nuusbrief / newsletter december 2014.pdf · nuusbrief 1. redaksioneel 2. boodskap uit die kantoor....

28
Die Winsbees The Profit Breed Drakensberger NUUSBRIEF / NEWSLETTER DESEMBER / DECEMBER 2014

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Die WinsbeesThe Profit Breed

DrakensbergerNUUSBRIEF / NEWSLETTER

DESEMBER / DECEMBER 2014

Page 2: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

InhoudsopgaweDRAKENSBERGERS

DESEMBER2014NUUSBRIEF

1. Redaksioneel2. Boodskap uit die kantoor.3. Algemene Jaarvergadering 20144. Jaarverslag5. Veilingsverslae

• Frankfortveiling opsomming• Noord-Wes Drakensberger klub veiling• Veilings gemiddelde vir die jaar.

6. Nuus uit die streke.• FoxintheHillinligtingsdag.• Drakensbergers in Gordonia presteer ekstensief• Hoëveld Drakensberger studiegroep

• OTDK• Nasionale Jeugskou• UP Studente opleiding• Vrystaat Drakensberger studiegroep

7. Kursusse• Leerder keurders kursus

8. Nasionale veiling9. Veilingsdatums10. Veearts brief11. Poena Diere12. Eerste aanvaardings13. 2015 Streeksindeling

Die Raad van die Drakensberger Beestelersgenootskap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige uitsprake in hierdie uitgawe nie.

VOORBLAD FOTO: Johan Rautenbach

FOTO: Johan Rautenbach

2 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 3: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

2014 snel ten einde. Net nog ‘n jaar verby?? Ja, maar nie sonder sy eie inhoud en nalatenskap van verandering, blydskap, sukses, en ook sy kwota hartseer nie. Goed en die sleg loop dikwels hand aan hand. Soms is dit ‘n keuse maar 2014 sal soos elke jaar voor hom deel wees van die geskiedenis van ons Genootskap. ‘n Jaar van groot verandering waarby baie emosie betrokke was. Die skuif van ons eie kantoor op Volksrust na die Sekretariaat by Stamboek was hartseer maar nodig. Lizanne Vermeulen en Chris Els gaan soos Wilanna Coetzer huishoudelike name word sonder dat ons ooit van Stienie sal vergeet. Dankie aan Piet Uys wat bereid was om soveel geskiedenis in die kantoor te behou. Tereg ook omdat die Uys familie diep verweef is in die hele geskiedenis van die Drakensberger Bees.

2014 was ook ‘n jaar van besonderse aksies. Met oorgawe gedryf deur ons President, Dr. Johann Fourie, word onder meer samesprekings gevoer met die Voerkraal Vereniging en die LNR se navorsingspan. ‘n Veekundige Beraad met deelnemers oor die hele spektrum [KRY/KOOP DIE BOEKIE] word op Vrede gehou. Toekomsbepalende aksies wat betekenisvolle inpak maak –oral. Mites en negatiewe persepsies word afgebreek en daar word met ander oë na die Drakensberger Beesras gekyk. Dankie Johann. Verskeie inligtingsdae deur klubs en groepe met uiters sinvolle inhoud word aangebied en betrek veral ook die kommersieële teler. Die stigting van die Noord-Oos Vrystaat Studiegroep is nog ‘n veer in Piet de Villiers se hoed – nog ‘n monument in 2014 opgerig. As dit oor die Drakensberger gaan ken Piet se entosiasme nie grense nie. Viva Piet!!

Ons AJV was voorwaar ‘n pragtige geleentheid op ‘n pragtige plek. Magiel Blom word verkies as President met Willie Landman as sy adjunk en Johann Fourie bly op die Raad. Dit waarborg die momentum van nuwe inisiatiewe en die uitdaag van aanvaarde norme [soos Poenas] deur wetenskaplike gronde wat noodsaaklik is vir die toekoms van die Drakensberger.

Dankie Magiel dat jy weer voor vat. Baie min telers weet wat jy regtig alles vir ons Genootskap doen en beteken. Ons weet die skip sal op koers bly. Die enigste teleur-stelling was dat so baie lede nie die AJV bygewoon het nie. Ons moet nooit vergeet dat die ware krag van die Genootskap in sy lede se betrokkenheid gesetel is nie en die AJV is die plek om jou bydrae te maak. Dit is die plek om jou stem te laat hoor en jouself met kennis en inligting te bemagtig. Kom ons maak BETROKKENHEID prioriteit vir 2015.

Namens die Raad wens ons U en U familie ‘n baie Geseënde Feestyd toe en mag 2015 vir almal ‘n jaar van voorspoed en vrede wees.

Carel NelRed

aksi

onee

l Tyd

‘n Gelykte gesegde maar ook so onteenseglik waar.

verby!vlieg

Hiermee wil ek die Drakensberger Beestelersgenootskap verwelkom by die nuwe kantoor. Ek glo en vertrou dat die ras se lede baie gelukkig hier sal wees. Die feit dat die kantoor in dieselfde gebou as SA Stamboek is, sal kommunikasie asook beheer oor die stand van sake meer doeltreffend maak.

Die kantoor is uit die aard van die saak nou bloodgestel aan die “nuwe” kultuur van die Genootskap en daarom is daar ‘n leerproses wat voorlê, maar ek sien daarna uit om deel hiervan te wees.

Ek wens al die telers ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

Lizanne Vermeulenkantooruit die

Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 3

Page 4: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Drakensberger

AJVMet hierdie 2 aanhalings as dryfveer, het 6Plus telers hierdie jaar die Algemene

Jaarvergadering van die Drakensberger Beestelersgenootskap op die wilds-plaas, Amanzi, buite Brandfort in die Vrystaat gereël.

En met entoesiasme, dinkwerk en hardwerk het die Brandforters vir meer as 'n jaar ongeveer elke maand 'n vergadering belê om 'n baie geslaagde en UITERS suksesvolle AJV aan die telers to bied!

Die TEMA van die naweek was: VELDBEES V0ERKRAALBEES WINSBEES. Vrydag 26 September 2014 was die spreker Prof Johan Willemse, by die Bosberaad, lê aan die woord, en het met sy kenmerkende aanbiedingstyl, die uitdagings en ekonomiese vooruitsigte van Beesboerdery vir die volgende jaar(e), verskaf.

Volgende aan die beurt was Mnr. Louw van Reenen met sy Tema: Drakensbergers in die Voerkraal, asook die Toekoms van die Voerkraalbedryf

Daar was na die tyd geleentheid vir vrae vra, en lede het entoesiasties deelgeneem.

Die aand is 'n semi formele Dinee aangebied, en die tafels was keurig en pragtig versier.Die dames van die 6Plus telers het almal lekker saamgewerk, en in samewerking met die gewillige en altyd vriendelike, oord bestuurder, Leonora, is Giles tot en met die nagereg, die aand uitstekend aangebied.

Dr. Johann Fourie die President van die Drakensberger Beestelersgenootskap, het ‘n kort, maar treffende boodskap gelewer.

Die Hoofborg van die naweek was ENB, en Mnr Paul van den Berg, Bestuurder van die Vrystaatstreek, het as sodanig ook 'n boodskap aan die lede gelewer.

ALGEMENE JAARVERGADERING 26 EN 27 SEPTEMBER 2014

AMANZI WILDSPLAAS BRANDFORT

Nuggets het gesê “Die tweeling van sukses is dinkwerk en hardwerk. Met net EEN van die twee het niemand nog bo uitgekom nie.”

En Charles Schwab het gesê: “’n Mens kan sukses behaal in enigiets waarvoorjy ‘n onbeperkte entoesiasme het.”

4 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 5: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

‘n Sertifikaat van Voortreflikheid is aan Koot Louw, veekundige konsultant namens die Drakensberger beestelersgenootskap oorhandig, vir sy onbaatsugtige en entoesiastiese diens, om die Drakensberger as die beste boerbees aan nie telers en telers to bemark.Baie Geluk aan al die ander stoettelers met hul prestasies.

Piet de Villiers het ‘n oorkonde ontvang vir die onbaatsigtige diens wat hy lewer aan die Drakensberger Beestelersgenootskap en sy lede.

Dr Pierre van Rooyen, Hoofbestuurder van SA Stamboek, het in die afwesigheid van Mnr Chris Els, die bestuurder van Sekretariaat die Sekretariaat kom bekendstel, en hoe die Telersgenootskap van nou af in Bloemfontein sal funksioneer.

Daarna is die veiling van die Kalender vir 2015 deur Koot Louw as afslaer behartig. Koot is 'n uitstekende afslaer. Daar is onder luide gelag, kennis geneem van sy kwinkslae!

Deelname was traag, en die lede kon regtig maklik kies watter maand hul advertensies wou plaas.

Almal het heerlik aan die geregte gesmul, en daar is tot in die vroeë oggendure lekker saam gekuier.

Saterdagoggend, 27 September, is ‘n heerlike buffet ontbyt by die Wild Olive restaurant op die wildsplaas genuttig, en daarna is die Algemene Jaarvergadering in die Sabel Saal aangebied.

Die openingspreker by die geleentheid was mnr. Gerrit van Zyl, Bonsmara teler, en ook soos by dit self gestel het, net n boer.

Gerrit bekend aan ons almal, was al Beesboer van die Jaar, President van die Bonsmara Beestelersgenootskap ens.

Gerrit lewer 'n treffende geestelike boodskap, en daarna gesels by met die telers oor praktiese beesboerdery in die algemeen.

Daarna is Magiel Blom as voorsitter, Willie Landman as vise-voorsitter en Johann Fourie as raadslid herkies deur die lede.

Ons as 6 Plus telers, wens Magiel en Linda voorspoed en sukses, en bid God se rykste seëninge vir hul ampstermyn toe.

Ons gun Johann Fourie, sy vrou en gesin die rustyd, en baie dankie Johann, as uitredende President, vir die uitstekende diens wat u met onderskeiding aan die Raad en Genootskap gelewer het.

Ter afsluiting wil al die lede en eggenotes van 6Plus telers, die President, Raad, Stoet en Kommersiële telers ‘n Geseënd Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toewens.

Numerie 6: 24, 25en 26 vir 2015 toebid:

"THE LORD BLESS YOU AND WATCH GUARD, AND KEEP YOU; THE LORD MAKE HIS FACE TO SHINE UPON YOU AND BE GRACIOUS ( KIND, MERCIFUL AND GIVING FAVOUR) TO YOU; THE LORD LIFT UP HIS (APPROVING) COUNTENANCE UPON YOU AND GIVE YOU PEACE" (TRANQUILITY OF HEART AND LIFE CONTINUALLY)."

Groete 6Plus telers Brandfort

FOTO: Johan Rautenbach

5Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 6: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Neem asseblief kennis dat die Vrystaat Drakensberger Klub se jaarlikse bulveiling verskuif vanaf Frankfort na die

PLAAS BLESBOKFONTEIN in die distrik LINDLEY.Die datums sal steeds die tweede Woensdag in Augustus wees.

2015 se datum is: Woensdag 12 Augustus 2015

VRYSTAAT DRAKENSBERGER KLUB NUUSBELANGRIKE KENNISGEWING

SIEN DAARNA UIT OM U OP DIE PLAAS BLESBOKFONTEIN TE ONTVANG!

