pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30...

6
27 Afrikaans TOETS 1 Punte: 30 Tyd: 60 minute Lees die storie en beantwoord dan die vrae. Krokodil-avonture Ravi is ’n seuntjie. Hy bly by sy ma en pa. Hy is mal oor diere en droom gereeld van opwindende diere-avonture. Elke aand voor hy gaan slaap lees sy ma vir hom een van sy gunsteling stories. Ravi is vanaand meer opgewonde as gewoonlik, want by die skool leer hulle nou van krokodille. Môre gaan hulle op ’n uitstappie na ’n krokodilplaas! Hy kan skaars slaap so opgewonde is hy. Sy ma lees vanaand oor krokodille. Die boek se naam is “Krokodil-avonture”. Dit is een van sy gunsteling boeke. Hy hou van die storie en raak gou-gou aan die slaap. Die volgende oggend staan Ravi vroeg op en maak klaar vir skool. Hy eet ontbyt, borsel sy tande en trek sy skooluniform aan. Hy lyk baie netjies. Toe hy by die skool kom, wag die bus al om die kinders krokodilplaas toe te neem. Ravi is die eerste seun wat opklim. Hy kry ’n lekker sitplek langs ’n venster. Dit neem ’n uur om by die krokodilplaas te kom. Daar wag ’n vriendelike vrou om die kinders welkom te heet en hulle op ’n toer te neem. Sy leer hulle baie interessante dinge oor krokodille. Ravi leer so baie. Hy leer dat krokodille reptiele is, en dat sommiges selfs in die see bly. Die meeste bly in riviere. Hulle leer ook dat krokodille soms klippe eet om hulle kos te help verteer. Ravi dink nie klippe is juis ’n smaaklike aandete nie! Ravi se maat, Josh, is baie stout. Hy klim op die muur om beter te kan sien. Die krokodille lê in die son en lyk soos rotse. Josh verloor sy balans en val binne-in die krokodille se hok! “O, genade!” gil hulle juffrou. Sy roep die krokodilvrou. Die krokodilvrou lag. “Ag, toemaar, daardie krokodille is nie krokodille nie, dis rotse.” Arme Josh lag glad nie. Hy dog hy is krokodilkos! Ek dink nie hy sal volgende keer so stout wees nie.

Upload: others

Post on 07-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

27

AfrikaansTOETS 1 Punte: 30 Tyd: 60 minute

Lees die storie en beantwoord dan die vrae.

Krokodil-avontureRavi is ’n seuntjie. Hy bly by sy ma en pa. Hy is mal oor diere en droom gereeld van opwindende diere-avonture. Elke aand voor hy gaan slaap lees sy ma vir hom een van sy gunsteling stories.

Ravi is vanaand meer opgewonde as gewoonlik, want by die skool leer hulle nou van krokodille. Môre gaan hulle op ’n uitstappie na ’n krokodilplaas! Hy kan skaars slaap so opgewonde is hy. Sy ma lees vanaand oor krokodille. Die boek se naam is “Krokodil-avonture”. Dit is een van sy gunsteling boeke. Hy hou van die storie en raak gou-gou aan die slaap.

Die volgende oggend staan Ravi vroeg op en maak klaar vir skool. Hy eet ontbyt, borsel sy tande en trek sy skooluniform aan. Hy lyk baie netjies. Toe hy by die skool kom, wag die bus al om die kinders krokodilplaas toe te neem. Ravi is die eerste seun wat opklim. Hy kry ’n lekker sitplek langs ’n venster. Dit neem ’n uur om by die krokodilplaas te kom. Daar wag ’n vriendelike vrou om die kinders welkom te heet en hulle op ’n toer te neem. Sy leer hulle baie interessante dinge oor krokodille. Ravi leer so baie. Hy leer dat krokodille reptiele is, en dat sommiges selfs in die see bly. Die meeste bly in riviere. Hulle leer ook dat krokodille soms klippe eet om hulle kos te help verteer. Ravi dink nie klippe is juis ’n smaaklike aandete nie!

Ravi se maat, Josh, is baie stout. Hy klim op die muur om beter te kan sien. Die krokodille lê in die son en lyk soos rotse. Josh verloor sy balans en val binne-in die krokodille se hok! “O, genade!” gil hulle ju�rou. Sy roep die krokodilvrou. Die krokodilvrou lag. “Ag, toemaar, daardie krokodille is nie krokodille nie, dis rotse.”

Arme Josh lag glad nie. Hy dog hy is krokodilkos! Ek dink nie hy sal volgende keer so stout wees nie.

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 27 28/08/2013 17:17

Page 2: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

28

1. Waaroor gaan die storie? Onderstreep die regte antwoord. (1)

Uitstappie na die akwarium

Uitstappie na die dieretuin

Uitstappie na die krokodilplaas

Uitstappie na die strand

2. Hoe het die kinders by die krokodilplaas gekom? Omkring die regte antwoord. (1)

bus vliegtuig kar trein

3. Voltooi die sin. (1)

Ravi se ma ______________________________________________________________

___________________________________________ elke aand voor hy gaan slaap.

4. Noem twee krokodilfeite uit die storie. (2)

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 28 28/08/2013 17:17

Page 3: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

29

5. Is hierdie sinne waar of onwaar? (2)

5.1 Krokodille is reptiele. _______________________

5.2 Sam was ’n baie stoute kind. _______________________

6. Pas die karakters links by die regte sin regs. (1)

Ma

Ravi

is lief vir diere

lees ’n storie

7. Hoekom het Josh van die muur afgeval? (1)

_________________________________________________________________________

8. Skryf twee woorde wat rym met “krokodil”. Een moet in die storie wees. (2)

_____________________________________________

_____________________________________________

9. Wat dink jy beteken “smaaklike”? (1)

_________________________________________________________________________

10. Soek ’n woord in die storie wat dieselfde beteken as “vinnig”. (1)

___________________________________________

11. Vul die ontbrekende klanke in. (1)

Daar is een, nee, ________ee krokodille op die ro________!

