pretoria 2019 finaal - atkvdie unisa little theatre toe die produksie glansgod van hoërskool...

11
PRETORIA-STREEKSFEES 19 tot 24 Augustus | Unisa Little Theatre DEELNEMERSGIDS 2019

Upload: others

Post on 07-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

PRETORIA-STREEKSFEES19 tot 24 Augustus | Unisa Little Theatre

DEELNEMERSGIDS

2019

Page 2: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

Program

Reëls en prosedures

UNISA Little Theatre

Teaterspesifikasies

Kontak

Wenke

Koop

INHOUDSOPGAWE

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders aan. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Met ATKV-Tienertoneel word elke regisseur aangemoedig om die leerders soveel geleenthede as moontlik te gee om by al die aspekte van die projek betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensovoorts.

2 - 3

4

5

5 - 6

7

8

9

10

@ATKVSA

www.atkv.org.co.za

atkv_sa

@ATKVSA

Repliek en sertifikate

Die Stellenbosch-finaal 10

https://www.facebook.com/ATKVSA/

https://twitter.com/ATKVSA

https://www.instagram.com/atkv_sa/

https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Jeugprojekte/Tienertoneel

#Tienertoneel

https://www.facebook.com/ATKVSA/

https://twitter.com/ATKVSA

https://www.instagram.com/atkv_sa/

https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Jeugprojekte/Tienertoneel

1

https://atkv.org.za/neem-deel/skoleprojekte/tienertoneel/

https://www.facebook.com/ATKVSA/

https://twitter.com/atkvsa?lang=en

https://www.instagram.com/atkv_sa/

Page 3: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

PROGRAM

MAANDAG 19 AUGUSTUSDie program begin 16:00.

Hoërskool Brits

Hoërskool Centurion

Hoërskool Centurion

Deur die oë van 'n tiener

Walter Wie en die weggooikinders

Gewond

1

2

5

Repetisie

08:40

13:40

12:40

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

Hoërskool Brits Ware kleure 4 09:40

2

DINSDAG 20 AUGUSTUSDie program begin 16:00.

Afrikaanse Hoër Seunskool

Midstream College

Hoërskool Zwartkop

Winkelpop

Sonder

1

2

3

4

Repetisie

10:40

12:40

08:40

Midstream College Toep(aslik)

5

09:40

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

WOENSDAG 21 AUGUSTUSDie program begin 16:00.

Hoërskool Eldoraigne

Hoërskool Ellisras

Hoërskool Garsfontein

Skote!

Oorgang

1

2

3

4

Repetisie

08:40

10:40

13:40

Hoërskool Waterkloof Verhoogaanwysings 5 09:40

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

2

Toegang is GRATIS vir alle aande se vertonings!Die streeksfeesfinaal vind plaas op Saterdag 24 Augustus om 16:00.

Hoërskool Wagpos Wie het talent 3 10:40

Aksie!

Let wel:Die program is onderhewig aan verandering.Die moontlikheid bestaan dat ’n toneelstuk/(ke) kanselleer en die tydsduur van elke toneelstuk kan nie vooraf bepaal word nie.Hou dit asb. in gedagte wanneer tye deurgegee word, omdat ons NIE presiese optreetye kan verskaf nie. Alle spelers, betrokkenes en gehoorlede moet eerder van die begin van die aand af teenwoordig wees, aangesien slegs die volgorde bepaal kan word en nie die presiese optreetye nie.

Hoërskool Eduplex Wat 'n klug 11:40

Boudjie van my vroutjie

Hoërskool Die Anker Die twee Marais’s op die planke 12:40

Page 4: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

DONDERDAG 22 AUGUSTUSDie program begin 16:00.

Hoërskool Ben VIljoen

Hoërskool Zwartkop

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Vrinne 1

2

5

Repetisie

12:40

09:40

08:40

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

Hoërskool Frikkie Meyer Hartskelder 4 13:40

3

VRYDAG 23 AUGUSTUSDie program begin 16:00.

Hoërskool Montana

Hoërskool Piet Potgieter

Hoërskool Riebeeckand

Hoërskool Piet Potgieter

Mallewales

Plek van Genade

Beenaf

1

2

3

4

Repetisie

08:40

12:40

09:40

13:40

Hoërskool Nylstroom Dis(s) ek, Teer 5 11:40

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

POUSE Geen toegang tot die teater tydens die POUSE nie.

