nuusbrief #20 13 junie 2019 vanaf hoveld sinode - 20 - 2019.06.13...luister wat die pastoor preek,...

10
Nuusbrief #20 13 Junie 2019

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Nuusbrief #2013 Junie 2019

1

2

Leraars verjaarsdae

15 Junie Ds. Jeanine Hepburn

Kempton-Hoogland

15 Junie Ds. Willie du Toit Waterval

15 Junie Ds. Theo Janse van Rensburg Kempton-Hoogland

16 Junie 18 JunieDs. Johannes Rossouw Dr. Christo NaudéSundra Lindenpark

20 Junie 30 JunieDs. Evert Bergh Ds. Johann BarnardDelmas-Wes Presidentsoord

30 Junie 6 Julie Dr. ST Potgieter Ds. Jaco de WittAlberton-Oos Fontainebleau

7 JulieDs. Ferreira MaraisWeltevreden

Hartlik geluk met julle verjaarsdae! Mag jou dag gevul wees met ontelbare seëninge, vreugde en liefde.

3

Werkswinkel: Klein is goed

‘n Oorsig oor die sinvolheid van ‘n werkswinkel oor die bediening van klein en kleiner wordende gemeentes, wat aangebied is deur Excelsus, 9-11 April 2019 te Omnia.

Die aanbieders was Drr Andre Bartlett en Carin van Schalkwyk:

Die 30 VBO punte was ‘n fraksie van die waarde van die werkswinkel. Daarmee word die belangrikheid en die gees-telike ervaring van die werkswinkel skaars verwoord.

1. Noodsaaklikheid:

Net die blootstelling aan ‘n teksgedeelte uit 1Tes1:1-10, was werklik God-ge-inspireerd!

Werlikhede soos: 1. Kleingemeentes bestaan altyd deur die krag van die Heilige Gees!

2. Blydskap ten spyte van moeilike omstandighede.3. Kleingemeentes is ‘n voorbeeld vir baie ander gelowiges4. Kleingemeentes is missionaal dinamies! (“Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje ver-

kondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God,…” )5. Kleingemeetes beleef die bediening van die Woord in “disoriëntasie” (Sien Walter Brueggeman en Psalms)

Die noodsaaklikheid van die werkswinkel is veral gerig op huidige lewensomstandighede asook die gebrek aan geloofsmotivering onder baie gelowiges!

2. Inhoud:

1. Grote van lidmaattal bepaal jou bediening, maw bedien volgens getalle2. “The in-between churh” Dit beteken bestuur die oorgang van die gemeete tipe wanneer die getalle verander.3. Wees bewus van die spesifieke eienskappe in verskillende grotes van gemeentes.4. Bedieningsopsies: bv voltydse of deeltydse bediening, samesmelting en clustering5. Voordele en nadele van kleiner gemeentes6. Bedreigings en uitdagings van kleiner gemeentes7. Praktyke van kleigemeentebediening8. Begeleiding van die aanpassingsproses

3. Waarde:

Dit was doodenvoudig opwindend!

Daar was wedersydse motivering en onderseuning. Die feit bly staan: omstan-dighede verander en gemeentes word kleiner. Dis ondenkbaar om nie opleiding en ondersteuning in die verband te ontvang nie. Dit geld vir alle gelowiges, leiers en lidmate. Die publiek behoort ingelig te word dat kleingemeetes dinamiese bedieningspunte is, aangesien bykans alle mense glo dat net groot gemeetes ‘n impak kan maak.

God seën klein gemeentes!

Groete van gemeente tot gemeente!

