oggenderediens: ds. reynold fourie - gkbo.org.za · pdf filesander, am scheeres, id van der...

8
3 Desember 2017 Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld! Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie Preektema: ‘n Tyd vir gee... Gebed Sing: Lied 175 Votum en groetseën Lofsang: Sb. 1-1 : 1, 3 en 7 God se wil vir ons lewe Sing: Ps. 40 : 4 (p.205) Woordbediening Skriflesing: 2 Kor. 8:1-15 Fokus: 2 Kor. 8: 9 Tema: ‘n Tyd vir gee... Dankgebed Sing: Lied 471 x 2 Liefdegawes Geloofsbelydenis: 12 Artikels Sing: Ps. 116 : 1, 7 en 9 (p.569) Seën van die Here Sing: Ps 116 : 10 (p. 570) Ds. Reinder neem vanoggend die Nagmaalsdiens in Elsiesrivier waar. Ons bid hom die seën van die Here toe met die verkondiging van die Woord, maar ook in besonder vir hierdie gemeente wat gebuk gaan onder groot spanning met die toenemende bendegeweld in hulle omgewing. Aanderediens: Ds. Reinder Kingma Preektema: God se genade het verskyn! Votum en groetseën Sing: Lied 203: 1, 2, 3 Gebed Skriflesing: Titus 2: 11-15 Woordbediening Teksverse: Titus 2: 11, 12 Tema: God se genade het verskyn! Gebed Liefdegawes Sing: Psalm 145:2,5 Seën van die Here Sing: Amen

Upload: lenga

Post on 15-Feb-2018

269 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Page 1: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

3 Desember 2017

Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld!

Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie

Preektema: ‘n Tyd vir gee...

Gebed

Sing: Lied 175 Votum en groetseën

Lofsang: Sb. 1-1 : 1, 3 en 7

God se wil vir ons lewe Sing: Ps. 40 : 4 (p.205)

Woordbediening Skriflesing: 2 Kor. 8:1-15

Fokus: 2 Kor. 8: 9

Tema: ‘n Tyd vir gee... Dankgebed

Sing: Lied 471 x 2 Liefdegawes

Geloofsbelydenis: 12 Artikels

Sing: Ps. 116 : 1, 7 en 9 (p.569)

Seën van die Here

Sing: Ps 116 : 10 (p. 570)

Ds. Reinder neem vanoggend die Nagmaalsdiens in Elsiesrivier waar. Ons bid hom die seën van die Here toe met die verkondiging van die Woord, maar ook in besonder vir hierdie gemeente wat gebuk gaan onder groot spanning met die toenemende bendegeweld in hulle omgewing.

Aanderediens: Ds. Reinder Kingma

Preektema: God se genade het verskyn!

Votum en groetseën

Sing: Lied 203: 1, 2, 3 Gebed

Skriflesing: Titus 2: 11-15

Woordbediening Teksverse: Titus 2: 11, 12

Tema: God se genade het verskyn! Gebed

Liefdegawes

Sing: Psalm 145:2,5

Seën van die Here Sing: Amen

Page 2: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Kleuterkerk

Ter approbasie Die volgende vyftien broeders is verlede Sondag deur die gemeente as ouderlinge verkies en word hiermee aan u voorgehou:

H Buenk, GJ Costerus, H Dijkstra, W Grové, G Hattingh, H Klomp, DG Krüger, DJ Loots, DF Raath, CA Sander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok.

Ons bid hierdie broeders die leiding van Here toe in die oorweging van die roeping wat tot hulle kom.

KOLLEKTES:

VANDAG: l Sondag 10 Desember: Diakonale Kas en Instandhouding van Erediens l Diakonale Kas en Emeritaatsfonds

TEESKINK: Vandag: Son 10 Des:

VR05 en GF05 VAKANSIE

DIENSBEURTE

Vandag: Son 10 Des: Oudl. Jannie Buys Oudl. Jan de Waard Diak. Albert van der Waal Diak. Bart v Milligen

MAAND: November 2017

(03/12 - 09/12) ALLE HOSPITALE

Rulanda en Corné Oosthuizen

Indien u weet van enige siektegevalle, skakel

gerus die Chrisante vir ‘n besoek!

