transcare20190528015323 pm... · 2019. 5. 28. · • rustelose bene, d.i. ongaangename en...

16
IN HIERDIE UITGAWE: • Hoofbeampte se nota • Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort • Generiese medisyne • Sewe dinge wat u dalk nie van higiëne tuis geweet het nie • Mansgesondheid: Belangrike toetse • Gesonde slaapgewoontes • Positiewe denke! • Aanhaling! • Voorgeskrewe minimum voordeel (VMV)-sorgplanne • Transmed se tandheelkundige sorgbestuurder • Trans-flits! Indiening van eise • Wanneer en hoe is bydraes betaalbaar? • Beskerm u persoonlike inligting • Kennisgewing van vergadering: Sien ons u by ons algemene jaarvergadering (AJV)? • Resep: Grondboontjiebotter-en- piesang-vrugteskommel • Belangrike kontakbesonderhede Trans Care TWEEDE UITGAWE 2019 2019 Welkom by nog ‘n inligtingbelaaide uitgawe van die TransCare-nuusbrief.

Upload: others

Post on 29-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

IN HIERDIE UITGAWE:• Hoofbeampte se nota• Bloedarmoede as gevolg van ‘n

ystertekort• Generiese medisyne• Sewe dinge wat u dalk nie van

higiëne tuis geweet het nie• Mansgesondheid: Belangrike toetse• Gesonde slaapgewoontes• Positiewe denke!• Aanhaling!• Voorgeskrewe minimum voordeel

(VMV)-sorgplanne• Transmed se tandheelkundige

sorgbestuurder•Trans-flits!Indieningvaneise• Wanneer en hoe is bydraes

betaalbaar?• Beskerm u persoonlike inligting• Kennisgewing van vergadering:

Sien ons u by ons algemene jaarvergadering (AJV)?

• Resep: Grondboontjiebotter-en-piesang-vrugteskommel

• Belangrike kontakbesonderhede

TransCareTWEEDE UITGAWE 2019

2019

Welkom by nog ‘n inligtingbelaaide uitgawe van die TransCare-nuusbrief.

Page 2: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Hoof-beampte se nota

2

Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort beteken dat die liggaam nie genoeg

yster bevat nie. Die liggaam benodig yster om te help om suurstof deur die bloed na alle dele van

die liggaam te vervoer.

Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekortPetrus

WassermannHoofbeampte

Welkom by nog ‘n inligting-belaaide uitgawe van die TransCare-nuusbrief. Ons hoop dat u die vorige uitgawe toepaslik en insiggewend gevind het.

Hierdie uitgawe dek ‘n verskeiden- heid onderwerpe wat ek vertrou vir u van waarde sal wees. Bly gesond en geniet die nuusbrief.

Ons verwelkom enige voorstelle wat u dalk het oor artikels of inligting oor lidvoordele wat u wil hê ons in toekomstige nuusbriewe moet publiseer.

Stuur asseblief u terugvoering en voorstelle na [email protected] of na Voorstelle, Posbus 32931, Braamfontein 2017.

Joune in goeie gesondheid.

Petrus WassermannHoofbeampte

Page 3: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

32

WAT IS BLOEDARMOEDE AS GEVOLG VAN ‘N YSTERTEKORT?Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort kan veroorsaak word deur ‘n dieet wat deurgaans laag in yster is, bloedverlies as gevolg van swaar menstruele bloeding, swak absorbsie van yster en swangerskap.

TEKENS EN SIMPTOME• Ongewone moegheid• Bleek vel en bleek verkleuring van die

binnekante van die onderste ooglede• Kortasem• Kopsere en duiseligheid• Hartkloppings• Droë of beskadigde hare en vel• Swelsel en seerheid van die tong en mond• Rustelose bene, d.i. ongaangename en

eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene

• Bros naels wat maklik afbrokkel of breek; kan ‘n aanduiding wees van ernstiger bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort

• Vreemde drange om ys, klei, grond, kryt of papier te eet

• Gevoelens van angstigheid• Koue hande en voete• Verminderde eetlus, veral by kinders• Gebrek aan konsentrasie

WAT IS DIE RISIKOFAKTORE VIR BLOEDARMOEDE AS GEVOLG VAN ‘N YSTERTEKORT?• Ouderdom:

- babas wat vroeg gebore is;- babas tussen die ouderdomme van ses

tot 12 maande;

- kleuters tussen die ouderdomme van een en twee; en

- tieners en volwassenes oor die ouderdom van 65.