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 29 28/08/2013 17:17

Page 4: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

30

12. Maak ’n sin met die woord “boek”. (1)

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

13. Skryf die sin oor met die regte leestekens en skryftekens. (4)

josh en ravi het dinsdag krokodilplaas toe gegaan se ma

_________________________________________________________________________

14. Het Ravi in die krokodilhok geval? (1)

_________________________________________________________________________

15. Skryf sinne met hierdie woorde. (2)

15.1 lys: ______________________________________________________________

__________________________________________________________________

15.2 luis: ______________________________________________________________

__________________________________________________________________

16. Het jy al ooit ’n krokodil sien glimlag? (1)

_________________________________________________________________________

17. Onderstreep die werkwoord in elke sin. (2)

17.1 ’n Krokodil kan vinnig in die water beweeg.

17.2 Sal jy saam met ’n krokodil swem?

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17

Page 5: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

31

19. Pas die kursiewe letters by die drukskrifl etters. (2)

s

b

g

f

20. Skryf die sin oor met die regte spasies. (1)

Dievroubydiekrokodilplaasleervirhullebaieoorkrokodille.

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

18. Skryf die sin oor in lopende skrif. (1)

Ravi leer graag oor diere.

21. Skryf die hoofl etters in lopende skrif. (1)

A B

\ H

A BA B

\ H\ H

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 31 28/08/2013 17:17

Page 6: pesa 9781775788256 skp toetse g03 tb afr zaf...pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 30 28/08/2013 17:17 3 P s d˘e kurs˘ewe letters b d˘e drukskr˘fl etters (2) s b

47

Afrikaans Toets 11. Uitstappie na die krokodilplaas (1)2. bus (1)3. … lees vir hom een van sy gunsteling

stories … (1)4. Enige twee: Krokodille is reptiele. Party leef

in die see, en ander in riviere. Krokodille eet soms klippe om hulle kos te help verteer. (2)

5.1 waar5.2 onwaar (2)6. Ma lees ’n storie, Ravi is lief vir diere (1)7. Josh het op die muur geklim om na die

krokodille te kyk. (1)8. gil, bril, stil (2)9. Dit smaak lekker. (1)10. gou-gou (1)11. tw-, -ts (2 × 12 = 1)12. Jou kind skryf sy/haar eie sin

met die woord “boek”. (1)13. “Josh en Ravi het Dinsdag krokodilplaas

toe gegaan,” sê Ma. (8 × 12 = 4)14. nee (1)15. Jou kind skryf twee sinne om die verskil in

betekenis tussen “lys” en “luis” aan te toon. Byvoorbeeld: Sy maak ’n lys van wat sy wil koop. Die luis kruip op my vel.

Kinders ontrond baie keer ronde klanke soos “ui”, en praat dan byvoorbeeld van ’n luis as “lys”. (2)

16. Jou kind skryf sy/haar eie antwoord. (1)17.1 beweeg17.2 swem (2)

18. R/a/v'i/ /l2e/r' /g/r'a/a/g/ /o'o'r' /d/i2/r31. (1)

19. en f, en s, en b, en g (4 × 12 = 2)

20. Die vrou by die krokodilplaas leer vir hulle baie oor krokodille. (1)

21. , , , (1)

Totaal: 30

Afrikaans Toets 21. Emma versamel skoenlapperprente. (1)2. Sy hou haar versameling in haar kamer. (1)3. Jou kind gebruik die woord “vlieg” in twee

sinne om twee verskillende betekenisse te wys. “Vlieg” kan verwys na die insek, of die aksie van deur die lug beweeg. (2)

4. kop, borsstuk, agterlyf (3)

5. (4 × 12 = 2)Die papiestadium 2

Die eierstadium 1

Die ruspestadium 3

Die skoenlapper-stadium 4

6. Sy is mal oor skoenlappers. Sy dink hulle is te pragtig. (2)

7. 4 (1)8. Jou kind skryf twee sinne om die verskillende

betekenisse van “peer” en “paar” aan te toon. ’n Peer is ’n vrug. Die woord “paar” verwys na twee van iets. (2)

9. Dit beteken albei kante is of lyk dieselfde. (1)10. Hulle gebruik ’n suigslurpie. (1)11. Nee, hulle kan nie. (1) 12. piepklein (1)13. buis of strooitjie (1)14.1 waar14.2 onwaar14.3 onwaar14.4 waar (4 × 12 = 2)15. Kan ek Dinsdag na Emma

se skoenlapper-prente kyk? (4 × 12 = 2)16.1 skoenlappers16.2 prente (2)17. rot, pot (2)

18. S/k/o3/n/l/a/p/p2/r's /i/s /i/n/s2/k/t21. H/u/l/l21 /k/o'm/ /o'r'a/l/ /i/n/ /d/i21 /w3/r3/l/d/ /v'o'o'r'. (1)

19. G en , B en , Z en (1)

20. , (1)

Totaal: 30

16. Jou kind skryf sy/haar eie antwoord. (1)

Antwoorde

S/k/o3/n/l/a/p/p2/r's /i/s /i/n/s2/k/t21.S/k/o3/n/l/a/p/p2/r's /i/s /i/n/s2/k/t21.

ˆ H/u/l/l21 /k/o'm/ /o'r'a/l/ /i/n/ /d/i21

pesa_9781775788256_skp_toetse_g03_tb_afr_zaf.indd 47 28/08/2013 17:17