theewaterskloof gazette 15 jul 2014

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Year 4 • Tuesday 15 July 2014 | Tel. 028 214 1294 Napierdorpers rou oor susters ANNETTE THERON ORA LAUBSCHER WESLANDER-REDAKSIE Napier is in rou gedompel nadat twee susters van dié klein dorpie tragies verongeluk het. Ansie Keyter (79) is Donderdag 10 Julie op slag dood in ’n ongeluk op die R27 naby Langebaan aan die Wes- kus en Michilina van Dyk (83) later in die hospitaal. Hul suster Gladys van Dyk (76), van Stanford, is ook op slag dood. Gladys het die groen Subaru be- stuur waarin die susters na Lange- baan op pad was om by Michilina se dogter te gaan kuier. Volgens ’n fami- lielid word vermoed dat die son moontlik vir Gladys verblind het toe sy die R27, vanuit Langebaanweg se rigting, wou oorsteek na die Lange- baan-pad. Sy het voor ’n Metro-am- bulans, met twee insit- tendes, wat op pad was Kaap toe, ingery. Die Langebaan-poli- sie het bevestig dat die twee susters wat voor gesit het op slag dood is. Michilina is per ambu- lans na Weskus Life Pri- vaathospitaal op Vre- denburg geneem waar sy ’n paar uur later aan haar beserings oorlede is. Die twee insittendes van die ambulans, ’n man en ’n vrou, het ook albei ernstige beserings opgedoen. Dit kon nie bevestig word hoe dit met hulle gaan nie, maar volgens on- bevestigde inligting is hulle Donder- dagaand ontslaan. Die Langebaan-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Ansie en Michilina, wat onder- skeidelik in Huis Klippedrift self en in ’n eenheid in die woonkompleks langs die ouetehuis gewoon het, was saam met Gladys onderweg na Lan- gebaan waar hulle die tagtigste herdenking van Ansie se geboor- tedag op Langebaan saam met familielede sou gaan vier. In plaas van ’n heuglike Weskus-sa- mekoms, moet vrien- de en familielede van die susters tydens twee herinnerings- dienste, vandag (Dinsdag 15 Julie) op Stanford en môre (Woensdag 16 Julie) op Napier, van die susters afskeid neem. Hulle het dikwels saam gaan kuier en is deur ’n familie- lid beskryf as “sonskyntannies” wat enige kuier kon ophelder met hulle opgeruimde geselskap. Tannie Michilina, soos sy deur baie genoem is, was tot met haar dood ’n aktiewe lid van die “Napier-span” tydens byeenkomste van die Bredas- dorp VLV. Tydens die heel laaste byeenkoms van die VLV wat op 3 Junie vanjaar plaasgevind het, was sy op haar pos toe sy saam met mede-Napierdorpers as gasvrou opgetree het. Riaan Coetzer, bestuurder van Huis Klippedrift, sê tannie Ansie het ’n opbouende gees gehad, vol energie en penregop. “Waar sy ook al gekom het, het sy ’n blywende indruk gelaat. Sy gaan ’n groot leemte in Huis Klippedrift en Napier laat. Sy het altyd ’n oop en hel- pende hand vir haar medemens ge- had, nie net finansieel nie, maar ook fisiek en psigies.” Mbulelo Giba, provinsiale ver- keershoof op Caledon, betreur die voorval en sê een enkele ongeluk is ’n ongeluk te veel. Van links: Michilina van Dyk, Ansie Keyter, hul broer Japie Keyter (hy is die enigste een van hul twee broers en vyf susters wat nog leef) en Gladys van Dyk. Hulle was maar altyd so vol grappies, skryf ’n familielid. Die toneel waar die drie susters Donderdag tragies verongeluk het. .FOTO: HELEÉN MEISSENHEIMER

Upload: boland-gazette

Post on 01-Apr-2016

277 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 15 July 2014 | Tel. 028 214 1294

Napierdorpers rou oor sustersANNETTE THERONORA LAUBSCHERWESLANDER-REDAKSIE

Napier is in rou gedompel nadattwee susters van dié klein dorpietragies verongeluk het.

Ansie Keyter (79) is Donderdag 10Julie op slag dood in ’n ongeluk opdieR27nabyLangebaanaandieWes-kus en Michilina van Dyk (83) laterin die hospitaal. Hul suster Gladysvan Dyk (76), van Stanford, is ook opslag dood.Gladys het die groen Subaru be-stuur waarin die susters na Lange-baan op pad was om by Michilina sedogter tegaankuier.Volgens ’n fami-lielid word vermoed dat die sonmoontlik vir Gladys verblind het toesy die R27, vanuit Langebaanweg serigting, wou oorsteek na die Lange-baan-pad. Sy het voor ’n Metro-am-

bulans, met twee insit-tendes, wat op pad wasKaap toe, ingery.Die Langebaan-poli-sie het bevestig dat dietwee susters wat voorgesit het op slag dood is.Michilina is per ambu-lans naWeskusLife Pri-vaathospitaal op Vre-denburg geneem waarsy ’n paar uur later aanhaar beserings oorledeis. Die twee insittendesvan die ambulans, ’nman en ’n vrou, het ookalbei ernstige beseringsopgedoen. Dit kon niebevestig word hoe ditmet hulle gaan nie,maar volgens on-bevestigde inligting is hulle Donder-dagaand ontslaan.Die Langebaan-polisie ondersoek’n saak van strafbare manslag.

Ansie en Michilina, wat onder-skeidelik in Huis Klippedrift self enin ’n eenheid in die woonkomplekslangs die ouetehuis gewoon het, wassaam met Gladys onderweg na Lan-

gebaanwaarhulle dietagtigste herdenkingvan Ansie se geboor-tedag op Langebaansaam met familieledesou gaan vier.In plaas van ’nheuglike Weskus-sa-mekoms, moet vrien-de en familielede vandie susters tydenstwee herinnerings-dienste, vandag(Dinsdag 15 Julie) opStanford en môre(Woensdag 16 Julie)op Napier, van diesusters afskeid neem.Hulle het dikwels

saamgaankuierenisdeur ’n familie-lid beskryf as “sonskyntannies” watenige kuier kon ophelder met hulleopgeruimde geselskap.Tannie Michilina, soos sy deur

baiegenoemis,wastotmethaardood’n aktiewe lid van die “Napier-span”tydens byeenkomste van die Bredas-dorp VLV.Tydens die heel laaste byeenkomsvan die VLV wat op 3 Junie vanjaarplaasgevind het, was sy op haar postoesysaammetmede-Napierdorpersas gasvrou opgetree het.Riaan Coetzer, bestuurder vanHuisKlippedrift, sê tannieAnsie het’n opbouende gees gehad, vol energieen penregop.“Waar sy ook al gekom het, het sy’n blywende indruk gelaat. Sy gaan’ngroot leemte inHuisKlippedrift enNapier laat.Syhetaltyd ’noopenhel-pende hand vir haar medemens ge-had, nie net finansieel nie, maar ookfisiek en psigies.”Mbulelo Giba, provinsiale ver-keershoof op Caledon, betreur dievoorval en sê een enkele ongeluk is’n ongeluk te veel.

