pretblad 2106 sondag - cdn.24.co.za › files › cms › general › d › 7281 › ... ·...

7
Blokraai -PRET saamgestel uit vandag se koerante Maklik om uit te druk! 21 Junie 2020

Upload: others

Post on 25-Jun-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

Blokraai-PRET

saamgestel uit vandag se koeranteMaklik

om uit te

druk!21 Junie 2020

Page 2: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

Blokraai-PRET

1 uit 6

Blokraai

Naam......................................................................... Tel...................................... Faks of e-pos.............................................................Stuur jou inskrywing na [email protected]

427Twee kanse om R500 te wenVersteek in die sirkels, afwaarts gespel, is ’n ander woord vir ’n alliansie. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 27 Junie om 12:00, en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie, en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 28 Junie aangekondig.

21 Junie 2020

Page 3: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

BlokmakierieIn die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).

2 uit 6 21 Junie 2020

Dwars2. Fundamentele rede dat iets gebeur het9. Hierdie maand11. Blaps met die sinjalering12. Amptenaar op ’n bank wat nie ook links is met ’n vuishou nie?13. Toestelle wat die tydsduur van aardskokke registreer15. Gebroke praat soos ’n baie jong kind16. Die aorta is die grootste . . . in die menslike liggaam19. Watter tyd23. Adjudant-o�sier (afk.)24. Edisie (afk.)25. Wie só is, hou hom eenkant26. Getroude dames27. Iemand beledigende dinge toesnou terwyl jy baie kwaad is29. Wie geen hond só kan maak nie, kry niks uitgerig nie31. Heel moontlik al gil? (anagram)32. Hoendermannetjies!35. Word dikwels deur kampeerders opgeslaan38. ’n Bietjie grappig, maar nie besonder komies nie40. Soort gedig waarmee die metode eindig!41. Om die wêreld in 80 . . . (die Franse skrywer Jules Verne se klassieke avontuurroman)42. “ . . . tu, Brute?” (Wat Caesar vir Brutus sou gesê het)43. Bewegings van iemand wat slaan44. Telkens in die tyd tussen sononder en bedtyd45. . . . en gene (hierdie en die ander; verskillende mense)

Af1. Beterweter2. E�ens gly op iets glads3. Voornaam van die Britse aktrise Watts sowel as die Japanse tennisspeelster Osaka4. Meervoudsvorm van optimum5. Soort drinkplek, vroeër onwettig6. Agtste maand, kortweg7. Wat in die verre verlede of in die Oudheid bestaan het8. Kunsmatige inseminasie deur eggenoot (afk.)10. Stemming waar alle grappies op ’n stokkie is13. Soos water sonder minerale soute wat dus maklik met seep skuim14. Afrika-wildsbok met gedraaide horings15. Burger van ’n land waar Vientiane die hoofstad is17. Verspot18. Iemand wat só is, is geen hotklou nie19. Krioel20. Aristokrasie21. Ellendige toestand22. Universeel of wat tot die hele Christelike Kerk behoort28. Die VSA se buurstaat in die noorde29. Besit30. Ontwikkelingstadiums33. Simbool vir argon34. Onvervalste36. Selfbeeld wat maar amper net ’n eggo is!37. Nie oop nie39. Iemand . . . die kaak stel (ontmasker)

Page 4: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

JuniorblokraaiKompetisieHet jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie.