Jannie McDuling

Lees in die Kerkbode van 14 Junie ... Hart en hande Die jongste uitgawe van Kerkbode het ’n woord-en-daad-tema. Ons voorbladstorie (asook bl 10 -13) vertel hoe jy betrokke kan raak by die werk waarmee lidmate in die natuurrampgeteisterde Mosambiek besig is. En ons vat hande met die dryfkragte agter die Winterhoopveldtog, wat van 1-30 Junie op eie bodem plaasvind en die mees weerloses in ons samelewing teen die elemente beskerm. Mees gelese dié week: Moreleta oor drie opsiesMoreletapark, beswaarde gemeente van die NG Kerk, publiseer ’n scenario-uiteensetting wat insluit 1. Tree uit kerkverband. 2. Bly NG maar ‘doleer’ (treur). 3. Roep buitengewone Oostelike Sinode Sitting. Comrades: Maak só korte mette met Polly Shortts“Ek het gepreek uit Psalm 121 en die vyf groot bulte wat op die Comrades-roete is, gebruik as voorbeelde van hoe die Here elke tree van die pad met ons is,” vertel leraar wat langasems bedien het voor dié naweek se gewilde padwedloop in KwaZulu-Natal.

Het jy al die nuwe Kerkbode-app afgelaai? Ons spog ook met ’n nuwe Kerkbode-app vir Android en Apple-fone, wat waarde toevoeg tot die Kerkbode-ervaring en nie die be-doel is om die papierproduk te vervang nie. Trouens, dis ’n verryking van die stories en lesersbydraes wat ons steeds met trots in gedrukte formaat in die voorportale van byna 400 gemeentes aflaai. Kry die skakel na die app-winkel op Kerkbode se tuisblad: https://kerkbode.christians.co.za/

OPENBARING ‘n Hemelse evangeliePRYS: R180.00Hierdie interpretasie van die boek Openbaring sluit aan by die eerste-eeuse wêreld waarin astrologie en mitologie ʼn baie groot rol in mense se lewe ge-speel het.Johannes ken die figure wat die mense in die hemel gesien het. Hy weet dié figure is vir die mense van sy tyd baie belangrik. Hy weet die mense glo hierdie figure leef en beïnvloed hulle lewe.Johannes sluit hierby aan, maar terwyl hy skryf, verander hy dit in ’n boodskap oor God. Johannes weet God leef. Net Hý het waarlik ’n invloed op mense se lewe.Hierdie Bybelstudie is ’n poging om op grond van die teks wat Johannes lank gelede neergeskryf het en die jongste navorsing oor die wêreld waarin Johannes geleef het, vanuit ’n ongewone en verrassende hoek ’n venster op

God oop te maak, die angel uit ons angs te haal en ons vrees in blydskap te verander.Soos die môrester op die oosterkim is Jesus ʼn helder lig. Hy kondig dag oor ons nag aan. SKRYWERS Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aange- bied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad. 4

In LiG se Julie-uitgawe lees ons … waar Andriëtte deel hoe sy haar roeping met vreugde uitleef, nadat sy amper haar stem kwyt was.

‘n Enkelma vertel hoe sy ander bemagtig – eers emosioneel, dan finansieel. Oom Karoolus en Lente bring Jesus-hoop reeds vir 30 jaar. LiG ondersoek ook die waarde van poppekas in kinderbedi-ening.Help jou kind só as stres hom onderkry. Kom saam op ‘n geloofsafari, en leer lesse uit die diereryk. Lees meer oor meelewingsuitputting.Kry raad as jy uitvind dat jou vriendin ‘n affair het.LiG – vir jou en jou mense.Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za

5

Die liefde van God is wonderbaar

Sondag herdenk ons Jeugdag, wat mens opnuut laat nadink oor die probleme wat jongmense, in die verlede en vandag, in die gesig staar. Een kommerwekkende probleem wat aan die toeneem is, is boeliegedrag onder leerders.

Kay-Leigh Williams (17) vertel van haar boelie-ervaring en hoe die Bybel haar daardeur gehelp het.

“Soos enige normale tiener wou ek inpas, ek wou aanvaar word. Ek het vriendinne gehad en saam het ons heel-wat verkeerde dinge gedoen. Eendag het hulle net eenvoudig teen my gedraai. Ek het nie geweet hoekom nie,” vertel Kay-Leigh.

“Eers het hulle het goed uit my sluitkas by die skool gevat, later kon ek nie my boeke kry nie. Hulle het skool-werk van my lessenaar verwyder en dan het ek in die moeilikheid gekom want ek kon nie my huiswerk inhandig nie. Mense het my vertel dat hulle ook plakkate van my opgesit het.”