Van links: Michilina van Dyk, Ansie Keyter, hul broer Japie Keyter (hy isdie enigste een van hul twee broers en vyf susters wat nog leef) en Gladysvan Dyk. Hulle was maar altyd so vol grappies, skryf ’n familielid.

Die toneel waar die drie sustersDonderdag tragies verongelukhet. .FOTO: HELEÉN MEISSENHEIMER

Page 2: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 15 July 20142

Woensdag 23 Julie 2014

Plek: Area voor Caledon Toyota

(Prins Alfredweg 30, Caledon)

Van 5nm tot 9nm

Bring asb al julle klere wat julle nie

meer wil hê nie asook enige komberse

/ kussings / slaapsakke. Kontant

donasies ook welkom. Lede van die

Caledon Roundtable 185 sal daar wees

om dit by julle te ontvang.

Navrae:

Wynand Myburgh 071 605 8048 /

Friedel van Niekerk 082 944 4548

Are you ready to

be a hero?

Are you ready to

be a hero?

Winter Knights projek

van Caledon Roundtable

Winter Knights projek

van Caledon Roundtable

119150

ERRATUMFACILITATOR AND ASSESSOR:EARLY CHILDHOOD DEVELOPMENTCALEDON CAMPUSThe abovementioned position was recently advertised in thisnewspaper. Please note that the fixed-term contract period isas follows:

Fixed-term contract:21 July 2014 to 31 December 2015

Reference: HR/CAL/FAC/20/5R

19 Julie) Caledon-rugbyklubspeel ’nwegwedstrydteenStandards op Bredasdorp.

26 Julie) Caledon-rugbyklubspeel ’nwegwedstrydteenAshton.

1 Augustus) Caledon NG Moedergemeente hou basaar om17:00 in die Saadstoor agter Total La Boutique.

2 Augustus) FNB Classic Clashes – Swartberg Sekondêr vHawston Sekondêr.

) Caledon-rugbyklubspeel ’n tuiswedstrydteenKleinmond.

9 Augustus) ACVV Vrouedag met Lindie Strydom, kyk-NET-aanbieder van Geloof, Hoop en Liefde om15:00 in NG kerk Caledon-Wes. Tee, verversingsen uitstalling van plaaslike kuns en handwerk.Skakel Stephanie Visser vir navrae by082 921 4971.

15 & 16 Augustus) Swartberg Sekondêr hou karnaval op dieTWK-sportterrein. Navrae by die skool by028 212 1470.

30 Augustus) Heidehof Gholfdag. Navrae kan gerig wordaan Rika by 028 214 1755

Caledon Tafelronde 185 bied op Woensdag 23Julie hul Winternag-projek aan waar komber-se, kussings, klere, slaapsakke, asook dona-sies bymekaargemaak gaan word vir behoefti-ges. Lede van die Tafelronde sal vanaf 17:00tot 21:00 by Caledon Toyota enige skenkingsvan die publiek ontvang.

Caledon Tafelronde 185 is ’n organisasiesonder winsbejag wat projekte in en omCaledon aanbied. Donasies of enige artikelswat ingesamel word, word weer gebruik ominwoners van die gemeenskap se behoeftes tevervul. Enigiemand wat bewus is van ’n be-hoefte waarmee die Tafelronde kan help, kaninligting daaroor stuur na [email protected]. Vir navrae oor die Winternag-pro-jek kan Wynand Myburgh by 071 605 8048 ofFriedel van Niekerk by 082 944 4548 gebelword.

) Ilene Grant van Wimpy Caledon was diegelukkige wenner van ’n gebreide kombers in’n onlangse lootjietrekking wat deur HeidehofTehuis vir bejaardes gereël is as ’n geldinsa-melingspoging. Die bestuur van Heidehof be-dank almal vir hul ondersteuning.

TAKING TO THE SKY: Mike Myklebust from Tesselaarsdal sent us this photo of blue cranes takingoff in flight near Tesselaarsdal. Send us your photo that represents the people and landscapesof the Overberg and stand the chance to win amounted picture from Caledon Pharmacy. The resolutionmust be 300dpi and it must be sent to [email protected]. PHOTO: MIKE MYKLEBUST

BEKENDSTELLING: Uwe enDoreza Kersandt het op 24 Junie hul boekbekendstellingoor Boontjieskraal by die Caledon-biblioteek gehou. Plaaslike inwoners het diebekendstelling uiters goed ondersteun.

Kom doen die lyndans vir pretERIEKA ROUX

’n Nuwe gogga het die vrouensvan Botrivier gebyt – die lyn-dans-gogga! En as hy eers byt,dan los hy nie, want dis vet pret– of jou kop en jou voete nou wilsaamwerk of nie. As daar vroueis wat te lui is om te oefen en nieweet hoe om te dans nie en won-der waaroor die hele ding noueintlik gaan, kom lag saam, komskuifel saam en kom swaai daaiheupe. Julle is almal welkom.Selfs al wil julle net kyk. Vir na-vrae, skakel Thea Swanepoel ge-rus by 083 531 6108.

Die koste is R100 per maand vireen les per week en klasse word ge-hou in die Botrivier Hotel se dans-saal elke Woensdag van 09:00 tot10:00.

