sapa.africa · web viewgoeie pryse word aan u toegewens a new british coin on the market. new 50p...

7
DIE POSDUIF DIE AFRIKAANSE FILATELIEVERENIGING VAN PRETORIA POSBUS 56221, WIERDAPARK 0149 WWW.afpretoria.co.zaU September 2019 Jaargang 66: nr 9 Heelnomer 650 Almanak Pretoria Stamp Fair 7 September 2019 - Griekse Ortodokse kerk -corner of Lynwood and Roper Street Road TBVC – (Homelands) 9:00 7 September 2019 - Nasionale Uitstalling TSA & AFP 10:00 7 September 2019 - Nasionale Uitstalling (Gesamentlike vergadering met ander klubs) AFP 21 Septembe2 019 -. NG Kerk in Garretweg, Queenswood. Seëlidentifikasiegroep - 11 September 2019 - Herman se Huis. 072 446 2501 AFP BESTUUR Petra Heath GAFP - Voorsitter 082 407 3315 [email protected] Hans Stronkhorst GAFP - Ondervoorsitter/Grondwetsake/Skakeling 082 064 2018 [email protected] Herman van Niekerk – Sekretaris 072 446 2501 [email protected] Helena Snyman – Bibliotekaresse 083 990 8953/ 012 322 7685 [email protected] Louwrence Erasmus – Webmeester – 083 540 5092 [email protected] Anna van Niekerk – Redakteur – Posduif en Teskourier 083 479 0510 [email protected] VERJAARSDAE SEPTEMBER Steen Safier

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: sapa.africa · Web viewGOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET. New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister Eerste Seëls uitgereik in September

DIE POSDUIFDIE AFRIKAANSE FILATELIEVERENIGING VAN PRETORIA

POSBUS 56221, WIERDAPARK 0149 WWW.afpretoria.co.zaU

September 2019 Jaargang 66: nr 9 Heelnomer 650

Almanak

Pretoria Stamp Fair 7 September 2019 - Griekse Ortodokse kerk -corner of Lynwood and Roper Street Road

TBVC – (Homelands) 9:00 7 September 2019 - Nasionale Uitstalling TSA & AFP 10:00 7 September 2019 - Nasionale Uitstalling (Gesamentlike vergadering met ander klubs)

AFP 21 Septembe2 019 -. NG Kerk in Garretweg, Queenswood.

Seëlidentifikasiegroep - 11 September 2019 - Herman se Huis. – 072 446 2501

AFP BESTUUR

Petra Heath GAFP - Voorsitter 082 407 3315 [email protected] Stronkhorst GAFP - Ondervoorsitter/Grondwetsake/Skakeling 082 064 2018 [email protected] Herman van Niekerk – Sekretaris 072 446 2501 [email protected] Snyman – Bibliotekaresse 083 990 8953/ 012 322 7685 [email protected] Erasmus – Webmeester – 083 540 5092 [email protected] van Niekerk – Redakteur – Posduif en Teskourier 083 479 0510 [email protected]

VERJAARSDAE SEPTEMBER Steen Safier

Blom Aster

Ina Hermanides - 9 September Nico Rust - 10 September Frik Grobler - 25 September

STERKTE AAN DIE PERSONE WAT AAN DIE NASIONALE UITSTALLING DEEL NEEM. GOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS

Page 2: sapa.africa · Web viewGOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET. New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister Eerste Seëls uitgereik in September

Eerste Seëls uitgereik in September – 21 September 1968 By die geleentheid van die onthulling van die Generaal J.B.M. Hertzog- Museum te Bloemfontein.

A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET.

New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister

Page 3: sapa.africa · Web viewGOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET. New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister Eerste Seëls uitgereik in September

Aspoestertjies (Ciderellas)

Heelparty soorte selskan as aspoesterjies bestempel word. Hulle word so genoem omdat baie versamelaars nie in hulle belang stel nie en omdat hulle geen geldwaarde het nie.

Nietemin kan hulle ‘n interestnte bykomstige versameling uitmaak. Liefdadigheidseëls wat by voorbeeld in die Kerstyd of in pase uitgereik word, seëls wat as reklame vir ‘n spesiale veldtog of geleentfeid dien; etikette ver geregistreede pos – of enige ander vorm van spesiale aflewering: dit kan almal aspoestertjies wees.

LUGPOSPLAKKERS:

Die gewildste aspoesterjies is ge-woonlik lugposplakkers. Hulle is interessant, nie net omdat hulle in verskeie tale gedruk is maar ook omdat die simbole van lande dikwels daarop verskyn – bv. Kanada se esdoringblaar of Nieu -Seeland se kiwi. Weet jy wat Suid-Arikaanse een is? Terloops. Jy sal oplet dat die woorde Par Avion- Frans vir ‘lugpos’ – op alle lugposplakkers voorkom saam met die taal van die betrokke land waarvandaan die plakke afkomstis is. Dit is omdat in 1874 by die Wêreldpos unie (WPU) besluit is om Frans wêreldwyd te gebruik.

