onderwerp 3: bevolkingsgroei en verandering eenheid 3: die ......terwyl ander siektes en gifstowwe...
TRANSCRIPT
1
1
Kopiereg voorbehou@
Onderwerp 3: Bevolkingsgroei en verandering
Eenheid 3: Die wêreld se bevolkingsgroei
(plant)variëteite verskillende soorte plante wat deel van dieselfde familie is
(oes)opbrengs die hoeveelheid (in tonne) van 'n oes wat per hektaar geproduseer word
besproeiing die voorsiening van water aan oesbare landerye op 'n plaas
uitroei raak ontslae van, uitwis, vernietig, verwyder
ontbind om te verrot, af te breek
ondervoed ondervoed, kry nie genoeg van die regte soort voedsel nie
immuniseer om iemand teen 'n siekte te beskerm, bv. met 'n entstof
navorsing 'n georganiseerde soek na feite of om nuwe produkte te ontwikkel
stres druk, spanning
opinie 'n mening oor iets, wat jy glo waar is
oortapping oordrag van bloed van een persoon na 'n ander
Die wêreld se bevolking is besig om vinniger as ooit vantevore te groei.
Die patroon van die wêreld se bevolkingsgroei vanaf 1 n.C tot vandag:
2
2
Kopiereg voorbehou@
Die wêreld se bevolking neem natuurlik toe teen 11,4 per duisend (11,4‰).
Bevolkingsgroeikoerse is die hoogste in Suid-Amerika, Afrika en Asië.
Dit is die laagste op die vasteland van Australië, Noord-Amerika en Europa.
Tot soveel as [7/21/37] lande in Afrika het hoë bevolkingsgroeikoerse van ten
minste [11/31/51] per [persoon/duisend/land] per jaar.
Rusland en ander lande in Europa het 'n [zero/geleidelike/lae natuurlike
bevolkingsgroeikoers] of selfs 'n afname in bevolking.
Ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed het
Die wêreld bevolking het vir duisende jare baie stadig gegroei.
Toe het dit skielik van omtrent die jaar 1700 al hoe vinniger begin styg.
Gebeure wat bevolkingsgroei gedryf het:
Verhoogde voedselproduksie
Vier belangrike faktore is vir verhoogde voedselproduksie verantwoordelik:
Oor die afgelope 400 jaar het boere die hoeveelheid voedsel wat hulle
kon produseer, baie stadig verhoog. Hulle het dit gedoen deur van die
gereedskap te gebruik wat uitgevind is en op groot skaal vervaardig is.
Handelaars en trekarbeiders het die nuwe gereedskap en
boerderymetodes na ander dele van die wêreld geneem.
In die 1920's het boere begin om plaasmasjinerie te gebruik (trekkers,
plantmasjiene, oesmasjiene) en kunsmis. Die het die produksie van die meeste graangewasse verhoog. Met meer beskikbare voedsel was
van die mense gesonder en het groter gesinne gehad.
Die Groen Revolusie in die landbou van die 1950's 1970's het die
grootste styging in voedselproduksie veroorsaak wat die wêreld al ooit
gesien het. Wetenskaplikes het nuwe variëteite van graansoorte ontwikkel:
mielies, koring, rys.
3
3
Kopiereg voorbehou@
Die Groen Revolusie het 'n paar voordele gebring:
Oesopbrengste van koring, mielies en rys was 2 tot 4 keer meer as ooit.
Boere kon trekkers, beter saad, kunsmis en insekdoders bekostig.
Meer plaasgrond het water deur middel van besproeiing gekry.
Die Groen Revolusie het egter ook 'n paar ernstige nadele gebring:
Sommige nuwe oesvariëteite was nie so soet en smaaklik soos
voorheen nie.
Die spesiale saad was baie duur.
Die nuwe oesvariëteite benodig baie kunsmis, insekdoder en
besproeiingswater om goeie oeste te produseer.
Groot oeste het masjinerie nodig wat die prys van die oeste verhoog.
Baie boere verval in skuld en besluit om na die stede toe te trek.
Meer voedsel, maar nog steeds honger mense
Die Groen Revolusie het die wêreld se voedselvoorraad baie vergroot.
In 2012 het meer as 'n biljoen mense egter nie genoeg kos gehad nie.
Een uit elke sewe mense op aarde ly honger.
Die wêreld se boere produseer genoeg kos vir almal, maar almal kan dit nie
bekostig om die kos te koop wat hulle nodig het nie.
Baie van die arm en werklose mense kan nie sommige van hierdie nuwe
voedsel bekostig nie, maak nie saak hoeveel voedsel daar is nie.