• Bloedingstoornisse maak dit moeiliker om bloeding te keer en kan die risiko van bloedarmoede as gevolg van trauma, chirurgie of swaar maandstondes verhoog.

• Vegetariërs en veganiste wie nie voedsel wat ryk is aan yster soos rooivleis en vis eet nie kan minder as die aanbeveelde daaglikse hoeveelheid yster inneem.

• Mense wie bloed skenk kan dikwels die risiko van bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort loop.

• Vroue in vrugbare ouderdom loop ‘n risiko, veral as hulle nie ‘n gesonde, gebalanseerde dieet volg nie en swaar bloedverlies gedurende hul maandstondes ervaar.

• Verwagtende vroue loop die risiko van bloedarmoede en vereis ysteraanvullings om ‘n ystertekort te verhoed.

HOE WORD BLOEDARMOEDE AS GEVOLG VAN ‘N YSTERTEKORT GEDIAGNOSEER?Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort word by ‘n gesondheidsorgverskaffer gediagnoseer gebaseeropmediesegeskiedenis,‘nfisieseondersoek en die resultate van sekere toetse en prosedures, soos:

• ‘n volbloedtelling, wat uitgevoer word om te sien of rooibloedsel-, hemoglobien- of hematokrietvlakke laer as normaal is;

Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort

VERVOLG 0P BLADSY 4

Page 4: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

4

• ‘n ystertoets, wat uitgevoer word om die hoeveelheid yster in die bloed te meet; en

• toetsing van ferritien, d.i. ‘n proteïen wat help om yster in die liggaam te stoor, wat getoets word om uit te vind hoeveel yster in die bloed gestoor is.

As bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort deur middel van bloedtoetse gediagnoseer word, kan verdere toetse uitgevoer word om die onderliggendeoorsaakteidentifiseer.Gastroïntestinale ondersoeke word uitgevoer om inwendige bloeding uit te skakel.

GASTROÏNTESTINALE TOETSE• ‘n Boonste gastroïntestinale endoskopie word

uitgevoer om te soek vir bloeding in die slukderm, maag of boonste gedeelte van die dunderm. ‘n Buis met ‘n klein kamera word deur die mond na die maag en boonste dunderm gevoer om die boonste spysverteringskanaal se voering na te gaan.

• ‘n Kolonoskopie word uitgevoer om na bloeding of ander abnormaliteite te soek, soos groeisels of kanker in die voering van die kolon. ‘n Klein kamera word onder verdowing by die kolon ingevoer om direk na die kolon te kyk.

• ‘n Ultraklank kan uitgevoer word op vroue met swaar menstruele bloeding om na die oorsaak te soek.

HOE VERHOED U BLOEDARMOEDE AS GEVOLG VAN ‘N YSTERTEKORT?• Behandel die oorsaak van bloedverlies.• Moeniekoffieofteemetmaaltyedrinknie,

aangesien hierdie drankies dit moeilik vir die liggaam maak om yster te absorbeer.

• Maak gesonde, gebalanseerde voedselkeuses om die yster en vitamiene wat die liggaam nodig het uit voedsel te verkry.

• Eet voedsel met yster, soos rooivleis en hoender, donker blaargroente en boontjies.

• Eet en drink voedsel wat die liggaam help om yster te absorbeer, soos lemoensap, aarbeie, broccoli of ander vrugte en groente met vitamien-C.