Dagboek 3 Desember – 10 Desember

Datum: Byeenkoms: Waar: Tyd:

VANDAG Gebedsgroep Gesprekskamer 8:30

VANAAND Kerssangdiens Kerkgebou Na die aanderediens: 19:30

Maan 4 Des Vrolike Veterane Afskeid Meerendal 11:30 by Meerendal

Kom loof die Here!

19:00

Erediens en

Kerssang

Page 3: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Kerssangdiens

Ons nou reeds alombekende Kerssangdiens vind DV vanaand net na die aanddiens plaas.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT ONS EREDIENS OM 19:00 SAL BEGIN, EN NIE OM 18:30

SOOS GEBRUIKLIK NIE!! Dit is om GK Bellville, GK Elsiesrivier en VGK Kaapstad se lidmate

kans te gee om by ons aan te sluit. Die Kerssangprogram begin dan om 19:30. Kom geniet hierdie

lofprysingsgeleentheid saam met ons.

Die Kerk-tot-Kafeïen-span gaan ons na die verrigtinge bederf met lekker koffie!

Meelewing

• Dine Cleopas se seun Robin (9 jaar), ondervind ernstige gesondheidsprobleme met tering en asma.

Ons bid vir hierdie gesin en dat die Here ook hier volkome herstel sal gee.

Baie dankie Hiermee wil ek en my familie net ons dank betoon aan Ds. Reinder en Ds. Anton vir al die hospitaal besoeke

en die besoeke by die huis met die ondersteuning met Danie se afsterwe. So ook wil ons ons dank betoon

aan die gemeente en susters vir al die boodskappe en ondersteuning en die pragtige blomme. Dankie aan

my Diaken Melita Smal vir die blomme, whats apps, drukkies en die reëlings vir my veiligheid. Liefde

Wendy Meyburgh, Corrie en kinders.

Vrolike Veterane

By die onlangse byeenkoms is daar besluit dat die afsluitingsfunksie op 4 Desember 2017 sal

plaasvind by Meerendal Wynlandgoed (Carlucci’s) net buite Durbanville.

Ons ontmoet mekaar om 11:30 daar ---- diegene wat vervoer benodig, skakel asseblief met Marié

Botha. Daar is ook ‘n kombi beskikbaar om vanaf die kerk saam te ry. Ons

vertrek Maandagoggend om 10:30. Diegene wat saam met die kombi wil ry moet

asseblief vir Anton skakel sodat ons weet hoeveel passasiers ons vir die kombi

het.

Bring asseblief ‘n geldjie saam vir ‘n ligte middag-ete -- daar gaan net gesellig verkeer word !

RSVP asseblief na Anton Janse van Rensburg, Elfriede Coetzee, Beatrice Malan of Marié Botha

sodat ons die nodige besprekings by die restaurant kan maak.

Mediateek

Die Mediateek is gesluit van Sondag 10 Desember 2017 en heropen weer op Sondag 21 Januarie 2018. Ons wens al ons lidmate wat ons deur die jaar ondersteun het, 'n geseënde rustyd toe en hoop dat baie lidmate in die nuwe jaar weer van die Mediateek gebruik sal maak.

Page 4: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Verjaarsdae

Baie geluk aan al ons lidmate wat hierdie week verjaar. Baie seën vir die nuwe lewensjaar word

julle toegebid. Spesiale gelukwensings gaan aan Joukje Berg (81) en Fanie Grové (74) wat beide

Donderdag verjaar. Mag julle almal ‘n besondere dag hê omring met vriende en familie!

03/12 VANDAG HESTIE FERREIRA GF08

JACQUES VAN DER MERWE VR2

04/12 Ma AULTMAN ALERS GF08

ANJA COSTERUS GF18

TALITHA VAN DER WALT GF08

05/12 Di GAVIN SCOTT EV2

MARYKE VAN HEERDEN GF02

06/12 Wo ANEL DE GOEDE TY1

CELLIERS DE SOUZA KE1

07/12 Do JOUKJE BERG KU2

FANIE GROVÉ KU2

HENNIE KRUGER GF03

08/12 Vr SU-ANRIE AUCAMP KE2

HESSEL DIJKSTRA GF02

ANJA MINNAAR GF08

CHARLENE STREICHER EV2

MAGDA VOIGT BR3

GRETEL WÜST GF17

Huis Sonop is 20 jaar oud Verlede vrydag (24 November) het die gemeenskapsorganisiasie Community Mental