Die groep lyn-dansers is Isabelvan Niekerk, Be-ryl Armstrong,Elizabeth Cox,Matilda Keller-man, TrunaOdendal, Celiavan Blerk, AvrilYoung, SheedaNairn, MathildaSwarts, TheaSwanepoel en,voor, gehurk,Linda Southey,Garetha Hane-kom en ChristaVisser. FOTO:ERIEKA ROUX

WOEKER VIR KONFERENSIE: Die Caledon VLV bied volgende jaar die Over-berg Sirkelkonferensie aan en die vroue is kliphard besig om met hultalente te woeker om geld in te samel vir die geleentheid. Retha Skein,die voorsitter, het reeds 25 dosyn koeksisters gebak met geskenkte be-standdele en op 3 Julie het die vroue meer as 400 jaffels gebak enverkoop. Caledon VLV wil almal bedank vir hul ondersteuning met hierdiewoekerpogings. Hier is Margot Hanekom en Haneli Kitshoff besig om jaffelste maak. FOTO: YVONNE PRETORIUS

Page 3: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 15 July 2014 3

5MONTHSUBSCRIPTION*to with your purchase of

IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK CALEDONGEHOU TE CALEDON

SAAKNOMMER: 887/14In die saak tussen

MCJ & HJ MACDONALD Eisersand

D & A GROENEWALD Verweerders

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

GELIEWE KENNIS TE NEEM DAT die onderstaande itemsvoetstoots en kontant aan die hoogste bieër per openbareveiling verkoop sal word by die BALJU PAKHUIS,MEULSTRAAT 18, CALEDON, op DONDERDAG, 24 Julie2014 om18H00naamlik:

1 xHout “Wallunit”

1 x L.GExpressCoolYskas

1 xDefyAutodry

1 xFrigidaireYskas

1 xRekenaartafel

1 xMecerRekenaarskerm+Box+Keyboard

1 xCanonPrinter

1 x LGMikrogolfoond

1 xSwart sitkamerstel (2 xEnkel, 1 xDubbel)1 xRinexTV

Geen tjeks sal aanvaar word nie. Besigtiging op

dag van veiling.

PJ RUST PROKUREURSProkureur namens die Eiser(Verw.: PJ RUST/hl/M63)Meulstraat 6 CALEDON

Nearly raped at stop-and-goJANINE VAN DER RIETAND ANNETTE THERON

A woman doing duty at a stop-and-go pointat theroadworksprojectontheR320Hemel-en-AardeRoad betweenHermanus andCal-edon, was attacked and almost raped onSunday 6 July at around 10:00.

Thewomanwasondutyaloneat the stop-and-go station near the farm Spookfontein, whenshe saw a man standing in the little office sta-tioned next to the stop-and-go area.According to Lieutenant Fadila September,

spokesperson for theHermanuspolice, themangrabbed the woman and started to rip all herclothes off.“He was about to rape her, when a vehicle

stopped and he ran away.”The woman was taken to the police station

and also received trauma counselling.

The suspect had a cream-coloured jacket andlight-coloured pants and a cap on.A case of attempted rape has been opened at

the Hermanus police station.No arrests have beenmade at this stage.War-

rant Officer Edward Abels can be contacted on028 313 7000 with information.The contract manager, Kenwyn Street from

BrinkandHeath, saidonMonday theyhad feed-back from everybody on site. “She (the victim)hasgone forcounsellingand it isaveryunfortu-nate incident.”Street says thereareusually twoworkers positioned at the stop-and-go, and onthis given day the one worker did not show upfor work, “but this has been addressed and infuture there will always be two workers on du-ty”.Street added that everything is still on track

for the completion date of May 2015. Brink andHeathwas awarded the 15-month contract afterVusela was placed under liquidation.

A woman working at the stop-and-go system on the R320 near the farm Spookfontein was almost rapedon Sunday 6 July.

Waarskuwing aan misdadigersANNETTE THERON

Vier ongelisensieerdevuurwapens, sesgelisen-sieerde vuurwapens enmeer as 2 500 rondes am-munisie was onder dieitems waarop die polisieverlede Dinsdag op ’nplaas buite Genadendalbeslag gelê het.Lede van die polisie se

misdaadintelligensie-eenheid, die Valke (diepolisie se prioriteitsmis-daad-eenheid), Herma-nus-honde-eenheid, ’nKaapse polisietaakmagen die plaaslike polisiehet op 8 Julie om 07:30 opdie plaas Paardevalleitoegeslaan. Volgenskapt. Gustav Tamboer,stasiebevelvoerder vandie Genadendal-polisie,is ’n ondersoek na dieplaas al sedert verledejaar onderweg.“Ons het inligting ontvang vanaf die ge-

meenskapoor onwettige bedrywighede opdieplaas. Ons het gewag om genoeg inligting tebekom ten einde ’n lasbrief uit te reik en so-doende die Valke te betrek by die operasie.”Afgesien van die wapens en ammunisie, is

daar ook beslag gelê op twee ongeslypte dia-mante en ’n klein sakkie dagga.Vier mense wat in hegtenis geneem is het

Woensdag 9 Julie in die Caledon-hof verskynopaanklagtevandiebesit vanongelisensieer-devuurwapensenammunisieendiebesitvan

dagga en ongeslypte dia-mante. Diemans is op borg-tog vrygelaat en die saakword steeds ondersoek.“As gevolg van die sensi-

tiwiteit van die inligting, isdie hulp van die Valke enmisdaadintelligensie-een-heid ingeroep,” sê Tam-boer. “Ons sou nie hierdiesukses sonder die hulp vanhierdie rolspelers behaalhet nie.”Hy bedank die lede van

die ander polisie-eenhedevirhul bereidwilligheidomself die operasie te inisieer.“Nadat ons die inligtingaanhulledeurgegeehet,hethulle al die beplanning ge-doen na gelang van die in-ligting wat ons verskafhet.”Tamboer is dankbaar vir

die gemeenskap wat so ge-trou hul samewerking geedeur inligting deur te gee

aan die polisie, nie net wat dié voorval betrefnie, maar ook in die algemeen. “Dis vir myduidelik dat die gemeenskap sterk gekant isteen onwettige handel in drank en dwelms enverlang dat die polisie daadwerklik moet op-tree teen hierdie onwettige dwelm- en drank-handel.“Ek is diep dankbaar vir die gemeenskap,

want saam kan ons ’n verskil maak.”Tamboer sê meer soortgelyke operasies

gaan uitgevoer word. “Dit is ’n vriendelikewaarskuwing aan drank- en dwelmhande-laars.”