HOE WORD BLOEDARMOEDE AS GEVOLG VAN ‘N YSTERTEKORT BEHANDEL OF BESTUUR?Dit kan behandel word deur gesonde leefstylveranderinge te maak. Leer gesonde eetgewoontes aan en verhoog die daaglikse inname van ysterryke voedsel. Vermy swart tee, aangesien dit die absorbering van yster verminder. Die mees algemene behandeling vir bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort is om ysteraanvullings te drink. Ysteraanvullings behoort tesame met vitamien-C, soos ‘n glas lemoensap, geneem te word om die absorbsie van yster te verbeter. Dit is belangrik om u dokter in kennis te stel van enige ander medikasie wat u neem, omdat sommige medikasie die absorbsie van yster kan belemmer.

Dit neem gewoonlik ten minste twee tot drie weke van gereelde ysteraanvullings voor die simptome begin verbeter. Indien daar geen verbetering is nie, sal die volgende prosedures moontlik nodig wees:

• binneaarse of binnespierse terapie – dit is meer waarskynlik dat mense met ernstige bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort binneaarse of binnespierse ysterterapie sal ontvang;

• rooibloedseloortapping – hierdie prosedure word ook gebruik vir mense met ernstige bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort om die aantal rooibloedselle en yster in die bloed vinnig te verhoog; en

• chirurgie – ‘n boonste endoskopie of kolonoskopie kan nodig wees om die oorsprong van deurlopende bloeding te identifiseerentestop.

WAT WORD DEUR VOORGESKREWE MINIMUM VOORDELE (VMV’E) GEDEK?Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort is slegs ‘n VMV-toestand as die toestand lewensbedreigend is. Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort wat lewensbedreigend is word gelys onder VMV’e onder diagnose- en behandelingspare.

Bloedarmoede as gevolg van ‘n ystertekort

Bron: Raad van Mediese Skemashttp://www.medicalschemes.com/files/CMScript/CMScript%202-2019.pdf

Page 5: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

54

GENERIESE

Generiese medisyne bevat

dieselfde aktiewe bestandele en

dosering en is identies in sterkte aan die

oorspronklike, handelsmerk-

medisyne.

WAT IS GENERIESE MEDISYNE?Hulle is terapeuties ekwivalent aan hul handelsmerk-weergawes. Dit beteken dat hulle dieselfde uitwerking op die liggaam het en dieselfde risiko’s en voordele as die oorspronklike medisyne het. Verskillende vorms van dieselfde medisyne sal nie in hul veiligheid en kliniese handeling van mekaar of hul handelsmerk-weergawes verskil nie.

Generiese medisyne word vervaardig deur maatskappye wat onderhewig is aan dieselfde streng beheermaatreëls as maatskappye wat handelsmerk-produkte maak. Dieselfde maatskappy maak dikwels die handelsmerk- en generiese medisyne.

WAT IS GEPATENTEERDE OF HANDELS-MERK-MEDISYNE?‘n Maatskappy wat die eerste is om ‘n nuwe medisyne te ontwikkel word toegelaat om dit te patenteer. Dit laat hulle toe om die medisyne vir ‘n sekere tydperk eksklusief te voorsien, wat hulle in staat stel om hul navorsings- en ontwikkelingskostes te herwin. Ander vervaardigers kan slegs generies-ekwivalente medisyne produseer as die tydperk van die patent van die handelsmerkmaatskappy verstryk. ‘n Beperkte aantal handelsmerkprodukte kan ook nie generiese ekwivalente om bemarkingsredes hê nie, soos byvoorbeeldbeperkteaanvraagvir‘nspesifiekemedikasie.

medisyne

VERVOLG 0P BLADSY 6

Page 6: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

6

HOEKOM VAN GENERIESE MEDISYNE GEBRUIK MAAK?Generiese medisyne is gewoonlik goedkoper as hul handselsmerk-weergawes, wat beteken dat lede optimale gebruik van hul Transmed Mediese Fonds-voordele sal verkry. Dit sal bydra tot ‘n algehele vermindering in uitgawes deur die Fonds, wat sal help om toekomstige bydraeverhogings te verlaag en ook, in die meeste gevalle, bybetalings wat u op u medisyne moet maak, uitskakel.

