wynbedryf - agri · distell het uitstekend gevaar met twee dubbelgoue en twaalf goue medaljes....

15

Upload: others

Post on 25-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Wynbedryf BLADSY 1-2 SA Jongwynskou

    Veritas

    Wynoesherdenkingsgeleentheid

    Suiwelbedryf BLADSY 3-5 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe

    Agri-Expo Qualité-Toekenningsdinee

    Suid-Afrikaanse Kaasfees

    Veebedryf BLADSY 6 Agri-Expo Livestock

    Perdebedryf BLADSY 7-8 Veilings

    2-Jaaroud-Veiling

    Lanzerac Ready to Run-Veiling

    Emperors Palace Ready to Run-Veiling

    Die Premier Jaaroud-Veiling

    Emperors Palace Uitgesoekte Jaaroud-Veiling

    Die Maart Jaaroud-Veiling

    Merries & Vullens vir Stoetkeuring-Veiling

    Skoue BLADSY 9 Ledeskoue

    Ledeskoue-vergadering

    Wes-Kaap Pluimveeklub-skou

    Jeug BLADSY 10 Jeugskoue

    Landbouskole

    Algemeen BLADSY 11 Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC)

    Internasionale Federasie van Landboujoernaliste (IFAJ) Konferensie

    US Woordfees

    Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings

    Landbouskrywersvereniging

    Personeel

    BLADSY 13

    Finansies

    BLADSY 13

    Ten Slotte BLADSY 13

  • DIE SA JONGWYNSKOU BIED WYNMAKERS DIE GELEENTHEID OM HULLE BESTE WYNE VAN DIE HUIDIGE OESJAAR TE VERTOON

    Die skou dateer uit 1833 toe Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap die eerste wynskou in Suid-Afrika aangebied het. Dit maak die SA Jongwynskou die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika.

    Die missie van die SA Jongwynskou is om die kwaliteit van wyne te beoordeel wat steeds in hulle kinderskoene is – in die jaar van produksie – voordat die wyne finaal versny en gebotteleer word. Op hierdie wyse gee die bedryf erkenning aan die produksievermoëns van ʼn kelder. Min van hierdie wyne is te koop of reeds in hul finale vorm ten tye van die beoordeling.

    Die agt deelnemende wynstreke is Robertson, Worcester/Breedekloof, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en Klein Karoo.

    Kampioene word aangewys in die volgende kategorieë: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnit, Soetwyne, Edellaatoes, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel.

    Benewens die 17 SA Kampioene is die indrukwekkende Generaal Smuts Trofee – wat in 1952 vir die eerste keer aan die SA Kampioen Jongwyn toegeken is – ook op die spel.

    Die wenners van die 2016-oesjaar is tydens ‘n glans-galageleentheid in die KIKS, aangebied deur Agri-Expo met die ondersteuning van Sanlam en Santam, aangewys.

    Badsberg Wynkelder was die ster van die 2016 SA Jongwynskou. Keldermeester Willie Burger en sy formidabele wynmaakspan het weggestap met twee van die kompetisie se mees gesogte trofeë. Hulle Pinotage (gehout) is met die hoogste lof, die Generaal Smuts Trofee, as die SA Kampioen Jongwyn vir 2016, bekroon.

    Badsberg het ook die gesogte Pietman Hugo Trofee verower, wat toegeken word aan die kelder met die hoogste punte vir inskrywings in vyf kategorieë. Verder het hulle ook drie SA Kampioen Trofeë gewen.

    Van die 1 868 wyne wat ingeskryf is, het 17 Kampioen-trofeë verwerf, is 51 as klaswenners aangewys en het 64 goue medaljes ontvang.

    Inskrywings word deur spesialispanele van sewe beoordelaars geproe. Beoordelaars is wynmakers of wynkundiges met ʼn formele proe-kwalifikasie en spesialiskennis van spesifieke wynstyle. ʼn Agste junior beoordelaar per paneel is ingesluit om as toekomstige beoordelaars opgelei te word.

    Charles Hopkins (Voorsitter: SANWV), Duimpie Baily (voormalige President: Agri-Expo) en die wenners van die Generaal Smuts Trofee, Badsberg Wynkelder

    W Y N B E D R Y F

    S A J O N G W Y N S K O U

    WYNBEDRYF I 2017 1

  • DIE VERITAS WYNSKOU IS DIE TOONAANGEWENDSTE WYN-KOMPETISIE IN SUID-AFRIKA EN IS SINONIEM MET UITNEMENDHEID IN DIE WYNBEDRYF

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV), wat die organiseerders van die geleentheid is, verteenwoordig die volle spektrum van die bedryf. Agri-Expo, as vennoot van SANWV, word op die Raad verteenwoordig en is ‘n medeborg van die toekenningsdinee.