Hier is van die items waarop die polisiebeslag gelê het.

Dagga seized,homeownerarrestedOnFriday27Junepolice fromtheCale-don cluster held an operation in Ge-nadendal duringwhich a “drughouse”was raided in Riemvasmaak, Greyton.Capt. Gustav Tamboer, station com-mander of Genadendal, said a total of420 g of dagga was confiscated, whichincluded two parcels of dagga and 31dagga joints. The owner of the house,a 36-year-oldman,was arrested andap-peared in the Caledon Magistrate’sCourt on Monday 30 June.Tamboer warned drug and liquor

dealers that more of these operationswill follow. “The broader communityof Genadendal is fed up with illegaldrug and liquor dealing and wants ac-tion from the police.”Tamboer thanked the other stations

in the cluster for their assistance andurges the community not to hesitate tophone him about any illegal activities.

Woon vergaderingteen misdaad byKapt. Gerrit Botes, woordvoerder vandie Caledon-polisie, sê die aanmeldingvan misdaad in Caledon en omgewinghet afgeneem, maar misdade soos aan-randings en gesinsgeweld bly kommer-wekkend hoog.“As jy ’n slagoffer van gesinsgeweld

is, kom meld dit aan by ons kantoor.”Hy het die wens uitgespreek dat mensemoet waak teen oormatige drankmis-bruik, omdat dit ’n groot faktor is in ge-sinsgeweld en aanrandings.Op 22 Julie word daar ’n vergadering

gehou in die Kromco-saal in Botrivier.Organisasies en die breë publiek wordversoek omasseblief die vergadering bytewoonomdat ’n sub-forumvir dieCale-don-gemeenskapspolisiëringsforumdaardie aand gestig gaan word.

Page 4: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 15 July 20144

HEAD START: On Tuesday 8 July wardens from the Department of Correctional Services in Caledoncleaned their offices and the entrance to the facility as a build-up to Madiba Day. Watch a videoon www.bolandgazette.co.za by clicking on Video Galleries. PHOTO: ANNETTE THERON

Die WoordDie Woordis ons wapenis ons wapenVir die volgende paar weke gaan ek praat oordie geestelike wapens wat God vir Sy kindersgegee het om te gebruik. Vandag praat ons oordie Woord as wapen.In Matt. 4:4 sê Jesus dat die mens nie van

brood alleen sal lewe nie,maar van elkewoordwat uit die mond van God uitgaan. Dikwels,in my eie lewe, het ek gesien hoe hierdie Skrifin vervulling komwanneer ek die Swaard vandie Gees aanwend. God beloof in Jes. 55:11 datas Hy SyWoord uitstuur, sal dit nie leeg terug-keer nie. DieWoord is baie kragtig enwanneergelowiges dit reg gebruik sal hulle die goeievrugte daarvan pluk. Die Bybel leer ons datGod se Woord soos ’n tweesnydende swaard isen terselfdertyd is dit ook soos saad.Ons kan dieWoord gebruik ommense inner-

lik en fisies te genees en ons kan dit gebruikomdievyand(Duiwel)opsyplek tesitwanneerhy ons aanval. Die tweesnydende swaard kandusgenees, troosenbemoedig,maarterselfder-tydookdiewerkvanSatanvernietig.OnsmoetdieWoord ken sodat ons dit tot die maksimumkan aanwend. Ons moet dus weet wat sê dieWoordoorgesondheid,oorvoorsiening,oorbe-skerming ensovoorts. ’n Soldaatwat nie sywa-pen ken nie, kan maklik oorwin word.Spreuke 18:21 sê “dood en lewe is in die mag

van die tong, en dit wat jy graag gebruik, saljy die vrugte van pluk.”Wanneer ek dus God’sWoordinalleomstandighedeingeloofgebruik,sal ek ’n lewe van oorwinning leef. God sê inJer.1:12 Hy is wakker oor Sy Woord om dit invervulling te bring – dus moet ons Sy Woordas wapen daagliks aanwend sodat dit met onsgoed kan gaan.Seënwense.PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Please helpPlease helpOverberg petsOverberg petsRAD (Rescued Animal Drive) wouldlike to help Jenny Gird from OverbergPet Care Society.Sherescuesneglectedandabusedani-

mals from Bot River and Villiersdorpand finds them new homes.At present her animals do not get a

lot of sunandexercisedue to the facilitywhere they are being cared for.RAD is going to change that and ur-

gently needs the support of the Over-berg community.They are going to put up two camps

where the animals can run and playfreely and spend some time relaxing inthe sun.This is RAD’s Mandela Day project

and they are in need of 67 m of fencing,which costs R167 per metre.They are asking the community to

stand together and donate a metre ortwo.Everymetrewill helpRADtoget clos-

er to those 67 metres.Banking details:Rescued Animal DriveStandard Bank: 072476478Branch: 033012Cheque AccountRef: “Mandela” and your namePlease contact Helene Strydom via

email at [email protected] orphone 073 354 4915 for more informa-tion regarding this project.Reades are also welcome to phone if

they would like to become involved inany way.

Wees polisiese oë en oreDit is altyd gerusstellend om te sien die polisieontvang darem nogwaardevolle inligting van-uit die gemeenskap.Opmerkings wat ’n mens dikwels vanuit in-

woners se geledere hoor oormensewat te bangis om met die polisie te praat, of dink dat ditnie die moeite werd is om ’n saak te maak ofte getuig in die hof nie, wil die indruk skep datSuid-Afrikaners apaties geword het oor mis-daadbekamping, of moedeloos dat niks meerhelp nie.MaarkommentaarsoosdiévandieGenaden-

dal-polisie vandeesweek is ’n aanduiding datmense beslis nog omgee.Dit is wonderlike nuus, want kan mens jou

indink hoe dinge sal verval as niémand meerdie polisie se oë en ore wil wees nie?Die behoud van ons gemeenskappe sal altyd

dié mense wees wat sterk staan waar dissipli-ne, respek en eerbaarheid min is; mense wiesegewetenoghardgenoegpraatomiets tedoenin plaas daarvan om terug te sit en te hoop ie-mand anders sal dit hul probleem maak.Daarsonder gee ons misdadigers eenvoudig

carte blanche om met ons en ons eiendom temaak nes hulle wil.Dan sal ons in onomkeerbare moeilikheid

wees.Dankie, dus, aan elke mede-inwoner wat die

tyd afstaan en moeite doen om die polisie seoë en ore te wees in die donker hoekies waarmisdadigers gewoonlik hou.

