noordkaap 20140122

5
Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant DIT word gesê ’n foto vertel ’n duisend woorde. ’n Paar van die woorde wat die foto moont- lik oordra, is vrees, onsekerheid, hartseer, angs, kommer, gedagtes van “ek wil terug huis toe gaan” of “o, gaats, wat nou?” . ’n Mens kan maar net wonder wat verlede week in die gedagtes van die vier gr. 1’tjies op hul eerste skoologgend ronddraai. Die vier leerlinge van die Laerskool Eureka is van links Gabrielle Brook, Quré Roets, Ruanette Swart en Lisa- marie Mathewson. Nog foto’s en ’n videogreep van die skool se gr.1’s se eerste oggend is op www.noordkaap.co.za. Sien bll.2 en 6 vir nog eersteskooldag-foto’s. Foto: Ruan Bruwer Ruan Bruwer TOE past. Flip Kühn Sondag in die Bikers’ Church die lidmate inlig iemand gaan ’n ge- tuienis lewer, het hy moontlik nagelaat om hulle te waarsku om die sneesdoekies gereed te hou. Wessel en Annelize Joubert van Kathu se getuienis het baie harte aangeraak en perfek gepas by die dag se preektema – Hoop. Annelize (30) het vertel sy is 14 jaar gelede gediagnoseer met geneties oordraagbare siek- tes en die internis het gesê sy sal nooit kinders kan hê nie. “Min het ek toe geweet die Here sou ’n groot wonderwerk in ons lewe laat gebeur. Maar as ek toe geweet het wat in die toekoms lê, sou ek beslis nooit probeer het (om kinders te hê) nie,” het sy gesê. Die Jouberts is deur ’n hele paar groot te- leurstellings in hul pogings om ’n kindjie te hê. Annelize, suster van die beroepsgholfspeler Jbé Kruger, het die eerste keer in 2009 ’n tuis- swangerskaptoets gedoen. Die sonar het ge- wys daar is ’n hartkloppie, maar dit het ophou klop. Twee weke later was sy weer met JW swan- ger. “Op 22 weke het ek weer vir ’n sonar gegaan en met ’n skok het ons gehoor hy weeg net 100 g en groei nie soos hy moet nie. Vier weke later is hy oorlede. “Toe hulle hom uithaal, het hulle gesien die naelstring het ’n verdikking en hy kon nie in die baarmoeder gevoed word nie. “My gees was geknak en ek was baie hart- seer,” het Annelize, ’n kleuterskoolonderwy- ser, vertel terwyl sy kort-kort die trane moes afvee en terwyl die kerkgangers ook swaar moes sluk. Sy het baie maande later ’n Bybelversie ge- kry wat baie berusting in hul lewe gebring het. Dit was Romeine 8:18: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. In 2010 was sy weer swanger met Nienke, maar drie weke voor haar geboorte is sy ook dood. “Maande daarna het ek gevoel asof ek saam met haar gesterf het. “Ek het gewens die Here het my saam met haar gevat – ek het net nie kans gesien vir die ongelooflike seer en pyn nie. “Ons het oor haar gewonder, toe stuur die Here ’n wonderlike boodskap vir Wessel in ’n droom dat sy met lang, donker krulhare in ’n spierwit kantrokkie gelukkig is.” Die tragedie het die Jouberts nogmaals in 2011 getref toe hulle ’n tweeling voor geboorte verloor het. Hulle het besluit om nie weer te probeer nie en aanneming of ’n surrogaatma oorweeg, hoewel albei vooruitsigte nie goed was nie. In Suid-Afrika is die wagtydperk vir aanne- ming lank en net 10% van surrogaatskap werk die eerste keer. “Die Here het ’n wonderwerk vir my ge- stuur. My vriendin Surita de Jager het aange- bied om my kind te dra sonder dat ek haar gevra het.” Hul tweeling, WJ en Annabelle, is in Augus- tus verlede jaar gesond gebore en Sondag in die kerk gedoop. “Die Here het daardie dag – in die kamer waar Surita gelê het wat dieselfde kamer is waar ek my dogtertjie verloor het, gesê: ‘Ek het hier een weggevat, vandag gee ek vir jou twee terug in haar plek’. “Die dag toe hulle gebore is, het daardie seer wat ek jare gedra het, laat verdwyn.” Geskenke van God ANNELIZE EN WESSEL JOUBERT met WJ en Annabelle wat Sondag gedoop is. Annelize se ouers, Han- nie en Ilse, is jare lank lid- mate van dié kerk. Hok toe!