Die afknouery het so erg geraak dat sy gevrees het om skool toe te gaan. “Omdat ek voorheen met hierdie meisies vriende was, het ek gesien wat hulle aan mense doen, hoe hulle mense behandel het. Ek het geweet waartoe hulle in staat was en dit het my bang gemaak.”

Kay-Leigh was gedurig huilerig. Sy het gesukkel om te eet en het angsaanvalle gekry en was kort-kort in die hospitaal. Niemand het geweet wat haar makeer nie, totdat sy uiteindelik eendag oopgemaak en haar storie vertel het.

“My ouers het na die beste van hul vermoë my probeer help. Ek het nie veel ondersteuning van die skool gekry nie.”

Kay-Leigh is toe na ‘n ander skool toe.

Wees versigtig waar jy saai“Ek het in die kerk groot geword maar ek het nie ‘n sterk verhouding met die Here gehad nie. Ek het kerk toe gegaan omdat dit is wat Christene doen. Terwyl ek deur hierdie moeilike tyd gegaan het, was daar niemand met wie ek regtig kon praat nie. Ek het toe met die Here begin praat. Ek het voor hom gehuil. In die kerk het ek begin luister wat die pastoor preek, dit begin inneem en het daarvolgens begin lewe.”

Iets wat sy nooit sal vergeet nie, is dit storie van die saaier in Matteus 13.

“My jeugpastoor het ons die storie vertel. Jy sal oes daar waar jy gesaai het. As jy jou tyd en energie aan slegte vriende bestee, sal dit geen oes gee nie. Dit is soos om in die somer ‘n reënbaadjie aan te trek. Dit het geen doel nie. Maar as jy in goeie verhoudings en in God saai, sal jy ‘n goeie oes terug kry,” voeg sy by.

Kay-Leigh sê haar gunsteling vers is Johannes 3:16. “Dit het my geleer dat God my so ongelooflik lief het dat hy bereid was om sy Seun te laat lei. Ek het besef dat ek nie die goedkeuring en liefde van die wêreld nodig het nie. Ek het God se goedkeuring en liefde en daar is geen liefde soos dit nie.”

- Met dank oorgeneem uit e-Saaier Junie 20196

Vigstaakgroep

Die afgelope week was die Suid-Afrikaanse Vigskonferensie in Durban en tydens ‘n verskeiden-heid van toesprake, voorleggings en besprekings is een van die boodskappe wat duidelik blyk: Die stryd teen MIV is nog nie oor nie. Wêreldwyd is daar daag- liks 5000 nuwe infeksies. In Suid-Afrika alleen, is

daar meer as 700 nuwe infeksies elke dag. Met ongeveer 7.5 miljoen mense in ons land wat met MIV lewe, kan ons as kerk nie blind wees vir die realiteite van MIV nie.

CABSA, die Christen Vigsburo, in samewerking met die Gesamentlike Vigstaakgroep van die Sinode van Wes-Kaapland, rig ‘n ernstige pleidooi tot gemeentes, predikante en kerkleiers om nader te staan aan hier-die voortslepende krisis en veral ook nader te staan aan diegene wie se lewens so direk en dramaties deur MIV geraak word. Ons nooi kerke, wees deel van die oplossing en herinner ook gemeentes weer aan die Gesamentike Vigsverklaring. (hieronder)

Vir meer besonderhede oor hoe u gemeente kan betrokke raak, gesels met Aneleh Fourie by [email protected] of 083 292 5358.