Wetenskaplike ontwikkelings
As gevolg van die werk van wetenskaplikes, dokters en uitvinders staan die
mens nou 'n baie beter kans om langer te leef.
Een rede hoekom daar meer mense in vandag se wêreld is, is omdat hulle
later sterf.
Siektebeheer
Dokters en navorsers het maniere uitgevind hoe hulle pasiënte kan monitor
wat die risiko vir hartaanvalle, sekere soorte kanker en ander siektes loop.
Baie jongmense wat moontlik kon gesterf het, word nou behandel.
Hulle gaan voort en lei nuttige lewens, en het soms selfs hul eie gesinne.
4
4
Kopiereg voorbehou@
Infeksiebeheer
Regdeur die geskiedenis het aansteeklike siektes veroorsaak dat sterftesyfers
hoog is en bevolkingsyfers laag.
Die mediese wetenskap het egter medisynes gevind vir die meeste van die
ergste siektes waar onder Pokke: die risiko het egter gebly.
In 1966 was daar steeds 15 miljoen slagoffers in 50 lande en byna 2 miljoen
mense het dié jaar daaraan gesterf.
Inentings het egter jaarliks verbeter.
Mense is ook verbied om te reis totdat hulle gesond was.
Teen 1980 was dit heeltemal uitgeroei.
Verbeterde sanitasie
Al meer arm mense word gedwing om in dorpe en stede te woon.
Dit maak dikwels dat aansteeklike siektes en epidemies hier vinnig versprei
weens te min skoon drinkwater.
Só help ryker lande jaarliks om die lewe van armer mense te verbeter:
Ander siektes wat nou beheer word sluit die volgende in:
•Hulle verbeter die voorraad skoon drinkwater. Vir miljoene mense kom hul enigste water om te drink, mee te kook en te was uit riviere en mere wat met chemikalieë, rioolslyk en aansteeklike siektes besmet is.
•Hulle maak sanitasieverbindings deur behoorlike rioolstelsels te bou. Dit sluit in die verseëling van pype wat rioolwater wegvoer om gesuiwer te word.
• 'n Entstof het die sterftes van tienduisende tot slegs 'n paar honderd per jaar verminder.
Geelkoors
•Dit was vroeër wydverspreid maar dit kom nou min voor.Difterie
•Beter mediese behandeling het sterftes tussen 1990 -2009 met 35% verminder en 6 miljoen lewens gered.
Tuberkulose
•Verskeie maatreëls het die voorkoms hiervan tussen 2000 en 2010 met 50% verminder, en dit in sommige lande heeltemal uitgeroei.
Malaria
5
5
Kopiereg voorbehou@
Blikkieskos of bevrore voedsel
Alle mense het goeie voedsel nodig om te eet.
Voedsel wat egter te lank gebêre word raak sleg.
Voedsel begin ook sleg raak wanneer dit te lank neem om van die plaas tot by
die mark te kom.
Bakterieë en muf wat op en in voedsel groei veroorsaak dat voedsel verrot.
Hierdie organismes is baie klein, eenvoudige lewende organismes wat slegs
deur 'n mikroskoop sigbaar is.
Daar is duisende verskillende soorte bakterieë en muf.
Sommige soorte help die mens en is selfs noodsaaklik vir menslike lewe,
terwyl ander siektes en gifstowwe veroorsaak, wat kan veroorsaak dat mense
siek word.
Bakterieë en muf wat op voedsel (vleis, vrugte, brood) groei veroorsaak dat
die voedsel verrot.
Lank gelede het ons voorouers party soorte voedsel vars gehou deur dit te
droog.
Deesdae is die twee maniere waarop die verrotting van voedsel gekeer kan
word, inmakery en verkoeling.
Ander metodes sluit ook die droging en inlê van voedsel in.
Verkoeling
Verkoelde of bevrore voedsel kan die mark weke of selfs maande later bereik
sonder om gaar te wees.
Teen lae temperature groei muf en bakterieë baie stadig wat die verrotting
van voedsel lank genoeg keer om die voedsel by die mark te kry.
Mense in Europa of Japan sal beesvleis uit Argentinië (Suid-Amerika),
skaapvleis uit Nieu-Seeland en vrugte uit Suid-Afrika en Kanada op die rakke
kry.
Lande wat nie die voedsel kan produseer wat hulle nodig het nie, voer
verkoelde of bevrore voedsel in.
Voorbeelde hiervan sluit in:
woestynlande sonder genoeg
weivelde en vrugteboorde
oorbevolke lande sonder genoeg
plaasgrond
lande wat besig is om te herstel van oorstromings en
droogtes
lande waar oorlog voedselproduksie onderbreek het
6
6
Kopiereg voorbehou@
Allerhande soorte chemikalieë word gebruik om voedsel mee te preserveer.
Dit keer dat bakterieë en muf in en op hulle groei.
Suiker, sout, asyn en antibiotika vertraag verrotting.
Sommige kopers vermy egter hierdie voedsel op grond van gesondheidsredes.
Die bestraling van vars vleis, vrugte en groente maak bakterieë en virusse aan
die buitekant van die voedsel dood.
Hierdie proses hou die voedsel langer vars.
Blikkieskos
Die gaarmaak van voedsel maak bakterieë en muf dood.
Gaar voedsel in blikkies en bottels verseël: kan vir jare gepreserveer word.
Hierdie metode om voedsel te preserveer maak dit moontlik om vrugte, vis en
vleis van een land na 'n ander te stuur.
Dit is een manier om voedsel te voorsien aan mense wat nie al die voedsel
wat hulle nodig het self kan produseer nie.
In plaas daarvan dat hulle so onvervoed raak dat hulle verswak en sterf,
oorleef hierdie mense nou en leef langer.
Verbeterde gesondheidsorg
Tweehonderd jaar gelede het die meeste mense geglo dat siektes deur slegte
lug veroorsaak word.
Sedertdien het ons geleer dat siektes deur kieme (bakterieë en virusse wat
versprei) veroorsaak word.
Ons het ook baie maniere geleer waarop siektes voorkom kan word en hoe
om pasiënte te behandel wat 'n siekte onder lede het.
Immunisasie
Immunisasie is 'n metode om mense te beskerm daarteen om sekere
aansteeklike siektes op te doen.
In 2010 is 50% van Suid-Afrikaanse babas onder die ouderdom van een jaar
teen TB, polio, masels en hepatitis B geïmmuniseer.
Immunisasie stimuleer die liggaam se immuunstelsel op 'n kunsmatige manier
om beskerming teen spesifieke ernstige infeksies te verskaf.
Dit word gedoen deur iemand met 'n entstof in te ent.
Twee soorte entstowwe teen verskeie siektes is: 'n klein dosis van 'n
lewendige maar verswakte patogeen wat as 'n tablet geneem word; en 'n
klein dosis van 'n dooie patogeen wat in 'n spier ingespuit word.
7
7
Kopiereg voorbehou@
Sindelikheid
Die was van jou hande, liggaam en klere verminder die bakterieë, insekte en
fungi wat tot siektes kan lei.
Tot so 150 jaar gelede het mense nie geweet dat hulle siektes kon voorkom
deur: hul hande met seep en water te was nadat hulle die toilet gebruik het
en voor hulle eet nie; voedsel te was voordat dit geëet word nie; voedsel
heeltemal gaar te maak en water uit skoon, veilige bronne te drink nie.
Medisynes
Medisynes verminder menslike lyding, verbeter die behandeling van siektes
en help mense om weer 'n gesonde lewe te lei.
Baie universiteite en laboratoriums is besig met navorsing om nuwe
medisynes uit te vind.
Hulle werk almal op enige gegewe tydstip aan ongeveer 3 000 nuwe
medisynes.
Operasies
Oor die afgelope 200 jaar is daar baie nuwe maniere ontwikkel om mense te
opereer.
Sommige operasies verwyder geïnfekteerde liggaamsdele soos 'n blindederm
of mangels.
Ander operasies herstel beserings.
Orgaanskenking
Orgaanskenking is die gebruik om 'n dooie persoon se organe oor te plant in
'n ander persoon om die lewe van die lewendige persoon te red of te
verbeter.
Die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting is in 1967 in Suid-Afrika
gedoen.
Die organe wat oorgeplant kan word sluit in niere, lewers, harte, pankreas,
korneas en beenweefsel.
Professionele gesondheidswerkers
'n Belangrike manier om gesondheidsorg te verbeter is om meer
professionele mense te hê wat die bevolking versorg.
Die aantal professionele gesonheidsorgwerkers in Suid-Afrika het selfs nog
vinniger gegroei as die bevolking.
8
8
Kopiereg voorbehou@
Gevallestudie: Hoe die geneesmiddel vir maagsere ontdek is
Omtrent 10% van alle mense ly aan maagsere in hul mae of ingewande.
Hierdie sere kan uiters pynlik en gevaarlik wees en soms het hierdie pasiënte
operasies nodig.
Mense het vir baie jare lank gedink stres veroorsaak maagsere.
Twee dokters van Australië het egter hierdie siening bevraagteken.
Hulle het ontdek dis klein, gebuigde bakterieë wat maagsere veroorsaak.
