bladsy - agri · distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. nog...

14

Upload: others

Post on 25-Jun-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015
Page 2: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

Wynbedryf BLADSY 1-2

SA Jongwynskou

Veritas

Wynoesherdenkingsgeleentheid

Suiwelbedryf BLADSY 3-5

Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe

Agri-Expo Qualité-Toekenningsdinee

Suid-Afrikaanse Kaasfees

Veebedryf BLADSY 6

Agri-Expo Livestock

Perdebedryf BLADSY 7

Veilings

Lanzerac Ready to Run-Veiling

Die Premier Jaaroud-Veiling

Die April Jaaroud-Veiling

Skoue BLADSY 8

Ledeskoue

Ledeskoue-vergadering

Wes-Kaap Pluimveeklub-skou

Jeug BLADSY 9

Jeugskoue

Landbouskole

Algemeen BLADSY 10-11

Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC)

US Woordfees

World Wine Trade Group (WWTG)

Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings

Landbouskrywersvereniging

Personeel

BLADSY 12

Finansies

BLADSY 12

Ten Slotte BLADSY 12

Page 3: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

DIE SA JONGWYNSKOU BIED WYNMAKERS DIE GELEENTHEID OM HULLE BESTE WYNE VAN DIE HUIDIGE OESJAAR TE VERTOON

Die skou dateer uit 1833 toe Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap die eerste wynskou in Suid-Afrika aangebied het. Dit maak die SA Jongwynskou die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika, wat vanjaar vir die 185ste keer aangebied is.

Die missie van die SA Jongwynskou is om die kwaliteit van wyne te beoordeel wat steeds in hulle kinderskoene is – in die jaar van produksie – voordat die wyne finaal versny en gebotteleer word. Op hierdie wyse gee die bedryf erkenning aan die produksievermoëns van ʼn kelder. Min van hierdie wyne is te koop of reeds in hul finale vorm ten tye van die beoordeling.

Die agt deelnemende wynstreke is Robertson, Worcester/Breedekloof, Stellenbosch, Paarl, Oranje-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en Klein Karoo.

Kampioene word aangewys in die volgende kategorieë: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnit, Soetwyne, Edellaatoes, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel.

Benewens die 17 SA Kampioene is die indrukwekkende Generaal Smuts Trofee – wat in 1952 vir die eerste keer aan die SA Kampioen Jongwyn toegeken is – ook op die spel.

Die wenners van die 2017-oesjaar is tydens ‘n glans-galageleentheid, aangebied deur Worcester / Breedekloof, by Goudini Spa aangewys, met Agri-Expo as medeborg.

Namaqua Wyne was die ster van die 2017 SA Jongwynskou. Produksiebestuurder Len Knoetze en sy formidabele wynmaakspan het weggestap met twee van die kompetisie se mees gesogte trofeë. Hulle Rooi Versnit van Ruby Cabernet/Carmenere/Merlot (gehout) is met die hoogste lof, die Generaal Smuts Trofee, as die SA Kampioen Jongwyn vir 2017, bekroon.

Namaqua het ook die gesogte Pietman Hugo Trofee verower, wat toegeken word aan die kelder met die hoogste punte vir inskrywings in vyf kategorieë. Verder het hulle ook drie SA Kampioen Trofeë gewen.

Van die 1 783 wyne wat ingeskryf is, het 17 Kampioen-trofeë verwerf, is 51 as klaswenners aangewys en het 110 goue medaljes ontvang.

Die ander sterre van die aand was Spier Wyne en Benguela Covewynlandgoed, wat albei twee SA Kampioenskapstrofeë gewen het.

Christo Pienaar (Voorsitter: SANWV) en Reiner van Greunen en Len Knoetze van Namaqua Wyne, die wenner van die Generaal Smuts Trofee én die Pietman Hugo Trofee.

W Y N B E D R Y F

J O N G W Y N S K O U

WYNBEDRYF I 2018 1

Page 4: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

DIE VERITAS WYNSKOU IS DIE TOONAANGEWENDSTE WYN-KOMPETISIE IN SUID-AFRIKA EN IS SINONIEM MET UITNEMENDHEID IN DIE WYNBEDRYF

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV), wat die organiseerders van die geleentheid is, verteenwoordig die volle spektrum van die bedryf. Agri-Expo, as vennoot van SANWV, word op die Raad verteenwoordig en is ‘n medeborg van die toekenningsdinee wat op 6 Oktober 2017 in die CTICC aangebied is.

Vanjaar was daar 1 638 inskrywings, met 'n rekordgetal medaljes wat toegeken is. Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes.