    Na 26 jaar het Veritas sy reputasie as Suid-Afrika se mees outoritêre en betroubare kompetisie vir markklaar wyne verdien. Die toekennings, met die bekende Veritas-embleem, het sinoniem geword met topgehalte wyne. Die eerste Nasionale Gebottelleerde Wynskou in Suid-Afrika is in 1990 deur die SANWV aangebied, wat in 1991 na die Veritas Toekennings hernoem is.

    Daar was vanjaar 1 760 inskrywings. Die vyf kategorieë waarvoor die meeste inskrywings ontvang is, was: Rooi Versnitte (227), Sauvignon Blanc (182), Shiraz (167), Cabernet Sauvignon (142) en Chenin Blanc (131). ‘n Totaal van 39 brandewyne is in drie kategorieë ingeskryf, naamlik Standaard, Potstil en Vintage. ‘n Totaal van 1 317 medaljes is vanjaar toegeken – 38 dubbelgoud, 167 goud, 484 silwer en 628 brons.

    Distell het uitstekend gevaar met twee dubbelgoue en twaalf goue medaljes. Sauvignon Blanc was die beste presteerder in die Dubbelgoud-kategorie met sewe toekennings. In die Goue kategorie het Potstil- brandewyne en Shiraz elkeen dertien medaljes ontvang.

    Vyf bekende beoordelaars van reg oor die wêreld het vanjaar op die Veritas-paneel gedien.

    VERITAS / QUALITÉ-KAASPROEË

    Ter uitbreiding van die vennootskap tussen Agri-Expo en die SANWSV word Qualité-kase saam met Dubbelgoud en Goue Veritas-wyne tydens drie eksklusiewe proegeleenthede aan ongeveer 1200 lede van die publiek bekendgestel.

    Hierdie proeë vind plaas in Kaapstad, Johannesburg en Durban, en is ‘n uitstekende manier om die Qualité merk as ‘n betroubare aanwyser van suiwelkwaliteit in Suid-Afrika te bevorder.

    WYNOESHERDENKINGSGELEENTHEID

    Die Suid-Afrikaanse wynbedryf vier ‘n spesiale geleentheid in Februarie elke jaar wanneer dit die bedryf se eerste oesjaar op Suid-Afrikaanse bodem op 2 Februarie 1659, soos aangeteken deur Jan van Riebeeck, herdenk. Hierdie gebeurtenis vind plaas op Suid-Afrika se oudste wynlandgoed, Groot Constantia-landgoed, wat in 1685 gestig is deur die destydse goewerneur, Simon van der Stel. Tydens hierdie geleentheid word die seën op die oes gevra en 'n spesiale 1659-erepenning aan 'n Suid-Afrikaanse wyn-ikoon toegeken. Vanjaar was Charles Back van Fairview die ontvanger. Agri-Expo het hierdie jaar vir die tweede keer die Wynoesherdenkingsgeleentheid aangebied.

    W Y N B E D R Y F

    V E R I T A S

    WYNBEDRYF I 2017 2

  • Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe het vanjaar op 23 Februarie by Grand West plaasgevind en is deur 74 beoordelaars behartig. Dit is die oudste suiwelkompetisie in Suid-Afrika en Du Pont het weer vanjaar as Platinumborg van die geleentheid opgetree. Vanjaar is 854 produkte deur 83 suiwelvervaardigers in 102 klasse ingeskryf.

    Beoordelaars Charl du Plessis en Allan Fourie saam met hoofbeoordelaar Kobus Mulder

    Die Kampioenskappe word aangebied met die doel om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en sodoende gehalte te verbeter. Die groot hoeveelheid inskrywings is beslis ‘n aanduiding van die vertroue en hoë agting wat vervaardigers steeds het in ‘n kampioenskap wat terugdateer na ‘n eenvoudige begin in 1834.

    Agri-Expo konsulteer gereeld met die suiwelbedryf en vanjaar is daar ook twee nuwe toevoegings tot die kampioenskappe gemaak vir vars melk en UHT-melk.

    Beoordeling tydens die kampioenskappe

    Die SA Suiwelkampioene is die wenners in elk van die 102 klasse in die nege kategoriëe, naamlik kaas, botter, joghurt, suiwelnageregte, maaskaas, roomys, gegeurde en aangesuurde melk, suiwel doopsouse en melk. Die Qualité-merk word toegeken aan produkte van uitmuntende gehalte en ‘n paneel van vyf hoogs kundige beoordelaars wys die Suiwelproduk van die Jaar aan.

    Beoordelaar Fiona Nuttal-Smith

    S U I W E L B E D R Y F

    S U I D - A F R I K A A N S E S U I W E L-

    K A M P I O E N S K A P P E

    SUIWELBEDRYF I 2017 3

  • Parmalat se 10-maande verouderde Gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is as die 2017 SA Suiwelproduk van die Jaar aangewys tydens die Agri-Expo Qualité-Toekenningsdinee op 17 Maart 2017 by Grand West. Hierdie kaas volg in die voetspore van hul ses maande verouderde Gouda wat in 2006 die gesogte titel verower het.