3

Hoërskool Riebeeckrand Haatland 3 10:40

Koeverte lieg nie

Atlantis in my gedagtes

Selene en die Sekeleiland

PROGRAM Toegang is GRATIS vir alle aande se vertonings!

Page 5: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

REËLS EN PROSEDURES

3

Selfone moet asseblief afgeskakel word tydens die repetisie. Die regisseur is welkom om sy/haar foon aangeskakel te hou.

Elke produksie kry 60 minute om te repeteer.Dit is wys om eerste aandag te gee aan tegniese aspekte. Moenie ’n hele deurloop van die stuk probeer doen nie. Ontruim die teater vinnig ná die repetisie. Julle sal 10 minute voor die einde van die repetisie in kennis gestel word. ”Heads” beteken dat iets van bo af kom. Wees dus versigtig en beweeg vinnig weg as die tegniese personeel dit uitroep.

Gebruik ons merkers en maskeerband om dekor te merk. Merk die verhoog volgens jou optreenommer en nie volgens die skool se naam nie.Merk net wat nodig is asseblief. Let op dat die ligte stop by die maskeerband voor op die verhoog. Stel ons in kennis van enige spesiale effekte wat gebruik word in die produksie.Enige effekte soos vloeistowwe, vuur, gewere, ʼn stroboskoop, ensovoorts wat gebruik gaan word in die vertoning moet tydens repetisie aangedui word.

5 minute word toegelaat om die dekor op die verhoog te dra en af te dra met optrede. Dekor word ná afloop van die repetisie en optrede na die geallokeerde spasie agter die verhoog geskuif.Maak asseblief seker dat alle dekor en rekwisiete van die speelvlak en uit die coulisse verwyder word.

Moenie aan die coulisse raak as julle op en af van die verhoog beweeg nie.Staan diep genoeg in die coulisse as jy nie op die verhoog moet wees nie.Neem ook kennis dat gordyne moet kan oop en toe maak aan die begin en einde van die produksie.

Dekor mag eers aan die einde van die aand verwyder word.Ons kan slegs op die vooraand van die streeksfees-finaal stoorplek in die teater bied vir die finaliste.

Toon asseblief respek vir die teater. Moenie in die teater eet, rook en drink nie. Moet ook nie voete op die stoele sit nie.

’n Spesifieke kleedkamer word aan elke skool toegeken. Elke groep sal geroep word wanneer hul moet aantree vir hul optrede en moet dan na die buiteverhoogdeur beweeg. Die verhoogbestuurder sal die spelers kom haal wanneer hul kan opstel. Absolute stilte moet agter die verhoog heers.

Stilte agter die verhoog tydens produksies.Dra positief by tot elke speler se energie deur te alle tye stilte agter die verhoog te handhaaf.

Beoordelaars sal aan die einde van die aand repliek lewer. Sit asseblief in die eerste vyf rye van die teater wanneer repliek gelewer word. Dit help die beoordelaars ook indien stukke gegroepeer is saam met die regisseur.Die toneelgroep sal volledige terugvoer ontvang in die vorm van geskrewe kommentaar of stemnotas per e-pos binne 15 besigheidsdae nadat die streeksfees afgehandel is.

Ons begin stiptelik om 16:00.Die deure sluit vir elke toneelstuk se onthalwe en sal tussen stukke weer oopgemaak word.

Kontroleer asseblief die program.Kyk asseblief dat alle name korrek in die program vertoon en stel ons dadelik in kennis van enige wysigings. Sertifikate word volgens die inligting in die program gedruk.

StreeksfeesfinaalDie regisseur sal op die tweede laaste aand van die streeksfees geskakel word indien die stuk deurdring na die streeksfeesfinaal.

Nasionale finaalDie ATKV-Tienertoneelfinaal sal plaasvind vanaf 23 tot 27 September in Stellenbosch by die Adam Small-teater. Die prysuitdeling word aangebied op 28 September. Die finaliste sal aangekondig word einde Augustus nadat alle streeksfeeste afgehandel is.

Dit is baie belangrik dat jy hierdie reëls en prosedures deeglik met jou toneelgroep bespreek.Slegs ’n kriptiese samevatting hiervan sal tydens die inligtingsessie plaasvind om meer tyd vir vrae en antwoorde te laat.