Jan Dhooge: 082 892 5762Petri Bezuidenhout: 082 859 7023Hermaas Potgieter: 083 660 6637Reinier van Rensburg: 082 924 5728Johan Rautenbach: 082 780 1189

Die volgende

telers is deel van die veiling; kontak hulle

gerus as u enige navrae het.

AANDAG

Dankie vir julle ondersteuning gedurende 2014. Ons by Buffalo Valley wil vir julle seën, liefde en vrede toewens vir die feesgety en baie voorspoedige 2015.

Ons volgende veiling is die 27/05/15 en ons hoop om julle daar te sien.

Tel: 0828097941 – John RoosWebblad: www.buffalovalley co.zaEpos: [email protected]

6 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 7: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

INLEIDING

Wat gaan word? Wie gaan wen? Wat wil wie wen? Wie wil vir wie wen? Wanneer gaan ons wen?

Wesenlike vrae vir die omstandighede rondom ons, die huidige situasie in Suid Afrika is oor die algemeen swakker daaraan toe as ’n jaar gelede. Die veranderde politieke gesig is neerdrukkend en oordonderend, wat deur aanhoudende druk op die Landbou die Boerdery gemeenskap kniehalter en stremmend inwerk op vooruitgang. Stagnasie en idees van emigrasie en buitelandse besoeke is aan die orde van die dag, dit lyk altyd beter daar aan die ander kant.

Die wêreld is in stryd gewikkel, Rusland loop in die Ukraine rond, Israel verdedig sy beginsels, moslemlande raak radikaal en uiterste wreedheid is aan die orde van die dag, word selfs deur die elektroniese media die skerms van die wêreld ingestuur. Tot afgryse van die westerse wêreld. Hoekom dan die haat, die stryd wat nooit sal ophou nie, die wrok en die wreedheid?

Dit gaan goed in Drakensberger geledere. Die tyd stap egter aan en die tempo van die dag tot dag bestaan neem nie af nie, dit versnel en is ’n wegholtrein. Nuwe denkrigtings en veranderde benaderings ten opsigte van stoetteling is vernuwend en verfrissend, die praktiese toepassing is die uitdaging en die mikpunt. Sommige gaan die voortou neem, stroom af, deur die maalkolk en deur die geskommel, om in die diep, rustiger water die voordeel te trek van strategiese, ingeligte besluite.

Dit is onvermydelik dat sommige van ons oudste kuddes aan afskaal begin dink, ‘n idée wat ons onmiddellik wil wegredeneer. Dit is egter die realiteit van die situasie waarin die teler homself bevind, met sy eie, unieke omstandighede. Aan diesulkes wat daardie drumpel moet oorsteek, baie sterkte met julle besluit en met die uitvoering van ‘n emosioneel moeilike taak. Wees verseker van almal se ondersteunig.

Daar is heelwat idees wat telkens tydens gesprekke na vore kom, idees wat baie goed is om te bespreek, om gevoelens te toets en om te oorweeg. Ons Ras is trots daarop om te noem dat ons die eerste ras was wat verpligte prestasietoetsing begin doen het. Dit is alles goed en wel. Wanneer daar egter na data gekyk word en vergelyk word met ander rasse, is die data dikwels misleidend. Sommige rasse het slegs prestasiedata van telers wat regtig belangstel om dit in te stuur, dit is ongebalanseerd.

“Die Drakensberger is geneties suiwer. Cas Maree” Hoe vinniger daar van hierdie stelling afgesien word, hoe beter. Nuwe genetiese evaluasie toon dat daar GEEN ras is wat geneties suiwer is nie, selfs nie een nie. Dat ons unieke genetika besit, is definitief so. Daarin lê die kragtigheid van die feit vasgevang, dit is wat ons moet gebruik tot ons voordeel. Daarin is die heterose vasgevang, daarmee kan ons reuse spronge vorentoe gee.

Die poenskopdiere in die ras word erken deur streng seleksie, wat nog altyd die ras beskerm het teen nie verkose genetika. Die gebruik van DNA ontleding het egter die kanaal geskep waardeur hierdie diere identifiseer kan word en kan dit die weg baan vir bewys en aanvaarding van vele eienskappe van die dier waarmee ons boer.

Die bewuswording van die belang van prestasiesyfers word harde realiteit en die strewe na die daarstel van ‘ideale mikpunte’, is ’n groot uitdaging. Die omstandighede van onderskeie omgewings en boerderypraktyke skep soveel variasie, dat dit uiters moeilik is om rigiede ‘afsnypunte’ af te dwing. Konsensus oor die belang van teelwaardes is die korrekte beginsel, navolg daarvan en die nastreef van optimale waardes, soos gereken dit vir jou die beesboerdery aan die voorpunt gaan plaas, is jou eie inisiatief. Die telers wat daarmee aan die voorpunt gaan wees, het die voordeel en sal beswaarlik ooit ingehaal kan word.

KANTOOR

Dit is die realiteit dat die kantoor van die Drakensberger Beestelersgenootskap in Volksrust hierdie jaar ontruim is en dat die administratiewe funksies oorgedra is aan Stemma Animalia. Hierdie onvermydelike aksie is inisieer deur die finansiële druk wat toegepas en gevoel word deur die GENOOTSKAP. Die neem van die besluit was gewigtig, wel deurdag en in fyn detail bespreek, die besluit is deur die Raad eenparig beslis. Die lede sal wel bewus wees daarvan dat die per kapita fooie vir die derde jaar opeenvolgend geen styging getoon het nie. Hierdie op sigself is nie volhoubaar nie en die volgende finansiële jaar sal noodgedwonge ‘n styging realiseer van ten minste sewe (7) persent in die fooistruktuur van die DBTG. Wat wel implementeer is, is

Hier volg ‘n opsomming uit die Jaarverslag soos deur Dr Johann Fourie gelewer tydens AJV 2014

Jaar

vers

lag

7Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 8: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

die gebruik van ‘n glyskaal waarin groter kuddes effense verligting kry na gelang van die getal stoetdiere in die kudde. Dit, tesame met die uiters akkommoderende fooistruktuur vir lede wat eerste aanvaardings registreer, is deel van die reeds implementeerde finansiële verligting wat reeds toegepas word.

Stienie Steenkamp se termyn van pligsgetroue diens in die kantoor het dan ook ten einde geloop. Vir haar harde en toegewyde werk sal sy altyd onthou word en gun ons haar die kans om te rus en te reis, ’n voorreg wat haar beskore is. Dankie vir jou toewyding Stienie, elke lid het daarvoor die hoogste agting en respek.

Johanna Mhlambo het ’n dienstermyn van 27 jaar by die DBTG, ’n tydperk waarin sy haar werk pligsgetrou en stil gedoen het. Sy is steeds in diens in dieselfde gebou, die rede is as volg.

Piet Uys, broer van Pikkie en Johan Uys, is tans, op langtermyn basis, die huurder van die DBTG kantoorkompleks. Die gebou het, met enkele uitsonderings na, dieselfde gebly en word die aansig van die gebou dieselfde gehou. Die foto’s en tradisionele memerobilia word intakt hanteer in die gebou en almal is baie welkom om enige tyd die gebou te besoek. Die beplanning is om die keurders vergadering en die voorafgaande Raadsvergadering in Februariemaand steeds in die die kantoorkompleks te hou, met vrymoedigheid aangebied deur Piet Uys.

VEEGETALLE soos op 1 Julie 2014

2012 2013 2014 Toe-/Afname

MANLIK 3 812 3 592 4 070 +478

VROULIK 10 302 10 031 10 563 +352

GEBOORTES 3 498 3 158 3 460 +302

LAAT GEBOORTES 450 800 670 -130

VERSPREIDING VAN VEEGETALLE

STREEK 2012 % 2013 % 2014 %

VRYSTAAT 4 644 32.9 4 634 34 4 931 33.7

MPUMALANGA 4 098 29 4 108 30 4 109 28.1

KWAZULU-NATAL 1 670 11.8 1 230 9 1 425 9.7

NOORD-WES 1 326 9.4 1 053 7.7 1 269 8.7

NOORD-KAAP 1 070 7.6 1 017 7.5 1 013 6.9

GAUTENG 935 6.6 742 5.6 932 6.4

OOS-KAAP 102 .7 480 3.6 573 3.9

NAMIBIA 165 1.2 218 1.6 276 1.9

MOSAMBIEK 51 .4 70 .5 70 .5

AUSTRALIA 55 .4 68 .5 35 .25

TOTAAL 14 116 100 13620 100 14 633 100

Uit bogenoemde syfers blyk dit dat daar ‘n algemene groei van 1 013 diere is teenoor 2013. Die laat geboortes van 200 diere is nie in berekening gebring by bogenoemde getalle nie.

OPSOMMING VAN DIE KEURINGS TOERE

DIERE 2012 2013 2014

SIEN KEUR % SIEN KEUR % SIEN KEUR %

Bulle 440 301 68.4 653 419 64.2 524 382 72.9

Verse 1 094 877 80.2 1 275 1 092 85.6 1211 1058 88.2

Hulp A 455 336 73.9 473 375 79.3 475 293 61.7

Totale kilometer gereis vir die keuringstoere is: 14 500 km

Spesiale keurings word op versoek van lede gedoen hoofsaaklik na afsluiting van Groeitoetse. My myning is dat hierdie praktyk deur somige lede misbruik word. Werklike syfers word nie aan die kantoor voorsien nie en is dit onmoontlik om ‘n opsomming van Spesiale keurings te maak.

Baie dankie aan keurders wat bereid is om op baie kort kennisgewing aan die versoek te voldoen en weereens aan Magiel Blom, vir sy behartiging van die aanwys van mees geskikte kandidate vir die keuringsgeleentheid.

8 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 9: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Opsommende Reproduksie Statistiek soos op 1 Julie 2014.

Kuddes met TKP van minder as 400 dae

Teler Meer as 100 koeie TKP Toekenning

J A Rautenbach 107 379 Embee Wissel Trofee

Neuman Broers 170 390

25 tot 99 koeie

E M Schroeder 49 371 AS van Niekerk Skild

Black Hills Drakensbergers 42 374

J G Ehlers 25 380

J I Van Zyl Naude 37 384

M C Blom 37 387

F van Dyk 80 390

L A Foster 56 390

Neusberg Drakensbergers 97 391

Morgenzon Landbou

Otjiwa Boerdery

Cumin Drakensbergers

Ntique Drakensbergers

69

49

46

38

392

395

397

398

Kuddes onder 25 koeie

Kudde Koeie TKP

Dr F Barnard 21 383

Meulstroom 15 385

A J van der Walt 2 385

Koei getalle binne die Ras

Getal koeie 2012 Aantal Kuddes 2012 % 2013 Aantal Kuddes 2013 % 2014 Aantal Kuddes 2014 %

100+koeie 18 23.4 18 24 17 23.9

50-99koeie 23 29.8 21 28 21 31.8

10-49 koeie 24 31.2 26 34.6 23 32.4

1-9 koeie 6 7.8 5 6.7 5 7

0 koeie 6 7.8 5 6.7 5 7

Die kuddes (6) met geen koeie het 4 wel verse van 24 maande en ouer wat vanjaar sal kalf.