IS GENERIESE MEDISYNE SO VEILIG SOOS DIE OOR-SPRONKLIKE PRODUK?Die Suid-Afrikaanse Medisyne-beheerraad (MBR) vereis dat alle medisyne, hetsy handelsnaam of generies, aan dieselfde standaarde van veiligheid, sterkte, suiwerheid en doeltreffendheid voldoen. Vir medisyne om onder ‘n generiese etiket bemark te word, moet die vervaardiger aan MBR-standaarde voldoen. Die MBR stel die riglyne op en vereis streng toetsing ten einde te verseker dat generiese medisyne dieselfde as die oorspronklike produk is. U kan dus verseker wees dat alle generiese medisyne wat by die Transmed medisyne-voorskriflysingesluitisvoldoenaandiekriteria vir gehalte, doeltreffendheid en veiligheid van die MBR.

VOORBEELD VAN GENERIESE MEDISYNEDie volgende twee medisyne-items het presies dieselfde bestandele:

• handelsmerkproduk – Panado, wat ‘n welbekende handelsmerk is en 500 mg parasetemol bevat

• generiese produk – Dolorol, wat ook 500 mg parasetemol bevat.

GENERIESEmedisyne

Deur u hande deur die dag te was en in u elmboog te hoes of nies kan die

verspreiding van kieme bekamp. Maar wat verhoed dat hulle op u

kombuistoonbanke of in die yskas vermenigvuldig? Hieronder is ‘n lys

van Hello Doctor se top interessante feite wat hulle wed u nie oor higiëne

tuis geweet het nie.

Sewe dinge wat u dalk nie

van higiëne tuis geweet

het nie

higiëne

Page 7: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

6 7

2. Buiten modderige spore op u matte is die grootste gesondheidsrisiko deur troeteldiere in die huis om

gebyt of gekrap te word. Aan die blink kant is daar hope bewyse dat troeteldiere in die huis allergieë

in groeiende kinders verminder. Voetspore of ‘n spoor water deur die huis is dus die moeite werd!

3. As u skimmel van voedsel afsny, is dit veilig om te eet? Dit hang van die voedsel af. Met harde kaas is

dit veilig, maar nie met brood nie. Onthou: Skimmel doen meer as om die smaak van voedsel te

beïnvloed – dit kan ook gifstowwe produseer wat u kan siek maak.

4. As u ‘n verkoue het is snesies net veilig om te gebruik as u hulle een keer gebruik en onmiddellik

weggooi. Hoekom? Virusse kan vir etlike ure in snesies oorleef. Moet dus nie die risiko neem nie.

Gooi hulle reguit in die vullisblik waar niemand anders aan hulle sal raak nie.

5. Die langste wat gekookte rys veilig in die yskas gehou kan word is drie dae. As die rys gekook is, floreerbakerieëindieklam,warmomgewing.

Verkoeling in die yskas maak nie die bakterieë dood nie, maar dit laat dit stadiger groei.

6. Vanuit u ganse versameling grimeringsprodukte is maskara die grootste magneet vir bakterieë.

Daardie buisies maskara om u wimpers te laat uitstaan is ‘n teelaarde vir bakterieë, so vervang u

maskara elke drie tot vier maande. Oog- en lipomlyningspotlode kan skerpgemaak word, wat

help dat hulle baie langer skoon bly.

7. Die nommer-een fout wat ons dikwels maak is om voedsel te toets om te sien of dit steeds vars is om

te eet. As ‘n algemene reël, wanneer u nie seker is nie, gooi dit uit! Onthou: U kan nie die bakterieë of

virusse wat voedselvergiftiging veroorsaak proe, ruik of sien nie en dat dit net ‘n klein hoeveelheid

neem om ernstige siekte te veroorsaak.

higiëne1. Deur antibakteriële produkte te gebruik om oppervlakke in u tuiste skoon te maak verminder nie u risiko om siek te word nie omdat siektes hoofsaaklik van persoon tot persoon versprei word, eerder as deur kontak met besmette oppervlakke. In werklikheid toon navorsing dat om oppervlakke in die tuiste met antibakteriële produkte skoon te maak geen verskil in die voorkoms van siektes maak nie; handewas verminder egter u risiko.