Die skermutseling met die streepmuise duur voortDie punt is nou bereikwaar ek die handskoe-ne begin uittrek in my voortslepende grens-oorlog met die veldmuise. Ek weet hulle waseerste hier, maar ek dink steeds vreedsamenaasbestaan is haalbaar.Tot dusver het ek voorbeeldige selfbeheer-

singuitgeoefenen ’nbeskaafde strydprobeervoer, eerstens op ekologiese vlak (deur mygrondgebied onaantreklik vir hulle te hou enniks eetbaars te laat rondlê nie), gerugsteunmet biologiese beheer (deur hulle met ’nvreesaanjaende voorwerp te jaag, katswinkte slaan en dan aan die stert by die agterdeuruit te gooi). My suksesse is beperk en doenek gewis meer skade aan my karma as aanhulle.Flussies lees ek predatore is uiters belang-

rik vir spesie-oorlewing enbiodiversiteit. Asek dus steeds jag maak op streepmuise is diteintlik vir hulle eie welsyn en voortbestaan.Omdat dienatuurlikeuitdunners (slange, ui-le) se getalle aan die kwyn is en al die stadige

en onversigtige muise nie na behore uitge-roeiwordnie,moes ekeenvoudig self ingryp.Voordatekegterhierdieheiligepliguitoefen,wil ekdiemuise ’n laastekansieop ’nnatuur-like oplossing gun.Op navraag vertel vriend Piet Walvis my

hoe om ’n uilskuiling te bou: enige reghoeki-ge “tonnel” sowat 75 cm diep en 30 cm hoog,op of teen ’n stewige voorwerp (dak of tak)geheg en effens huislik gemaak met denne-naalde op die vloer. Daar is glo grootwoning-nood vir uile en die kans glo goed dat ek so’n paar kan aanlok. As ek so deur die buurtry, hol die streepmuise voortdurend oor diepad; daar’s beslis ’n skaflike heenkome virenige uil.Slange is ’n ander moontlikheid, maar dis

veral addersoortewatmuise vang, en ek voel’neffensehuiweringoorhullebuurmanskap;ek het al gesien wat ’n bergaddertjie aan ’nmens kan doen, en dis nie mooi nie. Daar isook ’n klein, dog lewendige bevolking vler-

muise bokant my rietplafon, maar ek hoopenvertrouenigeinwonendeuilesalmethullesupersoniese bure oor die weg kom.Vanbiologiese beheer gepraat: as jongman

was ekeenkeer inEngelandby ’nbyeenkomsvan historiese motorfietse. Na so ’n effenserondrit is daar pryse uitgedeel, waarvan eenvir die oudste masjien. Die pryswenner was’n stokou oompie wat aangery gekom het op’nsoort trapfietsmet ’naangeboudeenjintjie.Hyhetdiebrieklose,koppelaarlosetoestel totstilstand gebring deur dit regop in ’n heiningvas te ry en bloot daarvan af te val.“Where did you find this bike?” wou ek

weet. “Bought it new in 1908,” sê die oompie.’nAnderouvriend, “Kaptein”Jack,heton-

langs vir hom ook so ’n enjintjie vir sy trap-fiets gekoop, hoofsaaklik omdat sy Chineseelektriese tweewieler so vrotsig is.Die gevolg is ’n netjiese, ratse trapfietsmet

hulpaandrywing, waarvan die brandstofver-bruikglovergelykbaarmetdiévan’nsigaret-

aansteker is.Beslis ’n voertuig vir ons onvermydelik

energie-arme toekoms en tegelyktydig ietsvir oog, veral wanneer die Kaptein met syvlieghelm, serp en fladderende baard sy Vic-toriaanse toestel die hoofstraat afstuur.– [email protected]

RubriekRubriek

Radio Overberg –jou stem in die OverbergMet die koue van die afge-lope week het ons ookdeurgeloop by die radio-stasie.Die griepvirus het ons

personeel en van ons om-roepers platgetrek, en as-of dit nie genoeg isnie, hetons die hele week ook ge-sukkel met ons SMS-lyn.Ons wil regtig al ons luis-teraars bedank vir hullegeduld.Ons is besig om stadig

maar seker al hierdie teg-niese probleme uit te sor-teer.Elke Woensdagaand

biedEttienneKrielvirons ’nsplinternuwepro-gram, “Geraas” aan.Dit is rock-musiek uit die boonste rakke, en

is vanaf 09:00 tot 11:00.

Petro Voges is ookWoensdae voor die mikro-foonmet “Ek en Jy” en Pe-tro het elke week ’n nuweonderwerp wat sy be-spreek. Maak tyd in joudagboek hiervoor; dit isvan 11:00 tot 13:00.SharonBrinkendieMu-

sic Man speel elke Woens-dag van 16:00 tot 17:00Afri-kaanse treffers, en hulle iselke middag op hulle posmet “Pitkos vir Padkos”.Elke Maandag, Woensdagen Vrydag word die pro-gram nou trots geborgdeur Wimpy Caledon en

Bredasdorp.As jy jou besigheid wil adverteer op Radio

Overberg, skakel gerus vir Marne of Madelynby 028 424 2877. Ons hoor graag van jou.

