sasolburg [email protected] [email protected] graad 12...

12
Bladsy | 1 Desember 2016 GRAAD 12 PRYSUITDELING 2016 DIE 2016 PRYSUITDELING HET PRAGTIGE PRESTASIES OPGELWER. Op hierdie bladsy verskyn sommige daarvan. Kyk ook op bladsy 2 en 9. Die volledige uitslae is te sien in die 2016/2017 jaarblad wat gedurende die eerste helfte van 2017 verskyn. Lemmerstraat 1 (Posbus 1116) Hoof: mnr DH Kleynhans Die Padda Sasolburg [email protected] [email protected] AFRIKAANSE HOËRSKOOL SASOLBURG UITGAWE: DESEMBER 2016 VEELSYDIGHEIDSTROFEE DAWIE BEKKER 5 jaar lank lid van eerste tennisspan en atletiekspan. Tennisspankaptein, neem aan Fezile Dabi-, Noord- en Vrystaatproewe deel. Lid van Fezile Dabi-atletiekspan, speel vier jaar rugby en krieket. Voorsitter van die Uitvoerende Komitee - volle erekleure vir leierskap aan hom toegeken. Kultuur: neem jaarliks aan die Vaaloewer en Vereeniging kunsfeeste deel – verwerf verskeie A tot A++ simbole; ontvang Bobaastoekenning vir hoogste punte in die Instrumentale afdeling. 2009 tot 2015: slaag Musiekteorie (UNISA) met lof (bo 90%); Klavier Prakties elke jaar bo 80%; verskyn elke jaar op UNISA se ererol. 2015: behaal 92% vir klavier prakties graad 8 .(Trinity College Londen) DUX-LEERDER JANINE CLEGG Vakprestasie bo 80%: Afrikaans Huistaal, Engliish FAL, Geografie, Lewensoriëntering, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe Hoogste punte in Geografie, Fisiese wetenskappe en lewenswetenskappe Volle Erekleure vir akademie: bo 70%. Spesiale Medalje vir akademie: 82.5% Dawie is tans besig met Trinity College Londen se “Advanced Performance Certificate”. Hy neem ook jaarliks aan die Phillip H Moore Musiek-kompetisie deel. sien P2

Upload: hakhue

Post on 26-Feb-2019

255 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 1 Desember 2016

GRAAD 12 PRYSUITDELING 2016 DIE 2016 PRYSUITDELING HET PRAGTIGE PRESTASIES OPGELWER.

Op hierdie bladsy verskyn sommige daarvan. Kyk ook op bladsy 2 en 9. Die volledige uitslae is te

sien in die 2016/2017 jaarblad wat gedurende die eerste helfte van 2017 verskyn.

Lemmerstraat 1 (Posbus 1116) Hoof: mnr DH Kleynhans Die Padda

Sasolburg [email protected] [email protected]

AFRIKAANSE HOËRSKOOL SASOLBURG UITGAWE: DESEMBER 2016

VEELSYDIGHEIDSTROFEE DAWIE BEKKER

5 jaar lank lid van eerste tennisspan en atletiekspan. Tennisspankaptein, neem aan Fezile Dabi-, Noord- en Vrystaatproewe deel. Lid van Fezile Dabi-atletiekspan, speel vier jaar rugby en krieket. Voorsitter van die Uitvoerende Komitee - volle erekleure vir leierskap aan hom toegeken. Kultuur: neem jaarliks aan die Vaaloewer en Vereeniging kunsfeeste deel – verwerf verskeie A tot A++ simbole; ontvang Bobaastoekenning vir hoogste punte in die Instrumentale afdeling. 2009 tot 2015: slaag Musiekteorie (UNISA) met lof (bo 90%); Klavier Prakties elke jaar bo 80%; verskyn elke jaar op UNISA se ererol. 2015: behaal 92% vir klavier prakties graad 8 .(Trinity College Londen)

DUX-LEERDER

JANINE CLEGG

Vakprestasie bo 80%: Afrikaans Huistaal, Engliish

FAL, Geografie, Lewensoriëntering, Wiskunde, Fisiese

Wetenskappe en Lewenswetenskappe

Hoogste punte in Geografie, Fisiese wetenskappe en

lewenswetenskappe

Volle Erekleure vir akademie: bo 70%.

