nb hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

8
NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte en indirekte rede vir jou verduidelik. Voltooi asb Les 1 – 3 vanaf 21-23 September 2020. (Die werk sal intensief in die klas behandel word.)

Upload: others

Post on 10-Apr-2022

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte en indirekte rede vir jou verduidelik.

Voltooi asb Les 1 – 3 vanaf 21-23 September 2020. (Die werk sal intensief in die klas behandel word.)

Page 2: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Direkte rede is iemand se direkte woorde.• Wanneer 2 / meer mense met mekaar praat.

• Leestekens is BAIE belangrik:

Groenes sê:”Ek hou baie van Sannie.”

Indirekte rede (Klikkie-bek) is wanneer jyiemand se woorde oorvertel.

• Slegs hoofletters, punte en kommas.

Groenes sê dat hy baie van Sannie

hou

Page 3: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Stappe om te volg:

Stap 1: Leestekens

Direkte redeIndirekte rede

Baie belangrik (hamburger)

Sannie sê:”Koek is lekker.”

Haal al die leestekens behalwe hoofletters,

kommas en die punt aan die einde van die

sin uit.

Sannie sê dat koek lekker is.

Stap 3: Voeg dat / of by.

Sannie sê :”Ek hou van koek.”

Sannie vra:“Hou jy van koek?”

Sannie vra:”Waar is die koek?”

As dit ‘n stelsin / uitroepsin is voeg die woord

“dat” by.

Sannie sê dat sy van koek hou.

As dit ‘n vraagsin is wat nie met ‘n vraagwoord

begin nie, voeg die woord “of”by.

Sannie vra of hy van koek hou.

As dit ‘n vraagsin is wat met ‘n vraagwoord begin

voeg niks by nie.

Sannie vra waar die koek is.

Stap 2: Behou die tydsvorm van die sin

Sannie het gesê: “Ek hou van koek.” Sannie het gesê dat sy van koek hou.

Page 4: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Stap 4: Voornaamwoorde

Verander die voornaamwoord

ek – sy / hy,

my – sy / haar,

ons – hulle

jy – hy/sy

Sannie sê dat sy van koek hou.

Sannie sê :”Ek hou van koek”

Stap 5: Verander die tydswoorde

Sannie sê:”Ek het gister koek gebak.”

Koos sê:”Ek sal more by die skool wees.”

Verander die tydswoord:

Gister – die vorige dag

More – die volgende dag

Sannie sê dat sy die vorige dag koek gebak het.

Koos sê dat hy die volgende dag by die skool

sal wees.

Direkte rede Indirekte rede

Stap 6: ‘n Tussenwerpsel word met ‘n emosie vervang

Piet skree:”Pasop! Daar is ‘n slang!” Alle tussenwerpsels moet met emosies vervang

word.

Piet skree benoud dat daar ‘n slang is.

Page 5: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Voltooi werkstuk 75 in jou skrif deur die sinne in die indirekte rede oor te skryf.

Werkstuk 75 21 September 2020

Indirekte rede

Page 6: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Werkstuk 76 22 September 2020

Direkte rede

Skryf hierdie sinne oor in die direkte rede.

1. Koos vra of hulle die volgende dag rugby gaan kyk.

2. Michelle skree dat Kobus haar moet uitlos.

3. Juffrou vra wat hulle met al die bordpenne gedoen het.

4. Mamma het gesê dat sy die vorige dag ‘n koek gebak het.

5. Susan skree bekommerd dat Stephan van die leeu moet wegkom.

6. Die kinders fluister dat juffrou Nel haar trui naam verkeerd gespel het.

Page 7: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

1. Skryf die volgende sinne in die Direkte rede.

a. Die hoof het gevra of dit al sal wees.

b. Die seun sê hy hou baie van teken.

c. Madiba sê dat sy hemde spesiaal vir hom gemaak

word.

d. Die vrou sê dat sy vir haar man wag.

e. Joshua het gevra of hy by Francois kan kom speel.

2. Skryf die volgende sinne in die Indirekte rede.

a. Juffrou sê: “Kom binne!”

b. Juffrou het gesê: “Ons skool sal die atletiek wen.”

c. Saartjie het gevra: “Moet ek al die eiers vir my

ouma

neem?”

d. Roshnee vra: “Thandi, sal jy my help?”

Werkstuk 77 23 September 2020

Direkte en indirekte rede

Page 8: NB Hierdie powerpoint aanbieding het klank by wat direkte

Toets jouself deur te kyk of jy hierdie sinne kan voltooi!!