7

Page 8: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

8

Prostaatkanker Die Kankervereniging (KANSA)beveelroetineprostaat-spesifiekeantigeen (PSA)-toetsing aan elke twee jaar vanaf die ouderdom van 50. Mans met ‘n familiegeskiedenis van die siekte behoort jaarliks van omtrent 40 jaar oud af getoets te word.

Testikulêre kanker KANSA beveel aan dat u een keer ‘n maand ‘n testikulêre selfondersoek doen en onmiddellik met ‘n dokter in verbinding tree as u enige knoppe vind. Dit is ook ‘n goeie idee om te vra vir ‘n testikulêre ondersoek as u u algemene praktisyn (AP) vir u jaarlikse ondersoek besoek. Indien u risiko hoër is, d.i. as u ‘n onafgedaalde testikel, ‘n familiegeskiedenis van die siekte of MIV het, praat met u gesondheidsorgverskaffer oor bykomende sifting.

Kolorektale kanker, d.i. kanker van die kolon of rektum U kan vroeë kolorektale kanker hê sonder simptome. Sifting is dus uiters belangrik. KANSA beveel elke tien jaar vanaf die ouderdom van 50 ‘n kolonoskopie aan. Diegene met ‘n hoë risikoprofielvereismeergereeldetoetsingen

moet die tydsberekening van toetse met hul dokters bespreek.

Velkanker KANSA beveel sterk aan dat u u vel gereeld nagaan vir enige veranderinge, ongewone merke of moesies. Hulle beveel ook aan dat u jaarlikse ondersoek ‘n velondersoek insluit.

Bloeddruk Dit is belangrik om u bloeddruk elke twee jaar na te gaan as dit normaal is. Indien u bloeddruk hoër is as wat dit behoort te wees, sal u gesondheidsorgverskaffer aanbeveel hoe dikwels u getoets behoort te word.

Cholesterolvlakke Daar word aanbeveel dat alle volwassenes oor die ouderdom van 20 jaar hul cholesterol ten minste een keer elke vyf jaar laat toets. Indien u hartsiekte of ‘n hoë risiko van hartsiekte het, sal u meer gereeld getoets moet word.

Bloedsuiker Alle volwassenes behoort elke drie jaar vanaf die ouderdom van 45 vir diabetes getoets te word.

Junie is Mansgesondheidsmaand – die volmaakte tyd om getoets te word. Hieronder is ‘n paar toetse wat u behoort te oorweeg wanneer u u gesondheidsorgverskaffer besoek.

gesondheidBelangrike toetse

Wanneer u getoets behoort te word… Gesonde slaap-

gewoontes

Page 9: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

9

• Handhaaf ‘n konsekwente slaapskedule. Staan elke dag op dieselfde tyd op, selfs oor naweke en gedurende vakansies.

• Stel ‘n slaaptyd wat vroeg genoeg is vir u om ten minste sewe ure slaap te kry.

• Moenie bed toe gaan tensy u vaak is nie.• Indien u nie na 20 minute aan die slaap raak nie,

staan uit die bed uit op.• Stel ‘n ontspannende slaaptydroetine in.• Gebruik u bed slegs vir slaap.• Maak u slaapkamer stil en ontspannend. Hou die

kamer ‘n gemaklike, koel temperatuur.• Beperk blootstelling aan skerp lig saans.• Skakel elektroniese toestelle ten minste 30 minute

voor slaaptyd af.• Moenie ‘n groot maaltyd voor slaaptyd eet nie.

Indien u saans honger is, eet ‘n ligte, gesonde peuselhappie.

• Handhaaf ‘n gesonde dieet.• Vermykaffiëneindielaatmiddagofaanden

vermy alkohol voor slaaptyd.• Verminder die inname van vloeistof voor slaaptyd.

Bron: http://sleepeducation.org/essentials-in-sleep/healthy-sleep-habits

Gesonde slaap-

gewoontes

Soos u ouer word, word u slaap al hoe belangriker vir u gesondheid en welstand.

