ng gemeente kathungkathu.co.za/wp-content/uploads/2013/02/afk-21-desember-2014_.pdfafkondigings 21...

4
NG GEMEENTE KATHU AFKONDIGINGS 21 Desember 2014 Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees. Die deuroffer gaan vandag vir: Volksblad Kinderfonds Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30 Leraar: Ds André de Villiers Teks: Luk 1:36-38 Tema: Gewone mense gehoorsaam God se inisiatief Baie dankie aan Liesel Ellis vir die pragtige blomme in die kerk. Teedrink ná die erediens Kom drink ’n koppie tee saam met ons ná die erediens. Dankie aan Rita Roodt wat help met die teeskink. BELANGRIKE DATUMS VIR DIE WEEK Desember 2014 21 Kersliedere by Kerslig 19:00 25 Kersdiens (Tema: Vredemakers burgers van ’n nuwe koninkryk Teks = Jes 11:1-8 en Open 7:9-17) 08:00 31 Middernagdiens 23:30 Welkom aan alle nuwe lidmate! Baie welkom aan al die nuwe lidmate. Ons hoop dat julle gou sal tuis voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Al wat jy hoef te doen is om die klein vormpie wat tydens die erediens aan jou uitgedeel is te voltooi. Die per- soon met die pers serp sal dit dan weer tydens die dankoffer by jou kom haal. Hulle sal ook na die erediens agter in die kerk teenwoordig wees om ’n geselsie met jou aan te knoop. Die ander vorm kan jy dan na die tyd voltooi en aan ons terugbesorg. Pamflette met al die bedieningsleiers se kontakbesonderhede is agter by die dienstafel beskikbaar. Registreer nou: Hoop-reeks 8 Feb-22 Mrt 2015 Kontak Susan Schoeman 073 231 3330 of die kerkkantoor vir meer inligting. Kry die nuutste uitgawe met ’n heerlike oorsig oor 2014 se aktiwiteite by die deure! Leraars aan diens Desember 2014 / Januarie 2015 Ds André de Villiers is tans aan diens tot en met 28 Desember 2014. Ds Heinrich Viljoen is vanaf 28 Desem- ber 2014 aan diens. Ds Schalk van Schalkwyk is weer vanaf 5 Januarie 2015 terug. Bel gerus die leraar aan diens vir bystand in die Kerstyd.

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • NG GEMEENTE KATHU

    AFKONDIGINGS 21 Desember 2014

    Ek en jy, as gestuurde gemeente, dien die Here

    met vreugde deur by mekaar en by ander betrokke te wees.

    Die deuroffer gaan vandag vir: Volksblad Kinderfonds

    Oggenddiens 09:00 / Aanddiens 18:30

    Leraar: Ds André de Villiers

    Teks: Luk 1:36-38

    Tema: Gewone mense gehoorsaam God se inisiatief

    Baie dankie aan Liesel Ellis vir die pragtige blomme in die kerk.

    Teedrink ná die erediens Kom drink ’n koppie tee saam met ons ná die erediens. Dankie aan Rita Roodt wat help met die teeskink.

    BELANGRIKE DATUMS VIR DIE WEEK – Desember 2014 21 Kersliedere by Kerslig 19:00 25 Kersdiens (Tema: Vredemakers – burgers van ’n nuwe koninkryk Teks = Jes 11:1-8 en Open 7:9-17) 08:00 31 Middernagdiens 23:30

    Welkom aan alle nuwe lidmate!

    Baie welkom aan al die nuwe lidmate. Ons hoop dat julle gou sal tuis voel in ons gemeente en betrokke sal raak by al ons aktiwiteite. Al wat jy hoef te doen is om die klein vormpie wat tydens die erediens aan jou uitgedeel is te voltooi. Die per-soon met die pers serp sal dit dan weer tydens die dankoffer by jou kom haal. Hulle sal ook na die erediens agter in die kerk teenwoordig wees om ’n geselsie met jou aan te knoop. Die ander vorm kan jy dan na die tyd voltooi en aan ons terugbesorg. Pamflette met al die bedieningsleiers se kontakbesonderhede is agter by die dienstafel beskikbaar.