Na baie navorsing het hulle 'n medisyne uitgevind wat van hierdie bakterieë
ontslae raak.
Een van die dokters was so oortuig daarvan dat sy medisyne sal werk dat hy 'n
koppievol van die bakterieë ingesluk het.
Hierdie medisyne genees nou die pynlike siekte in miljoene mense.
In 2005 is die Nobelprys van R28 miljoen aan hierdie twee dokters vir hul
ontdekking toegeken.
Voedselaanvullings
Bo en behalwe die voedsel wat hulle gewoonlik eet, kan sommige mense nou
ook tablette of mengsels neem wat meer vitamiene, minerale en ander
stowwe aan hul liggame voorsien.
Hierdie stowwe kan hul gesondheid en weerstand teen siektes moontlik
verbeter.
Bloedoortappings
Bloedoortappings is 'n manier waarop mense van hul bloed kan gee om 'n
pasiënt te red wat baie bloed tydens 'n operasie of in 'n ongeluk verloor het.
9
9
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 1 Blokkiesraaisel Datum : _______________
1 1 2
2 4
3
3
4
5
6
Leidrade:
Af:
1. Om iemand teen 'n siekte te beskerm, bv. met 'n entstof.
2. Druk, spanning.
3. 'n Mening oor iets, wat jy glo waar is.
4. 'n Bakterie is 'n baie klein _ _ _ _ _ _ _ _ _ wat slegs deur 'n mikroskoop sigbaar is.
Dwars:
1. Plant-variëteite is verskillende soorte plante van dieselfde _ _ _ _ _ _ _.
2. Raak ontslae van, uitwis, vernietig, verwyder.
3. Om te verrot, af te breek.
4. Die _ _ _ _ _ _ _ _ van 'n oes is die hoeveelheid (in tonne) van 'n oes wat per hektaar geproduseer word.
5. Oordrag van bloed van een persoon na 'n ander.
6. As jy nie genoeg van die regte soort voedsel nie nie, is jy _ _ _ _ _ _ _ _ _.
10
10
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 2 Woordsoek Datum : _______________
Leidrade:
1. Die Groen Revolusie het die wêreld se voedselvoorraad baie _ _ _ _ _ _ _ _.
2. Bevolkingsgroeikoerse is die hoogste in Suid-Amerika, _ _ _ _ _ _ en Asië.
3. Regdeur die geskiedenis het _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ siektes veroorsaak dat sterftesyfers hoog is en bevolkingsyfers laag.
4. Alle mense het goeie _ _ _ _ _ _ _ nodig om te eet.
5. Allerhande soorte chemikalieë word gebruik om voedsel mee te _ _ _ _ _ _ _ _ _ _.
6. Die was van jou hande, liggaam en klere verminder die bakterieë, insekte en fungi wat tot _ _ _ _ _ _ _ kan lei.
7. _ _ _ _ _ _ _ _ _ verminder menslike lyding, verbeter die behandeling van siektes en help mense om weer 'n gesonde lewe te lei.
8. Sommige _ _ _ _ _ _ _ _ _ verwyder geïnfekteerde liggaamsdele soos 'n blindederm of mangels.
a a n s t e e k l i k e m
r e d w r s c r t y u i p
t v o e d s e l e p y m o
y e r t a i v s w r g e i
h r e r y e f u y e y d u
b g w e t k r y q s h i j
z r r d t t t y a e u s n
s o e w r e y t x r j y h
e o d e f s u g e v i n y
r t c d v b m b i e o e t
t v o p e r a s i e s s g
y a f r i k a b g r l k b
h b n h u q p o l r e d c
11
11
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 3 Pas Kolom B by Kolom A Datum : ______________
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. verkoeling
A. Lank gelede het mense geglo dat siektes deur slegte lug veroorsaak word. Ons weet nou dat siektes deur kieme veroorsaak word.
2. operasies
B. Sommige mense neem tablette of mengsels wat meer vitamiene, minerale en ander stowwe aan hul liggame voorsien.
3. voedselaanvullings
C. 'n Belangrike manier om gesondheidsorg te verbeter is om meer professionele mense te hê wat die bevolking versorg.
4. bloedoortappings
D. Bevrore voedsel kan markte weke of maande later bereik.
5. orgaanskenking
E. Die was van jou hande, liggaam
en klere verminder die bakterieë wat tot siektes kan lei.
6. professionele gesondheidswerkers
F. Die gebruik om 'n dooie persoon se organe oor te plant in 'n ander persoon om die lewe van die persoon te red of te verbeter.
7. medisynes
G. Sommiges verwyder
geïnfekteerde liggaamsdele en ander herstel beserings.
