sava nuusbrief nommer 151 julie 2019 voeg lewe tot jou

15
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 151 Julie 2019 voeg lewe tot jou jare toe Ek word soms gevra: "Waarom spandeer jy soveel tyd en geld om oor goedheid teenoor diere te praat terwyl daar soveel wreedheid teenoor mense is?" Ek antwoord: "Ek werk aan die wortels." George T. Angell, hervormer (5 Junie 1823-1909) WATER IS LEWE – SPAAR DIT Alle lewe op Aarde gebruik eintlik 'n membraan wat die organisme van sy omgewing afskei. Om te oorleef, neem die organisme belangrike stowwe in om energie te maak, terwyl dit giftige stowwe soos afvalprodukte uitskei. Hiervoor is water essensieel bloot omdat dit 'n vloeistof teen die Aarde se temperature is. Omdat dit vloei, bied water 'n effektiewe manier om stowwe vanaf 'n sel na die sel se omgewing oor te dra. DIE VERSTAND DEMENSIE – Vergeetagtigheid kan 'n seën wees Dit verdryf angs, gegriefdheid en doodsangs. Demensie kry baie teenkanting, maar dit het sy voordele, wat nie onaansienlik is nie. Op 'n lewensstadium wanneer rondbeweeg moeilik kan wees, kan klein dingetjies vermaak, en weer vermaak. En weer. 'n Vriend se moeder was versot op wedrenne, daarom het hy die Derby- perdewedren vir haar opgeneem en sy het dit gekyk, weggevoer, elke middag, en nooit geweet watter perd sou wen nie. 'n Bejaarde paar wat ek geken het, het vir jare in disharmonie geleef. Die vrou het enigiets gedoen wat sy kon om haar man op 'n afstand te hou – tot sy demensie gekry het en vergeet het dat sy hom nie kon verdra nie. Teen die tyd dat sy gesterf het, was sy 'n toegewyde vrou, tot haar man se vreugde en aansienlike verbasing. Hierdie laat en onverwagte opbloei het sy wewenaarskap baie gelukkiger gemaak. Vir die volwasse kinders van demensielyers het die aandoening ook heelwat byvoordele. Jy hoef byvoorbeeld nie skuldig te voel as jy die bejaarde ouers nie heeltyd gaan besoek nie. Pleks dat hulle met hul vingers tokkel, wagtend vir die familie om te bel of 'n besoek te bring, blyk mense met demensie

Upload: others

Post on 11-Nov-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

SAVA

NUUSBRIEF Nommer 151

Julie 2019

voeg lewe tot jou jare toe

Ek word soms gevra: "Waarom spandeer jy soveel tyd en geld om oor goedheid

teenoor diere te praat terwyl daar soveel wreedheid teenoor mense is?" Ek antwoord: "Ek werk aan die wortels."

George T. Angell, hervormer (5 Junie 1823-1909)

WATER IS LEWE – SPAAR DIT

Alle lewe op Aarde gebruik eintlik 'n membraan wat die organisme van sy omgewing

afskei. Om te oorleef, neem die organisme belangrike stowwe in om energie te maak, terwyl dit giftige stowwe soos afvalprodukte uitskei. Hiervoor is water

essensieel bloot omdat dit 'n vloeistof teen die Aarde se temperature is. Omdat dit vloei, bied water 'n effektiewe manier om stowwe vanaf 'n sel na die sel se

omgewing oor te dra.

DIE VERSTAND

DEMENSIE – Vergeetagtigheid kan 'n seën wees Dit verdryf angs, gegriefdheid en doodsangs. Demensie kry baie teenkanting, maar dit het sy voordele, wat nie onaansienlik is nie. Op 'n lewensstadium wanneer rondbeweeg moeilik kan wees, kan klein dingetjies vermaak, en weer vermaak. En weer.

'n Vriend se moeder was versot op wedrenne, daarom het hy die Derby-perdewedren vir haar opgeneem en sy het dit gekyk, weggevoer, elke middag, en nooit geweet watter perd sou wen nie.

'n Bejaarde paar wat ek geken het, het vir jare in disharmonie geleef. Die vrou het enigiets gedoen wat sy kon om haar man op 'n afstand te hou – tot sy demensie gekry het en vergeet het dat sy hom nie kon verdra nie. Teen die tyd dat sy gesterf het, was sy 'n toegewyde vrou, tot haar man se vreugde en aansienlike verbasing. Hierdie laat en onverwagte opbloei het sy wewenaarskap baie gelukkiger gemaak.

Vir die volwasse kinders van demensielyers het die aandoening ook heelwat byvoordele. Jy hoef byvoorbeeld nie skuldig te voel as jy die bejaarde ouers nie heeltyd gaan besoek nie. Pleks dat hulle met hul vingers tokkel, wagtend vir die familie om te bel of 'n besoek te bring, blyk mense met demensie

2

heeltemal gelukkig te wees om net op 'n stoel te sit. Verontwaardiging en angs blyk dinge van die verlede te wees.