In die 27ste jaar van die kompetisie is 'n nuwe toekenning ingestel – die gesogte Algehele Kampioenwyn Veritas Vertex-toekenning. Die eerste wenner van die Veritas Vertex-toekenning is Spier 21 Gables Chenin Blanc 2015.

Vier legendes van die industrie is vereer, naamlik Walter Finlayson, Nicky Krone, Giel Swiegers en Hugo van der Merwe.

VERITAS / QUALITÉ-KAASPROEË

Qualité-kase is verskaf om saam met Dubbelgoud en Goue Veritas-wyne tydens drie eksklusiewe proegeleenthede in Kaapstad, Johannesburg en Durban aan lede van die publiek bekend te stel.

WYNOESHERDENKINGSGELEENTHEID

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf vier ‘n spesiale geleentheid in Februarie elke jaar wanneer dit die bedryf se eerste oesjaar op Suid-Afrikaanse bodem op 2 Februarie 1659, soos aangeteken deur Jan van Riebeeck, herdenk. Hierdie gebeurtenis vind plaas op Suid-Afrika se oudste wynlandgoed, Groot Constantia-landgoed, wat in 1685 gestig is deur die destydse goewerneur, Simon van der Stel.

Tydens die geleentheid word die seën op die oes gevra en 'n spesiale 1659-erepenning aan 'n Suid-Afrikaanse wyn-ikoon toegeken. Hierdie erepenning word reeds sedert 1974 aan persone toegeken wat diep spore in die wynbedryf getrap het.

Die onbesonge bydraers tot die wynbedryf is vanjaar vereer. Groot Constantia se direksie wou simbolies erkenning gee aan die stemlose en dikwels gesiglose wynwerkers oor die eeue heen deur hulle gesamentlik met die erepenning te vereer, omdat die wynbedryf sonder húlle bydraes nooit sou kon floreer nie. Verteenwoordigers uit die bedryf het die erepenning in ontvangs geneem. Die erepenning sal onder verskillende punte in die wynbedryf roteer, waarna dit by Groot Constantia gehuisves sal word.

Agri-Expo het die geleentheid vanjaar vir die derde keer aangebied.

Die Wynoesherdenkingsgeleentheid te Groot Constantia

WYNBEDRYF I 2018 2

W Y N B E D R Y F

V E R I T A S

Page 5: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe het vanjaar op 22 Februarie 2018 by Grand West plaasgevind en is deur 84 beoordelaars behartig. Dit is die oudste suiwelkompetisie in Suid-Afrika. Vanjaar is 954 produkte (die meeste ooit) deur 83 suiwelvervaardigers, waarvan 15 nuwelinge, in 107 klasse ingeskryf.

Die 2018 span van beoordelaars

Die kampioenskappe word aangebied met die doel om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder en gehalte te verbeter. Die rekordgetal inskrywings is ‘n aanduiding van die vertroue wat vervaardigers steeds het in ‘n kampioenskap wat terugdateer na 1834. Vorige deelnemers het vanjaar vir die eerste keer produkte in ander klasse ingeskryf, wat dui op ‘n groei in produkontwikkeling van bestaande vervaardigers.

Die span beoordelaars, onder leiding van hoof-beoordelaar Kobus Mulder, beskik oor ‘n besonderse hoë vlak van kundigheid. Die kampioenskappe is van die enigste in die wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik ten einde ‘n meer akkurate uitslag te bekom. Die beoordelaars se kommentaar word ná die kampioenskappe aan die deelnemers gekommunikeer om produkkwaliteit te verbeter, vernuwing aan te moedig en uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder.

Beoordeling tydens die kampioenskappe

Agri-Expo konsulteer gereeld met die suiwelbedryf en

vanjaar is daar ‘n nuwe toevoeging gemaak vir room. Die

SA Kampioene is die wenners in elk van die 107 klasse in

die tien kategoriëe, naamlik kaas, botter, joghurt,

suiwelnageregte, maaskaas, roomys, gegeurde en

aangesuurde melk, suiwel doopsouse, melk en room.

Die Qualité-merk word toegeken aan produkte van

uitmuntende gehalte en ‘n paneel van vyf hoogs

kundige beoordelaars wys die Produk van die Jaar aan.

Die publiek baat ook by die kampioenskappe as ‘n

hulpmiddel om te verseker dat hulle die beste

suiwelprodukte kan geniet met plakkers wat op

kwalifiserende produkte in die kleinhandel geplaas

word.