Uit die 66 kuddes is die gemiddelde kudde grootte 74.6 koei met die maksimum 306 koeie en die minimum 2 koeie

TKP van kuddes met meer as 25 koeie

TKP 2012 Aantal Kuddes 2012 % 2013 Aantal Kuddes 2013 % 2014 Aantal Kuddes 2014 %

Onder 400 dae 17 26 11 21.2 19 28.8

401-450 dae 26 40 33 63.5 33 45.5

451-500 dae 11 16.9 5 9.6 10 15.1

501-599 dae 3 4.6 3 5.7 7 10.6

Bo 600 dae - - - - - -

15 kuddes het minder as 20 koeie of net verse en ons sien daarna uit om hul aanstaande jaar deel van ons statistieke te maak.

Ras gemiddelde TKP.

Jaar 2010 2011 2012 2013 2014

Dae 432 432 430 428 427

Die rasgemiddeld het afgeneem met 1 dag, met reuse ruimte vir verbetering. Dit is nietemin ‘n teleurstellende TKP en daadwerklike stappe sal geneem moet word om hierdie swak syfer te verbeter. 37 kuddes se TKP is onder die Ras gemiddeld. Dit is vir my ‘n groot kwelling dat daar

9Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 10: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

10, verlede jaar 5, kuddes is met ‘n TKP van tussen 451 en 500 dae. Verder is daar 7, verlede jaar 3, kuddes met ‘n TKP van bo 500 dae. Kuddes wat bo die 450 dae syfer val, sal deur die Raad evalueer word en kundige advies sal aangebied word met ‘n daadwerklike plan van aksie. Indien daar nie aan sodanige aksieplan voldoen word nie, sal die Raad definitiewe stappe moet neem om hierdie situasie te verbeter. Dit sal in 2015 implementeer word, ongeag die individu of teler.

SA Stamboek statistieke soos op 31 Desember 2013

RAS Kuddes Kuddes Manlik Manlik Vroulik Vroulik Totaal Totaal

Jaar 2012 2013 2012 2013 2012 1013 2012 2013

Drakensberger 79 81 5 178 5 325 12 754 12 757 17 932 18 082

Alle Rasse by Stamboek 2 298 2 298 126 920 130 404 259 668 356 978 474 112 487 382

PRESTASIE GEMIDDELDE

Manlik

DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse

Jaar 2012 2013 2012 2013 2012 2013

Geboorte 1 493 diere 1 628 diere 35.5kg 35.6 kg 35.4 kg 35.1 kg

Speen 1 203 diere 1 338 diere 228kg 232 kg 225 kg 232 kg

12 maande 608 diere 763 diere 264 kg 261 kg 319 kg 301 kg

18 maande 402 diere 419 diere 368kg 362 kg 426 kg 421 kg

Vroulik

DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse

Jaar 2012 2013 2012 2013 2012 2013

Geboorte 1 494 diere 1 691 diere 33.5kg 33.5 kg 33.6kg 33 kg

Speen 1 176 diere 1 362 diere 213kg 214 kg 212 kg 217 kg

12 maande 983 diere 1 144 diere 238 kg 228 kg 259 kg 258 kg

18 maande 817 diere 768 diere 316kg 313 kg 338 kg 334 kg

GROEI TOETSE

Sentrale toetse DRB

Sentrale toetse DRB

Alle Stamboek rasse

Alle Stamboek rasse

Op die plaas toetse DRB

Op die plaas toetse DRB

Alle Stamboek rasse

Alle Stamboek rasse

Jaar 2012 2013 2012 2013 2012 2013 2012 2013

Aantal 57 63 795 860 347 208 1074 10157

Finale gewig kg 370 375 410 410 398 407 403 409

GDT gram 1761 1526 1669 1659 1185 1200 1176 1130

VOV 5.5 5.95 6.25 5.83

Skrotum mm 337 320 334 328 330 332 329 327

RTU 50 diere 61 420 diere 585 diere

Drakensberger Drakensberger Alle Stamboek rasse Alle Stamboek rasse

Jaar 2012 2013 2012 2013

OEK 33.4 maande 32.8 maande 31 maande 30 maande

TKP 430 dae 419 dae 449 dae 409 dae

Koei/kalf geboorte 7.57 % 7.19% (466kg) 7.25 % 6.72% (491kg)

Koei/kalf speen 44.7 % 43.06% (497kg) 45.5 % 43.75% (496kg)

Indien na hierdie syfers gekyk word, is dit baie duidelik dat die Drakensberger telers inderdaad baie het om op trots te wees. Die memorisering van sommige van hierdie syfers sal die kompeterende wêreld waarin ons ons bevind, makliker maak. Is dit nie so dat ‘n ander persoon, met ‘n enkele feit, ‘n groot hoeveelheid twyfel kan saai deur ‘n goed gemikte opmerking net op die regte tyd nie? Hierdie syfers vertel die ware storie, gebruik dit tot almal se voordeel. Die Drakensberger koei se gewig neem met 31 kg toe terwyl sy haar kalf soog teenoor al die rasse se gemiddelde toename van 5 kg.

10 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 11: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

TOEKENNINGS VIR 2014

1 AS van NIEKERK TROFEE VIR BESTE TKP VIR KUDDES 35 TOT 99 KOEIE E Schroeder - 371 dae oor 49 koeie2 EMBEE TROFEE VIR BESTE TKPVIR KUDDES MET MEER AS 100 KOEIE Johan Rautenbach - 379 dae oor 107 koeie3 AECI TROFEE VIR DIE KUDDE WAT DIE BESTE VORDERING GETOON HET DIE AFGELOPE

JAAR Genomineerdes: Johan en Pikkie Uys (Wenner) L A Neuman Otjiwa Boerdery4 EPPIE NEL TROFEE VIR DIE PERSOON WAT DIE MEESTE GEDOEN HET VIR

RASBEVORDERING 2014 Genomineerdes: Johannes Retief (Wenner) Piet de Villiers5 Pfizer Trofee vir die bul met die beste VOV Gawie en Frik Roux GR110260 met VOV van 4.36 VBRSA se trofee vir die veld getoetste bul wat die hoogste prys behaal Neuman Broers HN100203 vir R80 000.007 Genootskaps trofee vir ‘n kudde jonger as 5 jaar met die beste vordering. Black Hills Drakensbergers8 Toekenning vir kudde met beste Speen data geborg deur Rouvus. Edwin Schroeder

MAGIEL BLOM

Die gedagte is telkens in die verlede geopper dat daar ’n persoon in die kantoor moet wees wat meer betrokke is met die direkte handeling met SA Stamboek. Die Raad het dit goed gedink om vir Mnr Blom hieroor te nader en te versoek om hierdie rol te vervul. Die versoek is deur hom aanvaar en tans is daar uiters goeie kontrole oor die administratiewe sake wat betref aanwys van Keurders vir Spesiale keurings, Beskermhere vir veilings, nagaan van katalogusse en opvolg van probleem gevalle, geboortekennisgewings, prestasiedata, herinstellings, korreksie van foute, laat geboortes, evaluasie van kuddes en opvolg met lede, skakeling met individuele lede, hantering van navrae van lede en is tans besig met die opstel van ‘n Verwysingsraamwerk vir die Drakensberger Ras deur die identifisering van diere en die versameling van biologiese monsters vir ‘n toekomstige Genomiese databasis.

BEDANKINGS

Daar is by my groot waardering vir die Raadslede wat deur die afgelope jaar met inisiatief en ywer betrokke was by die voortgesette uitbreiding van die ras. Die onvermydelike skuif van die kantoor se administratiewe deel het groot verantwoordelikheid geverg en die Raadslid wat hiermee as uiters belangrike skakel gedien het en die taak by uitnemendheid verrig het, is Magiel Blom. My opregte dank vir jou toewyding en nougesette opvolg van aksies, jy is onontbeerlik vir die Genootskap. Ook opregte dank vir die betrokkenheid in die versamel van data vir die opstel van hierdie jaarverslag. Jou lojaliteit en ondersteuning is steunpilare Magiel, baie dankie daarvoor.

Willie Landman se rol in die oorwoë aksieplan en uitvoering daarvan, is krities belangrik en stimulerend. Die positiwiteit waarmee jy deelneem en leiding neem in toepaslike beplanning en in die uitvoer daarvan, is aansteeklik. Sterkte met jou verantwoordelikheid as hoof uitvoerende beampte by M Tech en ek glo en vertrou dat jy jou teeldoelwitte sal verwesenlik, vir jou kudde natuurlik.

Rodney Neuman, jou eerlikheid en betroubaarheid skep vertroue en die Genootskap se finansies is in goeie hande. Geluk met n suksesvolle veiling, wees verseker dat baie individue dophou en oplet hoe jy die sukses verseker van jou boerdery. Jy is telkens soekend na die beter oplossing, na die voordeel wat die Drakensberger bied, nie net vir jou nie, maar vir ons almal. Ons respekteer dit.

Fanie van Dyk, jou betrokkenheid oorskrei die grense van normaliteit. Nampo is jou verant-woordelikheid en hierdie jaar was n absolute hoogtepunt. Die afwesigheid vanaf die boerdery is n beperkende faktor, jy het dit nietemin gedoen en die raad en die Ras verteenwoordig vir die hele duur van Nampo. Jy is ook die Raadslid verantwoordelik vir die Karoolede se belange, ‘n taak wat jy met groot toewyding volvoer.

11Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 12: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Carel Nel, dankie vir jou verantwoordelike taak om die riglyne te evalueer en te rig soos wat nodig is wat betref die beoordeling en keuring van Drakensbergers. Jou beoordelingstegniek is sistematies en deeglik, jou beskrywings akkuraat en beskrywend, dankie daarvoor en wees asseblief betrokke by die opleiding van potensiële keurders. Vir jou, as persoonlike mentor en vriend, het ek die hoogste respek. Dankie Prof.

Henk Delport, as nuut verkose lid het jy reeds jou impak gemaak en sien almal uit na jou betrokkenheid by Drakensberger sake in die toekoms. Jy is alreeds besig met gesprekvoering met GWK en almal is angstig om in die praktiese uitvoering daarvan betrokke te raak. Jou rol sal eskaleer in die volgende twee jaar, sterkte daarmee. Opregte dank vir jou en Liesel se inisiatief en tot uitvoer bring van die opkikkering van die Drakensberger stalletjie by Nampo. Daar is altyd kostes verbonde aan sodanige individuele aksies, wees verseker dat dit raakgesien en erken word en dat daar opregte waardering is vir julle ‘ekstra myl’.

Gawie Roux, dit is vir my n voorreg om saam met u op die Raad te dien. U het n enorme kennis van en ondervinding met beesboerdery, tegniese sake en syfersake is belangrik en u het ‘n reuse verantwoordelikheid as Raadslid vir tegniese aspekte. Die veranderinge tans aan die gebeur in stoetteling is vinnig opmekaar en tegnies, u moet die kaf van die koring skei om die mees gepaste aanbevelings te maak. U rol is onontbeerlik, doen so voort.