‘n Goeie nag se slaap kan u nie alleenlik baie beter laat

voel nie, maar is ook ‘n groot dryfveer in u

algehele gesondheid. Slaap laat u brein toe om te rus

en vernuwe.

Indien u sukkel om te slaap of u slaap wil verbeter, probeer die volgende gesonde slaapgewoontes:

Page 10: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

hulle word woorde. Waak

oor u woorde: hulle word

aksies. Waak oor u aksies:

hulle word gewoontes.

Waak oor u gewoontes:

hulle word u karakter. Waak

oor u karakter: dit word u

lotbestemming.

Lao Tzu

Aanhaling!Waak oor u denke: Wat is positiewe

denke? Positiewe denke is die gewoonte om op die goeie in enige gegewe situasie te fokus. Dit kan ‘n groot uitwerkingopufisieseengeestesgesondheidhê.Positiewe denke beteken nie om die werklikheid te ignoreer of lig te maak van probleme nie. Dit beteken eenvoudig om die goeie en die slegte in die lewe te benader met die verwagting dat dinge goed sal uitwerk.

Hieronder is ‘n paar praktiese wenke om positief te dink:

• Begin elke dag met ‘n dankbare hart.• Fokus op die goeie dinge.• Gebruik positiewe woorde wanneer u praat.• Vind humor in slegte situasies.• Verander mislukkings in lesse.• Fokus op die hede.• Omring uself met positiewe mense.• Verander die toon van u gedagtes van negatief

na positief.

Positiewe denke!

10

Page 11: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Voorgeskrewe minimum voordeel (VMV)-sorgplanne

Die doel van ‘n VMV-sorgplan is om:

• hoë-gehalte behandeling te verseker• u toestand te monitor• u te help verstaan hoe u voordele gebruik word• die vereiste behandeling aan te dui wat nie deur

die sorgplan gedek word nie en waarvoor u moet betaal.

Die Fonds pas sekere risikobestuurshulpmiddels toe,soosmedikasie-voorskriflyste,d.i.voorgeskrewelyste medikasie, en die gebruik van aangewese diensverskaffers (ADV’s). Hierbenewens kan gereelde bestuurdesorg-protokolle ook op VMV-toestande toegepas word.

Neem u sorgplan asseblief na u mediese praktisyn sodat hy of sy bewus is van u behandelingsriglyne. U mediese praktisyn kan dan die korrekte tarief (ICD-10)-kodes op sy of haar rekeninge gebruik ten einde te verseker dat u eise vanuit die korrekte voordeel betaal word.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

CDLDie chroniese siektelys (CDL) sit medikasie en behandeling vir die 26 chroniese toestande wat ingevolge VMV’e gedek word, uiteen. Voordele word in ooreenstemming met die sorgplan wat vir elk van die VMV-toestande ontwikkel is voorsien.

ADV’eAangewese diensverskaffers (ADV’e) verwys na gesondheidsorgverskaffers of groepe gesondheidsorgverskaffers wat die Fonds gekies het as die voorkeurverskaffers vir die diagnose, behandeling en sorg van lede vir een of meer VMV-toestande.

VMV'eVoorgeskrewe minimum voordele (VMV’e) is ‘n stel gedefinieerdevoordelewatversekerdatalleledevan mediese fondse toegang tot sekere minimum gesondheidsdienste het, ongeag die voordeleplan wat hulle gekies het. Die doel van VMV-regulasies is om lede van deurlopende sorg te voorsien wat hulle sal help om hul gesondheid en welstand te verbeter, sowel as om gesondheidsorg meer bekostigbaar te maak.

Lede van Transmed Mediese Fonds

met VMV-chroniese siektelys (CDL)-

toestande, ontvang jaarlikse

kommunikasie van die Fonds wat ‘n

VMV-behandelingsriglyn (sorgplan) vir

hul chroniese VMV-toestande bevat.