Spesiale Medalje vir akademie: 82.5%

Dawie is tans besig met Trinity College Londen se

“Advanced Performance Certificate”. Hy neem ook jaarliks

aan die Phillip H Moore Musiek-kompetisie deel.

sien P2

Page 2: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 2 Desember 2016

AFFIES NEEM AFSKEID

Van links: mnr Dawie en mev Sarieta Kleynhans (skoolhoof en gade), mev Elizabeth en mnr Willie Lombard,

mev Minda en mnr Konrad Bekker, mev Anita en mnr Nico Lombard

AFFIES NEEM VANJAAR MET HARTSEER AFSKEID VAN DRIE GELIEFDE ONDERWYSERS:

mnr Willie Lombard tree na 37 jaar af met pensioen. Hy en sy vrou gaan hulle aftrede begin met ‘n

lekker lang besoek aan hulle dogter Maria (oud-Affie hoofleier) wat in die verre Ooste woon en werk.

Mnr Lombard is van die beginjare af by Affies en kan wonderlike verhale vertel oor wat alles by die

skool plaasgevind het: staaltjies oor personeel, oor die ontstaan van onder andere die skoollied en die

skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin verhuis na Bloemfontein. Mev Bekker laat ‘n groot gat

agter – hierdie stylvolle en vriendelike vrou was die krag agter die Affies AdMaths sentrum. Sy word in

die hoedanigheid gelukkig opgevolg deur die baie bekwame mev Sarien Thiart. Mev Lombard was nie

net ‘n geliefde wetenskaponderwyseres nie, maar het ook ons Sanggroep na groot hoogtes gelei.

Iemand sal ook haar plek as samesteller van die jaarlikse Kerssangdiens moet vul. Sy tree na twee-en-

twintig jaar by Affies met pensioen af.

Deelname aan Rekeningkunde en

Afrikaans Olimpiades:

Neem 3 jaar aan Arikaans Olimpiade

deel. Beklee in 2016 ‘n 7de plek in die

Vrystaat tydens die landswye

Afrikaans Olimpiade. Ontvang ‘n boek-

en kontantprys van die Afrikanerbond

vir die hoogste punt in Afrikaans Huis-

taal (599/695)– Sasolburg Hoërskole

Akademie: Dawie was die afgelope 5 jaar op die Top 10 en hy het vir drie jaar die topposisie beklee. Hy ontvang onderskeidelik halwe erekleure, ‘n spesiale das en sedert 2014 volle erekleure vir deelname.

Akademiese prestasies in matriekjaar:

-Spesiale medalje vir akademie: groot-

totaal 82.5%

-Vakprestasie bo 80%: Arikaans Huis-

taal, English FAL, Inligtingstegnologie,

Lewensoriëntering en Wiskunde.

-Hoogste punte in Arikaans Huistaal,

English FAL, Inligtingstegnologie, Le-

wensoriëntering en Wiskunde.

-Volle Erekleure vir akademie: bo 70%.

-Spesiale Medalje vir deelname:

472 punte.

SPESIALE TOEKENNINGS:

SPESIALE MEDALJES

RAYMOND THOMPSON: ATLETIEK

(3 jr FS—span, SA Kampioenskappe

DANÉ VORSTER: ATLETIEK

(deelname SA’s, 3e plek 400m aflos 0/19

MONIQUE BURROW: HOKKIE

(5 jaar provinsiale span; beste snr speller)

CELINE PRINS: AKADEMIE

(Groottotaal bo 82,5%, vakprestasies)

JANINE CLEGG: AKADEMIE

(Groottotaal bo 82,5%, vakprestasies)

DAWIE BEKKER: AKADEMIE

(Groottotaal bo 82,5%, vakprestasies)

