ry.” Die donderweer het aanhoudend gerammel terwyl die meisie deur die storm ry. Net toe sy finaal wou moed opgee, het die sonlig meteens voor hulle verskyn. Hulle was deur die storm.
’n Entjie verder het die dogter se pa haar beveel om langs die pad te stop. “Hoekom nou eers, Pa?” het sy verbaas gevra toe hulle langs die pad uit die motor klim. Waar hulle op ’n heuweltjie gestaan het en teruggekyk het na die storm, kon hulle die motors sien wat steeds langs die pad gestaan het. Meteens het die meisie verstaan: Soms wil ’n mens moed opgee te midde van die storm terwyl God soos ’n pa reg langs ons sit om ons aan te moedig om vorentoe te beweeg. Hy glo in jou en weet die son gaan binnekort deurbreek!
Watter tipe jaar het jy in 2010 beleef? Was dit een gevul met hoogtepunte en deurbrake (byvoorbeeld ’n nuwe baba in die familie, ’n promosie by die werk, ’n nuwe huwelik) of was dit dalk een gevul met hartseer en uitdagings (byvoorbeeld aflegging by die werk, ’n egskeiding, die dood van ’n geliefde)? Een ding wat ons te midde van goeie tye, sowel as uitdagende tye moet onthou, is dat God, net soos die pa langs sy dogter in die motor, daar is om ons aan te moedig en deur te dra.
Luister weer hoe die Psalmdigter na God verwys in Psalm 56:3-4: “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen?”
God is ons Pa. Hy is daar wanneer ons opgewonde uitskree oor ’n deurbraak. Ook is Hy daar wanneer ons huil dat ons na ons asems snak en nie ’n uitkoms vir môre kan sien nie. Hy is daar wanneer ons saam met ons families langs die Kerstafel sit en lag en gesels. Ook is Hy daar wanneer die alleenheid sonder ’n familie ons jaarliks oor Kerstyd wil onderkry. Hy is liefdevol en genadig en sy begeerte is dat jy Hom nuut sal ontdek in elke situasie in jou lewe. Mag jy ’n wonderlike Kerstyd ervaar.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U altyd langs my is om my deur goeie en slegte tye
aan te moedig en deur te dra. Help my asseblief om nooit my oë van U af te haal nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
BABASORG Vanaf Januarie 2011 sal daar elke Sondag ‘n persoon in die baba-en kinderkamers wees om ouers die
geleentheid te gee om die erediens by te woon – met die wete dat hul kleingoed
versorg word
In memoriam…
Vandag neem ons afskeid van Lenie se liggaam
waardeur ons haar geken het. Lenie ons goeie vriendin, vir ons almal was sy ‘n
groot gewin, Met ons Bybelstudie afskeid vir die jaar, het sy ons
almal om haar sjokoladekoek vergaar. Ek kyk en sien hoe lekker sy die stukkie koek
geniet. Nooit het sy gedink, dis die laaste koek wat sy ons
bied.
Ai, so ‘n nederige vriendelike glimlag, haar beskeie geaardheid was altyd sag,
Laggend het sy vertel van haar kwale en pyne, Maar wat, moedig hou sy kop omhoog, al lees
ons die seer tussen die lyne.
Sy kon so lekker van die klein mannetjie vertel en ons hoor net hoe trek sy weer vir ‘n ruk na Pretoria.
Met die kamp het sy nog by ons kom kuier, waar ons almal so onder die bome sit en luier.
Ai, ons gaan haar so mis, maar gun vir haar die ewige rus.
In die hemel is haar plekkie voorberei
en geliefdes om haar te ontmoet, almal op ‘n ry. Haar hoof is gesalf en haar beker loop oor
Vir Jesus aanbid sy, nou saam met die Hemelse koor.
Verlos van die pyn en seer, kan sy nou voluit vir
Jesus eer.
Lenie ons is lief vir jou en groet jou vandag en sal jou altyd onthou.