Bron: Seëlversameling – ‘n Gids vir Beginners in Suid-Afrika Penelope Forrest.

Page 4: sapa.africa · Web viewGOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET. New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister Eerste Seëls uitgereik in September

Seël-identifikasieIn hierdie uitgawe van die Posduif kyk ons na Joego-Slawië.

Naam Geldeenheid Land Tipe Jaar Kat. No.

Taal Slovenians is Joego-Slawië

100 paras =1 dinar

Koninkryk van Serwiërs, Kroate en Slowene

in S.O. Europa gestig na die

1914-18 oorlog en bestaan uit

Serwië, Montenegro,

Bosnië, Herzegowina en dele van Hongarye. Republiek

sedert 1945.

31 1920 151152

Nota: Na die Tweede Wêreldoorlog word die monargie 'n kommunistiese republiek onder premier Tito, nou die Federale Volksrepubliek Joego-Slawië. Dit is saamgestel uit ses republieke: Serwië, Kroasië, Bosnië en Herzegovina, Macedonië, Slowenië en Montenegro, sowel as twee provinsies, Kosovo en Vojvodina.

Saamgestel deur: Die Seël-identifikasie Studiegroep van die Afrikaanse Filatelie Vereniging van Pretoria.

Bronne: Die studiegroep maak gebruik van die “How to Identify Stamps” van Stanley Gibbons Ltd herdruk 2011, Informasie op die Internet, Vertalings applikasies op die Internet (Timeline: The Former Yugoslavia Infoplease https://www.infoplease.com › spot › timeline-former-yugoslavia vir hierdie uitgawe), eie kennis en raad van ander kundiges in seël-identifikasie. Cedric Roche, Paul van Zeyl en Danie van Zyl word bedank vir die insette wat hulle voortdurend lewer.

Page 5: sapa.africa · Web viewGOEIE PRYSE WORD AAN U TOEGEWENS A NEW BRITISH COIN ON THE MARKET. New 50p to commemorate Boris Johnson becoming Prime Minister Eerste Seëls uitgereik in September

Vergadering gehou op 17 Augustus 2019 .

Wys en vertel.

Frik Grobler bespreek humor in filatelie en noem dat humor mense bind, dat dit vredemakend is en ook helend; en bespreek vandag (17 Augustus) in die geskiedenis en deel ʼn paar interessant gebeure op hierdie dag in die geskiedenis.

Herman van Niekerk vestig die vergadering se aandag op die Brosjures van België en die “Victory” uitgawes van die Gemenebes lande wat op die tafels vertoon word.

Petra Heath vestig die vergadering se aandag op bladsy 70 van die SA Kleur Katalogus waar genoem word dat “FDC No 5 and a 2 ½ c and 12 ½ c was prepared for the inauguration of President Dr. T.E. Dönges but was not issued due to his ill health and the cancellation of the inauguration”.

Heleen Duffy doen ʼn interessante voorlegging oor kunswerke op seëls. Die vergadering vind dit baie leersaam en moedig haar aan om voort te bou op die versameling.

Heleen toon Suid-Afrikaanse skilders se werke op seëls en gee die geskiedenis van die skilders.

Hier is ‘n paar voorbeelde van dit wat sy vertoon het – die Unie seël wat deur Pierneef ontwerp is – hier is twee variasies asook die FDC met sy eie werke. Thomas Beines en William v.d. Velde se “Shipping”

Cancelled to order - Aanvrarojering

Seëls word soms in vol veldele op aanvraag afgestempel deur sekere posadministrasies. Dit word dan teen minder as die sigwaarde aan die handel verkoop, en is herkenbaar aan die netjiese kwart van die rojering wat telkens in een van die vier hoeke verskyn. Sulke seëls het nie posdiens verrig nie, en is minder gewild en aanvaarbaar as die wat in normale posgebruik afgestempel is.

Diepdruk-rojnering (killer cancellation, obliteration) Ook doodrojeringstempel.

Hieronder verstaan ons twee dinge Die eerste is die gebruik van die doodrojeerder om die seël so deeglik af te stempel dat nie weer gebruik kan word nie. In baie gevalle is die ontwerp op die seël haas onherkenbaar nadat dit met so ‘n stempel bygedam is. Tweedens is dit oordruk wat slegs bedoel is om ‘n deel van die seëlontwerp onsigbaar te maak – gewoonlik die waarde wat met ‘n ander een vervang word.

Bron – Versameling seëls – Andries v.d. Walt