    Registreer nou: Hoop-reeks 8 Feb-22 Mrt 2015

    Kontak Susan Schoeman 073 231 3330 of die kerkkantoor vir meer inligting.

    Kry die nuutste uitgawe met ’n heerlike oorsig oor 2014 se aktiwiteite by die deure!

    Leraars aan diens Desember 2014 / Januarie 2015 Ds André de Villiers is tans aan diens tot en met 28 Desember 2014. Ds Heinrich Viljoen is vanaf 28 Desem-ber 2014 aan diens. Ds Schalk van Schalkwyk is weer vanaf 5 Januarie 2015 terug. Bel gerus die leraar aan diens vir bystand in die Kerstyd.

  • LERAARS

    Ds André de Villiers - Blok A

    Missionale Bediening

    084 679 3274

    [email protected]

    Ds Heinrich Viljoen - Blok B

    Jeugbediening

    082 352 6611

    [email protected]

    Ds Schalk van Schalkwyk - Blok C

    Blok-bediening en Kleingroepe

    084 673 1075

    [email protected]

    Carlise Brooks - Jeugwerker

    076 657 4722

    [email protected]

    KANTOORPERSONEEL

    053 723 2217 053 723 1071

    Kassier: Brenda Kernekamp

    [email protected]

    Koster: Rita Roodt

    073 505 5932

    Kommunikasie / Skriba: Ernalize du Toit

    [email protected]

    Ondersteuningsdienste: Amoré Pretorius

    [email protected]

    Fasiliteitskoördineerder: Marié Smith

    083 704 0476

    [email protected]

    Orrelis: Adri Scholtz

    082 924 4163

    BELANGRIKE INLIGTING

    Kerkkantoor

    053 723 1071 / 2217

    [email protected] / [email protected]

    Kantoorure:

    Maandag tot Vrydag: 08:00 - 13:00

    Bankbesonderhede:

    www.ngkathu.co.za Gaan “like” ons bladsy

    om op hoogte te bly

    van die gemeentenuus!

    Vir die BOUFONDS:

    NG Gemeente no 2

    ABSA Kathu

    Rek 1990 146 086

    Vir Dankoffers:

    ABSA Kathu

    Rek 1990 590 024

  • Vrae vir persoonlike oordenking Preek: Sondag 21 Desember 2014

    1. Watter “gewone” mense in die Bybel inspireer jou en hoekom?

    2. Wat beteken die begrip “roeping” vir jou? 3. Voel jy dat die Here jou al “geroep” het om iets

    te doen en jy kon nie anders as om te gehoor-saam nie?

    4. Gebruik hierdie Kersfees om opnuut te dink oor hoe God jou wil gebruik in Sy koninkryk.

    Die wiele rol al amper! Baie dankie aan elke skenking wat ons reeds ontvang het! Ons is oorweldig deur almal se bydraes. Sonder hierdie bydraes sou dié groot projek net ’n droom kon bly. Die fondsinsameling om vir Delta Cross Minis-tries ’n meer betroubare voertuig te koop, het al wonderbaarlik gevorder. Ons benodig nog net R5 000 voor ons die voertuig kan aankoop. As daar net 10 persone elkeen R500 kan skenk, gaan ons die teiken bereik. Julle is welkom om die uitdaging na julle vriende en familie buite ons gemeente aan te stuur. Ons is nou in die pylvak, die wenstreep is al in sig!

    Vir navrae, kontak Rudolph Jooné 082 371 3901.

    Bokse vol lifde – Ons harte loop oor! Nieuwoudtville Kerssangdiens

    Baie dankie aan elke lidmaat wat met soveel entoesiasme bygedra het tot die Bokse vol liefde-projek. Julle het soveel harte in die Nieuwoudtville-gemeenskap aangeraak met hierdie gebaar van liefde. Ons is oorweldig deur almal se reaksie. Dankie dat ons op julle kan staatmaak. Dankie dat julle vir ander tot seën is. Dankie ook vir elkeen se gebede vir dié uitreikaksie!

    Kerkkantoortye – Desember-Januarie Die kerkkantoor sal Woensdag 24 Desember om 13:00 sluit en weer Maandag 5 Januarie 2015 oopmaak.

    Sendingnuus by www.ngkathu.co.za Vir nuus oor ons sendelinge in Zambië, besoek ons webwerf!

    As jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, moet jy nie bekommerd wees nie. Ons het drie besonderse aanbiddingsgeleenthede in Desember: 21 Desember 2014 – Kersliedere by Kerslig om

    19:00. Bring gerus jou eie stoel, kombers, kers en piekniekmandjie en kom kuier saam met ons buite op die gras. 25 Desember 2014 – Kersdiens om 08:00. 31 Desember 2014 – Middernagdiens om

    23:30.

  • Gebedsbediening:

    Kom ons bid asseblief elke Maandagaand almal

    saam, tussen 20:00 tot 20:30, vir padveiligheid,

    padwoede en roekeloosheid in ons dorp en op

    al ons paaie. Volhard asb hiermee tot die einde

    Januarie 2015.

    Gebedslys Ons bid:

    Manskoene en seunsklere benodig Barmhartigheid benodig asb hoërskool-seunsklere.

    Vir almal wat die afgelope jaar langs ’n oop graf moes staan.

    Vir die wetteloosheid in die wêreld, en vir die verlossing van die wettelose mense wat meedoen aan die vervolgings.

    Josua 1:9 Ek self gee jou die opdrag . Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie,

    moenie bang wees nie, want Ek die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

    Wil jy ’n kosbare preek met iemand deel?

    Al die preke word Sondae opgeneem. As jy belangstel om ’n spesifieke preek te bestel, kontak gerus die kerkkantoor.

    Vir almal wat siek is van wie ons weet, en ook vir lidmate wat aansterk ná ’n operasie.

    Vir persone wat eensaam en alleen gaan wees oor die feestyd.

    Vir onbekende behoeftiges, na wie ons nie kan uitreik nie, en wie nie die middele het om op Kersdag ’n feesmaal te geniet nie, dat hulle gevul sal word met die brood van die lewende Jesus Christus.

    Boekrak met Bybelstudiemateriaal

    Het jy ’n boekrak wat in jou pad staan en stof vergader? Skenk dit asb vir die kleingroepbe-diening. Ons kan dit nuttig gebruik. Het jy Bybelstudiemateriaal (boeke of DVD’s) wat jy graag vir die kleingroep-boekrak wil skenk? Enige Christelike materiaal is baie welkom! Bring dit asb. na die kerkkantoor of kontak vir Susan Schoeman by 073 231 3330. Ons wil kleingroepe aanmoedig om van hier-die boekrak en diens gebruik te maak, sodat almal Bybelstudiemateriaal kan uitruil.

    Aansoeke vir die gedenkmuur is oop! Ligging van die gedenkmuur op die terrein: Op die grasperk wat grens aan Mopanilaan. Verskillende fases na gelang van die behoeftes Verkoop van nissies: R2 100 per nissie (ENKEL – graniet ingesluit) Daar sal 32 nissies beskikbaar wees R2 700 per nissie (DUBBEL – graniet ingesluit) Daar sal 70 nissies beskikbaar wees Doen bespreking gekoppel aan nommers. Vir enige navrae of besprekings, kontak die kerkkantoor by 053 723 1071. Bespreking geskied sodra volle bedrag betaal is. Volledige dokumente is ook beskikbaar by www.ngkathu.co.za Let wel: Daar is tans 8 nissies verkoop, sodra ons nog 7 nissies verkoop het, sal die bouwerk begin.