    2017 SA Suiwelproduk van die Jaar

    74 beoordelaars, wat bestaan uit sensoriese evalueerders, vervaardigers, sjefs en kosskrywers het 'n uitdagende taak gehad om die 854 produkte op 17 Februarie 2017 by Grand West te beoordeel. Vanjaar is ‘n nuwe prosedure ingestel waarvolgens die Qualité-wenners deur ‘n paneel van vyf hoogs kundige beoordelaars beoordeel was om die algehele Suiwelproduk van die Jaar aan te wys.

    Johan Ehlers (HUB van Agri-Expo), Marlize Boshoff (Parmalat Groepsbestuurder: N&O), Sandra Zuvela (Du Pont Groepsbestuurder van verkope Suider-Afrika) en Arnold Nieuwoudt (Parmalat se groepsbestuurder)

    Qualité is die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika en hierdie jaar het Parmalat SA (Edms) Bpk die voortou geneem met vier Qualité-toekennings, gevolg deur Lancewood met drie toekennings. Clover SA, Dalewood Fromage, Fair Cape Dairies, Foxenburg Estate, Fairview Cheese Company, De Pekelaar, Delitaly, Kleinrivier Kaas en Belnori Boetiek Kaasmakery het elk een Qualité-toekenning verower.

    Die 2017 Qualité-wenners

    S U I W E L B E D R Y F

    A G R I - E X P O Q U A L I T É -

    T O E K E N N I N G S D I N E E

    SUIWELBEDRYF I 2017 4

  • DIE FEES IS BEKEND AS DIE GROOTSTE KULINÊRE GELEENTHEID IN SUIDER-AFRIKA EN OP 26 JANUARIE 2017 IS DIT VEREER AS DIE GESAMENTLIKE “BESTE VERBRUIKERSUITSTALLING” BY DIE EERSTE AAXO-TOEKENNINGS-GELEENTHEID

    Met KAAS as die middelpunt van die gewilde fees het kaasliefhebbers vanjaar vanaf 28 tot 30 April ‘n versameling van meer as dertig ton kaas, nuwe aanbiedinge, uitsonderlike vermaak, goeie kos, wyn, musiek en ‘n gesellige atmosfeer so eie aan die SA Kaasfees geniet.

    ‘n Nuwe toevoeging tot die fees was die Agri-Expo Cheesery. Hier kon besoekers skouers skuur met van die land se voorste kaasmakers om sodoende meer te leer oor hul gunstelingprodukte. Kleinrivier Kaas, La Montanara, Fairview, Udderley Delicious en Taaibos Kaas het deelgeneem aan die unieke platform.

    Buiten die verskeidenheid kase was daar daar natuurlik ook pasmaats soos uitgesoekte wyn, bier, varsgebakte brood, heerlike vleise, soete verleiding en handige resep-idees. Glanssjefs soos Nataniël, Errieda du Toit, Haidee Muller en Amore Bekker het besoekers vermaak met hul koskennis. Die Private Hotel School het ‘n reeks spesiaalontwikkelde resepte in die Cape Made Kitchen bekendgestel.

    Kaasfees-besoekers het die sosiale media foto-geleenthede geniet

    Mediavennootskappe het beslis die bemarking en advertensiebegroting ‘n groot hupstoot gegee en mediadekking van meer as 40 miljoen Rand, die meeste nog ooit, is vir die fees gegenereer. Sosiale media het skerp toegeneem, met Facebook-aanhangers wat van 9 506 tot 10 953 toegeneem het, Twitter-volgelinge wat van 2 515 tot 2 806 toegeneem het, en Instagram- bewonderaars wat gegroei het tot 290.

    Die Suid-Afrikaanse Kaasfees bly steeds die grootste platform vir kaasmakers om hul produkte aan ‘n gefokusde gehoor bekend te stel en markgroei te stimuleer. Dit dien ook as ‘n geleentheid vir veral nuwe entrepeneurs om ander landbouprodukte te bemark en te bevorder.

    S U I W E L B E D R Y F

    S A K A A S F E E S

    SUIWELBEDRYF I 2017 5

  • Agri-Expo Livestock, die mees gesogte vee-ekspo in Suid-Afrika, is van 13 tot 15 Oktober 2016 op Sandringham aangebied. Die uitstaande gehalte en deelname van die verskillende rasse het die nasionale en internasionale beoordelaars van die suiwel- en vleisbeeskampioenskappe beïndruk.

    Puttergill Goldwyn Sweetie van Puttergill Holsteins in die Oos-Kaap, wat as die FNB-Suiwelkoningin gekroon is, het ‘n nuwe rekord opgestel deur haar titel vir die tweede keer suksesvol te verdedig.