Page 5: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 15 July 2014 5

IN DIE LANDDROSHOF VIR DIE DISTRIK VANCALEDONGEHOU TE CALEDON

SAAKNOMMER: 1171/13

In die saak tussen:

WK HOUERS BK REG NR 98/63067/23(Eksekusieskuldeiser)EnFANUS LE ROUX t/a CAPE STEELCONSTRUCTIONS (Eksekusieskuldenaar)

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPINGVAN ROERENDE EIENDOM

TEN UITVOERLEGGING van ‘n vonnis van dieLanddros, CALEDON gedateer 29 November 2013 salondervermelde goedere om 16:00 op 24 JULIE 2014per publieke veiling te DIE BALJU PAKHUIS,MEULSTRAAT 18 deur die BALJU vir die Landdroshofvan CALEDON aan die hoogste bieër vir kontantverkoop word, naamlik:1 x Groot Sweismasjien1 x Disk Cutter op Staander (Grys van Kleur)1 x Bandsaag “Way Train” 9 x 161 x Rolux Kragopwekker1 x Blou Kompressor “Groot DVE”1 x Blou 50Lt Kompressor1 x ARC Welding Generator “Groen” Elin”1 x Boormasjien “Press Drill” “Aktiebolagst”1 x Staan Drill Press1 x ARC Welding Generator1 x ESAB A10 Sweismasjien met Kabels1 x Staal Knipper1 x Black & Decker “Press Drill”1 x Honda “G x 160” Enjin1x Geel Elektriese “Blok & Tacle”1 x Staal “Esil”1 x Polonie Snyer4 x Oranje Klampe3 x Lere1 x Boomsaag11 x Kratte met verskeidenheid gereedskap

EISER SE PROKUREURS

Bosman Smit Pretorius IngKerkstraat 1CALEDON , 7230Tel. 028-212 1108 Docex: 2Verw: RH Lêernr: W00331

Centre refurbishedANNETTE THERON

The Botrivier Advice and De-velopment Centre (BADC) hashad a facelift, says Peter Sin-clair, manager of the facility.

The facelift included a much-needed upgrading of the centre’soffices and the painting of the halland kitchen.“One of our major functions is

to look at labour-related issues.We handle anything from unfairdismissals to pension fund que-ries.”Sinclairisproudtoaddthat80%

of cases are resolved in the officeand the remainder are referred tothe relevant authority. “We be-lieve our record is good.”BADCalsohas a crèche facility,

Kammaland, with eight qualifiedpractitioners taking care of thechildren. Other than babies andtoddlers, the three- to four- andfour- to five-year-old toddlers areprepared for Grade R at the EarlyChildhood Development(ECD) fa-cility. There are around 143 chil-dren at the moment. At R120 amonth, including a cooked mealdaily, the centre takes good careof the children. The Departmentof Social Development (DSD)funds the ECD facility, which isopen from 07:00 until 17:00 Mon-day to Friday.The Groeneweide Seniors Club

alsouses the facility twice aweek.Other service providers that

utilise the centre are the Depart-ment of Home Affairs for identitydocuments and birth certificates;Legal Aid for divorcematters andother legal issues that BADC can-not assist with. Social workers al-sovisit the centre twiceaweek forinterviews and home visitations.A feeding scheme, run in con-

junction with the clinic and DSD,also operates five days a weekfrom the kitchen.The Botrivier Education Foun-

dation, a mentoring programmefor promising secondary schoollearners, is housed at the centre.Sinclair says the upgraded

Kromco hall is available for thecommunity to utilise forweddings, birthdays, conferencesand so on.The cost of renting this facility

is a mere R250 per event per day.“We offer a one-stop facility for

the community. What we cannotdeal with will be steered in theright direction for a successfulconclusion at the correct source.Weare a community-basedorgan-isation, here to assist the commu-nity wherever and whenever pos-sible”. For further queries or tomake bookings, contact them at028 284 9749 or [email protected] Sinclair can be contactedtelephonically on 073 133 7817 orat [email protected].

Henry releases bookANNETTE THERON

It just so happens that Henry Hol-loway is celebrating his eightiethbirthday today. Henry’s autobiog-raphy Swing, Sing and All thatJazz (the same as his ongoing ra-dio series on Fine Music Radio)will also be published in Americain August, and then worldwide.Holloway, who lives with his

wifeMarilyn in Caledon, is the on-ly South African and one of justtwo non-Americans in history, tohavebeenawarded theprestigiousAmerican trophy the GoldenBandstand Award.Other awardees include the

likes of Frank Sinatra, GlennMill-er, Benny Goodman and 50 otherAmerican music legends.Holloway is also the first non-

American to be theGrand Marshall atthe Glenn MillerBirthplace Socie-ty’s annual GMBSFestival in Clarin-da, Iowa. Hollowayalso holds theworld record forthe longest radioseries on any onemusician or or-chestra ever, withhis Miller Magic,which in May thisyear had been run-ning for 115 weeks.There can be few

music broadcast-ers inworldhistorywho can equal orsurpassHolloway’s40 years of devis-ing, researching,compiling, script-ing and presentinglight music radioprogrammes on theair.He did this for 21

years at the SABC,and now he standsat 19 years unbro-ken with Fine Mu-sic Radio, since thevery beginning ofFMR.

Henry Holloway with the manuscript ofhis autobiography, Swing, Sing and Allthat Jazz. PHOTO: ANNETTE THERON

Sektorhoof groet OverbergORA LAUBSCHER

OpDonderdagoggend 26Juniehet verteenwoordigers van aldie polisiestasies wat deel uit-maak van die Hermanus-klus-ter saamgetrek by die Bredas-dorp-gholfklubsaal om op ’ngesellige en gepaste wyse af-skeid te neem van brigadierPhumzile Vincent Cetyana,hulle klusterhoof van bykanssewe jaar. Cetyana is vanafHermanusnaOudtshoornver-plaas, waar hy ook as sektor-hoof sal diensdoen.Cetyana isin 2007 as stasiebevelvoerderna Hermanus oorgeplaas van-af Khayelitsha in Kaapstad,waarhyvir bykans twee deka-des ondermeer as stasiebevel-voerder diens gedoen het. Hy

hetverteldatdie“skuif”vanaf’n oorwegend Xhosa-spreken-de stedelike gebied na dieOverbergse platteland, waarhy met gevestigde swart, witen kleurling-gemeenskappesou moes saamwerk, vir homaanvanklik ’n geweldige uit-dagingwas.Cetyana,watna ’njaar op Hermanus tot sektor-hoof van die Hermanus-klus-ter bevorder is, het sy dank enwaardering uitgespreek teen-oor beide die lede van dieSAPDHermanus en die leiers-figure en lede van die verskil-lende gemeenskappe in en omHermanus.Onder sy leiding isverskeie plofbare situasieswat in die streek kop uitge-steekhetsuksesvoldiehoofge-bied.

Ao. Julia de Bruin (Struisbaai), ao. Jaco van Wyk (Kleinmond), LuycilleMangiagalli (Gansbaai), ao. Jacobus van Rensburg (Napier), brig. Phumzi-le Vincent Cetyana, lt.-kol. Moshi (Gansbaai), lt.-kol. Francois de Wet(Hermanus), lt. LuyoloWisemanSindisa (kapelaan), Robert Crowther (GPF,Kleinmond) lt.-kol. Mare Louw (Bredasdorp-bevelvoerder).