Lees die artikel hier: https://www.spectator.co.uk/2019/06/the-upsides-of-dementia-forgetfulness-can-be-a-blessing/

DIE MENS SE TOESTAND

TE VEEL SELFVERTROUE Daniel Kahneman, die Nobel-pryswenner wat die weg vir gedragsbesparing gebaan het, het 'n groot deel van sy navorsing opgesom deur te sê: "Ons het in die algemeen te veel selfvertroue in ons opinies, indrukke en oordele." Wat bly nog oor? Nie veel nie. Om hierdie punt te illustreer, het Kahneman en sy kollegas verskeie raaisels ontwerp wat die aandag op die problematiese oordrewe staatmaking op intuïsie in ons denke vestig. Hier is een van die bekendste raaisels wat hulle getoets het: 'n Kolf en 'n bal kos $1.10. Die kolf kos een dollar meer as die bal. Hoeveel kos die bal? Geneem uit: Chamorro-Premuzic, Tomas. Why Do So Many Incompetent Men Become Leaders? Harvard Business Review Press. Kindle-uitgawe. AANNAMES Kulturele aannames, waardes en houdings is nie 'n begripsoorlegsel wat ons na willekeur op ervaring mag of nie mag plaas nie. Dit sou meer korrek wees om te sê dat alle ervarings deur en deur kultureel is; dat ons ons "wêreld" ervaar op so 'n manier dat ons kultuur alreeds in die ervaring self teenwoordig is. Vertaal uit: Metaphors We Live by (Lakoff, George; Johnson, Mark)

DIE BREIN

VERKORT UIT 'N PRAATJIE Ek het gepraat oor kaarte en gevoelens, en of die brein analoog of digitaal is. Ek gee jou 'n bietjie van wat ek geskryf het: Breins gebruik kaarte om inligting te verwerk. Inligting gaan vanaf die retina na verskeie dele van die brein waar die beeld wat die oog sien in kaarte van verskeie soorte omgeskakel word. Inligting gaan vanaf die gevoelsenuwees in die vel na dele waar die inligting na kaarte van die liggaam omgeskakel word. Die brein is vol kaarte. 'n Groot deel van die aktiwiteit is oordrag van inligting van een kaart na 'n ander. Soos ons weet uit ons eie gebruik van kaarte, kan kartering van een prentjie na 'n ander deur digitale of analoë prosessering gedoen word. Omdat digitale kameras nou goedkoop is en filmkameras oudmodies is en vinnig uitgedien raak, neem baie mense aan dat die karteringsproses in die brein digitaal moet wees. Die brein het egter oor miljoene jare ontwikkel en volg nie ons verganklike modes nie. In sy wese is 'n kaart 'n analoë toestel wat 'n prentjie gebruik om 'n ander prentjie voor te stel. Die beelding

3

in die brein moet deur direkte vergelyking van prentjies eerder as deur omskakeling van prentjies in digitale vorm gedoen word. Vertaal uit 'n praatjie deur Freeman Dyson, emeritus professor van fisika aan die Instituut vir Gevorderde Studie in Princeton.

GESONDHEID

GEPROSESSEERDE KOSSE – 'n Gesondheidsrisiko Ultra-geprosesseerde kosse – soos hoenderklontjies, roomys en ontbytgraankosse – word verbind met vroeë sterfte en swak gesondheid, sê wetenskaplikes. Navorsers in Frankryk en Spanje sê die hoeveelheid van sulke kos wat geëet word, het baie toegeneem. Hulle studies is nie definitiewe bewys van nadeel nie maar kom kort op die hakke van toetse wat suggereer dat ultra-geprosesseerde kosse na ooreet lei. Kundiges het waarskuwing uitgespreek maar vir verdere ondersoek gevra. Wat is ultra-geprosesseerde kosse? Die term kom van 'n manier om kos te klassifiseer volgens hoeveel industriële prosessering dit deurgemaak het. Die laagste kategorie is "ongeprosesseerde of minimaal geprosesseerde kosse", wat insluit: • vrugte • groentes • melk • vleis • peulgewasse soos lensies • sade • graankosse soos rys • eiers "Geprosesseerde kosse" is verander om hulle langer te laat hou of beter te smaak – in die algemeen deur sout, olie, suiker of fermentasie te gebruik. Hierdie kategorie sluit in: • kaas • varkspek • tuisgemaakte brood • blikkiesvrugte en -groente • gerookte vis • bier Dan kom "ultra-geprosesseerde kosse" wat deur aansienlik meer industriële prosessering is en dikwels lang lyste van bestanddele op die pakkie het, insluitende toegevoegde bederfwerende middels, versoeters en kleurversterkers. Voorbeelde sluit in: • geprosesseerde vleis soos wors en hamburgers • ontbytgraankosse of graanstafies • kitssop • suikeragtige bruisdrankies • hoenderklontjies • koek • sjokolade • roomys • massageproduseerde brood • baie "gereed-om-op-te-warm" maaltye soos pasteie, pizzas en maaltydvervangende skommeldrankies. Waarom mag ultra-geprosesseerde kosse nadelig wees? Die eerste toets van ultra-geprosesseerde kosse het getoon dat hulle mense meer laat eet en gewig laat aansit. Navorsers by die VSA se Nasionale GEsondheidsinstituut het elke stukkie kos wat vrywilligers vir 'n maand geëet het, gemonitor, en wanneer aan hulle ultra-geprosesseerde kosse gegee is, het hulle 500 kalorieë meer per dag geëet as toe aan hulle ongeprosesseerde maaltye gegee is. Ander aanduidings sluit in: Hulle het energiedigtheid maar het 'n gebrek aan voedingstowwe en vesel. Terwyl die bymiddels/toevoegings in kosse vir veiligheid getoets is, mag dit