DAWIE BEKKER: DEELNAME

(472 punte)

Page 3: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 3 Desember 2016

DANS EINDEKSAMEN NEO TSUBELE, NTHABISENG MASELI

EN HESTIE JANSEN VAN RENSBURG

HET ONLANGS DIE FINALE

PRAKTIESE EKSAMEN VIR DANS AS

MATRIEKVAK AFGELÊ. DIE

EKSAMEN BEHELS UITVOERENDE

SOWEL AS TEGNIESE AFDELINGS EN

WORD DEUR ‘N EKSAMINATOR EN

MODERATOR VAN NASIONALE

ONDERWYS AFGENEEM.

DIE ANDER DEEL VAN DIE EKSAMEN

HET BESTAAN UIT ‘N DRIE-UUR

LANGE TEORIEVRAESTEL.

AFFIES STAL KUNS IN BIBLIOTEEK UIT SAAM MET

VEREENIGING KUNSVERENIGING

Calvin Kotze, Denise Venter en me Charlotte Bresser het gedurende Oktober op uitnodiging van die

Vereeniging kunsvereniging kunswerke in die Sasolburg biblioteek uitgestal. Die uitstalling het ‘n week

lank geduur en groot getalle mense het na die werke gaan kyk.

Die Uitstalling in Sasolburg Biblioteek Calvin Kotze se kleurvolle olieverfskilderye

Die uitstekende teken- en skildertegniek van Denise Venter

Page 4: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 4 Desember 2016

SEWENTIEN AFFIE ONDERWYSERS NASIENERS IN 2016 Sewentien Affie onderwysers is vanjaar deur die Department van Onderwys

aangestel om ‘n belangrike rol in die matriek eindeksamenproses te vervul.

Voor: Me Elizabeth Chabaku - Sesotho SAL paper 2 (chief marker); mev Sarien Thiart - Wiskunde vraestel 1 (Ass

Hoofnasiener); mev Marina Theron - Afr Huistaal vr 2 (Interne Moderator); mej Izelle Stonlake – Afrikaans FAL vr 3 (nasiener);

mej Marieka van der Lingen – CAT P 2 (Interne moderator); mev Charlotte Bresser – Visuele Kunste vr 2,3 (Int Moderator)

Agter: Mnr Jaco Potgieter – IGO vraestel 2 (nasiener); mev Anita Lombard – Wiskundige Geletterdheid Vraestel 2 (nasiener);

mev Marietjie Oosthuizen – Wiskundige Geletterdheid vraestel 1 (nasiener); mev Alice Rosslee – Verbruikerstudie vraestel 1

(nasiener); mev Louise van den Berg – English Home Language paper 3 (marker); mev Heleen van Greunen – IGO vraestel 2

(nasiener); mev Janine Jonker – Fisiese Wetenskappe vraestel 1 (nasiener); mev Zelmarie Meijer – Afrikaans FAL vraestel 2

(nasiener); mev Leonie Viljoen – Afrikaans Huistaal vraestel 2 (nasiener).

Ook: mev Elna Lindner – Wiskunde vr 2 (nasiener); mev Marlene Sonnekus – Lewenswetenskappe vraestel 1 (snr nasiener).

ONDERWYSERSDAG 2016 OP ONDERWYSERSDAG HET DIE ONDERWYSERS AANGETREK VOLGENS DIE BEROEP (OF

GEBREK DAARAAN IN SEKERE GEVALLE!) WAT HULLE GRAAG SOU BEOEFEN AS HULLE NIE

ONDERWYSERS WAS NIE.

Page 5: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 5 Desember 2016

Page 6: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 6 Desember 2016

AANDAG ALLE WISKUNDEPRESTEERDERS

AFFIES ADMATHS SENTRUM TOPS IN DIE STREEK

Leerders kan `n waardevolle voorsprong op universiteit kry deur by Afrikaanse Hoërskool Sasolburg se

AdMathssentrum aan te sluit. Hier bied ervare Wiskunde-onderwysers die gevorderde wiskunde

program, AdMaths, aan vir Graad 9-12 leerders in die omgewing. `n Leerder kwalifiseer om deel te

neem aan die program as hy/sy gereeld 80%+ behaal vir Wiskunde in eksamenkwartale.