Inligtingsessie met beoordelaars

S U I W E L B E D R Y F

S U I D - A F R I K A A N S E S U I W E L-

K A M P I O E N S K A P P E

SUIWELBEDRYF I 2018 3

Page 6: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

Parmalat se 10-maande Mature Gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is tydens vanjaar se Agri-Expo Qualité Toekenningsdinee op 23 Maart 2018 by GrandWest vir die tweede jaar in ‘n ry as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Dié prestasie is ‘n eerste vir die kampioenskappe, wat vanjaar sy 185ste bestaansjaar vier.

Die 2018 SA Suiwelproduk van die Jaar

Die Gouda was een van 945 suiwelprodukte van 83

produsente wat meegeding het om die aandag van 84

beoordelaars, waaronder sensoriese evalueerders,

voedseltegnoloë, kaashandelaars, kosskrywers en

bekende sjefs. Slegs 105 produkte uit die magdom

inskrywings is as SA Kampioene aangewys terwyl slegs

agtien produkte met die Qualité merk van gehalte

vereer is.

Lourens Heyns (Parmalat SA Bonnievale), Selwyn Claassen (Parmalat SA Ladismith), Johan Ehlers (HUB van Agri-Expo) en Eugene Swarts (Algemene Bestuurder Parmalat SA).

Qualité is die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika en hierdie jaar het Parmalat SA (Edms) Bpk die voortou geneem met sewe Qualité-toekennings, gevolg deur Belnori Boetiek Kaasmakery met vier toekennings.

Baris Cheese, Coega Dairy, Dalewood Fromage, Dutch Goat Farm, Fair Cape Dairies (Pty) Ltd, Ladismith Cheese Company (Pty) Ltd en Langbaken Karoo Cheese het elk een Qualité-toekenning verower.

Die 2018 Qualité-wenners

S U I W E L B E D R Y F

A G R I - E X P O Q U A L I T É -

T O E K E N N I N G S D I N E E

SUIWELBEDRYF I 2018 4

Page 7: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

DIE 17de SA KAASFEES, DIE GROOTSTE BUITELUG KULINÊRE GELEENTHEID IN AFRIKA, IS NIE NET AS AAXO SE BESTE VERBRUIKERSUITSTALLING VEREER NIE, MAAR OOK AS DIE KAAPSE WYNLAND SE FEES VAN DIE JAAR!

Vanjaar se fees is van 27 tot 29 April 2018 aangebied. Agri-Expo was aangenaam verras deur die sterk koopkrag by die fees, ten spyte van die ekonomiese uitdagings vir die verbruiker, en skryf dit toe aan die gehalte van die produkte by die fees.

Standard Bank Tasting Room

Die drie kosteaters by die fees was ‘n groot gunsteling onder besoekers. Nie minder nie as 40 demonstrasies en proeë is deur kulinêre kenners en glanssjefs aangebied.

Verskeie nuwe boetiekkaasmakerye, waaronder Vredesberg, ‘n bemagtigingsprojek van Kareedouw, het vir die eerste keer deelgeneem danksy die ondersteuning van die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL) en ABSA.

‘n Nuwe toevoeging tot vanjaar se fees was ‘n toegewyde #waterwys-uitstalarea. Agri-Expo het, in reaksie op Wesgro se oproep om die ekonomie te ndersteun tydens die droogte in die Wes-Kaap, besluit om voort te gaan met die 2018 SA Kaasfees, maar sonder enige impak op die waterrooster.

Waterwysresepte is spesiaal ontwikkel vir kookdemonstrasies by die fees en ingesluit in ‘n gratis resepteboek as deel van Agri-Expo en die WKDL se gesamentlike “Cape Made: Taste the Alternatives”-projek.

Minister Alan Winde het die #waterwise SA Kaasfees ondersteun

Ander suksesse sluit in mediablootstelling van meer as R40 miljoen, en die uitbreiding van suksesvolle langtermynvennootskappe met rolspelers in die landbou- en toerismebedryf, sowel die regering as private sektor.

Besoekers tydens die 2018 SA Kaasfees

S U I W E L B E D R Y F

S A K A A S F E E S

SUIWELBEDRYF I 2018 5

Page 8: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

Vanjaar se Agri-Expo Livestock, wat van 12 tot 14 Oktober 2017 op Sandringham buite Stellenbosch aangebied is, was weer ‘n groot sukses. Daar was vele eerstes by dié wêreldklas landbou-tentoonstelling, wat in Februarie vanjaar bekroon is as die Beste Handel-en-Verbruikersuitstalling by AAXO (African Association of Exhibition Organisers) se ROAR-uitstalbedryftoekennings.