ongesond wees om baie bymiddels/toevoegings van verskillende kosse te verorber.

4

Mense eet meer daarvan omdat dit maklik is om te eet. Hulle stoot gesonder kosse soos vrugte en groente uit diëte – wie wil 'n piesang hê

as jy 'n roomys kan kry? Is daar enige bruikbare raad? Victoria Taylor, senior dieetkundige by die Britse Hartstigting, sê: "Ons het reeds aanbeveel dat mense 'n Mediterreense dieetstyl aanneem, wat ook heelwat minimaal of ongeprosesseerde kosse soos vrugte, groente, vis, neute, sade, boontjies, lensies en volgraankosse insluit. Dit, tesame met gereelde oefening en nie rook nie, het geblyk voordelig te wees vir die verlaging van die risiko vir hart- en sirkulasiesiekte." Die studies is in die British Medical Journal gepubliseer. Lees die volle artikel: https://www.bbc.com/news/health-48446924

SIG

BRILLE – Oor die toonbank Leesbrille het in gewildheid toegeneem en word meestal deur massa-kleinhandelaars soos supermarkte, apteke en gerieflikheidswinkels verkoop. VERSTAAN VERGROTING – leesbrille word deur die sterkte van hulle straalbrekingseenheid aangeslaan. Die sterkte word aangeslaan in stygende tussenvalle van 0.25 eenhede. 'n Hoër syfer dui sterker vergroting aan. HELP MET REKENAARWERK – Jy mag twee brille benodig: een vir kyk na die skerm, en die ander om gedrukte materiaal te lees. In die algemeen benodig mense omtrent 0.75 minder lenskrag vir die rekenaar as vir normale lees. DRA MET KONTAKLENSE – As jou kontaklense goed werk vir afstandsvisie, behoort die aanknip van leeslense wanneer jy hulle nodig het die meeste van die tyd aan jou naby behoeftes voldoen. AARP

RAAISEL

Wat het hierdie twee name in gemeen?

Raymond Darmony

Nigel Linge Antwoord aan die einde van die nuusbrief.

DIE WET EN POLITIEK

2019 BBC Reith Voorlesings – Die Wet en die Agteruitgang van Politiek Hierdie belangrike onderwerp sluit in hoe die reg se ryk uitgebrei is in reaksie op die toenemende publieke vraag na groter sekuriteit en verminderde persoonlike risiko. Dit word sterk deur hierdie twee uittreksels belyn:

5

Dit was nie omdat gedink is dat regters enige spesiale kliniese of morele kwalifikasies het wat dokters kortkom nie; dit was omdat regters 'n mag van kwytskelding het. Deur die kwessie na die howe toe aan te gee, het dokters hulself teen wetlike aanspreeklikheid verskans.

Die spesiale terreine wat eens gedink is buite die bestek van die howe val, soos buitelandse beleid, die uitvoering van buitelandse militêre operasies en die ander prerogatiewe magte van die staat, het almal een vir een voor die mag van regters geswik.

Ek het persoonlik 'n groot probleem hiermee, omdat regters nie verkies is nie en nie teenoor enigiemand aanspreeklik is nie. Jy kan die lesings en/of die lesingtekste in PDF-formaat aflaai vanaf: https://www.bbc.co.uk/programmes/m00057m8 https://www.bbc.co.uk/programmes/m0005f05 https://www.bbc.co.uk/programmes/m0005msd https://www.bbc.co.uk/programmes/m0005t85 https://www.bbc.co.uk/programmes/m00060vc Jy kan die PDF-lêers na Kindle AZW3 omskakel deur die volgende te gebruik:

https://ebook.online-convert.com/convert-to-azw3

OORSPRONGE

MAATSKAPPYNAME – Oorspronge

Faber & Faber is deur Geoffrey Faber op sy eie begin: hy het die tweede naam bygevoeg om meer fatsoenlik te klink.