Health and Psychiatry (CMHP - www.mentalhealth.org.za) hul jaarvergadering in Stikland

gehou. CMHP is verantwoordelik vir ’n aantal fasiliteite soos Huis Bowker, Sonop en Hensie

Vroom in ons omgewing, asook nog vier ander fasiliteite in ander gebiede in die Kaap. Die

20-jarige bestaan van Huis Sonop is ook tydens die byeenkoms gevier. CMHP kry ’n klein

staatstoelae en moet verder self fondse insamel om die plekke te bedryf. Bellville-Oos is

sedert die beginjare betrokke, aanvanklik in die persoon van Ellie ter Haar en die laaste

paar jaar deur die Stikland Bediening vrywilligers in ons gemeente wat weekliks besoeke bring en ook

geloofsfamilie GF18 wat help met benodighede.

Ons betrokkenheid word deur die bestuur hoog op prys gestel soos weer tydens die vergadering genoem

is, maar ook die inwoners verwelkom ons elke week by hulle.

Sommige van die inwoners het geen kontak met enige familie nie en moet op ’n staatstoelae oorleef. Dit

is dan ook nie onverwags dat daar by baie vreugde soos by klein kindertjies is wanneer hulle ’n geskenkie

of ’n besoek ontvang. Baie dankie vir die fondse wat deur die jaar ontvang word vir hierdie werk.

Indien jy kans sien om een uur per maand opsy te sit vir ’n besoek aan hulle, kan jy by ons groep vrywilligers

aansluit. Kontak Matt Venter vir meer besonderhede. Geldelike bydraes of ander skenkings is ook welkom.

Kontak Matt of Melandie Costerus.

Page 5: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

ONS SPENS

Baie dankie vir al die skenkings en donasies wat ons ontvang het. Dit help SO

baie en gaan vir ons gesinne ‘n heerlike, geseende Kerstyd gee.

Moet ook asseblief nie van ons gesinne vergeet deur die vakansietyd nie.

Die Spens projek gaan volstoom aan!!

Hou ASSEBLIEF aan om deur die vakansietyd kos kerk toe te bring!!

** Ons benodig die volgende produkte:

Kookolie Grondboontjiebotter Tamatiesous Koffie Tee Konfyt

Blikkies (vleis) Tuna Pilchards Pasta Mieliemeel

Cup-a-Soup pakkies Suiker Soppakkies Blikkies (groente) Oatspap Rys

Langlewe melk

Tandepasta Skottelgoedwasseep Toiletpapier

Ons Spens: Dankie, gemeente van Betesda!

Na ons oproep op Sondag 5 November i.v.m. die moeilike drie maande wat vir die Spens voorlê,

was daar baie mooi reaksie van die gemeente van Betesda. Lidmate het hulle harte oopgemaak

vir hierdie projek, en ‘n aantal geloofsfamilies het onderneem om vir die Desember aflewering vir

elke besoekpunt wat hulp ontvang ‘n houer met ekstra goedjies te gee. Ons is dankbaar vir die

gemeente van Betesda se warmhartigheid vir die diens van barmhartigheid. Terloops, die

gemeente van Betesda is op die hoek van Cherry – en Redwoodstraat, Bellair, Bellville. Ja, ons

is die gemeente van Betesda! Betesda beteken “Huis van Barmhartigheid”.

NS. Lidmate, veral dié wat nie weggaan nie, word aandagtig gemaak om die Sondae tydens die

vakansie asseblief, indien moontlik, iets saam te bring vir Ons Spens.

Toe hierdie berig klaar geskryf is kom daar nog ‘n APS 10 uur die aand van ‘n anonieme lidmaat

wat vir die vier enkellopende mense en die egpaar wat om mediese redes spesiale kos kry (sonder

dat die lidmaat weet wie hulle almal is) “kersbokse” wil opmaak! Ons beker loop oor!

Bybelstudie Ons weeklikse Bybelstudie sluit hierdie Woensdag 6 Desember af, en ons behandel die boek

Hooglied. Almal is welkom. Die Bybelstudie stukke is beskikbaar op die webtuiste

(www.gkbo.org.za) Ons hervat weer na die nuwe skoolkwartaal in 2018 begin.