Pikkie Uys, jou eerste jaar as Raadslid was n reuse sukses. Die groot taak wat aan jou opgedra was, was die bewerkstelliging van ‘n oplewing in Mpumalanga. Deur jou direkte kontak met lede, jou voorstelle en positiewe gesindheid, het jy baie vermag. Dankie ook vir jou en Johan se hulp en beywering van n goeie keuringsopleiding op Gryshoek. Die plek met soveel Drakensberger tradisie. Daar word nuuskierig uitgesien na jou volgende idees vir die nasionale veiling en ook die ’renaissance’ in die hoëveld.

Dr Hannes Dreyer, u betrokkenheid by Drakensberger sake is van baie hoë waarde. U is bewus van veranderinge in die praktyk, u deel die waarnemings en ons vind u onontbeerlik in die oorkoepelende visie wat nodig is om ‘n ras te bevorder. As sameroeper van die Veekundige beraad het u uself uitstekend van u taak gekwyt. Sterkte met die gesondheid, van u en u gesin.

Gert Du Preez, baie dankie vir jou bydrae in die afgelope jaar. As voorsitter van die Hoëveld studie groep het u inderdaad n baie belangrike rol te speel in ‘n tradisioneel gevestigde Drakensbergerstreek. Jou sukses met jou boerdery is welbekend en die fantastiese data wat uit jou voerkraal genereer word, is ‘n moet vir almal om te sien. Doen so voort en dankie.

Piet de Villiers, jou bydraes gaan nie ongesiens verby nie. Dankie vir die hantering van die Grootfontein beoordelaarskursus, vir jou lojale en optimistiese bemanning van die Nampo aksie, vir die Val boeredag betrokkenheid, die Standerton fees se tentoonstelling, die beoordelaarskursus wat in Mpumalanga aangebied gaan word. Piet het ook n groot ideaal verwesenlik met die stigting van die Oos Vrystaat Drakensberger studiegroep, ‘n mylpaal en n prestasie by uitnemendheid. Geskiedenis in wording, meneer de Villiers.

My apologie aan die lede vir my afwesigheid by vele Genootskapsaksies. Tyd is die vyand en beroepsverpligtinge die eerste prioriteit, met tyd sal die balans verbeter en sal die pendulum ophou rondswaai. Daar is altyd die goue balans, vir almal.

Marianne, Ruan, Armandt, Johann, Kiewiet, Doughnut en Coco, my afwesigheid vanaf die huis is self gekose, maar nie altyd verkose nie. Dankie vir julle geduld en verstaan as ek dit weer maak tot by die huis, soms aan die wonder oor die raadsaamheid al dan nie.

Aan die Skepper van alle dinge, wat altyd in beheer is, al my lof en eer. Mag dit so wees dat ek nooit perspektief sal verloor nie en dat ek sal voortgaan om God te ken in alle sake.

Ek groet julle.

Johann Fourie

12 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 13: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

“n Nuwe datum, ‘n nuwe plek, dieselfde groep telers. Wat gaan gebeur op 9 Oktober 2014 op die plaas Jakkalsfontein Klerksdorp van dr Johann Fourie. Johann besluit net die beste sal goed genoeg wees en op 6 September vat hy die pad na al die bulle wat ingeskryf is vir die veiling. 25 Bulle word uitgesoek vir die aanbod saam met 20 dragtige verse uit die Black Fox stoet. 11 Dragtige koeie van Schalla van Schalkwyk en 3 koeie met kalwers van Johan van Staden maak die aanbod vol.

Die tent word so opgeslaan om die koelte bome van Jakkalsfontein die beste te benut. CMW/ELITE is die afslaers en Ian Grobbelaar op die rostrum. Die Beskermhere is Piet de Villiers en Kobus Davel.

Na die veiling word daar gebraai en heerlik saam gekuier. Die Noord-Westers se gasvryheid was, soos gewoonlik, uit die boonste rakke.

Die NWDK se volgende veiling sal DV op 1 Oktober 2015 op Jakkalsfontein Klerksdorp wees.

Veilingsresultate

Die Vrystaat Drakensbergerklub veiling is gehou op 13 Augustus 2014. 32 bulle word aangebied en 25 bulle word verkoop teen `n gemiddelde prys van R27 960

Twee bulle, Jatro 1115 van Johan Rautenbach en Uitvlug F71 Armand van Hermaans Potgieter, behaal elk die hoogste prys was R45 000. Die koper in beide gevalle is JP Hatiingh Trust van Frankfort.

Hiermee `n opsomming van die veiling:

Gemiddelde pryseVerkoper Aangebied Verkoop Duurste Beste 3 Totaal

J.A. RautenbachJ.H. PotgieterJ + E DhoogeBezuidenhout BroersRJ v Rensburg +Seun

125528

114325

R45 000R45 000 R25 000R30 000 R20 000

R42 166R36 666R24 166--R20 000

R30 136R33 125R24 166R30 000R20 000

TOTAAL 32 25 R27 960

As beskermhere het opgetree Mnre. Fanie van Dyk en Callie Watermeyer.Veiling was aangebied deur CMW Elite met die afslaer Lourens Bibbey.

Vrystaat DrakensbergerklubVeiling

Aanb. Verk. % Gem. prys Hoogste Koper Verkoper

Bulle 24 17 71 R24 206.00 R32 000.00 Black Hills Drakensbergers J Fourie

Dragtige Verse geregistreerd 18 7 39 R7 357.00 R7 500.00 J van Staden J Fourie

Dragtige koeie kommersieël 11 11 100 R8 000.00 R8 000.00 C P Mostert S van Schalkwyk

Koeie & kalwers kommersieël 3+3 3+3 100 R10 500.00 R10 500.00 C P Mostert J van Staden

NWDK HOU VEILING

13Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 14: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Bulle verkoop in 2014 op Veilings “Onder Beskerming van die Genootskap”

Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste

Nasionaal 22 16 72,7 39 219 100 000

BV 47 21 44,7 28 238 40 000

Natal Vryheid 16 8 50 28 500 41 000

Rouvus 23 20 87 38 500 80 000

Alle Ras Ermelo 18 10 55,6 24 300 32 000

Neuman Broers 51 46 91,2 38 913 80 000

Kuruman 3 1 33,3 25 000 25 000

Karoo 15 12 80 21 333 32 000

Calela 27 14 51,9 29 607 40 000

Davel/Bracher 28 15 43,6 28 200 55 000

VDK Frankfort 32 25 78,1 27 960 45 000

OTDK 41 33 80,5 28 576 50 000

Rouxville 10 8 80 20 125 25 000

6+ Telers 32 24 85,7 28 042 75 000

SHDK Vrede 25 18 72 25 889 42 000

NWDK 24 17 71 24 206 32 000

Totaal 414 288 69,5 30 375 100 000

Koeie verkoop in 2014 op Veilings “Onder Beskerming van die Genootskap”

Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste

BV 26 8 30,8 14 875 17 000

VDK Frankfort 9 2 22,2 9 000 10 000

6+ Telers 34 28 82,4 8 696 11 000

Totaal 69 38 55 10 013 17 000

Koeie verkoop in 2014 op Veilings “Onder Beskerming van die Genootskap”

Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste

Nasionaal 18 22 83,8 19 100 35 000

BV 13 6 46,2 13 500 15 000

6+ Telers 23 23 100 6 696 10 000

NWDK 18 7 39 7 351 7 500

Totaal 72 58 80,5 9 879 35 000 Vei

lin

gsg

emid

del

de 2014

14 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 15: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Oom Danie Bosman het tydens die “Fox in the Hills” inligtingsdag sy ervaring kom deel oor die volgende aspekte van vleisbees kudde seleksie:

• As al die koeie jaarliks kalf, wie moet bly?• Keuse tussen vervangingsverse en bewese koeie.• Drie belangrike syfers in ‘n veiling katalogus vir die

kommersieële teler.• Bul seleksie vir jou kommersieële kudde behoeftes.• Die balans tussen syfers en visuele voorkoms.

Die bespreking is deurgans op praktiese wyse verduidelik deur diere uit die Black Hills en Black Fox Drakensberger kuddes te bespreek, met die veiling katalogus van die diere byderhand.

Oom Danie is ‘n ervare vleisbeestelingkundige en ook die voormalige adjunk-direkteur van die LNR se Instituut vir Diereverbetering. Hy het in 1965 die aanvanklike Bonsmarakudde van die LNR by Prof Bonsma oorgeneem en vir meer as 30 jaar daarmee gewerk. Die man ken ‘n vleisbees!

Die dag is bygewoon deur 120 gaste wat boer met alle rasse. Na afloop van die inligtingsdag is daar heerlik gebraai en gekuier tot laat. Dankie aan al ons borge wat bygedra het tot die dag se sukses. Volgende jaar maak ons weer so!

Hier volg enkele van die belangrikste uittreksels/ inligting van die dag:

1. SELEKSIE BEGINSELS

Seleksie is die proses waarby ‘n kudde geneties verander word deur visuele evaluasie en objektiewe metings as hulpmiddels te gebruik. Al die eienskappe het ‘n genetiese basis en sal dus reageer op seleksie. Die effek van vandag se seleksie besluite bly vir baie jare in ‘n kudde en daarom moet seleksie weldeurdag uitgevoer word.

Dit word van stoettelers verwag om prestasiemetings van hulle kuddes in werking te stel sodat die korrekte vordering vinniger kan plaasvind. Teelwaardes word van die metings oor kuddes en selfs lande verwerk wat ‘n belangrike seleksie hulpmiddel is.

Dit is noodsaaklik dat telers die produksiestelsels verstaan en beeste teel wat dit bevredig.

Die twee belangrikste produksiestelsels is die volgende:

• Speenkalfproduksiestelsel (SKP)

Die voerkrale rond speenkalwers af vir die vleismark en koop hulle vanaf kommersieële telers. Die kommersieële teler sal graag ‘n 240kg kalf wil verkoop eerder as ‘n 200kg kalf want teen R18/kg gee dit ‘n bykomende R720 per kalf inkomste. Die voerkraal wil bespiering op die kalf sien sodat hulle voldoende groei kan kry om ‘n wins te maak. Die speenkalfprodusent stel belang in gemak van kalwing (34kg kalwers by geboorte) hoë reproduksie tempo, voldoende melk in sy koeie en groeikrag voor en na speenouderdom.

• Voerkrale

Suid Afrika het ‘n stewige voerkraal komponent van 60 voerkrale met ‘n kapasiteit van 420 000 diere met ‘n jaarlikse deurvloei van 1.5 miljoen diere met ‘n omset van R10.7 biljoen. Die mees intensiewe afronding van vleisbeeste lewer beslis die grootste vermeerding in produksie binne ‘n gegewe tyd. Volgens verslae kom 80% en meer van die hoë gehalte beesvleis, veral in die stede, uit voerkrale.

Die vleisbees teelwaardes wat belangrik is vir die voerkraal is naspeengroei (GDT), voeromsetverhouding (VOV), bespiering en weerstand teen voerkraal siektes (brongiaal en rumen steurnisse) en afwesigheid van klougroei.

2. SELEKSIE VAN DIE KOEIKUDDE

Koeie verdien erkenning want hulle is fisies 97% van die teelkudde en hulle produseer die kuddebulle vir die bedryf.