Dixons is geopen deur Charles Kalms and Michael Mindel. Hulle perseel in Southend het egter net vir 6 letters plek gehad, daarom het hulle 'n naam uit die telefoonboek gekies..

Qantas staan vir Queensland and Northern Territory Aerial Services.

Hotmail het sy naam geneem van HTML, en is aanvanklik as HoTMaiL geskryf.

Vodafone het 'n soortgelyke benadering gevolg (‘Voice, Data, Telefone’).

Jeff Bezos het Amazon gekies omdat dit die wêreld se lywigste rivier is en die hoeveelheid besigheid wat hy hoop om te doen, simboliseer.

BlackBerry kom van die toestel se sleutelbordknoppies, wat soos die vrug se oppervlak lyk.

Die literatuur het ook vir ons die wêreld se beroemdste koffieketting gegee: Starbuck is die hoofstuurman in Moby-Dick.

Argos was die Griekse stad waarin Richard Tompkins vakansie gehou het toe hy die idee vir die winkel gekry het.

Die motorvervaardiger August Horch het sy van (wat in sy moedertaal Duits 'luister' beteken) in Latyn vertaal en Audi gekry.

Volvo is Latyn vir ‘ek rol’ — die firma het oorspronklik koeëllaers gemaak.

Lego is 'n afkorting van ‘leg godt’, die Deens vir ‘speel goed’. Vertaal uit: The Spectator

6

BOEKE

‘N WARE EDELSTEEN – Vir raaisel-fanatici Books to Die For: The World's Greatest Mystery Writers on the World's Greatest Mystery Novels deur John Connolly en Declan Burke (Uitgewers) Die wêreld se grootste raaiselskrywers oor die wêreld se grootste raaiselromans. Met so baie raaiselromans om van te kies, en so baie nuwe boeke wat elke jaar verskyn, waar behoort ʼn leser te begin? Waar is die klassieke werke van die genre? Watter is die verskuilde juwele? In die mees ambisieuse bloemlesing van sy soort tot nog toe aangepak, het die wêreld se voorste raaiselskrywers bymekaar gekom om die grootste raaiselromans wat ooit geskryf is, te steun. In ʼn reeks persoonlike opstelle wat dikwels soveel oor die skrywers en hulle eie werk openbaar as wat hulle doen oor die boeke waarvan hulle hou, het 119 skrywers van 20 lande ʼn gids geskep wat vir geslagte van lesers en skrywers onontbeerlik sal wees. Vanaf Agatha Christie to Lee Child, vanaf Edgar Allan Poe tot P. D. James, vanaf Sherlock Holmes tot Hannibal Lecter en Philip Marlowe tot Lord Peter Wimsey, bring Books to Die For die room van die raaiselwêreld bymekaar vir ʼn fees van leesgenot, ʼn kosbare vonds vir diegene wat nuut tot die genre is en vir diegene wat glo dat daar niks nuuts oor is om te ontdek nie. Hierdie is die een belangrike boek vir elke leser wat ooit ʼn raaiselroman klaar gelees het en gedink het . . . ek wil meer hê! Vertaal uit die inleiding tot Books to Die For: “Waarom geniet die raaiselroman sulke blywende aantrekkingskrag? Daar is geen eenvoudige antwoord nie. Dit het ʼn eiesoortige kapasiteit vir subtiele sosiale kommentaar, ʼn bemoeienis met die teenstrydigheid tussen reg en geregtigheid, en ʼn passie vir orde, hoe kompromitterend ook al. Selfs in die visie van die donkerste van raaiselskrywers bied dit aan ons ʼn vinnige blik van die wêreld soos dit mag wees, ’n wêreld waarin goeie mans en vroue nie ledig bystaan en toelaat dat die slegste aspekte van die menslike natuur sonder teenstand seëvier nie. Dit kan al hierdie fasette aanraak terwyl dit steeds die leser vermaak.”

KOPER, PAS OP

WEES VERSIGTIG VIR DIE ‘KUNDIGE’ Die volgende keer wanneer jy ʼn verkoopspersoon vir advies vra oor ʼn produk waarop jy jou hardverdiende geld wil spandeer, dink oor sy of haar afkoms. Alte dikwels mag hulle baie minder oor die produk as jou nie-bestaande kennis van die item weet. Hier is ʼn persoonlike ervaring van 1960 My eerste ontmoeting met winkelverkope het gekom gedurende ʼn vakansiewerk in die middel van die jaar toe ek in my finale jaar op skool was. Die maatskappy was ʼn bekende en goed gerespekteerde firma van verfhandelaars.