3 uit 6 21 Junie 2020

Page 5: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

Vrasvra

Woordslim met die WAT

MoeilikSudoku

Maklik

4 uit 6 21 Junie 2020

Wat beteken putsch?(a) lomp persoon (b) staatsgreep(c) moeilike situasie

1. Watter twee kleure moet die slaanoppervlaktes aan weerskante van ’n tafeltennisraket wees? (a) Rooi en swart; (b) Geel en groen; (c) Blou en geel; (d) Rooi en groen.2. Watter gewilde uitvinding van Daisoeke Inoue is oral in die wêreld te sien? (a) Stofsuier; (b) Grassnyer; (c) Karaoke-masjien; (d) Skottelgoedwasser.3. Van watter Europese land kom die musiekinstrument wat in Hawaii as die ukulele bekend geword het? (a) Frankryk; (b) VSA; (c) Spanje; (d) Portugal. 4. Watter naam deel die bergreeks naby Málaga en Granada in Spanje met ’n bergreeks in die VSA? (a) Sierra Blanca; (b) Sierra Negra; (c) Sierra Madra; (d) Sierra Nevada.5. Na watter twee persone verwys die byvoeglike naamwoorde Cartesiaans en Karolingies? (a) René Descartes; (b) Jimmy Carter; (c) Karel die Grote; (d) Charles de Gaulle.6. Elon Musk en die sangeres Grimes (Claire Elise Boucher) het hul eerste kind X Æ A-12 genoem, maar later ’n deel van die naam verander. Watter deel is verander? (a) X; (b) Æ; (c) A; (d) 12.7. Toe koningin Elizabeth II in Februarie 1952 die Britse staatshoof geword het, was sy ook aan die hoof van ses ander onafhanklike Statebondslande. Van watter van die volgende lande is sy nou nog die staatshoof? (a) Kanada; (b) Australië; (c) Nieu-Seeland; (d) Pakistan; (e) Sri Lanka.8. Watter van die volgende lande het ’n groot politieke party wat as die GOP bekend is? (a) VSA; (b) Frankryk; (c) Duitsland; (d) Brasilië.9. Hoeveel lande in die wêreld het nou elk ’n geskatte bevolking van meer as 200 miljoen mense (volgens die CIA se The World Factbook)? (a) Vyf; (b) Ses; (c) Sewe; (d) Agt.10. Soek vir elkeen van die volgende staatshoofde die regte vrou. (1) Philippe (België); (2) Naroehito (Japan); (3) Felipe VI (Spanje); (4) Harald V (Noorweë); (5) Willem-Alexander (Nederland). (a) Máxima Zorreguieta Cerruti; (b) Letizia Ortiz Rocasolano; (c) Mathilde d’Udekem d’Acoz; (d) Masako Owada; (e) Sonja Haraldsen.

Page 6: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

Jongspan

5 uit 6 21 Junie 2020

WERKWOORDEOnderstreep die werkwoord in elke sin.

Sy loop winkel toe.

Hy sit op die stoel.

Die hond lê op die grond.

Die kat spring op die tafel.

Mamma kerf die groente.

Pappa ry werk toe.

Boetie gooi die bal.

Sussie dans saam met haar maats.

Die baba huil.

Ek hoor die musiek.

Page 7: Pretblad 2106 Sondag - cdn.24.co.za › files › Cms › General › d › 7281 › ... · Oplossings Sudoku Woordslim Vasvra Maklik Moeilik Juniorblokraai 6 uit 6 21 Junie 2020

Oplossings

Sudoku

Woordslim

Vasvra

MoeilikMaklik

Juniorblokraai

6 uit 6 21 Junie 2020

Blokmakierie Versteekte sin: Doors se fout is om te lag wanneer sy vrou haar snaaks hou.Dwars: 2. Grondoorsaak, 9. Junie, 11. Seinfout, 12. Regter, 13. Seismometers, 15. Lal, 16. Slagaar, 19. Wanneer, 23. AO, 24. Ed., 25. Afsydig, 26. Mevroue, 27. Skel, 29. Haaraf, 31. Allig, 32. Hane, 35. Tent, 38. Snaakserig , 40. Ode, 41. Dae, 42. Et, 43. Houe, 44. Saans, 45. Dese. Af: 1. Wysneus, 2. Glip, 3. Naomi, 4. Optima, 5. Sjebeen, 6. Aug., 7. Antieke, 8. KIE, 10. Erns, 13. Sag, 14. Eland, 15. Laosiaan, 17. Laf, 18. Regs, 19. Wemel, 20. Adellikes, 21. Narigheid, 22. Ekumenies, 28. Kanada, 29. Het, 30. Fases, 33. Ar, 34. Egte, 36. Ego, 37. Toe, 39. Aan.