4

Page 6: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

NABYGELEË INKOPIESENTRUMBrooklyn Mall 7 km vanaf teater | 15 minute

UNISA LITTLE THEATRE

STRAATADRES

5

TEGNIESE SPESIFIKASIES

Daar sal voldoen word aan minimum vereistes naamlik ’n fokus links, middel en regs op die voorverhoog.’n Goeie algemene beligtingsprofiel is beskikbaar. Geen ligte kan spesiaal vir ’n produksie gefokus word nie.

BELIGTING KLANK Beligtingbeheerbord: Martin Maxxyx Compact Lighting Console

Kontrolekamer:Die beligting- en klankontrolekamer is agter met oopskuifvensters na die teater.

Klankbeheerbord:Yamaha MG24/14FX 24 Channel Mixer

Addisioneel:Bring asseblief ekstra verlengingskoorde en klankkabels saam indien nodig.

Gedurende 1940 is daar met die bou van die Unisa Little Theatre begin, maar dit is eers in 1963

voltooi na menigte struikelblokke. Gedurende 2004 is dit as ’n provinsiale erfenisgebied

verklaar. Oor die afgelope twintig jaar word die teater gebruik vir ’n verskeidenheid kulturele aktiwiteite

waaronder dit fokus gee aan ’n teaterontwikkelingsplan.

Die ATKV-Tienertoneelfinaal was in 2006 aangebied by die UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van

Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het.

Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal

Page 7: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

TEATERSPESIFIKASIES

VERHOOGPLAN

TEATERSITPLEKKE: 290

NEEM KENNISVUUR EN VEILIGHEIDIndien daar enige rook-, vlam-, of vuurverwante effekte beplan word vir ’n produksie, moet dit eersvooraf per e-pos gekommunikeer word aan die ATKV-projekorganiseerder.

Die ATKV sal binne sewe werksdae terugvoer gee, nadat die teater se veiligheidsbeleid bestudeer is.

6

Die UNISA Little Theatre het ook die volgende fasiliteite tot deelnemers se beskikking:

SikloramaKragpunte aan weerskante van die verhoog

Rookmasjien

Spelers kan ook agterom die verhoog beweeg van die een kant na die ander.

Page 8: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

REPLIEK en SERTIFIKATERepliek word aan die einde van elke aand deur die beoordelaarspaneel gelewer.Die doel van repliek is om konstruktiewe voorstelle te gee om die produksie in geheel te verbeter.Die toneelgroep sal volledige terugvoer ontvang in die vorm van geskrewe kommentaar of stemnotas per e-pos binne 15 besigheidsdae nadat die streeksfees afgehandel is.

Die sertifikate wat uitgereik word, word soos volg gekategoriseer en dienooreenkomstig toegeken:’n Brons ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek = vanaf 65% (65% ≤ BRONS < 75%)’n Silwer ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek = vanaf 75% (75% ≤ SILWER < 85%) = halwe erekleure’n Goue ATKV-sertifikaat vir ’n spesifieke aspek = vanaf 85% (85% ≤ GOUD ≤ 100%) = volle erekleure

Sertifikate vir spesifieke aspekte sluit in:Akteur of aktrise (hoofspeler of ondersteunende speler) vir die vertolking van ’n rol.Groep vir ensemblewerk.Regisseur vir regie.Enige leerder (of span) vir hantering van ’n tegniese aspek(te).Skrywer van ’n nuutgeskrewe teks.Produksie (word bepaal op grond van die gemiddeld van die beoordelaars se punte).Spesiale melding vir bv. dekor, kostuums, grimering, rekwisiete, klankbaan, spesiale effekte, choreografie, ens.

Al vier die toneelgroepe wat deurdring na die streeksfeesfinaal ontvang sertifikate vir erkenning van deelname aan die streeksfeesfinaal. Die wengroep, naaswenner en derde plek van die streeksfees ontvang ook elk ’n sertifikaat vir prysenswaardige prestasie.

Die koördineerders van die streeksfees druk die sertifikate soos wat die inligting van die beoordelaars uitgereik word. Maak asseblief seker dat die name en rolverdeling op die program korrek is, omdat die sertifikate daarvolgens gedruk word.

Neem kennis:Die streeksfeesfinaliste dring nie noodwendig deur na die ATKV-Tienertoneelfinaal nie.