Strewers
Antwoord : Job. Job 42:5 Job … ‘n vroom en opregte man wie die Here gedien het …. (Job. 1:1) …. En tog sê hy self dat hy nog altyd gegaan het op hoorsê, maar nou eers het hy God “gesien”. ‘n Mens kan so maklik iets van iemand glo a.g.v. wat ander mense jou vertel. Ons maak gevolgtrekkings en oordeel en reageer op wat ander mense sê! Dan vertel ons sommer ook stories oor daardie persoon asof ons hom of haar persoonlik ken. Of dit nou goed is of sleg. Is dit nie ook wat ons soms met ons Here doen nie? Ons praat van Hom, oor Hom en vertel wat ander mense ons van Hom vertel maar hoeveel keer getuig ons werklik, met eerstehandse kennis, van Hom? Selfs Paulus het uitgeroep “Al wat ek wens is om
Christus te KEN …..!” Fil. 3:10. En dit ‘n man wat reeds op daardie stadium van sy lewe uitverkoop was aan Jesus. Het u al die bekende vraag gehoor – “Wat is jou passie in die lewe?”. Kom ons maak dit ons GROOTSTE passie in die lewe: Om Christus werklik te KEN. Die beste plek om te begin is in SY WOORD want HY IS DIE WOORD. Lees Sy Woord, bid Sy Woord, praat Sy Woord. Maak dit deel van jou alledaagse lewe. Want “dit” is eintlik Jesus. Die vleesgeworde Woord. Tot die volgende raai wie – verlustig jou in Sy Woord. Gebedsaksie
DRINGEND GESOEK...
200 bakstene en ’n sakkie sement
vir nuwe baba-dagsorg in Muldersdrift Skakel kerkkantoor asb...
. Te koop
Juwele met ’n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks: • Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings & geskenke
Skakel Ansie op 082 853 6532 of epos [email protected]
Dienste
PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied:
• Christelike berading en ondersteuning • Trauma en emosionele pyn • Huweliks- en verhoudingsterapie • Depressive en die rou-proses
Eis terug van jou mediese fonds. Kontak Susan Eksteen op 0760511455/011-965 0987
Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!
Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s 083 317 7025 / 082 5677 446 www.ghphotography.co.za
email: [email protected]
Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856
BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW
Skakel Karin Grové op 082 821 1146
NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.
Kontak Dirk op 083 519 9604
LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650
VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s, sertifikate en vele meer.
Kontak Vanessa van Wyk op 083 419 3883
Kennisgewingbord
Is Muldersdrif Gemeente ’n Omgeegroep Gemeente?
Of is ons ’n Gemeente met omgeegroepe?
ONS DOELWIT IS BESLIS OM ‘N OMGEEGROEP GEMEENTE TE WEES!
Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd
Driefontein / Swartkops
Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00
Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00
Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel
083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00
Renosterspruit / Lanseria
Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00
Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif
Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30
Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)
Jacqueline Klem
082 920 6679 [email protected] Donderdae 18:30
Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)
Johan & Vivienne J van Rensburg
011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00
Honeydew Martie & Kriek Badenhorst
010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00
Helikia (Jong Volwassenes)
Charmaine Joubert
076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00
Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande
9:30 &
19:00
Wat verhinder jou om deel te word van hierdie familie?
Omgeegroepe
Leraars Ds Neels Kloppers
Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]
Ds Kenneth Mckenzie
Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]
Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected]
Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]
Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747
BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)
Musiekleier Sanet Louw
082 824 9388
Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso
083 548 8263
Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250 Epos: [email protected]
Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis 076 309 7942
Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.
Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Sanette du Plessis – 076 309 7942 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.
Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk
Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes
Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625
Bedienings Portefeuljes
Gemeente VAKANT Getuienis VAKANT Jeug Sanette du Plessis 076 309 7942 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250
Bestuurs Forum
B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT
Strewers Fanie Human
076 845 4920
ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected]
Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757
Gemeente Besonderhede
Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers
Wag vir
Foto
Wag
vir
foto