Gesamentlike MIV-verklaring van Vigstaakgroep in Wes-KaapDie Calvyns Protestante Kerk van Suid-Afrika, Nederduitse Gereformeerde Kerk (Wes-Kaap) en Verenigende Gereformeerde Kerk (Kaapland) wil, in die voetspore van Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Here, sy roeping en betrokkenheid t.o.v. die MIV-epidemie op ‘n priesterlike, koninklike en profetiese wyse vervul. In gehoorsaamheid aan ons Heer, die Hoof van die Kerk, sal ons Hom volg waar Hy ons ookal lei om verantwoordelik en met deernis op MIV en Vigs te reageer.1. Ons erken en bely:• dat ons, die kerk, die liggaam van Christus, ook met MIV leef;• dat onkunde, vooroordeel en ontkenning nog in baie lidmate se harte leef;• datonsniealtyddievernietigendeeffekwatdieMIV-epidemieoponsgemeenskappe,gemeentes,gesinneenlidmate

het, deur God se oë raaksien nie;• dat ons nie genoegsaam God se liefde teenoor mense wat met die werklikhede van MIV saamleef, uitleef nie.2. Ons wil liefde en deernis betoon aan alle mense wat met die werklikhede van MIV saamleef. Ons wil dit doen deur:• begeleiding en ondersteuning te bied aan elkeen wat hartseer en pyn beleef, veral ook aan almal wat deur die kerk en

breër samelewing verwerp of alleen gelaat is;• mites, diskoerse, verkeerde gesindhede en diskriminerende optrede binne ons gemeentes en gemeenskappe af te breek;• gemeentes plekke te maak waar almal welkom en geborge sal voel om vrylik, sonder vrees vir veroordeling, hulle

Christenskap uit te leef;3. Ons wil die verspreiding van MIV bekamp deur die bou van Bybelse morele waardes ten opsigte van seksuele gedrag.

Gevolglik:• roep ons almal op om mekaar binne hul verhoudinge te respekteer;• roep ons egpare op om getrou aan mekaar as lewensmaats te bly;• roep ons ouers op om hulle verantwoordelikheid ten opsigte van opvoeding oor verhoudings- en seksualiteit van hulle

kinders na te kom;• roep ons opvoerders op om in hulle omvattende opvoedingstaak, kinders en jongmense te wys op die waarde van ‘n

gesonde en morele lewenswyse;• roep ons almal op om veiliger en verantwoordelike seksuele praktyke te beoefen.4. Ons wil die omstandighede wat die vinnige verspreiding van die MIV infeksie aanwakker, teenwerk. Ons wil alles in ons

vermoë doen om:• die gesinslewe van ons lidmate, geskoei op Bybelse beginsels te versterk;• armoede, alkohol- en dwelmmisbruik te bekamp;• alle vorme van seksuele geweld en verkragting te veroordeel en ‘n kultuur waarin mense mekaar respekteer te help

skep;• korrekte en volledige inligting oor MIV beskikbaar te stel;• vrywillige toetsing vir MIV aan te moedig en geleenthede vir toetsing te fasiliteer;• groter bewusheid en sensitiwiteit te skep vir stigmatisering en veroordeling van mense met MIV en dit teen te werk;• mense aan te moedig om veiliger seks te beoefen.5. Ons verklaar dat ons in hierdie belangrike saak samewerking en vennootskappe met die owerheid en ander relevante

rolspelers soek en ondersteun.

7

8

datumlys

aflospredikante

n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

Kliek hier vir ʼn lys van aflospredikante.

pastorale beraders

Ons kry navrae vir Pastorale Beraders.

Indien u wel ‘n Pastorale Berader is, kan u asseblief vir my u kontakbesonderhede stuur. As u nie is nie, maar weet van iemand, stuur dan vir my die kontakbesonderhede en ek sal direk met hul kontak maak.

Ons wil graag ‘n databasis skep om sodoende ‘n addisionele diens te verskaf.

Stuur u besonderhede aan Natassja Marais [[email protected]].

Kliek hier vir ‘n lys van Pastorale Beraders.

vakaturesKlik hier vir Kerkbode se lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies.

Organisasie / Instansie Vakante pos SluitingsdatumNG Impalapark Musiekbegeleier 30 Junie 2019NG Lambton Voltydse leraarspos 30 Junie 2019NG Weenen Vaste-termyn leraarspos 31 Julie 2019

Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

9

brugpredikante Kliek hier vir ʼn lys van brugpredikante.

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van pro-duk-aanspreeklikheid, oortreding van die Outeursreg Wet 98 van 1978 soos gewysig, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 394 0891.

10