Besoek ons webwerf: www.bolandgazette.co.za

Page 6: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof Gazette News - Nuus Tuesday 15 July 20146

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

BEGRAFNIS-

DIENSTE

1025

DOVES-Begrafnisdien-ste/Funeral Services.Giving comfort. Takingcare. Caledon: 18 Pleinstr;028 212 3054. 09 Argonst,Hermanus Business Park,028 313 1741. Kleinmond:27 Main Rd, 028 271 4971.Gansbaai: 61 Main Rd, 028384 3344. Bredasdorp:Overberg Sentrum shop12, 087 630 2011.

GELUKWENSINGS

1030

RAAI WIE'S 1?NAYDEN SHAWN DEKLERK 16.07.2014Gister was jy nog onsbaba, maar vandag is jyons grootseun. Baie gelukmet jou 1ste verjaarsdag.Mag God jou ryklik seën enjou nog baie jare vir onsspaar. Liefde Mammie,Daddy, Mamma, Pappa,Ouma, Rolene, Oupa Hek-kie, familie & vriende.

PERSOONLIKE

DIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

SPRINGKASTELE tehuur. Skakel Virginia 082321 4395.

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

GABBIANO RESTAU-RANT CALEDON. Confe-rence room 16-20 peoplefor birthdays/meetingsetc. Phone 028 212 3671for more information.

PADSTAL/RESTAU-RANT,DASSIESFON-TEIN: Vir etes, funksiesen vele meer! Skakel 028214 1475.

KRUIEKENNER

1435

REGSDIENSTE

1440

FINCK PROKUREURSCALEDON. Skakel gerusRonnie Finck by 073 4950998/028 212 1030 om 'nkonsultasie te reël. Onsbeskerm u belange.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

BINNE BRAAI R1000; 2Enkelbed kopstukke R200;Enkelbed base R150; Les-senaar R300; SpieëlkasR250; Gesigbak R60; BadR250; Deur R100.Skakel072 466 6900.

GESOEK OM

TE KOOP

1675

ONS KOOP ENIGE IETSVAN WAARDE VIRKONTANT. Meubels,kombuisware, elektriesetoebehore, rekenaars, lap-tops, goud, hi-fi's, CD's,DVD's, TV games, sporttoerusting, boumateriaal,deure & deurrame, ven-sterrame vir kontant! Ska-kel 083 413 9775.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

TE HUUR

1820

KRAGGEREEDSKAP. Virdie huur van hoëdruk-spuite en kraggereedskap.Skakel Gabriël van derMerwe by Overberg Diens-sentrum 083 551 5406 alleure.

EIENDOMME

TE HUUR

3205

GROOT WENDY geskikvir winkel. Tweede faseBotrivier. Alles beskikbaar.Skakel 073 464 3394.

WOONHUIS (HOP)tweede fase Botrivier tehuur. Skakel 073 464 3394.

KANTORE

3290

300M2 OFFICES to let inHaw Street, Caledon . Con-tact Xpert Property Adminat 082 870 5704.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

GROEN

DIENSTE

4605

CALEDON KEYS &LOCKS. Ons sluit die wegvir u oop. Skakel 028 2121775/082 969 0975.

Page 7: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof GazetteNews - NuusDinsdag 15 Julie 2014 7

Towdah Ministries vier 20ste jaarERIEKA ROUX

RSA vier vanjaar sy twintigstejaar van demokrasie en Tow-dah Ministries van Caledonvier vanjaar ook sy twintigstebestaansjaar. Dit is luisterrykgevier opSondag6Julie tydens’n diens op Caledon, wat byge-woon is deur mense van soveras Genadendal, Kleinmond,Greyton en selfs Kaapstad.

Feesgangers is verwelkom metdie woorde “Is Hy nie Wonder-baar” maar ook met die bekendeliedjie “Welcome to Towdah comejoin the party”, maar dit was ’npartytjie van ’n ander aard met ’nChristusfees as tema.

Die diens is waargeneem deurPastoor Andre Rhode van die Bap-tiste Kerk in Kuilsrivier. Hy is diebroer van past.George Rhode vanTowdah Ministries op Caledon,wat in 1994 saam met sy eggenoteMarina die gemeente begin het.Hulle het die behoefte gesien virgemeenskapsopheffing en geeste-like herlewing.

Deur die jare is hier-die doelwitte bereik enverder uitgebrei deurmiddel van liefdadig-heidsaksies van ondermeer die uitdeel vankos, klere en huishoude-like artikels. Ten spytevan verskeie aanslaevan buite teen die kerken sy volgelinge, het diegemeente steeds staan-de gebly en kon hulle ’ngebou in die dorp, watvoorheen ’n kroeg was,bekom en omskep in ’ngeskikte kerkgebou. Ty-dens Sondag se diens hetRhode hulde gebringaan verskeie personewat ’n leidende rol ge-speel het in die voortbestaan vandie kerk en steeds speel en ’n hel-pende hand uitgesteek het.

Een van hulle is voormaligeburgemeester Dawie Abrahams,wat ook by die diens teenwoordigwas. Volgens Rhode is Towdah seleuse ’n helpende hand vir die be-hoeftiges en hulpeloses. Towdah

het hande gevat met verskeie an-der kerke, besighede en nie-rege-ringsorganisasies, en die plaasli-ke regering om moontlike trans-formasie te bewerkstel-lig.Verskeie ander vriende vandie gemeente was ook teenwoor-dig.

Past. Andre Rhode het in sy

boodskap daarop gewysdat mense vandag nie ’nhartoorplanting benodignie, maar ’n hoof-oorplan-ting om hul gesindheid teverander. Hy het verwysnadiekerksestigtingtwin-tig jaar gelede en dat diekerk nie sou kan voortbe-staan sonder die Here seleiding nie.

Kenmerkend van die ge-leentheid was dat daar nienet voedsel vir die siel wasnie, maar ook vir die lig-gaam toe ’n heerlike bordkos voorgesit is. Vir vierhaweloses was dit ook ’nspesiale dag - nie net is hul-le met ope arms ontvang bydie diens nie - maar het hul-

leooksaammetaldieanderbesoe-kers ’n heerlike bord kos geniet,waarskynlik die eerste in baiemaande.