AdMaths is `n ekstra vak en nie `n ekstra klas in skoolwiskunde nie. Die oogpunt van die vak is om `n

leerder, wat reeds sterk is in Wiskunde, addisioneel tot die skoolsillabus te stimuleer en te verryk.

Formele eksamens word geskryf en `n leerder word bevorder na `n volgende graad.

Die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se Gevorderde Program Wiskunde-sertifikaat is geakkrediteer

deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO) as `n Nasionale Kwalifikasie-raamwerk (NKR)

vlak 5-verrykingsprogram. Dit is die enigste matriekvlak gevorderde wiskunde sertifikaat in Suid-Afrika

wat hierdie akkreditasie geniet. Die Gevorderde Program Wiskunde-eksamen word ook kwaliteits-

gekontroleer deur UMALUSI.

Baie studente getuig dat skoolwiskunde hulle nie voldoende voorberei het vir eerstejaarswiskunde op

universiteit nie. Alhoewel hulle 80% gekry het op skool, sukkel hulle om aan te pas op universiteit, veral

in die eerste ses maande. Verryking addisioneel tot die kurrikulum is hoogs aan te beveel vir rigtings

soos Ingenieurswese, B.Sc., B.Comm. en Aktuariële Wetenskap.

Vir meer inligting gaan na www.admaths.co.za of skakel Me.Sarien Thiart by Affies 016 976 1060 as

skole heropen in 2017. Me.Sarien Thiart is die nuwe hoof van die AdMaths sentrum by Affies. Mev

Minda Bekker verlaat Sasolburg om na Bloemfontein te verhuis. Affies se AdMaths sentrum is bekend vir

groot prestasies: onlangs is die sentrum aangewys as die vierde beste in die land.

AFFIES ADMATHS

Daar is 16 AdMathsentrums in die Vrystaat en 215 in Suid-Afrika en Affies se

sentrum behaal vir die tweede agtereenvolgende kwartaal die vierde plek landwyd.

Om dit te kon doen, moes ons klaarspeel met topskole soos Oranje Hoër

Meisieskool, Sentraal Hoërskool, Paul Roos Gimnasium, Grey College en vele

ander topskole in Suid-Afrika!

Die punte van die topskole was baie na aan mekaar: Durban Girls High (79,7%),

Proteahoogte Akademie (77,3%), HTS Tom Naudé (76%) en Affies met 75,3%.

Hierdie topprestasie is onder leiding van mev Minda Bekker behaal – ons reken sy

verdien die titel van beide mev Wiskunde en mev AdMaths.