8. sindelikheid
H. 'n Metode om mense te beskerm
daarteen om sekere aansteeklike siektes op te doen.
9. immunisasie
I. Verminder menslike lyding, verbeter die behandeling van siektes en help mense om weer 'n gesonde lewe te lei.
10. verbeterde gesondheidsorg
J. Bloedoortappings is 'n manier waarop mense van hul bloed kan gee om 'n pasiënt te red wat baie bloed tydens 'n operasie of in 'n ongeluk verloor het.
12
12
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 4 Waar of Onwaar: Datum : _______________
1. Bevolkingsgroeikoerse is die hoogste op die vasteland van Australië, Noord-Amerika en Europa.
2. Een van die voordele van die Groen Revolusie was dat sommige nuwe oesvariëteite soeter en smaakliker was.
3. Regdeur die geskiedenis het aansteeklike siektes veroorsaak dat sterftesyfers hoog is en bevolkingsyfers laag.
4. Ryker lande help armer lande jaarliks deurdat hulle die voorraad skoon drinkwater verbeter.
5. Bakterieë en muf is klein organismes wat net met 'n vergrootglas gesien kan word.
6. Bakterieë en muf groei stadig teen lae temperature, daarom keer verkoeling die verrotting van voedsel.
7. Gaar voedsel wat in blikkies en bottels verseël kan vir jare gepreserveer bly.
8. Immunisasie stimuleer die liggaam se immuunstelsel op 'n natuurlike manier om die liggaam teen ernstige infeksies te beskerm.
9. Mense het tot 150 jaar gelede nie geweet dat sekere siektes voorkom kan word deur hulle hande te was voordat hulle eet nie.
10. Die wêreld se eerste suksesvolle hartoorplanting is in Suid-Amerika uitgevoer.
13
13
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 5 Vul die ontbrekende woorde in: Datum : __________________
1. Een van die voordele van die _____ _____ was dat oesopbrengste van mielies, koring en rys 2 tot 4 keer meer as ooit was.
Groen Revolusie
2. _____ en aansteeklike siektes versprei vinniger op plekke waar baie mense woon, weens te min skoon drinkwater.
Epidemies
3. Daar is duisende soorte bakterieë en muf, en alhoewel sommige soorte _____ is, veroorsaak party ander siektes en gifstowwe.
noodsaaklik
4. Lande wat nie die voedsel kan produseer wat hulle nodig het nie, moet verkoelde of bevrore voedsel _____.
invoer
5. Tweehonderd jaar gelede het mense geglo dat siektes deur _____ _____ veroorsaak word.
slegte lug
6. Een manier van immunisasie is om met 'n klein dosis van 'n dooie patogeen in 'n spier _____ te word.
ingespuit
7. _____ is die was van jou hande, klere en liggaam om bakterieë, insekte en fungi wat tot siektes kan lei, te verminder.
Sindelikheid
8. Baie universiteite en laboratoriums is besig met navorsing om nuwe _____ uit te vind.
medisynes
9. Sommige operasies verwyder geïnfekteerde liggaamsdele soos die _____ of mangels.
blindederm
10. Sommige mense verloor baie bloed tydens operasies of ongelukkige, maar _____ kan hierdie pasiënte red.
bloedoortappings
14
14
Kopiereg voorbehou@
Werkstuk 6 Vraag en antwoord: Datum : ______________
1. a) Noem drie ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed het:
b) Op watter drie vastelande is bevolkingsgroei die hoogste?
c) Op watter drie vastelande is bevolkingsgroei die laagste?
2. a) Die Groen Revolusie het die wêreld se voedselvoorraad vergroot. Noem drie voordele van die Groen Revolusie:
b) Noem drie nadele van die Groen Revolusie:
c) Waarom is daar nogsteeds baie mense wat honger ly?
15
15
Kopiereg voorbehou@
3. a) Noem ses wetenskaplike ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed:
b) Verduidelik kortliks hoe blikkieskos as wetenskaplike ontwikkeling, 'n invloed het op bevolkingsgroei:
c) Noem vier siektes wat nou beheer word, of heeltemal uitgeroei is te danke aan wetenskaplike ontwikkeling tot verhoogde bevolkingsgroei:
d) Hoe help ryker lande jaarliks om die lewe van arm mense te verbeter, ten opsigte van verbeterde sanitasie?
16
16
Kopiereg voorbehou@
4. a) Noem agt verbeterings in gesondheidsorg:
b) Gee 'n kort verduideliking hoe elk van die volgende tot 'n verhoogde bevolkingsgroeikoers bydra:
Immunisasie
Medisynes
Operasies
Voedselaanvullings