BeoordelaarsIra Blanckenberg en Jacques Bessenger is gereed om elke produksie met inspirerende wenke te verbeter.Saterdag, tydens die streeksfeesfinaal sluit Dr. André Gerber en Tara Notcutt by Jacques aan om die wenners van die streeksfees te bepaal.Lees meer oor ons beoordelaars in die program en op die ATKV se webwerf, www.atkv.org.za.Onthou om aan die einde van elke aand jou plek in te neem vir die repliek en sertifikaatoorhandiging.

7

Ira Jacques

AndréTara

https://atkv.org.za/media/2468/atkv-tienertoneel-beoordelaars-tydens-die-streeksfeeste2.pdf

Page 9: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

KONTAK

JANNES ERASMUSKoördineerder

084 257 [email protected]

NOODNOMMERS EN BYSTAND

8

VOORSTEL VIR ’N EFFEKTIEWE INTREK

Produksies sukkel soms om beligtingsoorgange te programmeer binne die gegewe repetisietyd.Vergemaklik en verbeter jou intrek deur op te daag met ’n lys van al die produksie se oorgange.

Hier is ’n voorbeeld. Maak van die aangehegte sjabloon gebruik en bring dit vir die beligtingsingenieur wat jou tydens die repetisie en optrede gaan bystaan.

nr. Beligtingsfokus Kleur Sterkte van lig Oorgangslyn | Nota

1 Middel fokus (vanaf bo) blou 100 Klankbaan: 1

2 Full general wit 80 Dit het dag geword...

3 Verhoog links (hele area) wit 80 Ek het jou gesê sy gaan nie kom nie

4 Black out 0 Effek: skoot klap

5 Verhoog regs (van bo) rooi 100 Kyk! Kan jy nie sien nie?

6 Verhoog regs (hele area) wit 80 Ek het hom gesien!

7 Verhoog links (vanaf bo) blou 100 Ons het hom ook gesien!

8 Blue wash blou 100 Effek: Spelers sit blinddoeke op

PADBYSTANDDIENSTE 012 348 0686AMBULANS 10 177 / 086 108 6911BRANDWEER 012 358 1905PRET-MED AMBULANS 0860 222 000 NETCARE PRETORIA-OOS HOSPITAAL 012 422 2300 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL 012 369 5600LIFE LINE 012 342 2222 POLISIE 10 111 / 012 421 8000WEERDIENS (SOUTH AFRICAN WEATHER SERVICE) 012 367 6000 APTEEK 012 322 0130DOKTER 012 751 3210TANDARTS 012 320 0806

Page 10: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

NÓG WENKE

Albert Maritz se top-3-wenke: Akteurs moenie hulle woorde sing nie. Jy mág ’n dink- of asempouse neem op die verhoog. Weerhou jouself om met jou rug na die gehoor te speel.Skep speelareas nader aan gehore. Julle speel soms in groot ouditoriums. Oop areas langsaan of agter die spelers is dan minder van ’n probleem en word eintlik onsigbaar. Beligting is baie interessant as dit eerstens die spelers sigbaar maak. Dit skep ook diepte wanneer lig van agter (uit die coulisse) of van bo af gefokus word. Onthou om ook dele van die toneel wat net in die agtergrond afspeel te aksentueer met subtiele lig of kleur.

Cintaine Schutte se top-3-wenke: Take the stage en anker jouself. Pasop vir rondtrippel of sweef.Doen navorsing oor jou karakter en storie. Daar is nie ’n verskoning om nie navorsing te kan doen nie. Weet wát jy kommunikeer en hóékom jy kommunikeer. Wanneer jy twyfel, gaan altyd terug na die teks en jou navorsing.Benader elke toneel asof dit ’n begin, middel, einde én klimaks het. Dit help met tempo, ritme en nuanse.

Ira Blanckenberg se top-3-wenke: Karakterisering: ’n Volronde karakter wat nie die tiener self is nie, maar ’n karakter wat geskep word met persoonlikheid, maniërismes, huislike omstandighede en so meer is baie belangrik. Hoe groei en verander jou karakter deur die stuk? Akteurs kan nie elke toneel met dieselfde aanslag vertolk nie. Vra jouself: Waar kom jy vandaan vóór die toneel? Is dit oggend of aand? Kleur die omgewing in. Dit maak jou spel geloofwaardig. Akteurs luister dikwels nie na mekaar nie, daarom vertolk elkeen sy reëls op sy beurt. Luister en reageer. Aksie – reaksie!Tempo en invalle is dikwels bitter traag. Weer eens moet spelers luister terwyl ander spelers praat en dan inval met reaksie sodra die medespeler ophou praat.