Towdah Ministries se kerkge-bou is aan die onderkant van Nu-westraat en mense wat belangstelkan Past George Rhode bel by072 442 0491 vir navrae.

Die feesdiens van Towdah Ministries is verlede Sondag inCaledon gehou deur past. Andre Rhode van die BaptisteKerk in Kuilsrivier. Van links is Andre Rhode, senior Chief,George Rhode, Raymond Josephs, Paramount Chief en syseun Mark Josephs, Chief van die Overberg Khoi-san King-dom en Dawie en Cecilia Abrahams. FOTO: ERIEKA ROUX

Page 8: Theewaterskloof gazette 15 jul 2014

Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 15 Julie 2014 | Tel. 028 214 1294

Tip of Africa bied topruiter- en familiedagSaterdag 26 Ju-lie is dit tyd virdie FEI Drie-ster/ERASATip of AfricaPerde-uithou-rit by MegaPark, Bredas-dorp. In ven-nootskap metdie Agri MegaGroep en WP-unie, bied diederde jaarlikseTip of Africauithourit diegeleentheid virfamilie envriende omsaam te ont-span, terwylhul liefde virdiere en perde uitgeleef kanword.

Wêreldklas-ruiters van sover as Engeland en Namibiëhet reeds ingeskryfmet ’npaarSpringbok-ruiters, wat Suid-Afrika se naam hoog sal hou.Perdesport-liefhebbers kanuitsien na ’n uitstekende me-dedingende rit en sportman-gees, wanneer die ruiters hulbeste gee oor 40 km, 80 km,120 kmof160 km,metdiebegineneinde telkensbyMegaPark.Die2014FEIDrie-ster/ERA-

SA geakkrediteerde Tip of Af-rica-uithourit sal ruiters deurdie skilderagtige Overbergneemmet sy pragtige, golwen-de lappieskombers van groenen geel koring- en canola-veld-landskappe, en weer terug naMega Park.’nOpwindendedag, vol pret,

wag op die hele gesin met ’n

binnenshuiseplaaswerf,mini-atuur-perde, donkies enperde-ras-uitstallings. Dit alles wordgekombineer met ’n binnens-huisearena,waarperd-aktiwi-teiteenponierittevirdieklein-tjies sal plaasvind. ’n Orkes envermaak, ’n opgewekte boere-mark en kos- en wyntuin metrugby op die groot skerm, salpret vir die hele dag verseker.Daar sal ruiters se aktiwitei-

te wees asook ’n versorgings-eenheidvir 200perde en ’nvee-artsgebied met drafbane. Ditalles binne die 6 000 m² BKBbinnenshuise fasiliteit enallesgratis vir die publiek.Binnenshuise pawiljoene,

piekniekbankies en sitplekkesal toeskouers en besoekersverwelkom.Hier kan deelgeneem word

aandie perdepret enaktiwitei-te, terwyl heerlike espresso enpannekoeke saam met goeie

kos en plaaslike streekswynegenietkanword.Komvroegengeniet ’n heerlike boere-ont-byt, terwyl u perde en ruitersbekyk wat voorberei vir dieveeartskontrole.Omkring Saterdag 26 Julie,

van vroegoggend tot laatmid-dag (ongeveer 17:00) en maakseker die hele gesin komneemdeel aan ’n familiedag saammet top-ruiters en -perde indieMega Park-sentrum.Word deel van die 2014 FEI-

drie-ster/ ERASA Tip of Afri-ca-uithourit en word deel van’nware landelike familie-erva-ring in die Overberg.Aanlyn-inskrywings word

gedoen by www.xrc.co.za.Ruiternavrae: Noami Mül-

ler by 082 783 1802 of [email protected] en uitstalnavrae:

Esther Möller: 028 424 2890 [email protected]

Op Saterdag 27 Julie is dit weer tyd vir die Tip of Africa Perde-uithourit by Mega Park.

School gets mountain bikesDe Rust Futura School inGrabouw recently receiveda donation of 22 mountainbikes fromtheorganisersofthe much loved FNBWines2Whales (W2W)Mountain Bike (MTB)Events and thePedal PowerAssociation (PPA).“We are truly grateful for

the stunning donation,”says Wandred Theunis,principal of De Rust FuturaSchool. “The learners thatwill receive a mountainbike were chosen based onacademic achievementsand sporting interests. Wehope thiswill serveasan in-centive for all our learners.Regular inspection of thebikes will be conducted. If

at any point we feel that abicycle is not being lookedafter, it will be confiscatedandhandedtoa learner thatdeserves it. I started moun-tain biking two years agoand am looking forward tojoining our learners onrides.”PPAchairmanSteveHay-

ward says theassociation is“thrilled that more youngcyclists are being intro-duced to the joys of cyclingthrough this initiative”.“We trust that these bicy-

cles will be put to great use,not only on the mountainbike trails that PPA recent-ly sponsored on the PaulCluver Estate and in theneighbourhood, but even

on the BMX track that PPAsponsored a year or two agoon theThandiEstate.Weal-so hope to see them at somePPA funrides in thenear fu-ture.”According to FNB W2W

MTB Events director, Jo-han Kriegler, the event isabout cycling. “We wouldlike to assist schools in ena-bling wider sporting choic-es. Our aim from the starthasbeentosupport thecom-munities that are situatedalong the FNB W2W MTBroutes. Our long-term goalis to promote interschoolcompetitions where sec-tions of the FNBW2WMTBroutes will be utilised,”says Kriegler.

On their haunches in front (from left) are: Johan Kriegler (director, FNB W2W MTB Events), WandredTheunis (principal, De Rust Futura School) and Gary Trepes (event coordinator, PPA) with the learnersof the De Rust Futura School. PHOTO: Cherie Vale / NEWSPORT MEDIA

Dienuwe rolbalbestuur vanCaledon vir 2014 – ’15 isagter van links Brasler vanSchoor, Yvonne Pretori-us (sekretaris), Chris deJager (tesourier), MarianeCaithness en Annatjie vanWyngaardt. Voor is Gaviedu Toit (president), Mau-reende Jager (wedstrydse-kretaris) en Piet Louw (per-ke meester). Bossie Bos-hoff is visepresident enwas afwesig tydens dieneem van die foto.