    Puttergill Goldwyn Sweetie is vir die derde agtereen-volgende jaar as die FNB-Suiwelkoningin gekroon

    Black Mamba Nelene, van Black Mamba Stoetery in Moorreesburg, het ook haar titel suksesvol verdedig en is gekroon is as die BKB-Vleisbeeskoningin. Dit is ‘n besonderse prestasie omdat sy teen 13 vleisbeesrasse moes meeding om hierdie titel te verower.

    Black Mamba Nelene, wat haar titel as BKB-Vleisbeeskoningin suksesvol verdedig het, met haar kalf

    Die bekende teler Brett Puttergill, eienaar van die verdedigende suiwelkampioen, Puttergill Goldwyn Sweetie, beskou Agri-Expo Livestock as die maatstaf vir veeskoue in die land. Jaco Smit, een van die jongste en kleinste Angus telers, het Agri-Expo Livestock as die beste skou in Suid-Afrika beskryf. Sy Black Mamba Nelene is nie net as die BKB-Vleisbeeskampioen aangewys nie, maar het ook verskeie ander kategorieë by die skou gewen.

    Bo en behalwe die kampioenskappe wat die hoogtepunt van Agri-Expo Livestock is, het die programaktiwiteite skerp toegeneem om die verskillende behoeftes van die veebedryf aan te spreek. Programme soos melkbok- en vleisbeesinligtingsdae, moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou; die Landbouweekblad Gesprek: Oplossings vir Landbou; die Mutual & Federal Agri Streeksjeugskou; en die Toyota Nasionale Jong Afslaerskompetisie in samewerking met Veeplaas en Stockfarm, het beduidende waarde toegevoeg tot die geleentheid.

    Die skole opleidingsprogram is finansieël deur die Wes-Kaapse Departement Landbou ondersteun en is deur meer as 2000 leerders bygewoon. Leerders word op ‘n praktiese manier ingelig oor die belangrikheid en waarde van die veebedryf sowel as die verskillende loopbaankeuses wat in die landbousektor beskikbaar is.

    Die Wes-Kaapse Elite Suiwelboer van die Jaar, wat deur SA Stamboek aangebied is, en die Landbou-navorsingsraad (LNR) se Nasionale Suiwelpresteerders Toekenningsdinee is ook by Agri-Expo Livestock aangebied.

    Die besonderse entoesiasme en hoë bywonersgetal aan die vele programme wat aangebied is, is ‘n bewys dat kommersiële landbouers, telers, kleinboere en ook die verbruiker Agri-Expo Livestock beskou as een van die belangrikste platforms vir die suiwel- en vleisbedrywe. Agri-Expo waardeer die ondersteuning en vennootskappe van agri-besighede, bedryfs-organisasies en telersgenootskappe wat grootliks bydra tot die sukses van hierdie geleentheid.

    V E E B E D R Y F

    A G R I - E X P O L I V E S T O C K

    VEEBEDRYF I 2017 6

  • VEILINGS

    Cape Thoroughbred Sales (CTS) het Agri-Expo gekontrakteer om die logistieke- en stalbestuur vir sewe perdeveilings vir hierdie finansiële jaar te hanteer. Hierdie verkope vind plaas in die Wes-Kaap en Gauteng. Al die veilings verskil ten opsigte van tipe en samestelling soos gesien kan word in die bygaande foto’s.

    2-JAAROUD-VEILING DURBANVILLE RENBAAN: AUGUSTUS

    ‘n Veiling met 90 perde wat gereed is om ingebreek en opgelei te word. Hierdie veiling word gehou te Durbanville Renbaan.

    LANZERAC READY TO RUN-VEILING DURBANVILLE RENBAAN: OKTOBER

    Hierdie veiling word tradisioneel in November aangebied, maar is vanjaar in Oktober gehou weens groot instandhouding aan die renbaan. 159 perde is in die katalogus opgeneem en 146 is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R198 767. Galoppe is die Vrydagoggend gehou en die veiling het die Saterdagaand plaasgevind. Die Lanzerac-resies is ‘n maand later by Kenilworth Renbaan gehou.

    Durbanville Renbaan

    EMPERORS PALACE READY TO RUN- VEILING RANDJESFONTEIN TRAINING CENTRE: NOVEMBER

    ‘n Veiling van 235 perde, wat pas ingebreek en al vir meer as ’n maand opgelei is. Galloppe is gehou te Randjesfontein oefeningsbaan op Maandag die 21ste, met die veiling wat oor twee dae (Donderdag en Vrydag) aangebied is. 187 perde is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R186 417.