Die funksie van ‘n koei is om:

• Jaarliks ‘n kalf te speen.• Voldoende melk te gee sodat die kalf optimaal groei

en ontwikkel.• Om funksioneel te wees in alle opsigte en haar kalf te

beskerm en versorg.

Om reproduksie te verbeter, volgens navorsing, is uit ‘n ekonomiese oogpunt 12 maal belangriker as om karkas kwaliteit te verbeter en 10 maal beter as om die produksie eienskappe soos groeivermoë te verbeter. Reproduksie is dus die belangrikste eienskap en

“Quality is never an accident; it is always the result of high intention, sincere effort, intelligent direction and skilful execution; it represents the wise choice of many alternatives.”

FOX IN THE HILLSKudde seleksie inligtingsdag

15Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 16: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

behoort eerste aandag te geniet in die seleksieproses. Daarna kan ander eienskappe aandag geniet. Meting van reproduksie by die vroulike dier is moeiliker omdat dit slegs berus by besetting of nie. Die grootste verbetering word gevind in die bulle wat geselekteer word en wat vroulike nageslag voortbring. Sowat 87% van die genetiese samestelling van ‘n koeikudde kom van die bulle wat gebruik is die afgelope 3 generasies (± 15 jaar). Die reproduksie eienskappe van kuddebulle is dus van primêre belang.

Vroulike diere wat in ‘n sekere omgewing goed aangepas is, sal ‘n voordelige reproduksie tempo handhaaf.

Die vroulike dier in ‘n gesonde hormonale balans vertoon besonders vroulik. Dit beteken:

• Haar borsbeen is normaal klein, sy het ‘n goeie kapasiteit met ‘n wigvorm van smaller voor na breër agter.

• Haar hare in die somer is glad en blink. • Uierontwikkeling as vers is reeds sigbaar en haar

vroulike dele is goed ontwikkel.

Regophakke is ‘n funksionele fout wat die loopvermoë benadeel. Selfs te sekel hakke is nadelig. Koeihakkigheid of duiftonigheid is raamwerk swakhede wat uitgeskakel moet word.

Genetiese verbetering vir melkproduksie sal kuddedoeltreffendheid verhoog mits ‘n balans tussen melkproduksie en reproduksie gevind word.

Dit is dus sinvol om kalwers te merk, hulle geboortedatums binne 3 dae aan te teken en hulle en die koeie te weeg as ‘n groep kalwers gemiddeld 7 maande oud is. Die koeie wat laer as ‘n 90 indeks kalf speen, het nie voldoende melk nie en behoort uitgeskot te word.

Kalwers behoort tussen 40 en 50% van die moeder se gewig te weeg. ‘n Koei kan 600kg of hoër weeg en kan in die kudde bly mits sy dragtig is.

Die dragtigheidslengte is belangrik veral met beperkte teelseisoene. Koeie met ‘n korter dratyd van 280-285 dae sal eerder elke jaar kalf as koeie met ‘n dratyd van 285-290 dae. Indien ‘n koei elke jaar later kalf mag dit wees dat sy ‘n langer dragtigheidsperiode het. Dit is daarom belangrik om bulle aan te koop waarvan die moeder ‘n voordelige reproduksierekord het.

3. SELEKSIE VAN VERVANGINGSVERSE

Die goue reël in vleisbeeskuddes is dat 20% van die kudde uit nuwe verse moet bestaan.

Selekteer verse met bo 90 indeks op speen, jaar en 18 maande ouderdom. Bulle, verse en osse word apart ge-indeks. Plaas soortgelyke verse met hulle eerste kalwers in ‘n aparte indeks-groep.

Selekteer verse wat funksioneel korrek is veral ten opsigte van reproduksie eienskappe.

Selekteer verse met teelwaardes naby of beter as rasgemiddeld.

4. SELEKSIE VAN KOEIKUDDE NA DRAGTIGHEIDS ONDERSOEK

Die volgende prosedure word gevolg om 20% koeie/verse uit te skot:

• Skot ou koeie uit waarvan die tande slyt (± 12 jaar oud).

• Skot koeie uit wat beseer, siek is of uitsak.• Skot alle nie-dragtige koeie en verse uit. Dit is

makliker met ‘n 85% of hoër besetting.• Skot koeie uit wat ‘n kalf speen met ‘n indeks

onder 90.• Skot koeie/verse uit wat funksionele swakhede toon

soos uier wat uitsak, dopspene wat ontwikkel of kloue wat uitgroei.

5. PARING VAN VERSE EN EERSTEKALF KOEIE

Verse behoort altyd 21 dae voor die koeikudde gepaar te word. Hulle behoort omtrent almal beset te raak voor dat die groter koeie bykom. Dit gee ‘n beter gebruik van die kuddebulle want meer koeie/verse kan per bul gepaar word (35-40 koeie/verse).

Indien verse 21 dae vroeër gepaar word sal hulle vroeër kalf en is dit voordelige om hulle weer vroeër te paar saam met die verse. Indien nie sal hulle kalwers groter wees wanneer die teelseisoen van die ouer koeie begin en kan die kalwers hulle in anoestrus laat gaan met ander woorde hulle hou op om op hitte te kom en slaan oor. In kuddes waar hierdie prosedure gevolg is het die kalfpersentasie van eerste kalf koeie opgeskiet na 80% en hoër.

6. SELEKSIE VAN KUDDEBULLE

Die ekonomiese, genetiese en fenotipiese bydrae van kuddebulle is so groot dat seleksie groter omsigtigheid en studie vereis.

Foto: Top koei (BH03 01 [TKP van 360 oor 4 kalwers]) met haar bulkalf langs haar van 2011 (BH 11 117).

Die eerste keuring van die meeste veilings is reeds deur die betrokke genootskap en teler onderneem. Dit is ‘n groot hulp. Die koper moet egter ook versigtig evalueer en kuddebulle aankoop wat sy spesifieke vereistes bevredig.

Dit is ‘n basiese vereiste dat kuddebulle by die betrokke omgewing en produksiestelsel moet aanpas. In ‘n suurveld omgewing sal raamgrootte byvoorbeeld beperk word.

Reproduksie is die belangrikste eienskap en verg eerste aandag. Die reproduksiepotensiaal word weerspieël deur die grootte en vorm van die skrotum asook sekondêre manlike eienskappe.

Die enigste aspek wat gemeet word is skrotum grootte en ‘n teelwaarde behoort beskikbaar te wees. Die teelwaarde syfer moet nie negatief wees nie maar na aan rasgemiddeld of hoër. Die vorm van die skrotum is

16 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 17: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

belangrik afgesien van sy grootte. Vermy die volgende skrotums waar moontlik:

• Gedraaide skrotum. Meestal ‘n draaiing na links.• Skrotums wat vorentoe of agtertoe buig.• Byballe wat in teenoorgestelde rigtings draai.• Byballe nie sigbaar nie.• Gesplete skrotum soos by boerbokke gevind word.• Hipolastiese skrotum waar een bal neig om kleiner as

die ander een te wees.

Dit is almal genetiese afwykings met nadelige gevolge in die nageslag.

Onthou om die reproduksie syfer van die moeder na te gaan. Indien sy ‘n tussenkalfperiode bo 450 dae het, moet die bul verkieslik nie gekies word nie.

Probeer om kurweknakker bulle te identifiseer waarvan die geboortegewig teelwaarde onder 1kg is met goeie speendirek en GDT syfers.

Indien kalwingsgemak bulle benodig word sorg dat die keuse by ‘n geboortegewig is wat onder 40kg is met ‘n teelwaarde onder ras gemiddelde en die bul nie prominente skouers, of breë heupbene het nie. Bulle met ‘n growwe beenstruktuur moet liewer vermy word.

Bespiering is belangrik aangesien dit gekoppel is aan naspeengroei (GDT) en voeromsetverhouding. Selekteer bulle met ‘n GDT teelwaarde bo rasgemiddeld. Vermy oorbespierde bulle of bulle met ‘n 2kg plus teelwaarde

vir GDT. Hulle is uitskieters wat gewoonlik nie goeie balans teel nie.

Speendirek is ‘n belangrike groei-eienskap. Selekteer bulle met hoër speendirek teelwaardes sodat hulle stewige speenkalwers sal teel met groeipotensiaal.

Selekteer bulle met moeders wat voldoende melk produseer. Hulle dogters sal swaarder speenkalwers gee met ekonomiese voordele.

Selekteer bulle met maternale teelwaardes bo rasgemiddeld.

Bly dus by medium grootte kuddebulle met ‘n hoogte teelwaarde na aan rasgemiddeld.

Haarkleed en veldikte. Verkieslik glad en blink met ‘n goeie dik vel.

Manlike kop met lewendige oog. Hulle is die bulle met goeie libido.

Vermy regop of te sekel hakke. Gesonde goed gevormde verkieslik swart kloue.

Vermy swak kootgewrigte

Kuddebulle verteenwoordig ‘n aansienlike belegging maar dit is krities vir die sukses van die teelprogram. Maak gebruik van al die hulpmiddels in die seleksieproses en pas goeie bestuurspraktyke toe sodat die bulle goed funksioneer en die kudde op ‘n ekonomies doeltreffende basis plaas.

17Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 18: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Vêr in die ou Kalahari loop vandag groot troppe Drakensbergers waar vroër net skape en rooibeeste gewei het.

‘n Nasionale Monument

Tussen Postmasburg en Griekwastad teen die Langberg wei Philip van Staden se kommersiële beeste onder ekstensiewe toestande in baie van die kampe waar die koeie loop was tot n dekade gelede net met skape geboer-water was te min vir beeste.Boerdery hier is ekstensief en op geen van die plase is Eskom krag.

Water is lewe en sonpompe en windlaaiers verskaf die elektrisiteit om water 100+ meter uit die grond te haal. Son is volop hier en drie tot vier boorgate kan elke trop koeie van ±150 voorbly. Moderne tegnologie het dit moontlik gemaak om meer water te herwin.

Die kleinste kamp is 450ha. In hierdie wêreld moet ‘n bees wil stap om te kan oorleef. Die Drakensberger benut dele in die Langberg waar geen ander beesras wil klim.

Op hierdie plase kry die woord ekstensief nuwe betekenis. Hierdie

is harde wêreld waar jy nie in die somer maande tussen 11vm en 3nm uit vrye wil in die veld wil wees, as temperature bo 40°C bly en by tye 45°C raak.

Dit is ‘n ongenaakbare wêreld, kom jy van die Hoëveld en kom kuier in die somer lê jy snags en sweet. Die insekte hier is hard, die sand is baie en die reën maar skaars met 230mm gemiddeld per jaar.

Ekstensiewe beesboerdery kry hier ‘n nuwe betekenis. Geen van die plase het permanente hanterings geriewe behalwe by die woonhuis, ‘n Stel verskuifbare krale word twee maal per jaar na elke trop beeste geskuif. Bosluise kom glad nie hier voor. Die enigste enting wat ‘n bees kry is alle verse word stam 19 Brucelose entstof gespuit by speen.