Andrew Masterson, bekende beesteler van die Oos-Kaap, het vanjaar geskiedenis gemaak deur sowel die suiwel- as die vleisbees-interraskampioenskappe by Agri-Expo Livestock te wen. Sy Holstein-koei Milagro Sexie 13140 is as die FNB-Suiwelkoningin gekroon en sy Swart Angus-koei Milagro Power 1324 as die BKB-Vleisbeeskoningin.

Masterson beskryf Livestock as “die beste bemarkingsgeleentheid in die bedryf”.

Die 2017 FNB-Suiwelkoningin

Die 2017 BKB-Vleisbeeskoningin

Die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se Eeufeesvieringe was een van die hoogtepunte by vanjaar se ekspo. Telers van verskeie provinsies het byeengekom om dié mylpaal te vier. Die program het hul 100ste Algemene Jaarvergadering, ‘n Angus-skou en ‘n prysuitdelingsfunksie, waar erelidmaatskap aan vyf baanbrekers van die bedryf toegeken is, ingesluit.

Werkende skaaphonde is vir die eerste keer in 30 jaar in Suid-Afrika tydens ‘n demonstrasie opgeveil. Programme soos melkbok- en vleisbeesinligtingsdae, moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou; die Landbouweekblad Uitdaging vir Versorgers en Hanteerders; die Old Mutual Agri Streeksjeugskou; die Landbou-navorsingsraad (LNR) se Nasionale Suiwelpresteerders Toekenningsdinee; en die Toyota Nasionale Jong Afslaerskompetisie in samewerking met Veeplaas, het beduidende waarde toegevoeg tot die geleentheid.

Die landbou-opvoedkundige program vir skole is deur die Wes-Kaapse Departement Landbou ondersteun en is deur meer as 2 500 leerders bygewoon. Leerders word op ‘n praktiese manier ingelig oor die belangrikheid en waarde van die veebedryf sowel as die verskillende loopbaankeuses wat in die landbousektor beskikbaar is.

Besoekers kon op Saterdag 14 Oktober tydens die Groot Plaasproe unieke proe-ervarings soos gin-gegeurde kaas, Wagyu en Boerbokvleis ontdek. Adam Tas, Nic Stevens en die Wildberries het gesorg vir musiek en besoekers kon selfs leer lyndans.

Die besonderse entoesiasme en hoë bywonersgetal aan die vele programme wat aangebied is, is ‘n bewys dat kommersiële landbouers, telers, kleinboere en ook die verbruiker Agri-Expo Livestock beskou as een van die belangrikste platforms vir die suiwel- en vleisbedrywe.

Agri-Expo waardeer die ondersteuning en vennootskappe van agri-besighede, bedryfs-organisasies en telersgenootskappe wat grootliks bydra tot die sukses van hierdie geleentheid.

V E E B E D R Y F

A G R I - E X P O L I V E S T O C K &

D I E G R O O T P L A A S P R O E

VEEBEDRYF I 2018 6

Page 9: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

VEILINGS

Cape Thoroughbred Sales (CTS) het Agri-Expo gekontrakteer om die logistieke- en stalbestuur vir perdeveilings vir hierdie finansiële jaar te hanteer. Weens veranderinge in die renindustrie is slegs drie veilings vanjaar aangebied, onder die bekwame leiding van die onlangs aangestelde Hoof Uitvoerende Beampte van CTS, Wéhann Smith. Hierdie verkope vind plaas in die Wes-Kaap.

LANZERAC READY TO RUN-VEILING

DURBANVILLE RENBAAN: NOVEMBER

146 perde is in die katalogus opgeneem en 130 is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R235 230. Galoppe is die Donderdagoggend gehou en die veiling het die Vrydagaand plaasgevind.

CAPE PREMIER JAAROUD-VEILING KIKS KAAPSTAD: JANUARIE

Die Premier Jaaroud-Veiling te KIKS bly die vlagskip- gebeurtenis van die jaar. 254 jong jaaroudvullens is gekies vir die 2018-veiling. Die gemiddelde prys van verkope was R504 411 met 221 perde wat verkoop is.

Drakenstein-stoet berei voor vir die veiling

DIE APRIL JAAROUD-VEILING

DURBANVILLE RENBAAN: APRIL

Hierdie is die grootste veiling met 343 jaaroudvullens wat in die katalogus aangeteken is. Die gemiddelde prys was R97 990 met 209 jaaroudvullens wat verkoop is.