    CAPE PREMIER JAAROUD-VEILING KIKS KAAPSTAD: JANUARIE

    Die Premier Jaaroud-Veiling te KIKS bly die vlagskip- gebeurtenis van die jaar. 237 jong jaaroudvullens is gekies vir die 2017-veiling. Die Suid-Afrikaanse rekord is weer eens verbeter toe ‘n Trippi-vul vir R6 miljoen aan MV Magnier verkoop is. Die gemiddelde prys van verkope was R699 211 met 222 perde wat verkoop is.

    KIKS-stalle

    P E R D E B E D R Y F

    PERDEBEDRYF I 2017 7

  • EMPERORS PALACE SELEKTIEWE JAAROUD-VEILING

    EMPERORS PALACE GAUTENG: APRIL

    Hierdie veiling word op die gronde van die 5-ster D’oreal Grande Hotel by die Emperors Palace kompleks gehou. 159 top jaaroudvullens wat te jonk of onvolwasse was vir die Januarie-veiling, is vir hierdie veiling aanvaar. Dis is ‘n besonders moeilike opbou omdat die stalle in die parkeerterrein is en die markiestent vir die veiling oor die hotel se swembad gebou word. Die gemiddelde prys was R318 129 met 131 jaaroudvullens wat verkoop is.

    DIE MAART JAAROUD-VEILING DURBANVILLE RENBAAN: MAART

    Hierdie is die grootste veiling met 257 jaaroudvullens wat in die katalogus aangeteken is. Die gemiddelde prys was R78 955 met 201 jaaroudvullens wat verkoop is.

    Etienne Buchner, “bidspotter” by die Maart-Veiling

    ‘n Jaaroudvul by die Maart Veiling

    MERRIE & VULLENS VIR STOETKEURING-VEILING ROBERTSON: JUNIE

    Hierdie veiling is vir die tweede keer by Highlands Stoetplaas in die Robertson-distrik gehou.

    ‘n Totaal van 115 merries is in die katalogus opgeneem, met ‘n gemiddelde verkoopprys van R166 341. Die hoogste verkoopprys was R2,4 miljoen vir ‘n merrie wat deur Rathmor Stud gekoop is. Omdat hierdie veiling op ‘n plaas plaasgevind het, moes toerusting vanaf Kaapstad vervoer word. Ekstra stalle is gebou en die veilingsmarkiestent sowel as al die spysenierings- geriewe is deur ons voorsien.

    P E R D E B E D R Y F

    PERDEBEDRYF I 2017 8

  • LEDESKOUE

    Agri-Expo het weereens vanjaar as borg opgetree by 14 lewensvatbare landbouskoue wat lid is van die Genootskap. Hierdie skoue stel landbouprodukte van hoogstaande gehalte ten toon en verskeie Nasionale, Provinsiale en Streekskampioenskappe word jaarliks onder die Agri-Expo vaandel by hierdie skoue aangebied.

    Diere en ander landbouprodukte verbeter jaarliks by hierdie skoue en Kampioenskappe lok groot belangstelling van orals in Suid-Afrika. Benewens hierdie aanbiedinge is daar ook jeugskoue, skoue vir opkomende boere en pluimveeskoue.

    LEDESKOUE-VERGADERING

    Die vergadering van ledeskoue het op 9 Junie 2017 te Lemoenkloof Gastehuis in Paarl plaasgevind. Hierdie vergadering is ‘n jaarlikse instelling waar al die ledeskoue bymekaarkom om uitdagings te bespreek, skoudatums te bepaal en van mekaar te leer.

    Hierdie vergadering skep ook ‘n geleentheid om positiewe idees na die tafel te bring en sodoende met ‘n nuwe aanslag die volgende skou aan te pak.

    Vanjaar was ons bevoorreg om verteenwoordigers van Departement Landbou: Wes-Kaap te verwelkom sowel as opkomende boere wat aan skoue deelneem.

    Dr Dirk Troskie, Direkteur van Sakebeplanning en -strategie by die Wes-Kaapse Departement Landbou, het die Departement se doelwitte om hul Connect Agri-program uit te bou met skoue bespreek en sodoende lig gewerp op hul betrokkenheid by landbouskoue.

    Opkomende boere het hul unieke stories kom vertel asook hoe skoue hul motiveer om met beter kwaliteit diere te boer.

    Landbouskoue in die Wes-Kaap is ‘n integrale deel van die gemeenskap op die platteland en vervul ‘n groot rol om landbouprodukte en diere teen mekaar te meet en sodoende die kwaliteit te verbeter.

    Stewart van Rooy, Joubert van der Merwe, Breyton Milford (Operasionele Bestuurder: Agri-Expo) en Johannes Jacobs

    WES-KAAP PLUIMVEEKLUB-SKOU

    Die jaarlikse Wes-Kaap Pluimveeklub-skou is vanaf 8 tot 10 Junie 2017 by Kleinplasie, Worcester aangebied. 35 vertoners het die gure weer trotseer en 1321 hoenders van 102 verskillende rasse was te sien.