Upload: noord-kaap

Post on 29-Mar-2016

283 views

Category:

Documents


22 download

DESCRIPTION

Noordkaap 20140122

TRANSCRIPT

Page 1: Noordkaap 20140122

Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

DITword gesê ’n foto vertel ’n duisendwoorde. ’n Paar van diewoordewat die fotomoont­lik oordra, is vrees, onsekerheid, hartseer, angs, kommer, gedagtes van “ek wil terug huistoe gaan” of “o, gaats, wat nou?”. ’n Mens kan maar net wonder wat verlede week indie gedagtes van die vier gr. 1’tjies op hul eerste skoologgend ronddraai. Die vier leerlingevan die Laerskool Eureka is van links Gabrielle Brook, Quré Roets, Ruanette Swart en Lisa­marie Mathewson. Nog foto’s en ’n videogreep van die skool se gr. 1’s se eerste oggendis op www.noordkaap.co.za. Sien bll. 2 en 6 vir nog eersteskooldag­foto’s. Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer

TOE past. Flip Kühn Sondag in die Bikers’Church die lidmate inlig iemand gaan ’n ge-tuienis lewer, het hy moontlik nagelaat omhulle te waarsku om die sneesdoekies gereedte hou.

Wessel en Annelize Joubert van Kathu segetuienis het baie harte aangeraak en perfekgepas by die dag se preektema – Hoop.

Annelize (30) het vertel sy is 14 jaar geledegediagnoseer met geneties oordraagbare siek-tes en die internis het gesê sy sal nooit kinderskan hê nie.

“Min het ek toe geweet die Here sou ’n grootwonderwerk in ons lewe laat gebeur. Maar asek toe geweet het wat in die toekoms lê, souek beslis nooit probeer het (om kinders te hê)nie,” het sy gesê.

Die Jouberts is deur ’n hele paar groot te-leurstellings in hul pogings om ’n kindjie tehê.

Annelize, suster van die beroepsgholfspelerJbé Kruger, het die eerste keer in 2009 ’n tuis-swangerskaptoets gedoen. Die sonar het ge-wys daar is ’n hartkloppie, maar dit het ophouklop.

Twee weke later was sy weer met JW swan-ger.

“Op 22 weke het ek weer vir ’n sonar gegaanen met ’n skok het ons gehoor hy weeg net100 g en groei nie soos hy moet nie. Vier wekelater is hy oorlede.

“Toe hulle hom uithaal, het hulle gesien dienaelstring het ’n verdikking en hy kon nie indie baarmoeder gevoed word nie.

“My gees was geknak en ek was baie hart-seer,” het Annelize, ’n kleuterskoolonderwy-ser, vertel terwyl sy kort-kort die trane moesafvee en terwyl die kerkgangers ook swaarmoes sluk.

Sy het baie maande later ’n Bybelversie ge-kry wat baie berusting in hul lewe gebringhet.

Dit was Romeine 8:18:Ek is daarvan oortuigdat die lyding wat ons nou moet verduur, nieopweeg teen die heerlikheid wat God vir ons indie toekoms sal laat aanbreek nie.

In 2010 was sy weer swanger met Nienke,maar drie weke voor haar geboorte is sy ookdood.

“Maande daarna het ek gevoel asof ek saammet haar gesterf het.

“Ek het gewens die Here het my saam methaar gevat – ek het net nie kans gesien vir dieongelooflike seer en pyn nie.

“Ons het oor haar gewonder, toe stuur die

Here ’n wonderlike boodskap vir Wessel in ’ndroom dat sy met lang, donker krulhare in ’nspierwit kantrokkie gelukkig is.”

Die tragedie het die Jouberts nogmaals in2011 getref toe hulle ’n tweeling voor geboorteverloor het.

Hulle het besluit om nie weer te probeer nieen aanneming of ’n surrogaatma oorweeg,hoewel albei vooruitsigte nie goed was nie.

In Suid-Afrika is die wagtydperk vir aanne-ming lank en net 10% van surrogaatskap werkdie eerste keer.

“Die Here het ’n wonderwerk vir my ge-

stuur. My vriendin Surita de Jager het aange-bied om my kind te dra sonder dat ek haargevra het.”