‘n Koper by die April-veiling

Lot nommer 28 by die April-veiling

P E R D E B E D R Y F

PERDEBEDRYF I 2018 7

Page 10: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

LEDESKOUE

Agri-Expo het weereens vanjaar as borg opgetree by 14 lewensvatbare landbouskoue wat lid is van die Genootskap. Hierdie skoue stel landbouprodukte van hoogstaande gehalte ten toon en verskeie Nasionale, Provinsiale en Streekskampioenskappe word jaarliks onder die Agri-Expo vaandel by hierdie skoue aangebied.

Diere en ander landbouprodukte verbeter jaarliks by hierdie skoue en Kampioenskappe lok groot belangstelling van orals in Suid-Afrika. Benewens hierdie aanbiedinge is daar ook jeugskoue, skoue vir opkomende boere en pluimveeskoue.

LEDESKOUE-VERGADERING

Opkomende boere en hul ervaring van landbouskoue was in die kollig tydens Agri-Expo se jaarlikse landbouskouvergadering wat op 9 Junie 2017 in die Paarl gehou is. Dié byeenkoms vir ledeskoue is vanjaar deur meer as 50 verteenwoordigers van 14 verskillende skoue in die Wes- en Noord-Kaap bygewoon.

Die doel van die vergadering is om idees uit te ruil tussen skoue, nuwe denkpatrone te stimuleer, tendense in landbou te bespreek, en skoudatums te koördineer. Vanjaar was die tema Transformasie in Landbouskoue, om aan opkomende boere ’n geleentheid te gee om self hul storie te kom vertel.

Dr. Dirk Troskie, Direkteur van Sakebeplanning en -strategie by die Wes-Kaapse Departement Landbou, het vertel hoe hul Connect Agri-veldtog in samewerking met landbouskoue na die platteland uitreik. Die doel daarvan is om opkomende en kommersiële boere by mekaar uit te bring, nuwe dienste bekend te stel en op jongmense opgewonde te maak oor landbouloopbane.

Riana van Rensburg, Landbou-adviseur van die Wes-Kaapse Departement Landbou, het Clanwilliam se landbouskou vir opkomende boere as suksesverhaal uitgesonder. Die skou het gegroei van 87 deelnemers met 69 skape en bokke in 2015 tot 191 deelnemers met 105 bokke en skape in 2017.

.

Petrus Ockhuis van Wuppertal, Riana van Rensburg (landbou-adviseur, Wes-Kaapse Departement Landbou), Johan Ehlers (Hoof Uitvoerende Beampte, Agri-Expo), Steward van Rooy van Wuppertal en Hugo Lochner (President, Agri-Expo) by Agri-Expo se landbouskouvergadering in die Paarl

WES-KAAP PLUIMVEEKLUB-SKOU

Die jaarlikse Wes-Kaap Pluimveeklub-skou is vanaf 14 tot 16 Junie 2018 by Kleinplasie, Worcester aangebied. Vanjaar was daar byna 1 500 hoenders, kalkoene, ganse en eende van 120 rasse te sien.

Volgens die skoubestuurder was die Bergische Kräher-hoenderras vir die eerste keer op skou in Suid-Afrika tydens dié skou. Dit was ook die eerste keer dat (groot) Lakenvelders by die skou te sien was.

Volgens die beoordelaars was die gehalte, voorkoms en voorbereiding van die pluimvee van hoogstaande gehalte.

Die skou het ‘n groot aantal besoekers gelok en baie komplimente is ontvang. Verskeie skole is ook uitgenooi om die skou by te woon en leerders het die skou baie geniet.

Agri-Expo is trots op die wyse waarop die Wes-Kaap Pluimveeklub Skou pluimvee sowel as die rasegtheid van pluimvee in die Wes-Kaap bevorder.

S K O U E

SKOUE I 2018 8

Page 11: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

JEUGSKOUE

Agri-Expo se verbintenis met jeugskoue strek sedert 1999 toe Agri-Expo die inisiatief geneem het om die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging en die Nasionale Landbou Jeugvereniging tot stand te bring. Vandag tree Agri-Expo op as borg van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging. Hierdie onafhanklike organisasie beywer hom vir die bevordering van landbou onder die jeug in die Wes-Kaap deur middel van jeugskoue.