Page 7: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 7 Desember 2016

Page 8: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 8 Desember 2016

Calvin Kotze

Chantè Young

Denise Venter

KUNSPORTEFEULJES GRAAD 12

Lomè Nel

Natasha

Van Zyl

Rindi

Rheeder

Liezel Harmse

Danel van der Westhuizen

Keenen

Saunderson

Page 9: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 9 Desember 2016

GRAAD 12 PRYSUITDELING 2016

Ues

DNE

Ck W*

AKADEMIESE TROFEë

SKILDERKUNS: Chantë Young, Calvin Kotze

ENGLISH HOME LANGUAGE: Calvin Kotze

DRAMATIESE KUNSTE: Deidrè van Wyk

VISUELE KUNSTE: Natasha van Zyl

WISKUNDIGE GELETTERDHEID: Bernedine Mitchell

TOERISME: Danel Nel

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE: Jacques Saayman

SESOTHO SECOND ADD LANGUAGE: Tshepang Nkoe

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: Tshepang Nkoe

GEOGRAFIE: Janine Clegg

LEWENSWETENSKAPPE: Janine Clegg

FISIESE WETENSKAPPE: Janine Clegg, Celine Prins

DANSSTUDIES: Hestie Jansen van Rensburg

BESIGHEIDSTUDIES: Hestie Jansen van Rensburg

VERBRUIKERSTUDIE: Hestie Jansen van Rensburg

INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP: Johan Hanekom

REKENINGKUNDE: Johan Hanekom

Chartered Acc (SA) Best Student: Johan Hanekom

Lessing & Prinsloo: best student Accounting: Johan Hanekom

WISKUNDE: Dawie Bekker

LEWENSORIëNTERING: Dawie Bekker

AFRIKAANS HUISTAAL: Dawie Bekker

INLIGTINGSTEGNOLOGIE: Dawie Bekker

AFRIKANERBOND: BESTE AFRIKAANS STUDENT: Dawie Bekker

BUITEMUURSE TROFEë

AHS WT: Beste Snr Rugbyspeler: Johan Hanekom Callie Kriel WT vir Hokkie: Beste snr speler: Moniue Burrow H Koekemoer WT vir Tennis: beste snr seun: Dawie Bekker F van Rensburg WT vir Atletiek: beste prestasie snr seun: Raymond Thompson United Bulk WT vir Netbal: beste vordering deur ‘n senior speler: Liezel Harmse Banie Claassen WT vir Atletiek: beste prestasie deur senior meisie: Danè Vorster Rina de Kock WT vir Netbal: beste senior speler 1ste of 2de span: Danè Vorster

AFFIES TRUST MERIETEBEURSE 2016

Celine Prins: Fisiese wetenskappe 85%

Deidrè van Wyk: Dramatiese Kunste 84%

Calvin Kotze: English Home Language: 84%

Bernedine Mitchell: Wiskundige Geletterdheid: 84%

Tshepang Nkoe: Sesotho Second Additional Language: 81%

Natasha van Zyl: Visuele Kunste 95% Hestie JvRensburg: Besigheidstudies: 90%, Dansstudies 89%

Johan Hanekom: Rekeningkunde 83%, Ingenieursgrafika en

Ontwerp 97% Janine Clegg: Geografie 89%, Fisiese Wetenskappe 85%,

Lewenswetenskappe 93%

Dawie Bekker: Afrikaans Huistaal 87%, English First Additional

Language 90%, Inligtingstegnologie 90%, Wiskunde 97%.

Page 10: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 10 Desember 2016

DIE MATRIEKS GROET

DIE JAARLIKSE AFSKEIDSGLEENTHEID HET DIE GEWONE EMOSIES ONTLOK.

OUERS, LEERDERS EN ONDERWYSERS WAS ALMAL MAAR TRANERIG TOE DIE

MATRIEKS EN HULLE OUERS IN DIE SAAL BYMEKAARGEKOM HET VIR DIE BIDUUR

WAT DIE EINDE VAN HULLE SKOOLLOOPBAAN VERTEENWOORDIG. DAARNA HET

DIE SKOOL, GETROU AAN TRADISIE, VIR DIE MATRIEKGROEP ‘N EREWAG

GESTAAN EN DIE HOOF HET ELKEEN BY DIE HEKKIE GEGROET.

Page 11: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 11 Desember 2016

AFFIES KERSSANGDIENS 2016

Page 12: Sasolburg dawiek@lantic.net charlotteb@lantic.net GRAAD 12 ...ww3.affies-sasolburg.co.za/wp/wp-content/uploads/E-Padda-Desember.pdf · skoolvlag en verskeie tradisies. Die Bekkergesin

B l a d s y | 12 Desember 2016

Geseënde kersfees! mag julle almal in hierdie tyd intens bewus wees

van god se teenwoordigheid, sy liefde en genade,

en die vrede wat net hy kan gee. mag die nuwe jaar voorspoed bring

en mag god gee dat almal veilig van hulle vakansies terugkeer.

-dawie kleynhans

I wish you all a Joyful Christmas Season.

Many blessings to you and your family

as we remember and rejoice in our saviour’s birth.

God’s Grace be with you.

I PRAY THAT EVERYONE WILL come home safely.

-DAWIE KLEYNHANS