‘n VMV-sorgplan is ‘n gids tot die

toepaslike sorg vir chroniese VMV-

toestande en lys die gemagtigde

mediese dienste vir die jaar, soos die

gemagtigde aantal besoeke aan

algemene praktisyns (AP’s) en spesialiste,

patologietoetse en chroniese medikasie

wat vereis word om u chroniese

VMV-toestande te monitor en beheer.

10 11

Page 12: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Transmed se tandheelkundige sorgbestuurder

TRANSMED MEDIESE FONDS HET DENIS GEKONTRAKTEER OM TANDHEELKUNDIGE VOORDELE TE BESTUUR.

WIE IS DENIS?DENIS is ‘n bestuurdesorgverskaffer vir tandheelkunde met meer as 20 jaar ondervinding in die tandheelkundige omgewing. Deur hul deskundige prosesse bestuur DENIS tandheelkundige kostes terwyl hulle die mees toepaslike sorg bied om die mondgesondheid en welstand van lede te verbeter. DENIS bestuur ‘n nasionale tandheelkundige netwerk wat uit 2 132 tandheelkunde-praktyke bestaan.

DENIS bied die volgende dienste:

• bevestiging van tandheelkundige voordele;• verwerking van eise;• voorafmagtiging vir kunstande,

gespesialiseerde tandheelkundige prosedures en binnehospitaal tandheelkundige behandeling;

• betaling van eise aan lede en verskaffers; en

• eisestate aan lede en verskaffers.

HOE TREE LEDE IN VERBINDING MET DENIS VIR TANDHEELKUNDIGE DIENSTE?Vir bystand met voorafmagtiging, voordeelinligting en eisenavrae, skakel die DENIS-oproepsentrum by 0860 104 941 of stuur ‘n epos na [email protected].

Die oproepsentrum se werksure is:• weeksdae van 08:00 tot 17:00; en• Saterdae van 08:00 tot 12:00.

WATTER INLIGTING MOET U VOORSIEN WANNEER U TANDHEELKUNDIGE VOORDELE BEVESTIG?• Lidmaatskapnommer• ID-nommer of geboortedatum• Lid en afhanklike se volle naam en van

HOE VIND EK ‘N TANDARTS OP DIE NETWERK?Om ‘n tandarts naby u op die netwerk te vind, besoek www.denis.co.za en gebruik die ‘Find a Dentist’-hulpmiddel. Kies Transmed Mediese Fonds vanuit die ‘Select plan’-kieslys, kies u opsie, provinsie, stad, dorp of woonbuurt en kliek ‘Search’. U sal ‘n lys tandartse in u area ontvang, sowel as hul kontakbesonderhede.

INDIENING VAN U TANDHEELKUNDIGE EISEU kan u tandheelkundige eis per epos, faks of die pos indien:

• epos: [email protected]• faks: 0866 770 336• pos: DENIS Eisedepartement, Privaatsak

X1, Century City 7446

WANNEER BETAAL DENIS EISE?Eise word op ‘n weeklikse grondslag betaal. Wanneer eise verwerk is sal DENIS ‘n eisestaat aan u per epos of in die pos stuur.

12

Page 13: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Wanneer en hoe is bydraes betaalbaar?

Transmed Mediese Fonds verhaal maandelikse lidmaatskapbydraes terugwerkend

U pensioenfonds sal u maandelikse bydrae aan die einde van die maand vanuit u pensioen verhaal en dit aan Transmed oorbetaal. Dit beteken byvoorbeeld dat u bydrae vir Mei van u pensioen vir Mei afgetrek sal word.

Indien u bydrae deur ‘n geoutomatiseerde verrekeningsburo-aftrekking vanuit u bankrekening ontvang word, word u bydrae op die eerste werksdag van die maand afgetrek. Dit beteken byvoorbeeld dat die bydrae wat op 1 Junie verhaal word u bydrae vir Mei is.

In geval u lidmaatskap beëindig word is u laaste bydrae aan die einde van u laaste maand van lidmaatskap betaalbaar.