Nege streekskoue is vanjaar aangebied met meer as 971 deelnemers, die meeste nóg in die geskiedenis. Die streekskoue is aangebied by: Swellendam (127), George (61), Clanwilliam (110), Nampo Kaap (73), Swartland (127), Riversdal (95), Malmesbury (110) , Heidelberg (131), en by Agri-Expo Livestock (137) leerders. Deelnemers moet by hierdie streekskoue kwalifiseer om genooi te word na die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe. Tydens die streekskoue neem leerders deel aan die volgende kategorieë: Perde, Suiwelbeeste, Vleisbeeste, Hoenders, Vleisbokke, Veselbokke, Melkbokke, Wolskape, Vleisskape, Suiwelbereiding, Wedvlugduiwe en Kulinêre Kuns.

Breyton Milford, Voorsitter van die Nasionale Jeugskouvereniging, saam met Willem-Adriaan Engelbrecht, Christiaan Eksteen en Pieter Fourie tydens die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe

Opleiding en ontwikkeling is vanjaar met leerders van Laerskool Anne Pienaar op Malmesbury en Olympia Vaardigheidskool op George gedoen. Elizabethfontein Primêr het die Jeugskou by Clanwilliam Skou bygewoon.

Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe is van 18 tot 22 Maart 2018 op George aangebied. Die standaard van die deelnemers van reg oor die Wes-Kaap was van hoogstaande gehalte. Altesaam 179 leerders het aan hierdie kampioenskappe deelgeneem, die meeste ooit.

Die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe is van 1 tot 4 Oktober 2017 op Bathurst in die Oos-Kaap aangebied. Die Wes-Kaap span het weer eens die botoon gevoer en is vir die twaalfde agtereenvolgende keer as die kampioene van hierdie kompetisie gekroon.

Deelnemers aan die Kulinêre Kuns-kategorie tydens die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe

LANDBOUSKOLE

Agri-Expo het ‘n jarelange verbintenis met die drie landbouskole in die Wes-Kaap, naamlik Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam, Hoër Landbouskool Boland in die Paarl en Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal.

Jaarliks word beurstoekennings beskibaar gestel aan hierdie drie landbouskole om tydens hul prysuitdelingsfunksies aan te wend vir leerders wat op akademiese en landbougebied deur die jaar presteer het. Agri-Expo is trots op die kwaliteit landbouonderrig wat hierdie drie landbouskole in die Wes-Kaap aanbied.

JEUG I 2018 9

J E U G

Page 12: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

ROYAL AGRICULTURAL SOCIETY OF THE COMMONWEALTH (RASC)

Agri-Expo is ‘n lid van die RASC, die amptelike spreekbuis van Landbou in die Statebond. Die RASC, wat in 1957 deur SKH die Hertog van Edinburgh as President gestig is, speel ‘n deurslaggewende rol in die bevordering van landbou. Vandag is die RASC ‘n konfederasie van meer as 50 landbouverenigings, navorsinginstellings en landbougenootskappe van regoor die Statebond met HKH Prinses Anne as President.

Next Generation Ondersteuning-en-Begripmissie

Die aanbied van die 2017 RASC Next Generation Ondersteuning-en-Begripmissie is aan Agri-Expo toegeken. Dit was die eerste keer dat so ‘n missie in Suid-Afrika plaasvind.

Agri-Expo het vir twee weke gasheer gespeel vir ‘n groep van 13 jong internasionale landbouleiers van regoor die Statebond. Die missie, van 29 Augustus tot 8 September 2017, met die tema “Om die gaping tussen opkomende en kommersiële boere te oorbrug”, het gefokus op landbou in die Wes-Kaap – van Wupperthal tot die Overberg.

Die missie was ‘n unieke geleentheid vir Agri-Expo en die RASC om gesamentlik op ‘n internasionale platform ‘n positiewe beeld van Suid-Afrikaanse landbou te bevorder. Breyton Milford (Operasionale Bestuurder van Agri-Expo) was die missieleier.

Die missie is nie ‘n landboutoer nie, maar ‘n praktiese ervaring om ondersteuning en begrip te bewerkstellig deur middel van uitreikwerk in samewerking met plaaslike boere. Die missie het in Wupperthal afgeskop met ‘n besoek aan opkomende kleinboere. Ander besoekpunte het klein- sowel as kommersiële boerderybedrywighede in Clanwilliam, Lambertsbaai, Paarl, Ceres, Breederiviervallei en Philippi ingesluit, asook die Agri Dwala-groep in Napier en die Moorreesburg Skou.

‘n Verslag oor die missie is deur die afgevaardigdes in boekvorm saamgestel en is op Agri-Expo se webwerf beskikbaar.