    Volgens die beoordelaars was die gehalte, voorkoms en voorbereiding van die pluimvee van hoogstaande gehalte. Lede van die jeug het ook deelgeneem en 5 van hierdie lede het uitstekend gevaar.

    Die skou het ‘n groot aantal besoekers gelok en baie komplimente is ontvang. Verskeie skole is ook uitgenooi om die skou by te woon en leerders het die skou baie geniet.

    Agri-Expo is trots op die wyse waarop die Wes-Kaap Pluimveeklub Skou pluimvee sowel as die rasegtheid van pluimvee in die Wes-Kaap bevorder.

    S K O U E

    SKOUE I 2017 9

  • JEUGSKOUE

    Agri-Expo se verbintenis met jeugskoue strek sedert 1999 toe Agri-Expo die inisiatief geneem het om die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging en die Nasionale Landbou Jeugvereniging tot stand te bring. Vandag tree Agri-Expo op as borg van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging. Hierdie is ‘n onafhanklike organisasie wat hom beywer vir die bevordering van landbou onder die jeug in die Wes-Kaap deur middel van jeugskoue.

    Nege streekskoue is aangebied met meer as 900 leerders wat deelgeneem het, die meeste nóg in die geskiedenis van jeugskoue in die Wes-Kaap. Hierdie Streekskoue is aangebied by: Swellendam (157), George (111), Clanwilliam (135), Agri Megaweek (65), Swartland (82), Riversdal (110), Malmesbury (77) , Heidelberg (88), en by Agri-Expo Livestock (130) leerders. Deelnemers moet by hierdie streekskoue kwalifiseer om uitgenooi te word na die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe. Tydens hierdie streekskoue neem leerders deel aan die volgende kategorieë: Perde, Suiwelbeeste, Vleisbeeste, Hoenders, Vleisbokke, Veselbokke, Melkbokke, Wolskape, Vleisskape, Suiwelbereiding, Wedvlugduiwe en Kulinêre Kuns.

    Opleiding en ontwikkeling is vanjaar met leerders van Laerskool Lambertsbaai en Olympia Vaardigheidskool op George gedoen.

    Ruben Malherbe tydens die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe

    Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe is vanjaar van 19 tot 21 Maart vir die eerste keer op George aangebied. Die standaard van die deelnemers van reg oor die Wes-Kaap was van hoogstaande gehalte. Altesaam 174 leerders het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem, die meeste ooit.

    Die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe is vanjaar in Oktober te Morgenson Landbou Akademie in Mpumalanga aangebied. Die Wes-Kaap span het weer eens die botoon gevoer en is vir die elfde agtereenvolgende keer as die kampioene van hierdie kompetisie gekroon.

    Jaco van Deventer tydens die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe saam met Breyton Milford

    LANDBOUSKOLE

    Agri-Expo het ‘n jarelange verbintenis met die drie landbouskole in die Wes-Kaap, naamlik Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam, Hoër Landbouskool Boland in die Paarl en Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal.

    Jaarliks word beurstoekennings beskibaar gestel aan hierdie drie landbouskole om tydens hul prysuitdelingsfunksies aan te wend vir leerders wat op akademiese en landbougebied deur die jaar presteer het. Agri-Expo is trots op die kwaliteit landbouonderrig wat hierdie drie landbouskole in die Wes-Kaap aanbied.

    J E U G

    JEUG I 2017 10

  • ROYAL AGRICULTURAL SOCIETY OF THE COMMONWEALTH (RASC)

    Die RASC is die amptelike spreekbuis van Landbou in die Statebond. Agri-Expo is lid van die RASC en is vanjaar weereens uitgenooi om die 26ste RASC-konferensie in Singapoer vanaf 31 Oktober tot 4 November 2016 by te woon.

    Die konferensietema “Om die stedelike-landelike gaping te oorbrug” is goed ontvang, aangesien daar internasionaal besef word dat die algemene publiek nie meer so naby aan Landbou leef soos jare gelede nie. Die boodskap van Landbou moet dus nou meer as ooit sterker aan die stedeling en die algemene publiek oorgedra word. Die konferensie is deur die President van die RASC, HKH die Kroonprinses, Prinses Anne, geopen en die hoofspreker was die Sekretaris-generaal van die Statebond, Barones Patricia J Scotland van Asthal.

    Afgevaardigdes tydens die RASC-Konferensie in Singapoer

    Agri-Expo se HUB, Johan Ehlers, en Operasionele Bestuurder, Breyton Milford, het die konferensie namens Agri-Expo bygewoon en as sprekers opgetree. Ehlers het die “Agri-Expo Storie” as ‘n landbougenootskap wat vandag sόnder skougronde baie meer vir landbou doen, oorgedra, terwyl Milford die verantwoordelikheid van landboubesighede om Landbou te bemark en die belangrike rol van die jeug voorgehou het.