Hul tweeling, WJ en Annabelle, is in Augus-tus verlede jaar gesond gebore en Sondag indie kerk gedoop.

“Die Here het daardie dag – in die kamerwaar Surita gelê het wat dieselfde kamer iswaar ek my dogtertjie verloor het, gesê: ‘Ekhet hier een weggevat, vandag gee ek vir joutwee terug in haar plek’.

“Die dag toe hulle gebore is, het daardie seerwat ek jare gedra het, laat verdwyn.”

Geskenke vanGod

ANNELIZEEN WESSELJOUBERTmet WJ enAnnabellewat Sondaggedoop is.Annelize seouers, Han­nie en Ilse, isjare lank lid­mate van diékerk.

Hok toe!

Page 2: Noordkaap 20140122

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014

MET

die

skol

ew

asve

rled

ew

eek

geop

enhe

t,he

tB

enin

eC

ronj

éby

’npa

arva

nK

imbe

rley

sebe

kend

esga

anho

orho

ehu

llehu

lee

rste

dag

indi

ela

er-

enho

ërsk

ool

onth

ou.

Onthou hul gr. 1-, gr. 8-jaar

HELEN HUGO, skoolhoof van Kimberley Girls’ High,sê sy kon vertroue daaruit put dat haar ouer suster,wat twee jaar ouer was, naby genoeg was toe sy in1956 by die destydse Belgravia Junior School beginhet. “Ek onthou my ma het my skool toe gebring enek was baie opgewonde. Toe ek hoërskool (Girls’High) toe is, was dit ietwatmakliker, wantmy susterwas weer naby genoeg en baie van my laerskool­vriende was na dieselfde hoërskool as ek.”

RIKASTOCKENSTRÖM, kunsprojekteleier van dieWilliam Humphreys­kunsgalery, was in 1984 ’ngraadeentjie in die Laerskool Diamantveld. “Ekwas baie ingenome met my nuwe uniform op myeerste dag.” Haar eerste dag op hoërskool (Hoër­skool Adamantia in 1991) was haar romp hope­loos te lank en sy het die middag die romp kortergemaak. “Ek was nie bang vir die doop nie en ditwas darem ook nie erg nie.”

PAST. FLIP KÜHN van die Bikers’ Church was in1965 in gr. 1 aan die Laerskool Vryburg. “Ek hetvan Bray (op die grens vanNoordwes en Botswa­na) gekom, ’n baie klein plekkie waar minmensewas en ek een hegte vriend gehad het. Op myeerste skooldag was daar baie mense en ek wasnie daaraan gewoond nie, daaromwas dit vir mybaie traumaties. Dit was nie lekker nie en ek hetna my ma verlang. In gr. 8 is ek na die HoërskoolVryburg. Die ontgroening was baie erg daardiejare en die matrieks het soos reuse gelyk. Hullehet min genade betoon.”

NOLEEN ANDREWS, ’n dansonderwyser aan dieNoleen Andrews School of Dance, was bevoor­reg deurdat haar tannie in gr. 1 haar juffrou was.Haar eerste skooldag was in 1978 aan die Laer­skool Progress. “Ekwas baie opgewonde oormyeerste dag van skool en was glad nie bang nie.”Sy was in 1986 in gr. 8 aan CBC en beskryf diedag as senutergend, aangesien dit die eerste jaarwas dat meisies aan die skool toegelaat is. Sywas een van net 12 meisies in die graad.

MARIËTTE NOORTMAN, ’n bibliotekaris aan dieKimberley­stadsbiblioteek onthou haar eerste dagop skool as ’n opwindende dog effe skrikkerige erva­ring. Sy was in 1986 in die Laerskool Vryburg segr. 1­klas. In gr. 8 is sy na die Hoërskool Noord­Kaapwaar sy baie op haar senuwees was vir die ontgroe­ning, maar volgens Noortman was haar vrees toeonnodig.