Let asseblief daarop dat alhoewel die betaling van u bydrae deur u pensioenfonds hanteer word, dit uiteindelik u verantwoordelikheid bly om enige bydraes wat aan die Fonds verskuldig is te betaal.

12 13

Trans-flits Indiening van eiseTen einde onnodige vertragings in die verwerking van eise te verhoed, verseker asseblief dat u gesondheid-sorgverskaffer u eise met die korrekte besonderhede indien. Die volgende besonderhede moet op u eise verskyn:

• u lidmaatskapnommer• u voorletters en van• die pasiënt se korrekte naam en

begunstigde-kode, soos dit op u lidmaatskapkaart verskyn, byvoorbeeld: 01

• die pasiënt se ID-nommer of geboortedatum

• die datum waarop die diens gelewer is• die naam en praktyknommer van die

gesondheidsorg-diensverskaffer• die verwysende gesondheidsorg-

diensverskaffer se praktyknommer op spesialisrekeninge

• die aard en koste van behandeling• die voorafmagtigingsnommer, indien van

toepassing• die toepaslike tarief (ICD-10)-kodes• die toepaslike NAPPI-kodes.

!

Page 14: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Kennis- gewing van vergade-ring: Sien ons u by ons algemene jaarvergade- ring (AJV)?

Dit is weer amper tyd

vir die Raad van Trustees

om met lede te vergader

om hulle oor die Fonds

se prestasie oor die

afgelope jaar in te lig.

Dit is vir die Raad van Trustees aangenaam om aan te kondig dat Transmed se AJV om 14:00 by The African Pride, Irene Country Lodge, Nellmapiusweg, Irene, Gauteng op Woensdag, 26 Junie 2019 plaasvind.

Alle lede word genooi om hierdie vergadering by te woon. Onthou: U moet u lidmaatskapkaart saambring sodat ons u as ‘n Transmed-lidkanidentifiseer.Onssien daarna uit om u daar te sien.

Beskerm u persoonlike inligting

U lidmaatskapkaart toon persoonlike inligting soos u naam, van en identiteitsnommer en kan gebruik word om u en u afhanklikes te identifiseer.Ditisdusbelangrikomulidmaatskapkaart in ‘n veilige plek te hou om te verhoed dat:

• enige van u persoonlike inligting sonder u toestemming gebruik word; en

• u voordele misbruik word.

14

Page 15: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

Rese

pGrondboontjie- botter-en-piesang- vrugteskommelBedien een of twee

BESTANDELE

• 2 teelepels soutvrye grondboontjiebotter• 1 medium-ryp piesang, gevries en afgeskil• 1 eetlepel hawersemels of hawer• ½ koppie melk, laevet-, vetvrye- of sojamelk of

voedingsdrankie• ½ koppie organiese Rooibos-en-heuning-jogurt

METODE

1. Voeg al die bestandele bymekaar2. Versap tot glad3. Voeg fyn ys by (opsioneel)

14 15

Page 16: TransCare20190528015323 PM... · 2019. 5. 28. · • Rustelose bene, d.i. ongaangename en eienaardige kriewelrige of jeukerige sensasie in die voete of bene • Bros naels wat maklik

VRYWARING: Die inligting en artikels in hierdie nuusbrief dien nie as mediese raad of as gronde vir ‘n mediese eis vir enige produk van hoegenaamd enige aard namens die uitgewer, Fonds, Administrateur of die verspreider nie. Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde gesondheidsorgverskaffer vir die diagnose of behandeling van enige siektes of mediese toestande.

16

Dienste Kontak- nommersKliëntediensdepartement (algemene navrae) 0800 110 268Chroniese medikasie 0800 122 236Voorafmagtiging vir hospitalisasie en grootskaalse mediese behandeling 0800 225 151

Optiese dienste (PPN) 0860 304 060/ 0861 103 529Tandheelkundige dienste (DENIS) 0860 104 941MIV/VIGS 0861 888 300Voorafmagtiging vir ambulansdienste 0800 115 750Bedroghulplyn 0800 000 436

BELANGRIKE KONTAKBESONDERHEDE

KON

TAK O

NS