Arriveer eerder vroeër as later Vertrek eerder vroeër en span uit by die teater. Dit kalmeer almal voor die repetisie en laat ruimte om die stel af te pak, te kontroleer en die groep voor te berei vir die repetisie.

Oefen jou repetisie by jou skoolElke produksie kry een uur om te repeteer. Dit is wys om ook hierdie repetisie by jou skool in te oefen. Dit help as elkeen presies weet wat om te doen en dit verminderspanning op jou speeldag.

Gee elkeen ’n spesifieke rol tydens repetisie Identifiseer wie die stelstukke opdra en skuif. Identifiseer ander spelers om net te merk. ’n Georganiseerde groep spelers wat presies weet wat hulle doen laat geen ruimte vir gesels nie en handel die plasing en merk van die stel baie vinnig af. Laat die regisseur en/of verhoogbestuurder dadelik hulself, saam met die spelers vertroud maak met die verhoogruimte terwyl die tegniese span hulle oorgange programmeer. Gebruik verkieslik een derde van die repetisietyd vir albei hierdie voorbereidings.

Lys jou oorgange en stel eerste in! Jou tegniese span moet vooraf ’n aparte lys opstel wat genommer is met al die beligtings- en klankoorgange. Laat hulle onmiddellik hierdie lys programmeer aan diebegin van die repetisie. Tyd vir toets en veranderNadat die regisseur die stelstukke op die verhoog geplaas het, die oorgange geprogrammeer is en elke speler vertroud is met die ruimtes, is dit tyd vir “cut and que”. Die regisseurs gaan deur elke oorgang en laat die spelers hulle reëls gooi. Hy/sy luister nou na projeksie, artikulasie, klank en maak seker dat die geprogram-meerde beligting die regte nuanse en fokus skep.Hierdie voorbereiding behoort twee derdes van die repetisietyd in beslag te neem.

Bly kalmSpanning loop hoog tydens repetisies, maar weerhou jouself daarvan om op medegeselskapslede te skree. Regisseurs moet verkieslik van die mikrofoon gebruik maak sodat almal hom/haar duidelik kan hoor. As almal vooraf presies weet wat om te doen, sal repetisies glad verloop sonder enige konflik.

SLIM INTREKWENKESUPER SPELWENKE

9

Page 11: PRETORIA 2019 finaal - ATKVdie UNISA Little Theatre toe die produksie Glansgod van Hoërskool Durbanville met die louere weggestap het. Nana Sitastraat 287 Pretoria Sentraal. TEATERSPESIFIKASIES

Dit is geen geheim dat ATKV-Tienertoneel vir dekades al spesiale herinneringe koester nie. Die ATKV het ná ’n reuse-aanvraag deur Tienertoneel-deelnemers en alumni besluit om ’n unieke ATKV-Tienertoneelprodukreeks te ontwikkel. Hierdie veeldoelige rekwisietesak is die eerste van sy soort.

Die fyn afgewerkte katoensak kan maklik oor die skouer gegooi word en het plek vir al daardie los items of rekwisiete wat jy moet saamkarring tydens ’n teatertoer of skooldag. Dit is ruim genoeg dat selfs jou skootrekenaar daarin kan pas en ’n ritsluiter maak dit veilig.

’n Beperkte aantal sakke kan tydens streeksfeeste teen net R100 per sak gekoop word.

REKWISIETESAK

DIE STELLENBOSCH-FINAAL

Finaliste kan uitsien na ’n hartklopfinaal wat asems gaan wegslaan.

Vanjaar se ATKV-Tienertoneelfinaal word aangebied by die Adam Small-teater in Stellenbosch – tuiste van die US Dramadepartement, die Woordfees en wyn!Al die finaliste ding mee van Maandag 23 September tot Donderdag 26 September. Donderdagaand na afloop van die laaste produksie se optrede, word die Top 5 produksies aangekondig. Vrydag 27 September word teatergesprekke gefasiliteer met die Top 5 wat die aand weer optree. Saterdagoggend 28 September word die beste van die beste gekroon.

23 tot 28 SEPTEMBER

910

KOOP