ng gemeente rondebosch · snapscan is ’n toepaing (“app”) wat jou in staat stel om maklik...

4
PROGRAM VIR VANDAG Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente. Is u selfoon afgeskakel of op “silent”? Oggenddiens: GEEN Kategese 10:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 1 Sam 17: 4- 9; 20-24 en 31-49 Tema: Die gawe van die Gees: Om te wees wat God jou bedoel het om te wees. 11:00 Tee/koffie na erediens Deuroffer: Ramot Aanddiens: 18:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 2 Kor 6:1-13 Tema: Op wie se terme en voorwaardes lewe jy? Indien jy gebed of huisbesoek benodig, vul asseblief die groen vormpie in die kerk in of kontak die kerkkantoor by 021 686 4315. Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2, Rondebosch Die Bulletin: 24 Junie 2018 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community. (10) Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. (11) Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. PSALMS 9:10-11 AFR83 Siekes Tuis: Arina Barnard, Enkelwoonstel, Huis Lückhoff Karen Bagnall, Loch Road, Rondebosch Hospitaal: Rentia Kiefer-Human van Amsterdam (vriendin van Deblèssé en Vic) Hannes Mocke - keelkanker (Annette Kitching se broer) Ian Ferguson, Chris Barnard Hospitaal (Familie van Hester Louw) Mariana Heath, Chris Barnard Hospitaal Anna Mongie, Mosselbaai - Kanker (Suster van Martha Janse van Rensburg) Rousmart: Innige simpatie met die familie van Lorna du Toit met haar afsterwe. Bybelleesrooster 24 Junie - 30 Junie So 1 Samuel 17: 1-11 Do 2 Korintiërs 6: 1-13 Ma 1 Samuel 17: 12-30 Vr Markus 4: 1.34 Di 1 Samuel 17: 31-50 Sa Markus 4: 35-41 Wo Psalm 9: 9-20

Upload: vuongkiet

Post on 26-Feb-2019

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NG Gemeente Rondebosch · SnapScan is ’n toepaing (“App”) wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak. Ons hou julle op hoogte van die implementering

PROGRAM VIR VANDAG

Baie welkom in die erediens. ʼn Spesiale welkom aan nuwe lidmate, besoekers en studente.

Is u selfoon afgeskakel of op “silent”?

Oggenddiens:

GEEN Kategese

10:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 1 Sam 17: 4- 9; 20-24 en 31-49 Tema: Die gawe van die Gees: Om te wees wat God jou bedoel het om te wees. 11:00 Tee/koffie na erediens

Deuroffer: Ramot

Aanddiens:

18:00 Erediens: Dr. Johan van den Heever Skriflesing: 2 Kor 6:1-13 Tema: Op wie se terme en voorwaardes lewe jy?

Indien jy gebed of huisbesoek benodig, vul asseblief die groen vormpie in die kerk in of kontak die kerkkantoor

by 021 686 4315.

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] facebook.com/ngrondebosch

NG Gemeente Rondebosch Derryweg 2 , Rondebosch

Die Bulletin: 24 Junie 2018

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community.

(10) Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood.

(11) Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

PSALMS 9:10-11 AFR83

Siekes Tuis:

Arina Barnard, Enkelwoonstel, Huis Lückhoff

Karen Bagnall, Loch Road, Rondebosch

Hospitaal:

Rentia Kiefer-Human van Amsterdam

(vriendin van Deblèssé en Vic)

Hannes Mocke - keelkanker

(Annette Kitching se broer)

Ian Ferguson, Chris Barnard Hospitaal

(Familie van Hester Louw)

Mariana Heath, Chris Barnard Hospitaal

Anna Mongie, Mosselbaai - Kanker

(Suster van Martha Janse van Rensburg)

Rousmart: Innige simpatie met die familie van Lorna du Toit met haar afsterwe.

Bybelleesrooster 24 Junie - 30 Junie

So 1 Samuel 17: 1-11 Do 2 Korintiërs 6: 1-13

Ma 1 Samuel 17: 12-30 Vr Markus 4: 1.34

Di 1 Samuel 17: 31-50 Sa Markus 4: 35-41

Wo Psalm 9: 9-20

Page 2: NG Gemeente Rondebosch · SnapScan is ’n toepaing (“App”) wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak. Ons hou julle op hoogte van die implementering

1. Ons verwelkom vandag vir Lise van den Dool by ons gemeente.

Baie dankie aan elkeen vir die bydrae wat jy gemaak het ten opsigte van ons Winter Warmte projek.