    Die Eresekretaris van die RASC, Michael Lambert, het die Genootskap (Agri-Expo) in Maart besoek en vergaderings met die bestuur gehad. Hy het ook die Agri-Expo Qualité-Toekenningsdinee bygewoon en was vol lof vir die werk wat Agri-Expo doen in die suiwelbedryf sowel as vir die aanbieding van die dinee.

    Die aanbied van die 2017 RASC Next Generation Ondersteuning-en-Begripmissie is ook toegeken aan Agri-Expo en ons sien uit daarna om hierdie groep jong mense te ontvang. Dit sal die eerste keer wees wat so ‘n “Mission” in Suid-Afrika plaasvind.

    Die volgende RASC-konferensie sal in November 2018 in Kanada aangebied word.

    INTERNASIONALE FEDERASIE VAN LANDBOUJOERNALISTE (IFAJ) KONFERENSIE

    Die IFAJ-konferensie is vanjaar, vir die eerste keer sedert 2004, in Suid-Afrika aangebied vir lede van oor die hele wêreld.

    ‘n Kongres is in Gauteng aangebied waarna die groep van 135 lede uit 25 lande na die Wes-Kaap vertrek het vir ‘n program aangebied deur Landbouskrywers Wes-Kaap, waarby Agri-Expo as organiseerder en vennoot betrokke was.

    Die landbouskrywers het blootstelling geniet aan die verskeidenheid van landboubedrywe in die Wes-Kaap. Die program het besoeke aan verskillende vrugte-en- groenteboerderye, wynplase, ‘n Fairtrade-projek, die suiwelbedryf en Fairview met sy uitnemende agri-toerisme aktiwiteite ingesluit, asook ‘n gesprek by die Fakulteit Agri-Wetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, gelei deur die dekaan, prof Danie Brink.

    Die kongres is afgesluit deur ‘n spoggerige galadinee in die Cape Sun met die Gugulethu Tenore as gaskunstenaars.

    A L G E M E E N

    ALGEMEEN I 2017 11

  • US WOORDFEES

    Agri-Expo het vanjaar weer gasheer gespeel vir twee programme by die US Woordfees, naamlik Merino-lamsboudproeë met Veritas-bekroonde rooiwyne asook ‘n kaasproe met alternatiewe produkte en Veritas-bekroonde witwyne. Dié proeë is aangebied deur die bekende glanssjef, Bertus Basson (van Overture en Bertus Basson at Spice Route restaurante), asook deur Bennie Howard, Visevoorsitter van Veritas en Kaapse Wynmeester.

    Merino-lambsboudproe met Pinotage

    Daar is vanjaar vier proeë van Merino-lamsboude aangebied in samewerking met Merino SA en Skaapvleis SA. Die lamsboude is uit verskillende streke geïdentifiseer, soos die Hantam, die Kamdeboo, Swartland, die Overberg asook uit die Riemland en die Sandveld. Dit is gedoen met die hulp van Hein Vollgraaff van BKB en hul personeel in die onderskeie streke. Die lamsboudvleis was van ewe oue Merino-lam, ewe lank verouder en is 60 minute lank in ‘n vakuumverpakking teen dieselfde temperatuur gaargemaak. Geen geurmiddels, kruie of speserye is bygevoeg nie. Gaste het die geleentheid gekry om die vleis te proe, die kleur van die vleis te sien, die verskillende geure van die terroir te ervaar en te leer van die diverse plantegroei wat die smaak beïnvloed.

    Vanjaar is die hele waardeketting van die Merino-bedryf daargestel deur ‘n Merino-dag aan te bied – Merino-ramme is uitgestal, asook vagte wol met die verskillende wolprodukte en wolklere soos baadjies. Sjef Bertus Basson het ook potjiekos gemaak van Merino-skaapvleis wat te koop aangebied is vir die publiek.

    Die proeë was uitverkoop, wat getuig van belangstelling in ‘n ongewone, maar interessante proe-ervaring. Dit het ook goeie kommentaar en interessante reaksie in die media uitgelok.

    Die verskillende kase vir die kaasproe met is geborg deur Fairview. Alternatiewe produkte soos gepekelde komkommer, ‘n koljander/chilli-sous, sitruskonfyt en moskonfyt is gekombineer met die kase.

    WES-KAAPSE PRESTIGE-LANDBOUTOEKENNINGS

    Agri-Expo is jaarliks betrokke by die Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied word. Die kompetisie gee erkenning aan die waardevolle en belangrike bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in Suid-Afrika lewer.

    Die 2016 toekenningsgeleentheid het op 5 November by Nederburg Wynlandgoed in die Paarl plaasgevind. Die gesogte Agri-Expo wisseltrofee vir die Agri-werker met die Beste Potensiaal is vanjaar aan Thandisizwe Eric Mnyango van Riebeek Kelder in die Swartland oorhandig.

    LANDBOUSKRYWERSVERENIGING

    Agri-Expo het weer in samewerking met die Wes-Kaapse tak van die Landbouskrywersvereniging gasheer gespeel vir die 36ste jaarlikse Landbouskrywers SA Nasionale BKB-fotokompetisie vir landboumedia. Al die reëlings en inskrywings vir die kompetisie is deur Agri-Expo hanteer.

    A L G E M E E N

    ALGEMEEN I 2017 12

  • P E R S O N E E L

    Agri-Expo is bevoorreg om te kan funksioneer met ‘n dinamiese personeelkorps. Elke individu dra by tot die professionaliteit waarmee elke projek uitgevoer word en is beslis die kern van die Genootskap se suksesse. Vanjaar is hierdie dinamika verder uitgebou met die aansluiting van Isabeau Botha as Korporatiewe Kommunikasiebesturder. Haar jarelange ervaring as spesialis in kommunikasie, joernalistiek en bemarking voeg besonderse waarde toe. Ons het reeds op verskeie terreine nuwe suksesse behaal weens haar aansluiting.

    Die veranderde struktuur soos deur die Raad goedgekeur is in die vorige finansiële jaar werp duidelik vrugte af en was beslis tydig, in ag genome die uitbreiding van bestaande projekte en verhoogde werkslading met onder andere die toevoeging van kongresse tot die Genootskap se projekportefeulje.

    Die Genootskap het ook vanjaar ‘n sterk verteenwoordiging verkry binne die Statebond met die verkiesing van die HUB, Johan Ehlers, as Trustee op die Raad van die RASC, wat optree as die amptelike spreekbuis vir Landbou in die Statebond.

    Groot uitdagings word aan personeellede gestel tydens die aanbied van projekte, soms tot drie weke van die huis af tydens die aanbied van projekte in die Noorde, 13 tot 18 uur werksdae voor en tydens aanbiedinge, en afwesigheidheid vanaf hul huishoudings oor naweke. Agri-Expo is dankbaar vir hierdie ongelooflike toewyding en het opregte waardering vir elke personeellid en tydelike werker wat onselfsugtig op hierdie manier bydrae om ‘n diens aan Landbou te lewer.

    F I N A N S I E S

    Gedurende 2016 is daar ‘n politieke keerpunt bereik. In ‘n kort tyd het die politieke verhaal nader aan nasionalisme beweeg, met ons beleidsraamwerk wat weg beweeg het van monetêre na fiskale beleid.

    Ten spyte van die middelmatige groei-omgewing, bly die wêreld-ekonomie sterk staan tydens geweldige onsekerhede en uitdagings (Brexit, Trump), sukkelende kommoditeitspryse (olie en basiese metale), groei-onsekerheid (US, China, BRICs) en wêreldvaluta devaluasie gedurende 2016 se laaste twee kwartale. Die politieke skokke van 2016 is steeds besig om die wind uit ons seile te vat. Die nuwe Amerikaanse president hou aan om wêreldpolitiek om te krap, terwyl Engeland ‘n stap nader daaraan is om die EU formeel te verlaat.

    Plaaslik was daar ‘n middernagtelike kabinet-skommeling wat ‘n afgradering deur graderings- agentskappe veroorsaak het. Die afgradering het beleggersvertroue geknou, met newe-effekte wat ons nog in die jare wat kom, gaan voel. Gedurende die eerste kwartaal van 2017 is Suid-Afrika se buitelandse skuldgraderings gesny na subbeleggingsgraad(rommel). In die eerste kwartaal van 2017 het Suid-Afrika ‘n tegniese resessie beleef.

    Teen dié negatiewe agtergrond is dit ‘n verligting om te rapporteer dat die Agri-Expo beleggingsportefeulje ‘n positiewe opbrengs behaal het. Data wys dat die wêreldekonomie omgedraai het en op koers is vir ‘n tydperk van heraktivering. Markte bly optimisties oor globale groei, maar neem die risiko’s in ag. Inflasie is stelselmatig besig om te daal en behoort gemaklik onder 5% teen jaareind te wees.

    T E N S L O T T E

    Die 2016/2017 begrotingsjaar het vele uitdagings, maar ook wonderlike hoogtepunte en suksesse opgelewer, ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede.

    Elke personeellid het met ywer en entoesiasme bestaande en nuwe projekte aangepak en met kreatiewe denke en spanwerk die profiel van Agri-Expo aanbiedinge tot ‘n hoër vlak geneem.

    Ons sien met verwagting uit na beplande inisiatiewe en aksies in die 2017/2018, wat die Genootskap se rol en funksie op ‘n treffende en volhoubare manier in die publieke oog sal plaas.

    PERSONEEL I TEN SLOTTE I 2017 13