Ek het grootgeword in ʼn familie wat nie in die minste geneig was tot DDS nie. Ek kan nie onthou dat enige van my twee oupas of my pa ooit ʼn verfkwas in hulle

7

hande vasgehou het nie. Gewapen met hierdie uitgebreide ondervinding van alle aspekte van verf het ek begin om verf aan elkeen en almal te verkoop.

Op ʼn mooi dag het ʼn dierbare ou heer ons besoek om verf te koop met die oog daarop om sy sitkamer oor te verf. Ons het ʼn lang tyd spandeer om te praat oor die fyner aspekte van verfkwessies.

Omdat ek ʼn slim jong man was, het ek baie versigtig geluister na wat om my aangaan, en ek het geweet watter die beste verf vir binnewerk op mure was.

Toe het my groot oomblik gekom. Hy wou weet of hy ʼn kwas of ʼn roller moes gebruik om die mure te verf. Sonder aarseling het ek vir hom gesê dat ʼn roller nie ʼn goeie idee was nie. Dit maak nie al die krake toe nie, dit spat oral, en wat meer is, die afgryslikste van die afgryslike, dit kom nie in die hoeke by nie.

Hy het my insig geloof, my uitbundig bedank en weggestap met ʼn volledige stel van sesduimkwaste, waarskynlik twee keer soveel as wat hy nodig gehad het, en ʼn gelukkige hart.

In die jare wat gevolg het, toe ʼn bietjie wysheid sy weg stadig in my benewelde brein begin baan het, het ek dikwels aan die ou man gedink. Oor hoe hy met sy vriende oor die voor- en nadele van kwaste en rollers sou argumenteer. Ek kan hom eintlik hoor skreeu: “Man, Piet, ek sê vir jou, kwaste is beter, ʼn KUNDIGE het dit vir my gesê!”

REKENAARWÊRELD

WHATSAPP – En ander sosiale media Suid-Afrikaanse WhatsApp-gebruikers pas op . . . as jy ʼn boodskap aan ʼn enkele persoon stuur, kan jy nie aanspreeklikheid vir naamskending aantrek nie. As die persoon wat die boodskap ontvang egter besluit om dit te publiseer, kan hulle aanspreeklik gehou word. https://mybroadband.co.za/news/internet/310289-south-african-whatsapp-users-beware.html?source=newsletter Hierdie is op ALLE rekenaarmedia van toepassing. AANLYN-BEDROG – Wenke Leer hoe om op oproepe van swendelaars te reageer met ons lys van die jongste wenke en gereedskap. Moenie jou foon antwoord as jy nie die nommer herken nie – selfs as die

nommer van jou gebiedskode is of naby aan jou eie nommer lyk. Vertel vir familielede – veral die bejaardes en of ander wat kwesbaar mag wees –

om nie oproepe van onbekende nommers te neem nie. Moenie val vir skelmstreke waarin die oproeper beweer dat hy die regering of

regstoepassing verteenwoordig en jou vir geld vra nie. As jy ʼn kwessie wat ʼn verdagte oproeper met jou bespreek het, wil ondersoek,

staak die oproep en skakel die agentskap of maatskappy op ʼn nommer op ʼn

8

onlangse rekening of wettige webtuiste. Moenie die nommer skakel wat die oproeper gebruik het of aan jou verskaf het nie.

As jy weet ʼn oproep is bedrieglik, moenie op enige manier by swendelaars betrokke raak nie. Selfs die druk van ʼn knoppie op jou foon om sogenaamd jouself van ʼn oproeplys te verwyder kan persoonlike inligting oor jou foon en identiteit verskaf.

Swendelaars het ook maniere gevind om inligting in te samel wat hulle wettig laat lyk. Pas op – en sê vir jou familielede – dat net omdat ʼn oproeper jou naam ken of selfs persoonlike of finansiële inligting ken, dit nie beteken dat hulle wettig is nie.

Moet nooit finansiële of persoonlike inligting aan onbekende oproepers verskaf nie.

Moenie dat enigiemand druk op jou plaas om skuld te betaal deur ʼn geskenkkaart of geldwissel te gebruik nie.

TROETELDIERE EN JY

POTE EN KLOUE ʼn Bietjie meer as die helfte van Amerikaners tussen die ouderdomme van 50 en 80 het troeteldiere. Die res weet nie wat hulle mis nie, volgens die Nasionale Opname oor Gesonde Veroudering van die Universiteit van Michigan, geborg deur AARP en Michigan Medicine. Omtrent 55 persent van die nagenoeg 2 000 mense wat ondersoek is, het gesê dat hulle troeteldiere het. Op die vraag watter voordele hulle ontvang, het die volgende persentasies van troeteldiereienaars gesê hulle troeteldiere help hulle om

Voordeel %

Die gedagtes van die pyn weg te lei 24

Beskermd te voel 51

ʼn Roetine te handhaaf 62

Fisies aktief te wees 64

Spanning te verminder 79

SPORT (?)