30ste Statebond Landboukongres, 2022

Die bod vir die aanbied van die Statebond se 30ste Landboukongres in 2022 is in Desember deur die RASC aan Agri-Expo toegeken.

Die kongres is ‘n ideale geleentheid om die wêreld te laat fokus op die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing en spesifiek die Wes-Kaap.

Die kongres sal van 13 tot 18 November 2022 in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaasvind en deur sowat 500 afgevaardigdes van 30 Statebondlande bygewoon word.

Die 28ste Statebond-landboukongres vind in 2018 in Edmonton (Alberta, Kanada) plaas en die 29ste kongres in 2020 in Norwich (Norfolk, Engeland).

ALGEMEEN I 2018 10

A L G E M E E N

Page 13: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

US WOORDFEES

Merino-lamsboud en Veritas-bekroonde wyne, wildsvleis en Shiraz, én topkase en rooibos was van die unieke proe-kombinasies wat fynproewers tydens vanjaar se Agri-Expo Landboureeks by die US Woordfees op Stellenbosch kon ervaar. Dié gewilde proeë het gegroei tot ‘n reeks van 10 sessies wat deur meer as 450 gaste bygewoon is.

Glanssjef Bertus Basson het vanjaar weer proeë van Merino-lambsboud uit verskillende streke saam met Veritas-bekroonde rooiwyne aangebied. Die bekende Kaapse Wynmeester en Veritas vise-voorsitter, Bennie Howard, het die perfekte Veritas-bekroonde rooi wyne as pasmaats geskink.

Agri-Expo poog om op verskeie maniere die beeld van landbou op opwindende maniere te bevorder en met hierdie inisiatief, in samewerking met ons vennote, skep Agri-Expo ‘n unieke platform om die beeld van landbou aan ‘n wyer gehoor oor te dra.

Merino-lambsboudproe met Pinotage

‘n Nuwe toevoeging was die Shiraz-en-Wildsvleisproe. Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz Suid-Afrika, en keldermeester en bekroonde wynmaker van La Motte-wynlandgoed, het sy kennis kom deel terwyl sjef Bertus verskillende wildsnitte voorgesit het.

2017 Boer van die Jaar Charles Back van Fairview het tydens ‘n Kaas-en-Wyn-proe vertel hoe nuwe kaassoorte en wynstyle geskep word en hoe vervaardigers te werk gaan om die smaaksin te betower.

WORLD WINE TRADE GROUP (WWTG)

Suid-Afrika was die gasheer van die 2017 World Wine Trade Group (WWTG) se Jaarlikse Vergadering. Die #WWTG is ‘n informele groep van internasionale regering- en industrieverteenwoordigers van wynproduserende lande met die doel om wêreldwye wynhandel te fasiliteer.

Agri-Expo was ‘n lid van die organiseringskomitee van die verrigtinge wat van 1 tot 3 November 2017 in Kaapstad plaasgevind het, ondersteun deur die Nasionale Department van Landbou. Die vergadering het ‘n konferensie by die Radisson Blu Hotel in Kaapstad ingesluit asook ‘n gala-dinee by Neethlingshof Wynlandgoed, met ‘n optrede deur die Stellenbosch Libertaskoor.

WES-KAAPSE PRESTIGE-LANDBOUTOEKENNINGS

Agri-Expo is jaarliks betrokke by die Wes-Kaapse Prestige-Landboutoekennings, aangebied deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Die kompetisie gee erkenning aan die waardevolle en belangrike bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in Suid-Afrika lewer. Die 2017 toekenningsgeleentheid het op 4 November by Nederburg Wynlandgoed in die Paarl plaasgevind. Die gesogte Agri-Expo wisseltrofee vir die Agri-werker met die Beste Potensiaal is vanjaar aan Martin Lambrechts van Elim Boerdery in die Hex-vallei oorhandig.

LANDBOUSKRYWERSVERENIGING

Eunice Joubert, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo, is verkies tot Voorsitter van die Wes-Kaap Landbouskrywersvereniging en Hugo Lochner, President van Agri-Expo, tot Ondervoorsitter.

Agri-Expo het weer in samewerking met die Wes-Kaapse tak gasheer gespeel vir die 37ste jaarlikse Landbouskrywers SA Nasionale BKB-fotokompetisie vir landboumedia. Al die reëlings en inskrywings vir die kompetisie is deur Agri-Expo hanteer.