MANDIE BURGER, kaptein van die Griekwaland­Wesse netbalspan, het haar skoolloopbaan in 1993aan die Laerskool Newton begin. “Al wat ek vanmy eerste dag onthou, is dat ons twee tweelinge(waarvan sy en haar tweelingbroer, Ean, een was)in die klas was en dat almal foto’s kom neem hetdaarvan.” Sy het sewe jaar later haar skoolloop­baan aan die Hoërskool Diamantveld voortgesit.“Dit was senutergend en ekwas bang, want ek hetnie geweet wie vanmy vriendinne daar gaan weesnie. Ons moes heeltyd net af gekyk het, moes indie vierkant voor almal gedans het en ons bikini’sbo­oor ons skoolklere aantrek en so rondloop het,”onthou sy hoe hulle gedoop is.

Ruan Bruwer

DIE woorde ontgroening en doop het oordie laaste dekade amper ’n vloekwoord inskole geword.

Die klem word deesdae eerder op oriënte-ring gelê met gr. 8’s wat nie verneder enkleineer moet word sodat hul menswaardig-heid aangetas word nie. Noordkaap hetverlede week by Afrikaanse skole inKimberley gaan hoor hoe dinge deesdaegedoen word.

Só word dit gedoen

CECILÉ OLIVIER, ’n gr. 12-leer-ling aan die Hoërskool Diamant-veld, onthou haar gr. 8-jaar omverskeie redes.

“Ons mag die eerste driemaande nie ons beenharegeskeer het nie. Dit was erg.Ons moes ons hare in agtponiestertjies dra. Ons moesook te alle tye afkyk grond toewanneer ons met ’n gr. 12-leer-

ling gepraat het. Ons matriek-groep het wel respek by onsafgedwing. Hulle het ’n beleidonderteken dat hulle gr. 8’salleen sal los en dat slegs diesenior komiteelede ons magontgroen. Charlie Louw,’ngr. 8-maat, het gesê ons was nieregtig gedoop nie en op diesottekamp het ons die seniorkomiteelede beter leer ken.”

DIE Hoërskool Adamantia sematrikulant JJ Scherman sê hyhet goeie herinnerings van syeerste dag in gr. 8.

“Ons is welkom laat voel endit was lekker. Ons moessnaaks aangetrek het en ekmoes een van die matriekmei-sies vra om met my te trou. Ekkan nie onthou wat haarantwoord was nie. Hulle wasons nietemin goedgesind.”

Hy vertel hulle het teenVrydag nog nie veel tyd gehadom saam met die gr. 8’s tebestee nie.

Joanne van der Westhuizen,een van die kuikens, soos gr. 8’sby Adamantia genoem word, sêsy was ’n bietjie bang vir dienuwe skool, hoofsaaklik omdatsy nuut in Kimberley was. Syhet darem nie ’n vrees vir diematrieks gehad nie.

Terug na die sottedae

Matrieks gesels oor gr.8-dag

BY die Hoërskool Noord-Kaap(HNK) het die matrikulantBianca Faber van haar eerstedag op skool vertel. Dit was glovrek erg.

“Die hoërskool was ’n aanpas-sing. Nietemin, wanneer ek nouterugkyk, het ek dit eintlikgeniet. Ek onthou die matrieksas streng. Gr. 8’s wat cheeky was,is vinnig vasgevat. Ek was dusstil. Ek onthou ek is wel oor diekole gehaal omdat ek gesukkel

het om die skoollied se woorde teken. Iets wat ek ook onthou, isdat ek op die verhoog moes staanen sê wie van die gr. 8-seuns virmy die aantreklikste is.”

Jared Anderson, ’n HNK-sot, sêhy was bang vir die hoërskool endie matrieks, maar meer nie. Hysê hy moes uit opdrag vangr. 12’s nog net “geplak” en“gebom” het. Om te plak is omteen ’n muur te staan en om tebom is om op die grond te val.

BY die HTS Kimberley het diematrikulant Frans Koortzen syeerste paar dae in gr. 8 weeronthou.

“Ek was baie bang. Ek hetniemand geken nie, nie eenvan my laerskoolvriende hethierheen gekom nie. Diematrieks was baie streng enhet die skool se tradisies byons ingedril. Ons is ook baie

rondgejaag,”sê Koortzen. Elkegr. 8-leerling het ’n tweeliterbot-tel vol sand gekry wat sy ofhaar baba is en wat hulle soos’n regte baba moes behandel enoral saam moes neem.

Die gr. 8-leerling Marko Groe-newald sê hy moes teen dietweede dag se tweede pouse nogniks ongemakliks in opdrag van’n matrikulant gedoen het nie.

Leerlinge vertel . . .