2. Afnaweek: Dr. Johan van den Heever is uitstedig vanaf 29 Junie tot 1 Julie. In geval van nood kan die kerkkantoor gekontak word. Ds. Jacob vd Merwe staan in vir hierdie naweek.

Lise van den Dool Occupational Therapist –

Head of First Phase

I joined the U-Turn team in July 2014. I was privileged to be

accepted on the Vodacom Change the World 2014 team, an

initiative by Vodacom to assist professionals to get involved

in the NGO sector. Vodacom CTW has made it possible for

me to join the U-Turn team in the capacity of 1stPhase Coor-

dinator, bringing rehabilitation services to 1st Phase. I am

passionate about seeing people’s personalities come to life

and seeing them actively partake in life. I am also passionate

about the outdoors. If I could spend every day all day out of

doors in the mountains or next to the sea, I would be the

happiest person in the world.

Contact: [email protected]

3. Gemeentelys en besonderhede: Die beleid van die Argief van die algemene Sinode, sowel as die wet op privaatheid, bepaal dat geen persoon se persoonlike inligting, sonder sy/haar toestemming uitgegee mag word deur die instansie waaraan die betrokke persoon dit in vertroulikheid toevertrou het nie. Indien daar reëlings getref moet word wat Bedieninge van hierdie gemeente betref, kan die kerkkantoor gekontak word of deur die kerkkantoor gewerk word.

4. Aanbiddingsruimte: Ons het by die Aanbiddingsbediening besluit om aandag te gee aan die binneruimte van die kerk. Ons wil die simboliek meer uitlig, veral wanneer dit kom by die Kerklike jaar. Indien u opmerk dat van die muurbehangsels verwyder word, is die bedoeling nie om die kerk te stroop nie, maar juis om meer die fokus te laat val op die kerklike jaar en die seisoen waarin ons ons nou bevind. Ons het 'n taakgroep aangewys om meer planmatig met die uitbou van ons simboliek besig te wees. Indien daar navrae is, skakel gerus vir Dr Johan.

5. Moria-Bybelstudie: Ons bespreek eers kortliks die afgelope

Sondag se preek en dan behandel ons 'n Bybelboek (Tans Titus). Volgende byeenkoms: 3 Julie om 10:00.

6. Doopherdenking: Onthou doopherdenking, op 5 Augustus 2018. As jy jou doop wil herdenk, kontak asseblief die kerk- kantoor by tel. 0216864315.

7. Vinyl Fair: Ons wil dit graag op 28 September as ’n gemeente- fondsinsameling hou. Indien jy ou plate, nog in hulle omslae, aan ons wil skenk, kan dit by die kerkkantoor afgelaai word. Vir die eerste keer gaan ons ook aan buite-instansies die ge-

leentheid bied om vir die aand ʼn tafel by

ons te huur. (Die huurgeld moet nog be-

paal word.) Kontak gerus vir Arina by 071 594 9659 om meer oor hierdie geleentheid en wat ons nog benodig uit te vind. Het jy dalk nog ʼn ou platespeler wat ons vir die aand kan leen?

Page 3: NG Gemeente Rondebosch · SnapScan is ’n toepaing (“App”) wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak. Ons hou julle op hoogte van die implementering

GESTUURDE GEMEENTE – GEWOONTES VAN GESTUURDES

Lewe 'n lewe wat deur ander bevraagteken word

In die eerste 300 jaar van die kerk se geskiedenis het die gewone

Romeinse burger al hoe meer begin vra: “Wie is hierdie vreemde

klomp mense wat die heel tyd genade praat en genade lewe? Wie is

hierdie mense wat ander aanvaar, ongeag hulle geslag, sosiale status

of etnisiteit? Wie is hierdie mense wat poog om die armes, nie net

onder hulle nie, maar selfs die vreemdes te versorg? Gestuurdes is 'n

alternatiewe groep mense – 'n kontra-kultuur.

Gestuurdes se gewoontes sluit in:

Om ander te seën.