RUGBY VS SOKKER (VERENIGING-VOETBAL) ʼn Rugby-entoesias het vir my gesê hy dink sokker is ʼn sissie spel. Ek het vir hom gevra of hy ʼn rugbyspeler kon noem wat die rekord hier onder kon breek: Gedurende sy sokkerloopbaan het Bryan Robson die volgende beserings bymekaargemaak:

Vyf ontwrigte knieë

Drie gebreekte bene

Twee gebreekte neuse

9

ʼn Gebreekte vinger

Twee geskeurde agterdyspiersenings (‘hamstrings’)

Geskeurde enkel-ligamente

Twee harsingskuddings

Genoeg gekneusde bene om enigiemand bedruk te laat voel en steeds 90 wedstryde gewen!

BOEK

THE LAST UNKNOWNS In The Last Unknowns deur John Brockman, het hy gesiene mense op verskeie terreine genader: “Vra “Die Laaste Vraag” u laaste vraag, die vraag waarvoor u onthou wil word.” Hier is my gunstelinge, Ray:

Is mense wat verneuk noodsaaklik om vooruitgang in menslike gemeenskappe aan te dryf?

Is stories sleg vir ons?

Hoe kan doelstellings van individuele vryheid en ekonomiese doeltreffendheid met doelstellings van maatskaplike geregtigheid en omgewingsvolhoubaarheid versoen word?

Hoe ver is ons van die wens om na die tegnologieë van die jaar 1900 terug te keer?

Is die brein ʼn rekenaar of ʼn antenna?

Was landbou ʼn verkeerde keerpunt vir die beskawing?

Watter proporsie van “etniese” en “godsdienstige” spanninge is in ons gene gesetel?

Waar is die fisikawette geskryf voordat die heelal gebore is?

Waarom behoort ons die oorspronklike voorwerp bo ʼn perfekte replika hoog te skat?

Sal AI die Luddiete (meestal) reg maak? Ek het baie oor die boek gedink, en my vraag is:

Is ons as mense besig om ons “ontwerpsgrense” te bereik?

SAVA-DIENSTE

Gaan asseblief na www.SAARP.net en klik op die Voordele-skakel om ons reeks dienste vir lede te sien:

10

SOSIALE KLUB-NUUS

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER – George Sosiale Klub Hierdie maand behoort die opskrif van hierdie deel “Boodskap van die tesourier” te lees, maar ek wil nie my lede en vriende verwar nie. ʼn Onlangse besoek aan ons bank om ʼn bankstaat te kry, het aan die lig gebring dat ʼn bedrag van R52 met die aantekening “BR KONTANT R45 (Onttrekking)” gehef is. Natuurlik het ons navraag oor hierdie inskrywing gedoen en is meegedeel dat kontant in ons rekening gedeponeer is en dat hierdie fooi ʼn hanteringskoste was! Daarom, kan ons asseblief alle lede vra wat hulle ledegeld betaal om by wyse van ʼn elektroniese fondsoordrag (EFO) (“EFT” in Engels) of direkte kontantbetaling aan die klub by ʼn algemene vergadering, staptoer, 10-pin Bowling-byeenkoms of ontbyt te betaal! Moet asseblief nie kontant in die bankrekening inbetaal nie. AARP Bulletin, April 2019 GEDENKDIENS OF NIE In reaksie op ʼn lid se e-pos het ek ons sosiale klubs en verskeie ander bronne gevra of families die wense van die oorledene om nie ʼn gedenkdiens te hou nie, behoort te respekteer. Die meerderheidsopinie word deur hierdie reaksie opgesom: Ons komitee het die inhoud van hierdie e-pos gister by ʼn komiteevergadering bespreek, en die eenparige gevoel was dat die wense van die oorledene gerespekteer moet word. Familielede en vriende moet hulle eie weg vind om hulle hartseer te verwerk – dit is nie oor hulle en wat hulle wil hê nie. Dankie vir hierdie onderwerp wat baie stof tot nadenke bied en ongelukkig altyd relevant is.