ALGEMEEN I 2018 11

A L G E M E E N

Page 14: BLADSY - Agri · Distell was die toppresteerder met 7 dubbelgoue medaljes en 18 goue medaljes. Nog ‘n presteerder was Spier met 6 dubbelgoue medaljes en 9 goue medaljes. ... 2015

P E R S O N E E L

Agri-Expo is bevoorreg om te kan funksioneer met ‘n dinamiese personeelkorps. Elke individu dra by tot die professionaliteit waarmee elke projek uitgevoer word en is beslis die kern van die Genootskap se suksesse. Vanjaar is hierdie dinamika verder uitgebou met die aansluiting van Charlotte Sandenbergh as Geleentheidsassistent.

Isabeau Botha, Korporatiewe Kommunikasie-bestuurder van Agri-Expo, het in Oktober 2017 die Pro-Agri toekenning as Landbouskrywer van die Jaar ontvang vir haar motivering van Charles Back as Boer van die Jaar. Die toekenning, ‘n trofee en ‘n kontantbedrag geborg deur Investec, is tydens die SA Landbouskrywers-vereniging se 2017 Boer van die Jaar toekenningsgeleentheid in Bloemfontein oorhandig waartydens Back as Nasionale Boer van die Jaar aangewys is.

Groot uitdagings word aan personeellede gestel tydens die aanbied van projekte, 13 tot 18 uur werksdae voor en tydens aanbiedinge, en afwesigheidheid vanaf hul huishoudings oor naweke. Agri-Expo is dankbaar vir hierdie ongelooflike toewyding en het opregte waardering vir elke personeellid en tydelike werker wat onselfsugtig op hierdie manier bydrae om ‘n diens aan landbou te lewer.

F I N A N S I E S

Die afgelope 12 maande is die plaaslike markte geteister met 'n toename in wisselvalligheid en onsekerheid. Die jaar 2017 is wel gekenmerk deur bestendige wêreldgroei, lae inflasie en akkommoderende monetêre beleid, wat bygedra het tot breë positiewe bewegings in batepryse. Ontluikende markte het verbaas en is hoofsaaklik deur tegnologie-aandele gedryf wat verander het in die indeks se grootste sektor. Ongelukkig is SA beleggers nie genoeg beloon vir die investering in groeibates nie, met die rand wat versterk het en ons eie lae ekonomiese groeisyfers.

Cyril Ramaphosa, aangestel as president in Februarie 2018, het sy presidentskap begin met 'n inspirerende staatsrede wat 'n inklusiewe visie van die toekoms gee vir alle Suid-Afrikaners sowel as ‘n belofte van verhoogde aanspreeklikheid deur die regering. Hy het vinnig gewerk om fiskale verval te stuit en die Februarie-begroting het 'n 1% BTW-verhoging ingesluit. Sy kabinetsveranderinge sluit die aanstelling van die hoogs gerespekteerde Pravin Gordhan in as Minister van Openbare Ondernemings. Voorts is baie van die ministers wat by staatskaping betrokke was, verwyder. Moody's het gevolglik die vooruitsigte op SA se soewereine skuld van negatief tot stabiel verbeter. Die Reserwebank het gevolglik rentekoerse teen einde Maart 2018 met ‘n kwart van 'n persentasie verminder.

Plaaslike gebeure het 'n effens meer realistiese prentjie ná die relatiewe euforie van die afgelope paar maande begin weerspieël. SA se ekonomiese groei was in die eerste kwartaal -2,2% en het in die tweede kwartaal ook met 0,7% gekrimp om daarmee die land in ‘n tegniese resessie te dompel. Daar is ook 'n groot mate van skeptisisme oor hervormings wat voortgaan, met volgehoue bekommernisse oor grondhervorming, staatsondernemings se finansies en bestuur en loonverhogings in die openbare sektor.

Ten spyte van die uitdagings is dit verblydend dat Agri-Expo se beleggingsinflasie met meer as 2% uitpresteer het. Die beleggingsvooruitsigte lyk aanvaarbaar met baie wisselvalligheid.

T E N S L O T T E

Die 2017/2018 begrotingsjaar het vele uitdagings, maar ook wonderlike hoogtepunte en suksesse opgelewer, ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede.

Elke personeellid het met ywer en entoesiasme bestaande en nuwe projekte aangepak en met kreatiewe denke en spanwerk die profiel van Agri-Expo aanbiedinge tot ‘n hoër vlak geneem.

Ons sien met verwagting uit na beplande inisiatiewe en aksies in die 2018/2019, wat die Genootskap se rol en funksie op ‘n treffende en volhoubare manier in die publieke oog sal plaas.

PERSONEEL I TEN SLOTTE I 2018 12 TEN SLOTTE I 2018 12