Gestuurdes seën ander deur 'n woord van bemoediging en 'n

liefdesdaad waarvoor nie gevra word nie. Vir wie moet jy die week

tot seën wees?

Om saam te eet.

Gestuurdes kuier graag rondom 'n tafel saam met ander. Hierdie

tafel kan in jou huis staan of in die koffiewinkel of die restaurant.

Gestuurdes maak egter seker dat hulle ook met vreemdelinge kui-

er. Wie in jou buurt moet jy dalk vir ete nooi?

Om eerder te luister as te preek.

Om ander te hoor moet gestuurdes eers bereid wees om na die

Gees te luister. Gestuurdes maak van gebed 'n prioriteit. Vanuit

hulle gebedsruimte betree hulle die ruimte van ander. Daar in die

ruimte van die ander kan hulle ook beter hoor. Na wie moet jy

luister, al verskil jy van daardie persoon?

Om self ook by ander te leer.

Om ander te hoor, moet ek bereid wees om by die ander te leer.

Gestuurdes het geleer dat ongemak juis ruimtes vir groei

oopmaak. Wat kan jy die week oor Christus by iemand anders leer?

Om te gaan.

By wie moet jy die week gaan kuier?

Ramot Treatment Centre

Ramot is a holistic alcohol, pill and drug addiction treatment

facility. We aim to do more than simply break the cycle of

addiction, instead our approach to drug and alcohol rehab

enables physical, psychological and spiritual healing. Our

unique approach, which includes intensive, individual

attention, ensures that our patients leave the rehab centre

with the confidence and skills to live their lives to their fullest

potential.

Most of our drug and alcohol rehab treatments, such as detox,

medical treatment and psychological counselling, are provided

at the centre for in-patients, but we also offer continuing

support and guidance for out-patients to help them stay on

the road to recovery.

SnapScan is hier! Rondebosch is ook nou deel van die slimfoongenerasie! Jy het nou reeds nog ’n maklike en veilige manier om jou dankoffer, kollekte of maandelikse bydrae te maak. SnapScan is ’n toepassing (“App”) wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak. Ons hou julle op hoogte van die implementering. Gaan kyk gerus by www.snapscan.co.za of laai solank die applikasie op jou slimfoon af by Apple Store en Google Play Store. Die kode hieronder is vir ons gemeente. Vra gerus Koos Venter of vir Ester Freeman indien jy enige hulp nodig het om hierdie applikasie af te laai. Onthou om asb. ʼn rede in te sit vir jou betaling.

Page 4: NG Gemeente Rondebosch · SnapScan is ’n toepaing (“App”) wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak. Ons hou julle op hoogte van die implementering

FINANSIËLE OORSIG VIR DIE MAAND VAN JUNIE

Dankoffers vir Junie: R32 656 Mikpunt: R50 000 p.m.

Erediensoffers vir Junie: R7 101 Mikpunt: R12 000 p.m.

Deuroffer: R613.15 Ins�tuut vir Blindes

Dankie ook vir die volgende bydraes: Tuin en terrein: R 2 150

Moederskamer: R 800

Marié Schoeman: R 270

Sakala-Baba: R 6 619

Jaguasi: R 100

PROGRAM VIR DIE WEEK Skoolvakansie

Maandag:

19:30 Maranata Omgee

Binnehof-projek

Baie dankie aan Hester Louw wat aangebied het om die steenwerk in die binnehof te laat doen. Ook ʼn groot dankie aan Richard Dews, een van ons bure agter die kerk, wat so gaaf was om vir ons bousand en stene te skenk. Hou hierdie spasie dop vir ʼn vorderingsverslag.....

Rahul en Lorette

Jaguasi: Indië

Verjaarsdae vir die week

Ansie van den Heever 25 Junie

Ludan Theron 28 Junie

Naomi Willemse 28 Junie

Johan Marx 29 Junie

Willemien du Preez 30 Junie

Hulle bestuur ʼn Sorgsentrum vir

stasiekinders in Varanasi, Indië.

Hulle het ʼn wassery begin om die

kostes te help dek. Hulle het laat

weet dit gaan goed. Hulle vra gebed

vir Martha wat altyd by die sorg-

sentrum gewerk het, sy het verhuis

na Mumbai en soek steeds werk.

Voog: Johan Marx