SAVA-NUUS

TELEFOON PROBLEME Ons het onlangs n nuwe gerekenariseerde telefoon sisteem geinstalleer (VOIP) maar dit veroorsaak ongelukkig enorme probleme. Verskoon asseblief indien u met tye afgesny word en/of sukkel om deur te kom. MEDIESE BYSTAND EN LEEMTEDEKKING (“GAP COVER”) Ons ontvang baie navrae oor die bogenoemde. Hierdie is gespesialiseerde produkte, en die wet vereis dat slegs toepaslik gekwalifiseerde mense die relevante advies moet gee. ʼn Spesialis op die terrein het ingestem om ons lede se vra te beantwoord. Indien u haar sou kontak, sal ons u terugvoering oor u interaksie met haar waardeer. Haar kontakbesonderhede is: Liesl du Plessis 082 924 0841 [email protected] TERUGVOERING Moes julle net laat weet van die wonderlike tyd wat ons by Cayley Lodge in die Drakensberge deurgebring het. Die rit deur die Transkei was interessant! Cayley

11

Lodge was pragtig. Ons kamer was baie, baie gerieflik en het ʼn pragtige uitsig op die majestieuse berg gehad. Ons het die eerste nag ʼn besoeker in die vorm van ʼn vlermuis gehad, maar het daarin geslaag om dit in die badkamer toe te maak, en ons dink dit het ons verlaat toe ons die volgende aand die venster oop gelos het toe ons vir aandete gegaan het. Die kos was smaaklik met ʼn lekker spyskaart, en die pryse was redelik. Die personeel en alle geriewe was van die beste. Ons het een nag ʼn pragtige donderweer- en weerligstorm en baie reën gehad, maar geen sneeu nie. Veilig tuis, en ʼn groot DANKIE aan SAVA vir die spesiale aanbiedinge wat hy vir sy lede beskikbaar maak – mag hulle lank hou. (Vertaling van verbatim aanhaling) BANKKOSTE ʼn Lid bied die volgende aan: Ek het die tabel oor bankkoste gelees en sou voorstel dat mense ondersoek instel of hulle laer koste kan kry. Ek bank by ABSA en Nedbank, en toe ek die ouderdom van 55 bereik het, het ek deur ʼn minimum belegging by beide banke te hou, ʼn gratis tjek- en spaarrekening by Absa verkry terwyl ek koste op my kredietkaart- en geldmarkrekening moet betaal. By Nedbank het ek eers onbeperkte gratis onttrekkings op my spaarrekening ontvang, maar oor tyd het dit na 4 onttrekkings per maand verminder. Ek weet nie of hierdie opsies vir nuwe kliente beskikbaar is nie, omdat ek 22 jaar gelede met hierdie opsies begin het en vir baie jare by beide banke gebank het. OORTREKKINGSKOSTE ‘N Ander lid het gereageer: “Om terug te keer na die artikel “Banke”, stem ek saam dat ʼn mens versigtig moet wees en alle state, nie net bankstate nie, moet bestudeer. Wanneer ʼn oortrekking vir enige bedrag toegestaan word, moet 20% van die waarde van die oortrekking, ongeag of dit gebruik word of nie, ingevolge wetgewing by die Reserwebank gedeponeer word. Bydraers moet die volle storie vertel. Ons is te geneig om die diensverskaffers te moker as gevolg van ons eie fout of omdat ons nie van die volle implikasies seker maak nie.” Hierdie kommentaar herinner aan die feit dat – in die 1960’s – ʼn bank 30% van sy kontant by die Reserwebank moes deponeer. Dit blyk dat iets soortgelyks steeds van toepassing mag wees, wat mag verduidelik waarom Suid-Afrika die 2008-debakel beter as die res die hoof gebied het. NUWE LEDE Statistiek toon dat meer as driekwart van ons lede mondelings van SAVA gehoor het. Ons HUB het daarom hierdie versoek gerig: Ons het tans duisende lede met korttermynversekering by een van ons 3 korttermynversekering-verskaffers Ons probeer om te verseker dat ons lede hulle versekering teen die beste moontlike koerse ontvang en moedig lede aan om ons gereeld te kontak om te verseker dat hulle die bes moontlike premie ontvang.

12

Ten einde die getal lede wat ons versekering-verskaffers gebruik, te verhoog, het ons besluit om ʼn eenmalige fooi van R50.00 te betaal aan enige lid wat iemand aan ons voorstel wat hulle korttermynversekering deur ons uitneem. Om hierdie fooi te ontvang, kontak eenvoudig ons versekeringsdames en gee aan hulle die besonderhede van die persoon. Wanneer die polis vir hulle vriend(in) geaktiveer is, sal ons outomaties die betrokke fooi uitbetaal. Daar is geen beperking op die aantal voorstellings wat gemaak word nie. JOHN BENWELL HUB

SAVA VAKANSIEKLUB

LET WEL: As gevolg van ʼn onvoorsiene vraag na ons vakansie-aanbiedings, sal ons die aantal punt wat elke maand beskikbaar is, beperk. Die volgende is voorbeelde van buiteseisoenvakansies wat ons Vakansieklub vir julle en julle gesinne aanbied. Om te bespreek, skakel Renske by 021 592 1279 of e-pos haar by [email protected] (Jammer maar ek her hierdie ontvang as ‘n PDF leer)