Matrikulante onthou

Page 3: Noordkaap 20140122

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014 3

Ruan Bruwer

UIT 1 200 inskrywings is op ’nKimberliet se matriekafskeidrokbesluit as die wenner in dievrouetydskrif Sarie se Matriekaf-skeidrok van die Jaar-kompetisie.Dié eer het die langbeen, blonde

Anchen Strauss te beurt geval enas prys verskyn twee blaaie sefoto’s van haar matriekafskeidgesel-ligheid in die Februarie-uitgawevan dié vrouetydskrif wat nou opdie rakke is.Strauss het die nuus dat sy

gewen het verlede Vrydag van ’noud-onderwyser wat op Kleinmondin die Wes-Kaap woon, gekry.Dié is op Sarie ingeteken en het

die tydskrif ontvang nog voordatdit op die winkelrakke was.Strauss sê haar suster, Mareli,

wat haar baie goed ken, het die rokop die internet raakgesien en nadatAnchen dit gesien het, wou sy netso ’n rok hê.Dit bestaan uit ’n noupassende

minirok van geborduurde kant-materiaal met ’n krale-afwerkingen ’n tweede deel (wat bo-oor pas),’n romp van die sagste sy-chiffon.Sy het haar vertroue vir haar

droomrok in Gerna de Beer gestel,wat in die verlede vir haar ’n rokgemaak het.Strauss beplan om vanjaar die

rok op koshuisdinees te dra (sygaan sielkunde aan die Universiteitvan Stellenbosch studeer) en laterkan sy dieselfde rok net as ’n kortrokkie dra.Volgens haar was daar nooit

realistiese verwagtinge dat sy souwen nie.Haar ma, Helmine, het haar

ingeskryf.

Haar metgesel na die HoërskoolDiamantveld se matriekafskeidge-selligheid, Deon van Zyl, verskynook drie keer in die tydskrif.“Hy was in sy noppies, maar

shame, hy het verleë gesê dit gaannie oor hom nie.”Sarie se modespan het gesê

Strauss was slim met haar keuseaangesien die neutrale kleur haarstylvol en vroulik laat lyk.“Ek het baie van die kleur gehou

sedert ek dit die eerste keer gesienhet. Die onderkant was wel ’nbietjie witter – toe het ons dit effemeer van ’n bruin kleur gegee.“Ek wou nie lyk of ek na my

troue toe gaan nie,” het Straussbaie gemaklik tydens ’n telefonieseonderhoud gesê, terwyl sy steedsby die see uitspan voordat sy haarvandeesweek op Stellenbosch moetaanmeld.

Wenmateriaal

ANCHENSTRAUSS in haarmatriekafskeidrokwat diewenrok in die tydskrifSarie sematriekafskeid­rok­kompetisie is. Sy was verlede jaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Diamantveld. Sien nogfoto’s van Anchen en haar rok op www.noordkaap.co.za. Foto: Louis Botha-fotografie

‘Ek het baie van diekleur gehou sedert ekdit die eerste keer ge­sien het. Die onderkantwas wel ’n bietjie witter– toe het ons dit effemeer van ’n bruin kleurgegee.’

Page 4: Noordkaap 20140122

NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014 9

DIE Noord­Kaapse premier, Sylvia Lucas, het haar intrek in die premierswoning in Oliver­straat geneem nadat dit ’n wyle leeg gestaan het. Na aanleiding van die gewerskaf bydie huis verlede week, wou dit lyk of sy pas hier begin woon het. Ook die polisie is daaropgemerk. Lucas kwalifiseer vir polisiebeskerming. Die vorige premier, Hazel Jenkins, wattot einde verlede jaar hier gewoon het, het glo intussen terug naDeAar toe getrek. Jenkinshet bykans ’n jaar gelede weens ’n brein­aneurisme ineengestort en het nie voldoendeherstel om haar werk te hervat nie. Regs op die foto het dit gelyk of tegnici verlede weeksekuriteitskameras vervang. Foto: Ruan Bruwer

Neem intrekin Oliverstraat

VROËER JARE was ’n kamera nie virelke Jan Rap en sy maat beskore nie,maar met die vooruitgang van dietegnologie kan enigeen wat deesdae ’nselfoon besit, hom of haar ’n fotograafnoem.

Deesdae het omtrent elke mens ’nkamera enige oomblik van die dagbyderhand.

Hierdie is ’n versoek aan Noord-Kape-naars om hul foto’s in Noordkaap sefotokompetisie met die koerant te deel.

Die foto kan iets vreemds, buitenge-woons, snaaks, interessants of sommernet mooi wees.

Dit moet egter ’n plaaslike kiekiewees.

Die gehalte van die foto is nie ’n voor-vereiste nie.

Dit is net van groot belang dat die fotonie kleiner as 500 KB is nie.

Ons kan nie kleiner foto’s as dit plaasnie (ons het die vorige week ’n paarinskrywings gekry wat almal kleiner as100 KB was . . .)

Stuur ook ’n volledige byskrif (wat opdie foto gebeur, waar jy die foto geneemhet, wat die agtergrond is en wie daaropis, indien dit ’n groepfoto is, sê wie almalop die foto is) saam met die foto.

Indien jy daardie foto het wat jy nogaltyd graag met soveel mense moontlikwou deel, e-pos dit na [email protected].

Aan die einde van elke maand gaanNoordkaap ’n wenfoto kies wat ’n R350-ge-skenkbewys van die Diamond PavilionShopping Mall vir die fotograaf beteken.

Stuur joufoto reg

IS daar Kimberliete wat graag gaan fliek enagterna die behoefte het om die rolprentmet iemand te bespreek? Wil jy nie dalk joumening oor ’n rolprent met ons lesers deelnie?

Ons is opsoek na iemand wat vir ons ’nfliekrubriek op ’n gereelde grondslag kanskryf.

Ons sal vir jou en ’n maat van ’n fliek-kaartjie voorsien, dan skryf jy vir ons ’nkort oorsig of resensie oor die rolprent vanjou keuse by die Ster-Kinekor-rolprentteaterin die North Cape-winkelsentrum.

Dit moet in Afrikaans geskryf word.Indien jy reken dat jy die ideale kandi-

daat is, skryf vir ons ’n kort opsomming/re-sensie van nie langer as 200 woorde nie van’n onlangse rolprent wat jy gekyk het.Stuur dit, sowel as ’n kontaknommer, teennie later nie as môre om 14:00 na [email protected]. Indien ons daarvanhou, sal ons jou bel.) Fliekvlooie sal bly wees om te verneemons gaan voort om weekliks drie gelukkigelesers elk met vier kaartjies met dievergunning van Ster-Kinekor te beloon.

Die fliekgids word weekliks in Noordkaapgeplaas. Ongelukkig word die weekliksegids, wat van Vrydae tot Donderdae insluit,eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekoruitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is.

Om die fliekgids tot die volgende Woens-dag te sien besoek gerus Noordkaap sewebtuiste, www.noordkaap.co.za, of

www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staanom een van die drie wenners van vierfliekkaartjies te wees gaan na www.noord-kaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies”bo-aan die blad. Hier sal jy sien wat om tedoen om deel te neem. Let wel: Die kaart-jies geld nie die eerste week van ’n nuwerolprent se uitreiking nie.

NOW SHOWING ATSTER-KINEKOR THEATRES

SHOWTIMESFRIDAY 17 JANUARY

- THURSDAY 23 JANUARYSHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY

TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

MORE WAYS TO BOOK

TicketLine082 16789

Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com /sterkinekortheatres APP @sktheatres

Follow us

NORTH CAPE MALL

FROZEN - 3D ˛ ßFri, Sat: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00Sun: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30Tue: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00

——————————————————————————————————

JACK RYAN: SHADOW RECRUIT¸˛

Fri, Sat: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00, 22:30Sun: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00Tue: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00, 22:30

——————————————————————————————————

WOLF OF WALL STREET˛

Daily: 9:05, 12:45, 17:00, 20:45——————————————————————————————————

MANDELA: LONG WALKTO FREEDOM ˛Daily: 11:15, 14:15, 17:30, 20:30

——————————————————————————————————

STUUR GROETE AANMANNETJIES ROUX ˛ ¿Fri, Sat: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45, 22:30Sun: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45Tue: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45, 22:30

——————————————————————————————————

SCHUKS!YOUR COUNTRYNEEDSYOU ˛Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15, 22:45Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15, 22:45

Skryf ’n fliekrubriek

Page 5: Noordkaap 20140122

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

DIE dae dat daar eers in die herfs vir dierugbyseisoen voorberei word en dat daareers dan rugby begin speel word, is al ’npaar jaar iets van die verlede. Selfs skole hetin Oktober al vir die volgende seisoen beginoefen.Met die hittegolf wat Kimberley steeds in

’n wurggreep het, is daar nie skielik afge-skaal wat die Griekwas se voorbereiding virdie jaar se rugby betref nie.Die spelers het weer op 7 Januarie

saamgetrek nadat hulle drie weke af was.Volgens Kobus Calldo, die Griekwas se nuwekondisioneringsafrigter, moes die spelers ’nprogram volg in die tyd dat hulle af was watuit aërobiese en kragoefeninge bestaan het.Hulle is almal met die terugkeer getoets omte kyk of hul fiksheid op die verlangde vlakis.Die intensiteit van die oefeninge sou

volgens hom eergister begin toeneem het.“Ons begin soggens vroeg, want jy wil die

spelers nie te lank in die son hou nie. Jy wilhulle ook nie te negatief maak deur hulle indie hitte baie te laat rondhardloop nie. Diespelers wat aan die kus uitgespan het, het ditaanvanklik in die oefeninge gevoel (weensdie dunner lugdruk in die binneland).“Ons is nog ver van waar ons moet wees

wat fiksheid betref, maar daar is nog sesweke voordat ons gereed moet wees,” hetCalldo gesê wat in 71 wedstryde vir dieCheetahs as voorry gespeel het. Die Poublou-es se nuwe hoofbreier, Hawies Fourie, hetverlede jaar met sy aanstelling gesê hy wiltoesien dat die Griekwas se kondisioneringmeer in lyn met die Vrystaat kom. DieGriekwas het reeds Vrydag hul eerstewedstryd teen die Cheetahs agter die rug.

Griekwasfisiek gereed

Ruan Bruwer

DIE Knights se hoop op ’n uitspeel-plek in die plaaslike T20-reeks isnog lewend, maar hy sal nievanaand ’n tuisnederlaag kanbekostig nie.Die Knights kom om 18:00 teen

die Warriors op die Diamant-ovaalte staan – ’n veld waarop dietuisspan ’n vrot rekord het.Hy kon op sy tweede tuisveld

nog net twee seges in tien T20-wed-stryde behaal.Danksy ’n paar gunstige uitslae

en ’n suksesvolle lopiejaagtog teendie Titans Sondag in Centurion is’n plek onder die topdrie (om ’nuitspeelplek te verseker) ’n wesen-like moontlikheid al het dieKnights nog net twee van sy seswedstryde in die reeks gewen.In Centurion het die Sentrale

Streekspan ’n terugslag beleef in sysoektog na 149 toe albei sy aan-vangskolwers – twee van dievoorste lopiemakers in die reeksReeza Hendricks en Rilee Rossouw– vroeg uit is.Maar ’n puik 120-lopievennoot-

skap tussen Dean Elgar en Pitevan Biljon het die wa deur die drifgetrek.Hendricks van die Griekwas is

die reeks se voorste lopiemaker.Hy het vier 50-talle in sy ses

kolfbeurte teen ’n gemiddelde van67,50 bereikMet hom en Rossouw aan die

voorpunt sal die Knights hoop op’n stewige begin.Die kaptein Johann van der

Wath sal hoop hy wen die loot enboul eerste, want in die vorige vierT20-wedstryde hier het die spanwat tweede gekolf het elke keerkoning gekraai.Die Oval sal vir die Warriors

geen vreemde veld wees nie. Hullehet die vorige drie seisoene elkekeer ’n T20-wedstryd hier gespeel.) Die hekke open om 17:00.

Vir elke vangskoot in die skare isR1 000 van die borg op die spel.Drie gelukkiges sal tydens die tweekolfbeurte uit die skare gekiesword wat hul vernuf onder ’n hoë

bal in die middel van die veld tentoon sal stel. As jy ’n bal laat val,is jy uit.Die een wat laaste staande bly, salR2 000 in sy sak steek.

Knights nog hoopvol

REEZA HENDRICKS van die Knights, ’n Kimberliet, het in ses kolfbeur­te 270 lopies in die T20­reeks opgestapel – die meeste deur enigespeler. Foto: Conrad Bornman

VIRmeersportnuus

enfoto’s

besoekNoordkaapse

webtuisteby

www.noordkaap.co.za.