(b) staatsgreepDie woord putsch is ’n Duitse woord wat ongewoon is in Afrikaans en “staatsgreep” beteken. (WAT)

1. (a) Rooi en swart. Die Internasionale Tafeltennisfederasie se reëls bepaal dat rakette enige grootte, vorm of gewig mag hê. Minstens 85% van die raket moet van natuurlike hout wees. Die rubberbedekking op die raket se twee slaanoppervlaktes het verskillende kleure: Die een kant is helderrooi en die ander kant swart. Die hoeveelheid wat spelers die bal kan laat draai, speel in tafeltennis ’n groot rol, en die rubberbedekking op die twee kante van die raket beïnvloed die draai verskillend. ’n Speler kan dus bepaal hoeveel die bal gaan draai as hy sien watter kant van die raket sy teenstander gebruik.2. (c) Karaoke-masjien. Daisoeke Inoue was die tromspeler in ’n Japanse orkes wat baie gewild geword het, omdat hulle mense uit die gehoor genooi het om tre�ers saam met hulle te sing. Iemand het Inoue gevra om die orkes se musiek op te neem, want dié persoon wou saam met die opname sing. Dit was die geboorte van karaoke. In 1971 het Inoue 11 Juke 8-masjiene gemaak met ’n 8-baan-bandspeler, ’n mikrofoon en ’n muntgleuf. Hy het nie sy uitvinding gepatenteer nie, en groot maatskappye het gou meer gevorderde karaoke-masjiene gemaak wat oral in Tokio beskikbaar was. Inoue se uitvinding het hom nie veel geld in die sak gebring nie.3. (d) Portugal. Die machete is ’n klein snaarinstrument van die Portugese eiland Madeira, waarheen dit van Portugal se Braga-dis-trik gebring is. Die ukulele het ontstaan uit machetes wat Portug-ese immigrante in die laat 19de eeu na Hawaii gebring het. Die Hawaiise woord ukulele, wat “springende vlooi” beteken (uku – vlooi; lele – spring), verwys na die vinnige beweging van die vingers oor die snare.4. (d) Sierra Nevada (“Sneeubedekte Berg”) is die naam van ’n bergreeks in die suide van Spanje en een in die weste van die VSA. ’n Deel van die Amerikaanse reeks lê in Nevada, maar die grootste deel is in Kalifornië. Sierra Nevada is ook die naam van ’n bergreeks in Mexiko. Sierra Nevada de Lagunas Bravas is ’n vulkaniese reeks in Chili en Argentinië, Sierra Nevada de Mérida is in Venezuela, en Sierra Nevada de Santa Marta is in Colombië.5. Cartesiaans verwys na (a) René Descartes (1596-1650), die Franse filosoof, wiskundige en wetenskaplike, wat die uitdrukking “Ek dink, daarom is ek” geformuleer het. Karolingies verwys na (c) Karel die Grote (Charlemagne of Karel I; 742-814), koning van die Franke (van 768) en die Lombarde (sedert 774) en keiser van Rome (van 800).6. (d) 12 is verander na die Romeinse syfers Xii. Grimes het op Instagram gesê: “Roman numerals. Looks better tbh.” Dit is vermoedelik om te voldoen aan Kalifornië se naamgewingswet, wat net die 26 letters van die alfabet in eiename toelaat.7. (a) Kanada, (b) Australië en (c) Nieu-Seeland het nog koningin Elizabeth II as staatshoof en ’n premier as regeringshoof. Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het nou elk ’n president as staatshoof. 8. (a) VSA. GOP staan vir Grand Old Party, ’n ander naam vir die Republikeinse Party, wat in 1854 gestig is. Abraham Lincoln was die eerste van die VSA se 19 Republikeinse presidente. Die ander groot Amerikaanse party, die Demokratiese Party, is teen 1828 deur volgelinge van Andrew Jackson gestig.9. (c) Sewe lande het elk meer as 200 miljoen mense. Dit is China (1,394 miljard), Indië (1,326 miljard), die VSA (332,64 miljoen), Indonesië (267,026 miljoen), Pakistan (233,501 miljoen), Nigerië (214,028 miljoen) en Brasilië (211,716 miljoen).10. (1c) Philippe (België) – Mathilde d’Udekem d’Acoz; (2d) Naroehito (Japan) – Masako Owada; (3b) Felipe VI (Spanje) – Letizia Ortiz Rocasolano;(4e) Harald V (Noorweë) – Sonja Haraldsen; (5a) Willem-Alexan-der (Nederland) – Máxima Zorreguieta Cerruti.

Blokraai [423 24 Mei]