Page 6: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Almanak 2018

Die nuwe Almanak van die GKSA is op pad van die Admin Buro. Hierdie boek bevat die inligting van al die gemeentes regoor Suid Afrika, maar ook dagstukkies vir elke dag van die jaar. Die dagstukkies is deur ‘n wye groep Gereformeerde predikante van regoor die land geskryf. Die Almanak kan aangekoop word teen R90. Skryf asseblief u naam op die lys in die voorportale indien u vooraf een wil bestel. Ons sal u verwittig sodra ons die besending ontvang het.

Berading in ons gemeenskap Ons hoor byna daagliks hartseerstories van verhoudings wat skeef loop: egskeidings, kinders wat wegloop omdat hulle nie met hul ouers oor die weg kom nie, mense wat verstrik raak in dwelmgebruik omdat dit na ʼn oplossing gelyk het vir stres in hul verhoudings en werksdruk. Ons kan onsself distansieer van “hulle” en hul probleme, totdat dit iemand naby ons raak (of ons self).

Koerante is vol van advertensies van Dokter X en Professor Y wat jou beloof hulle kan jou help met ʼn verlore liefde, dwelmverslawing, slegte skuld, om die Lotto te wen, om geld in jou rekening te kry of eksamens te slaag, soms sommer dieselfde dag nog. Geen verdere kommentaar oor hierdie klas van hulp is nodig nie. Daar is natuurlik sielkundiges wat opgelei is om mense te help volgens wetenskaplik-verantwoorde metodes. Maar daar is ook ʼn ander opsie: Bybelse Berading.

Bybelse Berading is uniek in dié opsig dat dit eerlike hulp, gebaseer op die Christelike geloof, bied. Geen medikasie word gebruik nie, tensy deur ʼn gekwalifiseerde dokter voorgeskryf. Die definisie van Bybelse Berading sê dit alles: Die bediening van God se Woord aan mense wat nie in staat is om werklikhede in hul lewens te hanteer nie — veral t.o.v. geestelike-, emosionele-, verhoudings- en demoniese aard op so 'n manier

dat hul bemagtig word om dit te hanteer in gehoorsaamheid aan God, tot sy eer en tot hul beswil.

Die berading DOEN dus nie iets vir die persoon nie, maar LEI die persoon om sy lewe self te herrangskik. Dit rus die persoon dus toe vir sy lewe verder en nie net die huidige krisis nie. Daar is wel metodes om mense te help wat die verandering nie as gelowiges wil doen nie, maar dit berus ook maar op Christelike gronde.

Die kursus is baie prakties en is oor ʼn paar Saterdae versprei, of soos die groep besluit. Omdat dit baie prakties is, is die huiswerk gevallestudies wat deelnemers geleentheid gee om hul nuut verworwe kennis toe te pas. Die gevallestudies is gebaseer op werklike gevalle uit ander omgewings, maar tipies van gevalle wat ook in ons gemeenskap teengekom kan word. Soos dit hoort by berading, word alle name en persoonlike besonderhede streng vertroulik gehou. Modelantwoorde wat later beskikbaar gemaak word, laat deelnemers toe om hulleself te meet aan bewese planne. Diegene wat die kursus voltooi het, kan dan in ʼn span in ons gemeenskap meewerk om berading te doen aan mense en groepe wat daarvoor vra. Stappe is reeds geneem om by die werk wat tans in Kraaifontein gedoen word, aan te sluit.

Page 7: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Blye Boodskap

Dit was stil die nag.

Weens gebrek aan belangstelling

te Betlehem

het engele dit aangekondig.

Toe eers het die herders

skugter in die deur kom staan,

en ver-weg het die wyse manne

nuuskierig op hul reis gegaan,

want uit 'n ster se vreemde stand

het hul iets groots vermoed.

Die groot gebeurtenis,

----so sou ons later leer---

moes juis so byna ongemerk gebeur.

Ons vind U nie in glanspapier

fanfares en kalkoene nie.

U is die brokkie brood

vir die

wat arm van gees is.

Anton van Rensburg

Page 8: Oggenderediens: Ds. Reynold Fourie - gkbo.org.za · PDF fileSander, AM Scheeres, ID van der Walt, AJ van Heerden, PK Venter en AJ Vlok. ... staatstoelae en moet verder self fondse

Betaal gerus u spesiale kollektes of bydraes met ZAPPER ! Laai die applikasie af via Google Playstore op u slimfoon. Dit is gratis! Skandeer met u foon hierdie QR-kode om u betaling aan die kerk te maak.