Elke trop beeste word 2 x per jaar gewerk. Klein kalfies word dan gekastreer en onthoring en groot klawers word gespeen. Ossies en ‘n gedeelte van die verse word as speenkalwers verkoop. Speenverse geselekteer om mee te boer word opgelaai en by die volgende trop afgelaai – om inteling te voorkom. Drie bulle loop by 150 koeie deur die jaar. Verse word nie eenkant groot gemaak tot op ‘n sekere gewig of ouderdom.

Elke trop beeste word ten minste elke 2de dag besoek om hoofsaaklik water na te gaan. Diere in die waterjaard word tydens ‘n besoek waargeneem, maar geen sprake bestaan van individuele aandag of behandelings.

Drakensbergers in Gordonia PRESTEER EKSTENSIEF

18 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 19: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Vir die afgelope 15 jaar kom al Philip se bulle van sy broer Johan by Bonheim en spesiale aandag word aan geboorte massas gegee aangesien dit die sukses van hierdie ekstensiewe boerdery waarborg. Alle bulle word in veldkondisie in die Kalahari afgelaai.

Met verkoop word kalwers met verskuifbare laaibank in die nasionale pad gelaai om te voorkom dat trokke vassit.

Philip is ‘n speenkalf produsent en nuwe Drakensberger kuddes begin nou vestig aangesien speenverse nou aan boere beskikbaar gestel word wat op soek is na ‘n geharde Afrika bees vir hierdie deel van die wêreld.

Lank lewe die winsbees in die Kalahari

Johan van Staden

HOËVELD Drakensberger StudiegroepTUISTE VAN DIE KOMMERSIëLE DRAKENSBERGERTELER

HDSG 10 JAARLede van die studiegroep: Neem kennis! Ons vergadering op Dinsdag 10 Februarie 2015 om 09:00.Dit is ons studiegroep se 10de verjaarsdag en ons wil u aanmoedig om man en muis op te daag, sodat ons opnuut ons solidariteit kan bewys; ons liefde vir Drakensbergerbeeste met mekaar deel en van mekaar leer vir kennis wat ons nodig het.

Die dag begin om 9:00 op Standerton by die Skougronde, waar ons ons motors gaan los en ‘n bus haal vir ‘n safaribesoek aan verskeie kommersiële telers wat groot sukses met DB beeste behaal, asook met hul skaapboerderye en gesaaides. Ons besoek vir Jan van Zyl, Naas Steyn, Johan Hancke, Hannes Lombard en Gert du Preez.

Ons sal met Kasselman Veiligheidsdienste reël vir die veilige bewaring van u voertuie.

U word versoek om ‘n braaipak vleis, ‘n koffiebeker, papierbord, mes en vurk saam te bring, sodat ons nie ons gashere met skottelgoed en baie logistieke bemoei nie.

As u die dag wil meemaak, skakel asb. vir Piet de Villiers by selnommer 073149985.

GroetePIET DE VILLIERS

FOTO: Johan Rautenbach

19Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 20: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

AANBOD VERKOOP % GEM. PRYS HOOGSTE PRYS VERKOPER KOPER

BULLE 41 33 81 R28 576.00 R50.000.00 P J Taljaard E G Esterhuysen

KOEIE 10 10 100 R8 000.00 R8 000.00 H Meyer MG Beneke

Op 26 & 27 Augustus onderneem ‘n groep lede van OTDK ‘n bussietoer op besoek aan van ons kommersiële kopers. Daar word oorgeslaap op Jonkersdam en die koue wys wie is baas.

Die krale en tent is reeds opgeslaan en op 2 September is die groot aankoms van diere. Oom Eli van der Merwe al die pad van Pelgrimsrust, Kobus Davel en Graham Esterhuysen van Dullstroom, Peet van Vuuren van Bronkhorstspruit, Johan en Pikkie Uys, Jim Roos en Willie en Kallie Watermeyer van Volksrust, John en Vic Roos van Carolina, Jannie Jacobsz en Petrus Taljaard van Ermelo en Reinier van Rensburg van Frankfort. Hans Meyer van Charl Cilliers bring ‘n vrag dragtige kommersiële koeie.

Om 14:00 begin die “screening” met Reinier van Rensburg en Jan Crous as Beskermhere net om seker te maak al die diere en hul papiere is in plek. Net die beste is goed genoeg.

Die aand om 19:00 hou ons makitie soos net Pikkie Uys dit kan reël. Petrus Taljaard, voorsitter van die klub, verwelkom al die gaste, borge, beamptes en verkopers. Petrus se dogter, Lorencia, het ‘n DVD gemaak met die tema “van Toeka tot Nou” en dit word vertoon. Piet de Villiers vertel van sy wedervarings en “skool slip” om altyd die Ermelo veilings by te woon. Magiel Blom dra die groete en gelukwense van die Raad en Genootskap aan die klub oor. Piet de Villiers doen die tafelgebed en daar word tot laat gekuier.

Op 3 September is dit veilingstyd en daar heers ‘n gesellige atmosfeer.

Kopers en vriende daag op van heinde en verre, Lüneburg in KwaZulu Natal, Petrus Steyn, Ventersburg en Vrede in die Vrystaat, Heidelberg in Gauteng en Mpumalanga is ook goed verteenwoordig. Die bulle en vroulike diere, deur die Hoëveld Studiegroep voorsien, word besigtig en elke verkoper is aktief deel van die besprekings. Om 11:00 begin die veiling met Frik Verster en sy span in beheer. Hier en daar word gekibbel oor pryse maar kort voor lank is die veiling verby en nou word daar afgereken, diere gelaai en opgeruim.

Vir oulaas word daar saam gekuier en lekker geeet en nou word die pad weer gevat, huistoe, beeste toe, terug na die gejaag van die alle daagse lewe.

Resultate van die veiling.

OTDK VIER FEESNa vele beraadslaging

het ons die besluit geneem dat die 50 ste

Ermelo Drakensbergerveiling, aan gebied deur die OTDK, na Standerton omgewing moet verskuif. BKB VAN WYK word as Afslaers aangewys met Frik Verster op die rostrum. Datum is 3 September 2014 en plek Jonkersdam 10 km van Standerton.

“Oupa, Hoekom is daar nie n swart Drakensberger-bul op die voorblad nie?”Mnr. Rodney Neuman leer sy eerste kleindogter, Taylor Shaftoe (5maande) sommer van kindsbeen af om saam met hom Landbouweekblad te lees. Rodney boer naby Vrede saam met sy broer, Leonard, met Drakensbergers, Merino’s en Holsteins. Hulle was in 2012 Molatek se nasionale Veeboer van die jaar, en diere uit hul Drakensberger-stoetery behaal gereeld die hoogste pryse op veilings. Verlede jaar is die bul HN0923 vir ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys van R345 000 verkoop.

Rekordprys

20 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 21: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

In die Mekka van die beeswêreld, die Texas van Suid Afrika was die Nasionale Jeugskou hierdie jaar in Vryburg gehou. Die Gauteng span bestaande uit 72 kinders en 11 afrigters se Provinsiale hemde was geborg deur Marico Valley Drakensbergers en vir die eerste keer was die Drakensberger-logo op elke kind en afrigter se spandrag.

Met dank hiervoor aan Brian en Sharon.

Bonheim Drakensbergers het die 3 bulle voorsien waarmee die span geskou het. Johan van Staden is die vleisbees provinsiale afrigter

Kompetisie was straf soos in hierdie deel van die wêreld verwag kan word. In die enkel klasse is Brahman verse vir die wenners by die juniors en seniors uitgeloot. Beide klasse in die individuele afdelings is dan ook deur Brahmane gewen. Die eeu oue gesegde is maar waar want; as jy in Rome is dan maak jy soos die Romeine maak.

Die nasionale skou was ons 4de vir die jaar. Interskole is daar tussen Wagpos (Brits) en Bekker (Magaliesburg) geskou. Hieruit is ‘n provinsiale span gekies. Die span het dan ook in Pretoria geskou tydens die Jakaranda skou- hier behaal beide die juniors en seniors tweede plekke in die groepskou afdeling.

Terug by Vryburg: Die Jeugskou bestaan uit 4 afdelings

Eerstens skryf die kinders ‘n teorie toets oor basiese kennis van die bees wat, siektes, bouvorm, voeding en die anatomie insluit.

Tweedens was ons die bees

Derdens berei ons die bees voor en maak hom blink vir

die skouring

En dan SKOU ons die bees

Staan kan ons staan – let op been en klou plasings

Die hoogtepunt is die groepskou waar 3 juniors en 3 seniors saam skou en waar spanwerk en individuele vermoëns tot die uiterste beproef word.

Nasionaal het ons net ‘n Junior span gehad en kom ons derde.

Let op hoe die groep saam beweeg en met mekaar moet kommunikeer

Gauteng Junior groep voor die Hoofpaviljoen

Interessant dat hierdie klas 2 uur die middag geskou het toe die kwik op 36 grade gestaan het. Van die swart Europese rasse wat ook in die ring was, het

OKTOBER 2014 TE VRYBURGNasionale Jeugskou

21Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 22: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

(gepant)-vinnig asem gehaal en hitte stres gewys. Met bolle skuim om die bek, terwyl die toeskouers nie kon glo die Drakensberger toon geen tekens van hitte stres –Hier lê dus nog ‘n opvoedings taak voor maar ons kon dit visueel bewys.

           Gesinkroniseerde spanwerk soos in gesinkroniseerde ballet

EN JA..........Somtyds is daar net tyd vir spog en mooi lyk

My dank aan die kinders wat met strawwe oefening en harde werk die bulle met geduld skougereed gekry het en streef om bo uit te kom. Sonder julle sal hierdie spogdiere nie ‘n toonvenster vir die Drakensberger ras kan wees nie. Verder dank ek my hemelse vader vir die geleentheid om steeds te kan werk waarvoor ek lief is.

Bonheim GroeteJohan van Staden

Die finale jaar Veekunde studente van die Universiteit het vanaf 27 September tot 1 Oktober verskeie boer in Vrede distrik besoek as deel van hul jaarlikse praktiese opleiding. Die 30

studente en 2 dosente het besoeke afgelê by mnre Arthur de Villiers (Bonsmara), Freddy en Mark Schmidt (Bovelder en Dohne Merino), Neuman Broers (Drakensberger en Merino), WO Beefmasters en by Manie en Karen Wessels (Dormer).

Dinsdagoggend is besoek afgele op die plaas “Excelsior” van die Neuman Broers. Mnr Gert Smit, Raadslid van die Merino-telersgenootskap het die studente meer vertel oor die Merino en ook ‘n borgskap van die Merino –telersgenootskap aan die studente oorhandig. Onder leiding van mnre Danie Cronje en Dreyer Nel is ‘n groep ramme en ooie prakties bespreek en het die studente die geleentheid gehad om self die ramme prakties te beoordeel.Mnr Leonard Neuman het aan die studente verduidelik waarom hy ramme op die veld toets en die welslae wat hy daarmee behaal.

Daarna het mnre Rodney Neuman en Pikkie Uys die Drakensbergerras bespreek aan die hand van bulle en koeie. Rodney het ook spesiaal ‘n paar diere met erflike

gebreke spesiaal gehou sodat die sudente dit in die praktyk kon waarneem. Daar is ook ‘n borgskap van die Drakensbergerbeestelersgenootskap aan die studenteleier oorhandig. Hierna is die studente op ‘n sleepwa gelaai en is beeste in die veld besoek – volgens baie studente een van die hoogtepunte van die besoek. Na ‘n heerlike middagete kon die studente sien hoe Drakensberger bulle gekeur word deur mnr Pikkie Uys en Piet de Villiers.

Aan die einde van die toer het dr Hannes Dreyer (wat as toerleier opgetree het) ‘n vraelys aan die studente uitgedeel. Hiervolgens was die besoek aan die Neuman Broers en spesifiek die rit met die sleepwa na die Drakensbergers in die veld een van die hoogte punte. Die volgende kommentaar verdien vermelding:

me Mareli Smalberger: “I had a lot of fun and I’m amazed at the hospitality of the farmers”

Me Elanza Wiese: A great tour ! Excellent farming construction with farmers striving for perfection! I’m proud to be part of the agricultural industry in the future”

Mr Dominic Gore (South Sudan): “Wish successful farming can spread to the whole of Africa”

Links: Al die studente wat die dag op die plaas was, die drie mans aan die regter kant is Mnr. Rodney en Leonard Neuman en agter staan dr. Hannes Dreyer; Middel: Die hemde wat die student aangehad het tydens die dag. Regs: Die studente op die sleepwa

N.S. Twee weke voor die nasionale Jeugskou in Vryburg is ons span borg Brian Viljoen se vrou Sharon in ‘n frats ongeluk oorlede toe sy by die huis geval het. Sterkte in hierdie moeilike tyd, Brian.

Onthou soos die Elvis Blue Song sê: Ons is gemaak om ons spore hier te los.....

UP STUDENTE OPLEIDING

22 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 23: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Die studiegroep het vir ‘n tweede keer op Saterdag 13 September 2014 vergader, aan huis van Thys en Esna Le Roux. Daar was 25

lede en van hulle vroue teenwoordig, ten minste 6 persone kon op die nippertjie nie opdaag nie as gevolg van dringende plaasverpligtinge.

Dit was inderdaad ‘n leermekaar–ken geleentheid. Die helfte van ons is om 9-uur met ‘n bus weg uit Reitz na Thys se plaas by Susannaskop, waar die ander al op ons gewag het. Alreeds op die bus het die ouens en mevrouens lekker gesels en nuwe vriendskappe gesmee.

Met Thys as voorsitter is ‘n hele aantal sake bespreek in verband met die teling en bestuur van Drakensbergerbeeste. Ons het ook ‘n praktiese sessie gehad, waar ons met Thys se kommersiële beeste gewerk het. Hermaas Potgieter het ‘n pragtige bespierde bul asook ‘n poenskopbul saamgebring wat die lede waarlik beïndruk het. Met teepouse en middagete het die lede eers lekker gesels en gekuier, saam vleisie gebraai en drankies geniet op goeie buurmanskap.

Die Vrystaat studie groep by die kraal, met Hermaas Potgieter se bulle in die voorgrond.

Aankoms en registrasie, daar word gesellig gekuier.

VRYSTAAT

Lede van die Vrystaat studie groep in die bus oppad na Thys le Roux se plaas.

VRYSTATERS! kom bewys jul solidariteit; julle liefde vir jul pragtige swart koeie; kom maak nuwe vriende en kom skakel in by die uitruil van kennis en bestuursvaardighede wat ons vir mekaar leer.

Ons bied ‘n leerder keuderskursus op Volksrust en Gryshoek aan tydens die week 13, 14 en 15 Januarie 2015. Ek het reeds 28 lede geïdentifiseer wat ek wil uitnooi en wat aangedui het dat hulle die kusrus wil bywoon.

Laat weet onmiddelik as jy die kursus wil bywoon. Skakel vir Piet de Villiers by selfoonnommer 073 143 3985 Lizanne Vermeulen by die kantoor 051 410 0968 om u deelname te bevestig en sodat ons die kursusmateriaal betyds by u kan uitkry.

GroetePiet de Villiers

LEERDER KEURDERS-KURSUS

Herman Claasen se boerewors met fetakaas en olywe is ‘n smaaksensasie en ons is dik vriende uitmekaar. Ek sal nog die resep by hom kry en dit in die volgende nuusbrief publiseer.

Ons dank aan Molatek en Danie Fourie vir die drinkgoed en vuurmaakgoed en vir sy reëlings by die ete. Dank aan Esna vir die bykosse en dat ons haar huis kon gebruik. Dank aan die DBTG vir hul ruim borgskap om die kostes vir die dag te diens. Dank aan Jacoline Fourie wat die registrasie behartig het en vir haar hulp aan Esna met die voorbereiding van die voedsel.

Ons volgende vergadering vind plaas op Saterdag 21 Februarie 2015, by Gawie en Mona Roux op hul plaas Rondebossie by Ventersburg. Die program sluit die volgende in:

1. Mnr. Peter Milton praat oor “Backgrounding” van speenkalwers en die toekomsverwagtinge in vleisbeesteling;

2. ‘n Persoon van Stamboek kom praat oor die interpretasie van veilingskatalogusse;

3. Gawie self praat oor teelwaardes;4. Die praktiese sessie sal ‘n besoek aan hulle fase C toetsfasiliteit

insluit en besigtiging van beeste.

As u die dag wil bywoon, skakel my, Piet de Villiers, selnommer 0731433985 of die voorsitter Thys le Roux, selnommer 0829449163 of Gawie Roux by selnommer 0832645487.

GroetePIET DE VILLIERSSEKRETARIS

Drakensberger Studiegroep Nuus

23Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 24: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

24 April 2015 NASIONALE VEILING Parys Afri-Dome

27 MEI 2015 BUFFALO VALLEY PRODUKSIEVEILING Carolina (John Roos 082 809 7941)

1 JULIE 2015 KWA ZULU NATAL BUL EN RAM VEILING Vryheid (Edwin Schroeder 082 457 6710)

21 JULIE 2015 ROUVUS INLIGTINGSDAG EN PRODUKSIEVEILING Ventersburg (Gawie Roux 083 264 5487)

22 JULIE 2015 INLIGTINGSDAG NEUMAN BROERS 22 Julie 2015

29 JULIE 2015 KAROO DRAKENSBERGER KLUB Middelburg Kaap (Johannes Retief 082 385 1821)

29 JULIE 2015 ALLE RAS VEILING Ermelo (Petrus Taljaard 082 493 4137)

6 AUGUSTUS 2015 NEUMAN BROERS Vrede (Rodney Neuman 082 746 8142)

7 AUGUSTUS 2015 KURUMAN BUL EN RAM VEILING Kuruman (Johann Fourie 082 772 7716)

8 AUGUSTUS 2015 CALELA PRODUKSIEVEILING Ermelo (Jannie Jacobsz 082 820 4706)

11 AUGUSTUS KOBUS DAVEL EN MIKE BRACHER PRODUKSIE VEILING Uitvlught Belfast (Kobus Davel 083 625 6806)

12 AUGUSTUS 2015 VRYSTAAT DRAKENSBERGER KLUB – PLAAS BLESBOKFONTEIN LINDLEY

Lindley (Johan Rautenbach 082 780 1189)

19 AUGUSTUS 2015 OOS TRANSVAAL DRAKENSBERGER KLUB Ermelo (Petrus Taljaard 082 725 4862)

10 SEPTEMBER VRYBURG STOETVEEVEILING Vryburg (Johann Fourie 082 772 7716)

10 SEPTEMBER 2015 6 PLUS TELERS Bultfontein (Petri Bezuidenhout 082 859 7023)

17 SEPTEMBER 2015 SUIDELIKE HOëVELD DRAKENSBERGER KLUB Vrede (Louis Botha 082 825 2431)

1 OKTOBER 2015 NOORD-WES DRAKENSBERGER KLUB Klerksdorp (Jean Vd Merwe 082 719 7521)

8 OKTOBER 2015 ROUXVILLE ALLERAS VEILING Rouxville (Johannes Retief 082 385 1821)

19 NOVEMBER VRYBURG STOETVEEVEILING Vryburg (Johann Fourie 0827727716)

Good afternoon all,

I was busy with Gerhard Botha this afternoon. Three or Four years ago he bought some open Drakensbergers from one of the Willemse family, not sure who. They were intended for the feedlot, but before they entered, his Bonsmara bulls got in with them. He was extremely impressed with the resultant calves. He says roughly 2/3 were black, one third brown. They performed exceptionally well in the feedlot. He let some of the females mature and he says that they are the most beautiful animals on his farm, they are indeed very attractive!

In any case, I would say that crossing Drakensberger bulls with local commercial red cattle, for feedlot calves with hybrid vigour is something that should be promoted.

Neil

A WORD FROM THE VET

2015DRAKENSBERGER VEILINGSDATUMS

Die Nasionale Veiling 2015 sal op Vrydag 24 April 2015 by die Afridome te Parys plaasvind. Ons nooi u voortydig uit om u bulle en top vroulike diere vir hierdie prestigé geleentheid uit te soek. Dit is dan ook die plek waar die beste bulle

van onderskeie telers beskikbaar sal wees. Hier is die plek om u stoetbul vir volgende jaar uit te soek.Pikkie Uys het in 2014 ‘n grootse poging aangewend om uitstaande vroulike diere uit Mpumalanga op die veiling beskikbaar te hê. Dit was ‘n reuse sukses en ons wil dit hierdie jaar nasionaal uitbrei. Pikkie Uys sal verantwoordelik wees om diere te werf vir dié veiling.Rodney Neuman is die Raadslid verantwoordelik vir die oorhoofse reëlings van die Nasionale Veiling. Alle inskrywings en navrae vir die Nasionale Veiling moet aan Lizanne Vermeulen by die Kantoor gestuur word. Verblyf opsie by die Domé is beskikbaar Kontak Jean van der Merwe as u meer wil weet van (op die terrein) reëlings.

Nasionale veiling 2015

Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief24

Page 25: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Eksamen tyd is byna verby en “toemaak tyd” vir al wat besigheid is, is naby. Vakansie beplannings is reeds gedoen, eersdaags is dit tyd vir die see,

tyd om weg te kom van die daaglikse gejaag, tyd om te rus.

Ons, as boere, besef ook maar alte goed dat hierdie tyd sy eie uitdagings het want ons is uitgesluit uit bogenoemde groep. Werkers is met verlof en die wat veronderstel is om te werk, kuier gereeld by “Bacchus”, ongewenste kuiergaste kom kuier by die werkers, leeglê is aan die orde van die dag en diefstal vier hoogdy. Daagliks sal ons as boere op ons pos en ons hoede wees.

Dit is egter ook ‘n tyd van stilte, ‘n tyd van rustig wees, ‘n tyd van dankbaar wees. ‘n Tyd saam met die familie, maar ook ‘n tyd om te besin waarheen ons op pad is. ‘n Tyd waar ons naby ons Skepper leef want dit is die tyd wat ons die geboorte van Jesus vier.

Namens die Raad wil ek elkeen van u en u gesin ‘n Geseënde Feestyd toewens en mag 2015 vir elkeen van ons net Voorspoed, Vreugde en Geluk bring.

Magiel & Linda Blom

Kerswense

Lede wat die afgelope jaar aangesluit het is LJ &WJ Kraynauw,   Monja Esterhuysen en Rooipad Drakensbergers (Werner Vermeulen). Brain Viljoen neem die Marico Vallei Drakensbergerstoet oor en Hannes van Wyk die Rodora Drakensberderstoet. Die genootskap verwelkom graag die nuwe lede.

Nuwe

AANSLUITINGS

Welkom!

Die groot80

Geluk!Baie geluk aan Hannes en Helena van Dyk met hul nuwe baba dogtertjie.

Oom Daan Bothma, links, het in Oktober 80 geword. Hier is hy

saam met sy twee broers, Pieter en Frans.

Oom Eli en Tannie Shirley van der Merwe. Oom Eli

het ook in Oktober 80 geword

25Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 26: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

Die Raad het, na die aanbevelings van die Veekundige Beraad van 2013 en die Genetiese Ontleding wat Charl Hunlun van SA Stamboek oor die Drakensberger gedoen het, ernstig

besin rakende die skep van nuwe teellyne. Dit is vir ons duidelik dat die inteling van die Drakensberger in die toekoms probleme kan skep. Die genepoel moet drasties vergroot word. Ons besef terdeë dat daar groot kommersiële kuddes is wat die potensiaal het om ‘n groot bydrae te lewer tot nuwe teellyne.

Met inagneming van bogenoemde het die Raad aan die Algemene Jaarvergadering van 2014 voorgestel om ‘n drastiese poging aan te wend om ons genepoel te vergroot en dit is so aanvaar. Ons gaan vir ‘n onbepaalde tydperk alle nuwe Eerste Aanvaardings (Hulpstamboek A diere) opneem in die kudderegister sonder jaarlikse heffings aan die Genootskap. Die teler sal net verantwoordelik wees vir die direkte koste vir die keuring van die diere. Dit behels reiskoste van die keurders en ‘n eenmalige administrasie fooi van R10.00 per dier. Nuwe lede sal dan ook verantwoordelik wees vir die aansluitingsfooi en jaarlikse ledegelde. Nuwe lede moet ook by SA Stamboek aansluit. Diere moet duidelik identifiseer word, Geboortes aangeteken word (geboorte gewig is opsioneel en word aanbeveel), speengewigte is verpligtend en nog een gewig op 12 en of 18 maande. Ons onderhandel tans met SA Stamboek om ‘n gedeeletelike subsidie vir die Stamboekfooie. Die enigste voorwaarde is dat dié nuwe diere nie binne 12 maande verkoop mag word as Hulpstamboek A diere nie. Sou die diere egter daarna verkoop word sal die toegewing van heffings verval en sal die nuwe eienaar aan die normale heffings vir die diere onderhewig wees.

Die nageslag van hierdie diere (Hulpstamboek B) sal aan die normale heffings onderhewig wees. Enkelbul parings kan gedoen word maar meerbul parings is toelaatbaar. Vaderskap moet dan bewys word deur middel van DNS vir die diere wat in die kudde gehou word om verder mee te teel. Hierdie toegewing geld net vroulike diere.

Keuring van Hulpstamboek A Bulle is toelaatbaar en word ook sterk aanbeveel. Dit sal egter uitstaande bulle moet wees wat ‘n wesenlike bydrae sal maak tot die verbetering van die bestaande koeikudde. Daar is bewyse van bulle uit kommersiële kuddes wat deur VBRSA getoets is wat uitstaande is en verseker eienskappe besit wat noodsaaklike verbetering teweeg kan bring en nogtans onverwant is aan die meeste stoetkuddes.

Ek nooi u uit om van hierdie geleentheid gebruik te maak, ook bestaande telers, om hierdie grootse poging om ons genepoel te vergroot en ons geliefde bees te verbeter maar ook sy voortbestaan verseker.

Magiel Blom.

Die keuringsvereistes vir poenskop diere het verander. Die vorige kriteria vir keuring van die betrokke groep was as volg, ’n SP bul en ’n SP koei het ’n SP kalf wat ’n poenskop is. Die

kalf kan aangebied word vir keuring en indien die kalf aan keuringsvereistes voldoen, met aanvaarbare syfers en op voorkoms, word die kalf gekeur en as poenskop geregistreerde dier erken en so aangeteken.

Die vordering met genetika maak dit egter moontlik om deur die gebruik van DNS groeperings(allele), spesifieke merkers te identifiseer en te bepaal wat spesifiek “merk” vir poenskop diere. So is daar ’n 303 en ’n 305 alleel wat baie spesifiek is vir poenskop diere, dit bevestig die poenskop geen is vasgevang in daardie dier. Dit bevestig ook dat die spesifieke dier nie van ’n ander beesras afkomstig is wat nie horings dra nie.

Daar is egter ook die sogenaamde “wild gene”, ’n DNS groepering wat ongelukkig nog nie identifiseer is nie, wat ook verantwoordelik kan wees vir die voorkoms van ’n natuurlike poenskop dier. Indien die 303 en 305 alleel nie teenwoordig is in die poenskop dier nie, word daar getoets vir die Angus geen(alleel). Indien die Angusgeen AFWESIG is, word aanvaar dat die betrokke Dakensberger die poenskop geen dra, (die wild gene), wat tot gevolg het dat van sy nageslag ook natuurlike poenskoppe sal wees.

Die DNS bepaling kan natuurlik ook gebruik word om te bepaal of daar Angus blootstelling was aan Drakensbergers, die toepassing daarvan sal interessant wees wanneer Drakensbergers met verdagte oorsprong evalueer word.

Die prosedure is as volg, haarmonsters, wat die haarfollikel bevat, word gestuur na Unistel Dieredienste en daar word op die aansoekvorm aangedui dat die toets wat versoek word, die evaluasie van die Poena is.(nr 10 op die vorm). Daar is kostes verbonde aan die uitvoer van hierdie toets, op hierdie stadium beloop die kostes R420.00 rand per ondersoek.Die vorm is by die kantoor beskikbaar, of direk vanaf Unistel.

Die korrekte modus operandi is dus om, indien u poenskop diere wil laat keur wat NIE SP diere is nie, die DNS toets te laat doen VOOR keuring, betyds om die bewys van poenskopgenetika beskikbaar te hê tydens keuring. Sodoende sal daar diere gekeur kan word wat NIE SP status dra nie.

Indien ’n bul of ’n koei geneties bevestig is om draers te wees van die spesifieke merkers vir die natuurlike poenskop, klink dit logies dat die nageslag wat verwek word uit die betrokke diere, NIE ook getoets hoef te word nie. Vaderskap/moederskap bepaling is egter noodsaaklik om te doen vir die kalf, om kontrole te hê oor ’n nuwe konsep. Hierdie vaderskap/moederskap bepalings word al lank reeds gedoen deur Unistel of die LNR.

Hierdie besluit is geneem op die Algemene Jaarvergadering soos gehou op 26 September 2014 en is eenparig deur die lede aanvaar.Die raad vertrou dat dit nuwe geleenthede skep vir die innoverende teler.

POENSKOP DRAKENSBERGERS: Die nuwe benadering

eersteaanvaardings

26 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 27: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

MPUMALANGA PIKKIE UYS: 082 857 5022Jim Roos BELL MORGAN RANCH CCMike BracherKobus DavelPiet de VilliersFrans Duminy VolksrustGraham EsterhuysenJannie Jacobsz JACOBSZ FAMILIE Frans Joubert MORGENZON LANDBOU AKADEMIELJ en WJ KrynauwGarry Murphy DALBERRY PROPERTY 15 (PTY) LTD Jan & Johan Rautenbach ChrissiesmeerPetrus TaljaardJohan & Pikkie UysCorné van der Merwe AmersfoortEli van der MerweJaco van der Merwe GreylingstadWillie & Kallie Watermeyer

KWAZULU-NATAL (NNDK) Pikkie Uys in samewerking met Edwin SchroederUdo BenekeVolkmar BohmerRoy FergusonHans & Heinz SchutteEdwin Schroeder 082 457 6710

GAUTENG/LIMPOPO MAGIEL BLOM 082 459 9739Frik Barnard dr.Jan DhoogeJan EhlersMonja EsterhuizenGerrit Grobler Adv.Peet Janse van Vuuren

OOS-VRYSTAAT/AUSTRALIË (SHDK) RODNEY NEUMAN 082 746 8142Louis & Hans WillemseLouis BothaRodney & Leonard Neuman NEUMAN BROERSMarthinus WillemseJohan, Izak & Jannie Botha

Kommersiële telers in die streke is ook die Raadslid se verantwoordelikheid.

2014/15 STREEKSINDELING

27Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

Page 28: NUUSBRIEF / NEWSLETTER December 2014.pdf · NUUSBRIEF 1. Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering 2014 4. Jaarverslag 5. Veilingsverslae ... 2015 se datum

SUID-VRYSTAAT/KAROO/OOS-KAAP (suid van N8) FANIE VAN DYK 082 774 4952Liesl FosterFreddie Wasserfall OTJIWA BOERDERYJOHANNES RETIEF Insamewerking met Fanie van DykWillem BothaJan & Frans Erasmus drr.WA de Jongh dr.Casper LabuchagneBrad en Melissa Read BLACKSTONE PROPERTIESClift Frewin NEUSBERG DRAKENSBERGERSChristie Opperman Tobie Niemand TrustVan Zyl NaudeGrant Naude NTIQUE BOERDERYSP van der Walt

WES-VRYSTAAT (VDK) GAWIE ROUX 083 264 5487Leon & Andre & Jan Crous CROUS BOERDERY TRUSTHenk Delport DELRAM BOERDERYHermaas PotgieterJohan RautenbachA A Stevens STEFAANS DRAKENSBERGERSAndries van der WaltReinier van RensburgEduan Naude WELGELUK BOERDERY

NOORD-WES/BOTSWANA JOHANN FOURIE/WILLIE LANDMAN 082 772 7716/083 257 8511Willie Landman & Jean van der Merwe BLACK HILLS DRAKENSBERGERS Byron Cumin CUMIN DRAKENSBERGERSR du Preez VentersdorpSP FourieElias Mokoena MOTSEKI DRAKENSBERGERSBasie van Loggerenberg Johan van StadenHannes van Wyk DIE RODORA DRAKENSBERGERSBrian Viljoen MARICO VALLEI DRAKENSBERGERSWerner Vermeulen ROOIPAD DRAKENSBERGERSKobus & Francois Weideman BLOUBOSPUT FAMILIE TRUST

WES-KAAP/NAMIBIË/LESOTHO (6+ telers) CAREL NEL 082 828 1984Kobus & Pedri Bezuidenhout BEZUIDENHOUT BROERSDaan BothmaFrannie du ToitGerrit Maritz Bruce Amstrong & John van Vuuren HIGH RIDGE DRAKENSBERGERSGys Steyn StellenboschFrancois Brown ELKANA TRUST

MOSAMBIEK/SWAZILAND JOHN ROOS 082 809 7941Philippe Degernier

Oranje Print & Packaging 2014 (083 287 7300) 13464128 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief