rantsoenbrosjure vir varke...• voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • verhoog daarna die...

8
RANTSOENBROSJURE VIR VARKE

Upload: others

Post on 22-Feb-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

RANTSOENBROSJURE VIR VARKE

Page 2: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

1

Vir enige varkboer is die optimale

vet-tot-vleisverhouding belangrik

aangesien dit die gehalte van die

vleisgraad en derhalwe winsgewendheid

bepaal. Al ons rantsoene is wetenskaplik

geformuleer om varke van perfek-

gebalanseerde voer te voorsien wat

daartoe bydra dat boere die optimale

maervleispersentasie kan behaal.

Die optimale vet-tot-vleisverhouding –

dis die perfekte balans.

ONS FOKUS

• Aanvulling van sog se melk gedurende

die eerste week na geboorte.

• Vrugbaarheid.

• Optimale spier- en beenontwikkeling.

• Optimale vet-tot-vleisverhouding.

• Voerdoeltreffendheid.

• Voedingsgebalanseerde voer vir die

verskillende klasse varke.

• Volgehoue gehalte.

SLEUTELVOERWENKE

• Verskaf altyd genoeg vars, koel water.

Swak watervoorraad kan die groeitempo

van varke vertraag en voerinname van

lakterende sôe laat afneem, wat tot ‘n

afname in kondisie sowel as

melkproduksie, kan lei.

• Voer kruipvoer vanaf 10 dae oud tot ’n

week na speen.

• Maak seker die kruipvoer is

ontoeganklik vir die sog.

• Hou die sog se kondisie dop; voer

volgens liggaamskondisie gedurende

die eerste 30 dae van dragtigheid om

embriomortaliteit te minimaliseer.

• Daar word aanbeveel dat sôe ’n

volledige dieet gedurende laktasie

ontvang om maksimum melkproduksie

te verseker. Lae voerinname sal

gewigstoename van die werpsel en

daaropvolgend ook

reproduksieprestasie, laat afneem.

• Voer droë sog dienooreenkomstig sodat

sy teen die korrekte gewig jong.

• Voer varkbere die sog-en-beerdieet. Die

daaglikse hoeveelheid voer moet

volgens die seisoenverskille, kondisie

en werkslading van die beer aangepas

en verander word.

Groeiende varke: Voer vir prestasie

Page 3: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

2

Die dragtige sog moet 2-3 weke voor jong

ontwurm word om die moontlikheid dat sy wurms

aan die pasgebore varkies sal oordra, te

verminder. Bestuur is veral deurslaggewend

gedurende die eerste 72 uur na geboorte,

aangesien die meeste verliese aan varkies

gedurende hierdie tydperk plaasvind.

Die eerste agt ure na geboorte is deurslaggewend

en kan bepaal watter varkies die optimale

speengewig bereik of vrek. Pasgebore varkies vrek

dikwels weens kouestres, gevolglik moet

addisionele verhitting verskaf word. Die kruiparea

moet teen 28 ºC gehou word en die

kamertemperatuur teen 21-23 ºC. Klein varkies

moet ook aangemoedig word om binne 45 minute

na geboorte, kolostrum in te neem. Die gedrag

van die varkies sal aandui of hul gemaklik is.

Individuele varkies moet binne 24 uur na geboorte

vir identifiserings- en rekorddoeleindes gemerk

word en tande geknip en sterte afgesny word.

Varkies wat die eerste paar dae oorleef, se

liggaamsgewig verdubbel gedurende elke

daaropvolgende week, vir ten minste die eerste

drie weke. Sogmelk bevat nie voldoende

voedingstowwe om na 21 dae vinnige groei van ’n

jong varkie te handhaaf nie; gevolglik moet

kruipvoer voor speen aan die werpsel verskaf

word. Klein varkies sal normaalweg rondom

10 dae oud in kruipvoer belangstel. Behoorlike

voerveranderinge is noodsaaklik om aggressie en

kou aan sterte te minimaliseer, asook om optimale

groei te verseker.

DIE SOGENDE VARKIE

Page 4: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

3

GROEIENDE VARKETeoretiese vergelyking van gewig volgens ouderdom, voerinname per dag, bykomende voerinname en

voeromsetverhoudingsdata vir groeiende varke..

OUDERDOM (DAE)

Lewende gewig (kg)

Voer per dag

(kg)

Bykomende voerinname

(kg)

VOV (KG)

56 18

Speenvark63 22 1.0 7.0 1.75

70 26 1.2 15.4 1.92

77 30 1.4 25.2 2.10

Vleisvark

84 35 1.6 36.4 2.14

91 40 1.8 49.0 2.23

98 45 2.0 63.0 2.33

105 50 2.2 78.4 2.45

112 55 2.4 95.2 2.57

119 61 2.6 113.4 2.64

126 67 2.8 133.0 2.71

133 73 3.0 154.0 2.80Spekvark

Ons beveel aan dat die Vleisvarkvoer (Porker ration)

deurlopend gebruik word indien varke slegs tot 90 kg lewende gewig grootgemaak word. Indien swaarder varke (>90 kg) grootgemaak word,

gebruik dan die Spekvarkvoer (Baconer ration) soos

voorgeskryf..

140 79 3.2 176.4 2.89

147 85 3.4 200.2 2.99

154 91 3.6 225.4 3.09

161 97 3.8 252.0 3.19

168 103 4.0 280.0 3.29

Page 5: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

4

Voerkoste en sogproduktiwiteit is die twee

belangrikste veranderlikes in die varkbedryf.

Alhoewel dragtigheids- en laktasiediëte ongeveer

16% van die voergebruik in die jong-tot-

afrondproses verteenwoordig, is dit noodsaaklik

dat hierdie diëte korrek volgens die

produktiwiteitsvlak van die trop geformuleer word

en die regte hoeveelhede gevoer word.

Die droë tydperk is die tydsinterval vanaf speen

tot jong waartydens die sog onproduktief is.

Doeltreffende bestuur van sôe gedurende

dragtigheid en laktasie en vanaf speen tot dekking

dra daartoe by dat sôe so gou moontlik na speen

paar.

Behoorlike beervoeding en -bestuur is nodig voor

en tydens die paarseisoen. Dit sluit in voeding,

hokke, gesondheid en dienskapasiteit. Indien

goeie bestuurspraktyke agterweë bly, is die

prestasie van ’n beer dikwels teleurstellend.

SOG EN BEER

Page 6: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

5

VOEDINGSTABELFORMAAT PRODUK Wet 36/1947

Reg. Nr. DIERSOORT VOERRIGLYN

Volv

oerr

ants

oene

Sow and Boar 140 V8857

Sog• Voer droë sôe 2 kg/dag in die somer en 2.5 kg/dag in die winter.• Hierdie is slegs ’n riglyn aangesien sommige sôe ’n bietjie meer

gevoer moet word as hulle gedurende laktasie gewig verloor het.

Beer

• Voer bere 2 kg/dag in die somer en 2.5 kg/dag in die winter.• Indien die beer hard werk, of na gelang van sy kondisie, moet die

hoeveelheid voer dienooreenkomstig verhoog word.• Maak seker dat die beer nie oorvoed word nie, aangesien hy lui

sal word.

Econo Lac-tating Sow V17930 Sog

Na jonghok toe• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong.• Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende

sewe dae.• Teen die einde van die sewe dae, behoort die sog 2.5 kg/dag plus

0.5 kg vir elke varkie per dag te eet.• Voer sôe twee keer per dag (die helfte in die oggend en die helfte

smiddae).• Hierdie is slegs ’n riglyn – kyk na sog se kondisie, dus wanneer

sôe maer is, verhoog die hoeveelheid voer en indien oorgewig, verminder die hoeveelheid.

Econo Pig Creep 190 V4964 Sogende

varkie

• Voer die varkies varkkruipvoer vanaf 10 dae oud tot een week na speen.

• Die gemiddelde inname oor die tydperk sal 1 kg/varkie wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars

kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.

Econo Pig Weaner 180 V4963 Speenvark

• Voer die speenvark vanaf speen tot by 10 weke oud of 30 kg lewende massa.

• Die gemiddelde inname oor die tydperk moet 15 kg wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars

kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.

Econo Pig Porker 155 V5587 Vleisvark

• Voer vleisvark vanaf 10 weke oud tot en met 70 kg lewende massa. Dit behoort ongeveer 65 dae te neem.

• Die gemiddelde inname oor hierdie tydperk moet 137 kg wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars

kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.

Econo Pig Finisher 156 V8844 Spekvark

• Voer die afrondingsrantsoen vanaf 70 kg lewende massa tot en met slag.

• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars kruipvoer gevul.

• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.

Kons

entr

ate

Farmix Pig Weaner 310 V7670 Speenvark • Sien sak vir menginstruksies.

• Voer soos met Econo Pig Weaner 180 hierbo.

Farmix Pork-er 340 V22904 Vleisvark • Sien sak vir menginstruksies.

• Voer soos met Econo Pig Porker 155 hierbo.

Farmix Sow and Boar 230

V22902 Sog en Beer• Sien sak vir menginstruksies.• Voer soos met Sow and Boar 140 hierbo.

Page 7: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

6

Page 8: RANTSOENBROSJURE VIR VARKE...• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong. • Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende sewe dae. • Teen die einde van die sewe

7

www.rclfoods.com RCL FOODS HOOFKANTOOR, TIEN THE BOULEVARD, WESTWAY KANTOORPARK, WESTVILLE, 3629POSBUS 2734, WESTWAY KANTOORPARK, 3635REG NO 1966/004972/06

EPOL Berlin

Posbus 17, Berlin, Suid-Afrika, 5660

Tel: +27(0)43 685-2111 Faks: +27(0)43 685-2114

www.epol.co.za

EPOL Pietermaritzburg

Posbus 1299, Pietermaritzburg, Suid-Afrika, 3200

Tel: +27(0)33 387-2460 Faks: +27(0)33 387-4779

www.epol.co.za

EPOL Pretoria-Wes

Posbus 19096, Pretoria-Wes, Suid-Afrika, 0117

Tel: +27(0)12 386-0469 Faks: +27(0)12 386-2147

www.epol.co.za

EPOL Rustenburg

Posbus 82318, Rustenburg, Suid-Afrika, 0300

Tel: +27(0)14 538-2832 Faks: +27(0)14 538-1865

www.epol.co.za

EPOL Worcester

Posbus 105, Worcester, Suid-Afrika, 6850

Tel: +27(0)23 346-6400 Faks: +27(0)23 346-6464

www.epol.co.za

EPOL PIETERMARITZBURG VERPAKKINGSDEPOT

Willowtonweg 17, Pietermaritzburg, Suid-Afrika, 3200

Tel: +27(0)33 387-2460 Faks: +27(0)33 387-4779

www.epol.co.za

NOVEMBER 2017

A17

212