13

NOTA 1: Die bogenoemde pryse sluit 15% BTW in. NOTA 2: Die prys is vir die hele tydperk. NOTA 3: Alle kansellasies moet 7 weke voor die aankomsdatum gemaak word. BETALING: Wanneer Renske jou bespreking BEVESTIG het, sal sy 'n faktuur uitreik wat SAVA se bankbesonderhede bevat. Wanneer jy die verlangde bedrag in SAVA se bankrekening inbetaal het, stuur asseblief bewys van betaling deur een van die volgende te gebruik:

Faks: 021 592 1284 E-pos: [email protected]

En onthou om jou ID-nommer en naam aan te haal. MOENIE ENIGIETS BETAAL VOORDAT JY DIE BEVESTIGING

VAN DIE BESPREKING EN DIE FAKTUUR ONTVANG HET NIE.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot

14

regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

Die “Remain”-veldtog in Brittanje en Hillary Clinton se onsuksesvolle poging vir die Amerikaanse presidensie het nie geslaag nie as gevolg van die onnosele, hiperrasionele gedrag van ooropgevoede adviseurs wat groot natuurlike voordele weggegooi het. Op ʼn stadium is ons in Brittanje selfs gewaarsku dat ‘’n stemming om die EU te verlaat stygende arbeidskoste sou veroorsaak’ – deur ʼn hoogs uitgeslape besigheidsman wat so in vervoering was oor modelle van ekonomiese doeltreffendheid dat hy duidelik onbewus was dat kiesers ʼn ‘verhoging in arbeidskoste’ as ‘salarisverhoging’ sou verstaan. Miskien die ontstellendste van alles, het elkeen van die “Remain”-veldtog se argumente hul tot ekonomiese logika gewend; nietemin is die EU patentgewys ʼn politieke projek. Vertaal uit: Alchemy deur Rory Sutherland.

ADVIES Hierdie briljante raad van ʼn lid oor hoe om ʼn hardnekkige verkoopsman (verkoopsvrou?; verkoopspersone?) te behandel: “Kan jy vir my sê hoe lank jou produk waarskynlik sal hou?” “O, Meneer, dit is gewaarborg om x jare te hou.” “Wel, dit is veel langer as my lewensverwagting (op 77 raak dit korter), en my beleid in die lewe is om nie iets te koop wat my sal oorleef nie. Jou produk val in daardie kategorie en daarom verhinder dit my om dit te koop.” Sover het ek nog nie ʼn verkoopsman gekry wat dit kon antwoord nie, en enige verkoopspraatjie staak. GEREGTIGHEID “Soos alle ander pogings om ʼn kortpad na maatskaplike geregtigheid te neem deur ʼn duim op die skaal te plaas – om onbillikheid met meer onbillikheid op te los – sal hierdie bevoordeling van een groep ander benadeel.” The Spectator STOF TOT NADENKE Ek sou ook graag ʼn baas, ʼn taxibestuurder en veral ʼn hartsjirurg wou hê wat bevoeg eerder as vol selfvertroue is. Bevoegdheid gaan oor hoe goed jy in iets is. Selfvertroue gaan oor hoe goed jy dink jy in iets is. Vertaal uit: Why Do So Many Incompetent Men Become Leaders? (Chamorro-Premuzic, Tomas; Chamorro-Premuzic, Tomas)

15

AANHALING Om jou gedagtes vry te laat dwaal, met geen ander doel as om as gevolg van daardie ronddwalery onverwagse konneksies te maak nie, is een van die beste maniere om jouself in louter belangelose behae te verloor: en die vermoë om jouself te verloor is ʼn baie belangriker vermoë as die vermoë om jouself te vind met sy inherente onbeskeie veronderstelling dat wat gevind sal word, goed en fassinerend sal wees. Vertaal uit: Dalrymple, Theodore. The Pleasure of Thinking: A Journey through the Sideways Leaps of Ideas. Gibson Square. Kindle-uitgawe.

ANTWOORD OP VASVRA

Die voorname en vanne gebruik dieselfde letters:

Raymond Darmony - admnory

Nigel Linge - egiln Darmony: Hierdie baie interessante van is ʼn verangliseerde vorm van die Galliese naam "O' Diarmada" wat beteken die “manlike afstammeling van (O) Difharmait". Linge: Daar is ten minste twee moontlike oorspringe. Die eerste kom voort uit ‘Ling’, oënskynlik ʼn voormalige gemeente naby Bridgewater in Somerset. Die tweede is van ʼn handelaar wat gespesialiseer het in die vang van die vis genaamd ‘ling’. Ray Hattingh NS Kortliks gee filosofiese selfondersoek ons min om oor te dink buiten ons eie wisselvalligheid, verwarring en onpeilbare dwaasheid.

KONTAK ONS BY SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Kontak ons en ons sal u terugskakel om u telefoonrekening te spaar e-pos: [email protected]

Pf sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe