nss vraestel a: afrikaans eerste addisionele taal...

21
HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 13 BLADSYE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30) AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10) AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40) Lees ALLE instruksies baie goed. Beantwoord AL die vrae. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. Trek ʼn streep na elke afdeling. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. Skryf netjies en leesbaar. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10 JUNIE 2018 PUNTE: 80 TYD: 2 UUR MODERATOR: I WILMANS

Upload: others

Post on 11-Oct-2019

30 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 13 BLADSYE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)

AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)

AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)

Lees ALLE instruksies baie goed.

Beantwoord AL die vrae.

Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.

Trek ʼn streep na elke afdeling.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.

Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Skryf netjies en leesbaar.

Beplan jou tyd só:

AFDELING A: 50 minute

AFDELING B: 30 minute

AFDELING C: 40 minute

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALVRAESTEL 1

GRAAD 10JUNIE 2018

PUNTE: 80 TYD: 2 UUR

MODERATOR: I WILMANS

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

AFDELING A: LEESBEGRIPVRAAG 1TEKS A: ARTIKEL Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae.

EKSRA KLASSE VIR WISKUNDE

Ekstra wiskundeklasse speel ’n al hoe groter rol in die vaslegging van belangrike wiskundebegrippe by kinders. Maar hoekom is ekstra klasse nodig?

1. Een van die besigste leersentrums op ’n dorp is dié waar ekstra wiskundeklasse aangebied word. Kinders van alle ouderdomme (vanaf vier) stroom daarheen.

2. Riané van Rensburg is ’n onderwyseres van Vereeniging. Sys ê dat kurrikulums te vol is en klasperiodes te kort is.

3. Prof. Johan Engelbrecht, die direkteur van die Suid-Afrikaanse Wiskundstigting, sê wiskunde is ’n konseptuele vak. Hy sê baie oefening is nodig om sukses in wiskunde te behaal. “Verder is daar problem by skole met groot klasse, min individuele aandag, onderwysers wat swak opgelei is of te besig is. Baie onderwysers is nie toegewyd en gemotiveerd nie. Ouers is ook te prestasiegedrewe en verwag te veel van hulle kinders.”

4. Dr. Ryna du Toit, ’n ouddosent in wiskunde-onderrig voel dat ekstra klasse nie is vir kinders wat niks doen in die skool nie. Ekstra klasse kan nie die skool vervang nie, maar bloot aanvul.

5. Daar is ’n paar eksterne omstandighede wat redelik algemeen tot wiskunde-agterstande lei.Kinders met ’n wanfunksionele verhouding met hulle onderwysers veroorsaak swak begrip en prestasie. Ander probleme is swak dissipline of dat kinders glo hulle is nie wiskundig aangelê nie. Hierdie persepsie word deur swak toetspunte versterk en ’n angs vir wiskunde ontstaan. Die gevolg is dat die weerstand groei en ’n nog groter blokkasie ontstaan. Dit word al hoe moeiliker om weer vertroue en liefde vir wiskunde te herstel.

6. Ekstra wiskunde-onderwysers is skaars en duur. Om dit vir hulle die moeite werd te maak, neem hulle meermale groepies en dieselfde probleme duik op. Kinders wat reeds swak presteer, verloor vrymoedigheid en hulle verdwyn in die groep.

7. Wiskundesentrums volg ’n vasgestelde program wat aandag aan algemene wiskundevaardighede gee. As jy ’n een-op-een-onderwyser raakloop, moet daar baie spesiale eienskappe wees. Die onderwyser moet kan identifiseer waar die uitval was. Die onderwyser moet bou en nie breek nie en die kind se vertroue behou.

8. Ouers moenie teen die einde van die termyn of jaar of voor ’n toets skielik die hulp van ’n ekstra juffrou inroep as alles al skeefgeloop het nie. Die ekstra opvoeder kan nie wonderwerke doen nie.

[Verwerk uit: Vrouekeur, 16 Februarie 2018]VRAE:

1.1 Watter leersentrums is die besigste? (1)

1.2 Hoe oud is die jongste kinders wat gaan vir wiskundeklasse? (1)

1.3 Waarom stroom kinders na die besigste leersentrums? (1)

Bladsy 2 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

1.4 Watter redes gee Riané van Rensburg waarom kinders ekstra wiskundeklasse nodig het? (2)

1.5 Prof. Johan Engelbrecht sê baie oefening is nodig vir sukses.. (Par. 3)

Is hierdie woorde ’n feit of ’n mening? Haal ’n frase aan om jou antwoord te motiveer. (2)

1.6 Watter ander redes gee prof. Engelbrecht vir die noodsaaklikheid van ekstra wiskundeklasse? (2)

1.7 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die antwoord neer.

Dr. Ryna du Toit sê wiskundeklasse moet (plaasvervangend/aanvullend wees). (1)

1.8 Kies die antwoord wat die sin nie KORREK sal voltooi nie. Skryf net die vraagnommer (1.8) en die antwoord (A−D) neer, bv. 1.8E.

Eksterne omstandighede wat tot wiskunde-agterstande lei, is ...

A wanfunksionele verhouding tussen onderwyser en leerling.

B klasse wat te groot is en kinders is skaam om te vra.

C kinders wat glo hulle hulle is nie wiskundig aangelê nie.

D onderwysers wat te streng is en nie kinders wil help nie. (1)

1.9 Wiskunde-angs ontstaan en hoe angstiger, hoe erger.” (Par. )

1.9.1 Wat veroorsaak dat wiskunde-angs ontstaan? (1)

1.9.2 Wat is die gevolge van wiskunde-angs vir kinders? (2)

1.10 Noem TWEE eienskappe van ekstra wiskunde-onderwysers. (2)

1.11 Wat gebeur wanneer ekstra wiskunde-onderwysers liewer groepies onderrig? (1)

1.12 Sê in jou EIE WOORDE wat ’n “een-op-een-onderwyser” (Par. 5) beteken. (1)

1.13 Noem TWEE belangrike kwaliteite wat ’n een-op-een-onderwyser moet hê. (Par. 7) (2)

1.14 Ouers moenie eers voor ’n toets ’n ekstra wiskunde-onderwyser se hulp kry nie.

1.14.1 Wanneer het leerlinge ekstra klasse nodig? (1)

1.14.2 Motiveer jou antwoord in 1.14.1. (1)

1.15 Dink jy ekstra wiskunde-klasse is nodig? Motiveer jou antwoord. (2)

[24]

Bladsy 3 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018TEKS B: WATTER KLEINHANDELAARS VERSKAF DIE MEESTE WERK?Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae

UIT: Grafika24.com, 15 Mei 2018 deur Isabella Maake

Bladsy 4 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

1.16 Watter kleinhandelaars verskaf aan die meeste mense werk? (1)

1.17 Hierdie grafiek dui aan watter kleinhandelaars aan mense werk verskaf.

1.17.1 By watter kleinhandelaar sal ’n persoon werk wat graag met sy hande iets doen? (1)

1.17.2 Waar sal iemand graag werk wat baie lief is vir mooi aantrek? (1)

1.18 Restaurante verskaf aan 7% van mense werk.

Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is deur ’n frase uit die grafiek aan te haal. (1)

1.19 By watter groep kleinhandelaars sal jy jou kruideniersware gaan aankoop? (1)

1.20 Watter groep kleinhandelaars besoek jy die meeste? Motiveer jou antwoord. (1)

[6]

TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES:

1. Som die SEWE MANIERE oor hoe om te ontspan in die onderstaande teks in SEWE SINNE in jou eie woorde op.

2. Skryf elke wenk in ’n volsin neer.

3. Moenie direkte aanhalings uit die leesstuk gebruik nie.

4. Skryf die sinne PUNTSGEWYS onder mekaar neer.

5. Laat ’n reël tussen die sinne oop.

6. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

7. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

8.

Bladsy 5 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

TEKS C: MANIERE OM WERKLIK TE ONTSPAN

1. Adrenalien en kortisol veroorsaak spanning in jou spiere. Begin jou lyf stelselmatig ontpan: trek die spiere in jou tone vir sowat 5 sekondes saam en ontspan dan weer.

2. Die Amerikaanse Sielkundevereniging het in sy 2017 verslag gesê dat mense se stresvlakke styg hoe meer gereeld hulle sosiale mediaplatforms opsoek. Skakel sosiale media af!

3. As jy van openbare vervoer gebruik maak, kan jy mediteer. Kalm, Apple se toepassing van die jaar, bied begeleide meditasie aan wat wissel van drie tot 25 minute.

4. Maak een lysie want dit verlig stres omdat jy weet jy het dit iewers neergeskryf. As jy te veel plekke het waar jy lysies maak, soos in ’n dagboek en op die rekenaar, skep dit spanning.

5. Maak ’n wenslysie. Soms het jy tyd vir pret, maar sit dan sonder idees. Hou ’n lysie op jou selfoon of rekenaar van lekker dinge wat jy graag wil doen. Dit kan iets so eenvoudig wees soos lê onder die boom.

6. Jy moet jouself nou en dan afvra wat die ergste is wat kan gebeur as jy nie jou lang lys takies afhandel nie. Gaan jy oor vyf jaar onthou jy het nie jou kas reggepak nie?

7. Maak aan die begin van die maand afsprake met vriende vir dinge wat jy graag wil doen. Mens skuif maklik ontspanning uit wanneer jy besig is.

(verwerk uit: Rooi Rose, Februarie 2018)

TOTAAL AFDELING B: 10

Bladsy 6 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3

TEKS D: ADVERTENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die advertensie gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit. Daar kan opsetlike taalfoute in die advertensie wees.

KATTE IS VLEISVRETERS

Kyk wat (3.2 30%) MEER PROTEȈEN kan doen!Feline Cuisine bevat (3.3 hoog) vlakke van proteïen

in die vorm van pluimveemeel en hoender. Vars vleis is die (3.5 goed) bron van proteïen.

Ons veearts het Feline Cuisine geformuleer om voedsaam en smaaklik te wees! Met Feline

Cuisine sal jy nooit vir jouself ’n kat in die sak koop nie!

Vir jou kat se gesondheid en geluk ... voer hulle met Feline Cuisine ... hulle sal jou nog meer

liefhê!

Vir jou (3.8 gratis) pakkie Feline Cuisine, stuur ’n e-pos na info@[email protected]

3.1 Noem TWEE tegnieke wat die adverteerder gebruik om die leser se aandag te trek. (2)

3.2 Skryf die gedeelte tussen hakies uit in woorde.

Kyk wat (30%) MEER PROTEȈEN kan doen! (2)

3.3 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

Feline Cuisine bevat (hoog) vlakke van proteïen. (1)

3.4 Vorm ’n BETREKLIKE VOORNAAMWOORD van die woorde tussen hakies.

(1)

Bladsy 7 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

Jy kan ’n gesonde kat kry (met + wat) jy kan spog.

3.5 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Vars vleis is die (goed) bron van proteïen. (1)

3.6 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Hierdie kat se (persoon wat die kat besit) is ’n gelukkige vrou.. (1)

3.7 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer (3.7) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 3.7 E.

“Jou ’n kat in die sak koop” beteken jy …

A koop ’n regte kat.

B sluit ’n slegte koop.

C koop ’n winskoop.

D kry ’n kat gratis. (1)

3.8 Gee ’n ander Afrikaanse woord wat dieselfde beteken as “gratis”. (1)

[10]

VRAAG 4

TEKS E: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

Uit: meestr168.gif

Bladsy 8 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

4.1 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. (Raampie 1)

Die man sê: “Neelsie, jy luister nie.”

Begin so: Die man sê dat … (1)

4.2 Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD. (Raampie 1)

Die man is baie kwaad vir Neelsie. (1)

4.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (4.3) en die antwoord neer.

Die man is (sarkasties/manipulerend) as hy vir Neelsie vra of hy doof is. (1)

4.4 Gee EEN woord vir die woorde in hakies.

Die man voel dat ouer vroue (elke dag) na hom luister. (1)

4.5 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

Meester word (kwaad). (1)

4.6 Gee die VERKLEINING van die woord tussen hakies.

Die man praat met al die (kinders). (1)

4.7 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.

Die man leer die kinders. (1)

4.8 Gee die KORREKTE DEELWOORD van die woord tussen hakies.

Die man het ’n (skok) uitdrukking op sy gesig. (1)

4.9 Verbind die sinne met die VOEGWOORD in hakies.

Die is baie kwaad. Die seun dink dis ’n grap. (Terwyl) (1)

4.10 Verander die STELSIN in ’n VRAAGSIN.

Die man is baie kwaad vir die seun. (1)

[10]

Bladsy 9 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

VRAAG 5

TEKS F: LEESSTUK

Die taalvrae wat volg, is op die leesstuk gebaseer.

Opsetlike taalfoute kan voorkom.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

’n Kykie na die aard van “die mens se beste vriend”

1. Die hond is baie meer as net ’n (5.1 blaf) mensemaat op pote. As hy hardloop, werk sy (5.2 liggaam) byvoorbeeld soos ’n blaasbalk en wanneer hy droom, droom hy miskien eerder in klanke en geure as van sigbare dinge. Honde-eienaars moet nooit (5.3 vergeet) dat hul honde eintlik tropdiere is nie.

2. Honde en wolwe verbaster maklik en daar is ’n aantal jare gelede bereken dat daar in Amerika alleen enigiets tussen 300 000 en 500 000 sulke basters is. Soos gesing word in die liedjie Die Brakke van Turffontein, is daar rêrig “rooies en daar’s bontes–en daar’s alles wat ’n hond is”. Ons kry by geen ander soogdier so ’n verskeidenheid van (5.9 liggaam+groottes) as by honde nie.

3. Die wereld se hondebevolking tel na raming op die oomblik sowat 400 miljoen. Hulle is goeie werkers! In die koue trek hulle die sleë oor die sneeu. Hulle word ook as jaghonde gebruik. Vir baie blinde mense is hul gidshonde.

4. Op plase sorg herdershonde dat vee bymekaar bly en vir miljoene mense dien honde as wagters wat moet help keer dat skelms snags inbreek en hul besittings wegdra. Suid-Afrika se eie boerboel is een van verskeie rasse wat juis geteel is om goeie waghonde te wees.

5. Nie verniet dat die hond die mens se beste vriend genoem word nie.

(Verwerk uit Huisgenoot se Mieliestronk.com)

5.1 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (5.1) en die antwoord neer.

Die hond is’n (5.1 blaf) mensemaat. (1)

5.2 Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord. Skryf net die vraagnommer (5.2) en die antwoord neer.

Sy liggaam werk soos ’n blaasbalk. (1)

5.3 Gee die ANTONIEM van die vetgedrukte woord. Skryf net die vraagnommer (5.3) en die antwoord neer.

Honde-eienaars moet nooit vergeet dat hul honde eintlik tropdiere is nie. (1)

Bladsy 10 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

5.4 Verander die sin in ’n VRAAGSIN sodat die vetgedrukte gedeelte die antwoord is.

Amerika het tussen 300 000 en 500 000 basterhonde. (1)

5.5 Skryf die SOORTNAAM in die sin neer.

Ons kry by geen ander soogdier so ’n verskeidenheid soorte nie. (1)

5.6 Skryf die volgende sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

Honde en wolwe verbaster maklik. (1)

5.7 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

Honde is getrou. Hulle is die mens se beste vriend. (daarom) (1)

5.8 Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF.

Honde hou van mense.

Skryf die sin oor en begin só: Honde behoort … (1)

5.9 Vorm EEN WOORD van die woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer (5.9) en die antwoord neer.

Ons kry by geen ander soogdier so ’n verskeidenheid van (liggaam+groottes) as by honde nie. (1)

5.10 Verbeter die spelfout in paragraaf 3. (1)

5.11 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKENS in.

Honde werk as jaghonde gidshonde en wagters. (1)

5.12 Gebruik die HOMONIEM van die vetgedrukte woord in ’n sin sodat die betekenis duidelik blyk.

’n Hond is ’n mens se beste maat. (1)

5.13 Gee ’n SINONIEM vir die woord tussen hakies.

Skryf net die vraagnommer (5.13) en die antwoord neer.

Honde moet keer dat (skelms) inbreek. (1)

5.14 Kies die KORREKTE HOMOFOON tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (5.14) en die korrekte antwoord neer.

Honde (blyk/bleik) baie interessant te wees. (1)

[14]

Bladsy 11 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

Bladsy 12 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

TEKS G: PRENT

Die taalvrae wat volg, is op die prent gebaseer.

Voer die instruksie by elke vraag uit.

(Uit: clipartlord.com)

Bladsy 13 van 14 Blaai asseblief om

AFRIKAANS EAT GRAAD 10 VRAESTEL 1 JUNIE 2018

5.15Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer (5.15) en die antwoord neer.

Die skoolgebou is ’n (enkelverdieping/dubbelverdieping). (1)

5.16Beantwoord die vraag in die ONTKENNENDE VORM.

Is die leerlinge in die klas?

Begin so: Nee, … (1)

5.17Vul die korrekte VOORSETSEL in. Skryf net die vraagnommer (5.17) en die antwoord neer.

Daar staan ’n voertuig ... die skool. (1)

5.18Skryf die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies.

Hierdie is ’n (skool vir dogters). (1)

5.19Skryf die sin oor en verbeter die WOORDGEBRUIK.

Die harder die kinders werk, die beter doen hulle.

Begin so: Hoe … (1)

5.20Voltooi die sin deur die korrekte woord in te vul.

Die voertuig wat daar staan, is ’n .... (1)

[6]

[20]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 80

© Kopiereg voorbehou Bladsy 14 van 14 EINDE VAN DIE DOKUMENT